Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21593 articles
Browse latest View live

Week van de Afrikaanse roman 2017: fotoblad deur Maurice Jörissen

$
0
0

Die Week van de Afrikaanse roman 2017 het van 29 September tot 8 Oktober plaasgevind. Maurice Jörissen deel sy foto's van die Zuid-Afrikahuis en die restaurant Andries in Culemborg.

Zuid-Afrikahuis

Ingrid Glorie

Ingrid Glorie en Rudie van Rensburg

Ingrid Winterbach

Ingrid Winterbach

Peter Römer

Ingrid Glorie, Peter Römer. Ingrid Winterbach en Rudie van Rensburg

Peter Römer en Maurice Jörissen

Zelda la Grange

Zelda la Grange en Irize Loots

Andries in Culemborg

Andries Bezuidenhout

Lees ook:

Week van de Afrikaanse Roman 2017: eerste video’s 

Hanné Koster 
Boeke en skrywers 

Die Week van de Afrikaanse Roman 2017 het op 29 September 2017 afgeskop. Hanné Koster deel videogrepe uit die eerste paar dae.


Week van de Afrikaanse roman 2017: video's en foto's (2) 

Hanné Koster 
NeerlandiNet 

Die Week van de Afrikaanse roman 2017 het van 29 September tot 8 Oktober plaasgevind. Hanné Koster deel nog foto's en video's van geleenthede in Amsterdam, Den Haag, Culemborg en Utrecht.

The post Week van de Afrikaanse roman 2017: fotoblad deur Maurice Jörissen appeared first on LitNet.


Wellington-bekendstelling: Die wêreld van Charlie Oeng – 11 Oktober 2017

DJ Opperman-gedenklesing 2017: foto's en video's

$
0
0

Die DJ Opperman-gedenklesing, aangebied deur die Departement Afrikaans en Nederlands (US), het op 5 Oktober 2017 plaasgevind. Willie Burger was die spreker en die lesing se onderwerp was "Opperman en die Afrikaanse literatuurkritiek". Hier is ’n paar foto's en video's van die geleentheid.

Lina Spies

Andries Visagie, Joan Hambidge en Willie Burger

Didi Lippstreu en Jake van den Berg

Marlene van Niekerk en Willie Burger

Willie Burger

 

The post DJ Opperman-gedenklesing 2017: foto's en video's appeared first on LitNet.

Oorlog en terpentyn deur Stefan Hertmans: ’n lesersindruk

$
0
0

Oorlog en terpentyn
Stefan Hertmans
Vertaler: Daniel Hugo
Uitgewer: Protea Boekhuis

ISBN: 9781485306108

Daar is ’n tendens wat ’n positiewe ontwikkeling in die Afrikaanse letterkunde aandui en wat nuwe werke toenemend begin aanvul. Dit is die vertaling van Europese (en ander) letterkundige tekste in Afrikaans. Onlangse voorbeelde sluit in die gedigte van Michel Houellebecq, Plato se Apologie van Sokrates en nou ook Stefan Hertmans se Oorlog en terpentyn. Hertmans het met hierdie boek die Vlaamse Cultuurprys voor de Letteren, die AKO Literatuurprys en die Lezersjury Gouden Boekenuil ontvang. Mens kan net hoop dat hierdie tendens beteken dat die Afrikaanse band met Europa, al is dit nou ’n “ander” Europa, aan die verstewig is.

Vir agtergrond: een teorie oor suiwer strategie, in die militêr-politieke sin daarvan, meld dat strategie in sy suiwerste vorm iets is wat die voer van oorlog verbind met die intensie van die politiek. Uiteindelik skep ’n bepaalde strategie die konteks waarbinne oorlog en politiek afspeel. Maar daar is ook ’n ander konteks hier betrokke, een wat maklik misgekyk word deur strateë, en dit is die konteks van die rolspelers, die mense wat binne hierdie strategiese konteks leef. Hertmans beskryf een so ’n konteks en die rolspelers daarin. Die verhaal speel grootliks af binne ’n oorlog, maar ook binne die hedendaagse leefwêreld van die verteller. Hertmans self sê heel aan die begin en met verwysing na sy oupa se lewe: “[D]it is met hierdie soort flardes en besonderhede wat ek moes meet en pas om iets te verstaan van wat ’n lewe lank in hom afgespeel het: die stryd tussen die verhewene waarna hy gesmag het, en die herinnering aan die dood en verderf wat hom in sy greep bly hou het.” En aan die einde vervolg hy: “Hierdie paradoks was die konstante gegewe van sy lewe: om heen en weer geslinger te word tussen die soldaat wat hy noodgedwonge was en die kunstenaar wat hy wou wees.”

In Oorlog en terpentyn vertel Hertmans die storie van sy oupa wat aan die einde van sy lewe sy dagboeke, waarvan ’n groot deel sy ervaring van die Eerste Wêreldoorlog beskryf, aan hom nagelaat het. Hierdie ervaringe word afgewissel deur die een ander dwingende aspek van sy oupa se lewe: die drang om te skilder. Die besonderhede van hierdie aspekte van sy oupa se lewe en die mense wat daarin gedeel het, vorm die “lyf” van die boek en word so deeglik gedoen dat dit enige karakter van iemand soos Bernard Comment in sy boek The shadow of memory jaloers sal maak. Die leser kry ook sporadies insae in die skrywer se eie lewe waar hy oor sy eie verhouding met sy oupa en familie vertel. Hertmans skroom ook nie om samelewingskommentaar in sy vertelling in te vleg nie, soos sy kommentaar op die ouderwetse soldaat pragtig illustreer. Hierdie sin vir waarneming lei tot ’n meesleurende werk en ’n waardevolle toevoeging tot die reeds uitgebreide literatuur oor die onderwerpe van oorlog, herinnering, tradisie en menslike verhoudings.

Tog is hier uniekhede aan te dui. Eerstens sukkel mens om te besluit wat hierdie verhaal nou eintlik is: biografie, drama, dagboek? Reeds vroeg val iets anders op wat selde gebeur: daar word toepaslike foto’s in die teks ingesluit. En dan die inhoudelike, waar die vertelling spring van die verlede (soos opgeteken in die dagboeke) na die hede, waar Hertmans self terugkyk na sy verlede en sy oupa, beskryf hoe hy daaroor peins, hoe hy sy oupa se voetspore probeer naloop deur na plekke te reis waar sy oupa was en watter gevoelens dit by hom (Hertmans) losmaak. Tydens ’n besoek aan Gent en sy besef dat van die historiese geboue daar nie meer bestaan nie, skryf hy byvoorbeeld: “Die jonger generasies ervaar geen gevoel van verlies nie – vanselfsprekendheid is ’n byproduk van vergetelheid.”

Weer eens hanteer Daniel Hugo die vertaling, en is dit soms nodig om die oorspronklike Nederlands of Frans te behou wat woorde of frases betref, aangesien ’n vertaling nie altyd reg laat geskied hieraan nie. Vir lesers wat hierdie tale magtig is, sal die beskrywings nog meer waarde hê. Die vertaling slaag, en daar is pragtige sinne en beskrywings, byvoorbeeld:

“... dis ’n sonde dat mens moet sterf sonder om te verstaan hoe so iets tot stand kan kom.”

“Wat verstaan ons nog van mense uit die tyd van die groot katastrofes in Europa?”

“... met die smaakloosheid wat handelaars oral ter wêreld aangebore is ...”

“Die grond walm yskoud, dit voel soos ’n onbekende planeet van koue humus, en ons – onbeduidend klein en bewend – is daarop vasgeplak soos vlieë in stroop.”

“Dit is daardie sinlose, idiotiese lag wat hy later, in omstandighede wat nou nog ondenkbaar is, weer sal sien toe hy swewend tussen slaap en wakkerwees in die yskoue modder die dinge sal oordink wat hy vandag gesien het – die pappery van die wêreld, dit wat hy teen wil en dank inkry.”

“Iets in my kan nie meer onderskei tussen wat ek dink en wat ek sien nie.”

Mens kan sekerlik Oorlog en terpentyn gewoon sien as ’n pragtige storie wat aangrypend vertel word, maar as mens dan dieper wil soek, is daar meer pitkos te kry. Dit het deels te make met die skilderkuns wat hier altyd (in mindere of meerdere mate) teenwoordig is en uiteindelik by die hoofkarakter gesien kan word as ’n stuk lewensterapie. Soos reeds genoem, word die teks deur toepaslike foto’s toegelig. Met eerste oogopslag wonder mens hoekom dit ingesluit is en of dit nie die “waardigheid” van die teks tot nadeel strek nie. Mettertyd begin mens egter agterkom dat dit tog iets tot die teks bydra, al is dit bloot om die leser se eie verbeelding te stimuleer en jou nog meer in die verhaal te betrek. Saamgelees met die fyn besonderhede en soms goedgemikte samelewingskommentaar wat in die teks voorkom, word jy hierdeur herinner dat hier werklike dagboeke ter sprake is en dat afbeeldings maklik deel van so ’n persoonlike versameling kan vorm. JRR Tolkien het in een van sy briewe die volgende gesê, en alhoewel dalk buite sy bedoelde konteks, is dit dalk net so geldig ten opsigte van dele van hierdie werk: “Jy is aan die binnekant van ’n baie groot verhaal. Jy verwag geheimenisse .... verskrikkinge wat jou hart laat stol en vreugdes wat dit kan breek ... In hierdie wêreld mag daar nie net dinge soos drake wees nie, maar selfs ook helde.” Oorlog en terpentyn kry iets hiervan reg in Hertmans se afwisseling tussen die verlede en hede, terwyl die vertelling ook hoogs persoonlik is.

Ten slotte miskien nog net dit: as daar twyfel by enige leser bestaan oor die waarde van geskiedenis, die tradisie, die nostalgie, en of dit enigsins nog relevant is vir die supermarkbestaan (wat aldus iemand soos Michel Houellebecq grootliks net gaan oor die inrig van die sosiale rakruimtes en die toeken van ’n bepaalde handelswaarde aan mense) wat ons vandag gedwing word om te bedryf, is die aanhaling van Remarque, heel aan die begin van die boek, dalk die finale woord: “Dit is asof die dae, soos engele in goud en blou, ongrypbaar bo die sirkelgang van die vernietiging staan.” Daaroor kan ons, ook ter plaatse, net instemmend kopknik, veral wanneer mens ná die lees weer opkyk na die lewe waarna jy moet terugkeer, maar ook gegee die moderne opbloei van “identiteit” wêreldwyd. Hierdie teks is ’n persoonlike ervaring van waarde in ’n realiteit wat alte dikwels ’n gebrek aan betekenis, samehang en allerhande vorme van moderne korrektheid voorhuigel. Dit beskryf ’n tyd voordat alles ’n kommoditeit geword het; ’n handelswaarde gekry het. In Hertmans se eie woorde: “Wat ’n vreemde aarde waarop ons gewoond is om te lewe.”

In kort is Oorlog en terpentyn die tyd wat aan die lees daarvan spandeer word, werd.

The post <i>Oorlog en terpentyn</i> deur Stefan Hertmans: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

In memoriam: Ryk Hattingh (26 Julie 1957 – 10 Oktober 2017)

$
0
0

Ryk Hattingh by die toekenningsgeleentheid van die kykNET-Rapport Boekpryse. Hattingh se Huilboek is bekroon met die kykNET-Rapport Boekprys vir fiksie. (Foto: Naomi Bruwer)

Human & Rousseau en NB-Uitgewers verneem met leedwese van die afsterwe van Ryk Hattingh (54).

Skrywer en vertaler Zirk van den Berg het NB-Uitgewers vanuit Nieu-Seeland ingelig oor Hattingh se afsterwe vanoggend, 10 Oktober 2017. Hy is oorlede aan ’n hartaanval. Hy laat sy vrou en drie kinders agter.

Hattingh was die skrywer van Die tonnel, Markus vermoed ’n verhaal, Ignatius Brand, Witskrif en ten slotte Huilboek, ná ’n stilte van negentien jaar. Huilboek het skaars ’n week gelede die grootste fiksietoekenning in Suid-Afrika verower, naamlik die kykNET-Rapport-prys vir Afrikaanse romans.

In 1988 het Hattingh se toneelstuk Sing jy van bomme, onder regie van wyle Lucille Gillwald, groot opslae in Johannesburg en Pretoria gemaak met die ingrype van die destydse sensuurraad wat daartoe gelei het dat ’n naaktoneel gesensor is. Sing jy van bomme is met vyf Vitas bekroon. Opdrag: Ingrid Jonker (in samewerking met Jana Cilliers) het wyd deur die land getoer en is met verskeie pryse bekroon.

Die Foster-bende, ’n grafiese verhaal oor dié berugte bende se rowery in die vroeë twintigste eeu aan die Rand, geskep deur Ryk Hattingh en Conrad Botes, sien die lig in 2000. Die werk is in 2011 in Frankryk uitgegee.

In 1994 bring Hattingh en Tienie du Plessis die onafhanklike uitgewery Hond op die been. Bo en behalwe ’n hele paar debuutromans en -bundels publiseer hulle ook werke van Breyten Breytenbach, Antjie Krog, en Koos Prinsloo.

Hy maak naam in Suid-Afrika as skrywer en dramaturg en as joernalis by die destydse Vrye Weekblad en Die Suid-Afrikaan (saam met Antjie Krog). In 1995 word hy aangestel as die redakteur van Loslyf, die eerste Afrikaanse prikkeltydskrif.

In 1997 het Ryk en sy gesin na Nieu-Seeland geëmigreer. Hy het in Auckland gewoon, waar hy die afgelope twintig jaar skoene reggemaak en duplikaatsleutels vervaardig het. Sy mees onlangse besoek aan Suid-Afrika was tien dae gelede, waartydens hy die kykNET-Rapportprys vir Huilboek in ontvangs geneem het.

Nèlleke de Jager, fiksieuitgewer by Human & Rousseau: “’n Mens het nie woorde nie. Soveel energie, soveel onbevange lewenslus – vir lees, vir bome, vir voëls, vir kosmaak, en ja, vir mooi vroue. Net laas week nog hoor ek hoe sê hy aan ’n medeskrywer: ‘Maar daar is niks anders wat jy kan doen nie. Skrýf. Jy kan niks anders doen as aanhou skrýf nie.’ En om nou te dink ons gaan nooit weer Ryk se stem hoor nie. Dit was ’n groot boom wat geval het. Woorde is daar nie.”

The post In memoriam: Ryk Hattingh (26 Julie 1957 – 10 Oktober 2017) appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2017

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende September in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 September

2 September

4 September

6 September

7 September

8 September

11 September

13 September

15 September

16 September

18 September

19 September

21 September

24 September

26 September

27 September

28 September

 

Die Groot Ontbyt

Dia van Staden het in September die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

5 September
1. Elton die verskriklike April verloor dit deur Carin Krahtz
2. Die boosaardige broers Botha deur Adeline Radloff en Alex van Houwelingen
3. Paaiboelie deur Chanette Paul
4. Saam in Suid-Afrika deur Pieter van Niekerk en Chris Jones

12 September
1. Die einde van die storie deur Santie van der Merwe
2. Nuwe stemme 6 saamgestel deur Bibi Slippers en Charl-Pierre Naude
3. Nou.hier deur Corné Coetzee
4. In die skadu van ‘n legende deur Pieter van der Westhuizen

19 September
1. Hoë hakke met hoogwater deur Jacolet van den Berg
2. Shéri – Nes ek is deur Shéri Brynard en Colleen Naudé
3. Robyn se ongetemde man deur Dina Botha
4. Alles begin met Anna deur Annemari Coetser

26 September
1. Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte deur Cas Vos
2. Boereverneukers deur Izak du Plessis
3. Ek leer deur Leon Rousseau – 3 boeke vir kinders

Flits

Flits is ’n weeklikse joernaalprogram oor kuns, kultuur, mode, sosiale gebeure en vermaak, aangebied deur Bouwer Bosch en Rozanne McKenzie op kykNET (DStv-kanaal 144).

Op 24 Augustus het Piet Matipa gesels oor sy grootwordjare in die kinderhuis, oor sy werk as misdaadjoernalis en nou sepieskrywer, en oor die skryf van sy eerste boek, DwarsklapSkakerings van swart in die nuwe Suid-Afrika:

Op 7 September is hierdie onderhoud met Paul Beatty gevoer – die skrywer wat verlede jaar met sy roman The Sellout die gesogte Booker-prys gewen het:

Op 7 September is ook ’n insetsel uitgesaai oor die Kaapstadse Open Book-fees, wat groot internasionale skrywers soos Paul Beatty en Nathan Hill gelok het. Lauren Beukes en Irna van Zyl gee hulle indrukke:

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in September op LitNet verskyn:

Alles begin met Anna deur Annemari Coetser

Liné Enslin

"Alles begin met Anna is ’n familiesage met storielyne wat soos treinspore Suid-Afrika se oorlogsgeskiedenis deurkruis en uiteindelik by dieselfde eindbestemming aankom."

Swanesang deur Karel Schoeman: ’n FMR-resensie

JC de Villiers

"In hierdie werk slaag die skrywer in ’n besondere mate daarin om die veelvuldige faktore wat die nedersetting aan die Kaap – op daardie stadium ’n uithoek van die wêreld – beïnvloed het, aan te dui."

Die reis gaan inwaarts deur Cas Wepener: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Chris van der Merwe

"Die reis gaan inwaarts en Slot van die dag hou met mekaar verband deurdat albei fokus op die temas van dood en doodsbegeleiding by Schoeman. Belangriker nog: albei tekste bevestig watter fenomeen Schoeman in die Afrikaanse letterkunde was en steeds sal bly: ’n meester van die woord, ’n diepsinnige denker, ’n komplekse en fassinerende mens."

Vet feetjies vlieg nie deur Kristel Loots: ’n resensie

Alta Cloete

"Chicklit soos Vet feetjies vlieg nie is maar een van die subgenres wat deesdae gretig gelees word en in haar werk in hierdie kategorie sluit Loots weer eens aan by die neiging tot meer realistiese heldinne in romantiese fiksie."

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n resensie

Adean van Dyk

"Die stories het sye en kante wat om en om gedraai moet word en van alle kante af bekyk moet word om Venter se fyn nuanses met taal (soms verruklik mooi!) en tema- en karakterontwikkeling te waardeer."

Op ’n dag, ’n hond deur John Miles: ’n resensie

Andries Visagie

"Op ’n dag, ’n hond is ’n boeiende verslag van ’n karakter wat sonder die rigtingwysers van die religie, spesifiek die Christelike godsdiens, met ongelyke sukses probeer om aan ’n morele bestaan beslag te gee in ’n vyandige wêreld waarin wreedheid en geweld te dikwels orde en stabiliteit versteur."

Hallo, Hekel deur Cornel Strydom, Elsbeth Eksteen en Anisa Fielding: ’n resensie

Nadia de Kock

"Hekelaars sluit juriste, medici, D-studente, bedryfsielkundiges, bikers, wynplaasbestuurders en byderwetse oumas in. Mans hekel lustig saam en ’n hekelende apteker het onlangs laat weet dat ’n polisiemanvriend op aanbeveling van sy sielkundige begin hekel het om sy stresvlakke onder beheer te kry."

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Dewald Koen

"Venter se fyn waarnemingsvermoë is ’n aanslag op die sintuie. Soos ’n goeie reisskrywer slaag hy daarin om die omgewing waarin die karakter hom bevind, telkens deeglik en op amper poëtiese wyse te beskryf."

Die Bergengel deur Carina Stander: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Elzette Steenkamp

"Met die lees van Carina Stander se Die Bergengel het ek uiteindelik besluit dat ek nou maar gerus kan voel oor die stand van fantasie in Afrikaans. Stander se pragroman is ’n waardevolle bydrae tot nie net die afgeskeepte fantasiegenre nie, maar ook die Afrikaanse letterkunde in sy geheel."

’n ope brief aan Dorian Gray deur Ruan Fourie: ’n resensie

Nini Bennett

"Fourie is ’n ambisieuse jong digter. ’n ope brief aan Dorian Gray is ongelukkig ’n voortydige debuut wat ’n vraagteken laat hang oor die rol en verantwoordelikheid van die keurder en uitgewer in die publikasieproses."

Moordhuis deur Madelein Rust: ’n resensie

Org Potgieter

"Moordhuis is ’n vars en baie komplekse storielyn wat wye draaie maak, ook in die Bloemfonteinse onderwêreld van dwelms, bordele, molestering en kinderpornografie."

Gesprek sonder einde deur Chris van der Merwe: ’n resensie

Christo Lombard

"Binne die reeds interessante gesprek tussen die teoloog en die letterkundige in hom betrek Van der Merwe die huidige aktuele 'gesprek tussen geloof en wetenskap' ook op ’n besonder deurdagte en stimulerende wyse in die ontwikkeling van sy gedagtes oor die meer omvattende en allesbepalende gesprek tussen God, mens en wêreld. Hierdie belangrikste van alle gesprekke is vir hom 'die gesprek sonder einde'."

Heiliger deur Dibi Breytenbach: ’n resensie

Org Potgieter

"Heiliger kan – as jy geduldig deur die dryfsand gestoei het! – goed vergelyk met Dibi Breytenbach se debuut, Saliger, en sy opvolg, Vrediger. Sy het reeds 'n groot aanhang verwerf en lewer 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse spanningslektuur."

Die Poort: Krygers deur Nelia Engelbrecht, ’n resensie

Henriëtte Loubser

"Tieners lees dikwels eerder Engels as Afrikaans, waarskynlik omdat die genres wat hulle verkies (soos fantasie, wetenskapfiksie en futuristiese verhale), nie geredelik in Afrikaans beskikbaar is nie. Juis om hierdie rede is die Poort-reeks so ‘n lekkerlees- en uiters waardevolle toevoeging tot die fantasiegenre in Afrikaans."

Boereverneukers deur Izak du Plessis: ’n resensie

Martie Retief-Meiring

"Die leser sal enduit lees, en vir Du Plessis vergewe vir sy soms te gemoedelike styl. Dis dalk die geselligste manier om oor boereverneukers te praat."

Oor berge en dale, op reis met 'n monumentjagter: ’n onderhoud met Jackie Grobler

Jackie Grobler, Naomi Meyer

"Ek het my doelbewus daarop toegespits om gedenkplekke van al Suid-Afrika se uiteenlopende gemeenskappe in te sluit."

