Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21793 articles
Browse latest View live

Tafelberg en NB-Uitgewers bring hulde aan PG du Plessis

$
0
0

Tafelberg en NB-Uitgewers verneem met leedwese van die afsterwe van een van ons grootste Afrikaanse skrywers.

Eloise Wessels, uitvoerende hoof van NB-Uitgewers, sê: “PG het homself in ons harte ingeskryf. Van Siener in die suburbs tot Fees van die ongenooides het hy sy gehoor ten diepste geraak.  Hy was nie net ’n uitermate talentvolle skrywer nie, maar veral ook ’n ware mensch. Ons sal hom verskriklik mis.”

Marga Stoffer, uitgewerbestuurder van NB-Uitgewers, sê: “Ek is baie hartseer oor PG se heengaan. Hy was so veelsydig: as literêre skrywer en ernstige dramaturg het hy van ons belangrikste Afrikaanse werke geskryf: dramas soos Siener in die suburbs en Die nag van Legio, en sy groot Afrikaanse roman, Fees van die ongenooides. Maar hy was ook gefassineer deur mense en hulle hebbelikhede, en het ’n wonderlike sin vir humor gehad – en hy het gewone mense verstaan. Daarom dat hy ook as storieverteller op TV, en as skrywer van die gewilde Koöperasiestories ’n groot plek vir homself in mense se harte oopvertel het. Dit was vir my ’n ongelooflike voorreg om as jong uitgewer saam met hom aan ’n projek te kon werk. Nie net het ek baie by hom geleer nie; ek het ook onder die indruk gekom van sy gulhartigheid, wysheid en ongelooflike kennis. Ons sal hom mis.”

Lees meer oor PG du Plessis se lewe en werk in sy ATKV|LitNet Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

The post Tafelberg en NB-Uitgewers bring hulde aan PG du Plessis appeared first on LitNet.


Anarcho-kapitalisme en VOC

$
0
0

Vir die politieke korrektes, Nederland het Kaap nooit gekolonialiseer nie. Om te verstaan wat VOC was, gebruik die ultimate van kapitalisme, Anarcho-kapitalisme. Die VOC het self regulasie toegepas, asof die privaatmaatskappy 'n regering was.

The post Anarcho-kapitalisme en VOC appeared first on LitNet.

PG du Plessis: sy nalatenskap sal nog jare lank eggo

$
0
0

Dit is met leedwese dat die ATKV verneem dat die formidabele woordsmid PG du Plessis op Woensdag 7 Junie 2017 oorlede is. Woorde ontbreek om sy bydrae tot die wêreld van Afrikaans te beskryf en sy nalatenskap sal nog jare lank eggo.

Vir sy vriende was hy Pieter, maar vir die talle lesers en kykers wat deur hom bekoor is, was hy PG. Dit was veral die TV-reeks Koöperasiestories wat gemaak het dat PG ’n naam was wat amper elke Afrikaanse TV-kyker geken het.

In sy lewe was PG du Plessis ook onderwyser, akademikus, koerantman, draaiboekskrywer en ’n vriend vir baie.

Pieter Georg du Plessis is op 14 Julie 1934 te Boshof in die Vrystaat gebore. Sy pa was ’n onderwyser wat ook baie lief vir die letterkunde was. Ná matriek is PG na die Universiteit van Pretoria waar hy ’n BA-graad behaal in 1955 en sy onderwysdiploma in 1957. Hy werk daarna heeltyds, maar hou aan studeer en in 1966 behaal hy sy doktorsgraad. NP van Wyk Louw was sy promotor.

In 1969 debuteer PG du Plessis met Die nag van Legio, ’n strak drama wat in ’n gestig afspeel. Die volgende jaar word die stuk met die WA Hofmeyr-prys bekroon.

Sy volgende drama, Siener in die suburbs, is uitsonderlik, juis omdat dit doodgewone werkersklasmense in doodgewone omstandighede uitbeeld. Ná dekades is die stuk steeds relevant en is onlangs weer by verskeie feeste opgevoer. Die Hertzogprys in 1972 is aan Du Plessis vir Die nag van Legio en vir Siener in die suburbs toegeken.

In 1973 verskyn Plaston: DNS-kind, ’n futuristiese stuk wetenskapfiksie oor ’n seun wat deur ’n wetenskaplike geskep word. Die vraag is of ’n kind wat geskep is vir perfeksie in ’n onvolmaakte wêreld sou kon aanpas.

Veel meer vermaaklik is die klug ’n Seder val in Waterkloof van 1979. In dié drama steek Du Plessis die draak met akademici wat hulle as verhewe bo die “gewone” mense beskou.

In 1980 verskyn ’n bundel Koöperasiestories op Donderdag by Perskor uit sy pen. Dit word gereeld herdruk en op 27 April 1983 word die eerste episode van Koöperasiestories op Suid-Afrikaanse TV uitgesaai. Dit was dadelik ’n enorme sukses.

PG du Plessis (Foto: Annemarie Wichmann)

In die drama Vereeniging, Vereeniging (1985) vind ’n mens reeds die oorsprong van dit wat later die roman Fees van die ongenooides geword het. In daardie stadium was die stuk egter so gewaagd dat Truk, wat dit aangevra het, dit nie wou opvoer nie.

Hierna het PG du Plessis hom ’n tyd lank gewy aan vermaak. Hy het talle rolprente gemaak en was ook geliefd vir sy aandeel in die geselsprogram Spies en Plessis.

In 1999 skryf hy weer ’n toneelstuk vir die KKNK met die titel Inkleurboek vir twee.

Du Plessis het verskeie tekste geskryf in sy lewe. The married man’s guide to adultery: a study of adulterations van 1998 is ’n besondere roman oor die verdigsels (adulterations) wat ’n klein gemeenskappie kan kniehalter.

Dit was egter met Fees van die ongenooides, wat in 2008 gepubliseer is, waarmee Du Plessis sy stempel deeglik op die Afrikaanse kanon afdruk. Hierdie boek ondersoek talle aspekte van die samelewing wat reeds in sy werk te sien is, maar in hierdie geval was die puik beelding en die meesleurende storie dié pennevrug van ’n deurleefde skrywer.

Die ATKV-Prosaprys is in 2009 aan hom toegeken vir dié roman.

Du Plessis het sy laaste jare op sy plaas Sémóer geslyp. Hy word oorleef deur sy vriend en gade, Marie, asook die egpaar se twee kinders en ’n aantal kleinkinders.

Toe hy in 1983 uittree as redakteur van Hoofstad, het hy opgemerk: “Al wat ek vra, so by die afskeid. Laat julle kolomme tog sag wees oor my moontlike mislukking en baie luid, tagtig-punt-luid, as daar dalk sukses is.”

Die ATKV wil sy diep meegevoel betuig aan PG se geliefdes. Soos Jan FE Cilliers geskryf het: Stil broers, daar gaan ’n man verby.

The post PG du Plessis: sy nalatenskap sal nog jare lank eggo appeared first on LitNet.

Wiskundenavraag deur ’n ma – en raad oor die maak van 'n plakkaat

$
0
0

Op LitNet Akademies se skoleafdeling is daar gratis vraestelle en memoranda om af te laai, en daar heers ook lewendige gesprek onder ons lesers.

Ene Izelda het onderaan hierdie artikel van Marise Oberholzer raad gevra oor die maak van wiskundeplakkate, en Philip Scott, ’n ander leser, deel toe ’n paar wenke uit sy persoonlike perspektief.

Raad vir ’n puik plakkaat

Daar is deesdae gereelde projekte wat leerders moet voltooi wat tot hulle rapportpunt bydra. Een van die projekte wat die meeste kopsere gee is die maak van ’n plakkaat. Ek gaan hier verduidelik waarom mens plakkate maak en ook ’n paar wenke gee oor hoe om jou beste punt moontlik te kry.

As jou enigste doel is om ’n plakkaat te maak wat vir jou ’n goeie punt gaan gee, gaan jy sukkel om ’n goeie punt te kry. Dus wonder jy dan seker watter ander doelwitte jy moet hê wat vir jou ’n goeie punt gaan gee. Die drie ander wenke wat sal help, is dat jy dit as ’n geleentheid sien om iets te leer en om vir ander inligting te gee, en dat jy dit op ’n aantreklike en interessante manier doen.

Die proses van ’n plakkaat maak bestaan hoofsaaklik uit die volgende stappe:

  • Kies ’n onderwerp wat jou interesseer. Soms word die onderwerp vir jou gekies.
  • Doen navorsing oor die onderwerp. Maak seker jy skryf al die bronne neer.
  • Sif deur al die inligting en kies dit wat jou boodskap die beste gaan oordra.
  • Vertoon die inligting op jou plakkaat.

Dus: om die kennis in te win wat jy wil onthou en aan ander wil oordra sal jy eers navorsing moet doen. Eenvoudig gestel beteken dit om soveel as moontlik te lees oor die onderwerp wat jy gekies het en te kyk wat jy nuttig en interessant vind en wat ander ook sal wil weet. Gaan deur tydskrifte, koerante, ensiklopedieë (uit die dae voor die internet) en besoek die biblioteek. Dan kan jy die internet ook opsoek. Een nadeel van die internet is dat min inligting in Afrikaans beskikbaar is, dus sal jy baie moet vertaal.

Lees nou deur die inligting en begin kies wat jou storie die beste gaan vertel. Vir plakkate geld die volgende sêding gewoonlik: minder is beter. Hierdie deel gaan dalk die moeilikste wees, want na al jou navorsing gaan by baie hê om te vertel. Dis baie belangrik om nie in daardie wip te val nie. Nou kan jy die inligting op jou plakkaat vertoon.

Die plakkaat moet so wees dat jy daarna wil kyk en wil weet wat daarop staan. Dis hoe jy dan ander kan help om te leer. Jy het daarom iets nodig op die plakkaat wat helder is en uitstaan om hulle oog te vang. Daar moet egter nie soveel inligting op die plakkaat wees dat dit mense afskrik nie. Dit moet net genoeg wees om hulle nuuskierigheid te prikkel. En as hulle meer wil weet, kan hulle na die bronnelys kyk en verder gaan lees of selfs met jou as die kenner kom praat.

Ons begin gewoonlik links bo lees en eindig regs onder op ’n bladsy, dus moet die uitleg vir jou plakkaat soortgelyk wees. ’n Netjiese opskrif bo-aan met ’n inleiding links bo, ’n samevatting regs onder en die inligting wat jy wil weergee tussenin gee ’n goeie vloei.

Jou plakkaat moet netjies wees, want anders kan jy die leser afskrik. Tegnologie maak ons werk makliker, maar dit kan voorkom of jy net van die internet af gekopieer het as die hele plakkaat gedruk is. As jy dus ’n netjiese handskrif het, kan jy jou inligting neerskryf. Of teken en kleur prentjies in om te wys jy het moeite gedoen. Gebruik helder kleure, want dit trek mens se aandag.

Noudat jy jou plakkaat het om uit te stal, sal jy sien dat in die proses van navorsing doen, dink oor wat jou maats wil sien en die resultate mooi vertoon, jy ’n briljante plakkaat gemaak het wat vir jou ’n uitstekende punt sal gee.

  • Philip Scott gee voltyds klas en ekstra klasse in Hermanus en omgewing. Hy help tuisskolers met die Cambridge IGCSE-vakke, gee ekstra klasse, lei leerders in wiskunde-olimpiades op, ondersteun ’n organisasie genaamd Sparkle Kids wat in Zwelihle, Hermanus se plakkerskamp, werk, en hou van enige akademiese uitdaging.

The post Wiskundenavraag deur ’n ma – en raad oor die maak van 'n plakkaat appeared first on LitNet.

Press release: Update on Durban's bid for Unesco City of Literature

$
0
0

We’re in the home stretch, says Darryl Earl David, former Head of Afrikaans at UKZN, founder of South Africa’s national Booktown in the Karoo, and the man heading Durban’s bid for Unesco City of Literature status. In April this year, Durban announced its intention to become the first city in South Africa and the first on the African continent to apply for Unesco City of Literature status, joining a mere 20 other such cities throughout the world, including the likes of Edinburgh, Dublin, Prague, Kraków, Barcelona, Iowa City, Granada and Baghdad. “Since that article, the response from writers has been overwhelming,” says David. “Mind you, there are quite a few doubting Thomases from the mother city and Johannesburg,” he quips, but is quick to add that the Exco in charge of guiding Durban towards literary capital of Africa status are “quietly confident”.

David says that the late announcement of Durban’s bid should not be construed as a rushed attempt or an attempt to exclude writers from the process. In fact, it was all part of the grand design. “When you are striving for undeniably the biggest literature project in the history of South Africa, one that you have been working on for nearly five years, you don’t want to go around bragging about this and giving other cities ideas. This is the holy grail for bibliophiles,” says David. Durban writers Ashwin Desai and ZP Dala, members of the Unesco City of Literature Exco, have played no small part in this project. In a widely read article on LitNet, the virtual community at www.litnet.co.za, managed by founder-editor Etienne van Heerden, David pays glowing tribute to Professor Ashwin Desai as the man who believed in this vision when very few did. In fact, it was a chance encounter that Desai had with the city fathers last year – in an elevator, of all places – that paved the way for this project. “Symbolically, the escalator was going to the top floor,” says David, with a grin on his face. And ZP Dala, whose new novel, The architecture of loss, made it onto the must-read list of African authors for 2017, has been an integral part of this team. She was awarded a Residency at the prestigious Iowa International Writing Programme last year, and, at the request of David, set out to learn more about what makes a Unesco City of Literature tick. The result: Iowa City, America’s sole Unesco City of Literature, has agreed to mentor Durban in its quest for Unesco status. “Their support and generosity of spirit have been immeasurable,” says David.

David would, however, like to assure all Durban writers that, if we are awarded Unesco status, we will celebrate not only the literati from all across the globe, but also, first and foremost, Durban writers. “Look, we can’t deny there have been problems in the past where literary festivals in Durban have overlooked their own. I, myself, despite being the most experienced literary festival curator in South Africa, have never been invited to play any part in certain Durban literary festivals. Two of the country’s top non-fiction writers, Durban-born and bred, regularly get overlooked. This will change if Durban is granted Unesco City of Literature status,” says David. To this end, he is calling on all writers – but especially Durban writers – to email a brief resume of no more than one page, highlighting their books and literary achievements thus far. Emails can be sent to durbancreative@mail.com.

The post Press release: Update on Durban's bid for Unesco City of Literature appeared first on LitNet.

Die naamlose deur Mariël le Roux: ’n resensie

$
0
0

Die naamlose (herdruk)
Mariël le Roux
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624082491

Die naamlose spog in 2017 met ’n splinternuwe baadjie. In 2010 het dié roman as naaswenner in Sanlam se Groot Romanwedstryd uit die stryd getree. Nóú, na sewe jaar, pronk sy tweede uitgawe op die rak – ’n bewys dat dié boek beslis nie in die afgelope paar jaar vergeet is nie. ’n Mens mag dit maar erken. Dit wil nogal gedoen wees vir ’n skrywer van wie Die naamlose in 2010 slegs roman nommer twee op haar kerfstok was. Slegs drie jaar vantevore het sy met Wilhelmina – Kampkind op Java gedebuteer. Hierna pak die skrywerskoors Le Roux behoorlik beet. ’n Vrugbare dekade volg waartydens Die naamlose in 2010, Klara in 2013 en Isabella in 2017 gepubliseer word. In Isabella sentreer die verhaal vir die eerste maal nie rondom ’n onskuldige kind nie, maar om ’n volwasse vrou wat self die verantwoordelikheid vir haar eie besluite moet dra.

Dit is egter met Klara dat Die naamlose ’n belangrike ooreenkoms deel: in beide staan die plaasmilieu voorop.

Gedurende die vyftiger- en sestigerjare was die idilliese plaaslewe miskien vir baie Suid-Afrikaanse plaaskinders ’n vervroegde hemel op aarde. Maar nié vir Carli Botha nie. Dalk omdat daar maar min op Grootvlei, hul familieplaas, was om haar aan enige soort hemel te herinner.

Tydens ’n stormagtige nag op Grootvlei skenk Carli se ma te vroeg geboorte aan haar boetie en sterf kort hierna. Dit is egter nie slegs die dood van Ma Bella wat aan dié nag ’n eiesoortige swartgalligheid verleen nie. Eerder is dit die moord op Carli se nuutgebore boetie met anensefalie wat dié nag vir haar eerste swartgallige spoke op Grootvlei sou sorg. Met sy plat kop en uitpeuloë verwys Lena na hom as ’n katkoppie. Carli se pa beskou die kind as ’n gedrog en beveel Lena (een van hul huisbediendes) om vinnig ’n einde aan die lewe van sy katkoppie te maak. Hierna kyk die amper sewejarige Carli toe hoe Lena haar breinlose boetie in die wasbak verdrink. Dié gebeurtenis was veronderstel om ’n stil dood te sterf – soos die katkoppie se laaste benoude borrels binne die wasbak. Sake loop egter skeef wanneer dié geheim die volgende kwartaal tydens Carli se “My vakansie"-mondeling onskuldig oor haar eie lippe uitborrel.

Hierna is dit nie net Wilhelm Botha se hand wat om die brandewynbottel vou nie. Mettertyd vou die duisternis ook dig om die kinderlewe van Carli. Wilhelm Botha, haar pa, sorg eerste hiervoor. Na die swartgallige nag gee hy homself vrywillig aan die drankmonster oor. Dit is ook hy wat die skuld vierkantig op Carli se skouers pak nadat sy in haar kinderlike onskuld Grootvlei se geheim uitblaker. Soos ’n volwasse Carli dit later self verwoord, het haar pa al die ellendes van Grootvlei voor haar deur neergesit (179). Met die sersant as sy drinkebroer is dit ook nie moeilik vir Wilhelm om skotvry van al sy sondes af te kom nie.

