Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21643 articles
Browse latest View live

Vergifnisonderwys: wat is dit en waarom is dit nodig?

$
0
0

Suid-Afrika is ’n gewelddadige land. In ’n onlangse LitNet Akademies (Opvoedkunde)-artikel skryf ’n navorser dat struwelinge in ’n omgewing tot ’n geweldsiklus vanuit die verlede, deur die hede en tot in die toekoms groei indien dit nie deur die een of ander vorm van vredeskepping beëindig word nie. Dit is een van die redes waarom vergifnisonderwys dalk ’n plek in leerders se opvoeding verdien.

Estelle Kruger gesels met Hannes van der Walt oor sy artikel: Vergifnisonderwys: Is dit (voor-)teoreties toereikend begrond?

Wat was jou ervaring in die onderwysberoep voordat jy die akademie betree het – het jy reeds as onderwyser bewus geword van vergifnisonderwys en die implikasies daarvan?

My skoolhoujare lê almal vierkantig in die tydperk van die “ou” Suid-Afrika, ’n tyd waarin ’n mens meer bewus was van die doen en late en van die belange van jou eie bevolkings- en godsdienstige groep as dié van ander. Ek was dus uiteraard meer bewus van onreg wat plaasgevind het in byvoorbeeld my eie bevolkingsgroep as van dié binne en tussen ander bevolkingsgroepe. Ons weet vandag dat daar destyds baie onreg teenoor ander groepe gepleeg is en dat dit netjies vir ons “weggesteek” was. Baie van die onreg teenoor ander groepe is ook op politieke gronde geregverdig, byvoorbeeld gedwonge verskuiwings van mense “sodat hulle by hulle eie mense kon wees” en so aan. As ek terugkyk, raak ek al meer onder die indruk van die mag van opvoeding, en meer bepaald wanneer opvoeding sekere dimensies van indoktrinasie aanneem, met ander woorde wanneer die opvoedeling eintlik die keuse ontneem word om vir hom- of haarself te dink en feitlik gedwing word om te dink soos die opvoeders wil hê jy moet dink. Terugskouend oor my eie opvoedings- en onderwyservaringe sou ek sê dat die groter vryheid wat kinders vandag geniet, hulle beter in staat stel om (krities) vir hulself te dink. Ons is nie destyds altyd soveel vryheid toegelaat nie – nie tuis nie, en ook nie in die skole nie.

My loopbaan as onderwyser, wat maar net nege jaar lank was, is aanvanklik ook gekenmerk deur hierdie soort opvoedingsbenadering. Ek was onder meer verantwoordelik vir ’n vak wat destyds bekend gestaan het as geestesweerbaarheid. Met die insig waaroor ek vandag beskik, verstaan ek dat vakke soos hierdie en die hele onderwysbenadering van destyds maar dié was van ’n owerheid wat op sy laaste bene gestaan het en nog krampagtig vasgehou het aan wat tot op daardie stadium vir diegene in landsbeheer “gewerk” het. Soos ek ouer geword het, veral toe ek ’n universiteitsdosent geword en buitelandse kontakte begin opbou het, het ek begin verstaan dat daar baie onreg in ons land gepleeg is en word. Die geskiedenis toon dat niemand juis as sondaar uitgesonder kan word in die proses nie; weens ons gebrokenheid as mense sondig ons daagliks teenoor mekaar en moet daar daagliks vergifnis gevra word vir ons gedrag en optrede.

Wat is die agtergrond van die studie – maw watter spesifieke omstandighede het hierdie navorsing van jou geïnspireer?

As dosent in die filosofie van opvoeding aan die destydse PU vir CHO (nou NWU) is dit van my verwag om die opvoedkunde vanuit ’n Skriftuurlike (Bybelse) perspektief te ondersoek en uit te bou. (Hierdie benadering is laat vaar met die koms van die nuwe Suid-Afrika, maar dit is ’n verhaal vir ’n ander dag.) In my pogings om die vak so uit te bou, het ek in die middel van die jare ’70 van die vorige eeu kontak gemaak met kollegas van ’n onderwysersopleidingsinstansie in Gouda, Nederland, die Hoogeschool de Driestar (die “drie sterre” hou verband met die trits skool, ouerhuis en kerk wat in die onderwys moet saamwerk in die vorming van die kind). Ek (en kollegas van die NWU wat ek later by die projek betrek het) hou daardie bande tot vandag toe in stand, onder meer deur middel van gesamentlike navorsingsprojekte. So in die koers van 2010 het ons besluit om navorsing te doen oor die verband tussen godsdiens en die onderwys. Dit was noodsaaklik weens gesprekke hier te lande en ook in Europa oor hoe godsdiensdiversiteit in skole en onderwysstelsels hanteer en behartig moet word. Nadat ons heelwat gepubliseer het oor die verhouding religie/godsdiens en die onderwys, het ons tot die besef gekom dat ons ook navorsing moet doen oor die vraagstuk van godsdienstige verdraagsaamheid. Ons ondersoeke oor godsdienstige verdraagsaamheid het ons weer daartoe gelei om te begin navorsing doen oor vergifnis en vergifnisonderwys, en oor gasvryheid en gasvryheidsonderwys.

Die artikel uit my pen wat in LitNet Akademies (Opvoedkunde) verskyn het, is een van die eerste pennevrugte uit hierdie projek oor vergifnis en vergifnisonderwys. In die artikel probeer ek verduidelik wat vergifnis en vergifnisonderwys is, en ek probeer toon hoedat dit in die literatuur begrond is. Ek is tans aan die navorsing doen oor hoe presies die pedagogie van vergifnis inmekaar steek, met ander woorde hoedat ’n mens die konsep en die praktyk van vergifnis in ’n klaskamer aan kinders sou onderrig. Hopelik sien ’n artikel oor hierdie onderwerp binnekort die lig!

Hoe sou jy die verskil tussen filosofiese en psigologiese aspekte van vergifnisonderwys kortliks verduidelik aan belangstellende (maar oningeligte) onderwysers om hulle meer betrokke te kry by die probleem?

Die wetenskap het vier kerntake: om te verstaan en te beskryf; om ons in staat te stel om oor iets te praat, dit wil sê om teorie daaroor te ontwikkel; om afleidings oor die onderwerp te maak; en om ons kennis oor die onderwerp in die praktyk toe te pas. Die taak van die filosofie is om binne hierdie viervoudige raamwerk die grondslae en die beginsels van vergifnis te verstaan en daaroor te teoretiseer en te filosofeer; die taak van die psigologie is weer om binne hierdie raamwerk te verstaan wat in die psige (die gees) van die mens gebeur as onreg teenoor hom of haar gepleeg is, of wanneer hy of sy onreg pleeg, en wat daar gebeur as vergifnis gevra en gegee word. Die taak van die opvoedkunde is om op sy beurt binne hierdie viervoudige raamwerk die pedagogie van vergifnis te beskryf, met ander woorde hoe ’n mens byvoorbeeld kinders kan lei om te verstaan wanneer vergifnis gevra en gegee kan en behoort te word, en hoe dit dan gedoen moet of kan word.

As jy die hoof van ’n skool was, hoe sou jy vergifnisonderwys prakties bestuur in die werksituasie, en hoe kan opvoeders meer ondersteun word sodat vergifnis in die klaskamerkonteks gevra en gegee kan word?

Om dit te beantwoord sou ek aansluit by wat ek hier bo gesê het oor die taak van die opvoedkunde. ’n Skoolhoof wat die pedagogie van vergifnis ken en verstaan kan die personeel en die kinders in die skool lei om meer gevoelig te wees vir onregpleging, en ook meer gevoelig te wees vir die noodsaak daarvan om vergifnis te vra as ’n mens teenoor ’n ander persoon of ’n ander groep oortree het, en om vergifnis te gee wanneer iemand opreg daarom vra. Ek is ’n voorstander van die teorie dat die persoon wat die beweerde onreg gepleeg het, nie noodwendig belydenis van sy of haar oortreding hoef te doen om vergewe te kan word nie – ’n mens behoort onvoorwaardelik te vergewe. Indien ’n mens nie bereid is om so te vergeef nie, bly jy die albatros van onvergewensgesindheid op jou skouers dra. ’n Skoolhoof behoort van tyd tot tyd hierdie gedagtes aan die skoolgemeenskap oor te dra. Dit is in enige skool belangrik, maar nog belangriker in ’n skool wat godsdienstig en kultureel divers saamgestel is. Dit is veral belangrik in gevalle waar skoolgemeenskappe nog worstel met onreg wat in die verre verlede teenoor hulle gepleeg is.

Jy kyk in jou artikel krities na die Enright-, Nussbaum- en Coetzer-tipes benaderings tot vergifnisonderwys. Watter van hierdie benaderings het die mees praktiese toepassingsmoontlikhede in Suid-Afrika – veral gesien in die lig van nuwe wetgewing oor godsdiensonderwys? Motiveer asseblief.

Soos onlangse hofuitsprake weer eens onderstreep het, is ons gebonde aan die bepalings van die Grondwet (1994) van ons land en die beleid oor godsdiens in die skole (2003). Volgens hierdie dokumente mag geen partikularistiese (besondere, uitgesoekte) godsdiensbenadering in openbare skole gevolg word nie; met ander woorde geen godsdiens behoort voorkeur bo alle ander in ’n skool te kry nie – alle godsdienste moet eenderse blootstelling kry. In die lig hiervan sou die Enright-tipe-benadering, wat sover as moontlik lewensbeskoulik en godsdienstig neutraal probeer bly, die aangewese metode wees om in openbare skole te volg. Onder bepaalde omstandighede, byvoorbeeld wanneer ’n mens verskillende godsdiens- en lewensbeskoulike benaderings tot vergifnis op ’n vergelykende basis met leerlinge wil behandel, sou die Nussbaum-tipe-benadering ook kon deug. Die Coetzer-tipe-benadering is weer meer gepas vir ’n onafhanklike (privaat) skool wat kragtens sy statuut ’n bepaalde (partikularistiese) godsdiens- en lewensbeskoulike benadering mag volg. In sulke skole kan die Nussbaum-benadering egter ook nuttig wees, omdat dit dan vir die leerlinge verduidelik hoedat mense van ander godsdienstige oortuiging vergifnis sien en benader.

Jou navorsing toon aan hoe vergifnisonderwys-ingrepe in die VSA, Noord-Ierland, Suid-Korea en, Turkye positiewe gevolge gehad het – selfs dat leerders op ’n kreatiewe manier kon leer om iets soos afknouery (die boeliesindroom) die hoof te bied. Is die navorsingsgetuienis beduidend vir insluiting van iets soos die vergifnisprosesmodel van Enright1 in skoolkurrikulums in Suid-Afrika? Verduidelik asseblief.

Soos ek in die artikel verduidelik, het vergifnisonderwys in skole tot dusver hoofsaaklik ’n soort ingreepbenadering behels, dit wil sê daar is vir ’n kort tyd vergifnisonderwys aan die groepe wat jy hier bo genoem het, gegee en die gevolge daarvan by diegene wat daaraan blootgestel is, is dan gemeet. Hierdie ingrepe het dus meer die vorm aangeneem van eksperimente as van werklike opvoedende vorming. Die positiewe resultate wat selfs hierdie kort ingrepe gehad het, het my tot die gevolgtrekking gebring dat dit goed sou wees om vergifnisonderwysprogramme in Suid-Afrikaanse skole  in te voer, juis omdat ons in so ’n diepverdeelde samelewing leef, en juis omdat daar byna daagliks bewyse na vore kom van groot onreg wat in die verlede gepleeg is. As ons en ons kinders nie leer wat onreg is en wat vergifnis behels nie, sal ons tot in lengte van dae sukkel met swak verhoudinge onder mekaar, veral ook met swak verhoudinge tussen die verskillende bevolkingsgroepe waaruit ons bevolking van meer as 56 miljoen mense bestaan. Ons verneem telkens van groot onreg wat in die verlede gepleeg is, maar ons hoor nie dikwels die vermeende onregplegers om verskoning vra nie.

Jy voer aan dat enige soort vergifnisonderwys volgens die Sosiale ruimte en etiese funksie-teorie ook ten diepste eties-moreel begrond behoort te wees. Kan jy kortliks verduidelik wat jy hiermee bedoel in praktiese terme, veral ten opsigte van verskillende soorte skole in Suid-Afrika?

Dit gaan in die etiese, volgens een definisie, veral oor die sorgsame behartiging van die belange van die ander persoon of groep. As ’n mens hierdie definisie aanvaar, dan pas jy dit toe in enige sosiale ruimte waarin jy jou bevind, in hierdie geval die skool, maar ook daarbuite in al die ander samelewingskringe waarin ’n mens jou mag bevind. Indien ’n mens deur die hier bo vermelde etiese beginsel van belangebehartiging gedrewe is, dan staan die belange van die ander persoon of groep vir jou voorop, en nie jou eie of jou eie groep se belang nie. Dan vra ’n mens jou af: Wat kan ek doen om die belange van hierdie persoon met wie ek te doen het, te beskerm en te bevorder? Hierdie soort liefdevolle en sorgsame benadering, as almal van ons dit volg, kan die “olie” word wat die ratte van die verhoudinge tussen individue en groepe in ons land makliker kan laat draai. Dit gaan, terloops, nie oor die “groot” dinge wat ons moet doen nie: begin bloot deur ’n ander motoris wat uit ’n dwarsstraat in die hoofstroomverkeer probeer inkom, in te laat deur hoflik vir hom of haar te wag; begin deur die petroljoggie vriendelik te groet en na sy welstand te vra; begin deur selfs die “eenvoudigste” boemelaar langs die straat menswaardig te behandel; en begin deur self nie ’n liggeraakte kruidjie-roer-my-nie te wees nie. Om verskoning vir onreg te vra en om dit aan die oortreder te gee val ook in die kader van sodanige liefdevolle en sorgsame omgee vir die ander.

In ’n ideale wêreld – hoe sou jy die kwaliteit van vergifnisonderwys in Suid-Afrika sien, hoe sou dit prakties in skole manifesteer? Wie kan iets daaraan doen om by hierdie ideaal uit te kom?

As ek minister van basiese onderwys en opleiding was, sou ek vergifnisonderwys ’n uitdruklike deel van die vakkurrikulum vir lewensoriëntering en lewensvaardighede maak. As ’n mens die huidige vakbeskrywing van hierdie twee vakgebiede in die CAPS-dokument ontleed, merk jy dat daar inderdaad plek vir vergifnisonderwys bestaan, maar dat vergifnis en vergifnisonderwys nie regtig by die naam genoem word nie. Dit behoort te verander sodat onderwys in vergifnis doelbewuste aandag kan kry. In die proses moet die verskillende stappe in die pedagogie van vergifnis vir die leerlinge uitgestippel word. (Hierdie uitstippeling is, terloops, na my oordeel nog nie deeglik en volledig genoeg gedoen nie. Ek gee tans hieraan aandag in my navorsing.) Omdat dit van onderwysers, veral diegene wat die vermelde twee vakke in skole moet gaan onderrig, verwag gaan word om die pedagogie van vergifnis toe te pas, moet vergifnisonderwys ook ingesluit word in die opleidingskurrikulum van aanstaande onderwysers.

Waarmee het jy gesukkel in hierdie navorsingsprojek? Watter verrassings het jy gekry?

Die “gesukkel” tydens die navorsing was maar tipies van die navorsingsproses. Ek moes eers duidelikheid kry oor wat verstaan word onder “vergifnis” en “vergifnisonderwys”, en toe moes ek, as opvoedingsfilosoof, probeer deurdring tot die filosofiese, lewensbeskoulike en godsdienstige grondslae van die verskillende benaderings tot vergifnis en vergifnisonderwys. Omdat die meeste van die werk op die terrein van vergifnis en vergifnisonderwys veral deur sielkundiges gedoen is, was die versoeking die heeltyd daar om hulle op die voet te volg en te kyk wat hulle al bevind het. My inset was egter meer filosofies-opvoedkundig. In die lig daarvan moes ek telkens die kosbare werk wat die sielkundiges gedoen het, met ’n ander oog bekyk. Ek moes myself die heeltyd afvra: Watter benadering is ten diepste deur hierdie navorser gevolg, en hoe sou ek dit kategoriseer en beoordeel? Die filosoof se kernvraag is mos om te vra hoe die wêreld, die hele werklikheid (die skepping) inmekaar steek, en dié van die opvoedingsfilosoof is om te vra hoe ons jongmense (en ook diegene wat nie meer so jonk is nie) kan vorm, lei en toerus om die werklikheid, die wêreld rondom hulle, beter te verstaan ten einde goed daarin te kan funksioneer.

Wat het jy as persoon geleer in die proses van hierdie navorsing en die publikasie van jou bevindinge?

Ek het geweldig baie daaruit geleer. Ek verstaan nou self beter wat (sosiale) onreg is, en dat ’n mens dit teen elke prys moet vermy. Ek verstaan ook nou beter dat mense wat meen dat hulle op die een of ander manier verontreg is deur my en ook ander se dade, verwag dat verskoning aangebied moet word voordat hulle die oortreding kan vergeef, maar ek besef nou duideliker as ooit dat ’n mens eintlik onvoorwaardelik behoort te vergeef. Dis vir my as Christen duidelik dat ons moet vergeef soos Christus vergeef het: sonder om voorwaardes te stel, uit liefde en opoffering, deur selfopoffering. Om so te vergewe is om die self te kruisig ter wille van die ander en ter wille van beter verhoudinge. Ek verstaan ook nou beter dat ’n mens die proses van vergifnis aan ander kan onderrig. Soos ek hier bo al gesê het, as ons ’n houding van liefdevolle en sorgsame vergewensgesindheid inneem, en ons ook verbind tot die etiese imperatief van die behartiging van andere se belange, sal ons die ratte van ons samelewing kan help olie.

Brei asseblief uit op die verdere navorsing waarna jy hier bo verwys het, en enige ander nuwe navorsingsprojekte wat dalk op jou horison is.

Ja ... ek is nou besig met navorsing oor die pedagogie van vergifnis. Ek is ook besig om te soek na ’n ruimte vir vergifnisonderwys in die kurrikulum. Burgerskapsonderwys lyk op hierdie oomblik vir my na die mees belowende plek daarvoor, maar hierdie vakgebied is tans in moeilike vaarwaters weens die groot aantal innerlike spanninge waarin hierdie vakgebied tans verkeer – maar dit is ’n verhaal vir ’n ander dag.

Ek is tans ook besig, saam met die bovermelde Nederlandse en Suid-Afrikaanse medeskrywers, met ’n publikasie oor gasvryheid en gasvryheidsonderwys, ’n ander onderafdeling van ons navorsing oor godsdienstige en ander vorme van verdraagsaamheid.

So tussendeur hou ek my ook besig met navorsing ter uitbouing van die teorie waarmee ek in hierdie artikel gewerk het, te wete die teorie rakende sosiale ruimte en etiese handeling of funksie. Hoewel ek al oor etlike dekades implisiet met hierdie teorie werk, dink ek die tyd het nou in my loopbaan aangebreek om dit meer sistematies uiteen te sit en aan te toon wat die toepassingsmoontlikhede daarvan in die opvoedkunde is.

Bibliografie

Enright, RD, M Rhody, B Litts en JS Klatt. 2014. Piloting forgiveness education in a divided community: Comparing electronic pen-pal and journaling activities across two groups of youth. Journal of Moral Education, 43(1):1–17.

Park, J-H, RD Enright, MJ Essex, C Zahn-Wexler en JS Klatt. 2013. Forgiveness intervention for female South Korean aggressive victims. Journal of Applied Developmental Psychology, 34(6):268‒76.

Eindnota

1 Enright se vergifnis-prosesmodel (Enright ea 2014; Park ea 2013):

  • Fase 1 – die blootleggende fase: die persoon met woede, depressie en gekrenktheid raak bewus van sy of haar woede ens en hoe hy of sy tot dusver daarop gereageer het.
  • Fase 2 – die besluitnemingsfase: die persoon ondersoek sy of haar opsies in reaksie op die gedrag of die optrede van die oortreder, en besluit om in die rigting van vergifnis te werk.
  • Fase 3 – die werksfase: die persoon plaas die oortreder in ’n nuwe raam (doen “reframing”) en begin om empatie en erbarming vir die oortreder te kweek
  • Fase 4 – ontdekking van en vrystelling uit die emosionele gevangenis: die persoon wat seergekry het, besef dat hy of sy nie alleen onder onreg gely het nie, begin nuwe betekenis in die onreg te sien, en vind ’n nuwe doel in die lewe.

The post Vergifnisonderwys: wat is dit en waarom is dit nodig? appeared first on LitNet.


Moordhuis deur Madelein Rust: ’n resensie

$
0
0

Moordhuis        
Madelein Rust
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799385007 (gedrukte boek)

Renata, Stef en hul twee kuberkrakers van Malan en Coetzee Privaatondersoeke speel weer die hoofrolle in Madelein Rust se derde spanningsverhaal en is, soos haar 13de Kaart en Bloedlyn, ’n stuk knap misdaadfiksie.

’n Gesin van vier en twee buurkinders word op ’n plaas vermoor en die dooie gesin word op ’n makabere wyse uitgestal as ’n gesin wat in gesellige interaksie in ’n sitkamer sit en gesels.

Dis vir die speurders duidelik dat dit geen plaasmoord is nie en sommer gou-gou is daar ’n lang lys verdagtes wat onder die loep kom. Die mans is ou weermagvriende met vriende in hoë posisies en stywe bankrekeninge danksy die onwettige handel waarby hulle in die Bosoorlog betrokke was. Hul eggenotes en familie is ook nie engeltjies nie en daar is twyfel oor die vaderskap van die kinderslagoffers, iets wat tot hul gruweldode kon gelei het.

Die storielyn verdiep wanneer die geraamte van ’n ou weermagkameraad op die plaas uitgeploeg word, en later word die vrolike samesyn van die viertal van Privaatondersoeke ernstig deur nog ’n moord versteur.

’n Goeie saak kan vir elke verdagte uitgemaak word en die skrywer slaag op ’n puik wyse daarin om die twee ondersoekers duiwelsadvokaat te laat speel soos hulle die verdagtes as skuldiges opstel en mekaar se teorieë weer met oortuigende teenargumente afskiet. Dit raak baie van die leser se eie vermoedens aan en laat hom deel voel van die storie.

Renata se biologiese vader, George Alfred Hill, verskyn weer as haar onsigbare beskermengel wanneer daar pogings aangewend word om haar te vermoor. Hy is al ’n dekade lank ’n voortvlugtige nadat hy ’n klomp mense wat aan misdade skuldig was, maar deur die hof vrygespreek is, van die gras af gemaak het. Renata vrees wat haar as geregsdienaar te doen sal staan as sy hom ontmoet. Dis dan ook die rede waarom hy net per SMS met haar kommunikeer." 

Tussendeur is daar ’n voortsetting van die verhouding tussen Renata en Stefan. Hulle is twee mense wat vir mekaar gemaak is, maar Renata wil haar nie vas verbind nie, omdat sy glo dat sy die draer van ’n misdaadgeen is (sien Bloedlyn). Wat vir my as resensent verblydend is, is dat daar nie eksplisiete hygtonele tussen hulle is nie, iets waarvoor veral Amerikaanse misdaadskrywers so ’n onkeerbare voorliefde het. Die twee se verhouding is baie meer op die geestelike as die fisieke vlak.

Moordhuis is ’n vars en baie komplekse storielyn wat wye draaie maak, ook in die Bloemfonteinse onderwêreld van dwelms, bordele, molestering en kinderpornografie. Hierdie grawe in die werklikheid dra by tot die storielyn se egtheid, maar sal nie vir baie sensitiewe lesers lekker leesstof wees nie. Rust se karakters is verwikkeld en eg menslik en word met knap dialoog uitgebeeld. En soos wat mens in ’n goeie boek sou verwag, word daar by die leser tog ook ’n mate van insig en simpatie gewek, selfs in en vir die ongure karakters wat later as nog verdagtes aan die beurt kom.

Dis in die geheel ’n baie komplekse storielyn wat van lesers vra dat hulle moet kophou, veral lesers wat stuk-stuk lees. Dit geld ook die uiteindelike ontknoping (waarin die skrywer self met twee karakters se vanne deurmekaar raak!).

Is dit ’n beter boek as 13de Kaart en Bloedlyn? Dis iets wat lesers maar self moet besluit.

Foto van Madelein Rust: Gert Duvenage

The post Moordhuis deur Madelein Rust: ’n resensie appeared first on LitNet.

Press release: Finalists announced for SCrIBE 2017

$
0
0

The top three finalists of the 2017 SCrIBE Scriptwriting Competition have been announced. Professional staged readings of their plays will take place nightly from Monday 18 September until Wednesday 20 September at 7pm. The venue is the Theatre Arts Admin Collective, Methodist Church Hall, corner of Milton Road and Wesley Street, Observatory, Cape Town. Entrance is free.

The winners will be announced at an event on Thursday 21 September.

Produced by the Imbewu Trust and now celebrating its sixth year, SCrIBE is a national competition which provides the opportunity for playwrights to develop their work, with various prizes to be won. These include having a script produced for a professional run, mentorship programmes and all finalists have the invaluable opportunity to engage in feedback sessions with audience members at staged readings of their scripts.

The 2017 finalists are Darrel Bristow-Bovey for his script Priest With Balloons, Two Lovers by Ter Hollmann and Gardening and Other Distractions by Juliette Rose-Innes.

On Monday 18 September, Richard Wright-Firth directs the reading of Gardening and Other Distractions by Juliette. The play explores among other things youth culture and apathy that could take place across the world and how things can crumble in the most mundane of ways.

On Tuesday 19 September Two Lovers will be presented. The play is a two hander love story that looks at the arc of a romance from beginning to end and is directed by Kimberley Buckle.

Priest with Balloons will be read on Wednesday 20 September, directed by Terence Makapan. In a tiny, impoverished fishing village on the West Coast of South Africa, in the grip of a drought that is causing the fabric of the community to unravel, the local reverend of the church hatches an unusual plan to unite and inspire his congregation. But the reverend is locked in conflict with his brother, a television actor visiting from Johannesburg, and with Xolisa, the politically conscientised daughter of his domestic worker, and finally with himself, and his own faith, and his belief in his own place in the New South Africa.

The staged readings will be followed each night by a discussion with the audience members.

Co-founders of the Imbewu Trust, Paul Griffiths and Sam de Romijn

Criteria included that Scripts must not have been previously produced, nor have existing future runs plans of being produced. Other criteria are that the scripts should be in English, no longer than 40 pages or 80 minutes long and with a maximum of five cast members. Entrants must be over 18 years old. The Imbewu Trust and judges were again looking for original content of outstanding quality that explores the diverse range of South African stories. The panel of SCrIBE judges comprises a group of seasoned theatre practitioners.

“Finalists have often found the staged readings one of the most beneficial aspects of the competition,” says Samantha de Romijn, co-founder of the Imbewu Trust. “The standard of entries was again high this year and we look forward to the discussions around the staged readings of our top three finalists.”

One of the 2016 winners, Nokuzola Bikwana, had her play No Christmas For Us staged at this year’s Zabalaza Festival at the Baxter Theatre Centre, directed by Thami Mbongo. The Imbewu Trust also provided support for the run of the other 2016 winner, Milton Schorr’s The Heroin Diaries, at Alexander Bar, directed by Fred Abrahamse.

Paul Griffiths and Samantha de Romijn with one of the 2016 winners, Nokuzola Zoe Bikwana

“Imbewu has really opened the doors of positive writing for me. I had been a writer of only stories and poems and never had any confidence of writing plays, but having won the competition, it has instilled a confidence in me and helped me define myself as a writer,” says one of the 2016 winners Nokuzola Bikwana. “I have continued writing plays and I am confident that my writing will touch a number of people as it has done with the play I submitted for SCrIBE, No Christmas for Us. I thank the Imbewu Trust and may the organisers continue being an inspiration to writers out there.”

The Imbewu Trust is a non-profit organisation which was established by Paul Griffiths and Samantha de Romijn to promote the development of contemporary South African theatre and arts and to help showcase it on an international stage. It seeks to create an accessible community of varied voices that can flourish through collaboration, resourcefulness and innovation. The Trust created the annual SCrIBE Scriptwriting competition, one of its flagship projects, to provide new opportunities for local writers to fully develop their work.

The SCrIBE Scriptwriting Competition readings take place from Monday 18 to Wednesday 20 September at the Theatre Arts Admin Collective, Methodist Church Hall, corner of Milton Road and Wesley Street, Observatory, Cape Town. Parking is available in the area.

Entrance is free and spaces allocated on a first-come, first serve basis. For further information visit www.imbewuarts.com.

The post Press release: Finalists announced for SCrIBE 2017 appeared first on LitNet.

“’n Postkoloniale Umweltkas”: die vraag na ’n transnasionale poëtika in Afrikaans aan die hand van Marlene van Niekerk se Kaar

$
0
0

“’n Postkoloniale Umweltkas”: die vraag na ’n transnasionale poëtika in Afrikaans aan die hand van Marlene van Niekerk se Kaar

Louise Viljoen, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 14(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

In hierdie artikel word daar ondersoek ingestel na die vraag of daar in die geval van Afrikaanse digters en ’n lokaal-geplaaste minderheidstaal soos Afrikaans gepraat kan word van ’n transnasionale poëtika. Die begrip word aan die orde gestel aan die hand van Jahan Ramazani se boek A transnational poetics en die kommentaar en kritiek wat daarop gevolg het. Die rol wat die transnasionale proses van kolonisering gespeel het in die verspreiding van moderniteit en modernisme word bespreek met verwysing na die werk van Dilip Gaonkar en Susan Stanford Friedman voordat daar oorgegaan word na die bespreking van Marlene van Niekerk se digbundel Kaar as toetsgeval. Van Niekerk se poëtikale opvattings en die posisie van Afrikaans as minderheidstaal met transnasionale wortels word bespreek. Hierna volg ’n ontleding van vier gedigte uit Kaar, naamlik “Heavy metal in Bagdad”, “Etologie”, “Sorry suide” en “Teorie en praktyk van die digkuns in ’n era van aardgas”, met die doel om vas te stel watter rol faktore soos die spanning tussen die globale noorde en suide, Suid-Afrika se koloniale geskiedenis en daaropvolgende postkolonialiteit, die verhouding tussen die lokale en die globale en die impak van globale kapitalisme op die omgewing speel in die digter se siening van haar taak en verantwoordelikheid in die epog wat die Antroposeen genoem word.

Trefwoorde: Afrikaanse poësie; Antroposeen; globale kapitalisme; globale suide; kolonisering; minderheidstaal; modernisme; moderniteit; omgewingskwessies; petrofiksie; petropoësie; transnasionale kapitaal; transnasionale poëtika; Van Niekerk, Marlene

 

Abstract

“A postcolonial Umwelt cabinet”: questions about a transnational poetics in Afrikaans with reference to Marlene van Niekerk’s Kaar

This article asks the question whether one can speak of a transnational poetics in the case of poets who write in a local and minor language such as Afrikaans. In his book A transnational poetics Jahan Ramazani challenges the idea that poetry’s formal qualities make it less able to facilitate cross-cultural movement and to articulate global concerns than other genres and forms of mediation. Even though poetry is often seen as “the most provincial of the arts” (T.S. Eliot) and deemed stubbornly local, regional or national, Ramazani (2009:3) insists that poetry is a genre that “can mediate seemingly irresolvable contradictions between the local and the global, native and foreign”. He thus argues for a reconceptualisation of poetry studies and proposes a variety of ways to study the “circuits of poetic connection and dialogue across political and geographic borders and even hemispheres”, in order to transform existing critical approaches and methodologies as well as develop a new vocabulary and terminology to discuss transnational poetry. Underlying his project is an idealistic view of the role that literary transnationalism (and thus transnational poetry) can play in the establishment of a transnational and intercultural imaginary. He even speaks of an “interstitial citizenship” (established in the space between nations) which poets create for themselves by their adaptation of forms, sounds, tropes and ideas that they gather from across the world. For him the value of a transnational poetics lies in the fact that it transcends the limitations imposed by the nation and that it will be able to create an alternative to the reigning mononationalistic paradigm in US literary scholarship. Maxwell (2006:362) writes in a review that Ramazani’s argument is against the “reclosing of the American mind” in the period after the terrorist attacks on the World Trade Center in September 2001.