Hilda Smits: ’n onderhoud met die wenner van die Ingrid Jonker-prys 2017

Hilda Smits, Naomi Meyer

"En aan die begin was daar rympies …"

Oorkant jou deur Juliana Coetzer: ’n onderhoud

Juliana Coetzer, Naomi Meyer

"Van my kliënte het gevra: Vertel my storie. Vertel sodat ander daaruit kan leer. So is die boek gebore."

Op die vingerpunte van die heelal: ’n onderhoud met René Bohnen

René Bohnen, Naomi Meyer

"Ek kan nie ’n tyd onthou voor gedigte nie."

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende September op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

12 September
Ver in die wêreld, Kittie
Dit gebeur soms dat wanneer jy ʼn boek finaal toemaak, jy net wéét dat die karakters nog vir baie lank saam met jou sal wees – hulle sal soos ou vriende deel van jou bly en jy sal soms wonder hoe dit met hulle gaan, skryf Louise Viljoen oor Santie van der Merwe se boek, Ver in die wêreld, Kittie.

14 September
Schalk Schoombie se ‘Rooi haring’
Schalk Schoombie se jongste roman, “Rooi haring”, is ʼn “troosroman”, een wat ʼn uitweg bied na ʼn wêreld van kos, glansganse én mediameelopers, gekenmerk deur naywer wat wrewel word en eindelik uitloop op moord, skryf Johan Myburg.

28 September
Boerekos met ’n twist
Die boek bevat veel meer as net ’n versameling smullekker nostalgiese resepte. Annelien deel kwistig raakvat-raad uit en vertel van kortpaaie en plaasvervangers – haar “resep met ’n les”-konsep wérk, skryf Louise Viljoen.

Rapport Weekliks

Die volgende resensies het gedurende September in Rapport, onder redaksie van Nelia Richter en Johan van Zyl, verskyn:

3 September

10 September

17 September

24 September

 

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 6 September
Ilse Salzwedel gesels met prof. Charles van Onselen oor sy interessante geskiedkundige boeke. Francois Lötter van die Breytenbachsentrum in Wellington vertel meer die Tuin van Digters wat op 15 en 16 September daar gehou word. Johan Myburg gesels oor die internasionale boekewêreld, en jy kan onder meer luister na die digter John Ashbery wat een van sy gedigte voorlees. Die Afrika-skrywer van die week is Christopher Okigbo.

Woensdag 13 September
Ilse Salzwedel was by die ATKV Woordveertjies in Stellenbosch en sy gesels met van die bekroondes. Bruce Koopman van Uitenhage vertel watter verskil sy huisbiblioteek maak in die lewe van die kinders van die Jazztown-woongebied by Uitenhage. September is internasionale geletterdheidsmaand, en Lizelle Langford van die READ Opvoedkundige Trust vertel van hulle Red Reading Boxes. Johan Myburg vertel meer oor die internasionale letterkunde, en gesels onder meer oor nuwe boeke uit die pen van Salman Rushdie en John le Carré.

Woensdag 20 September
Die bekroonde jeugroman Vaselinetjie word hierdie Vrydag as 'n rolprent uitgereik. Ilse Salzwedel gesels met die skrywer van Vaselinetjie, Anoeschka von Meck. Dan Sleigh gesels oor die ATKV Prosaprys wat onlangs aan hom toegeken is vir sy roman 1795, en Christo Davids vertel meer oor sy drama My seuns wat met 'n ATKV-Woordveertjie bekroon is as beste dramateks. Die Afrika-skrywer vandeesweek is Frank Chipula van Malawi. Johan Myburg gesels in sy internasionale letterkunde-insetsel onder meer oor die Man Booker-kortlys, 'n toekenning vir die skrywer A.S. Byatt en plagiaat deur die Franse digter, wyle Pierre Des-Ruisseaux.

Woensdag 27 September
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Francois Loots oor sy nuwe roman, Die diepblou see. Ilse Salzwedel gesels met Karina Szcurzek, weduwee van die skrywer Andre P. Brink, oor haar biografie. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, onder meer hoe skrywers oor sosiale media voel.

 

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 5 September
Juanita Swanepoel lees verse van Olga Kirsch.

Dinsdag 12 September
Chris van Niekerk lees speelse verse.

Dinsdag 19 September
De Waal Venter lees verse uit sy bundel Oop sirkel.

Dinsdag 26 September
Petru Wessels lees verse van Suid-Afrika se ouer vrouedigters.

 

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

Op 4 September het ’n resensie van Corné Coetzee se debuutdigbundel, Nou, hier, verskyn.

Op 17 September het ’n resensie van Nuwe stemme 6, saamgestel deur Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé, verskyn.

Op 26 September het ’n resensie van De Waal Venter se digbundel, Oop sirkel, verskyn.

In September is ook ’n onderhoud met De Waal Venter geplaas.

 

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende September die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

4 September
Drie nuwe boeke in drie verskillende genres – Vet feetjies vlieg nie (Kristel Loots), Eindspel (Wilna Adriaanse) en Die boendoesbaaiding (Rudi Venter).

11 September
Burger oorweeg in ’n rubriek twee teenoorstaande beginsels – die plesier- en realiteitsbeginsel in letterkunde.

18 September
Rooi haring – Schalk Schoombie & Per ongeluk – Lloyd Zandberg

25 September 
James Wood, The Nearest Thing to Life – ’n boeiende mengsel van literêre kritiek en outobiografiese herinnerings

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Skakels na boekbesprekings vir haar blog asook verskillende publikasies vind besoekers aan dié webblad in die kiesbalk regs van blog-inskrywings.

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2017 appeared first on LitNet.

In memoriam: Ryk was genadeloos eerlik

$
0
0

Ryk Hattingh by die US Woordfees 2017.
Foto: Rebecca Pretorius

Ryk Hattingh was ’n anargis wat ’n genadeloos eerlike sin kon skryf.

Ons het van graad 2 af ’n vriendskap en ’n parallelle bestaan gehad. Nou met sy dood is dit moeilik om te besin oor ’n kreatiewe gees wat hom heeltyd op die randjie van malheid probeer vind het.

Dankie tog dat hy voor sy dood erkenning gekry het vir sy briljante Huilboek. Erkenning deur dieselfde Afrikaanse gemeenskap wat hom oor jare verwerp en gedemoniseer het. By die afgelope Woordfees op die verhoog in gesprek met Antjie Krog het ek hom gevra oor die ironie dat hy nou na al die jare erken word deur dieselfde mense wat hom voorheen verwerp het. Hy het met sy malse laggie geantwoord.

Al Ryk se boeke was dun. Die Tonnel in 1984 was 84 bladsye lank. Markus vermoed ’n verhaal in 1987 was nog dunner, met net 74 bladsye. Ignatius Brand in 1990 was 86 bladsye. Witskrif in 1997 was 111 bladsye. Ek weet nie hoe lank sy drama Sing jy van bomme is nie, maar ek weet hy het elke aand gaan kyk met die opvoering daarvan in die Windybrow in Hillbrow.

In daardie sin was hy die versinnebeelding van Elmore Leonard se diktaat: skryf wat jy wil sê en dan haal jy die stukke uit wat die leser in elk geval gaan oorslaan.

Ryk was obsessief en het ’n persoonlikheid gehad wat hom geleen het tot verslawing en selfvernietiging. Ter illustrasie: hy het die term selfdood lagwekkend gevind; selfmoord was vir hom erg aantreklik. Selfdood, het hy gesê, vermoed ’n sagte heengaan. Dis kak, het hy gesê. Om jou eie lewe te neem is ’n gewelddadige besluit. Jy besluit fok dit alles en fok al my naastes. In die reg is daar nie iets soos selfdood nie. Om dit te versag is oneerlik. Hy het self selfmoord telkemale oorweeg omdat hy gedink het die lewe is ’n fokop. Sy dood het waarskynlik ’n selfmoord vooruitgeloop. By die Woordfees – terwyl ons opgevang het – het hy my op sy indringende manier aangekyk en gevra: “Is jy gelukkig?”

“Ja. Meesal.”

“Jy is fokken ongelukkig om te dink jy is gelukkig. Ek is inherent ongelukkig.”

As jong vriende – na die gebeure in Huilboek – het ons in Benoni baie perd gery. Syne se naam was Lena en myne Boesman. Ons was van vroeg soggens in vakansies in die saal. Hy kon ’n kan koffie uitdrink. Ons het in die veld ’n vuurtjie gemaak en hy het altyd ’n steenkool in die kan gegooi om die moer te laat sak. Ons het gerook. Hy het gehou van ’n cigarillo wat in piesangskil gerol is. Die naam ontgaan my.

Na sy pa en sy broer dood is, het hy hom al meer van sy familie vervreem. Sy onttrekking was so radikaal dat hy met ons gesamentlike vakansie langs die Kromrivier geweier het om ’n huis met sy stiefpa te deel. Ons het in ’n tent gebly, obsessief na “Wild thing” geluister en knorhane gevang. Sy ma was erg ontsteld. Vir sy blinde stiefsuster het hy bloot gesê dat sy as ’n “mol” nie kan sien wat aangaan nie.

Sy ma het hom vir sy hoërskoolopleiding Groblersdal toe gestuur en ek is Suidwes toe. Ons het kontak behou en toe weer op universiteit persoonlike bande gesluit. Hy was toe ’n volslae anargis en het met sy baard en army jas ’n bekende figuur op kampus geword. Toe hy en Celia ’n erge tragedie beleef, het hulle eenvoudig opgepak en na Knysna vertrek, waar hulle ’n hippiebestaan op ’n kleinhoewe met hoenders en aaptwak gevoer het. Dis ook daar waar hy byna verdrink het. Dit vind in Huilboek ’n belangrike plek en soos hy aan my gesê het, “My lewe is heeltyd ’n stryd teen verdrinking.”

In daardie opsig het hy ’n voortdurende stryd teen verslawing gevoer. Eers was dit drank, maar later het hy erken hy sal enige ding snuif wat oor sy pad kom. Ook het hy deur ’n stadium gegaan waar hy seksueel enige uitdaging aanvaar het.

Later toe hy by Vrye Weekblad gewerk het, was ek by Beeld. Dikwels het ons laataand by die Yard of Ale by die Markteater ontmoet. Hy kon dringend drink. Byna met ’n doel. En die doel was om dronk te word. Daarna kon hy weer vir lang tye skoon wees. Toe Vrye Weekblad gevou het, wou hy met Belgiese befondsing ’n nuwe weerstandkoerant stig. Ons het lank daaraan beplan. Op die ou einde was die einde van die droom omdat hy daarop aangedring het om die redakteur te wees en die span wat ons beplan het, het nie gedink het hy is die aangewese persoon nie.

Daarna het hy die uitgewery Hond begin saam met Breyten Breytenbach. Dit was bestem om ’n kreatiewe botsing te word en na ’n paar publikasies was dit ook so.

Toe hy besluit het om na Nieu-Seeland te emigreer, het hy die middag by ons huis in Kensington in Johannesburg opgedaag met die nuus. Sy vrou was die vorige aand in ’n mislukte motorkaping betrokke. Ons is na hulle huis daar naby op Langermankoppie waar ons lang geheues uitgepak het.

En toe, in die middel van baie alkohol en harde woorde, het hy op my vraag oor wat hy in die land van die lang wit wolk en nie veel anders behalwe die All Blacks nie, gaan doen, gesê: “Ek het uitgewerk hoeveel mense daar in Nieu-Seeland is. Ek het die getal gevat en met twee gemaal en toe uitgewerk hoeveel skoene hulle nodig het. Ek gaan skoene maak.”

Hy het dit net so presies aangepak as wat hy ’n sin aangepak het en bekend geword as ’n uitsonderlike vakman.

Hulle sal hom miskien onthou as iemand wat ’n besonderse skoen kon maak. Ek sal hom onthou as ’n gefolterde individu wat ’n genadeloos eerlike sin kon skryf.

 

The post In memoriam: Ryk was genadeloos eerlik appeared first on LitNet.

Uittogboek deur Johan Myburg: ’n resensie

$
0
0

Uittogboek
Johan Myburg
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485307761

Digter is ’n stem, sê ek, soos Ikarus,
fluisterend tot homself, soos hy val.
– Ilya Kaminsky, Dancing in Odessa
(Eie vertaling)

Sestien jaar lank het twee navorsers, Werner Morlang en Bernhard Echte, ontsyfer aan die minuskule 526 bladsy lange “mikroskripte” van die Switsers-Duitse skrywer Robert Walser (1878–1956). Walser het in potlood geskryf op ou koeverte en verskeurde kalenderpapier, in ’n handskrif soos van ’n mier, in millimeterstrepies; in radikale miniatuur Kurrent-skrif, ’n vorm van handskrif wat in Duitssprekende lande tot in die middel van die vorige eeu nog geliefd was. Die manuskripte is aanvanklik vir geheime kode aangesien. Ná pynlike ontsyfering is dit uitgegee in ses volumes as Aus dem Bleistiftgebiet [Uit die potloodsone], 1985–2000, met Engelse uittreksels in Microscripts, 2010.

Van die hand van Walser (in ’n geslote gestig in Herisau opgeneem tot hy dood is, alleen, op ’n staptog in die toegesneeude landskap), dié weggaanvers op sy grafsteen:

Beiseit

Ich mache meinen Gang;
Der führt ein Stückchen weit
Und heim; dann ohne Klang
Und Wort bin ich beiseit. 

[Opsy

Ek gaan my gang;
dit voer ’n entjie weg
en terug na huis; dan sonder geluid
en woord is ek opsy geskuif.]

Aan Walser moes ek onwillekeurig dink by die oopslaan van Uittogboek, ook in ’n soort “mikrografie”, feitlik onleesbaar gedruk in 9 punt font. Met rare bladuitleg – dikwels links, hoog op ’n wit bladsy ingedruk. Só klein dat dit net met ’n vergrootglas gemaklik leesbaar is (vir my as ouer leser in ieder geval, wie se oge al uitgeput is deur derduisende boeke lees):

Wat agter die keuse vir so ’n minuskule fontgrootte skuil, sal slegs die redakteur en/of die outeur weet. Dat ouer mense dikwels al hoe kleiner begin skryf, is ’n bekende verskynsel, blykbaar te make met die inkrimping van die eie wêreld en identiteit. Of daar doelbewus op so ’n idee gesinspeel word, met vergrote bladspieëls, en of dit gewoon ’n minder ervare bladuitlegger se werk is, is ’n ope vraag. In ieder geval is die idee van die ouerwordende digter, gekonfronteer met ’n naderende dood, ’n deurlopende tema in dié vierde bundel van die sestigjarige Johan Myburg, voorafgegaan deur Vlugskrif (1984), Kontrafak (1994) en Kamermusiek (2008). Dat 60 darem ver van 70, 80 of 90 is, soos vele van ons ouer digters wat nog skrywend lewe, skyn nie ter sake te wees vir Myburg nie, soos ook vir Karel Schoeman, wat op ongeveer dieselfde ouderdom as Myburg al sy lot as “bejaarde” bekla het aan die slot van Die laaste Afrikaanse boek, 2002.

Al leef Myburg baie eeue na Hadrianus, sluit hy hom ten nouste aan, in die Latynse motto en in sy eerste en laaste verse, by dié Romeinse keiser se laaste vers, sy “weggaan”-vers uit 138 nC: “animula, vagula, blandula” (“klein kwesbare swerwende siel, gas en begeleider van my liggaam”, in ’n verafrikaansing van Marguerite Yourcenar, romansier van Memoirs of Hadrian, se Franse vertaling. (Pateties darem dat Yourcenar se van op bladsy 15 verkeerd gespel word … wáár was die redakteur of die outeur?)

Die digter skryf in die eerste afdeling ’n hele reeks “Keiser”-verse, om die beurt met een getiteld “Hadrianus”, waarin hy homself telkens identifiseer met die Romeinse heerser, wat op 62 gesterf het aan sy hart, volgens segge met homoseksuele neiging, hoewel getroud. Ook die Afrikaanse digter het iets met sy hart; gaan op doktersbesoek (in “Hadrianus”). Daar is suggesties van ’n gay oriëntering (“gebaai in naglans, lans nog ligweg taai/ van nanagtelike eskapades”) en eksplisiete gay-gestalteverse oor sy gestorwe vriend, die dwelmverslaafde literator Marthinus Beukes, wat, soos Schoeman, selfdoding gekies het. Met die beskrywing van die gewelddadige land waarin die digter hom bevind (sy angs vir ’n gewelddood, en die ineenstort van strukture), word die titel treffend. Dit is nie die verwagte “uittog” in ’n diaspora waarop hier gesinspeel word nie, maar ’n inwaartse “uittog”, binnekort uit die lewe uit, as die dood hom sal inhaal. En sy identifikasie met Hadrianus as keiser van die Romeinse Ryk veronderstel dan implisiet ’n suggestie van die ineenstort van die Suid-Afrikaanse bestel as so ’n “ryk”:

                                           Laatnag sal ek sit
– sonder om van gereedheid iets meer te verstaan –
en kyk hoe alles om my ten gronde gaan.
                                           (Gereedskap, 62)

Na verse ook oor sy moeder en vader, ’n reeks liefdesverse (afdeling VI), en nogal presieuse reisverse na Venesië (met ’n oormaat Italiaanse woorde en name wat die leser vervreem) en Duitsland (met veel Duitse frases), keer die digter ten slotte weer terug na die ruimtelike verwysings van Hadrianus se wêreld in afdeling VIII. Humoristies is die beskrywing in ’n prosavers, “Ars poetica” (in Plinius die Ouere se woorde), van hoe om ’n toga pers te kleur, want “Purper is die nuwe wit” (93):

Beste is om te wag vir die Hondster om op te kom
(…)
Berei ’n vuur en giet oor in potte van tin of lood (…) en laat prut vir tien dae oor indirekte hitte
(…)
op dag tien kan jy jou mengsel toets
(…)
Laat jou lap droog vir vyf uur en doop dan nog ’n slag, herhaal tot jy sit met die rojaalste tinte getrek uit die fluim van ’n slak. LW: Om jou te tooi in ’n toga van Tiriese praal moet jy vir 1 g kleursel reken op 10 000 slakke as prooi.

En treffend is nog ’n prosavers, “In die maand Hathor”: “Op die eerste van die maand Hathor (…)/ het Hadrianus aan die huil gegaan/ om vergetelheid te fnuik het hy ’n stad laat aanlê (…)/ om wisselvalligheid te weer, opdrag gegee om munte te slaan met die (…) gelaat in reliëf (…), om beelde te kap/ Ag jaar en verskeie pogings later om sy lewe self te eindig het hy/ naby Napels op sterwe gelê (…)”.

In die laaste afdeling tref die inset van “Ovidius stuur sy corpus vooruit”:

En sterf ek dan in hierdie streke is my hoop
op jou dat jy, solank Latyn op tonge leef, jou loop

sal neem die wye wêreld in (…) (my beklemtoning).

Dis nie moeilik om in die idee van die dooie taal Latyn, indertyd nog lewende spreektaal, ’n parallel met die gevreesde lot van Afrikaans te lees nie.

Die einde van die slotvers, “Oggend”, bevat die kern van die digterlike posisie:

(…) die lyf iewers tussen
versugting en nader aan slytasie; om te onthou
en voortdurend in onthouding te leef. Uit dié uithoek
is geen uitweg en sou ek ’n hawe haal is daar g’n passaat
meer moontlik nie. Die laaste skip het reeds geseil.

Daar is iets moegs, iets déjà-vu, in die sestigjarige wat testament opmaak in dié verse – Schoeman het dit reeds gedoen en weer gedoen en veel-veel verskrikliker en vernietigender en teenstrydiger, soos in die slot van Die laaste Afrikaanse boek  en minder sterk, maar ook verwoestend, en boonop binne die konteks van sy selfdoding in die onlangse Slot van die dag (2017). Breytenbach is dit steeds aan die doen. En ander veel ouers digters en skrywers. Daar is ook iets presieus wat kleef aan die ritse name van kunstenaars, verre plekke en frases in ander tale, die kunsverse, die operavers, die kunstigheid en hiperbewustheid van die kunste. En duidelike Cloete-invloede, minder goed verwerk, of weggewerk. Dikwels pla geleerde woorde uit Engels oorgehewel, pleks van voor die hand liggende Afrikaanse eweknieë.

Êrens laat Uittogboek met sy onaflaatbare fokus op die “laaste skof/ van vlees tot stof” ’n groot dors. Dit word miskien die trefsekerste verwoord in Breyten Breytenbach se “skofkennis” in Die singende hand. Dié dors is vir ’n “glas stilte” na al die woorde, om die droë tong (en nog droër oë ná die 9-punt-font), mee te lawe.

The post <i>Uittogboek</i> deur Johan Myburg: ’n resensie appeared first on LitNet.


Aantekeninge teen die skemeruur deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk

$
0
0

Aantekeninge teen die skemeruur
Clinton V du Plessis
Uitgewer: Cordis Trust Publikasies
ISBN: 9780994691354

Die digbundel Aantekeninge teen die skemeruur is pas gepubliseer. Dit is Clinton V du Plessis se negende digbundel. As ek dink aan poësie, dan raak ek lankal nie meer outomaties opgewonde nie. Poësie herinner my te veel aan onverstaanbare verse, vol vreemde woorde, en bekgevegte oor wat nou eintlik digkuns is en wat nie. “Daar verskyn te veel poësie!” klink die uitroep mos elke dan en wan. En die Facebook-digters staan ook in die tou sê: Ons het ook ’n plek!

Ek voel oor dit alles soos wat ek oor musiek voel: as ek daarvan hou, dan hou ek daarvan, en basta! Du Plessis se skryfwerk geval my eenvoudig, en ek het oor die jare in ’n ywerige leser van sy verse ontwikkel.

Aantekeninge teen die skemeruur is in ’n sekere sin ’n bietjie voorspelbaar. Die titel verklap alreeds dat dinge in hierdie bundel somber gaan raak, sommer baie somber. En so is dit ook. Die bundel is opgedeel in sewe afdelings. In die eerste afdeling, getiteld “Prewelings”, val die fokus veral op skryf en die skrywer. Hier moet mens verkieslik al ’n bietjie belese wees met die ontwikkeling van Afrikaanse poësie as jy al die verse beter wil waardeer. Jy moet vertroud wees met TT Cloete se skryfwerk, waarop Du Plessis ’n tipe repliek lewer in ’n vers getitel “God: Die rekenmeester” (Du Plessis is self ’n rekenmeester van beroep). Daar is ook etlike verwysings na en sinspelings op ander digters, veral DJ Opperman (1914– 1985).

