Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21592 articles
Browse latest View live

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Remona Voges

$
0
0

Nuwe stemme 6 het pas by Tafelberg verskyn. Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé is die samestellers van dié bundel, ’n versameling van die beste verse van Afrikaans se opkomende digters.

Liné Enslin gesels met die gepubliseerde digters. Lees hier die ander onderhoude.


 

Remona Voges

 

1. Beskryf jouself in ses woorde.

Absolute grapjas. Ongeduldig, maar sonder drama.

2. Noem ses dinge waarsonder jy nie kan leef nie.

Christiaan
Boeke
Humor
Camel Silver
Electric swing
Tamaties.

3. Wat is die vreemdste plek of medium waarop of waarmee jy al ooit ’n gedig geskryf het?

In ’n hospitaal in die suide van Nederland.

4. Hoe lyk jou werkruimte?

Ongoddelik deurmekaar / absolute chaos!

5. Wie is jou gunstelingskrywer of -digter?

Antjie Krog.

6. Vertel asseblief bietjie meer omtrent een van jou gedigte wat in Nuwe stemme 6 opgeneem is.

Een van hulle is geskryf toe ek vir ’n maand lank in isolasie geplaas is, in ’n hospitaal in Nederland.

Luister hier na opnames waarin Remona van haar gedigte voorlees.

The post <i>Nuwe stemme 6</i> – 6 vrae vir Remona Voges appeared first on LitNet.


Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Ryan Pedro

$
0
0

Nuwe stemme 6 het pas by Tafelberg verskyn. Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé is die samestellers van dié bundel, ’n versameling van die beste verse van Afrikaans se opkomende digters.

Liné Enslin gesels met die gepubliseerde digters. Lees hier die ander onderhoude.


 

Ryan Pedro

 

1. Beskryf jouself in ses woorde.

Nuuskierig. Meestal agterdogtig. Altyd honger. Boekwurm.

2. Noem ses dinge waarsonder jy nie kan leef nie.

Goeie oorfone; my kamera; Charles Bukowski se Love is a Dog from Hell; Miles Davis se A Silent Way; ’n haardroër; die internet.

3. Wat is die vreemdste plek of medium waarop of waarmee jy al ooit ’n gedig geskryf het?

Op een van daai pamfletjies wat hulle by begrafnisse uitdeel. Het dit ’n naam? Met die foto op en so.

4. Hoe lyk jou werkruimte?

Deurmekaar.

5. Wie is jou gunstelingskrywer of -digter?

Ek kan nie kies nie. Ek is nou egter op ’n Kamau Brathwaite-bender. Volgende week is dit iemand anders. Ek kan nie kies of commit tot een nie. Daar’s te veel cool shit daar buite.

6. Vertel asseblief bietjie meer omtrent een van jou gedigte wat in Nuwe stemme 6 opgeneem is.

“by die barbershop” het ek vir my pa geskryf. Eintlik ook vir myself. It’s about belonging, not belonging and longing – dis die beste manier hoe ek dit kan beskryf. Dis ’n poem wat my elke keer as ek dit lees konfronteer met vrae wat ek sukkel om goed te beantwoord. Dan ruk ek my op en skryf maar nog ’n poem. Al my stuff in NS6 bevat elemente hiervan. En hulle almal voel vir my unresolved in that sense – hoe skryf jy jouself anyway into social, political en literary spaces waarin jy alien voel?

Kyk hier na video's waarin Ryan van sy gedigte voorlees.

The post <i>Nuwe stemme 6</i> – 6 vrae vir Ryan Pedro appeared first on LitNet.

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Trudie Coetzee

$
0
0

Nuwe stemme 6 het pas by Tafelberg verskyn. Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé is die samestellers van dié bundel, ’n versameling van die beste verse van Afrikaans se opkomende digters.

Liné Enslin gesels met die gepubliseerde digters. Lees hier die ander onderhoude.


 

Trudie Coetzee

 

1. Beskryf jouself in ses woorde.

Ars poetica in ’n rooi kimono.

2. Noem ses dinge waarsonder jy nie kan leef nie.

Koffie, gedigte, sigarette, geel, katte, kaas.

3. Wat is die vreemdste plek of medium waarop of waarmee jy al ooit ’n gedig geskryf het?

’n Vuil servet – partykeer moet ’n mens die naaste ding gryp wat jy tot jou beskikking het.

4. Hoe lyk jou werkruimte?

Ek het nie ’n vaste werksruimte nie, maar ek skryf (en lees) meestal op my bed. Enige ruimte met koffie en vars lug is vir my ’n werksruimte. My gunstelingplek om te skryf is Paternoster.

5. Wie is jou gunstelingskrywer of -digter?

Loftus Marais en Danie Marais.

6. Vertel asseblief bietjie meer omtrent een van jou gedigte wat in Nuwe stemme 6 opgeneem is.

My gunstelinggedig is “Ek is”, omdat dit my persoonlikheid op papier is. Ek het inspirasie vir die gedig van Antjie Krog se “Ek staan op ’n moerse rots langs die see by Paternoster” gekry, omdat ek self op Paternoster se strand doenig was. Die woorde het baie maklik gevloei en die see was ’n groot inspirasie. “Die digter as dagbreek” het ek ook daar geskryf.

Kyk hier na ’n video waarin Trudie een van haar gedigte voorlees.

The post <i>Nuwe stemme 6</i> – 6 vrae vir Trudie Coetzee appeared first on LitNet.

Die boosaardige broers Botha: ’n onderhoud met Adeline Radloff

$
0
0

Die boosaardige broers Botha
Adeline Radloff
Tafelberg
ISBN: 9780624081883

Skrywers oor hul nuwe boeke: Adeline Radloff gesels met Naomi Meyer oor Radloff se Die boosaardige broers Botha

Waar het jy die idee(s) vir hierdie boek gekry?

Ek lees graag saans vir my kinders voor, maar stories vir kinders kan soms nogal vervelig (vir ouers) raak. Ek wou ’n kinderboek skryf met ’n bietjie “byt”: iets wat kinders op een vlak kan geniet en grootmense op ’n ander. Die boek dryf dus sagkens die spot met ’n paar eg Suid-Afrikaanse stereotipes wat elke Afrikaanse ouer sal erken (en hopelik sal laat glimlag).

Vertel my iets van die storie, asseblief.

Die Botha-broers is drie stereotiepe “tawwe” plattelanders: bosveldmanne wat weet hoe om te skiet, te dop en te baklei. Weens ’n dubbele tragedie moet hulle egter ’n hoogs begaafde stadskindjie grootmaak wat gemakliker voel met sy neus in ’n boek as met ’n geweer in sy hand. Die aanpassing is moeilik vir al die broers, veral toe die seuntjie boonop by die skool geboelie word.

Boosaardigheid en broers gaan dalk nie op die oog af saam nie, of hoe? Of is rusie en familie eintlik die heel beste pasmaats?

Rusie in familie is onvermydelik, maar as dié konflik uit liefde spruit, kan mens dit altyd oplos. So kom die drie oudste Botha-broers eers “boosaardig” voor – regte rowwe, growwe, onbeskofte, onbeskaafde wilde boere – maar uiteindelik blyk dit dat daar soveel meer as net dít onder die oppervlak skuil.

Gaan dit hier oor die boosaardigheid, of oor die broers? Of dalk oor die boelies - of oor Bulelani?

Uiteindelik gaan dit vir my oor die maniere waarop ons mekaar miskyk deur ons blind te staar teen stereotipes. Brom, Buskruit en Breker Botha moet leer dat Bulelani nie “verkeerd” is net omdat hy anders is as hulle nie. En Bulelani moet presies dieselfde les leer. Die boeliekwessie word op ’n baie lighartige manier hanteer – ’n tipe wensdenkery wat nie veronderstel is om ernstig opgeneem te word nie. (Asseblief tog!)

Vir watter ouderdomme lesers het jy hierdie boek geskryf?

Ek sou sê dis eintlik vir kinders so tussen vyf en tien jaar. Maar dis spesifiek ook geskryf vir ouers wat graag voorlees, so daar is alliterasie vir lekker hardop lees en ’n paar grappies wat kinders miskien sal mis.

Jy het 'n paar jaar gelede die Sanlamprys vir Jeuglektuur gewen, en toe 'n jeugboek saam met jou suster (Lili Radloff) geskryf. Waarom skryf jy jeugboeke?

My eerste boek, Sidekick, het die goue medalje in die Sanlamprys vir Jeuglektuur gewen en my tweede boek, Chain reaction, die silwermedalje. Die boek wat ek saam met Lili geskryf het, was (baie definitief!) op grootmense gemik. Ek geniet beide genres, en sal nie een bo die ander wil verkies nie.

Jy het al 'n magdom beroepe beoefen; wil jy iets hieroor sê? Wat was jou gunstelinge?

Nee genade, ek skaam my eintlik vir al my gerondvallery in die lewe. Die slegste werk wat ek nog ooit moes doen, was toe ek my moes voordoen as ’n “beauty consultant” in Harrrods en peperduur velprodukte aan mense moes afsmeer. (Terloops, dis alles blote oëverblindery, maak nie saak hóé duur daai glasbotteltjie is nie – tot vandag toe gebruik ek net goedkoop Clicks-produkte.) Die lekkerste was toe ek moes help ontbyt maak in ’n Edinburgh-hotel (brood rooster, botter krul, koffie maal ...) en elke dag ’n ete gekry het wat deur ’n Michellin-stersjef voorberei is.

Het jou verskillende terreine van lewenservaring jou idees gegee vir jou boeke (en vir nog boeke)? Of waar kom jou inspirasie vandaan?

Ek het geen idee waarom nie, maar my kop wemel nog altyd van al die stories wat ek wil vertel. Die stories borrel sommer so van orals uit. Ek sê altyd ek is eerder ’n gebore storieverteller as ’n gebore skrywer – as ek net nie so met die geskrewe woord moes worstel nie, sou ek elke dag ’n nuwe storie wou vertel.

Wat lees jy?

Ek lees alles. Letterlik alles: niefiksie, literêre romans, speurverhale, “classics”, liefdesverhale, digbundels, jeugverhale, kinderboeke, fantasie, selfhelp, resepteboeke, woordeboeke ...

Skryf jy aan nog iets?

Ek is juis nou besig om Die Skandalige Susters Smit klaar te maak. 🙂

The post <em>Die boosaardige broers Botha</em>: ’n onderhoud met Adeline Radloff appeared first on LitNet.

Nuwe stemme 6: ’n onderhoud met Solette Swanepoel

$
0
0

Nuwe stemme 6 het pas by Tafelberg verskyn. Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé is die samestellers van dié bundel, ’n versameling van die beste verse van Afrikaans se opkomende digters. Menán van Heerden het met Solette Swanepoel, fiksie-uitgewer by Tafelberg, gesels oor Nuwe Stemme 6.

Nuwe Stemme 6 is jou eerste voltooide projek as fiksie-uitgewer by Tafelberg. Wat was jou rol?

Ek het Nuwe Stemme 6 se manuskrip persklaar gemaak. Die samestellers (Charl-Pierre Naudé en Bibi Slippers) en my voorganger (Tertius Kapp) het die maande vooraf al die harde werk gedoen. Maar dit was steeds ’n reusevoorreg om by hierdie publikasie betrokke te kon wees.   

Van wat in die uitgewerswese hou jy die meeste?

Sjoe, daar is so baie waarvan ek hou. Dit is wonderlik om met iets abstrak soos woorde en idees te kan werk, maar om op die ou end iets konkreet, ’n tasbare produk, te hê. Dit is vir my baie bevredigend om boeke waaraan ek gewerk het, op ’n boekwinkelrak te sien.

Wat Nuwe Stemme 6 betref: Is daar spesifieke temas wat uitstaan?

Daar is heelwat nostalgiese gedigte. In ’n paar gedigte word daar na kunswerke en kunstenaars verwys. Die digters se onmiddellike omgewing dien ook as inspirasie – Stellenbosch, Kaapstad, Centurion, Kakamas en Sydney is van die ruimtes waaroor geskryf word.

Mens hoor dat lees op ’n Kindle nie dieselfde ervaring bied as ʼn gedrukte boek nie. Wat is jou ervaring?

Ek het nog nooit ’n boek enduit op ’n Kindle gelees nie, dus is my ervaring beperk. Maar dit beteken glad nie dat ek negatief is oor e-boeke nie. Dit is belangrik om e-boeke te maak, en ons moet dit aanhou doen.

Watter boek(e) lê tans op jou bedkassie?

Brandwaterkom deur Alexander Strachan en drie manuskripte. Ek het verlede week Die wêreld van Charlie Oeng bestel, so dit is volgende op my leeslys.  

The post <i>Nuwe stemme 6</i>: ’n onderhoud met Solette Swanepoel appeared first on LitNet.

Dwarsklap deur Piet Matipa: ’n resensie

$
0
0

Dwarsklap
Piet Matipa

Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776091102

As Dwarsklap voedsel was, sou die smaak net as umami beskryf kon word: op die oog af eenvoudig, maar met ’n komplekse, ryk, diep nasmaak wat jou bybly lank nadat jy die laaste bladsy omgeblaai het.

Die bundel is ’n keur van die bekroonde skrywer Piet Matipa se Beeld-rubrieke. Elkeen van die 21 rubrieke is as ’n hoofstuk ingedeel. Sy aanslag is humoristies, en by tye kon ek net skaterlag vir hoe hy situasies beskryf. Matipa deins nie terug daarvan om omstrede situasies te konfronteer nie, altyd met deernis en daardie kom-ons-lag-vir-onsself-inslag wat so kenmerkend van sy rubrieke is.

Misdaad en die effek daarvan op die slagoffer is ’n tema wat herhaalde male onder die loep kom. Dan is daar ook rubrieke oor die onderwysstelsel, ontgroening, seksualiteit, die taxibedryf, korrupsie, en die (lagwekkende) gevolge van drankmisbruik, om maar net ’n paar te noem.

Die goue draad wat die rubrieke bind, is Matipa se liefde vir Afrikaans. Een rubriek, beslis een van my gunstelinge in die bundel, “Die tong se dans in Afrikaans”, spreek die onderwerp direk aan. Sy verwondering oor en bewondering vir die taal slaan egter oral deur in sy kleurvolle en verbeeldingryke gebruik van woorde, die manier waarop hy vars beelde oproep, en sy geesdrif om in Afrikaans te skryf. Dis louter vreugde om te ervaar hoedat hy die taal ’n paar nuwe passies leer.

Dwarsklap is bemark as die werk van ’n skrywer wat jonk, swart, gay en Afrikaans is. Dit doen die bundel ’n onreg aan. Dis soveel meer, en ek hoop regtig dat potensiële lesers nie afgeskrik word nie, want hierdie bundel het soveel om te bied. Matipa skryf dalk uit die perspektief van ’n persoon wat aan daardie beskrywing voldoen, maar elke rubriek spreek ook universele temas en ervarings aan. Met elke hoofstuk kan die leser iets herken wat haar net kopknikkend laat saamstem.

Dit beteken nie dat die bundel sonder probleme is nie. Daar was een of twee rubrieke wat my laat wonder het wat die kriteria vir insluiting was. Die rubriek waarmee die bundel open, “Misdaad, jou moer!”, was hopeloos te lank en kon gebaat het by strenger redigering. “Geagte Rugbyondersteuners” het gesukkel om ’n sinvolle sentrale gedagte weer te gee en het ’n andersins hoogstaande bundel verswak. Ek sou dit eerder op die ashoop gooi, en 21 rubrieke publiseer net as daar dan niks anders was om in die plek daarvan te plaas nie. Hierdie is egter die twee uitsonderings wat bevestig hoe heerlik leesbaar die res van die bundel is.

Die rubriek wat die umami vir my die heel beste versinnebeeld, is Matipa se brief aan die verskillende stelle ouers wat hom moes versorg in die kinderhuis, “Liewe Kinderhuisouers”. In onderhoude en in die bundel self dring Matipa daarop aan dat hy gelukkige ervarings in die kinderhuis gehad het. Op die oog af is dit ook die boodskap in hierdie rubriek, maar ’n bietjie dieper nadink laat die leser met ’n heelwat meer komplekse begrip van wat die lewe kan wees vir ’n kind wat aan die stelsel oorgelaat word.

So ook “Kan ek ’n student bly?”. Na die laaste paragraaf moes ek eers die bundel neersit, diep asemhaal en iets anders gaan doen terwyl ek dit oordink.

Die versoeking is daar om die bundel in een sitting te verslind, omdat dit so leesbaar en vermaaklik is. My advies? Moenie. Lees dit een hoofstuk of rubriek op ’n slag. Laat die inhoud marineer. Dit sal die leeservaring soveel meer betekenisvol maak.

Matipa se besondere gawe is om moeilik verteerbare waarhede met humor te verpak. Met hierdie bundel dra hy beslis daartoe by om die skat van Afrikaanse denke te verbreed.

Ek beveel dit graag aan.

The post <i>Dwarsklap</i> deur Piet Matipa: ’n resensie appeared first on LitNet.

Dan Sleigh (1938–)

$
0
0

Gebore en getoë

Daniel Sleigh word op 3 November 1938 op Geelbeksfontein aan die Langebaanstrandmeer aan die Weskus gebore. Die seevaart lê diep in sy voorgeslagte. Sy pa, Francis, was die vierde geslag van kaptein Francis Sleigh van HMS Russel wat in 1806 aan die Slag van Blouberg aan die Kaap deelgeneem het. Sy ma, Susanna, is die vierde geslag van skipper Klaas Acker van die VOC se skepe Duifie, Diamant en Zoutman.

Verdere studie en werk

Dan matrikuleer aan die Hoërskool Vredenburg en sluit daarna by die Suid-Afrikaanse Vloot aan. As lid van die Vloot onderneem hy reise na die ooskus van Afrika (Mombasa) en suid van die Prince Edward-eilande. Daarna gaan werk hy by die destydse Barclays Bank as agentskapteller en as kroegman by die Saldanha Hotel.

