Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21544 articles
Browse latest View live

Jan, ek glo jou nou

$
0
0

As jy sê Afrikaans verdwyn van verpakkings, of wat ook al, dan verstaan jy daaronder dat Afrikaans besig is om te verdwyn.

Natuurlik groei 'n taal deur ander tale se woordeskat. 'n Taal in isolasie (ek weet nie van so iets nie) sal net groei dmv neologismes. Heeltemal reg: as twee tale naas mekaar staan, groei hulle deur woordeskat oor en weer te ontleen. Kyk maar na Suid-Afrikaanse Engels; dit bevat baie woorde van veral Afrikaans en ook die ander inheemse tale. As jy alle Engels uit Afrikaans verwyder, sal ons skaars kan praat.

Natuurlik het Afrikaans baie neologismes, geskep deur kreatiewe sprekers, maar dit is maar uiters beperk, en heel dikwels is dit geskep omdat die Engelse woord darem te Engels klink. Ek dink nou aan Fanus Rautenbach se “bromponie” ipv “scooter”. Daar hoor ek nou juis hoe een van die Broers sing: "Ek het 'n hoeter vir my skoeter." Dan val “vuurhoutjie” my by wat in oom Lokomotief se dae in Afrikaans “m'etjie” was. O, en dan is daar die pragtige volksetimologieë, soos “baiesukkel” voordat dit vervang is met “fiets” en “witstippelmerrie” voordat ons spoggerig geword het en nou “murg-in-groente” eet. My gunsteling nog is “Die-ou-duiwel-se-slypsteen” vir “Theophilus Shepstone”.

Miskien kan jy vir my voorbeelde gee van die kreatiwiteit waarmee jy so beïndruk is. Ek sê jou Afrikaans brei deesdae sy woordeskat uit slegs met wat van Engels af kom. Ons bekyk die Engelse woord, neem hom netso oor, of ons laat hom so bietjie na Afrikaans klink, of ons skep 'n nuwe woord deur bestaande taalmateriaal. Laasgenoemde gebeur nou selde, en as iemand 'n woord probeer skep, dan is dit een teen tien 'n mislukking. Dink maar aan “knormoer” en “programmatuur” wat min mense ken. "Sagteware” en “aansitter” is bekender.

Wiskunde, logika, word deur taal beskryf, maar taal self is nie logies nie. As een woord 'n ander woord vervang, word die eerste woord gou vergeet, en een plus een is dan gelyk aan een. Enige taal werk algehele sinonimie teen en daarom sal mense nie meer sê iets is “wonderbaarlik” nie. Nee, dit het nou “amazing” geword. (Ek beskryf net wat ek waarneem, voor jy nou weer my kop afbyt en my daarvan beskuldig dat ek dit voorstaan.)
Wat jy dan ook al teen “ontstaan” het, hier in Suid-Afrika het 'n nuwe taal, nl Afrikaans ontstaan, oa deur Nederlandse of dan Hollandse woorde te vervang met Maleis-Portugese en ook Engelse woorde. Dan praat ek nog nie van die Nederlandse taalstruktuur of spelling nie.

Ek kan nie sien dat Afrikaans gaan verdwyn nie, ten spyte van politieke druk, en aanpassing by nuwe omstandighede. Miskien is 'n heeltemal nuwe taal in wording waarvan die naam gaan verander, soos jy voorstel, na Engefrikaans, of dit gaan Afrikaans bly met 'n yslike woordeskat. Verdwyn is nou onmoontlik, want hoe gaan die Afrikaners, die Bruinmense, die Riemvasmakers, die Griekwas, die San en nog meer onderling en met mekaar kommunikeer, as Afrikaans verbied word?
Soos ek dit ook sien, Afrikaans se struktuur het al so gevestig geraak, dat selfs die ou paar Engelse woordjies wat gebruik word, dit nie sal doodkry nie. (Dis nou hoe dit vir my lyk. Moet my asseblief nie daarvan beskuldig dat ek dit goedkeur nie!)

Groete,
Angus

 

The post Jan, ek glo jou nou appeared first on LitNet.


Die 157ste L’Ormarins Queen’s Plate- (LQP-) resiesfees

$
0
0

Die 157ste L’Ormarins Queen’s Plate- (LQP-) resiesfees, 6 Januarie 2018, Kenilworth, Kaapstad

Hulle noem die LQP ’n viering van kuns, passie en ruiteruitnemendheid. Ons kan “swier, mode en ’n tikkie ekshibisionisme” byvoeg.

Mooi getooi in wit en blou

Die LQP is een van die somer se swierigste glansgeleenthede op die Kaapse sosiale kalender. Dit word geborg deur oa Anthonij Rupert-wyne en bly een van die plekke waar mode-ontwerpers en modelle hul nuutste skeppings tentoonstel. Die woord “gewoon” bestaan nie in die woordeskat van die deelnemers en toeskouers nie. Alles is prag en praal, van die donkerblou Bentleys by die ingang tot die gegeurde pienk jenewers by die SKYY-kroeg.

Klassiek in wit!

Die hoogtepunt hierdie jaar is Legal Eagle se oorwinning van die L’Ormarins Queen’s Plate Graad 1. Hy is slegs die tweede perd in die geskiedenis van die LQP wat die titel drie keer na mekaar verower het. Sy naam sal verewig word teen die binnemure van die Kenilworth-renbaan tussen grotes soos Sea Cottage, Politician en Pocket Power.

Anton Marcus en Legal Eagle vier hul oorwinning.

Byna net so belangrik is die aankondiging van die besgeklede dame by die LQP 2018. Selfs die musiek verdoof toe die finaliste die podium bestyg en elegant oor die verhoog sweef. Die eerste prys sluit in ’n reis vir twee na Londen om in Augustus die gesogte Qatar Glorious Goodwood-resiesfees by te woon.

Hierdie jaar se wenner is die internasionale model Mala Bryan, geklee in ’n ligblou helternekrok met bypassende wit sandale en blou hooftooisel.

Mala Bryan (middel) wen die LGP 2018 se prys vir die besgeklede dame.

Teen sesuur sak die warm Kaapse son effens en die perderesies is verby. In die Style Lounge area pop die sjampanjeproppe soos die ondersteuners hul oorwinnings van die dag vier. Die musiek pomp en ek voel ’n hand op my skouer. ’n Dame geklee in ’n wit rok, blou sandale en wit vere in die hare, vra my om ’n foto van haar te neem. Ek stop my besigheidskaartjie in haar hand en sien uit na my braaivleisvuur, kortbroek, plakkies en ’n yskoue glas sauvignon blanc!

“Q” staan vir “Queen”

Teks en foto’s: Stephen Fourie

The post Die 157ste L’Ormarins Queen’s Plate- (LQP-) resiesfees appeared first on LitNet.

die digter is nie doof nie

$
0
0

die digter is nie doof nie

hy hoor die straatkind se honger soog
maar luister na die kneus in sy gebreekte oog

hy hoor die bedelaar se inkkaros roep
maar luister na die skuldstem op sy digterstoep

hy hoor die blinde skrik in ’n pikstiknag
maar luister na die mallemeulekleur
in sy dagliglag

hy hoor die doemprofeet se kyf
maar luister hoe hy sy naam in die
Boek van die Lewe inskryf

hy hoor die hoer se pers mond pruil
maar luister na haar noodroep wat
in die na-spel skuil

hy hoor die helhand op haar sagte wang klap
maar luister na die skaamte wat
uit haar lamlyf tap

hy hoor die mense murmureer oor moord 
maar luister na elke bloedige woord
wat (pynlik) uit gefolterde penne loop

die digter is nie doof nie

hy luister

The post die digter is nie doof nie appeared first on LitNet.

The exodus

$
0
0

The exodus
(for my mother and father)

    He remembers hearing the words,
    “We are not couples that fight all
    the time.” He looks at his wife, who
    is not speaking to him. “We are
who we are.” And thinks to himself
    that the sea is tired. Perhaps
    as forlorn as he is. He’s a man in the garden. He imagines the sun

covering the dark water. Cold to the
touch. He wonders what the right
language of love is for winter guests.
How to make peace with his wife.
He wants to embrace her. Take her in his arms

    as if she was a girl

again. Brush her hair out of her

    face with his granadilla hands.

Forget that he is in the autumn
of his years. He wants to forget
that he used to do this for a living.
He wants to know if his unhappy
marriage is on the verge of cracking up. He wants to know
if she’s finally going to leave him.

The post The exodus appeared first on LitNet.

Bitterdag

$
0
0

Bitterdag

in my laat namiddagmoeg
bring hy (so lief) vir my
’n lakrooi toffie-appel
’n lemoen-lucozade
want geskenkiegoed 
seën-soen-voed
’n moeë voet
’n lamtamgemoed
en eensklaps-tongklaps
bars my bitterdag
in sondige-suikerriet-soet

The post Bitterdag appeared first on LitNet.

Song for the dumped

$
0
0

Song for the dumped
(for Ambronese)

    I make the telephone call,
    even though I don’t really
    want to. I search for cool
    words, the right language.
    I’m searching for you, but
you’re difficult to find. You’re
    not on any map, and every
    road is covered in darkness.
    I imagine you (the golden
    breakthrough of you). The
    golden light of you that is
    only found in a museum.
    You’re a woman now. No
    longer a girl. Of all of you
that is so necessary to me for me to live
    and think of laughter while I live and

    work in another city. This
is what I want to say. You’re so
beautiful. Yours is a rock
face. Twin flesh making me giddy.
You make me weak. There’s
a music school inside my head.
I think of you sitting down or
washing the dishes. Eating
a simple meal, never understanding
how much I love you. How
much I need you in my life.
Your voice is tender and sweet on the other end of
the line. Your flame is bright.

The post Song for the dumped appeared first on LitNet.

Sitting pretty: ’n onderhoud met Christi van der Westhuizen

$
0
0

Sitting pretty: White Afrikaans women in postapartheid South Africa
Christi van der Westhuizen

Uitgewer: UKZN Press
ISBN: 9781869143763

Skrywers oor hul nuwe boeke: Christi van der Westhuizen gesels met Naomi Meyer oor Christi se boek Sitting pretty.

Christi, baie geluk met Sitting pretty. Ek het ’n onlangse kykNET-gesprek tussen jou, Kabous Meiring en Deborah Steinmair hieroor gesien en wil afskop met: Waarom het jy hierdie boek geskryf? Vertel my hiervan, en vertel my asseblief ook van jou ouma.

My vorige boek, White power & the rise and fall of the National Party, het vraagstukke oor ras, klas, politiek en ekonomie op die makrovlak getakel. Met die skryf daarvan het nuwe vrae by my ontstaan oor die vorming van identiteit, oftewel subjektiwiteit. Hoekom heg ons onsself aan onderdrukkende sosiale kategorieë soos ras, klas, geslag en seksualiteit? Ek wou sin maak van die kwessie binne my eie konteks van apartheid en Afrikaner-nasionalisme. In my familie is ek grootgemaak deur sterk vroue wat in mindere of meerdere mate Afrikaner-nasionalisties was. My een ouma (gebore Viljoen en getroud met ’n Erasmus) was ’n veldkornet in die Ossewa-Brandwag. Daarteenoor het haar dogter – my ma – reeds in die ’70’s apartheid as stelsel al meer begin bevraagteken en dit uiteindelik teen die vroeë ’80’s verwerp as onmenslik. Dit is die nalatenskap waaruit ek kom, en dit is belangrik vir my om dit te verstaan. Hoeveel agentskap het hulle gehad en hoeveel het ek? Kan ons as mense ’n meer etiese wêreld skep, of is ons oorgelewer aan ons omstandighede?

In die Prontuit-gesprek het jy gesê dat jy as Afrikaner identifiseer. Wat beteken dit vir jou?

My identifisering as Afrikaner is ’n etiese besluit, en wel om twee redes. Die eerste is dat ek binne ’n Afrikaner-nasionalistiese konteks grootgemaak is, met al die gepaardgaande regverdigings van rasse-, geslags- en ander hiërargieë, en met die bevoordeling wat apartheid vir veral wit Afrikaanssprekende mense teweeggebring het. Deur steeds as Afrikaner te identifiseer, erken ek my verlede en die voordele wat ek daaruit getrek het. Dit maak dit vir my moontlik om nie net krities nie, maar ook selfreflektief met daardie geskiedenis en die voortslepende effekte daarvan om te gaan, ook vir my persoonlik. Die tweede rede is dat ek binne daardie konteks positiewe persoonlike belewenisse gehad het, en dat daar menslik-bevestigende waardes met my gedeel is wat, paradoksaal, uiteindelik ook my kritiese posisie moontlik gemaak het. Deur as Afrikaner te identifiseer, erken ek hierdie emosionele en intellektuele bande, asook die bron van my etiese ingesteldheid van ontleding en selfkritiek.

 ’n Woord wat oor en oor genoem word: “ordentlikheid”. The done thing. Om iets in stand te hou, nie die bootjie te skommel nie, of ongemak te veroorsaak nie. Praat ons van vroue wat by mans langs die vuur gaan staan in plaas van slaai maak in die kombuis? Of deurtrek dit die samelewing, is dit méér as dit? En tog: soms kan mens nie anders as om binne ’n stelsel te funksioneer nie – dis tog orals. As die land se geldeenheid die rand is, kan mens nie betaal met die eenheid van jou keuse nie. Help my asseblief om die term te verstaan.

In my studie het ek gevind dat sommige wit Afrikaanssprekende mense nie meer as “Afrikaners” identifiseer nie. Ek moes ’n ander begrip vind om die identiteit te beskryf. Ordentlikheid is daardie begrip, omdat dit die verskillende dimensies van die identiteit die beste vasvat. Dit spreek tot ’n aspirasie om ’n sekere respektabelheid te verwesenlik deur ’n spesifieke stel reëls oor ras, klas, geslag en seksualiteit na te volg. Om as ’n Afrikaanssprekende wit vrou “ordentlik” te wees, moet ’n mens jou na ’n spesifieke klasgegronde vorm van wit patriargale heteroseksualiteit skik. Jou gedrag word gepolisieer met idees oor beleefdheid en goeie maniere. As jy nie aan die vasgestelde norme voldoen nie, loop jy die risiko van stigmatisering, marginalisering en uitsluiting. Maar daar is ook ’n dissidente vorm van ordentlikheid onder wit Afrikaanssprekendes wat, met ’n etiese oogmerk, ras- en geslagshiërargieë verwerp en aktief daarteen werk, soos in my boek beskryf. ’n Mens kan sê dat die verdeling van Afrikaanssprekendes in twee groepe op grond van ras in die 20ste eeu ’n grootskaalse en eerste proses van stigmatisering, marginalisering en uitsluiting was. Dit het gedemonstreer dat om ordentlik te wees, jy wit moet wees. Bruin Afrikaanssprekendes het ordentlikheid uiteraard anders gedefinieer, soos deur die antropoloog Elaine Salo beskryf.