In “Stelwerk” skryf hy oor die digkuns: “Ook digters sal brand, soos fakkels in ’n donker land” (18).

Vir my is “Taalles 101” een van die aangrypendste verse in die bundel. Dit verskyn in afdeling twee getiteld “Littekens van landskappe” en vertel iets van die tragiese verlede van Afrikaans: “die taal het ’n balaklawa gedra/ As die derde mag in die donker lokasies van teeninsurgensie.” ’n Uiters nodige vers in die tyd waarin ons sit! Want mense het perspektief verloor oor die verlede van Afrikaans. Ek hoop dat hierdie vers in die toekoms deur skole voorgeskryf sal word.

Du Plessis se skryfwerk wemel van eietydse vraagstukke en karakters. Die heengaan van ikone soos David Bowie en Leonard Cohen. Die politiek. Die pynlike apartheidsverlede. En daarby ingemeng kom outobiografiese motiewe. In “Gereserveer” is die onderwerp skynbaar ’n persoonlike ervaring van die apartheidsjare. “89, nie uit nie” is ’n lofgedig oor die digter se ma, wat verskyn in afdeling drie getiteld “Kiekies”. In hierdie afdeling is daar ook “Memories are made of this”, wat aansluit by die fotomotief en verklaar: “Alle skrywes word ’n soeke na verlore tyd.”

Die laaste vier afdelings van die bundel, getiteld “Restant”, “Plakboek”, “Wiegeliedjies” en “Nag!”, is aansienlik korter as die eerste drie. Ook hier word skryfwerk self as onderwerp verder gevoer, soos in “Bly te kenne”, wat handel oor die Nederlandse skrywer Joost Zwagerman, wat oorlede is weens selfdood.

“Eerste skooldag”, ’n vers in die afdeling “Wiegeliedjies”, is vir my nóg ’n hoogtepunt. Hierdie vers herinner my eerder aan ’n Boeddhistiese gebed as aan enigiets uit die Afrikaanse digkuns. Du Plessis het my stilgeskryf met hierdie vers, en mens kan dit gerus gebruik vir meditasie: ’n mens bly immers jou hele lewe lank ’n student/skolier. En elke dag is ’n nuwe begin met nuwe geleenthede.

In “Verdwaal”, in dieselfde afdeling, borduur Du Plessis voort op die somber aard van die res van die bundel, en hier handel dit oor vier kinders wat in 2011 gesterf het weens hongersnood in Noordwes. In die proses deel hy ’n stewige en welverdiende klap uit na die TV-program Top Billing en die persoonlikhede wat daarmee geassosieer word.

En ten slotte is daar “Nuusberig as lykdig”, nóg ’n aangrypende vers wat weer stilstaan by die afsterwe van Suna Venter, die bekende joernalis en lid van die sogenaamde SABC 8, wat oorlede is weens ’n hartverwante toestand.

Of Aantekeninge teen die skemeruur die goedkeuring van die letterkundige owerstes gaan wegdra, sal ons nou maar moet wag en kyk wat gebeur. Du Plessis skryf juis in “In my kanon” oor “’n versigtige, miskien ja-knik van Hambidge” (35). Maar vir my het hierdie bundel meer as genoeg substansie om daarvan ’n treffer in my boekies te maak. Miskien verskyn daar tog te veel poësie. Of miskien nie. Ek het nie sekerheid oor die saak nie. Om die waarheid te sê krap die vraag nie juis aan my nie. Maar van een ding is ek seker: ek gaan hierdie bundel herlees.

The post <i>Aantekeninge teen die skemeruur</i> deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Ryk Hattingh: “Hy was iemand wat die lewe gevréét het.”

$
0
0

“Dis wat oor is van ’n lewe,” het Ryk vir my gesê een van die laaste kere toe ek hom gesien het, en hy beduie na huisraad en ornamente, na kunswerke en boekrakke.

Ons was op ’n boeksoek-ekspedisie in sy afgestorwe skoonouers se huis. Hulle is albei in die afgelope paar maande dood, die een kort na die ander. Sy skoonpa het baie boeke gehad, en Ryk het dié gevat wat hy wou, om te voeg by die stapels in sy huis waarvoor hy klaar nie plek het nie. Ek het tweede keuse gekry.

So dwaal ons toe deur dooie mense se huis en kyk na kleinnode wat nou na afslaers en tweedehandse winkels toe op pad is. Dit is wat oor is van ’n ryk lewe. So geweldig ontoereikend.

En hier sit ek nou, presies vier weke later, en ryg woorde uit. Hulle sit in rye soos boeke op rakke, en al was elke woord ’n boek, hoe ontoereikend sou dit nog steeds nie wees nie.

Ryk het gesê hy probeer die onmoontlike met Huilboek: hy probeer vir Outa Toon, wat dood is, lewend maak. Ek wens ek kon so iets regkry. Ek wens ek kon vir Ryk terugsit in sy huis, terug in die lewe waarin hy hom so verlustig het.

Hy was iemand wat die lewe gevréét het. Alles gebeur in die oortreffende trap. As hy gelukkig is, jubel hy. As hy neerslagtig is, kry hy skaars asemgehaal.

Die rebelsheid wat vir die meeste mense ná hulle tienerjare begin wyk, was by Ryk op 60 nog so sterk as ooit. Hy kon een en alles verdoem. Dan praat hy daarvan om in Mongolië te gaan woon. (’n Plek waarvan hy min genoeg weet om niks daarvan te haat nie, vermoed ek.)

As hy ’n ding ontdek wat sy verbeelding aan die gang sit, gaan hy voluit daarvoor. Alles word stormenderhand aangepak.

Die laaste klompie maande was hy besete oor die einde van die Oostenrykse ryk, die skrywers en kunstenaars in Wene rondom die Eerste Wêreldoorlog. Daar is ’n ooreenkoms in wat hulle ervaar, van die einde van ’n keiserryk, en die einde van die Suid-Afrika van ouds, het hy gevoel. Hy wou hierdie eggo in sy volgende boek verken.

Hy was vol planne. Ons het met sy sestigste verjaardag in Julie middagete gaan eet, toe vertel hy my hy kyk na wat hy alles in sy dertigs vermag het, tussen 1987 en 1997. Dit was sy romans en toneelstukke, Vrye Weekblad en Loslyf, die boeke wat hy en Tienie du Plessis by Hond uitgegee het.

“Ek dink ek het nog so tien jaar oor,” het hy gesê, dié dag in Julie. “Ek wil van hierdie dekade net so ’n groot een maak as toe.”

Hy het geskryf, geskilder, musiek gemaak. Heelwat liedjies geskryf hierdie jaar, het hy my vertel. (In sy studentedae het hy sakgeld verdien deur in restaurante te sing.)

Sy huis lê vol skryfwerk, lirieke en notas. Maar selfs al daardie flardes, al sy gebundelde en opgevoerde werke, is minder as die man self. Die indruk wat hy gemaak het op almal wat hom leer ken het, dít is wat oor is van sy lewe. Herinneringe en ’n verskriklike leemte.

The post Ryk Hattingh: “Hy was iemand wat die lewe gevréét het.” appeared first on LitNet.

Het Suid-Afrika meer misdadig geword sedert demokrasie?

$
0
0

Daar gaan feitlik nie ’n week verby sonder dat ons hoor van een of ander misdadige vergryp nie.

Hier word ’n baba verkrag, daar word ’n liggaam vir muti gebruik, op ’n ander plek word by die polisiestasie ingebreek, of ’n dak of muur word oopgebreek om toegang tot ’n perseel en eiendom te verkry. Ander kere hoor ons van OTM's wat met plofstof uit ’n muur geblaas word, of kontantvervoerwaens wat met outomatiese vuurwapens van die pad gedwing word.

Dit lyk asof misdadigers meer waaghalsig word.

Maar is dit die realiteit, of is dit bloot dat net die mees sensasionele, buitengewone goed die nuus haal en dan voorgehou word as die norm?

Dis ook nie moontlik om na die misdaadstatistieke te kyk en daaruit gevolgtrekkings te maak nie. Elke jaar deel die polisie ons mee dat misdaad, veral kontakmisdaad, afgeneem het. Ons het net hulle woord daarvoor. Hierdie jaar kon die polisieverteenwoordigers wat aan die parlementêre oorsigkomitee verslag moes doen, nie eens enige statistieke voorhou nie. En daar word wyd kritiek gelewer dat die nieregeringsorganisasies wat misdaadstatistieke byhou, nie dieselfde maatstawwe en data gebruik as die amptelike polisiestatistieke nie, met die gevolg dat appels nooit regtig met appels vergelyk word nie.

Dan is daar die twee groot vrae: Wie pleeg die misdade, en wie is die slagoffers? Die verhale wat die media haal, is feitlik altyd wit slagoffer, swart misdadiger. En wanneer die oortreder wit is, soos met die Oscar Pistorius-saak, word daar altyd ’n denkbeeldige swart gevaar, ’n gesiglose, maar swart misdadiger, geskep wat ten minste gedeeltelik verantwoordelik is vir wat skeefgeloop het.

Die afgelope paar dae is ons gebombardeer met inligting oor die Las Vegas-skietery waar een enkele skieter vir ongeveer 10 minute lank met outomatiese vuurwapens op konsertgangers losgebrand het. Die media se reaksie was voorspelbaar. Die eerste foto's wat bekend gemaak is, was nie van die skieter self nie, maar van sy Asiatiese vriendin, wie op daardie stadium nie eers in die land was nie. Toe dit blyk die skieter is wit, het die narratief dadelik geword dat dit die werk van ’n sg “lone wolf” is. Was die oortreder swart, sou die woord “terroris” lewensgroot op elke voorblad uitgespel gewees het. En in die dae wat volg, is dit steeds dieselfde. Die moordenaar, wat 58 mense se dood veroorsaak het en ’n verdere 527 vermink en beseer het, word beskryf as ’n “gentleman” wat altyd besorg was oor ander. Dit ten spyte van die feit dat hy in besit was van 23 outomatiese en semi-outomatiese vuurwapens in die hotelkamer, asook ’n verdere 19 vuurwapens wat by sy huis gevind is – alles sedert Oktober 2016 gekoop.

Wit oortreders, en wit slagoffers, word eenvoudig anders, meer simpatiek, behandel.

Hoe kan inligting akkuraat wees as die slagoffers en oortreders so verskillend hanteer word? Plaasmoorde word byvoorbeeld deur ’n organisasie soos AfriForum hanteer as die moord van wit plaaseienaars. Wat van al die bruin en swart mense wat ook op plase vermoor word? Hoekom is daar die absolute stilte in die media oor die slagting wat op die Kaapse Vlakte plaasvind? Vir elke wit persoon wat op ’n plaas aangeval word, is daar aansienlik meer wat op die Kaapse Vlakte sterf – sonder dat daar noemenswaardige melding gemaak word in die media.

Elke sterfte is ’n tragedie. Elke persoon wat aan die hand van ’n krimineel ly en sterf, is een meer as wat aanvaarbaar is. Tog word wit lewens meer geredelik betreur – selfs wanneer dit die lewe van die oortreder is.

Hoekom word daar nou ’n film geskiet oor die Reeva Steenkamp-moord? Swart sportsterre met swart slagoffers het nie dieselfde loketpotensiaal nie. OJ Simpson is die uitsondering, waarskynlik omdat sy slagoffer wit en blond is.

En in die Suid-Afrikaanse konteks: Hoekom is die aanname altyd dat misdaad toeneem omdat die regering swart (en by implikasie onbevoeg) is? Hoekom, met elke nuwe misdaad wat in die media gerapporteer word, is daar dadelik die “ons-en-hulle”-narratief wat gebruik word? En soos ’n Moebius-strokie word identiteit altyd rondom die spil van kleur, geslag, opvoeding en ekonomiese status gevleg.

Iemand soos Anene Booysen sou nooit die koerante gehaal het as haar lyding en sterfte nie so sensasioneel was nie. Want verkoopsyfers is al wat tel, en as die meeste koerantkopers nie belangstel om te lees oor swart lyding en sterfte nie, dan word dit eenvoudig verswyg. En dit word ’n bose kringloop, waar die geleefde ervarings van die grootste deel van hierdie land se bevolking verswyg word – behalwe wanneer daardie geleefde ervaring dié van ’n skatryk, korrupte tenderpreneur is. Dis ’n gemaklike, bekende narratief, soos om in jou gunstelingdenimbroek in te glip. Bekend. Vertroud. Gemaklik. Wit mense wat hard werk en belasting betaal, en vergoed word met korrupsie, verkragting en moord.

Maar wat van die ander? Wat van elke vrou in ’n informele nedersetting wat hart in die keel in die nag toilet toe moet gaan, want selfs in 2017 is toilette binne elke huis ’n droom wat onbereikbaar ver lyk? Wat van elke kind wat skool toe gaan, wetend dat daar nie vanmiddag kos by die huis is nie en dat die maaltyd by die skool dalk die enigste is wat hulle gaan kry, wetend dat die tyd tussen Vrydagmiddagete en Maandagontbyt oneindig kan wees? Wat van die meisie wat elke maand vier of vyf dae se skool mis omdat sy nie sanitêre doekies het nie, en meesal nie enige manier het om ’n alternatiewe plan te prakseer nie? Wat van die kind wat elke dag kilometers ver deur die bos moet stap, met al die gevare van mens en dier wat dit inhou, om ’n opvoeding te probeer bekom? Wat van die gogo wat met haar maandelikse pensioen van R1 600 soms agt tot tien afhanklikes moet onderhou?

Is dit reg dat hulle lyding, hulle pyn, hulle swaarkry as minder belangrik afgemaak moet word omdat hulle velkleur as minder belangrik geag word? As dit my, met my betreklik bevoorregte posisie, briesend maak, wat doen dit aan die persoon in daai omstandighede, wat geen hoop, geen toekoms, geen verbetering sien nie, wat elke dag moet hoor en sien en ervaar hy en sy familie is niks?

Het ons as samelewing meer misdadig geword? Ek wonder of dit die regte vraag is om mee af te skop. Behoort die vraag nie eerder dit te wees nie: Hoekom het ons as samelewing so min empatie met mekaar? Wat het in ons nasionale psige gebeur dat ons so teen die Ander se vel vaskyk dat ons mekaar se menswees ontken? Hoe sou ons verhaal anders kon lyk as ons mekaar begin raaksien en iewers verby die wantroue probeer werk? Sou ons dan nog steeds wonder oor misdaadstatistieke?

Of sou ons dit as gemiste geleenthede herken?

The post Het Suid-Afrika meer misdadig geword sedert demokrasie? appeared first on LitNet.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Mentje, kind van Pas-Opkamp deur Irma Joubert

$
0
0

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.


Irma Joubert

Irma Joubert begin eers skryf toe sy einde 2004 aftree ná 35 jaar van onderwys. Vandag is sy een van Suid-Afrika se groot uitvoerprodukte. Beide haar Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste twee boeke van haar oorlogstrilogie, naamlik Immer wes en Mentje, kind van Pas-Opkamp, is in Nederlands vertaal waar dit telkens onder die topverkopers tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en HarperCollins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 uitgegee en wêreldwyd versprei.

In 2008 is Irma se Tussen stasies een van drie finaliste vir die ATKV-Prosaprys. Anderkant Pontenilo wen in 2010 die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans, dit word in 2014 deur die biblioteekvereniging aangewys as een van die twintig beste Suid-Afrikaanse boeke in die twintig jaar van demokrasie (1994 – 2014). Iin November van dieselfde jaar ontvang Irma die Tuks Alumni-Laureaat, die Universiteit van Pretoria se hoogste eerbewys aan oud-studente.  In 2016 is Immer wes ’n finalis in beide Exclusive Books en Huisgenoot/Tempo se “Roman van die jaar” en dit wen die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans.

Ook buitelands vaar die boeke puik. Kronkelpad verower in 2014 die BCB Publieksprijs in Nederland. In die VSA is The girl from the train in 2016 ’n finalis vir die Christi-awards, ’n buitengewone eer vir ’n vertaalde werk, en word dit deur Logos Books aangewys as die “Best Book of 2015”.


Opsomming

Mentje, kind van Pas-Opkamp
Irma Joubert

Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799385939

Sy is so verskriklik eensaam. So verskriklik bang. Haar hart is verskriklik stukkend. Mentje de Vries, ’n Nederlandse oorlogswesie, beleef die Tweede Wêreldoorlog in al sy genadeloosheid. Eers moet sy onderduik in ’n geheime kamp vol Joodse vlugtelinge, en daarna beleef sy die hel wat die tyd net voor die bevryding voorafgaan, wanneer Britse troepe gestuur word om ’n brug in Arnhem oor te neem.

In hierdie bloedige slag word ’n Suid-Afrikaner, wat deel is van die Britse Leër, gewond en die jonge Mentje red sy lewe. Maar wat word van die wesie? Hoe oorleef ’n alleenkind gedurende die berugte Hongerwinter van 1944 en 1945?

Irma Joubert is ’n geliefde naam in historiese fiksie. Al haar vorige romans was topverkopers en met Mentje, kind van Pas-Opkamp sit sy hierdie tradisie voort. Soos gewoonlik is haar navorsing puik.

Die Pas-opkamp het werklik bestaan. Foto’s is op die internet beskikbaar.


Uittreksel

“But what good came of it at last?”
Quoth little Peterkin.
“Why that I cannot tell,” said he,
“But ’twas a famous victory.”

  • Uit “After Blenheim” deur Robert Southey

Een

Bosveld, 1933

Die son brand uit die wolklose lug neer. Stof dwarrel onder die hoewe van die beeste in die kraal en bly oor die groepie mense hang. Die afslaer se stem dreun voort.

Daar is geen sprietjie gras meer nie. Die veld lê kaal­gevreet, dor gebrand, doods. Die spruit het opgedroog. Eerste keer in menseheugenis.

Tinus staan met sy skraal rug gedruk teen die afgekalkte muur, sy kaal voete stewig geplant in die warm sand. Hy hou sy oë op die kraal, weg van die veld.

Twee weke gelede het hy saam met Oupa deur die hele plaas geloop. Die ganse dag lank, stadig. Sonsaktyd sê Oupa: “Ons het geen keuse meer nie.”

Hy het nie toe verstaan nie.

Nou verstaan hy.

Eenkant sit die bywoners: die man ineengedoke, hui­lend. Langs hom sy vrou, seekoeilyf met dom oë. Ook sy huil. Versukkeld.

Tinus kyk weg. Hy wens hulle wil loop. Na hul eie huis toe gaan. Daar bly.

Êrens in die Groothuis is sy ouma. “Ek gaan hierdie dag nie oorleef nie,” het sy vroegoggend gesê. Haar lippe was dun en wit, haar stem plat.

Net hy en sy oupa bly regoprug kyk. Sy oupa sit langs hom op ’n kombuisstoel, kerkpak blink gepres, dooie pyp in die growwe hande. Sy nek is maer. Stokstertmeerkat.

Die afslaer vee die sweet van sy speknek af en veil die maer beeste op, sommer almal gelyk.

“Hoekom bie die mense nie?” vra Tinus. Die klank kom te hard en te hoog deur. Sy stem laat hom soms nog in die steek.

“Niemand het weiding nie.” Sy oupa se stem bly sterk. “Die Jode wag, een van hulle sal wel later die hele boel teen ’n appel en ’n ei koop.”

Eenuur bring sy ouma koffie en brood. “Kom tog in die huis in. Dis so warm hier buite.”

“Ek bly,” sê sy oupa.

En hy: “Ek bly.”

Hulle pak die laaste paar goed op oom Grootgert se wa: katels, eetgerei, kookware. Die tente. Kombuistafel en vier stoele. Trommel met die klere en linne. Die Bybel bo in die trommel.

Byna soos vir ’n nagmaalnaweek op die dorp.

Van anderkant die leë kraal sien Tinus hulle aangesuk­kel kom. Die bywoners. Die man dra ’n verslete koffer in die een hand, in die ander sy musieksak, onder die arm is ’n geraamde prent vasgeknyp. Die vrou dra ’n bondel bed­degoed op haar kop. Nes ’n wasvrou.

“Trek hulle ook saam?” vra Tinus.

“Hoe anders?” antwoord sy oupa en trek die riem stywer oor die koperkatel.

By die vendusie verlede week het Tinus hom erger as ooit geskaam vir hulle. Hy was die hele tyd bang die suk­kelaar van ’n bywoner kry weer ’n aanval. Hy kon sien die mense van die distrik wag daarvoor. Dis waarvoor hulle hier was. Nie om te koop nie. Om te sien hoe tuimel trotse ou Marthinus van Jaarsveld en sy hovaardige ou vrou van die troon af.

Om hulle te verstaar aan die man wat soms skreeuend die veld in hardloop. Die simpel Simon.

En om te skinder oor die seun wat die familienaam dra. Oor hom, Marthinus Daniël.

By die plaashek klim hy van die wa af. Vir oulaas voel hy die warm Bosveld-sand onder sy voete. Vir laas tuur hy oor die veld waarin hy grootgeword het.

Hy maak die plaashek toe en stap na die wa. “Hierdie plaas sal ek terugkoop, eendag,” sê hy hard. “Oupa, hoor my: Ek sweer voor God, Buffelspoort sal weer aan die Van Jaarsvelds behoort.”

Twee

Vierhouten, Nederland, Julie 1943

Die somerson bak warm op hulle rûe neer. Die gras is lank en dik en lowergroen, kos vir die beeste deur die lang wintermaande wat wag. Met vaste ritme swaai haar pa die lang kapmes heen en weer, heen en weer. Mentje hark die gesnyde gras op hope. Dit ruik soos gekneusde kruie en vae peperment.

“Waar is jou hoed?” vra haar pa sonder om op te kyk. “Vanaand is jy weer rooi verbrand.”

Ai tog, haar hoed. Sy vergeet dit altyd.

Die volgende oomblik breek ’n onaardse kabaal huis se kant toe los.