Met verloop van tyd vervaag die gesig van Ma Bella, asook haar belofte aan Carli: om haar eendag-op-’n-reëndag na haar familie in Annerland, wat soos ’n stewel lyk, te vat.

Tog is die lewe na die moord op die katkoppie nie net een uitgerekte dodemars vir Carli nie. Sy het vir Dora, hul huisbediende, as beskermengel en vir Wimpie, die seun van Dora, as maatjie op die plaas. Na die uitblaker van die groot geheim vermoed die welsyn onraad op Grootvlei. Kort voor lank moet Carli dan ook vir Grootvlei groet, want die welsyn vereis dat sy in die pastorie op die dorp moet gaan bly. Dit is hier waar Carli leer dat die duiwel nooit onderskat moet word nie. Hy het baie gedaantes en is oral tuis. Selfs op die preekstoel en in die gange van die pastorie. Met sy kriewelrige duime en sweterige hande leer die Gesalfde binne die pastorie vir Carli dié les. Met Dora weg, neem Evelyn, die huisbediende van die pastorie, die rol van Carli se nuwe beskermengel oor.

Nietemin ís dit steeds op Grootvlei waar Carli haar skoolvakansies deurbring. Vakansies waartydens Carli en Wimpie met verloop van tyd die soet smaak van die verbode vrug ontdek. Gou raak die Tuin van Eden – die kerktuin – en die adamsvyeboom hul lekker verbode paradys. Verbode, want oënskynlik hang die vlymskerp lem van die berugte Ontugwet oor hulle kop. Maar dis op hul laaste dag by die rivier dat Carli self finaal wéét: van Grootvlei moet sy weg.

Opvallend is die wyse waarop die roman daarin slaag om die leser op ’n emosionele vlak reeds vanaf die eerste bladsy binne die palm van sy hand te hou. Deur middel van Ma Bella se Annerland- en Grootvleistories word daar al vroeg vir kleurvolle karakters en ’n boeiende intrige gesorg. Die stories ontlok ook ’n spontane nuuskierigheid, want binne hulle lê ’n paar raaiselagtige vrae wat aanvanklik onbeantwoord in die lug bly hang. Die raaiselagtigheid verskaf die nodige prikkelende element om die leser uit die staanspoor vasgenael te hou.

Binne die roman is dit ook die intrige se sterk ironiese invalshoek wat beïndruk. Dit is immers ironies dat Carli se breinlose katkoppie, sonder dat hy self ’n vinger kon verroer, almal op die werf só kon aanraak. Op roerende wyse verwoord Carli self dié ironie (76). Juis hierom is Die naamlose as titel, wat na die breinlose boetie van Carli verwys, so gepas. Dit is immers die naamlose wat so ’n kragtige impak op Grootvlei en sy inwoners se lewens sou uitoefen.

Verder is dit ook opmerklik dat menige aktuele en eietydse kwessie in Die naamlose onder oog gebring word. Daar word onder andere fokus verleen aan versteurde gesinsverhoudings. Die klem val op die verhouding tussen dogter en pa. Of moontlik eerder die gebrek aan ’n verhouding. Nie net is Carli se pa dikwels in haar lewe afwesig nie, maar hy laat haar ook “ontsenu” en “angsbevange” in sy gereelde besope toestand (101). Verder word drank se vermoë om as vernietigende sosiale euwel te dien ook met oortuigende hale vir die leser geskets. Carli se pa is nie die enigste karakter wat in diens van die drankmeester staan nie. Onder andere is Klaas, ’n arbeider op die plaas, en die sersant almal slawe van dieselfde Meester.

Met die lees van die roman het dit opgeval hoe gepas en raak die keuse van fokalisasie telkens is. Aan die begin ervaar die leser Grootvlei en sy lief en leed deur die kinderoë van Carli. Die kort sinne en eenvoudige woordkeuses vang ’n opregte kinderlike onskuld vas. Dié pretensielose wyse van vertelling is ook besonder effektief in dramatiese tonele aangewend. So ondergrawe die kinderperspektief op die moord van die katkoppie byvoorbeeld enige vorm van oordadige melodrama en sentimentaliteit. Ek het hier gevoel die gestroopte stilistiese aanslag is juis effektief, omdat dit die skok en afgryse by my as leser kon intensiveer.

Telkemale kom dit ook na vore dat Carli nie die gebeure of al die “groot woorde” rondom haar verstaan nie. Haar beperkte kinderbegrip word deernisvol verwoord wanneer sy wonder wat op aarde “reputasie” beteken:

Ek weet nog nie wat dit beteken nie. Ma Bella het gesê sy sal my sê as ek groot is, maar sy is na Liewe Jesus toe en Dora ken nie groot woorde nie. Nou weet ek nie of ek ooit gaan weet nie. [Oorspronklike skuinsdruk] (109)

Lag-met-’n-traan. Dis seker hoe bostaande beskrywing kort en kragtig op sy beste beskryf kan word. Dit is wel met dié aanslag dat Le Roux sorg dat sy ’n ongenaakbare werklikheid, waarbinne kinders te jonk verstrengel raak, op ’n geloofwaardige wyse vasvang. Voorts is ek ook beïndruk deur die gebruik van “As Hy weer kom”, as Christelike kinderliedjie tydens, asook kort na die moord. Op ’n ongewone, maar treffende wyse laat die skrywer twee wêrelde skerp teenoor mekaar afsteek: die skuldbevlekte grootmenswêreld teenoor die onskuldige wêreld van kindwees. Dit dra by tot die versterking van die emosionele betrokkenheid van die leser.

Tog sorg die ongekunstelde kinderperspektief ook vir ’n paar nodige komiese oomblikke. Genoeg humoristiese en genotvolle momente bied sodoende goeie afwisseling van die neerslagtige atmosfeer wat by tye heers. Ter illustrasie kan daar verwys word na die toneel toe Nero, Carli se hond, dood is. Wanneer hy halfpad onder die grond lê, wil Carli graag na Nero gaan kyk, maar terselfdertyd is sy ook bang. Sy is daarvan oortuig dat sy vir Jesus sal sien terwyl hy vir Nero uithaal, want sy is geleer dat Jesus die dooies kom haal. Hier kan ’n mens die instinktiewe glimlag kwalik keer.

By tye word die kinder- en tienerperspektief (later in die roman) funksioneel afgewissel met die beskouing van ’n volwasse Carli wat op vroeë gebeure in haar lewe terugkyk. Die terugskouende perspektief word in aparte hoofstukke gebruik en is in skuinsdruk gedruk. Tydens een van die tonele kom Carli gedurende haar jare as verpleegstudent op ’n foto van ’n katkoppie in haar handboek af. Hier is die manier waarop die “koue, kliniese mediese inligting” oor anensefalie met Carli se eie ervaring en emosionele verwonding vermeng word, besonder roerend.

Verder bied die terugskouende perspektiewe ook die nodige intieme blik op die psige van Carli. Dit help ook die leser om keuses en die gedrag van Carli, veral in haar tienerjare, beter te begryp. ’n Interessante perspektief op Carli en Wimpie se storm-en-drang-periode word ook in die hoofstukke verskaf. Oor wat op Carli wag, word daar plek-plek vae, maar genoeg inligting verklap om die leser nader aan die punt van sy stoel te verskuif. Dit dra doeltreffend daartoe by om die spanning, maar ook die fassinasie met die intrige te verhoog.

Een of twee hoofstukke uit die perspektief van Wimpie sou wel vir die leser moontlik ook insiggewend kon gewees het. Die leser word nie genoegsame geleenthede gebied om Wimpie werklik van binne te leer ken nie. Dit frustreer effens en pla onderliggend ’n bietjie. Hier en daar vergoed dieperliggende beskouings van ’n volwasse Carli, wanneer sy meer oor die verskille tussen haar en Wimpie deel, wel in ’n mate hiervoor.

Wat die karakterisering van die milieu aanbetref, word die gees van ’n korrupte kleindorpse samelewing knap vasgevang. Wat egter veral opval, is die wyse waarop Le Roux te werk gaan om die ongerepte en idilliese plaasruimte te ontluister. Deur middel van personifiërende beskrywings ontwikkel Grootvlei deur die loop van die roman as ‘t ware tot ’n afsonderlike karakter. Maar iets van die plaas se vroeë onskuldige en bekoorlike karakter ontbreek. Dit is immers op sý stoepe wat die kleintydspoke vir Carli jaag, onder sý grond wat daar ’n onrustigheid skuil en op sý grond wat te veel offers gevra word (1, 36, 86). So verkry die bekoorlik-eenvoudige plaasruimte ’n treurige dimensie waar daar te veel trane val (99). Dit was ook vir my treffend wanneer Carli amper digterlik beskryf hoe die mooi op Grootvlei vir haar uitgeloop het. In die geheel beïndruk die wyse waarop daar ’n unieke soort personifiërende outentisiteit aan die treurige plaasruimte verskaf word.

Dit is egter by die ontwikkeling van haar menslike karakters waar Le Roux soms teleurstel. Hoewel Carli ’n komplekse, maar ’n geskakeerde en dimensievolle karakter is, is daar ’n stereotiepe eendimensionaliteit wat aan die ander Afrikaanse blanke karakters kleef. Carli se pa word van die begin af as ’n afstootlike karakter voorgestel wat die leser skok en vervreem deur sy wrede, ongevoelige en barbaarse gedrag. Daar is wel goeie rede vir dié tipe uitbeelding.

Nietemin kan ’n mens nie anders as om ’n bietjie kop te krap oor die feit dat al die ander Afrikaanse blanke karakters deur die bank as onbegrypend, skynheilig, kleingeestig en ongevoelig voorgestel word nie. Is die Afrikaanse prosa nie al oorversadig aan hierdie tipe voorstellings nie? Dit is asof daar by almal – Oudominee, die sersant en sy gesin, die skoolhoof en selfs die dokter – sprake is van ’n morele bankrotskap.

’n Meer genuanseerde voorstelling sou vir ’n meer gebalanseerde, asook ’n vernuwende perspektief kon gesorg het. Die stereotiepe voorstelling is immers verouderd en herinner aan ’n era in die Afrikaanse prosa waar karakters van verskillende rasse dikwels in terme van binêre opposisies (goed versus sleg) uitgebeeld is. Die gebrek aan genuanseerdheid skend ook die betroubaarheid van ’n reeks gebeurtenisse binne die intrige. Dit was nie vir my baie geloofwaardig dat Dora, Evelyn en Siena as huisbediendes Carli se enigste vriende in haar skooljare was nie. Sy kon uit die aard van die saak goed met hulle oor die weg gekom het, maar dit was onnatuurlik dat daar nêrens van een ander vriendin of vertroueling sprake was nie. Nêrens word daar genoem dat sy hoegenaamd ’n ander meisie- of seunsvriend (behalwe Wimpie) êrens gehad het nie.

Daar is ook sprake van tonele in die roman waar die waarskynlikheid van gegewens minder seker blyk. Ma Bella deel byvoorbeeld aan die begin van die roman Ouma Maria se hartseer verhaal met Carli. Die verhaal bevat ontstellende gegewens, aangesien Ouma Maria selfmoord gepleeg het deur haar polse te sny. Aangesien Carli se ma dood is toe sy amper sewe was, moes sy dié tipe stories aan Carli meegedeel het toe Carli nog bitter jonk was. Sal ’n ma werklik so ’n jong kind aan sulke grusame besonderhede oor die familie (wat hulle maar eers later kan hoor) blootstel? Dit is debatteerbaar.

Dit het ook soms gevoel asof Dora en Evelyn spieëlbeelde van mekaar kon wees. Hulle het net verskillende name. Beide haal dikwels net té herhaaldelik op dieselfde moedelose en soms prekerige manier uit Die Bybel aan. So sê Dora êrens aan die begin van die roman aan Carli dat niemand se sonde ongestraf sal bly nie. Later in die roman is dit opvallend en bietjie hinderlik dat Evelyn omtrent woordeliks dié woorde van Dora teenoor Carli herhaal. Sodanige gevalle kom in die loop van die roman ’n paar keer voor.

In die geheel bly Die naamlose egter ’n roman wat jy nie onaangeraak op die boekrak sal terugsit nie. Hiervoor sorg die fassinerende intrige, die gepersonifieerde outentieke milieu en skerpsinnige fokalisasiekeuses. Aan die einde kom die roman ook met ’n paar onvoorsiene en verrassende ontknopings vorendag wat vir ’n heerlike onvoorspelbare element sorg. Ten laaste is dit ook die boeiende emosionele reis wat tot die aanwinsstatus van Die naamlose vir enige boekrak bydra. Die roman kan aanklank vind by ’n wye lesersmark wat van spanningsvolle dramas tot lekkerlees-literatuur hou.

The post Die naamlose deur Mariël le Roux: ’n resensie appeared first on LitNet.

Inskrywings ingewag vir kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar 2017

$
0
0

Inskrywings ingewag vir Afrikaanse resensiepryse
Prysgeld van R50 000 op die spel

Boekresensente word genooi om in te skryf vir die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee uitnemende Afrikaanse resensies van Afrikaanse boeke bekroon word.

Met dié pryse, wat verlede jaar vir die eerste keer toegeken is, word erkenning gegee aan Afrikaanse resensente wat boeke en die leesgenot van boekliefhebbers bevorder deur die wêreld van Afrikaanse boeke vir die breë Suid-Afrikaanse publiek toeganklik te maak. Dit dien ook as aanmoediging om hoë standaarde in die Afrikaanse boekjoernalistiek te bereik en te handhaaf.

Resensente word genooi om in te skryf in twee kategorieë:

  • Uitnemende resensie: Afrikaanse fiksie (alle genres)
  • Uitnemende resensie: Afrikaanse niefiksie (alle genres)

Die wenner in elke afdeling ontvang ’n kontantprys van R25 000.

Die 2017-pryse word toegeken vir resensies wat tussen 1 Januarie 2016 en 31 Desember 2016 in die drukmedia en hoofstroom- aanlyn media verskyn het. Transkripsies van radioresensies word ook aanvaar. ’n Resensent mag ’n maksimum van drie resensies per kategorie inskryf.

Slegs Afrikaanse resensies van Afrikaanse fiksie en Afrikaanse niefiksie kom in aanmerking.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag 28 Junie 2017.

’n Paneel van drie keurders met Bibi Slippers as sameroeper sal die wenners aanwys uit die resensies wat ingeskryf is.

Met die beoordeling van inskrywings sal die vernaamste kriteria wees dat resensies toeganklikheid vir hul waarskynlike lesers demonstreer en die leesplesier van Afrikaanse boeke bevorder. Daarbenewens sal die keurders op die uitkyk wees vir werk wat:

  • oorspronklike insigte weergee oor boeke wat waarde toevoeg tot die Afrikaanse letterkunde
  • ’n relevante verwysingsraamwerk en konteks toon
  • ingeligte oordeel met goed gemotiveerde en opbouende kritiek weerspieël
  • lesers lus maak om te lees
  • nie op sensasie en afbrekende kritiek fokus nie, en
  • getuig van uitstekende en verfrissende skryfwerk.

Die keurders sal ruimtebeperkings in ag neem.

Die inisiatief om in te skryf berus in die eerste plek by die deelnemer, hoewel boekeredakteurs en redakteurs versoek word om resensente aan te moedig om deel te neem.

Geen inskrywingsgeld is betaalbaar nie.

Sowel elektroniese as papierinskrywings word aanvaar. Inskrywings van gepubliseerde resensies moet waar van toepassing vergesel wees van PDF-weergawes van die resensies soos dit oorspronklik verskyn het tensy vooraf anders ooreengekom met die administrateur van die pryse.

Die volledige regulasies, inskrywingsvorm en ander besonderhede is verkrygbaar by die administrateur, Anita van Zyl, by anita@vanzylpr.co.za. Telefoniese navrae kan aan haar gerig word by 021 422 3350 of 083 709 6677.

The post Inskrywings ingewag vir kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar 2017 appeared first on LitNet.

Martin Luther herdenk na 500 jaar: deel 2

$
0
0

Luther word van Wartburg ontvoer

Luther se verdwyning op sy terugrit na Wittenberg was beplan. Frederick III het gereël dat hy in ’n woud digby Wittenberg kamma onderskep is deur ’n groep gewapende manne op hul perde. Dié het hom toe geneem na die Wartburg Kasteel op Eisenach. En daar sou hy toe vir 10 maande weggesteek bly. Luther het na hierdie periode van sy lewe verwys as sy Patmos (na aanleiding van die skrywer Johannes van die NT- apokalips). Sien hier sy 82ste brief in sy Versamelde Werke.