Stadige geweld is iets anders waaraan ek gedink het terwyl ek na julle geluister het – dis nie alles oor vroue wat gemolesteer word of oor seksuele of verbale teistering nie, is dit? Die vrou wat as objek beskou word: is dit ook waaroor jou navorsing handel? Brei asseblief hierop uit.

Die skep van hiërargieë geskied dikwels deur stadige geweld. Die prosesse van rassifisering, seksualisering en om iemand in ’n sekere vorm van geslag vas te messel, is gewelddadig, en nie net op maniere wat ooglopend is nie. En in hierdie prosesse word vroue as objekte behandel. Maar in die era van neoliberale “goewermentaliteit” (governmentality) is die vraag ook hoe ons subjekte word, dit wil sê, hoe ons gerassifiseer, ensovoorts word. Interessant genoeg gryp wit Afrikaanssprekendes die neoliberale diskoers met groot ywer aan. Vir vroue behels dit dat jy jouself objektiveer, byvoorbeeld deur die klere wat jy dra, maar dít beskou as jou eie keuse, eerder as iets wat op jou afgedwing is. In my ontleding van die inhoud van Sarie-tydskrif as ’n dominante diskoers wat breë sanksie geniet, het ek die neoliberale idee van selfskepping (“wees die beste ‘jy’ wat jy kan wees”) gevind. Wat dit Afrikaans maak, is die bykomende idee dat jy jouself skep om andere te dien, en spesifiek wit andere.

Wat van ’n dogtertjie wat gewoon wil aantrek in iets waarin sy mooi voel? Wat self kies om soos Barbie te kyk, al stel jy voor ons kyk na iets minder blatant seksisties? Ons as vroue is allesbehalwe homogeen, en ditto mans. Vertel bietjie hoe jy vroulikheid sien, en hoe dit by jou boek aansluit.

Ek stem saam dat vroue nie homogeen is nie. Met my boek wil ek juis hierdie idee tuisbring. Maar ook die idee dat wanneer homogeniteit onder sekere groepe vroue (byvoorbeeld wit Afrikaanssprekendes) bestaan, dit die gevolg is van spesifieke norme waarna ons ons skik, eerder as iets wat “natuurlik” is. Die idee dat ’n dogtertjie “gewoon” iets aantrek om “mooi” wil voel, stel voor dat daar ’n “natuurlike” vroulikheid bestaan wat onaangetas is deur mense se verstaan van die wêreld. Maar wat gebeur as ’n seuntjie iets wil aantrek om mooi te voel? Die penalisering van sy aksie wys vir ons dat vroulikheid en manlikheid nie natuurlik is nie. Mense is simboliese wesens en ons skep voortdurend betekenisse wat ons deur taal aan mekaar oordra. Ons skep komplekse regimes van idees en voorskrifte, en daarmee skep ons hiërargieë. Geslag is een van daardie regimes. In die geval van geslag word spesifieke betekenisse aan die voorkoms van sekere geslag- en voortplantingsorgane geheg. Daarvolgens word twee geslagte geskep wat ongelyk is, en mense word by een van hierdie twee geslagte ingedeel. Die indeling word deur spesifieke norme van “hoe om ’n man te wees” en “hoe om ’n vrou te wees” in stand gehou. Ons skep en reguleer onsself en andere deur hierdie idees van geslag, byvoorbeeld dat dogtertjies iets “moois” wil aantrek, en seuntjies nie. Die argument hier is dus dat niemand net “gewoon” iets aantrek nie. Dit is altyd die produk van sosialisering. Maar ons is so gewoond aan die norme dat ons hulle as “natuurlik” beskou en nie besef dat hulle menslike skeppings is wat deur ons gehandhaaf word nie. Ons vra nie waarom dit is dat dogtertjies iets “moois” wil aantrek nie, en seuntjies nie. Of wat nou eintlik “mooi” is, hoe dit bepaal word en wat die effek van die voorskrif van skoonheid is op mense wat as “vroulik” bestempel word.

Hoekom wit, hoekom Afrikanervroue? Wat maak ons uniek in die wye wêreld? Dis immers ’n patriargale stelsel, die wêreld, of dan nie? Dalk kan mens nie so ver terugstaan en die hele planeet se vroue bekyk nie; dalk handel dit oor ’n groter prentjie juis deur die mikrokosmos te beskou? Of waarom was wit Afrikanervroue jou fokus?

Soos hier bo beskryf, stel ek belang in die spesifiekhede wat my en ander wit Afrikaanssprekende vroue vorm. Dit is waar dat patriargie oral bestaan, en dat witheid ’n wêreldwye verskynsel is. Maar dit is meer akkuraat om te praat van “patriargieë” en “withede” in die meervoud, want in plaaslike ruimtes word elkeen van hierdie verskynsels aan die hand van spesifieke historiese omstandighede gevorm. Ek wou daarby uitkom.

Wie is jou teikenmark? Móés daar een wees? En wie is jou ideale leser?

My teikenmark is almal wat in identiteit en sosiale verskille belangstel, of jy nou swart of wit, man of vrou, straight of gay is. Die boek is in ’n akademiese register geskryf, maar ek glo daaraan om nie lesers te verkleineer met aannames oor wie iets kan lees of nie. Soos my werk as kommentator wys, is dit vir my belangrik om nie net met ’n handvol ander akademici te praat nie. Daarom het ek bekendstellings in toeganklike plekke in die groot stede gehou, en het ek ’n paar bydraes oor die boek in die Afrikaanse en Engelse media gepubliseer. Daar is genoeg ingangspunte om lede van die breë publiek by die boek in te trek, en dat hulle by die inhoud sal aanklank vind. My ideale leser is iemand wat vrae vra, ook vir my.

So: Sit ons almal mooi? Lyk ons mooi? Omdat ons moet, omdat ons wil? Hoe weet ons wat die verskil is, want soos dekolonisering (ís dit ’n soort Dekolonisering 101, hierdie?), waar begin dit? Dis inherent deel van alles – hoe draai mens dit om? (Dalk vra ek jou oor jou bevindinge.)

Ek is verheug om te sê dat daar ’n wonderlike verskeidenheid posisies is wat wit Afrikaanssprekende vroue inneem. Die studie wys van die diskoerse wat ná apartheid aangewend word om ongelykhede te handhaaf, maar ook die diskoerse waarmee ongelykhede teengestaan word. Daar is openings in hierdie identiteit wat onmoontlik was gedurende apartheid en kolonialisme, en wat wys dat baie van hierdie groep vroue die bevrydende moontlikhede van demokrasie benut. Kortom, sommige sit minder mooi.

Hoe lyk jou ideale wêreld en haar Boeremeisies?

My ideale wêreld is een waar ons nie vasgevang word in die kategorieë wat andere op ander tye geskep het nie, maar waar ons bevraagtekenend en vernuwend omgaan met identiteit, en vloeibaarheid omhels, en bewustelik ons eie vooroordele en bevoorregting aftakel. Dit is ’n wêreld waarin andersheid nie ’n bedreiging is nie, maar ’n bate.

Jou opmerking oor (wit) vroue wat ná die ABO hul mans uit die slagofferskap (wat hulle ervaar het) moes ophef, en dit nou weer doen, na die verandering in politieke bestel, het my diep laat nadink.

Slagofferskap het verskillende gebruike deur die dekades gehad, ook in Afrikanerpolitiek. Na die Suid-Afrikaanse Oorlog is Afrikanervroue voorgestel as slagoffers wat mans se beskerming en toesig nodig gehad het. Die rede hiervoor was dat veral die vroue teen die beëindiging van die oorlog gekant was, en die manlike leiers hulle wou kry om by die vredesplanne in te val. Die manlike leiers het die simboliek van slagofferskap gebruik om die vroue weer ’n posisie van onderdanigheid te laat inneem nadat hulle tydens die oorlog weens die afwesigheid van hul mans alleen geboer het, die oorlog met proviand en hul anti-Engelse sentiment aan die gang gehou het, en selfstandig oor die weg gekom het. Interessant sien ons nou, na die val van apartheid, dat wit Afrikaanssprekende mans as slagoffers voorgestel word, dié keer van demokrasie. In my boek vind ek spesifieke diskoerse wat daarop gemik is om Afrikaner-manlikheid in ere te herstel. Vroue is veral hard aan die werk wat dit betref. Anders as wat sommige studies oor nasionalisme voorstel, dui dit op ’n spesifieke belegging in manlikheid, eerder as vroulikheid, as die morele hoeksteen van Afrikaner-identiteit.

Foto van Christi van der Westhuizen: Menán van Heerden

The post <i>Sitting pretty</i>: ’n onderhoud met Christi van der Westhuizen appeared first on LitNet.

Skryfkompetisie: Liefde is ...

$
0
0

Dit is binnekort Valentynsdag en LitNet nooi jou uit om ’n gedig met die tema "Liefde is ..." te skryf.

Riglyne en reëls

  • Elke persoon mag net een gedig instuur.
  • Jou inskrywing moet ’n gedig wees.
  • Jou inskrywing moet in Afrikaans wees.
  • Deur in te skryf stem jy daartoe in dat jou inskrywing op LitNet gepubliseer mag word, alhoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie.
  • Jou inskrywing moet jou eie werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie, insluitend op sosiale media.
  • Deur in te skryf gee jy toestemming dat jy ingeteken word op LitNet se nuusbrief, wat jy een keer per week per e-pos sal ontvang. Jy kan enige tyd uitteken.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en daar sal geen korrespondensie oor die uitslae gevoer word nie.
  • Die sluitingsdatum is 14 Februarie 2018.

Hoe om in te skryf

Stuur jou gedig na line@litnet.co.za en sluit ook die volgende in:

  • Jou naam en van
  • Jou telefoonnommer
  • Jou posadres. (Indien jy in die buiteland woon, moet jy ’n Suid-Afrikaanse posadres verskaf.)

Pryse

Die beste vyf gedigte word gekies en die volgende boekpakkies sal aan die wenners toegeken word. Die boeke word deur NB-Uitgewers en LAPA Uitgewers geborg.

Boekpakkie 1

  • Keur 12 deur Ena Murray (Tafelberg, ISBN 9780624080077)
  • Omnibus 11 deur Louisa du Toit (Tafelberg, ISBN 9780624083276)
  • Keur 3 deur Christine le Roux (Human & Rousseau, ISBN 9780798174763)
  • Zeza en die prins deur Marijke Greeff (LAPA, ISBN 9780799354430)
  • Tweede kans op liefde deur Elza Rademeyer (Tafelberg, ISBN 9780624085010)
  • Van sorg na liefde deur Malene Breytenbach (Tafelberg, ISBN 9780624080893)
  • Chirurg van harte deur Susan Pienaar (Tafelberg, ISBN 9780624083436)

Boekpakkie 2

  • Keur 13 deur Ena Murray (Tafelberg, ISBN 9780624082118)
  • Keur 12 deur Ettie Bierman (Tafelberg, ISBN 9780624080800)
  • Keur 14 deur Schalkie van Wyk (Tafelberg, ISBN 9780624083528)
  • Wilde hawer deur Madelie Human (LAPA, ISBN 9780799381818)
  • Vurig op Flaminkevlei deur Trish Goosen (Tafelberg, ISBN 9780624080558)
  • Geliefde heler deur Malene Breytenbach (Tafelberg, ISBN 9780624083405)
  • Liefde onbeperk deur Luné Olivier (Tafelberg, ISBN 9780624083375)

Boekpakkie 3

  • Keur 14 deur Ena Murray (Tafelberg, ISBN 9780624082910)
  • Omnibus 8 deur Annelize Morgan (Tafelberg, ISBN 9780624083306)
  • Melodie Omnibus 2 (Tafelberg, ISBN 9780624083498)
  • Stiletto's van staal deur Bernette Bergenthuin (LAPA, ISBN 9780799371291)
  • Die landheer van Koningshof deur Schalkie van Wyk (Tafelberg, ISBN 9780624080862)
  • Marlene en die macho man deur Anita du Preez (Tafelberg, 9780624081074)
  • Hart se tweede kans deur Ilze Beukes (Tafelberg, ISBN 9780624079941)

Boekpakkie 4

  • Keur 15 deur Ena Murray (Tafelberg, ISBN 9780624083467)
  • Satyn Omnibus 6 (Tafelberg, ISBN 9780624080770)
  • Hartklop Omnibus 3 (Tafelberg, ISBN 9780624080923)
  • Vandat jy weg is deur Santie van der Merwe (LAPA, ISBN 9780799375657)
  • Waar liefde begin deur Schalkie van Wyk (Tafelberg, 9780624083641)
  • ’n Muse vir Tess deur Lucille du Toit (Tafelberg, 9780624080749)
  • Wierook van verlange deur Annelize Morgan (Tafelberg, 9780624081043)

Boekpakkie 5

  • Keur 16 deur Ena Murray (Tafelberg, ISBN 9780624083580)
  • Satyn Omnibus 7 (Tafelberg, ISBN 9780624084532)
  • Omnibus 11 deur Tryna du Toit (Human & Rousseau, ISBN 9780798173261)
  • Keur 2 deur Helene de Kock (Human & Rousseau, ISBN 9780798176446)
  • Gelyke kans deur Santie van der Merwe (LAPA, ISBN 9780799373615)
  • Vlug na Santorini deur Malene Breytenbach (Tafelberg, ISBN 9780624084570)
  • Omdat jy jy is deur Elsa Winckler (Tafelberg, ISBN 9780624083337)
  • Pad na Geluk deur Moryn Hanzen (Tafelberg, ISBN 9780624081012).

The post Skryfkompetisie: Liefde is ... appeared first on LitNet.


Leerstoel Zuid-Afrika (UGent) en het Gents centrum voor het Afrikaans en de studie van Zuid-Afrika: Nieuwsbrief (oktober 2017-januari 2018)

$
0
0

Leerstoel Zuid-Afrika (UGent) en het Gents centrum voor het Afrikaans en de studie van Zuid-Afrika

Nieuwsbrief (oktober 2017–januari 2018)

Leerstoel Zuid-Afrika

In oktober-december 2017 bekleedde Hein Willemse (Universiteit van Pretoria) de eerste Gentse Leerstoel “Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij”. De leerstoelhouder verzorgde niet enkel gastcolleges voor de studenten van het vak “Afrikaans: taal- en letterkunde” van de Universiteit Gent, hij was daarenboven  onder meer betrokken bij de Leeskring Zuid-Afrika in de faculteit Letteren en Wijsbegeerte met een gastlezing over het romandebuut Die sideboard van Simon Bruinders, en hij sprak over het eigen onderzoek op uitnodiging van de Literary Studies Workshop van de vakgroep Letterkunde. Aan het eind van de aanstelling, op 20 december, was collega Willemse te gast bij de Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal- en Letterkunde met een lezing over de beeldvorming van de Afrikaanse literatuur en een pleidooi voor veeltalige en multi-etnische literatuurgeschiedschrijving van het Afrikaans.