Vanaf 1960 tot 1962 studeer hy aan die Opleidingskollege Paarl om hom te bekwaam as onderwyser in Liggaamsopvoeding. Hy gee onderwys aan Mariental Hoërskool in die destydse Suidwes-Afrika, Marist Brothers’ College in Rondebosch en die Laerskool Pinelands-Noord. In 1985 begin Dan om die Onderwysmuseum in die historiese Aliwal Skool in Wynberg in te rig. Dit was in 1996 die enigste Onderwysmuseum in die land nadat die museums in die Vrystaat en Gauteng gesluit het. In 1988 word hy aangestel as hoof van die Sentrum vir Bewaringsopvoeding, waar spesiale kursusse in die bewaring van die natuurlike, mensgemaakte en sosiale omgewing jaarliks aan leerlinge en onderwysers aangebied is. Deur Dan se inisiatief is die Walters-toekenning en die Volkskasprys vir Bewaringsprojekte van skole in die lewe geroep; hy is in 1995 aangestel as Koördineerder van Bewaringsopvoeding in die Wes-Kaapse Onderwysdepartement. In 1996 tree hy af.

In 1969 behaal Dan sy BA-graad met Geskiedenis en Engels as hoofvakke aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy trou met Dewetia Hendriksz, kunslektrise aan die Mowbray Opleidingskollege in Kaapstad. Hulle het ’n dogter, Jean. Dewetia is in 2006 oorlede.

Dan behaal sy MA-graad cum laude en in 1987 sy doktorsgraad in Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy doktorsgraad se titel is Die buiteposte in die ekonomie van die Kaapse verversingstasie, 1652-1795 met proff DJ Kotzé en DJ van Zyl as promotors.

Dan was redakteur en vertaler vir die Van Riebeeckvereniging se reeks in 2003 en is ook redakteur van die reeks vir die Kasteel Militêre Museum oor die Kaapse Militêre Geskiedenis. Hy is ’n vryskutnavorser en konsultant vir verskeie instansies, soos die Departement van Kultuur, Kuns en Tegnologie van die Wes-Kaapse Regering, SAHRA, Kasteel Militêre Museum, Munisipaliteit van Blaauwberg, en Gawie Fagan Restourasie Argitekte, om maar net ’n paar te noem.

Dan is lid van die VOC Stigting (sedert 1995), die Suid-Afrikaanse Vereniging van Argivarisse, die Suid-Afrikaanse Kultuurhistoriese Vereniging, die Suid-Afrikaanse Militêre Historiese Vereniging, Vriende van die Kasteel Militêre Museum, lewenslange lid van die Stigting Simon van der Stel, Vriende van Mostert se Meul, en Raad vir Nasionale Monumente, en hy dien ook in die Pleknaamkomitee van die Kaapse Stadsraad.

In 1974 publiseer Tafelberg Uitgewers ’n bundel poësie van Dan getiteld Duif oor water, waarvoor hy die C Louis Leipoldt-prys vir poësie van die Departement van Nasionale Opvoeding ontvang. Die keurverslag van hierdie bundel is in 1970 deur die bekende letterkundige Rob Antonissen geskryf: "My aanbeveling is onvoorwaardelik: dat hierdie bundel gedigte in sy geheel uitgegee moet word. Die lees hiervan het vir my een van die heuglikste verrassings van die afgelope jare besorg.”

Na die verskyning van die bundel spits Dan hom toe op die skryf van boeke met ’n geskiedkundige agtergrond vir jongmense. In 1993 word Die buiteposte: VOC-buiteposte onder Kaapse bestuur 1652-1795 gepubliseer. Dit is die resultaat van dertig jaar se navorsing in Suid-Afrika en in Nederland, waar die VOC sy ontstaan gehad het en vestig Dan as een van die voorste kenners van die vroeë Kaapse geskiedenis. Barend Toerien sê in 1995 van Die buiteposte: "die interessantste, fassinerendste boek wat ek die afgelope vyf jaar in Afrikaans teengekom het, is ’n geskiedenisboek”. (Kaapse Bibliotekaris, Mei/Junie 2014) In 2004 word Die buiteposte heruitgegee deur Protea Boekhuis.

Oor die herdruk van Buiteposte het Dan aan Martiens van Bart (Die Burger, 5 Maart 2005) vertel dat hy lank na ’n uitgewer gesoek het om dit te herdruk, maar dat die nie tipe boek is waarmee uitgewers wou waag nie. Toe kom Eilande met sy groot sukses en het Nicol Stassen besluit om te waag. Daar moes egter eers borge gewind word, soos ook met die eerste uitgawe by HAUM. Die Van Ewijk-Stigting en die LW Hiemstratrust het tot die redding gekom soos ook met die eerste uitgawe.

’n Boek soos Die Buiteposte word nie deur ’n groot aantal navorsers wêreldwyd gebruik nie, maar dit is tog deur navorsers in Australië, Nederland, Rusland, Amerika en Noorweë aangeskaf. “Ek het briewe van navorsers van oor die hele wêreld ontvang. Afrikaans is vir hulle geen probleemtaal nie. Dit hang als af van daardie kop agter die bril," aan Martiens van Bart.

Prof DJ Kotzé, Dan se promotor destyds, het gesê Die buiteposte gaan nog die "nuttigste boek" wees wat onder die vaandel van die departement van geskiedenis van die US ontstaan het, vertel Dan aan Van Bart.

Gedurende die Goue Eeu van die Nederlandse staat het die VOC die belangrikste en kenmerkendste aandeel daarote gahd. Nederland was in daardie tyd die sterkste moondheid in die wêreld wat op een slag oorlog kon voer teen Engeland, Frankryk en die Bisdomme van Münster. Dan het hy ook sy handelsbelange in die Ooste uitgebrei. Maar as ’n land van belang was hy afhanklik van die VOC as vennnoot, aangesien hulle die base van die skepe en indiensnemers van werkers en die instelling wat verantwoordelik was vir die betaling van die belastings.

Die VOC was van hulle kant weer afhanklik van sy Oosterse handel. Em hierdie handel was gegrond op susksesvolle skeepvaart wat weer op hulle beurt afhanklik was van die verversingstasie Kaapdie Goeie Hoop wat van hulle 57 buiteposte afhanklik was. Die buiteposte se mense was dus dié wat gesaai, gemaai en geoes het.

En toe verskyn Eilande in 2002 nadat Dan twintig jaar vantevore al daaraan begin skryf het. Die titel was toe Stemme uit die see. Dit was die Brit Julian Barnes se A History of the World in 10½ Chapters (Picador/Jonathan Cape, 1989), wat daartoe gelei het dat Dan hierdie onvoltooide manuskrip weer uit die laai gaan haal het - die manuskrip wat Eilande sou word. “Ek het die oorspronklike manuskrip weggesit omdat ek nie geweet het hoe om dit klaar te maak nie. Die boek het ’n sentrale karakter gekort, iemand deur wie se oë alles saamgevat word," vertel hy aan Francois Smith in Die Burger (27 Maart 2002).

Nadat hy Barnes se boek gelees het, het hy tot die besef gekom dat hy na dit alles nie ’n sentrale karakter nodig het nie. “Jy kan alles bloot rondom ’n tema organiseer!” Barnes se ironiese “popgeskiedenis” bestaan uit ’n reeks vinjette wat aaneenskakel via onwaarskynlike leitmotiewe. Dit word die beste beskryf met ’n aanhaling uit die boek self: “The history of the world? Just voices echoing in the dark; images that burn for a few centuries and then fade; stories, old stories that sometimes seem to overlap; strange links, impertinent connections.” (Rapport, 22 Junie 2002)

Die manuskrip is weer uitgehaal, afgestof en klaargemaak en aan Tafelberg Uitgewers voorgelê. En die res, soos hulle sê, is geskiedenis. Eilande word aangewys as die wenner in die gesogte Sanlam/Insig/Kwela-romanwedstryd in 2001. In 2003 verower dit die WA Hofmeyr-prys en die RAU-prys vir Skeppende Skryfwerk en in 2004 die M-Net-Boekprys en die Helgaard Steyn-prys. Die Nederlandse vertaling van Eilande, Stemmen uit zee, haal in 2004 die 98ste plek op die topverkoperlys van Nederlandse boekhandelaars. Die Engelse vertaling word in 2005 deur Booklist, ’n Amerikaanse biblioteekpublikasie, en die Seattle Times aangewys as een van die top tien debuutromans en word in 2006 genomineer vir die International IMPAC Dublin Literary Award.

Eilande bestaan uit ’n proloog. "Stemme uit die see" en sewe afdelings. Die leser ervaar hierdie sewe afdelings uit die perspektief van ’n persoon wat op een of ander wyse gefigureer het in die jare net voor en net ná die VOC die verversingstasie aan die Kaap gestig het. Daar is Autshumao of Harry, Peter Havgard (ook Pieter van Meerhof), Bart Borms, ’n visserman, die poshouer Hans Michiel Callenbach, Deneyn die advokaat, Daniel Zaaijman, vatmaker van beroep en die klerk De Grevenbroek. Die proloog en die laaste afdeling word deur die klerk vertel.Hy is dan ook al ek-verteller in Eilande en is ook aan die skryf aan die eerste vyftig jaar van die geskiedenis van die Kaap. Daaruit kan ’n mens aflei dat dit eintlik hý is wat die stories van die ander karakters ook vertel.

Louise Viljoen het die resensie in Die Burger (20 Mei 2002) geskryf: "Samehang en deurlopendheid tussen die verskillende afdelings word bewerkstellig deur die wyse waarop die verhale vervat op mekaar en mekaar byna onopsigtelik aanvul. Die beskrywing van die klerk De Grevenbroek, wat sy notatjies inligting aan ’n garedraad ryg, gee die leser ’n goeie beeld van die manier waarop Sleigh die draad behou in hierdie enorme epos, wat strek oor verskillende vastelande en die seë daartussen.

"De Grevenbroek vertel byvoorbeeld in die proloog hoe sy karakters met mekaar verbind word deur die feit dat hulle elkeen op die een of ander manier betrokke was by Pieternel van Meerhof (ook die onderwerp van Dalene Matthee se roman Pieternella van die Kaap).

"Hoewel dit so is dat haar verhaal in elkeen van die vertellings ter sprake kom, is dit eintlik haar ma, Krotoa-Eva, wat die pynlikste in die leser se geheue nadraai. Sleigh se roman bring ’n mens sterk onder die indruk van die tragiese lewe van hierdie Koina-vrou, wat deur haar kontak as meisie met Van Riebeeck se gesin vernederlands het, later met die Deense sjirurgyn Pieter van Meerhof getroud is en uiteindelik deur die Nederlanders sowel as haar eie mense verwerp is.

"Soos die titel voorspel, speel eilande ook ’n kardinale en samebindende rol in die roman. Enersyds is die lewe van die karakters verbind met letterlike eilande soos Robbeneiland, wat reeds in daardie jare die rol van gevangenis en strafeiland begin speel het, die eilande in Saldanhabaai en ook Mauritius. Andersyds is die eiland egter ook beeld van die manier waarop mense deur die noodlot gestroop kan word totdat hulle alleen staan.

"Eilande is ’n sterk tradisionele historiese roman waarin letterkunde en geskiedskrywing soos in vorige eeue baie na aan mekaar beweeg," skryf Louise Viljoen.

Viljoen skryf daar min boeke is wat sy gelees het wat vir haar so ’n akkurate prentjie kon gee van die Kaap in die tyd van die Nederlandse besetting en "wat aan historiese gegewens so ’n ryk tekstuur kon gee. Met sy noukeurige navorsing en verbeeldingryke vertolking van historiese dokumente in hierdie roman, skep Sleigh vir die Suid-Afrikaanse leser ’n soort geborgenheid in die 'eindelose ruimte' van die geskiedenis deurdat jy jouself herken in die 'bloedige geboorte' van die kolonie wat hier beskryf word."

Vir HP van Coller is Eilande nie net ’n stuk droë geskiedenis nie, "maar is dit ’n egte roman waar ’n reis onderneem word en beelde gevind word, ’n narratief waarin mense uit vergeelde blaaie opstaan, vleis en bloed kry en in al hul passies, welluste én ellendes voor ons kom staan; selde beter as in die tekening van die ellendige Hans Michiel en die flegmatiese David Zaaijman. Hierdie werk is sonder twyfel groots; trouens een van die beste historiese romans in Afrikaans."

André P Brink het Eilande in Engels vertaal. Brink het die vertaling beskryf as “een van die verrykendste en aangenaamste ondervindings in my lewe” (Rapport, 9 Mei 2004).  In ’n paneelbespreking oor dié vertaling het hy vertel dat hy hom “eenvoudig oorgegee het aan die innerlike, stuwende ritme van Sleigh se prosa. Oor die algemeen het dit gegaan soos met ’n liefdesverhouding. By die lees van die oorspronklike teks het die bliksemstraal van die liefde my getref en ek het my daardeur laat meesleur.” (Rapport, 9 Mei 2004)

Sleigh was net soos met die Nederlandse vertaling deur Riet de Jong-Goossens, nou gemoeid met Brink se vertaling. “Die grootste hulp en riem onder die hart was om te weet dat ek, soos ’n akrobaat in die sirkus, ’n veiligheidsnet het. Daardie veiligheidsnet was Dan Sleigh en hy help jou met liefde en begrip.” (Rapport, 9 Mei 2004)

Michael Paye wat Islands vir The Scotsman geresenseer het, het hom só daaroor uitgelaat: “Dan Sleigh het ’n hele geskiedenis laat dans en soos ’n towenaar het hy die tyd teruggedraai om die polsslag en bloed van lewens terug te bring wat andersins net spore in dokumente van ’n ou kolonie sou gewees het.” (Volksblad, 18 Augustus 2004)

Agt jaar na die publikasie van Eilande is Dan se volgende roman, Afstande, uitgegee. Dan Sleigh het aan Murray la Vita vertel dat die gebeure in Afstande afspeel op die leë blad tussen die Ou en Nuwe Testament en vertel die verhaal van Xenophon en ’n leër van tienduisend Griekse soldate wat in 401vC gehuur is om koning Xerxes van die Persiese Ryk te ontsetel.

Die veldtog was egter nie ’n sukses en die leiers van die rebelle word doodgemaak. Aan Xenophon word die taak opgelê om die leër uit Persië, naby Babilon, terg na die Swart See te lei. Hierdie epiese tog wat ongelooflike eise aan die soldate gestel het, is deur Xenophon in die Anabis beskryf.

Oor die Anabasis sê Sleigh aan La Vita: “Meesterlik beskrywe! Hy het dit in die pragtigste styl beskryf. Bondige, duidelike taal. Daardie ou is só goed. En so slim.”

Hy vertel vir Murray la Vita van een gebeurtenis: “Die Griekse leër moet kos en geld soek om die winter te oorleef, en die Spartane soek hulle om hulle te vang. Toe sluit hulle maar aan by hierdie barbaarse koning Seutes se leër. Toe gee hy vir hulle hierdie verwelkomingsfees. Nou skryf Xenophon van wie almal daar is: daar’s sangers, en die musikante met die trompette is daar en daar is die kos en daar’s die drank en hulle bring geskénke en al daai goed; een ou bring ’n perd in vir die koning, en so aan. En dan op een stadium trek die koning daar ’n paar tafels bymekaar en hy klouter bo-op en dan soos ’n bokram dans hy heen en weer. En toe Xenophon die aand by die huis kom, toe skryf hy: ‘Daar was ook professionele narre gewees.’

“Deur wat hy nie sê nie, sê hy so baie. Dit laat ’n mens baie, baie dink oor hierdie ou en wat hy alles gesien en wat hy oor stilgebly het. Wat hy nie gesê het nie.”

Dan verduidelik aan Murray la Vita hoekom hy nie die Anabasis bloot in Afrikaans vertaal het nie. “Vertalings is sýwaarts, terwyl ek wil vorentoe na nuwe goeters toe gaan. Toe dink ek: doen ’n verwerking daarvan. Dink aan hoe jy dit kan verwerk dat mense sal belangstel.

"Afstande is bedoel as iets nuuts. Vreemd van inhoud, tyd en plek. Van buite beskou, is dit die verhaal van ’n reis, van dáár en terug, ’n avontuur. Waag tot in die hart van die bose, en oorleef…

“Dit is ook ’n storie oor ‘ons’ soort: ménse. Verlei, veroordeel en verdoem omdat hulle mens is. Duisende soos ons: gewoon, ongewoon, in ellendige omstadighede en aaklige beproewinge, uitgelewer aan en strydend teen bekende en onbekende gode, regerings, die natuur en hul eie mislike menslike toestand.”

Daar is soveel dinge van Xenophon wat Dan beïndruk (aan La Vita). “Die een is sy vermoë om sy kop te gebruik om mense te oorreed. Soos toe die leër … daar lê hulle verslae en almal wag net: môre gaan hulle gevang word en in boeie weggelei word. En hy sê: ’nee, kom manne, staan op, ons moet iets doen! Ons kán iers doen.’

“Dit is sy vermoë om mense te inspireer. Dit was vir my deurgaans … Hulle het gesúkkel. Jy weet hoe hulle gesukkel het. Tot op die einde nog het hy probeer om hulle te inspireer en bymekaargehou: ‘Moenie dat enigiemand julle verdeel nie; blý bymekaar,’ verduidelik Dan aan Murray la Vita.

“Jy kry soldate – baie – wat … selfs uit die moderne jare kry jy kêrels wat … Ek dink aan ’n voorbeeld soos Montgomery in die Tweede Wêreldoorlog. Hý kon niemand inspireer nie. Een van die onaangenaamste mense – ’n selfsúgtige magsbehepte tipe, maar hy het nie die inspirasie gehad nie. Ek dink Kitchener in die Boereoorlog was ook so iemand.