Albei se koppe ruk op. Mentje sien die skrik in haar pa se oë, net vir ’n oomblik. “Lê plat, Mentje, agter die hoop gras. En bly doodstil hier tot ek jou kom haal,” sê haar pa en begin hardloop.

“Pappa?”

“Val plat!” roep hy oor sy skouer. “Ek is nou-nou terug.”

Sy sak af en kruip op haar maag tot agter die hopie gras. Met haar kop diep ingetrek, krul sy in ’n bondeltjie en knyp haar oë styf toe. Die hopie gras wat sy bymekaargehark het, voel baie klein.

Sy verstaan nie wat aangaan nie.

Stemme klink op van die huis se kant af, woedende stemme wat skree. Sy druk haar ore toe, sy wil nie hoor nie. Selfs deur haar toegedrukte ore hoor sy die baba skree en skree.

Wat het gebeur? Het die baba seergekry? Of die seuntjie dalk? Kon hy teen die leer afgeval het?

Erger nog: brand? In die skuur?

Haar hart begin saamtrek. Pappa was juis bang vir ’n kers daar tussen die hooibale. “Liewe Here, moenie dat ons huis aan die brand raak nie. En pas vir Pappa op.”

Dis helder oordag, wie sal nou ’n kers aansteek?

Dalk het die bul weer uit sy kamp gebreek? Soos twee jaar gelede, toe Pappa byna . . .

Nee. Nee, dit kan nie weer gebeur nie.

Of het die soldate gekom? Sy wil nie so dink nie, maar sy was heeltyd nog bang die baba begin huil wanneer die soldate kom eiers of melk haal.

Sy probeer helder onthou. Die baba het tog begin skree eers nadat die kabaal by die huis uitgebreek het? Ja, beslis, ja. So, dit kan nie die soldate wees nie.

Of kan dit? “Here, moenie dat die soldate gekom het nie. Asseblief, moenie. Bewaar ons van die bose. Amen.”

Sy was nog nooit bang vir die soldate nie. Vandat die oorlog begin het, was die soldate in die strate van Nunspeet, selfs in Vierhouten. So onderlangs het sy hulle dopgehou as sy skool toe stap, meestal aan die ander kant van die pad gaan loop wanneer sy hulle sien aankom. Maar bang vir hulle was sy nooit nie.

Toe verander alles. Toe die Friedmans by hulle kom in­trek het.

Een aand, sommer uit die bloute, sê haar pa: “Mentje, ek wil iets met jou bespreek.”

Dit was ’n koue wintersaand vroeg in die jaar voor haar verjaardag, toe sy nog nege jaar oud was. Haar pa het nog ’n stomp in die bek van die stoof gedruk en in sy gemak­stoel gaan sit, sy bene lank uitgestrek, sy voete reg voor die warm stoof. Buite het die wind ysig koud gewaai.

“Reg van die Noordpool af,” het Mentje gesê en vir haar pa ’n kommetjie koffie geskink. Sy het ’n glas warm melk gedrink.

Pappa het aan sy koffie geproe-proe. Sy het geduldig gewag.

“Die Friedmans moet by Kamp Westerbork aanmeld,” het hy uiteindelik gesê.

’n Onseker gevoel het in haar bors begin opkruip. Die Friedmans ken sy nie, sy weet net haar pa laai daagliks kanne melk by hulle winkel in Nunspeet af. Maar ’n seun in haar klas se ouma is die vorige jaar weggestuur na Westerbork en van toe af het hulle nog niks van haar gehoor nie. “Pappa, wat gebeur as mense na Kamp Westerbork gestuur word?”

Haar pa het eers met sy vinger in sy baard gevroetel. “Niemand weet presies nie. Hulle word waarskynlik na een van die Duitse arbeidskampe in die ooste gestuur.”

“Dit is nie ’n goeie ding nie?”

Pappa het sy kop geskud en na die stoof bly staar.

In haar het die onsekerheid groter gegroei. ’n Vermoede het begin posvat. “En Pappa wil die Friedmans help?”

“Meneer Friedman het ’n neef in Engeland wat besig is om te reël dat die hele familie daarheen kan kom. Ek het aangebied dat hulle by ons kan kom bly tot hulle wegkom.”

“Onderduik,” het Mentje die woord gebruik wat sy al by die skool gehoor het.

Haar pa se kop het vinnig na haar gedraai, sy oë waak­saam. “Ja, wel. Onderduik, ja.”

Dit gaan nie werk nie, ons huis het net een slaapkamer, het Mentje gedink. Wanneer sy twaalf is, sê Pappa altyd, sal hy vir haar ’n eie kamertjie aanbou. Maar sy was nog nege en het saam met haar pa in die kamer gebly. “En waar gaan hulle slaap?”

“Ja, e . . . miskien kan hulle op die solder vir hulle slaap­plek inrig. Ook bedags daar bly as hulle onveilig voel.”

“Op die stal se solder?” Sy was totaal verstom. “Op met die leer? Waar ons die hooibale stoor?”

“Ons kan die hooibale skuif om ’n soort versperring aan die voorkant te maak,” het haar pa met sy hande beduie. “Dan sal ’n mens van die stal se kant af niks behalwe bale sien nie.”

“Maar mense kan tog nie daar slaap nie?”

“As die nood druk, kan mens baie dinge doen. Dis rede­lik warm daarbo, dis ook belangrik.”

Dit is seker waar, ja, het Mentje gedink. Die stal is vas aan die huis, amper deel van die huis met net ’n muur wat die kombuis van die stal skei. Op dié manier hou die stoof ook die diere dwarsdeur die winter lekker warm.

“En dis net tydelik, tot hulle Engeland toe kan gaan.”

“Ja-a.” Dit gaan nie werk nie, het sy gedink. Pappa het ’n wolkekop, sy is die een wat helder dink, sê ta Lenie altyd.

Pappa kon sien wat sy dink, want hy ken haar net so goed soos sy hom ken. “Mentje, dis ons naaste, hulle het ons nou nodig. Dis ons Christelike plig om die mense uit liefde te help.”

Die barmhartige Samaritaan, het Mentje onthou. “Ja, Pappa.” So met ’n sug in haar stem, sodat haar pa agterkom sy weet eintlik beter.

“Ons het genoeg kos op die plaas om hulle ook vir ’n paar weke te voed. Niks gaan regtig verander nie.”

Ai, tog. “Dis nie waar nie. Alles gaan verander. Pappa weet dit.”

Hy het sy growwe hand oor hare gevou. “Jy word te vin­nig groot, my doggie.”

Gmf. Nogal, nè? “Ek is al in die vyfde klas, onthou.”

Hy het haar ’n oomblik lank verbaas aangekyk en sy kop effens geskud, byna asof hy haar nie geglo het nie. “Dis waar, nè? Mentje, niemand moet weet die Friedmans kom hier bly nie, hoor?”

“Ja, ek weet.”

Daardie aand het Mentje lank en ernstig gebid dat die liewe Here tog vir die Friedmans ’n beter plek sal vind om weg te kruip. Dis nie dat sy wil verbyloop soos die priester en die Leviet nie, het sy vir die Here gesê. Dis net dat dit vir hulle baie sleg sal wees op die solder, die liewe Here weet mos self hoe lyk dit daar.

Maar in haar hart het sy geweet eintlik is sy net nie lus dat vreemde mense in haar en Pappa se huis kom woon nie.

Die Here het dit seker ook geweet.

Die Friedmans het die volgende aand arriveer.

Mevrou Friedman het jonk gelyk, amper soos die mei­sies in die sekondêre skool op Nunspeet. “Goeienaand, ek is Daniela.” Selfs haar stem was jonk.

By haar was ’n baba en ’n seuntjie. Agter haar het me­neer Friedman ingekom, toegepak onder komberse.

Aan al die Friedmans se klere was die groot geel Dawid­ster vasgewerk as teken dat hulle Jode is. Alle Jode moet dit dra, weet Mentje, selfs die babatjie. Dis een van die wette wat Duitsland in Nederland ingebring het.

Die eerste aand reeds het Mentje gewens hulle wil weggaan. Dit is sekerlik ’n vreeslike sonde, maar sy kon nie help nie, dis hoe sy gevoel het.

Sy was kwaad vir haar pa. Dis seker ook sonde want mens moet jou ouers eer. Maar dan is dit haar pa self wat haar sonde laat doen. Al twee die sondes.

Haar pa het die Friedmans met die leertjie opgehelp sol­der toe. “Ek dink hulle is gemaklik vir die nag,” het hy gesê en toe eers, lank ná aandete, huisgodsdiens gehou. Hy het lank en ernstig gebid, maar Mentje het nie regtig gehoor wat hy sê nie. Toe hy amen sê, het sy doodstil bly sit.

“Mentje?”

“Dis nie vir my lekker dat hulle hier is nie.”

Haar pa het geknik en sy arms oopgemaak. “Kom sit by my.”

Sy het haar gesig teen sy bors vasgedruk. Sy groot hand het om haar kop gevou, sy ander arm het haar styf teen sy harde lyf gekoester. “Ek weet, Mentje, ek weet. Dit sal nie vir lank wees nie, ’n week of twee,” het hy lomp probeer troos.

Maar ’n week of twee het twee maande geword, vier maande, later ses. Maande waarin sy meer en meer besef het hoe gevaarlik dit is om Jode weg te steek.

En nou dit?

Nee, dit kan nie die soldate wees nie, probeer sy haarself oortuig. Ons sou die soldate se motorfietse gehoor het. ’n Mens hoor die motorfietse van ver af aankom. Sy lê fyn en luister. Hoor sy ’n trok? “Here?”

Nee, dit kan enige voertuig wees wat in die grondpad af ratel.

Die son kruip stadig aarde se kant toe. Dis stil, sy hoor nie eens die beeste of die hoenders nie.

Haar lyf raak al hoe ongemakliker, haar heup is deurgelê op die kortgekapte gras agter haar skuilplek. Sy roer ef­fens, maar dit voel nie regtig beter nie. Moet sy uitkruip en probeer kyk wat aangaan? Al het Pappa gesê sy moet doodstil bly lê tot hy terugkom?

Sy bly lê, lank bly sy lê. Haar pa kom nie.

Die geur van varsgesnyde gras steek in haar neus vas, krap in haar keel af. Verstikkend byna. Sy bid en bid, tot die liewe Here seker moeg is vir haar biddery. Want sy sê net dieselfde ding oor en oor: “Asseblief, bring vir Pappa terug.” Sy kan aan niks anders dink om te bid nie.

Haar arm is doodgelê, haar voete kriewel van die stillê, ’n lastige vlieg loop op haar gesig rond. Sy is te bang om te roer. Sy wag dat haar pa haar moet kom haal. Hy sal kom, hy het gesê hy sal.

Die son begin sak, die gras word klam onder haar.

En haar pa kom nie.

The post Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: <i>Mentje, kind van Pas-Opkamp</i> deur Irma Joubert appeared first on LitNet.

Breytenbach Sentrum se skryfskool (2017–2018)

$
0
0

Die 4de Skryfskool van die Breytenbach Sentrum begin op 28 Oktober 2017.  Dit duur nege maande. (Tot einde Julie 2018). Die fasiliteerder en mentor is Rachelle Greeff.

Die kursus fokus primêr op die skryf van kortverhale en romans. Hoogstens twee toneeltekste word oorweeg. 

Help ’n skryfskool?

As jy bereid is om gedissiplineerd te skryf en te herskryf, ja.

Die werk van voormalige studente van die Breytenbach Skryfskool getuig hiervan. Manuskripte is onlangs vir die NB Romanwedstryd (debuutafdeling) ingestuur. Van hul werk is gesien in die Woordfeesbundels Bly (2016) en Wys (2017), Die Burger se “Van Alle Kante”-rubriek en die Saterdagbylae, BY, en in Die Taalgenoot. Stories is in Sarie, Rooi Rose en Kuier  gepubliseer. Gewese student Alma Nel skryf bekroonde toneeltekste, Theltom Masemila, ook voormalig, is ’n mededraaiboekskrywer vir Sewende Laan en Suidooster, en die skrywerstudent Francois Verster is ’n finalis vir die kykNET-Rapport Boekprys (nie-fiksie).  Elisha Zeeman was met “Die Mystic en die vlieg” PEN Afrikaans se gekose New Voices-skrywer. Sy het dié storie tydens ‘n groepsessie begin.

Wat sê van die oud-studente?

“Die tekswerk is goud werd. Dit het my ’n groot hupstoot gegee oor wat gebreke is en wat goeie punte.” Willem Krog

“Gassprekers wat mens deurlopend aanspoor en gerusstel maak die skrywerswêreld menslik en toeganklik.” Lize Albertyn-du Toit.

“Rachelle betrek elke student by besprekings, en prikkel jou deurentyd om kreatief én krities te dink.” Lizette Murray.

Die tegnieke en praktiese pas van die klas (by die Breytenbach Sentrum én deur middel van internet-afstandsonderrig) gee aan studente die motivering, inspirasie en instrumente tot gehalte-skryfwerk.” René Lötter.

“Die klasse is interessant, gemaklik en ek sien uit daarna.” Francois Verster.

Hoe werk dit?

Die studente en mentor ontmoet een Saterdag elke maand by die Breytenbachsentrum op Wellington.

  1. Plaaslike en internasionale fiksie-tekste word in die groep bespreek om studente se kritiese vermoëns te ontwikkel. Soms word ’n film, wat uit ’n kortverhaal in ’n draaiboek ontwikkel is, saam gekyk. Almal kry afskrifte van die betrokke kortverhaal om vooraf te lees.
  2. Die mentor bring onderhoude met skrywers, en artikels deur skrywers, na die klas.
  3. Onvoorbereide skryf- en vertaaloefeninge word in die klas gedoen. Die eindresultaat word tydens groepsessies, wat vertroulik en professioneel is, bespreek.
  4. Kreatiewe denke word geprikkel en ontwikkel, ook met praktiese klasoefeninge. Totdat studente verdiep in ’n eie manuskrip is, word sulke opdragte by die huis voltooi en na die mentor gestuur.
  5. Studente word entoesiasties aangemoedig om soveel as moontlik te lees. (Enigiets van die Pronutro-boks tot die jongste Pulitzer-wenner.)
  6. Uitgewers kom kuier. Studente geniet en waardeer dié persoonlike kontak. In aansluiting hiermee word studente touwys gemaak in die afronding van ’n manuskrip vir voorlegging en meer oor die uitgewersbedryf vertel.
  7. Veteraanskrywers so uiteenlopend soos onder andere Ingrid Winterbach, Karin Brynard, François Bloemhof en Wilna Adriaanse word deurlopend by die kursus betrek. Hulle gesels oor hul werkwyse en studente het die geleentheid om hulle met vrae te peper.

Is dit al?

Nee, want die belangrikste werk van die skryfkursus vind tussen die maandelikse groepsessies plaas.

Nou skryf die student by die huis, en is in e-posverbinding met die mentor. Die mentor gee haar oorkoepelende mening, en gebruik die rekenaarfunksie van spoorveranderinge (“track-changes”) om woord vir woord in die ontwikkelende teks te help soos en waar nodig. Haar werkwyse berus op aansporing en eerlike kritiek – met deernis, en dikwels humor.

Kalender

Groepsessie 1   Saterdag 28 Oktober 2017

Groepsessie 2   Saterdag 11 November 2017

Groepsessie 3   Saterdag  9 Desember 2017

Groepsessie 4:  Saterdag 20 Januarie 2018

  • Die lang periode tussen die Desember 2017-sessie en die een in Januarie 2018 gee vir dié studente wat Die Groot Dae vier ’n blaaskans. Maar indien almal dit eens is, begin ons vroeër in Januarie. Studente en die bestuurder van die Breytenbachsentrum, Francois Lötter, besluit saam tydens die Januarie-sessie oor die datums van die res van die jaar.

Groepsessies (vakansienaweke uitgereken) is altyd die eerste Saterdag van die maand.

Somersessies: 8h00 - 16h00.

Wintersessies: 8h30 - 16h30.

Koste sluit sessie-studiemateriaal in asook ’n ligte middagete en versnaperings. 

Hoe doen ek aansoek?

Skriftelik by Jessica Ruiters by info@breytenbachsentrum.co.za

E-pos navrae of bel (021) 873 2786.

Wat moet in my aansoek staan?

  1. Naam & kontakbesonderhede.
  2. Kort motivering (maksimum 100 woorde) oor hoekom jy die kursus wil doen.
  3. Mini-biografie (maksimum 200 woorde).
  4. Titels van die laaste 10 boeke (ongeag genre) gelees.
  5. ’n Ongepubliseerde of gepubliseerde fiksie-skryfstuk, of ’n uittreksel, deur die aansoeker. Poësie uitgesluit. (Ongeveer 200 tot 500 woorde.)

Belangrike datums

20 Oktober 2017        Aansoeke sluit.

23 Oktober 2017        Suksesvolle kandidate benoem.

Onsuksesvolle aansoekers kry ook kennis, sonder verdere korrespondensie.

Wat kos dit?

Die kursusfooi van R1 500 per maand is aan die Breytenbach Sentrum betaalbaar. Betalingsbewys word gestuur aan Jessica by info@breytenbachsentrum.co.za.

The post Breytenbach Sentrum se skryfskool (2017–2018) appeared first on LitNet.

ARTiculate Africa 2017: On bended knee, we fight back

$
0
0

Fred Khumalo

The ARTiculate Africa literary festival took place from 29 September to 1 Oktober 2017 at the Inkosi Albert Luthuli ICC in Durban. Fred Khumalo shares a part of the speech he delivered at the festival.

The great American novelist William Faulkner once said every novelist is a failed short story writer, and every short story writer a failed poet. According to this logic, the poet is the master communicator. This is because in a few words the poet can reduce a person to tears, or inspire a someone to pick a gun and go to war, a feat that might take the average novelist hundreds of pages to achieve.

I want to complicate Faulkner’s assertion. I want to suggest that in fact the poet is herself a failed musician. Because a musician can with one phrase transport the listener to a universe she’s never experienced before; she can make the listener believe that she too can sing, or play the saxophone.

It’s therefore not surprising that many writers draw inspiration from music. When you’ve written a beautiful novel, the reviewers will say the writing is lyrical, it is full of music.

But musicians, too, get inspired – by books, by fiction. For example, in 1957 the great Duke Ellington took the world by storm when he released his twelve-part jazz suite called Such sweet thunder, named after a line in William Shakespeare’s A midsummer night’s dream where we eavesdrop on Puck as he says: “I never heard so musical a discord, such sweet thunder.”

Thirty-four years later, the jazz saxophonist Branford Marsalis gave us the album The beautyful ones are not yet born, an album inspired by the novel of the same name, published in 1968 by the Ghanaian writer Ayi Kwei Armah.

If you’ll allow me a brief moment of hubris: my 2006 novel Bitches’ brew was inspired by a Miles Davis song of the same name. It is instructive that in his profound analysis of Davis’s Brew the critic Greg Tate reverts to literary comparisons: “The difference between (Davis’s previous records) and Bitches brew is the difference between Alex Haley’s Roots and the novels of Gabriel Garcia Marquez. Where Haley prosaically told a people’s hellish collective history and redemption, Marquez through more poetic language uses history as a means into his folk’s collective unconscious, that Jungian hideaway where the spooks really sit beside the doors to the kingdoms of heaven and hell.”

In summary, Miles Davis’s Bitches brew, in turn, was inspired by the famous opening scene to Shakespeare’s Macbeth where the three witches are concocting a magical potion, a witches’ brew!

You see, this symbiotic relationship between the various art forms is powerful. How novels bleed into movies, and vice versa.

But what’s the importance of this – why am I bringing it up?

I am using these examples of one artist inspiring another as a springboard from which I launch my brief assessment of a different kind collaboration, a different kind of symbiosis. A political symbiosis between progressive forces in South Africa and the US.

At the helm of the civil rights movement, Dr Martin Luther King consciously decided that acts of civil disobedience would be done peacefully. He proudly noted that in mapping out his strategy he had been inspired by Mahatma Gandhi. As we all know, Gandhi experimented for the first time with passive resistance here in South Africa.

Almost a decade after the civil rights movement, we saw in South Africa the emergence of the black consciousness movement which sought to take our anti-apartheid struggle to the next level.

Steve Biko, who was the public face of black consciousness, unashamedly pointed out that his brand of BC had been inspired by the fiery oratory of Malcolm X and the public-spiritedness of the Black Panther Party.

Indeed, through the Black Community Programmes Biko emulated what the Black Panthers were doing in the United States – launching a series of community upliftment programmes, so that black people could take charge of their lives, their destinies.

You see, our struggles are intertwined.

In the late sixties and early seventies, when tens of thousands of black South Africans left the country of their birth and fled into exile, ending up in the German Democratic Republic, the Soviet Union, elsewhere in the African continent, the entire diaspora, our brothers and friends in America welcomed them with open arms. They opened their hearts, their homes and also their wallets to our people who were hungry, homeless and in desperate need of a proper education.

Were it not for the selflessness and the generosity of Harry Belafonte, Louis Armstrong, Miles Davis, Maya Angelou, the lives of Hugh Masekela, Jonas Gwangwa, Miriam Makeba, Willie Kgositsile, Lebo M and others, would have been different. In short, South African art would have been poorer. Lebo M wouldn’t have given the world The Lion King.

Our struggles are intertwined.

In the 1970s, right through the 1980s, the likes of Jesse Jackson, Al Sharpton, Harry Belafonte again, were at the forefront of a very vocal anti-apartheid movement in America.

In its various incarnations, the anti-apartheid movement in the US led to the cultural boycott and the withdrawal of American companies from apartheid South Africa. I can stand here and say categorically that their efforts made a huge dent in the apartheid machinery. So we are grateful to have them as friends and brothers.

Our struggles are intertwined.

In 2015 South African students embarked on a campaign to decolonise education, to open the doors of learning to all. But to pave the way for the campaign they set about getting rid of statues and edifices which were a tangible manifestation of colonialism. One of these was the statue of Cecil John Rhodes which towered like a colossus above the gardens at the University of Cape Town. At the instigation of these students the statue was removed.

The #RhodesMustFall movement suddenly grew wings. It flew to the UK, where it made its presence felt. Then it flew to the US, where our brothers and sisters took to the streets instigating for the removal of statues that celebrated a racist, oppressive side of America. We all know how that peaceful protest led to violence being visited on innocent black people by right-wing racists in the town of Charlottesville, Virginia. One person was killed. In the face of all this, Donald Trump failed to condemn the racist right wing.

