Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21648 articles
Browse latest View live

Die wêreld van Charlie Oeng: ’n resensie

$
0
0

Die wêreld van Charlie Oeng
Skrywer: Etienne van Heerden
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624080527
Prys: R350

Op Guy Fawkes-dag November 1964 verander Tian Kilian se lewe ingrypend toe hy sy vermoorde ouers se liggame ontdek op hulle Karooplaas, Slootplaas. Die volle besonderhede van hierdie wrede moord, wat plaasvind tydens ’n vuurwerkvertoning deur die Kantonees Charlie Oeng word eers veel later vertel en noop die leser om voort te lees. Tog word daar reeds van vroeg in die roman gewag gemaak van die enigmatiese Oeng se aandadigheid aan hulle dood, maar sy motivering bly onduidelik.  

Tian self voel aandadig aan sy ouers se dood, omdat hy verskeie dinge oor Oeng nooit aan sy ouers vertel het nie. Hierdie skuldgevoel hang soos ’n nooit aflatende swawelreuk aan hom en eers die liefde van die lugwaardin en “halfbloed”, Jenny May, verlos hom veel later daarvan. Dit is asof Tian self sy identiteit verloor het (bykans gesterf het) tydens die moord. Daarom besluit hy om die lewensgeskiedenis van Oeng na te vors en neer te skryf. Daardeur hoop hy om ook duidelikheid oor homself te kry.

Die reis wat hy onderneem na die verblyfplekke van Charlie Oeng in Amsterdam en Kowloon, Hongkong, is inderwaarheid ook ’n psigiese peregrinasie na die verlede en (psigiese) bronne van sy eie bestaan.

In Van Heerden se werk is die verlede altyd die palimpses van die hede. (Op bl 141 word vertel van foto’s wat ontwikkel word en op hulle is dit asof elemente uit die verlede, hier Boesmantekeninge, sigbaar raak.) Deurgaans bly die parallelle tussen die twee lewensgeskiedenisse opvallend: beide vervreemde buitestanders wat hulle uitweg soek in die kuns as surrogaat: die uitgewer van boeke wat later ook sy eie skryf (Tian); die skilder Charlie Oeng. Beide soek ook, skynbaar sonder sukses, na die volmaakte en durende liefde. Tian se roman is opgebou in 36 hoofstukke volgens die Sjinese krygstaktiek (beskryf in ’n boek van Stefan Verstappen). Die doel daarvan is om die vyand te oorwin deur ’n reeks (misleidende) tegnieke. ’n Mens ontkom nie aan die gevoel dat ook die leser van die roman uitgelewer is aan die skrywer wat hierdie tegnieke narratologies  inspan nie.

Charlie Oeng se lewe is in ’n sekere sin tipies van die gekolonialiseerde: vervreem van ’n bepaalde ruimte, taal en identiteit moet hy aanpas by ’n ander ruimte, kulturele gebruike en taal. Verskeurd teen wil en dank tussen sy Kantonese/Sjinese en Nederlandse identiteit raak hy ’n randfiguur wat in die skilderkuns iets van ’n toevlug vind, maar gaan dan deur Ouma Voetjies se inmenging eers by ’n fietswinkel werk. Daar kruis sy paaie met dié van ’n Nederlandse meisie, maar weens sy Sjinese identiteit is dié verhouding van meet af aan gedoem en het dit selfs ’n tragiese afloop. Later gaan werk hy by ’n slagter, waar hy tussen bloed en derms leef en afgestomp raak. Charlie ervaar van jongs af verwerping, vernedering en spot, en een van die dinge wat hy die meeste vrees is “om gesig te verloor”. Om vir hom “gesig te verwerf”, aansien te kry, word hy deel van die Sjinese onderwêreld en pleeg ook ’n moord.

Charlie moet vlug vir die Triade en beland eers as straatkunstenaar in Parys en word (op ietwat ongeloofwaardige wyse) ’n kok vir Nazi-offisiere, en hy maak ook tekeninge van hulle. Later, in Kowloon, werk hy as bedelaar, film-ekstra op die filmstel van The world of Suzie Wong en word gedwing om ’n huurmoord te pleeg. So kom Charlie uit die verf as kunstenaar en moordenaar; gebruiker van sowel die penseel as die mes. Al die plekke waar hy vertoef bied die geleentheid vir beskrywings van (eksotiese) ruimtes, lang uitbreiding oor koloniale vergrype en die leefwyse van verskillende kulture, soos die Sjinese s’n. Maar voortdurend val die klem op die oorlewing van ’n pikareske figuur te midde van onderdrukking en vernedering.

Tian, aan die ander kant, word groot in die Karoo op ’n tipiese plaasopset in die traumatiese sestigerjare van die vorige eeu. Rasse-onderdrukking is aan die orde van die dag en swart mense se lyding, en veral sosiale onderhorigheid, word byna as vanselfsprekend aanvaar, ook deur die verligte ouers van Tian. Uit die roman spreek ’n diep verontwaardiging én skuldgevoel van die verteller. In die proses maak Van Heerden (soos in Toorberg) weer ’n beduidende vernuwende bydrae tot die moderne Afrikaanse plaasroman, ’n romansoort wat parodiërend omgaan met die tradisionele Afrikaanse plaasroman. Weer word kernaspekte daarvan (soos die idilliese ruimte en die erfopvolging) op hulle kop gekeer. Boonop speel hierdie roman ook op ’n dorp af en word ook vernuftig ingespeel op tipiese aspekte van die tipiese Afrikaanse dorpsroman (soos die geheime nuwe intrekker, die femme fatale en ongeoorloofde verhoudings). Onder die kalm oppervlak skuil kragte en ’n broeiende rassekonflik wat ophoop.

Tipies van Van Heerden se oeuvre is ook die vermenging van realistiese en fantastiese elemente, sy eie inkleding van die magiese realisme. Dit is weer eens ruimskoots aanwesig, veral in die figuur Ouma Ogies, die blinde siener, sy wat nie spore laat nie en dit wat gaan gebeur reeds vooraf sien. Maar ook die uitbeelding van Charlie Oeng, wat boer met drakies wat vuur spoeg, en tekeninge maak wat lewe kry, streef die realisme verby.

Van Heerden problematiseer in sy oeuvre dikwels bepaalde narratiewe truuks en konvensies, soos verwag kan word van ’n gesoute dosent in kreatiewe skryfwerk. In hierdie roman kry die leser ’n ek-vertelling van Tian, maar word dit eintlik ’n alwetende (of ouktoriële) ek wat aan die woord is: op “alwetende wyse” word die geskiedenisse van Charlie Oeng, Ouma Voetjies en Ouma Ogies vertel en hulle gedagtes en dialoë weergegee, maar altyd met die kanttekening van “soos ek my dit verbeel” of “soos ek my voorstel”. Tian se weergawe van Charlie Oeng se “wêreld” is ’n moeisame herkonstruksie van ’n ontglippende lewe, omdat dit verweef is met die lewens van soveel ander én met die geskiedenis self. Boonop word dit soos die opbou van ’n antieke vaas waarvan stukke ontbreek, ’n proses van inbeelding en interpretasie. Die roman wat ons lees, is inderwaarheid Tian se vertelling self en dit word deurspek met metanarratiewe opmerkings oor die moeisame skryfproses. Agter Tian gaan die (abstrakte) outeur skuil, wat suggereer dat die skryf van ’n roman oor die onkenbare Ander ’n gevaarlike onderneming is en aan die onmoontlike grens. In die proses word nie net gesuggereer dat vertellings onbetroubaar is nie, maar dat die hele proses van representasie vol valkuile is.

Dit is daarom duidelik dat hierdie roman nie net fundamentele aspekte van ’n narratief problematiseer nie, maar ook boordens toe vol is van uitsprake van ontologiese én epistemologiese kwessies. Immers: oorspronge is nie agterhaalbaar nie – ook nie dié van mense nie. Lewens is moeilik herkonstrueerbaar, die waarheid is onvindbaar en skuld onbepaalbaar. Hierdie opvattings, saam met bepaalde narratiewe tegnieke soos deurstreping, vermenging van die fantastiese en realistiese (die drakies wat vuur spoeg!), waarheid en verdigsel, wetenskap en mite, laat duidelik blyk dat hierdie roman postmodernisties is tot en met, hoewel die aanslag wegskram van teoretiese vernaamdoenery. Wat die proses van herkonstruksie van Charlie Oeng se lewe verder kompliseer, is die feit dat die Westerse waarnemer, soos Tian, hom vaskyk teen die eksotiese aspek van die Ander (die Oosterling), byna soos die film The world of Suzie Wong waarna hier veelvuldig verwys word, ’n Westerse vertekening was. Dit is reeds ’n waarskuwing uit postkoloniale hoek gerig by monde van Jenny aan Tian én Van Heerden self: representasie van die gekolonialiseerde Ander kan slegs deur empatiese inlewing geskied en noodsaak in feite die tegniek van deurstreping (sous rature) waardeur moontlikhede eers geopper of weergegee word en dan ondermyn word.

Postmodernisties is ook die gebruik wat Van Heerden maak van populêre romansoorte. In die tipiese speurverhaal is daar ’n moord, ’n moordenaar, speurder en uiteindelik ’n motief. Soms begin ’n speurverhaal met die moord en met die onthulling van die moordenaar se identiteit. In die roman gaan dit dan daarom om die motief te agterhaal, die moord te rekonstrueer en die moordenaar self te deurgrond. Dit is op hierdie stramien dat Van Heerden se roman geborduur is. Tian se soektog na insig in die aard en motivering van die dader voer hom na verskillende lande; dus is dit ook ’n reisverhaal (net soos Oeng se wedervarings ook is). Verder bevat die vertelling van Charlie Oeng se omswerwinge al die bekende elemente van die avontuurroman. ’n Stuk geskiedenis wat weggelaat word in die roman is Tian se jeug in pleegsorg. Die suggestie is dat dit te traumaties was om onder woorde te bring. Tog is dit ’n funksionele leë plek: Tian het nooit werklik volwasse geword en sy jeug agtergelaat nie; eers in sy skryfpoging slaag hy daarin. Daarom is die roman ook ’n (laat) ontwikkelingsroman.

In die roman het ek ’n paar taalfoute opgemerk (“op sy pinkie”, “gesig verloor”, “emu” ipv “emoe”), en selfs ’n feitefout: dit is tog die dodo wat uitgesterf het, en nie die emoe nie (bl 432)! Maar vitterigheid ter syde. Van Heerden skryf altyd skynbaar moeiteloos en sy prosa is dikwels meesleurend. Soms is daar egter ’n oordadigheid en raak die taal net te welig. In hierdie roman word die taal veel meer ingetoom, maar die groter soberheid verhinder gelukkig nie dat hier steeds stukke prosa is wat ’n mens in hul liriese geslaagdheid sal bybly nie. Verhaaldrade word goed geïntegreer, karakters boei en oortuig. Oplaas word Charlie se storie en Tian se roman moeiteloos een, net soos mnr Y en die knolskrywer s’n in Leroux se 18-44. Van Heerden se roman bevestig trouens weer eens die seminale aard van die Leroux-roman. Leroux se knolskrywer is besig met sy roman in sy kliniese huisie gebou deur sy homoseksuele vriend, die argitek; Tian skik dag en nag “aan die lewe van Charlie Oeng en die vuil koffiekoppies soos ’n trop drakies op die tafelblad om my staan” (bl 255). Beide romans is metanarratiewe én die leser lees uiteindelik die roman wat beide karakters geskryf het. En albei is geslaagde romans.

Van Heerden bereik met hierdie roman weer die peil van sy beste werk.

*HP van Coller is buitengewone professor, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom.

Glossarium

Palimpses verwys na ’n stuk perkament waarop ’n vroeëre teks uitgewis is en waarop dan weer geskryf is. Deur moderne tegnieke kan die weggewiste teks aangetoon word.

Deurstreping hou in dat ’n woord (of voorstelling) onnoukeurig, onbetroubaar of verkeerd is en dus uitgewis word. Omdat dit egter nodig is, bly dit leesbaar. Daardeur word aanwesigheid en afwesigheid in taal ter sprake gebring. Hierdie begrip is ook aanwesig in die denke van Jacques Derrida, wat sê dat uitwissing/uitvee “does not mark a lost presence, rather the potential impossibility of presence altogether” – met ander woorde, die onmoontlikheid van een eenduidige betekenis wat in die eerste plek toegeskryf is aan die woord of term.

Die ontologie hou verband met bestaan en wording; die epistemologie gaan oor die ontstaan en die grense van die menslike kennis.

Stramien is gaas om op te borduur.

’n Leë plek is ’n funksionele weglating mét betekenis (soos ’n ontbrekende rymklank waar dit verwag word in ’n gedig) – die minus priem in die woorde van Jurij Lotman.

The post Die wêreld van Charlie Oeng: ’n resensie appeared first on LitNet.


Martie Preller (1948–)

$
0
0

Gebore en getoë

Martie Coetzee (Preller) is op 2 November 1948 in Potchefstroom gebore. Sy het op hierdie dorp met sy akker- en wilgerbome langs die Mooirivier grootgeword. Haar pa was ’n professor in Latyn en haar ma ’n onderwyseres. Sy is die middelste kind met ’n ouer broer en ’n jonger suster.

Martie het later gesê haar lyf is op Potchefstroom gebore, "maar haar gees swerf oral rond tussen boeke en mense en die dinge wat gebeur en nie gebeur nie". (Storiewerf)

As laerskooldogter woon sy die Laerskool Mooirivier by en behaal haar matriek in 1966 aan die Hoërskool Gimnasium, beide skole op Potchefstroom.

Martie vertel aan Deborah Steinmair in Kakkerlak (2007) meer oor haar kinderjare op Potchefstroom: "Hoëveld en meestal mielielande rondom die dorp. Ysig en wit geryp in die winter en hetig warm in die somer. Ek het onder die akkerbome grootgeword en op my fiets, biblioteek toe, swembad toe en ja, natuurlik, skool toe ook gery! Die seisoenale verkleuring van die akkerblare is vir ewig ingeprent in my siel. Die blare wat verkleur het van liggroen tot donkergroen tot geelgroen tot bros en bruin en dan krakerig onder my voete verkrummel en kompos geword het vir nuwe groei en nuwe liggroen blare, was vir my van kleins af die organiese sirkelloop van die lewe. Ek vermoed nou, as ek terugdink, dat ’n deel van my elke dag gefunksioneer het en ’n ander deel op ander plekke geloop of gedroom het."

Verdere studie en werk

Martie bly aan in Potchefstroom nadat sy matriek gemaak het en skryf haar aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir CHO (vandag Noordwes-universiteit) in vir ’n BA-graad met Engels (cum laude) en Latyn as hoofvakke. In 1970 verwerf sy haar onderwysdiploma, ook cum laude.

Daarna gaan gee sy onderwys by haar alma mater, Hoërskool Gimnasium, waar sy Latyn en Engels onderrig. Gedurende haar tweede jaar van onderwys (1972) is sy met Johan Preller getroud.

In 1973 trek Martie en Johan na Johannesburg waar sy aangestel word om Engels en Latyn te onderrig aan die Hoërskool Fakkel. Hulle eerste kind, Siegfried, is in 1974 gebore, Johan in 1976 en Martie in 1978. Sy vertel aan Naln: "Hulle ouderdomme verskil slegs 19 maande – ek het iemand die opmerking hoor maak dat as jy vir een kind in die sandput moet sit, jy net sowel vir drie in die sandput kan sit – en ek het dit letterlik opgeneem!

"Die daaropvolgende jare was ’n oorlewingstryd en ek kon kwalik kop bo al die doeke en bottels hou. Ek het my kinders geniet en geniet hulle steeds. Ek is nie net lief vir hulle nie, ek hou ook van hulle."

Martie en haar man is in 1988 geskei.

Martie het later Kaap toe getrek waar sy eers in Gordonsbaai en later in Vermont naby Hermanus gewoon het. Sy en haar dogter Martie (Kruger) skryf in 2008 saam ’n kinderboek met die titel Jamie en Sebastiaan en die storiemool.

Martie vertel aan Marguerite van Wyk (Beeld, 25 September 1996) dat haar kinders haar baie meer geleer het as wat sy hulle kon leer. "Ek is nie ’n konvensionele ma nie. My kos brand dikwels aan en my kinders móés maar selfstandig wees. Hul aanvaarding van my as méns maak my diep gelukkig."

In 1974, voor haar eerste kind se geboorte, gee sy vir een kwartaal Engels aan die Hoërskool Randburg en gee daarna privaat Engelse en Latynse klasse.

Dit was egter eers in 1985 dat sy vir die eerste keer haar pen op papier gesit het nadat ’n vriendin, Susan Gouws, ’n dosent aan die Sebokeng Onderwyskollege in Vanderbijlpark, haar genader het om ’n stuk te skryf vir die Afrikaanse Toneel vir Onderwyskolleges (ATO) se toneelkompetisie. Susan se woorde aan Martie was: "Jy sê altyd jy wil skryf – doen dit nou."

Die gevolg was Die groot slang en die ongehoorsame kind: ’n Tsonga-legende. Met hierdie stuk wen Sebokeng ATO '86 se kompetisie. Dit was ’n groot hupstoot vir Martie se skryfloopbaan en in 1989 word Moditjhaba deur Via Afrika Uitgewers aangewys as die beste oorspronklike stuk op die Interkollege Dramafees te Vanderbijlpark.

Haar skryfwerk is toe vir ’n paar jaar op die agtergrond geskuif toe sy vanaf 1988 tot 1998 Sielkunde I, II en III aan Unisa studeer. In 1991 behaal sy haar honneursgraad in sielkunde aan RAU (vandag Universiteit van Johannesburg). Sy het haar ingeskryf vir ’n meestersgraad in sielkunde, maar toe die universiteit haar laat weet dat sy nie gekeur is nie, was sy "eindeloos verlig. Die besluit was vir my geneem. Tóé weet ek: Nóú gaan ek my hartpad volg. Dié pad wat vir my vreugde gaan gee. Ek gaan voltyds skryf." (Sarie, Oktober 2003)

In 1990 word vier van haar bydraes in ’n bundel vir standerd vyf-leerlinge (graad 7) opgeneem in Die wind sal weet wat deur Tafelberg Uitgewers uitgegee is.

Martie was ongeveer 40 jaar oud toe sy begin skryf het. Sy verduidelik aan Amanda Botha (Die Burger, 22 Februarie 2014) dat sy nie geglo het dat sy kan skryf nie. En al het ander mense vir haar probeer oortuig dat sy wel kan skryf, het sy hulle nie geglo nie. "So ’n paar jaar voor 1992 het ek probeer skryf. Ek kry toe ’n baie nice verslag wat sê ek moet dít en dát probeer doen aan die teks, en toe verstaan ek niks en is seker ek kan nie skryf nie. Plaas ek tel die foon op en bel hulle en vra. Maar nee, ek kan nie skryf nie."

Nadat sy haar Sielkunde-studies afgehandel het, vat Martie se skryfloopbaan behoorlik vlam. In 1992 verskyn haar eerste kinderboek getiteld Jy en die draakakkedis by Van Schaik, met ’n Engelse weergawe You and the dinosaur wat terselfdertyd die lig sien. Dit is die eerste kies-jou-eie-avontuur boek wat in Afrikaans verskyn het. Die swart-en-wit illustrasies wat die teks pragtig aanvul, is deur Elizabeth Pulles gedoen. Een van haar kinders was siek en dit is hoe sy begin het om Jy en die draakakkedis te skryf. Sy het gedink dat wanneer ’n mens siek is, jy sommer beter sal voel as jy ’n mooi storie hoor.

Marina le Roux skryf in Die Burger dat met hierdie manier van aanbieding, die leser self aktief aan die teks kan deelneem. Die keuses waarvoor die leser gestel word, bepaal hoe die avontuur verder gaan verloop. Ook die feit dat daar op die voorblad staan dat hierdie boek op eie risiko gelees gaan word, behoort voldoende motivering te wees om Jy en die draakakkedis op te neem en te lees, selfs vir kinders wat traag is om te lees.

Martie vertel aan Marguerite van Wyk (Beeld, 27 Oktober 1992) bietjie meer oor Jy en die draakakkedis se skryf: "Kinders word mos gefassineer deur dinosourusse. ’n Draakakkedis is niks anders nie as ’n sinoniem vir ’n dinosourus. Met die skryf van dié boek het ek sommer weer kind geword. Dit het net vanself uit my gestroom."

Vir Martie is dit belangrik dat kinders altyd gerespekteer moet word: "Dit help nie jy praat 'af' na ’n kind toe nie. Jy moet probeer om op sy vlak te dink. Dit help ook nie jy probeer ’n doelbewuste les aan die kind leer nie. Die subtiele aanslag is die wagwoord. Omdat ’n kind nog nie geïnhibeer is deur allerlei sosiale konvensies nie, is hy/sy eerlik. Hy weet as jy vir hom jok. Hy sien deur jou. Hy wil nie voel iemand is besig om die figuurlike lepel pap in sy keel af te druk nie."

Martie het hope navorsing gedoen vir die skryf van Jy en die draakakkedis, vertel sy aan Marguerite van Wyk. Sy het vir twee maande navorsing gedoen by onder meer die universiteite van die Witwatersrand en RAU en ook by ISKEMUS (Instituut vir Kinderlektuur en Media van die Universiteit van Stellenbosch).

Sy het ook meer gelees oor die konsep om die leser ’n karakter in die boek te maak en het die leerplanne van graad 3 tot graad 7 fyn deurgewerk om te probeer om die kind te verstaan en sy het gebruik gemaak van bronne van oorsee waar hierdie konsep nie meer so nuut was nie. So die lesertjies kan verseker weet dat hier nie sprake is van feite wat uit die lug gegryp is nie. Ook die illustrasies is deur ’n argeoloog nagegaan om seker te maak dat daar geen verkeerde feite en prente in is nie.

In 1992 palm Martie haar eerste prys vir haar kinderboeke in toe ’n manuskrip van haar Boskapades Jong Dames Dinamiek se landswye kompetisie vir kinderverhale gewen het.

Haar volgende kies-jou-eie-avontuur boek is Jy en Hercules (1993) en in 1994 verskyn Jy en Toetenkat wat deur Tafelberg Uitgewers uitgegee is. In 1994 word Daar's ’n spook in my kas gepubliseer en dit is in 1996 die eerste van Martie se boeke wat bekroon word met die ATKV-kinderboektoekenning vir ses- tot sewejariges. In 1996 wen Jy en Toetenkat dieselfde toekenning vir agt- tot negejariges.

In 1994 verskyn Nicola B: streng privaat, Martie se eerste boek vir tieners. Nicola Benade is ’n veertienjarige tiener en daar gebeur nooit iets opwindend in haar lewe nie, totdat daar op ’n oggend ’n groep terroriste in hulle skoolsaal instorm en vir Nicola en vier ander leerlinge as gyselaars aanhou. Nicola se storie word in die vorm van ’n dagboek vertel en strek oor drie maande.

In Sarie (17 Augustus 1994) skryf Marina le Roux dat die grootste verdienste van hierdie boek in die byderwetse, maar tog ook eenvoudige taalgebruik lê en dat dit ook vir trae lesers aanbeveel kan word. Die uitbeelding en ontwikkeling van die karakters is egter oppervlakkig en die afloop van die avontuur kan maklik voorspel word.

Met Martie se tweede boek vir tieners, Anderkantland (1994) behaal sy groot sukses. Dit word bekroon met die Silwer Sanlamprys vir jeuglektuur 1994, asook die CP Hoogenhout-medalje vir beste kinderboek in 1994/95.

In Anderkantland word die werklikheid en die sprokieswêreld vermeng. Vir Marina le Roux (Die Burger, 21 Desember 1994) het die skrywer nie altyd daarin geslaag om hierdie herskryf van sprokies en vermenging van fiksie en werklikheid suksesvol uit te voer nie. Ook is haar styl, volgens le Roux, "lomp en verbeeldingloos". Daar is "enkele slim fondse en humoristiese momente", maar die storie oortuig nie.

Barrie Hough (Insig, Desember 1994/Januarie 1995) beskryf Anderkantland as ’n "hoogs oorspronklike en vermaaklike" storie. Die hoofkarakter is ’n veertienjarige meisie wie se ma oorlede is en toe haar pa weer wil trou, is sy baie ontsteld. Op hulle plaas is ’n bos waar sy ’n poort tot ’n sprokieswêreld ontdek. Sy vermaak haarself deur in die sprokies in te meng. Wat gebeur, is soms amusant. Sy besef egter dat dit nie altyd goeie gevolge afgee as ’n mens in ander se werklikhede inmeng nie.

In 1996 en 1998 skryf Martie ’n reeks van vier boeke vir die tienermark met Tersia Thom, ’n student op universiteit wat graag speurverhale skryf. Haar assistent is die ewe mooi Helga wat ’n deeltydse model is. Saam pak die twee allerlei sake aan wat hulle dan soos wafferse speurders oplos.

Die reeks is losweg op die Nancy Drew-reeks gegrond. En hoewel die karakters en hulle ontwikkeling oppervlakkig is, is die intrige tog boeiend, het Elsabe Steenberg in Beeld (5 Augustus 1996) geskryf. Hoewel die boeke ’n leemte in die Afrikaanse jeuglektuur vul, is dit voorspelbaar en raak die karakters irriterend.

Met haar volgende tienerboek, In die tyd van Esob (1996) palm Martie die Sanlam-prys: goud vir jeuglektuur in. Die aanbeveling vir In die tyd van Esob is deur Petra Müller geskryf en sy het dit beskryf as "werklik wáágsame jeugfiksie, weg uit die gewone skryfvorme, en wat van lesers verwag om dieselfde avontuur te onderneem". Sulke tipe boeke kom nie dikwels in Afrikaans voor nie.

"In die tyd van Esob beweeg letterlik buite die mure van ’n geprojekteerde toekomsstad, waar vier agtienjariges, die uitgesoekte bestes van die jeug uit die leerskool van die 'stad met die son en twee mane' nou as finale toets van oorlewingsvermoë buite die stad afgelaai word. Hulle moet deur woestyn, moeras en oerwoud hul weg terugvind en die een wat eerste terugkom, word dan die wenner van daardie jaar se inisiasiegroep en die draer van die heldebeeld in hierdie stad waar die Esob, dit wil sê die Boser, heers, en die betekenis van die pilare van Deog, dit wil sê, wat goed is, reeds verlore geraak het vir die inwoners.

"Dis ’n besonder gesofistikeerde verhaal, ’n allegorie wat met die een hand teruggryp na die verlede en met die ander ver na die toekoms uitreik. ’n Mens wil nie te veel van die boek verklap nie, maar wat ’n mens wel kan sê, is dat onvolkomenheid en voorlopigheid ook hier ’n rol speel – want die sentrale karakter, wat ook die wenner word, is ’n onvolkome persoonlikheid, en die getekende skryfster van die boek, wat uiteindelik ook in die teks manifesteer, laat ’n duidelike aanwysing dat die teks nog nie klaar is nie. Dis ’n voorlopige verslag oor ’n buitengewone gebeurtenis, dinamies onvoltooid.

"In die tyd van Esob is ’n inisiasie- en quest-verhaal wat in die besonder die televisie- en fliekgeslag sal aanspreek, asook die internet-geslag, wat gewoond raak daaraan dat ’n mens oënskynlik perfekte vorms kan skep met enkele vernuftige maneuvers van die hand en die verstand."

Behalwe vir haar storieboeke wat sy vir kinders en jongmense skryf, het sy ook ’n storieskryf-kursus op die internet ontwerp. ’n Uitvloeisel van hierdie kursus is die boek Eendag was daar ’n storie! wat in 2003 gepubliseer is. Soos Marina le Roux in haar resensie in Die Burger (6 Oktober 2003) geskryf het, is daar maar weinig van dié tipe boeke in Afrikaans en is die publikasie daarvan baie welkom. Dit is ’n praktiese handleiding vir diegene wat graag wil skryf, asook vir diegene wat klaar besig is om vir kinders en die jeug te skryf. In Volksblad (28 Julie 2003) skryf Jaco Jacobs dat die boek met vrug gebruik kan word deur diegene wat inligting soek oor aspekte van die skryfproses soos karakterisering, dialoog, die publikasie van boeke en hantering van kritiek.

Oor hierdie praktiese storiemaakkursus vertel Martie aan Jaco Jacobs (Taalgenoot, Junie 2003) dat dit vir mense is wat hulleself en hul eie lewensverhale beter wil leer ken: "Want ons is almal skrywers, al word net sommiges gepubliseer. Ons almal se lewe is stories wat ons dag vir dag skryf en byskryf.

"Die kursus bevat ook onder meer die lesse van die internetskryfkursus, hierdie keer met baie meer inligting om jou tot skrywe van dalk gepubliseerde stories, maar ook tot die skryf en herevaluering van eie lewenstories te bring. Skryf is op ’n manier terapie vir die self asook ’n ongelooflike ontdekkingstog. Ek het mos nooit geweet ek het ’n Balkie of ’n Babelela in my voor ek begin skryf het nie."

Dit is egter met die skepping van Balkie en Babelela wat Martie haar in die harte van Suid-Afrikaanse kinders gevestig het. Sy het Balkie in 1992 geskep toe hy begin het om jong lesers en hulle ouers in rooi rose met sy eie rubriek te vermaak. In 2000 is die eerste Balkie-boek gepubliseer en in die voorwoord vertel hy vir almal wat wie en wat hy is: "nie ’n kind, of ’n donkie of ’n beertjie nie. Ek is ’n Balkie en ’n Balkie is ’n Balkie is ’n Balkie".

Saam met Elizabeth Pulles wat vir Balkie in prentjies verwek het, slaag Martie daarin om haar lesers te "oorrompel" met Balkie se "unieke siening van gewone dinge en aktiwiteite, sy frisse lewensvreugde en naïewe humor. Die dialoog is besonder oortuigend, dikwels ’n mengsel van vertedering en onvermydelike irritasie," skryf Marina le Roux in Die Burger van 24 Mei 2000.

Balkie is ook in 2001 bekroon met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Alba Bouwerprys vir kinderlektuur.

Elizabeth Pulles vertel aan Piet Grobler dat sy eendag op pad was van die poskantoor af huis toe, toe sy iets wat lyk soos ’n hond onder ’n bos gewaar. Maar dit was nie "heeltemal ’n hond nie. Wel ’n honderige ding met ’n groterige kop – amper soos ’n dinkietjie s'n en ’n liewe gesiggie soos dié van ’n beertjie. Ek is nie heeltemal seker wat dit was nie. Toe teken ek hom en gee die prent vir Martie Preller en sê sy moet iets daarmee doen. Ek en Martie deel ’n sin vir humor én een vir fantasie. Sy kom toe met Balkie vorendag. Spot on. Presies wat ek gesien en geteken het. Dit was toe al die tyd ’n balkie."

Elizabeth sê sy wou deur middel van die illustrasies, soos Martie met die teks, Balkie se onskuld en kinderlikheid beklemtoon. "Hy is iemand tussen ’n kind en ’n diertjie. Die mengsel van hulpeloosheid en bravade laat hom baie soos ’n kleuter voorkom. Balkie is soos die jongste kind in die huis. Dis soms asof hy regtig daar is, hoor! Ek is ’n sentimentele wese en seker maar kinderlik."

In rooi rose (Julie 2001) skryf Martie dat sy die tekening van Elizabeth teen haar muur geplak het en "soms, as niemand kyk nie, het ek hom uitgevra. En hy het begin babbel. Sonder ophou. Vir meer as agt jaar al (in 2001) in rooi rose. Oorgeloop na Die Balkieboek en daar is nog boeke aan die word. Daar is geen keer aan hom nie. Hy is baie, baie besig. Soms bekruip die moeilikheid hom. Soos vir ons almal. Maar hy het altyd ’n plannetjie. Hy laat hom nie onderkry nie. Hy is ’n kind. ’n Harige kind, maar ’n kind. Kinders is ongelooflik spesiaal, ons moet mooi na hulle kyk."

Nadat Balkie met die Alba Bowerprys bekroon is, het Martie en Elizabeth bespiegel hoe Balkie die prysoorhandiging sou hanteer het. "Hy sal waarskynlik onophoudelik na alle kante toe buig en dalk met ’n donker bril en serpie opdaag om meer soos ’n skrywer te lyk," vertel Martie in rooi rose (Julie 2001).

Balkie is ook die hoofkarakter in leerdersboekies wat Martie vir grade vier tot ses geskryf het.

Martie vertel meer oor die verwantskap met Balkie aan Terésa Coetzee (rooi rose, 29 Maart 2000): "Ek dink nogal daar is in elke mens ’n tikkie kinderlike onskuld. Al is ek nou al in die vyftig, kry ek elke keer wat ek ’n Balkie-storie skryf weer die kans om deur die oë van ’n kind na die lewe te kyk. Ek besef opnuut wat ’n wonderlike, naïewe en baldadige manier kinders het om goed raak te sien. Balkie het so in my en Elizabeth se harte ingekruip dat sy stories glad nie vir een van ons soos 'werk' voel nie."

In 2000 maak Babelela wat diep, diep in ’n donker bos woon, sy verskyning. En net soos Balkie kruip hy diep, diep in die kinders se harte in. Ook Babelela loop met ’n toekenning weg, naamlik die Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur vir 2003 (saam met Lisa het ’n plan). Andries en Erica Maritz is die taak opgelê om Babelela op papier vas te lê en hulle was in die kol met die skepping van die pers karaktertjie.

Babelela is die Sotho-woord vir "kleintjie" en dis hoe hy sy naam gekry het. Ook Babelela se opvolg, Diep, diep in ’n donker bos, is in 2006 met die Tienie Holloway-medalje bekroon. Twee ander titels oor Babelela en sy maatjies in die bos, Los ons uit! en Ons kan! het al die lug gesien.

Babelela en sy maatjies van die bos het ook al op die verhoog ’n draai gemaak. By die Kunstefees in Bloemfontein in 2012 is dit opgevoer en het Dúlinda Pieters die regie waargeneem met studente van die Universiteit van die Vrystaat as die akteurs.

Haar karaktertjies soos Jamie en Sebastiaan en Balkie en Babelela is soos "ekstra kinders" vir haar, vertel sy in Taalgenoot (Junie 2003) aan Jaco Jacobs. "Elkeen van hulle is uniek en anders, soos elkeen van ons. Balkie staan met sy harige voetjies plat op die aarde. Hy het ’n plannetjie vir al die moeilikheid wat hom so eindeloos agtervolg – al het hy niks gedoen nie. En die Babelela het ook veel meer geword as net ’n karaktertjie in ’n boek. Hy veroorsaak 'Babelela-koors' in almal wat met hom te doen het. Miskien is dit dat ons almal weet dat ons nie 'geboks' kan word nie. Etikette kan nie om ons nekke gehang word nie. Ons is almal uniek en kwesbaar en anders. En ons het almal vlerke om te kan ontsnap uit die plekke waar ons nie wil wees nie.

"Kinders, al is hulle nog net drie jaar of jonger, weet dit, al kan hulle dit nog nie verwoord nie. En hulle, net soos ons almal, wil soms ook arms vou, voete stamp en brul: 'Ek is ’n Babelela! Los my uit!’ Natuurlik het ek niks hiervan geweet toe ek die storie geskryf het nie. Dit was net ’n storie. En dit is ook die wonder van stories – wat alles daarin verskuil lê."

Vir Martie is daar geen twyfel hoe belangrik lees vir kinders is nie: "As ons ouers bewus kan maak van hoe belangrik hul kinders is, het ons in ons doel geslaag. En kinders moet lees – die leessaadjie moet reeds in hul eerste vormingsjare geplant word. As kinders nie geleer word om te lees en na stories te luister as hulle nog baie klein is nie, het hulle vir die res van hulle lewe ’n agterstand. Storieboeke speel so ’n groot rol by die kreatiwiteit van kinders, ek wens ek kon dit elke dag vir ouers sê!"

Martie is een van die veelsydigste skrywers in Afrikaans. Benewens haar kinder- en jeugboeke, asook haar skoolboeke, skryf sy ook vir die televisie en radio en die strokiesreeks Jamie en Sebastiaan vir die tydskrif Vrouekeur. Dan is daar ook nog die werksessies in "storiemaak" wat sy op ’n gereelde basis aanbied.

Jamie en Sebastiaan se avonture is ook te boek gestel. Jamie woon by sy ouma Klara omdat hy nie meer ’n ma en pa het nie. Hy is alleen, maar wil nie met meisies soos Allie en Simonei speel nie. Dan verander die vakansie handomkeer toe Jamie vir Sebastiaan, ’n pratende kat met ’n arrogante houding, ontmoet. Ook is Sebastiaan onbeheerbaar lief vir tuna met room. Jamie en die twee meisies word tog maats en saam met Sebastiaan beleef hulle wonderlike avonture in ’n towerwêreld waarvan die grootmense glad nie bewus is nie.

Marina le Roux (Die Burger, 10 April 2004) beskryf Jamie en Sebastiaan as ’n "heerlike, opwindende storie waarin realiteit moeiteloos in fantasie oorgaan. Geen vrae of skeptisisme word geduld nie. Die skrywer maak staat op die jong leser se gewillige en gretige suspension of disbelief. Die avonture is wel vergesog, maar verbeeldingryk. Die dialoog is natuurlik. (...) Dit is ’n gawe voorlees- sowel as saamleesboek. Veral as die volwassene die korter dele in kleur aan die trae leser oorlaat. (...) Daarby pas Vian Oelofsen se humoristiese illustrasies pragtig by die holderstebolder, aksiebelaaide teks."

Met Die hart van Zeebak wat in 2004 by Tafelberg verskyn het, lewer Martie weer eens ’n storie vir tieners wat van hoë gehalte is. Dit is ’n wetenskapfiksie-verhaal met Ferdinand, die hoofkarakter, wat pas sy matriekeksamen afgelê het. Hy ry oral rond op sy fiets en toe gebeur daar iets wat hy nooit verwag het nie – Leandra, ’n inwoner van Zeebak, ontvoer hom na ’n ander dimensie. Op Zeebak is dinge egter nie pluis nie en Ferdinand moet inspring om te keer dat die gevangenes daar nie op planeet aarde gestort word nie.

Jacques de Wet (Beeld, 21 Februarie 2005) meen dat die ontknoping van die verhaal te maklik na sy sin is, maar die skrywer gebruik die naasmekaarplasing van droom en werklikheid baie suksesvol. "So word ’n suksesvolle spanningslyn geïntegreer met die karakters se sielkundige profiel en dít op vernuftiger wyse as in die meeste lektuur vir volwassenes. Die hart van Zeebak is uitstekende fiksie vir jong lesers. Maar dit bied veel meer omdat dit aandag gee aan eg menslike vraagstukke soos bestemming, skuld, jaloesie en keuses sónder die (bekende) pedagogiese trant wat dié lesers verveel."

Vir Mariana Loots in Die Burger (8 Januarie 2005) is Die hart van Zeebak 'n “opwindende, aksiebelaaide jeugroman wat te midde van alles wat gebeur, ook onder die oppervlak kyk. Deur Ferdinand se ervaringe sien lesers hoe om ook dieper dinge te hanteer, selfs al voel dit deel van ’n ander wêreld. Weer eens ’n roman met die Preller-gehaltemerk."

In 2013 verskyn Martie se volgende jeugboek, Onderwater – haar eerste verhaal vir die jeug sedert Die hart van Zeebak wat in 2004 verskyn het. Oor die ontstaan van Onderwater vertel Martie ’n bietjie meer aan Naomi Meyer op LitNet: "Die meeste stories 'kom' so stuk-stuk, nie in ’n aha-moment nie. Ek het prentjies in my kop begin kry van so ’n klein verlaterige dorpie en Christien wat daar rondloop. En van haar ouma wat onverwags kom kuier met ’n baie swaar tas (vol familiegeheime) ... En so het die storie ontwikkel en die karakters het hulle een vir een kom aanmeld, totdat ek ook begin agterkom het wat regtig in die dorpie aangaan. 'Ek' het net agter Christien aangeloop en gekyk wat sy doen en dit begin neerskryf en later oor en oor en weer oor en nog baie kere oorgewerk totdat alles 'volledig' gevoel het om hierdie bepaalde storie te vertel."

Solette Scheeres skryf op Maandblad Zuidafrika dat Onderwater lekker lees. Martie Preller skryf in ’n direkte skryfstyl en sy maak eerder gebruik van dialoog as beskrywings. Dit dra daartoe by dat die storie altyd momentum het. Haar sin vir humor bly ook altyd ’n bonus.

"Die storie speel in ’n tydsbestek van vyf dae af. Christien is ’n doodgewone tiener wat op ’n baie vervelige ou dorpie woon. Haar beste vriendin is verlief op ’n nuwe ou, haar ander maats werk ’n bietjie op haar nerwe en haar enigste kommunikasie is met die onbekende Jay via Facebook. Buitendien is daar ook iets tussen haar ouers aan die gang wat sy nie lekker verstaan nie. Maar dan kom haar Ouma onverwags kuier met ʼn tas vol ou foto’s en Christien kom agter dat haar gesin nie heeltemal is wat hulle voorgee om te wees nie. In die vyf dae gebeur daar soveel onverwagte dinge dat Christien se hele lewe holderstebolder verander in ʼn spannende avontuur.

"Hoewel die kans dat ʼn familie ʼn geheim so lank kan bewaar, vir my hoogs onwaarskynlik lyk, slaag Preller tog daarin om die verhaal geloofwaardig te hou met ʼn bevredigende ontknoping. Onderwater is geskik vir meisies vanaf 11 jaar, maar ek glo dat seuns dit ook sal geniet. Onderwater is leesplesier uit die boonste rakke."

Beeld (27 Maart 2000) het aan Martie Preller gevra watter boek haar lewe verander het. Haar antwoord was dat daar nie een boek is waaraan sy kan dink nie, maar dat boeke haar lewe verander het. "Van kleins af, het ek al wat ’n boek is verslind, kon net nie genoeg kry nie; daar is altyd nog soveel meer en meer en meer boeke. Ons is mos maar beperk in ons daaglikse kontak; kan net met soveel mense gesels, soveel dinge te wete kom, maar dan is daar altyd boeke!

"So saam met boeke het ek derduisende lewens gelewe, dinge besef en ervaar waarvan ek nooit sou geweet het nie, mense (karakters) ontmoet wat uit die hart en tot die hart met my gepraat het. En ’n boek praat nie teë nie, is nie ongeduldig nie, word nie vies vir jou nie. Soos die betroubaarste van vriende is hy altyd daar om sy woorde met jou te deel.

"’n Boek wat my lewe verander het? Nie net een boek nie, maar almal wat ek gelees het. Want soos met enige ontmoeting verander iets in jou. Ons is mos altyd aan die word. Boeke en woorde dwarrel deur my kop. ’n Paar wat uitspring om genoem te word, is Grapes of wrath van John Steinbeck, JD Salinger se boeke, Midi van André P Brink veral 'Die dag van die pampoen'. Maar ek verslind alles van Asterix tot Umberto Eco. Toe die kinders klein was, het ek saam met hulle Marietjie de Jong se Tandkitaar uit my kop geken.

"Die beste boek wat ek nog gelees het, dink ek, is Gabriel García Márquez se One hundred years of solitude, bloot net omdat my persoonlike kriterium is dat wanneer ’n skrywer jou dwing om elke woord te lees, dit ’n meesterstuk is. Want ek is ’n haastige leser.

"En die reuk van biblioteke en boekwinkels, daardie boekreuk – totaal verslaaf daaraan! En die opwinding van met ’n nuwe boek in jou hand staan! Niks lekkerder nie!

"Vandat ek self my hand aan stories waag, lees ek minder, want die leestyd word nou broeityd oor jou eie stories. Maar boeke skep skrywers en skrywers skep boeke, en so is daar altyd iets om na uit te sien."

Martie verstaan baie goed hoe kinders se koppe werk. Dit blyk duidelik uit wat sy aan Amanda Botha vertel het in Die Burger van 22 Februarie 2014: "Ek glo vas kleiner kinders veral hou van ’n boek in die hande. Ek dink hulle soek die konkreetheid van ’n boek. Dit is my missie om veral vir kleintjies ’n deurlopende blootstelling aan die betowering van stories te bied sodat lees deel van hul lewens word. Soos ek self as kind ervaar het, maak stories wêrelde van rykdom vir mens oop.

"’n Kind is ’n klein ontdekkingsreisiger. Hulle bevind hulle skielik in ’n wêreld wat hulle moet verken. Hulle voel verward en oorweldig deur soveel vreemde dinge en dan moet hulle, nes elkeen van ons, hul eie lewenspaadjies vind."