This article also looks into the arguments of those critical of Ramazani’s project. Romana Huk (2009) argues that it would be premature to abandon the national or local as a means of demarcation or as a hermeneutic instrument. She questions whether Ramazani’s notion of the transnational in poetry is really new in the light of the worldwide impact of Russian Formalism and Futurism on modernist aesthetics and the impact of French Structuralism and the Frankfurter Schule on literary studies across the globe. She is also sceptical about the notion of a “postnational” future in which national languages will be replaced by idiolects and national identities will be replaced by collective identities that function across national borders. Although she appreciates attempts by critics like Ramazani as well as Charles Bernstein to widen the range of texts discussed by scholars of poetry in the US, she feels that it would be dishonest to discount the impact of the local and national in literature and literary studies.

It is against the background of these discussions about the possibility of a transnational poetics that this article asks the following questions about poetry written in Afrikaans: Can Afrikaans writers be “citizens” of a transnational, even postnational imaginary? Can one speak of a transnational poetics in the case of Afrikaans poets, and if so, what would the content of this poetics be? Do the national and local necessarily represent narrow-mindedness and parochialism as opposed to the transnational, which is deemed to embody greater imaginativeness and a more enlightened mindset?

The article tries to answer these questions by referring to the fact that Afrikaans authors work within a context that has suffered the impact of the transnational movements resulting from colonisation. Friedman (2006:433) writes that the spread of modernity, and modernism as its expressive and creative dimension, can be linked to the Western colonisation of Asia, the Americas and Africa. She also argues that modernity is often associated with intercultural contact zones, “whether produced through conquest, vast migrations of people (voluntary or forced), or relatively peaceful commercial traffic or cultural exchange”. Her idea of modernity as a polycentric and planetary concept that will be able to describe the manifestations of modernity in a variety of geohistorical locations, not only the West, is especially pertinent to the question whether one can speak of a transnational poetics in the case of Afrikaans poets. The article goes on to argue that the transnational elements to be found in Afrikaans literature (in this case poetry) originate from the specifically South African and Afrikaans modernism that developed in the cultural contact zone created by the colonisation of South Africa. This idea is then explored in the second and third sections of the article by means of a reading of the Afrikaans author Marlene van Niekerk’s volume of poetry Kaar, published in 2013.

The second section gives a summary of Van Niekerk’s poetics, based on interviews and essays in which she expressed her indebtedness as a poet to the ideas associated with the transnational movements of Formalism and Modernism. In describing the intellectual and philosophical foundations of her work she mentions the names of Nietzche, Gadamer, Ricoeur, Blanchot, Ciorian, Derrida, Deleuze and Guattari, writers whose work also circulates transnationally. The second section of the article devotes attention to Van Niekerk’s choice to write in Afrikaans and the way in which she engages with the language’s compromised history as well as its transnational origins (having developed from the Dutch spoken by the early colonisers of South Africa and influenced by a variety of other languages).

The third section of the article focuses on an analysis of four poems in Kaar. The choice of these poems was determined by the fact that they refer to the colonisation of South Africa by officials of the Dutch East India Company in the 17th century. These poems explore the relationship between the local and the global by juxtaposing South Africa with the Netherlands and focusing on the lyric subject’s complex relationship with her fatherland, South Africa.

The first of the four poems, “Heavy metal in Bagdad” (this is the actual title, not an English translation from an Afrikaans title), represents the cynical self-reflection of a lyric subject who gives up the comforts of Europe because she craves the artistic challenges provided by the complexities of South Africa. The analysis of the second and third poems, “Etologie” (Etology) and “Sorry suide” (Sorry south), highlights colonialism’s enduring impact on South Africa and the lyric subject’s assessment of her own position as a descendant of the erstwhile colonisers. In “Etologie” she expresses feelings of historical complicity as well as current irrelevance in the postcolonial context. In contrast with this, “Sorry suide” highlights the inequalities between South Africans of different races and classes, but also describes the feelings of solidarity that transcend the racial and class divide when South Africans are confronted by outsiders. The fourth poem, “Teorie en praktyk van die digkuns in ’n era van aardgas” (Theory and practice of poetry in an era of natural gas) has its origins in a protest against the Dutch oil company Shell’s exploration for shale gas in South Africa. The analysis of this poem centres on the way in which poetry is seen as a means of contesting global capitalism’s exploitation of the planet (which is then linked to the colonisation of South Africa). The author of the article maintains that this poem can be read as an example of petropoetry (analogous to petrofiction) that argues for a transnational solidarity among poets who want to resist the exploitation of the planet by large transnational corporations. In this sense a transnational poetics is rooted not only in the worldwide circulation of forms, techniques, tropes, images and allusions, but also in a transnational recognition of the urgent need for poets (and by implication all artists) to respond to the environmental challenges that face the planet.

Keywords: Afrikaans poetry; Anthropocene; colonisation; environmental issues; global capitalism; global south; minority language; modernism; modernity; petrofiction; petropoetry; transnational capital; transnational poetics; Van Niekerk, Marlene

 

1. Die idee van ’n transnasionale poëtika: enkele opinies en werkswyses

Aan die een kant is poësie vanweë die verknooptheid daarvan met die uniekheid van die taal waarin dit geskryf is onhebbelik lokaal, regionaal of nasionaal. Aan die ander kant teer dit op ’n uitgebreide stoorkamer van poëtikale opvattings, denkraamwerke, vorme, tegnieke, trope, beelde en verwysings wat nie gebonde is aan bepaalde grense nie en wêreldwyd sirkuleer. Om hierdie rede argumenteer Jahan Ramazani in sy boek A transnational poetics dat juis die poësie ’n genre is wat kan medieer tussen die oënskynlik onoplosbare teenstrydighede tussen die lokale en die globale, die inheemse en die buitelandse (Ramazani 2009:3). Sy boek is ’n poging om die literatuurstudie in die VSA (van waar hy skryf) te vernuwe deur weg te beweeg van ’n nasiegesentreerde benadering tot poësie deur te fokus op meer diverse voorbeeldmateriaal uit verskillende gebiede in die wêreld en deur te demonstreer dat hierdie materiaal nuwe benaderings en metodologieë verg.

Ramazani gebruik die term transnasionaal vir gedigte en ander kulturele werke wat nasionale grense oorsteek, hetsy op stilistiese, topografiese, intellektuele of enige ander vlak. Vir hom is die term nie net van toepassing op die eienskappe van die poësie wat hy bespreek nie, maar ook op die “hermeneutiese lens” waardeur die nasie-oorskrydende eienskappe, die transnasionale trekke en affiliasies van verskillende soorte poësie blootgelê en bestudeer kan word. Hy maak dit duidelik dat hy in sy omskrywing die vloei oor grense heen eerder as die beweging tussen geslote entiteite wil beklemtoon: “My use of ‘transnational’ is meant to highlight flows and affiliations not among static national entities, as sometimes suggested by ‘international’, but across the borders of nation-states, regions, and cultures” (Ramazani 2009:181).1

In sy bespreking van ’n wye spektrum van Engelstalige poësie wys hy uit hoe die formele eienskappe en die elastisiteit van poësie dit moontlik maak om te bemiddel tussen die lokale en die globale, om verskillende ruimtes te verbind, om te beweeg tussen die mikro- en die makrokosmiese en om tydskale saam te pers of uit te rek. In ’n hoofstuk oor “travelling poetry” verduidelik hy byvoorbeeld hoe die bewegings van die reis in die vorm van die gedig nageboots word deur “swift territorial shifts by line, trope, sound or stanza that result in flickering movements and juxtapositions” (Ramazani 2009:53). In ’n verdere verwysing na die vormlike eienskappe van ’n gedig verwys hy na die strofe as “’n mapping tool” wat die digter help om te lokaliseer én translokaliseer; hy verwys ook na die strofes van ’n gedig wat kan funksioneer as geografiese “kamers” in die gedig (Ramazani 2009:54). Hy praat ook van die splitsende logika van die versreël wat die leser voorberei op geografiese diskontinuïteit en van elke reël potensieel ’n nuwe toneel, hoofstuk of kulturele wêreld maak (Ramazani 2009:61).

Onderliggend aan Ramazani se projek is ’n redelik idealistiese siening van die rol wat transnasionale poësie kan speel in die vestiging van ’n nuwe soort burgerskap en verbeeldingsruimte. In aansluiting by sy boek oor postkoloniale poësie getitel The hybrid muse. Postcolonial poetry in English, waarin hy waardes soos hibridisering, kreolisering en interkulturasie aanprys, lê hy veral klem op die waarde wat ’n transnasionale hermeneutiese lens kan hê om ’n dialogiese, eerder as ’n monologiese, benadering tot die letterkunde te bevorder (Ramazani 2009:12). Alhoewel hy toegee dat die term transnasionaal soms gebruik word vir negatiewe verskynsels soos neoliberale globalisme, korporatiewe stralerjakkery en terroristiese netwerke, word hy gedryf deur die idee dat literêre transnasionalisme “a different disciplinary model of ‘citizenship’” kan voorhou:

[I]nstead of replicating the centripetal vortex of the nation-state or its dilated counterpart in unitary migrant communities, cross-cultural writing and reading, can, if taken seriously in criticism and the classroom, evoke non-coercive and nonatavistic forms of transnational imaginative belonging. […] [W]hen the intercultural tropes, allusions, and vocabularies of poetry outstrip single-state or single-identity affiliations, they can exemplify the potential for generative intercultural exploration. (Ramazani 2009:31)

Hy praat selfs van ’n burgerskap van tussenruimtes (interstitial citizenship) wat digters vir hulleself skep deur die herskrywing van vorme, klanke, trope en idees wat hulle van dwarsoor die wêreld kry (Ramazani 2009:48). Die waarde van ’n transnasionale poëtika lê dus vir hom veral daarin dat dit in staat is om die beperkinge wat ’n nasionale omgewing en identiteit oplê te oorstyg om op te gaan in ’n transnasionale en interkulturele verbeeldingsruimte (imaginary). Alhoewel daar gesuggereer word dat die nasionale uitsluitend en beperkend is, terwyl die transnasionale inklusief en verbeeldingryk is, gee Ramazani (2009:48) toe dat die transnasionale nie inherent bevrydend is nie, net soos wat die nasionale nie noodwendig reaksionêr is nie. Wat hom betref, kan ’n transnasionale poëtika en hermeneutiese lens egter wel help om alternatiewe vir die heersende mononasionalistiese paradigma in die VSA te skep (Ramazani 2009:48–9). Sy argument is uiteindelik teen die “reclosing of the American mind” in die era na die terroriste-aanval op die World Trade Center in September 2001, skryf Maxwell (2006:362) in ’n reaksie op ’n vroeër weergawe van Ramazani se argument.

Teenoor Ramazani se optimisme staan Romana Huk (2009) se voorbehoude oor die oorhaastige aflegging van die nasionale of lokale as afbakeningsmiddel of hermeneutiese uitgangspunt. Soos Ramazani verkies sy om die term transnasionaal eerder as globaal te gebruik, omdat eersgenoemde ’n bewustheid van tekste se geplaastheid in ’n bepaalde omgewing en hulle roetes oor nasionale grense heen verraai:

Why […] do we seem to wish to think […] precisely in totalizing ways? To move from terms like, say “cross-cultural” (or even “transnational”), that retain at least some traces of writing’s sitedness and specific, historied movements over borders, to words like all-engulfing “Americas” or “world” or “global” poetics that permit no intra-national, national, or discreet group identifications or projects aside from the largest impossible ones? (Huk 2009:770).

Sy vra haar ook af hoe nuut die verskynsel van globale of transnasionale poësie werklik is, indien ’n mens dink aan die wêreldwye invloed van die Russiese formalisme en futurisme op die modernistiese estetika of byvoorbeeld die impak van die Franse poststrukturalisme en die Frankfurter Schule op literatuurstudie oor die wêreld heen (Huk 2009:759). Sy is byvoorbeeld skepties oor die Amerikaanse digter Charles Bernstein (2011/1999:9) se stelling dat daar sprake is van ’n beweging in die rigting van ’n postnasionale toekoms waarin nasietale (nation-languages) ingeruil sal word vir idiolekte (idiolects) en waarin bestaande nasionale identiteite vervang sal word met nuwe kollektiewe identiteite (Huk 2009:761). Sy voel ook dat Ramazani sonder genoegsame kwalifiserings en voorbehoude die transnasionale energieë verheerlik en die ontleding van nasionale vir transnasionale verbeeldingsruimtes (imaginaries) wil inruil (Huk 2009:765). Sy vind ook dat hy nie ondersoekend genoeg is in sy voorstelling van die “post-Benedict-Andersonian ‘imaginative citizens’” van die transnasionale domein wat probleemloos daarin sal slaag om aan hulle eie nasionale denkruimtes en vooroordele te ontsnap nie (Huk 2009:767). Alhoewel sy ten slotte waardering het vir kritici soos Bernstein en Ramazani se pogings om hulle reikwydte te verbreed, voel sy dat dit oneerlik sou wees om die impak en dra-krag van die lokale of nasionale te ontken (Huk 2009:780).

Dit opper die vraag of daar by Afrikaanse skrywers – en diegene wat hulle werk bestudeer – sprake is van ’n soortgelyke oorskryding van nasionale grense en die opgaan in ’n transnasionale domein. Die vraag is verder of daar ook sprake is van die versweë suggestie dat die nasionale ’n mate van engheid en inperking verteenwoordig terwyl die transnasionale elemente in hulle werk op groter verbeeldingrykheid en verruiming dui. Is Afrikaanse skrywers burgers van ’n transnasionale, selfs postnasionale verbeeldingswêreld? Is daar sprake van ’n transnasionale poëtika in die geval van Afrikaanse digters, en indien wel, wat is die inhoud van so ’n poëtika? Hoe hou dit verband met die lokale, regionale of nasionale elemente in hulle werk en is dit belangrik om tog wel die impak van die nasionale in die bespreking van hulle werk te verreken?

Hierdie vrae moet beantwoord word teen die agtergrond van die feit dat Afrikaanse skrywers werk binne ’n konteks wat bekend is met die impak van transnasionale bewegings vanweë die land se lang geskiedenis van kolonisering. Dit is juis deur kolonisering en ander transnasionale bewegings dat Suid-Afrikaanse skrywers in kontak gekom het met invloede en verskynsels van buite die land, soos moderniteit en modernisme. Gaonkar (1999:1) skryf dat hoewel moderniteit onder spesifieke sosiohistoriese omstandighede in die Weste gebore is, dit mettertyd dwarsoor die wêreld versprei het:

It has arrived not suddenly but slowly, bit by bit, over the longue durée – awakened by contact; transported through commerce; administered by empires, bearing colonial inscriptions; propelled by nationalism; and now increasingly steered by global media, migration, and capital. And it continues to “arrive and emerge”, always in opportunistic fragments accompanied by utopic rhetorics, but no longer from the West alone.

Ook Susan Stanford Friedman (2006:433) wys daarop dat die verspreiding van moderniteit, en die modernisme as gepaardgaande ekspressiewe en kreatiewe dimensie daarvan,2 oor die wêreld heen nou saamhang met die Westerse kolonisering van gebiede in Asië, die Amerikas en Afrika.3 Dit is om dié rede dat moderniteit/modernisme dikwels geassosieer word met kulturele kontaksones, of dié sones nou geproduseer word deur verowering, gedwonge of vrywillige migrasie, vreedsame handelsverkeer of tegnologiese en kulturele uitruiling. Sy meen trouens dat “heightened hybridizations, jarring juxtapositions, and increasingly porous borders” beide ’n oorsaak en ’n kenmerk van die totstandkoming van moderniteit is. Ek meen dat die werk van Afrikaanse skrywers en digters eweneens groei uit ’n kontaksone wat deur bogenoemde faktore geskep is en dat hulle werk ook die vermenging en jukstaposisie van lokale besonderhede en transnasionale invloede demonstreer. Die feit dat Friedman (2006:433) ’n voorstander is van ’n polisentriese, planetêre konsep van moderniteit wat in staat sal wees om die uiteenlopende manifestasies van moderniteit in verskillende geohistoriese lokaliteite te omvat, maak haar omskrywing ook aanneemlik vir iemand wat vanuit ’n marginale posisie soos dié van die Afrikaanse letterkunde oor transnasionaliteit wil skryf of dink. Anders as Ramazani wat in ’n sekere sin transnasionale bewegings verheerlik, is sy bewus daarvan dat hierdie bewegings oor grense heen sowel positiewe as negatiewe eienskappe en gevolge gehad het en steeds kan hê:

This geography of mobility and interculturality is not a utopian fantasy of peaceful integrations, but rather recognizes that the contact zones between cultures often involve violence and conquest as well as reciprocal exchange, inequality and exploitation as well as mutual benefits, and abjection and humiliation as well as pride and dignity. (Friedman 2006:428)

Om hierdie rede sien sy ook nie moderniteite wat nie-Westers is as afgelei, alternatief of periferaal nie, maar vind sy dat hulle medebepalend is van die inhoud van moderniteit en modernisme in die algemeen (Friedman 2006:432; ook Friedman 2010:481).

Wat Friedman beweer oor die modernisme, geld ook vir die verspreiding van die invloed van die postmodernisme, ook in die Afrikaanse letterkunde. Foster (2002) het reeds uitgebreid geskryf oor die postmodernisme as voortsetting van én breuk met die modernisme en die vorme wat dit in die Afrikaanse poësie aanneem. Dit is in hierdie ruimte, die kontaksone geskep deur die kolonisering van Suid-Afrika, waaruit ’n bepaalde suidelike en Afrikaanse modernisme (en uiteindelik ook postmodernisme) gespruit het, dat ons die oorsprong van ’n transnasionale poëtika en transnasionale elemente in Afrikaanse digters se werk sal vind. Ek gebruik voorlopig die modernisme en die voortsetting daarvan in die postmodernisme as ’n raamwerk, maar dit mag blyk dat die metamodernisme (soos voorgehou deur Vermeulen en Van den Akker 2010) mettertyd ook dieselfde verspreiding sal geniet en dieselfde impak sal hê op die Afrikaanse letterkunde as die modernisme en die postmodernisme.

Na aanleiding van bogaande bespreking stel ek in hierdie artikel ondersoek in na die volgende vrae met betrekking tot Marlene van Niekerk se bundel Kaar van 2013: Wat is die aard van die poëtika onderliggend aan hierdie bundel en sou dit transnasionaal genoem kon word? Indien wel, op watter wyse manifesteer die gepaardgaande transnasionale poëtika in die gedigte in die bundel? Is daar ’n poging om lokale geplaastheid en transnasionale kwessies met mekaar in verband te bring? Wat is die spanninge wat in die proses ontstaan? Na ’n algemene uiteensetting van die poëtika onderliggend aan die bundel en enkele opmerkings oor die posisie van ’n minderheidstaal soos Afrikaans binne die konsep van ’n transnasionale poëtika, word daar gefokus op ’n viertal gedigte wat Suid-Afrika se kolonisering deur amptenare van die Vereenigde Oost-Indische Compagnie, oftewel VOC (beskou as een van die wêreld se eerste transnasionale korporasies)4 en die impak daarvan op die spreker as postkoloniale subjek ter sprake bring.

 

2. Marlene van Niekerk se transnasionale poëtika en die minderheidstaal Afrikaans

Die vraag na transnasionaliteit is besonder tersaaklik en gepas in die geval van Marlene van Niekerk se skrywerskap: sy is een van die Afrikaanse skrywers wat heelwat sukses buite die grense van Suid-Afrika behaal met haar werk, soos wat haar benoeming vir die Man Booker International-prys in 2015 bewys. Dit is veral haar romans wat ’n transnasionale lewe lei deurdat hulle betreklik wyd vertaal word. Alhoewel haar drie digbundels, Sprokkelster (1977), Groenstaar (1983) en Kaar (2013), tot dusver nog nie vertaal is nie, is daar wel tekens dat sommige van haar gedigte transnasionaal begin sirkuleer deurdat vertaalde weergawes daarvan opgeneem is in bloemlesings soos In a burning sea (2014) en op Poetry International se webwerf verskyn. Verder tree sy ook in Nederland by podiumgeleenthede soos die Nacht der Poëzie in Utrecht op.

2.1 Marlene van Niekerk se transnasionale poëtika

Omdat Van Niekerk haar al meermale in onderhoude (vgl. Esterhuizen 2014 en Esterhuizen 2016) uitgelaat het oor haar opvattings in verband met die poësie, is dit nie moeilik om die onderbou van haar poëtika te agterhaal nie. Sy is ondubbelsinnig in verband met haar voorkeur vir ’n poësie wat ooreenstem met die transnasionaal-sirkulerende opvattings van die formalisme en modernisme. Teenoor Esterhuizen (2014) sê sy: “Ek is as jong letterkundestudent skynbaar onherroepelik gevorm deur hierdie denkbeelde van die formalisme en die modernisme en ook deur die nosie van ‘weirdness’.” Uit hierdie en ander uitsprake blyk dit dat sy sterk beïnvloed is deur die formaliste (veral Sklovskij) se nosie dat kuns die vermoë het om geoutomatiseerde waarneming te vervreem ten einde ’n bepaalde affek te bewerkstellig, naamlik om die sensasie van lewe terug te wen en dinge werklik te voel.5 ’n Verdere invloed is die Deleuziaanse opvatting dat die maak van kuns ’n manier is waarop ’n raam aangebring en ’n territorium geskep word midde-in die chaos, maar terselfdertyd vir sensasie en affek op daardie chaos teer (vgl. Grosz 2008). Sy sê byvoorbeeld vir Esterhuizen (2014):

Ek streef daarna om van myself te verskil, myself uitgeruk te kry uit die saai outomatismes van my powere opinietjies, ek streef daarna om taal soos ’n sonde (peilstif) uit te stuur oor die skuiwerende energiestrome wat my omgewe sodat ek mede daardeur dinge kan leer raaksien en raakvoel.

Dit word opgevolg met verdere uitsprake wat haar voorkeur vir die vreemde of afwykende in kuns demonstreer:

Volgens my opvatting is afwykende kuns meer interessant as on-afwykende kuns. […] Meestal is vreemde kuns formeel én inhoudelik afwykend of bevat iets obsessiefs, of intens. Meestal is afwykende kuns geslote, meer of minder weerhoudend, ungainly, verbluffend, dubbelbodemig of sistematies en pervers opgefok (soos in “fyngeteel”). (Esterhuizen 2014)

Daar is ook duidelike raakpunte met die formaliste se uitsprake dat poësie ’n vorm van geweldpleging teen gewone taal behels6 en dus beskou kan word as afwykende taalgebruik:

Ek glo nie mens kan goeie gedigte skryf as mens nie jou moedertaal formeel baie goed ken en in al sy registers uitstekend kan besig nie, alleen dan kan jy interessante maniere vind om af te wyk van normale taalgebruik, daarmee kom jy dan by een soort definisie van poësie, naamlik dat poësie afwykend of “verhewigend” is, en daarom moeilik om geskryf te kry en op ’n bepaalde manier moeilik om gelees te kry. (Esterhuizen 2016)

Sy sê ook baie uitdruklik wat die poëtiese norme is wat sy hanteer:

Die standpunt oor vreemdheid hierbo is wat my betref absoluut niks ongewoons in die poësie nie, amount and diversity integrated, strangeness, patterning, yielding while resisting, is absoluut normale handboekomskrywings van die literêre teks, van die metafoor, volgens die waardes van die formalisme. (Esterhuizen 2014)

Sy is dus terdeë bewus daarvan dat hierdie opvattings put uit ’n transnasionale tradisie, soos wat die verwysing na Wellek en Warren (1973 [1949]:243) se uitsprake oor die kriteria vir die evaluering van literêre tekste verraai (vgl. “our criterion is inclusiveness: ‘imaginative integration’ and ‘amount (and diversity) of material integrated’”). Sy wys self daarop dat haar opvattings “bepaalde Westerse (Eurosentriese en miskien selfs Romantiese) nosies van die kunstenaar as individu in die samelewing” verraai en dat haar verwysingsveld boonop “enigsins klasgebonde” is (Esterhuizen 2016).

Toets ’n mens die gedigte in Kaar aan hierdie poëtikale opvattings, blyk dit inderdaad dat daar ’n poging is om bekende of normale taalgebruik vreemd of afwykend te maak deur die gebruik van leenwoorde uit ’n spektrum van ander tale (veral Nederlands), die inspan van argaïsmes en woorde wat in onbruik geraak het in Afrikaans, die aanwending van verskillende variëteite en registers van Afrikaans, die binnehaal van terme uit ’n wye verskeidenheid van kennisvelde en die skep van nuwe woorde deur middel van samestellings, vervormings en verwringings. Dit blyk eweneens dat daar sprake is van ’n sterk vormbewusheid in die bundel. Eerder as wat ’n verskeidenheid vaste digvorme gebruik word, is daar ’n fokus op samehang en kohesie wat nie net op die vlak van gedagte-inhoude en metaforiese segging bewerkstellig word nie, maar ook op die vlak van klank, ritme en metrum. Daar word noukeurige aandag gegee aan die bou van versreëls en van strofes sodat klank, ritme en metrum maksimaal benut kan word. Dit manifesteer in lang versreëls diggepak met betekenis en klankeffekte, maar ook in kort, prosa-agtige reëls wat vergly in enjambemente. Soms is daar ’n doelbewuste eksperimentering met ’n oper vorm van praatpoësie wat gebruik maak van kort reëls en prosa-passasies (byvoorbeeld in die gedig “Gerbrand/Plascon”, 129–37)7. Dit blyk uit die bundel in sy geheel dat daar ’n poging is om ’n enorme hoeveelheid diverse en uiteenlopende gegewens binne die wêreld van die gedig te integreer deur dit in bepaalde patrone te rangskik wat verrassende verbande lê en nuwe samehange oproep.

Ook die intellektuele onderbou van Van Niekerk se werk is transnasionaal:

Ander invloede in my studiejare was die taalskepsis van Nietzsche, en daarteenoor die hermeutiese (sic) taalvertroue van Gadamer en Ricoeur. Moeilike bedmaats, ’n spanning dink ek wat aan die grond lê van al my pogings. Soms val die gedigte meer uit na die kant van troos en vertroue, soms meer na die kant van skepsis en vertwyfeling. (Esterhuizen 2014)

Sy noem verder ook die invloed van Bataille, Blanchot, Ciorian, Deleuze en Guattari, en Derrida.

Sy is haar uitermate bewus daarvan dat hierdie transnasionale pakket van invloede tot weerstand en kritiek kan lei:

Indien alles van bogenoemde sou geld, verbaas dit my dat nie een van die lesers wat Kaar onverteerbaar vind nog gesê het dat dit gewoon ekstreem ouderwets, reddeloos Eurosentries en honderd persent élitisties is nie. Uitgedien, agterhaald, oudbollig, motballig, eksklusief, wit en dáárom irrelevant. (Esterhuizen 2014)

Nie net omskryf sy hiermee op omvattende wyse haar eie “transnasionale poëtika” nie, maar noem sy ook moontlike besware vanuit Suid-Afrikaanse bodem waar daar in die onlangse tyd talle oproepe om ’n dekolonisering en ’n Afrikanisering van artistieke praktyke en intellektuele instellings soos universiteite opklink. Haar gedigte getuig trouens van die haas ondraaglike spannings wat dit meebring om tussen hierdie wêrelde te navigeer. Wat uiteindelik na vore kom, is ’n transnasionale poëtika met ’n sterk lokale kleur, ’n modernisme wat volledig bepaal word deur die geohistoriese lokaliteit waarin dit sigself bevind (om Friedman se terminologie te leen). Ter stawing kan ’n mens op inhoudelike vlak verwys na die transnasionale bewegings tussen verskillende ruimtes (die snelle wisseling, bewegings en uitruilings tussen Suid-Afrikaanse en transnasionale, veral Nederlandse, ruimtes), die aanwending van verwysings na plaaslike Suid-Afrikaanse besonderhede (plante, diere, voëls, mense, historiese, politieke en ander gegewens) tesame met ’n magdom verwysings geplunder uit alle dele van die wêreld (vanaf Europa en Amerika tot by Nieu-Seeland), die verwysing na skrywers (Suid-Afrikaans en nie-Suid-Afrikaans), die verwysing na kunstenaars soos skilders, beeldhouers, musici en sangers, sowel elitêr as populêr (beide Suid-Afrikaans en uit die groter wêreld) en die gebruikmaking van verskillende teoretiese diskoerse afkomstig uit alle dele van die wêreld (filosofie, politieke wetenskap, sosiologie, geskiedenis, biologie, biosemiotiek, geologie en ’n verskeidenheid ander dissiplines in hulle lokale asook globale gedaantes).

Onbetwisbaar deel van Marlene van Niekerk se poëtika is ook die voortdurende vraagstelling oor die rol wat poësie behoort te speel in die aanspreek van politieke, sosiale en omgewingsvraagstukke. Hierdie vraagstelling is trouens onderliggend aan haar ganse skrywerskap: dit is nie ’n vraag wat sy net in haar poësie ondersoek nie, maar ook in haar romans, in verhale soos dié wat in Die sneeuslaper verskyn en ook in haar beskoulike werk soos die essay getitel “The literary text in turbulent times: an instrument of social cohesion or an eruption of ‘critical bliss’” (Van Niekerk 2013a). Hiermee sluit sy aan by ’n wêreldwye spektrum van skrywers wat hulle ook met hierdie vraagstukke bemoei. In die geval van Kaar word spesifiek Suid-Afrikaanse vraagstukke (politieke korrupsie, die geweldskultuur, ekonomiese ongelykheid, en so meer) in verband gebring met die wyse waarop hierdie kwessies in die res van die wêreld manifesteer.

’n Gegewe wat steeds belangriker skyn te wees in Van Niekerk se poësie is die bemoeienis met die mens – en dus ook die digter – se posisie binne “’n wyer biosemiotiese konteks” wat daarop sinspeel dat die mens sigself moet verstaan as maar een element tussen miljoene ander op ’n planeet wat reeds onherroeplik aangetas en verander is deur die inwerking van die mens (Esterhuizen 2016).8 Hiermee saam gaan vrae na die gepaste maniere vir ’n digter om haar- of homself te posisioneer in ’n tyd waarin omgewingskwessies steeds dringender word. Volgens Van Niekerk is dit belangrik om ondersoek in te stel na kwessies soos wat “’n ‘gepaste’ etos, modus en stem vir die digter van die Antroposeen” sou wees.9 Met haar fokus op die Antroposeen (die epog waarin menslike aktiwiteit ’n merkbare impak op die planeet het) sluit sy aan by die uitsonderlike transnasionale belangstelling wat daar tans in hierdie gegewe bestaan.10 Sy vra haar verder af hoe die skrywer hom- of haarself kan verset teen die neiging van die globale kapitalisme om diversiteit en verskil te elimineer:

hoe mens energiek, krities en verbeeldingryk weerwerk kan lewer teen die verbruikersdwingelandy van die gevorderde kapitalisme, teen die onaflatende druk om steeds makliker verteerbare, hapklare, snelvoorbereide brokke op te dis as poësie in “global English” wat die meeste mense verstaan. (Esterhuizen 2016)

Op hierdie vraagstuk reageer sy deur komplekse, vervreemdende en aandag-eisende gedigte te skryf in ’n klein minderheids- of mineurtaal soos Afrikaans. Hieroor meer in die volgende afdeling.

2.2 Die posisie van Afrikaans as minderheidstaal binne ’n transnasionale poëtika

’n Ander punt wat ter sake is by ’n bespreking van die transnasionaliteit van die Afrikaanse poësie, meer spesifiek dié van Marlene van Niekerk, is die posisie van Afrikaans. Die vraag is in watter opsig ’n poësie wat in Afrikaans geskryf is, hoegenaamd transnasionaal kan wees. Ramazani en Huk beskou die kwessie van transnasionaliteit vanuit die perspektief van die wêreldtaal Engels eerder as ’n minderheidstaal soos Afrikaans. In die geval van hierdie artikel gaan dit egter oor ’n letterkunde, meer spesifiek ’n bundel, in ’n minderheidstaal met ’n komplekse en gekompromitteerde geskiedenis in ’n ontwikkelende land op die uithoek van die globale suide. Afrikaans is ’n taal wat in Suid-Afrika ontwikkel het, maar deur sy oorsprong uit Nederlands verbind is met die koloniale geskiedenis van die land en deur ontwikkelinge in die 20ste eeu met die onderdrukkende bewind van die apartheidstaat. Boonop is dit slegs een van 11 amptelike tale in die land; die kulturele produksie in Afrikaans verteenwoordig dus slegs ’n klein deel van dit wat in Suid-Afrika geproduseer word.