Hein Willemse

Een van de hoogtepunten van het gastdocentschap was zonder meer het bezoek samen met dertig studenten aan het Zuid-Afrikahuis in Amsterdam op 15 november. Sinds 2016 financieren de Opleidingscommissie Taal- en Letterkunde en het project Internationalisation@Home van de Universiteit Gent binnen- en buitenlandse excursies voor studenten taal- en letterkunde. Beide leerstoelbekleders Zuid-Afrika in de Lage Landen, Margriet van der Waal en Hein Willemse, presenteerden voor de Gentse studenten een kort college over de geschiedenis van de Amsterdamse leerstoel, respectievelijk de ontwikkeling van het Afrikaans, de relatie met het Nederlands (“Hoog Hollands”) en de toenemende taaldiversiteit. Het verslag door de studenten-reisgezellen is thans na te lezen in het jongste nummer van de blad Dilemma geredigeerd door de studentenvereniging Filologica. In deze terugblik op een half jaar werkzaamheden refereren wij ook aan de gedenklezing van Hein Willemse voor Karel Schoeman in het Academiegebouw (Gent) ter afsluiting van het mede door de UGent georganiseerde colloquium tijdens de Week van de Afrikaanse roman. Enkele dagen later was de Gentse leerstoelhouder te gast in Amsterdam voor een studiedag. Alles overschouwend was de agenda van de Zuid-Afrikaanse gastdocent aanzienlijk gevuld. Zeker gelet op het onderzoek dat de gastdocent in Gent kon ondernemen en waarvan de resultaten binnen afzienbare tijd worden gepubliceerd. Studenten, docenten en belangstellende buitenstaanders hebben lering gehaald uit de inzichten die in gastcolleges, lezingen en vele gesprekken aan bod kwamen.

Binnenkort vergadert de adviesraad over de invulling van het tweede mandaat voor een Leerstoelhouder. Bij besluit van het Bestuurscollege (30 juni 2017) is voor de Leerstoel Zuid-Afrika een eerste aanstellingstermijn van vijf jaar goedgekeurd. Alternerend komen letterkunde en taalkunde aan bod. In de oprichtingstekst is verder bepaald dat ook andere vakgroepen naast Letterkunde en Taalkunde participeren in de leerstoel, met name Geschiedenis, Kunst-, Muziek- en Theaterwetenschappen, (Afrikaanse) Talen en Culturen, en Vertalen, Tolken en Communicatie. Die departementen zijn vertegenwoordigd in de adviescommissie die waakt over de kwalitatieve invulling en de continuïteit van de voorlopig enige leerstoel in de faculteit Letteren en Wijsbegeerte. De onderzoeksgroep “Centrum voor het Afrikaans en de studie van Zuid-Afrika” is de initiatiefnemer van het Gentse academische ambt (gastdocentschap). Binnenkort maakt het Gents centrum de aanstelling van de leerstoelhouder (taalkundige) van volgend academiejaar 2018-2019 bekend.

Internationale congressen en gastcolleges

De voorbije maanden is internationaal op wetenschappelijke fora aandacht geschonken aan taal- en letterkundig onderzoek dat door de Gentse onderzoeksgroep wordt ondernomen. Naast het colloquium “Kontrapunt: Konstrastiewe en komparatiewe perspektiewe op die Afrikaanse en Nederlandse taal- en literatuurstudie,” georganiseerd door de Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek en de collega’s van de Noord-Wes Universiteit Potchefstroomkampus met steun van de Taalunie (Parys - Vrystaat, 28 juni-1 juli 2017), met referaten van onderzoekers betrokken bij het Centrum (Timothy Colleman, Yves T’Sjoen en Jacques van Keymeulen), had aan de UGent naast de plechtige inhuldiging van de Leerstoel, de oratie door professor Willemse en de vierde Mandela Lecture door Antjie Krog en Tom Lanoye in een organisatie van het Gents Afrika Platform in samenwerking met het Gents centrum voor het Afrikaans en de studie van Zuid-Afrika, het vierde colloquium plaats over Afrikaans (11 oktober 2017). Jacques Van Keymeulen gaf op 31 oktober aan de Universiteit van Wes-Kaapland (Kaapstad) een workshop over taalkundig veldwerk, en tijdens het allereerste wetenschappelijke colloquium dat plaatsvond aan de kersverse Sol-Plaatjie-Universiteit in Kimberley een lezing over de Europese wortels van de variëteiten van het Afrikaans (3 november 2017). Vrijdag 5 en zaterdag 6 oktober 2018 zijn de data voor de volgende conferentie in Gent met themasessies over letterkundig en taalkundig onderzoek. De oproep voor referaten wordt binnenkort online gepubliceerd. De taalkundige component van het colloquium wordt de tweede editie van de Afrikaans Grammar workshop en is dus gewijd aan grammatica, het overkoepelende thema van het letterkundige deel van het colloquium is “Cultuurtransmissies van Afrikaans en Nederlands.”

Vermeldenswaard is het bezoek van een delegatie van de Universiteit Stellenbosch met rector Wim de Villiers aan de UGent (14 november 2017). Op initiatief van de dienst Internationalisering, waar Annelies Verdoolaege sinds korte tijd is aangesteld als voltijds coördinator van het Afrika Platform, en op vraag van de nieuw verkozen Gentse rector Rik Van de Walle gaven Jacques Van Keymeulen en Yves T’Sjoen een overzicht van de ondernemingen in de faculteit Letteren en Wijsbegeerte met betrekking tot Zuid-Afrika en het Afrikaans. Ook tijdens de lunchvergadering in het Zuid-Afrikahuis (Amsterdam) op donderdag 16 november was het Gents centrum door Yves T’Sjoen vertegenwoordigd voor het overleg met de Raad van Bestuur en rector De Villiers.

Op het gebied van de Afrikaanse en Nederlandse letterkunde is de voorbije weken op twee internationale symposia deelonderzoek gepresenteerd: Cross-Over in samenwerking met CARAN (Caribische Associatie voor Neerlandistiek) aan de Universiteit van Aruba en met de steun van de Nederlandse Taalunie (Oranjestad, 22-24 november 2017) én de sessie van de Netherlandic Discussion Group van de Modern Language Association of America (New York City, 4-7 januari 2018: http://www.neerlandistiek.nl/2018/01/nederlandse-letterkunde-in-de-united-states/). Tijdens die laatste vergadering presenteerden collega’s van de Universiteit van Rome (Francesca Terrenato) en de Open Universiteit van Nederland (Ted Laros) referaten over postkoloniale literaire representaties van de Hollandse koloniale tijd in Zuid-Afrika (poëzie van Antjie Krog en Ronelda Kamfer) respectievelijk de poëticale positionering van André Brink binnen de context van Kennis van die aand en de door de Censuurraad uitgevaardigde verbodsbepaling van 1974.

Het is duidelijk: op internationale fora bestaat aandacht voor transnationale literaire relaties tussen Afrikaans en Nederlands. In en dus ook buiten Zuid-Afrika en de Lage Landen richten onderzoekers zich op het vertoog over literatuur waarin de interactie tussen en de verwevenheid van beide literaire systemen ter sprake komen. Het Gents centrum biedt dan ook zijn expertise aan en betrekt wetenschappers bij het internationale onderzoeksbeleid op het gebied van de studie van de Afrikaanse taal- en letterkunde.

Naast wetenschappelijke papers vermelden we de reeks met gastcolleges over Afrikaanse taal- en letterkunde die Jacques van Keymeulen en Yves T’Sjoen in 2016 in Praag aanboden. Het panorama van de Afrikaanse letteren is van 23 tot 27 oktober 2017 in Brno (J. Masaryk Universiteit) gepresenteerd voor Tsjechische studenten Nederlands. In mei 2018 zullen Van Keymeulen en T’Sjoen de blokcursus Afrikaanse taal- en letterkunde aanbieden aan de Karoly Gaspar Reformatus Egyetem Universiteit in Boedapest. Op die manier worden ook studenten Nederlands in Midden-Europa geïntroduceerd in en vertrouwd gemaakt met het Afrikaans en de literatuur in die taal.

Mastervak in Gent: Talen en Literaturen van Zuid-Afrika

Ter gelegenheid van de instelling van de Leerstoel in Gent hebben bestuursleden het initiatief genomen naast het introductievak “Afrikaans: taal- en letterkunde” (bachelor) in de masteropleiding Taal- en Letterkunde een tweede opleidingsonderdeel te initiëren: “Talen en Literaturen van Zuid-Afrika” (aangeboden als keuzevak in de module Nederlands). Vanaf komend academiejaar 2018-2019 kunnen studenten zich aan de UGent verdiepen in de taaldiversiteit van Zuid-Afrika. Naar analogie van de opbouw van het bestaande bachelorvak “Afrikaans: taal- en letterkunde” zal evenredig veel aandacht gaan naar taalkunde en letterkunde, telkens “in dialoog met Afrikaans” en dus met oog voor Engels, Afrikatalen en de taalvariëteiten binnen het Afrikaans. De Universiteit Gent biedt studenten en wetenschappers de gelegenheid Afrikaans in relatie tot andere talen in Zuid-Afrika diepgravender te bestuderen. De institutionele coöperatie met zusterinstellingen in binnen- en buitenland en de uitwisseling van onderzoeksbevindingen en projectresultaten in Zuid-Afrika, Europa en elders in de wereld zorgen voor de nodige wetenschappelijke inbedding van het onderwijsaanbod voor Belgische en buitenlandse studenten aan de UGent met betrekking tot de Zuid-Afrikastudie. De leerstoelbekleder zal in het eerste semester van volgend jaar (oktober-december 2018) een uitgebreid lessenpakket te behartigen krijgen: zes colleges van het introductievak (derde bachelor) en zes seminaries als deel van het nieuwe mastervak.

Recent publiceerden hoofdredacteur Annelies Verdoolaege en Yves T’Sjoen, bestuurders van het Gents centrum, in Afrika Focus (30 (2017) 2 (december), pp. 5-7) de bijdrage “Ghent University and South Africa. An Overview and New Perspectives” waarin voor een Engelstalig publiek de opzet en realisaties zijn gepresenteerd. Ook in Zacht Lawijd. Literair-historisch tijdschrift zijn de voorbije maanden onderzoeksresultaten gepubliceerd op het gebied van de Afrikaanse en Nederlandse letterkunde: “Vlaamse Boerenbruiloft rond 1900,” 16 (2017-2018) 2 (juli-september), pp. 4-26 en “Breytenbach in BABEL,” 16 (2017) 4 (december), pp. 22-31. Ter gelegenheid van de oprichting van de Leerstoel bundelde Yves T’Sjoen met de steun van het Gents centrum kortere essays en uitgebreide artikels in het boek Rakelings.

Jacques van Keymeulen, Annelies Verdoolaege en Yves T'Sjoen (Foto: Herman Meulemans)

Yves T’Sjoen, in samenwerking met Timothy Colleman, Jacques van Keymeulen en Annelies Verdoolaege.

The post Leerstoel Zuid-Afrika (UGent) en het Gents centrum voor het Afrikaans en de studie van Zuid-Afrika: Nieuwsbrief (oktober 2017-januari 2018) appeared first on LitNet.

Reaksie op Angus se “Jan ek glo jou nou”

$
0
0

Jy snap nog steeds nie.  Ek sê Afrikaans HET verdwyn van etikette, verpakkings, plek- en straatname, universiteite, die openbare lewe ens en is BESIG om te verdwyn wat die spreektaal betref.

 ’n Taal groei nie “deur ander tale se woordeskat” soos jy beweer nie. Woorde aan ander tale ontleen brei wel die woordeskat uit maar in ’n baie geringe mate en, soos ek jou al gesê het, meestal wat betref spesifieke vakgebiede.  Die taal van ’n oeie skrywer van die 1930’s, sê Eugene Marais, verskil van die taal van ‘n goeie skrywer deesdae, sê Dan Sleigh, net soos die ontwerp van klere, of geboue, of motors van die onderskeie tydvakke verskil. 

Die Afrikaans van Dan Sleigh is anders as dié van Eugene Marais omdat die taal sedert die 30’s anders aangewend word, NIE omdat meer Engelse woorde “kaalkop” oorgeneem is nie.  Net soos, sê, James Joyce se Engels verskil van Shakespeare s’n; dis ’n ander tydvak en die taal is intussen anders gebrei kan jy maar sê.  So, James Joyce skryf anders as Shakespeare beslis nie omdat Engels ander woorde “net so kaalkop oorgeneem het en die oorspronklike Engelse woorde in die vergetelheid verdwyn het” nie.  Net so met Afrikaans; Dan Sleigh gebruik nie Engelse woorde wat net so “kaalkop oorgeneem is en die oorspronklike Afrikaanse woord in die vergetelheid verdwyn het” soos jy beweer nie.

 Ek sê weer vir jou:  As Engelse woorde Afrikaanse woorde vervang brei dit nie Afrikaans se woordeskat uit nie, inteendeel, dit verskraal Afrikaans, veral ook omdat dit nie pas by die geluidstroom en ontwerp van Afrikaans nie.  Dit is tog logies – as jy twee items het en jy vervang een van die items het jy nog steeds net twee items, dis kleuterskoolwiskunde. 

Taal is ’n vaardigheid en om bedrewe te wees moet jy dit eers leer en dan, soos enige vaardigheid, in oefening bly. ’n Kind leer self loop (ook deur aanmoediging van sy ouers se kant af natuurlik) maar gimnastiek, byvoorbeeld, verg ekstra leerwerk en baie oefening om bedrewe te bly.  So ook met sy taal; hy leer aanvanklik aan moedersknie maar word later bedrewe deur verdere studie en oefening – dit is hoekom in  Frankryk Frans ’n skoolvak is, en Duits in Duitsland en Russies in Rusland en Engels in Engeland en so aan.

In ons geval, met dié nou dat Engels die amptelike taal is en gedurig in ons kele afgedruk word, kry die Afrikaanssprekers meer oefening in Engels en, logieserwys, begin hulle in hul spreektaal die Engelse woorde gebruik waaraan hulle meer gewoond is.  Afrikaanse woorde “verdwyn in die vergetelheid” om nou jou woorde te gebruik en Afrikaans word op die wyse geleidelik vervang deur Engelse woorde en sal Afrikaans naderhand heeltemal in onbruik raak as ons, die sprekers, nie iets daaraan doen nie.

Hierdie vervangingsverskynsel is veral prominent onder die jeug hier in Suid-Afrika en, soos jy tereg sê in jou brief van 11 deser (As Tale Verdwyn) as “ ... die jeug eers die dominante taal aanvaar, is dit sterwend, en op die afdraande pad [wat hulle moedertaal betref]”.  Dit is vir my verbysterd dat jy hierdie verskynsel herken (en erken) tov dominante tale soos Spaans en Russies maar hier in Suid-Afrika dink jy dit is ‘n verryking van Afrikaans.