Martie is nie bekommerd oor die toekoms van Afrikaanse jeugliteratuur nie, want solank skrywers, lesers en uitgewers saam daaraan werk om vir kinders boeke te produseer, sal dit goed gaan met die Afrikaanse boekemark vir die kinders. "Om te skryf vir ’n lewe, is om erg te waag – maar dan ... ’n haas moet doen, wat ’n haas moet doen." (Taalgenoot, Junie 2003)

Publikasies

Publikasie

Jy en die draakakkedis

Publikasiedatum

1992

ISBN

0627017703 (sb)

Uitgewers

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Ook in Engels uitgegee

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Jy en Hercules

Publikasiedatum

  • 1993
  • 2007

ISBN

  • 0627018661 (sb)
  • 9780799339161 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: Van Schaik
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

The friendly elephant (Deel van die Fountain Series)

Publikasiedatum

1994

ISBN

 

Uitgewers

Londen: Hodder & Stoughton

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Daar's ’n spook in my kas

Publikasiedatum

  • 1994
  • 2003

ISBN

  • 0798131950 (sb)
  • 0625033884 (sb)

Uitgewers

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Kaapstad: Nasou Via Afrika

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

ATKV-kinderboektoekenning (6-7 jaar) 1996

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Jy en Toetenkat

Publikasiedatum

  • 1994
  • 2007

ISBN

  • 0627019420 (sb)
  • 9780799339178 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: Van Schaik
  • Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

ATKV-kinderboektoekenning (8-9 jaar) 1996

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Nicola B: streng privaat

Publikasiedatum

1994

ISBN

0624032515 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Anderkantland

Publikasiedatum

  • 1994
  • 2004

ISBN

0624033325 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

  • Silwer Sanlamprys vir jeuglektuur 1994
  • CP Hoogenhout-medalje vir beste kinderboek in 1994-1995

Vertalings

Nederlands 2000

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

’n Haas moet doen wat ’n haas moet doen

Publikasiedatum

1995

ISBN

079813464X (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Tersia Thom 1: Vriend of vyand

Publikasiedatum

1996

ISBN

0624034208 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Thersia Thom 2: Die Donkerhoek-driehoek

Publikasiedatum

1996

ISBN

0624034356 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Tersia Thom 3: Skerwe in drome

Publikasiedatum

1996

ISBN

0624034593 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

My naam is Alexander en wat daarvan?

Publikasiedatum

1996

ISBN

0789639016 (sb)

Uitgewers

Pretoria: Kagiso

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

In die tyd van Esob

Publikasiedatum

1996

ISBN

0624035131 (ab)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

  • Sanlamprys vir jeuglektuur 1996
  • Ererol vir IBBY

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Op die spoor van die lesea-vanger: ’n kies-koes-kopkrapboek

Publikasiedatum

1997

ISBN

0702140511 (sb)

Uitgewers

Kenwyn: Juta

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Droomvangers

Publikasiedatum

1997

ISBN

0798137576 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Tersia Thom 4: Bloed is die kleur van ivoor

Publikasiedatum

1998

ISBN

0624036391 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Maar my magtig, Moesoek!

Publikasiedatum

1998

ISBN

0624036790 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die Balkieboek

Publikasiedatum

2000

ISBN

0798140275 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

  • Alba Bouwer-prys vir kinderlektuur 2001 (beste boek vir kinders 9-12: 1998-2000)
  • ATKV-Kinderboektoekenning (6-7 jaar) 2002

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Babalela

Publikasiedatum

  • 2000
  • 2011

ISBN

  • 0799328014 (sb)
  • 0799329800 (sb)
  • 9780799346657 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Prenteboeke

Pryse toegeken

Tienie Holloway-medalje vir Kleuterliteratuur 2003 (saam met Lisa het ’n plan)

Vertalings

Pedi 2002

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Lisa het ’n plan

Publikasiedatum

  • 2001
  • 2008

ISBN

  • 0799329142 (sb)
  • 9780799342468 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Prenteboeke

Pryse toegeken

Tienie Holloway-medalje vir Kleuterliteratuur 2003 (saam met Babalela)

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Eendag was daar ’n storie: joernaal van ’n reis en praktiese storiemaakkursus

Publikasiedatum

2003

ISBN

0624041573 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Handleiding vir skrywers

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Ek is Simon

Publikasiedatum

2003

ISBN

0624040011 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

MER0PRYS VIR Kinderliteratuur 2004

Vertalings

Engels 2003

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Jamie en Sebastiaan

Publikasiedatum

  • 2003
  • 2015

ISBN

  • 0799331848 (sb)
  • 9780799351033 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Skilpad sonder ’n dop

Publikasiedatum

2003

ISBN

  • 062503287 (sb)
  • 0625032861 (sb) (grootboek)

Uitgewers

Kaapstad: Nasou Via Afrika

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Diep, diep in ’n donker bos

Publikasiedatum

2004

ISBN

0799331821 (hb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Prenteboeke

Pryse toegeken

Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur 2006

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Afrika vertel

Publikasiedatum

2004

ISBN

0625032659 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Nasou Via Afrika

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Balkie en die kleurdief

Publikasiedatum

2004

ISBN

0798143053 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die hart van Zeebak

Publikasiedatum

2004

ISBN

0624041387 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Publikasie

Balkie en die son se slaapplek. Graad 4. Leerdersboek: ’n lees-, leer- en taalreis saam met Balkie

Publikasiedatum

2004

ISBN

1770020012 (sb)

Uitgewers

Pretoria: Best Books

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Balkie en die woeste virus. Graad 5. Leerdersboek: ’n lees-, leer- en taalreis saam met Balkie

Publikasiedatum

2004

ISBN

1770020020 (sb)

Uitgewers

Pretoria: Best Books

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Balkie en die lugrowers. Graad 6. Leerdersboek: ’n lees-, leer- en taalreis saam met Balkie

Publikasiedatum

2005

ISBN

1770020063 (sb)

Uitgewers

Pretoria: Best Books

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engels 2005

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Jy en die dinousourus

Publikasiedatum

2007

ISBN

9780799339185 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Jamie en Sebastiaan en die storiemol / saam met Martie Kruger

Publikasiedatum

  • 2008
  • 2011

ISBN

9780799341348 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: LAPA

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Emma en die Blêg

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780799343977(sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Prenteboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Los ons uit! (Babelela 3)

Publikasiedatum

  • 2009
  • 2012

ISBN

978799345063 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Onder water

Publikasiedatum

2013

ISBN

9780799361100 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Ons kan! (Babelela 4)

Publikasiedatum

2013

ISBN

9780799362800 (hb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Jason en die boekwurm

Publikasiedatum

2016

ISBN

9780799374056 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Artikels oor en deur Martie Preller beskikbaar op die internet:

Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie.

Bron:

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Martie Preller (1948–) appeared first on LitNet.

Institute for Justice and Reconciliation: an interview with Eleanor du Plooy

$
0
0

In light of Mandela Day, Menán van Heerden chats to Eleanor du Plooy, project leader for the Ashley Kriel Youth Desk at the Institute for Justice and Reconciliation (IJR), about the work of the IJR.

The late Nelson Mandela dedicated his life to the pursuit of justice, freedom and reconciliation. Mandela Day was established to dedicate time and effort to improve the conditions within South Africans’ own communities. In what ways are these values (and those of Archbishop Emeritus Desmond Tutu, the patron of the IJR) reflected in the work of the IJR?

Our vision as an organization is to build fair, democratic and inclusive societies across Africa. To this end, an important aspect of the work of the IJR is the process of restoring the human dignity that oppression, conflict and poverty robs from its victims. Much of this work involves the deliberate bringing together of people from various walks of life who often have different points of view. Through our different projects, we try to create spaces that allow for a more authentic, honest engagement, particularly around issues that are difficult – and often painful – to talk about. We work in rural and urban areas with young and old, and make every effort to ensure that the most vulnerable members of our society – and those who have been and continue to be marginalized – are included in the conversation. This process of restoring human dignity can be a healing experience – healing in the heart of the individual, in the family and in the community, and ultimately healing on provincial and national levels.

In real terms, very few opportunities exist for meaningful interaction between identity groups. Race continues to be the foremost social division among South Africans, and remains inextricably linked to class and socio-economic status. Few spaces are available for positive interracial contact.

Abongile Mjokozeli speaking at one of the youth workshops hosted at Community House, Salt River.

How would you define the pursuit of justice and reconciliation and the importance of these objectives for South Africa?

I understand justice and reconciliation to be two sides of the same coin – one cannot be fully realized without the other, and the two are inextricably linked. The absence of justice makes reconciliation impossible. For me, reconciliation is about us collectively finding ways to walk together. It is a process that hinges on a holistic understanding of justice that emphasizes accountability for past wrongs and the need for future, peaceful co-existence. Individual accountability is a key component of justice, as are broader societal measures to address the structural injustices that face South Africa. Both in South Africa and abroad, IJR’s aim is to move beyond oversimplified binaries of reconciliation versus justice, and to continue its work to develop more complete approaches to both reconciliation and justice.

In a sense, reconciliation requires that we, as South Africans, re-introduce ourselves to one another, and, in efforts to construct a joint future, acknowledge and include everyone on the basis of social justice, mutual respect and human dignity. It is precisely because of the history of injustice in this country that every South African should pursue justice and ultimately reconciliation in their own sphere of influence. If we fail to recognise others as other faces of ourselves, then we are contributing not only to each of their oppressions, but also to our own; the anger which often stands between us must be used for clarity and mutual empowerment, not for evasion of guilt by further separation. I am not free while any other is unfree. Reciprocal recognition is the basis of freedom. Without it, we merely exist in relations of bondage.

Hillary Mahlangu and Wynand Breytenbach discuss what Heritage Day means to them.

All South Africans have the right to vote in our young democracy. However, numerous issues (such as racism, the struggles of social cohesion, socio-economic justice and the spatial legacies of apartheid) are still furthering exclusion and division. In what ways does the IJR confront these issues?

While justice retains a fighting chance in South Africa, and while the political transition brought substantial and stable gains to the majority of citizens, the country has its work cut out if it is to remain stable, let alone realize even the ideals with which it made peace in 1994. In recent focus group discussions with youth in communities in Vryheid, Warrenton, Grahamstown and Kimberley, some questioned why they should even vote if nothing seems to change. In the absence of or the delayed realization of these material ideals, the need to restore the human dignity of the more vulnerable and marginalized becomes even more critical in the realization of their social agency.

At IJR, we believe communities must participate in identifying, analysing and creating solutions to the conflicts and injustices that affect them. IJR contributes expertise to empower communities further with knowledge and skills to develop their capacity to achieve socio-economic justice and reconciliation. IJR’s approach is to orient itself with regard to neglected areas of justice.

In your June 2017 News24 column, you note that the #FeesMustFall student movement “brought to the fore … a new critique of political economy that brought together class, inequality, identity and lived experience. That’s where I find hope and we need to keep on talking no matter how uncomfortable it is.” As a post-conflict society, what is the value of dialogue for South Africa to move ahead and build a new South Africa?

Talking to one another is the first step in the very necessary process of re-humanization. When we engage one another in conversations that seek to understand rather than just to respond, we become better equipped not only to deal with difference, but potentially craft joint solutions. At IJR, we believe in the power of dialogue. And this is not talking for the sake of talking, but rather talking in a way that allows us to move from one point to another. In our work, we therefore take great care to facilitate deep and sustained conversations on critical issues that are transformative, problem-solving and inclusive.

If we are to make inroads into changing the legacy of apartheid and fostering new ways of being with one another as fellow South Africans, we need to consider critically these everyday injustices, and actively work toward dismantling systems which perpetuate apartheid thinking. Apartheid and colonialism were deliberate systems; therefore, efforts to bring about positive social change must be conscious and equally deliberate. Above all, these actions must be demonstrable.

There is some kind of magic that happens when people from different backgrounds come together in conversation. Here, Francios Swannepoel, a former agriculture student, shares with the group some shifts he has experienced during this process.

You are the project leader of the Ashley Kriel Youth Desk. Tell us more about this project, and how the legacy of Ashley Kriel influences this project.

The life and legacy of Ashley Kriel epitomizes the power that young people who are committed to bringing about positive social change have. He was only 20 years old when he was killed by the apartheid police; yet, in that short time, he inspired countless others who were fighting in the struggle for freedom. The work of the Ashley Kriel Youth Desk is to activate that transformative power that I believe all young people have. The project brings together a diverse group of young people, including university students and employed and unemployed youth, and engages them in conversation on issues of social justice and reconciliation. It has been an incredibly powerful experience to see the shifts in attitude and behaviour among these young people, many of whom have now taken up their own projects of transformation within their communities.

A focus of the IJR is intergenerational dialogue. Why is this so important?

In order to strengthen our families and our communities, we need to nurture opportunities for people to come together across generational lines to share views and experiences and provide support for one another. Intergenerational programs and conversations create spaces where inaccurate stereotypes can be challenged and dispelled. They have the potential to strengthen communities through the sharing of talents and resources that could help in furthering social cohesion. Children, youth and older adults become less alienated, and, in so doing, recognize and affirm that everyone can be a contributing member of society. Intergenerational programs can inspire collaboration that ultimately could unite community members to take action on public policy issues that address human needs across the generations. Given the divergent views between generations around the South African transition and the necessary compromises that were made and the consequent disjuncture that these divergent views can cause, the creation of spaces for intergenerational dialogue is crucial.

A key component of the project is to make use of space in interesting ways in order to encourage critical thinking and to expose youth to different environments. Here, youth meet at the District Six Museum, talking about identity.

Are the challenges faced by the so-called born-free generation very different or very similar to the struggles of their parents’ generation? How do the different generations engage with past and contemporary struggles respectively?

We know that the world young people grow up in now is significantly different to the world the previous generation grew up in. Extended periods in education for some, a precarious connection to the labour market, rising inequality, changes in patterns of home ownership and family formations, and increased access to information through digital media mean that the transitions that young people make now are qualitatively different to the ones made by the previous generation. What persists, however, across the country is that very few young South Africans experience a marked difference materially in their lived experiences compared with those of their parents’ generation. Limited access to quality education, abject poverty and high levels of unemployment mark the lives of many young South Africans. These, too, are markers of their parents’ generation, and some experience an even greater degree of hopelessness than their parents’ generation. In addition to this, the younger generation is also confronted by other limits to their life chances, in the form of escalating violent crime and HIV infection. This has led to some asking the question, “Born free from what?” The slow pace of social transformation, material change and socio-economic redress and reform has led to the rejection of the term “born free” by many young South Africans. This is because the majority of South African youth do not experience significant material differences in lived experience compared with their parents’ generation.

The economic realities of South African youth are a major contribution not only to their perceptions of the transition, but also to their sentiments around/toward democratic participation.

What lived experiences/stories of people you have worked with have affected/inspired you the most?

I am so fortunate to do this type of work. To me, it is spiritual work, because we deal with the lives and stories of people who are brave enough to come to the table and share of themselves. I will never forget how, after an annual Ashley Kriel memorial lecture, an elderly man came up to shake my hand. With tears in his eyes, he told me about the impact the project had had on his daughter. He mentioned seeing the growth in his daughter, but also described how it challenged their whole family to start thinking differently about the parts they could play in crafting a South Africa that is fair and inclusive, and where we live the ubuntu we profess to believe in.

Photos: provided by Eleanor du Plooy

The post Institute for Justice and Reconciliation: an interview with Eleanor du Plooy appeared first on LitNet.

Many stories to tell: an interview with Kanna award-winning playwright

$
0
0

Chenal Kock received a Kanna award in the category for best children’s theatre production at the 2017 Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn for her children’s theatre play In die woud. Her other children’s theatre play, Cindershoeler, was also nominated. In die woud was performed by her creative team: Caleb Peterson, Jurgen McEwan and Kurt Jonas.

Chenal chats to Menán van Heerden about her aspirations and her involvement in applied theatre youth projects in various communities.

 Chenal, congratulations on your Kanna award! You are only 22 years old; what are your plans for the future?

Thank you, Menán! I call my journey “Mixed But Not Fixed”. I want to achieve the highest and truest expression of myself. I have so many more plans for the future. I firstly want to continue to do what I am most passionate about, and that is scriptwriting. I always have so many stories to tell. I love writing comedy, but specifically in the “Afrikaaps” language, or, as some would call it, kombuis-engels. I do not see enough theatre on stage that involves the language of Afrikaaps, or the existence of an Afrikaaps dictionary, because when I write my scripts, I at times want to find out the correct spelling, but, for now, Afrikaaps remain a language that you can pronounce but does not necessarily have fixed spellings. I want to continue to explore movement/physical theatre. It was introduced to me by my university lecturers: Samantha Prigge-Pienaar, Anel Joubert and Estelle Olivier. I am very passionate about working with the human body, and using it to express stories and test its strength and flexibility. In future, I definitely see myself writing a motivational book. I want to continue to create creative workshops that explore themes such as identity, the expression of the body and leadership. My other present and future interests include poetry, cabaret, Afrikaaps rapping, directing, motivational speaking, fashion and learning the business side of theatre; and I am also an aspiring comedian!

The creative cast of In die woud at the Kanna awards ceremony. From left to right: Caleb Petersen, Chenal Kock, Kurt Jonas and Jurgen McEwan. Photo: Izak de Vries

How do you define applied theatre, and how does it contribute to your work with youth? How can theatre empower youth?

Applied theatre is a very complex term. I would academically define it as an umbrella term for the use of theatre and drama practices in an educational, community or therapeutic context, which often takes place in non-traditional settings. I would personally and simply define applied theatre as theatre/drama with and for the community/people, which is aimed at a specific purpose.

Applied theatre contributes a lot to the work I carry out with youth. It has allowed me to be involved with creative youth projects such as Vlottenburg Primary (Stellenbosch), Axios School of Skills (Eersterivier), Goedgedacht’s Path out of Poverty initiative (Malmesbury) and Project Alternative (ALT) (Stellenbosch). Within these projects, the participants were guided to explore liminal space: the place of potential. This space of potential brings out confidence and boosts other factors of one’s well-being, which I think is important, especially for the youth. It empowers them to be taken through a creative process, where they get to explore a sense of self-discovery in relation to themselves and others. This process offers tools and techniques, but within my or my co-facilitator’s scope of practice. I often work around themes such as identity, role-playing, the awareness of one’s body and leadership. I find these themes empowering, especially for youth.

One of the projects Chenal co-facilitated with her applied theatre honours group: Project ALT from the Aurora PSO at the University of Stellenboch. The theme they explored with them was identity.

Theatre holds great power in introducing the youth to stories – important stories. These stories being told on stage often trigger hidden stories within the youth that they are afraid to tell or explore. When they see these stories being told on stage, they feel like they can relate to the themes or language, or critically question what they see or experience. Theatre further empowers youth by creating a space for their imagination to expand creatively. I fully believe that creativity is contagious and that it should be passed on!

What is your winning production, In die woud, about, and what was the message(s) you wanted to convey?

In die woud is a workshopped children’s theatre production, which tells the journey of a young man who, upon his exploration through the jungle, discovers a magic cloth. The play contains elements of physical theatre and object theatre, and makes use of soundscape. The message In die woud wanted to convey was to invite the audience on a journey of one man’s discovery through and with nature; furthermore, that when you allow yourself to step into liminal space – the space of potential – this is when the magic happens. Children’s theatre really allows one to explore the creativity of one’s imagination, and I find this theatre genre extremely fascinating.

What/who inspires you to write and direct plays?

It’s hard to describe, but I get inspired by everything: daily observations, family gatherings, people I come across when travelling via public transport (taxi, bus and train), music, nature, etc. I would encapsulate it in this one word: awareness. When I am aware of my surroundings, feelings and impulses, this is when my trigger for writing gets corked and ready to shoot!

My high school (Cedar High) drama teacher, Peter Braaf, inspired me to write and direct my own plays. He always said, “If you can already visualize it, it is already on stage, and that makes a good director.”

I would also add that I get inspired to write and direct during workshopped productions, because when you explore with your team, you discover amazing material that comes from the performers during improvised rehearsal/workshopped sessions.

How does your background influence your work, and how did you get into theatre?

I had a very busy and creative background. I was always interested in a variety of things, from sport (netball, volleyball, soccer, softball, karate, cross-country, high jump and cycling) to leadership (prefect, representative council learner) to dramatic arts – writing plays and directing my drama group at high school. And I had an interest in being an entrepreneur: I was known to be the tuck shop girl in primary school, because I had to raise my own money to be able to go on school outings; this also continued at high school, and I also participated in extramural activities after school (entering competitions).

All of these experiences contributed to my personality: having an independent drive, being curious to find things out on my own. This contributed to my versatility as a creative artist, and, as a whole, it allows me to embrace my phrase: Mixed But Not Fixed.

Chenal with her parents at her graduation ceremony for her BA degree in drama and theatre studies (2015). From left to right: Margaret Kock, Chenal Kock and Mervin Kock.

I think I got into theatre through my passion for the arts, which started at my high school, Cedar High. The school planned a trip to the KKNK each year, where I was able to watch professional theatre. I became more inspired, and applied to train within a theatre youth programme, called Sithi, at the Baxter Theatre. The process included creative workshops, and was aimed towards a group performance, which was performed at the end of each term at the Baxter Theatre. Thereafter, I continued to follow my passion for the arts when I applied to study drama at the University of Stellenbosch, where I was further exposed to theatre.

Chenal’s applied theatre honours group. From left to right: Moira, Chenal, Marli, Nelene and Zwelakhe.

Who is/was your mentor, and how did he/she contribute to the learning of your craft?

A mentor, to me, is someone who guides you to unleash hidden potentials, who challenges you to step outside your comfort zone and who believes in your capabilities. I have had many inspirational mentors, which include my family, friends, lecturers and facilitators.

My parents continue to be my mentors. Their unconditional love and support for what I do is extremely important. They have contributed a lot to my craft, especially when I’ve needed that “Good luck” or “We’re here for you” or “We will support you” – especially knowing that I am entering into an industry that is not seen as a financially stable career. It has its ups and downs. My family as a whole, including my three siblings, play a vital part in my life. They are the ones I turn to and ask, “Is this joke funny?” or “Do you believe this acting?” And when I tell them I have a crazy idea, they jump in and just go with it. They are consistently there to celebrate my achievements, and knowing they have got my back is a fulfilling feeling. It is important that parents support their children. I know not all parents support their children wanting to be in this industry, and I am grateful and lucky to have a family like I have.

Peter Braaf was my first drama teacher. He introduced me to theatre and contributed a lot to my passion for my craft. He introduced me to noting things down during my drama classes, and I never knew how important this skill would become later in my life. As a whole, he shaped me into a scribe. I cannot picture myself going anywhere without a notebook and pen. This skill also taught me to be very observant and record processes, and my passion for writing developed further. Another important lesson that he taught me was to find the balance between practical and theory. This lesson prepared me for the transition to university.

Samantha Prigge-Pienaar was my movement/physical theatre lecturer at the University of Stellenbosch. She inspired and sparked my interest in movement/physical theatre. I was grateful to have been part of her two productions, Paper Circus (a departmental production) and Unravelling (performed at the 2015 Grahamstown festival). I always used to think that I had the weirdest way of moving when it came to my body, but she taught me to embrace my body’s individuality, and that each body has its strengths and weaknesses, and that is okay. I learnt that the body is like an instrument that has the potential to play many tunes. If you allow yourself to tune into your body’s melody, the music you hear is uniquely you.

About two months ago, I was grateful to be selected as one of four artists in a residency program at the Forgotten Angle Theatre Collaborative in Mpumalanga, where I was mentored by a number of industry specialists. This residency consisted of dance and physical theatre. I must admit, I was intimidated at first, because I do not consider myself to be a “dancer”, but more of a physical theatre mover. The residency experience involved a process of research, interrogation and the implementation of techniques, training tools and knowledge; creating a platform to learn, create and creatively play; tourist attractions and outreach programs. During the time of my residency, I was challenged to remove my mask and allow myself to tap into my vulnerability; this is what physical theatre does – it challenges me to dig deep, and if I were to give it a synonym, I would call it “emotional theatre”. The Forgotten Angle Theatre Collaborative visionary directors, Peter John Sabbagha and Athena Mazarakis, as well as a number of industry specialists, such as Gerrad Bester, Lucia Walker and a few others, really created a diverse space of creative freedom. The rehearsal space (Ebhudlweni Arts Centre) was one floor but different bodies, unique in their own ways of movement. My solo performance towards the end of the residency weirdly enough turned out to be a performance by my hands and feet, which investigated their relationship between each other, and their mobility and limitations.

Amelda Brand was my applied theatre lecturer who inspired me to become involved in applied theatre. I loved the fact that she not only exposed me and the rest of my applied theatre class to theory, but also created opportunities to practice the theory within creative projects, either in schools or within communities. I was fortunate because, at times, experience only begins once you finish your studies. This experience also gives me an advantage now when I apply for work. An important lesson that I gathered from her was the importance of reflecting. This helped me to think about what I do in more depth, to think further than the conventional, to question things critically and to realise that, yes, at times opportunities are given, but you also have to create them yourself.

A mentor plays a vital role in one’s life. They come in different forms, and at times they teach you many lessons, or just that one lesson that positively impacts your life. I love being open-minded and constantly learning, and I still have so much to learn and experience. I always hope to continue to be surrounded by such inspirational mentors!

The post Many stories to tell: an interview with Kanna award-winning playwright appeared first on LitNet.

Lakenwit

$
0
0

Wit lakens lê eensaam, gekreukel in nagmerries aan die regterkant van die dubbelbed. Voor die bekende geluid van die wekker, hoor ek my selfoon se luitoon tot vervelens toe sing.

"Hallo? Wat? O ... Nee ... Ja, ja, ek is Stiaan Reynders. Wanneer?" Aan die einde van die gesprek gaan die skreeuende wekker af.

"Voertsek!" raas ek. Ek beëindig besluitloos die oproep. Die selfoon tref die bed. Die wekker val na die houtvloer.

’n Koue stort en vinnige skeer fix als. Daarna klere, vandag geen suit en tie, net jean en hemp. Sedert verlede week se e-pos en aanhoudende geteister deur ’n ongeïdentifiseerde nommer, voel dinge nie juis pluis nie. Vanoggend se oproep het alles verander. Selfs die daaglikse protein shake word met ’n glasie whiskey vervang. Dit was die laaste strooi, besluit ek. Ek kan nie meer langer weghardloop nie.

’n Ek-beplan-nie-om-lank-te-bly-nie-rugsakkie word vinnig gepak. Ek gryp na die laaier en sleutel, albei verbasend vinnig opspoorbaar.

Wat het ek vergeet?

O, ja ... die katte. Die katte se kos word neergesit. Albei gemmerkatte baai nog in die oggendson. Ek groet  hulle met ’n handgebaar. My kinders het maniere van goud.

Die parkeerarea voor die blok flats waar ek bly sedert die bevordering, is grafstil. My blou Toyota se enjin veg teen die Bloemkoue. Na vyf minute se gevloek, kerm en skel, is ons in die pad.

"Thebo, demmit antwoord jou foon!" skree ek, maar al wat ek hoor is die beem-beem.

Ek's al byna voor sy huis, toe hy terugbel.

"Yes, bro? Sorrie brah, ek was nog deurie mis. Wat’s aan die gang?"

"Thebo, ek het ’n aanbod vir jou. ’n Proposisie, waaroor jy gou moet besluit."

"Bro, gooi dit!"

Ek vertel hom die hele storie. Van die vreemde e-pos van laasweek, tot en met vandag se oproep. Toe ek al die beans gespill het, stop ek op tyd by sy huis.

Thebo kom uitgehardloop, rugsak oor sy skouer, videokamera oudergewoonte om die nek.

Hy val langs my in. Ons stamp vuiste, soos ons as ou skoolbuddies nog altyd doen.

"Is jy seker hieroor?" vra ek voor ek die sleutel draai.

"Verseker. Bro's for life, Stiaan!" Hy klap my, oudergewoonte, op die skouer.

Dis nie net die manier hoe vriende mekaar opcheer nie. Ons is albei weeskinders, wat lank terug mekaar as broers aangeneem het. Ons twee ken mekaar al langer as wat ons onsself ken. Dus staan ons mekaar by, deur dik en dun.

***

Dis sterk skemer, toe Thebo se oë stadig oopgaan. Hy skuif-skuif homself orent hier langs my op die passasiersitplek. Maak seker sy kamera is nog veilig om sy nek en bestudeer die pad.

“Ja slaapkous ek weet wat jy gaan vra.”

Hy grinnik, maar vra steeds. “Hoe ver nog?”

“Van die naaste Engen af, of van ons destination af?” Ek haal vir ’n oomblik my oë van die pad af.

“Albei.” Sy skouers is ingetrek.

“Om en by so 10 km dan kan ons bene rek, maar nog ’n hele stootjie na Stompneusbaai,” verduidelik ek vinnig.

Thebo knik ingenome, vryf oor sy moeë oë en maak hulle weer toe. Ek wil aan hom stamp, hom dwing om wakker te bly. Sodat hy al hierdie stemme in my kop kan doodpraat. Maar ek weet ook Thebo het ingestem om saam te kom, maar nie om my heelpad te vermaak nie.

***

“Ugh,” kla ons albei gelyk  toe ons die padteken voor ons sien.

“Dis donkies ver!” kerm ek vanuit die passasiersitplek. Nadat ek byna voor ’n  Clover-vragmotor ingedraai het, het Thebo besluit om die leisels oor te neem. Al nadeel, Thebo bestuur volgens die padreëls en teen ’n bejaarde spoed.

“Dit sal jou weer laat dink, voor jy ’n rit vanaf Gauteng tot in die Kaap probeer indruk in ’n middag,” neem Thebo my kwalik.

“Hou op om so dramaties te wees.” Ek kruis my arms en kyk befoeterd die donkerte in.

“Hulle vat my seker vir ’n pop! Nog ’n bergpas, rêrig?” Thebo haat bergpasse, in totaal haat hy die N1, sowel as ’n grondpad. Dis nie abnormaal vir iemand wat as vyfjarige outjie albei sy ouers in ’n motorongeluk verloor het nie.

“Thebo!” gil ek meteens.

“Wat?” Dan sien hy die aankomende verkeer om ’n skerp draai op ons afpyl en swaai na links.

“’Skies brah. My fobie vir bergpasse het begin by my fobie vir afgronde en hoogtes en …”

“Chillax! Ek verstaan.” Hy lag verleë. “Jy’t soveel fobies, en dis die rede waarom jy hierdie afdraande soos ’n 70-jarige tannie agter die stuur aanpak.”

Thebo lag eers nie, maar toe ons die vallei binnery, teen ’n snelheid wat hy nog nooit gewaag het nie, begin hy verbouereerd lag.

“Hokaai!” terg ek, maar skielik begin die motor stamperig afbeweeg. Die wiele gly oor die nuut geteerde pad, totdat Thebo geen beheer oor die motor het nie.

“Wat gaan aan, Stiaan?” skree hy benoud, alles in die motor skakel af. Binne is dit donker, buite ook. Ons gille weergalm die nag in, soos die motor begin rol. Ons tuimel die donkerte in.

Toe ons uiteindelik tot stilstand kom, lê die motor op sy dak en my wêreld voel meer as net onderstebo. Ek sukkel om die sitplekgordel losgewikkel te kry. Met net ’n paar skrape, kruip ek uit die motor. Die lug ruik bedompig en die dampe wat uit die motor kom, maak my angstig.

“Thebo! Thebo!” Dit is stil in die vallei. Nie ’n enkele voertuig of enige hulp is te sien nie. Ek hardloop om na die bestuurderskant.

“Thebo?” Ek verwag om ’n bebloede, lewelose liggaam daar te kry, maar in plaas daarvan sien ek iets veel erger.

Ek sien niks. Thebo en sy kamera is skoonveld. Die voorste ruit, bestuurderdeur en -sitplek is onveranderd. Nie eers ’n druppel bloed op die toneel nie. Dit lyk of Thebo nooit daar was nie.

“Thebo!” roep ek oor en oor. Eers reageer ek soos ek altyd doen, woedend, maar na ’n ruk begin die vrees van die onbekende inskop. Ek dwaal al hoe verder van die geteerde pad af. Elke tree van die motor af is ’n tree dieper in die beboste valleiwoud in.

Na ’n paar minute van roep, gaan staan ek stil. Op soek na ’n geluid, ’n gevoel, selfs ’n aanraking, enigiets om my te oortuig, hierdie is nie net nog ’n nagmerrie nie.

Soos die natgeswete, wit lakens van vanoggend, so lyk die spookagtige beeld wat in die verte flits. Is dit ’n lig? Is dit Thebo se kamera?

Ek trek nuuskierig my oë op skrefies om elke meter van die woudtoneel voor my te ontsyfer. Toe ek terugkyk na waar die voertuig staan, sien ek uit die hoek van my oog ’n verbygaande beeld.

“Thebo, waar is jy my broer?” roep ek die woud in. In daardie einste oomblik hoor ek die motor agter my in vlamme opgaan. Die skielike skok dwing my magteloos op my knieë. My hart klop uit ritme uit. Die knetterende vuur verklaar dat als wat was, so pas verander het in verbrande as.

***

“Het jy seergekry?” Haar stem kom van nêrens af nie. Ek deins terug van die stroompie waar ek water geskep het.

“Wie is jy?”  My hande is voor my uitgestrek, in beskerming.

My oë beweeg oor haar lyf. Rooibruin lokke val oor haar weggeteerde skouers, haar lippe in bloedrooi kontras met haar spierwit vel en lakenwit satynrok. Aha! Sy’s die vinnig bewegende lig wat ek deur die bome sien vleg het.

Sy steek haar bewende hand na my toe uit, maar ek beweeg opsetlik ’n paar tree terug. Totdat ek vasgekeer word. My rug is teen die bas van ’n akkerboom gedruk.

“Moenie bekommerd wees nie. Ek’s nie ’n reeksmoordenaar nie.” Sy giggel, ek sluk hard. Veg teen botsende emosies, toe die volmaan wat op die water skyn, haar skoonheid weerkaats.

“Hulle sê altyd so in die movies! Hoe kan ek jou glo?” stry ek, met die redenasievermoë van ’n tiener.

“Glo my of glo my nie.” Sy swaai om, haar krulhare word verder verstrengel in die wind.

“Wag!” Sy loer geamuseerd na my. “Waarheen gaan jy? Hoekom sal ’n meisiekind soos jy hier in ’n nare woud bly?”

Sy lag, sodat die takke van die bome afbuig om haar geluk te omhels. Haar immergroen oë fokus alleenlik op my.

“Hierdie is nie ’n nare woud nie.”

Ek wys na my bebloede knie en handpalms. Sy grinnik sag. “Wel,  nie teenoor sy bewoners nie, maar die woud hou nie van vreemdelinge nie.”

“So, jy bly hier? Is jy ’n bosfeetjie of wat?”

Sy lag nie, lyk doodernstig. “’n Ou soos jy lyk nie na die tipe wat in slaaptydstories glo nie.”

“Ek doen nie. Ek is ’n weeskind, niemand het ooit vir ons sprokies vertel nie,” sê ek verbitterd.

“Ag, shame,” spoeg sy die woorde uit, sonder enige simpatie. Ek hou van haar. “Vir jou informasie, ek is ook ’n wesie wat in ’n woud bly. En voor jy vra … nee, ek is nie deur wolwe of gorilla’s grootgemaak nie.” Sy storm befoeterd weg. Ek sit haar nuuskierig agterna.

“So dit lyk my ek en jy het baie in gemeen, meisiekind?” terg ek. Sy klap in my rigting, asof ek ’n knaende muggie is.

“Ek bejammer myself nie,” sê sy.

“Ek …” ek bly liewer stil. “Jy het nie dalk my vriend gesien nie, het jy meisiekind? Ek en hy was op pad Stompneusbaai toe, toe ons motor gerol het en hy net spoorloos verdwyn het.”

Haar blik verklap alles. Sy glo my nie, dink dalk selfs nog ek is van my trollie af.

“Toe daardie motor gerol het … het jy nie miskien op jou k…” sy lag weereens, die keer onbeheersd.

“Nee-nee, ek belowe. Sy naam is Thebo, ons is dieselfde lengte en hy het ’n kamera om sy nek. Het jy hom nie êrens gesien nie? Dis immers jou woud.” Dié keer glimlag sy selfvoldaan.

“Net om te verseker jy word nie lewendig opgeëet nie, sal ek jou vriend help soek. Belowe my dan, julle trap uit hierdie woude uit. Erik sal nie daarvan hou dat twee stadsjapies hier rondloop nie.”

“Erik? Ek dog jy sê jy is ’n weeskind?” vra ek deurmekaar.

“Ek is. Erik huisves my net. Kom jy? Of bly jy?” Sy kies koers die digte bosse in, en as ek nie na haar hand gegryp het nie, het ek in die eerste sekondes al verdwaal.

***

“Ons loop in sirkels en hierdie nag kom net nie tot ’n einde nie,” kla ek na ure. Uitgeput val ek op die modderige grond neer.

“Hy moet hier êrens wees.” Sy kom versigtig langs my sit.

“Sal die Erik-vent waarvan jy gepraat het, nie dalk vir Thebo gesien het …?”

Sy val my in die rede. “Nee, as Erik vir Thebo gekry het, is hy lankal bokveld toe en ons sou die geweerskoot enige plek in die vallei gehoor het. Hy haat vreemdelinge.” ’n Rilling oortrek haar lyf.

“Wie is hierdie Erik-ou?” My stem klink swak en bang.

“Hy is ’n kluisenaar.” Haar oë sterf as sy oor hom praat.

“Waarom jou dan huisves?” Sy kyk weg. “Jammer, dis nie my plek om te vra nie.”

Sy gryp haastig na my hand, vou dit toe in hare.

“Nee, dis orraait. Hy is nie só sleg nie. Eintlik het hy my lewe gered. Toe ek nog ’n baba was, het my ouers in hierdie einste vallei verongeluk. Hy het my gered van die vlamme. En van toe af groot gemaak in sy bos-cabin. Ek skuld hom my lewe.”

“Ek verstaan, maar gebeur hierdie motorongelukke dan gereeld hier?”

Sy skud net haar kop en fluister: “Nee, julle ongeluk was die eerste een sedert daardie dag. Dis soort van ’n spookroete dié! Sommige aande wag ek, maar hier kom nooit ’n enkele motor verby nie.”

Vrae hardloop deurmekaar in my kop, deur my bloed en na my ingekrimpte hart. Hoekom het ek en Thebo afgedraai op ’n verlate pad en in die situasie beland?

“Het Erik ooit probeer om jou te herenig met jou familie?” vra ek. ’n Enkele traan rol oor haar wang.

“Hy het probeer. Maar blykbaar was dit net my ma, pa, boetie en ek. Hulle al drie het daardie nag gesterf. Erik is al wat ek het.”

Ek het niks verder gevra nie. Ek weet hoe sy voel. Verlore.

***

Die geweerskote in die middel van die nag het my laat wakker skrik. My arm was beskermend om haar gevou, waar ons gerus het onder ’n boom. Maar selfs haar nabyheid het nie die nagmerries van vlamme, rook en huilende stemme laat verdoof nie.

“Erik!” gil sy en spring terselfdertyd orent.

“Hy het vir Thebo gekry!” gil ek toe ek tot die besef kom.

“Dalk is dit nog nie te laat nie. Kom!” Sy volg haar instinkte en sit die klank agterna.

***

Die takkies kraak onder ons voete soos ons deur die modderige grond ploeg. Op die verste punt van die digte woud is daar ’n steil afgrond. Met swaaiende voete hang Thebo met sy hele gewig aan niks meer as sy kamera se band nie.

“Thebo?”

In die vroeë oggendlig kan ek sy oë sien blink. Die angs daarin is onmisbaar. Hy reik uit na my, soos hy oor die rand hang en veg vir sy lewe.

’n Sterk geboude man met breë skouers en ’n helse baard loer met pikswart oë na my.  Hy staan tussen my en my broer.

“Karien, wat dink jy doen jy met hierdie vreemdelinge in ons woud?” bulder Erik se stem. Hy praat met die meisiekind, genaamd Karien.

“Erik, bewys tog genade aan hulle. Hul voertuig het gerol … hul was verlore en …”

“Bly stil. Hou op met snik!” snou hy haar toe.

“Moenie so met haar praat nie!” verdedig ek haar. Hy gee my ’n vuishou in die gesig.

Ek val vir ’n tweede keer na die grond. Byna lights-out. Sy kniel by my, beskermend. Die band tussen ons is sterk.

“Stiaan!” skree Thebo diep in die nood.

“Asseblief, meisiekind. Help my en Thebo. Ons sal jou uit hierdie ou se kloue laat …” Erik skop weer na my en voor ek weet is hy op my. Sy houe reën neer soos ’n haelbui en die skade bly moeilik om te bepaal toe ek my bewussyn verloor.

“Klim af van my brah af!” hoor ek Thebo meteens langs my gil en ek besef Karien moes hom gered het.

“Vat so, jou niksnut! Niemand mors met die orphan-bro’s nie!” en daarmee saam tackle Thebo hom soos ek hom geleer het.

***

“Kom saam met ons, meisiekind,” smeek ek vir Karien toe ons weer by die pad uitkom. In die verte hoor ons Erik gil. Na Thebo hom byna doodgeslaan het, het ons hom aan ’n boomstam vasgebind, met Karien se hulp natuurlik. Sy is soos die Suid-Afrikaanse meisie-weergawe van Tarzan, wat my, Stiaan Reynders dan die rol van Jane gee.

“Ek kan nie. Hierdie is my huis. My hele wêreld, dis al wat ek ken,” verduidelik sy.

“Erik gaan jou lewe hel maak nadat jy ons gehelp het,” sê Thebo.

“Hy sal weer goed word. Asseblief gaan nou. Ek sal oorleef, ek doen altyd.” Sy wil net weghardloop, toe ek my lippe vinnig teen hare druk.

***

Thebo sit langs my op die strand van Stompneusbaai. Die water spoel oor ons voete en wat gister gebeur het voel soos ’n droom. ’n Goeie kombinasie van ’n droom en ’n nagmerrie.

Na die prokureur die testament van my sogenaamde oom gelees het wat nooit die verantwoordelikheid geneem het om my te versorg nie, het ons nie ’n sent ryker daaruit gestap nie. Net ’n brief. Dis al waarvoor ons die hele pad gekom het.

Ek vou dit onbelangstellend oop.

“So, wat sê dit?” vra Thebo, toe ek die papier woedend opfrommel.

“Dit sê my ouers het verongeluk en is vermoedelik opslag dood. Plaaslike inwoners het rook en vlamme een nag agter die bergreeks gesien. Reddingswerkers is ontbied en het my, ’n  huilende baba op die agterste sitplek gered.”

Thebo frons. “Wag, ’n bietjie hoekom klink die storie so bekend…”

“My ouers het op ’n verlate pad, aan die onderpunt van ’n vallei verongeluk. Vermoedelik as gevolg van iemand wat op die motor geskiet het.”  Ek verduidelik die brief hardop. “Ek het ’n tweelingsussie gehad wat daardie nag net spoorloos uit die voertuig verdwyn het.”

“Dink jy wat ek dink, Stiaan?” Ons kyk vreesbevange na mekaar.

“Dat ek my tweelingsuster gesoen het,” blaker ek uit.

“…en vir Karien agter gelos het by die man wie sy dink haar lewe gered het, maar wat eindelik julle ouers se dood veroorsaak het.” Thebo se stem bewe.

“Erik haat nie net die vreemdelinge in sy woud nie, hy haat ook die vreemdeling op die valleipad. Hy wou ons vermoor soos hy my ouers vermoor het. Ons moet vir Karien gaan red.”

“Ek is in!” beaam Thebo sonder om te twyfel.

***

“Is julle seker, Kaptein?” pleit ek vir die hoeveelste keer.

“Ja, mnr Reynders. Ons het hierdie woude gefynkam. Hier is geen teken van menslike aktiwiteite nie, ook nie van ’n skuiling van enige aard nie. Ek hoop regtig nie u het die polisie se tyd gemors met ’n wolhaarstorie nie.”

“Ek belowe, Kaptein. Hier was…” maar niemand glo ons nie.

Toe die polisie in die skemerte inry, bly Thebo en ek daar staan. Ons luister na elke ritsel, elke voëltjie wat fluit en hoor die nagmerries weergalm.

“Meisiekind!” roep ek sonder om ’n antwoord te kry.

Toe ons wegry, begin dit saggies reën.

In die truspieëltjie kon ek sweer ek sien ’n bosmeisie in ’n lakenwit rok op die geverfde geel lyn staan. Maar wie sal nou die weeskind, Stiaan Reynders, se storie glo?

The post Lakenwit appeared first on LitNet.

Demokrasie en Suid-Afrika in 2017

$
0
0

Daar word tans in Suid-Afrika baie gedebatteer oor die stand van demokrasie. Menán van Heerden het vir navorser Chris Nelson oor die huidige toedrag van sake gepols.

Hierdie onderhoud is gebaseer op twee LitNet Akademies Geesteswetenskappe-artikels deur Chris Nelson:

In jou 2010- en 2014-artikels identifiseer jy problematiese faktore oor die stand van demokrasie en die aard van magsuitoefening. Binne hierdie konteks, waarheen is Suid-Afrika tans op pad?

Sedert die oorgang na ’n inklusiewe demokrasie in 1994 het ek, soos miljoene mede-Suid-Afrikaners, met die vraag geworstel: Is ’n inklusiewe demokrasie in Suid-Afrika volhoubaar gegewe die traumatiese ervarings wat die samelewing op velerlei terreine gedurende die apartheidsera deurloop het? Na my finale aftrede in 2009 het ek met ’n navorsingsprogram begin met die hoop om antwoorde op hierdie kwellende en tergende vraag te verkry.