Alhoewel Marlene van Niekerk in die onderhoude met Louis Esterhuizen gebieg het dat haar opleiding en gevolglik ook haar poëtikale opvattings en voorkeure gevorm is deur Europese invloede, beteken dit geensins dat sy haar in haar werk losmaak van die geskiedenis en die problematiek van die taal Afrikaans, die feit dat Afrikaans vir ’n gedeelte van sy geskiedenis toegeëien is deur die Afrikanernasionalisme en van die groter konteks van Suid-Afrika nie. Hiervan getuig die groot aantal gedigte in Kaar waarin daar op uitgesproke wyse omgegaan word met politieke korrupsie, polisiegeweld, internasionale sportpolitiek, Suid-Afrika se geweldskultuur, ekonomiese ongelykheid, probleme in die onderwys, ongebreidelde kapitalisme en die gepaardgaande verbruikerskultuur, die nalatenskap van kolonialisme en Afrikanernasionalisme, Stellenbosch se rol in die bestendiging daarvan, die uitbuiting en verwoesting van die omgewing, en so meer. Die volgende reëls in “Brief aan Suid-Afrika” (181), wat in Italië geskryf is, getuig van hierdie betrokkenheid by Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse probleme:

Suid-Afrika, die punt is, jy freak my uit, ek het nie raad nie,
quite frankly ek voel fokkol vir Italië, malvas in potte depress my
[...]

Dis oor jóú wat ek wil rym, ek wil die clichés van jou kweeste,
jou stupid mannetjiesmites van renaissance en ontwaking
inruil vir helder ghoens in jou verwaarloosde skoolgrond:
’n soewereiniteit gesetel in die vinding en maak
van skone dinge, bruikbare dinge.

Soos wat die wisseling in register in bostaande aanhaling suggereer, is die bundel ’n deurtastende uitdieping van al die moontlikhede wat Afrikaans bied. ’n Mens sou kon redeneer dat die oorsprong van die digter se bemoeienis met Afrikaans beskryf word in die gedigte, veral in afdeling 4, waarin die vader besing en beween word as die een wat oorsprong gegee het aan die digter se bewuswording in taal, in hierdie geval ’n taal wat toevallig Afrikaans was. Die gedigte waarin die vader as oorsprong van die digter se taal uitgebeeld word, is boonop volledig ingebed in ’n bepaalde landskap wat daartoe bydra dat die materiële aspekte van taal beklemtoon word (vgl. “Google earth”, 81–3). Die hoogtepunt van hierdie vereenselwiging tussen die digterlike idiolek en die vaderlike voorbeeld is “Strofes vir my pa” (88–9) waarin die bewustheid van Afrikaans se kwesbaarheid en prekêrheid verskerp word deur die gegewe van die vader se demensie wat lei tot die verlies van sy taalvermoë, soos gesuggereer deur die slotreël: “my grote woordeboek is loos”.

Hiernaas is daar ook die ontginning van verskillende variëteite van Afrikaans, waaronder die aanwending van die variëteit Kaaps in gedigte soos “Hoekom moetie worldcup wê’k?” en “poets van ons vaderland unite”. Die gebruik van Kaaps in Kaar het bepaalde spanninge in die Afrikaanse taalgemeenskap blootgelê. Nathan Trantaal (in Marais 2013) en Annemarie van Niekerk (2013) het gesuggereer dat Van Niekerk se toe-eiening van ’n variant van Afrikaans wat veral deur bruin mense gepraat word, onvanpas is, waarop Anastasia de Vries (2015:14) geargumenteer het “dat Van Niekerk se verrekening van Kaaps wel waarde het, dat sy in die rol van medium die grense van persepsie oor Kaaps help verskuif”. Daar is verder talle voorbeelde van die gebruik van ’n argaïese of ingeslape Afrikaans (ook merkbaar by onder meer Breyten Breytenbach), veral in die gedigte wat handel oor die vader en in die proses bepaalde aspekte van ’n ouer, landelike Suid-Afrika oproep. Ook die veelvuldige gebruik van Nederlandse woorde en uitdrukkings in die bundel is opvallend: enersyds hou dit verband met die plasing van sommige gedigte in Nederland; andersyds behels dit ’n poging om terug te delf na sommige van die Nederlandse oorspronge van die Afrikaanse woordeskat. In ’n sekere opsig herinner dit die leser aan die geskiedenis van Afrikaans as produk van transnasionale invloede omdat dit gebore is uit die Nederlandse kolonisering van die Kaap en ’n produk is van die wyse waarop Nederlands omvorm is deur ’n lang proses van beïnvloeding deur Maleis, Kreool-Portugees, Frans, Duits en Engels asook Arabies en die inheemse tale van Afrika. Die viering van Afrikaans se transnasionale oorspronge word as ’t ware bevestig deur die wyse waarop die bundel ook put uit ander tale soos Frans, Jiddisj, Engels, Latyn, Grieks, Italiaans, Spaans, Chinees, Zoeloe, Tsonga/Sjangaan, Indonesies, Kelties, Yslands, Sanskrit en Oudnoors.11 Marlene van Niekerk se transnasionale poëtika vind dus in Kaar uiting in ’n lokale minderheidstaal wat sy wortels in transnasionale bewegings het, maar ook uitreik na ’n spektrum van wêreldtale.

Een van die metafore wat Friedman (2010:483) gebruik vir die wyse waarop die modernisme aangepas en verwerk word in verskillende dele van die wêreld, is dié van “vernacularization”. Dié metafoor is besonder toepaslik in ’n bespreking van Kaar waarin bepaalde opvattings en idees uit die noordelike halfrond volledig aangepas en verinheems word in ’n taal wat uit die spreektaal van gewone mense gegroei het. Friedman (2010:490) stel dit trouens uitdruklik dat daar binne die konteks van ’n planetêre modernisme ’n voortdurende spanning bestaan tussen die veelvoud van plaaslike tale (vernaculars) en die algemene lingua francas wat transnasionale verkeer bemiddel (soos Chinees, Arabies, Frans en Engels). Volgens haar word die voortbestaan van plaaslike tale voortdurend bedreig en word die moedertaalsprekers van die lingua francas bo alle ander bevoordeel. Daarom voel sy: “Challenging modernism’s complicity with colonialism in the formation of a planetary modernist studies requires studying, reading, and empowering the vernaculars” (Friedman 2010:490). Die gebruik van Afrikaans in ’n bundel soos Kaar behels dus die bemagtiging van ’n minderheidstaal en die verinheemsing van transnasionale invloede soos die modernisme. Dit blyk uit die viertal gedigte wat vervolgens bespreek sal word en waarin die lang nawerking van Suid-Afrika se koloniale geskiedenis opgeroep word.

 

3. Die transnasionaliteit van Kaar: ’n ondersoek na vier gedigte

Soos wat reeds hier bo sou geblyk het, is daar, ten spyte van die uitgebreide interaksie met transnasionale opvattings, vorme en inhoude, in Kaar ook blyke van ’n duidelike geplaastheid in Suid-Afrika. Hierdie geplaastheid binne ’n bepaalde lokale konteks (dit wat Romana Huk “sitedness” noem) wat in verskillende verhoudings met ’n groter transnasionale of globale konteks staan, kom op verskillende punte in Kaar ter sprake. Ten einde die komplekse wisselwerking tussen transnasionale elemente en die geplaastheid in Suid-Afrika te ondersoek, fokus ek op ’n viertal gedigte waarin beide die historiese en die kontemporêre interaksie met Nederland ter sprake kom. Enersyds word daar verwys na die spreker of subjek in die gedigte as ’n afstammeling van die Nederlandse kolonisering van die Kaap; andersyds as iemand wat onherroeplik geworteld is in Suid-Afrika ten spyte van die probleme wat die land ervaar en ten spyte van die verlange om by geleentheid aan Suid-Afrika te ontsnap na ’n land soos Nederland. Uit elkeen van die gedigte blyk ’n hoogs verwikkelde spanning tussen die transnasionale en die plaaslike en ’n uiters komplekse verhouding met die vaderland.

Ek fokus eerstens op die gedig “Heavy metal in Bagdad” uit die bundel se sesde afdeling waarin die fokus veral val op die verantwoordelikheid van die digter binne omstandighede soos dié wat in die tyd rondom die skryf van die bundel in Suid-Afrika geheers het. Vervolgens bespreek ek die gedigte “Etologie” en “Sorry suide”, eweneens uit die bundel se sesde afdeling, waarin die implikasies van die spreker se geplaastheid in en verhouding met die globale suide12 as teenpool van die globale noorde (en dus die Weste) ten tonele gevoer word. Daarna volg ’n bespreking van die gedig “Teorie en praktyk van die digkuns in ’n era van aardgas”, uit die sewende afdeling van die bundel, waarin die koloniale geskiedenis van Suid-Afrika weer ter sprake kom, maar geplaas teen die groter agtergrond van globale ekologiese vraagstukke en die vraag hoe die digter daarop moet reageer. My fokus val in hierdie ontledings op die inhoudelike eerder as die vormlike aspekte van die gedigte.

3.1 Die globale suide teenoor die globale noorde: “Heavy metal in Bagdad”

Die gedig “Heavy metal in Bagdad” (123–4) lui die sesde afdeling in die bundel in. Die gedigte in die vyfde afdeling is geplaas in ’n wye verskeidenheid wêreldruimtes wat strek vanaf Nieu-Seeland, Brittanje en die VSA tot by Suid-Afrika, met die laaste vier gedigte gewy aan Nederland (waaronder die uitgebreide 10-delige “Oujaar Amsterdam 2007”, 115–20). “Heavy metal in Bagdad” volg direk hierna en kan dus gelees word teen die agtergrond van die transnasionale beweeglikheid wat deur die fokus op verskillende ruimtes in die vyfde afdeling se gedigte gedemonstreer word.

Heavy metal in Bagdad

Mens wil miskien terug
na jou vaderland, sat
van die skugter koekoeke
in paardekastanjes se sagte wit
wiegende rokke, en treine
wat loop soos koekoekklokke,
en mense met handdrukke
in banketbakkerye, en honde
poepend van hondebrokke,
en tieners aspersiebevingerd
in manelle voor konsertklaviere,
en drop-outs met teorieë
van die wêreldeinde,
en vliegtuie silwer muskiete
gestapel in spirale bakke
bokant kratte mensneste,
hangreiers grou fregatte
krysend na krokette
op die trottoirs.

Jy wil terug na jou land,
jy wil jou tontel toets vir lading:
op weerlig, op wilde spinasie
langs die landingsbaan, op vermoedens
trou aan jou alvleisklier,
want jou mondhoeke kwyn
van lag en grimas in die vreemde,
dis tyd vir dieper organe,
en jy soek vandale, kameleons,
bakkranse, anemone
in die glasige koppe van branders,
jy soek ’n breekwater om op te improviseer,
einders van kwarts om jou naels op te slyp,
bars brame van verwildering,
maar loop jou vas in fokkers soos bokke
agter ’n sokkerbal, of dit jesus is
op ’n wolk, godjesus op ’n wolkekrabber,
die heilige gees in ’n doelhok
soos ’n karper in ’n fuik,
en opstandiges met stokke, en ministers
snuiwend onder die rokke
van wywe blink margarienblokke,
en burgemeesters met varknekke
uitgeslaan van skelmpokke,
en wit mannetjie- en wyfiepoëtasters
makelaars van wrokke en bakke ham-
en peersalade, flou makoue die fokken lot
wat op mekaar se koppe kak in elitêre furie
oor taks, slaggate en historiese skuld,
sterk geparfumeerde bakterieë,
vrot kulture op swak spanspek,
terwyl die outsiders binnetoe groei
soos hidrouliese rose.

Nee, dié wêreld is ook geen woning nie,
’n karavaanpark dalk, ’n spazashop
van blues en selfvertroosting?
Dit gee my ’n idee: Heinz-tamatiesop
vir my vanaand, en ’n video in my bed
van heavy metal in Bagdad,
waarom na elders probeer ontsnap?

Die gedig begin met ’n voorwaardelike stelling, aangedui deur die woord “miskien”: “Mens wil miskien terug/ na jou vaderland, sat van die skugter koekoeke/ in paardekastanjes se sagte wit/ wiegende rokke”. Die spreker (hier aanwesig in die selfdistansiërende jy-vorm) is dus nie volkome seker of sy werklik wil terugkeer na haar vaderland nie. Tog word daar in res van die eerste strofe uitgebrei op dit waarvan die spreker “sat” is in ’n ruimte wat vermoedelik Nederland, of ten minste Europees, is: die skugterheid en gedemptheid van die omgewing, die stiptheid van die treine, die vriendelike mense in die banketbakkerye, die stadshonde, die oorgeraffineerde kultuurlewe, die teorieë oor die wêreldeinde, die hiperverstedelikte omgewing waarin vliegtuigverkeer bo digbewoonde woonstelblokke hang en selfs die wilde voëls gedomestikeer raak (“krysend na krokette/ op die trottoirs”). Die kort versreëls deur enjambemente aaneengeryg skep die indruk dat hierdie gedig ’n spel speel met vlugtige invalle, vooroordele en haastige afleidings eerder as deurdagte argumente. Dit klink immers nie heeltemal rasioneel om hierdie gerieflike burgerlike ruimte te wil verlaat nie.

Die tweede strofe verskaf die rede waarom die spreker wil terugkeer na haar vaderland: “Jy wil terug na jou land,/ jy wil jou tontel toets vir lading”. Tontel is ’n lig ontvlambare stof wat aan die brand gesteek kan word deur ’n vonk uit ’n vuursteen; dit klink dus asof die spreker in haar vaderland wil gaan toets of haar passie, en vermoedelik ook kreatiwiteit, nog kan ontbrand, en wel áán of óp ’n ruimte wat die teenoorgestelde is van die getemde, beskaafde en oorgeraffineerde Europese ruimte wat in die eerste strofe beskryf word. Sy som dit waarop sy haar tontel wil toets soos volg op: “op weerlig, op wilde spinasie/ langs die landingsbaan, op vermoedens/ trou aan jou alvleisklier”. Sy wil dus haar kreatiwiteit op ’n ruie omgewing toets, en ook die “vermoedens” wat spruit uit haar liggaam en organe (sy verwys na die pankreas) in haar vaderland gaan toets omdat sy voel “dis tyd vir dieper organe”. Dit is duidelik dat sy ’n behoefte het om haar kreatiwiteit te voed en uit te daag in ’n omgewing (haar vaderland) waarmee sy vanweë geboorte ’n liggaamlik-intuïtiewe eerder as ’n rasioneel-verklaarbare band het. Dit is ook ’n ruwer, meer ongetemde omgewing: “jy soek vandale, kameleons,/ bakkranse, anemone/ in die glasige koppe van branders/ jy soek ’n breekwater om op te improviseer,/ einders van kwarts om jou naels op te slyp”. In hierdie uitdagende soort konteks voel sy dat sy verplig sal wees om te improviseer en dat sy die geleentheid sal hê om haar kreatiewe vermoë te slyp en verskerp.

Die res van die tweede strofe suggereer egter dat dit helaas nie is wat sy in haar vaderland vind nie. Sy loop haar vas in sportbesetenes (die verwysing na sokker suggereer dat die gedig rondom 2010 en die aanbieding van die Wêreldbekersokkertoernooi in Suid-Afrika geskryf is), opstandiges, beluste ministers, korrupte burgemeesters, wit digters wat in ’n stryd met mekaar gewikkel is en migrante van buite. Dit lei tot die besef: “Nee, dié wêreld is ook geen woning nie”, met ’n toespeling op Totius se bekende religieuse gedig “Die wêreld is ons woning nie”. Haar vaderland is hoogstens “’n karavaanpark” (met ander woorde ’n tydelike en tweedeklas blyplek) of “’n spazashop/ van blues en selfvertroosting” (’n spesifiek Suid-Afrikaanse soort buurtwinkel waaroor jy nostalgies-melankolies kan raak en jouself op dié manier kan vertroos). Die vaderland of nasionale ruimte word dus gesien as beperkend en inperkend vir die kunstenaar ten spyte van die verwagting dat dit kreatief uitdagend sal wees.

Die verwysing na “blues en selfvertroosting” lei assosiatief tot die gedagte dat sy van hierdie situasie moet ontvlug deur liewer vir haar Heinz-tamatiesop te maak en in haar bed na ’n video van “heavy metal in Bagdad” te kyk. Die gedig sluit af met die woorde “waarom na elders probeer ontsnap?”. Dit klink na ’n uiters ironiese oplossing vir die probleem dat sy nóg in Europa nóg in haar vaderland kreatief uitgedaag voel: die verwysing na Heinz-tamatiesop suggereer ’n geblikte globale kultuur (Kraft Heinz is ’n Amerikaanse maatskappy wat in voedselverwerking spesialiseer en wêreldwyd sake doen), terwyl die verwysing na “heavy metal in Bagdad” die teenoorgestelde oproep. Die film Heavy metal in Baghdad (2007) volg die optredes van die Irakkese heavy metal rock-groep Acrassicauda in hulle vaderland te midde van groot weerstand weens hulle aansluiting by die Westerse rock-kultuur en gee ook insig in die probleme wat hulle ervaar om hulle musiek te maak te midde van die verwoesting van ’n oorlog wat hulle uiteindelik dwing om na Sirië te vlug. Die frase “heavy metal in Bagdad” roep naas die musiekgenre wat hulle bedryf, natuurlik ook die bombardement van Bagdad en die oorlog in Irak op. ’n Resensie van die film wat in The New York Times verskyn het, beskryf dit as “[b]oth a stirring testament to the plight of cultural expression in Baghdad and a striking report on the refugee scene in Syria” (Lee 2008). Die spreker wat gehunker het na Suid-Afrikaanse realiteite waarop sy haar kreatiewe naels kon skerpmaak, retireer dus volgens die slot van die gedig na haar bed waar sy produkte uit die groter, transnasionale wêreld kan verbruik. Ironies genoeg toon een van hierdie produkte (die film Heavy metal in Baghdad) hoe moeilik dit is om as ’n kunstenaar ’n transnasionale genre (rockmusiek) te probeer uitleef in ’n nasionale ruimte wat vanweë ’n bepaalde geloofsisteem én die geweld van oorlog nie gunstig is vir vrye uiting deur die kunstenaar nie.

Op sy minste suggereer hierdie slotstrofe die komplikasies daarvan om ’n kunstenaar te wees wat vasgevang is tussen die beperkinge wat opgelê word deur sensuur en geweld in die nasionale ruimte en die ontmagtigende saaiheid van ’n globale ruimte. Dit is veral ook ’n wrang vorm van selfkritiek: die spreker neem hierdie gegewe waar vanuit die veilige, persoonlike ruimte van haar bed en is kennelik nog nie uitgelewer aan die realiteite van sensuur, oorlog en vlugtelingskap nie. ’n Toevlug tot die private domein mag die enigste opsie wees in hierdie onbehaaglike toestand, maar daar is die suggestie dat dit nie vir die digter ’n bevredigende situasie is nie.

3.2 Geplaastheid in die postkoloniale suide: “Etologie” en “Sorry suide”

“Etologie” en “Sorry suide” staan, nes “Heavy metal in Bagdad”, in die sesde afdeling van die bundel; ook hierdie gedigte takseer die subjek en spreker se posisie as bewoner van die globale suide, meer spesifiek ’n land met ’n koloniale geskiedenis. “Etologie” (Van Niekerk 2013b:143–4) kan verder gelees word teen die agtergrond van Van Niekerk se uitspraak dat sy dit nodig vind dat digters hulleself in “’n wyer biosemiotiese konteks” moet begin verstaan (Esterhuizen 2016).

Etologie

Soos elke dier erf sy deur toeval ’n omgewing, ’n gewrig
van tyd en enkele refreine – alewee, mosbol, merinoskaap
wat sy uitklank vir ’n brose vader in sy kou van chroom -
’n wiegelied van Rondekuil as hy om silwer damme
van sy kindheid skrou.

’n Elektromaas van blieps en seine
verskaf kontak met naasbestaandes in die buiteland: sy luister
na die NOS-journaal as dyke lek of Bach in die Concertgebouw –
haar voorsate was Hollanders wat indertyd die Kaap
verkrag het namens God en die Oranjes van Nassou.

Drie eeue later verbruik sy kaas, olywe,
proewerswyne, ’n lugverkoelde motorkar, plus perkoleerder
vir haar koffie, verkrop in haar gekultiveerde jaart
die voorgeskrewe selfsensuur oor ’n nuwe ligting potentate.

Musiek merk haar domein, en ingelyste prente, ’n stres-afwerende
matras, oorproppe, slaappille, romans soos Die Verdriet van België
en gedigte van Paul Snoek, ’n skoonmaakdiens, ’n woordeboek
met ryme en vergoeilikings – humanisties-liberaal – van grypsug
soos dit nooitaflatend uit die bloed-deurdrenkte bodem walm.

Sy skraap verniet die laag vernis uit die kiewe van haar naaste
wat sonder chaos trag te leef, sy wag dat Kairos eersdaags
haar verleentheid oor haar weelde ’n genadeslag sal dien
of ’n vluglyn à la Deleuze verskaf, skenk pilchards
in tamatiesous aan hongeres oor haar onderdeur, lees beduus
Von Uexküll oor die aangepastheid van die luis.

Vir eekhorings in balaklawas druk sy die alarmknop,
bevoel haar tralieslotte en die skokstaaf langs haar bed,
begroet om elke draai ’n blik wat haar takseer as plunderbaar,
hoed haar handsak, kyk reëlmatig agter haar, swenk
soms vir haar eie skadu in die skadulose supermark
gryns terwyl sy vaar na plekke agter mure en dik glas in die smal
trajek van haar bevoorregting, wit vlag aan die mas.

Wat ek skort dink sy, is ’n akwarium, ’n postkoloniale
Umweltkas by binnelandse sake waar ek as ingelegde semafoor
in ’n Perspex-slottoneel kan pas, ’n spesie sonder voetligte of wrok,
beperkte speelvak van ’n sitcom: Kortverblyf se gas.

Etologie kan volgens woordeboeke sowel na die bestudering van karakter en die vorming daarvan as die bestudering van die lewensgewoontes en gedrag van diere, veral as ’n aanpassing by ’n spesifieke evolusionêre nis, verwys.13 Die vrou wat in die gedig beskryf word, word dus ten opsigte van die vorming van haar karakter, haar gedrag en haar aanpassing binne ’n bepaalde ruimte beskryf (gepaardgaande met die suggestie dat sy die soortgenoot van ander niemenslike wesens is en nie wesenlik van hulle verskil nie). Die beginreëls bevestig dat sy deur toeval gesitueer is in ’n bepaalde ruimte (“’n omgewing”) en tyd (“’n gewrig”). Dat sy dit geërf eerder as gekies het, word bevestig deur die verwysing na haar vader as die oorsprong van haar wese en taalgebruik deur die Afrikaanse woorde “alewee, mosbol, merinoskaap” wat sy vir hom klank as sorgbehoewende bejaarde wat na sy “kindheid” verlang.

Die tweede strofe verwys beide na haar geskiedenis as die afstammeling van Nederlandse setlaars in Suid-Afrika (“haar voorsate was Hollanders wat indertyd die Kaap/ verkrag het namens God en die Oranjes van Nassou”) en haar transnasionale gekonnekteerdheid met die buiteland, spesifiek Nederland, soos bemiddel deur moderne tegnologie (“’n Elektromaas van blieps en seine/ verskaf kontak met naasbestaandes in die buiteland: sy luister/ na die NOS-journaal as dyke lek of Bach in die Concertgebouw”). Die derde strofe teken haar as betreklik bevoorregte lid van die middelklas (sy verbruik kaas, olywe, proewerwyne, het ’n lugverkoelde motor, ’n koffieperkoleerder en ’n “gekultiveerde jaart”, m.a.w. ’n goedbeplante tuin én ’n goeie opvoeding). Tesame met die verwysing na haar herkoms teken dit haar binne die Suid-Afrikaanse konteks as ’n bevoorregte wit persoon wat as gevolg daarvan haar kritiek op die huidige heersersklas (“’n nuwe ligting potentate”) moet terughou (vgl. “verkrop”, “die voorgeskrewe selfsensuur”).14 In strofe vier word daar gewys op die dinge waarmee sy haar domein “merk” (’n woord wat binne die taalgebruik van die etoloog pas): kultuurprodukte (musiek, skilderye, letterkunde uit België, rymwoordeboeke), verbruiksgoedere (’n stresafwerende matras, oorproppe, slaappille, ’n skoonmaakdiens) en humanisties-liberale vergoeilikings van die “nooitaflatende” grypsug wat sy rondom haar waarneem.

Volgens die vyfde strofe is die resultaat van haar bevoorregting binne die Suid-Afrikaanse konteks die vrees vir vergelding: terwyl sy vir die hongeres kos gee by haar deur, verwag sy óf ’n genadeslag óf ’n “vluglyn á la Deleuze”. ’n Betekenisvolle gegewe in hierdie strofe is die laaste reël se verwysing daarna dat die vrou (waarskynlik ’n geobjektiveerde self van die digter) die biosemiotikus “Von Uexküll oor die aangepastheid van die luis” lees en dat Von Uexküll se term Umwelt later in die gedig klink. Giorgio Agamben (2000:40–1) verduidelik laasgenoemde term op ’n manier wat vir hierdie gedig ter sake is:

Von Uexküll begins by carefully distinguishing the Umgebung, the objective space in which we see a living being moving, from the Umwelt, the environment-world that is constituted by a more or less broad series of elements that he calls “carriers of significance” (Bedeutungsträger) or of “marks” (Merkmalträger), which are the only things that interest the animal. In reality, the Umgebung is our own Umwelt, to which Uexküll does not attribute any particular privilege and which, as such, can also vary according to the point of view from which we observe it.

Von Uexküll beskryf in ’n baie bekende passasie hoedat die luis as voorbeeld van hierdie konsepte slegs reageer op betekenisvolle aanwysers in haar omgewing: die luis is sensitief vir lig wat haar in staat stel om haar weg na die bopunt van ’n grashalm te vind; sy herken die reuk van ’n naderende soogdier waarop sy dan val; sy registreer die temperatuur van die warmbloedige dier en vind dan met behulp van die tassintuig ’n plek waar sy haar kan inbed in die vel om die prooi se bloed op te suig (vgl. Agamben se omskrywing, 2004:47).

Die verwysing na Von Uexküll is betekenisvol omdat dit suggereer dat die bevoorregte wit Afrikanervrou in die gedig, afstammeling van Europese koloniste in Suid-Afrika, ten spyte van haar gekultiveerdheid en tegnologiese bemiddeldheid, nie wesenlik verskil van die luis nie, ’n opvatting waardeur Van Niekerk haar voorskrif dat die digter hom- of haarself in “die groter biosemiotiese konteks moet verstaan” (Esterhuizen 2016) in werking stel. As persoon wat “vaar […] in die smal/ trajek van haar bevoorregting” reageer sy, net soos die luis, op die aanwysers (die “carriers of significance” en “marks”) in haar omgewing wat haar bedreig: sy druk die alarmknop wanneer sy beweging gewaar, is bedug op alle blikke wat haar as “plunderbaar” beskou, en skrik vir haar eie skaduwee in die supermark. Sy is hiperbewus daarvan dat haar bevoorregting as wit persoon haar ’n teiken maak vir misdadigers, en lees – soos die luis – al die indikatore in haar omgewing vanuit hierdie optiek. Daarom gee sy haarself by voorbaat oor om die vrede te behou: as wit vrou hys sy ’n “wit vlag aan die mas”.

Met ’n sterk sin vir selfironisering en selfrelativering dink die vrou in die slotstrofe dat sy soos ’n biologiese spesimen in ’n versamelaarskabinet hoort (’n mooi omkering van die ou koloniseerderspraktyk waar die gekoloniseerde mens, dier of plant geobjektiveer is). Sy verwys dus daarna dat sy ’n “akwarium” kort: ’n ruimte waarin sy by implikasie besigtig kan word as voorbeeld van ’n rare of amper uitgestorwe spesie. ’n Ander moontlikheid is dat sy vertoon kan word in ’n “postkoloniale Umweltkas by binnelandse sake”. Die Umwelt van hierdie nasaat van die Hollandse koloniste is ’n postkoloniale wêreld waarin sy haar steeds meer bedreig voel. Verder stel sy haarself hierdie Umweltkas voor “by binnelandse sake”, met ander woorde die plek waar ’n mens aansoek doen om ’n identiteitsdokument of ’n paspoort. Hier kan sy funksioneer “as ingelegde semafoor in ’n Perspex-slottoneel”, dus as ’n seinapparaat, wat die boodskap dat dit die einde (“slottoneel”) is van haar spesie in hierdie omgewing, kan oordra. Die slotreël verwys na hierdie spesie se “beperkte speelvak” binne die huidige omgewing (die vrees vir gevaar dui dit alreeds aan), tipeer dit as ’n “sitcom” (’n kortstondige situasie-komedie) waarin die vrou wat beskryf is, uiteindelik die universaliteit van ’n ou gesegde oor die mens se sterflikheid op ’n heel spesifieke manier gaan demonstreer: as wit vrou in Afrika is sy naamlik “Kortverblyf se gas” in die globale suide.

Die implikasie is verder dat die wit Afrikaanse vrou wat hier beskryf word, uiteindelik sal tuishoort in ’n soort kuriositeitekabinet wat by die Departement Binnelandse Sake uitgestal sal word om almal wat oor die grense van die land beweeg te herinner dat die lewe in die geheel gesien kort is, maar ook dat die tyd vir die afstammelinge van Europese koloniseerders in Afrika beperk is en dat hulle besig is om relikte, museumstukke of kuriositeite te word. Die gedig is dus gebou op die transnasionale dinamiek onderliggend aan Suid-Afrika se koloniale geskiedenis en maak gebruik van transnasionale inhoude (vgl. die verwysings na die Duitse bioloog Von Uexküll) om die persoon wat in die gedig beskryf word se gevoel van voorafbepaaldheid (op die patroon van die luis), maar ook prekêrheid in ’n bepaalde Umwelt, te verwoord.

Hierteenoor gee “Sorry suide” (127–8) ’n ander – en byna kontradiktoriese – perspektief op die spreker se verankering in Suid-Afrika as deel van die globale suide. Die gedig beskryf ’n toevallige konfrontasie tussen drie middeljarige wit vroue en drie hawelose mans in ’n winkelsentrum, waarskynlik in die universiteitsdorp Stellenbosch. Die spreker in die gedig verwys na die drie vroue wat in die parkeerruimte van ’n winkelsentrum staan en wag vir die hysbak as “drie winkelsusters,/ ’n inerte poppekassie” (wat weer die beeld van ’n kuriositeitekabinet oproep) en gaan verder:

[…] Ons spieël ’n diep verwantskap
na mekaar: wit, bo vyftig, lig onseker, klasgevoelig en respekvol
na ons naaste met selfbewuste dampies van Chanel.

Die spreker in die gedig spekuleer dat die een vrou ’n “komponis se weduwee” is en die ander “’n landskapsargitek-mevrou”, terwyl sy haarself identifiseer as die “universitêre lesbian”. Deur middel van verdere verwysings na die komponis Brahms en die skilder Watteau word dié groepie geteken as middelklas, goed opgevoed en gekultiveerd in die Eurosentriese sin van die woord. Hierdie groepie word dan skielik gekonfronteer met ’n drietal hawelose mans wanneer die deure van die hysbak oopgaan in ’n moment wat in sy onverwagse makaberheid voorgehou word as ’n byna apokaliptiese toneel:

en toe, sonder fanfare, sis die voorhang oop
en deur die vlekvry chroomnaat bars ’n ander drieling
soos iets uit Openbaring, kompleet met rookreuk om die skouers
en naelstring van verloedering nog nooit deur niemand afgeknip,
drie manne met ’n sak vol bene uit Shoprite of uit Checkers,
kalkoen-belél die onderkaak, die oë galbelope, geradbraak die koppe,
die tonge lallend van godweetwatter brandstof wat blou vlamme
op die lippe lek, vlak uit die moer reeds op die bek geskop, die lipnaat
geboetseer deur post- of prenatale messe, die nekke gekwas
soos wrakhout, wilde drifsels pis en voete in moddervodde.