In response to Trump’s belligerence and implied defence of the right wing, this past weekend numerous players in the National Football League refused to sing the national anthem. Whenever the anthem is sung, they peacefully kneel on the ground. It’s a potent protest that has since been joined by many brothers and sisters in America. This week we saw Stevie Wonder taking the knee. Pharrell Williams followed suit, as did John Legend.

In the face of all this, President Trump has complained that these black people are unpatriotic and ungrateful. He says if they want to protest, they must do so in their own time, not at the football stadium, not in public.

You see, the carrot-faced president still believes he is the master who can tell black people how to conduct their lives.  You kick me in the face and expect me to come running to you, going, “Massah, Massah, you just kicked me in mah face. Is it okay if I cries, Massah, is it okay if I cries?”

Carrot-face, please, those kinda niggers are long dead and gone!

As a South African writer I cannot stand by while my friends and comrades are being abused, my brothers who were there for me in the hour of need. I do not manufacture guns or bombs. My pen is my machine gun. My words are my bullets. I committed myself a long time ago that I shall use my words to fight injustice wherever it shows up. Not for me the Hegelian self-conceit of The Absolute Idea. “The idea, as unity of the subjective and objective Idea is the notion of the Idea – a notion whose object is the Idea as such, and for which the objective is Idea – an Object which embraces all characteristics in its unity.”

I do not indulge in ideas for the sake of glorifying them. I want to use them as a springboard into something more worthwhile, or tangible if you want. In this regard, my fellow traveller would be George Orwell in so far as he apprehends the writer’s role in society, while also being sensitive to the aesthetics: “My starting point is always a feeling of partisanship, a sense of injustice. When I sit down to write a book, I do not say to myself, ‘I am going to produce a work of art.’ I write it because there is some lie that I want to expose, some fact to which I want to draw attention, and my initial concern is to get a hearing. But I could not do the work of writing a book, or even a long magazine article, if it were not also an aesthetic experience.”

I think I speak on behalf of many artists gathered here when I say it’s incumbent upon us to stand up and be counted. Our American brothers were there in our hour of need; we cannot all of a sudden abandon them in their hour of darkness.

Because our struggles are intertwined.

(Based on a talk delivered at the Essence ARTiculate Festival, held at the Inkosi Albert Luthuli ICC in Durban, 28 September 2017.)

  • The author of Dancing the death drill, among other titles, Fred Khumalo is a fellow at the Stellenbosch Institute for Advanced Study and the Nieman Foundation for Journalism at Harvard University.

Also read:

ARTiculate Africa 2017: A book and art affair 

Mikhail Peppas, Sanabelle Ebrahim 
Lifestyle and entertainment 

"The showcase engages literature and visual arts enthusiasts in conversations around industry best practices and provides an opportunity for the public to meet bestselling and upcoming writers and artists." Mikhail Peppas and Sanabelle Ebrahim share Visual voice's photos of the festival.


ARTiculate Africa 2017: Enkele indrukke 

Clinton V du Plessis 
Feeste 

"Jy sal ver moet gaan soek om na nog so ’n uiteenlopende, imponerende lys sprekers onder een dak te kan luister."

The post ARTiculate Africa 2017: On bended knee, we fight back appeared first on LitNet.

ARTiculate Africa 2017: Enkele indrukke

$
0
0

Die ARTiculate Africa literêre fees het van 29 September tot 1 Oktober 2017 by die Inkosi Albert Luthuli ICC in Durban plaasgevind. Lees hier Clinton V du Plessis se indrukke van die fees.

Vertrek en aankoms, 28 September 2017

“Blessed be the Mountain at our backs,
the jaggy range on the horizon and the further plains:
the road we know, which yet tonight is strange to us.”
– Isobel Dixon, “Blessed be” (The Leonids)

My reis met ’n minibustaxi vanaf Cradock na die lughawe in Port Elizabeth laat my opnuut dink aan ruimtes – persoonlike ruimtes waaraan ons so verbete klou. Myne en joune.

In ’n minibus moet jy daardie ruimtes laat gaan, deel, die grense laat val – die musiekkeuse van die bestuurder is nie noodwendig dié van jou of die medepassasiers nie, maar jy swyg en verdra. En wanneer die eienaar nonchalant nog ’n ekstra sitplek langs jou prakseer, laat jy hom begaan. Let it be.

In daardie oggendure tussen traag wakkerword en halfhartig aan slaap klou, dring ook gesprekke jou ruimte binne. Op jou nugter maag praat vroue oor “morning sickness”, ’n ekssoldaat oor die inspuitings teen malaria en cholera wat hy agterna besef het nie werklik vir dit was nie. Hy maak aantygings – vertel van sewe- en agtjariges wat snags “high” op kartonne agter die biblioteek op Cradock slaap. Eendag sal hulle boeke brand teen die koue, sidder ek. “Ons maak ons kinders dood.”

Die middag land ek in die mis op King Shaka International – Dirk Opperman se kontrei. “Die bonkige Zoeloelander.”

Vroeër die dag het ek via sosiale media verneem van die heengaan van Hugh Hefner – sou die natuur se somberheid iets met die gebeure te doen hê? wonder ek, terwyl ons in ’n motreën van die lughawe ry.

Ek hou nougeset boek. Uit my aantekeninge diep ek dit op. My laaste besoek aan Durban was in Oktober 2004, die eerste naweek. 1 Time Airline, middelklasverblyf te Holiday Inn, South Beach.

Veel het sedertdien verander. Die 2010-Wêreldsokkerbeker het nuwe littekens teen die landskap se aangesig aangebring; die lughawe het verskuif; nuwe hotelle het verrys; die Moses Mabhida se stadionnok boog snags helder teen die hemelruim.

Ruimtes is op- en ingeneem. By Umhlanga het die suikerrietplantasies gesneuwel voor die pensioenfondse se aptyt vir optimale rendement per vierkante meter – Gateway, Theatre of Shopping noem hulle dit.

En ek dink.

Om te skryf is dan ook om sekere ruimtes te deel, jou mees intieme ruimtes te ontbloot – byna soos daardie modelle in Hugh Hefner se tydskrifte.

Woorde en vyfsterweelde

“For lunch we were served shrimp and crab, kingfish and calamari, clams and rice. Ravenous, I rubbed my swelling wrist, and asked for more.”

Christopher Merrill, “Utopia” (After the fact: Scripts & Postscripts)

Die genooide skrywers (en ander kunstenaars) gaan tuis in die Hilton. Daardie Hilton-empire wat iewers bande het met die hupse Paris Hilton (onthou iemand haar nog?). Glans en bling – konsepte wat nogal nie gemaklik in my mondering sit nie, maar dan is dit ook nie aldag dat kunstenaars so op die hande gedra word nie.

En binne gemaklike loopafstand, by die Inkosi Albert Luthuli ICC, vind die fees plaas. ARTiculate Africa is deel van die groter Essence-fees wat onstaan het uit Durban se susterstadstatus met New Orleans. Vanjaar is Darryl Earl David – die Hugh Hefner van boekefeeste in Suid-Afrika – betrokke as deel van die span wat die boeksegment behartig.

Skrywers deel ’n verhoog in ’n oop (en effe raserige) uitstalruimte.

Teen een van die lokaalmure waar daar ’n kunsuitstallings is, ’n aanhaling van Marty Rubin: “Behind every mask there is a face, and behind that a story.”

En hoeveel stories is daar nie te vertel nie. Oor die naweek deel ongeveer 80 skrywers hul lief en leed. Met ’n tikkie selfspot, pyn, ’n glim- en grynslag.

Helde word deur Ashwin Desai gedekonstrueer – die voete van klei genadeloos ontbloot ... Gandhi, Shaka.

Outentieke Durban

“It wasn't just the mealie-rice or the dry-fish chutney or the hand-ground spices that were at the nub of his nostalgia. There were a host of haunting memories of a lifetime spent at the hearth of his atman: the soil he'd never imagined he'd one day be torn away from, the rich, red soil of Cato Manor. Nostalgia, however, is the hand-maiden of delusion.”

– Ronnie Govender, “Brothers of the Spirit” in At the edge and other Cato Manor stories (1996).

Die romansier nooi my saam; die toergids is nie-amptelik.

Ek word betower deur die gewyde, heilige stilte van die moskee in Greystraat, argitektuur uit ’n vergange tyd, die gees van Gandhi, die Katolieke katedraal (van ’n afstand) en die aardse onopgesmukte vertellings deur van die winkeleienaars (sommige al vir die derde geslag in die handel). Een vertel oor waarom hy ’n advertensie in rasegte Afrikaans aan die voorkant van sy winkel vertoon. In ’n haarkappersalon glimlag die kliënte en werkers en het geen beswaar teen die neem van foto’s nie (weer die gemaklikheid met die inbreuk maak op die persoonlike ruimte).

Alles is te koop – tradisionele medisyne, kerries, kraalwerk, stukkies Afrika, brokkies binneland, tabak... die woord “snuisterye” kom by my op. Ooglopende chaos, maar haarfyn beplan. Argaïes.

Later, ’n blik op en vanaf die strandfront, Die Goue Myl. Woonstelle en hotelle. Drie jong meisies wys hoe jy ’n behoorlike selfoonfoto moet neem.

Die aanbod oorweldig

“I am not sure whether I have forgiven him for murdering the man I loved so deeply, but I do know that I have accepted and let go of the putrid anger and hatred that once engulfed me.”

– Lindiwe Hani, Being Chris Hani’s daughter.

Ek skuur skouers, breek brood met skrywers. Gesels, bespiegel, beplan, ontleed, luister. laat my boeke teken, ook my kopie van Karina Szczurek se memoir (met behulp van die romansier).

Jy sal ver moet gaan soek om na nog so ’n uiteenlopende, imponerende lys sprekers onder een dak te kan luister. Sonder om afbreuk te doen aan enige van die skrywers, enkele oomblikke wat my bygebly het:

  • Philani Dladla (The Pavement Bookworm) se praatjie oor sy lewe van swaarkry; die invloed van sy ma wat hom tot trane van dankbaarheid dryf.
  • Die twee kurators oor die werk en lewe van Mazisi Kunene.
  • Ashwin Desai se openingsrede.
  • Winnie M Li se onverskrokke eerlikheid oor die verkragting wat aanleiding tot haar boek Dark chapter gegee het,
  • Mike Lowry, ’n veearts met ’n hoogs onderhoudende praatjie, al was dit by tye “electronically challenging”.
  • Die Amerikaanse digter Christopher Merrill – ek is mal oor sy prosagedigte.
  • Die handskud met die dramaturg Ronnie Govender en die photo opportunity met hom, die bekroonde ZP Dala en Etienne van Heerden.

Daar was baie Engels, ’n knippie Afrikaans en ’n tikkie Zulu.

Digter Clinton du Plessis en romanskrywers ZP Dala en Etienne van Heerden

Closing time

“Stadig, soos jasmynblare in ’n beker tee, sak Hongkong uit my gemoed weg. Net die geur van die teehuis bly in my oor.”

– Etienne van Heerden, Die wêreld van Charlie Oeng.

In die hotel se portaal maak ek gereed om te vertrek. Isobel Dixon teken vinnig haar bundel vir my; ons ruilhandel die ander uit. My oog soek die plek vol na Lindiwe Hani, maar haar boek sal ongetekend moet bly.

Ek dink al die skrywers het vertrek met nuwe idees, nuwe inspirasie om die besetenheid van skryf te takel. Skryf is ’n moeilike stap op ’n eensame pad.

Maar wat ’n verrykende ervaring was hierdie drie dae nie.

Lees ook:

ARTiculate Africa 2017: A book and art affair 

Mikhail Peppas, Sanabelle Ebrahim 
Lifestyle and entertainment 

"The showcase engages literature and visual arts enthusiasts in conversations around industry best practices and provides an opportunity for the public to meet bestselling and upcoming writers and artists." Mikhail Peppas and Sanabelle Ebrahim share Visual voice's photos of the festival.


ARTiculate Africa 2017: On bended knee, we fight back 

Fred Khumalo 
Opinion 

"My pen is my machine gun. My words are my bullets. I committed myself a long time ago that I shall use my words to fight injustice wherever it shows up."

The post ARTiculate Africa 2017: Enkele indrukke appeared first on LitNet.


ARTiculate Africa 2017: A book and art affair

$
0
0

The ARTiculate Africa literary festival took place from 29 September to 1 Oktober 2017 at the Inkosi Albert Luthuli ICC in Durban. Mikhail Peppas and Sanabelle Ebrahim share Visual voice's photos of the festival. 

ARTiculate Africa: A book and art affair

Firing Africa with Inspiration

Live showcase of world-class writers, artists and influencers

The second edition of ARTiculate Africa contributed to the growing excitement around the Essence Festival Durban 2017. The Book & Art Affair ran from Friday, 29 September to Sunday, 1 October at the Durban ICC.

The showcase engages literature and visual arts enthusiasts in conversations around industry best practices and provides an opportunity for the public to meet bestselling and upcoming writers and artists. The interactive dialogues reflect Africa’s positioning as a leading hub for the development of knowledge production industries, which include visual arts, books and new media.

The literary segment features business meetings, industry talks and networking opportunities for professionals in the book trade, panel discussions, book launches, book signings, poetry and storytelling for the public alongside retail opportunities for booksellers.

Photos by Visual voice

“Letters are warmer than numbers … Compose where the beautiful flower blooms. We love letters as well,” shares poet HemelBesem.

American poet and essayist Christopher Merrill reflects on the motivation for Self-portrait with Dogwood and After the fact: scripts & postscripts.

Book signings with Isobel Dixon (left; poet and literary agent), Sara-Jayne King (author of Killing Karoline) and Luthando Lucas (author of I am).

Book signing with Afrikaans poet Clinton du Plessis (left) and American poet and essayist Christopher Merrill.

Exploring racial absurdities, inner torment and identity with Sara-Jayne King, author of the debut memoir Killing Karoline.

Panellists ZP Dala (left), Isobel Dixon and Christopher Merrill.

Backed by drum beats, novelist and journalist Fred Khumalo rendered a dramatic presentation on his fictionalisation of the SS Mendi catastrophe in Dancing the death drill.

The pavement bookworm by Philani Dladla (right) was selected for the eThekwini Municipality 2017 One City One Book (OCOB) launch. The 2016 OCOB launch featured When the chalk is down by BP Singh (left). 

Reminiscences of Karina Szczurek’s “ten truly happy years” with André Brink take centre stage in The fifth Mrs Brink. Curator of the 2017 ARTiculate Africa Book Fair Darryl David (left) captures the nostalgia through the lens. 

Exploring insights into book publishing with literary agents Isobel Dixon (left; UK), Aoife Lennon-Ritchie and novelist Paula Morris (NZ). 

“He would listen to me so intently over the phone.” Lindiwe Hani (left) reflects on Being Chris Hani’s daughter and the literary journey inspired by writer-publisher Melinda Ferguson (right): “You’ve got an amazing story; you should write a book.”

Celebrating books and writing with Lindiwe Hani (left), Melinda Ferguson and Michelle Nkamankeng.

Head of the Parks, Recreation and Culture Unit at eThekwini Municipality Thembinkosi Ngcobo shares the literary vision for the city with advancements such as the new Durban Central Library and the One City One Book (OCOB) initiative. 

Congratulating eight-year-old author Michelle Nkamankeng (left) and getting a copy of her book signed is the head of the Parks, Recreation and Culture Unit at eThekwini Municipality, Thembinkosi Ngcobo.

Tomorrow’s authors today: Showcasing her books Smelly cats and Bob and the snake is ten-year-old Stacey Fru.

Demystifying The fine line between editing and re-writing. Who is really the author? with Paula Morris (NZ), Isobel Dixon (UK), Etienne van Heerden and facilitator Darryl David. 

“I am not what happened to me, I am what I choose to become” – Carl Gustav Jung. Sharing her inspiring story of resilience in the face of adversity is Irene Fischer with I am still here.

Memory against forgetting: Paying tribute to acclaimed veteran photographer Ranjith Kally is Kalim Rajab (right). MC Jailoshini Naidoo kept the audience riveted over the three-day literary showcase.

Unravelling Die wêreld van Charlie Oeng is Etienne van Heerden (right) in conversation with Darryl David.

BunnyKat StoryPuppets thrilling to the Ike’s Books stand. The BunnyKat motto is: “Read Write Draw … X-plaw!” Ike’s Books & Collectables is a second-hand, out-of-print and antiquarian bookshop in Durban.

Partly inspired by her own assault, Dark chapter by Winnie Li tells the story of a rape from the perspectives of both the victim and the perpetrator.

Discovering The pearl within the oyster with Betty Govinden (left), ZP Dala, Sylvia Garib and Paula Morris (NZ).

Afrikaans poet Clinton du Plessis captivates the audience with his expressive mastery. 

Book & Design Fair Durban coordinator Mikhail Peppas (left) gifts BunnyKat Mfino (Spinach) to American poet and essayist Christopher Merrill.

Poet, performer, writer, recording artist and literary festival organiser Kyle Allan describes poetry as physical intensity. He performs in the Pecha Kucha poetry showcase.

Performing in the Pecha Kucha poetry showcase is author and poet Dime Maziba, who explores Harlem Renaissance and lyrical forms.

Poet Isobel Dixon captivates the audience with her moving lyrics in the Pecha Kucha poetry showcase.

Book & Design Fair Durban coordinator Sanabelle Ebrahim (left) and Chris Abani (USA) with BunnyKats Madumbi and FireEngine. Abani shared insights into The face: cartography of the void, The secret history of Las Vegas and poetry in the Pecha Kucha showcase.

TV and stage personality Jailoshini Naidoo enthrals the audience with a performance from At the edge by Ronnie Govender.

The funfair of the damned, starring Mephistopheles and a cast from every nation on earth: singer-songwriter, poet and playwright Chris Mann (right) mesmerises the audience with the lilting lyricism and rhythm of his poetry: “Lift up your hearts, minds and see the rainbow through the storm.” Curator of the 2017 ARTiculate Africa Book Fair Darryl David surveys the sheet music. 

Book signing by Karina Szczurek, author of The fifth Mrs Brink.

Acclaimed Durban playwright Ronnie Govender. A biography titled At the edge: the writings of Ronnie Govender by Rajendra Chetty is soon to be launched.

Talking books: Victorine Mbong Shu (author; mother of Stacey Fru), Gabriella-Sofia Peppas (Interpret Durban and Zakifo Music Festival), Stacey Fru (ten-year-old author) and Cedric Sissing (Adams Books) at the Adams Books stand.

Contradictions and controversy: Exploring biography with The mayor of Mogadishu by Andrew Harding (left) and A man of Africa: the political thought of Harry Oppenheimer by Kalim Rajab.

British journalist and author Andrew Harding responds to questions around The mayor of Mogadishu.

Also read:

ARTiculate Africa 2017: On bended knee, we fight back 

Fred Khumalo 
Opinion 

"My pen is my machine gun. My words are my bullets. I committed myself a long time ago that I shall use my words to fight injustice wherever it shows up."


ARTiculate Africa 2017: Enkele indrukke 

Clinton V du Plessis 
Feeste 

"Jy sal ver moet gaan soek om na nog so ’n uiteenlopende, imponerende lys sprekers onder een dak te kan luister."

The post ARTiculate Africa 2017: A book and art affair appeared first on LitNet.

’n Muishond is nie ’n Springbok nie

$
0
0

Ek skryf hierdie rubriek aan die vooraand van die tweede toets teen Nieu-Seeland op Nuweland. Die meeste lesers sal seker al die uitslag ken teen die tyd dat hulle hier lees. Maar nietemin, soos altyd wonder ek: Wat het, of doen, die Nieu-Seelanders wat ons nie het of doen nie wat maak dat hulle ons deesdae so klokslag klop?

As ’n mens Suid-Afrika se rugbyprestasie wil meet, dan is dit seker maar te verstane dat ons onsself teen die goudstandaard in wêreldrugby wil meet, en dit is Nieu-Seeland. Nieu-Seeland word nou al vir ’n paar dekades as die beste span beskou. Dit beteken natuurlik nie dat hulle elke wedstryd wen, elke jaar die beste is, of – betekenisvol vir Suid-Afrikaners – elke vier jaar die Wêreldrugbybeker wen nie. Maar wen wen hulle wel, en meestal. En daarom wil ons weet: Hoekom wen hulle so baie, en ons nie?

En dan is dit gebruiklik om die twee lande te vergelyk met verwysing na hulle afrigters, afrigtingstelsels, klubstelsels, skoolstelsels, natuurlike talent, oefenmetodes, spelpatroon en dies meer, ten einde te probeer vasstel wat die geheim van die Kiwi’s is.

En daar is sekerlik heelwat te sê vir die meeste van hierdie faktore. Maar daar is een probleem met die meeste van hierdie benaderings, en dit het te doen met die vraag: Wat is dit wat maak dat elkeen van hierdie faktore bestaan, en so effektief is, hetsy gesamentlik of afsonderlik? As hulle dinge reg doen, as hulle reg speel, as hulle die regte strategie volg, as hulle spelers oënskynlik instinktief weet wat om op die veld te doen, is daar ’n meer basiese rede voor?

Ek besluit toe desnoods om bietjie terug te staan en na die groter prentjie te kyk.

Ek begin met die teorie dat ons vermoë as ’n land om goeie toetsrugby te speel, ten nouste verband hou met die bestuur van ons ekonomie. As ons na die eerste tien lande op die toetsranglys van wêreldrugby kyk, dan sien ons dat die meeste lande se posisie ooreenstem met hulle plek op die ranglys vir ekonomiese vryheid – hoe vryer die ekonomie, hoe beter die rugby, met ook ’n los verhouding tussen inkomste en prestasie.

Land

Toetsrang

Ekonomiese- vryheid-rang

Per kapita-BBP

Nieu-Seeland

1

3

$39 059

Engeland

2

10

$42 609

Suid-Afrika

3

105

$13 225

Ierland

4

5

$68 883

Australië

5

10

$46 790

Skotland

6

10

$33 791

Wallis

7

10

$25 947

Frankryk

8

57

$41 466

Fidji

9

82

$9 561

Argentinië

10

156

$19 934

 

Maar met die eerste oogopslag is dit duidelik daar is een ooglopende uitsondering, en dit is Suid-Afrika. Suid-Afrika pas nie in die patroon nie.