“Dan kry jy weer ’n ander een wat mense kan – selfs wanneer hulle op hulle knieë is – weer vir hulle laat opstaan. De la Rey was so ’n man. Ek dink De la Rey was in die Boereoorlog die een man wat sonder skade aan sy reputasie daar uitgekom het. Ál die ander – aan albei kante – het iets verloor in daardie oorlog. Maar De la Rey het groter daar uitgekom as wat hy daar ingegaan het.

“So Xenophon kon mense bemóédig om hulle verby hulle huidige ellendes te laat kyk vorentoe en te laat aanbeweeg.

“Ons politici kan dit nie meer doen nie. Hulle weet nie hoe om mense te bemoedig nie. Dit is ’n kuns wat miskien verbygegaan het. Of hulle stel nie meer belang daarin nie?”

Die ander belangrike karakter in Afstande is Nagri, die eunug en Joodse profeet. Hy het uit Babilon gevlug en het by die Grieke aangesluit as gevolg van die feit dat vroeë Joodse profete voorspel dat ’n Griek hulle verlosser sou wees.  

Oor Nagri laat Dan hom as volg teenoor La Vita uit: “Nagri self is die brug vorentoe én agtertoe, tussen die oue en die nuwe, wat ek gesoek het: die heel laaste Joodse profeet, éérste profeet van ’n nuwe tyd. Dit is vir hom wat ek uit Psalm 137 uitgetrek het. Nagri noem dit ‘Die Wasvrou se Lied’: ‘By die riviere van Babilon het ons gesit, en gehuil as ons Jerusalem onthou/ Toe vra dié wat ons gevange hou / Sing vir ons van julle land …’

“Wat ’n wrede versoek. Hoe antwoord ons? ‘Julle … Julle het gesê: Breek Jerusalem af, slaan sy mure tot die fondamente plat. Geseënd Hy wat julle babas se skedels teen die muur verbrysel.’

“Só eindig Psalm 137. Nie mooi nie, maar so menslik. Dít is die woede in Nagri se hart wanneer hy uit Babilon vlug … Ek het Psalm 137 met Xenophon se hulp tot dié verhaal uitgebrei. Die psalm is hierdie storie se temalied.”

Murray la Vita vra Dan uit oor die ooreenkomste tussen sy vorige boek, Eilande, en Afstande. “Regerings wat mense rondmors en hulle stuur op moeilike, amper onmoontlike sendings. En dan nie eintlik belangstel in die ménse nie. Hulle stel net belang in hul eie oorwinning en wat hulle daaruit kan kry. Kyk byvoorbeeld hoe Simon van der Stel teenoor Mauritius gevoel het, nè,” is Dan se reaksie op die vraag.

“ Mense moet hulleself red. Hoe daardie Zaaijman-familie hulleself kon red terwyl baie ander ouens ondergegaan het. In die geval van Afstande het Xenophon opgestaan soos Moses opgestaan het en sy mense uitgelei het.

“Dit is ’n stryd teen gode, bekend en onbekend; die natuur, en teen jou medemens. Dinge soos regerings, offisiere … alles wat hulle teen jou kan gooi en wat ’n mens kán oorwin mits jy ’n goeie leier het. ’n Goeie, vasbeslote, bekwame iemand wat net wil oorleef ten alle koste.”

Sleigh sê in Eilande is die see die verhoog en in Afstande is dit die slagveld.

Tydens sy navorsing vir Afstande was dit vir Dan belangrik om die verlede ook fisies te beleef. Dus het hy en sy dogter Jean so na as moontlik teruggegaan op die roete wat Xenophon en sy leër gevolg het en daarop geloop, vertel hy aan La Vita.

“Sy het die foto’s geneem, sy het die rekenaar gewerk. Die héle pad. As Xenophon sê van hier na daar is 37 parasang moet ons nou parasang omsit in kilometer. Dan kom ons by die plek aan en kyk op die kaart hoeveel kilometers – presiés. Nou hoe het Xenophon dít geweet? Hy het nie ’n rekenaar gehad nie. Tog is al daardie afstande van hom presiés korrek.”

Dit was vir hom noodsaaklik om die pad wat hul getrek het en die landskap waardeur hul getrek het, self te sien en ook sintuiglik te ervaar. “Om net kaalvoet deur die Meanderrivier te loop soos hulle. Of op die plek te staan by Abidus waar ’n tweeling gekruisig gehang het aan die ankerpale van ’n brug, vier dae lank terwyl Xerxes se leër van ’n miljoen man tussen hulle deur trek, van Abidus in Asië na Sestus in Europa.”

Dan stel ook die geskiedkundige en skrywer dr Helena Scheffler, ’n vriendin van Sleigh, se insigte baie hoog op prys. “Ek bespreek altyd my tekste met haar. Sy het ’n groot kennis van kultuurgeskiedenis, maar dan het sy ook ’n wysheid oor die lewe. En dan het sy ’n kritiese ingesteldheid om vir jou te sê wanneer dit geloofbaar is of wanneer dit vals is. Sy het ook ’n vermoë om haarself binne die verbeelde tyd te plaas en van daar af uit te kyk. Dáár het jy nou iemand met wie jy hierdie goed kan bespreek en iemand wat die gode ken, wat die kléredrag ken. En sy het vir my baie leesstof gegee oor daardie tydperk.

“Dit is beter om so iets met ’n vrou te bespreek om balans te hê; dat jy nie ’n eensydige manlike beskouing het nie, want dit is nie menslik nie. Goethe het byvoorbeeld sy vriendin Charlotte von Stein gehad met wie hy gepraat het. Conrad het Marguerite Boradovska gehad. En dis dieselfde met Helena Scheffler. Sy is my … amper soos ’n mentor … in al daardie gebiede. En vir my iemand om my oorspronklike gedagtes mee te bespreek.”

Daardie oorspronklike gedagtes wat uiteindelik die ongelooflike verhale word waarmee Dan Sleigh so baie mense aanraak, soos ook nou weer met Afstande gebeur het.

“By die mallemeul verkoop die een ou kaartjies vir die groot wiel. Die ander ou verkoop kaartjies vir die perdjies. Maar die skrywer verkoop kaartjies vir die towertapyt waar die leser opgaan en hy neem hom na wónderlike plekke, wónderlike tye, wónderlike gebeure. As hulle terugkom en hulle kom sê vir jou: ‘Dít was nou lekker!’ dan weet jy: ja, dit het gewerk. Die towertapyt werk – die Persiese towertapyt!”

Die kritici was oor die algemeen beïndruk met Afstande. In Rapport Boeke skryf Francois Verster (Rapport, 30 September 2010) wanneer jy Afstande oopslaan ’n mens onmiddellik ’n ander stemtoon opmerk as in Eilande. Die inslag is meer liries en dit is nie ’n bekende milieu waarteen die storie afspeel. Dit is weg van die Kaapse hinterland na ’n wêreld tussen die Middellandse en Swart See.

Dit was, volgens Dan, wat hy wou gehad het omdat hy die "idioom van Homeros wou laat herleef en die styl van die profete laat eggo – stemme wat roep uit die woestyne en die valleie van die doodskaduwee. En die leser trek saam met hom, die Joodse profeet Nagri en die Atheense skrywer-soldaat Xenophon oor daardie skynbaar oneindige afstande."

Die verhaal open met die Jood Nagri waar hy in ’n herberg sit en skryf. Nagri sien homself as die boodskapper van die Verlosser nog vóór Johannes die Doper. Hy is besig om die Anabis oor te skryf, maar hy skryf nie net oor nie, want omdat hy daar was, kan hy ook sy persoonlike indrukke daarvan weergee.

Verster gaan voort: "Daar lê egter verskriklike ontberings voor en uiteindelik ’n wrede ontnugtering – vir Nagri, en ook vir Xenophon. Die leser wonder telkemale: wat kan nóg verkeerd loop? Hoe ver kan enige mens se uithouvermoë getoets word – fisiek en geestelik? Wie van Xenophon of Nagri gaan eerste sy god faal?

"Afstande is vernuftig gekonstrueer," skryf Verster. "Dit is nie bloot chronologies uitgestippel soos ’n rits bakens oor ’n kaart nie. Eers vertel Nagri, dan weer Xenophon, en tussendeur is die leser bewus van die derde verteller: Sleigh. Die Athener, tipiese liniêre denker, was ’n kroniekskrywer. En heel gepas het hy die feite neergestip: 'kort, direk en onversier'.

"Nagri, weer, voeg nie net versiersels op die primêre manuskrip nie – soos sy rooi blomme by naamlyste van soldate wat sterf in konflikte. Hy bied méér as net name en uitslae van skermutselings. En dan kom Verteller Drie, Sleigh, en bied sy insigte, as gesoute historikus én romansier – hý dwing ewige lewenslesse na die oppervlak. En die onwikkelingslyn loop van kroniekskrywing, geskiedskrywing na historiese roman."

In September 2010 by die bekendstelling van Afstande het Petra Müller gesê dat Dan Sleigh “soek altyd na gedeelde en verwaarloosde menslikhede”.

Ook het Dan Sleigh alreeds in Die buiteposte sosiale kommentaa gelewer toe hy geskryf het: "Kyk; soos die Wandelende Jood is menslike onnoselheid kanniedood, die albatros om julle nekke, julle Achilleshiel.”

Verster skryf verder: "’n Literator het onlangs beweer historici is onbetroubaar; net fiksieskrywers praat die waarheid. Dit laat mens wonder: en die historiese roman? By die bekendstelling noem Sleigh hy geniet dit om die dissipline van geskiedskrywing weg te skuif, vry om te interpreteer. Tog het hy, meesterhistorikus, sy bronne geraadpleeg – van Die Bybel tot die mites en legendes wat Soktrates bestempel het as pogings om die werklikheid te rasionaliseer.

"Met Afstande slaan Sleigh ’n brug tussen die Ou en Nuwe Testament om die leë bladsy tussenin te vul. Hoekom, wat het hom daartoe genoop? Via Xenophon erken Sleigh dat hy gedrewe is om te skryf (en te leer); hy wag nie op die muse nie. Oudergewoonte het hy sy veldwerk gedoen, dié keer ver van bekende weë, op die spore wat die Onsterflike Tienduisend, van Sardis (vandag bekend as Sart) tot by Bisantion (Istanbul), meer as ’n eeu voordat ’n verenigde Griekeland bestaan het . En dan. . . dié epiese boek oor ’n klassieke quest. Sleigh slaag daarin om op Anabis te bou, “[...] soos ’n ranker ’n ou boom gebruik”, dit uit te spin soos ’n goue draad, en die leser se aandag daarmee vas te vang. En hy máák ons dínk. Oor hoe lank ons gesamentlike ontwikkelingsrit(e) nog is. Dis die slag wat Sleigh slaan. Met feite genuanseer deur insig."

Willie Burger het in sy resensie op die boekredaksie24 se blog geskryf: "Ek het halfpad deur Afstande gevoel dat daar té veel konstruksie en té min hartklop is, té veel inligting en té lang beskrywings wat mens laat ophou omgee. Maar dat daar tog iets van die uitmergelende tog oor afstande van tyd en ruimte ’n mens bybly. Dit laat ook ’n mens met melancholie oor die mens wat steeds in die naam van gode, gemotiveer deur eiebelang, selfsug en hebsug, veldslag ná veldslag veroorsaak en steeds vergeefs probeer om sin en patroon te vind uit dieselfde herhalende handelinge."

“Enige huiwering wat ’n mens aan die begin van die roman voel oor jou vermoë om die afstand vanaf jou eie tyd na ’n periode meer as twee duisend jaar gelede af te lê, word opgehef wanneer die verhaal van die veldtog in Persië op dreef kom,” skryf Louise Viljoen op LitNet.

“Na ’n effens moeisame begin word die roman onweerstaanbaar meesleurend. Die vertelling is beweeglik en vol aksie: dit verloop doelgerig vooruit, die hoofstukke is kort en hanteerbaar met rigtinggewende titels, die verskillende Midde-Oosterse ruimtes word konkreet voor die leser opgeroep, die Afrikaans is lewendig en toeganklik. Dit is ’n ruie verhaal waarin die leser nie die wreedaardige besonderhede van die veldslae gespaar word nie (soos byvoorbeeld wanneer die oorwonne Kuros se kop uit ’n sak pekel gepluk word om ’n dreigement teenoor sy leër te onderstreep), ook nie die uitmergelende besonderhede van die Grieke se moeisame tog huiswaarts nie.

“Die boek word uitgegee saam met ’n DVD waarop Sleigh kortliks oor die roman praat. Tesame met die kaart binne die skutblaaie van die boek, help dit die leser om hom- of haarself te oriënteer binne die magtige afstande van ruimte en tyd wat hier ter sprake kom. Die verklaring van vreemde terme word ook gemaklik in die teks ingewerk sodat die leser dit nie as leesversperring ervaar nie.

“Om Afstande te lees is om op die aangenaamste en heilsaamste manier moontlik opgevoed te word: deur die vertel van ’n storie. Dit is ’n besonder onderhoudende roman wat vir jou deure oopmaak na ’n vervloë geskiedenis, maar ook laat nadink oor die nawerking daarvan in ons eie tyd. Dit is ’n leeservaring wat niemand moet misloop nie.”

Sonja Loots skryf ook op LitNet dat dit dit ’n moeilike taak is om hierdie groot werk wat Sleigh met Afstande gedoen het, gering te skat. "Dit is ’n nougesette rekonstruksie van die verlede. Die reikwydte intellektuele diepgang van hierdie epiese werk is enorm. Maar," kwalifiseer Loots, "hoewel daar onbetwisbaar baie vleis aan die been sit, het die murg helaas weggekook. (...)

"Afstande vertel ’n verhaal waarvan die verloop en uitkoms reeds bekend is. Baie veldslae, baie teenspoed. Optog, gevolg deur aftog. Dood, bloed en geweld. Waar die verhaalverloop op sigself nie meesleurend is nie, en die uitbeelding van een veldslag na die ander maklik eenselwig te raak, is die behoefte aan aangrypende karakteruitbeelding, kreatiewe beeld- en taalgebruik of ander stilistiese en tematiese kragtoere groot. Helaas vind ek geen van hierdie dinge in die teks nie."

Loots sluit af: “Ten slotte: Afstande spruit uit en word omring deur van die grootste tekste in die geskiedenis van die letterkunde. Xenophon maak ’n bestaan deur die werke van die meesters Tukidides, Aeskulos, Aristofanes, Euripides, Sofokles en ander te kopieer vir Athene se gegoede bibliofiele. Sy reis lei deur stories. Die geplaveide pad na Apollo se tempel lei hom op die spore van Herodotus, Pithagoras en Oedipus. Xenophon en sy neef Proxenos bespreek ’n gedig van Homeros. Daar is talle verwysings na Griekse tragedies, blyspele en legendes, en ook Bybelse verhale kom ter sprake. Nagri skryf in teen die tradisie van die Farao se Boekrol van die Dooies, wat Moses as openingstrofes van sy Genesis gebruik het (aldus Afstande). Hy hoop die Verlosser, wanneer hy eendag gebore word, voeg sy skrywe naas dié van die laaste profete sodat die wêreld vir Nagri in hul geselskap sal reken: Habakuk, Sefanja, Sagaria, Maleagi, Nagri.

“Nagri herskryf Xenophon se teks, ‘Hy som dié teks op, hy laat dele weg, hy herskryf dit na eie behoefte, na die wens van die Vaders en vir die Verlosser se doel alleen.’ Aan sy manuskrip dink hy as Die Boek van Afstande. Daar sit iets van die metatekstuele spel in die feit dat Nagri hom besig hou met dieselfde bronteks as die skrywer van die roman Afstande, en deur die wyse waarop die titels ooreenkom. Hierdie gegewe word egter helaas nie op vindingryke of diepgaande wyse ontgin nie.

“Soos met Eilande, sal kritiese opinie oor Afstande waarskynlik verdeeld wees. Die sjarmante skrywer sal na alle waarskynlikheid ook met hierdie roman enorme kommersiële sukses, plaaslik en oorsee, behaal. Daar sal vele Hosannas wees, maar daar sal ook die afvalliges wees wat, soos ek, verkies om aan ander gode op die berg Olimpus te offer. Mag Zeus ons almal genadig wees.”

Wals met Matilda word in 2011 gepubliseer en weer is Dan die wenner van Sanlam en Tafelberg se Groot Romanwedstryd. Wals met Matilda het in 2012 met nog drie pryse weggestap, naamlik die WA Hofmeyr-prys, die  Universiteit van Johannesburg-prys en die ATKV-prosaprys.

Hy vertel aan Willemien Brümmer (Beeld, 3 Junie 2011) dat hy Wals met Matilda binne twee jaar geskryf het nadat hy die koerantadvertensie vir die Groot Romanwedstryd gesien het. Die vonk vir die storie was twee dinge: ’n beriggie in ’n Engelse Sondagkoerant in 1995, tydens die honderdjarige viering van die “nie-amptelike Australiese volkslied”, “Waltzing Matilda”.

“Daar het gestaan ’n ondersoeker in Australië het vasgestel die oorspronklike swagman (die bondeldraende trekarbeider waaroor die liedjie gaan) was ’n Suid-Afrikaner met die naam Jacobus van der Merwe.” Daarna kon Dan nie weer ’n enkele woord oor Jacobus of Japie opspoor nie. Maar toe lees hy in prof HB Thom se tesis van hoe, aan die einde van die 1800’s, jong manne uit die Karoo na Australië is om te gaan leer oor skaapboerdery, en dan ook aanteelvee teruggebring het.

Hierdie aanteelvee was verwant aan die merino's wat die Nederlandse "mooiweersoldaat" Robert James Gordon wat destyds bevelvoerder van die Kaapse garnisoen was, gesteel. Hollanders het in 1789 ’n klompie van die beste wolskape van Spanje aan die burgers in Kaapstad geskenk en dit was Gordon se taak om hierdie skape op die buitepos Groene Cloof (deesdae Mamre) aanhou.