Die klasverskil tussen die gekultiveerde vroue en die verwaarloosde mans is skreiend. Dit is duidelik dat die groepie mans armoedig is (hulle kan nie vleis koop nie, slegs bene), dat hulle tyd in die buitelug langs vuurtjies deurbring (daar is ’n “rookreuk” om hulle skouers), en verloederd is op ’n manier wat aandui dat hulle nog nooit enige behoorlike sorg gehad het nie. Hulle gesigte is verweer (“kalkoen-belél”) en dra die tekens van siekte (“oë gal-belope”); hulle drink die kruuste vorme van alkohol, byvoorbeeld brandspiritus wat in Suid-Afrika blou of pers gekleur word (“brandstof wat blou vlamme”/ op die lippe lek”), dra tekens dat hulle reeds van voor hulle geboorte af blootgestel is aan geweld (“op die bek geskop, die lipnaat/ geboetseer deur post- of prenatale messe”) en is geklee in jammerlike vodde (“drifsels pis en voete in moddervodde”).

Hierna volg ’n komiese dansie waarin die twee drietalle mekaar probeer ontwyk en omseil nadat hulle voor die hysbak se deur teenoor mekaar beland het. Die spreker verwys daarna as ’n toneel wat die Spaanse skilder Goya oproep en bely onmiddellik haar Eurosentrisme teenoor die leser: “u begryp, my vergelykings spreek/ van onvermoë in Afrika”. Een van die wit vroue spreek selfs die twyfel uit of die bydrae van ’n teoretikus uit ’n ander deel van die globale suide, naamlik Gayatri Spivak, genoeg sou wees om hierdie soort situasie te hanteer: “ek wil nog sien hoe Spivak in haar blou sysari’s/ met hierdie subalternes15 rys plant op terrassies”, sê sy. Uiteindelik word die twee disparate groepe Suid-Afrikaners (die drie wit middelklas vroue en die drie verwaarloosde haweloses) saamgesnoer tot ’n Suid-Afrikaanse eenheid deur die intrede van ’n nie-Suid-Afrikaner, soos af te lei is uit die volgende reëls:

We do not, sê die Kongolees, wat diens verleen aan vroueparkeerders,
have people like you in our country, en hy glimlag medelydend oor die hele
aan mekaar gewaagde halfdosyn, please lift your hats and say good day
like gentle people. En die kakmadams styg in die walm van die gode
en die bossiesmanne daal in die dwelm van parfuums,
ewe perfide, ewe infidel, en fok, toe moet u hoor hoe lag
weerskant van die vlekkelose poorte twee vaderlandse trio’s antifonaal,
oor die swart man uit die Kongo wat nie ’n cooking clue
het van ons besigheid met elkaar in hierdie sorry suide nie.

Die resultaat is dat die wit vroue en die haweloses gesien word as “ewe perfide, ewe infidel” (dus ewe troueloos en verraderlik, ewe heidens) deur die buitestander en juis daaruit hulle solidariteit put. Hulle word ook deur die ontmoeting deel van mekaar deurdat hulle reuke (en ook stande) uitruil: die “kakmadams styg in die walm van die gode” wanneer hulle met die hysbak na die boonste verdieping gaan en die “bossiesmanne daal in die dwelm van parfuums” wanneer hulle deur die ruimte beweeg waar die vroue gestaan het met hulle “selfbewuste dampies van Chanel”. Hulle vorm dus ’n verenigde front teenoor die buitestander van die Kongo wat geen kennis het van die wyse waarop hulle met mekaar omgaan nie, hoe ongemaklik en ongelyk daardie omgang ook mag wees. Indien vanuit die transnasionale perspektief beskou, lyk dit asof die grens hier vir ’n wyle gesluit word teenoor die buitestander om tog ’n soort nasionale solidariteit te betuig tussen dié twee uiteenlopende groepe of “trio’s”. Die “suide” in hierdie geval is nie die globale suide nie, maar die suidelikste land in Afrika waarin daar volgens die spreker tog ’n rudimentêre vorm van eenheid en solidariteit bestaan, al is dit dan met erkenning van die haglike ongelykhede. In hierdie opsig vorm die gedig “Sorry suide” ’n teenhanger vir “Etologie” waarin die vrou haarself ’n rariteit en vreemdeling voel in postkoloniale Suid-Afrika omdat sy die afstammeling van die eertydse koloniale heersers is.

3.3 Kolonisering, transnasionale kapitaal en die omgewing: “Teorie en praktyk van die digkuns in ’n era van aardgas”

’n Verdere refleksie op die transnasionale impak van kolonisering en die skakeling daarvan met globale kapitalisme vanuit ’n suidelike perspektief is die gedig “Teorie en praktyk van die digkuns in ’n era van aardgas” met die subtitel “Vir die meesters van Shell, ’n boodskap uit Suid-Afrika” (172–4). Die onderskrif beklemtoon dus die gelokaliseerdheid van die gedig: dit staan trouens in die bundel se sewende afdeling waarin ’n hele reeks misstande in die Suid-Afrikaanse samelewing aangespreek word (moord, polisiegeweld, kindermishandeling, omgewingsuitbuiting, geweld gebore uit die mag van kolonialisme en apartheid, geweld gebore uit die onmag van armoede en onderdrukking). In “Teorie en praktyk van die digkuns in ’n era van aardgas” word die voorgenome hidrobreking deur die Nederlands-gebaseerde transnasionale korporasie Shell ten einde aardgas in die Karoo-gedeelte van Suid-Afrika te vind, ter sprake gebring. Terselfdertyd word daar vrae gestel oor die rol, die “teorie en praktyk” van die digkuns in ’n era waarin hierdie skadelike omgewingspraktyke algemeen is. Dit opper ook die vraag na ’n transnasionale poëtika in dié sin dat daar gevra word of daar naas gedeelde estetiese opvattings, vorme, trope en inhoude ook gedeelde verpligtinge is ten opsigte van die digterlike praktyk.

Die gedig neem die vorm aan van ’n besinning oor die digkuns wat geleidelik oorgaan in ’n gesprek met Jan Willem Eggink, Shell se hoofbestuurder in Suid-Afrika ten tye van die kontroversie rondom dié transnasionale korporasie se aansoek in 2011 om te soek vir aardgasbronne in die Karoo deur hidrobreking te doen. Hewige protes van sowel menseregte- en omgewingsorganisasies as boere en grondeienaars het gelei tot die instel van ’n moratorium op hidrobreking, maar dit is in September 2012 opgehef, waarna die stryd tussen Shell, die regering en besorgdes voortgegaan het. Eggink is in Maart 2015 uit Suid-Afrika onttrek nadat Shell besluit het om voorlopig hulle planne vir hidrobreking te laat vaar weens die lae olieprys (vgl. Gosling 2015, Du Toit 2015). Die gedig is 11 November 2011 gedateer en kom dus uit die periode kort na die eerste aankondiging van Shell se voornemens. Die spreker plaas die gesprek met Eggink baie uitdruklik in die Karoo (vgl. die verwysings na Laingsburg, Tarkastad, Sutherland, Spes Bona by Cradock) voordat daar in die slot van die gedig verwys word na Nigerië en Ogoniland, waar Shell ook olie ontgin:

Teorie en praktyk van die digkuns in ’n era van aardgas
(Vir die meesters van Shell, ’n boodskap uit Suid-Afrika)

Nie dat daar selfs in die digkuns ’n oomblik
van nul-eksploitasie bestaan waar die maker
by die stil soet mimosa sit, haar skadu gehang
aan halfwoestynklankies, haar spoeg ingesluk
voor ’n plakkie, ’n klip, ’n sandakkedis,
nie dat sy anderkant Laingsburg haar woorde
toevee onder skaliegruis alvorens sy adelwipagtig
waterpas kom met die dun pers lyn van die horison
om vanagter die mistieke ooglid
die ek-lose vonkswart son te aanskou – nee,
die drang tot kleim en ontginning
kan die meeste poëte ewemin keer
as opelyf of ’n ereksie. Poësie dien ’n territorium,
en is gevat in refreine soos skil turksvyskil,
soos been sybokneusbeen, soos die ruil
van sout en velle by die koöp of die roep
van die vuurneknaguil in die kerkhof van Tarkastad.

In hierdie tampende niet, geheet die Karoo
waar agterstand eindig in bloeiselspronge,
revolusies, Meyer se Beaufort-Wesgesigte,
’n komeet-reën oor die eskarp by Sutherland
vat ek my drewel van jambes en breek
die geskiedenis vir Jan Willem Eggink
uit die kelders van oorsaaklikheid –
naas binnehuisversiering is poësie ook ’n wapen.

Jou naamgenoot, Jan, die een van sestien twee-en-vyftig,
het ter wille van kruidnaels sy slawe onder die VOC-loep
omgedop soos toktokkies en hulle ledemate afgeskeur.
Vervolgens kon, deur dié koloniale voorsortering,
Verwoerd drie eeue later sy fascisme insaai soos varkmasels.
(Vir wat het julle die hoflike Swartskoen
nie daar anderkant gehou nie? Uit ’n blou stoel
in Den Haag kon hy Wilders help pleit vir kopdoekbelasting,
of, weet ek veel, oogkwarantyn vir Toearegs.)
Daarna in die tagtigs het julle apartheidslemoene
en kolonie-argiewe sonder fatsoen
in die Keizersgracht gesmyt en drie
dekades later is julle met harde oë terug
vir gas, die liksens gesmeer uit die palms
van staatskleptokrate wat lumpenprolete in dosyne
laat platskiet voor ’n platinumskag.

Nie dat daar ’n oomblik sonder fraktuur
bestaan waar die digters swyend in die stil rooi stof
van die dageinde sit by ’n vetplant, ’n klip, ’n sandakkedis –
ons ydelheid verhoed dit, ons radbraak ons sinne
om jou aandag te kaap. Net soos daardie eerste godvergete Jan
weet jy de fok nie wat jy hier begin nie, boetie.
In die emalje aandlug van Spes Bona, sestig myl anderkant Cradock
waar godgloeiend geel met rooi gestriem jou jakobskulp
sy intog bo die garingbome maak, vra ek:
het jy in dié warmlugballon hiernatoe gesweef gekom
uit jul olievelde in die Niger-delta? Kon jy goeie hoogte
kry van hoe dit lyk waar julle besig was?
Die vuurspuwende gras? Die olie-lanferende rivier?
Fantoomwoude mangliet waar petrolslange
in die hakskeen pik? Stel jou voor julle het dit probeer doen
op die Vinkeveense plas! Ek vra: gaan julle hier ook julle spioene
die kabinet inknoei soos in Nigerië?

Jy hoef slegs ’n Lexus, ’n Rolex, ’n goue stewel
aan te bied, lughartig soos Van Riebeeck lint en krale
aan die Khoi, en jou kop is deur, hulle sal jou Tafelberg
op ’n dienblad gee as jy betaal vir eksplorasietorings,
geen stroom of berg het hier nog himen.
Let op: langs my sit die gees van Kenule Saro-Wiwa,
hy rook sy klein swart pyp. In ’n sagte lispelende Ogoni
wat ek net half verstaan dikteer hy die storie
van Karololo Kogbara aan dié wat uit die laaste rein
grondwater van gewete briewe wil skryf vir Beatrix.
Jy begryp, Jan Eggink, hý het die stem,
ek het die skrif, die herkenning.
(11 November 2011)

Uit die staanspoor gee die digter toe dat die digkuns of digter self nie vry te spreek is van die klag van eksploitasie en appropriasie (die saak waaroor sy van voorneme is om Shell aan te spreek) nie: “Nie dat daar selfs in die digkuns ’n oomblik/ van nul-eksploitasie bestaan waar die maker/ by die stil-soet mimosa sit […] haar spoeg ingesluk/ voor ’n plakkie, ’n klip, ’n sandakkedis”.16 Sy sê voorts: “nee,/ die drang tot kleim en ontginning/ kan die meeste poëte ewemin keer/ as opelyf of ’n ereksie”. Daar is selfs ’n implisiete gelykstelling van die digter met die hidrobrekers wanneer daar gesê word: “Nie dat daar ’n oomblik sonder fraktuur/ bestaan waar die digters swyend in die stil rooi stof/ van die dageinde sit” nie. Hiernaas word daar egter ook die stelling gemaak dat die poësie ’n verpligting het met betrekking tot ’n bepaalde gebied: “Poësie dien ’n territorium/ en is gevat in refreine.” Onderliggend aan hierdie uitspraak is waarskynlik die Deleuziaanse nosie dat die kunswerk, en dus ook ’n gedig, die afbakening van ’n territorium binne die omringende chaos behels en dat dié afbakening geskied deur die aanbring van refreine (vgl. Grosz 2008). Die idee van ’n territorium is egter ook op ’n ander manier van toepassing in dié sin dat dit hier gaan om ’n bepaalde grondgebied, naamlik die Karoo, wat ’n lang geskiedenis van toe-eiening deur verskillende groepe (waaronder ook kunstenaars) het.

Dit is juis binne hierdie konteks en omgewing dat sy besluit om die poësie as ’n wapen te gebruik in die omgewingstryd téén hidrobreking in die Karoo: “In hierdie tampende niet, geheet die Karoo/ […] / vat ek my drewel17 van jambes en breek/ die geskiedenis vir Jan Willem Eggink/ uit kelders van oorsaaklikheid –/ naas binnehuisversiering is poësie ook ’n wapen”. Die poësie word dus gebruik net soos wat die werktuie van ontginning en hidrobreking gebruik word, maar hier met die doel om iets uit die geskiedenis los te breek vir Jan Willem Eggink. In die geval van hierdie gedig is dit dus politieke werktuig wat in die openbare domein funksioneer eerder as estetiese produk wat in die private sfeer tuishoort (vgl. die verwysing na “binnehuisversiering”). Verder is daar die suggestie dat die gedig die historiese en oorsaaklike verbande tussen kolonisering en globale kapitalisme soos verteenwoordig deur Shell gaan ophaal.

Die verhaal wat die digter dan losbreek uit die skalie van die geskiedenis is dié van die kolonisering van Suid-Afrika deur die Nederlander Jan van Riebeeck wat in die 17de eeu “ter wille van kruidnaels sy slawe onder die VOC-loep/ omgedop [het] soos toktokkies en hulle ledemate afgeskeur” het. Die voorbeeld van Jan van Riebeeck en sy “koloniale voorsortering” het dit, volgens die spreker, drie eeue later vir Verwoerd (in Nederland gebore) moontlik gemaak om sy fascisme in Suid-Afrika in te “saai soos varkmasels”. Die volgende fase in die geskiedenis van hierdie transnasionale verhouding tussen Nederland en Suid-Afrika is die Nederlandse ondersteuning vir die anti-apartheidstryd toe “apartheidslemoene/ en kolonie-argiewe sonder fatsoen/ in die Keizersgracht” gesmyt is in die 1980’s.18 Drie dekades later, skryf die digter, “is julle met harde oë terug/ vir gas, die liksens gesmeer uit die palms/ van staatskleptokrate”. Daar word dus oorsaaklike skakels gelê tussen Nederland se vroeë kolonisering van Suid-Afrika, die apartheidsbeleid van die 20ste eeu, Nederland se betrokkenheid by die anti-apartheidstryd en die ekonomiese kolonisering deur die Nederlandse firma Shell wat as transnasionale korporasie die land opnuut wil uitbuit deur die regte vir skaliegasontginning te onderhandel met korrupte staatsamptenare wat ook verantwoordelik was vir die dood van stakende mynwerkers by Marikana (“staatskleptokrate wat lumpenprolete in dosyne/ laat platskiet voor ’n platinumskag”).19

Die strofe hier bo word gebruik om die agtergrond te skep vir die volgende twee strofes se verwysings na dit wat Nixon (1996:1) genoem het “the ongoing romance between unanswerable corporations and unspeakable regimes” in sy bespreking van die samewerking tussen die transnasionale korporasie Shell en die militêre regime van Sani Abacha in Nigerië in die 1990’s. Die strofe begin met ’n byna refreinagtige herhaling van die eerste strofe se begin waarin die digter se ydelheid en aandadigheid aan “fraktuur” bely word. Die digter voel egter daartoe gedwing om die aangesprokene, Jan Willem Eggink, se aandag te kry met watter middel ook al: “ons radbraak ons sinne/ om jou aandag te kaap”. Om te radbraak beteken om te skend, te vermink en te verknoei (die figuurlike betekenis is afgelei van die letterlike betekenis wat verwys na ’n martelpraktyk waarin mense se bene op ’n wiel gebreek is). Die “verknoeiing” van taal blyk uit die volgende sin, waarin die spreker se gedrae poëtiese toon verander in ’n plat Praatafrikaans: “Net soos daardie eerste godvergete Jan/ weet jy de fok nie wat jy hier begin nie, boetie.” Hierna volg ’n gefantaseerde voorstelling van Shell se intog in die Karoo om oor hidrobreking te begin onderhandel: die spreker vra heel spesifiek aan Jan Willem Eggink of hy juis vanuit hulle “olievelde in Nigerië” die gebied rondom Cradock invaar in ’n wamlugballon in die vorm van Shell se kenteken van ’n jakobskulp, hier beskryf as “godgloeiend geel met rooi gestriem”.

Die verwysing na Nigerië sinspeel baie duidelik op Shell se samewerking met die militêre regime van Sani Abacha in die 1990’s en die skadelike omgewingspraktyke waardeur die Nigerdelta besoedel is deur die ontginning van olie. Hierdie geskiedenis het veral wêreldkundig geword deur die teregstelling van die Nigeriese skrywer en omgewingsaktivis van Ogoni-afkoms, Ken Saro-Wiwa, wat in die laaste strofe van die gedig ter sprake kom. As president van MOSOP (Movement for the Survival of the Ogoni People) het Saro-Wiwa ’n niegewelddadige protes teen die verwoesting van Ogoniland gelei. Hy is op 10 November 1995 saam met agt ander tereggestel nadat hulle valslik aangekla is van moord en deur ’n spesiaal-opgerigte tribunaal skuldig bevind is. Die teregstelling is wêreldwyd veroordeel: die Britse eerste minister, John Major, het daarna verwys as “judicial murder” en Nigerië is vir drie jaar uit die Britse Gemenebes geskors (Rowell en Lubbers 2010). Daar is wyd gespekuleer oor Shell se aandeel in die klag teen Saro-Wiwa en hulle betrokkenheid by die militêre owerheid in Nigerië. Toestemming is in Oktober 2008 verleen dat Shell in ’n New Yorkse federale hof aangekla kan word van medepligtigheid aan menseregtevergrype teen die Ogoni-mense van Nigerië in ’n saak wat aanhangig gemaak is deur die seun van Saro-Wiwa en ander, maar Shell het uiteindelik vroeg in 2009 ’n skikking van $15,5 miljoen aan die klaers betaal voordat die saak verhoor kon word (Pilkington 2009). Een van die medeklaers in die saak was Karololo Kogbara (ook in die slotstrofe van Van Niekerk se gedig genoem) wat haar arm verloor het nadat sy in 1993 deur Nigeriese soldate geskiet is omdat sy geprotesteer het teen die platstoot van haar dorp om ’n Shell-pyplyn aan te lê (Pilkington 2009). In Januarie 2015 het Shell ter skikking van ’n potensieel verleentheidskeppende hofsaak £55 miljoen uitbetaal aan Ogoni-boere om vir twee groot oliestortings in 2008 en 2009 te vergoed (Vidal 2015).

Dit is die agtergrond waarteen ’n mens die laaste twee strofes van hierdie gedig en die gesprek met Jan Willem Eggink moet lees. Die beelde van “vuurspuwende gras”, “olie-lanferende riviere” en “fantoomwoude mangliet waar petrolslange/ in die hakskeen pik” skep baie duidelik die beeld van die besoedeling van die Nigerdelta (die verwysing na “petrolslange” skep selfs die suggestie dat dit gaan oor die vernietiging van ’n paradys). Die spreker opper ook die belangrike kwessie van transnasionale korporasies uit die noordelike halfrond wat hulleself praktyke veroorloof wat in hulle eie omgewing (in hierdie geval Nederland) onaanvaarbaar sou wees: “Stel jou voor hulle het dít probeer doen/ op die Vinkeveense plas!” Nixon (1996:5) het dit soos volg gestel:

[I]n Africa, the company waives onshore drilling standards that it routinely upholds elsewhere. […] When operating in the Northern hemisphere – in the Shetlands, for instance – Shell pays lucrative rents to local councils; in the Niger delta, village authorities receive no comparable compensation […].

Die laaste reël van die vierde strofe verwys spesifiek na Shell se samewerking met Abacha se regime wanneer die spreker in die gedig Eggink soos volg aanspreek: “Ek vra: gaan julle hier ook julle spioene/ die kabinet inknoei soos in Nigerië?” Die vraag is dus of Shell se bedenklike optrede in Nigerië (die samewerking met ’n korrupte regering ten koste van mikrominderhede soos die Ogoni-mense en die omgewing van die Niger-delta) in Suid-Afrika herhaal gaan word. Nixon (1996:2) skryf dat Shell in die 1990’s herhaaldelik skuilgegaan het agter die Nigeriese regering deur te verklaar dat hulle geen invloed op die regering het nie en dat die benarde situasie van die deltabewoners ’n interne Nigeriese kwessie is:

This allows the world’s largest oil company to continue to duck behind the brutalities of its militaristic financial partners. It also enables the corporation to ignore appeals by the Ogoni and neighbouring minorities for a share of oil revenues, a measure of environmental self-determination, and economic redress for their devastated environment. These, in Shell’s terms, are internal Nigerian matters, belonging to a realm inaccessible to corporate influence.

Young (1999:451) haal in sy taksering van Shell se rol in Ogoniland en die saak teen Saro-Wiwa en ander aan die hand van oorspronklike dokumente Shell se persverklaring oor die doodsvonnis aan:

Throughout the trial a number of respected organisations and campaigners raised questions over the fairness of the trial procedure. There are now demands that Shell should intervene, and use its perceived “influence” to have the judgment overturned. This would be dangerous and wrong. Ken Saro-Wiwa and his co-defendants were accused of a criminal offence. A commercial organisation like Shell cannot and must never interfere with the legal processes of any sovereign state.

Nadat Shell in 2009 ’n skikkingsbedrag betaal het aan die Saro-Wiwa-familie, wat in New York ’n saak teen hulle aanhangig gemaak het, het The Independent in Brittanje berig dat hulle dokumente gesien het van getuies wat beweer dat Shell wel omkoopgeld betaal het aan die militêre owerhede wat verantwoordelik was vir die inhegtenisname en verhoor van Saro-Wiwa en ander (Rowell en Lubbers 2010).

Die beskuldigende vrae wat uit hierdie agtergrondsgeskiedenis van Shell in Nigerië groei, word as ’t ware aangepas vir ’n moontlike scenario in Suid-Afrika. Die spreker verwys in die vyfde en finale strofe na die omkoop van korrupte politieke figure met luukse goedere (“’n Lexus, ’n Rolex, ’n goue stewel”). Weer word die skakel gelê met die kolonisering van Suid-Afrika deur die VOC in die figuur van Jan van Riebeeck wat destyds die Khoi omgekoop het met “lint en krale”. Om die impak van die beskuldigende vrae te verhoog, word die beeld van verkragting gebruik in verband met korrupte regerings se gewilligheid om omgewingsbewaring ondergeskik te stel aan winsbejag: “hulle sal jou Tafelberg/ op ’n dienblad gee as jy betaal vir eksplorasietorings,/ geen stroom of berg het hier nog himen.”

Die verwysings na Shell se geskiedenis in Nigerië berei die leser daarop voor dat die figuur van Ken Saro-Wiwa in die slot en hoogtepunt van die gedig opgeroep sal word; hy word naamlik in die openbare verbeeldingsruimte byna outomaties in verband gebring met Shell se rol in Nigerië. Saro-Wiwa se gees sit langs die spreker met sy “klein swart pyp”20 terwyl sy haar beskuldigende vrae aan Eggink stel: sy word dus juis deur sy voorbeeld gestig en opgeroep tot die maak van hierdie gedig. Presies waarom hy hierdie uitwerking het op die digter wat wonder wat die politieke rol van die digter in hierdie soort situasie is, blyk wanneer ’n mens lees dat Nixon (1996:3) na hom verwys as “the first African writer to articulate the literature of commitment in expressly environmental terms”, en verder daarop wys dat dit juis sy hantering van taal was wat die militêre regeerders van Nigerië gefrustreer en verontrief het: “Abacha and his sidekicks were exasperated by the unruliness of language, by its refusal to submit to military control” (Nixon 1996:9). Dit voer ’n mens weer terug na die spreker in hierdie gedig wat bewus is daarvan dat die poësie en die radbraking van taal haar wapen is in die gesprek met Eggink. In die slot van die gedig spreek die digter Eggink direk aan wanneer sy sê dat Saro-Wiwa die “stem” het, maar sy “die skrif, die herkenning”. Dit lê dus aan die digter om die ooreenkomste en parallelle tussen gebeure in Nigerië en Suid-Afrika te “herken” en daaroor te skryf; sy het as ’t ware die verpligting daartoe.

Alhoewel hierdie gedig handel oor hidrobreking (die proses waardeur ’n mengsel van water, sand en chemikalieë gebruik word om ondergrondse klip te breek en die gas daarin vry te stel), roep die verwysing na olie-ontginning in Nigerië die moontlikheid op om – op die patroon van die genre petrofiksie – in die geval van Van Niekerk se gedig te praat van petropoësie. Amitav Ghosh (1992) het die eerste maal die term petrofiksie gebruik vir fiksie wat oor olie-ontginning handel. Ter sake vir hierdie ondersoek na die vrae rondom ’n transnasionale poëtika in Van Niekerk se werk is die feit dat Graeme Macdonald (2012:8, 31) petrofiksie skakel met die verskynsel van wêreldliteratuur wanneer hy beklemtoon dat dit ’n transnasionale vorm met “extra-national affinities” is wat temas soos arbeidsverhoudinge, spanning tussen etniese groepe, oorlog en geweld, ekologiese agteruitgang en politieke korrupsie ondersoek. ’n Bekende troop in petrofiksie is ook die konfrontasie tussen plaaslike elites wat saamwerk met die verteenwoordigers van transnasionale korporasies en gewone mense wie se lewens ingrypend beïnvloed word deur die plundering van oliebronne in hulle omgewing. Wat Macdonald (2012:31) betref, is petroliteratuur, of literatuur wat handel oor olie-ontginning, per definisie ’n vorm van wêreld- of transnasionale literatuur wat nie slegs binne die grense van nasionale literature vasgevang kan word nie, omdat dit getuig van die impak van transnasionale korporasies en globale kapitalisme op plaaslike omgewings. Alhoewel ’n mens begrip het vir Macdonald se argument dat petrofiksie per definisie ’n vorm van transnasionale literatuur is, gaan sy argument dat álle literatuur uiteindelik oor olie handel, vanweë die alomteenwoordigheid van hierdie kommoditeit in die moderne samelewing, te ver (vgl. Macdonald 2013).

In die geval van Van Niekerk se gedig blyk dit ook dat plaaslike vraagstukke (die potensiële impak van hidrobreking op die Karoo) nie losgemaak kan word van soortgelyke vraagstukke elders in die wêreld nie, met ander woorde dat daar ’n groter transnasionale konteks ter sprake is waarby die digter verplig voel om aan te sluit. In die geval van Suid-Afrika kry dit ’n spesifieke inkleding: Suid-Afrika is meer as 300 jaar gelede deur die VOC as transnasionale Nederlandse maatskappy gekoloniseer, ’n stap wat bepaalde implikasies vir die verloop van die land se geskiedenis gehad het en uitgeloop het op die apartheidsregime; met die skryf van die gedig is daar die moontlikheid dat die Nederlandse maatskappy Shell wat, net soos die VOC, oor nasionale grense heen funksioneer, weer ’n keer die land vir eie gewin wil ontgin. Die digter slaag dus daarin om die verband te lê en die patroon uit te wys van ’n moondheid of korporasie wat die koloniseringsgedrag van drie eeue gelede voortsit, weer eens met die oog op ekonomiese voordeel. Die gedig verteenwoordig dus ’n vorm van verset teen ’n oorwoekerende globale kapitalisme wat gesien word as ’n voortsetting van die eertydse transnasionale koloniseringsproses, maar tree ook self oor nasionale grense heen om solidariteit met ander gebiede te toon. Die eksplisiete identifikasie met Saro-Wiwa toon die digter se transnasionale solidariteit met ’n ander skrywer en suggereer ook dat die transnasionale poësie sekere verpligtinge het om as wapen in die stryd teen omgewingsuitbuiting en korrupsie te funksioneer. Van Niekerk se aanroer van die digter (of skrywer) se rol in ’n “era van aardgas” en die skakeling van hidrobreking in Suid-Afrika met die gebeure in Ogoniland bevestig dus die idee dat die poësie lokaal mag wees vanweë die uitvoering daarvan in ’n klein minderheidstaal, maar terselfdertyd transnasionaal is, omdat dit transnasionale vraagstukke aanspreek en solidariteit oor grense heen betuig.

 

4. Gevolgtrekking

Hierdie artikel behels ’n poging om ondersoek in te stel na die inhoud en implikasies van die begrip transnasionale poëtika en die bruikbaarheid daarvan in die ontleding van die werk van Afrikaanse skrywers met ’n internasionale profiel. Marlene van Niekerk se bundel Kaar is as toetsgeval gebruik: daar is gewys op die transnasionaliteit van die poëtika onderliggend aan haar poësie, en enkele gedigte uit Kaar is bespreek om te wys op die manier waarop die spanning tussen die plaaslike of nasionale en die transnasionale uitspeel binne ’n postkoloniale konteks soos dié van Suid-Afrika en die gebruik van ’n minderheidstaal soos Afrikaans as poëtiese instrument. Die gekose gedigte werk elkeen met die kontras tussen die globale noorde en suide, veral in die lig van die geskiedenis van die kolonisering van Suid-Afrika deur die VOC en die lang nawerking daarvan.

In die geval van “Heavy metal in Bagdad” is daar gekyk na die impak wat die digter se weifeling tussen die aansprake van die globale noorde en suide op haar digterlike praktyk het. In “Etologie” en “Sorry suide” is daar ondersoek ingestel na die nawerking van die koloniale geskiedenis op die huidige omstandighede in Suid-Afrika en die hooffiguur in die gedig se taksering van haar eie posisie as die afstammeling van die vroeë koloniseerders. In ’n sekere sin word daar teruggeskryf vanuit die suide: enersyds met ’n diep gevoel van aandadigheid en agterhaaldheid in die postkoloniale wêreld soos gedemonstreer deur die gedig “Etologie” wat terselfdertyd ook ’n nuwe bewustheid van die mens se inbedding in ’n groter biosemiotiese konteks verraai; andersyds met ’n gevoel van vlietende solidariteit met ander mense wat hulle in die globale suide bevind soos gesuggereer deur die gedig “Sorry suide”. Uit die bespreking van “Teorie en praktyk van die digkuns in ’n era van aardgas” het dit egter ook geblyk dat daar naas die oproep en kontestering van ou transnasionale bewegings soos dié van kolonisering en nuwe manifestasies daarvan in die globale kapitalisme ook ’n nuwe transnasionale en planetêre bewussyn na vore tree wat sigself teen die uitbuiting van die omgewing opstel.

Wat hierdie ondersoek van enkele aspekte van Kaar toon, is dat Van Niekerk as Suid-Afrikaanse, meer spesifiek Afrikaanse, digter uitsonderlik bewus is van die komplekse verstrengelinge waarin sy haar bevind: afstammeling van ’n koloniseerdersgroep, gevorm deur ’n Eurosentriese tradisie, met komplekse gevoelens van solidariteit met én afsku vir haar geboorteland, steeds meer bewus van die mens se onvermydelike inbedding in ’n biosemiotiese sfeer en ’n histories-bepaalde omgewing – in haar geval ’n “postkoloniale Umweltkas” – en die verantwoordelikheid wat daarmee saamgaan.