Gedurende hierdie periode het Luther die NT uit die oorspronklike Grieks in Duits vertaal. Dit was die eerste vertaling van die NT in ’n Europese landstaal ná die Delfse Bybel van 1477 in Oudnederlands. Die doel was dat die eenvoudigste, mees ongeleerde man op straat van die dag die Bybel in sy eie taal kan lees – vir wie Hieronymus (St Jerome) se Latynse Vulgaat terra incognita was, en net die opgeleide priesters kon uitlê volgens hulle vooroordele. Vir sy vertaling van die Griekse NT in Duits was Luther, as Graecus, volkome toegerus, en hy het sy vertaling binne die ongelooflik kort tydperk van ongeveer 10 maande voltooi, toe hy weggesteek was uit die openbare oog van sy vervolgers. Luther het die Griekse NT met strakke forsheid en tog innerlike warmte vertaal. Geleerdes bewonder dit vandag nog – dié briljante werk van één man onder die grootste spanning. Maar miskien was dít ook sy (psigogeestelike redding). Desiderius Erasmus se Griekse uitgawe van die NT, wat op 1 Maart 1516 by Johann Froben in Basel gepubliseer is, was ook net betyds vir Luther se gebruik. Luther sou later (met hulp van ander) ook die OT in Moderne Duits (Noord- én Suid-Duits te verstane) vertaal, wat in 1634 verskyn het. Luther se Bybelvertalings het inderdaad veel bygedra tot die opkoms en ontwikkeling van die Duitse taal (net soos die 1933 Afrikaanse Bybelvertaling dit ook vir Afrikaans gedoen het). In 1641 het Luther sy Bybelvertalings hersien. Dit was monumentale baanbrekerswerk. Die Authorized (King’s James) Version het eers in 1611 in Engeland verskyn, en die Nederlandse Statevertaling in 1637.

Naas sy Bybelvertaling het Luther hom in die Wartburg-kasteel ook besiggehou met die skryf van doktriniese en polemiese geskrifte waarin hy die tradisionele RK Kerk en sy dogmas aangevat het. Hy het aartsbiskop Albrecht van Mainz weer opnuut aangespreek wat hy hom toe laat beskaam het en van die verdere verkoop van aflaatbriewe te laat afsien het. Hy het ook die ortodokse Jacobus Latomus van Louvain aangevat wat steeds geglo het dat net goeie werke jou in die hemel kan bring. Luther het selfs geredeneer dat die pleeg van goeie werke met die oog daarop om God se guns te wen, eintlik sonde is (Martin Brecht, op cit 2, ble 7–9 en Martin Marty, op cit, ble 77–9). Goeie werke het by Luther wel hul plek gehad, maar dan as vrug van ’n gelowige lewe. Redding het vir hom deur geloof, en geloof alleen (sola fides), gekom wat op sy beurt ’n genadegawe van God is. Op 1 Augustus 1521 het hy aan Melanchthon (die Switser Philipp Swartzerdt – “Swartaarde”) geskryf: “Wees maar ’n sondaar, met jou sondes ook hoe groot, maar laat jou vertroue in Christus sterker wees. Verheug jou in Christus wat die oorwinnaar is oor sonde, die dood, en hierdie wêreld. Ons sal sondes pleeg solank ons op hierdie aarde is, want hierdie lewe is nie ’n plek waar geregtigheid seëvier nie.”

In die somer van 1521 het Luther sy arbeid verbreed met skrywes oor kerklike dogma en doktrines wat aan die hart van die kerk lê. Hy het vir die abrogasie (herroeping, afstelling) van die private mis gepleit, omdat hy dit as afgodediens beskou het. Die mis is immers ’n heilige sakrament, en Luther het aangevoer dat dit eerder ’n genadegawe is wat met dank deur die hele gemeente ontvang moet word (Brecht, op cit 2, ble 27–9, asook Mullet, op cit, bl 133).

Oor die vraag na belydenis, of die pous die mag het om dit van die individuele aanbidder te vereis, het Luther gesê dat elke gelowige die reg het om dit op sy eie aan God te bely: “[E]lke Christen is in wese niks anders ’n belyer nie” (Brecht, op cit 2, ble 18–21). In November van daardie jaar (1521) het Luther ook sy oordeel oor die gelofte van kloosterlinge gegee. Hy het hulle verseker dat hulle daardie geloftes sondeloos mag en kan breek omdat dit in die eerste instansie onwettig was en ’n vergeefse poging deur die owerstes is om saligheid vir hulle te waarborg (Marius, op cit, ble 163–4).

In 1521 het Luther hom ook uitgespreek oor profesieë, waarin hy die fondasies van die Reformasie se oordeel oor die profesie as verskynsel verbreed het. Diehoring” van die uitermatig groot bok wat in vier gebreek het waarvan ons in Daniël 8:7 vervolgens lees, verwys baie duidelik die opkoms van die Macedoniër Alexander die Grote en sy Oosterse veldtogte. Alexander se reuse-opgang het net so vinnig geskied as sy dood. Op 32-jarige leeftyd, in 323 vC, is Alexander in Babilon aan koors dood (waarskynlik aan crapula, oftewel babelas, want hy was ’n hewige drinker). Sy diádochoi (opvolgende generaals) het toe die heerskappy verkry oor die vier hoofstreke van sy Ryk: die Antigoniede in Macedonië, die Attaliede van Pergamum (in Klein-Asië), die Seleukiede in die res van Klein-Asië rondom Sirië, en die Ptolemeërs in Egipte. Die “Antichris” van II Thessalonisense 2:2 van die “wederkoms” – asof die dag van Christus se tweede parousía al daar is – het Luther met die mag van die RK pous van die dag geïdentifiseer.

Die wederkoms (tweede parousía) van Jesus. Die leer van “die laaste dinge”

Iets meer hier oor die wederkoms van Christus met die voleinding van die wêreld binne Luther se beskouing.

Montanus van Phrigië in Klein-Asië het teen die tweede helfte van die 2de eeu voorspel dat die wederkoms van Christus op die berg Pepuza aanstons in Phrigië sal plaasvind. Die wederkomsverwagting van Christus was baie sterk in die vroeë christendom – sommer nog tydens hulle eie lewens was hulle onder die indruk gebring dat dit nog sal plaasvind: ho kairòs sunestalménos estín (I Korinthiërs 7:29). Vgl hier F Tillmann, Die Wiederkunft Christi nach den paulinischen Briefen (Biblische Studien, xiv, capp 1–2, 1909); E Walter, Das Kommen des Herrn (Leben aus dem Wort, iv, in 2 vols, 1941–47); en TF Glasson, The Second Advent. The Origin of the New Testament Doctrine, 1945.

Hiermee hang die voleinding en die laaste oordeel by Luther saam, maw die sogenaamde leer van die eskatologie (tà éschsata, “die laaste dinge”). Dit is ’n wêreldbeeld wat verskillend geïnterpreteer word. Daar is volke buite Israel wat reeds ’n sikliese wêreldbeskouing gehandhaaf het: die periodieke ondergang en vernuwing van die wêreld. Oswald Spengler, Der Untergang des Abendlandes. Umreise einer Morphologie der Weltgeschichte van 1918–22 het agt beskawings met hulle eie kulture in die geskiedenis van die mensheid gesien wat gekom en gegaan het, naamlik (1) Egipte in Afrika (die heel oudste), (2) Babilonië, (3) China, (4) Indië, (5) Klassieke Griekeland en Rome (as ’n eenheid), (6) Arabië, (7) Meksiko en (8) die Europese/Westerse beskawing, wat die Middeleeue en Renaissance insluit). Hier was geen religieuse eskatologie ter sprake nie. By die Jode, Christendom, Islam en Boeddhisme is dit egter anders. Hulle wil sien dat die bedeling van leed en onreg in hierdie wêreld uiteindelik met ’n finale oordeel tot ’n einde sal kom, en deur ’n nuwe era van welsyn en geregtigheid vervang sal word: parsisme by die Jode, Christene en Islam, met karma by die Hindoeïsme en Boeddhisme (die teosofie dat die mens se gedagtes en dade op aarde uiteindelik sy lot deur talle empsigoses of reïnkarnasies heen sal bepaal).

Die Jode het verskillende siklusse geken. Die profete het reeds voorspel dat die regverdige God Jahweh “aan die einde van die dae” oor alle vyandige volke sal heers. ’n Nuwe hemel en ’n nuwe aarde sal geskep word en God sal sy Verbond met Israel vernuwe en sy troon op Sion vestig. In ’n apokaliptiese stryd sal daar ’n stryd wees tussen Gog en Mamog, simbool van die Bose, wat God finaal sal oorwin. Die profesie van Gog kom in die OT voor by Esegiël 38:4 (“So speek die Here Here: Kyk, Ek het dit teen jou, O Gog, vors van Ros, Meseg enTubal”). Die skrywer van die NT-apokalips verwys weer in Openbaring 20:7–9 daarna (“En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle in te samel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en die vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind”). Gog is die naam van ’n mitiese koning volgens Esegiël 38, in bondgenootskap met die volke uit die noorde wat in Kanaän die herstelde Israel sal aanval, maar deur hulle Bondsgod Jahweh op die berge van Israel verslaan sal word. Gog en Magog word later twee konings wat in die eindstryd teen Israel, die volk van God, sal stry. Aanvanklik was Magog die land wat die vyand van die Bondsvolk van God was, maar dit word hier gepersonifieer. Hierdie apokaliptiese srtyd sal by Armageddon (Openbaring 16:16) besleg word. En Israel sal seëvier (sien hier JG Aalders, Gog en Magog in Ezechiël, 1951). Die twee reuse-houtstandbeelde van Gog en Magog wat eenmaal by die Guild Hall in Londen ’n uitstaande baken was, is op 29 Desember 1940 deur Duitse oorlogsaksie vernietig.

Die Messias, Jesus van die NT én die Messias wat die Jode verwag het, speel ʼn ewe groot rol in die geskiedenis van die Jodedom en die Christendom, hoe ironies ook al.

Ons kry ’n gesekulariseerde eskatologie by die Russiese Marxisme: die finale stryd tussen die proletariaat en die bourgeoisie, net soos op ’n religieuse vlak tussen die NT- Christus en die Antichris (I Johannes 2:18,22, 4:3 en II Johannes vers 7). Hier is heelwat mitiese inlegkunde gepleeg. As Gog buite tyd “bestaan”, plaas die voleinding van die wêreld, met sy dogmaties-noodsaaklike oordeel, hom in daardie tyd ter wille van die etiek van die individuele. Die wêrelde wat was, waarna Oswald Spengler verwys, het moreel gedegradeer, maar daar was ook aardbewinge, oorstrominge (groot vloede, soos die Sondvloed), vallende sterre, asook sons- en maansverduisteringe wat eras afgemerk het.

Oor die eskatologie is daar al veel geskryf. Die volgende werke (onder andere) kan hier geraadpleeg word: E Tillmann en T Andrae, Die Letzten Dingen (1940); P Althaus, Die letzten Dingen (8ste druk, 1961); P Valliaud, La fin du monde (1952); E Brunner, Das Ewige als Zukunft und Gegenwart (1953); K Löwith, Weltgeschichte und Heilsgeschehen; die theologischen Voraussetzungen der Geschichtsphilosophie (3de druk, 1953); L Altzberger, Geschichte der Christliche Eschatologie (1896); J Taubes, Abendländiche Eschatologie (1947); W Kreck, Die Zukunft des Gekommenen. Grundprobleme der Eschatologie (1961); J Moltmann, Theologie van de hoop (1967); HAA Kennedy, St Paul’s Conception of the Last Things (1904); WOE Osterley, The Doctrine of the Last Things, Jewish and Christian (1908); Oscar Cullmann, Christus und die Zeit (Zürich, 1946).

Die vraag bly staan: As daar ’n veroordelende einde kom (straf vir sondes en die beërwing van ’n ewige saligheid vir die regverdiges), en ’n einde aan hierdie wêreld gemaak word wat ons ken, met die Wederkoms van Christus, wat daarna? Want die wetenskap leer ons dat ruimte en tyd geen einde het nie en nog steeds al hoe groter word. Origenes se apokatástasis (vgl Handelinge 3:21, “Hy wat die hemel moet ontvang op die tye van die Wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete ...”) bied alleen die enigste oplossing vir die gelowiges (en ongelowiges wat dan gered sal word). Daarna sal die volgende siklus noodwendig moet intree. Die apokaliptiese wederkoms van Christus is nét vir die gelowiges, in watter vorm ook al. Maar dit is nou al vir 2 000 jaar uitgestel, en was iets wat lankal moes gebeur het. Christen-teoloë sal hierdie verskynsel, by verstek, haas opnuut moet definieer. Dit mag net een groot stuk metafoor wees. En die duisendjarige Vrederyk, of Millennium van Vrede, wat Christus se wederkoms voorafgaan, moet ook nog in ag gehou word vir dié wat daarin glo. En onthou: ewig is lank, baie lank, onmeetbaar lank, on-eindig. Dáárvoor bestaan daar geen metafoor nie.

Die millennialisme

Millennialiste glo dat met sy wederkoms Jesus Christus oor die hele aarde sal regeer in ’n koninkryk van sy Heiliges, en dat hulle almal daarna saam met Hom in die hemel opgeneem sal word. Die millennialisme is van oorsprong ’n laat voor-Christelike Joodse spekulasie. In die OT word dit voorspel in die boek van Daniël en in II Esdras, en in die niekanonieke boek van Enoch. Die Christelike opneming daarvan is geheel gegrond op die 20st hoofstuk van Openbaring. (Satan was 1 000 jaar gebonde, en die gelowiges het saam met Jesus Christus regeer. As Satan dan losgemaak word, vind daar ’n groot apokaliptiese stryd tussen die magte van die Goeie en die magte van die Slegte plaas. Die Goeie oorwin uiteindelik. En die Laaste Oordeel word gevel. In Openbaring 21 lees ons verder van die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde.) Die Reformasie, die Anabaptiste, die Boheemse Kerk van Jan Hus en die Morawiese Broeders het die leer van die millennialiste streng aanvaar (wat aansluit by hulle leer van die praedestinatio). In Engeland het die Puriste en Onafhanklike Kerk dit in die 17de en 18de eeue ook aanvaar. So ook die Lutherse Kerk in Duitsland en die Mormone, asook die Adventiste van die VSA. Die ortodokse Christendom het dit nooit formeel verwerp nie: “basking voortydig in their own glory” (van wat dalk nooit sal gebeur nie).

Luther word gedwing om Wittenberg te besoek

Luther het reeds in Oktober 1524 sy monnikspy (wye togaägtige bokleed) finaal afgelê. Dit moes ’n uiters emosionele ervaring vir hom gewees het, maar sy oortuiging dat hy die regte ding doen, het geseëvier.

Hy was later gedwing om verklarings vir Wittenberg uit te reik vanuit sy kasteel in Wartburg, die een na die ander. Hy is deurentyd op hoogte van sake daar gehou. Andreas Karlstadt, ondersteun deur die Augustynse priester Gabriel Zwilling, het in Julie 1521 op sy eie met ’n hervormingsprogram begin waarin hy selfs verder gegaan het as Luther, sy leier. Dit het oproer in Wittenberg veroorsaak en selfs rebellie deur die Augustynse kloosterlinge. Beelde en afbeeldinge in die kerk is stukkend geslaan. Nadat Luther Wittenberg vroeg in Desember 1521 in die geheim besoek het, het hy ’n pamflet geskryf om aan die gemeente uitgedeel te word, en wel onder die titel “’n Ernstige aanmaning deur Martin Luther aan alle Christene om te waak teen opstand en rebellie” (Mullet, op cit, ble 135–6). Nog meer oproer het teen die einde van daardie jaar uitgebreek toe ’n klomp visioenêre en dwepende yweraars ná Kersfees daar aangekom het en leerstellinge verkondig het soos dat alle mense gelyk is (ryk en arm: koinônía van Handelinge 4:32–7); dat die Grootdoop die enigste regte doop is; en dat die wederkoms van Jesus Christus nou op hande is. Dit is toe dat die stadsraad van Wittenberg besluit het dat dit tyd is dat Martin moet terugkeer. En Luther het besluit dat dit sy plig is om nou persoonlik te gaan optree.

Hy het op 6 Maart 1522 na Wittenberg teruggekeer. Aan die elektor het hy geskryf dat Satan in sy afwesigheid sy skaaptrop binnegekom het en verwoesting aangerig het wat hy nie net met skrywes kan herstel en omkeer nie, maar dat hy nou self teenwoordig moet wees (vgl sy brief van 7 Maart 1522, asook Brecht, op cit 2, bl 57). Met sy terugkeer het hy toe vir agt dae na mekaar vir die gemeente gepreek, beginnende op Sondag 9 Maart. Hierdie agt preke van hom het later bekend gestaan as sy “invokatiewe preke” van oproep. In hierdie preke het hy altyd die klem gelê op die primêre Christelike waardes, soos liefde, weldoening, verdraagsaamheid en die vryheid van die Christen, en het hy ook sy volgelinge gemaan om die Woord van God te vertrou, en nie geweld te wil gebruik om veranderinge in die kerk te laat plaasvind nie. Hy het gesê: “Weet julle wat die duiwel dink wanneer hy sien dat mense met geweld die Evangelie wil verkondig? Hy sit met gevoude arms agter hel se vuur, en met ’n boosaardige kyk en afskuwelike grynslag, sê hy: ‘A, hoe slim is hierdie mal mense tog om my spel te speel. Laat hulle voortgaan! Ek sal die vrugte daarvan pluk, en ek het behae daarin’” (vgl Philip Shaff, History of the Christian Church, vol VII, cap IV).

Die effek van Luther se persoonlike ingryping was onmiddellik. Na sy sesde preek het die Wittenbergse juris Hieronymus Schurf aan die elektor geskryf: “O, wat ’n vreugde is dit nie dat dr Martin teruggekeer het en weer onder ons is nie! Sy woorde, deur goddelike genade, bring elke dag weer misleide mense terug na die Weg van die Waarheid” (Schaff, op cit, loc cit).

Luther het nou voortgegaan om die ou tradisionele Roomse kerklike gebruike te hersien en nuwes in te voer. Hy het met die plaaslike burgerlike regering saamgewerk om die openbare orde herstel te kry. Dit was inderdaad ’n konserwatiewe mag binne die opkomende Hervorming. Nadat hy die Zwickau-profete uit Wittenberg verban het, moes hy ook optree teen die gevestigde kerk van sy tyd en teen allerlei radikale hervormers wat die gemeenskap gedestabiliseer het.