Soos jy sê, “amazing” het “wonderbaarlik” vervang en dat dit net ’n waarneming van jou is (jy stem nie noodwendig saam daarmee nie).  Dit is presies my waarneming ook, vandaar my stelling dat Afrikaans besig is om te kwyn omdat al hoe meer Afrikaanse woorde deur Engelses vervang word.  Afrikaans is dus op die afdraandepad om nou jou woord te gebruik en afdraandepad dui daarop dat hy NIE gedy of floreer nie.  Jou stelling dat niemand iets aan hierdie vervanging kan doen nie is natuurlik onsin; die sprekers van Afrikaans kan iets daaraan doen net soos die sprekers van Engels die rede is hoekom Engels gedy. 

Terloops, ek het nooit “Engfrikaans” voorgestel nie as naam vir wat jy dink ’n nuwe taal is nie; dit is maar wat ek die geradbraakte mengelmoes noem wat baie mense deesdae praat (kyk veral na die sepies).

Groetnis

Jan Rap

 

The post Reaksie op Angus se “Jan ek glo jou nou” appeared first on LitNet.

Angus, help my met goeie Afrikaanse term

Press release: SATI Prizes for Excellence 2018: call for nominations extended

$
0
0

The South African Translators’ Institute (SATI) is pleased to call once again for nominations for its Prizes for Excellence in Translation and Dictionaries.

The prizes were initiated in 2000 and are being awarded for the seventh time. They aim to recognise meritorious work in the official languages of South Africa and to encourage the publication of translations of original works in the indigenous languages of the country.

The prizes are awarded every three years on or around International Translation Day, which is celebrated on 30 September. The first award – which went to Leon de Kock for his translation of Marlene van Niekerk’s Afrikaans novel Triomf into English – was made at the Aardklop Arts Festival in Potchefstroom in 2000. Subsequent winners have included Antjie Krog for her translations into Afrikaans of poetry from the various African languages in South Africa in Met woorde soos met kerse, Elsa Silke for In the Never-Ever Wood, the English translation of Linda Rode’s children’s stories In die Nimmer-Immer-Bos, Linda Rode herself for Bitter Heuning – Die verhaal van ‘n Sandveldvrou, the translation into Afrikaans of Hermione Suttner’s novel Bitter Honey, Naòmi Morgan for translations from French into Afrikaans of two books by Eric-Emmanuel Schmitt, Oskar en die pienk tannie and Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran, and the editorial teams for the Pharos Afrikaans-Engels/English-Afrikaans Dictionary and the Oxford Northern Sotho/English and isiZulu/English Bilingual School Dictionaries.

The prizes are awarded in five categories: fiction, non-fiction, children’s literature, plain language work and translation dictionaries. The winner in each category will receive a certificate of merit and a cash prize.

The Language Clause in the Constitution challenges everyone involved in language matters to promote the use of all the languages of South Africa, and in particular to develop the previously marginalised indigenous languages. SATI believes that language practitioners, in translating into and from these languages, are pivotal "mechanisms" in fostering the process of indigenous language development. As far back as 1993 SATI decided to implement strategies to facilitate the use and development of the indigenous languages of South Africa.

The objectives of the SATI Prizes for Excellence are –

  1. to promote the translation and publication of work into and/or from the official languages;
  2. to highlight a standard of translation towards which other translators should strive;
  3. to promote multilingualism and in particular the use and development of the indigenous languages;
  4. to promote cross-cultural understanding;
  5. to provide access to information at all levels of society in the official languages;
  6. to raise awareness of the role of translators in uniting the people of South Africa; and
  7. to raise awareness of translation as a profession.

The Institute is now calling for nominations for the prizes to be awarded in September 2018. The rules for the prizes and nomination forms are available under “SATI Prizes 2018” on the Institute’s website at www.translators.org.za or can be obtained from the SATI Office at office@translators.org.za or 011 803 2681.

The closing date for nominations for the 2018 SATI Prizes for Excellence is 19 January 2018.

The post Press release: SATI Prizes for Excellence 2018: call for nominations extended appeared first on LitNet.

KABV: Ruimte vir kreatiwiteit in die taalklaskamer?

$
0
0

Gesprek van Estelle Kruger met Ronel van Oort oor haar artikel:

Kurrikulumontwerpbenaderings van Suid-Afrikaanse skoolkurrikula: ’n Kritiese perspektief op die kurrikula vir Afrikaans (Huistaal)

Wat was jou eie ervaring in die onderwys voordat jy die akademie betree het?

Ek was vir 15 jaar ’n Afrikaans- en Geografie-onderwyseres voordat ek by my universiteit aangestel is. Dit was vir my wonderlike jare en die besef van hoe ’n groot verantwoordelikheid dit is om leerders te onderrig, het my immer diep getref. Jy werk met kinders vir wie jy die lewe kan oopmaak, vir wie jy hoop kan gee, selfvertroue kan gee, kan vertroos ... Ek het ook altyd onthou dat as jy aan leerders hulle huistaal onderrig, jy die naaste van alle vakke aan hulle harte kom.

Jou PhD se fokus op die inklusiewe ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans sedert 1652 het reeds aangetoon dat jy ’n belangstelling in die historiese ontwikkeling van sake het. Vertel asb vir ons waar hierdie belangstelling van jou vandaan gekom het.

Jy is heeltemal reg, Estelle. Ek dink die Suid-Afrikaanse sosio-historiese en -politieke omstandighede was/is bepalend van hoe ’n verskeidenheid sake verloop het/steeds verloop. Die sosio-politieke milieu aan die suidpunt van Afrika sedert 1652 het byvoorbeeld ’n bepalende rol in die ontwikkeling van Afrikaans en haar variëteite gespeel, maar ook ten opsigte van wat deur die jare in ons Suid-Afrikaanse skoolstelsel gebeur het.

My PhD het uit my onderwyservaring voortgespruit. Afrikaansonderwysers moet soms poësie wat in variëteite van Afrikaans (soos Kaapse Afrikaans en Griekwa-Afrikaans) geskryf is, onderrig. Sou ’n Afrikaansonderwyser egter gevra word waar dié variëteite vandaan kom of hoe dit ontstaan het, weet niemand nie ... Ek het eerstens besef dat indien onderwysers (en leerders daarby geïmpliseer) slegs basiese kennis van die ontwikkeling van Afrikaans sedert 1652 in die Afrikaansklas kan verkry, die oorsprong van hierdie wonderlike variëteite vir hulle baie meer betekenisvol word, en tweedens dat dié kennis tot versoening tussen groepe in Suid-Afrika kan bydra.

Wat is die agtergrond van jou betrokkenheid by hierdie studie? Hoe het jy bewus geraak van die probleem dat die KABV (2011) vir Afrikaans (Huistaal) moontlik nie opvoedkundig- en sosio-ekonomiesverantwoordbaar is nie?

Ek doseer al die afgelope 17 jaar onder andere metodiek vir studente wat Afrikaans as hoofvak neem. Dit beteken dat ek ook deur al die kurrikula-veranderings en -herverpakkings gegaan het. Ek het in die eerste plek gevind dat studente wat met kurrikula gewerk het wat deur ’n prosesbenadering tot kurrikulumontwerp beïnvloed is, baie meer kreatiewe en innoverende leerervarings saamgestel het; baie meer moeite gedoen het; en goeie vakkennis besit het. Dié studente moes vakinhoude baie goed ken om suksesvol te kurrikuleer en betekenisvolle leervarings te ontwerp. Tweedens moes hulle die leerders voor hulle baie goed ken om toepaslike lesse vir leerders met verskillende belangstellings, sosio-kulturele agtergronde en intelligensies aan te bied. Dit het uitdagende voorbereiding geverg, maar hulle het die uitdaging aangegryp en dit het die beste in hulle na vore laat kom. Studente wat met ’n kurrikulum werk wat in hoofsaak deur ’n produkbenadering tot kurrikulumontwerp beïnvloed is, steun swaar op die handboek en kom daarsonder onseker voor. Die aanbieding van lesse aan die hand van die handboek veroorsaak voorspelbaarheid en dat hulle hulle voorbereiding afskeep. Dit voel vir my hulle ontbreek ’n bietjie aan entoesiasme ...

In verband met die opvoedkundig- en sosio-ekonomiese verantwoordbaarheid meen ek met die KABV se voorskriftelikheid, dat dit streng kalendertye bevat en oral in die land op eenvormige wyse aangebied word – so ook die performatiewe aard van onderwys vandag – bestaan die moontlikheid dat leerders dalk nie as individue met verskillende intelligensies, agtergronde, belangstellings, toekomsverwagtings en ideale geag word nie. Ek dink nie ’n kurrikulum hoef oral in die land op eenvormige wyse aangebied te word nie. Kurrikulum-onderhandeling behoort plaas te vind om die beste onderrig wat ’n bepaalde gemeenskap benodig, te bied.

Hoe het jy gegroei het van ’n produkgebaseerde na ’n prosesgebaseerde kurrikulumbenadering as jy een van die mense is wat grootgeword (skoolgegaan) het met die Sillabus vir Afrikaans Eerste Taal (1985)? Verduidelik asb.

Soos ek in die artikel aandui, kan die KABV (wat oorwegend kenmerke van ’n produkbenadering tot kurrikulumontwerp bevat) as ’n tweesnydende swaard beskou word. Aan die eenkant help dit die onervare onderwyser om kurrikuluminhoude suksesvol te onderrig, maar aan die ander kant kan dit vir die ervare onderwyser wat kurrikulumonderhandeling verkies, baie beperkend wees. Ek het grootgeword met die Sillabi vir Afrikaans Eerste Taal (oorwegend kenmerkend van ’n produkontwerpkurrikulum) en as jong onderwyseres aan die hand daarvan begin Afrikaans onderrig.

Namate ek meer ervare en bekwaam geword het, het ek ook die Sillabi (1985, 1995) as beperkend ervaar. Maar toe vind die U-draai (waarvan ek in die artikel praat) plaas. Dit was ’n radikale verskuiwing weg van die behavioristiese, streng voorskriftelike Sillabi vir Afrikaans Eerste Taal na (sosiaal)kontruktivistiese kurrikula soos Kurrikulum 2005 (Taal, Geletterdheid en Kommunikasie) en die Hersiene Nasionale Kurrikulumverlaring (2002) wat kenmerke van ’n prosesbenadering tot kurrikulumontwerp bevat het.

Onderwysers was nie meer so aan handboeke gebonde nie; hulle kon op professionele wyse self toepaslike en tersaaklike leerinhoude genereer wat relevant, betekenisvol, sosio-maatskaplik en opvoedkundig verantwoordbaar vir die bepaalde klasgroep voor hulle is. Ek dink die feit dat menige onderwysers en handboekskrywers wel begin het om prosesgebaseerd met kurrikulumonderhandeling om te gaan het moontlik te doen met opvoedkundige verantwoordbaarheid.

Wat die KABV (2011) met kenmerke van ’n produkbenadering tot kurrikulumontwerp betref, wil dit voorkom of Afrikaansonderwysers in die huidige Suid-Afrikaanse onderwysbestel se professionele bevoegdheid en sosio-maatskaplike en opvoedkundige verantwoordbaarheid onderspeel word.

Dit is tog moontlik dat huidige kurrikuleerders van Afrikaans (Huistaal) op die hoogste vlak in dieselfde tydraamwerk as jy en jou medeskrywers van hierdie handboeke skoolgegaan het. Waar (wanneer) en hoekom het die begin van die U-draai wat jy beskryf plaasgevind ? Motiveer asb.

Die U-draai het as gevolg van sosio-politieke omstandighede in Suid-Afrika plaasgevind. Die post-apartheidsonderwysowerhede wou ’n nasionale skoolkurrikulum daarstel wat apartheidsonderwys opponeer, ’n simbool van hoop vir nuwe generasies gee (“peoples education for people’s power”), leerders sosio-ekonomies bemagtig en ontwikkel vir ’n demokratiese bestel. Die gevolg was Kurrikulum 2005 wat ten opsigte van kurrikulumontwerp dramaties van die vorige sillabi verskil het.

Dink jy onderwysers is nie (meer) toegerus om (self) as kurrikuleerders op te tree wat prosesgebaseerd onderrig nie? Wanneer het hierdie situasie ontstaan? Was daar fout met hulle opleiding of indiensopleiding?

Ek dink nie ons kan dit voor die deur van onderwysersopleiding lê nie. Tans word ’n nasionale kurrikulum gevolg wat deur ’n produkbenadering tot kurrikulumontwerp beïnvloed is. Dit behels onder andere voorskriftelikheid ten opsigte van kurrikulumvereistes en ’n handboekgedrewe onderrigbenadering. Geakkrediteerde handboekreekse is van so ’n aard dat dit alles bevat wat die nasionale kurrikulum vereis. Ek dink ons Afrikaansonderwysers word dalk tans nie meer genoegsaam uitgedaag nie. Streng kurrikulumvereistes en die slaafse navolging van handboeke kan moontlik daartoe bydra dat onderwysers hulle eie inisiatief, kreatiwiteit, opvoedkundige en sosio-maatskaplike verantwoordbaarheid en selfs professionaliteit ’n bietjie inboet. Onderwysersopleiding moet egter nie uit die oog verloor dat privaatskole nie noodwendig die nasionale kurrikula volg nie, en dat daar genoegsame voorsiening gemaak moet word vir kurrikulumonderhandeling en selfkurrikulering.

Hoe kan onderwysers meer persoonlik en kreatief betrokke raak by die inhoud van die geakkrediteerde handboeke wat hulle verplig is om te gebruik?

Ek dink dat onderwysopleiding ’n kritiese evaluering van die skoolkurrikula en handboeke behoort in te sluit, en dat onderwysstudente moet weet dat verskillende benaderings tot kurrikulumontwerp bepaalde voor- en nadele het.

Dit is duidelik dat daar nie ’n geleidelike oorgang was tussen die produkgebaseerde Sillabus van 1985 en die Uitkomsgebaseerde benadering (NKV 2005) tot taalonderrig nie. Hoe anders sou dit gedoen kon word volgens jou mening?

In retrospeksie sou dit dalk wensliker gewees het indien daar eers ’n hibriede benadering gevolg is (wat ’n kombinasie van ’n produk- en prosesbenadering tot kurrikulumontwerp behels). Maar die sosio-politieke omstandighede van die post-apartheidsera moes, om duidelike verstaanbare redes, ’n radikale verandering ten opsigte van die ou skoolstelsel gemaak het.

Wat dink jy sal die gevolg wees daarvan dat die KABV (2011) se voorskriftelikheid leerders se kreatiwiteit, verbeelding en vernuwende denke inperk?

Ek dink in die eerste plek dalk die voorspelbaarheid van die KABV. Ek het waargeneem dat lesse in die Afrikaansklas daagliks op dieselfde wyse aangebied word en verloop. In die tweede plek die gebrek aan werklike interaksie tussen die onderwyser en leerders en leerders en leerders as gevolg van die tydsgebondenheid van die KABV. Onderrig behoort binne menslike interaksie plaas te vind, maar tans vind hoofsaaklik onderwysgesentreerde onderrig plaas. Derdens dink ek die performatiewe, eerder as die opvoedende aard van onderwys, kan moontlik daartoe bydra dat leerders se kreatiwiteit, verbeelding en vernuwende denke ingeperk word.