 

Bibliografie

Agamben, G. 2004 [2002]. The open: man and animal. Stanford, CA: Stanford University Press.

Bernstein, C. 2011 [1999]. Poetics of the Americas. http://sibila.com.br/wordpress/wp-content/uploads/2011/01/PoeticsOfAmericas-corrected.pdf (30 Junie 2016 geraadpleeg).

Breytenbach, B. 2001. Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964–1975. Kaapstad: Human & Rousseau.

Dados, N. en R. Connell. 2012. The global south. Contexts, 11(1):12–3.

De Vries, A. 2015. Wie mag Kaaps in wie se Kaaps? ’n Ondersoek na die gebruik van Kaaps in Marlene van Niekerk se Kaar. Stilet, 17(2):1–16.

Du Toit, J. 2015. Shell spinning its wheels. Karoo Space, 8 Junie. http://karoospace.co.za/shell-spinning-its-wheels (5 Maart 2015 geraadpleeg).

Erlich, V. 1980. Russian formalism: history – doctrine. Den Haag: Mouton.

Esterhuizen, L. 2014. Onderhoud met Marlene van Niekerk. Versindaba, 18 April. http://versindaba.co.za/2014/04/18/onderhoud-met-marlene-van-niekerk (12 Oktober 2016 geraadpleeg).

—. 2016. Onderhoud met Marlene van Niekerk. Die aarde as oester en ander skryfkundes. Versindaba, 16 Junie. http://versindaba.co.za/2016/06/16/onderhoud-met-marlene-van-niekerk-die-aarde-as-oester-en-ander-skryfkundes (12 Oktober 2016 geraadpleeg).

Foster, R. 2002. Postmodernisme en poësie: ’n uitnodiging tot kritiese dialoog. Stilet, 14(2):186–216.

Friedman, S.S. 2006. Periodizing modernism: postcolonial modernities and the space/time borders of modernist studies. Modernism/Modernity, 13(3):425–43.

—. 2010. Planetarity: musing modernist studies. Modernism/Modernity, 17(3):471–99.

Gaonkar, D.P. 1999. On alternative modernities. Public Culture, 11(1):1–18.

Ghosh, A. 1992. Petrofiction: the oil encounter and the novel. The New Republic, 2 Maart ble. 29–34.

Gosling, M. 2015. Relief as Karoo fracking plans are put on hold. Cape Times, 18 Maart. https://www.pressreader.com/south-africa/cape-times/20150318/281754152804693 (5 Maart 2017 geraadpleeg).

Grosz, E. 2008. Chaos. Territory. Art. New York: Columbia University Press.

Huk, R. 2009. A global poetics? Literature Compass, 6(3):758–84.

Jameson, F. 1981. The political unconscious: narrative as a socially symbolic act. Londen: Methuen.

Kromhout, B. 2014. Een verdeeld huis. Maandblad Zuid-Afrika, 91(8):155–7.

Lee, N. 2008. How to rock in Iraq. The New York Times, 23 Mei. http://www.nytimes.com/2008/05/23/movies/23meta.html?ref=movies&_r=0 (15 Oktober 2016 geraadpleeg).

Lemon, L.T. en M.J. Reis (reds.). 1965. Russian formalist criticism. Four essays. Lincoln en Londen: University of Nebraska Press.

Louw, N.P. Van Wyk. 1981. Versamelde gedigte. Kaapstad: Tafelberg / Human & Rousseau.

Macdonald, G. 2012. Oil and world literature. American Book Review, 33(3):7, 31.

—. 2013. Research note: the resources of fiction. Review in Cultural Theory, 4(2):1–24.

Marais, D. 2013. Middagete met Nathan Trantraal. Kaaps is nie ’n joke-taal. Die Burger, 3 Maart.

Maxwell, W.J. 2006. Global poetics and state-sponsored transnationalism: a reply to Jahan Ramazani. American Literary History, 18(2):360–4.

Mignolo, W.D. 2000. The many faces of cosmo-polis: border thinking and critical cosmopolitanism. Public Culture, 12(3):721–48.

Morton, T. 2014. How I learned to stop worrying and love the term Anthropocene. Cambridge Journal of Postcolonial Literary Inquiry, 1(2):257–64.

Nelson, C. en L. Grossberg (reds.). 1988. Marxism and the interpretation of culture. Basingstoke, Hampshire: Macmillan Education.

Nixon, R. 1996. Pipe dreams: Ken Saro-Wiwa, environmental justice, and micro-minority rights. Black Renaissance, 1(1). https://english.wisc.edu/rdnixon/files/pipe_dreams.pdf (1 Maart 2017 geraadpleeg).

—. 2013. Slow violence and the environmentalism of the poor. Cambridge, Massachusetts en Londen: Harvard University Press.

Pieterse, H. 2017. Variasie en variëteit: ’n voorlopige verkenning van die voorkoms en funksie van taalvariëteite in Marlene van Niekerk se Kaar. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 57(2–1):369–86.

Pilkington, E. 2009. Shell pays out $15.5m over Saro-Wiwa killing. The Guardian, 9 Junie. https://www.theguardian.com/world/2009/jun/08/nigeria-usa/print (1 Maart 2017 geraadpleeg).

Ramazani, J. 2006. A transnational poetics. American Literary History, 18(2):332–59.

—. 2009. A transnational poetics. Chicago en Londen: University of Chicago Press.

Rowell, A. en E. Lubbers. 2010. Ken Saro-Wiwa was framed, secret evidence shows. The Independent, 5 Desember. http://www.independent.co.uk/news/world/africa/ken-saro-wiwa-was-framed-secret-evidence-shows-2151577.html (8 Maart 2017 geraadpleeg).

Sklovsky, V. 1965 [1917]. Art as technique. In Lemon en Reis (reds.) 1965.

Spivak, G. 1988. Can the Subaltern speak? In Nelson en Grossberg (reds.) 1988.

Steffen, W., J. Grinevald, P. Crutzen en J. McNeill. 2011. The Anthropocene: conceptual and historical perspectives. Philosophical Transactions of the Royal Society, 369:842–67.

Taylor, B. 2013. The rise and fall of the largest corporation in history. Business Insider, 6 November. http://www.businessinsider.com/rise-and-fall-of-united-east-india-2013-11 (13 Maart 2017 geraadpleeg).

Van der Watt, M. 2016. Week van de Afrikaanse roman 2016: 7 dae in Amsterdam. LitNet, 6 Oktober. http://www.litnet.co.za/week-van-de-afrikaanse-roman-2016-7-dae-amsterdam (10 Oktober 2016 geraadpleeg).

Van Niekerk, A. 2013. Kommentaar by Joan Hambidge: Chokers en survivors: Kaaps en in your face. LitNet, 3 Julie. http://www.litnet.co.za/chokers-en-survivors-kaaps-en-in-your-face (27 Februarie 2017 geraadpleeg).

Van Niekerk, M. 2013a. The literary text in turbulent times: an instrument of social cohesion or an eruption of “critical bliss”. Notes on J.M. Coetzee’s Life and times of Michael K. Acta Academica, 45(4):1–39.

—. 2013b. Kaar. Kaapstad: Human & Rousseau.

Vermeulen, T. en R. van den Akker. 2010. Notes on metamodernism. Journal of Aesthetics and Culture, 2:1–14. http://www.tandfonline.com/doi/full/10.3402/jac.v2i0.5677 (12 Januarie 2015 geraadpleeg).

Vice, S. 2010. “How do I live in this strange place?”. Journal of Social Philosophy, 41(3):323–42.

Vidal, J. 2015. Shell announces £55m payout for Nigeria oil spills. The Guardian, 7 Januarie. https://www.theguardian.com/environment/2015/jan/07/shell-announces-55m-payout-for-nigeria-oil-spills (7 Januarie 2015 geraadpleeg).

Wellek, R. en A. Warren. 1973 [1949]. Theory of literature. Harmondsworth: Penguin Books.

Young, R.C. 1999. “Dangerous and wrong”. Interventions, 1(3):439–64.

 

Eindnotas

1 Sy volle omskrywing lui:

I use the term “transnational” for poems and other cultural works that cross national borders, whether stylistically, topographically, intellectually […] I also apply the term to the hermeneutic lens through which the nation-traversing qualities of poetry can be revealed and examined. In this second sense, a still wider array of different kinds of poetry, whether more locally or globally oriented, can be revealed as bearing transnational traces and filiations. My use of “transnational” is meant to highlight flows and affiliations not among static national entities, as sometimes suggested by “international”, but across the borders of nation-states, regions, and cultures. (Ramazani 2009:181)

2 Ek sluit hier aan by Friedman (2006:432) se omskrywing van die modernisme: “[…] I regard modernism as the expressive dimension of modernity, one that encompasses a range of styles among creative forms that share family resemblances based on an engagement with the historical conditions of modernity in a particular location.”

3 Vgl. ook Jameson (1981) en Mignolo (2000) se sienings in verband met die verspreiding van moderniteit/modernisme.

4 Vgl. Taylor (2013).

5 Sklovskij (1965:12) se bekende uitspraak lui: “And art exists that one may recover the sensation of life; it exists to make one feel things, to make the stone stony. The purpose of art is to impart the sensation of things as they are perceived and not as they are known. The technique of art is to make objects “unfamiliar”, to make forms difficult, to increase the difficulty and length of perception because the process of perception is an aesthetic end in itself and must be prolonged.”

6 Vgl. Roman Jakobson se beroemde uitspraak: “Poetry is a form of organised violence committed on ordinary speech” (vgl. Erlich 1980:219).

7 ’n Bladsynommer sonder skrywersnaam en publikasiedatum verwys telkens na Van Niekerk (2013b).

8 Friedman (2010:493–4) argumenteer ook dat daar in studies oor die moderniteit meer aandag moet wees vir die planeet, vir “the intersection of human modernities with the earth’s non-human species, diversities, and cosmic rhythms”.

9 Heel onlangs spreek sy haar uit oor hierdie kwessies in ’n voordrag getitel “Farewell to the beautiful soul: A poetics for the Anthropocene” (Van der Watt 2016).

10 Morton (2014) beskryf die Antroposeen in navolging van Baucom as “the intersection of human history with geological time” en verwys na die geweldige belangstelling in die term. Vgl. ook Steffen, Grinevald, Crutzen en McNeill (2011).

11 Ek is hierdie lys verskuldig aan Henning Pieterse (2017) se artikel oor die voorkoms van taalvariëteite in Kaar.

12 Dados en Connell (2012:13) skryf in hulle kort uiteensetting van die term: “The term Global South functions as more than a metaphor for underdevelopment. It references an entire history of colonialism, neo-imperialism, and differential economic and social change through which large inequalities in living standards, life expectancy, and access to resources are maintained.”

13 Hier het ek beide die Oxford Dictionary of English en die Woordeboek van die Afrikaanse taal geraadpleeg.

14 Dit is waarskynlik ’n verwysing na die filosoof Samantha Vice (2010) se mening dat wit mense in Suid-Afrika hulleself nie kritiek op of deelname aan die politieke toneel in Suid-Afrika behoort te veroorloof nie.

15 ’n Verwysing na Spivak (1988) se bekende opstel “Can the subaltern speak?”. Binne kritiese en postkoloniale teorie verwys die term subaltern na iemand wat buite die magstrukture van die kolonie en die koloniale tuisland staan.

16 Die verwysing na die digter of “maker” by die “stil, soet mimosa […], haar skadu gehang/ aan halfwoestynklankies, haar spoeg ingesluk voor ’n plakkie, ’n klip, ’n sandakkedis” roep met besonderhede soos die mimosa, plakkie en klip gedigte van twee ander Afrikaanse digters op, naamlik Breyten Breytenbach se “blomme vir boeddha” (Breytenbach 2001:35) en Van Wyk Louw se “Nuusberigte: 1956” (Louw 1981:316–9).

17 ’n Drewel is ’n “gepunte yster” wat as ’n werktuig gebruik word “om spykers onder die oppervlak van houtwerk in te dryf of om gate deur metaalplate en dergelike dinge te slaan” (WAT Deel 2).

18 Vgl. in hierdie verband Kromhout (2014) se artikel.

19 Vgl. in hierdie verband ook die gedig “Augustus is die wreedste maand” wat direk ná hierdie gedig volg in die sewende afdeling van Kaar.

20 Vgl. Nixon (1996) se toespelings op en verwysings na Saro-Wiwa se pyp in sy artikel “Pipe dreams”. Hierdie artikel is later opgeneem in Nixon se boek Slow violence and the environmentalism of the poor (2013).

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post “’n Postkoloniale Umweltkas”: die vraag na ’n transnasionale poëtika in Afrikaans aan die hand van Marlene van Niekerk se Kaar appeared first on LitNet.

Langston Hughes: The people’s poet who revolutionised the African-American literary tradition

$
0
0

Langston Hughes (Photo: Carl van Vechten)

Abstract

This paper revisits two landmark pieces of writing by Langston Hughes, titled “The Negro artist and the racial mountain” and “The weary blues”. In my view, both pieces warrant being categorised as his variorum or magnum opus because of the manner in which they fertilised America’s literary imagination or landscape – and there is palpable evidence to buttress this assertion.

Keywords

  1. Both pieces warrant being categorised as his variorium or magnum opus.
  2. The pivotal role of Hughes’s oeuvre to the wider African-American community.
  3. It would be disingenuous not to concede that they took the cue from his bold cultural reclamation project.
  4. To pander to the prescript of an elitist and Eurocentric literary tradition.
  5. Hughes as an innovator and a proud cultural icon.

Langston Hughes: The people’s poet who revolutionised the African-American literary tradition

You’ve taken my blues and gone –
You sing’em on Broadway
and you sing’em in Hollywood Bowl,
and you mixed ’em with symphonies
and you fixed ’em
So they don’t sound like me.
Yep, you done taken my blues and gone.

– Langston Hughes, “Note on commercial theatre”

In the introduction to his book The collected poems of Langston Hughes, one of the leading authorities in African-American literature, Arnold Rampersad, offers the following insights on the pivotal role of Hughes’s oeuvre to the wider African-American community:

Langston Hughes is one of the more controversial names in the history of American poetry. To many readers of African descent he is their poet laureate, the beloved author of poems steeped in the richness of African-American culture, poems that exude Hughes’s affection for black Americans across all divisions of religion, class and gender. To many readers who love verse and are also committed to the ideal of social and political justice, he is among the most eloquent American poets to have sung about the wounds caused by injustice ... Langston Hughes never sought to be all things to all people, but rather aimed to create a body of work that epitomized the beauty and variety of the African-American and the American experiences, as well as the diversity of emotions, thoughts and dreams that he saw common to all human beings ... He started out as a poet with a deep regard for the written word and a strong connection to the American past (1995:3).

Hughes was a jealous guardian of African-American culture and heritage, as the following lines from his poem “Note on commercial theatre” illustrate:

You’ve taken my blues and gone –
You sing’em on Broadway
and you sing’em in Hollywood Bowl,
and you mixed ’em with symphonies
and you fixed ’em
So they don’t sound like me.
Yep, you done taken my blues and gone
(1995:215–6).

Today, most universities in the United States run flagship African-American studies programmes, and it would be a travesty of justice, and even disingenuous, not to concede that they took the cue from his bold cultural reclamation and preservation project. In his landmark essay entitled “The Negro artist and the racial mountain”, which was published in 1926, Hughes laid out the parameters and contours that he felt should define African-American writing. It is a thought-provoking and candid essay that shows that he was wary of the dangers posed by cultural assimilation, uniformity and conformity – and their potential for the obliteration and demise of the black aesthetic. It implicitly cautions African-Americans not to be complicit in the devaluation of their identity and culture – and not to collude in their disinheritance. He takes a diagnostic approach in highlighting the challenges that pose a threat to the survival of African-American culture. Some of the challenges are self-inflicted and, at times, they have to do with class. He asserts:

But let us look at the immediate background of this young poet. His family is of what I suppose one would call the Negro middle class ... The children go to a mixed school. In the home they read white papers and magazines. And the mother often says, “Don’t be like niggers,” when the children are bad. A frequent phrase from the father is, “Look how well a white man does things.” And so the word “white” comes to be unconsciously a symbol of all virtues. It holds for the children beauty, morality, and money. The whisper of “I want to be white” runs through their minds. This young poet’s home is, I believe, a fairly typical home of the coloured middle class. One sees immediately how difficult it would be for an artist born in such a home to interest himself in interpreting the beauty of his own people. He is never taught to see that beauty.

He is taught rather not to see it, or if he does, to be ashamed of it when it is not according to Caucasian patterns (https://www.english.illinois.edu/maps/poets/g/l/hughes/mountain.htm; accessed 23/01/2017).

Hughes viewed it as unfortunate, and even tragic, that this black middle-class family would constantly use white people as the sole frame of reference when admonishing their children – as if there were a dearth of black role models. Both parents seem to have been suffering from an inferiority complex and seem hell-bent on “spiritually” running away from their race. By exalting white people, they were subconsciously maligning the black race, to which they and their children belonged. Children growing up in such an identity crisis-laden home were inclined to disengage and dissociate themselves from other black people. Hughes further illuminates the paradoxes that inform the life of the black middle class:

For racial culture, the home of a self-styled “high-class” Negro has nothing better to offer. Instead, there will, perhaps, be more aping of things white than in a less cultured or less wealthy home ... A very high mountain, indeed, for the would-be racial artist to climb in order to discover himself and his people.

He catalogues a myriad of challenges that militate against the development of Negro writing – some of them are racial in orientation, but some are self-inflicted, and the Negro middle class is the guilty party in his eyes – a snobbish middle class. Hughes was no ivory tower type of intellectual. He was a true cultural revolutionary who celebrated the beauty of ordinary people, whose experiences he sought to centre. He writes:

But then there are the low-down folks, the so-called common element, and they are the majority – may the Lord be praised! The people who have their hip of gin on Saturday nights and are not too important to themselves or the community, or too well fed, or too learned to watch the lazy world go round ... And perhaps these common people will give to the world its truly great Negro artist, the one who is not afraid to be himself.

This bold and remarkable essay does also assume the form of a manual or template for African-American writing. Here is palpable evidence to buttress this view:

We younger Negro artists who create now intend to express our individual dark-skinned selves without fear or shame. If white people are pleased, we are glad. If they are not, it doesn’t matter. We know we are beautiful and ugly too. The tom-tom cries and the tom-tom laughs. If coloured people are pleased, we are glad. If they are not, their displeasure doesn’t matter either. We build our temples for tomorrow, strong as we know how, and we stand on top of the mountain, free within ourselves.

Hughes doggedly refused to pander to the prescripts of an elitist and Eurocentric literary tradition. He consciously chose a literary trajectory that recognised and celebrated the art and lives of the marginalised, the “low-down folks”. His fusion, or integration, of the blues tradition in his poetry was innovative, revolutionary and a first in the African-American literary landscape. It was a revolutionary kind of innovativeness and intervention because, in a sense, he was consciously creating space for the subaltern to speak, since Negro art and culture were not regarded as being up to standard at that time by the advocates and purveyors of high culture in the United States. He steadfastly refused to be party to the denigration of his people’s art and culture. His poem “The weary blues” is, in my view, one of his finest works – a piece of work that catapulted him to the level of being one of the Negro race’s finest craftsmen. It is the quintessential “blues poem” – in which the voice of the observer-narrator permeates the poem:

Droning a drowsy syncopated tune,
Rocking back and forth to a mellow croon,
I heard a Negro play.
Down on Lenox Avenue to the night
By the pale dull pallor of an old gas light
          He did a lazy sway ...
          He did a lazy sway ...
To the tune o’ those Weary Blues.
With his ebony hands on each ivory key
He made that poor piano moan with melody.
                   O Blues!

In a chapter entitled “Langston Hughes: a poet supreme” published in the book The furious flowering of African-American poetry, Kalamu Ya Salaam offers the following valuable insights on the pivotal nature of Langston Hughes’s revolutionary oeuvre and sheer literary genius:

For the purpose of this essay, black poetry is poetry that (1) is grounded in the black experience; (2) utilises black music as a structural or emulative model; and (3) “consciously” transforms the prevailing standards of poetry through an iconoclastic and innovative use of language. No poet better carries the mantle of model and innovator than Langston Hughes, the prolific Duke Ellington of black poetry. Hughes’s output alone is staggering. During his lifetime, he published over eight hundred poems. Moreover, he single-handedly defined “blues poetry” and is arguably the first major “jazz” poet. Early in his career he realized the importance of “reading” his poetry to receptive audiences. When Alain Locke arranged reading by Hughes before the Playwrights Circle in 1927 in Washington, a blues pianist accompanied him, bringing Hughes the artist and blues music one step closer together, even though Hughes felt that the piano player was “too polished”. He suggested to his Knopf editor that they ought to get a “regular Lenox Avenue blues boy” to accompany him at his reading in New York. In the fifties Hughes was a major voice in the movement of reading with jazz accompaniment (1999:17).

Salaam’s essay is instructive as it sheds light on an understanding of the context within which Hughes was practising his craft. Equally important is its portrayal of Hughes as a poet for “the low-down folks”. Depicting Hughes as an innovator and revolutionary, Salaam asserts:

In a very important sense, modern American poetry was moving toward painting, that is, a composition of words placed on a page; and away from music, that is, an articulation of words that have both sense (meaning) and sound (emotion). Hughes clearly chose to emphasize black music, which increasingly meant dealing with improvisation ... just as jazz simultaneously stresses the collective and the individual, Hughes’s component poems are each individual statements, but they are also part of a larger unit. (y). Significantly, Hughes as an individual is de-emphasised in the work, even as various individual members of the community speak and are spoken about. In other words, Hughes becomes a medium, a sensitive and subtle medium nonetheless. In a seemingly simple form, Hughes serves as a sounding board for the articulation of people who are usually voiceless (1999:18).

The notion of Hughes being “de-emphasized in the work” and being a “sounding board for the articulation of people who are usually voiceless” is manifest in the poem “The weary blues”, which was by far one of his most definitive moments as an artist. Through the sort of innovativeness that he brought to the craft of writing, he also rescued his country’s letters from being monolithic, linear, predictable and predominantly Eurocentric in outlook. But, was he always acknowledged and appreciated for his vision and innovativeness, and the centring of the experiences of the “low-down folks” in his writing? The following excerpt from Salaam’s essay is illuminating:

As important and innovative as Montage is, most of us are not fully aware of this book-length accomplishment because we have bought into the establishment assessment that Hughes had a limited poetic technique. In a similar way, the establishment assesses Theolonius Monk as having a limited piano technique. But, just as few pianists are able to play like Monk, and no musicians have been able to match his compositional authority, similarly, emphasis on Eurocentric poetic devices notwithstanding, few poets have been able to write from inside the black experience like Hughes, and no one has achieved as impressive a body of compositions, that is, “textual poems”. Langston Hughes was absolutely clear about the focus of his work and the danger inherent in articulating the history and vision, the realities and aspirations of the sufferers (1999:21).

In this passage, Salaam seems to echo and validate the argument that Hughes advances in his seminal essay, “The Negro artist and the racial mountain”, in which he unpacks the nature and enormity of the myriad challenges that impede Negro writing and identity –and in which he advocates the preservation of their wholeness and authenticity.

In his authoritative text, “Langston Hughes and the blues”, Steven Tracy offers the following insights on Hughes’s stature in African-American letters:

Langston Hughes has been considered the most important of the Harlem Renaissance writers, and he had a special relationship with the blues tradition, considering it beautiful folk poetry worthy of comparison with the best folk literature in the world ... In a very real sense, the blues, a form of folk poetry, is the soul of Langston Hughes’s work, for it is the very essence of the souls of black folk who were so important to Hughes’s artistic expression (1988:1–2).

Hughes attempted to present a variety of the subjects dealt with in the blues, and in order to do that, it was necessary to speak in voices other than his own. He told Nat Hentoff that much of his poetry “is in the form of a kind of dramatic monologue”, indicating that there are speakers other than Hughes who are expressing themselves as they speak, not only through their language, but by their choice of the blues as the vehicle of expression, Tracy (1988:183). This comes out clearly in the poem “The weary blues”, which, in my view, is an encounter with the surreal, the sublime. We do well to quote Tracy’s dissection of the poem in his authoritative text:

The poem itself is a third-person description with some interpolated first-person, eight- and twelve-bar blues lyrics, giving it a sophisticated structure not unlike some vaudeville blues songs. Clearly in this poem the blues unite the speaker and the performer in some way. There is an immediate implied relationship between the two because of the ambiguous syntax. The “droning” and “rocking” can refer either to the “I” or to the “Negro”, immediately suggesting that the music invites, even requires, the participation of the speaker. Further, the words suggest that the speaker’s poem is a “drowsy syncopated tune” as well, connecting speaker and performer even further by having them working in the same tradition. The performer remains anonymous, unlike Bessie Smith’s jazzbo Broun, because he is not a famous, celebrated performer; he is one of the main practitioners living an unglamorous life that is far more common than the kinds of lives the most successful blues stars lived (1988:220–2).

And, Tracy continues to enlighten about this watershed encounter between singer and poet:

All the singer seems to have is his moaning blues, the revelation of “a black man’s soul”, and those blues are what help keep him alive.

Part of that ability to sustain is apparently the way the blues help him keep his identity. Even in singing the blues, he is singing about life, about the way that he and other blacks have to deal with white society. As his black hands touch the white keys, the accepted Western sound of the piano and the form of Western music are changed. The piano itself comes to life as an extension of the singer, and moans, transformed by the black tradition to a mirror of black sorrow that also reflects the transforming power and beauty of the black tradition (1988:222).

We do well to quote the relevant stanza that speaks to what Tracy refers to as the piano having been “transformed by the black tradition to a mirror of black sorrow”:

In a deep song voice with a melancholy tone
I heard that Negro sing, that old piano moan –
“Ain’t got nobody in all this world,
Ain’t got nobody but ma self.
I’s givin to quit ma frownin
And put ma troubles on the shelf”

Another source of the melancholy aura of the poem, argues Tracy, is the lack of actual connection between the performer and the speaker. He notes that they do not strike up a conversation, share a drink or anything else. The speaker observes, helpless to do anything about the performer and his weariness, save to write the poem and try to understand the performer’s experiences and how they relate to his own.

Ultimately, he finds the man and his songs wistfully compelling; and, he hears in his song the collective weary blues of blacks in America, and tries to reconcile the sadness with the sweetness of the form and expression.

In conclusion, both “The Negro artist and the racial mountain” and “The weary blues” define the parameters of Hughes’s mission as an innovator and a proud cultural icon and activist who helped create space for the subaltern to speak and be recognised in a hostile environment that sought to throttle and marginalise him.

Bibliography

Hughes, L. 1926. “The Negro artist and the racial mountain”. Source: https://english.illinois.edu/maps/poets/g/mountain/htm. Date accessed: 23/01/2017.

Hughes, L. 1995. “The weary blues”. In: The collected poems of Langston Hughes, ed Rampersad, A. New York: Vintage Press.

Tracy, S. 1988. Langston Hughes and the blues. Chicago: University of Illinois Press.

The post Langston Hughes: The people’s poet who revolutionised the African-American literary tradition appeared first on LitNet.

“A postcolonial Umwelt cabinet”: questions about a transnational poetics in Afrikaans with reference to Marlene van Niekerk’s Kaar

$
0
0

Abstract

This article asks the question whether one can speak of a transnational poetics in the case of poets who write in a local and minor language such as Afrikaans. In his book A transnational poetics Jahan Ramazani challenges the idea that poetry’s formal qualities make it less able to facilitate cross-cultural movement and to articulate global concerns than other genres and forms of mediation. Even though poetry is often seen as “the most provincial of the arts” (T.S. Eliot) and deemed stubbornly local, regional or national, Ramazani (2009:3) insists that poetry is a genre that “can mediate seemingly irresolvable contradictions between the local and the global, native and foreign”. He thus argues for a reconceptualisation of poetry studies and proposes a variety of ways to study the “circuits of poetic connection and dialogue across political and geographic borders and even hemispheres”, in order to transform existing critical approaches and methodologies as well as develop a new vocabulary and terminology to discuss transnational poetry. Underlying his project is an idealistic view of the role that literary transnationalism (and thus transnational poetry) can play in the establishment of a transnational and intercultural imaginary. He even speaks of an “interstitial citizenship” (established in the space between nations) which poets create for themselves by their adaptation of forms, sounds, tropes and ideas that they gather from across the world. For him the value of a transnational poetics lies in the fact that it transcends the limitations imposed by the nation and that it will be able to create an alternative to the reigning mononationalistic paradigm in US literary scholarship. Maxwell (2006:362) writes in a review that Ramazani’s argument is against the “reclosing of the American mind” in the period after the terrorist attacks on the World Trade Center in September 2001.

This article also looks into the arguments of those critical of Ramazani’s project. Romana Huk (2009) argues that it would be premature to abandon the national or local as a means of demarcation or as a hermeneutic instrument. She questions whether Ramazani’s notion of the transnational in poetry is really new in the light of the worldwide impact of Russian Formalism and Futurism on modernist aesthetics and the impact of French Structuralism and the Frankfurter Schule on literary studies across the globe. She is also sceptical about the notion of a “postnational” future in which national languages will be replaced by idiolects and national identities will be replaced by collective identities that function across national borders. Although she appreciates attempts by critics like Ramazani as well as Charles Bernstein to widen the range of texts discussed by scholars of poetry in the US, she feels that it would be dishonest to discount the impact of the local and national in literature and literary studies.

It is against the background of these discussions about the possibility of a transnational poetics that this article asks the following questions about poetry written in Afrikaans: Can Afrikaans writers be “citizens” of a transnational, even postnational imaginary? Can one speak of a transnational poetics in the case of Afrikaans poets, and if so, what would the content of this poetics be? Do the national and local necessarily represent narrow-mindedness and parochialism as opposed to the transnational, which is deemed to embody greater imaginativeness and a more enlightened mindset?

The article tries to answer these questions by referring to the fact that Afrikaans authors work within a context that has suffered the impact of the transnational movements resulting from colonisation. Friedman (2006:433) writes that the spread of modernity, and modernism as its expressive and creative dimension, can be linked to the Western colonisation of Asia, the Americas and Africa. She also argues that modernity is often associated with intercultural contact zones, “whether produced through conquest, vast migrations of people (voluntary or forced), or relatively peaceful commercial traffic or cultural exchange”. Her idea of modernity as a polycentric and planetary concept that will be able to describe the manifestations of modernity in a variety of geohistorical locations, not only the West, is especially pertinent to the question whether one can speak of a transnational poetics in the case of Afrikaans poets. The article goes on to argue that the transnational elements to be found in Afrikaans literature (in this case poetry) originate from the specifically South African and Afrikaans modernism that developed in the cultural contact zone created by the colonisation of South Africa. This idea is then explored in the second and third sections of the article by means of a reading of the Afrikaans author Marlene van Niekerk’s volume of poetry Kaar, published in 2013.

The second section gives a summary of Van Niekerk’s poetics, based on interviews and essays in which she expressed her indebtedness as a poet to the ideas associated with the transnational movements of Formalism and Modernism. In describing the intellectual and philosophical foundations of her work she mentions the names of Nietzche, Gadamer, Ricoeur, Blanchot, Ciorian, Derrida, Deleuze and Guattari, writers whose work also circulates transnationally. The second section of the article devotes attention to Van Niekerk’s choice to write in Afrikaans and the way in which she engages with the language’s compromised history as well as its transnational origins (having developed from the Dutch spoken by the early colonisers of South Africa and influenced by a variety of other languages).

The third section of the article focuses on an analysis of four poems in Kaar. The choice of these poems was determined by the fact that they refer to the colonisation of South Africa by officials of the Dutch East India Company in the 17th century. These poems explore the relationship between the local and the global by juxtaposing South Africa with the Netherlands and focusing on the lyric subject’s complex relationship with her fatherland, South Africa.