Ten spyte van sy aanvanklike sukses kon hy die radikalisme, wat hy self begin het, beswaarlik buite Wittenberg keer. Predikers soos Zwickau, die profeet Nicholas Storch, en Thomas Münster het groot byval gevind by die laerklas, armer landbouers tussen 1521 en 1525. Luther se pamflette teen die gevestigde kerk en sy hiërargie het hulle as nog steeds te “liberaal” gesien. Verdere opstande het in 1524 uitgebreek in Franconia, Swabia en Thuringia waaraan selfs die edellui deelgeneem het, van wie baie in swaar skuld gedompel was.

Luther het simpatiek gestaan teenoor die plattelandse boerebevolking, soos hy ook bewys het in sy “Twaalf Artikels” van Mei 1525, maar het hulle terselfdertyd ook gemaan om nie teenoor die plaaslike burgerlike owerhede ongehoorsaam te wees nie. Gedurende sy toer deur Thuringia was hy erg ontsteld dat die “hervormers” die kloosters van monnike, die wonings (“paleise”) van biskoppe en biblioteke afgebrand het. Met sy terugkeer na Wittenberg het hy dan ook ’n pamflet vrygestel onder die titel “Teen die moorddadige en stelende hordes van landbewoners”. Hierin gee Luther sy interpretasie van koinônía (“gemeenskaplike deelhebberskap”) by Handelinge 4:32–7 en veroordeel hy die geweld as die werk van die duiwel. En, het hy bygevoeg, “ek dink daar het nie ’n enkele duiwel meer in die hel agtergebly nie – maar hulle het almal in die landbouers ingevaar!”

Luther het sy optrede teen die rebelle op drie argumente gegrond: (1) gee aan die keiser wat die keiser toekom soos ons dit ook lees by Romeine 13:1-7; (2) geweld, rebellie en plundering lê buite die wet van God en die instellings van aardse owerheid; (3) sulke rowers in die naam van Christus pleeg godslastering teen dit wat juis in die Evangelie van Jesus staan.

Sonder Luther se ondersteuning het die rebellie van die ekstremiste egter doodgeloop. Baie het hul wapens neergelê, en nog ander het verraai gevoel deur Luther wat aanvanklik onhaalbare verwagtinge vir hulle geskep het. Na die slag van Frankenhausen op 15 Mei 1525 is Thomas Münster ook tereggestel. In 1526 het Luther geskryf: “Ek, Martin Luther, was verantwoordelik vir die dood van al die rebelle omdat ek dit beveel het” (vgl die Erlangen-uitgawe van Luther se Versamelde Werke, vol 59, bl 284).

Luther tree in die huwelik

Martin Luther het hierna besluit om in die huwelik te tree met Katharina von Bora, een van die 12 nonne wat hy in April 1523 uit die Cisterciënsiese klooster by Nimbschen help ontsnap het deur hulle in haringvaatjies (van gedroogde “bokkoms”) te laat te ontvoer. Aan sy vriend Wenceslaus Link het hy geskryf dat die Here hom in ’n huwelik laat plaas het terwyl hy met vele ander sake in sy gedagte gesit het (vgl Schaff, op cit, vol VII, cap v).

Op 13 Junie 1525 het Martin aan Katharina verloof geraak, met Johannes Bugenhagen, Justus Jonas, Johannes Appel, Lucas Cranasch die Ouere, en Philpp Melanchthon as getuies (Heinz Scheible, Melanchthon. Eine Biographie, München, 1997, bl 147). En op die aand van dieselfde dag is die paartjie deur Johannes Bugenhagen in die huwelik bevestig (Scheible, op cit, loc cit). Die seremoniële stap na die kerk en die huweliksfees het eers twee weke later op 27 Junie 1525 geskied (sien weer eens Scheible, op cit, loc cit).

Ander priesters het hulle al voor Luther in die huwelik begewe, insluitend Andreas Karlstadt en Justus Jonas, maar dit was Luther se huwelik wat die amptelike goedkeuring op die huwelik van kerklikes geplaas het. Op grond van die Heilige Skrif het Luther toe lankal reeds die selibaat as onnatuurlik beskou en strydig met die mens se geskapenheid. Tog het sy skielike huwelik baie verbaas, en daarby veral Philipp Melanchthon, wat dit as “roekeloos” beskryf het (Brecht, op cit, bl 199 en Derek Wilson, op cit, bl  234). Op 30 November 1524 het Luther nog aan George Spalatin geskryf: “Soos ek tans voel, sal ek nooit ’n vrou vat nie. Dit wil nie sê dat ek onsensitief vir my vlees en seks is nie (want ek is nie van hout of klip nie), maar ek is teen ’n huwelik omdat ek elke dag die dood van ’n ‘ketter’ verwag” (vgl Schaff oor Luther se troue in 1525 in sy aangehaalde werk, vol VII, Modern Christianity. The German Reformation, par 77).

Luther en sy vrou het daarna in die eertydse “Swart Klooster” gaan woon – ’n trougeskenk van die nuwe elektor, Johannes die Standvastige (1525–32). Dit was duidelik ’n gelukkige en suksesvolle huwelik. Hy het nou beter sy gereelde maaltye gekry en hulle bed is elke oggend opgemaak – terwyl hy dit voorheen vir maande lank elke aand net so onopgemaak ingeklim het. Hulle het egter dikwels ’n tekort aan geld gehad. Katharina het ses kinders in die wêreld gebring: Hans (geb Junie 1526), Elizabeth (10 Desember 1927, maar sterf binne ’n paar maande), Magdalena (1529, en sterf op 13-jarige ouderdom in Luther se arms), Paulus (Januarie 1533) en Margaretha (1534). Katharina het haar bydrae tot die huwelik verder gelewer deur op die lande te werk en loseerders in te neem (Marty, op cit, bl 110, en Wilson, op cit, bl  237). By geleentheid het Luther aan Michael Stiefel bely: “My Katie is in alle dinge so tegemoetkomend en gee my soveel plesier dat ek in my armoede haar nie vir al die rykdom van Kroisos (eertyds van Lidië) sal verruil nie” (vgl Schaff se “Die huwelik van Luther”, hier bo aangehaal).

Luther herorganiseer die kerk

Vanaf 1526 was Luther toenemend besig om sy hervormde kerk te herorganiseer. Hy het egter gou sy Bybelse ideaal laat vaar dat elke gemeente sy eie prediker moet kies. Luther het ’n belydende kerk verkies, gebaseer op persoonlike geloof en religieuse ervaring. Luther was self in eerste instansie ’n gevoelsteoloog. Van 1525 tot 1529 het hy ’n toesighoudende liggaam vir sy kerk tot stand gebring. Hy het ook ’n nuwe vorm van erediens ingevoer, en twee kategismusse opgestel as ’n duidelike uiteensetting van sy hervormde kerkleer gebaseer op geloof (waar goeie werke nou ’n sekondêre plek, as gevolg van die geloof, sou inneem). Luther het basies ’n “Teologie van die Kruis” verkondig.

Om gelowiges nie te verwar nie, het Luther ekstreme kerklike veranderinge vermy. Hy het vir die oomblik gekonsentreer op die elektoraat van Sakse, maar as raadgewer opgetree vir die ander hervormende gemeentes daarbuite. Hy het ook ten nouste saamgewerk met die plaaslike owerheid, na wie hy hom vir fondse kon wend ná die breuk met Rome. In menige opsig het sy praktiese hervorminge tekort geskiet, gemeet aan sy eertydse radikale uitsprake. Melanchthon het byvoorbeeld sy “Instruksies vir die besoekende gemeentelike pastore in die elektoraat van Sakse van 1528 saam met Luther opgestel, waarin berou en vergifnis van sondes beklemtoon word, terwyl Luther self sy hoofklem laat val het op regverdiging deur die geloof alleen.

Op aanvraag vir ’n Duitse liturgie het Luther ’n Duitse misdiens opgestel wat hy in 1529 gepubliseer het. Dit was egter nie bedoel om sy 1523-verwerking van die Latynse misdiens, waarmee hy grootgeword het, te vervang nie, maar om dit meer meelewend-verstaanbaar te maak vir die laer volksklas. Alles wat na “offerande” geruik het, het hy egter daar uitgehaal. Die offerbrood (hostie) en die nagmaalsbeker het hy egter behou. So dan ook die bediening van die wyn en brood ter herinnering aan die Laaste Avondmaal. Vir die seremonie van die misdiens het Luther groot vryheid toegelaat. Spesiale kleredrag, en die gebruik van die altaar met kerse, was vir hom in orde. Die Switserse hervormer Ulrich Zwingli het Luther hier as te “papisties” gesien. Moderne navorsers oor Luther se ingrepe op die RK Kerk stem saam dat hy nogtans “konserwatief” gebly het. Van groot belang was egter dat Luther die sing van Duitse godsdienstige liedere deur die gemeente by eredienste ingevoer het. Die geloofsbelydenis moes die gemeente ook saam resiteer as deel van die liturgie. Weeksdae het Luther ook kategismuslesse aangebied vir die jeug en ander oningewydes. Hy ook vereenvoudigde formuliere opgestel vir die bediening van die Doop en die Huweliksbevestiging. Absolute vereenvoudiging was sy wagwoord – waarby hy sekerlik ook onskuldige gebruike van aanskoue ook uit die kerk weggegooi het.

Luther het sy kategismus in Volksduits (en nie die Latyn van die RK Kerk nie) opgestel in vraag-en-antwoord-vorm (soos by Plato se Dialoë), sodat mense dit werklik kon en moes verstaan en nie net soos ape agterna sê nie. Dit was bedoel om die basiese waarhede van die Christelike leer oor te dra. In 1529 het sy Groot Kategismus verskyn, bedoel vir pastore en onderwysers. Daarna het hy sy Klein Kategismus opgestel vir meer eenvoudige gebruik in sy kerkonderrig. Tot vandag toe bly Luther se Klein Kategismus ’n model vir die bondige lering van groot Bybelse waarhede. Luther se kategismus bly steeds een van sy mees persoonlike bydraes tot die Reformasie. Luther het ook die Apostoliese Geloofsbelydenis in Volksduits vertaal waarin hy die karakter van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees duidelik uitgespel het, en die Drie-eenheid (Trinitas) nie net as ’n stuk geleerde dogma afgekondig het nie. Die Vader het geskep, die Seun het verlossing gebring, en die Heilige Gees “heilig” alles. Ons het ’n goddelike eenheid in verskillende persone (verskillende “aspekte” van dieselfde Godheid). Die redding van siele begin by God die Vader, en trek die gelowige na die Vader. Luther se behandeling van die Apostoliese Geloofsbelydenis moet verstaan word in terme van wat die Tien Gebooie (Dekaloog) sê. Die “Onse Vader” (Pater Noster) was deel van Luther se kategismus.

Die volgende gedeelte van hierdie essay oor Martin Luther verskyn binnekort.

Lees ook:

Martin Luther herdenk na 500 jaar: deel 1

Gerrit van Wyk Kruger
Seminare en essays

"Martin Luther was die absolute stigter en grondlegger van die Duitse Christelike kerkhervorming en ook die seminale figuur wat die dwalende Rooms-Katolieke Kerk uit die Donker Middeleeue na die ware oorspronklike evangeliese lig gelei het."

The post Martin Luther herdenk na 500 jaar: deel 2 appeared first on LitNet.


CTMA, SU & Berklee: Learning to Live Music outreach and showcase concert 2017

$
0
0

"Music and education transcend borders, languages, and cultures, so this is an extraordinary opportunity for our organizations to work together to forge new paths create opportunities for young people worldwide."
– Krystal Prime Banfield, Dean, Berklee City Music

Krystal Prime Banfield

Background

One of the CTMA’s objectives are to initiate educational skills development through “plough back” initiatives. CTMA is a not for profit company that strives to create opportunities for established and developing musicians in Western Cape in order to enhance career opportunities and develop local music industry.

The CTMA decided to partner with Felicia Lesch from Stellenbosch University’s Unit for Community Music and approached Berklee Educational Outreach to become involved in the initiative. All parties responded positively and teachers from the Community Unit at Berklee City Music agreed to present an exciting workshop series to music pupils, teachers, students and professional musicians from South Africa.

Who benefits?

High school teachers & kids from high schools and music schools connected to SU Community Music Unit kids will take part in high school day – from as far as Steenberg, George and Khayalitsha (IMAD Khayalitsha Saturday Music School).

A week long workshop series for students from the SU Certificate Programme in Music Literacy (this program teaches music skills to students who did not get change to have music tuition and would like to acquire necessary skills to be able to follow a degree in music, like reading music etc).

The workshop also has a mentor focused series – a workshop for pro musicians who are also teachers & tutors in order to enhance their teaching skills and sensitivity to working with youths. We have attracted 20 of SA’s top muso’s from places like UCT (Shaun Johannes, Andrew Lilley, Dan Shout, Schalk Joubert,) and community projects like Solms Delta (Carlo Fabe) & Babalwa Meintjies (IMAD Khayalitsha Saturday School). These mentors will become certified Berklee PULSE (which is their official curriculum) tutors.

Who from Berklee are coming?

6 members of the Berklee City Music Network from Boston are coming. They are all internationally celebrated musicians (eg Prince Charles Alexander is an iconic funk artist from the 80’s who was Puff Daddy, Sting, Aretha Franklin’s producer and has won 3 Grammys)! Most of these presenters are professors at Berklee. It is lead by Krystal Banfield, Dean of Berklee City Music and international singer.

Prince Charles Alexander

About CTMA:

Creating opportunities for artists

The Cape Town Music Academy (CTMA) is a not for profit company that seeks to create opportunities for local, established and emerging musicians and related artists. The objective of the CTMA is to conduct a public benefit activity which creates programmes and projects for the promotion of the work of local musicians, and the development of career opportunities in the South African music industry.

The CTMA primarily focuses on contemporary music and strives to provide support by creating performance and recording opportunities, educational and skills development and international exchange programmes.

The CTMA takes pride in the fact that Outreach 2017 will not only benefit the emerging local musical talents, but also provide established musicians the chance to become certified Berklee PULSE tutors and to plough back their talent, skills and experience to the budding body of young musicians aspiring to pursue a career in music. 

With the CTMA, SU & Berklee City Music Outreach 2017 being the pilot, the CTMA looks forward to the prospect of a sustainable partnership with Berklee and SU, to implement ongoing exchanges between our musicians and tutors and theirs. The CTMA is headed by director of the CTMA board, Nico Mchlachlan and Programme Manager is well known actress and producer Vicky Davis.

Vicky Davis

SU Unit for Community Music

The Unit for Community Music, headed by Felicia Lesch, is a project where the musical training implemented by community groups is supplemented through Community Interaction (CI) initiatives.

The vision of the Unit for Community Music is to provide a music programme that caters for those who have little or no access to formal music education. Community musicians can enhance their music literacy skills, and students who wish to continue with higher education can advance their musical and academic competencies, which increases their chance of gaining access to tertiary music study.

The Certificate Programmes in Music Literacy (CP) is the largest outreach activity in the music department. Under Felicia’s direction, the CP has grown to include satellite campuses such as the Army Base in Youngsfield, Wynberg and several significant community partnerships was established including the Rural Arts Network (RAN) in Grabouw, Mitchells Plain Academy of Music and the Arts (MPAMA), the Athlone Academy of Music, and the Ronnie Samaai Music Education Project.

Jazz education is another of Felicia’s passions, and her students have been attending the Standard Bank National Youth Jazz Festival (NYJF) in Grahamstown since 1999. She also served on the panel for the National Schools Big Band (NSBB) and was selected to conduct it in 2009. She founded the Stellenbosch University Jazz Band (SUJB) in 2009, and their list of highlights include being the overall winner of the National Ensemble Competition in 2012; performing annually at the Cape Town Jazz Festival at the Baxter theatre and US Woordfees. 

Felicia was awarded the Rector’s Award for Excellence in 2010 and 2014, and in 2009, she was part of a team which conceptualized and implemented the Higher Certificate and Diploma in Practical Music. Both programmes were designed to create access to the university for students from communities served by the Certificate Programme. 

She is also a member of the board of Directors of the Cape Philharmonic Orchestra and Musiquelaine (SA) and has served as adjudicator for various Eisteddfodau and cultural festivals.

Currently her PhD research focusses on the lives of four musicians of colour whose contributions to the classical musical landscape of South Africa have never been included in our history.  Felicia is passionate about music as a vehicle for social change and remains deeply committed to those ideals.

Berklee City Music

A summary of the outreach programme

Berklee City Music® leverages the power of contemporary music to empower youth from underserved communities to develop musically, academically, socially, and emotionally.

Founded over 20 years ago by Berklee College of Music, the organization provides 1.4 million students access to a variety of programs, partners and initiatives, and to the innovative PULSE® online music teaching resource.

By using culturally relevant music as a vehicle for holistic youth development, Berklee City Music helps young people flourish as students, musicians, and—perhaps most importantly—confident and well-rounded individuals ready to shape the world. 

Built on years of success in using contemporary popular music as the pivot that transforms lives, Berklee City Music will lead the Cape Town Music Academy youth and Stellenbosch University Community Music college students, their teachers and mentors in an eight-day professional development intensive.

“Learning to Live Music,” is designed to expand each participant’s knowledge base and vision for use of their authentic voice through music cultural infusion, improvisation, study in music literacy and technology, performance and career applications in music.