  • In 2010 het ek ’n LitNet Akademies Geesteswetenskappe-artikel getiteld Die stand van die demokrasie in Suid-Afrika: 'n kritiese perspektief gepubliseer. In die betrokke artikel is die inklusiewe Suid-Afrikaanse demokratiese politieke bestel geëvalueer in terme van sewentien vereistes wat universeel aan die suksesvolle funksionering van sodanige bestel gestel word. ’n Hele aantal ernstige probleemareas is geïdentifiseer.
  • Met die hoop om steeds ’n beter begrip te verkry van die vooruitsigte van ’n inklusiewe demokratiese orde in die nuwe Suid-Afrika het ek in 2011 met navorsing begin oor die verloop van die demokratiseringsproses in Afrika waarmee in die laat tagtiger- en vroeë negentigerjare begin is na die ineenstorting van Marxisties-Leninistiese outoritarisme regdeur die wêreld. Die volgende jaar het ek ’n artikel daaroor geskryf en dit is deur LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) in twee aflewerings gepubliseer. Die eerste deel was getiteld Demokrasie en demokratisering in Afrika (Deel 1): Konsepte, teoretiese benadering, historiese oorsig en huidige stand. Die tweede deel van die artikel was getiteld Demokrasie en demokratisering in Afrika (Deel 2): Die belangrikste faktore wat substantiewe oorgang belemmer. Hierdie gedeelte van die artikel het gehandel oor die belangrikste politieke-kultuur-, politieke-elite-keuse- en makrostrukturele faktore wat ’n substantiewe oorgang na ’n demokratiese orde in Afrika belemmer en wat Suid-Afrika daaruit kan leer.
  • In my voortgesette soeke na antwoorde oor die volhoubaarheid van die inklusiewe demokratiese orde waarop in 1994 besluit is, is die ondersoek in 2014 uitgebrei na spesifiek die lotgevalle van die Suid-Afrikaanse konstitusionele demokrasie (regstaat) wat in daardie jaar sy twintigste bestaansjaar gevier het. Hierdie LitNet Akademies Geesteswetenskappe-artikel was getiteld Die Suid-Afrikaanse regstaat na twintig jaar: gekonsolideer of besig om in outoritarisme te verval? In hierdie artikel is die Suid-Afrikaanse regstaat geëvalueer in terme van agt vereistes wat normaalweg gestel word vir die suksesvolle konsolidasie van sodanige staatstipe. Suid-Afrika het aan twee belangrike vereistes nie voldoen nie.
  • In die lig daarvan dat ’n demokratiese samelewing slegs kan gedy indien ’n ekonomies-welvarende samelewing geskep word, het ek in 2016 my navorsing toegespits op die vraag of die eietydse Suid-Afrika voldoen aan die vereistes wat aan die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie gestel word. Met die aanvaarding van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) in 2012 is op die inwerkingstelling van sodanige strategie besluit. Hierdie LitNet Akademies Geesteswetenskappe-artikel was getiteld Voldoen eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie? In hierdie artikel is twaalf belangrike vereistes geïdentifiseer waaraan die inwerkingstelling van sodanige inklusiewe groeistrategie moet voldoen. Suid-Afrika voldoen aan slegs vier van hierdie vereistes.

Uit die navorsing wat oor hierdie relatief lang tydperk en uit verskillende hoeke gedoen is, het dit geblyk dat die demokratiese stelsel in Suid-Afrika en regoor die Afrika-kontinent nie as ’n dawerende sukses beskou kan word nie. Tekenend was die Economist Intelligence Unit se bevinding dat in 2012 uit 44 state in die sub-Sahara-streek daar slegs een staat was wat as ’n volwaardige demokrasie beskou kon word, naamlik die klein eilandstaat Mauritius. Die ander 43 state was geklassifiseer as óf gebrekkige demokrasieë, óf hibriede stelsels óf volslae outoritêre stelsels. Nog ander navorsers het Afrika, uitgesonderd die Midde-Ooste, as die swakste geregeerde streek in die wêreld beskou.

Die belangrikste faktor wat vir hierdie uiters somber toestand verantwoordelik was, was die feit dat die demokratiseringsproses nie werklik die voortgesette konsentrasie van mag in die hande van die uitvoerende gesag genoegsaam getemper het nie. Streng gesproke was dit bloot ’n oorgang sonder verandering. Al wat werklik gebeur het is dat die termyne van presidente beperk is, maar dat hulle nie “getem” is nie. Navorsers wat hierdie besondere verskynsel waargeneem en bestudeer het, het daarna verwys as die “patologie van persoonlike heerskappy” of “the rule of the person versus the rule of the law”. Die algemene term wat gebruik is om hierdie patologiese toestand te beskryf was neopartimonialisme of die imperiale presidentskap.

Kortliks kom hierdie praktyk daarop neer dat die formele argitektuur van ’n moderne demokratiese staat – wetgewing wat regeringsoptrede aan bande lê, grondwette, regsoewereiniteit, geskrewe en ongeskrewe reëls en gebruike – gekombineer word met die informele realiteit van persoonlike en arbitrêre magsuitoefening en die smee van ’n omvattende stelsel van begunstiger-kliënt-bande wat strek vanaf die grootste “groot man” (die outokratiese president) tot sy hoof-indoenas en ander vertrouelinge wat op hul beurt weer optree as begunstigers van magshebbers op laer vlakke.

Sommige navorsers verduidelik neopatrimonialisme as ’n reeks konsentriese sirkels van begunstiger-kliënt-verhoudings waar die leier in die sentrum van die stelsel persoonlik senior regeringsaanstellings doen wat dan op hul beurt weer vertrouelinge op ander vlakke aanstel. Die leier beklee ’n verhewe posisie in die stelsel en bewerkstellig lojaliteit deur die verskaffing van ekonomiese voordele en politieke beskerming.

Die wyse waarop neopatrimonialisme geskied en die vernietigende uitwerking daarvan, nie alleen op die demokratiseringsproses nie, maar ook op die sosio-ekonomiese ontwikkeling van samelewings regoor Afrika word deur navorsers soos volg opgesom:

  • Stelsels van institusionele wigte en teenwigte word afgetakel deur wetgewende en regsprekende instellings se magte in te kort of ondergeskik te stel aan die uitvoerende gesag, in besonder die president. Ondergeskiktheid word gewoonlik bewerkstellig deur vertrouelinge in die wetgewer en alle staatsinstellings aan te wys. (Die lysmetode van die stelsel van proporsionele verteenwoordiging waarop in 1994 besluit is, het die proses in Suid-Afrika, in soverre dit die wetgewende gesag aanbetref, aansienlik vergemaklik.)
  • Informele norme is verhewe bo formele reëls, regulasies en beperkende maatreëls.
  • Die reg om te regeer is in ’n persoon gesetel en nie in ’n amp nie.
  • Ondergeskiktes is lojaliteit verskuldig aan persoonlike begunstigers en nie aan wetgewing, regulasies en instellings nie.
  • Outokratiese presidente en hul vertrouelinge gebruik staatsbronne as ’n persoonlike gerieflikheidsfonds om hul dominansie te behou en hul dominasie te verseker.
  • Aanstelling in staats- en ander poste op elke vlak dien as ’n vrypas of permit aan die betrokke posbekleër vir sowel persoonlike verryking as die begunstiging van ’n wyer netwerk van familielede, etniese verwante, vriende en sakevennote.
  • Individuele belange (veral selfverryking en ’n weelderige leefstyl) word as van groter belang geag as die lewering van openbare dienste soos die bou van paaie, die ontwikkeling van markte, die lewering van gesondheidsdienste, effektiewe wetstoepassing en die ontwikkeling van mensekapitaal.

Die bevinding van die navorsers was dat neopatrimonialisme in Afrika op sodanige wyse toegepas word dat dit as sinoniem beskou kan word met konsepte soos korrupsie, kliëntelisme, die skepping van baantjies-vir-boeties, kleptokratisme, prebendalisme, kwasi-state, roofdierstate, staatsplundering en staatskaping.

Die ongemaklike en ontstellende gevolgtrekking waartoe ek uiteindelik gekom het, is dat Suid-Afrika nie hierdie vorm van magsuitoefening vrygespring het nie. Onder die leiding van president Zuma is inderdaad in 2009 met ’n proses begin om, soos in talle state elders op die kontinent, neopatrimonialisme stelselmatig toe te pas. Die patronaatnetwerk wat deur president Zuma gevestig is en hierdie netwerk se betrokkenheid by rent-seeking, staatsplundering en staatskaping dien as sprekende getuienis. Meer hieroor in die antwoord op die volgende vraag.

Wat behels die aard en vlak van staatskaping in Suid-Afrika en hoe word demokrasie tans gekortwiek in hierdie verband? Wat is die langtermyngevolge hiervan?

Staatskaping vind plaas wanneer politieke leiers sake-ondernemings wat op gewetenlose winsbejag ingestel is, toelaat om wetgewing, beleidsrigtings, regulasies, regeringskontrakte en selfs sleutelaanstellings deur die regering in hul guns te beïnvloed op voorwaarde dat aan die leiers of hul familie en ander meelopers private ekonomiese voordele toegeken word. In Suid-Afrika word dit vandag wyd aanvaar dat president Zuma en die Gupta-familie die hoofakteurs in die proses van staatskaping is.

In die afwesigheid van ’n diepgaande ondersoek is dit tans baie moeilik om te bepaal wat presies die vlak en omvang van staatskaping in Suid-Afrika is. Dat dit egter beduidend en omvangryk moet wees en ernstige gevolge op die kort-, medium- en langtermyn vir die voortgang van die demokratiese orde inhou blyk uit die volgende:

  • Die voormalige Openbare Beskermer se verslag oor staatskaping asook haar aanbeveling dat die kwessie van sodanige ernstige aard is dat dit deur ’n regterlike kommissie ondersoek moet word.
  • Die ommeswaai deur die huidige Openbare Beskermer en aandrang dat haar voorganger se aanbeveling vir die aanstelling van ’n regterlike kommissie om bewerings van staatskaping te ondersoek nou as ’n saak van dringendheid beskou moet word.
  • Die bekendstelling deur ondersoekende joernaliste van ’n magdom uitgelekte e-posse (#GuptaLeaks) wat daarop dui dat die Gupta-familie en regeringslui by pogings ter staatskaping betrokke is.
  • Die verklaring van Adjunk-president, Cyril Ramaphosa, dat korrupsie en staatskaping in die besonder reeds sodanige afmetings aangeneem het dat dit onmiddellik deur ’n regterlike kommissie ondersoek moet word; dat die hoofakteurs deur die wetstoepassingsinstellings tot verantwoording geroep moet word; en dat die miljarde rand wat gesteel is herwin moet word.
  • Die aantygings deur alle opposisiepartye dat staatskaping reeds die effektiewe funksionering van belangrike staatsinstellings en staatsbeheerde ondernemings negatief beïnvloed het.
  • Die bevindings van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) dat Suid-Afrika onder die Zuma-regering op die rand van ’n Mafia-staat wankel.
  • Die dringende byeenkoms deur die Parlementêre Komitee oor Openbare Ondernemings ten einde die agteruitgang en verval van hierdie ondernemings te hanteer.
  • Die beroepe deur twee lede van die Drieparty-alliansie (die SAKP en COSATU) asook sekere veterane van die ANC dat president Zuma vanweë sy betrokkenheid by staatskaping moet bedank of afgedank moet word.
  • Die bekendstelling deur die State Capacity Research Project van ’n verslag met die veelseggende titel Betrayal of the Promise: How South Africa is being Stolen. Hierdie projek is ’n interdissiplinêre, interuniversitêre navorsingsvennootskap wat ’n bydrae wil lewer tot die openbare debat oor staatskaping. Volgens hierdie navorsers het ’n “stille staatsgreep” reeds in Suid-Afrika plaasgevind. Dit is gevolglik noodsaaklik dat ’n regterlike kommissie van ondersoek daarna ingestel word en dat die akteurs daarby betrokke krimineel vervolg moet word op klagtes van korrupsie, bedrog, geldwassery, rampokkery en moontlik verraad.
  • Die afgradering van Suid-Afrika tot rommelstatus deur die leidende internasionale kredietgraderingsagentskappe.
  • Die byeenroeping deur die Red Suid-Afrika-veldtog en die Ahmed Kathrada-stigting van ongeveer 100 instellings in die burgerlike samelewing om op vanjaar se Nelson Mandela Internasionale Dag ’n “breë front” teen staatskaping te vorm.

In jou 2014-artikel noteer jy die minagting (as dit so sterk gestel kan word) van die grondwet in die Suid-Afrikaanse regstaat deur talle politieke akteurs.

In hierdie verband: Raymond Suttner voer in ’n Mei 2017-meningsartikel aan dat opposisie partye en burgerlike samelewing formasies wat hoop om ’n rol in die herstel van die Suid-Afrikaanse demokratiese lewe te speel moet versigtig wees om op die howe terug te val.

Wat is jou gedagtes hieroor?

Dit is inderdaad korrek dat talle politieke akteurs in die Suid-Afrikaanse samelewing nie die oppergesag van die Grondwet aanvaar nie. Tekenend hiervan is die beskouing:

  • dat die grondwet bloot ’n kompromis-dokument is wat tydens die konstitusionele onderhandelings gedurende die vroeë negentigerjare deur “regse” elemente op die mense van Suid-Afrika afgedwing is;
  • dat dit ’n struikelblok in die weg van effektiewe regering is;
  • dat dit die radikale ekonomiese transformasie van die samelewing belemmer;
  • dat dit die voortsetting van armoede en ongelykheid sanksioneer; en
  • dat dit die skepping van ’n “nasionale demokratiese samelewing” by wyse van ’n “nasionale demokratiese rewolusie” onmoontlik maak.

Dat daar ook uit vele oorde oproepe op instansies in die burgerlike samelewing gedoen word om nie die geregshowe te oorlaai met versoeke vir beregting nie, is ewe waar. Hierdie beskouings en ingesteldhede hou egter nie rekening nie met die feit dat Suid-Afrika ’n regstaat is; dat die howe die finale arbiters in alle geskille is; en dat die Konstitusionele Hof in die besonder die bewaker van die grondwet is.

Volgens jou 2014-artikel word heroïese of grootse ideologieë (wat die fundamentele verandering van die samelewing ten oogmerk het), as belemmerend vir die konsolidasie van demokrasie en dus ook ’n regstaat beskou.

Is die frases “radikale ekonomiese transformasie” en “om die land terug te gee” (“to give back the land”) hedendaagse heroïese ideologieë?

Verskeie navorsers wys daarop dat heroïese ideologieë wat die fundamentele verandering van die samelewing ten oogmerk het, nie as bevorderlik vir die vestiging en konsolidasie van ’n demokratiese orde beskou kan word nie. Hierdie besondere oortuiging spruit voort uit die feit dat hierdie tipe ideologieë normaalweg op sodanige wyse toegepas word dat korrektiewe beleidsrigtings tot sosiale manipulasie oftewel “die politiek van verlossing” kan lei en gevolglik ’n kritiese ingesteldheid by die massas ondermyn.

In die vorige eeu was die heroïese ideologieë wat die Suid-Afrikaanse politieke toneel oorheers het apartheid en die herverdeling van welvaart op ’n sosiaal-demokratiese of sosialistiese grondslag soos in die Vryheidshandves uiteengesit. Die voorstanders van beide heroïese ideologieë was selfs bereid om tot wapengeweld oor te gaan ten einde die besondere idees tot vervulling te bring. Alhoewel apartheid uiteindelik die onderspit gedelf het, vind die oorblywende heroïese ideologie steeds gestalte in die Drieparty-alliansie se ideaal om ’n “nasionale demokratiese samelewing” by wyse van ’n “nasionale demokratiese rewolusie (NDR)” te vestig. Ofskoon aanpassings aangebring is sedert die grondslag van die NDR gelê is, is die heersende “politiek van verlossing” steeds in sosialisme gefundeer, wat uiteraard nie bevorderlik is vir demokratiese konsolidasie nie.

Die frases “radikale ekonomiese transformasie” en “terugneem van grond” kan op sigself nie as heroïese ideologieë beskou word nie. Tot die mate dat die betrokke frases egter deel vorm van die Drieparty-alliansie se langtermyn strategiese doelwit naamlik die vestiging van ’n “nasionale demokratiese samelewing” by wyse van die “NDR”, kan dit wel as sodanig beskou word.

Wat is jou opinie oor die staatsinmenging (as mens dit so kan noem) van skakelwese-firma Bell Pottinger en die Gupta-veldtog “wit monopolie-kapitaal”?

Die gebruik van propaganda as ’n buitelandse beleidsinstrument deur state is ’n bekende praktyk en kom wydverspreid voor. Kortliks behels propaganda die doelbewuste en sistematiese verspreiding van informasie, meestal van ’n bevooroordeelde of misleidende aard (soms blatante “vals nuus”), deur regerings om ander regerings of ’n bepaalde persoon, groep, beweging, instelling of soms selfs die hele samelewing te ondersteun, te benadeel of te ondermyn. Die groot moondhede in die internasionale stelsel beskik oor uitgebreide burokrasieë, plaaslik en in die buiteland, om hul eksterne propaganda-programme te bedryf.

In alle propaganda-programme word van bepaalde tegnieke gebruik gemaak om die trefkrag van die boodskap by die teikengehoor te vergroot. Van die belangrikste propaganda-tegnieke wat gebruik word is etikettering, veralgemening, oordrag, analogie, seleksie, meeloping, frustrasie-sondebok en vrees. Die eufemistiese term wat dikwels gebruik word om propaganda-programme te beskryf is “strategiese kommunikasie”.

Gegewe die ekstensiewe netwerke van nie-regeringstransaksies in die huidige internasionale stelsel word propaganda-programme ook op nie-amptelike vlak bedryf. Op hierdie vlak probeer ’n groep of instelling in een staat om deur die verspreiding van informasie soos hierbo beskryf die houdings van ander groepe of bewegings in ander state te verander of te versterk. Dit gebeur selfs dat nie-staatlike akteurs soos multinasionale maatskappye kommunikasieprogramme bedryf. Dikwels word reklame- en openbare skakelmaatskappye deur ’n wye reeks nie-staatlike akteurs ingespan om deur die verspreiding van sekere informasie die houdings van groepe in ’n bepaalde samelewing te verander of te versterk of die aansien van leiers in daardie samelewing op te bou of af te breek.

’n Sprekende voorbeeld in hierdie verband is die gebruik deur die Gupta-onderneming, Oakbay Investments, van die omstrede Bell Pottinger multinasionale skakelmaatskappy om ’n propaganda-program teen oënskynlik buitensporige tariewe ten behoewe van die betrokke familie en president Zuma te bedryf. In hierdie program is die mite van “wit monopolie-kapitaal” of “ekonomiese apartheid” as die sondebok voorgehou vir die ekonomiese ongelykheid, armoede en werkloosheid wat swart Suid-Afrikaners moet verduur en dat dit slegs reggestel kan word deur “radikale ekonomiese transformasie” soos deur die president en sy ondersteuners verkondig.

Na kritiek dat hierdie program die rassespanning in Suid-Afrika tot ’n gevaarlike vlak verhoog het, is die program nie alleen beëindig nie, maar het die hoof uitvoerende beampte van die Bell Pottinger-skakelmaatskappy, James Henderson, sy verskoning daarvoor aangebied en die personeel wat die program bedryf het, ontslaan.

In jou 2010-artikel word die besondere verband tussen sosio-ekonomiese ontwikkelingsvlak en suksesvolle demokrasie beklemtoon.

Ook, in jou 2014-artikel word beklemtoon:

“’n [R]egstaat verkeer die staat onder die verpligting om fundamentele menseregte en -vryhede te beskerm en te bevorder. In die Suid-Afrikaanse regstaat bevat hoofstuk 2 van die grondwet ’n handves van menseregte wat as een van die mees gevorderdes en omvattendes in die wêreld beskou kan word.”

In watter mate versuim die regering om die sosio-ekonomiese regte van sy burgers te beskerm? Wat is die langtermyngevolge hiervan?

Die Handves van Regte soos vervat in hoofstuk 2 van die Grondwet is ’n hoeksteen van die demokratiese bestel in Suid-Afrika. Die betrokke handves verskans nie alleen die regte van alle burgers nie, maar bevestig ook die waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid vir almal. Die Handves van Regte plaas voorts ’n verpligting op die regering om die regte daarin vervat te eerbiedig, te bevorder en te verwesenlik.

Die regte waarvoor in die Handves van Regte voorsiening gemaak word kan in twee kategorieë ingedeel word, naamlik burger- en politieke regte aan die eenkant en sosio-ekonomiese regte aan die anderkant. Die burger- en politieke regte omsluit regte soos die reg op gelykheid; die reg op menswaardigheid; die reg op persoonlike vryheid en veiligheid; die reg op privaatheid; die reg op godsdiensvryheid; die reg op meningsvryheid; die reg op uitdrukkingsvryheid; die reg op vryheid van byeenkoms, staking en petisionering; die reg op vryheid van assosiasie; politieke regte; die reg op burgerskap; die reg op vryheid van beweging; die reg op vryheid van handel, beroep en professie; en arbeidsregte.

Die sosio-ekonomiese regte omsluit regte soos die reg op opvoeding; die reg op voedsel; die reg op gesondheidsorg; die reg op grondbesit; die reg op water; omgewingsregte; die reg op maatskaplike sekuriteit; en die reg op behuising.

Vorige ANC-regerings het sedert 1994 indrukwekkende bydraes gelewer om die regte soos in die Handves van Regte vervat te verwesenlik. Enkele voorbeelde dien ter illustrasie:

  • Ongeveer 17 miljoen Suid-Afrikaners ontvang maatskaplike toelaes.
  • Suid-Afrikaners kan aanspraak maak op die burger- en politieke regte soos hierbo uiteengesit.
  • Indiensneming het met 60 persent toegeneem.
  • Die ekonomiese infrastruktuur is verbeter deur die bou en opgradering van paaie, hawens, spoorlyne, kragstasies en damme.
  • Meer as agt miljoen skoliere geniet gratis onderwys, terwyl meer as nege miljoen skoliere baat vind by die voedingskema vir skole.
  • Gratis mediese sorg word verskaf en meer as 1500 gesondheidsorgfasiliteite is opgerig. (Suid-Afrika se program vir die bestryding van die VIGS-epidemie is van die mees omvangryke in die wêreld.)
  • Ongeveer drie miljoen regeringsgesubsidieerde huise is gebou wat toegang tot behuising aan 12 miljoen Suid-Afrikaners bied.
  • Ongeveer 90 persent van huishoudings beskik oor watertoevoer terwyl 88 persent oor elektrisiteitstoevoer beskik.

Tans word die volle verwesenliking van alle Suid-Afrikaners se sosio-ekonomiese regte soos in die grondwet uiteengesit egter gekortwiek deur die wydverspreide voorkoms van korrupsie in die vorm van rent-seeking, staatsplundering en staatskaping soos hierbo vermeld.

Mediavryheid is van kardinale belang in ’n demokrasie. Wat is jou gedagtes oor die hedendaagse intimidasie van joernaliste?

Die kwaliteit, beskikbaarheid en vrye vloei van inligting in ’n samelewing word wêreldwyd as van kritieke belang vir die suksesvolle funksionering van ’n demokratiese politieke bestel beskou. Die vrye media wat hieraan beslag moet gee, word inderdaad as die suurstof van ’n demokrasie beskou. Die onlangse intimidasie van joernaliste deur die voormalige hoof uitvoerende beampte van die SAUK, sekere politieke partye en anargistiese elemente is nie alleen ’n skending van die politieke en burgerregte wat in die Handves van Regte en die Grondwet verskans is nie, maar vorm ’n ernstige bedreiging vir die voortbestaan van die ganse demokratiese orde. Die onlangse afsterwe van die bekende SAUK-joernalis, Suna Venter, beklemtoon ook die tragiese gevolge wat intimidasie-veldtogte van hierdie aard vir persone wat die joernalistieke beroep beoefen kan inhou.

Wat is die grootste “vyand(e)” vir magsbehepte politici in ’n demokratiese bestel: sosiale kohesie oor ras-, etnisiteit-, en klassegrense? ’n Opgevoede burgery met werk? Goeie dienslewering?

Myns insiens bestaan daar drie groot “vyande” wat ’n bedreiging vir magsbehepte politici in Suid-Afrika daarstel. Die eerste groot “vyand” is die omvattende stel politieke, burger- en sosio-ekonomiese regte wat in die Handves van Regte uiteengesit is, grondwetlik verskans is en bepaalde verpligtinge op regeringslui plaas. Die tweede groot “vyand” is die Konstitusionele Hof aan wie die taak opgedra is om as die bewaker van die Grondwet op te tree. Die derde groot “vyand” is daardie vrywillige instellings in die burgerlike samelewing, bestaande uit lede van alle rasse-, etniese en klassegroepe, en wat reeds ’n reputasie opgebou het om die Grondwet en die regte en vryhede daarin vervat jaloers te bewaak asook vergrype soos staatskaping aan die kaak te stel.

Aanduidend van die feit dat magsbehepte politici die Grondwet inderdaad as ’n gedugte “vyand” beskou, is die beroep deur president Zuma gedurende die 2014-verkiesing gedoen dat die kiesers aan hom en die ANC ’n “baie groot” meerderheid moet besorg sodat hy “sekere dinge” in die Grondwet kan verander aangesien dit “sekere struikelblokke” bevat.

Met die stigting van die EFF, die probleme wat die ANC tans binne geledere ondervind, die huidige verdeeldheid binne die Drieparty-alliansie en die DA-Helen Zille-kolonialisme-debakel, wat is die vooruitsigte vir die demokrasie in 2019?

Dit is uitermate moeilik om te voorspel op welke wyse bogemelde gebeure die vooruitsigte vir die demokrasie in Suid-Afrika in die nabye toekoms sal beïnvloed. ’n Ontleding ten einde tot ’n afdoende bevinding te kom sou boekdele verg. Wat wel onomwonde en met sekerheid verklaar kan word, is dat die huidige opvolgstryd wat homself tans binne die ANC afspeel van bepalende belang vir die vooruitsigte van die demokratiese orde in Suid-Afrika is. Sou die Zuma-faksie en hierdie faksie se kandidatuur as die wenners na vore tree, is die vooruitsigte vir die demokrasie rampspoedig. In die beantwoording van vorige vrae is reeds gewys op die betrokkenheid van hierdie faksie by korrupsie, staatsplundering en staatskaping. Sou rasionele denke egter deur ANC-lede aan die dag gelê word en sorg gedra word dat, tydens die ANC se komende nasionale konferensie, die Ramaphosa-faksie seëvier, is die vooruitsigte vir die herstel van nie alleen die ekonomie nie, maar ook die konsolidasie van die demokratiese bestel uitstekend.

The post Demokrasie en Suid-Afrika in 2017 appeared first on LitNet.

D.J. Opperman se verbond met die skeppende God: ’n Interpretasie van Heilige beeste en Negester oor Ninevé

$
0
0

D.J. Opperman se verbond met die skeppende God: ’n Interpretasie van Heilige beeste en Negester oor Ninevé

Lina Spies, Universiteit van die Vrystaat

LitNet Akademies Jaargang 14(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

D.J. Opperman se verhouding met God en sy geloof is ’n sentrale motief in sy poësie waardeur die Bybel ’n prominente plek inneem in die groot verwysingsveld van sy werk. Soos uit die titels van sy debuut, Heilige beeste (1945), en sy tweede bundel, Negester oor Ninevé (1947) blyk, is die religieuse motief reeds daarin ’n essensiële gegewe en is die twee bundels ’n wesenlike komponent in die geheelbeeld van sy geloof binne sy oeuvre. In hierdie artikel bepaal ek my by die bespreking van die religieuse gedigte binne hierdie komponent as selfstandige tekste, maar in noue samehang met mekaar. Die neerslag van die Bybel in Opperman se werk getuig van sy Calvinistiese opvoeding. Nogtans het hy nie grootgeword binne ’n streng behoudende Calvinisme nie, as gevolg van sy vader, D.J. Opperman sr., se geloof in die spiritisme, waarvan hy sy seun en naamgenoot wou oortuig, veral ten opsigte van die lewe ná die dood. Op die lange duur het hy nie daarin geslaag nie, maar “spiritisme” het ’n belangrike impuls gebly vir Opperman se poësie. Die spiritistiese opvatting dat die mens eers in die hoogste hemel van sy liggaamlikheid bevry word tot lewe in sy volle sin, het hy omgekeer: die “gevange geeste” is nie gekerker in die liggaam nie, maar is hulle wat, losgemaak van die aarde deur die dood, sintuiglik daarna terugverlang (“Gestorwene”: Heilige beeste). Opperman se aardeverbondenheid gaan ook gepaard met sy intense bewussyn van die pyn in die skepping wat aanleiding is daartoe dat hy kies vir die navolging van Jesus, maar as ’n aweregse dissipel, soos spreek uit die titel van sy gedig “Dertiende dissipel”. Paradoks en ironie lê aan die grond van die “dertiende dissipel” se wegkeer van die kruis om terug te keer tot God; ’n toe-eiening vir homself van ’n worstelende God in sy onveilige, pynlike selfvolmakingsproses binne die skepping. Heilige beeste is voorafgegaan deur ongeveer dertien jaar waarin Opperman met oorleg en geduld gedigte gesif en gekeur het soos blyk uit die beskikbare manuskripmateriaal alvorens hy tot bundeling oorgegaan het (Spies 1992:25). In teenstelling met dié lang ontstaansperiode verskyn Negester oor Ninevé slegs twee jaar ná sy debuut as ’n sterk eenheidsbundel. Die polêre spanning wat daaraan ten grondslag lê, word deur die titel gesimboliseer. Die Negester-tema verteenwoordig droom, geboorte, verlossing en vind uitdrukking in die verwagting en geboorte van ’n kind in die drieluik ”Spel”, “Grot” en “Ark”, met die oorkoepelende titel “Genesis”. Die Ninevé-tema verteenwoordig werklikheid, skuld, doem en vind uitdrukking in “Ballade van die grysland” as die ondergangs­verhaal van ’n jongman in die stad as “grysland” en in “Legende van die drenkelinge”, wat Opperman se weergawe van die sondvloed is. Die Bybelboek Genesis is die belangrikste interteks van dié bundel. Met die geboorte van sy eersteling besef die vader dat liefde vir die vrou en die verwagting van hul kind ’n proses van selfontdekking, maar ook van selfvervreemding was wat sy hergeboorte as digter noodsaak. Vir dié hergeboorte vind hy in die Bybelse profeet Jona die ideale skuilfiguur. Die Jona-legende word die omdigting van sy vlug en terugkeer na die “grysland”, waar hy as begenadigde enkeling staan voor Kaapstad as ’n “God-erbarmde Ninevé”. Binne die werklikheid waaraan Opperman gestalte gee in die gedigte waarop ingegaan is in hierdie artikel, is hy as “dertiende dissipel” ’n geroepene van die Ou-Testamentiese skeppende God van die verbond en andersyds deelhebber aan God se selfvolmakingsworsteling in al die aardse bestaansordes. Hierdie twee kante sluit naatloos binne Opperman se komplekse religie in sy eerste twee bundels.

Trefwoorde: D.J. Opperman; Heilige beeste; Negester oor Ninevé; verbond

 

Abstract

D.J. Opperman's covenant with God who creates: an interpretation of Heilige beeste and Negester oor Ninevé

An investigation of the religious motif in the poetry of D.J. Opperman focuses on the religious poems in his first two collections of poetry, Heilige beeste (1945) and Negester oor Ninevé (1947), an essential component in the overall picture of his religious experience and beliefs. Unpublished poems in the Opperman Collection of the Stellenbosch University and in Die Huisgenoot are also incorporated in so far as they deepen and enrich the interpretation of the published poems. The most important intertexts in Negester oor Ninevé are Genesis, the Bible book behind the collection of poetry, and The nine bright shiners (1943), the collection of poetry by the poet Anne Ridler. Vital for my understanding of Genesis is In the beginning: A new interpretation of Genesis (2011), the study by the religion specialist Karen Armstrong.

The large Biblical field of reference in Opperman’s oeuvre can be ascribed to the prominent role of the Bible in the Calvinism to which his generation belonged. In his essay “Kuns is boos!” (“Art is evil!”), Opperman writes that his grandfather was a strict but humane Calvinist (1959:142). The humanity of his grandfather and his father’s faith in spiritualism were responsible for the fact that the young Opperman did not grow up in a strict, conservative Calvinistic milieu. The Christianity of his father, D.J. Opperman Snr, was closely connected with spiritualism, that is, “the belief that the spirits of the dead can communicate with the living, esp. through mediums” (The Concise Oxford Dictionary). Opperman Snr wanted to convince his son of spiritualism, especially regarding life after death.

An understanding of his father’s spiritualism is important for an adequate interpretation of several religious poems in Section 4 of Heilige beeste, especially the introductory elegiac verse, “Nagedagtenis aan my vader” (“Memory of my father”). In this poem, the son’s increasingly concrete and sensory perception of reality is combined with a growing scepticism of his father’s spiritualism. In the concluding two-line stanza the concrete, sensory reality remains the lasting, unbridgeable divide between father and son.

Although Opperman gave up his father's faith in spiritualism, it remained an important impulse in his poetry. He reversed the spiritualist view of humanity as being incarcerated in its body from which it will be liberated only in the “highest heaven”, into the directly opposing view: the “captured spirits” are not the ones who are incarcerated in the body, but those who yearn for earth after they had been separated from it, through death, as in the poem “Gestorwene” (“Deceased”).

In Opperman's consciousness of his connectedness to the earth he chooses discipleship of Jesus, but this discipleship has an unusual nature, as is evident from the title of his poem “Dertiende dissipel” (“Thirteenth disciple”). The “dassie” (hyrax) that “huil onder die daeraad” (“cries under the morning”) in the first line of “Dertiende dissipel” scares Opperman's speaker to such an extent that he leaves the “skuiling by die kruis” (“shelter at the cross”). The abandoning of the cross happens through pain because of the violence in the animal kingdom, described in “Verbond” (“Covenant”), which precedes “Dertiende dissipel”. The covenant between humanity and animals has existed since their creation, and is confirmed by God's covenant with Noah after the Flood. According to Christian dogma, Jesus' crucifixion assures believers of their salvation so that they are safe at the cross. But abandonment of the cross represents, for the “thirteenth disciple”, his paradoxical return to God in his exposure to the pain in creation; an appropriation for himself of the unsafe, painful process of self-consummation of a God wrestling in all the orders of existence.

In Negester oor Ninevé, the idea of the covenant finds its full meaning in association with the story of the Flood. What Karen Armstrong writes about the Flood led me from the interpretation of “Legende van die drenkelinge” (“Legend of the drowning people”) as the great retribution poem to its interpretation as the great destruction poem in the collection of poems. Armstrong writes about the Flood: “When we think about this story, we tend to focus on the harbour of the Ark and forget about the flood itself. Poussin's picture The Deluge is a useful corrective: we scarcely see the Ark. Instead we focus on the despair and terror of the men and women who are about to be drowned” (2011:43).

Opperman provides the same correction in “Legende van die drenkelinge” as the title already indicates. In the third verse, a “reus uit die verdorwe ras” (“giant from the corrupt race”) (Gen. 6:4), becomes the protagonist in Opperman's dramatic version of the Flood. He and the narrator describe the events that take place as the Flood violently destroys all life (Gen. 2-5), their focus throughout on the animals. After the disastrous night, the giant man as the last survivor realises that he, too, will not survive. He no longer thinks of God as the God of the “uitverkore groepie” (“chosen little group”), but as the God outside of whose “Ark of Mercy” there are only the wasting waters and the senseless actions of humanity. The “big rainbow” that appears in the final two lines of the verse presupposes that the cruel God as the Destroyer of humanity and the animal kingdom has also changed.

“Ballade van die grysland” (“Ballad of the grey land”) is the great poem about guilt. It is the story of the downfall of a young man from the countryside. He escapes from his meaningless urban working conditions by committing fraud. After realising his guilt he, together with his “confused brothers”, longingly stares from behind bars to the city they had not been able to transform into an Eden.

In direct contrast to “Ballade van die grysland”, stands “Negester en stedelig” (“Nine bright shiners and city lights”), in which Opperman consciously gives a male perception of the expecting and the birth of a child. “Negester” is a symbolic constellation that refers to the nine months preceding the birth of a child. The direct stimulus for his “Negester” was the English poem “The nine bright shiners” by English poet Anne Ridler. In her poem “For a christening”, the “nine bright shiners” shine above the child in his safe foetal sleep, whereafter he will be safe in God's hand, in his “terrible mercy”. Opperman temporarily decides on the teaching of Christ and the Ten Commandments as guidelines for the child's safe journey through the grey land, but then liberates him from the Christian confession. What he asks for the child is a realisation that his deeds verge upon eternity and, together with that, that the “Suiderkruis en Negesterre witter/ as die stedeligte in [sy] siel bly skitter” (“Southern Cross and Nine Bright Shiners will keep shining whiter in his soul than the city lights”).

For Opperman, the birth of his first-born, a daughter, represents his rebirth as a poet. For this rebirth he finds the Biblical prophet Jonah the ideal objective correlative. Like a Jonah, he has abandoned God's commandment. The metaphors in which Jonah prays in the belly of the fish become the metaphors of the waters from which the poet Opperman is reborn. In the final poem of this volume, “Moederstad” (“Mother City”), the reborn poet finds himself in Cape Town as the “God-erbarmde Ninevé” (“God-mercified Nineveh”).

In my investigation into the religious motif in Opperman's poetry in this article I come to the conclusion that in the most important poems in Opperman’s first two volumes of poetry, the God of the Old Testament is revealed as the Creator and Covenant God. Opperman, as a man and poet, gives his own individual meaning to the covenant. God is at once transcendent as the God of the Old Testament and immanent as the God in the process of his on-going self-perfection in his creation. Through his crucifixion, Jesus was the great “example” of the Saviour of God caught up in his creation (“God in hierdie skepping vasgevang” in “Legende van die drie versoekinge” (“Legend of the three temptations”)). To this, the poet as the “dertiende dissipel” is also called.

Keywords: D.J. Opperman; Heilige beeste; Negester oor Ninevé; covenant

 

1. Inleiding en probleemstelling: Heilige beeste en Negester oor Ninevé, ’n wesenlike komponent in die geheelbeeld van Opperman se religie

Die siening van wie God is en in watter verhouding hy tot God staan, behoort tot die wese van D.J. Opperman se poësie. Die poëtiese uitdrukking van sy besinning oor en belewenis van die Christelike godsdiens in sy debuut, Heilige beeste, en sy tweede bundel, Negester oor Ninevé, is ’n wesenlike komponent in die geheelbeeld van sy geloof binne sy oeuvre. Hierdie artikel fokus op die bespreking van die religieuse gedigte as selfstandige tekste in dié twee bundels en in samehang met mekaar binne bundel- en ook binne oeuvreverband, waar dit die betekenis van die enkelgedig en die bundel verryk. Eweneens kom die verband wat die digter se menswees hou met sy poësie, waar dit bekend en ter sake is vir groter begrip van dié poësie, aan bod in my betoog.

Die debuutbundel van ’n groot digter is altyd van beslissende betekenis vir sy digterskap en dis in die besonder waar van D.J. Opperman se debuut. Heilige beeste het oor ’n tydperk van ongeveer 13 jaar ontstaan, vanaf die digter se middelbare skooljare toe hy in 1932 begin dig het tot die verskyning van hierdie eersteling in 1945. In dié periode het hy twee maal ’n manuskrip aan G.S. Nienaber, sy eertydse professor aan die Natalse Universiteit, Pietermaritzburg voorgelê, en uit ’n brief aan hom blyk dit met hoeveel sorg en oorleg Opperman sy verse gesif en gekeur het voordat dit as bundel gepubliseer is (Spies 1992:25, 26). Heilige beeste is nie jeugwerk nie, maar ’n indrukwekkende bundel wat tereg met die Hertzogprys bekroon is. Reeds uit dié volwasse debuut blyk dit dat Opperman se digterskap nie los te dink is van sy verbondenheid aan die aarde en die aardse nie, en by implikasie dus ook nie sy geloof nie. Hy is sintuiglik verbind aan die aarde met die wete van God se teenwoordigheid in sy skepping en sy worstelstryd binne al die bestaansordes tot groter selfvolmaking.

In teenstelling met die lang ontstaansperiode van Opperman se debuut het sy tweede bundel slegs twee jaar ná sy eersteling verskyn. Die titel van dié tweede bundel, Negester oor Ninevé, dui reeds op ’n tematiese vernuwing met verwysing na Ninevé, die stad in die Bybel waarheen die profeet Jona deur God gestuur is om sy vernietiging te verkondig tensy die inwoners hulle bekeer. Vir die vergestalting van die skuld- en verlossingsmotief is die belangrikste bron egter nie die boek Jona nie, maar die eerste boek van die Bybel, Genesis. Nie net vir sekere gedigte kom die intertekste uit Genesis nie, maar in sy geheel is Genesis die boek agter Negester oor Ninevé; en in ’n hoë mate geld dit ook vir Heilige beeste.

 

2. Die oorsprong van ’n oorwoë digterskap: die heilige drie drifte

Die lang ontstaansperiode van Heilige beeste het noodwendig tot gevolg gehad dat die eenheid van die bundel nie uit die gedigte self gegroei het nie, maar hoofsaaklik van buite af daaraan opgelê is. Die titelgedig “Heilige beeste” het nie deel uitgemaak van die inhouds­opgawe van die manuskrip nie en is kennelik later gekonsipieer en deur die digter bedoel om die bundel te oorkoepel. Dit is met dié bedoeling afsonderlik van die vier afdelings waarin die verse opgeneem is, afgedruk. As mottovers dien dit, soos Kannemeyer (1979:14) tereg sê, as “tematiese wegwyser en strukturele sleutel,” nie net vir die bundel nie, maar vir Opperman se hele oeuvre:

Dit is my laaste besit
wat ek bedags langs die Taka verdedig
en snags in die kraal tussen kiepersol en klip:

hulle wat wei
waar die hadida in die noorsboom wag
bo peule, miershoop en gras;

hulle wat afhanklik is
van die bul wat die sand krap
en die reuk van die koei nog vat;

hulle wat afstam
van kuddes deur dansende impi’s omring
in die koningskrale van Senzangakona en Dingaan;

hulle my drie drifte:
die aardse, die vrou en die Groot-Groot-Gees
oor die kraal tussen kiepersol en klip.

Die Zoeloewagter kom as ek-spreker in die gedig onmiddellik aan die woord en sê oor die beeste wat in die titel genoem is dat dit sy “laaste besit” is en as sodanig vir hom so kosbaar is dat hy dag en nag buite en binne die kraal oor hulle waak (strofe 1). Hulle is “heilige beeste”, want hulle stam af van die kuddes uit die trotse verlede van die Zoeloe as dapper krygsman (strofe 3). Die “heilige beeste” word in die slotstrofe die “drifte” van die digter, verteenwoordig deur die drie verskillende hoedanighede van die beeste in die drie middelstrofes van die gedig: “die aardse, die vrou en die Groot-Groot-Gees”. Dié drie drifte is deel van die digter se menswees buite sy gedig en sy oeuvre, maar as verwesenlikte impulse is hulle motiewe, onlosmaaklik aan mekaar verbonde binne sy gedig en sy oeuvre.

 

3. Die onlosmaaklike verbondenheid aan die aarde

Die Afrikanerkind het minstens gedurende die drie generasies ná die Anglo-Boereoorlog grootgeword met huisgodsdiens waarbinne die Bybel, getrou aan die Calvinisme, ’n sentrale plek ingeneem het. Die vanselfsprekende gevolg daarvan was dat momente uit die grootse verhaal van die Bybel in die poësie van prominente Afrikaanse digters geassimileer is in die klein, kompakte wêreld-in-woorde van gedigte. Opperman was, as lid van die tweede generasie ná die Anglo-Boereoorlog, geen uitsondering nie. In die groot verwysingsveld van sy poësie neem die Bybel ’n prominente plek in.

Nogtans is die seun Diederik Johannes, naamgenoot van die vader, met wie hy ’n noue band gehad het, nie opgevoed in ’n behoudende Calvinisme nie, want Opperman sr. se geloof het nie berus op die leerstellinge van Calvyn nie, maar op “spiritisme” waarvan hy sy seun wou oortuig, veral ten opsigte van die lewe ná die dood. Alhoewel hy op die lange duur nie daarin geslaag het nie, was die ingrypende gevolg daarvan dat die digter ook nie die Calvinistiese geloof in die hiernamaals aangehang het nie. In ’n manuskripboekie van Opperman sr. (Opperman-versameling, J.S. Gericke-biblioteek, Universiteit Stellenbosch) noem hy homself ’n “spiritualis” en beskou hy “spiritisme” as “duiwelsheerskappy”, maar sy eie definisie van “spiritualisme” is identies aan die woordeboek­betekenis van “spiritisme”: “Geloof dat die geeste van afgestorwenes in verbinding kan tree met lewendes d.m.v. ’n medium” (HAT).

Vir Christene wat, soos Opperman sr., die spiritisme wil versoen met die Christelike geloof, is 1 Petrus 3: 19 ’n sentrale teks: nadat die skrywer van die sendbrief in vers 18 gekonstateer het dat “Christus een maal vir ons sondes gely het, Hy die Regverdige vir ons die onregverdiges om ons tot God bring”, lui sy gevolgtrekking in vers 19: “... in Wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis”. Opperman sr. haal hierdie 19de vers aan en sê Christus is “na sy dood na ’n plek (gevangenis genoem) waar hy die evangelie gaan verkondig het; later is Hy toe van die aarde af reëlreg opgevaar na die hoogste trap van bestaan …”

Die vierde afdeling van Heilige beeste, wat bestaan uit Opperman se religieuse verse, word ingelei deur die elegiese vers “Nagedagtenis aan my vader”. Uit dié gedig blyk die digter se onsekerheid oor sy vader se spiritistiese beskouing van die hiernamaals. Die betekenis van die vers kan nie voldoende ontsluit word sonder dat die leser kennis neem van die spiritisme nie.