Willemien Brümmer vertel verder: "In Junie 1795 het die Britse vloot die Kaap ingeval, maar Gordon se troepe moes 'leierloos voor die Engelse retireer'. Die Engelse kry die stad en kolonie op ’n skinkbord aangebied, en Gordon pleeg selfmoord. Sy vrou verkoop die skape op ’n vendusie aan twee Engelse skippers wat Australië toe gaan."

“Ek het gedink die jaar (1897) val saam met die groot runderpes en ek maak vir Japie die groot runderpes-reeksmoordenaar wat (noodgedwonge) in Middelburg net alles skiet wat voorkom,” sê Sleigh aan Brümmer.

Japie gaan dan na Elizabeth Farm in Nieu-Suid-Wallis in Australië om daar te gaan kers opsteek oor skaapboerdery en dit is daar waar hy vir Matilda ontmoet. Sy is die plaas se erfgenaam wat Japie :in haar rooi skoene leer wals".

Die ander aansporing vir die skryf van Matilda was ’n briefie in Die Burger, geskryf deur ’n onderwyseres van die Hoër Meisieskool Paarl. “Op ’n Maandag verskyn, saam met die koerant, die bylae vir skoolkinders met die vieslikste taalgebruik, en toe sê die redakteur: ‘Ja, maar die kinders práát so’.

“Ek sal graag eendag vir die onderwyseres wil dankie sê, want toe skryf sy hulle práát nie almal so nie. Met haar bydrae het ek vir Carelina ontwikkel. Ek het ’n geleentheid gesoek om te skryf oor iemand wat taalsensitief is. Daar is ’n ding wat ek glo bestaan – dat mense byvoorbeeld so musieksensitief is dat hulle die musiek in kleur kan sien of met hul vel kan voel. Vir haar het ek nou so taalsensitief gemaak dat sulke gemors soos hierdie in die jeugkoerantjie haar in blou kolle sal laat uitslaan.”

In Wals met Matilda is die hoofkarakter Koos van der Merwe (al het Dan gesê jy vat ’n vet kans as jy ’n karakter in ’n boek Koos van der Merwe noem), ’n skrywer en oud-geskiedenis-onderwyser. Thys Human gaan voort in sy resensie in Beeld van 4 Julie 2011. "Sy historiese romans laat die drukkerspers van Goeie Hoop Uitgewers vrolik kletter totdat hy eers sy vrou en kort daarna sy dogter en haar gesin verloor. Daarna verval hy en sy gedagtes in donkerte en wis hy sy rekenaarmanuskrip getiteld Wals met Matilda uit.

"Hy bly in ’n gerieflike woonstel wat aan die uitgewers behoort, op Milnerton-strand en dié sal hy moet prysgee as sy skryfstilte te lank aanhou. Sy uitgewers stuur ’n kleinniggie van Boerneef, Carelina van der Merwe, na Koos as die 'muse' wat hom moet help om van sy skrywersblok ontslae te raak. Sy word biegmoeder, beeldpoetser, leefstylafrigter en reisgenoot wat nie net toegang tot Koos se woonstel verkry nie, maar ook tot sy gedagtes."

Dan beskryf Carelina aan Charles Smith (Volksblad, 20 Julie 2011): “Sy is die reddende engel wat Koos weer op sy voete staanmaak. Koos was baie horisontaal en sy maak hom weer staan op sy voete. Sy het haar gawes van haar grootoom, Boerneef, geërf, wat ook ’n Van der Merwe was. Sy kan dit nie help nie. Sy het dit in haar bloed. Sy het dit baie sterk in haar bloed. Sy onderdruk haar eie skeppende skryfwerk, want dan klink sy presies soos haar bekende grootoom. Sy is bang hulle noem haar Boernig.”

Thys Human skryf verder in Beeld: “Koos stry egter nie net teen sy eie demone nie, maar ook teen die verval en verlies aan sy omgewing, sy taal, sy kultuur en sy geskiedenis. Só gelees, kan die roman beskou word as ’n klaaglied vir Koos se geliefdes, die stad (Kaapstad) waarin hy woon, maar ook die Zeitgeist waarvan hy hom deel voel.

“Sleigh beskik oor die sonderlinge vermoë om selfs van daardie wasige figure wat dreig om in die stof van geskiedenisboeke te verdwyn, karakters van vlees en bloed te maak. In die verhaal wat Koos oplaas aan Carelina dikteer, word die jong Japie (Jacob) van der Merwe byvoorbeeld die berugte runderpes-reeksmoordenaar wat in 1897 groot troppe beeste in die Karoo van kant moes maak en in dieselfde jaar na Elizabeth Farm in Nieu-Suid- Wallis vertrek het om daar meer van skaapboerdery te leer. In Australië maak hy kennis met die plaas se erfgenaam, Matilda, wat hom in haar rooi skoene leer wals. Onverhole geluk is hulle egter nie beskore nie en ná talle omswerwinge word Japie uiteindelik deur die groot, groot onbekende ingesluk.

“Op dié wyse betrek Sleigh nie net die interessante ontstaansgeskiedenis van wolboerdery in die Karoo nie, maar ‘bevestig’ hy ook op kreatiewe wyse die vermoede dat die oorspronklike swagman (bondeldraende trekarbeider) waaroor die liedjie ‘Waltzing Matilda’ gaan, ’n Suid-Afrikaner met die naam Jacobus van der Merwe was.

“Hoewel die historiese agtergrond van Sleigh se romans radikaal van mekaar verskil, vertoon Wals met Matilda sekere tematiese ooreenkomste met Eilande en Afstande: die individu as slagoffer van ’n identiteitsverterende bestel; die sogenaamde ‘klein man’ wat deur magshebbers op moeilike, amper onmoontlike sendings gestuur word; en die byna desperate hunkering van alleenmense om van hul isolasie (eiland-wees) bevry te word.

“Sleigh struktureer sy roman op uiters vernuftige wyse. Van die eerste bladsy slaag hy daarin om die leser se nuuskierigheid oor selfs die kleinste verhaalaspek te prikkel. Veral meesterlik is die manier waarop hy die rampspoedige reis wat Koos in 2006 saam met sy kleindogter-hulle na die Slagtersveld onderneem, jukstaponeer met die reis wat hy in die hede van die roman (2009) met Carelina meemaak.

“Voorts handhaaf Sleigh ’n baie fyn balans tussen erns en humor. Koos se taksering van die skrywers wat saam met hom in die woonstelblok woon, asook sy striemende tirade teen literêre kritici en resensente, laat ’n mens se tone krul. Van die beskrywings in die roman is so spitsvondig dat jy dit nie onaangehaal wil laat wegkom nie, byvoorbeeld: ‘Koos was in ’n kettingbotsing met die noodlot se nagwa’; ‘Maar net twee dinge vra hy as skrywer, twee goed alleen, en dit is belastingvrye kontantpryse en gereelde applous’; en ‘Wanneer haarkappers sterf, verskyn geen komete nie’.

“Sleigh gee self toe dat hy sy eie voor- en afkeure het en by monde van sy hoofkarakters verwoord. Veral in die laaste deel van die roman kry ’n mens soms die gevoel sy skrywerstem slaan te duidelik en te prekerig in die karakterdialoog deur. Dit is egter bysaak in ’n roman wat my as leser én as lid van daardie laakbare groep ‘aanmatigende akademici’ gróót plesier verskaf het. Wals met Matilda is ’n roman waaruit Sleigh se ‘uniekheid, eiesoortigheid en seldsaamheid’ as woordkunstenaar onweerlegbaar blyk.”

In Rapport van 25 Junie 2011 beskryfJoan Hambidge Wals met Matilda as ’n "metafiksionele roman, ’n roman-oor-’n-roman waarin die skrywende instansie ’n skrywersblok beleef en besin oor die skryfproses én die verhouding tussen skryf en lewe. Dit lewer kommentaar op die kreatiewe proses en die ontvangs van ’n roman. Ons beleef die skrywende instansie se werklike lewe teenoor nog ’n lewe in fiksie, wat spanning skep, bykans soos cliffhangers in ’n vervolgverhaal.

"Die boek vlot is geskryf met ’n hele arsenaal tekste wat voor die deur kom staan. Die boek het attitude. Teenoor die bakens en dikwels lang, uitgesponne romans soos Eilande en Afstande is hierdie roman veerlig sonder om oppervlakkig te wees. Dit vra besonder tersaaklike vrae oor die aard van die romankuns. Dit lewer ook skerp kommentaar op die moderne uitgewersbedryf wat eerder ’n geldmaker sal publiseer as een wat goed nagevors en geskryf is.

Dan wil sy weet: "En die skrywer? Haak hy af met sy muse? En Japie Jumbug? En Matilda? Hoekom verdwyn sy so vinnig? Die historiese kenner Dan Sleigh lewer baie interessante kommentaar op taalkwessies, historiese feite en die algemene kulturele stand van sake. Van hier toe Doer onder."

Anders as sy skrywer, Koos, in Wals met Matilda het Dan nog nooit aan skrywersblok gely nie. Hy het nie net aan Wals met Matilda gewerk nie, maar terselfdertyd ook aan Afstande, en gelukkig het hy nooit deurmekaar geraak met die tydsverskil waarin die twee boeke afspeel nie.

Matilda het byvoorbeeld motorkarre in. Yskaste, tikmasjiene, daai klas van goed,” sê Dan aan Brümmer. “Met Eilande het ek reeds gedink hier is ’n waagstuk. Ek vat 300 jaar gelede, hier is nie ander mense wat dit doen nie, en dit het ’n sukses geword. Toe dink ek (met Afstande) ek gaan nog iets groters aanpak – nog vreemder, nog langer gelede, verder afstande, buitelands – en dit soos om jou droom van Kilimandjaro te verwesenlik. Jy het dit gedóén, die foto is aan jou muur en jy kan altyd daarna kyk.”

Oor ooreenkomste tussen sy romans het hy voorheen gesê dat die ding wat Eilande en Afstande in gemeen het, is “regerings wat mense rondmors en hulle stuur op moeilike, amper onmoontlike sendings.”

Matilda is egter heeltemal anders, aan Willemien Brümmer. “Hierdie is iets heeltemal anders. Koos is wel in baie opsigte teen die bestaande stelsel. Hy’t ’n groot afkeer van die regering en in werklikheid van alle politici. Hy dink hy kan homself regeer. As daar ’n ordentlike administrasie is, het jy nie politieke partye nodig nie, en hoe minder politiek, hoe beter.

“Ek stem met Koos in hierdie een opsig saam: Noem dit wat hier genoem word demokrasie, maar dit is net een man, een stem. Dit is ’n identiteitsverterende stelsel vir almal, of jou party nou gewen het of verloor het.”

Brümmer wou weet hoe hy in Matilda die verlede so moeiteloos laat vlees word het, veral Japie se omswerwinge in Australië.

“Ek doen moeite om die leser te oortuig dit is die werklikheid, die skrywer wás daar, hy hét dit gesien, ek glo in hom, hy sal nie vir my lieg nie. As ek vir jou sê ek was nog nooit in Australië nie, dan breek dit die illusie. Ek het laas so gevoel in die bioskoop met daardie groot haai wat die mense opgevreet het, en ek het daai stoel so vasgehou: Jaws. As daar nou iemand gekom het en gesê het: ‘Toemaar, dis maar net ’n stuk masjienerie’, sou ek gesê het: ‘Dan liég julle mos vir my!’.

“Elke towenaar is ’n skelm, né? Hy trek ’n hasie uit ’n hoed, maar dis nie ’n regte hasie nie. Hy’t ’n kuns bemeester om dit te doen, en jy moet hom nie die kuns afvra nie, anders doen jy afbreuk aan sy beeld as towenaar.”

In Matilda is Koos een maal deur ’n leeskring gevra oor sy “skryf-resep”: “Een emmer suiker, ’n emmer swart verf, vier emmers bloed. Meng en laat gis. Sit voor met ’n lyk op bladsy een en ’n ongelukkige einde.” Dan Sleigh kan egter nie volgens ’n resep werk nie. “Ek doen iets heeltemal anders.”

Dan ontvang in 2002 die Molteno-medalje van die Kaap 300-stigting vir prestasie in die literêre, visuele en uitvoerende kunste en natuurlike en kulturele omgewing. In 1998 ontvang hy die goue erepenning van die Stigting Simon van der Stel en in 2007 die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Erepenning vir die Bevordering van Geskiedenis. Die motivering vir die toekenning lui soos volg: “ Dr Sleigh kan vandag met reg beskou word as een van Suid-Afrika se voorste en gesaghebbendste kenners en wêreldkundige oor die geskiedenis van die Nederlandse koloniale tydperk soos vergestalt in die VOC se heerskappy in die Kaap. Hy het ongeveer 24 boeke die lig laat sien, waaronder Jan Kompanjie: Die wêreld van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, Die Buiteposte. VOC-buiteposte onder Kaapste bestuur 1652-1795 en Eilande. Deur sy gereelde artikels aangaande die Kaapse kultuur-historiese erfenis in die Saterdag-bylae van Die Burger dra dr Sleigh ’n belangrike opvoedings-, bewarings- en bewussynsboodskap oor unieke en waardevolle historiese Suid-Afrikaanse terreine, erfenisgeboue en artifakte aan die lesende publiek oor.” (Akademie Nuusbrief)

In 2011 word Dan met ’n Spesiale Prys van die Departement van Kultuursake en Sport van die Wes-Kaapse regering gehuldig.

Benewens die versamel van skeepsmodelle (hy sê self dat hy admiraal is van omtrent twintig skepe), is Dan se groot liefde geskiedenis en die opteken daarvan. Hy is een van slegs ’n handjievol geskiedkundiges wat die sewentiende-eeuse skrif van die VOC-dokumente kan lees, en in opdrag van die Nederlandse regering is hy verantwoordelik vir die transkribering van die resolusies van die Generale Vereenighde Nederlantsche Geoctroyeerde Oostindische Compagnie (VOC) se Politieke Raad.

Dan Sleigh is iemand wat in ’n ander lewe net sowel skeepskaptein kon gewees het, of navigator op die brug, of self stoker in die enjinkamer – ’n maritieme man, want soos reeds genoem, vloei die seewater sterk in sy are. Die Nederlandse verbintenis van sy ma se kant af kan dalk ook verantwoordelik wees vir sy belangstelling in die vroeë Kaapse geskiedenis. Hy is ook een van die min mense met ’n wetenskaplike agtergrond wat die oorgang kon maak van koue navorsing na fiksie.

In 2012 het Dan Sleigh saam met Piet Westra, vroeër hoof van die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad, ’n boek Die aanslag op die ­slaweskip Meermin, 1766 geskryf.

Sleigh het aan Deborah Steinmair (Die Burger, 6 Julie 2012) vertaal: “Dit het ’n mooi blou omslag. Daar sal ’n afbeelding van ’n hoeker onder seil op wees. Dit handel oor ’n ­onderwerp wat baie mense interessant sal vind; daar is deesdae soveel ­belangstelling in slawerny en slawe.”

Dit gaan oor 107 slawe se aanslag op ’n skip. “Toe die opstand uitbreek, het hulle die hele dienswag uitgemoor en die rustende deel van die bemanning onder dek vasgekeer sonder kos of ­water. Nou het die slawe die skip, maar kan dit nie beheer of seil nie, dit dryf op die oop see rond. Toe gaan hulle suid van die Kaap by Struisbaai aan wal. Daar is hoofstukke oor die oorsprong van slawerny en die rede ­waarom slawerny bestaan het aan die Kaap, die aard van Kaapse slawerny, asook op ­Madagaskar en aan die ooskus van Afrika.”

Sleigh vertel aan Steinmair dat dit sekere vooropgestelde idees wat mense van slawerny het, op sy kop gaan gooi.: “Daardie swart ­konings wou ­gewere, drank en goud hê, en ­daarvoor het hulle betaal met mans, vroue en ­kinders. Hulle het sommer hul eie vrouens ook ­verkoop.”

Dit vertel ook meer oor die alledaagse lewe aan die Kaap in 1766."Onder goewerneur Tulbagh," ­vertel Sleigh, "was dit reeds die daeraad van die wêreld­weten­skap. Dit was ’n tyd van studie, ondersoek, ­humanisme, nuwe beginsels, en belangstelling uit Europa in vreemde plante, diere en sterre. Hier was nie net bobbejane en ­seemeeue aan die Kaap nie, hier was werklik intelligente mense ook.”

Sleigh sê hy werk die beste in stilte. Hy en Westra het soms ­vergader om op die rekenaar te kyk hoe dinge vorder.

“Maar wanneer ons aan die werk spring en skryf, is ons apart. Dit is eintlik die lekker deel, die stilte daarvan, wanneer jou kop nou regtig volstoom werk. Dis afskuwelik as die telefoon of die deurklok lui, want dan moet jy wegkom hier waar jy so lekker gewerk het en ’n gordyn toetrek, en alles verdwyn.”

Oor sy volgende projek vertel hy aan Steinmair “Ek sou graag nog een laaste roman wou probeer, maar dit sal dan die einde wees, want my sig word so sleg. Ek het ’n rekenaar so groot soos ’n bioskoopskerm om te kan lees wat ek doen. Daar is geen tekort aan stories nie.”

In Mei 2012 is Dan Sleigh met die koninklike Nederlandse onderskeiding Ridder in die Orde van Oranje Nassau vereer. Dit is tydens die viering van Koninginnedag by die Kasteel deur David de Waal, konsul-generaal van Nederland, aan hom oorhandig.

In sy huldigingstoespraak het De Waal Sleigh beskryf as ’n man met ’n passie vir die geskiedenis van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) aan die Kaap. Hy het gesê Sleigh se passie kan teruggevoer word na die feit dat hy ’n afstammeling is van die Amsterdamse skipper Klaas Acker.

De Waal het verder genoem dat die VOC-tydperk sentraal staan in Sleigh se werk en dat hy algemeen beskou word as die voorste kenner van dié tyd. Sy kennis en lang ondervinding van die Kaapse VOC-argiewe het gehelp om die Tanap-projek, waardeur ’n groot aantal belangrike VOC-dokumente getranskribeer en gedigitaliseer is, ’n sukses te maak.