Berklee City Music’s holistic approach is achieved by fully immersing students and teachers in their music making to inspire the student voice/self-identity with professional purpose

  • Through an exploration of music’s social cultural context,
  • Providing instructors with access to contemporary popular music pedagogies and methods, and…
  • Establishing site trainers for sustained instruction using PULSE as an instructional tool for continued depth and growth.

This intensive professional development series of workshops, observations, study and practice culminates into an opportunity for reflection and a community wide performance.

List of pro musicians taking part

  • Shaun Johannes
  • Kevin Kibson
  • Schalk Joubert
  • Sima Mashazi
  • Carlo Fabe
  • Dan Shout
  • Andrew Lilly
  • Babalwa Meintjies
  • Zeke le Grange
  • Melissa vd Spuy
  • Luna paige
  • Piet De Beer
  • Stanislav Angilov
  • Eric Salman
  • Athi Sokuyeka
  • Gcinikhaya Mnyamana
  • Ash-lee Lowskieter
  • Jamie Jupiter
  • Lesley Smith

The post CTMA, SU & Berklee: Learning to Live Music outreach and showcase concert 2017 appeared first on LitNet.

Uittogboek deur Johan Myburg: bekendstelling

Krotoa movie: an interview with Kaye Ann Williams

$
0
0

Menán van Heerden chats to Kaye Ann Williams, one of the writers of the Krotoa movie.

The film is inspired by true historical facts and events. How do you as writers/director of the film balance correct historical facts and creative freedom?

When we were workshopping the direction of the script, our focus was always Krotoa’s personal journey. The film had to be from her point of view and represent her voice. This informed every decision we made creatively.

Kaye Ann, you directed a 2013 SABC 1 documentary about Krotoa's life as part of the Hidden Histories documentary series (produced by Roberta Durrant). How did the writing of the film script for Krotoa differ from directing a documentary?

The documentary was very much focused on the facts of her life (the few that were available to us), and on allowing the audience to form an opinion of her life based on the historical facts, the research materials and the opinions of the various historians we engaged with, whereas, with the film, we wanted to map out a possible journey of Krotoa’s life, colouring in the historical facts with character, narrative and story.

How do you think international and local audiences will react to the film?

I think both the international and the local audiences will be fascinated by her life. However, the local audiences might find our take on her story – and, by consequence, Jan van Riebeeck’s story – uncomfortable. What I’m ultimately hoping is that this film will stimulate dialogue and discourse.

How important is it to focus on the role of women and indigenous people in South African history?

It is extremely important, as it is so neglected, not just in South Africa, but also in the rest of the world. Often, our history books are written by men and have a male perspective, and the female perspective is misrepresented or overlooked. We do not appreciate what women have contributed to the shaping of our history. Hopefully, this film hones in on this.

What do you think the role of films is in teaching history, especially if they are inspired by historical facts and events?

Films are there to stimulate discourse, and to bring about awareness of issues to remind us where we come from. Often, we forget how strong we are as a nation, and just focus on the negative. But film is meant to enlighten and ignite change. This will hopefully be the end result for Krotoa.

The post Krotoa movie: an interview with Kaye Ann Williams appeared first on LitNet.

PG du Plessis: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bring hulde

$
0
0

Met die oorlye van PG du Plessis het Afrikaans een van sy belangrikste skrywers verloor, het Dionē Prinsloo, uitvoerende hoof van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns gesê.

PG, soos hy alom by sy vriende en kollegas bekend was, is 'n bekroonde skrywer van die SA Akademie. Hy het onder meer in 1972 die Hertzogprys ontvang vir sy dramas, Siener in die suburbs en Die nag van Legio. In 1978 en 1980 het hy ook die Akademie se Erepenning vir Afrikaanse Televisiedramas ontvang.

Hy het groot bekendheid verwerf met sy drama Siener in die Suburbs en die gewilde TV-reeks Koöperasiestories. Die skrywer was op hoogte van 'n publikasie oor sy werk wat nou onder redaksie van Heilna du Plooy van die Noordwes-Universiteit saam met 'n aantal literatore op versoek van die Akademie beplan word. Met die oog hierop het Du Plooy 'n ruk gelede 'n gesprek met die skrywer by sy huis opgeneem. 'n Transkripsie van die gesprek sal nou deel word van die beplande publikasie, het Prinsloo gesê.

The post PG du Plessis: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bring hulde appeared first on LitNet.

“Ons is ’n waterskaars land”

$
0
0

Die Burger beweer dat sowat 16 storms oor ’n paar dae wat elk tot sowat 150 mm reën lei, nodig is om die Theewaterskloofdam weer vol te maak. Daar was vir hierdie week ’n 36-uur-storm voorspel. As 150 mm in werklikheid in die opvangsgebied van die dam val, dan kan die damvlak van 13% tot 18% styg.

Menán van Heerden het met Hermann Stehle, siviele ingenieur in die Dams & Hydro-afdeling by Pro-Plan Consulting Engineers in Krugersdorp, gesels om meer oor die bestuur van die waterkrisis in die Wes-Kaap uit te vind.

Hoe beïnvloed Wes-Kaapse weerpatrone die bestuur van die waterkrisis? Is die weerpatrone tans te onvoorspelbaar om die waterkrisis voldoende te bestuur? Dus: kan daar op reënwater staatgemaak word?

Die kern van die probleem is dat ons ’n waterskaars land is – nou nog meer as ooit tevore. Aardverwarming is ’n realiteit wat die hele wêreld in die gesig staar en dus kan ons waarskynlik al hoe meer droogtes te wagte wees. Alhoewel onvoorspelbare weerpatrone ’n invloed het, kan behoorlike beplanning vir die toekoms deur damingenieurs en kenners op die gebied van waterhulpbronnebestuur baie doen om die land, en spesifiek die Wes-Kaap, voor te berei vir sulke droogtes. Daar kan op reënwater staatgemaak word as die regering genoeg geld beskikbaar sal stel om nuwe damme te bou en bestaande damme te rehabiliteer en te verhoog. Daar moet ook ’n poging aangewend word om die bedryf en instandhouding van hierdie damme op te skerp.

Met streng waterbeperkings, sal die waterkrisis dus meer effektief bestuur kan word indien die damme groter gemaak word en meer damme gebou word?

Vir seker. Hoe meer stoorkapasiteit jy het, hoe groter is die waarskynlikheid dat daar in die behoeftes voorsien kan word, veral vir langer periodes tydens ’n droogte. Daar is nog potensiaal vir damme bou in die land en ook in die Wes-Kaap. Uit ’n omgewingsoogpunt is dit egter nie altyd ideaal om damme te bou nie, aangesien dit ’n noemenswaardige impak op die natuur kan hê. Dit is ook baie duur om nuwe damme te bou, maar as die vraag na water baie groot is, dan sal die geld vir nuwe damme beskikbaar gestel moet word.

Daar moet ernstig daarna gekyk word om bestaande damme se volvoorraadkapasiteit te verhoog. Sulke projekte is goedkoper en in die meeste gevalle redelik eenvoudig. Daar is ’n paar basiese faktore om in gedagte te hou wat watervoorsiening betref:

  • Die damme verloor oor die jare heen van hulle stoorkapasiteit weens opbou van slik.
  • Periodieke onderhoud aan damme (bv kleppe ens) is nodig om te verseker dat hulle hul funksie kan bly verrig.
  • Suid-Afrika verloor jaarliks miljoene liter water in munisipale verspreidingstelsels as gevolg van lekkasies, en die Wes-Kaap is nie uitgesluit nie. Alhoewel baie munisipaliteite al begin het om die probleem te hanteer, is daar nog baie wat gedoen kan word.

Party damme moet rehabilitasie ondergaan om te verseker dat hulle funksioneel bly – dit is ook uiters noodsaaklik uit ’n damveiligheidsoogpunt, aangesien damme hoërisiko-strukture is. Tesame met hierdie rehabilitasieprojekte kan ook na kapasiteitsverhoging gekyk word – dus “twee vlieë met een klap”. Vanuit ’n grootmaatbergingsoogpunt sal dit definitief ’n bydrae lewer om die waterkrisis die hoof te bied.

Tans bestaan daar in die Departement van Water en Sanitasie ’n damveiligheidsrehabilitasieprogram. Die doel van hierdie program is om die risikovlakke van bestaande damme wat onaanvaarbaar hoog is na aanvaarbare vlakke af te bring deur die nodige veranderinge aan die damwalstruktuur aan te bring. Daar is al ongeveer 40 damme landwyd op hierdie program voltooi. ’n Voorbeeld van ’n damverhoging wat in die Wes-Kaap beplan word, is Clanwilliamdam.

Staar Kapenaars jare se vooruitsig van waterkrisisbestuur in die gesig? Wat is die mees effektiewe langtermynoplossings in terme van infrastruktuur in ’n droogtesiklus?

Dit hang natuurlik sterk af van die weerpatrone (waarvan ek nie ’n kenner is nie). Volgende jaar kan byvoorbeeld weer ’n baie nat jaar wees wat tot gevolg kan hê dat die damme weer vol loop. Hierdie is wel ’n wekroep om te besef dat sulke droogtes waarskynlik meer in die toekoms kan voorkom (ek verwys na die welbekende verskynsel van aardverwarming). Die beste is om nou hieruit te leer en dit te gebruik as ’n basis om vir toekomstige droogtes te beplan. Die beplanning moet nou begin en die oplossings moet so gou as moontlik geïmplementeer word. Die kenners op die gebied van damingenieurswese en waterhulpbronnebestuur moet geraadpleeg word (die meeste van hierdie kenners is tans in die privaatsektor of reeds afgetree).

Ons land is oor die algemeen ’n waterskaars land en ons moet voortdurend na nuwe moontlikhede soek om te verseker dat ons nog genoeg water sal hê. Ons huidige infrastruktuur gaan moet opgegradeer word, nuwe damme gaan gebou moet word en ander opsies, soos ondergrondse waterbronne en ontsouting, sal ondersoek en oorweeg moet word.

Is noodplanne om water van elders met vragmotors aan te ry realisties? Word hierdie noodmaatreël as die laaste plan van aksie beskou?

Dit is gewoonlik die laaste plan van aksie. Ek glo vas dat goeie beplanning gewoonlik die oplossing tot toekomstige noodsituasies is. In die verlede was die destydse Departement van Waterwese bekend vir hul sterk ingenieurskorps en spesifiek hul beplanningsafdeling wat die hedendaagse tekort aan water al destyds voorspel het. Dus is die infrastruktuur wat ons nou tot ons beskikking het, die gevolg van die vorige generasies van damingenieurs wat vooruit beplan het. Die Departement van Water en Sanitasie sal ’n daadwerklike poging moet aanwend om te verseker dat die kennis wat daar nog tans op die gebied van damingenieurswese bestaan, oorgedra word aan die jonger generasie ingenieurs wat die verantwoordelikheid van die voorsiening van grootmaatwateropberging sal moet oorneem in die nabye toekoms. Beplanning vir die toekoms is ’n gespesialiseerde veld wat al hoe meer in die departement afgeskeep word.

The post “Ons is ’n waterskaars land” appeared first on LitNet.

LitNet: Jou PG

’n Nuwe kommerwekkende poging om Suid-Afrikaanse kopiereg te hervorm

$
0
0

Die hersiene weergawe van die wetsontwerp wat veranderinge aan die Wet op Outeursreg voorstel, is op 16 Mei 2017 by die parlement ingedien. Indien hierdie wet aanvaar word, kan dit verreikende negatiewe gevolge vir skrywers en uitgewers hê.

Hier is die kopieregkonsultant Catrina Wessels se kommentaar op die hersiene wetsontwerp:

Die hersiene wetsontwerp bevat ’n paar verbeteringe maar steeds heelwat foute, en doen nie afstand van die inhoudelike wysigings tot die bestaande wet wat die uitgewersbedryf negatief sal beïnvloed nie.

Die volgende aspekte van die wetsontwerp het uit uitgewersgeledere teenkanting gekry, en is nog in plek in hierdie weergawe van die wetsontwerp:

- Die instel van die begrip “billike gebruik” vir onder meer opvoedkundige doeleindes.

- Naas die algemene billike gebruik-vergunning, maak die wetsontwerp ook voorsiening vir spesifieke kopiereg-uitsonderings vir opvoedkundige doeleindes. Opvoedkundige instellings mag dele van outeursregwerke byvoorbeeld sonder toestemming en sonder vergoeding insluit by hul voorgeskrewe materiaal. Indien ’n handboek uit druk is of nie beskikbaar is om teen ’n redelike prys aan te koop nie, mag opvoedkundige instellings voortgaan om die hele handboek te kopieer, sonder toestemming of vergoeding.

- Die wetsontwerp maak voorsiening daarvoor dat die staat in sekere omstandighede lisensies mag toestaan vir die vertaling van ’n outeursregwerk, selfs wanneer die outeursregeienaar toestemming geweier het.

- Kontrakte bied nie ’n uitweg nie. Kontraksbepalings wat in stryd is met bepalings oor billike gebruik sal nie afdwingbaar wees nie.

’n Nuwe toevoeging is dat daar ’n uitsondering sal wees vir verskaffing van outeursregwerke aan ‘under-served populations’, sonder toestemming van of vergoeding aan outeursreghouers, met geen beperking op wie hierdie werke aan hierdie gemeenskappe kan verskaf nie, en geen perke op die koste wat die verskaffers daarvoor kan vra nie.

Skrywers wat hul brood en botter verdien uit werke wat vir die skole- of universiteitsmark voorgeskryf word, kan ’n aansienlike afname in inkomste verwag indien hierdie wysigings aanvaar word. Akademiese en opvoedkundige uitgewerye, asook algemene uitgewerye wat letterkunde publiseer wat in klaskamers onderrig word, sal ook ’n knou hierdeur toegedien word. Die presiese aard van dié knou is onduidelik, want ten spyte van die Departement van Handel en Nywerheid se onderneming aan belanghebbendes tydens die konsultasieproses in 2015, het hul nie ’n onafhanklike ekonomiese impakstudie laat doen nie.

Die wetsontwerp sal na verwagting in Augustus 2017 in die parlement bespreek word. Die datum(s) behoort teen 30 Junie bekendgemaak te word. Skriftelike voorleggings oor die wetsontwerp moet teen 30 Junie ingedien word.

****

PEN Afrikaans beplan om ’n voorlegging te maak. Die bestuur van PEN Afrikaans doen daarom hiermee ’n beroep op sy lede en ander belanghebbendes om die wetsontwerp te lees en terugvoer te gee met die oog op hierdie skriftelike voorlegging. (Die hersiene wetsontwerp is hier in PDF-formaat beskikbaar.)

Insette kan gestuur word na penafrikaans@gmail.com.

 

The post ’n Nuwe kommerwekkende poging om Suid-Afrikaanse kopiereg te hervorm appeared first on LitNet.


As die klokke buier ...

Ekonomieë se ongelykheid en geldwaarde

Persvrystelling: Brei-athon ter viering van Nelson Mandela-dag

$
0
0

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in samewerking met Paarl Museum en die Dorkas en Busy Beez Vroueklubs bied op Saterdag 24 Junie 2017 hul jaarlikse brei-athon aan ter viering van Nelson Mandela-dag.

Volgens Janine Brown, Opvoedkundige Beampte van die ATM, skakel dié insiatief in by die doel van Mandela-dag om individue te inspireer om te help om die wêreld ’n beter plek te maak deur 67 minute van hul tyd te spandeer om ’n verskil in iemand anders se lewe te maak.

 “Ons wil graag behoeftiges se harte warm maak en hulle help om die winter te trotseer deur ’n kledingstuk vir hulle te brei, hetsy ’n serp, trui of kombersie. Ons het reeds verskeie groepe gevorm wat items begin brei het ten bate van die projek . Almal word uitgedaag om te brei. Indien jy nie kan brei nie, sal ons jou leer!”

Breilesse by verlede jaar se Brei-athon: Agter van links na regs is Michael Jonas (Direkteur van die ATM), Janine Brown (Opvoedkundige Beampte van die ATM) en Illeeqah Uys van Worcester. Voor is Sarah Martin van die Paarl, Rushello Uys van Worcester, en Ray en Gloria Williams van die Paarl (Foto: verskaf)

Die brei-athon vind van 09:00 tot 14:00 by Paarl Museum op Van der Lingenplein plaas. Deelnemers moet hul eie breipenne saambring en word aangemoedig om wol saam te bring, maar wol sal ook verskaf word. Mense kan ook vooraf items brei.

Die breiwerk sal op 18 Julie 2017 saam met sop en broodjies aan behoeftige grootmense en kinders in Groenheuwel, Fairyland en Klapmuts uitgedeel word.

Enige skenkings van bolletjies wol, klere, speelgoed en blikkieskos is ook welkom. Dit moet teen Dinsdag 11 Julie 2017 afgegee word by die Afrikaanse Taalmuseum in Pastorielaan of Paarl Museum op Van der Lingenplein.

Vir navrae, kontak Nkita Pietersen by 021 872 3441 of student@taalmuseum.co.za

The post Persvrystelling: Brei-athon ter viering van Nelson Mandela-dag appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Unieke vertolking van Vivaldi meesterstuk by Klein Karoo Klassique

$
0
0

“’n Unieke vertolking van ’n baie bekende werk.” Só word Vivaldi se Vier Seisoene herbesoek, wat by Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn uitgevoer word, beskryf. Dié fees van klassieke musiek, kuns, kos en wyn vind van Vrydag 11 tot Sondag 13 Augustus vir die negende keer plaas.

Vivaldi het sy Vier Seisoene in 1723 vir ’n strykorkes gekomponeer. Dié tydlose meesterstuk is saam met vier gedigte gepubliseer en daar word vermoed dat Vivaldi self die verse geskryf het. Petrus de Beer (viool), Stanislav Angelov (trekklavier) en Schalk Joubert (baskitaar en voordrag), lede van die musiekgroep World Café, het dié Vivaldi-stuk op ’n unieke manier verwerk.