Die gedig neem ’n aanvang met die woord “Buite” aan die einde van ’n tipografiese blanko ruimte wat enjambeer en die reël voltooi in ’n volsin:

                                                Buite
waai ’n vaal misreën, en teen die ruite
buig rooi huise en die silwereike skeef
in druppels wat vergly; …

Die digter sien die buitedinge in die “waterglans” soos deur ’n “soort half-deurlatende lens” (J.P. Spies 1975:106). In teenstelling met die vervloeiende wêreld waarvan die ruit hom afsonder, dink hy in strofe 2 terug aan die konkrete, aardse werklikheid wat volgens sy vader nie streng afgeskei was van die onbekende anderkant nie; ’n opvatting waarmee hy hom aanvanklik vereenselwig:

Ek weet die wêreld was ’n oop kol lig om
my, waar geeste uit die donker streke kom
soos in ’n akwarium se groot kring glas
en water, skuwe visse nader tas
tot teen die skelle lig, dan vlug van hier
na verre skemeringe groen koraal en wier.

Sy wete van die oorskrybaarheid van die sintuiglik-waarneembare werklikheid na die aangrensende donker geesteswêreld het die seun egter steeds meer betwyfel, soos die uitsprake van onsekerheid in die aanvangsreëls van die derde, vierde en die vyfde strofe respektiewelik te kenne gee: “So kon ek dink …”; “Ek het verwag …”; “Nou wag ek …” Die wêreld van die eerste strofe met sy vervloeiende grense word in die verloop van die gedig steeds sterker en definitiewer omlyn; steeds konkreter. Sowel die “bonte kransie” wat die seun op die vader se graf neerlê as sy herinnering aan die skilderye wat sy vader, ’n Sondagskilder, van die Drakensberge gemaak het, is in strofe 3 konkreet. By die neerlê van die kransie het die seun nog geglo dat sy vader “in die diepte/ van die aarde eers ’n rukkie rus” (reëls 3, 4) en dat hy in die Drakensberge, ’n “stapelwerk van klippe” soos hy dit geskilder het, ’n “toegang tot die hemel” sou “vind” (reëls 9,10). Dit is volgens die leer van die spiritisme die aanvanklike toegang van die gees uit die “gevangenis” tot die uiteindelike bereiking van die hoogste hemele, waar vader Opperman sy skilderwerk sou kon voortsit.

In die vierde en voorlaaste strofe word die intieme vader-seun-verhouding die sterkste verwoord en is die seun nog ontvanklik vir sy vader se geloof in die spiritisme, maar met aanmanings van skeptisisme. Dié strofe neem ’n aanvang met ’n veronderstelling, nie ’n stelling nie: “Ek het verwag jy sou ook nie vergeet/ van ons gesprekke …” By implikasie het die vader daarvan vergeet en is dit die seun wat onthou hoe sy vader in hulle nagtelike gesprekke hom “kon lei/ langs luiperd, leeu en wyfiewolf verby/ deur bosse, af teen steiltes van die Skulp …”

Opperman (1974:82) verklaar die betekenis van hierdie reëls wat duister sal wees vir lesers wat nie vertroud is met Dante se Divina Comedia nie, as volg: “Die primêre beeld is die vader wat die seun lei en die gevare van die wêreld aantoon; die assosiatiewe beeld is Vergilius wat Dante verby die luiperd, leeu en wyfiewolf lei en hom die Inferno wys met sfere wat in sy wentelinge vir my lyk soos ’n omgekeerde skulp …” Opperman maak die “Skulp” die metafoor vir die stygende bestaansordes en onthou hoe hy as seun in die opstygende rysmiere “uit ’n donker gat … ná die reëns” “engele” gesien het. Die reën in strofe 1 wek hierdie herinnering, maar dit is belangrik dat die vader se geloof vir die seun geopenbaar is in ’n konkrete sintuiglike ervaring:


Ek het van ver gesien toe eens
rysmiere uit ’n donker gat vlieg na die reëns
met ligte vlerkgeritsel, hoe die engele
so lank gevange, opstyg na die hemele …

As die vader nie woord hou en in die afsluitende strofe 5 verskyn nie, bly alles soos dit was: “strak/ afgesluit deur hoek en lyn en vlak”, en is die konkrete, sintuiglike, harde werklikheid van die skeiding al wat bly:

Ek weet nie waar jy is, of hoe verkeerd
ons menslike denke tas, ek weet
maar net die petrea se trossies blou
rank daagliks digter tussen my en jou.

Die “petrea se trossies blou” is die metafoor vir die toenemende onbereikbaarheid van die gestorwe vader deur die agtergeblewe seun in sy verbondenheid aan die aarde. Dié metafoor suggereer die onderliggende pyn van die seun by die wete van dié onoorbrugbare geskeidenheid wat nie direk bely word nie. By wyse van die metafoor het Opperman van die begin af uitdrukking gegee aan die persoonlike ervaring in die gedig. Hiervan is die “petrea se bossies blou” ’n voorbeeld. Die metafoor setel in ’n digter se sintuiglikheid. Opperman se ontdekking van sy sintuiglikheid was sinoniem met sy ontwaakte besef van sy onlosmaaklike verbondenheid met die aarde. Dié ontdekking was ’n bewuste breuk met sy vader se spiritisme, maar uit sy poësie blyk die belang daarvan vir sy digterskap. Hy het die spiritiste se beskouing van die mens as gekerker in sy liggaam waarvan hy eers in die hoogste hemel hierna bevry word, omgekeer. Die “gevange geeste” is vir hom nie hulle wat in die liggaam gekerker is nie, maar wat, losgemaak van die aarde deur die dood, sintuiglik daarna terugverlang.

Die onvermoë om afskeid te neem van die sintuie en die aarde is die samebindende tema van drie gedigte wat al drie vooraf in Die Huisgenoot gepubliseer is, respektiewelik “Gevange geeste” (19.1.1940), “Absalom” (29.3.1940) en “Kind van die aarde” (20.12.1940). “Gevange geeste” is nie in Heilige beeste opgeneem nie, omdat dit met sy uitgesponne, abstrakte redeneringe kennelik nie voldoen het aan Opperman se voorkeur vir die beeldende gedig nie. “Gevange geeste” is egter van besondere waarde vir insig in sy komplekse religie. Daaruit blyk dat Opperman se keuse vir verbondenheid aan die aarde nie die opheffing van sy religieuse bewussyn is nie; inteendeel, die Groot-Groot-Gees is ’n blywende drif vir sy digterskap. In “Gevange geeste” roep hy die “Grote Gees” aan met die versoek om “ons siele” te “verlos, deur liefde, van ’n folterende band” wat die lot is van diegene wat ongevoelig is vir die “fyner trillings van gevorderde bestaan”. Die laaste en dringendste versoek is dat die Groot-Groot-Gees die “dooie vlies” van dié “aardgebondenes” se “blinde oë” moet “afhaal” en aan hulle ’n “eie doel, ’n nuwe horison” sal toon en iedere persoon sal omgewe deur ’n spiraal van lig wat steeds wyer uitkring (Spies 1992:58).

In “Gestorwene” is die “gevange gees” nie self aan die woord nie, maar praat die digter as anonieme verteller namens hom. Die vliese word in dié gedig wel van sy blinde oë afgehaal, maar anders as by die spiritisme word hy nie daardeur verlos van sy folterende, maar heerlike band met die aarde waarom hy in “Gevange geeste” gebid het nie. In die eerste vierreëlige strofe bevind die “gevange gees” hom in die hiernamaals as die “donker streek” waarbinne hy “wanhopig” bly soek na “openinge” (reël 3) “om die verlore mooie plekke te aanskou” (reël 4; my kursivering). Die tweede en derde inspringende strofes verteenwoordig die vervlugtigende momente van die “gevange gees” se verwesenlikte verlange na die verlore skone plekke deur die oë van twee lewendes: ’n steeds wyer wordende landskap deur die oë van ’n Zoeloemeisie, Tonjenani, en ’n stadsgesig in die vroeë more deur die oë van ’n anonieme grysaard. In die vierreëlige slotstrofe is die gestorwene die “tiermot van die duisternis” wat hom, gelok deur die “geheime vlam” van die aarde, radeloos bevind teen die “harde mure en bedekte ruit” wat hom toegang weier.

 

4. Die digter as dertiende dissipel

Opperman was wars van alle “ismes”, met die gevolg dat nóg die deïsme nóg die panteïsme van toepassing is op sy Godsbeskouing soos dit uitdrukking vind in sy poësie. Volgens die deïsme het God die wêreld geskep en Hom toe daaraan onttrek. Volgens die panteïsme is God nie transendent nie, maar uitsluitlik in sy skepping teenwoordig. Die deïs en die panteïs kan nie bid nie. Opperman tree in gesprek met God (wat ’n vorm van gebed is) oor sy verhouding met die hiermaals en die hiernamaals. Hy kies in sy debuut reeds vir dissipelskap, maar dan as ’n aweregse dissipel, soos spreek uit die titel van die gedig “Dertiende dissipel”, waarin hy die aard van sy dissipelskap bely.

“Dertiende dissipel” vra om in samehang met “Verbond”, wat direk daaraan voorafgaan, gelees te word om sy betekenis ten volle te verwesenlik. In die agtreëlige “Verbond” speel twee gewelddadige episodes tussen verskillende diere af. Elkeen word voltrek binne vier reëls wat deur ’n kommapunt ten nouste met mekaar skakel. “Die apie deur die tierboskat gevang,/ kla droewig…/ met die verdriet van God.” Soos daar by die apie geen “verwyt” is as hy sterf “teenoor die tande wat hom byt nie”, “breek” die “wedersydse mededoë” aan die einde van hulle geveg tot die dood toe deur die twee koedoes se “stywe oë”. Die geweld in die diereryk word gegenereer deur dryfkragte wat ook eie is aan die mens, nl. die hongerdrang en die heersersdrang, waar laasgenoemde ten nouste verbonde is aan die seksuele drif. Die verbondsgedagte is subtiel vervat daarin dat die “verdriet van God” nie net betrekking het op die apie se kreet as die tierboskat hom vang nie, maar op God se verdriet oor die geweld in sy skepping. Dié geweld binne die mense- en die diereryk is die uiteindelike aanleiding tot die sondvloed en die verbond wat God daarna met Noag sluit wat as ’n sentrale motief in my bespreking van Negester oor Ninevé aan die orde kom.

Die bewus­wording van die pyn in die diereryk is die impuls van die “dertiende dissipel” se aanvaarding van sy besondere dissipelskap:

Toe die dassie huil onder die daeraad
het ek verskrik die skuiling by die kruis verlaat,
terug na U, o God, wat onvermoeid tot selfvolmaking
deur gestaltes van die aarde wring,
deur die geslote sluimer van die ysterklip, die tas
in die trae ranke van die wildedruif, die slu-gekaste
oë van die mamba; terug om in alleengeveg
volgens my sterkte U verlossing te besleg.
Toe die dassie huil moes ek Sy kruis verlaat
want teenoor U was dit my lang verraad.

Die titel “Dertiende dissipel” is reeds veelbetekenend. Met die woord “dissipel” sluit die spreker hom aan by die Christelike tradisie: hy is ’n dissipel van Jesus; ’n volgeling, maar nie een van die twaalf nie; hy loop buite die gewone orde. In die eerste reël “verskrik” die “huil” van die “dassie” (wat terugspeel op die “apie” se “droewige kla” in “Verbond”) “onder die daeraad” – met die koms van die lig –hom in so ’n mate dat hy die “skuiling by die kruis” verlaat om terug te keer na God. Om by die kruis te wees, beteken vir die Christen juis om by God te wees. Die kruisdood van Jesus verseker volgens die Christelike dogma die redding van die gelowige deur God, maar paradoksaal en ironies is die wegwees van die kruis vir Opperman se spreker om by God te wees.

“Skuiling” suggereer beskutting, beveiliging, en die wegkeer van die kruis is vir hom ’n blootstelling aan die pyn in die skepping; ’n toe-eiening vir homself van die onveilige, pynlike selfvolmakings­proses van ’n worstelende God wat hy bespeur in al die skeppings­ordes: anorganiese (“ysterklip”), organiese (“wildedruif”) en dierlike (“mamba”). Die paradoks wat aan die grond van die gedig lê, kulmineer in sy “lang verraad” wat na die verlede verwys waarin hy te lank by die kruis geskuil het en na die toekoms waarin hy Jesus as Verlosser verraai deur hom weg van die kruis oor te gee aan die skepping. Die oplossing van die spanning lê vir Opperman uiteindelik daarin om die “dertiende dissipel” met die kunstenaar te identifiseer.

Binne die raamwerk van Heilige beeste en Opperman se eie verworwe godsdiensbeskouing is dit voor die hand liggend dat hy as verteenwoordigers van die “dertiende dissipel” Vincent van Gogh, die skilder, en William Blake, die skilderdigter, sou kies. Vincent word groot binne die Calvinistiese sfeer van die pastorie in Zundert in Brabant, 'n oorwegend Rooms-Katolieke Nederlandse provinsie. Gedrewe deur ’n fanatiese Christenskap wat ver afwyk van sy dominee-vader se sober Calvinisme, werk hy sonder toestemming as sendeling in die mynstreek van België, die Borinage, ’n troostelose vlakte van steenkool en armoede. Sy fanatisme wat onder meer daartoe aanleiding gee dat hy sy gesig en hande met roet besmeer, lei tot sy ontslag (Perruchot 1965:61–9). Daarna verwys die eerste drie reëls van Opperman se Shakespeariaanse sonnet “Vincent van Gogh”:

Jy het as ’n miskende
heilige vergeefs geveg teen die ellende
en die onreg in die krotte van die myn …

Vincent het egter van kleins af geteken en uiteindelik in die Franse hoofstad, Parys, tot ontdekking van sy ware roeping gekom: dié van skilder. In Arles, die sonnige suide, het hy die Mediterreense landskap tot lewe gewek: bloeiende vrugteboorde, sonneblomme, sipresse. Dié ommekeer van Vincent gee Opperman weer in reëls 7 en 8, en in die laaste vyf reëls van sy sonnet, reëls 10 tot 14, roep hy die kort kreatiewe periode van sy “dertiende dissipelskap” op:

… maar eers toe jy die koringgerwe
in aanbidding van die son kon verwe

die kantelende landskap in die snelle ligte
geel en groen en blou – alles met koorsige gevlek
tot branding van die skone kon verwek
toe is Sy hartstog eers in jou volbring
soos groen sipresse tot ’n vlam verwring.

Dit lê voor die hand dat Opperman aanklank gevind het by Blake se belangstelling in die mediumistiese en spiritisme na aanleiding van sy vader se geloof in die spiritisme waarna hy verwys in sy lesing oor sy kreatiewe skryfkursus vir voornemende jong digters op Stellenbosch by sy aanvaarding van erelidmaatskap van die Afrikaanse Skrywerskring op 9 Augustus 1978, gepubliseer onder die titel “Letterkundige Laboratorium – 20 jaar” in Tydskrif vir Letterkunde (1978:3). Opperman sê onder andere: “William Blake het geglo dat sy werk van die anderkant af aan hom gedikteer word, hy was slegs die sekretaris”. Blake se onrustige nagtelike togte deur Londen se strate het gelei tot sy “dertiende dissipelskap” toe hy “teruggedryf” is “tot by die grens” van die sienlike en die onsienlike “waar hy gesels het met blom en dier en gees” (reëls 4, 5), maar met die wete “dat God in iedereen moet wees/ met eienskappe ingeperk/ teenstrydiglik in tand en vlerk/ in wurm en die roos, die lam, die tier” (reëls 6–9).

Blake se verse in sy bundel Songs of Innocence and of Experience neem inderdaad die vorm van gesprekke aan. Opperman se noem van sy “gespreksgenote” is nie willekeurig nie, maar bewuste verwysings na spesifieke gedigte waarin Blake plante en diere direk aanspreek: “wurm en die roos” verwys na “The Sick Rose” en “tier” na “The Tiger” in “Songs of Experience”; “lam” verwys na “The Lamb” in “Songs of Innocence”. “The Sick Rose” neem ’n aanvang met die reël “O rose thou art sick …” en dan kom die wurm ter sprake wat die roos verteer. In sy gedig oor die tier vra Blake: “Did he who made the lamb make thee?” en eindig met die vraag:

Tiger, tiger burning bright,
In the forests of the night:
What immortal hand or eye
Could frame thy fearful symmetry?

Soos Blake staan Opperman verwonderd voor die wonders van die skepping met sy inherente teenstrydige skeppende en vernietigende kragte. Waar Vincent van Gogh so dikwels sonneblomme geskilder het dat hy na die sonneblom verwys het as sy persoonlike embleem (Mancoff 2001:96), spreek dit van Opperman se briljantheid en vindingrykheid as digter dat hy die sonneblom nie in verband bring met Vincent nie, maar wel met William Blake. Die eerste strofe van Blake se “Ah! Sunflower” lui:

Ah! sunflower, weary of time,
Who countest the steps of the sun,

Seeking after that sweet golden clime
Where the traveller’s journey is done …

By Opperman word dit die kunstenaar wat weet dat God die skeppende hartstog is, maar uiteindelik ook die suiwerende vuur wat alles in Hom saamtrek:

dat Hy die hartstog is, maar ook die vuur
wat alles lok tot daardie gulde gang
waarna die moeë sonneblom verlang.

Die sonneblom as gemeenskaplike metafoor verbind die twee skeppende kunstenaars, Van Gogh en Blake, met mekaar en met Opperman as “dertiende dissipel”.

Waar die aardse werklikheid nie strak afgesluit is van die bo-aardse nie, ontstaan die moontlikheid van vereenselwiging met die transendente wat ’n mistieke ervaring van God en die goddelike moontlik maak. In die gedig “Stasie” suggereer die titel stilstand. In teenstelling daarmee sou die digter vanuit die bewegende trein die “klipkoppies en klein landerye” sien “ontdaan van strakheid” (strofe 1) en die “dorp” as ’n “kortstondige blom” (strofe 2) en God dus by implikasie op mistieke wyse “ken”. Deurdat die vervlugtigende landskap vanuit die voortsnellende nagtrein nie meer “strak afgesluit” is “deur hoek en lyn en vlak” (“Nagedagtenis aan my vader”) nie, sou die digter, Opperman, die grens kon oorskry na die geesteswêreld en een word met God.

As teenpool van “Stasie” blyk dit in “In die landskap” dat die mistiek as ’n sodanige transendente ervaring egter wesensvreemd is aan Opperman. In dié gedig word hy, anders as in die mistiek, nie opgeneem in God soos die landskap in die “teer lig” uit ’n bewegende trein nie, maar word die landskap oor “vervloeide grense” opgeneem in sy “liggaam”. Die “maroelaboom” is asof in hom “gewortel” (strofe 1), die “berge, bome en die gras” sy “vlees” (strofe 2), en so word hy deel van God se “worsteling na ’n volmaakter droom” (strofe 3).

 

5. Skuld en verlossing binne die Verbond

In teenstelling met die dekade waarin Opperman se vroeë verse ontstaan het en in Heilige beeste gebundel is, het Opperman se tweede bundel, soos reeds genoem, ’n kort ontstaansperiode gehad en in 1947, ongeveer twee jaar ná sy debuut, onder die titel Negester oor Ninevé verskyn.

Negester oor Ninevé het organies gegroei vanuit die lewe self tot ’n eenheidsbundel, waaraan die polêre spanning wat deur die titel gesimboliseer word, ten grondslag lê. Die Negester-tema verteenwoordig droom, geboorte en verlossing, in teenstelling met die Ninevé-tema wat werklikheid, skuld en doem verteenwoordig, motiewe waaruit by nadere beskouing blyk dat Opperman met sy volle menswees betrokke was by sy digterskap. Gedurende die wording van die bundel het Opperman vir die eerste en enigste keer in sy lewe dagboek gehou (Opperman-versameling, J.S. Gericke-biblioteek). Uit die dagboek lei ’n mens die tydperk van intense kreatiwiteit (1945–1947) af waaruit Negester oor Ninevé ontstaan het, wat verband hou met twee gebeurtenisse wat die digter se lewe ten diepste geraak en beïnvloed het.

Vaagweg verwys hy in sy dagboek na die “geval” wat as model gedien het vir die hoofpersonasie van “Ballade van die grysland”, die groot skuldgedig van die bundel. Die dokument agter die gedig is die verhoor van Opperman se jongste broer, Louis, op 33 aanklagte van diefstal en ses van vervalsing, waarvoor hy ’n vonnis van 14 maande gevangenis­straf uitgedien het. Die berig het verskyn in Die Vaderland van 12 Desember 1946. In een van ons seldsame gesprekke tydens die skryf van my proefskrif by A.P. Grové van die Universiteit van Pretoria het Opperman my gevra om die berig oor sy broer se misdaad en skuldoplegging in my proefskrif aan te haal as impuls vir “Ballade van die grysland” (Spies 1992:79).

Ek het voldoen aan sy verbasende versoek waarvan ek die redes slegs kon vermoed, maar met geldige oorwegings wat intussen by my oortuigings geword het. Opperman was nooit wars van die bybring van ’n digter se lewe by sy digterskap nie, mits dit ter sake was vir groter begrip van die gedig. Hy was hiperbewus van die blywende konflik in die digter tussen sy menswees en sy digterskap, soos blyk uit sy gepubliseerde lesing “Kuns is boos!”: Teen ’n digter wat wil onthul om aan sy eerlikheid as mens getrou te bly, kies Opperman (1959:147) om te verhul deur die metafoor en die “objective correlative” en dus teen sy menswees te sondig. Sy vreemde versoek aan my om die agtergrond van “Ballade van die grysland” te openbaar, het myns insiens hoofsaaklik ’n literêre bedoeling gehad, nl. om sy literêre kredo opnuut te bevestig: sy vermoë om die persoonlike volkome te verhul.

Die titel “Ballade van die grysland” is geïnspireer deur Totius se Trekkerswee, soos wat die sitaat by die titel te kenne gee: “Die vroegre boere-paradijs/ is nou één molshoop, groot en grijs”. Totius verwys met “boere-paradijs” na die stad Johannesburg wat ná die ontdekking van goud as ’t ware ’n molshoop op ondergrondse myne geword het; ’n bose stad wat vir Afrikaners as landelike mense die gevaar van ondergang inhou. In Negester oor Ninevé kry “grysland” simboliese betekenis as ’n oord van menslike vereensaming en verval wat, anders as by Totius, die besondere nasionale geval transendeer.

“Ballade van die grysland” word tot die weergee van slegs die essensiële gebeure in die noodlottige verloop van ’n menselewe beperk. Die anonieme jongman vertel as ek-spreker self die verhaal van sy ondergang in die stad. In sy strukturering van die gedig hou die digter hom by ’n patroon van drie genommerde afdelings, bestaande uit sewe driereëlige strofes met aanvanklik titels na aanleiding van Dante se Divina Commedia: I. “Inferno”, II. “Paradissimo” en III. “Purgatoria”. By publikasie is die titels laat vaar, maar in die drie afdelings gee die hellevaart, die hemelvaart en die puring respektiewelik uitdrukking aan die noodlottige verloop van die ek-spreker se lewe in die stad. Terselfdertyd neem sy menswees in die drie afdelings die gestalte aan van die swoegende, spelende en lydende mens. In I beweeg die ek-spreker as swoegende mens van werkkring tot werkkring in sy soeke na ’n sinvolle bestaan. Sy wisselende, uitmergelende lewe is vervat in die metafoor “vet van viskafees” waaruit hy, saam met die vrou wat deel in sy bestaan, “ontsnap” “na ’n paradys”. Maar in hierdie kunsmatige paradys is die skuldgevoel oor sy misdaad met hom:

Na tuine van die nag, waar neonligte blom,
het ek met haar gevlug; maar by my was
die vrees – die rekenmeester kom.

In dié “feëland” word sy vrees nie gedemp nie, maar dit neem inteendeel toe in omvang en intensiteit deur die kaartjie wat ’n “pennieslotmasjien” na hom “uitspoeg”: “Wees veral versigtig met geldsake.” Dit wek sy vrees vir die rekenskap wat van hom gevra kan word oor sy misdaad van die verlede:

O die vrees! as die rekenmeester kom
hoe sal ek kan verantwoord
en verslag gee van sy eiendom?

In III bevind die ek-spreker as lydende mens hom in die “purgatoria”. Dié “purgatoria” het nie ’n vaste lokale betekenis nie, maar wissel na aanleiding van die jongman se liggaamlike en geestelike toestand. Die hospitaal waarin hy hom bevind, is tegelykertyd ’n inrigting vir geestesiekes en in laaste instansie ’n gevangenis. En waar hy sy straf vir sy ontdekte misdaad uitdien, het die rekenmeester van mens na God verander. Toe hy ontroer is by die sien van die “peerboom/ in die steenkoolwerf” wat “wit blom”, het hy pynlik daarvan bewus geword dat hy gefaal het om, ondanks sy omstandighede, die bedoeling van God met sy lewe te verwesenlik. Sy skuld en sy vrees oorstyg die persoonlike:

O as die rekenmeester kom!
wat sal ek van sy wêreld
nog kan wys aan hom?

Die ek-spreker bevind hom saam met sy “verwarde broers” agter “tralies”, weliswaar in ’n tuin, maar soos die “tuine van die nag” die verlore paradys; die mislukte tuin van Eden. Opperman het oor die arbeider wat deur die stad verontmenslik word, in Heilige beeste geskryf en in Negester oor Ninevé oor die stad wat die siel van die mens verongeluk, maar hierdie verse is nie vlugverse van die stad nie. “Deur tralies wat die tuin omsluit” “kyk” die verwardes “verlangend na die stad nog uit”; die stad wat hulle in gebreke gebly het om tot Eden te herskep.

Naas die geskiedenis van sy broer se misdaad en straf is die ander ervaring wat radikaal ingegryp het in Opperman se lewe tydens die wording van Negester oor Ninevé die geboorte van sy eersteling, Catharina Elizabeth, op 10 Mei 1946. Die dagboekinskrywing getuig van die diepe ontroering wat deur dié gebeurtenis by hom gewek is. Die verwagting van ’n kind vind neerslag in die gedig “Negester en stedelig”, wat die direkte teenpool van “Ballade van die grysland” is. “Negester” is ’n simboliese sterrebeeld, gevorm na aanleiding van die nege maande swangerskap van ’n vrou wat die geboorte van ’n kind voorafgaan. Die astronomie ken nie ’n “Negester” nie en kritici het nie ten onregte nie aangeneem dat dit ’n Opperman-neologisme is, gevorm n.a.v. die bestaande “Sewegesternte” of “Sewester”. Maar ’n bron vir “Negester” binne die literatuur was wel aan Opperman bekend.

Die leidraad na dié bron vind mens in sy Verspreide opstelle (1977), waarin o.a. sy resensie oor Olga Kirsch se debuut, Die soeklig, opgeneem is. Opperman karakteriseer Kirsch se bundel tematies en tegnies met verwysing na eienskappe wat kenmerkend is van die poësie van vrouedigters: “’n Mens dink onwillekeurig aan Anne Ridler se bundel The nine bright shiners waar hierdie gevoelens met groter aanskoulikheid en rypheid uitgebeeld word” (1977:35). The nine bright shiners was onmiskenbaar die direkte prikkel vir Opperman se “Negester” en het as bundel bevrugtend ingewerk op sy geboorteverse in Negester oor Ninevé, waarin hy die manlike persepsie van geboorte wou vergestalt.

“Negester en stedelig” gee betekenis aan die begrip Negester in Opperman se bundeltitel, net soos “For a christening” lig werp op die titel The nine bright shiners van Anne Ridler se bundel. As man is Opperman uitgesluit van die ervaring van die groei van die fetus, letterlik “onder die vel”, soos Anne Ridler sê: “In June the early signs,/ And after, the steady labour of subcutaneous growth”. Maar soos die vrou kan hy veranderinge in die omringende natuur waarneem wat in ooreenstemming is met die voorgeboortelike groei van die ongeborene. Anne Ridler sê: “Hidden but with heart throbbing, while stars sharpen and/ throb in the skies”, terwyl die aanvangsreëls van Opperman se gedig lui:

Terwyl die Negesterre en die stedeligte witter
in die donker nagte óm ons skitter
slaap jy nog weg in nag en swye.

In teenstelling met die gepubliseerde gedig was die vroeë variante van “Negester en stedelig” in die manuskrip vormlik en inhoudelik retories en konvensioneel. Onder die aanvanklike titel “Gebed vir die ongeborene” lui die eerste twee reëls: “Groot Gees wat in ’n lig-spiraal/ van goue kringe in hom daal”, wat gewysig word tot “Groot-Gees wat in die donker nagte witter/ in die Suiderkruis en Sewesterre skitter …” Daarnaas het Opperman “Negesterre” as moontlike “variant” aangeteken. Die “nine bright shiners” kom in Ridler se gedig eers in die slotstrofe ter sprake waar haar vers ’n gebed is vir die suigeling vir wie sy nog lank die veilige slaap sou wou gun. Hierdie beveiliging in die slaap sien sy oorgaan in die beveiliging in die hand van God:

Sleep, little honey, then; sleep while the powers
Of the Nine Bright Shiners and the Seven Stars
Harmless, encircle: the natural world
Lifegiving, neutral, unless despoiled
By our greed or scorn. And wherever you sleep –
My arms outgrown – or waking weep,
Life is your lot: you lie in God’s hand,
In His terrible mercy, world without end.

Swangerskap en geboorte is vir Anne Ridler wesenlik verbonde met haar Christelike belydenis wat op verskillende maniere in haar geboortegedigte uitdrukking vind. Vir haar is elke geboorte heilig, omdat dit verband hou met die geboorte van Christus, soos in die gedig met die sprekende titel “Christmas and common birth”. Titels soos

“For this time”, “For a child expected” en “For a christening” gee te kenne dat die gedigte ten diepste gebede is. Die “Groot-Gees” wat nog in Opperman se “Gebed vir die ongeborene” in die ligtende hemelruim aanwesig is, word in strofe 1 van “Negester en stedelig” ’n “Oerson” wat “deur water” in die “ongeborene”, geborge in sy fetale slaap, “daal”. Hierdie water as metafoor vir die vrugwaters in die moederskoot suggereer die “waters” waaroor die gees van God sweef in Genesis 1. Die gedig as ’n gesprek van die vader met die ongeborene verkry in die slotstrofe die allure van ’n gebed as hy hom, in aansluiting by die eerste strofe, bewus losmaak van die Christelike belydenis:

Watter kaart of watter ster sal ek jou wys
om veilig deur die grysland heen te reis?
Sal ek van ’n God praat wat verdoem,
van Christus, en die Tien Gebooie noem?
Voorlopig dan, maar onthou altyd
aan jou dade grens ’n ewigheid;
gee sin aan voorgeslagte deur die eeue heen,
besef jy is ’n vegter weer van die begin, alleen;
en mag die Suiderkruis en Negesterre witter
as die stedeligte in jou siel bly skitter.

Die metafoor van “grysland” vir die stad in “Ballade van die grysland” gee aan die gebed vir die ongebore kind se veilige lewensreis deur die grootstad van die 20ste eeu in “Negester en stedelig” ’n omvattender en dieperliggende betekenis. Dit is ’n gebed om behoud van die kind as “vegter” in sy eenmalige menslike deelname aan die durende selfvolmakingsworsteling van God in sy skepping. Die versaking van dié roeping vra om meer as straf en begenadiging van ’n enkeling. Die individuele skuld en straf neem reeds in “Ballade van die grysland” ’n groter dimensie aan, en in die kort gedig “Beskuldigde” klink die individuele kreet om begenadiging in die slotstrofe op:

Ek vra die hof nie wat die aanklag is
met dag en datum van misdade;
ek wag net op die vonnis
en … genade.

In Opperman se “Legende van die drenkelinge” omskep hy die sondvloedverhaal tot ’n sinvolle mite deur te fokus op die drenkelinge, mense en diere, wat ondergaan in die vloed, in teenstelling met die Bybelse verhaal wat sentreer op die uitverkorenes in die Ark wat oorleef (Gen. 6–9). Die reën as ’n gepersonifieerde, mistieke mag word nie in die eerste twee reëls van strofe 1 herken as die vernietigende mag wat dit is nie. Ná die aanvanklike vreugde by mens en dier oor die reën wat die dorstende aarde deurdrenk, openbaar hierdie anonieme “Hy” in strofe 2 hom as ’n toornige “Watergees” wat die plante verniel en die angs in die diere- en menseryk laat ontwaak.

Die derde strofe begin met ’n verwysing na ’n “reus uit die verdorwe geslag” (Gen. 6:4), wat in Opperman se dramatiese weergawe van die vloed die hoofrolspeler word. Die gebeure soos wat die vloed alle lewe uitwis in sy meesleurende geweld, word wisselend deur hom en die verteller opgeroep. In die twee slotreëls van strofe 3 stel dié “reus” die vlug voor die waters uit in vooruitsig met die vraag: “Is dit nou die wraak van die aardse dinge/ wat ons jaag na die hemeltinne?” In strofe 4 volg die vlugtendes ’n “Herder” voor die stygende waters uit; aanvanklik gevolg deur die diere as ’n vreedsame kudde verenig in hul nood: “maanhaar-leeu en kalf, duikerlam en wolf” (strofe 4, reël 4). Maar in strofe 5 deurgrond die verteller die “reus” se groeiende haat wat daartoe lei dat hy geen dier, plant of boom ontsien nie en met sy mes vir hom sy pad boontoe veg om “in genade” te “bly”. As die enigste oorlewende “sprei” hy “sy hand oor die laaste kriekie”, ’n versoenende bevestiging van sy aardeverbondenheid. Maar toe ná sy laaste nag die “môre rooi oor die waters skyn” en die aarde “soos ’n dier onder hom ruk”, voorsien hy dat God sy lewe nie gaan spaar nie: “Al was ek op aarde U sterkste mens/ tot die end …”

Maar die blink sens
van die golwe maai oor die rots
“Ag, alles bly stroming en donker geklots
van diep branders … buite U Ark van Genade.
En wat is die mens, en wat is sy dade
sonder U? Ek spartel in seë, snik
in U branding, sink tot slik …”

Toe breek uit die nastuiwende wolke hoog
en diep in die waters ’n groot reënboog.

Opperman se gedig eindig by die dood van die laaste lewende drenkeling in die vloed. Hy is saam met die res van die mensdom en die diereryk uitgesluit deur die God van die “uitverkore groepie” (strofe 3, reël 6) wie se beeld as Verdelger in Genesis 6–9 in totale stryd is met die beeld van ’n eerbiedwaardige Skepper in Genesis 1. Volgens Karen Armstrong in haar studie oor Genesis, In the beginning, is dit onmoontlik dat die God wat sy skepping met welbehae aanskou het as “baie goed” (Gen. 1:31), die besluit kon geneem het om die mens in wie God niks goeds meer gesien het nie, saam met die onskuldige diere te verdelg (Gen. 6:12). Maar sy voeg by (2011:39) dat hierdie God van die Vloed in die verloop van die Genesis-verhaal verander: “Yet by the end of the story, this seemingly immature and cruel God has changed. We will see that he has to accept the ‘evil inclination’ that he created in the hearts of human beings.”

Dié verandering by God word in die slot van “Legende van die drenkelinge” in die vooruitsig gestel deur die laaste oorlewende drenkeling wat in sy sterwensoomblikke die ark nie meer sien as die “uitverkore groepie” se lewensbehoudende vaartuig nie, maar as die “Ark van God se Genade”, simbool van die nuwe aarde. Die reënboog wat na sy sterwe verskyn, is die teken van God se belofte om nooit weer die aarde deur ’n vloed te vernietig nie. Wanneer God al die oorlewendes by die ark laat uitgaan, herhaal God die opdrag aan Noag en sy seuns soos dit gegee is aan die eerste mensepaar, gepaardgaande met God se seën (Gen. 1:28): “En God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: ‘Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde’” (Gen. 9:1). Daarna gaan God die verbond met Noag aan en herhaal die opdrag aan hom om voort te plant, wat groter betekenis kry omdat dié verbond ook Noag se nageslag insluit.

Die kontinuering van die familiestamboom is die sentrale motief in Opperman se “Nagwaak by die ou man”. Die ek-spreker waak by die bejaarde uit sy stamboom wie se “beroerte-liggaam” “soos ’n maan/ oor stukke seilskip teen ’n kaap vergaan” (strofe 1, reëls 7 en 8). Dié sterwe is nie ’n rustige wegsink in kalm waters nie, maar het ’n element gemeen met die geweld van die ondergaan van die drenkelinge in die Vloed (strofe 4):

Nou dat die berge, sterre, in hom stort
en baard en oë riet en water word,
sien jy in hom die ruie oer-moeras
waaruit jy kruip en vegtend verder tas

Met hierdie woorde gee Opperman opnuut uitdrukking aan die gedagte van die mens se lewe as stryd; ’n alleengeveg wat onlosmaaklik saamhang met die opdrag om voort te plant. Onder die “strenge blik/ van voorgeslagte” besef die wakende jongman: die “gloed/ wat in hul oë brand, mag in my bloed,/ mag in my lende nie sy einde vind” (strofe 2, reëls 6–9). In die drieluik “Genesis” word dié voorneme bevestig in die verhaal van ’n jong egpaar se verwekking van ’n kind tydens die wittebrood wat aanleiding is tot die gedagtes en emosies van die man en vrou tydens die afwagting van die geboorte.

Die drieluik ontleen sy titel ook aan Genesis, die eerste boek van die Bybel. Die jongste Nederlandse Bybelvertaling gee ’n verklaring van die naam Genesis wat belangrik is vir begrip van Opperman se trilogie: “Het boek Genesis dankt zijn naam aan de Septuaginta, de oudste Griekse bijbelvertaling. Het Griekse woord genesis betekent ‘ontstaan’, ‘oorsprong’, ‘wording’. De titel in de Hebreeuwse bijbel is Beresjiet, ‘In het begin’, naar het eerste woord van het boek” (2004:15). Die verhaal wat hom voltrek in die drie gedigte “Spel”, “Grot” en “Ark” wat “Genesis” in sy geheel uitmaak, word gekenmerk deur die onsekerhede waarmee elke “begin” van die groot “onbekendes” soos geboorte en dood gepaard gaan. In “Spel” gooi die dood reeds sy skaduwee oor die jong getroudes se sinnevreugde en hulle genot aan swem as sy hom beangs smeek om nie weer die diep see in te waag nie. In die eensaamheid van haar stedelike woonstel in “Grot” beknel die vrees die swanger vrou soos in die grot tydens die wittebrood toe haar eie stem net met die een woord, “Doem”, weerklink het. En in “Ark” dink sy aanvanklik aan haar “skoot” as ’n “klein ark! maar in die dood/ se waters reeds” tot daar aan die einde van die gedig ’n ommekeer in haar gedagtes kom: sy dra van haar eggenoot die “gloed/ dan en die God, van alles wat verlore/ gaan van ryk tot ryk”. Die “gloed” wat die jongman in sy nagwaak by die sterwende ou man in sy lende gevoel het, het dus sy deurgang na die lewe gevind, soos blyk uit die slotreëls van die gedig:

...
en ruime van haar skoot
word ark oor waters van die dood.
En eindelik vir ’n ander ewigheid
voer haar siel oor die verganklikheid
van stede, see en die platane
’n klein nagwaak van nege mane.

Vir die man, Opperman, is daar toe nie die verwagte seun gebore nie, maar ’n dogter. Hy skryf daaroor soos volg in sy dagboek:

Met swart sambreel en jas het ek om seweuur vanoggend deur die kwaai wind en reën gestap om na my dogter te gaan kyk … Eerlik gesê, ek het heimlik gewens dat dit ’n seun moes wees, want ek is die sewende Diederik Johannes, ’n direkte afstamming, die oudste kind wat nog altyd ’n seun was … en onderwyl ek na haar kyk, die dik toe-ogies, het sy begin huil: toe raak sy my waar ek nog nooit geraak is nie … (Opperman-versameling, J.S. Gericke- biblioteek).

Met die geboorte van sy kind besef die vader dat die liefde vir die vrou, haar swangerskap en die geboorte van hulle kind ’n proses was van selfontdekking, maar ook van selfvervreemding wat sy digterlike hergeboorte noodsaak. Vir die verwoording van hierdie ervaring by die geboorte van sy dogter vind Opperman in die Bybelse profeet Jona, die ideale skuilfiguur. “Jona” is die eerste gedig van die ses gedigte, deur ’n blanko bladsy geskei van die “Genesis”-trilogie, waarmee Opperman die bundel afsluit. Binne die 12 tweereëlige strofes word die Jona-legende Opperman se omdigting van sy vlug uit en sy terugkeer na die “grysland”. Die ek wat as ’n Jona aan die woord is, versaak sy opdrag as digter: die vrou is die skip wat hom, die man, wegvoer van sy Godgegewe roeping (strofes 1–2):

Van U opdrag en U aangesig
het ek uit die grysland gevlug;

sy was die skip wat oor die see
my voer na Tarsis, weg van Ninevé.

Opperman identifiseer hom in ’n Bybelgetroue weergawe met Jona se lotgevalle op sy seevaart na Tarsis tot met die uitwysing van sy skuld deur die lewens­bedreigende storm en sy versoek om oorboord gegooi te word (strofes 3–8). Jona se daaropvolgende ervaring in die ingewande van die groot vis wat hom op God se bevel insluk en sy redding wanneer die vis hom op droë grond uitspuug, word die uitgebreide metafoor van die digter Opperman se hergeboorte waarin Jona 2:5 letterlik neerslag vind: “Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gebind.” Opperman se hergeboorte in ooreenstemming met die Jona-verhaal vind uitdrukking in die slotgedeelte van die gedig, strofes 9–12:

Hoe kon ek van U aangesig, my lot
as mens ooit vlug! O God,

ek sink … U seegras maal en bind
my nietig in U draaikolk soos ’n kind

weer in die moer; maar wand na wand
sluit U genade na alkant.

En op ’n reënerige kus is ek een more
voor ’n God-erbarmde Ninevé herbore.

In Opperman se gedig het die verhaal ’n ander afloop as dié van Jona in die derde en vierde hoofstuk van die Bybelboek. Jona se nasionalisme staan vir hom voorop. By sy aanvanklike sending het hy geweet dat sy God so genadig is dat Hy ook aan die Assiriërs genade sou kon skenk as die inwoners van hulle bose stad hulle sou bekeer. En noudat dit ná sy profesie gebeur het, is die nasionalistiese Hebreër kwaad dat God die vyande van sy volk, Israel, gespaar het (Deist 1981:23, 35). Anders as die Bybelse Jona is die herbore digter dankbaar oor God se genade. Hy staan uiteindelik as enkeling voor Ninevé; ’n mens aan wie genade bewys is voor ’n begenadigde stad.

“Moederstad”, die slotgedig van die bundel, verwys terug na “Jona” waarmee dit ’n noue verbintenis aangaan. Die vernaamste motiewe in die bundel word hier saamgetrek: skuld, genade en digterskap. Die digter wonder wat die rede is dat die bekende bakens van Kaapstad, “Tafelberg en Baai”, “vreemd” voor hom “verskyn”: Het hy “geslaap” en “oor seë heen geswerf” of is dit net omdat hy “kind/ en vrou ná al die spanning veilig vind”? Terug uit die “streke van die gees” kom hy egter tot die besef dat hy “dier en ding en plek ná plek/ die aarde met my kind moet herontdek”. Maar as die “grys voorlopers van die woestyn” snags in sy droom verskyn, hoor hy beklem in sy kamer (soos sy vrou, gevange in haar woonstel in “Grot”) God se stem van genade en word die grysland “Hollywood, Moskou, Kaapstad,/ almal voorstede van één stad” weer ’n God-erbarmde Ninevé:

Solank die mens aan My geboorte gee
hang nog My Negester oor Ninevé.

 

6. Slot: die selfvolmaking en verbond van die skeppende God

Om aan God geboorte te gee, beteken in Opperman se eerste twee bundels en in sy oeuvre in sy geheel dat die mens deelnemer word aan God se worstelstryd tot groter volmaaktheid in die skepping. Vir die toereikende verstaan van dié sentrale tema in Opperman se vroeëre poësie het die belangrikheid van die Bybelboek Genesis as ’n haas onontbeerlike interteks geblyk. Daarbenewens gee sekere verse in Heilige beeste en Negester oor Ninevé uitdrukking aan Opperman se verhouding met die Ou-Testamentiese God van die verbond. Dié Verbondsgod se opdrag aan die mens om voort te plant, is volkome afhanklik van die vrou. In die trilogie “Genesis” in Negester oor Ninevé is die aandag toegespits op die vrou in haar lewenskeppende aard: as die man se medespeler in hul erotiese spel tydens hul wittebrood (“Spel”) en op die swanger vrou as draer van hulle eerste kind, respektiewelik in “Grot” en “Ark”. Haar gedagtes en emosies tydens haar swangerskap word dié van die man in “Moederstad”.

In hierdie artikel het ek kortliks stilgestaan by die enkele gedigte waarin die voortplantings­opdrag verwesenlik word, met die fokus op die vrou. Die ontginning van die volle betekenis van die “vrou” as een van Opperman se drie drifte, naas die “aardse” en die “Groot-Groot-Gees” (titelvers van Heilige beeste), vra egter om binne die geheel van sy oeuvre bespreek te word. Die reikwydte daarvan oorskry die grense van hierdie artikel.