Sleigh is tans ook betrokke by die Kaapse straatname-hersieningskomitee. De Waal het die wens uitgespreek dat dit sal help om te verseker dat De Waal-rylaan, genoem na dié konsul-generaal se oupa, sy naam sal behou. (Die Burger, 2 Mei 2012)

In 2014 is Dan Sleigh deur die US Woordfees gehuldig toe ’n profielaanbieding oor hom deel van die prgram was. Willem de Vries (Die Burger, 13 Maart 2014) het as volg oor die aanbieding berig: "Hoewel Dan Sleigh tussen nederig en sku hink, is sy bekroonde werke deur Petra Müller opnuut as 'meesterwerke' bestempel. Volgens haar vorm drie van sy boeke, Buiteposte, Eilande en Afstande, ’n eenheid, 'dié van vreemdelingskap op aarde'."

Dan Sleigh het met haar en Wium van Zyl oor sy werk met storie, historie en taal gesels. Sleigh beskou homself as historikus eerder as letterkundige. Sleigh is ’n internasionale kenner van die tydperk van die VoC, “die grootste kapitaalsaak op Aarde” in sy tyd.

Na aan sy hart, so kom hy oor, is die karakter van Carelina van der Merwe in Wals met Matilda waarin sy as ’n taalgevoelige nasaat van die Afrikaanse digter Boerneef, die skrywer in die verhaal uit sy skrywersblok help. Van Zyl het daarop gewys kritici het aan die rol van taalterapie in die boek nog min aandag gegee. “Carelina het meer as talent,” sê Sleigh, “ dit is ’n toorkuns waardeur sy met woorde genesend werk. Dit is haar woordkuns wat Koos [die skrywer] genees.”

In Wals met Matilda is ’n wens vir die onderwys waarin Carelina vra dat mense oorspronklik moet dink, taalgevoelig moet wees en hulself nie tot napraters verskraal nie. “Ek wou hê dat hulle waarheid en sin in taal sien, nie vals skaduwees van die waarheid nie, anders word taal soos blikkieskoffie.” (Die Burger, 13 Maart 2014)

In 2016 word Dan se volgende historiese roman, 1795, gepubliseer en weer ryg hy die toekennings in: wenner van NB-uitgewers se Groot Roman-wedstryd in 2015, asook die WA Hofmeyr-prys in 2017 en ATKV-Prosaprys 2017.

In Sarie (30 Augustus 2016) vertel Phyllis Green meer van 1795: "Die verhaal draai om William van Reede van Oudshoorn, iemand wat Dan ‘die laaste goeie man’ noem. Deur sy oë ervaar ons die gebeure aan die Kaap in die jaar, 1795, die laaste jaar wat die Kaap onder die VOC-vlag regeer word. Alhoewel die kern van die verhaal gebou is rondom geskiedkundige feite, hoe die Kaap regeer word deur kommissaris Sluysken van die VOC en sy amptenary, en hoe daar oorlogswolke op die horison wink, is daar ook ’n intense persoonlike verhaal oor William se verlore liefde. Eers is dit sy geliefde Neeltje wat hy aan die dood afstaan, daarna die ongelukkige huwelik met Geesje Kirsten, van wie hy van bed en tafel geskei is. Daar kom ’n Franse vrou in die Kaap aan, Francine-Marie, en William raak verlief op haar. Maar vervulde liefde is hom nie beskore nie.

"In Simonstad lê die Engelse vloot onder bevel van generaal Craig net en wag om aan wal te gaan om die Kaap in te neem. William doen alles in sy vermoë om Sluysken te oortuig dat daar ’n oorlogsplan opgestel moet word en dat die Kaap verdedig moet word ten alle koste. Helaas, op die ou einde is dit elke korrupte amptenaar vir homself en net so is die Kaap in die hande van Brittanje. William se volgehoue verset teen verraad en vreemde oorheersing maak hom ’n teiken en die nuwe regering probeer sy lewe so moeilik as moontlik maak. 

"Teen die einde van die boek lê generaal Craig besoek af by William en wanneer hy sien William skryf met ’n gansveer, sê hy aan William: 'Moes ek uit Engeland kom om jou van staalpunte te vertel? Jy sit hier en mors jou tyd met die verlede. Dit is geskiedenis.' Waarop William antwoord: 'Vir my, nie geskiedenis nie: Dit is ek.' William sê dat geskiedenis soos ’n kanker is, 'jy kom nie van sy pyn weg nie.'

"En dit is die kern van die verhaal, die geskiedenis is wat dit is, jy kan dit nie verander nie, hoe pynlik dit ook al mag wees. Lees eers oor die verlede, want dikwels sal dit insig gee oor die hede. Ek het die verhaal geweldig geniet. Dan Sleigh kry dit reg om die geskiedenis lewendig te maak."

Dan het aan Green vertel dat hy drie jaar lank, nag en dag, aan 1795 gewerk het. "Ek kan nie my mense, hul wêreld en al hul omstandighede verlaat voordat hul verhaal gereed was vir publikasie nie."

Sleigh vertel aan Murray la Vita (Die Burger, 18 Augustus 2016) hoekom 1795 sy laaste roman is: "Ek moet nou my tyd beter gebruik. My oë is aan die ingee; die dokter sê ek het nog so ’n paar jaar oor, en ek moet dit behoorlik gebruik.”

Hy vertel ook aan La Vita meer oor watter redes agter sy besluit sit om oor die Britse oorname van die Kaap in 1795 te skryf: “Die karakter van William van Reede van Oudtshoorn wat my al jare geïnteresseer het omdat in die Kompanjie se dokumente die heel laaste dokument sy weiering is om oor te gee.

"William was lid van die politieke raad en eienaar van die Kaapse woning Saasveld. Hier loop natuurlik nóú nog stories in die Kaap dat hy daar waar Saasveld gestaan het, daar by die Labia in Rheedestraat, nè ... gaan jy na die Monte Rosa-ouetehuis en daar óp hul terrein staan sy grafkelder.

“Dit is wat vir my in die boek op die idee gebring het dat hy hom teruggetrek het in sy grafkelder. Die storie was dat hy in sy grafkelder ’n lessenaar en papiere en potlode reggesit het sodat ás hy wou kommunikeer uit die dood dan kon hy. Hy is ’n soort verkenner van die doderyk wat sal gaan kyk hoe lyk dit daar en dan vir ons laat weet. Ongelukkig het daar geen berigte deurgekom van die verkenner af nie ...

“Ek het die kêrel goed geken en omdat hy my geïnteresseer het, en veral sy rol in die laaste stryd teen die Engelse en sy verskriklike frustrasie daarna ... Hy was ’n soort krygsgevangene in sy eie huis ... Mense is vandag nog verstom oor hoe die Engelse die land so maklik kon oorvat. Dit kon net deur verraad gebeur. En deel van die ontwikkeling van die verhaal is die ontmaskering van [Robert] Gordon, hoof van die Kaapse garnisoen. Ek het dit nie reggekry om binne-in goewerneur [Abraham] Sluysken se kop te kom nie, ek kon net róndom sy kop speel. Maar ek kon binne-in Gordon kom, want ek ken sy agtergrond beter.”

Oor sy navorsing wat hy vir 1795 gedoen het en hoe dit verskil van sy navorsing vir feite-artikels vertel Dan aan Murray la Vita: "Ek sal nie navorsing doen vir ’n roman nie, want dis te vars; jy moet lánk daaroor dink en dit moet deur en deur gedink word. As ek ’n artikel oor hom sou skryf, dan sou ek die navorsing gaan doen en môre die artikel skryf, maar vir ’n roman is dit glad anders.

“Dit is jare se kennis wat bymekaarkom. En ek moet weer die naam van Helena Scheffler noem. Sy is só ’n wonderlike kultuurhistoriese kenner van kleredrag, kós, meubels. Sy het my raad gegee.”

Vir La Vita is een van die dinge van 1795 wat hom geboei het, hoe die storie van die totstandkoming van Afrikaans uitgebeeld word. Dan verduidelik aan hom dat deur die hele boek die Nederlandse taal aan die verander is. "En Wil­liam gebruik daardie [nuwe] woorde; hy is ’n Renaissancemens; hy verander saam met die tyd. Afrikaans het deels tot stand gekom omdat in die tyd van die VOC geen hoërskole aan die Kaap was nie," sê Sleigh. “Daar was geen taalkundige opvoeding nie. Die kinders het gepraat soos jy op die plaas en op straat en in die slawehuis ... en die kombuis praat. So dit is die natuurlike taal. Daar was nou jong klerke wat by die Kompanjie begin werk het wat nie geweet het hoe om te spel of [Nederlands] te skryf nie. Hulle het geskryf soos wat hulle praat.”

La Vita beskou die karakter van die Franse weduwee Francine-Marie de Remony as een van die sprankelendste in 1795. Sleigh vertel aan hom meer van haar: “In William se huis staan ’n klavier onder ’n swart doek. Dit is natuurlik kulturele dood; daar gebeur níks in die huis nie ... En nou kom Francine en die eerste ding wat sy sê, is: ‘Kan ons nie daardie ding weer aan die gang kry nie?’ En hulle kry dit aan die gang ... nou begin die kulturele ­lewe weer in sy huis terugkom.

“My gedagte daar is: Wat ons skep, wat die Mozarts en die Rembrandts en Vermeer, en dié kêrels geskep het – dít is wat ná ons sal bly. Ons sal vergaan, en dalk verdwyn die mens van die aardbol af. Maar die mens se sképping is die beste van hom, die beste wat hy op aarde verrig het en dít is wat hopelik behoue sal bly ná ons. As daar ’n laaste vuurpyl na die naaste planeet is, dan is dít wat daarop behoort te wees – die mens se beste skeppings.

“Heel aan die einde dan vra Fran­cine ook nog vir William: ‘Wat ook al gebeur, glo in skoonheid.’”

Die beoordelaars van die WA Hofmeyr-prys, Ena Jansen, Danie Marais en Francois Smith, beskryf 1795 as ’n "ambisieuse museale roman waarin Sleigh se kennis van die VOC-geskiedenis indringend verhaal word.

"Sleigh laat oortuigend sien dat gebeure uit 1795 relevant en aktueel is, veral wanneer dit gaan om verset teen verraad en korrupsie en om opstand teen die verlies van kultuur en taal.

Vir die beoordelaars staan Sleigh se "kragtige, evokatiewe prosa" uit en "vanaf bl 1 stap jy met hom [William] Strandstraat op na die klipkuil en sien die Kaap deur sy oë nooit weer kan jy Kaapstad nié as palimpses ervaar nie."

Op LitNet sluit Heilna du Plooy haar LitNet Akademies-resensie-essay as volg af: "Daar is onderliggend aan die roman ook die tema van die held wat nooit sy vermoëns tot volle ontplooiing kan bring nie, wat op ’n byna tragiese wyse gedoem is om sy positiewe en dienende ingesteldheid al hoe meer te internaliseer en om al hoe meer na binne te lewe. Die uitbeelding van William van Reede van Oudtshoorn as so ’n figuur werp lig op die afwesigheid van helde in bepaalde historiese periodes, maar ook op die magteloosheid van die denkende individu teen die meeslepende krag van ’n politieke en finansiële magspel.

"In hierdie stuk kon slegs enkele aspekte van 1795 aangeraak word. Dit is ’n ryk roman wat eintlik 'in mondjesmaat' gelees moet word om die fyn afwerking van besonderhede en formulering tot sy reg te laat kom."

Op haar blog skryf Joan Hambidge: "Die sogenaamde historiografiese roman is ’n uiters belangrike deel van enige letterkunde. Die kluif boeke oor die Anglo-Boereoorlog onder andere, of Dan Sleigh se falanks belangrike tekste, maak vir belangrike en stewige leeservarings. In die hande van ’n mindere skrywer sou die gaapkurwe hoog gewees het, maar Sleigh laai die gegewe met drama. Die romanwedstryd se eerste prys in 2015 was welverdiend."

In Rapport van 7 Augustus 2016 skryf Chris van der Merwe dat die integrasie van geskiedenis en verhaal en van storie en historie uitstaande is. "Elke toneel het ’n funksie in die ontwikkeling van die twee sentrale temas van oorlog en liefde. Opmerklik is die balans tussen vreugde en verdriet.

“Saam met die teleurstelling oor die verraad van die Kaapse regeerders kom die troos van ’n inspirerende liefdesverhouding. Albei temas word gekenmerk deur verlies, en verlies het skynbaar die laaste woord. Tog is daar ’n suggestie dat die kuns, of dit nou die woordkuns is of musiek, iets van die essensie van die lewe kan weergee wat steeds bly spreek, oor die verganklikheid van tye heen. (...)

"William ontdek teen die einde van die roman ’n boeiende verhaal, geskryf in die Kaapse dialek, oor die gewelddadige verlede in die binneland – ’n verhaal wat nogal sterk herinner aan Willem Anker se roman Buys. Ook William begin nou om sy ervaringe neer te skryf, en die suggestie word gewek dat die roman wat die leser lees, die storie is wat William neergeskryf het. Sy taal word bedreig, maar daar is tog tekens van kreatiwiteit in ’n nuwe taal wat aan die ontwikkel is.

"Sleigh se 1795 is ’n grootse roman, ’n helder baken wat toon wát in Afrikaans vermag kan word."

In Mei 2017 is Dan Sleigh deur die FAK, in samewerking met die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika, vereer vir sy bydrae tot die Afrikaanse taal en kultuur toe hulle die NP Van Wyk Louw-toekenning aan hom oorhandig het tydens ’n geleentheid by die Hugenote-Gedenkmuseum op Franschhoek.

Tydens die oorhandiging het Danie Langner gesê dat Dan Sleigh met boeke soos Eilande en 1795 nie alleen die ou geskiedenis van die VOC op ’n besonder boeiende manier oordra nie, maar ook die geskiedkundige band wat daar tussen Suid-Afrika en Nederland bestaan, bevestig.

“In sy meesterwerk, 1795, vertel Sleigh die verhaal van William van Reede van Oudsthoorn se liefde vir die Kaap en sy geskiedenis, sy verdediging van die Kolonie teen die oprukkende Britse besetters, sy rebellie teen die lamsakkige VOC-owerheid en sy strewe na ’n eie Kaapse Republiek."

’n Groot gedeelte van 1795 het William se huis, Saasveld, wat aan die voet van Tafelberg gestaan het, as agtergrond. Die huis is in die 1950's afgebreek en is steen vir steen na Franschhoek verskuif, waar dit gebruik is om die Hugenote-museum op te rig.

Langner het voortgegaan: “In 1795 beskryf dr Sleigh vir William as die laaste goeie man. Ek dink William sou bly wees as hy kon weet dat sy Saasveld-huis eeue later ’n bymekaarkomplek was om aan nog ’n goeie man erkenning te gee vir sy liefde vir die Kaap en geskiedenis."

Sleigh het die toekenning met die volgende woorde in ontvangs geneem: “Hierdie toekenning span vir my die kroon op my skrywersloopbaan en dit is ’n groot eer om op dié manier deur die FAK vereer te word en met Van Wyk Louw geassosieer te word.”

In Mei 2017 is Dan Sleigh na Nederland om daar ’n paar lesings te gaan lewer. Op 31 Mei het hy by die Tong Tong-fees in Den Haag gepraat. Die titel van sy lesing was "Gemengde cultuur, gedeeld verleden in Zuid-Afrika". Hy het gepraat oor die gemeenskaplike geskiedkundige en kultuurbande tussen Indonesië, Suid-Afrika en Nederland en hulle gedeelde geskiedenis belig.

Op 1 Junie was hy in Amsterdam waar hy in die Zuid-Afrika Huis onder leiding van Ingrid Glorie met Duncon Bull, bewaarder van die buitelandse skilderkuns van die Rijksmuseum, gepraat het oor 1795 en die geskiedkundige konteks daarvan.

Publikasies

Publikasie

Duif oor water

Publikasiedatum

1971

ISBN

hb

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

C Louis Leipoldt-prys van Departement van Nasionale Opvoeding

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die nege-maande-mars

Publikasiedatum

1972

ISBN

0624002519 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

’n Man om te hardloop

Publikasiedatum

1973

ISBN

0624004686 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Tussen twee vlae

Publikasiedatum

  • 1974
  • 1977

ISBN

  • 0624005461 (hb)
  • 0624010260 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Onder die bittervaan

Publikasiedatum

1975

ISBN

0624007561 (hb)

Uitgewer

J Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Anselm en die jut

Publikasiedatum

1976

ISBN

0799302406 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

2de prys Van der Walt se wedstryd vir oorspronklike jeugverhale

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Sersant Barodien, Kaapse Korps

Publikasiedatum

  • 1977
  • 1980
  • 1981

ISBN

  • 0624009327 (hb)
  • 0624013294 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Jan Kompanjie: die wêreld van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie

Publikasiedatum

1978

ISBN

06240116658 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Niefiksie (geskiedenis vir die jeug)

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

’n Kanon vir Barbier

Publikasiedatum

1978

ISBN

0624011240 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Ruiters teen die Ryk: die verhaal van die Tweede Vryheidsoorlog

Publikasiedatum

  • 1979
  • 1999

ISBN

0625015762 (hb)

Uitgewer

  • Goodwood: Nasou
  • Kaapstad: Casteel Militêre Museum

Literêre vorm

Niefiksie (geskiedenis vir die jeug)

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Vryburger Tas

Publikasiedatum

  • 1979
  • 1983
  • 1984

ISBN

  • 0624012709 (hb)
  • 0624019373 (hb)
  • 0624020304 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

The Huguenots; with AJ Grant and Ronald Mayo

Publikasiedatum

1988

ISBN

0636010813

Uitgewer

Kaapstad: Maskew Miller Longman

Literêre vorm

Niefiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die buiteposte: VOC-buiteposte onder Kaapse bestuur 1652-1795

Publikasiedatum

  • 1993
  • 2004

ISBN

  • 0798633123 (hb)
  • 1869190858 (hb)

Uitgewer

  • Pretoria: HAUM
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Nie-fiksie (geskiedenis)

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

The forts of the Liesbeeck frontier

Publikasiedatum

1996

ISBN

0620207752

Uitgewer

Kaapstad: Castle Military Museum

Literêre vorm

Niefiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

They rode against an Empire

Publikasiedatum

1999

ISBN

0620244577

Uitgewer

Kaapstad: Castle Military Museum

Literêre vorm

Niefiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Eilande

Publikasiedatum

2002

ISBN

0624040313 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

  • Sanlam/Insig/Kwela Groot Romanwedstryd 2001
  • WA Hofmeyr-prys 2003
  • RAU-prys vir Skeppende Skryfwerk 2003
  • M-Net-Prys vir Skeppende Werk in Afrikaans 2004
  • Helgaard Steyn-prys 2004

Vertalings

  • Engels; vertaal deur André Brink 2004, 2005
  • Nederlands; vertaal deur Riet de Jong-Goossens 2004

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Afstande

Publikasiedatum

2010

ISBN

9780624049098 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

K Sello Duiker-prys 2012

Vertalings

Nederlands 2011

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Wals met Matilda

Publikasiedatum

2011

ISBN

9780624051466 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

  • Wenner Sanlam Groot Romanwedstryd 2009
  • WA Hofmeyr-prys 2012
  • Universiteit van Johannesburg-prys 2012
  • ATKV-prosaprys 2012

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die aanslag op die slaweskip Meermin, 1766 / saam met Piet Westra

Publikasiedatum

9780620545969 (sb)

ISBN

2012

Uitgewer

Kenilworth: Africana Publishers

Literêre vorm

Geskiedenis

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

1795

Publikasiedatum

2016

ISBN

9780624073307 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Geskiedkundige roman

Pryse toegeken

  • NB-uitgewers Groot Romanwedstryd 2015
  • WA Hofmeyr-prys 2017
  • ATKV-Prosaprys 2017

Vertalings

 

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Artikels oor Dan Sleigh beskikbaar op die internet

Artikels deur Dan Sleigh beskikbaar op die internet

 

Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie.