Dit is duidelik dat taalonderwysstudente bemagtig moet word om kurrikulumonderhandeling te kan doen. Hoe sou jy hierdie konsep in 25 woorde aan taalonderwysstudente verduidelik om hulle te motiveer?

Betekenisvolle kurrikulumonderhandeling behels interpretasie, herinterpretasie, aanpassing en toevoeging van kurrikula. Unieke klasgroepe, individuele leerders, hulle agtergrond en ervaring word gebruik om kennis en leerderbegrip te konstrueer.

Hoe dink jy kan onderwysers van Afrikaans (Huistaal) bemagtig word om self onderwysinhoude te ontwerp?

Ek dink die heel belangrikste is dat onderwysers se professionaliteit erkenning moet geniet, maar dit impliseer terselfdertyd dat onderwysers hulle professionaliteit moet bewys deur werksetiek en opvoedkundige verantwoordelikheid.

Wat het jy van jouself geleer in die proses van hierdie studie en publikasie van die artikel?

Portuurkritiek het baie daartoe bygedra dat ek ’n baie beter artikel tot stand kon bring.

Is daar enige nuwe navorsingsprojekte op jou horison?

Ek wil graag kyk hoe die onderskeie sillabi en kurrikula poësie deur die afgelope 25 jaar hanteer het.

Kan jy vir ons ’n paar praktiese idees gee om op LitNet te laai vir onderwysers om entoesiasties te wees oor hulle klasaanbiedings, en hul eie en leerders se kreatiwiteit en kritiese denke te laat blom?

  • Die belangrikste: Voorkom voorspelbaarheid. Kies gereeld jou eie tekste. Indien die tweeweeklikse siklus ’n koerantberig behandel, kies ’n resente koerantteks oor ’n aktuele onderwerp wat leerders interesseer en wat pas by die betrokke klas voor jou se lewensomstandighede.
  • Doen dieselfde met poësie, spotprente, kortverhale, advertensies, ens.
  • Ontwerp jou eie leeraktiwiteite (steeds soos wat die kurrikulum vereis), maar aan die hand van ’n interessante werkkaart, skyfies, toepaslike eienskappe, tegnologie (iets anders as die handboek se vrae en die metode wat die handboek gebruik). 
  • Begin die periode met ’n verrassing. Doen iets wat leerders nie verwag nie. Wys ’n toepaslike prent, video; vra ’n treffende vraag, raaisel; gebruik toepaslike kenmerke; speel ’n gepaste liedjie; dramatiseer ’n gedig, ens.
  • Gebruik dikwels strokiesprente en poësietekste om geïntegreerde taal te onderrig.
  • Gooi gereeld ’n klip in die bos om leerders tot gesprekke oor daaglikse gebeure uit te daag.
  • Probeer om in die Intermediêre en Senior fases jeugverhale volledig saam met leerders deur te lees en laat leerders leesdossiere daaroor saamstel wat geïntegreerde skryfaktiwiteite insluit. (Ons het sulke goeie Afrikaanse jeugskrywers, gebruik hulle tekste.)
  • Maak gebruik van koerante in die klas. Daardeur kan op effektiewe wyse byvoorbeeld geïntegreerde taal vasgelê word. Koerante bevat resente taalgebruik, neologismes, interessante uitdrukkings, beeldspraak en figuurlike taalgebruik. Vestig leerders se aandag daarop. 
  • Doen meer as wat van jou verwag word, dit gaan die moeite werd wees. As jy entoesiasties is oor die taal, sal dit aansteeklik wees.

The post KABV: Ruimte vir kreatiwiteit in die taalklaskamer? appeared first on LitNet.

Voor ons vergeet: sodat ons kinders ook kan weet: ’n lesersindruk

$
0
0

Voor ons vergeet: sodat ons kinders ook kan weet
Saamgestel deur GD Cloete, A Boer en JS van Rooy
Uitgewer: Christelike Lektuurfonds
ISBN: 9781868044214

Die verhaal van die versplinterde Nederduitse Gereformeerde Kerk-familie is redelik bekend aan mense met ’n sin van die historiese – hoe die kerk in 1857 die eerste keer aparte kerkdienste toegelaat het weens die “swakheid van sommige”. Eers is daar slegs verskillende dienste gehou vir wit mense en “kleurlinge”,1 maar mettertyd het dit ontwikkel tot verskillende gemeentes gebaseer op ras. Die NG Sendingkerk wat hieruit ontwikkel het, het in 1881 ’n sinode gevorm. Later het die kerk ook verder ontwikkel met verskillende sinodes vir swart Suid-Afrikaners en vir mense van Indiese oorsprong. Die regering het later ook hierdie vier breë klassifikasies van wit, kleurling, swart en Indiër gebruik en die bevolkingsregistrasie en groepsgebiedewette het gevolg, en die kerk het dus in die proses ’n deurslaggewende rol in die ontwikkeling van apartheid gespeel. Dit was die jare wat daar gepraat was van die “Moederkerk” en die “dogterkerke”. Dit is dan ook verder redelik bekend hoe die Sendingkerk uiteindelik formeel teen die beleid van apartheid in opstand gekom het, deur die NG Kerk in ’n staat van beskuldiging te plaas, en veral met die aanvaarding van die Belydenis van Belhar in 1986, wat apartheid as strydig met die wil van God verklaar het. Uiteindelik het ’n deel van die Sendingkerk saamgesmelt met die NG Kerk in Afrika, en so het die Verenigende Gereformeerde Kerk in 1994 ontstaan, hoewel ’n gedeelte van die NG Kerk in Afrika steeds voortbestaan.

Dit is in breë trekke die storie van die NG Kerk se familie. Die jare van “moederkerk” en “dogterskerke” is vandag lankal iets van die verlede, maar die verhale agter dit alles is steeds agter ’n sluier verskans. Voor ons vergeet dokumenteer iets van die groot stuk vervreemding en ontnugtering tydens die jare van kerklike apartheid. Die boek vertel van “die ervaringe van afgetrede predikante tydens hulle bediening in die NG Sending- en Verenigende Gereformeerde Kerk” (vi). Dit is ’n unieke en fassinerende publikasie, maar dit is ook pynlike leesstof waarvan opskrifte soos “Ek het ook maar ‘baas’ gesê”, “Jy het nogal ’n oulike meidjie” en “Petrolbomme teen die evangelie” in die inhoudsopgawe reeds getuig.

Verhale oor die verlede laat altyd unieke uitdagings aan die skrywers daarvan. Baie van die rolspelers lewe byvoorbeeld nog, en hulle identiteite word maar soms liewers verswyg. Hoewel elkeen van die 17 verhale unieke gevalle is, is daar patrone wat oor en oor herhaal word in Voor ons vergeet. Daar is die pynlikhede van die groepsgebiedewet en die pasboekstelsel. Leraars wat nie in die kerk se pastorie mag woon nie, weens groepsgebiede. Verskille in salarisse. In een dramatiese verhaal probeer die munisipaliteit om een gemeenskap se huise plat te stoot, maar die gemeente vorm ’n menseketting om die stootskraper, en die drywer van die stootskraper het uiteindelik op vlug geslaan. Dan is daar die wantroue tussen mense. Die spioenasie. Die veiligheidspolisie wat inbreuk maak op mense privaatheid. Preke wat gefynkam word vir enige politieke boodskap. Daarmee saam is die onluste van die 1980’s en 1990’s, in aanloop tot die 1994-skikking. En daar is die patriargale verhouding tussen die “moederkerk” en die “dogterkerk”, en hoe dit tot magsmisbruik gelei het. Dit alles word weer afgewissel met versoenende samewerking, waarvan daar ook gevalle was. Die oorgrote meerderheid van die verhale speel af in die Suid-Afrikaanse platteland, maar daar is ook sommige verhale wat in stedelike gebiede afspeel.

Die enigste eintlike kritiek wat miskien gelewer kan word op die publikasie, is dat daar hier en daar enkele drukfoute in die boek voorkom. Die is egter so minimaal dat dit nie die publikasie uitermatig ontsier nie. Deur die loop van 90 bladsye word die leser getrakteer op die pynlike verhale van ’n minder bekende deel van ons geskiedenis. Dit lyk nie asof die verhale swaar geredigeer is nie, en die vertellers se taal en metafoor is deurgaans deel van die narratief. Mens kry ook deurlopend die idee dat hierdie maar nog net die oortjies van die seekoei is. Dat daar nog baie is wat nie gesê word nie, dat jy slegs maar besig met ’n voëlvlug is.

Voor ons vergeet vertel die verhale van mense wie se stemme dikwels in die verlede nie geduld was nie. Die boek bied ’n mens ’n venster in die komplekse verhouding van die NG Kerk-familie – ’n familie wat vandag nog steeds net so broos is as tydens die jare van apartheid. Dat daar oorgegaan is tot die dokumentering van hierdie verhale, is iets waarvoor ons die samestellers van hierdie boek hartlik moet bedank. Sommige van die leraars is al oorlede, en hulle verhale is vertel deur diegene wat hulle geken het. Op die flapteks word gesuggereer dat daar nog van hierdie verhale gedokumenteer sal word, ook vanuit die NG Kerk in Afrika, wat ’n welkome toevoeging sal wees indien dit realiseer.

Sou hierdie droewige verhale afgespeel het indien die kerk nie opgedeel was in verskillende rasgroepe nie? Dit is ’n vraag wat deur mens se kop maal by die lees daarvan, en waarop daar seker geen klinkklare antwoord is nie. Dat Suid-Afrika polities kon integreer, maar vandag steeds met ’n versplinterde NG Kerk-familie sit, verswak steeds die verhoudinge in die land. Dit vervreem gemeenskappe van mekaar en is ’n teelaarde vir wanpersepsie. Maar bo alles ondermyn dit ook die relevansie van die NG kerke teen die agtergrond van die breë rigting waarin die land beweeg. Voor ons vergeet se grootste waarde lê egter daarin dat dit verhale dokumenteer wat nog nooit voorheen vertel is nie. Dit maak dit ’n kosbare bydrae wat mens se insigte verryk, ongeag of die kerk nog vir mens belangrik is of nie.

1 Kleurling is ’n omstrede term van rasklassifikasie wat in apartheidswetgwing gebruik is.

The post <i>Voor ons vergeet: sodat ons kinders ook kan weet</i>: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Afrikaans: Dis soos twee jong haantjies ... en eenkant toring die forse werfhaan

$
0
0

Jan Rap het die jaar afgeskop met Afrikaans, en ek is oortuig daarvan dat dit voortspruit uit die Konstitusionele Hof se uitspraak einde verlede jaar daaroor. Die uitspraak is ’n gatslag vir ons trots en behoudende Afrikaanssprekers omdat dit verreikende toekomstige implikasies het.

Die prentjie van twee haantjies doem voor my op wanneer ek Angus en Jan Rap se onderonsies van die stoep af beleef. Dis ’n  krapperige moerigheid wat uitgeveg moet word en wat net end sal kry wanneer een bes gee. En die fors werfhaan (die hof) staan en toekyk - ongeëerd en afsydig.

Angus (Engels as huistaal en oupa wat ‘n ‘kilt’ dra) deel skoppe oor die vermeende ‘kombuissoortige mengelmoes-ontwikkeling’ van Afrikaans  uit terwyl Jan oor die naderende sterfte-uur daarvan sy nekvere blom.

Dit gaan nie vir Jan oor hoe die taal gebore is en ontwikkel het nie, maar, en ek sluit my by hom aan, vir hom is dit oor die stadige doodgaan daarvan.

Die moord waaroor Angus en ander geen haan sal laat kraai nie. 

Maar dis ons taal – ons praat, skryf, luister en leef dit.

‘  Afrikaanse regsgeleerde, verkose tot die Bank omdat hy voldoen aan kriteria, verwys na die Taalman van Onrus wat, op ’n vraag net na ’94, “Wat is die toekoms van Afrikaans?” geantwoord het “Allesverloren”.

Allesverloren? vra ek, vanwaar? – maar dan lees ek: “Dit het nie gelyk of die NP-leierskorps die taalkwessie baie ernstig beskou het nie. Ook die eis vir kultuurgebonde skole en universiteite was nie hoog op hul prioriteitslys nie” (Die Laaste Afrikanerleiers – Hermann Giliomee -  Tafelberg - tweede druk 2013 -  bl 423). En die skok van ’n ander nugterdenkende Afrikaner weerspieël ook my ongeloof soos beskryf op die volgende bladsy:  “Wat het jy aangevang? Jy het kinders laat onderhandel.” (bl 424) En die besef: “Wat ons nou het is konvensionele meerderheidsregering. Ons het alle mag verloor.”(bl 424) 

Waarom, wonder ek, het die Afrikanerleiers die taalkwessie nie ernstig opgeneem nie, wat het hulle gedink?

Eien die Afrikaner wat alom gesien word as die onderdrukker, hom nou die Taal toe? Word Afrikaans in sy geheel uitsluitlik aan die Afrikaner gekoppel.

Daardie meerderheidsregering het die finale Grondwet geskryf wat sy Edele se riglyn is en daarbuite sal (en mag) hy nie. Hy skryf (Rapport Weekliks – 7/01/2018) dat Afrikaans nie aanspraak kan maak op grondwetlike beskerming solank as wat dit eksklusief en rasgebonde bly nie. Hy haal ’n akademikus aan: “On those travels I had witnessed deep poverty in isolated rural homesteads. The people that I had met in the far-flung villages were as desperately poor as I have seen elsewhere, and they were mostly Afrikaans-speaking. How could they, these people – the poorest of the poor –  be ‘the oppressor’?”

Versaak die Afrikaner hierdie sprekers?

Ook haal hy uit die Gauteng Legislature aan: “The Afrikaans language is one of the cultural treasures of South African national life, widely spoken and deeply implanted, the vehicle of outstanding literature, the bearer of a rich scientific and legal vocabulary and possibly the most creole or ‘rainbow’ of all South African tongues. Its protection and development is therefore the concern of the whole South African nation.”

Maar en ons lees verder uit die Gauteng Legislature: “In approaching the question of the future of the Afrikaans language, then, the issue should not be regarded as simply one of satisfying the self-centered wishes, legitimate or otherwise, of a particular group.”

Is dit wat die Afrikaner doen? Want sy Edele skryf onder andere: “’n Mens sou verwag dat die aanpak van ’n saak oor taalregte sou geskied met deeglike oorweginge, maar tevergeefs soek ‘n mens enige erkenning van die kompleksiteit van taalregte van andere. Geen praktiese voorstelle om ander rasse tegemoet te kom en taalgebruik te vergemaklik is blykbaar gemaak in die universiteit se ondersoek daarna nie. Daar is klaarblyklik geen insig in hierdie realiteite nie, en ook nie ‘n besef van watter persepsie dit teenoor andere skep nie. Hierdie gebreke bevestig die karikatuur van Afrikaners as hardvogtig en mense wat min omgee vir andere. Bevorder hulle die saak van Afrikaans of benadeel hulle dit?”