The first of the four poems, “Heavy metal in Bagdad” (this is the actual title, not an English translation from an Afrikaans title), represents the cynical self-reflection of a lyric subject who gives up the comforts of Europe because she craves the artistic challenges provided by the complexities of South Africa. The analysis of the second and third poems, “Etologie” (Etology) and “Sorry suide” (Sorry south), highlights colonialism’s enduring impact on South Africa and the lyric subject’s assessment of her own position as a descendant of the erstwhile colonisers. In “Etologie” she expresses feelings of historical complicity as well as current irrelevance in the postcolonial context. In contrast with this, “Sorry suide” highlights the inequalities between South Africans of different races and classes, but also describes the feelings of solidarity that transcend the racial and class divide when South Africans are confronted by outsiders. The fourth poem, “Teorie en praktyk van die digkuns in ’n era van aardgas” (Theory and practice of poetry in an era of natural gas) has its origins in a protest against the Dutch oil company Shell’s exploration for shale gas in South Africa. The analysis of this poem centres on the way in which poetry is seen as a means of contesting global capitalism’s exploitation of the planet (which is then linked to the colonisation of South Africa). The author of the article maintains that this poem can be read as an example of petropoetry (analogous to petrofiction) that argues for a transnational solidarity among poets who want to resist the exploitation of the planet by large transnational corporations. In this sense a transnational poetics is rooted not only in the worldwide circulation of forms, techniques, tropes, images and allusions, but also in a transnational recognition of the urgent need for poets (and by implication all artists) to respond to the environmental challenges that face the planet.

Keywords: Afrikaans poetry; Anthropocene; colonisation; environmental issues; global capitalism; global south; minority language; modernism; modernity; petrofiction; petropoetry; transnational capital; transnational poetics; Van Niekerk, Marlene

Lees die volledige artikel in Afrikaans: “’n Postkoloniale Umweltkas”: die vraag na ’n transnasionale poëtika in Afrikaans aan die hand van Marlene van Niekerk se Kaar

The post “A postcolonial Umwelt cabinet”: questions about a transnational poetics in Afrikaans with reference to Marlene van Niekerk’s Kaar appeared first on LitNet.

Interresante onderskeid tussen Boer en Afrikaner

$
0
0

Ek het per ongeluk op Qoura-onderskeid afgekom.

Hul maak onderskeid tussen Kaapse Afrikaner, wat met al wat immigrante was, vermeng het. Selfs soort van Anglikane geword het na 1801 toe die Kaapkolonie en Port Natal ontstaan het. Die term Boer verwys na die Trekboere, wat glo nomadies was.

Ek dink daar is nog steeds die verskil. Bv jou Afrikaner /Anglikaan is nog steeds die politieke korrekte in veral die ou Kaapkolonie. Vir hul is die Kasteel en Taalmonument in Paarl, asook US/Victoria kollege belangrik. 

Ons ou Boere-afstammelinge hou nog van laer trek, al is dit in plekke soos Kleinfontein en Orania. Daarom dat ons ook werk aan ons eie onafhanklike Afrikaanse universiteitskampus.

Interessant dat internasionale skrywer dink dat Afrikaners ons Boere dmv Nasionale Party geïndoktrineer het tot hul sienings en na 1902 so gekoöpteer het as tweederangse Afrikaners. Dalk is die grootste verskil dat 'n Boer baie donker brand in Afrika son in somer en in winter weer wit blyk. Ongelukkig was die NP-standaard die profiel wat naby albinisme is, wit vel, wit hare en blou oë. 

Daar was ook etniese seleksie onder Boere na 1948, bv pienk tandvleise, krone in hare, halfmane op naels en potlood in hare... Verklaar nou vir my waarom ons in Graad een ons hande vir naels op daai opklap sitplek skoolbanke met inkpotgate moes sit en ons tande moes wys vir juffrou met haar houtliniaal ... Ek onthou nou dat 'n meisie wat langs my gesit het, 'n brief gekry het dat sy na Indiërskool moes gaan, omdat haar wit pa met haar Chinese ma getroud was. Sy was witter as wat ek is ... Die vanne van daai ou geslag onderwysers was ook ou vanne bv Rex, Giliomee ens. Nou ja, my ma het my met strop gedreig, sou ek weer daaroor praat.

Waar my twee krone voor was, het dit nou bles geword, maar agter staan dit nog wild. 

In retrospek, ja daar was definitief diskriminasie teen ons van Boer-afkoms, veral omdat mynwerkers uit Oos-Rand ingetrek het met hul verbruikerskultuur.

 

The post Interresante onderskeid tussen Boer en Afrikaner appeared first on LitNet.

Godsdiens in ZAR-skole verban tot 1876


Boererate was dikwels baie gevaarlik

$
0
0

Behalwe vir die dagga-aftreksels in brandewyn of mampoer, was goed soos nat katvel op bors of pie of beesmis nie vir my logies nie.

Suurlemoensap, gemmer, heuning in warm water vir verkoue is nou nog logies.

The post Boererate was dikwels baie gevaarlik appeared first on LitNet.

Boekbekendstelling: Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk

Superspellers op ’n slimfoon

$
0
0

Michele van der Merwe

Spelling verklap baie van ’n mens se persoonlikheid, al besef mense dit nie. Is die persoon gesteld op die korrektheid van elke woord wat neergeskryf word en word elke woord deeglik oorweeg voordat dit neergepen word, of word enige skryfstuk of skryfsel so vinnig moontlik afgerammel met ’n traak-my-nie-agtige houding dat die persoon nie eintlik in taal belangstel en nie omgee nie? Besef die skrywer dat ’n goedversorgde teks met geen spelfoute nie ’n baie goeie indruk maak en besef die skrywer dat lesers onmiddellik die opvoedingspeil van die skrywer beoordeel op grond van die korrektheid, al dan nie van spelling?

Tieners lees en skryf deesdae toenemend meer, veral met die koms van sosiale media. Hulle dink dalk nie daaraan dat hulle spel(on)vermoë aan die groot klok gehang word, vir die hele wêreld om te sien, nie. ’n Persoon se tegnologiese voetspoor is feitlik onmoontlik om uit te wis en sosialemediagebruikers (beslis ook volwassenes!) bloos dikwels bloedrooi oor wat hulle in die kuberruim kwytgeraak het.

In die kuberruim word taalghwarre maklik ontmasker. En ouens wat ’n goeie indruk op meisies wil maak? Met die lees van ’n uitnodiging soos: “Smaak jy nie more ’n vinnige koffie samet my?” wonder ek oor die sukses van die boodskap en of die meisie nie eerder so ver as moontlik sal wil weghardloop om van sulke taalonbeholpenheid te ontsnap nie.

Die ander kant van die munt is dat spelonderrig in die hoërskool interessant kan wees en vergemaklik kan word, juis met die gebruik van tegnologie in die klaskamer. Met behulp van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) se webwerf of slimfoonfoontoepassing kan spelling interaktief, kommunikatief en taakgebaseerd aangebied word. Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) is gratis beskikbaar op die VivA-app en kan op ’n slimfoon afgelaai word. Gebruikers het onder andere ook toegang tot ’n woordeboekportaal waar woorde nageslaan kan word.

Ter illustrasie vir die gebruik van die VivA-app in spelonderrig word ’n aktiwiteit oor die gebruik van koppeltekens vir Afrikaans Huistaal in die VOO-fase beskryf.


 

Aktiwiteit: Koppeltekens

Lees die teks en beantwoord die volgende vrae daaroor:

Taalversorging is sexy

Volgens die Britse (1) skrywer-opvoedkundige Philip Pullman is taalversorging ’n manifestasie van die liefde. If you love something, sê hy, you want to look after it. Dalk is dit die rede waarom ek so afgeskeep voel by die lees van Afrikaanse koerantberigte vol foutiewe of afwesige (2) lees- en skryftekens, bengelende en ontbrekende (3) verbindings-s’e, bisarre woordafkappings en brabbelsinne vol ongeskrapte woordrommel.

Noem my ’n taalslet, maar selfs as tiener kon ek nie verlief raak op iemand wat nie die sensualiteit van ’n goedversorgde sin kon aanvoel nie. Nie dat jy noodwendig moet breyten om ’n taalflerrie se belangstelling te prikkel nie. Ons reageer ook positief op gemeenplasige boodskappies, mits die grammatika vloeiend verloop.

Kom ek verskaf ’n praktiese voorbeeld.

Vanoggend (4) steier-steier ek en my dogter onder swaar inkopiesakke na ons motor bakkend in die son voor (5) Avalon-kafee. Onder die ruitveër ingeskuif, aan passasierskant, wapper ’n briefie in die bergwind.

’n Teregwysing deur ’n medemotoris met sonsteek, dink ek wrokkig. Oorgelaai vir venyn lees ons: “Morning! I just wanted to tell you that I think you are Drop Dead Gorgeous. Enjoy your day. M.”

Blosend lag my kind en rits die briefie in haar beursie toe. Ek skuif agter die stuurwiel in en draai die lugverkoeler aan. Heelpad huis toe tuur sy deur die venster, tot stilte gedwing deur drie kort sinnetjies agterop ’n kasregisterstrokie.

Want sien, M is ’n flankeerder van formaat. Let op sy spontane, onvoorwaardelike bewondering; die joie de vivre in allitererende hoofletters. Nie vir M ’n klewerige ellips of die klinkerlose gekletter van (6) I-wnt-2-tel-u of njoy-yr-day nie. Hoflik. Bedrewe leestekenaar. Ongetwyfeld ’n minnaar duisend in wording.

Toe ons voor die huis stilhou, kyk sy my stip in die oë.

“Ma,” sê sy sag, “hy’t gorgeous reg gespel.”

Só werk dit.

Aangepas uit: Lonkie onbeperk: Taalversorging is sexy deur Lonkie Mackenzie

Die AWS verduidelik die reëls vir goeie spelling in Afrikaans. Daar word breedvoerig verduidelik hoe om koppeltekens te gebruik. Koppeltekens help ons om makliker te lees en koppeltekenwoorde vorm ’n eenheid. Slaan die vier belangrikste funksies van koppeltekens in die AWS na om voorbeelde te sien.

Die vier belangrikste funksies van koppeltekens kan as volg opgesom word:

  • Woorde word met koppeltekens geskei om lees te vergemaklik.
  • Woorde word met koppeltekens saamgekoppel om ’n besondere betekenisverhouding tussen die dele weer te gee.
  • Koppeltekens word as weglaatteken gebruik.
  • Koppeltekens word as afbreekteken aan die einde van ’n woord gebruik.

Soek telkens die eerste onderstreepte woord in elke vraag op in VivA-app en beantwoord die vraag.

1.

a. Slaan die woord skrywer na en kyk of dit in verbinding met ’n ander woord (met ’n koppelteken) verskaf word. Skryf die woord neer.
b. Waarom word skrywer-digter en dan ook skrywer-opvoedkundige met ’n koppelteken geskryf?

2.

a. Verskaf ’n vertaling vir lees-en-skryf. In watter vakgebied dink jy word dit gebruik?
b. Wat is die funksie van die koppelteken in die woordgroep lees- en skryftekens?

3.

a. Kies die korrekte vorm: verbindings-s’e of verbindings-s-e.
b. Wat is die funksie van die koppelteken in dié geval?

4.

a. Waarom word sing-sing en dan ook steier-steier met ’n koppelteken geskryf?
b. Wat is die betekenis van steier?

5.

a. Kies die korrekte vorm: Avalon-kafee of Avalonkafee of Avalon kafee.
b. Motiveer jou antwoord deur na ’n spelreël te verwys.

6.

a. Vertaal I-wnt-2-tel-u of njoy-yr-day in Afrikaans.
b. Skryf jou eie kreatiewe boodskap om iemand te beïndruk.

7. Voltooi die spelreëls deur telkens een woord in te voeg. Leidrade word verskaf deur die volgende voorbeelde in ag te neem:

1. Leidrade: ewe-eens, uie-oes, buite-egtelik
2. Spelreël: Waar daar in samestellings ’n opeenvolging van _ is wat verkeerd gelees kan word, word koppeltekens gebruik.

1. Leidrade: graad 10-klas, B-mol, &-teken
2. Spelreël: In verbindings met getalle, _ en _ word koppeltekens gebruik.

1. Leidrade: Andrea-hulle, Piet-hulle, Oupa-hulle
2. Spelreël: In samestellings met die woord _ word koppeltekens gebruik.

Som die funksies van koppeltekens in jou eie woorde op om jou te help om dit korrek te gebruik.


 

Met bostaande interaktiewe oefening, volgens konstruktivistiese beginsels, waar leerders selfgerig werk, vind motivering om te leer plaas met die gebruik van tegnologie op ’n slimfoon. Verdere motivering vir spelonderrig kan in die speel van klasspeletjies wees, byvoorbeeld ’n simulasie van die spelvasvraprogram Op die spel van kykNET waar leerders teen mekaar meeding in die klas. Die beste spellers kan ook aangemoedig word om aan spelkompetisies soos die WOW Spelfees en ATKV Spelathon deel te neem. Dalk kan spelbewustheid onder ’n generasie behep met sosiale media gekweek word?

The post Superspellers op ’n slimfoon appeared first on LitNet.

’n ope brief aan Dorian Gray deur Ruan Fourie: ’n resensie

$
0
0

’n ope brief aan Dorian Gray
Ruan Fourie
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485307471

In Ruan Fourie se debuutbundel word die verloop van ’n liefdesgeskiedenis geskets deur ’n volgehoue intertekstuele spel met Oscar Wilde se roman The Picture of Dorian Gray. Die omslagontwerp toon ’n leë raam waarin ink (of bloed) afloop, ’n tabula rasa waarteen die projeksies van ’n mislukte liefdesverhouding geportretteer word.

Die bundel skep ’n verliteratuurde indruk en dra swaar aan ’n oordaad motto's en verwysings. Die Victoriaanse leefwêreld van Dorian Gray word betrek, afgewissel met gesprekke oor klassieke kuns, letterkunde en musiek, die verromantisering van kunstenaarskap, die sosiale media, popmusiek en die kampuslewe. Ongelukkig dra die magdom verwysings niks by tot die yl diggegewe nie en dit vertoon soos borduurwerk om die mankemente in die verse te verdoesel. Die aanbod en tematiek van die bundel werk eerder kontradiktories as aanvullend op die geheel in, en skep die indruk van willekeur. Ook die stilistiese truuks, soos die plaas van titels onder aan die bladsye het geen doel nie – dit belemmer net die leesproses.

Van die verse is infantiel:

in graad 7 moes ons elk ’n vriend se naam
hardop aan die juffrou verskaf
om aan te teken op ’n klaslys
(vir veiligheidsdoeleindes).
hier al besef jy met skok
dat iemand vir jou omgee
sonder dat jy dit verwag het,
en skrik jy oor jou gebrek
aan skuldgevoel
voor almal die spelling van tjienkerientjee
nog gou herkou vir die toets.   (tjienkerientjee, 39)

Jeugdige en studentikose pedanterie vier hoogty, byvoorbeeld "stille raas" (50):

"living in a parallel universe
means you have to think
parallel thoughts."

ek ontdek ... nee.
ek skok myself.
is dit die geval?
my gedagtes kleef
aan moontlikhede.
soos om te slaap. dit werk so:
jy moet slaap eers naboots
voor die ware jakob manifesteer,
en in die limbo
van hierdie gefabriseerde slaap,
op pad na die ware droom,
stoot my brein vieslike
gedagtes na die voorgrond.

Die verse bly vassteek in ’n belydenisagtigheid en verdowende ekkerigheid, byvoorbeeld "ar/seer" (19–20):

ek wil eintlik net iewers om verskoning vra
want ek verstaan ek is fucked up.
ek sukkel met die onderskeid
tussen mense wat ék kruis en dwars liefhet
(soms tot my spyt)
en dié wat my terug liefhet.
ek was nog nooit so seker
dat iemand bloot opreg is nie,
maybe you're a daydream
dressed as a nightmare
for all misandrists.

liefde is, ten aanvang, slegs gesog
as dit martel.

Asook "lights, camera, acción" (41):

ons is in ons moer.
ons het mekaar nie ontgroei nie,
net begin stagneer.
[…]

ek het my stil gehou,
ons het die rolle van antieke jongmense
aangeneem, kakkerige bands beluister
in die buitelug […]

Soms word die narratiewe gang in die verse bederf met pretensieuse woordkeuses, byvoorbeeld (my kursivering): "jou igtiomorfe oë (23); "dat jy hier is,/ bewus van die kognitiewe dissonans (11); en "kaneel is bitter, maar ongetwyfeld olfaktories aangenaam (26).

Alhoewel “catacombes” (49) die nodige afronding mis, is dit tog ’n aangrypende vers:

kraaie voer ’n danse macabre uit in die dowwe lug
terwyl met die beendere van ses miljoen
weggedoen word in die gange en grotte van l'ossuaire municipal,
die katakombes van Paris.

Die semiotiese spel met leestekens in "typo" (70) bly ongelukkig, net soos die leestekens self, teen die oppervlak vassteek: die poging tot uitgebreide metaforiek slaag nie.

Eweneens is die woordspeling en neologismes nie altyd ewe geslaagd nie, byvoorbeeld "hel/ing" (68); "gema/a/k" (12), "seepbelsubtiels" (21) en "ar/seer" (20).

Die verse herinner aan voortstuwende-bewussynstroom-tegniek, maar die assosiatiewe skuiwe is té lukraak en arbitrêr en het ’n fasiele indruk by my gelaat. Dit is verse wat nog nie poësie geword het nie.

Dit is duidelik dat die digter moeite gedoen het om die bundel in sy geheel na ’n groot literêre besigheid te laat lyk. Só open Deel II byvoorbeeld met disparate verwysings na The unbearable lightness of being (Milan Kundera), The real life of Sebastian Knight (Vladimir Nabokov), An artist's life manifesto (Marina Abramovic), We the animals (Justin Torres), Lolita (Vladimir Nabokov), asook die genoemde interteks van Oscar Wilde. Die bundelnarratief is nog nie sinvol deurgekomponeer nie en skep ’n versnipperde indruk. Die individuele verse self sou kon baat met selfkritiek. Die  “ek-jy”-gedreun raak eenselwig en steurend, en die brief of epistel is nié ’n matrys vir literêre slordigheid of vergrype nie.

Dalk moet Ruan Fourie vir eers die verestetiseerde idees en groot konsepte los en terugkeer swartbord toe om te skrýf. Sonder geleende vere.

Die bundel sluit af met "as die verlange" (75), wat ook aansluit by "die liefde's niks anders" (8). Die toespeling in die titels op Jonker se "Gistraand" voel egter na ’n futlose literêre speletjie:

die laaste keer
het ek ’n briefie in jou posbus laat glip
en weggehardloop soos ’n kind
wat toktokkie speel.

in dié nota het ek geskryf:
"tot hier."

Fourie is ’n ambisieuse jong digter. ’n Ope brief aan Dorian Gray is ongelukkig ’n voortydige debuut wat ’n vraagteken laat hang oor die rol en verantwoordelikheid van die keurder en uitgewer in die publikasieproses.

The post ’n ope brief aan Dorian Gray deur Ruan Fourie: ’n resensie appeared first on LitNet.

Monumente vernietiging as deel van bevryding?

$
0
0

Wat polities korrekte ideologiese saampraters en skrywers uit die oog verloor, wanneer hul SA 'n kolonie van VSA maak, is dat meeste monumente van die Siviele Oorlog in VSA gedurende Obama-regime era opgerig was. Dus, baie onlangs. 

Die outeur van bv Die Gelofte, was Eerwaarde Smit, wat 'n gemengde etniese afkoms gehad het.

Die Trekboere het nie inheemse bevolkings gekolonialiseer nie, hul het juis weggetrek van Britse kolonialisasie. 

Die bouery van die Voortrekkermonument het gedurende Jan Smuts se era begin. Die konstruksie was vertraag agv die Tweede Wêreldoorlog. 

Die apartheid wat NP gebring het uit Stellenbosch, was verlengstuk van Lord Alfred Milner en Cecil John Rhodes se koloniale apartheid, wat in Kaapkolonie in laat 1890's begin het.

Om die Boer-afstammelinge te blameer, vir optrede deur Anglikane-afstammelinge, is feitlik verkeerd en immoreel! 

Geen akademikus moet toegelaat word om swak nagevorsde en onfeitlike bollie as boek te publiseer nie.

The post Monumente vernietiging as deel van bevryding? appeared first on LitNet.

Bybel in Kaaps: Johannes 6, deel 1

$
0
0

"Christ walking on the sea" deur Amédée Varint

Johannes 6

Die vemeedering vannie brood

Na al die dinge het Jesus oo die Sie van Galilea gegan, wat oekie Sie van Tiberias genome wôt.

2 ʼn Groot klompie mense het hom gevolg, wan hulle het die miriekels gesien wat hy annie siekes gedoenit.

3 Jesus het toe die berg op gegan, en daa gan sit met sy dissiepels.

4 Die Paasfees vannie Jode was naby.

5 Toe Jesus opkyk, toe sien hy die groot klompie mense wat op pad is na hom toe, hy sê toe vi Filippus, “Waa kan ôs brood gan koep lat die mense kan iet?”

6 Hy’t net soe gesê om hom te toets, wan hy’t self gewiet wat hy gan doen.

7 Filippus het toe geantwoord, “Twie honnerd rand se brood issie ees genoeg om elke een van hulle ʼn stukkie te gie nie.

8 Een vannie anner dissiepels, Andreas, die broe van Simon Petrus, sê toe vi Hom, 9 “Hie is ʼn laaitie met vyf garsbrode en twie vissies, maa wat is dit vi soe baie mense?”

10 Toe sê Jesus, “Laat die mense gan sit.” Daa was baie gras op daai plek ennie mense het gan sit. Die mans allien was ampe vyf duisend.

11 Daana het Jesusie brood geniem, Got daavoo dankie gesê ennit beginne uitdeel annie mense wa daa gesit het, en net soe oek soeveel vannie vis as wat hulle wou hê.

12 Nadatie mense amal vol ge-eet was, het hy vi sy dissiepels gesê, “Maak allie stukke bymekaa wat oogebly het, soedat daa niks velore kan gan nie.”

13 Hulle het dit toe bymekaa gemaak, ennie ooskietels vannie vyf garsbrode het twaalf mandjies volgemaak nadat die mense kla geïet het.

14 Toe die mense sien die miriekels wat Jesus gedoenit, het hulle gesê, “Hy is mos rêrig die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes gekommit.”

15 Toe Jesus sien dat hulle hom met geweld wil kô vat om hom Koning te maak, toe maak hy lat hy uitie pad uit kom en gan toe vêder die berg op, Hy allien.

Jesus loep oppie sie

16 Toe dit aand wôt, toe het Jesus se dissiepels sie toe gegan, 17 en in ʼn bootjie gan klim en hulle het toe oorie sie gegan na Kapernaum toe. Dit was mos al donker en Jesus was nog steedsie trug by hulle nie.

18 Soe hettie sie beginne onstuimig raak, ommat daa ʼn stêk wind beginne waai het.

19 Toe hulle soe vyf of ses kilometers ver geroei het, sien hulle toe vi Jesus wat oppie sie loep en na die boot angekom, en hulle het toe bang gewôt.

20 Toe sê hy vi hulle, “Dis Ek, hoekô raak julle bang.”

21 Hulle het Hom toe met oepe arms oppie boot ontvang, en toe hettie boot by die land angekom waanatoe hulle op pad was.

Die Brood uitie Hiemel

22 Die volgenne dag toe die mense, wat nog annie anner kant vannie sie was, sien dat daa net een bootjie was, het hulle gewiet dat Jesus nie saamit sy dissiepels gegan hettie, maa dat hulle allien gegan het.

23 Daa het toe anne bote van Tiberias af gekom, naby die plek waa hulle die brood geïet het nadat die Jirre daavoo dankie gesê het.

24 Toe die mense sien dat Jesus nie daa issie, en oekie sy dissiepelsie, het hulle innie bootjies geklim en na Kapernaum toe gegan, om vi Jesus te gan soek.

… Vevolg volgenne wiek

The post Bybel in Kaaps: Johannes 6, deel 1 appeared first on LitNet.

Hans se Boererate

$
0
0

In my dokter se spreekkamer lees ek hierdie plaatjie: “Do not confuse your Google search with my medical degree.”

So tipies, die Hans.

Gesondheid vir julle!

Raed-na-Gael

The post Hans se Boererate appeared first on LitNet.


Gesprekke oor Krotoa en nadenke oor kultuurerfenis en -nalatenskap

$
0
0

Ekonomiese ongelykheid: belangrik in debat rondom eienaarskap van kulturele etnisiteit

Franz Kafka, ’n Duitssprekende Joodse boorling van Praag, laat sy ongepubliseerde werke na aan sy vriend en uitgewer, Max Brod, met die opdrag om alles na sy dood te vernietig. Brod ignoreer dit en publiseer van Kafka se werk tot sy dood in 1968. Hy laat die ongepubliseerde werke na aan sy sekretaresse, Ester Hoffe, wie se dogters dit by haar erf. In 2008 begin die Staat Israel ’n hofgeding en eis die nalatenskap. Die susters staan dit teë as hulle persoonlike eiendom, maar in 2012 verklaar die hof in Tel Aviv Franz Kafka se werk as kultuurbates van Israel en las dat dit aan die Nasionale Biblioteek oorhandig word.

Die moeilike onderwerp van eienaarskap van kopiereg, steeds opspraakwekkend.

Met ’n onlangse bespreking tydens die afgelope Silwerskermfees lewer ’n deftige vrou, met gemeenskapsleiers aan haar sy, ’n siedende pleidooi oor die uitbeelding van die volksmoeder Krotoa in die gelyknamige film. Sy het dit oa teen die vrye gebruik en kopiereg van intellektuele eiendom wat hulle as Khoi-afstammelinge toekom. ’n Voorgeskiedenis as eiendom – iets wat verkoop kan word – geld behoort te genereer.

Heel begryplik, maar hoe? Wie besit die intellektuele eiendom van ’n etniese erfenis? Om iets konkreet soos manuskripte op te eis of om die reg te verkoop om ’n plant te propageer is maklik – iets tasbaar word verkoop, waarde toegevoeg en weer verkoop. Maar as ’n internasionale modehuis inspirasie vind in tradisionele Lesotho-ontwerpe, is daar moeilik iets tasbaars om voor te betaal – en boonop aan wie?

Die sistemiese turksvy kan moeilik ignoreer word, want ’n goeie film laat haar nie ignoreer nie. Die boek Dis ek, Anna is al vir jare ’n voorgeskrewe werk, maar toe dit as ’n rolprent verskyn, snak sedebewakers na hulle asems en die Publikasieraad vereis ’n ouderdomsbeperking van 16. ’n Boek oor ’n vergete volksheld verskyn en almal is verheug ons leer meer oor mekaar, maar was dit ’n film, was die reaksie waarskynlik: Hoe durf jy?

Die antwoord, meen ek, is in die aard van film en juis die rede hoekom rolprente so ’n duur en uitgerekte proses is vergeleke met byvoorbeeld televisie. Televisiekyk gebeur gemaklik tuis, koppie tee in die hand, die kyker se lewe ongestoord. Vir ’n nuwe speelfilm moet kykers die besluit neem om teater toe te gaan, regmaak daarvoor en daarheen ry, ’n kaartjie koop en die donker vir 90 minute met vreemdelinge deel. Die soort toewyding wat deur die aard en struktuur van film bewimpel word.

In sy meesterlike boek Story skryf Robert McKee: “Fictional worlds are not daydreams but sweatshops where we labour in search of material to tailor a film. [Its structure] is a selection of events from the character’s life stories composed into strategic sequences to arouse specific emotions and to express a specific view of life.” Gebeure ontvou in ’n vasgestelde struktuur om die kyker in te trek en deel te maak van die karakters en hulle storiewêreld. Die formele vereistes van ’n goeie storie, steeds geldig sedert Aristotle, 23 eeue gelede.

Die diepe gevoelservaring, gestimuleer deur ’n geslaagde rolprent, gebeur nie toevallig nie. Dit verg ’n baie duur, lang en ingewikkelde proses van teksontwikkeling, skryf, oorskryf en herskryf, regie, verfilming, vervaardiging en bemarking. Selfs ’n doodgewone plaaslike film kos nagenoeg R6 miljoen en kan drie tot 10 of meer jaar neem om te maak. Dit ontketen ’n vorm van sistemiese uitsluiting, iets waaraan baie hard gewerk word om reg te stel. As dit verpolitiseer word, kan dit die dood in die pot beteken.

Pen en papier of ’n rekenaar is ’n geduldige en goedkoop medium om aan eie stories gestalte te gee. Tot gedagtes, oorlewering, vertellings word konkreet waarde toegevoeg in die geskrewe woord.

’n Aansoek om ontwikkelingsbefondsing van ’n teks waaraan ek reeds drie jaar werk is vroeër dié week vir die vierde keer vir staatsbefondsing afgekeur. Die dag nadat ek die nuus ontvang het, kontak ’n vriendin my. Háár aansoek ook. Sy werk al twee jaar voltyds aan die filmteks en is platsak – het ek ’n geldjie om aan haar te leen tot die einde van die maand om haar kind op skool te hou? Intussen het kykNET/MNet ’n bedrag vir teksontwikkeling van my storie bewillig. Haar storie is in Xhosa en speel af in Umtata en sal waarskynlik nie kwalifiseer as deursnee-kykNET-materiaal nie.

Afrikaans skaal af en verdwyn van tersiêre instellings en daarmee gaan nog deure toe vir veral gemarginaliseerde en nie-Afrikaanssprekers om deur Afrikaans bemagtig en skryfvaardig te word en ’n bydrae te lewer tot die bewaring van ons unieke Suid-Afrikaanse storieskatkis.

Die gesprek oor Krotoa by die Silwerskermfees laat mens van voor af nadink oor kultuurerfenis en -nalatenskap.

Om kulturele nalatenskap as eiegoed en nie as deelgoed te sien nie – bewustelik of onbewustelik – herinner aan wat Elisabeth Eybers bestempel het as “voortdurende en stelselmatige eksploitasie van die kudde-instink” (uit Kannemeyer se biografie van Jan Rabie). Steeds toepaslik in die huidige debat en polemiek in die opeising van kultuurerfenis in die skone kunste, die geskrewe woord of die silwerdoek, en nie net plaaslik nie, maar ook op internasionale vlak.

The post Gesprekke oor Krotoa en nadenke oor kultuurerfenis en -nalatenskap appeared first on LitNet.

Versoening en sosiale kohesie: ’n onderhoud met Elnari Potgieter

$
0
0

Hierdie onderhoud is gebaseer op die LitNet Akademies-artikel (Godsdienswetenskappe), “Die liturgie van die 1995-Wêreldrugbybeker-eindwedstryd: ’n ruimtelik-liturgiese refleksie deur die lens van ’n sosiale-kohesie-model” deur Daléne Flynn (Julie 2017).

Menán van Heerden het met Elnari Potgieter, projekbestuurder: South Africa Reconciliation Barometer, gesels oor versoening en sosiale kohesie in 2017.

Elnari Potgieter

Volgens hierdie artikel het die 1995-Wêreldrugbybeker-eindwedstryd ’n positiewe bydrae tot sosiale kohesie in die Suid-Afrikaanse samelewing gelewer. In die artikel word sosiale kohesie gedefinieer as “die wyse waarop daar binne ’n gemeenskap ruimte geskep word sodat individue voel dat hulle behoort aan en erken word as lede van die gemeenskap”. Hoe sou jy sosiale kohesie definieer?

’n Wye verskeidenheid definisies van sosiale kohesie bestaan, en daar is nie tans regtig ’n enkele internasionaal aanvaarde definisie in hierdie verband nie.1 Die meeste definisies verwys na ’n tipe verbondenheid tussen ’n groep mense – ’n saamwees wat eenheid en harmonie kan bewerkstellig.2 Byna soos ’n tipe “gom” wat samelewings saamhou – met elemente van solidariteit, gedeelde lojaliteit en die besef van interafhanklikheid tussen groepe mense.3 Hierdie “groepe” kan onder andere families, gemeenskappe, kultuurgroepe, streeks- en nasionale groeperings wees.