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Dan Sleigh (1938–) appeared first on LitNet.

Adam

$
0
0

Adam
Tullio Lombardo ca 1490 – 1495

Vir Heleen Louw

jou regterarm omhoog
dryf jy met houthamer
die beitel in skoon marmer

verander
die stand van die ganse blou
in Venesiaanse lig

mikromillimeter vir mikromillimeter
lig die kubistiese ruimte ’n sluis

oorskry hy ’n hoek
onskatbaar om hom ingeskape

vooroor kantelend
in die grondwaartse boog
suiwer wiskunde tastend na
Die Ander

leer die regterhand skryf

twee soorte marmer
klap op mekaar
’n silwer bliksemstraal deurtas die skedel

so het die klip dit uitgeroep

The post Adam appeared first on LitNet.


Joan Hambidge lees ’n villanelle voor

$
0
0

Joan Hambidge lees ’n villanelle voor

Vir Heleen Louw

het jy ooit
dubbel intuïtief
as vrou en digter
vermoed

dat jy sou gee
wat die villanelle
van jou vra

in flikkerige elektriese lig
vir die versindaba

op die verhoog
om die setwerk te voltooi

gee jy aan koeplet
en tersine sy refrein:
sy het my vir altyd verlaat

gemeet afgeweeg
deur die fyn geteelde intellektueel
op die palm van sy hand
’n pond vleis

niks minder
niks meer
ek vat net dit wat myne is

oorganklik die refrein
sy het my vir altyd verlaat

welgeskape dans die villanelle jou vooruit
alleen
in die nagalm van die woordfees
bly jy staan

georden
kortsluitend die refrein
sy het my vir altyd verlaat

The post Joan Hambidge lees ’n villanelle voor appeared first on LitNet.

César Vallejo

$
0
0

César Vallejo
15 April 1938

Vir Heleen Louw

hy buk oor jou
die bruidegom in sy kispak op die katel
steek ’n ruiker in jou knoopsgat
in jou neus die spesery
van ’n enkele vars wit angelier

op jou pos
die daaglikse beoefenaar
van ’n verworwe
taai ontoegeeflike geduld
ander noem dit vakmanskap

getrou
onvertaald Spaans
bly jou blik
die noulikse ruising
van die tromrol op sy plat vlak

wanneer die dood
sy skyn
ondersoekend op die houtsneewerk van jou gesig
laat val

The post César Vallejo appeared first on LitNet.

Week van de Afrikaanse Roman 2017: Letterkundig symposium en slotfeest

$
0
0

Week van de Afrikaanse Roman 2017: Letterkundig symposium en slotfeest “Gou met die pen” in Gent zetten de fine fleur van de Afrikaanse literatuur in de kijker

Het ging er uiterst stemmig aan toe tijdens het letterkundig symposium en het slotfeest “Gou met die pen”, die in Gent plaatsvonden op 6 oktober. Het symposium werd ingericht door het Gents Centrum voor het Afrikaans en de studie van Zuid-Afrika van de Universiteit Gent, de Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en de Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal- en Letterkunde (KANTL). Het symposium ging in de namiddag door in het statige herenhuis in neorococo-stijl van de KANTL. Het slotfeest, een coproductie van de Week van de Afrikaanse roman en de Universiteit Gent, ging ’s avonds door in de Bonbonnière-zaal en het Binnenhof van het charmante theater Tinnenpot in het hart van de stad.

Toegangspoort van het monumentale herenhuis van de Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal- en Letterkunde, Gent

Het schilderij van Koning Leopold II zit verborgen achter het projeciescherm

Deidre Le Hanie, de nieuwe besturende directeur van de Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV), houdt de openingslezing. Deidre leunt tegen Eugeen Edward Stroobant (1819-1889), notaris, toneelschrijver, dichter en lid van de Academie

Rudie van Rensburg wordt op de rooster gelegd door Luc Renders (Universiteit Hasselt)

Andries Bezuidenhout spreekt over Gert Vlok Nel

Inge Brinkman (Universiteit Gent) legt Willem Anker het vuur aan de schenen

Ena Jansen (Universiteit van Amsterdam) in gesprek met Ingrid Winterbach over intermedialiteit en intertekstualiteit

Black, White, Grey-schets door Ingrid Winterbach (2017, 112x75), resultaat van kruisbestuiving met haar roman Vlakwater

Ingrid Winterbach die Jozef Muls omarmt. Jozef Muls (1882-1961) was essayist, criticus, kunsthistoricus en lid van de Academie

Andries Bezuidenhout heeft veel pijlen op zijn boog. In de namiddag bruist hij van sociologische verbeeldingskracht. ’s Avonds ontpopt hij zich tot sfeerbrenger in de Bonbonnière-zaal met uiterst gevoelige songs en nog gevoeliger gitaarakkoorden

Amy Jeptha heeft een eivol programma. Naast de regie van “Here to There” in het kader van AfroVibes en haar Workshops Creative Writing leest zij tijdens het Gents slotfeest poëzie voor

Willem Anker houdt van brandend vuur, zoals ook zijn 18e-/19e-eeuwse held Coenraad Buys

Stefan Dixon is een Zuid-Afrikaanse singer-songwriter die nu in Brussel woont. Hij sluit in het Binnenhof het feest af met een adembenemend optreden. Natuurlijk brengt hij ook zijn sublieme cover van Mia van Gorki.

Laura Engels heeft het Vlaamse gedeelte van de Week van de Afrikaanse roman enorm knap gecoördineerd. Laura luistert vol bewondering naar Stefan Dixon.

Foto’s: Herman Meulemans

The post Week van de Afrikaanse Roman 2017: Letterkundig symposium en slotfeest appeared first on LitNet.

Nou, hier deur Corné Coetzee: ’n resensie

$
0
0

nou, hier
Corné Coetzee
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798176200

Corné Coetzee se debuutbundel getiteld nou. hier het onlangs by Human & Rousseau verskyn. Coetzee het reeds vantevore talle gedigte in versamelbundels soos Nuwe stemme 4 (2010), My ousie is ’n blom (2006), New Contrast en Sol Plaatje European Union Poetry Anthology gepubliseer. Sommige van die gedigte uit laasgenoemde bundels is hersien en in nou. hier opgeneem.
As resensent lees ek letterlik alles in ’n boek. Ek bestudeer die voorplat met ’n vergrootglas, die agterplat met die reklame-afdeling se vernuftige aanhalings en of opsomming van die teks, en dan veral die “erkennings” wat die meeste skrywers of digters by hul tekste insluit. Hierdie erkennings is gewoonlik ’n resensent se pitkos met allerlei verwysings wat ons kan naspeur, maar bevat ook belangrike inligting oor die skrywer of digter se werksproses en wie behulpsaam was met die samestelling van die finale teks. Ek noem dit aangesien iets my in Coetzee se erkenning opgeval het wat ter sake is by die bespreking van dié bundel. In haar erkenning beklemtoon Coetzee dat “hierdie gedigte nie outobiografies is nie en ook nie, in die geval van die Siddharta-gedigte, biografies nie” (109). Nadat ek die bundel in sy geheel gelees het, verstaan ek ten volle waarom sy laasgenoemde beklemtoon het: eerstens moet ’n skrywer se werk hoofsaaklik as fiktief beskou word (alhoewel die (outo)biografiese kode wel voorkom of subtiel deurskemer), en tweedens is die inhoud en temas van die gedigte van so ’n aard dat ek as leser kan begryp waarom sy nie haarself (en in dié geval ook haar huweliksmaat) met sommige van die gedigte wil assosieer en of blootstel nie.

Oor die titel self is ek onseker wat die skryfwyse daarvan betref, aangesien daar verskille tussen die voorplat, die titelblad en die titelgedig is. Op die voorplat word die bundeltitel met kleinletters en ’n punt tussenin geskryf, terwyl die titel op die titelblad en by die titelgedig as “Nou, hier” geskryf word. Of dit doelbewus deur die skrywer (of uitgewer) gedoen is, weet ek nie. Dit doen egter nie afbreuk aan die bundel self nie en kan dalk net die meer pedantiese leser opval.

Die titel op sigself is treffend. Nou, hier verwys na ’n spesifieke tyd en plek. Wanneer die bundel in sy geheel tematies in oënskou geneem word, is die titel van belang, aangesien die spreker wil beklemtoon dat dit wat nou (tans) en hier (op hierdie plek en tyd) plaasvind, van belang is. Die lewe is immers te kort om hare te kloof oor wat gister gebeur het en/of wat môre gaan gebeur. Die mens moet leef vir nou. Hier. Op die plek en tyd waarin jy jou bevind.

Coetzee se bundel lees soos ’n mens se sikliese lewensverhaal. Die vernuftige wyse waarop die bundel uiteengesit is, het my soos ’n vuishou getref. Die meeste digters skryf gedigte, nie bundels nie. Ek het eendag ’n staaltjie gehoor van ’n digter wat pas sy eerste bundel gepubliseer het. ’n Gevestigde, ouer digter vra hom toe waaraan hy tans werk. Hy antwoord: “Ek skryf aan my volgende bundel.” Haar reaksie was dat sy gedigte skryf, nie bundels nie. Laasgenoemde het my jare lank bygebly, omdat dit so ’n treffende stelling is. As resensent en leser wonder ek soms of digters doelbewus gedigte skryf met die bundel as ’n geheel (die eindproduk) in gedagte en of hul gedigte skryf en dit “toevallig” netjies in afdelings en temas bymekaarsit. Corné Coetzee se bundel is egter soos ’n legkaart waarvan al die individuele stukke perfek inmekaar pas. Háár gedigte het ’n bundel geword en vorm ’n eenheid waarin al die gedigte in harmonie met mekaar verkeer.

Die bundel bestaan uit agt afdelings. Die programgedig, “Bruide kyk”, fokus op ’n jeugervaring. Onskuld, humor en jeugdrome vorm saam ’n gepaste inleiding tot die spreker se ervarings:

Kleintyd Saterdaemiddae
drentel die ledige kaalbeenmeisies
straataf kerk se kant toe
en klont op die hoek
met ongeskikte kougommonde
om bruide te kyk […]

Hierdie afdeling, getiteld “Nymphaea gloriosa”, bestaan hoofsaaklik uit liefdesverse. Die verse vorm ’n eenheid waarin die spreker haar verliefdheid verwoord. Coetzee se gebruik van die metafoor tesame met vernuftige woordspeling is briljant – en ek gebruik nie sómmer dié woord in ’n resensie nie. Lanklaas het ek soveel agtereenvolgende gedigte in ’n enkele afdeling van ’n digbundel gelees en herlees om sodoende elke woord te kan proe, te kan takseer, en die hemelsheid daarvan te kan indrink. Een so ’n vers is “Vleiland”:

Vanoggend met eerste lig
ná jou woorde en hande en heupe laas nag
het diep in my lyf
’n syferfontein begin borrel
en loop daar blink water al met die vore langs
om elke ronding en in elke holte
tot glimmerend in elke vingerpunt en toon

en nou is ek ’n geil, geheime vleiland
vol naaldekokers en paddavisse en skrywertjies
en as jy vanaand weer kom
staan hier môre ’n plaat Nymphaea gloriosa.

Die gedig “Hoogsomer” fokus op moontlike swangerskap en gebruik die vy as metafoor op soortgelyke wyse as Annesu de Vos met haar “groen perske” in haar gedig en bundel getiteld Gebed van ’n groen perske (1980).

In “Onthou” word intimiteit en seksualiteit op meesterlike wyse ontgin en word daardie spesiale oomblik tussen twee geliefdes in woorde vasgevang:

Daardie soel somernag
toe jy my nadertrek,
toe ek my oë toemaak
teen die blou van jou oë
om te keer   
dat ’n wilde oseaan
met g’n agting vir huis of heining of bloudruk
my goedsmoeds verdrink
het ek nooit gedink
hoe ek in hierdie ysige Hoëveld-winter
wanneer die lug ál meer op jou oë trek
lemhelder
o in die naam van die gekke gode van die sewe blou seë
sou onthou
dat ek my oë teen
die blou van jou oë
toegemaak het.

Die tweede afdeling fokus op die spreker se ontnugtering met die getroude lewe en moederskap. Die geroetineerde bestaan van die mens – maar veral dié van die tuisteskepper – word in die soeklig geplaas. In “Die huisvrou verbeel haar wat” word die spreker se misnoeë met haar talle rolle as getroude vrou verwoord:

Uiteindelik ná
vuurstook koskook melkmaak
skrop stryk soek bêre seks ook nog
styg daar laataand by die skottelgoed
’n seepbel op
en kaats al die kleure van die wêreld […]

Coetzee verwoord deur middel van die spreker ’n gevoel wat soveel vroue daagliks ervaar, maar kwalik die moed het om vanuit die patriargale sisteem waarin hul vasgevang is, hul stem oor te kan laat hoor. Ook “Huisgod”, “Kombuis” en “Instruksies vir die huishouer” fokus op die lot van die vrou binne die patriargale bestel. (Hier is wonderlike materiaal vir ’n akademiese artikel.) In “een-een” verwoord die spreker die eensaamheid wat ’n individu binne ’n verhouding ervaar (hoe ironies!) terwyl “Kameleon” die spreker se wensdenkery ontbloot: “Miskien sal ek in die vodde van ’n Sabbatsmiddag/ suutjies ná die opwas/ saam met die goor water uitglip […]/ Miskien vanmiddag.”

Onmin in die huwelik kom in die derde afdeling aan bod in gedigte soos “Oos, wes” en “Bedags is ek oukei”.

Opvallend omtrent Coetzee se verse is die eerlike, onopgesmukte en realistiese wyse waarop gegewens in die gedigte aangespreek word. Die digter maak geredelik van Bybelse verwysings gebruik in gedigte soos “Kaskar”, “Huisvesting” en “Die oorwinnaars”. Laasgenoemde Bybelse verwysings sluit aan by die Boeddhisties-geïnspireerde gedigte in die slotafdeling en vorm ’n balans deur van verskillende geloofsoortuigings gebruik te maak – geloof en spiritualiteit word beide verken. Die spreker fokus hoofsaaklik op die rol van die vrou in gedigte waar die Bybel as interteks dien. As manlike leser is dit vir my besonder aangenaam om ’n vrouestem te lees wat nie skroom om die patriargale bestel kaalvuis te takel nie.

In “Waar’s die dae” (50) fokus die spreker op menslike veroudering wat deel van die lewensiklus vorm:

Ag om só te word,
dik om die lyf,
traag in die heup,
ek wat met dun enkels gedans het.

Ek onthou sy lieflike arms,
die buig van sy nek,
ek sien sy groot maag
en dit baat my niks.

Ek sien hy aai die jongetjies
met die appelboudjies
en ek suig my tande.

Waar is die dae,
die nagte,
Wat vir ’n woord is verby.

In “Tiener” en “Moenie mors nie” verlang die spreker terug na haar prille jeug. Verganklikheid word in “Desember, dan Januarie”, “Kleedrepetisie vir woorde by die sterfbed”, “Besoek” en “Saadskiet” onthul en fokus op die naderende dood wat elke mens in die gesig staar. “Beroerte” is een van die hoogtepunte in die bundel. Coetzee se meesterlike beskrywing van die liggaamlike aftakelingsproses het my in vervoering gehad. In “aljanderbos” tree die spreker in gesprek met Antjie Krog se “Ma” uit haar bundel Dogter van Jefta (1970).

Met “Gaia” sluit Coetzee aan by digters soos Johann Lodewyk Marais, Susan Smith en TT Cloete wat vanuit ’n ekokritiese oogpunt die kwessie rondom die mens se interaksie met die natuur ondersoek. Coetzee se gedig is egter tong-in-die-kies en vir my persoonlik skreeusnaaks – dié bundel raak nie slegs ernstige onderwerpe aan nie, en “Gaia” is een voorbeeld hiervan:

Nee magtag.
’n ma kan net soveel vat.
Kyk hoe lyk die plek!
’n Varkhok! Dit stink!
Verniel! Ópgemors!
Al wat ek doen is gee!
Al wat julle doen is gryp!
Nóg hê, nóg hê, dis al wat julle ken!
Weet altyd beter!
Helskinders!