En nou is daar weer die geval van Gautengse Afrikaansmedium skool. Wat doen Afrikaners na gister se Pretoria hooggeregshof uitspraak oor die skool? In plaas daarvan om nederig en bemoedig te wees, is hulle windgat en spog en klim ieder en elk op die wa en spreek die verkeerde spreuke.

Die Konstitusionele Hof, die einste, so lyk dit, gaan die laaste sê hê.

Dat Afrikaans nie meer “the vehicle of outstanding literature, the bearer of a rich scientific and legal vocabulary” is nie, en nie weer sal wees nie, moet vierkantig voor die Afrikaner se deur gelê word. Dis die Afrikaner se toedoen dat die Taal is waar dit vandag is en ander Afrikaanssprekers ook treur.

Mag die Taal lank lewe!

Raed-na-Gael

 

The post Afrikaans: Dis soos twee jong haantjies ... en eenkant toring die forse werfhaan appeared first on LitNet.


Johannes Calvyn (IV)

$
0
0

"The last moments of Calvin" (Barcelona: Montaner y Simón, 1880–1883) [Bron: Fondo Antiguo de la Biblioteca de la Universidad de Sevilla from Sevilla, España - "Últimos momentos de Calvino", CC BY 2.0, Wikimedia Commons]

Calvyn sterf

In die herfs van 1559 het Calvyn ’n koors opgedoen (die simptoom van ’n onderliggende siekte). Hy het herstel, maar sy stem het met sy prediking begin ingee, en hy het selfs bloed los gehoes. Hierna het sy gesondheid vinnig agteruitgegaan. Op 6 Februarie 1864 sou Calvyn sy laaste preek lewer in die Sint Pierre Katedraal in Genève. Op 25 April van daardie jaar het hy sy testament opgestel waarin hy bedrae bemaak het aan sy collége en familielede. ’n Paar dae later het al die “pastore” (predikante) hom besoek om vaarwel te kom sê: dit is opgeneem in die sogenaamde Discours d’dieu aux minintres in Calvyn se corpus geskrifte. Calvyn sterf op 27 Mei 1564 op die (eerder jonge) ouderdom van 64. Sy liggaam het vir ’n kort tydjie in staatsie gelê sodat almal hom vir oulaas kon sien. Omdat die hervormers egter so teen die kultus van “heiliges” was, is hy die volgende dag te ruste gelê in die Cimetière des Rois in Genève. En die presiese ligging daarvan is ongemerk gelaat. Eers in die 19de eeu is ’n grafsteen aangebring digby die plekkie waar hy volgens tradisie begrawe was.

Kortbegrip van Calvyn se Institusie in oënskou geneem

Johannes Calvyn het sy teologiese gesigspunte uiteindelik sorgvuldig uiteengesit in sy Bybelkommentare, preke en diverse monografiese behandelinge van onderwerpe. Uiteindelik vind ons dit volledig opgesom in sy Institutio Christianae Relgionis, wat nege uitgawes beleef het. Dit was inderdaad sy opus magnum wat hy nagelaat het. Hy het sy Institusie beskou as ’n handleiding wat saam met sy talle kommentare gebruik moet word. Calvyn se Institusie span uiteindelik oor sy hele loopbaan as hervormer. Dit is herhaaldelik hersien oor ’n tydperk van 29 jaar, en die laaste uitgawe is in 1569, vyf jaar na sy dood, in Genève gepubliseer. Merkwaardig is dat hierdie werk van Calvyn, wat sy hele loopbaan omspan, weinig in teologiese sieninge reg van die begin van sy loopbaan af gewysig is. Die eerste uitgawe daarvan in 1536 het net vier hoofstukke gehad. Die tweede uitgawe, drie jaar later, het drie keer so lank geword, omdat Calvyn nou ook hoofstukke oor onderwerpe ingevoeg het wat in Melanchthon se Loci Commenunes van 1521 verskyn het. In 1543 het Calvyn weer nuwe materiaal bygevoeg, oa ’n meer uitgebreide hoofstuk oor die Apostoliese Geloofsbelydenis. Die laaste uitgawe van die Institusie (1559) het vier boekdele van agt hoofstukke beslaan, en elke boek is in sy opskrif vernoem na die hoofstelling wat daarin behandel word: Boek I handel oor God as die Skepper [skepping]; boek II oor Jesus Christus as die Verlosser [herskepping]; boek III handel weer oor die genade wat deur die Heilige Gees in Christus ontvang word; en boek IV handel uiteindelik oor die kerklike gemeenskap in Christus (en Christoû Jêsoû: vgl Adolf Deissmann se doktorale tesis op Marburg in 1896).

Die heel eerste stelling in boek I kondig onmiddellik die hooftema daarvan aan, naamlik dat die som van die menslike wysheid en insig uit twee hoofdele bestaan: kennis van God en kennis van homself (vgl die oud-Griekse Delfiese (Sokratiese) uitspraak van gnôthi seautón – “ken jouself” (in jou moontlikhede en beperkinge). Calvyn argumenteer dat kennis van God nie ingebore in die mens is nie, en dat die mens dit ook nie kan bekom (slegs) deur die wêreld om hom heen waar te neem en te ontleed nie. Die enigste weg waardeur ons kennis van God kan bekom, is deur sy geopenbaarde Woord te bestudeer. Calvyn het gesê dat vir iemand om God te bereik, hy die Heilige Skrif as kompas moet gebruik (vgl Charlie Moule van Cambridge: “God is the Pilot with the Compass, I am only the Passenger”). Calvyn het nie probeer om die gesag van Die Heilige Skrif te bewys nie (soos byvoorbeeld deur gebruik te maak van II Timotheüs 3:!6 se pâsa graphê theópneustos, “die ganse Skrif is deur God ingegee” – wat vir net daardie boek sou geld). Calvyn beskou die hele (kanonieke) Skrif as autopístos (“geloofwaardig in sigself”). Hy verdedig ook die Drie-eenheidsleer onverbiddelik (ondanks die feit dat die Griekse woord triás en Latynse vertaling trinitas nie in ’n enkele NT-teks voorkom nie. Die aanbidding van beelde beskou hy ook as blote afgodery of ’n heidense model. Aan die einde van die eerste boek gee Calvyn sy siening van die Voorsienigheid: Deur sy (groot) genade onderhou en bewaar God deur sy mag die wêreld wat Hy geskep het, en deur sy Voorsienigheid heers hy oor die individuele dele daarvan. Die mens is nie in staat om ten volle te begryp waar God elke afsonderlike ding laat gebeur nie, maar watter goeie of slegte dinge die mens ook al mag pleeg, loop die uitvoering daarvan altyd uit volgens God se wil en besluite.

Boek II sluit verskeie essays in oor die kwessie van die erfsonde en die Val van die mens in die Paradys, wat direk teruggaan na Augustinus van Hippo in Noord-Afrika wat oorspronklik hierdie leerstelling uitgewerk en geformuleer het. Calvyn haal die standpunte van die ou kerkvaders (in Latyn en Grieks) dikwels aan om hom en die Hervorming te verdedig teen dié wat beweer dat die Hervormers ’n ganse nuwe teologie gaan skep het. Die oorheersing van sonde is volkome tot op die punt dat alle mense gedryf word om boosheid te pleeg. Daarom het die gevalle mens die Verlossing nodig wat daar in Christus Jesus te vind is. Maar voordat Calvyn hierdie gesigspunt verduidelik, beskryf hy eers die spesiale posisie van die Jode in die ou Israel wat in die tyd van die Ou Testament geleef het. God het met Abraham (die "vader van al die gelowiges" volgens Islam) ’n Verbond gesluit en die koms van Christus, die Gesalfde, beloof. Daarom staan die God van die Ou Testament nie in teenstelling tot die Christus van die Nuwe Testament nie. Beide Testamente staan onder die Belofte van God wat gestand gedoen is. Calvyn bespreek dan die NT-passasie in die Apostoliese Geloofsbelydenis waarin die lyding van Christus plaasgevind het onder Pontius Pilatus en dat Christus sal terugkeer (die tweede parousía) om die lewendes en die dooies te beoordeel. Vir Calvyn het die hele gang van Christus se gehoorsaamheid aan God die Vader die onmin en tweedrag tussen God die Skepper en die geskape mens uit die weg geruim.

Boek III beskryf hoe spirituele en geestelike eenheid tussen die sondige mens en die heilige God bekom kan word. Calvyn definieer eers geloof (pístis, dit is blinde geloof) as ’n vaste en sekere vertroue (ironies te vergelyk met Martin Buber se sjĕmoena) van God in Christus Jesus. Die onmiddellike gevolg van geloof is berou en die aflegging van sonde. Dit word dan gevolg deur ’n geestelike herskepping wat die gelowige laat terugkeer na sy oorspronklike staat van heiligheid voor die oortreding van Adam. Volkome heiligmaking is egter nie in hierdie (aardse) lewe moontlik nie, en die gelowige moet ’n voortdurende stryd teen die sonde stry. Verskeie hoofstukke word dan hierna gewy aan die onderwerp van regverdiging deur die geloof alleen (vgl Romeine 1:17, ek pistíôs eis pístin, kathôs gégraptai, Ho dè díkaios ek písteôs dzêsetai, soos deur Martin Luther ontdek). Hy definieer regverdigmaking as ’n “aanvaarding waarby God die sondige mens as regverdig aanvaar deur die genade wat Jesus Christus na die aarde gebring het”. In Calvyn se definisie van regverdiging is dit duidelik dat dit God is wat dit begin én uitvoer, en dat dit nie deur die sondige mens self is dat dit kan kom nie (vgl Karl Barth: dit is God wat die mens soek en ontdek, en nie andersom nie). God is volkome soewerein in sy redding. Die mens kan dit nooit deur sy werke (goeie dade) verdien nie (vgl weer Martin Luther). Aan die einde van hierdie boek beskryf en verdedig Calvyn sy leer van die uitverkiesing (praedestinatio) – wat dan immers logies is! Hierdie leerstelling is gevestig deur Augustinus van Hippo in teenstelling met die oordeel van die Ierse monnik Pelagius in die 4de eeu. Teoloë wat hierdie standpunt met Calvyn gedeel het, sluit in Thomas Aquinas en Martin Luther, hoewel Calvyn se siening hierna verder gaan as die oordeel van Godgeleerdes voor hom. Die begin wat lê in Calvyn se woorde, is: alle mense is nie op gelyke terme gebore nie; sommiges is deur God uitverkies voor die grondlegging van die wêreld (hê katabolê tês gês), gepreordineer om die ewige lewe te beërwe, terwyl ander vir ewig verdoem is. Elkeen is dus geskape vir een van die twee uiteindes. Die uitverkorene is daar vir die ewige lewe, die verdoemde vir ewige dood en duisternis.

Boek IV, die laaste een, beskryf wat hy meen die ware kerk, sy bediening, sy gesag en sy sakramente behels. Calvyn ontken die primaatskaplike voorrang van die pous van Rome, asook die aanklag dat die Hervormers ’n klomp skeurders is. Vir Calvyn was die Kerk van Christus ’n liggaam van gelowiges wat Jesus Christus as hulle Hoof aanvaar het. Hy definieer die kerk dan ook as een (katholikês: “katoliek”, dws “algemeen”) en universeel. Daarom argumenteer Calvyn dan ook dat die Hervormers die sogenaamde (Rooms-) “Katolieke” Kerk moet verlaat om werklik universeel “katoliek” te wees. Die pastore van die kerk se ampte en pligte beskryf Calvyn uit ’n passasie in Paulus se Efesiërbrief (4:11) waar die kerkleiers apostels, profete, evangeliste, herders en leraars genoem word. Calvyn het die eerste drie ampte as tydelik en uitgedien gesien. Die laaste twee, dws die pastore/predikers/predikante en die “doktore” (leraars), is kerklike ampte wat hy in Genève gaan vestig het. Hoewel Calvyn die werk en inisiatiewe van Ekumeniese Rade gerespekteer het, het hy dit ondergeskik gestel aan die gesag van Gods Woord in die Heilige Skrif. Calvyn het tog geglo dat kerk en staat van mekaar geskei moet word en nie met mekaar se sake moet inmeng nie. (In beginsel ja, maar in die praktyk het dit toe nie so in Genève uitgewerk nie!)

Calvyn het die sakrament (< sacramentum, wat oorspronklik die eed van getrouheid van ’n soldaat aan sy leërafdeling aangedui het) beskryf as ’n aardse teken wat geassosieer word met ’n belofte van/aan God. Hy het net twee van die sewe Rooms-Katolieke sakramente aanvaar, naamlik die doop en die nagmaal (eucharistie: dankbaarheid). Die Rooms-Katolieke Kerk het verder nog die sakramente gehad van die aanneming van jong kerklidmate, die voorstelling van kerkbeamptes, boetedoening, die bevestiging van huwelike, en die bediening van die laaste oliesel aan ’n sterwende. Calvyn het die transsubstansiasieleer, oftewel die werklike verandering van die brood en die wyn by die nagmaal of Mis in die vlees en bloed van Jesus Christus, verwerp. Die Laaste Avondmaal was nie vir hom die offer van Jesus Christus aan die kruis nie. Hier het Calvyn ook van Luther verskil wat gemeen het dat Christus tog aanwesig was in die tekens van die brood en die wyn. Sy eie uitgangspunt was nader aan dié van Zwingli, naamlik dat ons dit bloot simbolies moet sien en nie identies nie. (Elke keer as iemand vaste kos met drank inneem, moet dit hom herinner aan die kruisoffer van Jesus – sekerlik nie net met die spesiale geleentheid waarvan Paulus in I Korinthiërs 11:23 vervolgens praat nie.) Maar Calvyn het ook volgehou dat met die bediening van die nagmaal die menslike gees versterk word in sy deelgenootskap met die Heilige Gees. In Calvyn se eie woorde was die eucharistie ’n geheim wat te subliem is vir die menslike verstand om te verstaan en in woorde te verantwoord. “Ek ervaar dit, eerder as wat ek dit (werklik) verstaan.” RA Gerrisch (“The place of Calvin in Christian Theology” in The Cambridge Companion to John Calvin, CUP 2004) wys daarop dat Calvyn altyd sy eerste verdediging losgelaat het in die voorwoord van elke uitgawe van sy Institusie. Hy het volgehou dat die patristiese oorleweringe die saak van die Hervorming versterk teenoor diegene wat valslik wil volhou dat die hervormers daarvan afwyk.