Op grond van die religieuse gedigte waarop ingegaan is, kan myns insiens die afleiding gemaak word dat die Ou-Testamentiese God van die Verbond die God van die digter Opperman is aan wie hy in meerdere gedigte met sy eie aksente poëtiese gestalte verleen. In sy denke oor dié God is Opperman streng monoteïsties: die “Groot-Groot-Gees” is sinoniem met God en bestaan nie naas God nie. Jesus is nie volkome mens en volkome God nie, maar die groot profeet binne die verbond in “Legende van die drie versoekinge”, die groot verlossingsgedig in Negester oor Ninevé. Opperman mitologiseer die versoeking van Jesus in die woestyn soos Matteus (4:1–11) en Lukas (4:1–13) dit beskryf. Die woestyn word die Natalse “Vallei van Duisend Heuwels”, simbool van die volle aarde as agtergrond waarteen Jesus se konfrontasie met die duiwel afspeel. Opperman omskep die duiwel se verleidings in visioene van algemeen-menslike versoeke deur die eeue heen: om spele, brood en beskerming teen die dood. Maar Jesus wys die versoekings af en word Opperman se groot voorbeeld van die mens wat aan God geboorte gee deur God uit die skepping te verlos:

… vir God in hierdie skepping vasgevang
sal Ek as voorbeeld aan die kruishout hang
en Hom verlos – die Son wat brandend sprei
oor valk en das en mis, en in die blou
opstyg van kreits na kreits waar die Vallei
van Duisend Heuwels brokkig vou en vou.

Daarmee bevestig Opperman sy roeping as “dertiende dissipel” om na die voorbeeld van Jesus aan die skeppende God van die Verbond in sy poësie gestalte te gee en terselfdertyd deelhebber te wees aan die selfvolmakingsworsteling van God in al die aardse bestaansordes.

 

Bibliografie

Armstrong, K. 2011. In the beginning: A new interpretation of Genesis. Londen: Random House.

Blake, W. 1980. Songs of innocence and of experience. Oxford: Oxford University Press.

De Bijbel. 2004. Haarlem: Nederlands Bijbelgenootschap.

Deist, F. 1981. Die God van Jona. Kaapstad: Tafelberg.

Die Bybel. 1957. Kaapstad: Britse en Buitelandse Bybelgenootskap.

Kannemeyer, J.C. 1979. Kroniek van klip en ster. Pretoria, Kaapstad: Academica.

Mancoff, D.N. 2001. Sunflowers. New York: Thames & Hudson.

Opperman, D.J. 1947. Heilige beeste. Kaapstad: Nasionale Pers.

—. 1959. Wiggelstok. Kaapstad: Nasionale Pers.

—. 1974. Naaldekoker. Kaapstad: Tafelberg.

—. 1976. Negester oor Ninevé. Kaapstad: Tafelberg.

—. 1978. Letterkundige Laboratorium – 20 jaar. Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 16(3), Augustus 1978.

—. 1987. Versamelde poësie. Kaapstad: Tafelberg, Human & Rousseau.

—. s.j. Ms. Negester oor Ninevé. Opperman-versameling, J.S. Gericke-biblioteek, Universiteit Stellenbosch.

Opperman, D.J. sr. s.j. Ms. Dagboek. Opperman-versameling, J.S. Gericke- biblioteek, Universiteit Stellenbosch.

Perruchot, H. 1965. Het leven van Vincent van Gogh. Vertaal deur Casper de Jong. Uitgeverij Het Spectrum: Utrecht, Antwerpen.

Ridler, A. 1943. The Nine Bright Shiners. Londen: Faber & Faber.

Spies, J.P. 1975. Intergedigtelike konteks. In Van Rensburg (red.) 1975.

Spies, L. 1992. Kolonnade: ’n Studie van D.J. Opperman se Heilige beeste, Negester oor Ninevé en Komas uit ’n bamboesstok binne verband van sy oeuvre. Kaapstad: Human & Rousseau.

Van Rensburg, F.I.J. (red.). 1975. Die kunswerk as taal. Kaapstad: Tafelberg.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post D.J. Opperman se verbond met die skeppende God: ’n Interpretasie van Heilige beeste en Negester oor Ninevé appeared first on LitNet.

Offerande deur Chanette Paul: ’n lesersindruk

$
0
0

Offerande 
Chanette Paul
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799381320

Offerande is die tweede boek in die Offer-tweeluik en die opvolg op Offerlam. Die tweeluik is ook in Engels en Nederlands beskikbaar. In Offerlam dek Paul die tafel meesterlik met ’n komplekse, weldeurdagte en waagmoedige verhaal wat handel oor Caz Colijn wat koelbloedig deur ander as offerlam geoffer word ter bevordering van hulle eie selfsugtige agendas. In Offerande span Paul die net behendig en meedoënloos stywer wanneer Caz haarself dié keer vrywillig en met liefde op die altaar plaas ten einde haar dogter te red. Voeg daarby internasionale diamantsmokkelary, ’n ekstreme rebellegroep wat rassehaat aanblaas en volksmoord voorstaan as gevolg van die vergrype wat hulle onder kolonialisme beleef het, voorvadergeeste wat op bisarre wyses vanuit die graf toutjies trek, en selfs ’n subplot waarin ongelisensieerde vuurwapens en renosterstropery ’n rol speel, en jy kom onder die besef van die oorbluffende grootsheid van dié spanningsroman.

Paul verdien elke kompliment wat na haar kant toe kom. Dit sit nie in elke skrywer se pen om met soveel aplomb so ’n wye verskeidenheid uiteenlopende karakters en newekarakters suksesvol tot hulle reg te laat kom nie. Dít terwyl die fyngeknoeide, ineengestrengelde storielyne jou as leser reeds kiertsregop laat sit en notisie laat neem dat ’n meesterskrywer aan die woord is. Paul pak die verhaal soos ’n ervare skerpskutter aan wat met volle vertroue in haar vernuf aanlê op die teiken wat sy in haar visier gestel het. Sy vuur die skoot af en die koeël trek sekuur en seker deur ’n byna surrealistiese maar georkestreerde chaos wat nie net as randfiguur in die leser se periferiese visie huiwer nie, maar ook dreig om die leser te oorrompel en in te suig. Paul lei haar leser soos ’n opgeleide snuffelhond deur ’n mynveld tot by die laaste hoofstuk van die boek wanneer die proses van ontknopings jou laat voel dat jy nog die heeltyd met die slagpennetjie van ’n handgranaat in jou hand gestaan het. Na 502 bladsye se uitmergelende intriges, spanning en kophou, word die leser beloon deur die bevredigende wete dat elke los draad stewig vasgeknoop en deur ’n bedrewe kunstenaar in ’n artistieke dog funksionele mandjie ingeweef is.

Offerande noop die leser op die donker vasteland om introspeksie te hou oor sy of haar Afrikaanskap. Aan die een kant is daar diegene, soos Erevu Matari, Jela Mphela en Kembo Eliasi, wat vergelding soek en hoop op reafricanisation en dewhitenisation. Aan die ander kant is daar Caz se eks wat droom van ’n dorp waar mense met ’n velkleur soos syne kan laer trek. Te midde van al hierdie ekstremisme moet Caz en haar biologiese dogter, Lilah, hulle bestaan balanseer asof hul oor ’n afgrond op ’n styfgespande tou loop, want albei het swart én wit bloed in hul are, al is Caz wit gebore en Lilah swart. “Multi-racial, noem Lilah haarself, maar wat kleur betref, is sy swart. Wat bloed betref, is sy ’n kleurling. Wat opvoeding betref, wit.” Het enige mens immers beheer oor hoe sy gene aanmekaargelas is en kan hy hom roem op hoe die pigmentdobbelsteentjie vir hom geval het? Soos Elia Nzuri, Ammie se minnaar, hom in 1961 in sy sterwensoomblikke afvra: “Sien God ook kleur? Maak Hy ook onderskeid tussen swart en wit? Nee. Dit kan hy nie glo nie.”

Offerande vereis van die leser om na te dink oor vergifnis en al is versoening dalk nie realisties haalbaar in die volle sin van die woord nie, moontlik ’n middeweg te vind om ’n toekoms tegemoet te gaan waar die een die ander nie heeltyd wil verdelg oor dinge wat in die verlede lê en niemand ’n jota of tittel aan kan verander nie. Soos Martin Luther King gesê het: “Darkness cannot drive out darkness. Only light can do that. Hate cannot drive out hate. Only love can do that.” Nie net is dit ’n les wat alle Suid-Afrikaners in die postkoloniale en postapartheid tydperk ter harte kan neem nie, maar Caz self besef dit toe sy haar biologiese ma, Ammie, se hand op haar sterfbed vashou. Ammie het immers erken: “Ek kan jou nie skielik liefkry net omdat ek sterf nie, Cassandra. Kan nie nou skynheilig raak nie. Maar ek ag jou ...” Eers wanneer ons mekaar begin ag, rêrig begin rááksien, kan ’n skrefie lig die alewige immer teenwoordige duisternis minder skrikwekkend en meer draagbaar maak.

Paul se taalgebruik in Offerande skitter soos almasi (diamante). Woorde soos “kurk floep”, “wyn reutel” en idiomatiese uitdrukkings soos “’n appeltjie vir die dors”, “so slinks soos die houtjie van die galg” en “aartjie na sy vaartjie” het my telkens laat huiwer en wéér lees net vir die lekkerte daarvan.

As kritiek het ek dit teen Bruno van Sloet, die wreedaardige Cézar se seun, se “gerieflike” dood wanneer Caz hom oorboord stamp en hy terstond verdrink – veral omdat Bruno se wreedheid en “ongure karakter” telkemale uitgelig word in die teks en die leser dus ’n hewiger konfrontasie sou verwag het. “Bruno was ... kort maar sterk en met ’n gemeenheid in sy oë wat selfs Cézar Janssen s’n oortref het.” Nog ’n toevalligheid wat te dik vir ’n daalder is, is die feit dat Lilah, danksy Google, uitvind dat die swerwer-cajun-musikant in Bimini wat moontlik haar tweeling se pa is, in ’n motorfietsongeluk gesterf het. Al dink sy “haar kinders is dalk onnodige komplikasies gespaar”, het ek die idee gekry dat aangesien Aubrey Ducheyne, die ander vaderskapkandidaat, ook dood is, dinge net té netjies afgerond vir Lilah uitgewerk het.

Op die voorlaaste bladsy ervaar Caz die volgende katarsis toe sy in ’n rivier swem: “Sy voel hoe Afrika se vrugwaters haar toevou, koester die gevoel vir ’n oomblik, en weet: Sy was en is deel van die probleme hier. Sy wil deel wees van die oplossing ook.” Afrika is in die Afrikaan se bloed. Al skud jy Afrika se stof van jou voete af, bly dit immers onlosmaaklik déél van jou in jou onthou. Caz weet sy wil in Afrika bly. “Hier waar haar voetsole die aarde onder hulle begryp. Min of meer.”

Paul se Offer-tweeluik neem sy regmatige plek in as persoonlike gunstelinge op my boekrak. Dit is beskikbaar by LAPA Uitgewers en ander toonaangewende boekhandelaars.

  • Louise Viljoen is ’n vryskutresensent van Jeffreysbaai. 

Lees ook Louise Viljoen se lesersindruk van Offerlam. 

The post Offerande deur Chanette Paul: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.


Die veranderende betekenis van die Voortrekkermonument: erfeniswins of erfenisverlies?

$
0
0

Die veranderende betekenis van die Voortrekkermonument: erfeniswins of erfenisverlies?

Anton C. van Vollenhoven, buitengewone professor in Geskiedenis, Noordwes-Universiteit (Mafikeng-kampus)

LitNet Akademies Jaargang 14(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die Voortrekkermonument is waarskynlik die belangrikste erfenissimbool van Afrikaners. Dit het ’n simbolies-ideologiese betekenis, en die oprig daarvan het ’n noue verbintenis met Afrikanernasionalisme. Monumente word maklik die slagoffers van diegene met sienswyses wat verskil van dit wat die monument simboliseer. Gevolglik is daar sedert 1994 by die Voortrekkermonument pogings aangewend om persepsies van die publiek ten opsigte van die monument te verander. Hierdie artikel het ten doel om aan te toon dat die veranderinge egter tot die dekontekstualisering daarvan kan lei. ’n Oplossing word vervolgens aan die hand gedoen.

Matilda Burden se metodologiese model vir kultuurgeskiedenis as dissipline word gebruik en verbind met erfenisbestuur en internasionale bewaringskonvensies. Bronne wat gebruik word, sluit literatuur en tydgenootlike beskrywings in.

Regeringsinmenging tydens die oprig van die monument het ideologiese kwessies daargestel waarmee vandag steeds geworstel word. Dit is as apartheidsimbool gebrandmerk en het ander groepe vervreem. Om hierdie persepsies van die monument te verander het die klem verskuif na die kulturele waarde daarvan. Dit word nou as simbool van versoening en nasiebou bemark. Een van die gevolge hiervan was die verklaring van die Voortrekkermonument tot nasionale erfenisterrein.

Die afgelope aantal jare is verskeie strukture op die terrein van die monument opgerig wat daartoe kan lei dat die terrein se kulturele integriteit aangetas word. Die gedagte dat die monument die aangewese plek is vir die oprig van ander Afrikanerstandbeelde, is ook problematies, want dit kan die erfenisstatus daarvan in gedrang bring en daartoe lei dat die monument sy status as nasionale erfenisterrein verloor. Om die probleem die hoof te bied, word die instel van verskillende belangesones voorgestel, waar daar algaande wegbeweeg word van die monument in die plasing van bykomende strukture. Daar moet wel besin word of gedenktekens wat nie strook met die boodskap van versoening en nasiebou nie, by die Voortrekkermonument opgerig behoort te word, omdat dit die huidige beeld kan skaad.

Trefwoorde: Afrikanernasionalisme; Burden, Matilda; dekontekstualisering; erfenisbelang; erfenishulpbron; Erfenisstigting; nasiebou; simbool; versoening; Voortrekkermonument

 

Abstract

The changing meaning of the Voortrekker Monument: heritage gain or heritage loss?

The Voortrekker Monument in Pretoria is arguably the most important heritage symbol for Afrikaners. It is more than merely a monument erected to commemorate the Great Trek, as it has a deep symbolic and ideological significance linked to Afrikaner nationalism. During the planning of the monument, emphasis was placed on its colossal stature as a symbol of the colossal nature of the Voortrekkers. It furthermore depicts their unsophisticated nature, firm courage, self-confidence, piety, integrity, boldness and heroic deeds. The monument was also built to serve as inspiration and give praise to the worthy.

The strong symbolic-ideological nature of monuments makes them vulnerable as they can easily fall victim to opponents of the sentiments of the creators. (Events during the autumn of 2015 in South Africa, when monuments and statues were vandalised, are an example of the reaction against an unacceptable heritage.) To counter the possibility of this happening to the Voortrekker Monument, the management at the monument has made a concerted effort since 1994 to change perceptions about the monument.

This article issues a warning that such a change needs to be dealt with carefully as it may lead to the decontextualisation of the monument, which in turn may result in it losing its status as Grade I heritage site. A possible solution for this is proposed.

This article falls within the theoretical framework of Matilda Burden’s model for the methodology of cultural history as a discipline. It implies the study of the interdependent components within the totality of cultural elements. Monuments form part of the cultural heritage of a country, and heritage management implies that a historical site has meaning for the contemporary community.

Sources used include literature on the origin of the Voortrekker Monument and its symbolism. The change in meaning of the monument was studied via literature and contemporary sources. Other sources include international conventions regarding the preservation of cultural heritage and the National Heritage Resources Act (Act 25 of 1999).

The planning for the building of the Voortrekker Monument was done from 1931 by Afrikaner cultural organisations. In 1935 the government of the day declared that the monument was of national importance, and that the government should, therefore, be involved in its planning and funding. This transformed the monument to the genre of national monument art and placed ideological questions on the table. Even today the monument carries the burden of this government interference.

Gerard Moerdyk (Moerdijk) was appointed as the architect of the monument and Pretoria was chosen as the location. The laying of the cornerstone was planned for 1938, even though the monument would not be completed by then. 1938 was to be the year in which the centenary of the Great Trek would be commemorated. It included a symbolic trek with ox wagons from various parts of the country to Pretoria.

Together with the celebrations on 16 December 1949, when the monument was inaugurated, Afrikaner nationalism reached a peak. This date was selected to coincide with the commemoration of the Battle of Blood River, the importance of which was emphasised by the shining of sun rays through the roof of the monument on a cenotaph with the words “Ons vir jou Suid-Afrika” (We for you South Africa).

The design of the monument incorporates two ideas. The first is the laager (a circle of ox wagons) which is seen as typical of the Afrikaner and his military defence system. The second is a massive building which serves the purpose of a sacred place. The Bible was used as the inspiration for the underlying idea of an altar. The cenotaph forms the sacred centre of the building and serves as a reminder to the descendants of the sacrifices made to attain freedom. The dome is a symbol of the extent of the deeds of the Voortrekkers and the sun rays symbolise God’s blessing on the life and aspirations of the Voortrekkers.

It is interesting that Moerdyk included an African motif, the zigzag pattern from the Zimbabwe ruins, on the outside of the monument. There is, however, no proof that he implied a wider meaning to this.

Other groups regarded the Voortrekker Monument as a symbol of apartheid. It has also been described as a place where black people were portrayed as barbarians and that it is insensitive to groups other the Afrikaner.

In 1994 the management of the monument launched a campaign to change the perceptions of the monument. Emphasis was placed on its cultural significance rather than its political meaning. An example is the visit of Nelson Mandela to the site in 2002, which has been described as one of the most important and symbolic visits ever to it. Black guides were also trained and the narrative given to visitors was adapted.

Despite these efforts to portray the Voortrekker Monument as a symbol of reconciliation and nation-building, some groups are still sceptical. Changing perceptions is, of course, not easy, especially since so-called right-wing Afrikaner groups have been unwilling to accept these.

The different approach to the significance of the monument resulted in a growth in international tourists to the site. Tourism brings an increase in the financial position of the monument and therefore specific marketing campaigns have been launched. These were successful, as different accolades have been received. From an almost bankrupt position in 1999 things changed dramatically. The presentation of various functions at the site also added to bringing financial independence.

In 2011 the Voortrekker Monument was declared a National Heritage Site – a clear indication that the changes made were deemed positive. It is interesting to note that the “Statement of significance” of the site made no mention of its symbolic meaning. One of the most important aspects when a monument is declared relates to the physical views as well as its importance and preservation of the symbolism. At the Voortrekker Monument, the architectural merit was emphasised as well as the historical events of the Great Trek.

The criteria for the determination of cultural significance are listed in the National Heritage Resources Act, and are in line with the Burra and Venice Charters, both international conventions for the preservation of monuments. Cultural significance is determined by the

  • cultural value — the importance of a site or place for the community
  • social value — the religious, political, national or other cultural sentiment a place has
  • historical value — the history of a site
  • scientific value — the uniqueness, quality and representativity of a site
  • aesthetic value — the beauty of design, ambience and associations of a site.

These values need to be scrutinised constantly to ensure that the cultural integrity of a site is not jeopardised. Relating to the Voortrekker Monument, it holds that anything done within the declared area that is of a permanent nature and may change the physical appearance of the site should be approved by the South African Heritage Resources Agency (SAHRA). However, anything done outside of the declared area that is of a permanent nature and may have an effect on the view should also be approved by SAHRA.

It is nevertheless difficult for the Voortrekker Monument to cut itself loose from its political legacy. The Afrikaner community pressurised the institution to act in order also to safeguard other Afrikaner-related monuments. This led to the establishment of the Heritage Foundation in 2002.

Over the last few years the Heritage Foundation has erected various structures, memorials and statues at the Voortrekker Monument site. These may have a negative influence on the heritage status of the monument, as some of these are aesthetically unpleasing or are encroaching on the view to the monument. Also, visitors to the site are not struck at first by the grandiosity of the monument as they should be, but rather their first impression is of these other structures. In a subtle way this leads to the decontextualisation of the monument.

The idea that all unwanted Afrikaner-related monuments should be moved to the Voortrekker Monument site can therefore not be supported as long as it is done in such a way that the cultural integrity of the site is being scarred. Thorough planning is needed before this can be considered. A solution would be the creation of different buffer zones. Structures with a direct connection to the monument could be placed in the closest zone to it, with others being erected further away. No future planning should be done without the creation of these buffers.

Another concern that comes to mind is the erection of memorials dedicated to the former South African Defence Force. This creates an unbalanced view of the past, as such memorials seem to be favoured while other aspects of Afrikaner history are perceived to be neglected. A bigger issue is that these memorials perhaps do not portray the message of nation-building and reconciliation. The unclear distinction between the Voortrekker Monument and the Heritage Foundation also may be problematic, as the latter seems to place emphasis on Afrikaner heritage, which can be perceived as not being in line with the new symbolism of the monument. This would indeed undo all the hard work done over the past few years and may lead to the monument’s losing its national heritage status.

Keywords: Afrikaner nationalism; Burden, Matilda; decontextualisation; Heritage Foundation; heritage importance; heritage resource; nation-building; reconciliation; symbol; Voortrekker Monument

 

1. Inleiding

Die Voortrekkermonument in Pretoria was sedert sy oprigting waarskynlik die vernaamste simbool van die Afrikanergeskiedenis en moontlik ook van Afrikanernasionalisme.1 Nie alleen was die oprig daarvan ten nouste verbind met die regering van die dag en die nasionalistiese strewe van Afrikaners nie, maar feitlik alle Afrikaner-kultuurorganisasies het op die een of ander wyse ’n bydrae tot die oprigting daarvan en feesvieringe daaromheen gelewer. ’n Mens sou tereg kon sê dat die Voortrekkermonument die belangrikste erfenissimbool, of ten minste een van die belangrikste erfenissimbole van Afrikaners is en dat dit daarmee saam ’n simbool van Afrikaneridentiteit is.

Hierdie gedagte is in ooreenstemming met Maré (2002:16) se definisie van ’n monument as ’n fisiese objek wat in die openbaar vertoon word en wat diegene wat daarna kyk, aan ’n spesifieke individu of gebeurtenis herinner. Sy gaan voort deur dit dan pertinent te koppel aan ’n spesifieke gemeenskap of groep. In hierdie geval word die Groot Trek herdenk en word die monument aan die Afrikaner gekoppel.

Vir die Sentrale Volksmonumentekomitee (SVK), wat hoofsaaklik die taak gehad het om die Voortrekkermonument te laat oprig, was dit belangrik dat die “beliggaming van die Voortrekkeridee” in die ontwerp ingesluit moes wees. Aspekte wat beklemtoon is, was dat dit moes inspireer, ruim van opvatting moes wees en eer moes gee aan diegene wat dit verdien (Moerdyk 1949:43).

Benewens die argitektoniese meriete het monumente gewoonlik ook ’n sterk simbolies-ideologiese karakter. Menige monument word opgerig met ’n ideologiese doel voor oë (Maré 2002:22) – in die geval van die Voortrekkermonument was dit Afrikanernasionalisme (Ferreira 1975:93–7; Marschall 2005:23). Dit laat monumente natuurlik baie weerloos, omdat dit maklik die slagoffer van teenpartye kan word.

As voorbeeld hiervan dien die onlangse debat oor die aanvaarbaarheid van standbeelde, monumente en gedenktekens met ’n veronderstelde ideologiese grondslag en die daarmee gepaardgaande vandalisering daarvan (Van Vollenhoven 2015:20). Dit voorspel waarskynlik niks goeds vir Afrikanererfenisse nie en gevolglik is dit noodsaaklik om te voorkom dat hierdie erfenisse, wat volgens sommige steeds ’n sogenaamde onaanvaarbare betekenis2 uitdra, nie onnodig blootgestel word nie. Hierdie relaas gaan nie oor oplossings vir die standbeeldekwessie nie, hoewel daar beslis raakvlakke is waarvan kennis geneem moet word. Die moontlike verskuiwing van sogenaamde Afrikanermonumente en -gedenktekens laat noodwendig die vraag ontstaan of die Voortrekkermonument-terrein nie dalk die aangewese plek hiervoor is nie.

Dit is nietemin ook belangrik dat kennis geneem word van standpunte van ander partye oor die erfenisstatus van die Voortrekkermonument. ’n Teenoorgestelde opinie wat gehuldig word, kom daarop neer dat enigiets wat die fokus van die monument af wegneem, ’n negatiewe uitwerking op die kulturele belang, en gevolglik ook die erfenisstatus daarvan sal hê.

 

2. Doel

Die artikel sal aantoon dat die verandering in die interpretasie van die betekenis van die Voortrekkermonument sedert die 1990’s gelei het tot die verklaring daarvan as ’n Graad I-erfenisterrein. Die doel is egter om vervolgens aan te toon dat hierdie nuwe betekenis op subtiele wyse ondermyn word deur die onoordeelkundige plasing van ander strukture langs die monument. Op hierdie wyse word teenstrydige boodskappe in verband met die betekenis van die monument uitgedra, waardeur dit gevaar loop om gedekontekstualiseer te word en sy waarde as nasionale erfenisterrein te verloor. ’n Oplossing hiervoor word vervolgens aan die hand gedoen.

 

3. Teoretiese raamwerk

Die breë teoretiese raamwerk vir hierdie artikel is Matilda Burden se metodologiese model (sien figuur 1) vir die dissipline kultuurgeskiedenis (2000). Die model het sy ontstaan te danke aan die debat oor die definiëring van die vakgebied kultuurgeskiedenis in die 1980’s (Burden 2000:13–5). Hierdie debat het geëindig met ’n omskrywing van die vakgebied, maar het nagelaat om die metodologie daarvan na behore te verduidelik. Ferreira het reeds bepleit dat kultuurgeskiedenis sy studieveld moet verbreed sodat dit benewens die sogenaamde hoogkultuur ook volkskultuur insluit (Ferreira 1997:117). Hierdie aspekte word gevolglik deur Burden se model ingesluit.

In die uiteensetting van die model word dit duidelik gestel dat kultuurgeskiedenis hoofsaaklik die onderlinge verband tussen verskillende kultuurelemente bestudeer. ’n Deeglike studie van die onderskeie kultuurprodukte is nodig alvorens die konteks binne die geheel bestudeer kan word (Burden 2000:16–7).

Die wese van kultuurgeskiedenis is die mens en sy leefwêreld (Burden en Ekermans 2001:24). Ferreira (1997:121) dui aan dat dit moontlik is om ’n kultuuruiting in ’n bepaalde kultuurperiode in konteks te bestudeer slegs indien daar inter- of multidissiplinêr navorsing gedoen word. Dit is voorts belangrik om daarop te wys dat Burden (2000:19) aantoon dat kultuurgeskiedenis een van die geesteswetenskaplike vakdissiplines is wat hom die beste tot interdissiplinariteit leen.

Figuur 1. Burden se metodologiese model vir kultuurgeskiedenis (Burden 2000:21).

Kortliks kom die model op die volgende neer:

  • Die model bestaan uit drie asse wat mekaar reghoekig sny. Die asse word deur ’n sirkel omring wat die geheel van ’n bal vorm. Buite-om hierdie sirkel is nog twee sirkels wat die natuurlike en bonatuurlike omgewing voorstel (Burden 2000:20–1).
  • Die vertikale as word die AB-as genoem en dui op die twee tipes kultuurprodukte, naamlik geestelike (nietasbare) en stoflike (tasbare) kultuur. Klem word daarop gelê dat die verband tussen geestelike en stoflike kultuur nie misgekyk mag word nie (Burden 2000:20–2).
  • Die horisontale as is die CD-as en verteenwoordig die verskillende vlakke waarop kultuur geskep kan word, met patrisiërkultuur (formeel) en volkskultuur (nieformeel) as uiterstes op die kontinuum, en implisiet verskeie vlakke tussenin. Wat hier van belang is, is dat volkskultuur nie noodwendig gekoppel kan word aan ’n bepaalde groep nie, maar eerder dui op dit wat enige persoon skep in gebiede waarbinne hy nie akademies opgelei is nie. Patrisiërkultuur verwys dan na dit wat formeel deur akademies opgeleide persone geskep word (Burden 2000:23–5).
  • Die diagonale as, die EF-as, is ’n tyd-as en dui op tradisionele en eietydse kultuur as pole. Eersgenoemde verwys na dit wat reeds as tradisie deur ’n bepaalde groep aanvaar is, terwyl laasgenoemde verwys na hedendaagse verskynsels wat nog nie as tradisies erken is nie (Burden 2000:25).
  • Die twee sfere verteenwoordig die natuurlike en bonatuurlike omgewing. Beide hierdie sfere oefen ’n invloed op die skep van kultuur en kultuurprodukte uit (Burden 2000:26).

Monumente kan onder verskeie temas van die kultuurgeskiedenis ingedeel word. In wese is ’n monument ’n stoflike produk, en die Voortrekkermonument kan dus onder die boukuns ingedeel word. Monumente het egter ’n sterk simboliese karakter en as sodanig het dit gewis ook ’n geestelike dimensie. As kultuurproduk, geskep weens ’n bewustelike besluit om iets te gedenk, is dit waarskynlik patrisiërkultuur, maar die manier waarop dit vir alledaagse mense emosionele betekenis kry, sal inderdaad daaraan ’n element van volkskultuur verleen. Monumente is onteenseglik eietydse kultuurprodukte. Daarteenoor gee die wyse waarop vieringe rondom ’n monument soos die Voortrekkermonument plaasvind, daaraan ’n tradisionele dimensie. Gevolglik is dit duidelik dat ’n studie van monumente volkome deur die kultuurgeskiedenis gedek word en alle aspekte daarvan aansny.

Daar kan nie na monumente verwys word sonder om ook by die begrip erfenisbestuur stil te staan nie. Meyer (1995) het erfenisbestuur binne die teoretiese raamwerk van die vakgebied argeologie geplaas, en meer spesifiek binne die kontekstuele benadering. Hieruit is ’n erfenishulpbronbestuursparadigma daargestel. Dit is juis die toepaslikheid van erfenis vir vandag se samelewing, genoem die hedendaagse dimensie, wat deel van hierdie denkrigting vorm (Van Vollenhoven 2000:553–5), wat van belang is. Die paradigma vereis dat ’n historiese terrein ’n direkte verband met die hedendaagse samelewing moet hê en as sulks ’n behoefte vir die gemeenskap van vandag aanspreek. Dit is belangrik om daarop te let dat hier nie noodwendig ’n hele gemeenskap ter sprake is nie, maar dat dit voldoende sou wees indien slegs die behoefte van ’n gedeelte daarvan (selfs ’n minderheidsgroep) bevredig word (Van Vollenhoven 2016: 22). Monumente spreek ongetwyfeld hierdie behoefte aan.

Erfenisbestuur is afkomstig uit ’n tradisie van internasionale konvensies. Hieronder tel verskeie protokolle wat deur die Internasionale Raad vir Monumente en Terreine (ICOMOS)3 daargestel is. Die waarde van erfenisterreine, wat ook monumente insluit, word gemeet aan die mate waarin daar aan die begrip kulturele belang of erfenisbelang voldoen word. ’n Aantal onderliggende kriteria word bestudeer om kulturele belang vas te stel (ICOMOS 1964; ICOMOS 2013). Hierdie aspek word later breedvoerig bespreek.

 

4. Metodiek

In die artikel word die ontstaan van die Voortrekkermonument kortliks weergegee. Hierop volg ’n bespreking van die historiese betekenis van die monument. Daar is ’n noue verband tussen hierdie twee aspekte, en gevolglik is verskeie bronne wat met die ontstaan en simboliek van die monument verband hou, bestudeer. Soortgelyke bronne is bestudeer om die veranderende interpretasie van die terrein aan te toon. Hieronder tel hoofsaaklik literatuur en tydgenootlike beskrywings omtrent die monument.

Kulturele belang word uiteengesit deur die gebruik van internasionale konvensies oor die bewaring van kultuurerfenisse en verskaf sodoende internasionale konteks. Laastens word die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (Wet 25 van 1999) (RSA 1999) benut, omdat dit die Suid-Afrikaanse konteks daarstel waarbinne die monument bestaan.

 

5. Oprigting van die Voortrekkermonument

Die doel van hierdie artikel is nie om die Sentrale Volksmonumentekomitee (SVK) se geskiedenis en sy bydrae tot Afrikanererfenisse in die geheel te bespreek nie. Daar word dus volstaan met enkele gedagtes rondom die oprig van die Voortrekkermonument, bloot as agtergrond. Die ontwerp en simboliek daarvan word later bespreek.

Tydens die kongres van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) in 1931 is die SVK gestig. Die doel van die komitee was hoofsaaklik om ’n monument ter ere van die Voortrekkers te bou (Grobler 2001:6; Ferreira 1975:4–8). In September 1933 besluit die SVK dat ’n gedenkteken opgerig moet word om onder meer die kolossale gestalte van die Voortrekkers te versinnebeeld (Ferreira 1975:51).

Die regering van die dag verklaar in 1935 dat sodanige monument van nasionale belang is en dat hulle daarom inspraak in die beplanning en uitvoering van die projek behoort te hê. Die regering het so ver gegaan om lede by die SVK te voeg en om pond vir pond tot die fondse daarvan by te dra (Jansen 1949:37–8). Staatsbefondsing sou uiteindelik veel meer as die helfte van die projek bedra (Grobler 2001:10).

Die gedagte dat die Voortrekkermonument die simbool van Afrikaneridentiteit is, tesame met regeringsinmenging in die projek, is tekenend van wat deur Villet (2012:66) beskryf word as regeringsmentaliteit (“governmentality”), ’n komplekse administratiewe en burokratiese magstelsel waardeur een groep beheer oor ’n land se politieke, ekonomiese en veiligheidstelsels uitoefen. Hierdie gedagte plaas gevolglik die monument in die genre van nasionale monumentkuns en veroorsaak ideologiese kwessies wat opgelos moes word. In hierdie geval was van die vraagstukke die betrokkenheid van politici by die feesvieringe en of die Britse nasionale lied “God save the queen” gesing sou word al dan nie (Duffey 2006:28). Dit is onder sodanige omstandighede van politieke inmenging dat die Voortrekkermonument sy beslag gekry het en dit is gedeeltelik die problematiek waarmee die monument vandag steeds te make het om tersaaklik te bly.

In 1936 word daar besluit dat die monument in Pretoria opgerig moet word en is die argitek Gerard Moerdyk (Moerdijk) aangestel om dit te ontwerp. Daar is ook besluit dat die hoeksteen reeds in 1938 gelê sou word, al sou die monument nie voltooi wees nie (Ferreira 1975:50–2). 1938 is as datum vir die eeufeesherdenking van die Groot Trek geoormerk. Dit staan bekend as die Simboliese Ossewatrek, waartydens nege gedenkwaens vanaf verskillende plekke in die land na Pretoria gereis het. Onderweg het uitgebreide feesvieringe plaasgevind, en het die hele proses tot ’n opbloei in Afrikanernasionalisme gelei (Grundlingh 2001:98). Op 16 Desember 1938 vind die hoeksteenlegging van die monument as hoogtepunt van hierdie vieringe plaas (Grobler 2001:20).

Die monument is in 1949 voltooi en op 16 Desember van daardie jaar ingewy (Grobler 2001:28; Grundlingh 2001:95, 98). Die dag is doelbewus gekies om saam te val met die herdenking van die Slag van Bloedrivier. Die belang van hierdie gebeurtenis word ook beklemtoon deur die ontwerp van die monument, naamlik dat ’n sonstraal op hierdie dag op die senotaaf val en die woorde “Ons vir jou Suid-Afrika” belig. Die feesviering tydens hierdie geleentheid was selfs groter as dié in 1938 (Grundlingh 2001:98–9). Op dieselfde dag is die bestuur van die monument aan ’n beheerraad oorgedra, met die SVK-dagbestuur as kern. Die SVK sou mettertyd ook toesien dat ander monumente vir die Voortrekkers opgerig word (Anoniem 2010:3) Hieronder tel onder meer die Voortrekkermonument in Winburg, wat in 1968 onthul is, en die Bloedriviermonument op die terrein van die Slag van Bloedrivier, wat in 1971 ingewy is (Swart e.a. 1989:117–9, 238).

 

6. Historiese betekenis van die Voortrekkermonument

Dit is reeds vermeld dat die monument die kolossale gestalte van die Voortrekkers moes versinnebeeld. Die besluit van die SVK dui voorts daarop dat dit:

’n grootse monument moes wees waartoe elke Afrikaner hul deel kon bydra, wat in sy massiwiteit ook die ruime siel van die Voortrekkers sou versinnebeeld, wat in sy verhewe eenvoud die reine, grootse en ongekunstelde eenvoud van die Voortrekkers sou vergestalt en sodoende as massiewe kolos vir alle nageslagte kan dien as simbool van die Voortrekkers se onwankelbare moed, selfvertroue, godsvrug, onkreukbare trou, durf en daad. (Ferreira 1975:50–1)

Nadat voorstelle vanaf die publiek ontvang is, is besluit om twee gedagtes rondom die vorm van die monument te kombineer. Die eerste hiervan is die laervorm, wat gesien is as tipies Afrikaans en die grondslag was van die Voortrekkers se verdedigingsmetodes. Die tweede gedagte was Moerdyk se idee van ’n massiewe gebou wat die behoefte van ’n gewyde plek sou vervul (Grobler 2001:8).

’n Kort opsomming van Moerdyk se idees met die ontwerp en bou van die monument (natuurlik in opdrag van die SVK) moet vermeld word. Benewens die bogenoemde aspekte dui Moerdyk aan dat hy die Bybel as inspirasie gebruik het en dat die idee van ’n altaar onderliggend aan die simboliek van die monument sou wees (Moerdyk 1949:44). Hy het die grootsheid van die dade van die Voortrekkers probeer versinnebeeld en het met die senotaaf ’n gewyde middelpunt daargestel. Hierdeur word die nageslag herinner aan die offers wat gebring is om die ideaal van vryheid te verwesenlik. Die koepel dien as simbool van die omvang van die dade van die Voortrekkers, met die sonstraal wat daardeur skyn die simbool van God se seën op die lewe en strewe van die Voortrekkers (Ferreira 1970:69–70).

Die klem op hierdie simboliek het duidelik neerslag gevind in verskeie van die toesprake wat tydens die inwyding van die Voortrekkermonument gelewer is (Anoniem 1950:9–44). Noodwendig is daar veel meer wat oor die simboliek van die monument vermeld kan word. Die fyner nuanses van betekenis, soos uiteengesit in Heymans (1986) en Grobler (2001), staan egter in diens van dit wat reeds vermeld is en verg gevolglik nie verdere uitbreiding nie.

’n Laaste opmerking hieroor is wel nodig, omdat dit aanleiding gee tot die moontlike veranderende simboliek van die monument sedert die 1990’s. Moerdyk se ontwerp toon fisiese ooreenkomste met Europese monumente soos die Dôme des Invalides in Parys en die Völkerschlachtdenkmal in Leipzig, wat ’n dominante Europese karakter aan die Voortrekkermonument verleen. Daarby het Moerdyk ook Afrika-elemente ingebring, soos die sigsagpatroon aan die buitekant van die monument (Grundlingh 2001:96). Dit was ’n doelbewuste ontwerp en Moerdyk (1949:47) het self aangedui dat hy inspirasie daarvoor in die Zimbabwe-ruïnes gekry het (sien figuur 2). Duffey (2006:27) dui aan dat Moerdyk se altaargedagte geïnspireer is deur die sogenaamde Voortrekkermonument-koppie naby Mapungubwe. Daar is egter geen inligting wat daarop dui dat Moerdyk die monument hierdeur ’n wyer simboliese betekenis wou gee as dit wat hier bo vermeld is nie. Inteendeel, die 1938-fees het ’n uitsluitlik Afrikaanse karakter gehad, wat negatief deur ander groepe ervaar is (Ferreira 1975:103–5; Marschall 2005:25). Tog bly die insluiting van Afrika-elemente ’n aspek wat met vrug tot ’n verbreding in interpretasie benut kan word.

Figuur 2. Die sigsagpatroon aan die buitekant van die Voortrekkermonument (Foto: A.C. van Vollenhoven).

 

7. Hedendaagse betekenis

Ander groepe in Suid-Afrika het ’n ander persepsie van die Voortrekkermonument gehad. Die reaksie teen die historiese simboliek en ideologie het waarskynlik bygedra tot die veranderende betekenisse wat sedert die 1990’s daaraan toegeken is. Die monument is in 1952 by die opening van die South African Indian Congress as simbool van apartheid gebrandmerk (Van der Westhuizen 1991:11). Dit was die eerste van verskeie soortgelyke uitsprake sedertdien. Hieronder tel uitsprake deur Tokyo Sexwale in 1996 en ’n joernalis van The Star in 2003 (Unsworth 1996; Nessman 2003:19).

Die monument is selfs beskryf as ’n plek waar swart mense as barbare uitgebeeld word omdat hulle in die pad van die heroïese Voortrekkers staan wat daarop aanspraak maak dat hulle beskaafdheid na die binneland van Suid-Afrika gebring het (Grundlingh 2001:96). Grundlingh bestempel die monument voorts as die voorganger vir ander argitektoniese werke wat as simbool van die Afrikanerdom sou dien, naamlik die Randse Afrikaanse Universiteit (nou Universiteit van Johannesburg) en die SAUK-gebou in Johannesburg (Grundlingh 2001:97).

Grundlingh beskryf die monument verder as simbool van Afrikanernasionalisme, etniese miteskepper en apartheid. Hy wys nietemin daarop dat die monument, soos ander monumente wêreldwyd, se simboliese betekenis aan verandering onderworpe is en dat dit tot ’n verandering lei in hoe monumente beskou en verstaan word (Grundlingh 2001:97–8). Hiermee saam was dit ook nodig om 16 Desember (Geloftedag) te depolitiseer en die klem eerder op die religieuse konteks as die militêre te plaas (Grundlingh 2001:100).

Ongeveer saam met die algehele demokratisering van die land in 1994 het die beheerliggaam van die Voortrekkermonument verskeie pogings aangewend om die persepsie van die monument as simbool van apartheid af te breek. Klem is op die kulturele waarde van die monument geplaas eerder as om dit as politieke ikoon te bemark (Marschall 2005:31). Een van die geleenthede in hierdie verband was die besoek van Nelson Mandela in 2002 om die Danie Theron-standbeeld by Fort Schanskop, neffens die monument, te onthul. Dit is as een van die belangrikste historiese en simboliese besoeke beskou (Voortrekkermonument Argief 2002). Intussen is swart gidse ook opgelei en het die monument verskeie toekennings gekry wat daarop dui dat die apartheidsgedagte waarskynlik in ’n groot mate die wyk geneem het en dat dit veel eerder begin het om ’n simbool van versoening en selfs nasiebou te word (Anoniem 2005:7).

Die persepsies van swart Suid-Afrikaners wissel nietemin steeds. Sommige sien dit bloot as ’n monument wat die Voortrekkers gedenk; ander beskou dit as ’n simbool van iets (apartheid) wat tot die verlede behoort, terwyl daar ook diegene is wat dit as onsensitief beskryf (Grundlingh 2001:103). In teenstelling hiermee is die monument ook al beskryf as niks anders as nog ’n strydmonument (“struggle monument”) nie (Chance 2005:44). Dit dui daarop dat wisselende sukses behaal is met die poging om die persepsies daarvan te verander.

Dit is natuurlik geen maklike taak om aan ander Suid-Afrikaners ’n nuwe beeld van die monument voor te hou en sodoende die negatiwiteit daarrondom die hoof te bied nie. Dit word onder andere gekortwiek deur verskeie verregse Afrikanerorganisasies wat die monument as simbool vir hulleself begin toe-eien en daardeur in botsing met die bestuur van die monument gekom het, omdat laasgenoemde gepoog het om dit van politiek los te maak en die idee te laat posvat dat almal daar welkom is (Koekemoer 2007:4; Marschall 2005:31). Hierdie verskuiwing is ’n duidelike aanduiding dat daar van die Afrikaner se ideologie van republikanisme en later nasionalisme aanbeweeg is na ’n verbruikerskultuur, as aspek wat hier onder bespreek word.

Ook op bestuursvlak is veranderinge aangebring en is die Voortrekkermonument in 1993 in ’n Artikel 21-maatskappy omskep (Grobler 2001:32). Hierdie besluit blyk ’n poging uit Afrikanergeledere te wees om te verhoed dat die monument in ’n veranderende politieke omgewing bedreig sou word. Die gevolg hiervan was dat die status van die monument inderdaad verander het van een wat nasionale besit was, na een wat onder beheer staan van diegene met ’n spesifieke kulturele (Afrikaner-) belang (Grundlingh4 2001:100). Desnieteenstaande het die ANC-regering steeds met befondsing van die monument voortgegaan, al sou die bydraes jaarliks krimp.

In verdere pogings om die monument meer aanvaarbaar te maak, is daar selfs ’n alternatiewe verhaal aan besoekers aangebied en insette hieroor is onder meer van die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAHRA)5 aangevra – ’n duidelike poging om meer inklusief te wees en om brûe tussen gemeenskappe te bou. Die alternatiewe verhaal spreek onder meer aspekte soos die Difaqane, gronduitbreiding en konflik aan (Kruger 2010a:1–3).