Beteken dit dus Suid-Afrika is nie onderhewig aan die beginsel dat goeie ekonomiese bestuur beter rugby help verseker nie?

Nie so vinnig nie.

Wat my terugbring by die lakmoestoets wat Nieu-Seeland is. Hier onder is ’n vergelyking tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Ek neem die vierjaarsiklusse wat saamval met die Wêreldbeker sedert 1992 as basis, en kyk dan hoe die twee lande se ekonomies oorheersing/ondergeskiktheid met hulle toetsrekord in dié tydperke klop (in elke kolom, hoe groter die waarde, hoe beter Suid-Afrika se prestasie, hetsy ekonomies teenoor Nieu-Seeland, of itv toetsuitslae of punteverskil).

 

Jaar

SA:NS-groei

SA:NS -toetsrekord

Punteverskil

1992

-3,27

-1

-3

1993

0,192

0

0

1994

0,629

-2,5

-12

1995

0,657

+1

3

 

-0,448

-0,625

-12

1996

1,12

-3

-15

1997

1,3

-2

-23

1998

0,635

+2

11

1999

0,43

-1

-40

 

0,871

-1,15

-67

2000

1,43

0

-7

2001

0,793

-2

-20

2002

0,785

-2

-28

2003

0,64

-3

-64

 

0,912

-2,03

-119

2004

1,15

0

12

2005

1,747

0

2

2006

1,998

-1

-33

2007

1,85

-2

-32

 

1,68

-0,75

-51

2008

2,85

-1

-26

2009

-1,842

3

23

2010

1,99

-3

-41

2011

1,446

0

-20

 

1,111

-0,43

-64

2012

0,948

-2

-26

2013

1,01

-2

-25

2014

0,499

0

-2

2015

0,534

-2

-8

 

0,747

-1,5

-61

2016

0,07

-2

-276

 

Wat ons hier sien, is dat Nieu-Seeland se groei oor die algemeen tydperk vir tydperk beter was as dié van Suid-Afrika, en dat NS se voorsprong met elke tydperk progressief groter geword het.

En terselfdertyd het NS se prestasie op die rugbyveld beter as Suid-Afrika s’n geword. Die maklikste manier om dit te sien, is met die punteverskil tussen die twee spanne in elke opeenvolgende vierjaartydperk: -12, -67, -119, -51, -64, -61, -276. Ja, dit is nie ’n 100%-korrelasie nie, maar die neiging is onmiskenbaar. Namate NS se ekonomiese groei relatief beter as Suid-Afrika s’n vertoon het, het ons prestasie agteruitgegaan.

Maar weer is daar een dramatiese uitsondering. En dit is die vierjaarsiklus toe Suid-Afrika in 1995 die Wêreldbeker gewen het. Toe, ten spyte van die feit dat ons ekonomies maar treurig teenoor NS vertoon het, het ons hulle nie net in die Wêreldeindstryd geklop nie, maar ook die naaste gekom aan ’n gelykopuitslag in die puntevergelyking (-12).

Wat was die verskil in 1995? Dit was natuurlik die tyd van Nelson Mandela en Francois Pienaar, en dáárdie skepskop op Ellispark. Dit was die tyd toe ons teruggekeer het na die boesem van internasionale sport, en alles vergewe was. Toe ons weer die land kon wees wat die rugbywêreld vir soveel dekades só bewonder het. Toe ons weer ons gesigte daar buite kon wys.

1992–1995 was dus ’n tyd toe Suid-Afrika in ekonomiese terme bo sy gewig geboks het. En die rede was duidelik nie ekonomiese prestasie nie. Dit was nasionale trots.

Vandag, wat het gebeur? Ons is nie meer die Suid-Afrika van Mandela nie.

Dit is redelik om te spekuleer dat goeie regering, ’n groeiende ekonomie en nasionale trots hand aan hand loop. En daarmee saam ook sportprestasie.

En daar is natuurlik voor die hand liggende redes hoekom ons rugby onder ’n swak ekonomie ly: die belangrikste is seker die feit dat die swak rand spelers Europa toe lok. Nieu-Seeland, aan die ander kant, het in die laaste klompie jare een van die ekonomies mededingendste lande in die wêreld geword. Dieselfde geld Australië. En albei se sportprestasies gedy.

Maar daar is ’n meer fundamentele rede as rand en sent, en dit is dié: ’n muishond is nou maar eenmaal nie ’n Springbok nie.

The post ’n Muishond is nie ’n Springbok nie appeared first on LitNet.

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte – huisvesting op plase

$
0
0

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte – huisvesting op plase
Daniels v Scribante 2017 8 BCLR 949 (KH)

IM Rautenbach, Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van Johannesburg

LitNet Akademies Jaargang 14(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Abstract

Social rights and private duties – accommodation on farms

Section 25(6) of the Constitution guarantees security of tenure when tenure of land is legally insecure as a result of past racially discriminatory laws or practices. The Extension of Security of Tenure Act (ESTA) 62 of 1997 gives effect to this right. In this case, the Constitutional Court held that ESTA affords occupiers a right to make improvements to their dwellings to comply with constitutional standards without the consent of the owner. The parties must engage meaningfully and courts must resolve disputes.

The respondents argued that the ESTA provision that a court may order owners to pay compensation for occupiers’ improvements when the occupiers are evicted amounts to a private, positive duty to give effect to a social right which is not constitutionally permitted. The court held that section 8(2) of the Constitution does not exclude the possibility of imposing such duties and that the right in section 25(6) obliges owners to assist occupiers to live in houses that do not violate their human dignity. In a separate judgment, Jafta J held that the Constitution does not provide for positive, private duties in respect of social rights. The main judgment’s interpretive approach is more in line with purposive, value-based interpretation prescribed by section 39(1)(a) of the Constitution than the Jafta approach. Jafta J based his agreement with the court order on non-compliance with a negative duty not to interfere with the right in section 25(6).

The court applied section 25(2) to private persons. It did not consider the horizontal application of the right to access to adequate housing in section 26(1) within a labour relations context. Although it is not clear from the report whether the applicant was employed by the respondents, insecurity of tenure on farms evolved mainly from the dispossession of land on a racial basis during the colonial and apartheid eras which forced the disposed to live on farms as labourers. The principle in the Daniels case that the right to property may not thwart giving effect to a right to accommodation that does not disparage human dignity in terms of section 25(6), must also be applied to the exercising of constitutional contractual rights in terms of which labour relations are regulated in ways that violate the right to adequate housing in section 26.

Keywords: application of the Bill of Rights; approval to make improvements; balancing of interests; binding effect of the Bill of Rights; constitutional values; contractual freedom; human dignity; labour relations; limitation of rights; nature of a limitation; negative constitutional duties; positive constitutional duties; rights of children; right to access to adequate housing; right to basic education; right to property; security of tenure; separate, concurring judgments; social rights.

Trefwoorde: aard van beperkings; afsonderlike, instemmende uitsprake; afweging van belange; arbeidsverhoudings; beperking van regte; eiendomsreg; gebondenheid aan die Handves van Regte; grondwetlike waardes; kinderregte; kontraktuele vryheid; menswaardigheid; negatiewe grondwetlike pligte; positiewe grondwetlike pligte; reg op basiese onderwys; reg op toegang tot geskikte behuising; sosiale regte; toepassing van die Handves van Regte; toestemming om verbeterings aan te bring; verblyfsekerheid.

 

1. Inleiding

Hierdie bespreking behandel die vraag of private persone grondwetlike pligte het om deur positiewe optrede gevolg te gee aan ’n sosiale reg binne die raamwerk van artikel 25(6) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996. Artikel 25(6) bepaal dat ’n persoon of gemeenskap wie se besitreg van grond regsonseker is as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, geregtig is, in die mate wat deur ’n parlementswet bepaal word, op besitreg wat regseker is of op gelykwaardige vergoeding. In die Engelse teks van die Grondwet word die uitdrukking “security of tenure of land” gebruik. Pienaar en Kamkuemah (2012:282) verduidelik: “Tenure refers to the manner in which land is held or in which control over land is exercised. Therefore for tenure to be secure, one needs to be protected against arbitrary eviction and against interference, abuse and violation of occupational rights.” Die parlementswet wat gevolg gee aan artikel 25(6), is die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyf 62 van 1997 (die Verblyfregwet, soos na verwys word in Du Toit v George 28-2-2001 saaknr. C 31R/01; die afkorting ESTA word in Engelse tekste gebruik; vir ’n algemene bespreking van die wet sien Scheepers en Du Plessis (1998)).

Die Konstitusionele Hof beslis in Daniels v Scribante 2017 8 BCLR 949 (KH) dat okkupeerders ingevolge die Verblyfregwet die reg het om sonder toestemming van die eienaar van die grond of die persoon in beheer daarvan hul huise te verbeter om dit menswaardige huisvesting te maak (tensy anders aangedui, is verdere paragraafverwysings na paragrawe in hierdie saak). Die uitspraak is gelewer na aanleiding van die verwerping van ’n appèl teen ’n landdroshofbeslissing deur die Grondeisehof (Daniels v Scribante 2016-11-11 saaknr. LCC164/2015, hierna Daniels LCC).

In die Konstitusionele Hof is ’n hoofuitspraak en vier verdere instemmende uitsprake gelewer. Die uitsprake van regters Froneman, Cameron en Zondo is suiwer aanvullend omdat hulle in alle opsigte met die hoofuitspraak saamstem. Regter Froneman lewer ’n uitspraak om, soos die regter dit stel, “’n eerlike en diepe erkenning ... van die onreg van die verlede” aan die hand van historiese bronne te maak en om die implikasies van die verandering in die aard van die eiendomsbegrip deur die Grondwet uit te spel (parr. 72–144). Regter Cameron (parr. 145–55) stem met die historiese weergawes in die ander uitsprake saam, maar met ’n mate van huiwering (par. 149), omdat die geskiedenis oor grondbesetting nie in geskil was en die partye daaroor dus geen voorleggings gemaak het nie, en omdat geskiedskrywing nie binne die primêre bevoegdheid (“primary competence”) van regters val nie. Met “primary competence” bedoel die regter waarskynlik professionele vakkundigheid, want gelukkig is geskiedskrywing in Suid-Afrika nie ’n amptelike owerheidsfunksie nie. Regter Zondo beklemtoon die belangrikheid van belange-afweging met die toepassing van die Verblyfregwet (parr. 205–18).

Die instemmende uitspraak van regter Jafta is nie bloot aanvullend nie. Hy verskil met die bevinding in die hoofuitspraak dat private persone positiewe pligte ingevolge sosiale regte kan hê en sou die bevel van die hof anders wou motiveer.

Paragraaf 2 van hierdie artikel bevat ’n opsomming van die feite in die saak. In paragraaf 3 word verwys na die hof se uitleg van sekere bepalings van die Verblyfregwet. Uiteenlopende standpunte in afsonderlike uitsprake in die saak oor die vraag of private persone ingevolge artikel 8(2) van die Grondwet verplig is om positiewe stappe te doen om aan sosiale regte gevolge te gee, word in paragraaf 4 bespreek. Paragraaf 5 bevat gevolgtrekkings en slotgedagtes.

 

2. Die feite

Daniels was ’n huiswerker wat sedert 2000 op ’n plaas naby Stellenbosch gewoon het. Die deel van die huis waarin sy met haar kinders gewoon het, het uit ’n slaapkamer en ’n kombuis bestaan (parr. 4, 205). Haar vorige eggenoot was ’n werknemer op die plaas en sy het na hul egskeiding op die plaas bly woon (par. 208). Scribante was die plaasbestuurder en die persoon in beheer van die grond ingevolge artikel 1 van die Verblyfregwet. Die tweede respondent, Scribante se vrou, was die enigste lid van die beslote korporasie wat die eienaar van die plaas was. Almal het saamgestem dat Daniels ’n okkupeerder vir doeleindes van die Verblyfregwet was (Scribante LCC par. 6). In 2014 reik die landdroshof ’n tussentydse bevel teen Scribante uit om die deur van Daniels se huis wat hy beskadig het, reg te maak en om die elektrisiteitstoevoer wat hy afgesny het, aan te skakel (par. 5). Daniels het die landdroshof later ook gevra om ’n verklarende bevel dat sy ’n okkupeerder ingevolge die Verblyfregwet was en dat haar menswaardigheid aangetas is omdat die respondente nie die lekkende dak van die huis reggemaak het nie en niks wou doen aan die swak elektrisiteitstoevoer nie. Die hof het beveel dat die dak herstel en die elektrisiteitstoevoer onderhou moet word. Dit het die respondente toe gedoen (par. 6). Daniels het Scribante daarna skriftelik laat weet dat sy op eie koste die vloer van die huis gelyk wil laat maak, van die grond om die huis wil laat plavei en waterleiding, ’n wasbak, ’n tweede venster en ’n plafon wil laat insit. Hy het nie op die brief gereageer nie, maar erken dat die toestand van die huis haar menswaardigheid aangetas het (par. 7). Toe met die werk begin is, het Scribante Daniels skriftelik versoek om dit te staak omdat hy nie die verbeterings goedgekeur en bouplanne gesien het nie. Daniels het die landdroshof genader om ’n bevel dat sy geregtig was om die verbeterings sonder sy toestemming aan te bring (par. 9). Die aansoek is van die hand gewys. Die appèl na die Grondeisehof het nie geslaag nie. Die Grondeisehof beslis dat die Verblyfregwet nie aan Daniels die reg gee om sonder die toestemming van die eienaar van die grond of persoon in beheer die verbeterings aan te bring nie:

Such a drastic intrusion would clearly require an express, unambiguous, provision in the statute. … The right which the legislature intended occupiers to have are expressly and unambiguously set out at sections 5 and 6 of ESTA, absent from which is the right contended for by the appellant. (Scribante LCC par. 24)

Die vrae wat die Konstitusionele Hof in appèl oorweeg het, was of ’n okkupeerder ingevolge die Verblyfregwet verbeterings aan haar woning mag aanbring, en indien wel, of dit gedoen mag word sonder die toestemming van die eienaar of persoon in beheer (par. 11). Die respondente het in die Konstitusionele Hof twee argumente aangevoer waarom die Verblyfregwet nie vir so ’n reg voorsiening maak nie. Die eerste argument was gebaseer op die uitleg van bepalings van die Verblyfregwet (par. 3 hier onder), en die tweede op die pligte van private persone wat spruit uit die sosiale regte in die Grondwet (par. 4 hier onder).

 

3. Die uitleg van die Verblyfregwet

Volgens die Konstitusionele Hof moet die bepalings van die Verblyfregwet doeldienend (“purposively”) uitgelê word. Die doel van die wet is nie slegs om verblyfsekerheid te bewerkstellig nie, maar ook om te verseker dat die okkupeerders se menswaardigheid wat deur kolonialisme en apartheid geskend is, herstel en eerbiedig word (parr. 23–5). Die diskriminerende uitwerking van kolonialisme en apartheid op eiendomsreg en verblyfreg word in die hoofuitspraak (parr. 14–22) en in die instemmende uitspraak van regter Froneman (parr. 72–144) beskryf. Selfs wanneer die woorde van ’n wet duidelik en ondubbelsinnig is, moet die totale konteks van die wet in ag geneem word (par. 30, waarin verwys word na Department of Land Affairs v Goedgelegen Tropical Fruits (Pty) Ltd 2007 10 BCLR 1027 (KH), 2007 6 SA 199 (KH) par. 53). Die hof beslis dat alhoewel die Verblyfregwet nie uitdruklik voorsiening maak vir ’n reg van die okkupeerder om verbeterings aan te bring nie, die Grondeisehof se uitleg nie rekening gehou het met die doel en historiese agtergrond van die wet nie (par. 28). Die hof verklaar (parr. 29, 31):

On the respondents’ interpretation, occupiers have a right that could well be empty. They could live in conditions that infringe their right to dignity with no remedy available to them. That simply cannot be. How does the respondents’ interpretation factor the need for an occupier to live in conditions that conduce to human dignity? It does not. … [T]he occupation is not simply about a roof over the occupier’s head. Yes, it is about that. But it is more than just that. It is about occupation that conduces to human dignity and the other fundamental rights itemised in section 5 [of ESTA].

Volgens die hof kan die Verblyfregwet redelikerwys geïnterpreteer word om ’n okkupeerder se reg om verbeterings sonder toestemming aan te bring, in te sluit (par. 36). Sonder so ’n reg sou die uitvoerige reëls in die wet oor uitsettings omseil kon word (parr. 32, 34, 60).

Die bevinding dat die toestemming van die eienaar nie nodig is vir verbeterings nie, word egter sterk gekwalifiseer deurdat die hof ook beslis dat ingevolge die Verblyfregwet die eienaar of persoon in beheer op ’n betekenisvolle manier betrek moet word (par. 62; sien Muller 2012 oor die betekenis van meaningful engagement in uitsprake van die Konstitusionele Hof). Deur betekenisvolle oorleg kan ’n regverdige balans tussen die belange van die partye bewerkstellig word (par. 63; art. 6(2) van die Verblyfregwet verwys na so ’n balans en regter Zondo bespreek die balans in sy afsonderlike, instemmende uitspraak in parr. 213–6 en in Hatting v Juta 2013 5 BCLR 509 (KH), 2013 3 SA 275 (KH) parr. 32–3). Tydens die oorleg sou die okkupeerder daarvan oortuig kon word dat die verbeterings nie redelikerwys nodig is nie, of dat ander verbeterings as wat die okkupeerder beplan, ook aan die grondwetlike standaarde kon voldoen (par. 64). Dooiepunte in geskille moet deur ’n hof opgelos word (par. 65). In die Daniels-saak het die hof beveel dat die partye betekenisvol met mekaar moet oorleg pleeg, veral oor die bouers se aankoms, vertrek en beweging en oor die nodigheid om bouplanne te laat goedkeur; enige party mag die landdroshof binne 30 dae na die uitreiking van die bevel nader vir uitsluitsel oor geskille wat die partye self nie kan oplos nie (par. 71).

 

4. Die gebondenheid van private persone aan sosiale regte in die Grondwet

Die applikant het nie die vraag van private, positiewe pligte ingevolge sosiale regte geopper nie. Die hof bespreek dit na aanleiding van ’n argument van die  respondente (par. 37). Voordat die respondente se argument en die reaksie in die onderskeie uitsprake daarop bespreek word (onderskeidelik in 4.2 en 4.3 hier onder), word die grondwetlike raamwerk wat in paragraaf 4.1 gebruik word om die uitsprake te ontleed, kortliks uiteengesit.

4.1 Die relevante bepalings van die Grondwet

Die eerste twee subartikels van artikel 8 van die Grondwet reël die toepassing van die Handves van Regte op alle staatsorgane en private persone. Vir die ontleding van artikels 8(1) en 8(2) is dit belangrik om te onderskei tussen (a) die toepassing van die Handves op regsreëls en (b) die toepassing van die Handves op handelinge wat uitgevoer word ingevolge regsreëls wat grondwetlik geldig is (NEHAWU v University of Cape Town 2003 2 BCLR 154 (KH), 2003 3 SA 1 (KH) par. 14; AMCU v Chamber of Mines of South Africa 2017 6 BCLR (KH) parr. 72, 84-7). In ’n bepaalde geval kan slegs die grondwetlikheid van ’n regsreël ondersoek word, terwyl in ’n ander geval slegs op die grondwetlikheid van die uitoefening van ’n diskresie of vryheid ingevolge ’n geldige regsreël gefokus kan word. Die geldigheid van staats- en private optrede ingevolge geldige regsreëls word natuurlik altyd in die eerste plek getoets aan die bepalings van regsreëls uit hoofde waarvan dit verrig is, en dit is meestal, veral in die geval van private persone, gewone wetgewing en nie die Grondwet nie (die sg. subsidiariteitsbeginsel). Dit is egter strydig met die tweede gedeelte van artikel 8(1) en met artikel 8(2) (sien hier onder) om te redeneer dat die Handves nie direk op staats- en private optrede toegepas kan word wanneer die regsreëls uit hoofde waarvan opgetree word, nie ongrondwetlik is nie. Die beskrywing van die maatstawwe in gewone geldige regsreëls vir die uitoefening van diskresie of die maak van keuses bevat dikwels vae en onbepaalde regsbegrippe soos rasionaliteit, redelikheid, goeie trou, goeie sedes en openbare belange. Wanneer hierdie maatstawwe in konkrete gevalle toegepas moet word op owerheids- en private- diskresie-uitoefening wat Handvesregte raak, kan dit nie maar slegs gebeur aan die hand van vae verwysings na die grondwetlike waardes nie; daar moet dan vasgestel word of regte feitelik beperk is en indien wel, of die beperkings aan die vereistes vir die beperking van regte voldoen.

Artikel 8(1) het twee dele. Die eerste sin bepaal dat die Handves van toepassing is op die totale reg (“all law” in die Engelse teks). Die totale reg sluit alle afdelings en alle regsreëls van die statutêre, gewoonte- en gemenereg in. (Liebenberg 2010:321 se stelling dat art. 8(2) en (3) die gemenereg in geskille tussen private partye reël, is verkeerd. Sy ignoreer die feit dat art. 8(1) sonder enige kwalifikasie na “reg” verwys.) Die tweede sin bepaal dat die Handves die wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag en alle staatsorgane bind. Die tweede gedeelte is nie ’n onnodige herhaling van wat in die eerste gedeelte staan nie. Aan die hand van die onderskeid hier bo beteken die tweede deel dat alle staatsorgane ook gebind is wanneer hul handelinge wat die uitoefening van ’n diskresie of vryheid behels, verrig ingevolge regsreëls wat grondwetlik geldig is (S v Van Rooyen 2002 8 BCLR 810 (KH), 2002 5 SA 246 (KH) par. 37).

Artikel 8(2) bepaal dat ’n bepaling van die Handves ’n natuurlike of regspersoon bind indien, en in die mate waarin, dit toepasbaar is met inagneming van die aard van die reg en die aard van enige plig deur die reg opgelê. Aan die hand van die onderskeid hier bo beteken dit dat alle private persone ook gebind is wanneer hul handelinge wat die uitoefening van ’n keuse behels, verrig ingevolge regsreëls wat grondwetlik geldig is.