“Ons het die oorspronklike partituur opgedeel in solo-stukke vir viool, trekklavier en elektriese baskitaar. Stanislav voer die musiek van die orkes uit, terwyl Schalk die musiek van die tjello, kontrabas en altviool speel en ek die vioolmusiek,” sê De Beer. Volgens hom het hulle besluit om dit juis so te doen, sodat dié stuk meer toeganklik vir ’n groter gehoor kan wees en hulle maklik met die uitvoering kan reis.

Die son­nette, spesiaal deur Dawid de Villiers uit Italiaans na Afrikaans ver­taal, word deur Joubert voorgedra en bind die vier musikale seisoene saam vir ’n reis deur die jaargetye met woord en musiek.

De Beer en Angelov was verlede jaar as deel van die Cape Tango Ensemble by Klein Karoo Klassique te sien. Volgens World Café se musici, skep Klein Karoo Klassique ’n kreatiewe ruimte vir klassieke kunstenaars om innoverend te werk en ’n bestaansreg in die klassieke industrie te hê. “Feeste soos dié bring musiek na ’n gemeenskap, waar dit nie altyd moontlik is om volledige simfonie-orkeste te beleef nie. Dit skep ’n wonderlike geleentheid vir gehore om musiek lewendig te ervaar en dít is uiteindelik waaroor dit vir die musikante én gehore gaan.”

Foto: Lumico Creative (KKNK)

“Ons sien daarna uit om dié Vivaldi-werk aan gehore bekend te stel en die ervaring met klassieke musiekliefhebbers te deel. Dit word ook ingesluit op ons eerste CD, wat tydens die geleentheid bekendgestel word en na die uitvoering verkoop word,” sê De Beer.

Die drie kunstenaars se liefde vir musiek het op ’n baie jong ouderdom begin. De Beer speel reeds sedert die ouderdom van vyf viool. “Ek het grootgeword met musiek van Bach, Beethoven en Mozart, vanwaar my liefde vir musiek posgevat het,” sluit hy af.

Vivaldi se Vier Seisoene herbesoek vind op Saterdag, 12 Augustus om 09:30 in die NG Moederkerk op Oudtshoorn plaas. Al vanjaar se uitvoerings vind hier plaas, waar daar ook ’n CD-winkel en proe-ervarings uit die kontrei aangebied word. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home en kos R125 elk.  

Die program sluit onder meer ook in:

  • CH2 in konsert;
  • Folk Baroque met die Camerata Tinta Barocca;
  • Alleenstryd: Hendrik Hofmeyr Huldigingskonsert met Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan), Lauren Dasappa (sopraan), Jolene McCleland (mezzo-sopraan), José Dias (klavier) en ’n gasoptrede deur Hendrik Hofmeyr;
  • Carmen – in die kleine met Jolenne McCleland as Carmen (mezzo-sopraan), Lauren Dasappa as Michaëla / Frascuita (sopraan), Minette du Toit-Pearce as Mercédès (mezzo-sopraan), Chris Mostert as Don José / Le Remendado (tenoor), Niël Rademan as Escamillo (bariton) en Raimondo van Staden as Le Dancaïre (bariton);
  • Spieël-dans in die maanlig met Jana van der Walt (harp) en Rina Schutte (tjello);
  • Beethoven Tango met Zanta Hofmeyr (viool) en Charl du Plessis (klavier) en die ATKV Afsluitingskonsert met Megan-Geoffrey Prins (klavier), Tatiana Thaele (fluit), Palesa Malieloa (sopraan) en Philippus Hugo (klavier).

Meer inligting oor Klein Karoo Klassique en die volledige musiekprogram is beskikbaar by www.klassique.co.za, of op Facebook (@KleinKarooKlassique), of Twitter (@kkarooklassique).

The post Persvrystelling: Unieke vertolking van Vivaldi meesterstuk by Klein Karoo Klassique appeared first on LitNet.

Die staatsdiens van die Zuid-Afrikaansche Republiek, 1890 tot voor die Jameson-inval van 1895

$
0
0

Die staatsdiens van die Zuid-Afrikaansche Republiek, 1890 tot voor die Jameson-inval van 1895

Heinie Heydenrych, onafhanklike navorser

LitNet Akademies Jaargang 14(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die staatsdiens in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) was in verskeie opsigte gebrekkig. Gedurende die tydperk 1890 tot net vóór die Jameson-strooptog van Desember 1895 was hierdie tekortkominge opvallend. Dit het veral gegeld ten opsigte van die gehalte van die personeel wat aangestel is en die rol wat patriotisme in dié verband gespeel het. Dié faktor het veroorsaak dat persone in betrekkings aangestel is waarvoor hulle nie geskik was nie. Die gevolg was swak dienslewering weens die onervarendheid en swak opvoedingspeil van amptenare. Amptenare wat onderpresteer het, is ook in hul poste behou. Die polisiediens, die Departement Mynwese en die verkiesingsadministrasie dien as illustrasie van die gebreke.

In die Johannesburgse polisiediens moes die kommandant van polisie vyf jaar lank vanaf 1889 sonder die nodige wetgewende raamwerk sy pligte uitvoer. Ná belowende verbeterings onder prokureur-generaal Ewald Esselen in 1894–95 in dié departement het sy bedanking in November 1895 egter getoon dat daar teenstand van konserwatiewe regeringslede teen hervorming van die staatsdiens was.

Die Departement van Mynwese, ’n sleuteldepartement, was vanaf 1886 vir die administrasie van die Johannesburgse goudveld verantwoordelik. Die departementshoof, C.J. (Christiaan) Joubert het, in meer as een opsig nie die mas opgekom nie. Hy is egter as groot vertroueling van president Paul Kruger in sy amp behou omdat Kruger sy steun as invloedryke lid van die Hervormde Kerk en dié kerk se lidmate nodig gehad het. Die wanadministrasie in dié departement het in 1892–93 duidelik tydens die sogenaamde standplaasskandaal geblyk. Nogtans het Kruger die departementele amptenare se swakhede goedgepraat.

Die verkiesingsadministrasie was ewe gebrekkig. Dit het veral tydens die presidentsverkiesing van 1893 duidelik geword toe ernstige vrae oor die prosedure tydens die verkiesing en die finale stemgetalle ontstaan het.

Trefwoorde: Esselen, Ewald; finansiële beheer; Grondwet; Joubert, Christiaan; “landzoons”; mynwese; nepotisme; patriotisme; polisiediens; presidentsverkiesing; Schutte, D.E; standplaasskandaal; stemregvereistes; Trimble, Andrew; verantwoordbaarheid; verkiesingsadministrasie; Wolmarans, J.J.H.; Wolmarans, J.M.A.

 

Abstract

The civil service in the South African Republic under Paul Kruger, 1890 to 1895

The civil service in the South African Republic was often the target of scathing criticism during the early 1890s. Both the Dutch and English language press exposed the shortcomings mercilessly during the years 1890 to 1895. One of the most serious points of criticism by the English language press was the role that patriotism played in the appointment of officials. This had led to the appointment of Dutch-speaking patriots who were not necessarily suitable for the functions involved. This state of affairs, coupled with a lack of proper training and education, led to poor service being rendered by the incumbents. Moreover, officials who did not perform well were seldom dismissed and in some cases President Kruger even defended them.

The three key government departments of police, mines and election administration provide ample proof of the serious shortcomings in the civil service.

In the Johannesburg police department, which was established in 1889, Commandant D.E. Schutte had to operate for five years without any legal framework to guide him. Schutte eventually became so frustrated with conditions within the force that he wrote a public letter to the Standard and Diggers’ News in October 1894 bemoaning his helpless situation. When Ewald A. Esselen was appointed attorney-general in May 1894 he was given carte blanche to reform the police force. With the permission of the Cape Colony authorities he temporarily appointed Andrew Trimble, an experienced senior detective officer of Kimberley, as head of the force. The police force was transformed within the following year into an effective unit and this improvement was generally welcomed by the residents of Johannesburg. When the possibility was raised late in 1895 in the Executive Council of making Trimble’s appointment permanent, Esselen insisted that he be naturalised as a citizen of the Republic. The Council refused this request, Trimble was dismissed and Esselen resigned.

The circumstances surrounding these events became clear only later, when it was revealed by the press that the decision to dismiss Trimble had been taken by only three members of the Council, namely Kruger, J.M.A. Wolmarans and J.M.H. Kock. State Secretary W.J. Leyds was allegedly in favour of Trimble’s permanent appointment, but he, Gen. Piet Joubert, the commandant general, and Gen. N.J. Smit, the deputy president, were all absent when the decision was taken. According to speculation in the press the decision in the Council was largely due to the opposition of its conservative members to the progressively minded Esselen, whose appointment they had never approved.

These events proved how difficult it was to effect reform in government departments in the face of such conservatism. Even the pro-government paper De Volksstem expressed its despair over the clique within the government which opposed any kind of reform.

In the case of the Department of Mines the incompetence of its head, Christiaan Joubert, justified the criticism regarding the appointment of patriots who were not equal to the task. During the so-called stands scandal on the Johannesburg gold diggings in 1892–93, stands to erect houses and business premises were illegally awarded to persons who did not qualify for them. The resultant speculation in stands caused an uproar.

The weaknesses in the Department of Mines exposed by the stands scandal were vehemently condemned in the press and Joubert was severely taken to task. Although the scandal was thoroughly investigated by a commission of the Second Volksraad its condemnatory revelations of the dubious actions of the officials of the department were finally simply ignored by the government and the officials were exonerated.

The stands scandal reflected very poorly on Christiaan Joubert’s ability as head of the Department of Mines. He refused to accept responsibility for the conduct of his officials and later declared in an official report that nothing untoward had been done regarding the allocation of stands. He was not reprimanded by Kruger and was kept in office because he was a staunch supporter of Kruger’s and a prominent member of the Hervormde Church, whose support the president needed to prop up his government.

Christiaan Joubert was a supreme example of President Kruger’s tendency to appoint and protect patriotic persons on whom he could rely for political support. The whole stands affair ended in a complete whitewash with the adoption of a resolution by the Second Chamber to the effect that nothing irregular had been done and that there was no justification to call the matter a scandal.

During the investigation of the stands scandal several related unsavoury matters emerged which affected Kruger’s reputation as president. Bension Aaron of Johannesburg, who was a confidante and supporter of Kruger’s, was found guilty of attempting to bribe officials to remain silent about a large and valuable portion of stands which had been erroneously allocated to him. He was sentenced to imprisonment for one month and a fine of £500. Kruger’s association with Aaron did not do the president’s reputation any good. It also appeared during another court case arising from the stands scandal that Joubert’s personal finances were in a deplorable state, and the judge in this case declared that the witnesses’ testimony – which included that of Joubert – was utterly unreliable. Joubert’s image was also dealt a blow when he clashed with the mining engineer in his department about the qualifications of a boilermaker he wished to appoint. The quarrel led to Joubert’s temporary suspension from his post for about six weeks. In the light of the circumstances he should rather have been dismissed.

The third government function which came in for severe criticism was the administration of elections. This became especially clear during the presidential election of 1893, in which Kruger beat his biggest rival, Piet Joubert, by an unusually narrow margin.

Both the Dutch and the English language press were unanimous in their condemnation of the poor handling of the election. Allegations were made by Joubert’s election committee of irregularities during the voting process and the press was vociferous in this regard, De Volksstem even declaring that the administration had been so poor that it was possible for convicted criminals, lunatics, minors and unenfranchised persons to vote.

After the provisional election result had become known a commission of the First Volksraad was therefore elected to recount the votes and submit a report. It was pointed out by the press that this matter should rather have been referred to the High Court instead of being entrusted to a Volksraad commission. The commission had only a few days, from Friday, 5 May 1893 to the following Tuesday, to perform its task and this was quite insufficient time for such a task.

The commission eventually confirmed the provisional result, but in the Volksraad and the press there were still serious doubts as to its reliability. After the election result had been confirmed, Eugène Marais, the editor of Land en Volk, published a report by advocate J.W. Wessels which stated that the election had taken place in terms of Act No. 4 of 1871 and not in terms of Act No. 13 of 1891, as claimed by the government. This legal opinion cast further doubt over the election result.

It is clear that there were serious shortcomings in the civil service of the South African Republic during the early 1890s. Obviously it is the head of state who is ultimately responsible for good governance, which in turn necessitates an efficient civil service. The conduct of the civil service of the Republic did not reflect well on Kruger’s presidency.

Keywords: accountability; Constitution; election administration; Esselen, Ewald; financial control; franchise requirements; Grondwet; Joubert, Christiaan; “landzoons”; mining department; nepotism; patriotism; police service; presidential election; Schutte, D.E.; stands scandal; Trimble, Andrew; Wolmarans, J.J.H.; Wolmarans, J.M.A.

 

1. Inleiding

Die staatsdiens van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) onder Paul Kruger se regering het in die jare negentig van die 19de eeu nie hoë aansien geniet nie. Hoewel Kruger toe alreeds sedert 1883 die presidentsetel beklee het, het die tydgenootlike koerante dikwels op swak administrasie van staatsdepartemente kommentaar gelewer, en veral die Engelstalige pers het die rol van ’n buiteparlementêre opposisie in dié verband gespeel. Soos later aangedui word, het die Nederlandstalige koerante, De Volksstem en Land en Volk, egter ook aan die kritiek meegedoen.

Kort nadat die uitslag van die presidentsverkiesing van 1893 bekend geword het, skryf The Star na aanleiding van Kruger se onoortuigende oorwinning oor sy teenstander, Piet Joubert, dat die President se prestige beslis aan die kwyn is en skryf dit onder meer daaraan toe dat “he has […] failed in his management of domestic affairs[…]”.1 Dié koerant spreek daarom die wens uit vir “a strong and representative Commission to enquire into the character of Mr. Kruger’s past administration, not in one department, but in all […]”.2 En in Februarie 1895 verwys die Transvaal Advertiser na die blootlegging deur lede van die Tweede Volksraad van ”maladministration which has made the Republic a by-word and reproach amongst the nations”.3

Die getuienis oor swakhede in die staatsdiens is egter nie slegs uit die koerante afkomstig nie en swakhede is soms ook deur bekleërs van staatsposte erken. Die ope brief van kommandant D.E. Schutte van die Johannesburgse polisiediens in die pers, waarna later verwys word, is ’n sprekende voorbeeld hiervan. In April 1894 het Ewald Esselen, prokureur-generaal onder Kruger van Mei 1894 tot November 1895, ook in ’n brief aan sir Henry de Villiers, hoofregter van die Kaapkolonie, erken dat Koos Smit, die visepresident, teenoor hom beken het dat daar ernstige tekortkomings in die administrasie van die Republiek was en dat belangrike veranderings in die Grondwet en die regering van die land aangebring sou moes word (Marais 1961:58).

Die swakhede in die staatsdiens moet gesien word teen die agtergrond van wat Stanley Trapido (2012:76) in die Cambridge history of South Africa noem “(t)he endless poverty of the ZAR”. Die ekonomie was naamlik vóór die ontdekking van goud op die Witwatersrand grootliks op die landbou – en spesifiek ekstensiewe veeboerdery – en jag en transportryery gebaseer. Boonop was die staat uitgesluit van die diamantveld by Kimberley, omdat die ZAR nie gedeel het in die voorspoed wat die voltooiing van die Kaapse spoorweg tot daar in 1885 meegebring het nie. Die staat was dus arm en het voor 1886 die tipiese eienskappe van ’n pre-industriële samelewing vertoon. Toe Shepstone die Republiek in 1877 geannekseer het, was dit feitlik ’n bankrot staat, want belastings is dikwels nie ingevorder nie (Trapido 2012:80). Toe Kruger in 1883 as eerste president sedert die herwinning van die onafhanklikheid gekies is, het hy dus ’n arm staat geërf. Boonop het hy bitter min formele opvoeding gehad – slegs sowat drie maande se onderrig deur ’n rondreisende onderwyser (SABW I, bl. 465). Kruger het ekonomiese ontwikkeling probeer stimuleer deur plaaslike monopolieë tot stand te bring; en soos Trapido (2012:82) dit stel: “[U]sing the language of the Dutch East India Company, he called these ‘konsessies’ [...]”.

Hoewel ’n superintendent van onderwys in 1882 aangestel is, was die onderwysstelsel nog in sy kinderskoene en min Transvaalse burgers het voldoende formele opvoeding gehad om hulle vir ’n betrekking in die staatsdiens te bekwaam. Dit is om hierdie rede dat Kruger Nederlanders soos W.J. Leyds en Nicolaas Mansvelt in sleutelposte soos dié van prokureur-generaal (later staatsekretaris) en superintendent van onderwys in sy administrasie aangestel het. Hoewel die ontdekking van goud in 1886 die staatskas laat bult het, het die omstandighede ná 1886 in baie opsigte die staat se regeertaak bemoeilik, omdat die nuwe intrekkers uit veel meer gevorderde omstandighede in Brittanje en elders afkomstig was en groot eise ten opsigte van dienslewering en demokratiese regte aan die Republiek se regering en staatsdiens gestel het.