Die Voortrekkermonument het inderdaad sedert 1994 ’n groot omwenteling ondergaan wat onder meer tot ’n toename in internasionale besoekers gelei het. Die klem wat gelê word op die monument as argitektoniese meesterwerk eerder as op die ontstaan en simboliek daarvan, het waarskynlik hiertoe bygedra. Die monument word veel eerder beskou as ’n “erfenis”, iets wat klaarblyklik meer aanvaarbaar is as bloot ’n monument (Grundlingh 2001:107–8).

Die genoemde veranderinge was hoogs waarskynlik nie slegs polities gemotiveer nie. Die Voortrekkermonument het ook tussen 1999 en 2003 finansiële ondergang in die gesig gestaar. Dit het waarskynlik die besluit in die hand gewerk om bemarking en kommunikasie te depolitiseer. Nuwe kontekste wat vir alle Suid-Afrikaners aanvaarbaar is, is daargestel en hierna het besoekersgetalle inderdaad weer gestyg (Anoniem 2016:2). Toerisme het al hoe belangriker geword, omdat dit daartoe bygedra het om die koffers van die monument te vul. Die harde werk aan die opskerping van die bemarking van die monument het vrugte afgewerp, nie net deur stygende besoekersgetalle nie, maar ook in die ontvang van verskeie toekennings, onder meer die Golden Arrow-toekenning vir die opwindendste en interessantste erfenisterrein in Gauteng (Geldenhuys 2005:2). Soos hier bo vermeld, hou hierdie verskuiwing verband met die skuif in die Afrikaner se ideologie van republikanisme in die 19de eeu na ’n ideologie van nasionalisme in die 20ste eeu, en ’n verbruikerskultuur sedert die 1970’s. Hiervolgens kry ekonomiese ideale voorkeur bo politieke idees (Villet 2012:75). Dit wil derhalwe voorkom asof die strewe na die finansiële onafhanklikheid van die monument hiermee verband hou en dat die strengheid ten opsigte van wat toelaatbaar is in die monument gevolglik verslap is. ’n Verskeidenheid funksies, anders as bloot die volksfeeste van die verlede, word deesdae by die monument, of ten minste op die terrein, aangebied. Hieronder tel musiekkonserte en markte.

Hierdie verskuiwing in betekenis is niks nuuts vir monumente nie. Dit is soortgelyk aan die omskepping van die 10de-eeuse moskee in Còrdoba in ’n Christelike katedraal, asook van die Hagia Sophia-kerk, wat in 360 n.C. in Konstantinopel (vandag Istanbul) gebou is, maar in 1453 ’n moskee geword het. Daar was selfs sprake dat die Voortrekkermonument op soortgelyke wyse deur die ANC-regering heropgedra (“rededicated”) kon word (Maré 2002:19) om dit meer aanvaarbaar vir ’n groter gedeelte van die samelewing, nasionaal en internasionaal, te maak. Die monument se beheerliggaam het egter seker gemaak dat hulle steeds in beheer bly en het self die nodige aanpassings gemaak. Die oprig van Vryheidspark op ’n nabygeleë koppie het nietemin die sogenaamde ander kant van die geskiedenis daargestel.

Die Voortrekkermonument-maatskappy probeer steeds om die monument as ’n belangrike deel van die erfenisbesit van Suid-Afrika te vestig. In hierdie verband word klem gelê op die monument as erfenis en iets wat ’n brug verskaf tussen die verlede, die hede en die toekoms, maar ook tussen verskillende gemeenskappe – ’n ware toekomsgerigte erfenisinstansie. Die alternatiewe verhaal, wat deesdae deur gidse by die monument oorgedra word, bevat verskeie voorbeelde van hoe die Voortrekkermonument aanpassings gemaak het om meer inklusief te wees en ander kultuurgroepe te betrek (Kruger 2010a:1–3). Dit is ’n uiters belangrike ideologiese skuif, ’n gedagte wat hier onder weer aangeraak sal word.

Parallel hiermee is die gedagte agter die verandering in die benaming van Geloftedag na Versoeningsdag. Verskeie aktiwiteite wat by die Voortrekkermonument aangebied word, het sedertdien, met wisselende sukses, veel eerder die klem op versoening as op Afrikanernasionalisme probeer plaas (Grundlingh 2001:101–2).

Dit is egter steeds moeilik vir die monument om volkome onafhanklik van sy wortels te staan. So het die toenemende persepsie dat die Afrikaner se erfenisgoedere bedreig word, daartoe gelei dat druk op die monument se bestuur uitgeoefen is om by die bewaring van andere terreine betrokke te raak. Dit lei tot die daarstel van die Erfenisstigting in 2002 as afsonderlike Artikel 21-maatskappy (Anoniem 2010:11). Die effek hiervan word later onder die loep geneem.

 

8. Nasionale erfenishulpbron

’n Uitvloeisel van die veranderende interpretasie was dat die Voortrekkermonument in 2011 tot ’n nasionale erfenisterrein verklaar is. Dit toon die sukses wat behaal is om dit meer aanvaarbaar te maak. Dit is inderdaad insiggewend om daarop te let dat in die “Verklaring van belang” van die monument daar bloot melding daarvan gemaak word dat die monument opgerig is om die Voortrekkers te gedenk, dat dit op ’n gebeurtenis fokus (die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838) wat die gang van die geskiedenis verander het, dat dit ’n herinnering is aan die ontwaking van Afrikanernasionalisme, en dat dit ’n onteenseglike effek op die ontwikkeling van die nuwe Suid-Afrikaanse demokrasie6 gehad het. Voorts word die argitektoniese meriete daarvan ook beklemtoon (RSA 2011:6). Geen melding word spesifiek van die simboliese betekenis daarvan gemaak nie – waarskynlik ’n baie duidelike boodskap dat die klem nie meer daarop val nie. Nietemin word hierdie simboliek geïmpliseer deurdat daar na die “ontwaking van Afrikanernasionalisme” verwys word (RSA 2011:6).

Die verklaring van die monument tot nasionale erfenishulpbron beteken inderdaad dat dit amptelike erkenning geniet en as ’n erfenis van nasionale belang beskou word. Weer eens dui dit daarop dat die bestuur van die monument suksesvol was in hulle pogings om die simbolies-ideologiese beeld daarvan te verander – van een gekoppel aan apartheid na een van nasionale versoening. Laasgenoemde is ’n gedagte wat gereeld deur amptenare van die monument (en Erfenisstigting) in kommunikasie met die media gebruik word (vgl. bv. Ley 2015:18–9).

Die presiese betekenis van die verklaring van erfenisterreine word dikwels misverstaan. In hierdie geval sluit die verklaring die onmiddellike 15 hektaar rondom die monument in (RSA 2011:6). Die terrein is egter veel groter en die verklaring sluit dus alles buite die 15 hektaar uit. Tog is dit interessant dat daar geen kaart opgestel is om aan te dui presies waar die grens van hierdie 15 hektaar loop nie (sien figuur 3). Hierdie aspek is van kardinale belang, aangesien dit juis veronderstel is om die manifestering van die kulturele belang van die monument daar te stel. Daarsonder kan daar maklik aktiwiteite op die verklaarde kerngebied plaasvind wat uiteindelik negatief op die bepaling van kulturele belang kan inwerk.

Ander aspekte moet in samehang hiermee in ag geneem word. Een van die heel belangrikste hiervan, omdat dit hier oor ’n monument gaan – iets wat simboliese betekenis het – is die fisiese aansigte daarnatoe wat juis tot die verklaring aanleiding gegee het (figuur 4). Hiermee saam hang ook die beklemtoning en bewaring van die simboliek. Die argitektoniese meriete van die monument is pertinent vermeld in die verklaring van die terrein, terwyl die vermelding van die herdenking wat dit aan die historiese gebeure van die Groot Trek verleen, sterk gekoppel word aan die simboliek van Afrikanernasionalisme (RSA 2011:6).

Daar moet dus altyd wyer gekyk word. So het die Voortrekkermonument-bestuur self in hulle motivering vir die verklaring aandag gegee aan die uitgebreide stelling van belang (Statement of significance) van die monument. In hierdie dokument word onder meer strukture soos die klipstapel van 1938, die amfiteater, die voorstelling van trekroetes oos van die monument en replikas van Zoeloehutte vermeld. Aandag word ook aan die nietasbare erfenis verleen met die vermelding van die Simboliese Ossewatrek van 1938 en die gebeure tydens die hoeksteenlegging van die monument (Kruger 2006; Kruger 2010b:1–7). Dit is gevolglik duidelik dat die groter geheel in ag geneem moet word.

Figuur 3. Kaart van die Voortrekkermonument-terrein. Die linkerkantse gedeelte in rooi belyn behoort aan die Voortrekkermonument-maatskappy, maar is groter as 15 hektaar. Dit bestaan uit twee subgedeeltes, albei groter as 15 hektaar. Die eerste is gedeelte 12, 13 en 24 van die plaas Groenkloof 358 JR en huisves die monument, amfiteater en ander historiese strukture. Die tweede is gedeelte 9 van die plaas Groenkloof 358 JR en huisves Fort Schanskop. Ander gebiede behoort aan die Departement Openbare Werke en die Stad Tshwane (Stad Tshwane, Departement Stadsbeplanning en Ontwikkeling).

Figuur 4. Die Voortrekkermonument. Die foto is geneem om spesifiek ’n onbelemmerde aansig tot die monument te wys. (Foto: A.C. van Vollenhoven)

 

9. Bepaling van kulturele erfenisbelang

Om bostaande beter te begryp, is dit nodig dat daar kortliks stilgestaan word by die bepaling van die begrip erfenisbelang. Dit is standaardpraktyk dat wanneer die kulturele of erfenisbelang van ’n voorwerp of terrein bepaal word, daar ’n vasgestelde stel reëls is wat in aanmerking geneem moet word. Hierdie evaluasie word op grond van die volgende kriteria gedoen:

  • die unieke aard van ’n terrein
  • die integriteit van die argeologiese afsetting
  • die breër historiese, argeologiese en geografiese konteks van die terrein
  • die ligging van die terrein in verhouding tot ander soortgelyke terreine of verskynsels
  • die diepte van die argeologiese afsetting
  • die toestand van preservering van die terrein
  • die uniekheid van die terrein
  • die potensiaal van die terrein om huidige navorsingsvrae te beantwoord. (RSA 1999:14)

’n Terrein hoef aan slegs een van hierdie kriteria te voldoen om as belangrik geag te word. Die kriteria is saamgestel uit internasionale konvensies insake erfenis (bv. die Burra- en Venesiese protokolle) en word in die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (Wet 25 van 1999), soos volg opgesom:

  • Hulpbronne wat belangrik is in die verloop van belangrike gebeure in Suid-Afrikaanse geskiedenis
  • Hulpbronne wat ’n rare of bedreigde aspek van Suid-Afrika se natuurlike of kulturele erfenis reflekteer
  • Terreine wat die potensiaal het om belangrike inligting vir die verstaan van Suid-Afrika se natuurlike of kulturele erfenis te bevat
  • Terreine wat belangrik is omdat dit oor belangrike kenmerke van die natuurlike of kulturele omgewing of voorwerpe van ’n spesifieke groep in Suid-Afrika beskik
  • Terreine wat belangrik is omdat dit kenmerke besit wat vir ’n spesifieke gemeenskap of kultuurgroep van estetiese belang is
  • Terreine wat ’n hoë graad van kreatiewe of tegnologiese vaardigheid van ’n spesifieke periode aandui
  • Hulpbronne wat sterk sosiale, kulturele of religieuse bande vir ’n spesifieke gemeenskap inhou
  • Terreine wat verband hou met die werk en lewe van ’n belangrike persoon, groep of organisasie in die geskiedenis van Suid-Afrika
  • Terreine wat verband hou met die geskiedenis van slawerny in Suid-Afrika. (RSA 1999:14)

Die kulturele belang van ’n terrein word ingevolge die bostaande bepaal. Kulturele belang is ’n kernbegrip in die bepaling van erfenisbelang en die volgende aspekte word gebruik om dit vas te stel:

  • kulturele waarde
  • sosiale waarde
  • historiese waarde
  • wetenskaplike waarde
  • estetiese waarde. (ICOMOS 1964; ICOMOS 2013:2; Kerr 1985:8)

By kulturele waarde gaan dit oor die waarde wat ’n plek of voorwerp vir die gemeenskap of ’n gedeelte daarvan het. Kulturele waarde is hoofsaaklik op die ander vier waardes gebaseer. Dit is vervat in die plek self, met ander woorde die materiaal waarvan dit gemaak is, die konteks, gebruik, assosiasies, betekenisse, rekords ens. (ICOMOS 2013:2). In die geval van monumente word hierdie waarde dikwels per definisie daaraan toegeken omdat dit amptelik as erfenis verklaar word (Marschall 2005:31).

Sosiale waarde het te make met die geestelike, politieke, nasionale of ander kulturele sentiment wat met ’n plek of voorwerp verbind word. Die waarde kan deur ’n meerderheids- of minderheidsgroep daargestel word. Dit word beïnvloed deur die bekendheid van die terrein, die toestand daarvan of die wetenskaplike waarde daarvan. Sosiale waarde word dikwels as die belangrikste van die waardes beskou (Van Vollenhoven 2003:42–3).

Historiese waarde hou verband met die plek se bydrae tot kennis. Die toestand daarvan speel ’n belangrike rol, en vrae wat beantwoord moet word, is of dit ’n tipiese voorbeeld van ’n spesifieke tydperk of styl is en of dit moontlik uniek is. ’n Verdere aspek wat belang bevorder, is of dit met ’n bepaalde belangrike persoon verbind kan word. Hierdie waarde word gewoonlik verhoog indien ’n plek of voorwerp ’n lang kontekstuele geskiedenis en outentiekheid het (Van Vollenhoven 2003:27).

By wetenskaplike waarde gaan dit oor die potensiaal van ’n plek om kennis te verskaf. Dit hou gevolglik verband met rariteit, kwaliteit en verteenwoordigendheid (Van Vollenhoven 1998:41; Van Vollenhoven 2003:27).

Estetiese waarde het te make met skoonheid in ontwerp, atmosfeer en assosiasies. Dit sluit ontwerp, styl, artistieke ontwikkeling en vlak van vaardigheid in. Dit is duidelik van groot belang wanneer daar met geboue gewerk word en word gevolglik ook soms argitektoniese waarde genoem (Van Vollenhoven 1998:41; Van Vollenhoven 2003:27).

Uit die bostaande is dit duidelik dat die bepaling van erfenisbelang ’n komplekse taak is. Dit is voorts duidelik dat daar baie aspekte is wat in gedagte gehou moet word en dat hierdie aspekte voortdurend nagegaan moet word om te verseker dat die kulturele integriteit van die erfenisterrein in stand gehou word.

 

10. Dekontekstualisering van die Voortrekkermonument

Die voorgaande beklemtoon dat die totale konteks van ’n kultuurhulpbron daaraan betekenis gee. In die geval van die Voortrekkermonument is dit duidelik dat die argitektoniese elemente ’n kardinale rol gespeel het in die verklaring daarvan tot nasionale erfenisterrein en dat dit ook van groot belang was in die beplanning vir die bou daarvan. Verwant hieraan is die fisiese aansigte, oftewel die sigbare beeld van die monument as gebou. Enigiets wat belemmerend hierop inwerk, sal noodwendig hierdie aspek benadeel. Gevolglik is dit van die uiterste belang dat geen aksie wat dit benadeel, toegelaat word nie.

In effek beteken dit dat enigiets wat binne die verklaarde gebied gebeur wat van permanente aard is en wat die fisiese gesteldheid van die terrein verander, eers deur SAHRA goedgekeur moet word. Dit kan egter maklik vergeet word dat ook enigiets wat búite die 15 hektaar-radius gebeur en van permanente aard is of die fisiese gesteldheid van die terrein verander, waarskynlik ’n effek op hierdie aansig kan hê en gevolglik ook onderhewig is aan goedkeuring deur SAHRA.

Dit bring die Erfenisstigting ter sprake, wat oor die afgelope aantal jare verskeie strukture, standbeelde en gedenktekens op die terrein van die Voortrekkermonument opgerig het. Hoewel die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting twee afsonderlike maatskappye is, deel hierdie instansies verskeie hulpbronne, waarvan die belangrikste sekerlik die terrein is waar die Erfenissentrum in 2008 ook neffens die monument opgerig is. Selfs hierdie aspek het ’n invloed op die moontlike persepsies van die Voortrekkermonument, omdat dit in sommige gevalle nie voor die hand liggend is om die gedagte van versoening en nasiebou met dié van alle Afrikanererfenisse in verband te bring nie. Dit kan gevolglik maklik vertolk word as synde in stryd daarmee.

Die oprig van die genoemde strukture kan moontlik daartoe lei dat die erfenisstatus van die monument in gedrang kom. Hier is twee sake ter sprake. Eerstens is daar die blote oprig van strukture wat vir sommige esteties onaanvaarbaar mag wees, of wat die aansig tot die monument belemmer en gevolglik ’n negatiewe effek daarop en die daaruit voortspruitende erfenisbelang daarvan het. Dit sluit selfs die moontlikheid in dat besoekers nie heel eerste deur die grootsheid van die monument getref word wanneer hulle op die terrein aankom nie. Die oorspronklike gedagte met die monument was juis ’n “majestueuse monument bo-op ’n koppie waar dit onmiddellik die aandag van die toeskouer sou vang en hou” (Duffey 2006:27–8). Besoekers se eerste indruk is moontlik nie meer die monument nie, maar die ander nieverbandhoudende strukture.

Tweedens strook die boodskap van sommige van die strukture wat opgerig is, waarskynlik nie met die boodskap van die monument nie. Die tweede saak is veel ernstiger, omdat dit op subtiele wyse tot die dekontekstualisering van die monument kan lei en gevolglik die nuwe beeld daarvan kan aantas. Enigiets wat nie bydra tot die nuwe interpretasie nie, sou hieronder kon ressorteer.

 

11. Bevindings

In die bostaande is aangedui dat die simboliese waarde van die Voortrekkermonument twee uitinge het. Eerstens is dit ’n simbool van die Afrikaner se strewe na vryheid en tweedens is dit ’n simbool van versoening. Hierdie twee interpretasies kan soms as moeilik versoenbaar beskou word, en hoewel dit nie noodwendig waar is nie, kan daar juis daarom nie toegelaat word dat toevoegings tot die terrein gemaak word wat moontlik hierdie tweeledige boodskap weerspreek nie. Dit is veral belangrik – en is as sodanig in 2014 deur ’n SAHRA-amptenaar vermeld – dat die aanhoudende plasing van ander monumente en gedenktekens in ’n gebied te naby aan die Voortrekkermonument die fokus daarvan wegneem en dus op die lange duur ’n negatiewe uitwerking op die kulturele belang daarvan sal hê (Sipoyo 2014).

Die genoemde debat rakende standbeelde en die moontlike verskuiwing daarvan het die vraag laat ontstaan of die Voortrekkermonument-terrein nie dalk die aangewese plek vir standbeelde met ’n definitiewe Afrikanerbelang sou wees nie. In die lig van die bostaande is die antwoord feitlik onomwonde ontkennend, want as dit die kulturele belang van die grootste van alle Afrikanermonumente gaan bedreig, kan dit nie toegelaat word nie. (Die woord feitlik word met voorbedagte rade gebruik, want dit sou onder sekere omstandighede wel moontlik wees om standbeelde en gedenktekens na die groter terrein te bring, maar slegs na deeglike besinning oor die posisionering daarvan en die moontlike invloed daarvan op die simboliese dekontekstualisering van die monument.)

In effek beteken dit dat die konteks van die Voortrekkermonument deeglik in ag geneem moet word by die plasing van ander strukture en gedenktekens aldaar. Een moontlikheid sou wees om ’n definitiewe buffersone te skep, wat ongetwyfeld daartoe sal bydra dat die monument se betekenis nie afgewater word nie. Daar sou selfs verskillende sones geskep kon word sodat daar al hoe verder van die kerngebied beweeg kan word in die plasing van die genoemde strukture. Aspekte wat ’n direkte verband met die monument het, kan in die eerste sone, die naaste daaraan, geplaas word. Strukture met ’n minder direkte skakel kan in die volgende sone geplaas word, en so aan tot die laaste sone, die verste van die monument af, waar Afrikanergedenktekens met ’n uiters geringe of selfs geen skakel met die monument nie, geplaas kan word. Die presiese afbakening van hierdie sones is ’n saak van dringende belang sodat ’n beleid daargestel kan word waarvolgens toekomstige ontwikkelinge kan geskied. Dit sou gewis minder aanvegbaar wees as die huidige tendens van die oënskynlik lukrake plasing van strukture.

Die Voortrekkermonument se direksie het self die monument ’n toekomsgerigte erfenisinstansie genoem. Die plasing van ander strukture, soos hier bo aangedui, laat egter ernstige bedenkinge daaroor ontstaan. Sommige hiervan mag moontlik aanvaarbaar wees, maar hiervoor is dit nodig dat daar opnuut na die geheel gekyk moet word. Iets wat onder meer wel die wenkbroue laat lig, is die gedenktekens van onder andere instansies van die voormalige Suid-Afrikaanse Weermag (SAW). Dit skep ’n eensydige militêre beeld en gee die indruk dat ander aspekte van die Afrikanergeskiedenis afgeskeep word. Daar is reeds ander plekke waar die ou SAW erkenning kry, onder meer by die Johannesburgse Oorlogsmuseum en die Lugmagmuseum. Belangriker nog is dat dit juis hierdie gedenktekens is wat gewis nie in alle opsigte ’n boodskap van versoening en nasiebou oordra nie en wat in elk geval nie noodwendig slegs Afrikanergerig is nie. Hierdeur word ’n ideologiese dilemma geskep wat nie maklik verduidelik of negeer kan word nie en wat die harde werk om die toekoms en konstruktiewe betekenis van die monument te verseker, tot niet maak.

Voorts is die onderskeid tussen die Erfenisstigting en Voortrekkermonument dikwels onduidelik. Benewens die feit dat dieselfde persoon tans as besturende direkteur van beide optree, wil dit voorkom asof, afgesien van die terrein waar al twee geboue voorkom, ook ander hulpbronne gedeel word. Hierdie ineengevlegte situasie kan moontlik die persepsie daarstel dat die monument eerder op die bewaring van Afrikanererfenisse as op die gedagte van versoening en nasiebou ingestel is.

Dit is allermins die gedagte om koud te staan teenoor Afrikanermonumente en –gedenktekens, maar dit het tyd geword dat daar minder emosioneel hiermee te werk gegaan word. Daar kan nie toegelaat word dat die dekontekstualisering van die Voortrekkermonument voortgaan, nadat daar soveel moeite gedoen is om die beeld daarvan meer aanvaarbaar te maak nie. Dit mag nie ongedaan gemaak word deur die voortgesette ondeurdagte plasing van ander gedenktekens en standbeelde wat oënskynlik hierdie beeld aftakel nie. Nie alleen sou dit die nuwe interpretasie van die Voortrekkermonument skaad nie, maar dit sou daartoe kon lei dat die monument sy status as nasionale erfenisterrein kan verloor.

Onlangse besluite by die monument blyk meer in ooreenstemming te wees met dít wat in hierdie artikel bepleit word. Gebeure van die afgelope aantal jare het daartoe gelei dat ’n nuwe beleid oor die plasing van beelde en ander strukture by die monument daargestel is. Na aanleiding van die onsuksesvolle poging om ook die Troepiemonument vanaf Fort Klapperkop na die terrein van die Voortrekkermonument te verskuif, asook die kritiek wat daarmee gepaard gegaan het, het die direksie van die Erfenisstigting en Voortrekkermonument-maatskappy, herbesin. Die vakkundige komitee het ’n beleidstuk opgestel wat deur die direksie aanvaar is en waarvolgens hierdie gebruik om allerlei ander strukture op die terrein op te rig, gestaak word. In hierdie stadium sluit die besluit die moontlike verskuiwing van dit wat oor die afgelope aantal jare opgerig is, uit (Van Wyk 2017).

Hierdie beleid is sedert Januarie 2015 in werking. Die dokument stel beginsels daar vir die plasing van ander strukture op die terrein van die Voortrekkermonument, maar dit skiet te kort aan praktiese riglyne (Voortrekkermonument 2015). Hieronder tel die afbakening van verskillende sones of gebiede, gekoppel aan spesifieke gebeure of tydperke, soos hier bo voorgestel. Nietemin is dit ’n stap in die regte rigting. Die beleidstuk kan in die afsienbare toekoms bygewerk word om hierdie leemtes aan te spreek en kan ook die meriete aanspreek om strukture wat reeds opgerig is, te evalueer en moontlik te verskuif. Hierdie verskuiwing kan fisies wees, maar daar is ook ander maniere, soos om dit simbolies te verskuif. Dit is ’n nuwe debat, maar in kort kom dit daarop neer dat dit deur die aanbied van inligting aan besoekers aangespreek word. Op hierdie wyse kan die kulturele integriteit van die Voortrekkermonument en die terrein herstel word.

 

Bibliografie

Anoniem. 1949. Inwyding van die Voortrekkermonument. Amptelike program en gedenkboek. Johannesburg: Voortrekkerpers Beperk.

—. 1950. Historiese rekord van die opening van die Voortrekkermonument. Johannesburg.

—. 2005. VTM gidse ontvang akkreditasie. Vryheid Herald, 4 Maart, bl. 7.

—. 2010. Die Voortrekkermonument as simbool: waarvandaan en waarheen? Ongepubliseerde dokument, Die Erfenisstigting.

—. 2016. Die Erfenisstigting se betrokkenheid by Groot Trek-verwante erfenishulpbronne, Die Erfenisstigting. http://es.org.za/wp-content/uploads/2016/01/2016.01.21-ES-en-Stand-van-Groot-Trek-verwante-erfenishulpbronne.pdf (28 Desember 2016 geraadpleeg).

Burden, M. 2000. Die metodologie van Kultuurgeskiedenis. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, 14(2):13–30.

Burden, M. en E. Ekermans. 2001. ’n Klassifikasiestelsel vir Kultuurgeskiedenis. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, 15(2):21–40.

Chance, K. 2005. Monumental effort. The Property Magazine, Oktober, bl. 44.

Duffey, A. 2006. ’n Egte lugkasteel: Moerdijk, Van Wouw en die Voortrekkermonument. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, 20(2):22–41.

Ferreira, O.J.O. 1970. Die geskiedenis van die Sentrale Volksmonumentekomitee. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van Pretoria.

—. 1975. ’n Volk se hulde: die geskiedenis van die Sentrale Volksmonumentekomitee. Johannesburg: Perskor.

—. 1997. Kultuurgeskiedenis by ’n kruispad. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, 11(2):116–26.

Geldenhuys, H. 2005. A long trek to one prize. Sunday Times, 6 November, bl. 2.

Grobler, J. 2001. Ontdek die Voortrekkermonument. Pretoria: Grourie Entrepreneurs.

Grundlingh, A. 2001. A cultural conundrum. Old monuments and new regimes: The Voortrekker Monument as symbol of Afrikaner power in postapartheid South Africa. Radical History Review, 81:95–112.

Heymans, R. 1986. Voortrekkermonument Pretoria. Pretoria: Business Print Centre.

ICOMOS. 1964. International charter for the conservation and restoration of monuments and sites (the Venice charter). Venesië: ICOMOS.

—. 2013. The Burra charter: The Australia ICOMOS charter for places of cultural significance. Burra: ICOMOS.

Jansen, E.G. 1949. ’n Ideaal verwesenlik. In Anoniem 1949.

Kerr, J.S. 1985. The conservation plan. A guide to the preparation of conservation plans for places of European cultural significance. Sydney: ICOMOS.

Koekemoer, J. 2007. Die Voortrekkermonument – simbool van beskerming. Die Afrikaner, 24 Junie, bl. 7.

Kruger, C. 2006. Die Voortrekkermonument, Pretoria, terreinnominasievorm. 18 Julie.

—. 2010a. Concept document for input from SAHRA, Voortrekker Monument narrative. Ongepubliseerde dokument, Die Voortrekkermonument.

—. 2010b. Graderingsbrief (Voortrekkermonument-aansoek). Brief van senior bestuurder erfenisbewaring aan C. Muller, graderingskomitee SAHRA, 4 Februarie, ble. 1–7.

Ley, M. 2015. Monument nou die hele land s’n. Beeld, 21 Februarie, ble. 18–9.

Maré, E. 2002. The aesthetics of ideology: the vicissitudes of monuments. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, 16(2):15–24.

Marschall, S. 2005. Forging national identity: institutionalising foundation myths through monuments. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, 19(1):18–35.

Meyer, A. 1995. Argeologie en kultuurhulpbronbestuur: ’n Voorgestelde paradigma vir kultuurhulpbronbestuur. In Van den Bos en Moolman (reds.) 1995.

Moerdyk, G. 1949. Die Voortrekkermonument. In Anoniem 1949.

Nessman, R. 2003. Breaking out of the stone laager. The Star, 8 Mei, bl. 19.

RSA (Republiek van Suid-Afrika). 1999. Die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (Wet nr. 25 van 1999). Kaapstad: Die Staatsdrukker.

—. 2011. Declaration of the “Voortrekker Monument”, farm Groenkloof, situated on certain portions of portion 12, 13 and 24/R of farm 358-JR, Pretoria as a National Heritage Site. Die Staatskoerant, 8 Julie, ble. 6–9.

Sipoyo, G. 2014. SAHRA-amptenaar, persoonlike kommunikasie, 6 Desember.

Swart, M.J. e.a. (redaksiekomitee). 1989. Afrikanerbakens. Aucklandpark: Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.

Unsworth, A. 1996. Tokyo’s groot trek. Sunday Times, 15 Desember.

Van den Bos, J. en M. Moolman (reds.). 1995. Metodologie in navorsing. Sunnyside: Transvaal Streektak (SAVK).

Van der Westhuizen, G. 1991. Geloftedag se ander kant. Beeld, 14 Desember, bl. 11.

Van Vollenhoven, A.C. 1998. Kultuurhulpbronbestuur (KHB) binne die funksionele konteks van museums in Suid-Afrika. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

—. 2000. ’n Voorgestelde paradigma vir navorsing op histories-argeologiese erfenishulpbronterreine in Suid-Afrika aan die hand van gevallestudies in Noordelike Gauteng. Ongepubliseerde DPhil-proefskrif, Universiteit van Pretoria.

—. 2003. Die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, 17(2):23–45.

—. 2015. Dealing with statues, monuments and memorials in South Africa – a heritage based response to current controversies. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, 29(1):7–21.

—. 2016. Erfenisriglyne. ’n Praktiese gids vir alledaagse gebruik. Pretoria: V&R Drukkery.

Van Wyk, W.C. 2017. Voorsitter van die Direksie van die Erfenisstigting en Voortrekkermonument-maatskappy. Persoonlike onderhoud op 10 Mei.

Villet, C. 2012. Loftus as Afrikaner heterotopia: The life world of rugbymentality. Image & Text, 19:64–79.

Voortrekkermonument. 2015. Voortrekkermonument Erfenisterrein beleid vir die insamel en bestuur van beeldhouwerke, grafstene en ander gedenkstrukture op die VTM Erfenisterrein.

Voortrekkermonument Argief. 2002. Mediaverklaring, 2 Februarie.

 

Eindnotas

1 Hierdie artikel het nie ten doel om die begrip Afrikaner te definieer nie, maar die bedoeling met die term sou ten minste wees om nasate van die Voortrekkers, asook diegene wat hulle met die strewe van die Voortrekkers assosieer, in te sluit.

2 Die woord betekenis dui enersyds op die intrinsieke betekenis van monumente, maar andersyds sinspeel dit in hierdie artikel ook op verskillende persepsies en interpretasies van die Voortrekkermonument.

3 International Council on Monuments and Sites.

4 Grundlingh dui aan dat dit “volksbesit” was, maar in sy verduideliking is dit duidelik dat hy “nasionale besit” bedoel. Die probleem is natuurlik dat “volksbesit” en “nasionale besit” ten tye van die oprig van die monument waarskynlik sinonieme was, maar vandag nie meer is nie. Daar sou tereg vandag aangedui kon word dat die monument nou volksbesit is, maar nie meer nasionale besit nie.

5 Die Afrikaanse akroniem is eintlik SAEHA, maar omdat SAHRA maklik op die tong val, word dit algemeen gebruik.

6 Met die woorde “dat dit ’n onteenseglike effek op die ontwikkeling van die nuwe Suid-Afrikaanse demokrasie gehad het”, word waarskynlik verwys na die versoenende rol wat die bestuur van die monument in die jare sedert 1994 gespeel het. Dit sinspeel op samewerking met ander groepe, versoening en nasiebou, asook uitreiking en die aanbied van hulp met betrekking tot die bewaring van ander groepe se kultuurgoedere.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Die veranderende betekenis van die Voortrekkermonument: erfeniswins of erfenisverlies? appeared first on LitNet.

A Time Traveller's Guide to South Africa in 2030 deur Frans Cronje: ’n onderhoud

$
0
0

A Time Traveller's Guide to South Africa in 2030
Frans Cronje

Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624080589

Skrywers oor hul nuwe boeke: Frans Cronje gesels met Naomi Meyer oor sy boek A Time Traveller's Guide to South Africa in 2030.

Hallo Frans, vertel my asseblief wat die toekoms inhou. Ons almal wil weet. Weet jy? Of wat weet jy en hoe stel jy vas wat jy weet? (Anders gestel: dalk kan jy ook iets van jou agtergrond vertel?)

Ek is ’n scenariobeplanner en werk vir Suid-Afrika se voorste beleidsdinktenk, die IRV. Ons gebruik scenario’s om ons kennis van die toekoms so goed te maak soos dié van die verlede. Die IRV doen ’n groot hoeveelheid maatskaplike en ekonomiese ontleding om tendense te identifiseer wat ons samelewing aandryf. Ons versamel ook baie politieke en beleidsinligting. Ons verenig die tendense met die beleidsinligting om ’n beskouing te ontwikkel oor wat in die land gebeur, waarom dit gebeur en wat volgende sal gebeur. Ons is daartoe in staat om 3, 6, 12, 24, 60, en 120 beskouings te toets oor wat om van Suid-Afrika te verwag. Indien ons ons werk behoorlik gedoen het, behoort jy te weet wat in die politiek van die land en die ekonomie sal verander, waarom dit sal verander, wat die implikasie van die verandering vir jou sal wees – en naastenby wanneer dié verwagte verandering sal plaasvind.

Ons weet almal hoe een faktor ’n impak op baie dinge het. Gestel ’n kollega verlaat ’n kantoor, of ’n nuwe klasmaat kom by in ’n skoolklas. Die hele dinamika verander. Dis baie simplisties gestel, maar so is dit sekerlik ook in ’n regering, of hoe? Maar is die land dalk te veel ingestel op Zuma en op hom as president? Of, as mens dink wat Hermann Giliomee onlangs in sy onderhoud met Willemien Brümmer gesê het: moet nooit vir Zuma onderskat nie. Wat is jou gevoel?

Hermann Giliomee is heeltemal reg om te waarsku dat Jacob Zuma nie onderskat moet word nie. Ons het onlangs sewe modelle vir kliënte saamgestel oor hoe die ANC se interne leierskapstryd sal ontwikkel. Zuma het in vyf van die modelle gewen. Hy is ’n uiters gesofistikeerde strateeg en ’n meedoënlose en bekwame opponent. Die media-indruk van Zuma as ’n ploeterende idioot is heeltemal verkeerd. Hy speel op ’n baie hoë vlak skaak en, soos sy vriend Vladimir Putin in Rusland, drink hy nie. Hy het Thabo Mbeki en die grootste deel van Suid-Afrika se sakegemeenskap uitoorlê. In sy dae as hoof van ANC-intelligensie het niemand wat teen Zuma ’n kans gewaag het, ooit gewen nie. Hy kan verslaan word en die kanse teen hom was nog nooit beter nie. Dat hy hoegenaamd onder die huidige druk oorleef, is bewys van sy strategiese vernuf. Ons adviseer kliënte steeds om strategieë te handhaaf vir ingeval die Zuma-kamp nog lank na die einde van die jaar oorleef.

Steeds betreffende die regering: jou boek skryf oor die belang van die regering, maar ook die belang van gemeenskappe, selfs waar die regering nie goeie besluite neem nie. Maar dis moeilik om vanuit mens se eie wêreldbeskouing ’n land te bedink waar die regering nie regeer en beskik oor infrastruktuur, opvoeding, ekonomie en so aan nie. Dink jy egter dis ’n soort oplossing: om te fokus op wat elke individu self kan doen, eerder as om na die regering te kyk vir leiding?

Jy beskryf nou die verbrokkeling-scenario uit die boek. Daar is ’n globale tendens waar nasionale regerings minder belangrik raak, soos ook nasionale grense. Brexit in Europa en die Trump-oorwinning in Amerika toon die mate waarin mense vertroue in gevestigde sentraleregeringsowerhede verloor het. Ons het dieselfde ding gesien met die verbrokkeling van dele van die Sowjetunie na die Koue Oorlog. Moderne kommunikasietegnologie versnel hierdie globale tendensfragmentering. Kubergeldeenhede sal dit selfs vinniger verhaas. Ons is besig om ’n wêreld te betree waar die dinge wat regerings gewoonlik gedoen het, deur individue en gemeenskappe oorgeneem word. Suid-Afrika is, weens sy politieke verdeeldhede en vermoë om tegnologiese vernuwing te absorbeer, aan die spits van hierdie tendens. Ons kan heeltemal voorsien dat Suid-Afrikaners hulle binne nog ’n dekade of wat in lewende enklawes sal bevind wat de facto-minilande is waar plaaslike gemeenskappe in toenemende mate beheer oor funksies sal uitoefen wat strek van onderwys, gesondheidsorg en sekuriteitsdienste tot vullisverwydering, kragvoorsiening en finansiële transaksies.

In hierdie land is daar jare lank geveg vir elke burger se demokratiese reg om te stem. En dis tog waarop ’n demokrasie berus, of hoe? Vryheid van ’n onafhanklike land, met die regering wat regeer omdat hy deur sy burgers aangewys is om dit te doen terwyl hulle voortgaan met hul alledaagse lewe en brood en botter. Of hoe sien jy ’n funksionerende demokrasie?

Wel, ons demokrasie funksioneer nie baie doeltreffend nie. Die aantal gewelddadige teenregeringsbetogings het oor ’n dekade verdubbel. Meer mense verkies om nie te stem nie as diegene wat vir die ANC stem. Ons het gesien dat vertroue in die regering sedert 2007 met die helfte verminder het. Korrupsie is aan die orde van die dag en die media, burgerlike samelewing en howe is nie so gesond en kragtig as wat baie Suid-Afrikaners verkies om te glo nie. Ons dink nie dit is vergesog dat Suid-Afrika in ’n meer outoritêre toekoms sal verval nie, waar burgerlike en politieke regte ondermyn, joernaliste geteister en aangehou, howe geïgnoreer, en die Grondwet, eiendomsregte en regsoewereiniteit grootliks van hul krag beroof sal word.

Dink jy dat soos wat nuwe beroepe ontstaan en vorige beroepe wegval of vervaag met nuwe tegnologiese uitvindings (telefoonhokkies versus selfone; slakpos versus e-pos, byvoorbeeld), nuwe regeringsmodelle in die toekoms wag? Ook in hierdie land?

Ons weet nie wat die beroepe van die toekoms sal wees nie, omdat die meeste van hierdie beroepe en bedrywe nog nie bedink is nie. Tegnologiese vernuwing, van robotte en nanotegnologie tot kommunikasievordering, kubergeldeenhede en kunsmatige intelligensie, kan die wêreld oor die volgende 20 jaar vinniger verander as wat dit oor die afgelope 100 jaar verander het. Selfbesturende motors kan binne ’n dekade algemeen wees op ons paaie. Vliegtuie wat self vlieg of wat deur androïedvlieëniers geloods word is reeds tegnologies moontlik, hoewel lugdienspassasiers dit nog nie genoeg vertrou vir die beheer van kommersiële straalvliegtuie nie. Ons is naby die punt waar jou selfoon jou sal kan vertel dat jy op die punt is om ’n hartaanval te kry en liewer moet sit – en dat dit reeds die paramedici ontbied het. Wanneer ’n mens na die pas van globale tegnologiese vordering kyk, is dit selfs meer onaanvaarbaar dat Suid-Afrika sulke swak onderwysresultate lewer, veral met betrekking tot wiskunde. Dit is net so waansinnig om Suid-Afrikaanse politici te sien kibbel oor wie die grond of die myne behoort te besit wanneer die toekoms van welvaartskepping lê by wat in mense se koppe aangaan.

Is dit herhalings van die geskiedenis? Die outydse denkstroom van die geskiedenis wat homself herhaal – is dit op hierdie land van toepassing?

In ’n sekere mate. Ons voer wel in die boek die argument aan dat alle vorige tydperke van baie swak ekonomiese groei tot beduidende politieke herskikkings aanleiding gegee het. Dit was waar vir die dekade na die Boereoorlog en die jare na die Tweede Wêreldoorlog. Aan die einde van die 1980’s was Suid-Afrikaners 20% armer as aan die begin van dié dekade en dit het bygedra tot die 1994 politieke oorgang. Ons gaan nou ’n tydvak tegemoet wat net so moeilik en gevaarlik is as dié van die 1980’s, en ek twyfel nie daaraan dat die volgende dekade nog ’n fundamentele politieke en ekonomiese herskikking vir Suid-Afrika sal meebring nie.

Vertel my hoe jy die ekonomie sien – en die toekoms daarvan?

Die korttermyn ekonomiese toekoms sal baie moeilik wees. Verwag lae groeivlakke met die voortdurende risiko van resessie. Verwag dat per capita-BBP-syfers sal daal en dat belasting wat geïn word, ’n onderverwesenliking van SAID-teikens sal wees. Die regering se geld sal opraak en hulle sal pensioenfondse probeer plunder of voorgeskrewe beleggings instel om kop bo water te hou. Bestedingsbesnoeiings sal nodig word, maar sal polities baie ongewild wees. Suid-Afrika is op die oomblik in groot ekonomiese gevaar.

Die ekonomiese toekoms op baie langer termyn kan baie beter wees indien die regering strukturele hervormings kan instel om baie hoër vlakke van kapitaal- en vaste belegging na die land te trek. Vastebeleggingvlakke staan tans op slegs 20% van BBP. Dit behoort nader aan 30% te wees. Maar Suid-Afrika sal nie sulke belegging trek indien die regeringsbeleid byvoorbeeld vyandig teenoor eiendomsregte bly, of onduidelik, soos in die huidige geval van mynbou nie.

Ons dink daar is ekonomiese hervormers in die regering. Heelparty hiervan is in die ANC en hulle besef dat steun vir hul party sal afneem namate per capita-BBP daal. Die vraag is egter nog of dié hervormers in die ANC se interne magstryd die oorhand kan kry – en ons sal nie voor die middel van 2019 ’n duidelike antwoord op dié vraag hê nie.

Wat van vryheid in die algemeen: vryheid van spraak, vryheid binne die media, vryheid om te stem en jou sê te sê? Hou dit alles met mekaar verband?

Party van my kollegas verskil daaroor, maar ek dink dat Suid-Afrika noodwendig ’n meer outoritêre samelewing sal word. Daar is opvallende nadelige aspekte daaraan verbonde, maar ook, soos ons in die boek verduidelik, een voordeel, omdat dit ’n toekomstige regering sal toelaat om die baie ongewilde strukturele ekonomiese hervormings (byvoorbeeld die deregulering van die arbeidsmark) af te dwing wat nodig sal wees om vlakke van plaaslike ekonomiese mededingendheid te verhoog en nuwe beleggingsinvloei te trek.

Ek weet dat dit in party dele van die regering en die ANC ’n gewilde sienswyse is. Ons skets ’n scenario daaromheen in wat ons die opkoms van die regsgesindes noem. Hier pas Suid-Afrika party van die lesse van die Asian Tiger-ekonomieë toe om baie hoë vlakke van ekonomiese groei en werkskepping teen die middel van die 2020’s te bereik. In daardie toekoms is Suid-Afrika ’n minder vrye samelewing, maar baie stabiel en sal hulle mettertyd redelik welgesteld raak.

Dink jy ons land se omstandighede is baie anders as baie ander ontwikkelende lande s’n, en is dit dalk nog te vroeg om nou al, enkele jare na demokrasie, ’n voorspelling van die toekoms te waag? Watter ander lande kan naastenby met iets van die Suid-Afrikaanse omstandighede vergelyk word en hoe het hul verlede en toekoms gelyk?

Ons is op die oomblik uniek omdat ons een van die ekonomieë met die stadigste groei in Afrika is, en een van die opkomende markte in die wêreld met die grootste ekonomiese onderprestasie. Ons arbeidsmarkabsorpsiekoers (die persentasie mense van werkende ouderdom wat werk) is net 40%, terwyl die meeste opkomende markte nader aan 70% staan. Tog is die lewenstandaard in Suid-Afrika, weens aggressiewe welvaartherverspreidingskemas en baie suksesvolle diensleweringspogings na 1994, baie hoër as wat dit in 1994 was. Dink net daaraan dat daar vir elke plakkershut wat na 1994 gebou is, 10 formele huise in die land gebou is.

Dié sonderlinge kombinasie van stygende lewenstandaard en baie lae vlakke van ekonomiese insluiting maak ons uniek en gee aanleiding tot die meeste van ons huidige politieke probleme.