Ten slotte

Na die dood van Calvyn en sy opvolger Theodore de Beza het die Stadsraad van Genève beheer verkry oor al die terreine van die lewe daar wat voorheen basies onder kerklike bestuur gestaan het. Sekularisasie het dan ook spoedig in Genève begin intree. Selfs die Geneefse Académie het sy eertydse sentrale rol verloor. Die Calvinisme (’n term wat die skepping van Joachim Westphal was) het intussen ver buite die grense van Genève gaan uitbrei. Leiden in Nederland en Heidelberg in Duitsland het as “Calvinistiese” universiteitsetels oorgeneem. In 1563 sou die Heidelbergse Kategismus dan ook daar geformuleer word. Calvyn het gedurende die hoogtepunt van sy lewe oor die gang van sake in Genève gewaarsku dat hy nie “verafgod” mag word nie. Genève was nie die Nuwe Jerusalem nie. Die Calvinisme het Martin Luther se Lutherse belyding in Duitsland as deel van die ware kerk beskou én aanvaar. Calviniste het ernstige sendingwerk in Frankryk gedoen, en Calvyn se leerstellinge is ook reeds vroeg as leidend in Nederland aanvaar – van waar dit ’n eeu later deur Jan van Riebeeck ook na die suidpunt van Afrika oorgedra is, sowel as na Noord-Amerika (die huidige VSA). Calvinisme is ook oorgedra na Engeland (waar manne soos Martin Bucer, Peter Martyr en Jan Laski ’n leidende rol gaan speel het). So ook in Skotland, waar John Knox die voorpunt in Edinburgh ingeneem het. Twee derdes van Hongarye het ook, ná Jan Hus, Martin Luther en Calvyn, hervormend geraak. Calvyn het nie lank genoeg gelewe om te sien hoe sy insigte internasionale erkenning gekry het, en selfs ’n beweging van sy eie geword het nie.

 

Bibliografie by Calvyn

Calvyn se standaard Corpus Reformatorum (Joannis Calvini opera quae supersunt omnia), versorg deur G Baum, E Cunitz, E Reuss, ea, Brunswick en Berlyn, 1863–1990, beslaan 59 volumes.

Daar is natuurlik tallose biografieë oor Johannes Calvyn se lewe opgestel en monografieë oor sy werk geskryf. ’n Hele paar is reeds in die bostaande teks aangehaal. Afgesien van sy groot Geneefse vriend Theodor de Bèze (Beza) se Discours ... contenant l’histoire de la vie et mort de Me Jean Calvin, kan die volgende genoteer word:

Emile Doumergue, Jean Calvin, les hommes et les choses de son temps (in 7 dele, Lausanne, 1899–1927, totaal omvattend); Franz Wilhelm Kampschulte, Johannes Calvyn, seine Kirche und sein Staat in Genf (in 2 vols, 1869–1899); A Lang, Johannes Calvyn, ein Lebensbild (1909); Idem, Bekehrung Johannes Calvyn’s (1897); H Haussherr, Der Staat in Calvyn’s Gedanken (1923); FL Rutgers, Calviijn’s invloed op de Reformatie in de Nederlanden (1899); K Holl, Johannes Calvyn (1909, in Ges. Aufs., III); MC Slotemaker de Bruïne, Calvijn (1934); SP Dee, Het geloofsbegrip van Calvijn (1918); E Emmen, De Christologie van Calvijn (1935); A de Cuervain, Calvyn, sein Lehre und Kämpfen (1926); H Kuiper, Calvin on Common Grace (1928); Karl Barth, Calvyn (1936); J Bohatee, Calvyn’s Lehre von Staat und Kirche (1937); O Pfister, Das Christentum und Angst (Zürich, 1945 – heel krities); D Nauta, Calvijn (1955); Idem, Zicht op Calvijn (1965); WF Dankbaar, De sankramentsleer van Calvijn (1941); Idem, Calvijn (1957); J Koopmans, Het oudkerklike dogma in de Reformatie, bepaald by Calvijn (1938); W Niesel, Die Theologie Calvijns (2de druk, 1957); Idem, Calvijn-Bibliographie, 1901–1959 (1961); W Nijenhuis, Calvinus oecumenicus (1958); J Cardier, Calvin (1959); K Reuter, Das Grundverständnis der Theologie Calvins (1963); A Ganvezy, Calvin théologien de l’église et du ministère (1964); Idem, Le jeuit ne Calvin (1966); J Baur, Gott und Recht im Werke Calvins (1965); Francois Wendel, Calvin, Sources et évolution de sa pensée religieuse (1950); John T McNeill, The history and character of Calvinism (1954); E William Monter, Calvin’s Geneva (1967); Robert M Kingdon, Geneva and the coming of the Wars of Religion in France, 1555–1563 (1956); Alfred Erichson, Bibliographia Calviniana (1900, herdruk 1960); Pierre Fraenkel, et alli, “Petit supplément aux bibliographies calviennes, 1901–1963” (in Bibliothèque d’Hamanisme et Renaissance, 33, ble 385–413, 1971); Ford Lewis Battles & André Malan Hugo, Calvin’s Commentary on Seneca’s De Clementia (1969); Philip E Hughes, The Register of the Company of Pastors of Geneva in the Time of Calvin (1966); Robert M Kingdon & Jean-Francois Bergier, Registres de la Compagnie des Pasteurs de Genève au temps de Calvin (in 2 vols, 1962–1964).

Lees ook:

Johannes Calvyn (I) 

Gerrit van Wyk Kruger 
Seminare en essays 

"Johannes Calvyn was ’n Franse teoloog en regsgeleerde wat verantwoordelik was vir die Groot Hervorming in die 16de eeu in Europa in die Franse wêreld, en wel in die eerste instansie in Franssprekende Switserland in Genève, soos Martin Luther dit in Duitsland was."


Johannes Calvyn (II) 

Gerrit van Wyk Kruger 
Seminare en essays 

"Toe daar oorlog uitbreek tussen Frankryk en Duitsland, was Calvyn verplig om met ’n ompad na Parys terug te keer, en só beland hy toe geheel onbeplan in Genève, waar hy eintlik teen sy wil ingetrek is om die Hervorming daar te lei."


Johannes Calvyn (III) 

Gerrit van Wyk Kruger 
Seminare en essays 

"Calvyn het ’n fyn lyn betree tussen die rol van die godsdiens en die gemeenskap en die regte van die staat waarin daardie gemeenskap hom bevind. Calvyn was van mening dat die Bybel hier geen bloudruk vir die mens gee nie."

The post Johannes Calvyn (IV) appeared first on LitNet.

Vir Jan Rap oor wat taal is

$
0
0

Dit is heel verblydend om te verneem van jou deeglike studie wat jy van Shakespeare en James Joyce se werke gemaak het. Miskien kan jy my meer van die verskille tussen die twee se skryfwyses inlig. Graag sal ek ook meer wil weet van hoe Eugene Marais se skryfstyl verskil van ons moderne skrywers s'n. Ek het nog altyd die letterkundiges bewonder.

Wanneer ek praat van die groei van ʼn taal, het ek egter iets heeltemal anders in gedagte as strukturele verandering waarvan Dan Sleigh praat. Met taalgroei bedoel ek die groei van die taal se woordeskat sodat dit kan tred hou met tye en omstandighede. Ek hou maar by Afrikaans wat ek bestudeer het; jy kan my inlig oor Engels, Duits, Frans, Russies, ens wat jy bestudeer het.

Afrikaans se woordeskat behels die volgende: 1. Eiegoed, dit is woorde wat ons van 17de eeuse Nederlands geërf het. Glo dit as jy wil, maar hier het Afrikaans al heelwat Engelse woorde geërf. 2. Eiegoed, dit is woorde wat sprekers self geskep het, neologismes. Dit raak al hoe minder produktief hoe ouer ʼn taal word. Afrikaans het ʼn besondere manier van nuwe woorde skep en dis deur middel van samestelling, en dit is produktief. 3.Leengoed. Dit is ontlening uit ander tale se woordeskat. Afrikaans kry die meeste woorde van Engels, alhoewel dit ook in aanraking kom met tale soos Zulu, Sotho en Xhosa. Van die drie is ontlening die produktiefste.

Volgens jou mag ʼn mens nie ʼn Engelse woord gebruik as jy Afrikaans praat nie, want dit “verskraal” glo die taal. Wat jy presies daarmee bedoel, sal jy moet verduidelik. Dit is nie geldig om te sê die Engelse woord pas nie by die Afrikaanse geluidstroom nie. Engels brei sy woordeskat uit met woorde waar hy ook al posvat regoor die wêreld wat nie fonologies inpas by Engels nie, en raak nie daardeur “verskraal” nie, inteendeel, Engels word daardeur verryk. As ʼn spreker ʼn Engelse woord gebruik as hy Afrikaans praat, kommunikeer dit beter; dis die rede waarom hy dit gebruik.

In my skrywe “As tale verdwyn” het ek wel gesê dat as die jeug die dominante taal aanvaar, is hulle eie taal aan die kwyn, maar jy verstaan die hele argument verkeerd. As iemand ʼn Engelse woord gebruik, terwyl hy Afrikaans praat, aanvaar hy nie Engels as die taal wat hy gaan praat nie. Slegs as ʼn Afrikaanssprekende kind Engels as sy spreektaal aanneem, sou Afrikaans in gevaar staan om te verdwyn. Om dit anders te stel, Afrikaans kan nie verdwyn deur ʼn Engelse woord te ontleen nie, Afrikaans kan alleenlik verdwyn as die Afrikaanssprekendes besluit om nou maar liewer Engels te praat.

Sprekers van een taal kan besluit om liewer ʼn ander taal te praat. Dit gebeur hier onder ons oë. Afrikaanssprekendes verengels daagliks. Die ouers mag dalk nog Afrikaans praat, maar die kinders praat Engels. Al my Duitssprekende vriende se kinders is Engels, selfs al was van hulle in Afrikaanse skole. Dit hou gevaar in vir Afrikaans, maar nie ʼn vreemde woord wat ʼn spreker gebruik as hy Afrikaans praat nie.

Tale kan ʼn mens nie in blikke druk met die deksels bo styf toe nie. Êrens peul die woorde uit en loop weg na ander toe. Wat jou siening van taal vertroebel is dat verskillende taalstelsels verskillende name het, maar in werklikheid is taal universeel: dis geluide wat die mens maak met sy mond om te kommunikeer.

Sprekers van ʼn taal kan niks doen aan die verloop van hulle taal nie, hoe jy ook al stry. Probeer ʼn bietjie om vir Afrikaanssprekendes voor te skryf om nie meer Engelse woorde te gebruik as hulle Afrikaans praat nie. Ek sal gou agterkom as jy geslaag het; ek luister net na RSG. Ek kan ook na KykNet kyk, of sommer net die bydraes hier op LitNet lees.

As jy nie hou van Engfrikaans vir hierdie nuwe taal wat ontstaan nie, wat stel jy dan voor? Wat van Afrigaans? of wat van Maportaans? Maleis-Portugees het tog ʼn groot bydrae gemaak tot die uitbreiding van ons woordeskat. Toe Hollands hier op die afdraandepad is, het hulle die nuwe taal Afrikaans genoem. Hulle het voorwaar ʼn makliker taak gehad. 

Angus

 

The post Vir Jan Rap oor wat taal is appeared first on LitNet.

Antjie Krog ontvang Nederlandse prys vir haar bydrae tot Nederlandse kultuur

$
0
0

Foto deur Antonia Steyn

Human & Rousseau en NB-Uitgewers is verheug om te verneem dat Antjie Krog die pas afgelope naweek vereer is met die 2018 Gouden Ganzenveer.

De Gouden Ganzenveer is ’n kulturele prys wat jaarliks in Nederland ​​toegeken word aan ’n persoon of instituut ter verering van hul bydrae tot die geskrewe en gedrukte woord in die Nederlandse taal. Dié prys word vanjaar vir die eerste keer aan iemand van buite Nederland en België toegeken. In 2017 is dit toegeken aan die bekroonde romansier Arnon Grunberg.

Gerdi Verbeet, voorsitter van die Akademie van die Gouden Ganzenveer, het die nuus op die Nederlandse radioprogram De Taalstaat bekendgemaak: “Die Akademie van die Gouden Ganzenveer eer Krog as ’n spesiale en veelsydige digter, as ’n uitsonderlike skrywer en joernalis van integriteit, en as ’n begaafde kunstenaar van haar eie werk.”

Eloise Wessels, besturende direkteur van Media24-Boeke en hoof van NB-Uitgewers, het die nuus verwelkom. “Dit is vir ons as Krog se uitgewer eweneens wonderlike nuus – ons is saam met haar trots en bly.”

Joost Nijsen, Krog se Nederlandse uitgewer by Podium, meen dat die entoesiasme vir haar werk bogemiddeld groot moet wees vir die Akademie om ’n uitsondering te maak vir ’n “buitelandse” outeur. “Ons het hier by Podium op die tafel gespring toe ons dit gehoor het. Nie alleen is die Gouden Ganzenveer waarskynlik die mees gesogte literêre prys in Nederland nie, maar dit is bowendien uniek dat die prys toegeken word aan ’n nie-Nederlandse skrywer.”

De Gouden Ganzenveer sal op 19 April tydens ’n geleentheid in Amsterdam aan Krog oorhandig word. “Ek is verbysterd en op ’n vreemde manier tog ook ontroerd,” het sy gesê in reaksie op die nuus. “Dit is ook uitermate heerlik dat 'n taal en letterkunde deur wie mens self so veel en diep verryk is, voel dat daar nie net gevat is nie, maar ook iets van waarde terug gegee is.”

Krog se jongste publikasies sluit in:

Lady Anne: A Chronicle in Verse (2017, Human & Rousseau), ’n vertaling van die oorspronklike uitgawe van Lady Anne in 1989
Mede-wete (2014, Human & Rousseau), asook die vertaling Synapse, deur Karen Press

Mede-wete is onder meer bekroon met die Elisabeth Eybers-prys (2015), die ATKV-Woordveertjieprys vir poësie (2015) en ook die Hertzog-prys vir poësie (2017). Medeweten is in Nederlands uitgegee deur Podium, en Remo Campert sê onder meer in de Volkskrant die volgende: “Lees de hele bundel Medeweten. Dan zult u het hopelijk met me eens zijn dat Antjie Krog Nobelprijs-waardig is.”

Luister na die aankondiging.

Lees die persverklaring.

The post Antjie Krog ontvang Nederlandse prys vir haar bydrae tot Nederlandse kultuur appeared first on LitNet.

SA Akademiepryse 2018: nominasies ingewag

$
0
0

Graag vestig ons u aandag op die Akademiepryse wat in 2018 vir toekenning oorweeg word. Kandidate vir enigeen van hierdie pryse kan tans by wyse van volledig gemotiveerde voorstelle genomineer word. Die volgende geld ten opsigte van die voorstelle:

  • Die voorstel moet duidelik motiveer waarom die bepaalde kandidaat/instansie vir die bepaalde bekroning voorgestel word. Daar moet ook duidelik aangetoon word watter spesifieke publikasies/bydraes as bekronenswaardig beskou word.
  • Dit moet verkieslik in Afrikaans wees.
  • Dit moet deur ’n voorsteller en ’n sekondant onderteken wees.
  • Die volle name van die kandidaat, asook van die voorsteller en sekondant, en hulle telefoon- en selfoonnommer, adres en e-posadres moet verskaf word.
  • Die voorstel moet gesteun word deur die nuutste curriculum vitae en publikasielys van die kandidaat, indien van toepassing.
  • Die grootste mate van vertroulikheid moet gehandhaaf word. Onder geen omstandighede mag die kandidaat daarvan bewus wees dat hy/sy vir ’n prys genomineer word nie. Dit het al in die verlede gebeur dat daar by potensiële kandidate verwagtinge geskep is wat vir die betrokke kandidaat en vir die SA Akademie groot verleentheid veroorsaak het.
  • By die toekenning van pryse is die Akademieraad se besluit finaal. In die geval van ’n nominasie wat nie suksesvol was nie, sal geen korrespondensie of gesprekke ná toekenning gevoer word nie – nie met voorstellers nie en ook nie met kandidate nie.