Die jaar 1890 is vir hierdie bydrae as aanvangsdatum gekies omdat Kruger toe alreeds, as staatshoof sedert 1883, sewe jaar lank die presidentsamp beklee het en dus voldoende tyd gehad het om ’n binnelandse administrasie te vestig. Sekere eienskappe van die staatsdiens onder sy leiding was dus teen 1890 al duidelik herkenbaar. Die jaar 1895 tot vóór die Jameson-inval is as afsnypunt gebruik, omdat Kruger se verhouding met die Uitlanders toe krisisafmetings begin aanneem het en die regering se aandag ná die strooptog toenemend in beslag geneem is deur die staat se verhouding met Brittanje as gevolg van die stemregkwessie. Van toe af het die Republiek se verhouding met Brittanje in die aanloop tot oorlog in 1899 die ZAR se geskiedenis oorheers en het binnelandse kwessies, soos die gehalte van die staatsdiens, ’n minder prominente rol gespeel. Die bedanking van Ewald Esselen as staatsprokureur in November 1895 – wat belangrike tendense in die staatsdiens illustreer – ’n bietjie meer as ’n maand voor die Jameson-inval val ook met dié keuse van die afsluiting binne die bestek van die artikel.

Daar is nog min oor die staatsdiens onder Kruger se bewind geskryf. In P. de Klerk (1969) se verhandeling oor die geskiedskrywing oor Paul Kruger kom nie één bydrae voor wat spesifiek oor die staatsdiens onder Kruger handel nie. G.N. van den Bergh se deeglike proefskrif oor die polisiediens in die ZAR wat in die Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis van 1975 gepubliseer is, vorm in dié opsig ’n welkome uitsondering. Daarbenewens is hoofstuk 4 van C.T. Gordon se werk oor die toenemende weerstand vanuit Boeregeledere teen Kruger se bewind van 1890 tot 1895, The growth of Boer opposition to Kruger to 1895 (1970:86–111), een van die min bydraes wat aspekte daarvan grondig ondersoek en ontleed. Waar Gordon dit egter uit ’n suiwer politieke oogpunt doen, word in hierdie bydrae administratief daarna gekyk en die effek van gebrekkige staatsadministrasie op Kruger se presidentskap ondersoek. Gebreke in die staatsdiens was beslis ’n faktor wat opposisie teen Kruger se bewind versterk het en ook sy aansien in die oë van die Uitlanders verswak het. Die tydgenootlike pers se gereelde kritiek op die staatsdiens onder Kruger dien as die belangrikste bron van ontevredenheid omtrent gebreke daarin.

Hierdie bydrae handel oor die doeltreffendheid van die staatsdiens onder Paul Kruger en nie oor korrupsie in die algemeen nie. Die hipotese is dat ernstige tekortkominge in die staatsdiens onder Kruger voorgekom het. Dit staan dus in skerp teenstelling met sy rol as onverdrote beskermer van die Republiek se politieke onafhanklikheid en sy reusebydrae tot die bevordering van die land se ekonomiese selfstandigheid deur middel van sy spoorwegbeleid. Die probleme in die staatsdiens was gedeeltelik daaraan toe te skryf dat die hoofde van staatsdepartemente in die Republiek aan die Uitvoerende Raad verantwoordelik was en nie aan die Volksraad nie,4 maar dié gebreke moet nietemin in aanmerking geneem word wanneer Kruger se aansien as leiersfiguur bepaal word.

Wat volksraadsdebatte betref, is dikwels gebruik gemaak van De Volksstem se verslae daarvan eerder as van die amptelike Notulen. Die rede is dat die Volksstem-weergawes die uitsprake van volksraadslede meer akkuraat en woordeliks weergee.5

Veral drie sleutelentiteite in die staatsdiens was aan die ontvangkant van kritiek, naamlik die polisiediens, die Departement Mynwese en die verkiesingsadministrasie.

 

2. Algemene beskouings omtrent die staatsdiens

In Junie 1893 vergelyk die Transvaal Advertiser die staatsorganisasie in die Kaapkolonie met dié in die ZAR na aanleiding van verslae van departementshoofde in die kolonie wat aan die koerant gestuur is. Die koerant is vol lof vir onder meer die ouditreëls en regulasies wat deur die kontroleur en ouditeur-generaal van die Kaapkolonie opgestel is en skryf:

Here we have no such arrangements for the protection of the public purse, and the President and Executive Council do pretty much as they please as regards the disposal of the money of the taxpayers […] There is every need for a reform in this department of our civil service.6

Die vergelyking met die Kaapse staatsdiens is dalk ietwat onregverdig, omdat die kolonie se staatsdiens beman is deur goedopgeleide amptenare en die hulpbronne gehad het wat met die geskiedenis van die Britse Ryk gepaard gaan. Nogtans illustreer die vergelyking die feit dat die ZAR se staatsdiens heelwat minder gesofistikeerd was as dié van een van sy Suid-Afrikaanse buurkolonies.

G.A.A. Middelberg, die plaaslike verteenwoordiger van die Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Spoorweg-Maatschappij (NZASM) in die Republiek, bevestig in 1898 die Transvaal Advertiser se indruk en skryf die Volksraad het weer bymekaargekom om die begroting te bespreek, maar die regering het nog nooit daarby gehou nie (Marais 1961:21n). Selfs De Volksstem, wat Kruger se bewind selde gekritiseer het, spreek ernstige kritiek uit op “het gebrekkig finansieel beheer” en verwys na “De oppervlakkigheid waarmee de Raad de financieele organisatie van den Staat overweegen […]”.7 Die moontlikheid van die aanstelling van ’n staatsfinansier as waghond oor die staat se finansies is oor die jare heen etlike kere bespreek, maar die pos is eers in 1899 goedgekeur en gevul (Marais 1961:22). Die swak finansiële beheer blyk daaruit dat in 1898 gevind is dat geen rekenskap gegee kon word van nagenoeg £2 400 000 wat sedert 1883 deur middel van voorskotte aan amptenare uitbetaal is nie (Marais 1961:21). Skynbaar het die gebruik al jare lank bestaan om bestelvorms wat deur die President onderteken is, na die tesourie te verwys wat dit dan uitbetaal het sonder om navraag te doen of dit deur die Volksraad gemagtig is (Marais 1961:21–2). Dit dui op ernstige laksheid in finansiële beheer deur die staat.

Wat die verantwoordbaarheid van ampsbekleërs in die Republiek betref, verwys die Transvaal Advertiser na die gebeure in die Kaapkolonie in verband met die toekenning van die alleenreg vir die verskaffing van verversingslokale langs die Kaapse spoorlyn na Kimberley aan J.D. Logan, die stigter van Matjiesfontein. Die kontrak het daartoe gelei dat Cecil John Rhodes in 1893 as eerste minister bedank het en drie ontevrede ministers uit sy nuut-saamgestelde kabinet weggelaat het (SABW II, bl. 421). So iets is in die Republiek ondenkbaar, skryf die koerant:8 In die Kaapkolonie is ministers wat besware teen die Logan-kontrak geopper het, afgedank, maar in die Republiek is sake heel anders gesteld, skryf die koerant, en wys daarop dat die meeste van die Kaapse ministers die belange van die publiek belangriker as hulle eie of as hul persoonlike verbintenis met die eerste minister of staatshoof ag. Daarteenoor is dit in die Republiek ondenkbaar dat die lede van die Uitvoerende Raad dit sou oorweeg om van hul ampte en vergoeding afstand te doen “on account of some questionable transaction made by one of their colleagues than they would think of flying”.9 Volgens die Transvaal Advertiser het regeringslede in die Republiek dus veel minder verantwoordbaarheid getoon as dié in die Kaapkolonie.

Die koerant haal dan die woorde aan van James Rose Innes, een van Cecil John Rhodes se drie kabinetslede wat beswaar teen die monopolistiese aard van die kontrak gemaak het en uiteindelik uit die kabinet weggelaat is. Rose Innes se woorde lui onder meer:

Looking at what is taking place in other parts of Africa, we cannot too strongly condemn the establishment of a monopoly in this country […] especially when that monopoly is of such a nature that it is calculated to put political power into the hands of the man upon whom it is bestowed.10

Hierdie opmerkings van Rose Innes word vertolk as ’n direkte verwysing na die Republiek, waar konsessies so vrylik na die koerant se mening deur die President en sy kollegas toegeken word. Die koerant se gevolgtrekking is dat die staatsadministrasie in die ZAR en die gesindheid van regeringslede en amptenare in direkte kontras met Innes se sentimente omtrent die situasie in die Kaapkolonie staan.

Teen die einde van 1895 het die situasie in die staatsdiens van die Republiek nog steeds negatiewe kommentaar uitgelok. Dit was veral die Engelstalige pers wat dit genadeloos blootgelê het. In November daardie jaar skryf die Transvaal Advertiser byvoorbeeld:

For six years the whole of intelligent and progressive Boerdom and the Afrikanders and aliens have been urging the Government to bring about a certain system of reformation in certain departments […] so that the scandals […] attaching to the quasi-prosecution of the delinquent Boer and Hollander officials shall be done away with.11

Nepotisme in verband met aanstellings in die staatsdiens het tot die kritiek bygedra. As gevolg van die aanstelling van familielede en vriende in staatsposte sonder inagneming van hul bekwaamhede was amptenare soms nie bevoeg om hul werk behoorlik te doen nie. In Oktober 1893 bevestig die Transvaal Advertiser die bestaan van hierdie probleem en skryf verontwaardig:

In every possible direction ingenuity and cunning are […] employed to oust able and competent men from good Government positions, and to sneak in one of these tribes, or a near relative, who has to pick up some little measure of proficiency during a term of years at the public expense.12

Blatante nepotisme het beslis tydens Kruger se bewind voorgekom, soos blyk uit die gebeure rondom die sogenaamde Eloff-waterkonsessie van 1890 wat volledig bespreek is in Heydenrych (2014). Kruger het in daardie geval die Volksraad versoek om ’n konsessie toe te ken aan sy skoonseun en private sekretaris Frikkie Eloff wat hom sou magtig om water uit die Vaalrivier na Johannesburg te lei. Nóg ’n voorbeeld van ’n nepotistiese aanstelling is dié van ’n broers- of susterskind van president Kruger se vrou Gezina as sekretaris van die Pretoriase dranklisensieraad in 1892. ’n Aantal dienende staatsamptenare het om die betrekking aansoek gedoen, maar uiteindelik is ene Du Plessis, “night warder of the Government Buildings, and nephew to Mrs. Kruger” – soos ’n briefskrywer in die Transvaal Advertiser hom beskryf – in die betrekking aangestel. Die briefskrywer voeg by dat Du Plessis se klerklike bekwaamheid bestaan uit “a rare ability to read and write”.13 Dié aanstelling kon beslis nie tot goeie dienslewering en funksionering deur die dranklisensieraad bygedra het nie.

Die staat se werkswyse wat die maak en onderhoud van paaie betref, het ewe veel op nepotisme neergekom, of was ten minste ewe bedenklik. Kontrakte is vir dié werk toegeken sonder dat tenders aangevra is. Die werk is gewoonlik uitgevoer deur familielede van die sogenaamde padinspekteur en dikwels was die padinspekteur die gesamentlike kontrakteur met sy seun of broer. Nadat die padbouwerk voltooi is, het die padinspekteur dit self ondersoek, die rekening as korrek onderteken en die werk goedgekeur, waarna hy sy betaling ontvang het.14 Hoewel padbouwerk nie streng gesproke onder die staatsdiens geressorteer het nie, illustreer hierdie soort toewysing van werk ’n algemene neiging in die Republiek om op ’n informele basis mense vir openbare werk in diens te neem en hulle daarvoor te vergoed.

Die bevoordeling van individue en families was in die negentigerjare alombekend. In November 1893 vaar die Transvaal Advertiser soos volg daarteen uit:

Mr. Kruger’s administration, his most zealous apologist must admit, has degenerated into a pure and simple family hothouse sacred to the pampering and preservation of three families. […] The real fact is that since this administration has now placed the brothers and sons and nephews and cousins of all its members, it is now branching out into placing the still further removed sections of the family tree. One fact is always a dead certainty, and that is when a set is made to remove an official where the reasons are not apparent, there is a kleinzoon, or a third cousin, standing ready to be propped into the situation, be his qualities what they may.15

Die drie families hier ter sprake is die Wolmaranse, die Krugers en Schuttes, want elders verwys die koerant na “the insiduous encroachment […] of the Krugers, Wolmaranses and Schuttes”.16

Die Wolmarans-familie is in 1894–95 uitermate begunstig deurdat J.M.A. Wolmarans, wat lid van die Uitvoerende Raad was, in Oktober 1894 saam met die Okkupasiekommissie vir Soutpansberg na die noorde vertrek het. Hy het steeds sy salaris van £1 250 as lid van die Raad ontvang en boonop drie ghienies per dag as daggeld plus ’n reistoelae gekry. Deur sy bemiddeling is aan sy seun, J.M.A. Wolmarans junior, wat ’n salaris van £250 per jaar as tweede klerk in die Departement van Publieke Werke verdien het, nege maande verlof met volle betaling toegestaan. Hy is onmiddellik deur sy pa as sekretaris van die kommissie aangestel, waarvoor hy 30 sjielings per dag betaal is, en het terselfdertyd ’n reistoelae ontvang. Pa en seun het gevolglik albei maande lank dubbele salarisse ontvang en het addisionele vergoeding as lede van die kommissie gekry.17

Uit die bogenoemde voorbeelde moet dit duidelik wees dat daar ’n geregverdigde persepsie bestaan het dat alles nie pluis was in die ZAR se staatsdiens nie.

Die toestand en gebeure in drie sleutelafdelings van die staatsdiens – die polisiediens, die Departement van Mynwese en die verkiesingsadministrasie – dien as illustrasie van die probleme in die staatsdiens onder Paul Kruger. Dié drie staatsafdelings word dus om die beurt bespreek om aan te toon hoedat hul funksionering die owerheid se verhouding met die inwoners geraak het en kritiek uitgelok het.

 

3. Die swak polisiediens en Ewald Esselen se hervorming daarvan

Teen Oktober 1894 noop die toedrag van sake in die Johannesburgse polisiediens D.E. Schutte, die kommandant van polisie in Johannesburg sedert 1889,18 om in reaksie op voortdurende kritiek in die koerante op die polisiemag, die ongehoorde ding te doen om ’n brief daaroor aan ’n plaaslike koerant te skryf waarin hy sy magteloosheid bekla om die mag doeltreffend te laat funksioneer. Op 11 Oktober 1894 verskyn dié lang brief in die Standard and Diggers’ News.19 Die genoemde artikel oor Schutte in deel V van die SABW vermeld dat met Schutte se aanstelling as kommandant in 1889 “die doeltreffende ontwikkeling van die Johannesburgse polisie begin” het. Die teenoorgestelde is egter waar, want teen die einde van 1894 was daar nog geen verbetering te bespeur nie, soos later aangetoon word. Die feit dat Schutte dit so openlik in die pers gedoen het, beklemtoon juis hoe benard die toestand nog teen Oktober 1894 in die polisiemag was.

Die Standard and Diggers’ News merk oor dié ongewone stap van Schutte op: “(I)t is subservient of all ideas of discipline for a police officer to publicly write in the strain adopted by Commandant Schutte […].”20

The Star se mening oor die brief lui:

There is very little in his letter which was not either known or suspected before; but Mr. Schutte’s position enables him to dot the i’s and cross the t’s of an indictment which the public press has not hitherto been in a position to formulate with anything like the same definiteness or precision, and his revelations are sufficiently explicit to show very clearly where and why the boot pinches.21

Figuur 1. D.E. Schutte, eerste kommandant van die Johannesburgse polisie

Met die verskyning van Schutte se brief was hy reeds byna ses jaar in bevel van die Johannesburgse polisie en dus in ’n posisie om sy frustrasie te verwoord. Sy stellings word hier redelik volledig as eerstehandse getuienis weergegee.

Eerstens verklaar Schutte dat daar, soos hy dit stel, “no law, no rule, no regulations” is, om leiding aan hom te verskaf nie. Hy beklemtoon dat in die afwesigheid van so ’n regulatoriese raamwerk enige dissipline of straf wat hy op sy bemanning mag toepas, totaal onwettig en sonder effek is. Schutte verklaar oor dié situasie: “In one word, the entire esprit de corps is shattered through the non-existence of binding regulations.” Hierdie grondliggende tekortkoming ten opsigte van die polisiediens is reggestel eers toe die Polisiewet van 1895 aangeneem is.

Tweedens beklemtoon Schutte dat die wortel van die kwaad in die polisiediens is dat hy wetlik verplig is om slegs stemgeregtigde persone aan te stel. Hy voeg hierby: “(T)he young burghers of the country are not the material to make policemen out of” en vra ook hoe dit moontlik is “to inculcate ideas into anyone unable to read or write?” Hy bekla dan sy lot deur daarop te wys dat hy uit hierdie “untutored material” ’n behoorlike polisiemag moet saamstel en ook offisiere moet vind.

Hy skryf hy het altesaam 176 man onder sy bevel, bestaande uit 30 berede offisiere en manskappe en 146 manskappe te voet. The Star wys in reaksie daarop dat 176 manskappe heeltemal onvoldoende vir ’n stadsbevolking van 40 000 wit mense en net soveel swartes is.22 Hoe kritiek die misdaadsituasie was, word geïllustreer deur die feit dat hierdie polisiemag van Januarie tot Oktober 1894 vir die inhegtenisneming van 23 500 misdadigers verantwoordelik was.

Wat behuising betref, wys Schutte daarop dat daar geen voorsiening vir polisiebarakke gemaak word nie. Die meeste van sy manskappe is getroude mans en hulle woon verspreid oor die hele Johannesburggebied.

Elke manskap ontvang boonop slegs twee uniforms, twee paar kouse, twee paar stewels en twee hemde per jaar. Die stewels is gewoonlik na ’n maand en ’n half onbruikbaar en gedurende die reënseisoen moet die manskappe deur modder en nattigheid daarmee voortsukkel. Boonop is die vergoeding slegs £13 per maand, afgesien van rang. Daar is ook geen moontlikheid van bevordering nie en geen aansporing vir lede van die mag om te presteer nie.