Ons toon wel aan dat indien toekomstige regerings leer uit die historiese foute wat deur ander opkomende markte gemaak is en party van hul suksesse begin nadoen, Suid-Afrika ook groeikoerse kan bereik wat vergelyk met wat in die 1970’s en 1980’s in Suid-Korea behaal is of wat tans in Rwanda en Mauritius plaasvind.

Hier is die belangrikste vraag – sal jy waag om dit te beantwoord? Wat wag op ons in Suid-Afrika?

Die volgende 2–3 jaar sal inderdaad polities sowel as ekonomies baie moeilik wees. Daaraan moet geensins getwyfel word nie. ’n Mens sal baie goeie inligting nodig hê, sowel as die vermoë om jou keuses en die besluite wat jy moet neem, baie duidelik te verstaan ten einde veilig rondom die krisisse wat voorlê te navigeer. Teen die vroeë 2020’s raak dit egter moontlik dat Suid-Afrika hom met ’n reformistiese regering mag bevind wat baie hard probeer om die huidige ekonomiese en politieke skade te herstel en die land te herbou. Indien dit nie gebeur nie, is dit onvermydelik dat Suid-Afrika selfs dieper in ons verbrokkelingscenario inbeweeg. Dan sal ons ’n land van enklawes word wat deur middel van netwerke met mekaar en met die res van die wêreld verbind is. Skynbaar teen verwagtinge in sal jy dan, indien jy die enklaweverskynsel goed verstaan en jouself, jou besigheid en jou familie dienooreenkomstig posisioneer, goed genoeg verskans wees om ’n baie hoë lewenstandaard in ’n toekomstige Suid-Afrika te handhaaf.

The post A Time Traveller's Guide to South Africa in 2030 deur Frans Cronje: ’n onderhoud appeared first on LitNet.

Mik-en-tik teenoor selfgerigte leer en toetsbordvaardigheid

$
0
0

Onderwysstudente moet nie net bemagtig word met vakkennis nie, maar ook toegerus word met vaardighede wat hulle in staat sal stel om verantwoordelikheid te kan neem vir hulle eie leer, en ook om eendag vir leerders op skool te kan leer om verantwoordelikheid te aanvaar vir húlle eie leer. Dit is wat Elsie Lubbe dink. Lees ’n gesprek tussen haar en Estelle Kruger rondom die belang van die blindtiktegniek en Elsie Lubbe se LitNet Akademies-artikel:

Die invloed van selfgerigte leergereedheid op die aanleer van die blindtiktegniek

Elsie Lubbe

Ek sien jy is deel van NWU se navorsingsfokusarea wat spesialiseer in selfgerigte leer. Hoe het jy hierby betrokke geraak?

My betrokkenheid motiveer ek graag na aanleiding van die volgende drie aspekte:

  • Reeds in 2014 het die Fakulteit Opvoedingswetenskappe die belangrikheid van selfgerigte leer in die onderwys raakgesien en is ’n navorsingsfokusarea deur die universiteit goedgekeur wat spesifiek navorsing gedoen het in selfgerigte leer. Eerstens vervul metakognitiewe vaardighede ’n belangrike rol tydens die bemeestering van die kennis en vaardighede wat deel vorm van die vakinhoud van rekenaartoepassingstegnologie (RTT). Aangesien metakognitiewe vaardighede noodsaaklik is vir die bevordering van selfgerigte leer het ek besluit om deel te word van die span wat navorsing in dié fokusarea doen.
  • Tweedens is die bevordering van selfgerigte leer deel van die die NWU se onderrig- en leerstrategie 2016–20 wat in 2016 deur die senaat en raad goedgekeur is. Elke dosent by die NWU is dus verantwoordelik om selfgerigte leer te bevorder.
  • Derdens is een van die algemene doelwitte wat vervat is in die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) om leerders op skool toe te rus met kennis, vaardighede en waardes wat hulle nodig het vir selfvervulling en betekenisvolle deelname in die samelewing. Onder die beginsels wat vervat is in die NKV is die aanmoediging van leerders tot ’n aktiewe en kritiese benadering ten opsigte van leer. Die antwoord op die “hoe?”-vraag lê vir my in selfgerigte leer.

Teen hierdie agtergrond was die besluit om betrokke raak by die selfgerigte leer navorsingsfokusarea vir my ’n logiese uitvloeisel.

Wat was jou ervaring in die onderwysberoep voordat jy die akademie betree het?

Ek het as pas afgestudeerde student ’n onderwyspos by Hoërskool Ventersdorp aanvaar waar ek verantwoordelik was vir die onderrig van bedryfsekonomie en ekonomie. Aan die einde van my eerste jaar as onderwyser het een van my dosente my gekontak oor ’n deeltydse pos by die destydse Potchefstroomse Universiteit (PUK). Die onderwys is vir my ’n roeping, en aangesien aanbieding ’n sterk onderrigkomponent gehad het, maar ook vir my die geleentheid gebied het om my kwalifikasies in die opvoedkunde te kon verbeter, het ek die aanbod aanvaar.

In 2013 het jy die universiteit se institusionele toekenning vir onderriguitnemendheid ontvang. Hartlik geluk! Wat was die kriteria waaraan jy hiervoor moes voldoen?

Daar was verskeie kriteria waaraan ek moes voldoen – ek dink mens sou kon sê dat daar gekyk word hoe vergestalt die sewe rolle van die onderwyser in jou.

Ten eerste moes ek kon bewys lewer dat ek oor die vermoë beskik om te kan onderrig. ’n Paneel van kundiges het per afspraak by twee geskeduleerde kontaksessies en een keer sonder afspraak kom “klasbesoek” doen. Tydens hierdie sessies is my onderrigvaardighede geëvalueer. Ek moes verder ook ’n portefeuljelêer saamstel. In hierdie lêer moes jy jou onderrigfilosofie verduidelik, bewys lewer van hoe jy assessering doen en rekord hou van jou assessering. Daar is verder ook ’n afdeling vir kurrikulering. In hierdie afdeling moes jy voorbeelde van studiegidsontwikkeling insluit. Ander afdelings wat ook deel was van die lêer, was evaluasies wat deur studente gedoen is ten opsigte van jou onderrig en leer, ’n aanduiding van hoe jy vernuwing in die onderrig- en leersituasie toepas en jou navorsingsfokus.

Wat is die agtergrond van die studie – maw watter omstandighede het hierdie navorsing van jou wat fokus op selfgerigte leer in RTT geïnspireer? Hoe het jy bewus geword van die probleme in die aanleer van die blindtiktegniek en die implikasies daarvan in die onderwys?

Metakognitiewe vaardighede vervul ’n belangrike rol tydens die leerproses, en die QWERTY-toetsbord kan beskou word as die moderne “pen” wat daagliks gebruik word om data mee in te voer, of dit nou is om ’n e-pos vir iemand te stuur, te facebook, inligting te soek of sommer net ’n rekenaarspeletjie te speel.

Aangesien mense die QWERTY-toetsbord op verskillende ouderdomme begin gebruik, probeer baie mense hierdie vaardigheid op hulle eie bemeester sonder dat hulle navorsing gaan doen oor wat die korrekte manier is om dit te doen.

Tydens die kontaksessies wat ek aanbied, het ek waargeneem dat daar min studente is wat teks kan intik sonder om op hulle hande te kyk terwyl hulle tik. Soos reeds genoem, kan een van die redes wees dat hulle self die vaardigheid aangeleer het sonder dat hulle navorsing gedoen het oor die aard van die vaardigheid. Verder moet ook in gedagte gehou word dat in die Suid-Afrikaanse konteks slegs leerders wat RTT as ’n keusevak neem die geleentheid kry om hierdie vaardigheid op skool aan te leer. Aangesien daar ongelukkig nie veel tyd in die RTT-kurrikulum vir die aanleer van hierdie vaardigheid voorsiening gemaak word nie, leer min leerders hierdie vaardigheid volgens die blindtiktegniek en sou die ideaal wees dat RTT-leerders eintlik self verantwoordelikheid neem om ekstra tyd te skeduleer vir die bemeestering van toetsbordvaardigheid en die inoefening van die blindtiktegniek. Nie alle leerders, of selfs studente, beskik oor hierdie vermoë om verantwoordelikheid te neem vir hulle eie leer nie en moet daarop attent gemaak word sodat hulle lewenslange leerders sal word wat oor vaardighede beskik om aan te pas by ’n veranderende wêreld.

Vir my is dit belangrik om studente nie net te bemagtig met vakkennis nie, maar ook om hulle toe te rus met vaardighede wat hulle nie net in staat sal stel om verantwoordelikheid te kan neem vir hulle eie leer nie, maar ook om eendag vir leerders op skool te kan leer om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle eie leer. Ek voel dat indien ek studente kan bewus maak van die waarde van selfgerigte leer en ek verder kan bydra tot die ontwikkeling van selfgerigte-leer-karaktereienskappe by studente, hulle in staat sal wees om hulleself te kan bemagtig om kennis te versamel ten opsigte van die nuutste ontwikkelings, maar ook om voortdurend hulle onderrigstrategieë en benaderings aan te pas om die 21ste-eeuse-leerder in die klas te kan akkommodeer.

Hoe sou jy die konsep selfgerigte leer kortliks verduidelik aan belangstellende (maar oningeligte) onderwysers om hulle meer betrokke te kry by die probleem?

Malcolm Knowles se definisie van selfgerigte leer vorm die basis van my beskouing van selfgerigte leer. Alhoewel Knowles selfgerigte leer as ’n proses beskou, is ek van mening dat dit eerder oor bepaalde vermoëns gaan waaroor ’n leerder moet beskik. Die volgende vyf vermoëns is vir my kenmerkend van selfgerigte leerders:

  • Die vermoë om self verantwoordelikheid vir jou eie leer te aanvaar, byvoorbeeld om die gapings in jou kennis/vaardighede in elke situasie/omstandigheid waarin jy jou bevind te kan identifiseer en daadwerklik ’n poging aan te wend om van weet-nie na weet en van kan-nie na kan te beweeg.
  • Die vermoë om doelwitte te formuleer, wat impliseer dat leerders in staat moet wees om vir hulleself uitdagende, maar bereikbare doelstellings te formuleer ten opsigte van elke leertaak wat hulle moet uitvoer.
  • Die vermoë om hulpbronne (menslik en studiemateriaal) te identifiseer, wat impliseer dat leerders moet weet hoe hulle die beste leer, byvoorbeeld deurdat iemand aan hulle verduidelik (menslik) of deur ’n handboek te lees, ’n video te kyk (studiemateriaal).
  • Die vermoë om leerstrategieë (begripskaarte, rympies) te kies ten einde leerinhoud te bemeester.
  • Die vermoë om hulle eie vordering te evalueer, wat impliseer dat leerders moet leer hoe om te bepaal of hulle verstaan wat hulle lees, of moet weet hoe om ’n leertaak uit te voer. Weet hulle wat om te doen en wanneer om dit te doen sodat hulle kan verstaan wat hulle lees of hoe om die leertaak uit te voer?

In ’n ideale wêreld: hoe sou die implementering van die onderrigraamwerk vir RTT wat jy in jou PhD ontwikkel het, toegepas kon word?

Vir seker is die toepassing van die onderrigraamwerk nie ontwikkel vir die ideale wêreld nie en ek sou graag wou sien dat dit in die RTT-laboratoriums deur die onderwysers geïntegreer word. Geletterdheid is wêreldwyd ’n probleem. Alhoewel daar in die titel verwys word na werktoegangsvaardighede, fokus ek in die onderrigraamwerk op hoe geletterdheidsvaardighede (met spesifieke verwysing na prosa-, dokument- en kwantitatiewe geletterdheidvaardighede) in die RTT-laboratorium ontwikkel kan word ten einde geletterdheid as een van die vaardighede in die werkplek te kan verbeter. Die gedagte van dié onderrigraamwerk is om vir RTT-onderwysers leiding te gee oor hoe om geletterdheidsvaardighede in die bestaande RTT-kurrikulum te integreer en sodoende by te dra tot die verhoging van leerders se geletterdheidsvlak. Die onderrigraamwerk sluit ’n werkboek in. Die doel van die werkboek is nie om enige skoolhandboek te vervang nie, maar om aanvullend tot die bestaande handboeke gebruik te word. Al die aktiwiteite in die boek is gekoppel aan die temas/subtemas wat deur RTT-onderwysers onderrig moet word in die vak. Die aktiwiteite in die werkboek fokus op die aanleer van strategieë wat leerders kan gebruik om beter te verstaan wat hulle lees en ook op die ontwikkeling van prosa-, dokument- en kwantitatiewe geletterdheid.

Jy meld dat die blindtiktegniek in Finland as rekenaarvaardigheid onderrig word in plaas van handskrif ...

a. Wat is die voordele en nadele hiervan?

Ek is absoluut ’n kampvegter vir die onderrig van toetsbordvaardigheid met die klem op die bemeestering van die blindtiktegniek. Leerders begin alreeds op ’n baie vroeë ouderdom die rekenaar gebruik om speletjies op te speel en vir die uitvoering van skooltake. Dit sal vir my wonderlik wees as ek dit kan regkry dat leerders in Suid-Afrika ook die waarde van hierdie vaardigheid in die tegnologiese era waarin ons ons bevind kan besef en hierdie vaardigheid ook reeds in laerskole (vanaf graad 4) in ons Suid-Afrikaanse skole onderrig kan word, want dit hou beslis voordele in vir die leerders. Onder die voordele is hoër produktiwiteit wanneer take op die rekenaar gedoen word, beter-geformuleerde sinne met minder spelfoute ten opsigte van teks wat op die rekenaar getik word, en moontlik kan dit ook bydra tot beter punte wat studente kry vir akademiese toetse wat op die rekenaar gedoen word. Iets wat nogal deel is van assessering op universiteitsvlak.

Die onderrig van die vaardigheid is dus beslis belangrik, maar ek sou my vir seker nié daarvoor beywer dat die vaardigheid bo handskrif in die Suid-Afrikaanse laerskole vir leerders geleer word nie. Net soos babas eers moet kan sit, kruip, staan en loop voordat hulle kan hardloop, is dit belangrik dat leerders eers moet leer hoe om te skryf voordat hulle kan leer hoe om te tik. Alhoewel albei verband hou met fyn motoriese vaardighede, is dit noodsaaklik dat leerders eers die gevoel moet ontwikkel van hoe om alfabetsletters te skryf voordat hulle dit op die toetsbord moet identifiseer. Verder word die alfabetsletters net as hoofletters op standaard QWERTY-toetsborde uitgebeeld, en dit kan ook moontlik verwarring meebring by leerders wat moet leer om te lees, aangesien hulle nie die geleentheid kry om ook die kleinletter te oefen terwyl hulle tik nie.

Laastens het ek ook my bedenkinge oor die invloed van die fisieke ontwikkeling (handgrootte en lengte van vingers) van ’n graad 1-leerder en die gebruik van ’n standaard QWERTY-toetsbord. Ek dink dat nie alle graad 4-leerders se handjies al groot genoeg gaan wees om gemaklik op ’n standaard QWERTY-sleutelbord te pas nie.

b. Is daar nie iets wat verlore gaan as mense nie meer behoorlik kan skryf nie?

Ek koppel “skryf” in die beantwoording van hierdie vraag aan die maak van letters/syfers op ’n papier met ’n pen of ’n potlood en verwys dus nie na die formulering van teks nie. Ja, ek dink ’n mens kan lekker hieroor debatteer. Wat is skryf / wat impliseer “behoorlik skryf”? Soos ek reeds gemeld het, hou skryf (hantering van pen/potlood om letters te maak op papier) verband met fyn motoriese vaardigheid. Daar sal beslis iets verlore gaan as mense nie meer behoorlik kan skryf nie. Alhoewel ons in ’n tegnologiese era leef, word daar van ons verwag om byvoorbeeld vorms met die hand in te vul, ons handtekening te maak, edm, so ons moet ons kinders steeds in die skool leer hoe om te skryf. Wanneer ek besin oor navorsing, verkies ek om te skryf met ’n pen op ’n stuk papier. Vir my help dit om my gedagtes te vergestalt, dus is  ek dat ek goed kan “skryf”, maar ook die blindtiktegniek bemeester het om dié gedagtes effektief elektronies te kommunikeer.

Jou navorsing handel oor die onderrig van onderwysstudente se toetsbordvaardighede.

a. Kan jy agterkom dat hulle hierdie kennis en vaardighede effektief oordra na leerders wanneer hulle by skole werksaam is?

Ek sou graag wou “ja” sê, maar ek kom nie so baie uit in die praktyk (hoofsaaklik net tydens die geskeduleerde werkgeïntegreerde leersessies) om dit met sekerheid te kan se nie. Moontlik doen ek in die nabye toekoms ’n longitudinale studie hieroor, en dan kan ek ’n navorsingsbegronde antwoord op hierdie vraag gee.

b. Hoe weet die onderwyser die leerder sal self deur al die doelgerigte aktiwiteite werk om toetsbordvaardig te word?

Die onderwyser weet dit nie – ek dink hulle vertrou maar dat die leerder dit sal doen. Daarom is dit so belangrik dat selfgerigte leer op skole bevorder moet word, sodat onderwysers nie hoef te wonder oor of die leerders sélf verantwoordelikheid ten opsigte van hulle eie leer sal aanvaar nie, maar dat hulle wéét dat die leerders dit sal doen.

Die meeste mense in die ouer generasies het waarskynlik dmv selfonderrig geleer om met die mik-en-tik-tegniek op rekenaars te tik en het op hierdie manier redelik vaardig geword. Hoekom is jou metode meer effektief as dit uit die oog van die buitestander lyk na baie werk wat ’n mens self moet baasraak? Verduidelik asseblief.

“Redelik vaardig” is ’n relatiewe begrip. In my artikel word dit pertinent gestel wanneer ’n persoon as vaardig beskou kan word. Wanneer ek met my studente oor vaardigheid in die klas praat, vergelyk ek dit altyd met elke individu se vermoë om te sing. As iemand vir my vandag vra of ek kan sing, gaan ek vir seker ja sê. Die verskil tussen my vermoë om te sing en ’n beroemde sanger/sangeres s’n lê in die feit dat ek nie daarmee sal kan geld verdien nie. Alhoewel ek dus kan sing, doen ek dit nie goed genoeg nie – daar is ruimte vir verbetering. Iemand wat van die mik-en-tik-tegniek gebruik maak om data in te tik, kan wel tik, maar iemand wat kan blindtik, kan dit soveel beter doen.

Ek wil ook met jou verskil ten opsigte van die ouer generasie. Ek is van mening dat daar meer van die ouer generasie is wat kan blindtik as die jonger generasie. Die rede waarom ek so sê is dat daar ’n tyd was toe hoërskoolleerders in standerd 6 en 7 die geleentheid gehad het om tik as skoolvak te neem. In hierdie vak het hulle onder andere onderrig in toetsbordvaardigheid ontvang. Verder is die spoed waarteen leerders wat tik as skoolvak geneem het, tydens eksamensessies geassesseer. Leerders het dan ook ’n endossement op hulle matrieksertifikate gekry wat aangedui het hoeveel woorde per minuut hulle kon tik. Vandag is daar nie meer dieselfde geleentheid om hierdie vaardigheid op skool te bemeester nie; die moontlikheid bestaan dus dat daar meer van die nuwe generasie is wat nie die blindtiktegniek aangeleer het nie.

Die blindtiktegniek is nie ’n nuwe tegniek wat gebruik kan word om inligting in te tik nie. Dit is alreeds in 1888 vir die eerste keer deur Frank McGurrin op ’n tikmasjien gebruik in ’n tikkompetisie tussen hom en Louis Taub. Van die redes waarom tegniek bo die mik-en-tik-tegniek aanbeveel word, is dat dit bydra tot groter produktiwiteit van rekenaargebruikers en skryfvaardigheid (formulering van langer en beter sinne) op die rekenaar. Die bemeestering van die vaardigheid is nie baie werk nie, maar vereis toegewydheid en doelgerigte oefening, albei aspekte wat deel van die karaktereienskappe van selfgerigte leerders is.

Jou studie is vanuit ’n kwantitatiewe benadering gedoen. Is jy bewus van enige kwalitatiewe navorsing wat in hierdie verband gedoen is? Sou dit aanvullend tot jou navorsing kon wees? Indien wel, hoe en in watter mate?

Ja, daar is al kwalitatiewe navorsing hieroor gedoen, alhoewel ek nog nie artikels gelees het waarin daar kwalitatiewe navorsing in een studie gedoen is ten opsigte die blindtiktegniek en selfgerigte leer nie.

’n Mens kan uit enige navorsing wat in jou studieveld gedoen is, iets leer, en daarom gaan ek beslis in my volgende navorsingsprojek ook van kwalitatiewe meetinstrumente gebruik om data mee in te samel.

Waarmee het jy gesukkel in hierdie navorsingsproses? Het jy enige kritiek van huidige onderwysers gekry?

Die navorsing het ek gedoen met eerstejaarstudente wat van voorneme is om eendag RTT as skoolvak te gaan onderrig, dus is huidige RTT-onderwysers in die praktyk glad nie by hierdie navorsing betrek nie.

Die studente het die navorsing positief ervaar, aangesien hulle die waarde daarvan besef om toetsbordvaardig te wees deels omdat die meeste van hulle opdragte in getikte formaat moet inlewer op universiteit, en omdat hulle self die vaardigheid eendag in die praktyk vir RTT-leerders moet gaan onderrig.

Watter verrassings het jy gekry in hierdie navorsingsprojek?

Alhoewel ek gedink het dat daar ’n verband gaan wees tussen die saamstel van die toetsbordvaardigheidhandleiding en die mate waarin die studente se tikaanslae verbeter het, het dit nie so geblyk uit die navorsingsresultate nie. Sulke resultate is deel van navorsing en kon gelukkig verklaar waarom dit so is.

Wat het jy as persoon geleer in die proses van navorsing en die publikasie van jou bevindinge?

Navorsing kan nie lukraak gedoen word nie. Dit moet deeglik beplan en bestuur word as mens wil hê dat die navorsing die antwoorde moet verskaf op die probleme/navorsingsvrae wat hulle oorsprong het in die praktyk.

Net soos die doen van navorsing ’n tydsame proses is, is die publikasie van bevindinge ook ’n tydsame proses, maar ’n wonderlike platform waar kundigheid gedeel kan word.

Is daar enige nuwe navorsingsprojekte op jou horison?

Ja, en ek is baie opgewonde daaroor. Alvin Toffler het gesê: “The illiterate of the 21st century will not be those who cannot read and write, but those who cannot learn, unlearn, and relearn.”

Ek werk tans aan ’n navorsingsprojek waarin ek gaan fokus op “Learning, unlearning and relearning” van toetsbordvaardigheid. Alhoewel ek slegs gaan fokus op hoe die “unlearning” van die mik-en-tik-tegniek en die “learning” en “relearning” van die blindtiktegniek plaasvind, dink ek dat die navorsingsresultate wat hieruit voortspruit, moontlik ook in ander studievelde toegepas sal kan word, byvoorbeeld hoe om die foutiewe uitvoering van ’n voorhandhou in tennis af te leer en dit dan daarna reg aan te leer.

The post Mik-en-tik teenoor selfgerigte leer en toetsbordvaardigheid appeared first on LitNet.

Making Africa Work: a book review

$
0
0

Making Africa Work
Greg Mills, Olusegun Obasanjo, Jeffrey Herbst and Dickie Davis (editors)

Publisher: Tafelberg
ISBN: 9780624080275

The following fast facts have been revealed in this book: the population of Africa will double to two billion in 2045; by then, more than half of Africans will be living in cities; the young will primarily be connected through mobile devices; more than 40 percent of Africans are still living under the absolute poverty level of $1,90 per day; climate change is affecting food production; manufacturing is suffering because of the export of raw materials rather than beneficiating locally; mining is still big business; services and technology are catching up in parts of Africa; the Chinese are vital to the provision of infrastructure and project finance; and finally, the East Asian model of development before democracy (Singapore, Vietnam and even Dubai) is more suitable for Africa. The evidence? Rwanda, Botswana, Ethiopia, Ghana, Nigeria, Côte d’Ivoire, Angola, Mozambique, Gabon, the Democratic Republic of Congo, Kenya, Uganda, Zambia, Namibia and Malawi are often referred to.

This book of 317 pages is structured into three parts. Part 1 deals with the state of Africa’s people, institutions and structures, with special reference to cities, democracy and development, and infrastructure. Although Africa is poor, the authors say cities are the best path out of poverty, but warn against “the demons of density”.

Unfortunately, no attention is paid to Africa’s specially designed cities of Dodoma (Tanzania), Abuja (Nigeria), Gaborone (Botswana) and Lilongwe (Malawi). Do they have demons of a better kind?

On democracy and development, the authors prefer the non-African model of East Asia, that is, of development before democracy, as in Singapore. Their nearest African case study to this model is Rwanda. It is a pity, however, that there is no theoretical input here, exactly as writers such as SM Lipset, SP Huntington, Adam Przeworski, Barrington Moore and Nicolas van de Walle have written about.

On Rwanda, parallels are drawn with Singapore’s strong leadership, the pivotal role of parastatals and the ease of doing business. However, two longer-term weaknesses that deserved attention are not discussed: one, Rwanda’s population density of 420 persons per square kilometre is the highest in Africa and makes for demographic pressures, which, in Africa, have almost always threatened stability whenever land scarcities arise – the demons of density are therefore also rural; and two, Paul Kagame’s government in Rwanda is a clear case of Tutsi minority rule, and, as we know, any minority rule – whether in [white] Rhodesia, or [apartheid] South Africa, or centuries of [minority] Amharic rule in imperial Abyssinia/Ethiopia – is democratically unsustainable, and will inevitably make way for majority rule (in Rwanda’s case, Hutu rule, as in neighbouring Burundi).

The chapter on infrastructure spells out how poor the conditions in Africa still are, especially those of transportation and access to electricity. Then the authors ask the question of where infrastructural funding comes from. The surprise answers are internal development institutions, then Asian sources (especially Chinese), African development banks, multilateral banks such as the World Bank or IMF, then European, Arabian and American donors, and, lastly, commercial lending from local banks. However, in Part 3, they opt for China’s model of swapping African resources for Chinese infrastructural investments in Africa.

Part 2 deals with economic sectors, where agriculture and manufacturing are arguably the weakest.

For example, 40 of the 55 African states are food importers, the most expensive food for urban consumers is in Nigeria and Kenya, and all leading agricultural exports in Africa today are genetically modified organisms (GMO). The authors should tell us whether this is safe or not. Interestingly, 15 African states are cited as net agricultural exporters. Closer scrutiny reveals that, of the top six, only one – South Africa – exports food. The others are exporters of cash crops, such as cocoa, coffee and tobacco (and vulnerable to commodity cycles).

Manufacturing in Africa has suffered: firstly, during colonial times, when raw materials were exported, as beneficiation took place abroad; and secondly, today, as China does the same. No wonder manufacturing represents only 14 percent of the sub-Saharan African GDP.

The book makes a case for services which are about tourism, banking and insurance. Yet, only two countries in Africa receive 40 percent of all tourists today: Morocco and South Africa. South African banking is also by far stronger than the rest of Africa combined, with Kenya top in mobile banking (“M-Pesa”). And, interestingly, the most profitable part of insurance in Africa is revealed as funeral business.

Mining is big business in Africa. This continent is well-endowed with gold, titanium, manganese, cobalt, diamonds, phosphates, coal, chromite and platinum. At the height of the recent commodity boom (in 2012), mining represented 28 percent of the continent’s GDP, but has dropped sharply since, with Botswana (diamonds), Zambia (copper) and the Democratic Republic of Congo (copper, cobalt, diamonds, coltan and gold) suffering most.

However, the thrust of this book is Part 3 (“Making Africa Work”). Five principles are identified: business-friendly mindsets, policy certainty, reducing the cost of doing business, limitations on foreign aid and, finally, embracing Chinese engagement.

Part 3 begins with Chapter 9, which could have been an extension of the chapter on democracy and development. It deals with the “how” of development, listed here as the better mobilisation of resources and the de-risking of investments. For the authors, the mobilisation of resources is mainly about the financing of projects, which features the Chinese model of swapping African resources for Chinese investments in infrastructure. But what about beneficiation and taxation policies? The only case study discussed is China and the Democratic Republic of Congo. (What about Angola and Zimbabwe, where this model also applies?)

Other sources of funding in Africa are listed as bond (or debt) markets; official development assistance (ODA), usually from the “North” (say, the European Union or the USA) to the “South” (say, Africa or Latin America); private equity; and remittance from members of the diaspora to relatives in home countries (examples that come to mind are Eritrea, Ethiopia and Zimbabwe).

Mozambique is scrutinised. By about 2010–2012, donors viewed this country as a “success story”, with growth rates averaging nine percent, vast coal deposits at Tete, and offshore gas. But when the government failed to declare debts in 2015, the IMF pulled the plug with “things going bad again”, and the metical plunged by 40 percent. For the authors, the lesson here is that resources and economic potential are not enough, and that good governance matters, which, in this case, is all about transparency.

The penultimate chapter in this book deals with the “planning for success”. Five points are made: plan for growth that reduces unemployment; involve the business sector; prioritise; recruit the “best available”; and circumscribe foreign roles. This is a let-down, as readers would certainly want to know more, as Africa’s 55 states are not the same. Certainly, one-size-fits-all cannot work.

The authors critique “National Plans”, where, in Malawi’s case, there was “too much goal setting”; in Zambia’s case, there were “no less than six National Development Plans”, but “no delivery”; and on Zambian agriculture, there was “this huge pile of paper … [but] very little actually happened”. All this may be true. But what is the evidence?

Any success stories? The authors cite Singapore for meritocracy, pragmatism and honesty. The best success records in Africa are given as Mauritius and Rwanda.

The final chapter in this book deals with “leadership and delivery”. The listed principles are democracy, execution, personal skills and “accountability through transparency”. It deals with Nigeria, Ethiopia, Botswana and Côte d’Ivoire, but the comparisons are not consistent.

For example, Nigeria’s challenges are given as high debt and sharia law. (What about petrodollar corruption, lack of diversification, high dependence on oil and the bad governance of mega cities?) Then Ethiopia’s case successes are listed: fast GDP growth, Ethiopian Airlines, the flower export industry and [Chinese] shoe factories. But what about the challenges such as land scarcity for the 80 percent ruralised population, various civil and international wars in the Horn of Africa in which the Ethiopian military participated, the recent police crackdowns on the people of the Oromo and Amhara regions, and the absence of private banks and/or any property rights in Ethiopia?

One more point on Ethiopia: why does the partially Chinese-funded Grand Renaissance Dam in the Blue Nile provide for only hydroelectricity, and not also for irrigation for food production, in a country where droughts and famines are legendary?

In Botswana’s case, Gaborone is lauded for “cranes, traffic jams and hotels”. What about having the second highest HIV infection percentages in Africa; the lack of diversification for the days when Botswana runs out of diamonds; and President Ian Khama praising his own military background as explanation for his strong leadership (without any reference to his autocratic style of governance, violation of press freedom and intolerance of opposition)?

And, finally, why include Côte d’Ivoire in this list? Under Felix Houphouet-Boigny, the country enjoyed high growth, thanks to high coffee and cocoa prices – also during the recent boom period. Since then, it has been struggling to deal with both democracy and development.

The three chapters of Part 3 are the crux of this book, the “handbook for economic success”. As implied above, this part was not nearly as well researched and conceptualised as Parts 1 and 2. Still, Tafelberg/NB Publishers must be applauded for this technically superb book, which, after all, is not an academic handbook, but a valuable guide on Africa.

Willie Breytenbach
Emeritus Professor
Stellenbosch University

The post Making Africa Work: a book review appeared first on LitNet.

Soen by ’n begrafnis

$
0
0

Soen by ’n begrafnis

                   Jou mond het tuitgemaak
toe jy my soen, soos ’n tulp s’n soos
’n varkoor maar jou lippe was nie blank
en ook rooier wat my laat dink ek verbeel
my dinge ek onthou verkeerd het my toe
al dinge verbeel terwyl ons aanstap na die oop
graf van wie ook al

                   het jou lippe so sag
daardie dag gesluit om myne so vol
soos vrou want jy het iets onthou?
Of woorde gevang wat ongesê
moes bly want hulle kon nie wyk
vir ons gedagtes wat moes hou by
die hitte, die grond

                   die kis, die klap
van bolle klei wat nog gaan kom
die blomme uit die hand, die hart-
seer hart, die stingels soos groen
potlode op ’n tafel in ’n skool
met veel minder om te vertel
van die dood, die lewe

                    as jou lippe wat my moes
laat tintel my moes uitnooi na
wat ook al, waar enigiets kon gebeur
enigiets uit die boombas los kon skeur
solank ons net weer die woord kon kry
wat ons laat vergeet dis dinge wat ek
my verbeel

Lees ook:

  1. Soen in kroeg
  2. Nat soen op wang
  3. Soen langs die pad

The post Soen by ’n begrafnis appeared first on LitNet.

Soen in kroeg

$
0
0

Soen in kroeg

Ek het ’n man gesien wat ’n vrou wou
soen en toe hy haar vind het hulle gehurk
op die ente van hul stoele hy met sy hand
liggies op haar gebrassierde bors in haar hemp
sy met ’n duim argeloos in sy gordel gehaak
en hulle het die tyd self laat vervorm (lippe
soos stadige parende slakke) en het geglimlag
met hul wangbene en ek het die palmboom
agter hulle bedank vir die groen vuurwerk
van sy applous en die spieëls waarin die begeerte
in die hoeke van oë betrap is het ek bedank
en die safte vrugte in leë glase en myself
omdat ek daar was dankie dankie het ek
aan die vrou gesê toe hy weg is en sy ’n sigaret
opsteek en vra: omgee as ek rook?

Lees ook:

  1. Soen by ’n begrafnis
  2. Nat soen op wang
  3. Soen langs die pad

The post Soen in kroeg appeared first on LitNet.

Nat soen op wang

$
0
0

Nat soen op wang

Jou nat soen op my wang voor jy weg is
het my laat wens ek kon proe of daar nog
iets oorbly van gisteraand, die smake op
jou tong, wasem van jou sugte, jou woorde
wat nou net spore is. ’n Vinger wat stryk
daaroor sal nie help te vol van eie geure
en in die spieël is skaars iets te sien. Laat
ek uitstap in die oggend, die luggie toets
aan sy lafenis, laat my lippe droog word
van verlange, laat joune byt soos koue

Lees ook:

  1. Soen by ’n begrafnis
  2. Soen in kroeg
  3. Soen langs die pad

The post Nat soen op wang appeared first on LitNet.


Soen langs die pad

$
0
0

Soen langs die pad

Ek vertel jou ek het iets nodig
vir ’n gedig oor ’n soen langs
die pad. Jy lag vir my, sê kom
kom en haal my uit die kar
en vat my aan die hand na
die stroom en trek my belt los
en lig jou rok oor jou kop dat die son
dit ophelder soos ’n blom en lê my
neer in die water en kort voor lank
hang jou tepels soos druiwedruppels
om te pluk met my tong. Die klippe
werk rof met ons maar ek rank in jou op
soos ’n wingerdstok op soek na wysheid.
Terug op jou sitplek sê jy ek kan
jou nou soen as ek nog wil. Ek buk
en lek die bloederigheid van jou
koue knieë af soos wyn

Lees ook:

  1. Soen by ’n begrafnis
  2. Soen in kroeg
  3. Nat soen op wang

The post Soen langs die pad appeared first on LitNet.

LitNet: Jou 67 woorde

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Heiliger deur Dibi Breytenbach

$
0
0

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.


Dibi Breytenbach

Dibi Breytenbach is ’n regsgeleerde op ’n klein dorpie in KwaZulu-Natal.  Sy werk diep in die maag van die vervolgingsgesag en verkies om nie te veel oor haar werk met die publiek te deel nie. Dit is waarvoor sy stories skryf.

Sy debuteer in 2015 met Saliger, ’n verhaal wat afspeel teen die agtergrond van misdaad en vergelding. Volgehoue spanning, afsku, deernis en onverwagse skoonheid kenmerk haar romans.

Breytenbach volg haar debuut in 2016 op met Vrediger, ’n verhaal wat afspeel teen die woelinge van grondpolitiek in KwaZulu-Natal.

Heiliger is haar derde roman.


Opsomming

Heiliger
Dibi Breytenbach

ISBN: 9780799385212
Uitgewer: LAPA Uitgewers

Hendrik skiet uiteindelik ’n sluwe rondloperhond. Die eerste koeël mis rakelings, maar die tweede is sekuur. Nou is die oud-soldaat in ’n goeie bui. Dit is byna Kersfees en dinge tussen hom en Amalia wil-wil lyk of dit kan uitwerk.

Toe gebeur dit: Die plaaslike speurder, Buthelezi, daag op en slaan Hendrik in boeie. Die klag? Sy buurman se seun is dood en daardie opslagkoeël word verdink.

Dadelik word hierdie insident ’n rasvoorval, want die seun is swart. Die gemeenskap is woedend en die onbevoegde blanke speurder wil wys dat hy nie ’n wit man sal laat wegkom met moord nie.

Hendrik weet hy het die seun nie geskiet nie, maar hoe bewys hy dit?

Die teks is briljant, want so gereeld gebeur dit dat stinkryk mense wegstap van ’n moordsaak op grond van tegniese punte. Die publiek voel dan verraai. Nou gooi Breytenbach die leser in die diepkant in, want ons het simpatie met Hendrik, maar die redes waarom die reg nou skynbaar onreg pleeg teen hom, is presies dieselfde wat ons as gewone sterflinge voor vra wanneer tegniese detail in hofsake ter sprake kom.

Saam met Hendrik beleef ons magteloosheid in die stinkende tronk- en hofselle terwyl die regslui en die polisie kibbel.

Breytenbach is ’n regsgeleerde en met hierdie boek sleep sy die leser saam met haar. Dit is ’n naelbyter, want natuurlik wil almal weet hoe die seun gesterf het. Gaan Hendrik oud word in die tronk?

Stukkie vir stukkie word die gebeure aanmekaar gelas en die reg se tentakels word beleef soos nog nooit tevore in Afrikaans nie.

Dibi Breytenbach se eerste twee boeke was goed. Hierdie een plaas haar onder die voorste krimiskrywers in ons land. Heiliger sal ewe goed verstaan word in plekke soos die VSA waar die onreg van die regsprosesse dikwels afhang van ’n mens se geld, al dan nie.


Uittreksel

Diep gate in die grondpad voor sy nuwe buurman se in­drukwekkende hek dwing Hendrik om spoed te verminder. Die hek met sy dik tralies en lemmetjiesdraad wat taxibaas George Mkhize laat oprig het, lyk asof dit vir ’n militêre in­stallasie ontwerp is. Die heining pas nie by ’n plattelandse plaaswerf nie. Al wat kort, is ’n wagtoring.

Die werf is stil.

Hendrik skud sy kop. Oom De Wet, sy voormalige buur­man, sal in sy graf omdraai as hy sien wat van sy grondjie geword het. Sy hek was altyd vir almal oop, want dié ou wewenaar het gehou van geselskap. Hendrik se mondhoek vertrek. Om die hoewe voor sy oë te sien verander in ’n plek wat al hoe meer soos ’n konsentrasiekamp lyk, is pynlik. Behalwe die hek word die eiendom ook omring deur ’n hoëkwaliteit- elektriese heining.

Vir die soveelste keer verwens hy die ou oom se emi­grantekinders.

Ná die ou kêrel se afsterwe het hulle die stukkie grond met onbetaamlike haas aan Hendrik se nuwe buurman verkoop en van toe af het Hendrik net moeilikheid. Volgens die laas­te hofstukke wat sy buurman op hom laat beteken het, hou Hendrik se skietbaan en geweersmedery ’n gevaar vir die taximan se agtjarige seun in. Die skietbaan moet skuif.

Hendrik sug. Vroeg in die nuwe jaar gaan hulle hof toe, want hy weier om te trek.

’n Beweging op die effense hoogte tussen die twee hoewes trek sy aandag. Hendrik skreef sy oë. Die geel hond draf skaamteloos in die helder dag oor die kaal veld. Vir die eerste keer kan Hendrik behoorlik sien hoe die dier lyk. Geel­vaal vel span soos ’n nagedagte oor die hond se geraamte en sy spits gesig herinner aan dié van ’n jakkals. Die brak se voorkoms is egter misleidend, want daardie motgevrete lyf bedek ’n sluwe vyand wat nie onderskat moet word nie. Die hond is doelgerig op pad na Hendrik se werf.

“Jou bliksem.” Hendrik trap die versneller dieper in. ’n Halwe kilometer verder draai hy af op die kort tweespoor­paadjie na sy huis toe. Op die oog af is alles rustig, net soos hy dit gister gelos het. Die koei, skaap en donkie vreet ongestoord aan die voer in die groot kamp langs die waenhuis. Hendrik byt sy onderlip vas terwyl hy met sy een hand die knip waaraan al sy sleutels hang van sy gordel loswikkel.

Dis tyd.

Sy vreedsame diere gaan nie verder deur die geel hond gemolesteer word nie. Hy trek onder die yl skadu van die groot avokadopeerboom in. Ook dié boom kry swaar in die droogte. Hy klim haastig uit die bakkie. Toe stap hy vinnig na die waenhuis en deaktiveer die ingewikkelde alarmstel­sel wat die vuurwapens en binnenshuise skietbaan moet beskerm.

Hy kyk vlugtig of hy die geel hond kan sien, maar die waenhuis versper sy uitsig. Sy diere is salig onbewus van die aankomende gevaar. Die koei staar met groot Jersey-oë en droom en die skaap het die voerbak gelos om aan ’n droë bossie te kou. Hendrik sluit die waenhuis se deur oop en skakel die ligte aan. Wit lig spoel deur die groot vertrek wat netjies uitgelê is in bane en afskortings. Drie lewens­grootte teikens van aanstormende terroriste staan netjies opgestel, gereed vir die dorpskuts wat daagliks hulle pis­toolskietvaardighede hier slyp.

Hy stap na die groot inloopkluis en pons sy sekuriteits­kode in die elektroniese paneelbord teen die muur. Daar is baie vuurwapens in die kluis, want Witteberg lê op die rand van die Zoeloelandse bosveld en baie jagters laat hulle gewere buite die jagseisoen versien. Die slot se stewige binnewerkinge gly geluidloos oop en Hendrik trek die swaar staaldeur na hom toe.

Hy voel met sy vingerpunte tot hy die kluis se ligskakelaar vind. ’n Neonbuis flikker-flikker en in die koue lig sien hy sy eie geweer netjies teen die muur staan, weg van dié van sy baie kliënte. Die .308 is ’n vertroude vriend. Dit het hom nog nooit in die steek gelaat nie. Hy laai die geweer vinnig met drie patrone wat hy van ’n rak bokant sy kop afhaal. Toe sluit hy die kluis agter hom toe, haak die bos sleutels terug aan sy gordel en stap doelgerig deur die waenhuis na die sipres­bome wat sy werf begrens. Sy oë gly oor die vaalgeskroeide veld.

Daar.

Die hond staan stil in die laagte tussen die twee hoewes. Hendrik staar fronsend voor hom uit. Dooie grond maak dit moeilik om die afstand na sy teiken te takseer. Toe kyk hy vlugtig na sy buurman se werf. ’n Geel plastieksak flap-flap aan die wasgoedlyn wat bokant ’n digte granaatbos uitsteek. Die jakarandaboom langs die wasgoedlyn se blaarlose kruin wieg heen en weer in die warm wind. Dit is die enigste teken van lewe. Hendrik maak seker dat daar niemand in sig is nie, nie op George Mkhize se werf nie en ook nie op sy eie hoewe nie. Hy gaan dalk nie weer die geleentheid kry om van die dier ontslae te raak nie, maar roekeloos is hy nie. Uiteindelik lig hy die geweer na sy skouer. Deur die teleskoop is die hond se oë blink in sy skerp gesig en kwyl drup in toue by sy bek uit.

Hendrik wonder of die hond dol is. Dit is baie moontlik, in dié deel van die wêreld. Hy haal die geweer oor. Die slot klik gerusstellend in die loop. Vanaand gaan sy diere rustig slaap. Die hond lig sy neus en snuif-snuif in die warm lug. Toe draf hy voort met sy skewe tred. Die geweerloop beweeg in pas met sy teiken. Hendrik mik op die klein holte onder die keel, tussen die voorbene. ’n Wit vlek span soos ’n teiken oor die vel wat hart en long bedek. Weer gaan staan die hond, voorpoot in die lug. Kan die dier hom sien? Hendrik se vinger verstyf om die sneller en hy druk dit saggies soos wat hy geleer is.

Die skoot klap.

Stof slaan agter die hond op en Hendrik kan die zoemgeluid van metaal hoor wat teen ysterklip kets.

Mis. Hy het te hoog gemik.

Die hond vries momenteel in sy spore, sy ore gespits. Hendrik haal weer blitsig oor en toe die dier begin hardloop, lê hy aan en skiet in een vloeiende beweging. Dié keer is dit raak. Die skielike stilte wat volg, is oorverdowend. Hendrik laat sak die geweer en staar vir ’n oomblik bloot oor die veld.