Sit terug!
Maak aan die kant!
Maak skoon! Skrop!
En nog ’n ding, hou op teel!

Moenie dat ek hier opstaan nie.

In die slotafdeling fokus die digter hoofsaaklik op gedigte met ’n Boeddhistiese tema. Dié bundel is dus propvol aangename verrassings en bied ’n ryk versameling gedigte waarby menige leser sal aanklank vind.

Corné Coetzee se debuutbundel is sonder twyfel een van die beste digdebute wat ek vanjaar gelees het. Dit gebeur selde dat daar in die bestek van een bundel soveel gedigte is wat uitstaan en boonop vanuit ’n literêre oogpunt geslaagd daar uitsien. Nou, hier is, soos Bibi Slippers se Fotostaatmasjien (2016), ’n rare vonds. Coetzee se gedigte praat met die siel. Onopgesmukte eerlikheid, die eenvoud en prag van die lewe, verganklikheid en humor maak van hierdie bundel ’n leeservaring soos min. Ek vermoed ek het my poëtiese “nirwana” in Coetzee se bundel gevind.

The post <i>Nou, hier</i> deur Corné Coetzee: ’n resensie appeared first on LitNet.

LitNet: Jou Afrika

Persvrystelling: Nuwe Afrikaanse drama open by Baxter

$
0
0

Die dans van die watermeid-geselskap (Foto: Nardus Engelbrecht)

Lekas se Die dans van die watermeid, wat ’n jaar gelede met Kunste Onbeperk se eerste Teksmark in Kaapstad nog net op papier bestaan het, is eersdaags as ’n volwaardige produksie by die Baxter-teater te sien.

Uit die kort uittreksels van 14 tekste is Lekas se debuutteks deur die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Baxter-teater opgeraap om verder te ontwikkel.

Die dans van die watermeid het aangegryp met die beeldskone taalgebruik, die hartverskeurende verhaal wat Lekas vertel en die unieke blik op die mense uit haar grootwordwêreld in die skilderagtige Willowmore-streek in die dorre Klein-Karoo. Die gehoor was totaal oorrompel deur die krag en eenvoud van die teks.

Lekas het onder mentorskap van die bekroonde dramaturg Saartjie Botha die teks voltooi. In die proses het Lekas dieper gedelf in die wêreld waarin die watermeid nie net ’n voorbode is nie, maar ook ’n inherente deel van die bestaanswêreld van die gemeenskap. Die storie wentel rondom hul verknogtheid aan hul bygelowigheid en die rol wat die kerk speel in teenstelling hiermee.

Die dans van die watermeid takel ook sosiale kwessies soos jong mense van vandag wat ’n stryd voer sonder die vooruitsig van werk of ’n beter lewe en die dinge wat gemeenskappe onder die mat invee. Dít alles onder die neus van die kerk. Intussen weerklink die ritme van die dans van die watermeid wat die jong meisies kom verlos wanneer die reën kom.

Lekas verduidelik die aansporing vir die skryf van die teks as volg: “In my benoudheid en frustrasie as kunstenaar het ek eers die seer van my naaste herken. Ek het bloot net in genade ’n kans gevat om die storie van Die dans van die watermeid te skep met die hoop dat iemand in my nood ook ander se seer sou raaksien.”

Jason Jacobs, wat onlangs vereer is met Kunste Onbeperk se Nuwe Stem- prys, behartig die regie onder die mentorskap van Lara Foot, artistieke en uitvoerende hoof van die Baxter-teatersentrum.

Die uitgelese rolverdeling sluit in Rehane Abrahams, Abduragman Adams, Elton Landrew, Ephraim Gordon, Gretchen Ramsden, Celeste Matthews en Deidre Jantjies.  Die bekroonde ontwerpers Birrie le Roux en Patrick Curtis is onderskeidelik verantwoordelik  vir die ontwerp van die kostuums, en die stel en beligting.

Die speelvak sal saamval met die tweede Teksmark wat deur Kunste Onbeperk aangebied word met die ondersteuning van NATi en die Baxter-teatersentrum.

R50 kaartjies beskikbaar vir vertoonings tot en met 11 November 2017.

Die dans van die watermeid speel van 1 tot 25 November in die Baxter Golden Arrow Studio. Vroeë-afslag-besprekings kan nou gedoen word. Bespreek by Computicket by 0861 915 8000, aanlyn by www.computicket.co.za of by enige Shoprite- of Checkers-winkel. Vir blokbesprekings kontak Sharon by 021 680 3962, e-pos sharon.ward@uct.ac.za, of Carmen Kearns by 021 680 3993, e-pos carmen.kearns@uct.ac.za


 

 

Press release: New Afrikaans drama opens at Baxter

Amee Lekas’s Die dans van die watermeid (The dance of the water maiden), which only existed on paper at last year’s Kunste Onbeperk’s first Teksmark (script market) in Cape Town, will soon come to life as a fully-fledged production at the Baxter Theatre Centre.

From the short extracts of 14 scripts, Lekas’s debut script was snapped up by the Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) and the Baxter Theatre for further development.

The audience was totally overwhelmed by the beautiful language of Die dans van die watermeid and by the heartbreaking story set against the backdrop of the picturesque Willowmore in the arid Klein Karoo of Lekas’s childhood. It offers a unique look at the people from the region in a script that is powerful, without undermining the inherent simplicity.

Lekas ​​has completed the text under the mentorship of the award-winning playwright Saartjie Botha. In the process, she had the opportunity to delve deeper into the world of the water nymph ­­– a mythical figure who wasn’t only a messenger of a portent, but an integral part of a community’s history. The story revolves around how they hold on to their superstitions in spite of the influence of the church. 

Die dans van die watermeid also addresses social issues, such as today’s young people who struggle without the prospect of a job or a better life, while communities sweep things under the carpet. Right under the nose of the church. Meanwhile, the rhythm of the water nymph’s dance reverberates with the promise of deliverance when the rain comes. 

Lekas ​​explains the incentive for writing the text as follows: “Only in my anxiety and frustration as an artist, I first recognised the pain of others. Purely through the grace of telling the story of Die dans van die watermeid I had the opportunity to create something from my own distress in the hope that people will become aware of the pain of those around them.”

Jason Jacobs, who recently received Kunste Onbeperk’s award for a new voice in theatre, is the director, under the mentorship of Lara Foot, director and CEO of the Baxter Theatre Centre.

The exciting cast includes Rehane Abrahams, Abduragman Adams, Elton Landrew, Ephraim Gordon, Gretchen Ramsden, Celeste Matthews and Deidre Jantjies. Birrie le Roux and Patrick Curtis, award-winning designers, respectively designed the costumes, and the set and lighting.

The run coincides with Kunste Onbeperk’s second Teksmark, supported by NATi and the Baxter.

Early bird special available for shows up to an including 11 November 2017 at R50 per ticket.

Die dans van die watermeid runs from 1 to 25 November in the Baxter Golden Arrow Studio. Early-bird discounts are now available. Book at Computicket on 0861 915 8000, online at www.computicket.co.za or at any Shoprite or Checkers. For block bookings contact Sharon on 021 680 3962, email sharon.ward@uct.ac.za, or Carmen Kearns at 021 680 3993, email carmen.kearns@uct.ac.za

The post Persvrystelling: Nuwe Afrikaanse drama open by Baxter appeared first on LitNet.

Wintersrust deur Joyce Kotzè: ’n resensie

$
0
0

Wintersrust
Joyce Kotzè

Uitgewer: Jonathan Ball
ISBN: 9781868427338

Die eerste indruk van Wintersrust, Joyce Kotzè se familiesage (en debuutroman) wat teen die agtergrond van die Suid-Afrikaanse Oorlog / Anglo-Boereoorlog  van 1899–1902 afspeel, is die omvang van die verhaal: 570 bladsye van kleurryke karakters, aksie en intriges. Jy sal ook nie kwalik geneem kan word as jy aan Wilbur Smith se soortgelyke romans dink nie – die warmbloedigheid, die onverskrokkenheid, die rebelsheid, die kwessies van lojaliteit aan grond, familie en volk, en soms die verskeurdheid tussen opponerende lojaliteite – dis alles daar, heel netjies verpak om die leser geïnteresseerd te hou.

Die lewenskeuses wat die karakters maak, is soms moeilik om te glo, byna tot op die randjie van ongeloofwaardigheid, maar dit maak die verhaal juis interessant, al ken jy die historiese agtergrond en weet jy byvoorbeeld dat die Boere uiteindelik nie kan wen nie en daar dure vergelding wag. En natuurlik ook dat die antagoniste een of ander tyd hulle straf sal ontvang – boosheid word immers in fiksie gestraf, soos die gewildheid van krimi’s vandag nogmaals bewys.

Daar is hier en daar iets omtrent die teks wat my laat wonder het wat die oorspronklike Engelse uitdrukking was, dog die vertaler, Daniel Hugo, is ’n gesoute en bekroonde vertaler en jy neem aan dat hy die beste moontlike keuses gemaak het. Ek het egter byvoorbeeld twee maal gelees aan die sin: “Sy struikel delikaat oor die gruis [...]” – ek kon my nie voorstel hoe ’n mens “delikaat” struikel nie. Iets anders wat my gehinder het, is die spelling van mauser met ’n klein m. Dit beteken mos dan ’n mens moet AK-47 en Browning-masjiengeweer ook met klein letters spel? Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2017) gee “mauser” egter wel aan soos dit in die teks gebruik word. Ook ouer woordeboeke soos Kritzinger ea se Groot Woordeboek (1972). Nou ja, so leer ’n mens ...

Die vertaling is inderdaad so vernuftig gedoen dat ek slegs deur die Engelse aanhalings tussen die dele – daar is agt – aan die oorspronliklike Engelse teks herinner is. Die gevegstonele is goed beskryf en dit gee ’n mens die gevoel dat die skrywer haar navorsing deeglik gedoen het. Daar is heldedade en avontuur, maar die trauma en verlies word nie weerhou nie. Ek het wel gewonder hoe die Boer by een geleentheid ’n hinderlaag vir ’n trein stel en hoe een karakter, Karel de Winter, nie kan weet dat daar ook Boere, onder andere sy eie pa, oorkant hulle, aan die ander kant van die spoorlyn, is nie.

Wat karakters betref, is daar ’n oorvloed (dalk te veel? – ’n karakterlys soos hier, is gewoonlik ’n aanduiding hiervan, maar die leser moet self besluit), sonder dat een werklik uitstaan as hoofkarakter – dalk Martin, die oudste seun van Marthinus en Mary de Winter, maar sy tweelingbroers en suster is eweneers sterk en deeglik afgeronde karakters. Selfs ’n “byspeler” soos Jan Viljoen is geen eendimensionele karikatuur van ’n luidrugtige ekstrovert nie.

Een karakter aan wie ek nie regtig vat kon kry nie, is Stephanie de Winter. Die wyse waarop sy as ambisieuse en uitgesproke individualis skielik verlief geraak het, en boonop op ’n (aan haar) onbekende Brit, kom vir my as onkenmerkend van haar voor. Ook klink dié Britse agent nie regtig soos die tipe man wat rugby sou speel nie. Maar, mense kan tog verras, dus pla hierdie enkele gevalle van “ongerymdheid” nie regtig soveel dat dit ’n leser die boek eenkant sal laat gooi nie.

Soos jy deur die verhaal beweeg, leer ken jy die karakters en verwag wel sekere optredes van hulle, en dis dan wanneer die skrywer die noodlot met al sy wispelturigheid en ongenaakbaarheid laat intree en jy onkant gevang word – daar is heelwat verrassende wendinge, hoewel die skrywer nie aan die vaste raamwerk van die geskiedenis self probeer torring het nie. Dis ’n dus volwaardige, klassieke historiese roman, nie ’n “alternatiewe” een nie.

Oorgange tussen paragrawe is hier en daar effe rukkerig, terwyl daar ook oorgange gemaak is wat nie vir my nodig gelyk het nie; dit verbreek soms die ritme, en wys, nie vertel nie, showing, not telling bly altyd ’n beter opsie. Daarmee bedoel ek dat daar soms opsommende teks tussen tonele ingevoeg is wat die tekstuur van die verhaal net daardie klein bietjie vergrof.

Maar dit sal sekerlik ook min lesers pla. So ook die beskrywing van tonele en aksies. Byvoorbeeld: “Hy kyk na die welwing van haar wang, blosend van die son en wyn, die ligte sproete op haar neus en haar hart wat in haar keel klop [my kursivering]. Sou ’n mens nie eerder van die polsslag teen haar nek praat nie? En klink die volgende vergelyking nie bra oordrewe nie? “En toe hy haar op die bed neerlê en haar bene uitmekaar skuif, voel haar hande op sy naakte rug soos die houe van ’n sambok.” En sê ’n mens sê sy tuur in sy oë? Of: “Martin gooi ’n kombers oor hom en sit sy kop op ’n sak meel neer.”

Wanneer emosies beskryf word, is die skrywer wel soms net een tree weg van melodrama af – die versigtige keuse van byvoeglike naamwoorde (of bywoorde soos in die geval van mausers wat “histeries” knetter – jy kan dan net sowel beweer dat donderweer histeries klink) en metafore is immers meer treffend wanneer die beginsel van “minder is meer” toegepas word. (Terloops, “histeries” is (reeds) ’n cliché wat aan masjiengeweervuur gekoppel word, maar mausers is nie snelvuurwapens nie.)

Om saam te vat: elke resensent het sy/haar eie agtergrond, perspektiewe en voorkeure en ek glo nie daaraan om ’n plot weg te gee of elke karakter intensief te bespreek nie, want jy neem immers aan dat die leser van die resensie nog nie die boek gelees het nie en waarom ’n boek koop as jy reeds weet wat om van die karakters te verwag of wat die verloop van die verhaal is?

Laat ons daarom by die kern van die beskuitjie kom: Is die boek die moeite werd om te lees? Ja, beslis; ek beveel dit aan. Dis nie ’n Fees van die ongenooides nie; dis nie ’n Op soek na Generaal Mannetjies Mentz nie; dis wel ’n spanningsverhaal, bedoel om te vermaak. Dis sonder pretensies van literêre gloeiings. Dit probeer nie pedagogies inlig nie, maar dit getuig van goeie kennis van die betrokke historiese milieu en tydgees. Dit bied boonop aan diegene wat min van die oorlog weet, tog ook interesssante insigte oor die verskriklike tragedie wat dit was.

Kotzè draai ook nie doekies om oor die oorsake van die oorlog nie – nou, reeds 115 jaar na die oorlog, is daar steeds botsende opvattings oor die redes vir die oorlog – maar wanneer die verbande van die “lyk” losgewoel word, bly net ’n goudstaaf oor: Brittanje het weens opstande in haar wêreldryk groot geldelike verliese gely en slegs ’n klein volkie het tussen haar en die rykste goudneerslae ter aarde gestaan. Hierdie punt stel die skrywer onomwonde en telkemale via haar karakters se uitsprake. Maar tog, tog is daar helde aan beide kante, sodat die boek nie in ’n litanie teen Britse kolonialisme verval nie – inteendeel, Joyce Kotzè bied ’n interessante en vermaaklike verhaal wat, as ek een persoonlike vooroordeel mag opper, egter dalk net ’n bietjie korter kon gewees het.

Laastens: die omslag, wat basies dieselfde is as in die geval van die oorspronklike Engelse weergawe (The runaway horses), is aantreklik en die voornemende leser kan dadelik sien waaroor die boek handel. Geluk ook aan Jonathan Ball met ’n geslaagde en aantreklike produk.

The post <i>Wintersrust</i> deur Joyce Kotzè: ’n resensie appeared first on LitNet.


Oorkant jou deur Juliana Coetzer: ’n lesersindruk

$
0
0

Foto van Juliana Coetzer: Blits-leer van S-Leer (www.s-leer.co.za)

Oorkant jou
Juliana Coetzer
Uitgewer: Jonathan Ball
ISBN: 9781868428151

Normaalweg is daar in elke boek sekere gedeeltes of karakters wat my minder beïndruk as ander, dan gebeur dit dat ek daardie dele vluglees. Oorkant jou was die uitsondering, ek het elke paragraaf met aandag gelees, soveel dele op my Kindle gemerk dat die gemerkte gedeeltes bladsye beslaan.

In Coetzer se debuut, Bloedvreemd, het ek die gevoel gekry dat die skryf van die ervaring met haar gestremde dogter ’n innerlike groeiproses was, maar in Oorkant jou het ek haar potensiaal gesien om elke leser op ’n innerlike groeiproses en spirituele ontwikkelingsreis te neem. Vir my was dit pynlik ongemaklik om van haar karakters se eienskappe, vrese en emosies in myself te herken. Die skryfstyl en gebeure word so oortuigend oorgedra, dis moeilik om te glo dat dit inderdaad waarheid en verdigsel is wat gekombineer is, sodat niemand herkenbaar is nie. Karakters en inhoud is aangepas, verander en gekombineer. Vir my moet enige verhaal waar sou kon wees om geloofwaardig te wees. Hierdie was veel meer as dit: dit was asof universele emosies en gedrag uit ’n bron van buite geneem is en op ’n vlak aangespreek is wat in ons almal se onbewuste teenwoordig is.

Dit was duidelik dat die mate van betrokkenheid by verskillende kliënte ook wissel – om te besluit wanneer om te “red”, wanneer om bloot professionele afstand te behou en van terapeutiese tegnieke gebruik te maak. Dit moet bitter moeilik wees om nie veroordelend op te tree in sekere situasies nie. Die eerlikheid en opregtheid waarmee die skrywer haar eie emosies, vrese en vooroordele aanspreek en bereid is om van haar kliënte te leer, het opgeval.