Eietydse definisies sluit egter nie net die wese van sosiale kohesie in nie, maar sluit ook voorwaardes in vir samelewings om samehangend te wees.4 Hierdie definisies handel met beide die eienskappe wat ’n samelewing samehangend (“cohesive”) maak, en dié wat verdeeldheid veroorsaak. In hierdie verband word daar verwys na twee elemente as voorwaardes vir kohesie, of dan samehangendheid. Die eerste is gedeelde norme, sowel as verwantskappe en verhoudings in die samelewing. Die tweede is die (afwesigheid van) ongelykhede (bv sosio-ekonomies en/of in terme van magsverhoudings), uitsluiting en relatiewe ontneming in ’n samelewing.

Dit is hier belangrik om te noem dat sosiale kohesie nie moet plaasvind tot uitsluiting van ander nie.

Die definisie waarby ek die meeste aanklank vind in die Suid-Afrikaanse konteks is die een van die OECD, wat ook ’n aspek van aktiewe betrokkenheid bevat: ’n samehangende oftewel ’n “cohesive” samelewing is een wat “(works) towards the well-being of all its members, minimising disparities and avoiding marginalisation. It entails three major dimensions: fostering cohesion by building networks of relationships, trust and identity between different groups [in die Suid-Afrikaanse konteks dan tussen verskillende groepe mense, maar ook tussen burgerlikes en instellings]; fighting discrimination, exclusion and excessive inequalities, and enabling upward social mobility.”5

Wat is die verband tussen Suid-Afrika se versoeningsproses en sosiale kohesie van die nasie, indien enige?

Versoening is beide ’n proses en ’n doelwit ná konflik. Daar was met ander woorde reeds ’n breuk in verhoudings in ’n spesifieke samelewing of konteks. Sosiale kohesie is dan, soos hier bo genoem, teenwoordig in samelewings waar daar gewerk word in die rigting van verbondenheid, sowel as waar aan sekere voorwaardes voldoen word – insluitende die aanspreek van ongelykhede. Om sosiale kohesie te bou en te bewerkstellig is nie noodwendig net ’n doelwit wat nagestreef word na of voor konflik nie, maar kan ook ’n doelwit en stand van sake op sigself wees. Dit kan ook nagestreef word ten einde byvoorbeeld veerkragtigheid in ’n samelewing te bewerkstellig.

Die verskil tussen hierdie twee prosesse en konsepte lê daarin dat versoening ook elemente van waarheidvertelling en historiese nalatenskap verg, en ook aspekte van die genesing van verhoudings tussen verskillende groepe in ’n samelewing insluit, en dat daar gewoonlik prosesse van geregtigheid, herstel en/of restitusie plaasvind ten einde te versoen.

Die ooreenstemming van hierdie twee prosesse is hoofsaaklik in die besef van wedersydse afhanklikheid tussen verskillende groepe mense, en ’n tipe saamwees wat eenheid en harmonie bewerkstellig.

Hoe sou jy versoeningsprosesse van die verlede en die toekoms beskryf na aanleiding van die South African Reconciliation Barometer (SARB)? Hoe word versoening in 2017 gemeet? Daarmee saam, vertel ons meer van die SARB en jou werk as projekleier?

Die SARB is ’n projek van die Institute for Justice and Reconciliation (IJR). Hoofsaaklik behels die projek ’n voorheen jaarlikse, nou tweejaarlikse, publieke opname wat die persepsies van Suid-Afrikaners met betrekking tot die versoeningsproses meet – op ’n multidimensionele manier. Die opname word sedert 2003 gedoen, en is een van ’n handvol soortgelyke projekte ter wêreld. Dit is ook die enigste Suid-Afrikaanse opname wat op die versoeningsproses fokus en wat op  lang termyn veranderings in dié verband kan toon.

As die eerste in sy soort, en een van die min opnames wat op versoening in Afrika (en wêreldwyd) gefokus is, het die SARB ’n belangrike bron geword om nasionale dialoog aan te moedig, inligting aan besluitnemers te bied, beleidsvorming te ondersteun, sowel as vir die gebruik in die ontwikkeling van nuwe ontledings en teorieë met betrekking tot versoening in postkonflik samelewings. Gegewe die unieke fokus van die barometer word die SARB binne regerings-, sake- en burgerlikesamelewingskringe gekonsulteer.

Die SARB fokus sedert 2003 op persepsies rakende menslike veiligheid, politieke kultuur, dwarssnydende (“cross-cutting”) politieke verhoudings of verwantskappe, historiese nalatenskap, verhoudings tussen verskillende rassegroepe en toewyding tot dialoog. In 2014 het die vraelysinstrument geldigheids- en betroubaarheidstoetse ondergaan, en fokusgroepgesprekke is gehou om te ondersoek of die vraelys ook ander aanwysers moet oorweeg in die meet van versoening. Die meeste van die langtermynvrae is behou, maar die aanwysers is hergroepeer en meer vrae in verband met geregtigheid is ingesluit. Tans sluit die elemente wat gemeet word, persepsies betreffende magsverhoudings (polities, ekonomies, kultuurgewys), demokratiese politieke kultuur, apartheidnalatenskap, rasseversoening en verandering in die samelewing in.

Aan die begin het die Suid-Afrikaanse versoeningsproses – veral op ’n nasionale vlak – meer op die genesing van rasseverhoudings, nasionale eenheid, sowel as prosesse van waarheidvertelling gefokus – wat wel belangrike aspekte van die versoeningsproses is. SARB se 2015 data wys egter dat die meeste Suid-Afrikaners voel dat die versoeningproses nie voltrek kan word indien dié wat tydens apartheid onderdruk was, arm bly nie.6 Ongelykheid, as een van ’n lys van moontlike antwoorde in die SARB, is ook die grootste bron van verdeling in die samelewing.7 Daar is al hoe meer die besef dat die aanspreek van ongelykhede deel vorm van die versoeningsproses. Dit is egter nie die enigste vereiste vir versoening om plaas te vind nie – genesing van verhoudings, ’n demokratiese politieke kultuur en handeling met historiese nalatenskap bly elemente van belang in die proses tot ’n gesonder saamwees.

Verder word daar meer dikwels verwys na horisontale versoening – tussen groepe mense / verskillende mense. Daar is egter ook die nodigheid vir vertikale versoeningsprosesse – tussen Suid-Afrikaners en instellings byvoorbeeld. ’n Proses wat nie dikwels aandag geniet nie.

Volgens die artikel is Mandela ’n simbool van hoop en vryheid vir sy mense. Desmond Tutu het in die nuwe demokratiese era die woord Reënboognasie gemunt. Is hierdie nasiebouretoriek nog ter sake in 2017?

Soos hier bo genoem, vorm nasiebou deel van versoening – maar dis net een deel van die proses. Ander elemente – soos ongelykhede wat nie aangespreek word nie (wat minder aandag geniet het in gesprekke rondom versoening tot op hede) – kom nou na vore. Dit beteken egter nie dat Suid-Afrikaners nie die begeerte het vir nasionale eenheid nie, en ook nie dat Suid-Afrikaners dink eenheid is onmoontlik nie. In 2015 byvoorbeeld het SARB gevind dat 71% Suid-Afrikaners ’n verenigde Suid-Afrikaanse nasie begeer, en 64% het aangedui hulle voel dis moontlik om dit te bereik.8 Hierdie feite bied ’n ongelooflike geleentheid vir dialoog – ’n kans vir ’n gesprek rondom die Suid-Afrika waarnatoe ons kan en wil werk.

Dit is 22 jaar na 1995. Daardie Wêreldrugbybekerwedstryd gryp tot vandag toe diegene wat dit onthou se verbeeldings aan. ’n Film (Invictus) is hiervan gemaak. Wat is die waarde van die herinneringe aan dié euforiese geleentheid vir ’n nasie (indien enigsins)?

Nasionale sportgebeure in Suid-Afrika skep geleenthede vir Suid-Afrikaners om mekaar te ontmoet en rondom ’n gedeelde doelwit of idee te verenig. So byvoorbeeld wys SARB se data tydens 2010 – die jaar waartydens Suid-Afrika die Wêreldsokkerbeker hier aangebied het – meer oopheid teenoor integrasie en meer optimisme onder Suid-Afrikaners. Sulke geleenthede help skep ’n gevoel van ’n “nasie”, en skep die geleentheid vir ’n land om as’t ware saamwees te “herbedink”.9 Verder help sulke geleenthede in die skep van ’n meer inklusiewe kollektiewe geheue. Dit is egter belangrik om steeds bewus te bly van ingroep-uitgroep-dinamiek, selfs ten tye van sulke groot verenigende gebeure – veral in terme van ongelykhede en toegang tot die deelname aan nasionale en/of gemeenskapsgebeure.

Eindnotas

1 OECD Development Centre. 2012. Perspective on global development: social cohesion in a shifting world. Parys.

2 Pervaiz, Z, AR Chaudhary en I van Staveren. 2013. Diversity, inclusiveness and social cohesion. Institute of Social Studies, Working Paper No 2013 – 1.

3 Fenger, M. 2012. Deconstructing social cohesion: Towards an analytical framework for assessing social cohesion policies. Corvinus Journal of Sociology and Social Policy, 2:39–54.

4 Chan, J, HP To en E Chan. 2006. Reconsidering social cohesion: developing a definition and analytical framework for empirical research. Social Indicators Research, 75(2):273-302.

5 OECD Development Centre. 2012. Perspective on global development: social cohesion in a shifting world. Parys.

6 Hofmeyr, J en R Govender. 2015. National reconciliation, race relations, and social inclusion. South African Barometer Briefing Paper 1. 8 Desember 2015. Aanlyn: http://www.dac.gov.za/sites/default/files/reconciliation-barometer.pdf.

7 Ibid.

8 Ibid.

9 Giesler, Josh Tancer. 2016. Re-imagining the South African nation: case studies of the 1995 Rugby World Cup and the 2010 FIFA World Cup. Honneursskripsie.

The post Versoening en sosiale kohesie: ’n onderhoud met Elnari Potgieter appeared first on LitNet.

Sosialemedia-gebruik en kinders: the good, the bad and the ugly

$
0
0

'n Paar weke gelede was 'n laerskoolmeisie se gedrag op die sosiale media in die nuus. En elke dag spandeer miljoene Suid-Afrikaanse internetgebruikers van alle ouderdomme ure lank aanlyn

Hugo Theron is ’n kliniese sielkundige wat ’n spesifieke belangstelling in kinders en tieners het, en wat sy PhD-navorsing gedoen het oor die gebruik van sosiale media en die impak daarvan op tieners.

Hy gesels hier onder met Naomi Meyer nie net oor gevare op die internet nie, maar ook oor ouer-kind-verhoudings in die algemeen, en oor die impak van die sosiale media op slaap, op menslike warmte en empatie. En hy gesels ook oor nuwe ontdekkings op die wêreldwye web, 'n ruimte wat niemand kan ignoreer nie. 

Hugo, so 'n paar weke gelede het die gevare van jong tieners en hul bedrywighede op die sosiale media (weer) in die nuus opgeduik. Is “gevare” ooit die regte woord? 

Ek dink “gevare” ís een van die woorde wat korrek is om te gebruik, want daar ís gevare – soos die afgelope tyd se nuus wel weer op ’n nugtere wyse uitgewys het. Maar sosialemedia-gebruik deur tieners kan ook wonderlik wees, opbouend, stimulerend, ’n uitdaging, ’n realiteit … en al hierdie woorde spreek tot ’n sekere aspek van die wisselwerking tussen sosiale media en tieners.

“Gevare” is wel, ongeag die presiese woordkeuse, die eerste woord wat by ouers opkom. Hoe anders? Ons almal voel oorbeskermend en oorbesitlik en beangs as dit by ons kinders kom. Laat ek daarby begin: Is dit goeie emosies om te ervaar as dit by kinders kom (emosies van die ouers, voogde, beskermers)? Of, anders gestel: Is dit ‘n positiewe vertrekpunt vanwaar ‘n gesprek met mens se kind oor die internet kan plaasvind? Hoe benader mens gesprekke met kinders oor die internet? 

Vir my is die belangrikste van hierdie vraag, dat wat ook al die katalisator is vir die gesprek(ke), dit fundamenteel belangrik is vir ouers/voogde om betrokke te raak met sosiale media en om met hulle kinders daaroor te gesels – en nie net itv dit wat gevaarlik of negatief is nie – ook dit wat lekker is, snaaks, mooi – om te mentor, om nuuskierig te wees saam met jou kind en nuuskierig te wees oor jou kind se sosiale media. Kinders en tieners reageer meestal positief as daar met hulle gesels word, eerder as wat daar vir hulle “gepreek” word.

Ek het reeds begin praat oor reg en verkeerd, maar is dit ‘n goeie benadering? Tog soek ons seker almal duidelike riglyne. Ons wil weet hoe ons kinders kan weghou en begrens en ruimtes omlyn waar hulle nie te doen gaan kry met iets of iemand wat hulle skade gaan aandoen nie. Hoe kan mens dit op die internet regkry?

Riglyne en grense is belangrik vir kinders. Dit was nog altyd deel van ouerskap – ’n kind moet weet wat van hom of haar verwag word, en wat nie aanvaarbaar is nie. En hierdie beginsel van ouerskap kan voortgesit word wanneer daar gedink en gepraat word oor sosialemedia-gebruik. Dit kan byvoorbeeld dinge insluit soos wanneer en waar tegnologie gebruik mag word in julle huisgesin, vir hoe lank, watter sosialemedia-platforms gebruik mag word, watter inligting wenslik is om te deel en watter nie. ’n Goue reël is om vir jou kinders te leer dat hulle niks moet doen of skryf of stuur wat hulle nie gemaklik mee sal voel om in die “werklike” wêreld (vs die wêreld van die internet) vir ’n persoon te wys, of te sê, as daardie persoon in dieselfde kamer as hulle sou wees nie.

Gesels met my oor ouerskap in die gewone, alledaagse wêreld – ouerskap sonder skerms en aan tafel, byvoorbeeld. Verskil dit van ouerskap waar die internet ter sprake is?

Ek het reeds in van die vorige antwoorde aangedui dat ouerskapsbeginsels wat die toets van die tyd deurstaan het – grense, gesprek, mentorskap, ouers wat ingeligte besluite kan neem – ook absoluut van toepassing kan wees wanneer dit kom by die moderne era van sosiale media en tieners. Ouers wou nog altyd weet waarheen ’n kind gaan as hulle uitgaan; daar sou ’n inkomtyd wees en ’n sekere verwagting van watter gedrag aanvaarbaar sou wees vir die ouers. Dit is net so geldend op die internet – sekere webbladsye is aanvaarbaar, sekeres nie; sekere vriende of kontakte is aanvaarbaar, sekeres nie … Die belangrike verskil is dat as ’n mens nie as ouer in gesprek is met jou tieners oor sosiale media en tegnologie nie, jy onder die wanindruk kan verkeer dat alles 100 persent is, want hulle sit in hulle kamer onder jou dak, maar nie bewus is van waar hulle op watter wyse op die internet “rondkuier” nie.

Wat dink jy is die grootste bates van die internet (gefokus op kinders en tieners)?

Dit help met die versterking van reeds gevormde verhoudings en vriendskappe, wat weer verder ’n gevoel van sosiale ondersteuning kan uitbou en interpersoonlike konneksie kan verstewig en bestendig. Dit bied oneindige opsies mbt inligting en verkenning van die wonderlike wêreld waarin ons leef, wat weer positiewe implikasies vir akademiese bedrywighede inhou. Dit kan met matige gebruik ’n kind se selfvertroue verbeter tydens adolessensie. Die opsies vir kreatiwiteit is legio. En natuurlik is dit vir die tiener met spesifieke leer- en siekte-uitdagings ’n wonderlike hulpmiddel om ’n so normaal as moontlike lewe te leef.

Wat dink jy is die mees negatiewe aspekte met betrekking tot die internet en menswees – hetsy grootmens of kind?

Die mees negatiewe feite wat uit navorsing uitkristalliseer, is: die impak op slaap (beide kwaliteit en kwantiteit) vir tieners – wat dan weer ’n verdere negatiewe gevolg het vir gemoed, emosionele regulering, konsentrasie en geheue; die impak op algemene gesondheid as gevolg van ’n baie minder aktiewe leefstyl; die impak op ’n ontwikkelende kind se siening van hom- of haarself (agv ’n oordrewe fokus op wat ander van my gaan dink, of ek inpas, of ek die regte goed doen of sê); te min tyd vir “verveeld” wees of tegnologievrye tyd – wat beide nodig is vir dieper breinfunksies, wat weer verbind word met oorspronklike kreatiewe denke en aspekte van empatie.

Ek praat nog heeltyd van “die internet”, maar dit verwys na al die omgewings waar “connectedness” ter sprake is: WhatsApp, YouTube, Facebook, Instagram – die lys kan baie lank word. Wat toon jou navorsing omtrent enige van hierdie ruimtes – waar is die beste plekke vir kinders om rond te snuffel? Waar maak kinders veilige ontdekkings? Is ontdekkings óóit “veilig”? Soms is dit immers goed as ‘n ontdekking ‘n grens verskuif en nie sodanig veilig is nie, of hoe?

Sjoe, dit is ’n belangrike vraag hierdie – maar die werklikheid is dat ’n sosialemedia-ruimte soos Facebook of WhatsApp of Instagram nie inherent goed of sleg is nie – ons moet ons kinders aan die begin vergesel, later monitor, dan mentor en uiteindelik met belangstelling en omgee af en toe “incheck” en gesels oor hulle doen en late op hierdie ruimtes. Daar is natuurlik vir jong kinders definitiewe kindervriendelike ruimtes, en ruimtes wat selfs vir volwassenes onwenslik is.

En hoe gemaak met boeliegedrag op die internet? Wanneer is gedrag boeliegedrag?

Die hele onderwerp van “cyberbullying” (kuberafknouery) is uiters relevant en belangrik. Wanneer ’n kind verbaal of met foto’s of videomateriaal geteister of afgekraak word, beskou ’n mens dit as boeliegedrag – en dit is ernstig en verkeerd en vereis onmiddellike optrede deur ’n ouer, onderwyser of volwassene. Gevaartekens sal dinge wees soos dat jou kind se gemoed skielik wesenlik verander het; hy of sy skielik verander nadat hulle sosiale media gebruik het; nie meer skool toe wil gaan of een of ander gereelde aktiwiteit wil bywoon nie; nie meer met (byvoorbeeld) hulle selfoon omgaan soos altyd nie.

Ons weet dat die internet ‘n belangrike rol speel in bemarking – niemand kan dit ontken nie. Wat is die impak hiervan op ‘n skaam, teruggetrokke kind se psige – iemand wat haar nie graag op byvoorbeeld YouTube wil bemark nie maar sien haar klasmaats dit doen? Ek vra dalk vir jou: hoe verskil die wêreld waarbinne ons en ons kinders vandag leef van die wêreld van dekades gelede, met daardie dekades se uitdagings?

Nuwe mediavorme bring altyd nuwe uitdagings mee – dit was nog altyd waar van die mensdom. Wat belangrik is, is dat ons ons kinders leer hoe om ’n gesonde selfbeeld (en die klem is hier op “gesonde” – eg, nie oordrewe nie) te ontwikkel, die sosiale en tegniese aspekte van sosiale media te bemeester, en nog steeds hulleself te wees, in ’n wêreld waarin die kamera omtrent altyd deesdae jok. Die klem is dus weer eens op “mentor” soos wat en terwyl hulle grootword in ons huise én op die internet.

Wat is die voor- en nadele van meer en meer tegnologie: e-leer, e-boeke, sulke dinge?

Ons wêreld het onherkenbaar verander die afgelope tien jaar. Die wyses waarop ons leef, werk en ontspan het wesenlik verander, en alle aanduidings is daar dat hierdie veranderinge net gaan vermeerder en versnel. Dit is ook waar van die wêreld waarin kinders grootword, tieners word – van die wyse waarop hulle vermaak word, tot hoe hulle met hulle maats kommunikeer en leer. Die voor- en nadele is duidelik: ’n mens kan meer doen, vir langer tye (bv laatnag met ’n vriend kommunikeer in jou bed op ’n skoolaand … iets wat nie vir ons en ons ouers se generasie beskore was nie), goeie inligting bekom vir ’n skooltaak sonder om deur dik stowwerige boeke in die naslaanafdeling van die biblioteek te worstel. ’n Mens kan op datum bly met ander se doen en late. Jy kan video’s maak, die weer voorspel, nooit weer verdwaal nie, die presiese boek bestel wat jy wil hê –  alles sonder om van jou rusbank af op te staan. ’n Mens is egter bekommerd oor die tyd wat kinders en tieners voor skerms deurbring – te lank – en wat ’n voordeel was, verander en word nadelig. Ons breine het tyd weg van skerms nodig – dit is belangrik vir ons breinfunksionering; dit is belangrik vir ons gesondheid; en hier relevant: dit is belangrik vir die ontwikkelende kind en tiener.

Die sosiale media is ‘n werklikheid waarmee die meeste ouers van kinders vandag nie grootgeword het nie. Dis onbekende terrein, dit maak ons bang. Wat maak mens as ouer met daardie emosies?

Die belangrikste taak wat ons as ouers het, is om ons kinders en tieners te leer, te ondersteun en te mentor – nie een van hierdie kan ons doen, wanneer dit by sosiale media kom, as ons nie bereid is om onsself bloot te stel aan sosiale media en met ’n oop gemoed daarvan en daaroor te leer nie.

Glo jy in benaderings soos kort tyd op die internet; verbied sekere ruimtes; kontroleer en hou dop waar jou kinders aanlyn besoeke aflê; wees Facebook-vriende met jou kinders en kyk wat hulle doen? Of hoe is mens ‘n betrokke ouer wat omgee en seker maak jou kind is veilig, sonder om hulle af te skrik en te laat toeklap?

Ek het vroeër genoem dat ’n mens ’n reis met jou kind tov hiervan onderneem. Aan die begin is my gevoel dat ’n ’n mens grense sal stel as hulle jonk is, dan vergesel jy hulle; later kontroleer mens, nóg later stel ’n mens belang en gesels en bespreek (terwyl jy die tiener se privaatheid respekteer). Net ’n gedagte of nota hier oor respek vir privaatheid: dit is belangrik, maar nie ’n absolute reg nie – net soos ’n mens uit die aard van die saak sal ondersoek instel as jy daggawalms onder jou tiener se slaapkamerdeur sien uitborrel al is sy deur toe, net so sal ’n mens mag en moet ondersoek instel as daar spesifieke dinge is wat jou pla tov hulle foon of rekenaar.

Hier is ‘n kristalbal. Vertel my wat die toekoms inhou. As jy nie kan nie, vertel my wat vandag aan die gebeur is – wat die impak van die internet op menseverhoudinge is van mense met wie jy te doen kry, positief of negatief.

In die toekoms sal al hoe meer dinge (van yskaste tot motors) aan die internet verbind wees. So ook mense. Rekenaars en sagteware wat “dink” is en wat leer uit jou bewegings, kommunikasie en voorkeure of andersins sal ’n wêreld vir jou skep wat al hoe meer spesifiek vir jou “ontwerp” is – van nuus tot roetevoorkeure, van leesboeke tot moontlike vriendkonneksies. Om koers te hou in so ’n wêreld, terwyl ’n mens jouself probeer leer ken, sal uitdagend wees vir tieners – hulle gaan ons meer nodig hê as ooit.

Dink jy die internet het ‘n impak op mense se alledaagse omgaan met mekaar? As jy op Facebook iets van iemand lees, hoe beïnvloed dit jou verhouding met daardie persoon as jy volgende keer met hom of haar praat? En kinders? Hoe lees en hanteer hulle sulke situasies?

Navorsing wys duidelik dat ons kinders se generasie nie ‘n onderskeid maak tussen ondervindinge of inligting wat oorgedra word op sosiale media en dié van die “werklike”  wêreld nie – inligting of ervaringe met of oor of rondom ’n ander persoon of onderwerp of gebeurtenis word dus as ’n geïntegreerde geheel ervaar deur ons kinders se generasie. As dit in ag geneem word, sal ’n moontlike antwoord op hierdie vraag dan wees dat omdat daar soveel meer inligting beskikbaar is oor ander mense, ons kinders (en tot ’n mindere, maar tog belangrike mate, ons self), dit sal insluit hulle bewustheid van iemand of iets, en dus daarop sal reageer. Hóé hulle daarop reageer, hang natuurlik af van die individuele kind, sy of haar ouderdom, die verhouding wat hulle met hulle ouers of voogde het, die inligting of situasie self.

Wat van emosies soos empatie en die internet?

Ons het nodig om ook tyd weg van ons geliefde tegnologie te leef – dit is belangrik vir hoe ons ander mense ervaar, dit is belangrik vir ons dieper breinfunksies. Empatie is ’n uiters belangrike produk van laasgenoemde dieper breinfunksies. Dit is dus nie verrassend dat te veel tyd voor ’n bloulugskerm (tipies van moderne selfone, tablette en rekenaars) empatie by mense affekteer nie.

Wanneer dink jy is ‘n kind oud genoeg om sonder toesig die internet te verken?

Daar is nie vaste reëls oor op watter ouderdom ’n mens wát kan of mag of behoort te doen op sosiale media nie (bedoelende wettige dinge). Wat te jonk is vir een kind, is weer te laat vir ’n ander – hier is dit weer ’n waarheid dat elke ouer sy eie kind die beste ken, en dat as ’n mens bereid is om ’n reis met hulle te reis, veral ook wat sosiale media betref, ’n mens sal weet met waarmee jy jou kind kan vertrou op watter tydstip van daardie reis na volwassenheid.

Wat is die beste raad wat jy vir ‘n ouer kan gee ten opsigte van kinders, tieners en die sosiale media?

Beste raad: alles is makliker, en meer effektief, met ’n verhouding tussen jou en jou kind/tiener – werk dus kliphard aan jou verhouding met jou tiener of jonger kind.

  • Foto's: Pixabay

The post Sosialemedia-gebruik en kinders: the good, the bad and the ugly appeared first on LitNet.

Musiek en dekolonisering: Mareli Stolp gesels met Etienne Viviers

$
0
0

In Etienne Viviers se onlangse artikel, “Oorwegings vir die dekolonisering van die verwante musieksoorte van Westerse en Suid-Afrikaanse kunsmusiek”, bespreek hy die belangrikheid daarvan om filosofieë van dekolonisering in verband te bring met Westerse en Suid-Afrikaanse kunsmusiekpraktyke. Hy problematiseer die koloniale nalatenskap van Westerse kunsmusiek en gebruik die filosofie van Frantz Fanon om dekoloniale kunsmusiekkomposisie in Suid-Afrika as herskeppend nasionaal of eerder idiolekties van aard te ontleed. Die historiese en huidige posisies van Westerse en Suid-Afrikaanse kunsmusiek binne die akademie en die Suid-Afrikaanse samelewing word oorweeg, met die hoop om te bepaal tot watter mate hierdie twee verwante praktyke aan dekoloniseringsaksies kan deelneem, al dan nie.

Etienne Viviers en Mareli Stolp

MS: Geluk met ’n sterk artikel, wat belangrike argumente uitlig en sekerlik ’n beduidende impak sal hê. Dankie ook vir die geleentheid om verder met jou te gesels daaroor!

EV: Dankie, Mareli. Dis lekker om met jou te praat.

MS: Jy maak die stelling:

By universiteite is daar ’n meer verteenwoordigende demografie van studente as twee of drie dekades gelede, asook ’n effens meer getransformeerde kurrikulum, met die gevolg dat ’n groter aantal protagoniste met geletterdheid in kritiese denke afkomstig vanuit strominge soos Marxisme en kontinentale filosofieaksies soos dekolonisering teweeg wil bring wat ’n regverdiger wêreld in Suid-Afrika kan skep.

Kan jy spesifieke voorbeelde gee van sulke protagoniste in die konteks van Suid-Afrika se Westerse kunsmusiek? Ek praat natuurlik van individue wat binne die akademie met musiek gemoeid is, maar ek is ook geïnteresseerd in protagoniste wat moontlik werk vir verandering van buite die akademie – skeppende en/of uitvoerende kunstenaars byvoorbeeld.

EV: Daardie stelling het veel meer te doen met universiteite in die algemeen as met Suid-Afrika se Westerse-kunsmusiekkonteks. Dit is ook meer gemik op sistemiese veranderinge wat binne universiteite gedryf word, nie op kunstenaars buite die akademie nie.

Dis belangrik om daarop te let dat ek geen bronverwysing gebruik om die stelling te staaf nie, omdat dit vir my iets voor die hand liggend is dat universiteite alreeds gedurende die postapartheid tydperk ’n mate van transformasie ondergaan het. Hierdie gedeeltelike transformasie sluit baie meer van die mense in wat deur apartheid verhoed is om tersiêre opleiding te ontvang, maar veral in die geesteswetenskappe ook baie meer van die kritiese denke waaroor apartheid se ideologie ’n banvloek uitgespreek het.

My gebruik van die heldhaftige woord “protagoniste” verlang moontlik dat ek in meer besonderhede oor spesifieke mense se dekoloniseringswerk praat. Maar in daardie geval kan ek dit baie gemakliker in die dissiplinêre konteks van kunsmusiek doen. En daar is bloot te min dekoloniseringswerk wat binne ons universiteite se musiekdepartemente gebeur het om enige opspraakwekkende ontwikkelinge te bespreek.

MS: ’n Opvolgvraag: Is kurrikulumtransformasie (spesifiek met betrekking tot musiekonderrig) algemeen te bespeur by alle Suid-Afrikaanse universiteite? Voel jy dat sommiges meer gefokus te werk gaan met hierdie soort transformasie as ander – en kan jy ’n moontlike rede daarvoor formuleer?

EV: My begrip is dat kurrikulumveranderinge oor die afgelope drie dekades by elkeen van ons universiteite se musiekdepartemente plaasgevind het. Maar ek is onseker in watter mate hierdie veranderinge binne ’n raamwerk van dekolonisering gelees kan word. Bloot omdat ’n departement nou lesings in etnomusikologie aanbied, beteken dit nie dat daardie departement gedekoloniseer het nie.

Musiekdepartemente gaan op verskillende maniere te werk met die transformasie wat jy noem – betreffende hulle gemeenskapsprojekte, hulle feeste en konserte, hulle leerplanne, asook die studenteprofiel wat hulle lok. Dit sal te doen hê met institusionele kennis, plaaslike ligging, infrastruktuur, edm. Departemente interesseer my egter wanneer hulle binne die toenemende druk vir transformasie maniere soek om nog steeds aan te hou met ’n historiese verbintenis tot Westerse kunsmusiek. Want in daardie geval probeer hulle transformasie te oorleef sonder om te veel van hulle bestaande koloniale musiekidentiteit prys te gee: ’n benadering waarmee dit sekerlik onmoontlik sal wees om te dekoloniseer.

MS: Wanneer jy verwys na Westerse kunsmusiek, verwys jy spesifiek na die sogenaamde kanoniese kunsmusiek – die “groot werke” deur die komponiste van Germaanse afkoms, wat veral tydens die 18de en 19de eeu geskep is? Want binne Westerse kunsmusiek is daar sekerlik ook heelwat werk te doen in terme van dekolonisering. Ek dink byvoorbeeld aan ’n komponis soos Joseph Bologne, wat in die 18e eeu as Le Mozart Noir bekend gestaan het: hy word beskryf as die eerste gerekende swart komponis in die Westerse-kunsmusiektradisie. Hy val binne die kategorie van Westerse kunsmusiek, maar hy word byna nooit binne die kurrikulum vir kunsmusiek gereken nie. So ook word vroulike komponiste soos Fanny Mendelssohn Hensel en Clara Schumann dikwels buite rekening gelaat – belangrike komponiste van Westerse kunsmusiek, maar vir die meeste universiteitstudente onbekend. Sou ’n dekoloniserende benadering nie ook kon beteken dat ’n verbintenis tot Westerse kunsmusiek steeds moontlik bly, solank daardie benadering verryk word met ’n uitbreiding van die kurrikulum nie?

Clara Schumann, Joseph Bologne en Fanny Mendelssohn Hensel

EV: Westerse kunsmusiek is ’n versamelnaam vir ’n potensieel wye spektrum van musiek wat algemeen oorweldig word deur die ideologieë van die kanoniese Germaanse kunsmusiek wat jy noem. Meesternarratiewe wat wit manlike komponiste as opeenvolgende profete van ’n uitsonderlike tradisie uitbeeld, het noodwendig geen ruimte vir swart of vroulike komponiste nie.