Toe stap hy deur die grasstoppels na die plek waar die dier geval het. Gruis en gras knars onder sy skoene. Die hond lê op sy sy in ’n kaal kol tussen die polle en aan die glasige oë en die bloederige massa op die ribbekas kan Hendrik dadelik sien dat hy dood is. Dit is goed. Hy verag mense wat diere laat ly.

Van naderby lyk die hond nog slegter as deur die koue oog van die teleskoop. Hy is brandsiek. Kol-kol slaan kaal vel deur die yl hare op die maer lyf. Die dier is deurtrek van bosluise wat in sy lieste en ore saamgekoek sit. Hy lyk soos die woestynhonde van Mosul in die provinsie Nineve. Dié stad se naam is ook onder ’n nuwe bedeling verander. Hen­drik het op dieselfde plek as die Bybelse Jona gewerk, en ewe teësinnig. Daar is nog steeds so baie heidene in Nineve as destyds, waarskynlik afstammelinge van dieselfde blik­sems wat die ou matroos moes gaan kersten.

Vir ’n lang oomblik staar hy na die dier se stil karkas en draai uiteindelik om. Die natuur moet sy gang gaan. Die hond sal met verdrag terugglip tot die stof waar almal vandaan kom. Tot dan is sy reste ’n fees vir die klein aasdiertjies van die veld.

Hy het die hond, sy skaap en mot en roes ’n guns gedoen, dink Hendrik. Hy kyk vinnig of iemand die hond van die huis se kant af kan sien. Die waenhuis versper egter enige siglyne. Hy sien ook steeds geen beweging op George Mkhize se werf nie.

Amalia mag nie weet nie.

Sy hou nie daarvan dat hy probleemdiere skiet nie. Vir haar is alle diere geregtig op dieselfde genade. Hulle het tog nie gekies om hier te wees nie. Daarby bekommer sy haar dat hy iemand kan raakskiet.

Sy predik alewig vir hom daaroor.

“Mense loop rond, Hendrik,” hoor hy haar stem in sy gedagtes. Hy glimlag skeef. Haar intense besorgdheid grens aan neurose. “Netnou is hier iemand wat jy nie gesien het nie in die gras of agter ’n boom. As jy hom per ongeluk doodskiet, is daar moeilikheid. Gróót moeilikheid.”

Sy behoort teen hierdie tyd van beter te weet. Enigie­mand wat op sy grond rondloop sonder sy toestemming, loop in elk geval die risiko om geskiet te word. Hy weier om ’n plaasaanvalstatistiek te word.

***

Buthelezi staan onder die avokadopeerboom by sy bakkie en wag.

“Kom ons gaan hoor wat hy wil hê.” Hendrik vat Amalia se hand en saam stap hulle na die speurder toe. Hoe vin­niger hulle hoor wat hy te sê het, hoe vinniger gaan hulle hom van die werf af kry.

“Is dit Sara?” vra Amalia toe hulle langs die kort, stewige speurder tot stilstand kom. “Het julle iemand gear­resteer?”

“We have a big problem.” Skaduwees versluier Buthelezi se oë.

Amalia frons en skud haar kop. Die beweging laat haar merkbaar verbleek en Hendrik sit sy hand onder haar elmboog. “Watse probleme?” Haar stem is nog warm en dik van slaap.

“George Mkhize se seun Thabani. Iemand het hom geskiet.”

’n Bus ry op die grondpad langs Hendrik se hoewe verby en verdrink Buthelezi se woorde in sy dreuning.

“George Mkhize van langsaan?” vra Hendrik met ’n frons toe die voertuig in die verte verdwyn.

Die speurder knik.

“Die kind is agt jaar oud. Wie sal hom nou wil skiet?” Hy verstaan nie.

’n Lang stilte is die enigste antwoord.

“Dit is verskriklik,” sê Amalia uiteindelik. Haar vingers klem om Hendrik s’n en aan haar stemtoon kan hy hoor dat die nuus haar ontstel het. Blerrie Buthelezi, dink hy wrokkig. Dit is die tweede keer vandag dat hy haar omkrap.

“Is hy dood?” vra sy sag.

Buthelezi knik en vee met sy hand oor sy gesig.

Hendrik knip sy oë. In die hele wye wêreld, in al die tale van die kosmos, is daar niks droewiger as ’n dooie kind nie.

Die speurder draai na Hendrik. “Die kind het daar onder die boom by die draad gespeel terwyl meneer Mkhize in die huis besig was,” sê hy in Engels terwyl hy na George Mkhize se werf wys. ’n Blaarlose jakarandaboom troon bo­kant die huis se swart nok uit. Die wasgoedlyn nestel knus teen die digte granaatbos wat die agterplaas begrens. Toe wys Buthelezi met ’n breë gebaar na Hendrik se weikamp met sy diere en die waenhuis en die dooie hond daar ver. “Hy sê iemand het twee skote van hier af geskiet.”

The post Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Heiliger deur Dibi Breytenbach appeared first on LitNet.

Kuns maak ons vry: Oor die Sol Plaatje-lesing deur Antjie Krog

$
0
0

Wees obsessief met vertaling.

Dit was die kern van Antjie Krog se Sol Plaatje-lesing by die Vrystaat Kunstefees op Woensdagaand 19 Julie 2017. In hierdie lesing word hulde gebring aan die veelsydige skrywer en denker Sol Plaatje.

Die lesing is vanjaar beskou as die vlagskip-item op die program van die Vrystaat Kunstefees, soos in hierdie YouTube-onderhoud deur Ricardo Peach, feesorganiseerder, aangedui.

Die Vrystaatse winternag was koud, maar die saal was stampvol. En dit was ’n uiteenlopende groep mense wat kom luister het.

Wie was Sol Plaatje? Hier is wikipedia se inligting ter agtergrond. Die meeste mense wat enigiets van hom weet, was dalk bewus daarvan dat hy ’n swart perspektief op die Anglo-Boereoorlog neergeskryf het. Opvallend: hierdie feit word nie tydens Krog se lesing genoem nie. Plaatje was nie ’n skrywer wat net oor een tema geskryf het nie. Hy was geen marionet wat bloot as swart persoon oor ’n wit oorlog berig het nie. Sol Plaatje het sy eie kuns geskep, ter wille van kuns.

Willy Nel van die Universiteit van die Vrystaat se openingswoorde by die lesing Woensdagaand was baie van pas: "We are here to restore pre-colonial hospitality. Mag hierdie land julle omhels soos Khoi en San jul omhels." Hy praat in nog meer verskillende tale en heet almal welkom.

"This room tonight is our place of convergence."

Daniel Plaatje, ’n lid van die Plaatje-familie, is volgende aan die woord: "Hartlik dankie, ere-seremoniemeester, namens die Sol Plaatje-familie. Die familie is beïndruk met hierdie inisiatief. Maar laat my toe om nou in my derde taal te gesels, naamlik Engels."

Waarna hy klem lê op Plaatje se nalatenskap wat deur niemand beheer of besit kan word nie, maar deur die hele nasie gedeel word.

Die rektor en visekanselier van die universiteit, Francis Petersen, skets kortliks die agtergrond van wie Sol Plaatje was voordat hy Antjie Krog aan die woord stel: Plaatje was ’n intellektueel, ’n joernalis, skrywer, leier in die ANC, en boonop die eerste swart Suid-Afrikaner wat ’n roman in Engels geskryf het, al was hy Tswana van geboorte en kon hy sewe tale praat. Hy is eers na sy dood raakgesien en geëer.

Antjie Krog (Foto: Naomi Bruwer)

Krog bied hierna die lesing aan. Sy praat eerste oor haar herkoms en haal hierdie woorde van JM Coetzee aan: "The body can love only one landscape in one's lifetime."

En daarom is sy bly dat sy in die Vrystaat kan wees, sê sy, die plek waar sy vandaan is.

In haar lesing ontleed sy hoofsaaklik Sol Plaatje se boek Mhudi. Hier is nog inligting oor die boek.

Soos toe sy verwys het na haar herkoms en omgewing, betrek Krog ruimte terwyl sy oor die boek gesels. Verstaan die omgewing waar Plaatje hom bevind het terwyl hy die roman geskryf het (Londen), sê sy. Hy het kennis van die regsomgewing gehad en in howe beweeg, meer en meer verstaan van hoeveel strukture teen hom gediskrimineer het, en dat daar anders in Engeland of elders teen hom opgetree is as in Suid-Afrika. Hy was nie net ’n vertaler in die ware sin van die woord nie, hy het ook begin vertaal dat daar hier anders met hom gewerk word as dáár. Mhudi was ’n soort protes in ’n ander ruimte as waar hy vandaan was, waar hy begin verstaan het dat hy in sy eie land nie geag is nie.

Krog gebruik ’n moderne beeld: hy was ’n hommeltuig wat op ’n afstand bo-oor alles kon kyk en nou duideliker kon sien terwyl hy ver is.

In Mhudi skryf hy oor ’n oorlog en oor die gevoel van verlies en die onbekende, en hy sê: "The loneliness was frightful."

Dis ’n talige lesing – Plaatje wonder of hy nog sy eie taal kon praat. In sy alleenheid in Engeland skryf hy oor Lesotho en dink hy na oor die skoonheid van sy land. Krog lees dikwels voor uit die boek en ons hoor Plaatje se landskapbeskrywings.

Hy skryf ook oor vryheid: "All are created to be free, freedom is painful bondage ..."

Mhudi is ’n karakter in die boek. Sy is die heldin, ’n meisie wat hardloop na die jong man sonder om hom raak te sien.

Van daar ver af, in Engeland, sien Plaatje vir háár, vir Mhudi, baie duidelik. Hy beskryf die springbokvel wat sy dra, en haar verhouding met die jong man. Later in die boek betree die skrywer self die narratief, hy word deel van die verhaal wat hy skryf.

Die teenwoordigheid van die natuur is van belang in Plaatje se roman. Ook: oorloë.

Beeste is in Tswana met ’n goddelike frase beskryf: "god(s) with the wet nose(s)".

Krog wys daarop dat die belang van beeste in Plaatje se roman verduidelik word. "Money links you to no one." Maar beeste is van waarde, dis warm en dis iets wat meer beteken as iets anders (tydens ’n uitruiltransaksie).

En toe betree Sarel Cilliers die verhaal. Hy is op soek na grond en na ’n plek om te kolonialiseer en om te aanbid.

En so redeneer Cilliers en die Barolong-mense in die verhaal: die Boere wil net hê God moet regeer, maar die Barolong sê hulle het ’n vrou en ’n koning nodig. Cilliers: Die Engelse kan spoedig ’n koning(in) hê, en ’n man kan nie deur ’n vrou regeer word nie.

Krog wys daarop dat daar in die verhaal genderkommentaar gelewer word.

Hier is ’n paar ander hoofpunte uit haar lesing:

  1. Sol Plaatje nooi wit mense in die literatuur van swart mense in, nie andersom, soos normaalweg die geval is nie.
  2. En hy skryf oor wit en oor swart mense op doodgewone manier – niemand is verhewe bo die ander nie. Almal het ’n storie om te vertel. ’n Manier vir swart en wit om mekaar te verstaan (in sy roman): "Their noticing of each other's pleasures and discomforts."
  3. Sy verwys na Plaatje se "verbal engagement". Ten spyte van Plaatje se persoonlike gevoelens oor wit en oor swart, hoe daar teen hom as swart mens gediskrimineer is, tree mense van verskillende rasse en kleure met mekaar in die boek in gesprek. Geen mens kan oor ander regeer nie, is sy houding. Plaatje kies, ironies genoeg, vir Moody as sy held (die mag van kolonialisme – Engeland – en die kerk/godsdiens, ten spyt).
  4. Naamgewing speel ’n rol: name van mense is in hul eie tale, soos Afrikaans, maar plekname is gegee volgens die inheemse name, gegee volgens die naam van die mense wat daar gewoon het. Taal en naamgewing het te doen met besitreg.
  5. Alliansies is van belang in die boek. Oorloë is voortdurend ’n agtergrondtema, en dan ook tale, oor en weer: kommunikasie oor en weer.

Soos wat oorloë ’n tema vorm in Plaatje se werk, is ook meertaligheid iets wat Krog deurlopend in Plaatje se werk uitwys.

Plaatje wys op hoe belangrik vertaling vir hom as skrywer is deur in sy boek vertaling van Tswana-woorde te verskaf.

Krog wys op hoe die Bybel aangepas word in die roman, waar Paulus skryf dat almal gelyk voor God is. In Plaatje se roman betrek hy nie net Romein en slaaf nie, maar swart en wit, man en vrou.

Krog sê dat Plaatje nie net oor mense skryf nie, maar ook alles van die groter heelal ondervang: komete, insekte, die kosmos ...

In sy werk is daar "ever-widening circles of inclusion: religions, races".

Dit het meer as 20 jaar van demokrasie geverg om haar oë oop te maak vir waar Suid-Afrika verkeerd geloop het, sê Krog.

Kyk wat gebeur uiteindelik in sy boek: die twee groepe is uit mekaar, swart en wit. Dit kon verskillend gewees het, dit kon ’n huwelik gewees het wat gewerk het

Maar Plaatje is in beheer van sy karakters en van hul uitkomste. Hy is dus vryer in sy boek as in die werklike lewe. Hy het ’n visie terwyl hy skryf; sy skrywe oor onderlinge verbintenisse is wat hy sien van die land waar hy nie is nie.

Krog se slot is verrassend. Plaatje se roman, sê sy, is egter nie net ’n boodskap vir ons tyd nie. Kom ons vier die lewe en die werk van ’n man wat ver van hier gewoon het, jare gelede, en wat ons vry maak omdat kuns vry maak. Kom ons wees vry soos wat kuns ons vry maak, ’n viering van kuns.

Agterna is die vrae vanuit die gehoor ’n soort demonstrasie dat ’n ander soort diskoers geopen is, dat ’n platform geskep is vir gesprek tussen almal om vrylik te praat en te bevraagteken.

’n Swart student vra hoe ons vandag se struggle-helde eer. Is Plaatje steeds relevant en van pas?

Krog: Ja, die Fallist-bewegings demonstreer dalk juis dat vandag se studente duideliker gehoor word as Plaatje in sy eie tyd.

En op al die ander vrae, oor hoe om meer narratiewe te skep, oor Afrika-letterkunde en ander kwessies ten opsigte van die Anglo-Boereoorlog, is haar pleidooi eenvoudig: ’n land soos hierdie, met al sy tale, behoort obsessief te wees oor vertaling. Ons moet vertaal. Ons moet ook mekaar se tale praat.

En hiermee eer sy finaal die nagedagtenis van Sol Plaatje, spreker van sewe tale.

The post Kuns maak ons vry: Oor die Sol Plaatje-lesing deur Antjie Krog appeared first on LitNet.

67 woorde vir Mandela-dag 2017: inskrywings

$
0
0

Hier verskyn die inskrywings wat vir die Mandela-dag skryfkompetisie ontvang is.

Klik hier vir die kompetisie-inligting.

Die kompetisie sluit op 31 Julie 2017.

Inhoud

Christelle van Rooyen-Wessels Toni Matthee
Antoinette Lourens Juanita Lewis
Corlietha Swart Dawie Theron
Sonja Brown Hendie Grobbelaar
Sidney Gilroy Etresia Lombard
Alma Swart Annalene Kinghorn
Gerda-Marié van Rooyen Elsabe de Beer
Annatjie Verhoef Gerda Niemann
Dennis Shaw Madré van Tonder
Henrick Kruger Simon Riekert
Riaan le Roux P Fourie
Ferreira Stumke Marita Appelgrein
Cobie Roelvert Erna Maré
Trisa Hugo Marlena Bruwer
Riana Barnard Matthee Michèle Meyer
Antoinette Venter Wynand van Beek
Petra van Vuuren Louis Conradie
Louise Viljoen Christo Viljoen
Karel Frederik Bruwer JMT Labuschagne
Christo Meyer Adele van Zyl
Aletta Murray Elza Smal
Johan van der Merwe Marthé McLoud
Magriet Hugo Martie Swanepoel
Dirk Taljard Noddy Schutte
Willie Nel Caren Kearley
Hannes Visser Ray de Wee
Douwlina du Plessis Marian Klerck
Michiel Potgieter Albert Heenop
Marita du Preez Nicolette Fouldien
John Mobbs Susanne Pike

 

 

Christelle van Rooyen-Wessels

Ondergronds

Dit was skemer toe die man in die systraatjie afgestap kom.

Hy het by die voorhekkie van die huisie tot stilstand gekom en om hom gekyk, versigtig vir bespiedende oë. Toe slaan hy sy jas se kraag op en trek sy hoed laer oor sy oë.

Hy het die hekkie oopgestoot. Met elke tree nader aan die deur, het hy méér meneer Modise en minder Mandela geword.


 

Toni Matthee

Word wakker met ’n dankie in jou hart, wees dankbaar vir wat jy het.

Gee wat jy kan en nie net Mandela-dag nie, en leer ook om te ontvang.

Wees positief, leef en leer daagliks, vergeef en vergeet die verlede; nie meer jy nie.

Leef in die nou. Sê saans dankie en haal diep asem. Môre gee altyd nog ’n kans waar jy ’n verskil kan maak.


 

Antoinette Lourens

67 was a significant number for Nelson Mandela.

Have you ever wondered what your own special number on earth is, and what it resembles?

The number "6"  is reflected in my birthday, but being the number associated with the devil, as a Christian I can't make it my favourite number, and is obliged to choose the number "7" - the number of Christians.

7 = Serve Him daily!


 

Juanita Lewis

Tyd om te stem

Die ry beweeg ’n paar tree vorentoe. Sy voel hoe haar hartklop versnel. Daar is nog net vier mense voor haar in die ry.

Sy neem ’n diep asemteug. Wie sou ooit kon dink dat sy hierdie voorreg sou hê?

Weer beweeg die ry vorentoe. Sy druk haar identiteitsdokument eerbiedig teen haar bors. Sy gaan haar land se geskiedenis herskryf.

Sy gaan vir die eerste keer stem.


 

Corlietha Swart

Vergelding(?)

"Meneer Kotzé? Oud-skoolhoof, Hoërskool Helpmekaar? Reg vir u breinoperasie? Ek is dr Jan Smit, u chirurg en u narkotiseur, dr James Fortuin."

"Hoe weet ...?"

"Onthou u 1990? Die stinkbom in Skeinat? Janneman en Jamie op wie se stêre u twee rottangs gebreek het? Hulle wat nooit iets in die lewe sou bereik nie omdat hul IK's 'onder kamertemperatuur' was? Lê vir my rústig terug ... Gereed, James?"

"Lánkal, ja ..." 


 

Dawie Theron

Bloedskenk, komberse uitdeel, broodjies maak, ouetehuis besoek, sny buurman se gras, speel met diere by die SPCA ... kom aan, doen dit! Dit is Mandela-dag, dit neem net 67 minute op 18 Julie!

Pa word voor seun geskiet, vrou brand dood in huis, dogter verkrag deur kapers, seun aangerand by skool … Dit is die res van die jaar in Suid-Afrika.

27 jaar hiervoor gesit of waarvoor gesit?


 

Sonja Brown

Jabu se keel brand.

Hy kan nie meer hardloop nie, en voel hoe die buiteband oor sy skouers gedruk word. Die gesteelde selfoon is steeds in sy broeksak.

Sy oë is toe, maar hy kan die petrol ruik. Ook die swael van die vuurhoutjies.

Die vel skilfer eerste van sy wange af. “Mamma, ek kry koud,” prewel hy en val vooroor, sy tik-honger vir ewig stil.


 

Hendie Grobbelaar

Die telefoon lui vir die soveelste maal in oom Daan se strandhuiskombuisie.

Hy spring rats op vir ’n tagtigjarige.

Sedert sy vrou se dood bel familie en vriende onophoudelik.

Sy stem kom hees van emosie uit die kombuis. "Dankie liewe Martha, ek het veilig gery. Totsiens my ou aia."

Trane loop toe hy terugkom en verduidelik sy bejaarde bediende op die plaas is baie bekommerd oor hom.


 

Sidney Gilroy

Paulina

Die bult treiter Paulina vandag. Veral haar voete dra swaar aan die goiingsak waaruit verfrommelde koeldrankblikke, plastiese houers en weggooisakke peul.

Die stortingsterrein is dertien kilometer verder.

Verby haar snel motors sonder ophou; die snelweg murmureer asof hy leef.

Ingedagte swaai Paulina die sak oor haar ander skouer; van die inhoud tuimel uit, beland voor die verkeer.

Iemand toet.

Sy snak na haar asem.

’n Motor stop.


 

Etresia Lombard

The misunderstanding

Tears sting at the back of my eye: my best selection of books …gone.

I surfed the internet and came up with four likely establishments.

No library; many books, but not mine …

Third time lucky! Sixteen of my books neatly packed and priced. I hastily took my last fifty rand out of my worn-out purse and buy them all back.

I forgave, but now I cannot forget too …


 

Alma Swart

Ouma is ’n omgeewoord

Die spierwit ogies teen die swart vel kyk op na my geïrriteerde gesig. "Antie, ek het nie ’n ma nie," sê hy in Afrikaans, "ek is honger".

My hart is nou nie meer myne nie.

“Kom, Ouma se kind, dat ons jou kan skoon en warm kry.”

Hy tree vinnig vorentoe, sy hand in myne.

“Gee ’n broodjie ook, asseblief ... vir Ouma se kind.”


 

Annalene Kinghorn

So het jou dice geval

Die aantal letters in jou naam het jou toekoms bepaal.

Jou jare van dien het ons minute geword.

En dit moontlik gemaak vir ’n wêreld om te streef na vrede en geregtigheid. ’n Plek sonder armoede.

Jy was net 44 toe die 666 jou beetkry, maar nie eers dit kon jou stuit.

Toe jy gaan, was dit volbring. Al wat oorbly, is die 7 letters – MANDELA.


 

Gerda-Marié van Rooyen

Iemand klop aan die voordeur. Ek loop slof-slof die gang af, draai die deurknop en swaai die houtdeur oop. Daar is niemand nie. Op die trap wag ’n nota onder ’n spoelklip. Die nota lees "Doen dit. Hou op wag." Die kriptiese boodskap laat my oë flikker en tref my gewete. Ek sluit die deur agter my en loop oor die straat om vrede te gaan maak.


 

Elsabe de Beer

Liewe meneer Mandela

Ons het nie geweet nie. Ons het net geweet van die terroris wat tronk toe is omdat hy baie mense wou doodmaak.

Toe jy vrygelaat is, was ons bang oor wat sou gebeur. Ons sou swaarkry onder jou.

Maar toe kom jy uit met ’n glimlag op jou gesig en omhels almal: wit, swart, gekleurd.

Jy was verantwoordelik vir ’n reënboognasie. Baie dankie, President!


 

Annatjie Verhoef

Die val

Sy’s kwaad. Hoekom het die straatveërs nie die sloot se blare uitgevee nie? Sy het daarin getrap! Haar eerste oumensval! Alles is seer!

Sy oë verstaan. Uit sy vodde blink sy hartseertrane. Hy help haar nie op nie, maar sy oë hou haar gevange. Hulle gee haar bene moed en haar hande vergeet die pyn.

Sy blik laat haar opstaan. Sy weet: Hy het vir haar gesterf.


 

Gerda Niemann

Die Selfdoodmoord

“Dis ver af ondertoe. Hoe sê hulle? Moenie afkyk nie. Jane, hoor jy my?”

“Ruan, hou net op! Ek is nou hier, reg vir spring.”

“Is jy regtig reg?”

“Om weg te kom van jou af? Altyd. Dis my kans.”

“Komaan, Jane, jy weet jy is lief vir my. Hoekom spring? Nogal sonder toue?”

“Wat sê jy, Ruan? Laaste soen?”

“Nee, Jane, los my!”

“Drie. Twee. Een.”


 

Dennis Shaw

Fade to black

The table is set for two, one serviette folded in a wine glass, the other beside the open bottle. A red rose in a small carafe bows graciously to the tiny blue candle flame. On the mantelpiece lies a pair of pearl earrings. The flame succumbs to swirls of smoke. She sleeps on the fire-side cushions, empty glass in hand, as the hearth embers fade to black.


 

Madré van Tonder

Ek wonder oor jou 27 jaar op Robbeneiland, meneer Mandela. Het jy regtig vas geglo dat jy eendag ’n paar kilometer verder in Kaapstad die parlementsitting sou open? Het jy toe al geweet dat jy ’n ikoon van vryheid en vrede gaan word? Jy het nog so baie gehad om ons te leer, meneer Mandela. Maar jy was oud. En ons nog te jonk om te verstaan.


 

Henrick Kruger

Lukas

Lukas was n plaaswerker.

Woensdae is hy na die buurplaas om God se woord te hoor. Lukas het opgehou om te gaan; hulle lag daar, het hy gesê.

Hy het baie siek geword. As hy verbykom, het ek n broodjie in sy hand gestop.

Lukas is dood, gewens ek kon groet ...

Dan verskyn hy in ’n droom: Hy stap al laggend weg en waai vir my!


 

Simon Riekert

Mandela

Ek het gesukkel om jou te aanvaar, jy die "groot terroris". Jy en jou makkers moes ek doodskiet in ’n onwettige oorlog wat vandag nog in my kop wil maai.

Met min tyd, en takt het jy kom breek en opbou aan dit wat na 27 jaar in jou nerf ingeëts was.

Maar helaas, tyd se sekel het jou kom oes lank voor ons land oesgereed is.


 

Riaan le Roux

Groenskrif

Tussen fyn struikies vertoef ’n vrou versigtig, en ontsyfer die lewende skrif. Adelina het in die renosterveld opgegroei en weet almal sal armer wees daarsonder: "Ons is deel van ons omgewing, saam blom ons beter."

Sy wil mense met delikate veldverhale inspireer, en hulle help om goeie spore te los. ’n Einde bring aan indons en omdolwe.

Madiba-maand herinner dat ’n dapper pimpernel verhoudingsvernielers kan laat val.


 

P Fourie

A random act of kindness?

With the coming of winter, he constantly thought about people who were less warmly dressed than he was. He took out one of his four jackets and put it in his car. After work he stopped at the supermarket, where the car guards always made him feel both irritated and guilty. He gave the jacket to the nearest guard, who looked at him uncomprehendingly, and then smiled.


 

Ferreira Stumke

Meneer die bokser

Gebukkend en oorbluf het jy telkemale jou hande weer gelig.

Gespuug en geslaan, maar met ystervuiste jouself weer opgehelp. Soos jy losgebreek het van daai kettings om jou voete, het jy met jou regtervuis in die lug, al laggende en vry, in die straat af gewals.

Die juk van ’n nasie op jou skouers gedra, sodat ons hand aan hand saam kan loop en vry kan wees.


 

Marita Appelgrein

Eolusharp

Die westewind warrel die stof deur haar stywe vlegseltjie.

Sy staan alleen en wonder waar Oupa is.

Almal huil en gooi blomme in ’n groot gat.

“Wawwies, hoor hoe erg raas die wind. Oupa sê altyd dit klink soos ’n harp, maar ek hoor nie nou die harp nie ... die wind is baie hartseer!”

“Ek hoor dit glad nie ...”

“Dit is omdat jy nie rêrig is nie!”


 

Cobie Roelvert

Teenaan die grens

Sy sal alles opmekaar pak en blomme daarop sit. Sodat sy sal onthou: álles is deel van die storie.

Eers die gevoude kombers. Bo-op, die geel rok. Die swart woltjalie lê bonkig. Sy sprei dit oop sodat die waaier-patroon die geel wys. Dan die koerant met die storie van Oupa, treinkondukteur, wat iemand se lewe gered het. Laaste, die blou Japannese lap.

Nie ’n blom in sig nie.


 

Erna Maré

Liewe Madiba, lekker verjaar. Ons mis jou. Jou Zeldina leer ons 67 minute op ’n keer om almal oor onsself te kom. Die hoop beskaam nie. Koos Kombuis is moerig verby, en vertel die reënboognasiekonsep is skadelik vir ons almal. Ons land is gebreek, die ANC verwond, kouend aan homself. Ons kan nie vergewe of vergeet nie. Jy moes liewer vir ewig bly.

Liefdegroete, jou nie-reënboog Suid-Afrika


 

Trisa Hugo

Bloedmenshart

Die klipkors om my seepsteenhart het jy laat krummel tot ’n bietjie stof. Met my vingerpunt vee ek dit bymekaar en roer dit om en om. Sê nou dit word eendag nodig om dit weer aanmekaar te gom? Onverwags op ’n dag het ek besef my seepsteenhart pomp oplaas, so glad en blink, weer bloed.

Nou kan ek dankbaar luister na die klip-klop, klip-klop, van my bloedmenshart.


 

Marlena Bruwer

Sou ...

jy vir ’n oomblik weer hier kon wees, Madiba, wat op aarde sou jou siening wees? Ek verbeel my jou sagte ween oor brande en oorstromings, hongersnood en moord, rassehaat en kindermishandeling, dronkenskap en hoerery.

Sit jy jou vergeefse pleidooie voort daar waar jy nou ook nie behoort?

En laat jy jou hoof in deemoed sak as jy uitvind jy klop weereens aan ’n dooie poort?


 

Riana Barnard Matthee

Ai Madiba, ek is so naar vir die woorde apartheid en rassisme. Jy het lank geboet vir jou sienswyse, maar hier en nou boet niemand nie. Ons veroordeel en beskuldig net. Meeste van ons het nie eers deel gehad in die apartheidsbesluit nie, maar ons almal lei onder die ongeneeslike siekte met die vreeslikste newe-effekte denkbaar. Wou maar net bietjie skinder, vergiffenis kom net nie.


 

Michèle Meyer

Vers 67

Madiba wat nie meer hier woon nie, ons herdenk u naam. Die ryk waarvoor u gely het wankel wild.

Laat ons vandag vir mekaar ons dag se brood gee en mekaar se skulde vergeef net soos Ntate dié vergeef het wat teen hom en miljoene gesondig het.

Laat ons die versoeking van verdeeldheid weerstaan en verlossing vind van die bose.

Vir ewig en ewig onthou ons.

Amen.


 

Antoinette Venter

Vergifnis

1994

“Judas! Jy en jou liberale gespuis is volksmoordenaars!” Hoor Mara oom Dirk skree voordat sy vuis teen Ma se voorkop knal.

Ure later vind hulle Mara in die spens tussen hordes opgegaarde blikkieskos. Oom Dirk se bloed drup taai op haar standerd ses geskiedenisboek.

1998

Die verbeteringskool se hek knars agter haar rug. Miskien kan sy ook eendag soos Ma se held Madiba die onregte vergewe.


 

Wynand van Beek

Met min woorde

Hy het bewend daar gestaan. Betraand, bleek, verwese ... met ’n pistool teen sy kop. Hy het haar met pleitende donker oë aangestaar. Voor hom het ’n onvoltooide manuskrip verstrooi oor die vloer gelê. Sy skryftafel en stoel onderstebo en sy koffiebeker in stukke. Op een van die skerwe het die woord Skrywerstroos gestaan. Sy het net gesê: "Woorde verdien tog méér as dit, dit wil geskryf word."


 

Petra van Vuuren

Liefdesfeetjie

Die liefde kom diep op 65. Hulle was albei getroud. Sy gee vir hom ’n denkbeeldige feetjie.

Hy voel die feetjie hou hom dop – druk selfs haar voetjies agter sy rug in. Hy knik skelm vir haar!

Toe kom die vrese: half skaam om voor haar uit te trek. Hy's bang hy lê haar dood!

Wakker lê laat hom ’n afskeidsbesluit neem.

Ouderdomsliefde is dalk ’n hartseer feëverhaal!


 

Louis Conradie

Op soek na ’n bekende

Die ou foto bewe in haar hande. “Wie’s die man?” vra sy.

“Mamma, dis Pa,” reageer sy met deernis, “dis julle troue ...”

Sy kyk op. Oë ontmoet.

Wie is jy? wonder sy. Hoe weet jy? Was jy daar?

Sy kyk af, soekend na ’n bekende.

Bruilofgaste roep om herkenning.

Oë ontmoet. ’n Stralende bruid breek deur vergeet!

“Ek sien,” sê sy sag, “jy was tóg daar.”


 

Louise Viljoen

Post-koloniale Afrika

Mama Afrika, donker kontinent, baar hom wydsbeen bo-op ’n miershoop en eet die nageboorte. Hy verstik aan vrank vrugwater. Die stank van kolonialisme steel sy asem. Sy dros gewond, haar rinkelende armbande vol bloed. Sy offer sy lyk aan die son. ’n Boom groei uit sy kopbeen. Sy wortels delf goud. Dit reën uit sy takke op sy mense. Afrikane kom dut in sy skadu. Afrika herrys.


 

Christo Viljoen

Mandela en die laatkomstudente

Ek en Hana daag betyds op vir ’n dinee vir buitelandse studente by die Kasteel in 1994. Geen student is sigbaar nie. Dan kom hy binne: Nelson Mandela, vergesel van ’n lyfwag. Hy groet hartlik. Ons maak kleinpraatjies.

Die studente arriveer ’n halfuur laat. Hy groet elkeen.

Ek maak verskoning vir hulle laatkom. “Nee wat, ek’s bly; as hulle betyds was, het ons nie so lekker gesels nie”.


 

Karel Frederik Bruwer

Johannesburg, plek waar drome kom om te leef. Of sterf, hang af of die goue geluksgodin jou wil seën of vloek. So dink Michiel terwyl hy na sy 67ste oudisie ry; 66 het gekom en gegaan, sonder enige sukses. Die bergie by die robot steek sy hand uit na Michiel se vuil wit motor: ’n wit wa van oorvloed. Die Goudstad is ’n harde plek, dink Michiel.


 

JMT Labuschagne

Doodgery

Pieter verdwaal op ’n reënerige nag in ’n township en ry oor ’n hondjie. Hy stop, klim uit en stap na die pap lykie. Versigtig tel hy die bebloede lyfie op en lui die klokkie by die huis.

’n Vrou maak oop.

Pieter wil nog verduidelik en jammer sê, maar sy huil-gil:

“My kind!”

Dan sien hy vir die eerste keer die vyfjarige kind in sy arms.


 

Christo Meyer

"Wat het jy vir jou 67 minute op Mandela-dag gedoen?" vra Kevin.

"Niks besonders nie," antwoord Libby.

"Toe, moenie skaam wees nie. Uit daarmee."

"As jy dan regtig wil weet: Ek het deur die buurt geloop en 67 verwaarloosde katte na die Dierebeskerming geneem."

Sy gesig helder op.

"Dis ’n pragtige gebaar. Ek is trots op jou. Maar wag ’n bietjie – jy is dan allergies vir katte."


 

Adele van Zyl

Nuwehoop-skoffel

Jan kyk na sy vrou se roetbesmeerde gesig. Traanspore loop opnuut ’n skoner paadjie oor haar wange.

“Kom, vroutjie. In sak en as gaan ons nie bly sit nie.”

“Ons hele lewe het in vlamme opgegaan, Jan.”

“Nee, Lien. Ons aardse besittings, nie ons lewe nie.”

In die gemeenskapsaal begroet ’n reënboog van glimlagte hulle.

“Oom en tannie is net betyds. Kom! Ons gaan nou die ‘Madiba-shuffle’ dans.”


 

Aletta Murray

Tydloos sy spoor. Nié net in die reënboogland, maar ook wêreldwyd, ’n roering oor sy derde oog, wat geskiedenisdrome omkeer – maar nié as ’n despoot!

My eerbied – my gees gestring – saam om ’n wierooktafel om halleluja te sing. Die onmoontlike van ouds, in geleenthede met vars uitdagings, te blý omskep.

Ons geboorteland ’n inspirerende gebed – sonder knellende kettings – waar generasies deur kuns en woord ‘ver’ kan kyk …


 

Elza Smal

Die verslonste ouman stap traag van motor tot motor. Ruite word vinnig toegedraai. Ek hoor ’n jongman se skerp koue stem: "Loop voetsek. Gaan vra vir Mandela geld."

Die ouman draai om en stap kromskouer weg.

Hy skrik toe ek skielik aan sy skouer vat. "God seën," sê hy sag en glimlag skaam.

"Meneer, vandag is ek jou Mandela," sê ek en klim terug in my motor.


 

Johan van der Merwe

Reënboogfeniks uit die ashoop

Sy lig die vlag statig, wyl skote wild en wyd weerklink. ’n Diep dreunsang hang binne die rookwolk van smeulende taxi-tyres. Wyl haar oë brand, kreun haar greep onlosmaaklik om die houtpaal waaraan sy haar hele lewe vaspen. Ritmies beweeg haar bobene vurig vooruit as momentum haar oorneem om diskoerse te breek. Haar tyd het gekom, haar tyd is nou, waarin sy die reënboogland opnuut aanskou.


 

Marthé McLoud

Kroniek

’n Man het uit die suide verrys, eers so klein soos ’n gebalde vuis, maar hy het gegroei en die hele aarde gevul en sy naam was Versoening. Op sy voorkop was vergifnis uitgekerf en in sy hande was ’n oliekruik. Hy het die volk geseën en hulle voete gewas en hulle onderrig. Toe het hulle die merke van Robbeneiland in sy handpalms gesien en naasteliefde verstaan.


 

Magriet Hugo

Die Handelsreisiger

Deksels, dink Faan toe sy Kewer met rook uit die enjin, tot stilstand kom. Gelukkig is Groot Koos se plaas net om die draai.

Hy wag nou al vir twee weke vir die onderdeel. Groot Koos se dogter Truida is mooi en sy kook lekker.

Faan ry met die nou, bekende plaaspad op. In sy sak is die mooiste ring wat hy met sy kommissie kon bekostig.


 

Martie Swanepoel

Leeg

Die malgas-paar het ’n paar seisoene kom broei. Maar die wyfie se blougrys spikkel-eiers het telkens in die nes gevrot. Toe bly die mannetjie weg. Die oggend, nadat Erik uiteindelik weg is, het Lana sit en kyk hoe die wyfie die ou eierdoppe pik-pik in die ou guano-nes. Oor die see van malgasse het sy die leë skoppelmaai voor haar duinhuis alleen hoor tjier-tjier in die wind.


 

Dirk Taljard

Land van een duisend heuwels*

Die kontrakteur het gesê sodra sy alles op die lys het, sal hy bou.

Francina spaar al jare om haar droom ’n werklikheid te maak – ’n badkamertjie ín haar Mamelodi-pondok teen die kaal heuwel in Endstraat. Sy koop al jare dan en wan iets: ’n paar bakstene, dakbalke, sinkplate, wasbak, krane, teëls, vensterraam, deur…

Vanoggend sug Francina by die wasbak. Die kontrakteur wil R24 000 vir die bouwerk hê.

*“After climbing a great hill, one only finds that there are many more hills to climb.” – Nelson Mandela


 

Noddy Schutte

Kentering van ’n vergete soldaat

Ek kon die skare hoor skreeu: "Ons wil vir Barabbas hê! Laat Barabbas vry!"

Angstig en natgesweet word ek wakker met die beeld van Mandela op die televisiestel, waar hy uitstap uit die gevangenis in die Paarl. Jubelend volg die skare: “Madiba, amandla.”

Gister nog was hy die rooi gevaar.

Ek is deel van die vergete soldate en daarvoor sê ek: “Jammer my Madiba”.


 

Willie Nel

67 minute

Dit is lekker om in die bed te klim om te rus na ’n besige dag!

Jis, ons het darem ’n lelike motorongeluk gehad vanoggend. So skuins na die parade.

Ek hoop die baba wat ons moes afvoer terwyl ons die ouers bevry, weens die ernstige graad van sy wonde, leef nog. Dalk is dit goeie nuus dat ek nog niks gehoor het nie.

67 minute se harde werk ...


 

Caren Kearley

67 Madiba-trane

Toegevou in ’n hemelse wand, staar Madiba na sy Afrika-siel in sy betraande hand. Baälsprofete wat sy reënboognasie ontneem van beloftes met bloed-sweet geëts oor klip en sand. Hier voor voet van Tafelberg breek ons die brood; drink ons die wyn, want rondom hierdie altaar lê ’n land en volk in ongekende pyn. Terwyl sy woorde eggo in die suidooster: “It always seems impossible until it’s done.”


 

Hannes Visser

Kas

Alex trek die baadjie aan. In die spieël lyk die wynrooidas, liggestreepte hemp en donker pak banaal. Eric sou nóóit toelaat dat hy so wangeklee iewers heen gaan nie.

Anderkant die deur, ’n gebiedende stem: “Jy moet roer, Magdaleen is al in die troukar op pad kerk toe.”

Hy draai om. “Ek maak net my kas toe, Pa,” en draai dan ferm die sleutel in die kasdeur.


 

Ray de Wee

Terrorisdokter

Hy lig sy kop. Hy wou dood speel. Maar die soldaatjie sou weet. Hy kyk in die loop van die R1. Is dit die einde?

Klik.

Die soldaatjie aarsel. Vroetel met sy R1. Hy hardloop. Sonder om terug te kyk.

Dokter Anders na noodgevalle.

Hy hardloop.

Dan ... Hy ken daardie gesig. Dis hy ...

Die pa staan op. "Help dok," se hy hees. "Hulle sê jy's al een."


 

Douwlina du Plessis

Die Mandela-gees

Annah het by Wynand in sy klein huisie gewerk. Wynand het potensiaal in Annah gesien en daarom het hy betaal dat Annah verder leer. Sy het swanger geword en Kenny gebaar. Grootoog sjokoladeseuntjie. Wynand en Kenny was onafskeidbaar. Toe kry Annah goeie werk in Pretoria. Hulle is daarheen. Wynand is opgeneem vir depressie.

Laatnagoproep: "Kenny gaan doodgaan. Hy eet nie. Sal Oupa sy kind vat?"

"Asseblief!"


 

Marian Klerck

Ontnugtering

Die jaar was 1984 en die kind pas agtien. “Bring die naweek ’n mooi rokkie saam”, laat weet haar ma.

Die voordeurklokkie lui skril, die kind in haar mooi rokkie maak oop. “Goeiemiddag, ek is jou ma.” Die kind verstar; bang kleef aan haar soos ’n nuwe bra – onbekend en ongemaklik. “My ma is in die kombuis, tannie, ek gaan roep haar gou.”

Haar ma is weg.


 

Michiel Potgieter

Die pa-skool

Ek was nie in die pa-skool gewees nie. Het geen diploma of sertifikaat om te wys dat ek vir die taak toegerus is nie.

My liewe pa het ook maar net vir Oupa as model gehad en dié was maar ’n kwasterige ou man gewees.

Jammer, seuns, dat ek nie vir julle iets stewiger kon deurgee nie. Ek sien mos hoe julle worstel met jul eie kroos.


 

Albert Heenop

’n Sondagmiddag in 1990

Dit was ’n snikhete Sondagmiddag. Maande van Klein Karoo-klippekou het voorgelê. In Basies sou ons leer dril en superfiks word. Na Vasbyt moes wapenvaardighede aangeleer word. Uiteindelik sou weke van konvensionele oorlogvoering en seksieleiding in die Swartberg die offisierskursus afsluit; sou ons kon veg. Daardie middag het alles egter verander; 3 000 infanterieskoolrekrute sou op TV sien hoe Nelson Mandela, na 27 jaar se klippekap, sy vryheidswandeling voltooi ...


 

Marita du Preez

Sy was ’n dogtertjie van vier toe hulle mekaar ontmoet het. Mishandel stap hierdie pad al ver saam met haar.

Haar dogtertjiewees heeltyd aangetas, aangegaap, aangestaar. Betas. Beloer. Bekyk. Begluur. Sy was gebreek. Verlore. Verdrietig. Alleen. Die stiefdogter. Die wegstekeling. Bemors. Gelos.

Vandag is sy ’n wenner, en weet hy: As sy jou in jou oë kyk, en sy glimlag mooi ... moet jy bang wees. Baie bang.


 

Nicolette Fouldien

Die sopkombuis

Sy roer lusteloos die waterige sopkonkoksie in die groot pot. Dis alles wat sy uit haar skamele koskas bymekaar kon skraap. Die fondse is uitgeput. Hoe sê sy vir die honderdtal honger kinders en bejaardes daar sal nie môre kos wees nie? Sy skep ’n lepelvol in die eerste houer en hoor die sente klinkel. 67 sent. Die hopie geld groei met elke skep en so ook haar glimlag.


 

John Mobbs

Temba se Ma

Temba het drie dae laas geëet.

Sy ma pluk mfino.

Temba staan op die winkelstoep om mieliemeel te koop. Die worsrolletjieverkoper plaas ’n worsrolletjie op die stoep en stap weg. Temba se honger maag knaag weer. Sy hand skiet onwillekeurig na die worsrolletjie.

Skielik hoor hy sy ma se dreunende eggo: "Dis nie joune nie."

Vinnig trek sy hand terug. ’n Hond kom en vreet dit op.

*mfino – veldspinasie


 

Susanne Pike

Die huishulp

Johanna Makoena krinkvoet bult uit na Iris six-o-three. Sy char Dinsdae en Vrydae. Twaalf jaar al.

Die vrou sug. Vroegoggend-afspraak. Johanna is laat.

Johanna smile oor Mevrou. Mevrou dink poems uit. Sy gaan publish. Sy sien vir Margaret, die "sleep-in" van five-nine-five. Sy kruis om van Mevrou te vertel ...

"Sal ú die naasbestaandes laat weet?"

Die vrou skrik.

Ag, Here, ek ken nie eens haar van nie...!

The post 67 woorde vir Mandela-dag 2017: inskrywings appeared first on LitNet.

Viewing all 21648 articles
Browse latest View live