Nadat daar aan die hand van artikel 8(2) vasgestel is dat dit moontlik is om ’n bepaalde reg op optrede van private persone toe te pas, word die normale tweefase-benadering gevolg, naamlik om eerstens vas te stel of daar ’n feitelike aantasting van die reg was en tweedens of daar regverdiging vir die feitlike aantasting bestaan (S v Makwanyane 1996 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH) par. 102).

Indien nie onderskei word tussen die toepassing van die Handves op regsreëls en die toepassing van die Handves op optrede ingevolge regsreëls nie, kan daar maklik verwarring ontstaan. Currie en De Waal (2013:45–8) trap byvoorbeeld onklaar omdat hulle nie die onderskeid maak nie. Hulle meen byvoorbeeld dat in Barkhuizen v Napier 2007 7 BCLR 691 (KH), 2007 5 SA 323 (KH) die Handves op ’n regsreël toegepas is, terwyl dit in werklikheid toegepas is op ’n kontraktuele bepaling wat die reg op toegang tot die hof beperk het en tot stand gekom het ooreenkomstig regsreëls (oor kontrakteervryheid en pacta sunt servanda soos getemper deur contra bonos mores) waarvan die grondwetlikheid nie bevraagteken is nie. Hulle (2013:47) maak dus die ingrypende maar verkeerde afleiding dat artikel 8(2) volgens die Barkuizen-saak oorbodig is.

In artikels 8(1) en 8(2) word die woord “bind” gebruik. Gebondenheid aan reëls beteken dat daar pligte bestaan om ten opsigte van die menslike gedrag en belange wat in elke reg in die Handves beskerm word, op ’n sekere manier te op te tree of nie op te tree nie. Gebondenheid aan die een kant, en pligte om regte nie deur ’n doen of late aan te tas nie aan die ander kant, is twee kante van dieselfde munt. Nolan (2009:12) haal aan uit ’n Ierse hofbeslissing waarin verklaar is dat “if one citizen has a right under the Constitution there exists a correlative duty on the other citizens to respect that right and not to interfere with it” (Educational Company of Ireland Ltd v Fitzpatrick (No. 2) (1961) IR 345, 368).

Artikel 7(2) beskryf die staat se pligte ten opsigte van die Handvesregte, naamlik dat die staat die regte moet eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik. Die plig om regte te eerbiedig beteken om hulle nie aan tas nie. Dit word gewoonlik ’n negatiewe plig genoem, want dit verg dat jy iets nie mag doen nie. Daarteenoor is die pligte om regte te beskerm, te bevorder en te verwesenlik sogenaamde positiewe pligte, want dit verg aksie om iets uit te rig. (Vir ’n bespreking van hierdie pligte van die staat soos wat dit in verband met die Verdrag oor Sosiale, Ekonomiese en Kulturele Regte van die Verenigde Nasies gebruik word en waarvandaan die beskrywing van pligte in art. 7 van die Suid-Afrikaanse Grondwet oorgeneem is, sien Shany 2011:88–9.)

Artikel 8(2) oor die gebondenheid van private persone spel nie uit wat die pligte van private persone is nie. Dit beteken nie dat hulle nie pligte het nie, want soos hier bo verduidelik, bestaan daar nie so iets soos gebondenheid sonder pligte nie.

4.2 Die respondente se argument oor private pligte ingevolge sosiale regte

Die respondente se argument was dat indien die hof sou bevind dat Daniels sonder die toestemming van die eienaar verbeterings kon aanbring om aan grondwetlike standaarde te voldoen, artikel 13 van die Verblyfregwet hulle verplig om deur positiewe optrede gevolg te gee aan Daniels se sosiale reg op verblyfsekerheid in artikel 25(6). Artikel 13 bepaal dat wanneer ’n hof ’n uitsettingsbevel teen ’n okkupeerder maak, die hof die eienaar of persoon in beheer moet beveel om vergoeding te betaal vir verbeterings wat die okkupeerder aangebring het. Volgens artikel 13(1)(a)(i) en (ii) moet die hof onder andere in ag neem of die verbeterings met die toestemming van die eienaar of persoon in beheer aangebring is en of die verbeterings noodsaaklik of bruikbaar vir die okkupeerder was. Omdat die eienaars of persone in beheer van die eiendom dus verplig kan word om vir verbeterings waartoe hulle nie noodwendig ingestem het nie, te betaal, het die respondente geargumenteer dat die Verblyfregwet hulle verplig om deur ’n positiewe handeling gevolg te gee aan ’n sosiale reg deur die betaling van ’n som geld. Dit was volgens hulle ongrondwetlik, omdat die Grondwet nie voorsiening maak vir positiewe, private pligte ten opsigte van sosiale regte nie – “constitutionally an owner bears no positive obligation to ensure that an occupier lives under conditions that afford her or him dignity (par. 37; my kursivering). Die grondwetlikheid van ’n bepaling van die Verblyfregwet is bevraagteken.

In die hoofuitspraak verklaar die hof dat hierdie argument trompop (“head-on”) aan die hand van artikel 8(2) van die Grondwet hanteer moet word: die verblyfregreëlings in die Verblyfregwet gee gevolg aan artikel 25(6) van die Grondwet en dus is artikel 8(2) in beginsel ook van toepassing op aansprake ingevolge die Verblyfregwet (par. 38).

Die argument was egter gerig teen die grondwetlikheid van ’n wet van die parlement. Dit is, soos hier bo in paragraaf 4.1 verduidelik, ’n aangeleentheid wat gedek word deur artikel 8(1) se eerste gedeelte (die Handves is van toepassing op alle reg). Die hof se benadering om slegs na artikel 8(2) te verwys, is in beginsel nie korrek nie. Die ondersoek moes ingevolge artikel 8(1) gedoen gewees het. Nietemin is die ontleding van die implikasie van artikel 8(2) nie obiter of onvanpas nie. Die respondente se rede waarom die verpligting in artikel 13 van die Verblyfregwet ongrondwetlik is, is eerstens dat artikel 8(2) slegs vir negatiewe private pligte voorsiening maak en nie vir positiewe pligte nie, en tweedens dat dit beteken dat in gewone wetgewing nie vir sulke positiewe pligte voorsiening gemaak mag word nie. Die hof moes dus eers beslis of dit moontlik is dat private persone positiewe pligte ten opsigte van sosiale regte ingevolge artikel 8(2) kan hê. Die hof se gevolgtrekking dat positiewe pligte wel uit gebondenheid van private persone aan Handvesregte kan spruit, soos bespreek in paragraaf 4.3.1 hier onder, het dit onnodig gemaak om te beslis of ’n teenoorgestelde gevolgtrekking, naamlik dat artikel 8(2) nie vir positiewe private pligte ten opsigte van sosiale regte voorsiening maak nie, sou impliseer dat sulke pligte nie in gewone wette opgelê mag word nie. Nietemin gaan ek nou in die volgende paragraaf na die meriete van die standpunt van die respondente kyk.

Alhoewel die hof in die Daniels-saak dit dus nie behandel het nie, soos so pas hier bo verduidelik, kan dit duidelikheidshalwe hier gestel word dat die respondent se argument dat gewone wetgewing nie voorsiening mag maak vir groter beskerming van regte deur die oplê van pligte as waarvoor in die Grondwet voorsiening gemaak word nie, verkeerd is. Gewone wetgewing gee gevolg aan grondwetlike sosiale regte (King 2012:19 maak ’n onderskeid tussen wetgewende sosiale regte en grondwetlike sosiale regte). In gewone wetgewing mag vir meer beskerming as in die Grondwet voorsiening gemaak word mits die beperking van regte van derdes wat uit die groter beskerming kan spruit, aan die vereistes vir die beperking van regte voldoen. In MEC for Education: KwaZulu-Natal v Pillay 2008 2 BCLR 99 (KH), 2008 1 SA 474 (KH) par. 43 verklaar die Konstitusionele Hof ten opsigte van die reg op gelykheid:

The legislature, when enacting national legislation to give effect to the right to equality may extend protection beyond what is conferred by section 9. As long as the Act does not decrease the protection afforded by section 9 or infringe another right, a difference between the Act and section 9 does not violate the Constitution.

Volgens hierdie stelling sou ’n private positiewe plig ten opsigte van ’n sosiale reg in gewone wetgewing waardeur die regte van die verpligte party beperk word, aan die vereistes vir die beperking van regte moet voldoen. Die respondente sou dus wel met ’n beroep op die eerste sin van artikel 8(1) kon aangevoer het dat die plig in artikel 13 van die Verblyfregwet om te betaal vir verbeterings wat sonder hul toestemming op hul eiendom aangebring word, nie voldoen aan die grondwetlike vereistes vir die beperking van die reg op eiendom in artikel 25 van die Grondwet nie. Hulle sou egter na alle waarskynlikheid ook nie met so ’n argument kon geslaag het nie. Die rede hiervoor is die volgende.

Artikel 25(1) van die Grondwet lui: “Niemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge ’n algemeen geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie.” Om te bepaal of ’n ontneming van eiendom grondwetlik “arbitrêr” is, neem die Konstitusionele Hof dieselfde faktore in ag wat ingevolge artikel 36(1)(a) tot (e) van die Grondwet in ag geneem moet word vir die beperking van alle regte (sien bv. National Credit Regulator v Opperman 2013 2 BCLR 170 (KH), 2013 1 SA 1 (KH) parr. 75, 79 en Agri SA v Minister for Minerals and Energy 2013 7 BCLR 727 (KH), 2013 4 SA 1 (KH) par. 49). Die aard van die beperking waarna in artikel 36(1)(c) van die Grondwet verwys word, sluit die manier of prosedure in waarvolgens die reg beperk word. Die prosedure in die Verblyfregwet behels volgens die Daniels-uitspraak dat betekenisvolle oorleg met die eienaar moet plaasvind en dat ’n hof die verskuldigde bedrag moet bepaal met inagneming daarvan of toestemming gegee is vir die verbeterings en hoe noodsaaklik en bruikbaar die verbeterings vir die okkupeerder is. Per slot van rekening  betaal die eienaar vir verbeterings aan sy eiendom; die enigste nadeel is dat die verbeterings moontlik sonder haar of sy toestemming (maar na betekenisvolle oorleg) aangebring is. Die aard en omvang van die beperking is nie prosedureel of substantief ingrypend nie en sal na alle waarskynlikheid maklik te lig bevind word wanneer dit opgeweeg word teen die doel van die verblyfregsreëling in artikel 25(6) van die Grondwet en in die Verblyfregwet soos beskryf in die hoofuitspraak en die instemmende uitspraak van regter Froneman.

4.3 Die hoofuitspraak

In die hoofuitspraak is beslis dat die Grondwet nie private, positiewe pligte in die geval van sosiale regte verbied nie en dat die respondente wel ingevolge artikel 8(2) positiewe pligte ten opsigte van die reg op verblyfsekerheid in artikel 25(6) van die Grondwet het. Die hof argumenteer soos volg.

Daar is geen aanduiding in artikel 8(2) dat die “aard van die plig deur die reg opgelê” beteken dat private persone onder geen omstandighede positiewe pligte ingevolge sosiale regte kan hê nie (par. 39). Uit die feit dat die positiewe of negatiewe aard van ’n plig deel vorm van die aard van die plig en dat die pligte van die staat mag verskil van die pligte van private persone (net soos die pligte van onder andere die uitvoerende, wetgewende en regsprekende gesag verskil), kan nie afgelei word dat private persone nie ook positiewe pligte kan hê nie (par. 40).

Die hof verklaar ook dat die feit dat die positiewe pligte van die staat uitdruklik in die Grondwet uitgespel word in artikel 26(2) ten opsigte van die reg op toegang tot geskikte behuising en in artikel 27(2) ten opsigte van die regte op gesondheidsorg, voldoende voedsel en maatskaplike sekerheid, ook nie beteken dat private persone geen positiewe pligte ingevolge sosiale regte kan hê nie (par. 42). Artikels 26(2) en 27(2) bepaal dat die staat redelike wetgewende en ander maatreëls binne sy beskikbare middele moet tref om elk van die regte in ’n toenemende mate te verwesenlik. In vorige uitsprake van die Konstitusionele Hof is beklemtoon dat die beskrywing van die positiewe staatspligte in artikels 26(2) en 27(2) nie ruimte daarvoor laat dat ander positiewe pligte van die staat ingelees kan word in die algemene omskrywing van die regte in artikels 26(1) en 27(1) nie (sien bv. Government of the RSA v Grootboom 2000 11 BCLR 1169 (KH), 2000 1 SA 46 (KH) par. 39 (Grootboom); Minister of Health v Treatment Action Campaign 2002 10 BCLR 1033 (KH), 2002 5 SA par. 39; Mazibuko v City of Johannesburg 2010 3 BCLR 239 (KH), 2010 4 SA 1 (KH) parr. 48–50). Daarmee is egter in hierdie vorige uitsprake nie beslis dat private persone nooit positiewe pligte ingevolge sosiale regte kan hê nie (sien ook Pieterse 2007:163).

Daar is ook na twee ander sake van die Konstitusionele Hof verwys. In Governing Body of the Juma Musjid Primary School v Essay 2011 8 BCLR 761 (KH) parr. 57–8, 60, 62 het die Konstitusionele Hof ten opsigte van die reg op basiese onderwys in artikel 29(1)(a) van die Grondwet beslis dat ’n private grondeienaar nie ’n positiewe plig het om sy eiendom beskikbaar te stel vir gebruik deur ’n openbare skool nie. Die eienaar kan dit in ’n huurooreenkoms beskikbaar stel. Die eienaar het egter wel ’n negatiewe plig om nie in te meng met die uitoefening van die reg op basiese onderwys nie en hy het dus ’n grondwetlike plig om die ontwrigting van die onderwys so ver moontlik te beperk wanneer die huurkontrak beëindig word. In die Daniels-saak verklaar die hof dat ook hierdie stellings in die Juma Musjid-saak nie kategoriese uitsluit dat private persone nooit positiewe pligte ingevolge sosiale regte kan hê nie (parr. 45–8). Die hof het ook verwys na City of Johannesburg Metropolitan Municipality v Blue Moonlight Properties 2012 2 BCLR 150 (KH), 2012 2 SA 104 (KH) par. 40 waar die Konstitusionele Hof ’n positiewe plig van ’n private eienaar erken het om onwettige okkupeerders te huisves indien hul onmiddellike uitsetting voordat die munisipaliteit alternatiewe huisvesting voorsien het, tot haweloosheid sou lei. In die Daniels-hoofuitspraak meld die hof ook dat eienaars ook ingevolge die gemenereg soms verplig is om aan vertrekkende okkupeerders vergoeding te betaal (par. 55).

Volgens die hof sluit artikel 8(1) dus nie die moontlikheid uit dat private persone positiewe pligte ten opsigte van sosiale regte kan hê nie. Of hulle dit het, moet bepaal word met inagneming van die faktore wat daarop kan dui dat private persone in die geval van ’n spesifieke reg positiewe pligte kan hê. Hierdie faktore sluit in die historiese agtergrond van die reg, wat die doel met die reg is en hoe die doel bereik kan word, hoe moontlik dit is dat die reg deur private persone aangetas kan word, en of die niegebondenheid van private persone aan die reg daartoe sal lei dat die wesenlike kern van die reg aangetas word (parr. 39, 49; sien ook par. 5 hier onder).

Oor die toepassing van hierdie faktore in die Daniels-saak verklaar die hof (par. 40):

[T]his question is easy to answer insofar as the right to security of tenure is concerned. By its very nature, the duty imposed by the right to security of tenure, in both the negative and positive form, does rest on private persons. People requiring protection under ESTA more often than not live on land owned by private persons. And I dare say the obligation resting, in particular, on an owner is a positive one. A private person is enjoined by section 25(6) of the Constitution through ESTA to accommodate another on her or his land. It is so that the obligation is also negative in the sense that the occupier’s right should not be “improperly invaded”.

Volgens die hof kan private persone ingevolge artikel 25(6) van die Grondwet deur ’n positiewe plig gebind word om sekere persone op hul eiendom met menswaardige huisvesting te help. Maar daar is ook ’n negatiewe plig om nie die okkupasiereg te skend nie. Die respondente se argument dat hulle nie grondwetlik verplig sou kon word om ’n bydrae te maak vir die verbeterings nie (volgens art. 13 van die Verblyfregwet) en dat hul toestemming vir verbeterings nodig was, het daarop neergekom dat die okkupeerder vir lief daarmee moes neem om in onmenswaardige omstandighede te woon. Dit, verklaar die hof, is strydig met die etos en waardes van die Grondwet (parr. 51–2). As daar nog grondeienaars en regslui is wat dink dat daar sulke regte uit hoofde van eiendomsreg bestaan, maak hulle ’n groot fout (sien die uitspraak van regter Froneman par. 101).

4.4 Die afsonderlike instemmende uitspraak van regter Jafta

Regter Jafta, gesteun deur regter Nkabinde, stem met die bevel in die hoofuitspraak saam, maar verskil met die hoofuitspraak se motivering vir die bevel. (Die regter stem blykbaar saam met die interpretasie van die meerderheid dat die Verblyfregwet geen instemming vereis vir die aanbring van verbeterings nie, want hy verklaar dat hy slegs oor een aangeleentheid nie met die hoofuitspraak saamstem nie en dit raak die kwessie van die gebondenheid van private persone aan sosiale regte in die Grondwet (par. 156).)

Volgens regter Jafta maak artikel 8(2) nie voorsiening vir positiewe pligte van private persone om ander te help om sosiale regte uit te oefen nie. Hy verklaar: “I do not read this provision as being a source of any obligation, let alone a positive obligation borne by a private person” (par. 156; my kursivering). Volgens hom stel artikel 8(2) die beginsel dat sekere regte private persone bind, maar dit bevat geen reëling oor pligte nie (par. 157). Dit is nie ’n logiese konstruksie nie. Soos hier bo in paragraaf 4.1 aangetoon, beteken gebondenheid om ’n plig of pligte te hê om op ’n bepaalde manier op te tree of nie op te tree nie. Verder is dit nie korrek dat artikel 8(2) slegs die beginsel ten opsigte van private gebondenheid bevat nie. Artikel 8(2) beskryf ook ’n algemene maatstaf wat gebruik moet word om vas te stel of bepaalde regte in spesifieke situasies private persone bind, naamlik dat ’n bepaling van die Handves private persone bind “indien, en in die mate waarin, dit toepasbaar is met inagneming van die aard van die reg en die aard van enige plig deur die reg opgelê”.

In die hoofuitspraak is telkens beklemtoon dat wanneer ’n bepaling nie uitdruklik na private positiewe pligte verwys nie, dit nie beteken dat sulke pligte nie erken kan word nie. Regter Jafta volg ’n teenoorgestelde benadering: wanneer ’n bepaling nie uitdruklik na private positiewe pligte verwys nie, kan sulke pligte nie ingelees word nie. Hy verklaar byvoorbeeld dat omdat artikel 7(2) uitdruklik bepaal dat die staat die positiewe pligte het om Handvesregte te “beskerm, bevorder en eerbiedig”, dit vreemd sou wees dat die Grondwet uitdruklik voorsiening maak vir positiewe pligte van die staat, maar dit op ’n verskuilde manier doen wanneer dit gaan oor sulke pligte van private persone (par. 162). Verder sluit die beskrywing van die positiewe staatspligte in artikels 26(2) en 27(2) van die Grondwet volgens hom nie slegs die moontlikheid uit dat die staat geen ander positiewe pligte ten opsigte van die sosiale regte in artikels 26(1) en 27(1) het nie (soos beslis is in Minister of Health v Treatment Action Campaign No. 2 2002 10 BCLR 1033 (KH), 2002 5 SA 721 (KH) par. 39), maar ook dat private persone geen positiewe pligte ten opsigte van hierdie of enige ander regte kan hê nie (parr. 186–9). Ook dit is nie ’n logiese redenasie nie. Soos regter Jafta self verduidelik (par. 190), word algemeen aanvaar dat die staat en private persone negatiewe pligte het om nie met die uitoefening van die regte in artikels 26 en 27 in te meng nie. Hierdie pligte word ook nie uitdruklik in artikels 26 en 27 beskryf nie, maar dit word beskou as ’n noodwendige implikasie van die staat se gebondenheid aan die betrokke regte (Grootboom par. 38; Rail Commuters Action Group v Transnet Ltd t/a Metrorail 2005 4 BLCR 301 (KH), 2005 2 SA 140 (KH) parr. 33–4; Japhta v Schoeman; Van Rooyen v Stoltz 2005 1 BCLR 78 (KH), 2005 2 SA 140 (KH) par. 34; sien ook Liebenberg 2014:71).

Die hoofuitspraak gee veel beter uitdrukking aan die opdrag in artikel 39(1)(a) van die Grondwet dat by die uitleg van die Handves van Regte die waardes wat ’n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid ten grondslag lê, bevorder word. Artikel 39(1)(a) beteken dat ’n waardegebaseerde uitlegbenadering nie een van meerdere benaderings is wat moontlik met die uitleg van die Handves van Regte gevolg kan word nie; volgens die Grondwet móét dit gevolg word (Matatiele Municipality v President of the RSA 2007 1 BCLR 47 (KH), 2007 6 SA 477 (KH) par. 36; Botha 1991:60–1). Die uitlegbenadering in die hoofuitspraak gee veel beter gevolg aan wat bekend staan as “transformative constitutionalism” as die benadering van regter Jafta. (Vir ’n oorsig van die standpunte en literatuur oor “transformative constitutionalism”, sien Sibanda 2012:40–6.) Maar dit gaan nie net oor ’n bepaalde uitlegbenadering nie; dit gaan ook oor standpunte in buitelandse literatuur dat sosiale regte uitsluitlik oor staatspligte gaan. (King 2012:39 verklaar byvoorbeeld: “And of course states are the primary if not only duty-bearers in respect of social rights recognised in international human rights law.”) Op enkele uitsonderings na (byvoorbeeld in Portugal) het die meeste nasionale en internasionale instrumente egter nie ’n bepaling wat soortgelyk is aan die Suid-Afrikaanse artikel 8(2) nie en in artikel 8(2) het die Suid-Afrikaanse grondwetgewer duidelik verklaar dat bepalings van die Handves ook private persone kan bind.