Instinktief sou ek ’n benadering tot dekolonisering voorstaan wat ’n minder kanoniese en meer diverse verbintenis tot Westerse kunsmusiek moontlik maak. Maar dit sou moontlik ’n strategie wees om Westerse kunsmusiek – my eie kultuurgoedere – weer eens die oorhand in terme van kulturele waarde te gee? Ek is nie daarvan oortuig dat ’n volgehoue verbintenis tot Westerse kunsmusiek as konserttradisie of kurrikulumbasis binne dekolonisering se konteks moontlik is nie. Wat musiek as konsertpraktyk en studierigting betref, gaan die argument omtrent dekolonisering nie oor die uitbreiding van die huidige “universalistiese” Westerse kurrikulum nie, maar oor die vervanging van daardie kurrikulum met meer plaaslike kultuurkennis, soos Suid-Afrikaanse kunsmusieksoorte.

MS: Maar aanvaar jy dat Suid-Afrikaanse kunsmusieksoorte ook “Westerse kunsmusiek” – wat in die volksmond as “klassieke musiek” bekend staan – kan insluit?

EV: Nie die hele moederkultuur van Westerse kunsmusiek nie, want dan is Handel se Messias en Mozart se Requiem skielik ook voorbeelde van Suid-Afrikaanse kunsmusiek. Maar wel die ersatz-style wat Westerse kunsmusiek naboots en wat tans “Suid-Afrikaanse kunsmusiek” genoem word.

George Frideric Handel en Wolfgang Amadeus Mozart

MS: Die argumente wat jy onder punt 5 van jou artikel invoer, kom soms as effens voorskriftelik oor – hierdie stelling byvoorbeeld:

Suid-Afrikaanse kunsmusiek sal nie noodwendig meer vanselfsprekend as “klassieke musiek” op die manier van Westerse kunsmusiek verstaan word nie, maar eerder as ’n musieksoort wat argeologiese benaderings tot artistieke prekoloniale musieksoorte insluit.

Dit klink asof jy van mening is dat daar ’n soort “reg en verkeerd” ter sprake is wanneer dit kom by ’n gedekoloniseerde Suid-Afrikaanse kunsmusiek – ontneem jy nie deur so ’n posisie die kreatiewe skeppers tot ’n mate hul agentskap in prosesse van dekolonisering nie? Daar kan tog verskeie maniere wees waarop kreatiewe skeppers soos komponiste hul nuutskeppings met dekoloniserende impulse verweef; ’n “argeologiese benadering” is een manier, maar ’n skepper soos Clare Loveday of Andile Khumalo doen dit op heel ander wyses.

EV: Net so ’n bietjie voor jou aanhaling begin noem ek dit ’n “opsie”; dus, nee, dit is nie voorskriftelik nie. Wat reg en verkeerd betref: daar is uiteraard regte opsies en verkeerde opsies wanneer dit by dekolonisering kom. Hier is dit vir my belangrik dat dekolonisering nie as een homogene regte of verkeerde opsie gesien word nie. Dit is eerder ’n raamwerk wat ’n verskeidenheid opsies moontlik sou maak, waarvan die argeologiese benadering tot komposisie wat ek noem, slegs een is. Komponiste moet self kies hoe hulle wil werk.

MS: Kan ons dekolonisering ook verstaan as ’n proses wat deurlopend ontwikkel, en wat in Suid-Afrika bes moontlik heel anders sal lyk as in Ngũgĩ wa Thiongo se Kenia of Frantz Fanon se Algerië en Martinique? Ek begryp dat hierdie filosowe nie slegs oor dekolonisering in hul eie lande skryf nie – maar ek wonder of ’n benadering tot dekolonisering (veral van musiek) nie meer spesifiek op ons eie Suid-Afrikaanse ervaring geskoei kan word nie?

Frantz Fanon en Ngũgĩ wa Thiongo

EV: Dekolonisering sal op verskillende plekke dieselfde of soortgelyk lyk in terme van hoe dit wegbreek van kolonialisme en neoliberalisme. Hiervoor sal dit op ’n gedeelde korpus van kenners staatmaak. Maar dit sal beslis nie ’n homogene wêreld kan daarstel nie. Die hele punt met dekolonisering is om op plaaslike ervarings staat te maak.

MS: Die Universiteit van Kaapstad is vir ’n geruime tyd in die nuus as gevolg van hul veranderende beleid tov kuns en dekolonisering – daar is byvoorbeeld verskeie kunswerke in die universiteit se versameling nou vanuit die publieke oog verwyder, omdat dit gesien word as verteenwoordigend van kolonialisme en dus volgens sekere rolspelers in veral die Fees Must Fall-beweging nie uitgestal behoort te word nie. Ek vind dit interessant dat daar geen vergelykbare reaksie tot dusver teen die uitvoering van Westerse kunsmusiek was nie, en tog word hierdie musiek gereeld op universiteitskampusse uitgevoer. Het jy ’n mening hieroor?

EV: Dis vir my ook interessant. Ek dink Westerse kunsmusiek word nog algemeen as mooi musiek, en daarom ook as ideologies neutrale musiek, ervaar. Wanneer mens musiek ernstig opneem en dit in kontekste van produksie en ontvangs bestudeer, word dit egter gou duidelik dat musiek – enige musiek – nie neutraal is nie. Die tyd sal waarskynlik kom dat die argument gemaak word dat Westerse kunsmusiek nie in Suid-Afrika gespeel behoort te word nie, omdat dit verteenwoordigend van kolonialisme is. En dan gaan die mees voorspelbare reaksie natuurlik wees om hierdie musiek te veruniverseel, en sodoende tot die ganse mensdom relevant te probeer maak. Die werklik interessante werk sal gebeur wanneer ander maniere van kuratorskap as die bourgeois konsertreeks op Westerse kunsmusiek van toepassing gemaak word; wanneer Suid-Afrikaners in ’n gekontekstualiseerde lewende opset na hierdie musieksoort kan luister, een wat kolonialisme en apartheid as toepaslike temas vir musiek se kurering erken. Maar weer eens: dekolonisering impliseer ’n wegbeweeg van kolonialisme se kultuurgoedere. Mense of gemeenskappe wat werklik dekoloniseer sal dit belangriker vind om meer gereeld meer plaaslike variante van musiek as Westerse kunsmusiek te kureer en uit te voer.

MS: Ek stem nie heelhartig hier met jou saam nie. Kan dekolonisering gebeur slegs wanneer daar wegbeweeg word van Westerse kunsmusiek – wat jy hier beskryf as “kolonialisme se kultuurgoedere”? Kan hierdie kultuurgoedere nie ook geëien word deur ’n dekoloniserende subjek of postkoloniale subjek (soos Achille Mbembe dit beskryf) en voortbestaan onder nuwe “eienaarskap” nie? Is dit jou bedoeling dat die swart musikant wat ’n loopbaan maak uit vioolspel in ’n Westerse-kunsmusiekkonteks dan eintlik teen dekolonisering optree?

Achille Mbembe (Foto: Heike Huslage-Koch, Wikipedia

EV: ’n Tradisionele loopbaan wat uit vioolspel in ’n Westerse-kunsmusiekkonteks bestaan, is vanselfsprekend besig met iets anders as dekolonisering. Wanneer dit iemand met ’n ongewone velkleur vir die Westerse-kunsmusiekgemeenskap behels, dan is daardie persoon besig om tot ’n tipe demografiese transformasie by te dra, maar nie outomaties ook tot dekolonisering nie. Dekolonisering is in daardie geval iets anders as transformasie.

Swart violiste soos Joseph Bologne moes deur die geskiedenis “eienaarskap” van Westerse kunsmusiek neem om as musikante te kon werk en oorleef. Vaardigheid in daardie taal is dus op maniere geforseer, net soos met vaardigheid in Engels, Frans of Portugees. Om nou uiteindelik weg te breek van die koloniale tale ná die verplaaste en verpletterde tale van die wêreld is dus om te dekoloniseer. Enige ander eietydse “eienaarskap” van koloniale tale en kultuurgoedere is bloot ’n neokoloniale herbevestiging van bepaalde koloniale tradisies se historiese magsposisie.

MS: Verstaan ek reg dat jy dus ’n beduidende onderskeid tref tussen “transformasie” en “dekolonisering”? Voel jy die een is belangriker as die ander – werk hulle saam, of teen mekaar? Dekolonisering is die gonswoord van ons huidige historiese oomblik, maar is dit noodwendig ons primêre, mees dringende imperatief? Ek praat nou spesifiek in die konteks van Westerse kunsmusiek in Suid-Afrika.

EV: Ja, ek tref ’n onderskeid. Ek is nie seker of een of die ander belangriker is nie. En ek dink nie hulle werk so erg saam of teen mekaar nie. Dis meer asof hulle aparte agendas verteenwoordig wat gereeld met soortgelyke sake besig is.

Oor jou vraag of dekolonisering Westerse kunsmusiek in Suid-Afrika se primêre, mees dringende imperatief verteenwoordig: ek argumenteer in my artikel dat Westerse kunsmusiek nie regtig in Suid-Afrika sal dekoloniseer nie, omdat dit altyd in sy huidige vorm teen uitsterwing beskerm word nog lank voordat dit enige kreatiewe gedaanteverwisseling ondergaan. Dus kan Westerse kunsmusiek eintlik maar afgeskryf word vir dekolonisering se doeleindes.

Mens kan wel op die dekolonisering van Suid-Afrikaanse kunsmusiek (’n verwante nasionale tipe Westerse kunsmusiek) fokus en daar interessante werk in terme van dekolonisering doen. Juis omdat dit ’n meer kwesbare musieksoort is wat nie so fanaties vir oorlewingsdoeleindes beskerm word nie. En ek dink dit is een van die meer dringende imperatiewe om hierdie musieksoort te probeer dekoloniseer. Onder andere sodat die akademie nie amper uitsluitlik op die gekomponeerde musiek van wit Suid-Afrikaanse mans kan fokus nie.

MS: Vroeg in die artikel noem jy dat ’n filosofiese aksie soos dekolonisering ’n regverdiger wêreld in Suid-Afrika kan skep (sien die aanhaling aan die begin van hierdie onderhoud). Indien dit dan wel waar is dat Westerse kunsmusiek in Suid-Afrika nie kan dekoloniseer nie, beteken dit dan ook dat hierdie kultuurvorm geensins tot ’n regverdiger Suid-Afrika kan bydra nie? Werk dit as’t ware teen ’n beter Suid-Afrika?

EV: Eerstens het ek in daardie aanhaling nie in musiek se konteks geskryf nie, maar oor Marxisme, kontinentale filosofie en dekolonisering in die algemeen by universiteite. Tweedens wil dekoloniseerders graag ’n regverdiger wêreld in Suid-Afrika skep, maar of hulle idees dit ooit vir meer mense as net hulle self sal regkry, bly ’n onbeantwoorde vraag. Westerse kunsmusiek kan definitief bydra tot ’n regverdiger samelewing, in die konteks van gemeenskapsprogramme wat deur musiek gedryf word byvoorbeeld. Maar dit is ook ’n tipe musiek waarvan die estetika dikwels eksklusiwiteit en uitsonderlikheid kommunikeer. In daardie sin is dit dus moontlik teenproduktief vir demokratiese doeleindes en waardes.

MS: Dit lyk asof dit in die hande van die komponiste en uitvoerders is om werk te maak daarvan om Westerse en Suid-Afrikaanse kunsmusiek só te bedryf dat dit wel ’n positiewe bydrae tot ’n beter en regverdiger Suid-Afrika lewer. Dankie vir jóú bydrae, in die vorm van hierdie sterk en uitdagende artikel.

The post Musiek en dekolonisering: Mareli Stolp gesels met Etienne Viviers appeared first on LitNet.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die einde van die storie deur Santie van der Merwe

$
0
0

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.


Santie van der Merwe

Santie van der Merwe (Foto: Izak de Vries)

Santie van der Merwe se skryfwerk word gekenmerk deur deurleefdheid en fyn humor. Sy word geloof daarvoor dat haar werk van deernis met die mensdom spreek, gestroop van oordadige beeldspraak of hogere taalgebruik.

Die einde van die storie is Santie se vyfde roman. Sy het ook al tydskrifverhale geskryf en in 2017 word haar kortverhaal, “Pers”, opgeneem in die US Woordfees se kortverhaalbundel, Wys.


Opsomming

Die einde van die storie
Santie van der Merwe
Uitgewer: LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799385694

Apatie het in hulle huwelik ingesluip en ’n sluwe derde huweliksmaat geword. Dit het al hoe groter geword, gevoed deur die stiltes tussen hulle wat langer geword het” (bladsy 8).

“Ek het jou nie meer lief nie.” Uiteindelik kry Lizzie dit gesê ná ’n huwelik van agt en twintig jaar.

Dat dit haar man nie skok nie maar hom hoogstens in ’n besonder slegte bui kry, is nog erger. Marthinus praat mos nie, nie oor sulke goed nie. En Lizzie weet sy is nie die mooiste vrou wat hy ken nie, onder andere omdat sy nie juis sukses gehad het met al die diëte wat sy al probeer het nie.

Haar aankondiging laat nie almal sonder woorde nie. Hulle enigste kind begin haar soos ’n irriterende vreemdeling behandel. Ja, en dan is daar Lizzie se eienaardige naweek in die Bosveld tussen nog eienaardiger mense... Sy kan sterf van skaamte.

Bied so iets vir ’n man stof tot nadenke? Met Marthinus sal mens nooit weet nie.


Uittreksel

“Every word has consequences. Every silence, too.”
– Jean-Paul Sartre

Een

En so begin dit

Oorkant Lizzie aan tafel suig Marthinus die murg uit die been van ’n boudtjoppie en eet tydsaam die beentjie af. Sy bord is byna skoon geëet, netjies uitgevee met ’n snytjie bruinbrood. Dis ’n gewoonte van hom wat nooit verander het nie. ’n Sny brood saam met sy aandete. Selfs wanneer daar rys én aartappels op die spyskaart is. Lizzie se bord is vol beet en vleissous, ’n paar korrels rys, die skil van haar lemoenpampoentjie.

Lizzie sit haar mes en vurk neer. Uit die bloute lê sy ’n vinger op presies wat fout is tussen haar en Marthinus. Dis vir haar op hierdie oomblik so duidelik soos daglig. “Marthinus,” sê sy, “ek het jou nie meer lief nie.”

Marthinus verstil ’n oomblik maar kyk nie op nie. Die been is nou perfek skoon geëet en hy sit dit in die kleinbordjie waarin sy beet was, waarin hy sy pampoenskil ook gesit het.

 “Hoor jy wat ek sê?” Lizzie se stem klink vir haarself skril. Sy kan ’n frons tussen haar wenkbroue voel inboor en ’n grys krul val oor haar linkeroog. Sy vee dit driftig ag­ter haar oor in.

Marthinus sit sy eetgerei netjies langs mekaar en vee sy mond sorgvuldig aan die geruite wit-en-groen servet af. Hy kyk haar vierkantig in die oë. “Ek het gehoor, Lizzie.”

“En?”

“En wat?”

“Het jy niks daarop te sê nie?”

Hy sug oordrewe. “Wat wil jy hê moet ek sê?”

Lizzie weet nie wat sy wil hê hy moet sê nie. Hierdie hele wete is te nuut vir haar. Dis al weke, maande, miskien selfs jare wat sy voel iets is af. Apatie het in hulle huwe­lik ingesluip en ’n sluwe derde huweliksmaat geword. Dit het al hoe groter geword, gevoed deur die stiltes tussen hulle wat langer geword het. Maar totdat sy die woorde geuiter het, het sy nie geweet wat makeer nie. Hoe kon sy nou eers agterkom dat liefde vermis is? Dat dit weg is, skoonveld, nêrens in haar hart te vind nie. Dis tog ’n groot ding. Hoe kon sy nie agterkom wat dit is wat haar so leeg laat voel nie? Miskien het sy dit maar met die gemis van Estelle verwar. Gedink dis haar dogter se uit-die-huis-uit- gaan wat so ’n leemte gelaat het.

Sy kyk na haar man. Hoeveel sewejaarjeukplekke het hulle deurleef? Vier. Hulle is agt en twintig jaar saam. Hy het mooi verouder. Hy was nie ’n oil painting toe hulle ge­troud is nie maar hy het aantrekliker geword met die jare, sy terugkruipende haarlyn en boep ten spyt. Hy is ’n goeie man. Hy het nog nooit sy hand vir haar gelig nie. Selde sy stem verhef. Hy dobbel nie. Hy drink nie te veel nie, hy rook lankal nie meer nie. Soms maak hy kos en hy hang wasgoed op. Hy gaan gereeld haar motor se olie en wa­ter na en maak seker dat die banddruk reg is. As iets ver­keerd gaan, as ’n pyp bars of die hekmotor ingee, reken sy op hom. Steeds maak hy vir haar die kardeur oop en trek vir haar ’n stoel uit, nes sy formidabele ma Cornelia hom geleer het. Maar alles ten spyt laat hy haar hart nie meer vinniger klop nie, roer hy haar nie meer nie. Sy hou nie meer asem op as hy in die vertrek instap nie. En Lizzie weet nou sy wil nog geroer wees, al is sy reeds ’n halfeeu oud.

“Ek weet nie, Marthinus. Iets. Sê net iets.”

Hy staan op, sit haar bord bo-op syne, hulle messe en vurke bymekaar. “Ek het niks om te sê nie.”

Emosie ruk saam met sooibrand boontoe, Lizzie se oë skiet vol trane. Sy moes nie die vet geëet het nie. Nou voel sy op die koop toe fisiek sleg.

Marthinus kyk nie na haar nie. Hy gooi die skille in die komposbak, die bene en die servet in die vullisdrom. Spoel die beetsous in haar bord en sy kleinbordjie sorgvuldig onder die kraan weg voordat hy alles in die skottelgoed­wasser pak. “Ek gaan nuus kyk.”

Lizzie bly ontredderd staan. Sy hoor sy uitskopstoel kreun, hoe die TV aangaan. Buite begin dit saggies reën. Troos vir die warm aarde maar nie vir haar nie. Onnodig vee sy die reeds skoon werksoppervlak in die kombuis af, skud die plekmatjies uit, bêre die sout en peper. Haar hande bewe, haar binneste sidder. In die woonkamer ont­plof ’n bom op TV. Sy bly in die deur staan. “Marthinus?”

Hy kyk gesteurd op, die afstandbeheerder soos ’n vuur­wapen in sy hand.

“Ons moet praat.”

Hy sit die TV harder.

Sy gaan sit op die bank, langs ’n koeksel wol wat sy vroeër begin ontrafel het. Estelle moet ’n hekelkombers hê vir haar nuwe woonstel in Johannesburg. Vir haar bed, of vir haar bank. Kon die kind nie maar nader aan hulle werk gekry het nie? Dan kon sy by hulle bly. Sy tel die wol op, soek ’n punt maar kry nie een nie, sit die hele spul weer neer.

“Marthinus.”

Nog steeds kyk hy nie na haar nie. Vir môre word daar verspreide donderbuie voorspel. Hy vroetel met die afstandbeheerder en die DVD-speler se menu verskyn. Blit­sig soek hy daardeur, klik op ’n episode.

House, Marthinus? Jy weet ek kan dokter House nie verdra nie.” Marthinus is nie ’n vraatkyker nie, dis meer haar styl. Ou programme, ouer as hierdie een wat hy nou kyk. Sy gee nie om om ’n reeks te kyk as die hele wêreld dit al jare terug gesien het nie. Sex and the City. Friends. Desperate Housewives. Sy kan dae omkyk terwyl sy hekel. Naweke ook, sommer op haar skootrekenaar, want Marthinus annekseer die TV. Sy kla nooit daaroor nie. Hy be­taal immers vir DStv en hy het die slim-TV gekoop.

“Het jy ’n beter voorstel, Lizzie?”

“Nee. Sit die damn TV af sodat ons kan praat.”

“Het jy al uitgefigure wat jy wil hê ek moet sê?”

“Nee.” Sy maak ’n hulpelose gebaar in die lug. “Hoe kan ek vir jou sê wat om te sê?”

Hy antwoord haar nie, sit net die TV nog harder. Op die plat, wye skerm syg ’n jong vrou op ’n tennisbaan neer. ’n Man met ’n nek soos ’n jong os sak op ’n bokskryt in­mekaar. ’n Onderwyseres voor haar klas.

Lizzie soek verder deur die wol, vind ’n dofpienk punt. Sy laat glip dit in die gleufie wat sy in ’n kartonrolletjie gesny het en begin dit om die rolletjie draai. Hoe word ’n paar bolle wol in haar hande so ’n deurmekaarspul, so ’n knoeisel, so ’n gemors?

Lizzie laat sak die wol in haar skoot, kyk aandagtig na die TV. Blykbaar het al die slagoffers organe van dieselfde skenker ontvang. “Dis kanker,” sê ’n lid van dokter House se span. “Dis vir seker nie kanker nie,” sê House.

Om en om die rolletjie draai Lizzie die pienk wol. Marthinus se een mondhoek trek in ’n glimlag oor iets wat sy onbeskofte held sê. Lizzie se blik dwaal oor Marthinus se lyf. Breë skouers, bultende armspiere. Marthinus is ’n bouprojekbestuurder en hy werk dikwels saam met sy span. Hy was nog nooit bang vir werk nie.

Sy T-hemp span effens oor sy maag maar sy bene onder die kortbroek is jeugdig, sy bobene kragtig, sy kuite ferm. Daar is ’n wit lyn waar sy sokkies hom teen die son begin beskerm. Sy voete is skralerig, sy lang tone perfek reguit. Lizzie vou haar eie voete onder haar in. Sy hoef nie te sien hoe haar kleintoontjie oor die toon langsaan klim nie, hoe haar lang toon ’n knop trek nie. Dis haar eie skuld. Jare lank het sy haar voete in puntige hoëhakskoene gedwing en nou pluk sy die wrang vrugte. Haar blik dwaal terug na Marthinus se gladde hakke. Geen skuurdery en vylery en Pinterest-rate vir hom nie. Hy knip net sy naels gereeld en basta. Lizzie het moed opgegee daarmee en haar beloning is pynlike kraters in haar hakke. Wanneer laas het sy vars naellak aangeverf? Sy skud haar kop ef­fens. As die kleur begin afskilfer, of as haar naels begin uitgroei, plak sy net nog ’n laag bo-oor. Sy het eiehandig haar huwelik in ’n rotsbank in laat donder en nou sit en dink sy aan hulle voete. Op die skerm sluk House Vicodin en Lizzie staan vererg op.

In die kombuis skakel sy die ketel aan. Teen die muur bokant die ketel hang ’n kruisiesteekprojek uit haar borduurdae, voordat sy met hekelwerk begeester geraak het. A house is made of brick and stone, but only love can make a home. Toe haar blink naald die woorde in die gaatjieslap vasgewoel het, was sy selftevrede en miskien selfs ’n bietjie arrogant oor die lewe wat sy en Marthinus saam gebou het. Hulle huwelik, hulle kind, hulle huis. Die pad vorentoe wat hulle drie in liefde sou saamloop, gekarteer. Húlle huis is nie net stene en sement nie, húlle huis is ’n tuiste en sal altyd een wees, het sy grootdoenerig gedink. Hulle liefde is vir ewig en Estelle is die verpersoonliking daarvan.

Die ketel klik af. Lizzie haal outomaties twee bekers uit. Tee. Haar teenvoeter teen alles. Haar selfmedikasie. Dis beter as drank, troos sy haarself. En dis vol antioksidante. Veral as jy dit swart en sonder suiker drink, soos Marthi­nus. Vervlakste Marthinus. Sy is lus en gooi syne in die wasbak af maar sy kry dit nie oor haar hart nie en dra dit vir hom aan.

Nou kyk hy sport.

“En nou?” vra sy.

“En nou wat?”

“Kyk jy nie meer die storie nie?”

“Jy kan mos sien, Lizzie.”

Sy gaan sit, tel weer die wol op. “Maar wat is fout met die meisie? Nou gaan ons nooit weet wat was die uiteinde nie.”

Hy haal sy skouers op. “Nou kyk jy dit as jy graag wil weet.” Hy gee die afstandbeheerder vir haar aan. “Ek gaan slaap,” kondig hy aan en los haar alleen met die TV blêrend en die wol wat sy nie ontknoop kry nie op haar skoot.

Met ’n sug skakel Lizzie die TV af. Sy drink haar tee ter­wyl sy alles wat gebeur het, probeer deurdink. Hoekom het sy gesê wat sy gesê het? Hoekom vanaand? Vanoggend het sy en Marthinus nog gemeensaam koffie gedrink en beskuit geëet. Hulle het wel nie gepraat nie maar hy het met sy skouer styf teen hare in hulle bed gesit. Sy het was­goed in die wasmasjien gelaai en sy het gevra dat hy haar rooi bloes mooi moet ophang, dan is dit nie nodig om dit te stryk nie. Hy het geknik en gesê sy kan klaarmaak vir werk, hy sal vir hulle broodjies maak. Al die jare vandat Estelle kleuterskool toe is, gaan Lizzie douvoordag werk toe en kom sy eenuur huis toe. Marthinus het Estelle altyd by die skool afgelaai en Lizzie het haar gaan haal. Marthinus gaan werk eers ’n uur of wat later maar werk tot vyf-, sesuur saans. Soggens hang hy wasgoed op, pak die skottelgoedwasser uit, haal vleis uit vir aandete. Nog nooit het sy gevoel sy doen meer as haar deel nie. Wanneer sy tuiskom, bêre sy die wasgoed en later maak sy aandete. Vir agt en twintig jaar leef hulle al simbioties saam.

Vanmiddag het sy die wasgoed gebêre, syne ook. Outomaties, met geen gedagte aan wat sy later gaan uitblaker nie. Sy het sy sokkies opgevou soos hy daarvan hou, al neem dit langer as om dit in bolletjies te rol, soos sy hare verkies. Vir vanaand het sy nogal sy gunstelinggroente, groenbone en lemoenpampoentjies gekook by die vleis wat hy gekies het. Min het sy geweet dis the last supper van hulle huwelik soos dit was.

Onder die eggo van haar woorde soek sy. Is wat sy gesê het ooit waar? Sy kan nou om een of ander rede nie meer onthou hoe voel liefde nie. Is dit ’n fladdering, ’n fluistering, of net ’n aangename warmte? Is sy van haar trollie af? Wat nou?

Sy tel die geblomde strooikussing op wat Marthinus soos gewoonlik gegooi het dat dit trek en sit dit op sy stoel, boender die wol terug in ’n mandjie, bêre die afstandbeheerder in die kissie op die koffietafel.

Soos ’n slaapwandelaar loop sy na die kamer toe waar sy haar pophuise bou. Dis haar toevlugsoord waarheen sy vlug as Marthinus vasgenael sit voor sport of dokumentêre programme. ’n Gesellige vertrek met haar werksbank, rakke en die wiegstoel waarin sy altyd gesit het terwyl sy Estelle borsvoed. Sy skakel die tafellamp aan. Die nuwe pophuis se vloer staan trots in die kol helder lig. Dié een het sy self ontwerp, uitgemeet, gesny. ’n Huis soos ’n tjoklitboksprentjie. Victoriaans. Gewoonlik bestel sy ’n kit maar sy het lankal die behoefte gehad om self een te skep. Die laaste huis wat sy ontwerp het, was Estelle se Barbie-huis en dit was net vier kubusse met ’n driehoekdak. So­dat dit later in boekrakke omskep kan word. Die dak staan nou in die garage maar Estelle het die kubusse saam. Dit gaan bedkassies wees, het sy beduie.

Die vloer van ’n pophuis is maar die begin. Daar is ven­sters wat in mure gesny moet word en deuropeninge. Die mure moet geplak word, opgerig word. Onder en bo. Die dak moet geteël word. Dan eers begin die pret van binneversiering. Die huis verdien natuurlik ook handgemaakte meubels. Lizzie sug. Wat maak dit tog saak? Die fonda­ment onder haar en Marthinus het ’n kraak in. Sy kan nie nou dink aan pophuise nie. Sy sit die lig af, onthou toe haar teebeker en gaan haal dit.

In die kombuis skakel sy die skottelgoedwasser aan nadat sy haar beker daarin gesit het. Dis nog ver van vol af maar sy het tog nie lus vir suur skottelgoed nie.

Frik loer uit sy hok toe sy kos in sy bak gooi. Hy het al diep geslaap en sy lang bassetlyf kom stadig in beweging, sleep in paaiemente uit. Nie meer ’n jong hond nie maar ook nie ’n oue nie. Middeljarig, soos Lizzie en Marthinus. Hy snuif aan sy droë kos en kyk treurig na Lizzie, asof hy wil vra of dit al weer al is wat hy kry vir sy troue diens as sekuriteitsbeampte. As dit moontlik is, word sy ore langer, sy bek rem verder af en sy voorbene word bakker. Lizzie ignoreer die vertedering wat in haar opwel. Sy gaan haar nie vanaand deur ’n hond laat intimideer nie.

“Nee, Frik,” sê sy streng. “Ons kan nie altyd kry wat ons wil hê nie.”

Hy wip sy agterent vir haar en gaan terug hok toe sonder om die gebruiklike ore vryf te vra.

Marthinus is ook al in die bed. Haar mooi kussings lê oor die vloer gestrooi. Hy het nie die deken opgevou nie, dit net eenkant toe gesmyt. Hy het ook nie soos gewoonlik haar bedliggie aangesit nie. Deur die oop gordyne skyn die maan  wat deur die wolke gebreek het helder in en sy bors beweeg rustig op en af onder die wit laken. Hy slaap sowaar. Min gespin. Sy sit die hooflig in die kamer aan in plaas van haar bedliggie. Hy roer nie. Met soveel geraas as wat sy kan, stort sy en maak gereed om in die bed te klim. Sy slaan kasdeure toe, laat val haar haarborsel met opset, stamp onnodig aan die bed toe sy verbyloop na haar kant toe. Die minste wat hy kon doen, was om in die spaarkamer te gaan slaap.

Toe sy in die bed klim, besef sy hy het nie sy slaap­klere aan nie, net sy kortbroek. Sy bolyf is kaal. “Marthinus,” fluiter sy maar hy slaap. Sy skud aan sy skouer, hy vlieg op.

“Wat nou?” wil hy knorrig weet.

“Jy kan nie hier slaap nie.”

“Dis my bed, Lizzie.”

“Maar na alles . . . Marthinus, gaan slaap in die spaarka­mer. Die bed is opgemaak.”

“As jy nie langs my wil slaap nie, gaan slaap jy daar.”

“Jy weet daardie matras is te sag. My rug.”

Hy ignoreer haar, draai sy harige rug na haar toe.

“Trek ten minste slaapklere aan. Jy kan nie so . . .”

“Fok jou, Lizzie.”

“Wat?”

“Ek sê fok jou.”

“Marthinus! Hoe kan jy?” Natuurlik vloek Marthinus soms. Sy ook. Maar om haar so direk te vloek, dit het hy nog nooit.

Hy draai terug na haar toe. “Lizzie,” sê hy afgemete. “Jy wil my uit my eie bed jaag, jy wil dikteer waarin ek moet slaap. Fok jou.”

“Maar ek het gesê ek het jou nie meer lief nie! Jy kan nie verwag ek moet langs jou slaap asof niks gebeur het nie en dit terwyl jy halfkaal is nie.”

“Jy het dit gesê, Lizzie, dis jou probleem. Jy het my nie meer lief nie, nie andersom nie.”

“So jy het my nog lief?”

“Elke oomblik minder. So slaap hier of gaan slaap in die spaarkamer. Ek gee nie ’n hel om nie. Maar ek is moeg. Nag, Lizzie.”

Vir ’n vlietende oomblik wag sy vir sy gewone goeienagsoen. Sy lippe wat vlugtig aan haar raak. Maar dan besef sy dit gaan nie gebeur nie. Dis net gewoonte. En dis verby.

The post Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die einde van die storie deur Santie van der Merwe appeared first on LitNet.

Viewing all 21643 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>