Verskillende mense oor wie sy skryf (soos Venicia, Sonja, Lisa en Rina) het ’n verskillende invloed op haar groeiproses gehad, tog was hulle uit totaal verskillende sfere van haar lewe en werk. Ek het haar gevra of daar ’n gemeenskaplike faktor was wat hulle bind en sy het soos volg geantwoord: “Ek dink die gemeenskaplike faktor is miskien omdat ek met elkeen van hulle ’n emosionele band gevorm het en werklik vir hulle omgegee het. Iets het my na hulle aangetrek. Hulle het vir my omgegee en ek vir hulle en elkeen het my iets van liefde geleer. Aanvanklik was Venicia interessant en skokkend-eerlik; Rina soos ’n ma; Sonja het my gedruk om ’n beter terapeut te wees; en Lisa het keuses gemaak ter wille van vooruitgang. Ek kan met elkeen van hierdie eienskappe identifiseer. Venicia en Sonja beskou ek as my alter ego’s.”

“’n Mens is so siek soos die geheim wat jy dra.” (Hierdie sin uit Oorkant jou pla my en ek het probeer dink aan geheime waaraan ek alleen dra. Kan mens ’n geheim namens iemand dra? Wie se siekte is dit dán?) Volgens Coetzer is die rede dat ’n mens al jou energie gebruik om die geheim te onderdruk. Dit beteken nie dit hoef aan die groot klok gehang te word nie; al praat mens net met een mens wat die getuie is van jou storie. Sy sien dikwels die verligting wat mense ervaar as die storie net eers uit hul sisteem is. Eers dan kan hulle vorentoe beweeg, ’n nuwe storie skryf. As terapeut luister sy na baie mense se geheime, maar dit het ’n effek op haar net wanneer sy aan die onreg begin vasklou en die effek daarvan op mense sien.

Dwarsdeur die boek was daar vir my ’n draad van groei, vergifnis en oorwinning van vrees, maar die grootste hiervan is die liefde. In die laaste hoofstuk word gepraat van ’n swartswaan-ervaring, ’n lewensveranderende proses. Vir die skrywer self was daar ’n ongelooflike proses wat sy beskryf wat gelei het tot selfinsig, met liefde en deernis as grondslag.

Hierdie boek het my vreemd geraak, op ’n dieper vlak as bloot dié van ’n psigoterapeut wat oor haar ervarings van kliënte en haar eie innerlike prosesse skryf. Self probeer ek nog ontleed waarom dit my so geraak het. Vermoedelik het dit te doen met my eie oortuigings, hoe dit inpas met die loop van elke mens se lewenspad en die mense wat daarop saamstap.

Ek het haar gevra hoe die skryf van hierdie boek, en ook Bloedvreemd, of die innerlike prosesse, ook vir haar sou werk met die skryf van fiksie. Daarop antwoord sy: “Ek is so dankbaar ek kon die stories uit my skryf, want met my volgende projek, wat fiksie is, wil ek geen reste van stories in my kop hê nie. Dit moet heeltemal nuut wees. Ek is bitter bang, maar dis ‘n nuwe fase en ek weet ek moet. Met die skryf van Bloedvreemd en Oorkant jou het ek my indirek losgemaak van al my herinneringe en hoop om vorentoe nuut te skep. Ek het genoeg gehad van my.”

Baie lesers sal seker met my saamstem: óns het nog nie genoeg gehad van haar nie en sien uit na die volgende boek.

The post <i>Oorkant jou</i> deur Juliana Coetzer: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Persvrystelling: HemelBesem en Internasionale Woordeboekdag

$
0
0

YOMA en HemelBesem (foto: Liné Enslin)

HemelBesem is die nuwe beskermheer van Borg ’n Woord. Sy beroep op Afrikaanssprekendes is: “Slegs met woorde maak die lewe sin: Jy kan my woord neem daarvoor. Neem eienaarskap van jou taal en borg ’n woord!”

HemelBesem is ’n sterk en vars stem in die Afrikaanse musiekwêreld. Sy lirieke dra ’n sterk boodskap oor en hy is baie betrokke by opheffingswerk onder die jeug. Hy en sy vrou Yoma, ook ’n rymkletser, het by meer as een geleentheid by die WAT opgetree.

Jy kan nou ook R20 000 belastingvry skenk vir ’n woord van jou keuse. Skenkers kwalifiseer uiteraard nie vir die prystrekking van R25 000 nie, maar ontvang wel ’n spesiaal bewoorde sertifikaat.

16 Oktober is die verjaarsdag van Noah Webster, en Woordeboekdag word internasionaal op dié datum ter ere van hierdie beroemde Amerikaanse woordeboekmaker gevier. Webster is in 1758 gebore en was ’n briljante student wat op 15-jarige ouderdom aan die Yale Universiteit begin studeer het. Later word hy die samesteller van die eerste Amerikaanse woordeboek en hy word dus beskou as die vader van die Amerikaanse leksikografie.

Op Woordeboekdag moet ons daaroor besin of ons woordeboeke nog relevant is. Mense raak gefrustreerd omdat hulle verouderde woordeboeke gebruik wat nie rekenskap gee van die duisende nuwe woorde en nuwe betekenisse van ou woorde nie.

Sondagaand 15 Oktober om 20:00 is daar ’n gesprek met HemelBesem en Frik Lombard van die WAT in Kwêla op kykNET.

"Neem eienaarskap van jou taal en borg ’n woord!”

The post Persvrystelling: HemelBesem en Internasionale Woordeboekdag appeared first on LitNet.

Aardklop 2017: vele hoogtepunte

$
0
0

Aardklop is dood, lank lewe Aardklop! Vanjaar was die tweede jaar van die “nuwe” Aardklop ná die fees in 2016 uit die draak se bek geruk is. Soos verlede jaar, was die program kleiner as in die verlede, maar die gehalte het beslis daarvoor vergoed.

Van die sterkste produksies van ander feeste vanjaar was te sien – toneelstukke soos Nêrens, Noord-Kaap, Asem, Die reuk van appels, Moedertaal, Monsieur Ibrahim en die Blomme van die Koran en Pa, maak vir my ’n vlieër Pa, en musiekproduksies soos Amanda Strydom se So onner deur die maan, Piekniek by Mpande (née Dingaan) en Rooidag, waar Leon Gropp die werk van NP Van Wyk Louw getoonset het.

Maar Aardklop, onder die bekwame leiding van Alexa Strachan, wat sedert verlede jaar die hoofvrou oor vele is, het vanjaar ook gesorg vir debuutproduksies wat hopelik weer by ander feeste en teaters te sien sal wees.

Die stuk wat almal aan die praat gehad het, én die meeste van die fees se toekennings gewen het, was Melk en vleis. Die teks is deur Marina Albertyn geskryf, ’n jong dramaturg wat beslis dopgehou moet word. Dit is gebaseer op Euripides se Medea en teatergangers weet dus voor die tyd dat die duiwels onder rond draai. Ilse Roos en Paul du Toit is onderskeidelik as beste aktrise en beste akteur by die fees aangewys. Die regisseur is Marthinus Basson en Nomkhita Bavuma en Sesethu Zamxaka is die ander twee spelers in die baie sterk rolverdeling.

Sesethu Zamxaka, Ilse Roos, Paul du Toit en Nomkhita Bavuma

Melk en vleis is 80 minute suiwer teater. Dit trek jou in, gooi jou rond; jy trek jou asem in oor die wreedheid van die mens. Jy wil op die verhoog klim en ’n paar klappe uitdeel. Die laaste paar minute tref jou soos ’n voorslaghamer teen die kop. Jy wéét wat gaan gebeur, maar tog …

Ek sal dit altyd onthou as my 15-jarige seun se eerste groot teateroomblik, die oomblik waar die emosie jou oorval en die trane loop en jy so bewe dat jy skaars kan loop. (Hy was nie die enigste een wat bewerig was nie.) “Shit, dit was next level,” het hy gesê terwyl hy ná die tyd sy emosies onder beheer probeer kry het. In die kar op pad terug na die gastehuis het hy gevra of die reaksie wat hy gehad het, normaal was. Ja, het ek vir hom gesê, jy het vanaand beleef wat goeie teater of kuns of musiek aan jou kan doen en dis nie net normaal nie, dis ’n voorreg. “Marthinus Basson is ’n bliksem,” het hy gemompel. “Dalk, maar ook ’n meester,” het ek gesê.

Soloproduksies is die afgelope tyd al meer algemeen op feesprogramme. Net by Aardklop alleen was daar 14 solostukke, waarvan ses debute was. Dis net toneel en komedie, nie solomusiekproduksies ook nie.

Weerkaats, Milan Murray se eerste solovertoning, is ’n stuk wat verdien om ’n lang speelvak te hê. Met ’n teks deur Retief Scholtz en Philip Rademeyer as regisseur, het die driemanskap ’n stuk geskep wat veral tot vroue sal spreek. Milan speel die rol van vyf verskillende vroue, elkeen met haar eie verhaal, maar tog ’n draad wat almal aan mekaar bind. Die stel- en beligtingsontwerp verdien ook ’n pluimpie. Sit Weerkaats beslis op jou lys as jy die kans kry om dit te sien.

Milan Murray in Weerkaats

Half leeg, geskryf deur Tara Notcutt en vertaal deur Amy Jephta, is ook beslis ’n stuk wat met vroue sal praat. (Hierdie jaar is, om die waarheid te sê, ’n baie goeie jaar by feeste vir vroue. Nie net die rolle wat hulle gespeel het nie, maar ook die kwessies wat aangeraak is.) Cintaine Schutte is ’n vrou wat in die laatnag in ’n kroeg wag. Sy was vroeër by ’n bachelorette, ’n raserige partytjie op ’n bus wat nie afgeloop het soos sy gedink het dit sou nie. Die musiek help om die storie te vertel en Cintaine wys dat sy met ewe groot sukses ’n hele spektrum emosies in een stuk kan speel. Nog ’n stuk wat jy met gemak op jou sien-lys kan sit.

Cintaine Schutte in Half leeg

DEURnis is nie ’n nuwe konsep nie, maar is vir die eerste keer vir ’n Afrikaanse kunstefees vervaardig. DEURnis is by ’n groot huis buite Potchefstoom aangebied en verskeie kamers in die huis en buitevetrekke is gebruik. Daar was vier pakkette, elkeen met drie stukke van 20 minute elk. Dit is een-tot-een-teater, met ander woorde daar is een speler en jy is die enigste gehoorlid. As voorbeeld: Jy klop aan ’n kamerdeur. ’n Vrou maak oop, vra jou om in te kom. Dis ’n slaapkamer en teen die kas hang ’n bruidsrok. Sy is besig om reg te maak vir haar troue later, maar is nie seker of sy moet voortgaan nie. Jy moet op jou tong byt, want jy is nie daar om saam te praat nie, jy is daar om haar storie te hoor. Aan die einde het jy tog ’n sê, is jy die een wat moet besluit of die sluier op haar kop gesit word of nie. Dit is egter nie so met elkeen van die stukke nie. Daar is dié waar jy aan die einde uitgejaag word, waar jy stil-stil die vertrek verlaat om te gaan verteer wat jy beleef het. ’n Baie interessante, en soms intimiderende, ervaring.

Die huldeblyk aan PG du Plessis, PG: ’n Lewe vol, het vir ’n hele paar hoogtepunte gesorg, onder meer Sandra Prinsloo en Marius Weyers wat oor Siener in die suburbs gepraat het, Christo Davids se monoloog, en PG se goeie vriend Hans du Plessis se roerende en tegelyk humoristiese huldeblyk, gedoen sonder ’n stukkie papier in sy hand, uit die vuis en uit die hart uit.

Twee nuwe stukke wat beslis feestreffers gaan wees, is Manne en Mike en Mavis. In Manne, ’n nuwe stuk deur Chris Vorster waarin hy ook speel en die regisseur is, gaan drie vriende na ’n plaas vir ’n jagnaweek. Op die plaas wag twee broers. Dinge loop skeef en weer skeef met humoristiese én dramatiese gevolge. In die rolverdeling saam met Vorster is Hennie Jacobs, Hannes Brümmer, Theodore Jantjies en Francois Lensley. Deon Coetzee maak ook sy verskyning op die videoskerm as die polisie-ondervraer.

Elize Cawood en Wilson Dunster in Mike en Mavis

Mike en Mavis bring weer vir Elize Cawood en Wilson Dunster na die verhoog in ’n nuwe stuk deur Wessel Pretorius. Mavis is ’n weduwee wat haar tyd verwyl deur kerk toe te gaan en vir haar dogter in die buiteland te skryf. Sy kry ’n uitnodiging om na die opening van ’n nuwe fliekteater te gaan en besluit om dit te aanvaar. Daar ontmoet sy vir Mike, ’n man wat haar hart wil wen. Dit is, om die Engelse woord te gebruik, delightful! ’n Lieflike stuk teater wat jou met ’n warm hart laat. Sit dit ook op die lysie.

Die lawwe manne van Stok, Jahn Beukes, Leon Ecroignard en Hennie Jacobs, is na ’n lang stilte terug. Van die dele in hierdie produksie is al voorheen in ander Stok-produksies gesien, maar dit is steeds ’n plesier om te beleef. Stok is egter soos Hotel, die komediereeks op kykNET. Jy gaan dit snap en waardeer, of jy gaan nie. Dis swart of wit, nie eens een skakering van grys tussenin nie. As jy ’n aanhanger is, soos ek is, gaan jy elke oomblik geniet. As jy nie een is nie, gaan jy heel moontlik meer as een keer verdwaas prewel: “Waddehel?”.

Aardklop is op die regte pad. Die program is net groot genoeg om iets vir almal te wees. Daar is, benewens die toneel, komedie en musiek, steeds gesprekke, boekbesprekings en kunsuitstallings, asook stalletjies vir chip sticks en aarbeie-en-room. Vroeg reeds in die week is gesê dat die kaartjieverkope verlede jaar s’n verbygesteek het. Dis goeie nuus. Die kunste in Suid-Afrika, en veral die vervaardiging en ondersteuning van nuwe werk, kan nie bekostig om ’n fees te verloor nie. Mag die span by Aardklop net ’n wyle asem skep voor hulle aan volgende jaar se fees begin beplan. Mag dit ’n heuglike 21ste wees!

The post Aardklop 2017: vele hoogtepunte appeared first on LitNet.

LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes

$
0
0

Jaargang 14, Nommer 2 – 2017

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 14, Nommer 1 – 2017

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 13, Nommer 3 – 2016

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 13, Nommer 2 – 2016

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 13, Nommer 1 – Mei 2016

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 12, Nommer 3 – Desember 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 12, Nommer 2 – Augustus 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe                                 

 

Jaargang 12, Nommer 1 – April 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 11, Nommer 3 – Desember 2014

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opoedkunde

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 11, Nommer 2 – Augustus 2014

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 11, Nommer 1 – Maart 2014

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 3 – Desember 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 2 – Augustus 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 1 – Maart 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 3 – Desember 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 2 – Augustus 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 1 – Maart 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 3 – Desember 2011

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 2 – Augustus 2011

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 1 – Maart 2011

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 7, Nommer 3 – Desember 2010

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 7, Nommer 2 – Augustus 2010

 

Jaargang 7, Nommer 1 – Maart 2010

 

Jaargang 6, Nommer 3 – Desember 2009

 

Jaargang 6, Nommer 2 – Augustus 2009

 

Jaargang 6, Nommer 1 – Maart 2009

 

Jaargang 5, Nommer 3 – Desember 2008

 

Jaargang 5, Nommer 2 – Oktober 2008

 

Jaargang 5, Nommer 1 – Augustus 2008

 

The post <i>LitNet Akademies</i>: Volledige joernaaluitgawes appeared first on LitNet.

An inconvenient sequel: truth to power: ’n filmresensie

$
0
0

An inconvenient sequel: truth to power

Regie: Bonnie Cohen en Jon Shenk

Sedert hierdie dokumentêr se voorganger, An inconvenient truth, 11 jaar gelede verskyn het, het daar ’n klemverskuiwing plaasgevind. Wat toe ’n kwessie van “climate change” was, is nou ’n geval van “climate crisis”. Hewige orkane en ekstreme vloede, vernietigende brande, droogtes en kosskaarste, die Noordpoolys wat teen ’n verbysterende pas smelt, stygende seevlakke – letterlik elke dag sal ’n mens nuusberigte daaroor sien.

Al Gore, vir agt jaar die Amerikaanse visepresident tydens die Clinton-administrasie, is een van die mense wat iets daaraan probeer dóén. En nie net probeer nie, maar dit regkry ook – die wêreldwye verskuiwing weg van fossielbrandstowwe (steenkool, olie en gas) na hernubare energiebronne soos wind- en veral sonkrag is ’n bron van hoop vir die toekoms. Gore (69) bemoei hom al vir die afgelope 40 jaar met omgewingskwessies en hierdie uitstekende dokumentêr dien ook as monument vir sy lewenswerk.

Te midde van die feite, statistieke en kommerwekkende beeldmateriaal is daar twee dinge wat uitstaan: dat dit die algemene bevolking is wat die ergste uitgelewer staan in die magstryd tussen politieke en ekonomiese kragte – daarom die film se subtitel “speaking truth to power”. Dis ons, die gewone mense, wat vir onsself en ons toekoms sal moet opstaan en ons stem laat hoor op elke denkbare manier. Want te veel van die magte bo ons gee nie ’n duit daarvoor om nie. Al wat vir hulle tel, is eiebelang en selfverryking, en as dit die voortgaande uitbuiting en besoedeling van die planeet behels, so be it. Die ander besef het te doen met die globale wêreld. Meer as ooit tevore moet ons besef dat ons almal verbind is met mekaar en dat ons sal moet saamwerk, want die klimaatskrisis is ons almal se probleem.

Hierdie is ’n belangrike film, gaan kyk dit – en neem jou kinders saam!   

Sterre: 5

The post <i>An inconvenient sequel: truth to power</i>: ’n filmresensie appeared first on LitNet.

Viewing all 21592 articles
Browse latest View live