Regter Jafta verskil ook met die stelling in die hoofuitspraak dat dit in die Blue Moonlight Properties-saak gegaan het oor die erkenning van ’n positiewe plig om onwettige okkupeerders van sy eiendom te huisves indien hul onmiddellike uitsetting voordat die munisipaliteit vir alternatiewe huisvesting voorsiening gemaak het, tot haweloosheid sal lei. Volgens regter Jafta het dit nie gegaan oor ’n positiewe plig nie, maar oor ’n grondwetlike beperking van die reg op eiendom van die eienaar deur die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Besetting van Grond 19 van 1998 (parr. 182–5). Ook ten opsigte van die Juma Musjid-saak redeneer regter Jafta dat dit gegaan het oor die negatiewe plig van ’n eienaar om nie in te meng met die reg op basiese onderwys wat op sy eiendom uitgeoefen is nie. In aansluiting hierby is regter Jafta se instemming met die bevel in die hoofuitspraak gebaseer op die nienakoming deur die respondent van ’n negatiewe plig om nie in te meng met ’n aspek van die reg op verblyfsekerheid, naamlik haar reg om verbeterings aan die huis aan te bring sodat dit geskik vir menswaardige bewoning is, nie (parr. 194, 199):

By preventing Ms Daniels from effecting the necessary improvements, the respondents effectively interfered with the enjoyment by her of the right to residence. This constituted a breach of their negative duty not to interfere with her right of residence. … The respondents' conduct … was a breach of the negative duty placed on them by section 25(6) of the Constitution read with ESTA.

Hierdie benadering van regter Jafta oor die Blue Moonlight Properties- en Juma Musjid-sake is nie noodwendig verkeerd nie. Die manier waarop Handvesregte in private verhoudings ’n rol speel, moet egter in ag geneem word. Met die toepassing van Handvesregte op private verhoudings is daar meestal Handvesregte aan weerskante van ’n geskil betrokke. Dit is so omdat die beperking van ’n reg van ’n private persoon deur ’n ander private persoon byna altyd plaasvind terwyl laasgenoemde besig is om self ’n Handvesreg uit te oefen – A se reg op menswaardigheid word byvoorbeeld aangetas deur B se uitoefening van die reg op vryheid van meningsuiting. Soos aan die einde van paragraaf 4.2 hier bo aangetoon, sou ’n argument van die Scribante’s dat die reg op eiendom in artikel 25(1) van die Grondwet ongrondwetlik beperk is deur die Verblyfregwet omdat hulle gedwing sou kon word om te betaal vir verbeterings waartoe hulle nie ingestem het nie, waarskynlik gestuit kon gewees het deur ’n verweer dat die beperking geregverdig is om gevolg te gee aan die grondwetlike sosiale reg van Daniels. Mens kan dus inderdaad in die Blue Moonlight Properties-, Juma Mushid- en Daniels-sake die feite benader asof daar ’n beperking van eiendomsreg was, maar anders as wat regter Jafta waarskynlik sou meen, natuurlik dan met volle erkenning daarvan dat hierdie beperking bestaan uit positiewe pligte van die eienaar na aanleiding van ’n sosiale reg.

 

5. Slot

Alle regte in die Handves beskerm sekere aspekte van menslike gedrag en belange. Pollmann (2014:122–3) verklaar:

It does not matter which language we speak – whether we talk of “human rights”, “droit de l’homme”, “Menschenrechte”, “derechos humanos”, “insan hakları”, … (prava cheloveka) etc. – since as long as one uses the term “human” or linguistic equivalents, the speaker appears to rely on basic common features of all human beings or on universal characteristics and properties of human life. These seem to justify the talk of human rights by way of referring to some natural or basic needs, typical capabilities, species-specific vulnerabilities, inborn qualities or human essences.

Dit geld ook vir Handvesregte waarin die beskermde gedrag en belange nie uitdruklik in die teks van die Handves geformuleer is nie, maar waarin slegs verwys word na pligte, byvoorbeeld die reg op gelykheid, die strafprosesregtelike regte en die sosiale regte. (Daar is geen regte in die Handves, hoe ook al geformuleer, waarvan die beskermde menslike gedrag en belange nie geïdentifiseer kan word nie, en ten opsigte waarvan daar nie pligte bestaan om op ’n bepaalde manier teenoor die beskermde gedrag en belange op te tree nie.) Die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm sosiale regte omdat inmenging met en toegang tot geskikte behuising, voldoende voedsel en water, gesondheidsorg en maatskaplike sekerheid ook regte aantas wat gewoonlik nie as sosiale regte beskou word nie. In die Suid-Afrikaanse regspraak oor sosiale regte word altyd beklemtoon dat die sosiale regte menslike belange en gedrag beskerm wat ook deur ander Handvesregte beskerm word, byvoorbeeld menswaardigheid, lewe, vryheid en sekerheid van die persoon, fisieke en psigiese integriteit, privaatheid, vrye assosiasie en bewegingsvryheid. In ’n situasie van uiterste armoede kan ook politieke regte en regte op toegang tot die howe min beteken. Die aard van die menslike gedrag en belange wat deur sogenaamde sosiale regte en sogenaamde burgerlike vryheidsregte beskerm word, is dieselfde (sien ook Bilchitz 2007:160, 188). Die sosiale regte beskerm die besondere menslike belange en gedrag teen besondere maniere waarop dit aangetas kan word, naamlik deur inmenging met toegang tot geskikte behuising, voldoende voedsel en water, gesondheidsorg en maatskaplike sekerheid of deur versuim om te help met sodanige toegang wanneer dit nodig is. Die toets wat deur die howe gebruik word om vas te stel of die pligte om nie in te meng nie, of om te versuim om te help, nie nagekom is nie, word altyd gekoppel aan die vraag of die inmenging of versuim ’n uitwerking gehad het op menswaardigheid, vryheid en sekerheid van die persoon, ens. (sien bv. Grootboom parr. 3, 9, 23, 80; Soobramoney v Minister of Health, KwaZulu-Natal 1997 12 BCLR 1696 (KH), 1998 1 SA 765 (KH) par. 21; Khosa v Minister of Social Development; Mahlaule v Minister of Social Development 2004 6 BCLR 569 (KH), 2004 6 SA 505 (KH) parr. 40, 82; City of Johannesburg v Rand Properties (Pty) Ltd 2007 6 BCLR 643 (HHA) par. 36). Die feitelike vraag of sekere gedrag en belange geraak is deur onvoldoende toegang tot byvoorbeeld geskikte behuising en voldoende voedsel en water word nie beïnvloed deur die feit dat positiewe ingryping of versuim om in te gryp ter sprake is nie. Daarmee is die vraag oor wie die plig gehad het om nie in te meng nie of om hulp te verleen natuurlik nog nie beantwoord nie.

Volgens die hoofuitspraak in die Daniels-saak is die positiewe of negatiewe aard van pligte nie deurslaggewend wanneer gevra word of ’n bepaalde sosiale reg ’n private persoon bind nie (parr. 39–40). Die gebondenheid van private persone aan die sosiale regte moet aan die hand van artikel 8(2) van die Grondwet bepaal word. In die hoofuitspraak van die Daniels-saak verskyn ’n opsomming van die faktore aan die hand waarvan bepaal kan word of private persone deur ’n reg gebind word, byvoorbeeld die historiese agtergrond en doel van die reg, die moontlikheid dat die reg deur private persone aangetas kan word, en of die niegebondenheid van private persone aan die reg daartoe sal lei dat die wesenlike kern van die reg aangetas word (par. 39; sien ook Currie en De Waal 2013:49–50). Die belangrikste maatstaf is egter steeds die algemene vereiste wat in artikel 8(2) gestel word, naamlik dat die Handvesbepaling “toepasbaar” moet wees. “Toepasbaarheid” beteken hier dat dit prakties moontlik is dat ’n bepaalde Handvesreg deur partye in private verhoudings aangetas kan word. Anders as wat Liebenberg (2008:467; 2010:329) beweer, verg “toepasbaar” nie ’n waardeoordeel of beginselbesluit oor die wenslikheid en billikheid van gebondenheid nie en is dit nie so dat die howe hieroor ’n wye diskresie het nie. Soos duidelik gestel in Khumalo v Holomisa (2002 8 BCLR 721 (KH), 2002 5 SA 401 (KH) par. 33), gaan dit slegs oor die moontlike aantasting van ’n reg deur iemand anders as staatsorgane. Liebenberg (2008:467) verklaar ook dat dit voldoende is dat die private gedrag en die uitoefening van private regte die uitoefening van regte van ander persone in die gemeenskap kan benadeel (sien ook Brand 2005:39–42).

Die aard van die verhouding tussen private persone kan daarop dui dat Handvesregte binne daardie verhouding toepasbaar is en dit is nie ondenkbaar dat daar ook binne daardie verhouding positiewe pligte ingevolge sosiale regte ten opsigte van behuising, gesondheid, voedsel en water kan bestaan nie. (Dit is ook nie ondenkbaar nie dat indien die statutêre reg, gemenereg en gewoontereg onvoldoende beskerming verleen aan sosiale regte in private verhoudings, die gemenereg ingevolge art. 8(3) van die Grondwet deur die howe ontwikkel moet word om die nodige beskerming te verleen.) Liebenberg (2008:469; 2010:330) noem verskillende voorbeelde in hierdie verband. In die Grootboom-saak (par. 77) is dit byvoorbeeld uitdruklik gestel dat die reg van kinders op basiese voeding en skuiling in artikel 28(1)(c) van die Grondwet in die eerste plek ouers of familie bind en slegs in die alternatief die staat.. Liebenberg (2008:469; 2010:330) verklaar trouens ook dat dit gepas mag wees om groot maatskappye te verplig om voorsiening te maak vir die behuisingsbehoeftes van hul werkers wanneer hulle trekarbeiders in diens neem.

In die Daniels-saak noem die hof sonder bespreking die reg op toegang tot geskikte behuising (par. 58) en daarom word nou ook hier daarna verwys. Die howe het al voorheen na die moontlikheid van die bestaan van positiewe pligte van private persone in verband met die reg op toegang tot geskikte behuising verwys. Die Hoogste Hof van Appèl het in Modder East Squatters v Modderklip Boerdery; President of the RSA v Modderklip Boerdery (2004 8 BCLR 821 (HHA), 2004 6 SA 40 (HHA) verklaar dat daar wel omstandighede kan wees waarin hierdie reg horisontaal afdwingbaar sou kon wees. Hierdie stelling is gemaak na aanleiding van vroeëre uitlatings in provinsiale howe en die Grondeisehof dat die reg op toegang tot geskikte behuising nie teenoor private persone afgedwing kan word nie (sien Theewaterskloof Holdings Edms Bpk v Jacobs 2002 3 SA 401 (LCC) par. 18 en Modderklip Boerdery (Pty) Ltd v Modder East Squatters 2001 SA 385 (W) 395). In die Daniels-saak vind die hof na aanleiding van die bevinding in die hoofuitspraak oor die horisontale werking van die reg op verblyfsekerheid dit onnodig om die toepassing van die reg op geskikte behuising binne die raamwerk van hierdie saak te oorweeg (par. 58). Dit is jammer dat dit nie gedoen is nie. Alhoewel gemeld word dat Daniels ’n huiswerker was, blyk dit nie uit die feite in die gerapporteerde uitsprake of Daniels by die Scribante’s gewerk het nie. Nietemin het haar aanwesigheid op die plaas met die status van okkupeerder ingevolge die Verblyfregwet in verband gestaan met die feit dat haar voormalige eggenoot ’n werker op die plaas was. En in ’n breër en selfs meer relevante konteks bestaan die “regsonsekerheid oor besitreg van grond” wat spruit uit rassediskriminasie in die verlede, soos gestel in artikel 25(6) van die Grondwet, vir die mense wat woon en werk op plase waarvan hulle nie die eienaars is nie, tot vandag nog grotendeels binne werkgewer-werknemer-verhoudings (parr. 17–8). Pienaar en Kamkuemah (2012:283) verduidelik:

The complex system of racially based measures led to the uprooting of a well-established, independent black farming community. Apart from that, outside the self-governing territories and national states, where large commercial farms operated, tenure security of (usually) black occupiers and labour tenants diminished to those of mere wage-workers that left them extremely vulnerable to evictions.

Daar is dus in die Suid-Afrikaanse konteks ’n noue verband tussen probleme in verband met die huisvesting van werkers op plase waarvan aspekte in die Daniels-saak behandel is en arbeidsverhoudings. Dit is nodig om aan die einde van hierdie bespreking na hierdie verband te verwys. Soms word beweer dat arbeidsverhoudings nie binne die raamwerk van sosiale regte bespreek hoef te word nie (byvoorbeeld omdat besluite oor staatsbesteding nie geraak word nie – King 2012:18). Die implikasies van artikel 8(2) vir die gelding van alle regte, insluitende sosiale regte, in private verhoudings wat arbeidsverhoudings insluit, kan egter nie vermy word nie. Toegang tot geskikte behuising binne die raamwerk van arbeidsverhoudings is ’n omvangryke onderwerp waarop nie verder uitgebrei kan word in die bespreking van ’n vonnis waarin dit nie behandel is nie. Daar word volstaan met die stelling dat soos wat die reg op eiendom as ’n beperkbare reg in ons Grondwet nie gebruik mag word om pogings om ’n einde te maak aan onmenswaardige huisvesting op plase, in die wiele te ry of te vertraag nie (parr. 96–101), kontrakteervryheid uit hoofde waarvan arbeidsverhoudings gereël word, ook nie so gebruik mag word nie.

 

Bibliografie

Albers, M., T. Hoffmann en J. Reinhardt (reds.). 2014. Human rights and human nature. Dordrecht, Heidelberg, New York, Londen: Springer.

Barak-Erez, D. en A.M. Gross (reds.). 2011. Exploring social rights – between theory and practice. Oxford en Portland, Oregon: Hart Publishing.

Bilchitz, D. 2007. Poverty and fundamental rights: The justification and enforcement of socio-economic rights. Oxford: Oxford University Press.

Botha, C.J. 1991. Waarde-aktiverende grondwetuitleg: Vergestalting van die materiële regstaat. Ongepubliseerde LLD-proefskrif. Universiteit van Pretoria.

Brand, D. 2005. Introduction to socio-economic rights in the South African Constitution. In Brand en Heyns (reds.) 2005.

Brand, D. en C. Heyns (reds.). 2005. Socio-economic rights in South Africa. Pretoria: Pretoria University Law Press.

Cheadle, M.H., D.M. Davis en N.R.L. Haysom. 2002. South African constitutional law: the Bill of Rights. Claremont: Juta.

King, J. 2012. Judging social rights. Cambridge: Cambridge University Press.

Langford, M. (red.). 2009. Social rights in jurisprudence. Cambridge: Cambridge University Press.

Langford, M., B. Cousins, J. Dugard en M. Madlingozi (reds.). 2014. Socio-economic rights in South Africa. Symbols or substance?. Cambridge: Cambridge University Press.

Liebenberg, S. 2008. The application of socio-economic rights to private law. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 3:464–80.

—. 2010. Socio-economic rights. Claremont: Juta.

—. 2014. Socio-economic rights beyond the public-private law divide. In Langford, Cousins, Dugard en Madlingozi (reds.) 2014.

Liebenberg, S. en G. Quinot (reds.). 2012. Law and poverty. Claremont: Juta.

Muller, G. 2012. Conceptualising “meaningful engagement” as a deliberative democratic partnership. In Liebenberg en Quinot (reds.) 2012.

Nolan, A. 2009. Ireland: The separation of powers doctrine vs. socio-economic rights? In in Langford (red.) 2009.

Pienaar, J. en A. Kamkuemah. 2012. Farm land and tenure security: new policy and legislative developments. In Liebenberg en Quinot (reds.) 2012.

Pieterse, M. 2007. Indirect horizontal application of the right to have access to health care services. South African Journal for Human Rights, 23:157–79.

Pollmann, A. 2014. Human rights beyond naturalism. In Albers, Hoffmann en Reinhardt (reds.) 2014.

Scheepers, T.E. en W. du Plessis. 1998. Extension of Security of Tenure Act – A bone of contention. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 61(3):473–82.

Shany, Y. 2011. Stuck in a moment in time: The international justiciability of economic, social and cultural rights. In Barak-Erez en Gross (reds.) 2011.

Sibanda, S. 2012. Not purpose-made! Transformative constitutionalism, post-independence constitutionalism, and the struggle to eradicate poverty. In Liebenberg en Quinot (reds.) 2012.

 

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte – huisvesting op plase appeared first on LitNet.

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Marthé McLoud

$
0
0

Nuwe stemme 6 het pas by Tafelberg verskyn. Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé is die samestellers van dié bundel, ’n versameling van die beste verse van Afrikaans se opkomende digters.

Liné Enslin gesels met die gepubliseerde digters. Lees hier die ander onderhoude.


 

Marthé McLoud

 

1. Beskryf jouself in ses woorde.

Humoristies
Melancholies
Kreatief
Hiperaktief
’n Realis
Sentimenteel.

2. Noem ses dinge waarsonder jy nie kan leef nie.

Pen en papier
Boeke
Stilte
Vakansies (reis)
Koffie
Me-time.

3. Wat is die vreemdste plek of medium waarop of waarmee jy al ooit ’n gedig geskryf het?

Op ’n olifant se rug in Kambodja.

4. Hoe lyk jou werkruimte?

5. Wie is jou gunstelingskrywer of -digter?

Leonard Nolens, ’n Vlaamse digter. Ek het met sy gedigte kennis gemaak deur die vertaling daarvan in Afrikaans deur Daniel Hugo. Nolens maak gebruik van wonderlike beelde en het dikwels ’n aweregse blik op die ruimte waarbinne hy beweeg. Sy gedigte is kort en toeganklik, maar met diepte. Dit bly jou lank by.

6. Vertel asseblief bietjie meer omtrent een van jou gedigte wat in Nuwe stemme 6 opgeneem is.

Ek is altyd bly as ’n gedig ook universeel gelees word, want dan toon dit dat jy daarin geslaag het om iets te sê. In “Terugblik” kan die spreker ook as die moederfiguur gesien word. Die persoonlike storie agter die gedig spruit egter uit skuldgevoelens oor ’n verhouding wat op skool van my kant af beëindig is. As ’n mens as volwassene na die gebeure terugkyk, sien jy baie emosie raak. Die persoon aan wie ek die gedig rig, het ’n paar maande voordat ek die verhouding beëindig het, sy beste vriend in ’n motorfietsongeluk verloor en met die beëindiging van die verhouding het ek hom aan ’n verdere verlies blootgestel, wat hy moeilik verwerk het. Die gedig is ’n poging om na al die jare sin uit die gebeure te maak.

Luister hier na ’n opname waarin Marthé haar gedig "Biologieklas" voorlees.

The post <i>Nuwe stemme 6</i> – 6 vrae vir Marthé McLoud appeared first on LitNet.

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Naudé Kritzinger

$
0
0

Nuwe stemme 6 het pas by Tafelberg verskyn. Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé is die samestellers van dié bundel, ’n versameling van die beste verse van Afrikaans se opkomende digters.

Liné Enslin gesels met die gepubliseerde digters. Lees hier die ander onderhoude.


 

Naudé Kritzinger

 

1. Beskryf jouself in ses woorde.

Een komma sewe vyf meter lank.

2. Noem ses dinge waarsonder jy nie kan leef nie.

Vrou, kinders, koffie, kos, misterie en klank.

3. Wat is die vreemdste plek of medium waarop of waarmee jy al ooit ’n gedig geskryf het?

Ek’s nie juis ’n extreme poet wat gedigte skryf terwyl ek by ’n vliegtuig uitspring nie. Ek het darem al ’n paar gedigte in die mik van ’n boom sit en skryf. Ek onthou ’n spesifieke maroelaboom – die vrugte in die warm son was besonder inspirerend.

4. Hoe lyk jou werkruimte?

’n Boekrak met teologieserige boeke in. Op die vloer is daar ’n oop paadjie tussen al die musieklêers, kategesemateriaal en ’n ou swemhandoek met 101 dalmations op (oh man!). Kom ons praat nie oor my lessenaar nie. Gelukkig is die hele woonbuurt ook my werkruimte: soveel huise, soveel mense, soveel stories en klanke. What a beautiful noise!

5. Wie is jou gunstelingskrywer of -digter?

As ek iemand móét kies, dan kies ek oorle oom Leonard Cohen, selfs bo die Nobelpryswenner Bob Dylan. Sy skryfwerk is wat my betref ’n spasie waar al die dinge wat ek geniet, saamkom: misterie, sinisme, die estetiese, klank en ritme, godsdiens, seksualiteit – en dit alles met woordekonomie en ’n waardering vir die lewe. Dit help natuurlik dat dit alles musiek word met ’n stem wat uit die aarde kom. Party van hierdie elemente kom natuurlik ook goed na vore in sekere Afrikaanse digters, soos Koos du Plessis, MM Walters, en Van Wyk Louw.

6. Vertel asseblief bietjie meer omtrent een van jou gedigte wat in Nuwe stemme 6 opgeneem is.

“Holberg” is miskien my gunstelinggedig van die ses wat ingesluit is, omdat dit so ’n anderwêreldse en mistiese atmosfeer daaraan het. Stephen King skryf êrens hoe lekker hy voel oor die eerste sin van The Gunslinger: “The man in black fled across the desert, and the gunslinger followed.” Ek het dieselfde gevoel met “Holberg” se begin: “Die oues sê die aarde is/ ’n kremetart en oud.” Ek onthou ek het dit net na Paasfees geskryf, met die interpretasie van sommige Christene in my agterkop waar Jesus na die doderyk neergedaal het en siele daar bevry het. Op die ou einde kon hierdie Christelike elemente nie lekker met die Afrika-mistiek gel nie en het die gedig sy eie gang dikteer. Die laaste strofe het ontstaan nadat eers Charl-Pierre Naudé my in die redigeringsproses uitgedaag het toe hy sê dat iets nog kort.

Kyk hier na ’n video waarin Naudé sy gedig "Holberg" voorlees.

The post <i>Nuwe stemme 6</i> – 6 vrae vir Naudé Kritzinger appeared first on LitNet.

Viewing all 21593 articles
Browse latest View live