Reglemente vir die onderskeie pryse is op aanvraag beskikbaar.

Die finale sluitingsdatum vir voorstelle is 31 Januarie 2018, behalwe waar anders vermeld.


Geesteswetenskappe

1. Stalsprys

Die Stalsprys vir Geesteswetenskappe word jaarliks toegeken vir ’n hoogstaande publikasie of ’n reeks hoogstaande publikasies, by voorkeur, maar nie uitsluitlik nie, in Afrikaans. Verder word dit toegeken vir individuele of gesamentlike wetenskapsbeoefening en/of die lewering van individuele of gesamentlike produkte van hoogstaande gehalte waardeur buitengewone bydraes tot die wetenskapsbeoefening gemaak word. Spanprestasie of ’n bydrae tot spanprestasie, multi- en interdissiplinêre navorsing, en goeie implementerings- of evalueringsnavorsing kan ook in berekening gebring word. Werk wat voor die bekroningsjaar gelewer is, sal vir die bekroning in aanmerking geneem word. Die volgende vakgebiede kom in 2018 aan die beurt:

  • Kunstewetenskappe; kunstegeskiedenis
  • Multi- en interdissiplinêre spanwerk
  • Kommunikasiekunde en joernalistiek; biblioteek- en inligtingkunde
  • Sielkunde

2. Markus Viljoenmedalje vir Joernalistieke Prestasie

Die prys word toegeken vir langdurige hoogstaande werk in die Afrikaanse joernalistiek, hetsy in koerante of in tydskrifte. Die medalje kan elke drie jaar toegeken word. Die medalje kan slegs een maal word aan ’n bepaalde persoon toegeken word.

3. Toon van den Heeverprys vir Regswetenskap

Die prys word toegeken vir:

  • oorspronklike regskundige werk in Afrikaans, en/of
  • vollengteartikels wat in geakkrediteerde regstydskrifte of ’n artikel van hoogstaande gehalte in Afrikaans wat in ’n geakkrediteerde regstydskrif verskyn het, en/of
  • baanbreker-regsuitsprake in Afrikaans.

4. CJ Langenhovenprys vir Taalwetenskap

Die prys is driejaarliks beskikbaar vir taalwetenskaplike en/of taalskeppende werk in Afrikaans, met inbegrip van die leksikografie.

5. Erepenning vir Wetenskaplike Vakbevordering

Die erepenning word toegeken vir die bevordering en ontwikkeling van ’n spesifieke vakgebied op enige terrein van die onderwys (van vroeë kinderonderwys tot tersiêre onderwys). Die erepenning kan net in uitsonderlike gevalle toegeken word. Geesteswetenskaplikes of natuurwetenskaplikes wat op die gebied van die onderwys presteer het, kom in aanmerking. (Sien nr. 13.)

6. Christo Wiesemedalje vir ’n Opkomende Entrepreneur

Die medalje word aan ’n kandidaat toegeken vir werk van hoogstaande gehalte. Die volgende oorwegings geld by die keuse van ’n kandidaat:

  • Slegs Suid-Afrikaanse burgers wat in die toekenningsjaar 45 jaar of jonger is, kan vir die toekenning van die medalje in aanmerking kom.
  • Die medalje word toegeken aan sakemanne en -vroue wat besondere struikelblokke moes oorkom om sukses te behaal.
  • Persone wat die medalje ontvang, moes ’n besondere gehalte van ondernemerskap, visie en volharding aan die dag gelê het op grond waarvan hulle as private ondernemers sukses behaal het in die vestiging/opbou van (’n) plaaslike onderneming(s); die ontwikkeling/bemarking van ’n produk of produkte; en die skepping van werkgeleenthede en welvaart.

Die prys word toegeken vir prestasies wat behaal is, maar word ook as ’n aanmoedigingsprys beskou en kan slegs een maal aan ’n bepaalde persoon toegeken word.

7. Protea Boekhuistoekenning

Die prys kan jaarliks om die beurt toegeken word vir die beste Afrikaanse verhandeling, proefskrif of gepubliseerde werk in geskiedenis of kultuurgeskiedenis. In 2018 kan die prys toegeken word vir ’n D-proefskrif. Kandidate wat in 2015, 2016 of 2017 ’n graad ontvang het, kom in aanmerking.

8. Esther Greeffprys

Die prys word jaarliks toegeken, in 2018 vir die beste artikel wat gedurende 2016 in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe gepubliseer is.


Natuurwetenskap en tegnologie

9. MT Steynmedalje vir Natuurwetenskaplike en Tegnologiese Prestasie

Dit is een van die voortreflikste eerbewyse van die Akademie vir leierskap op die hoogste vlak in die natuurwetenskap en die tegnologie. Die prys span die kroon op ’n lewenstaak en kan net een maal aan ’n bepaalde persoon toegeken word. Die kandidaat se skeppende bydraes tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van ’n vertakking of vertakkings van die natuurwetenskap of die tegnologie wat as ’n wesenlike en belangrike bydrae tot die bevordering van die natuurwetenskap of die tegnologie beskou kan word, asook die suksesvolle toepassing daarvan in landsbelang, dien as maatstaf vir die toekenning.

10. Havengaprys

Die Havengaprys word jaarliks toegeken vir oorspronklike navorsing op natuurwetenskaplike en/of tegnologiese gebied. Die vereistes by die beoordeling van kandidate is eerstens die bydrae tot navorsingspublikasies en tweedens bewys van die bevordering van Afrikaans. Ander prestasies in belang van die wetenskap sal ook in aanmerking geneem word. Die prys kan net een maal aan ’n bepaalde persoon toegeken word. In 2018 kom die volgende vakgebiede aan die beurt:

  • Die fisiese wetenskappe (wiskundige, chemiese of fisiese wetenskappe)
  • Die lewenswetenskappe, spesifiek navorsing op lewende materiaal, uitgesluit die mens (byvoorbeeld die landbou, die biologie of die veeartsenykunde).

11. FARMOVS-prys vir Farmakologie en Geneesmiddelontwikkeling

Die prys word driejaarliks vir voortreflike bydraes tot ’n vertakking of vertakkings van die farmakologie en geneesmiddelontwikkeling toegeken. Net een kandidaat kan op ’n keer bekroon word.

12. Erepenning van die Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie

Hierdie erepenning word toegeken op terreine wat nie deur ander bekroningsgebiede binne die Fakulteit ondervang word nie en waarin enige persoon, binne die doelstellings van die Akademie, as bekronenswaardig beskou word. Dit word toegeken vir prestasies en bydraes ten opsigte van die bevordering en ontwikkeling van die besondere vakgebiede en kan net in uitsonderlike gevalle toegeken word.

13. Erepenning vir Wetenskaplike Vakbevordering

Die erepenning word toegeken vir die bevordering en ontwikkeling van ’n spesifieke vakgebied op enige terrein van die onderwys (van vroeë kinderonderwys tot tersiêre onderwys). Die erepenning kan net in uitsonderlike gevalle toegeken word. Geesteswetenskaplikes of natuurwetenskaplikes wat op die gebied van die onderwys presteer het, kom in aanmerking. (Sien nr. 5.)

14. Junior Kaptein Scottgedenkmedalje vir Dierkundige Wetenskappe

Die medalje kan jaarliks toegeken word vir die beste verhandeling ingedien by ’n Suid-Afrikaanse universiteit vir die MSc-graad, om die beurt in die dierkundige of plantkundige wetenskappe. In 2018 kom dierkundige wetenskappe aan die beurt.

15. Douw Greeffprys

Die prys word toegeken vir die beste navorsings-of oorsigartikel wat gedurende die voorafgaande jaar in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie verskyn het.


Die kunste

16. Hertzogprys vir Drama

Die prys word afwisselend vir drama, poësie en prosa toegeken. Alle gepubliseerde dramawerke van hoogstaande gehalte wat verskyn het in die drie kalenderjare wat die bekroning voorafgaan, kom vir dié toekenning in aanmerking.

17. Eugène Maraisprys

Die Eugène Maraisprys word toegeken vir ’n eerste of vroeë bellettristiese publikasie in Afrikaans. Die prys is jaarliks beskikbaar en kan net een maal aan ’n bepaalde skrywer toegeken word.

18. Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur

Die medalje is driejaarliks beskikbaar en word toegeken aan ’n skrywer wat gedurende ’n tydperk deur die Akademieraad bepaal, die beste werk van hoë gehalte in Afrikaans in die genre kleuterliteratuur gelewer het. Die kategorie kleuterliteratuur sluit boeke vir kinders onder agt jaar in, maar dié omskrywing word nie op ’n te beperkende wyse toegepas nie.

19. Elsabe Steenbergprys vir Vertaalde Kinder- en Jeugliteratuur in Afrikaans

Die prys kan driejaarliks toegeken word vir vertaalde kleuter-en kinderliteratuur in Afrikaans.

20. CL Engelbrechtprys vir Letterkunde

Die prys roteer tussen Afrikaanse taalkunde en letterkunde. In 2018 kan die prys toegeken word vir ’n letterkundige werk in Afrikaans (roman, bundel, kortverhale, drama, poësie of niefiksie).

21. Huberte Rupertprys vir Klassieke Musiek

Die prys is jaarliks beskikbaar. In 2018 kan een persoon in die volgende kategorie bekroon word: Opleier/onderwyser van klassieke musiek (met inbegrip van kundige, beoordelaar en organiseerder).

22. Erepenning vir Visuele Kunste

Die Akademie se erepenning is bedoel as erkenning, binne die doelstellings van die Akademie, van besondere prestasie op terreine wat nie suiwer letterkundig of wetenskaplik is nie. Die volgende kunsvorme word ingesluit: die skilderkuns, die beeldhoukuns, argitektuur, weefwerk, keramiek, mosaïek, fotografie, die advertensiewese en animasierolprente.

23. Erepenning vir ’n Afrikaanse Radiohoorbeeld

Die erepenning word twee keer in ’n siklus van drie jaar toegeken. Dit geskied om die beurt vir Afrikaanse hoorspele (waarby radiovervolgverhale ingesluit is) en Afrikaanse hoorbeelde. In 2018 kom radiohoorbeelde aan die beurt. Werke wat uitgesaai is deur enige uitsaainetwerk in die drie kalenderjare wat die bekroningsjaar voorafgegaan het, kom in aanmerking.

24. Deleen Bekkerprys vir ’n Rolprentdraaiboek in Afrikaans

In 2018 word die prys toegeken vir die beste draaiboek vir ’n rolprent in Afrikaans. Draaiboeke van Afrikaanse rolprente wat in die voorafgaande drie jaar (dus 2015, 2016 en 2017) vertoon is, kom in aanmerking.

The post SA Akademiepryse 2018: nominasies ingewag appeared first on LitNet.

Die beste lesersindruk van 2017 aangekondig

$
0
0

LitNet het lesers in September 2017 genooi om voortaan hul lesersindrukke van onlangse publikasies vir LitNet te stuur vir publikasie. Die projek gaan in 2018 voort en jy kan hierdie bladsy besoek vir meer inligting oor die lesersindrukke op LitNet. Ons verwelkom nuwe bydraes.

Alle lesersindrukke wat tot en met 15 Desember op LitNet verskyn het, het in aanmerking gekom vir ’n R1 000-kontantprys.

Bibi Slippers (Foto: Naomi Bruwer)

Bibi Slippers het die lesersindrukke beoordeel en Alta Cloete is as die wenner aangewys vir haar lesersindruk van Alles begin met Anna deur Annemari Coetser. Sy ontvang R1 000 kontant. Lees haar lesersindruk hier.

Bibi het die volgende terugvoer op Alta se resensie gegee:

Alta Cloete se indrukke van Alles begin met Anna het vir my uitgestaan onder die inskrywings omdat sy dit regkry om gelyktydig aan al die vereistes vir ’n goeie resensie te voldoen. Terwyl daar sekere resensies was waarvan die toon vir my lekker gelees het, ander waar die resensent se ywer vir die boek aansteeklik was, en weer ander wat van ’n breë kennisbasis spreek, het Alta se resensie al hierdie eienskappe. Ek het haar bondige inleiding waardeer, waarin daar agtergrond oor die skrywer saamgevat word vir lesers wat nie met haar werk bekend is nie. Die boek word ook netjies in die konteks van die tradisie van boeke oor die oorlog geplaas, en daar word gewys op dit wat dié boek van ander van haar soort onderskei. Die temas wat in die boek ontwikkel word, word bespreek sonder om bloot die verhaal oor te vertel, en daar is genoegsame voorbeelde uit die boek om die argumente en insigte te staaf. Ek was veral beïndruk deur die manier waarop die resensent die boek se inhoud in verband kon bring met dinge wat in die huidige samelewing van belang is – so iets laat onmiddellik ’n potensiële leser voel dat die boek relevant mag wees tot sy of haar eie lewe, al speel dit in die verlede af.  Die toon van die resensie is gemaklik sonder om outoriteit prys te gee; mens voel deurlopend dat dié resensent iemand met kennis is wat jy as leser kan vertrou om ’n aanbeveling te maak. En die aanbeveling kom dan ook, heel duidelik aan die einde van die resensie. Uiteindelik was dit egter veral Alta Cloete se bereidwilligheid om kritiek uit te spreek wat deurslaggewend was tot my besluit. Die feit dat sy krities is oor die spanningslyn wat verbreek word deur die bybring van twee ander verhale, is iets wat moontlik vir die skrywer waardevol kan wees by die skryf van ’n volgende boek. Die kritiek oorskadu nie die res van die resensie nie, en die resensent maak dit duidelik dat sy steeds positief voel oor die boek, ten spyte van die kwessies wat sy aanspreek.


Alles begin met Anna deur Annemari Coetser: ’n lesersindruk deur Alta Cloete

Alta Cloete
Lesersindrukke

"Die grootste waarde van hierdie roman lê in die oopskryf van die lyding en psigiese ineenstorting van ’n enkeling en die langdurige uitwerking daarvan op haar nasate. Dis ’n tragiese verhaal, ja, maar dis eintlik verfrissend dat ’n stoere Boervrou in haar menslike swakheid uitgebeeld word."

The post Die beste lesersindruk van 2017 aangekondig appeared first on LitNet.

Viewing all 21544 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>