Schutte vermeld dat hy al herhaaldelik die genoemde probleme onder die aandag van die owerheid gebring het,

and still I have to bear the onus and opprobrium of one of the greatest scandals existing in this state […] I acknowledge the rottenness of the entire police force, but decline to accept the disgrace attached thereto, having striven to reorganise the same, but failed through lack of support.

Alle vorige staatsprokureurs onder wie se jurisdiksie die polisiemag geressorteer het, het die mag soos die pes vermy, sê Schutte. Uiteindelik is Josephus J.H. Wolmarans in 1892 as hoofkommissaris van polisie te Pretoria aangestel en Schutte sê hy het gehoop sake sou daarna verbeter, maar tevergeefs.

Figuur 2. Josephus J.H. Wolmarans, kommissaris van polisie vanaf 1892

Wolmarans is opdrag gegee om reëls en regulasies op te stel, maar dit het nog nie gebeur toe Schutte se brief verskyn het nie. Die Standard and Diggers’ News bevestig in Mei 1894 dat ’n dokument twee jaar tevore deur ’n kommissie opgestel is nadat die regulasies van alle polisiedepartemente elders in Suid-Afrika ondersoek is en aan Wolmarans voorgelê is met die oog op verbeteringe in die Transvaalse polisiediens, maar voeg by: “It is needless to say that the whole thing is still calmly dead in Mr. Josephus Wolmarans’ hands.”23

Tot sover Schutte se brief.

Ná Ewald Esselen se aanstelling as staatsprokureur in Mei 1894 (SABW V, bl. 264) kry hy opdrag van die Volksraad om die polisiemag aan te vul en te verbeter,24 en die Standard and Diggers’ News skryf hoopvol: “We are pleased to learn that the State Attorney is carefully considering this problem, […] and we are assured that drastic changes will soon be made.”25 Esselen neem inderdaad die speur- en polisiedepartemente van Johannesburg en die hele Republiek onder hande en kom met die Kamer van Mynwese ooreen oor die stigting van ’n spesiale speurmag wat deur die regering en die kamer gefinansier sou word om die diefstal van goud en goudamalgaam op die myne teen te werk (Marais 1961:58). Hy stel Andrew Trimble, ’n ervare speuroffisier van Kimberley, met die toestemming van die Kaapse owerheid tydelik as hoofspeurder van die Republiek aan nadat die Johannesburgse inwoners gedreig het om die stad se eie waaksaamheidskomitee tot stand te bring.26

Soos die Standard and Diggers’ News dit stel, het Trimble binne ’n jaar die polisie-atmosfeer van “the foeted (sic) vapours of corruption, dishonesty and disrepute”27 gesuiwer. Die polisiemag het gevolglik spoedig ’n meer professionele vorm aangeneem. Trimble se aanstelling is egter nooit deur die regering permanent gemaak nie, maar toe dit ter sprake kom, het Esselen daarop aangedring dat Trimble genaturaliseer word. Die Uitvoerende Raad het dit egter geweier en Trimble is ontslaan (Marais 1961:59). De Volksstem wys tereg daarop dat die naturalisering van Trimble nie in die weg van sy permanente aanstelling hoef te gestaan het nie, aangesien die naturalisering van amptenare wat uitgenooi is om poste in die staatsdiens te vul al herhaaldelik plaasgevind het.28 Dié koerant bevestig ook dat toe die speurafdeling in 1888 ingestel is, die staatsprokureur carte blanche ten opsigte van aanstellings gegee is, selfs wat ongenaturaliseerde persone betref.29

Figuur 3. Ewald Esselen, staatsprokureur van Mei 1894 tot November 1895

Esselen se standpunt oor die kwessie van Trimble se naturalisering was volgens die Standard and Diggers’ News skynbaar: As julle Trimble nie behou nie, sal julle my ook nie hê nie.30 Volgens dié koerant het J.M.A. Wolmarans en J.M.H. Kock met Kruger se ondersteuning in die Uitvoerende Raad Esselen se bedanking uit sy pos afgedwing31 deurdat die waarnemende staatsekretaris, Cornelis van Boeschoten, alleen teen die ander drie aanwesiges die onderspit moes delf (Muller 2016:177). W.J. Leyds, die staatsekretaris, was skynbaar ten gunste van die permanente aanstelling van Trimble, maar Leyds, Piet Joubert en generaal N.J. Smit was afwesig toe die besluit oor Trimble deur die Uitvoerende Raad geneem is en The Star was van mening dat hulle daarop behoort aan te gedring het dat daar nie in hul afwesigheid daaroor gestem word nie.32 Die besluit het in werklikheid gelui dat Trimble se aanstelling nie bevestig word nie en dat alle niegenaturaliseerde speurders uit die mag afgedank word en aan hulle ’n maand se salaris as kompensasie toegeken word (Muller 2016:176). Kruger het na bewering die publiek verseker dat Esselen se uittrede as staatsprokureur ’n jammerte is (Muller 2016:177).

Esselen het wel die steun van die gemeenskap gehad, maar aan die ander kant was daar, soos die Transvaal Advertiser dit stel, “a suspicious and bigoted Government […] with a number of sneaking advisors, who challenged every step that he took.”33 Die konserwatiewe groep in die regering het naamlik nooit ten volle Esselen se aanstelling aanvaar nie (Gordon 1970:235) en dit wil voorkom of daar van meet af aan ’n kliek was wat daarop ingestel was om Esselen in elke opsig te dwarsboom.34 Dié teenstand het na alle waarskynlikheid ’n rol in die besluit oor Trimble se afdanking gespeel. Uiteindelik het Esselen in November 1895 bedank, waarskynlik uit frustrasie.

Die koerante was eenstemmig in hul mening dat Trimble goeie werk gedoen het en die Transvaal Advertiser maak ná die verwikkelings in die Uitvoerende Raad en Esselen se bedanking die stelling: “We are now to relapse into that state of chaos and jobbery which obtained previous to these attempts at reformation.”35 Die Standard and Diggers’ News se verklaring vir die onverkwiklike situasie is dat Esselen die fout begaan het om politiek by suiwer departementele sake in te sleep en “that he could not throw off the politician and remain the lawyer”.36 Die Transvaal Advertiser verklaar mismoedig: “The whole matter seems incomprehensible”, en voeg by: “Messrs Kruger, [J.M.H.] Kock and [J.M.A.] Wolmarans break down all this good work by one stroke of the pen.”37

Die situasie in die polisiemag, soos in kommandant Schutte se brief en in die pers geopenbaar, is deur die Standard and Diggers’ News onder die opskrif “The greatest state scandal” bespreek. Die gebeure van 1895 in verband met die polisiemag openbaar inderdaad ’n uiters ongesonde stand van sake in één afdeling van die staatsdiens onder Paul Kruger en die krisis rondom Esselen se bedanking word deur dié koerant “a scandalous fact” genoem.38

Die Transvaal Advertiser se verwysing na raadgewers wat Esselen se hervormings heftig teengestaan het – die “sneaking advisors” soos hulle genoem word – beklemtoon hoe moeilik dit was om hervorming in staatsdepartemente in die ZAR te bewerkstellig. De Volksstem verwys ook na die kliek wat hervormingspogings probeer dwarsboom het “wegens redenen haarzelve het beste bekend”,39 en die Transvaal Advertiser praat in dié verband van “(t)he atmosphere of this Government [which] is compounded of deceit and cunning […]”.40

’n Belangrike bykomende faktor in verband met die weiering om Trimble te laat naturaliseer en hom permanent aan te stel word deur Charles van Onselen in Showdown at the Red Lion. The life and times of Jack McLoughlin (2015) vermeld. Trimble was naamlik ’n Ier van geboorte, was nie Nederlands magtig nie, en, nog belangriker, het tydens die Eerste Vryheidsoorlog van 1880–81 Suid-Afrika toe gekom om aan die kant van die Britte teen genl. Piet Joubert se troepe te veg (Van Onselen 2015:287). Hy het egter te laat gearriveer om aan die gevegte deel te neem (Muller 2016:150; SABW III, 806). Dit is moontlik dat Trimble se bereidheid om teen die Boeretroepe te veg die hiperkonserwatiewe raadslede oorreed het om sy naturalisering teen te staan en Kruger het hulle gesteun. Die Eerste Vryheidsoorlog het sentraal in Kruger se visie van die Transvaalse geskiedenis gestaan as die groot heldedaad van die herwinning van die staat se onafhanklikheid, en Kruger sou dit moeilik gevind het om iemand wat in daardie oorlog téén die Republiek wou veg te vergeef en hom boonop permanent in die regeringsdiens aan te stel. Kruger het ’n lang geheue gehad en kon griewe vir lank teen mense koester. Hy sou dus beswaarlik die bekwame Trimble, wat deur Van Onselen (2015:287) as “incorruptible” beskryf word, as lid van sy staatsdiens kon verdra het.

 

4. Die Departement van Mynwese en sy hoof, C.J. (Christiaan) Joubert

Die stand van sake in die landsadministrasie met betrekking tot die aanstelling van amptenare soos deur die koerante geїdentifiseer, verklaar grootliks waarom daar in die staatsdiens van die Republiek so dikwels skandale en wanadministrasie voorgekom het. Die Transvaal Advertiser skryf in Augustus 1893 dat dit die prosedure met die aanstelling van amptenare is wat die amptenary in die Republiek in oneer gebring het, “and which has made our public morality a bye-word in all other parts. […] Mr. Kruger has never hesitated for one minute to follow his own bent and inclination in the appointment of officials.”41 Die Krugerregering was naamlik in die algemeen geneig om “landzoons”, dit wil sê gebore Transvalers, in die staatsdiens aan te stel wat as gevolg van beperkte onderwysgeleenthede in die Republiek nie opgevoed genoeg was om staatsamptenare te word nie. Gevolglik is persone uit die oorwegend plattelandse burgerbevolking wat dikwels ’n bestaansekonomie beoefen het, aangestel (Webb 1952:3). In 1898 het die inspekteur van kantore wel voorgestel dat ’n staatsdienseksamen ingestel word ten einde te verseker dat kandidate oor die minimumkwalifikasies beskik, maar die Volksraad het die idee verwerp (Marais 1961:19).

Die Transvaal Advertiser het sy vinger op die probleem in die staatsdiens gelê: dat behalwe in ’n paar gevalle, die keuse van amptenare deur één oorweging bepaal is, nl. die noodsaaklikheid om ’n patriot vir die pos te verkry wat dan die Kruger-regering as afhanklike aanhangers kon stut. Die koerant skryf dat persone sonder die minste begrip van klerklike of boekhoukundige werk gevolglik aangestel word wat onbevoeg is om bestuur toe te pas, wat ongewoond daaraan is om groot bedrae geld te hanteer en bestuur en sonder enige direkte toesig hul pligte moet uitvoer. Die Advertiser noem hulle summier “rudderless patriots”.42

Patriotisme het beslis ’n rol by staatsdiensaanstellings gespeel. ’n Persoon wat generaal Piet Joubert versoek het om sy invloed te gebruik om vir hom ’n staatspos te bekom, kla byvoorbeeld oor ’n mededinger wat voorheen niks meer as ’n mielieboer was nie wat ’n pos gekry het en wat nie die vaagste benul van kantoorwerk besit het nie (Gordon 1970:87). Gordon haal ’n hele aantal voorbeelde uit die Joubert-versameling aan van persone wat versoek dat die generaal sy invloed gebruik om vir hulle betrekkings in die staatsdiens te verkry, van wie feitlik almal verwys na hulle patriotisme in die vorm van diens aan en opofferings vir die land eerder as na hul professionele geskiktheid vir die poste.

4.1 Patriotisme in verband met Christiaan Joubert se hoofskap van die Departement van Mynwese

Dat die kwessie van patriotisme swaar by die aanstelling van amptenare geweeg het en soms selfs as ’n verskoning vir onbekwaamheid deur hulle voorgehou is, blyk duidelik uit die verweer van Christiaan Joubert, die hoof van die Departement van Mynwese, toe die onreëlmatige toekenning van standplase op die goudveld in Johannesburg vir spekulatiewe doeleindes in Julie 1892 in die Tweede Volksraad ter sprake gekom het. Hierdie standplaasskandaal en die Verstegen-saak wat daaruit voortgevloei het, is volledig bepreek in Heydenrych (2014), maar in die konteks van die aanstelling van onbekwame mense op grond van hul patriotisme is dit hier ter sake. Die gebeure rondom die standplaasskandaal dien ook as voorbeeld daarvan dat swak bestuur van staatsdepartemente in die ZAR verdra is en selfs deur die President goedgepraat is.

Figuur 4. Penskets in The Star van Christiaan Joubert, hoof van die Departement van Mynwese

Die beskerming van ’n vertroude en lojale vriend van Kruger in ’n leidende posisie in die staat en staatsdiens word ten beste geїllustreer deur die geval van Christaan Joubert. In die middel van 1892 beskryf De Volksstem, wat normaalweg Paul Kruger se regering ondersteun het, die Departement van Mynwese as “het meest verrotte en minst geëerbiedigde van alle kantoren onzer staatsadministrasie” en “een voorwerp van spot en verachting, een broeinest van schandalen”.43 Land en Volk, wat uiters krities oor Kruger se administrasie was, verklaar eweneens oor dié departement:

[M]nr. Christiaan Joubert, het hoofd, en mnr. Izaak van Vooren, zijn verantwoordelijke klerk, baren meer opsien […] dan voor het algemeen belang voordelig is. Het is daartoe gekomen dat er bijna geen groot schandaal meer is of het mijnwezen wordt er in verband mee genoemd.44

In Februarie 1893 maak die Transvaal Advertiser dié stelling omtrent Joubert en Van Vooren: “In no other country in the world would Messrs. Joubert and Van Vooren have survived in their official capacities the stands scandal exposure, without having cleared themselves of the heavy charges brought against them.”45

En die volgende maand beskryf The Star, na aanleiding van die skandaal rondom die standplase en die gebeure wat daaruit voortgevloei het, die departement as “little better than a den of thieves”.46

Toe Joubert se departement in die Eerste Volksraad na aanleiding van die standplaasskandaal gekritiseer is, het hy verklaar hy is geen spekulant nie, “en men moet niet op hem [as verantwoordelike hoof] afkomen in deze saak”, en verder beklemtoon dat hy van kindsbeen af sy plig gedoen het, “ook by Amajuba”.47 F. Boshof, lid van die Tweede Volksraad, aan wie standplase vir spekulasie toegeken is, het die verweer gebruik dat sy ouers ná die Slag van Boomplaats in 1848 na die Transvaal verhuis het,48 om skynbaar daarmee te kenne te gee hoe lojaal hy aan die Republiek is. Sowel Joubert as Boshoff het hul dus probeer verontskuldig deur agter hul patriotisme te skuil in stede daarvan om vir hul optrede verantwoordelikheid te aanvaar. Dis geen wonder nie dat die Transvaal Advertiser vir Christiaan Joubert die bynaam “Amajuba Chris” gegee het.49

The Star gee met reg sy misnoeë te kenne omtrent mense wat aanvoer hulle het vir hul land geveg en gebloei, deur te skryf:

Whether it is Mr. Christiaan Joubert who “stood” – he doesn’t say fought – at Majuba, or another implicated member of the Raad whose parents (mark that, his parents not himself) ran away from Boomplaats in the forties, this debased and debasing use of the strong instinct of patriotism in the Boer never misses its effect.50

Kruger se verbintenis met Joubert het ongetwyfeld die President se reputasie met betrekking tot die staatsdiens groot skade berokken. Dit is duidelik as in aanmerking geneem word watter skerp stelling regter De Korte gemaak het ná die Verstegen-saak wat uit die standplaasskandaal voortgevloei het toe hy die getuienis in die algemeen – wat dié van Joubert insluit – as uiters onbetroubaar beskryf het.51

Boonop het die skuldigbevinding van Bension Aaron in 1893 aan gepoogde omkopery van amptenare toe ’n groot stuk grond in Johannesburg foutiewelik aan hom toegeken is – soos in Heydenrych (2014) volledig bespreek – ’n ernstige refleksie op Kruger gewerp vanweë die verbintenis tussen die twee.

Die aggressiewe wyse waarop Kruger vir Joubert in die Tweede Volksraad in verband met die skandaal verdedig het, toon duidelik dat hy amptenare en regeringslede se bedenklike optrede wou goedpraat en dat Joubert se patriotisme vir hom swaarder as sy bekwaamheid geweeg het. Kruger het eenvoudig die verdoemende onthullings van die Tweede Volksraad se kommissie van ondersoek na die standplaasdebakel eenkant gevee. Toe die kommissie se verslag op 31 Julie 1893 aan die Tweede Volksraad voorgelê is, het Kruger persoonlik vir die amptenare in die Departement van Mynwese in die bresse getree en onder meer gevra hoe die staat op enige wyse deur die verkoop van die standplase benadeel is en diegene wat besware teen die prosedure gehad het uitgedaag om te bewys dat alle standplase deur middel van vendusies verkoop moet word. Hy het bygevoeg dat dit in elk geval die regering se reg was om te besluit of die privaat of openbare verkoop van standplase in die beste belang van die staat was (Gordon 1970:106; vgl. ook Notule Tweede Volksraad, 1893, art. 728).

Die pers het Kruger heftig oor sy houding en optrede gekritiseer. ’n Voorbeeld hiervan is die sarkastiese uitspraak van die Transvaal Advertiser:

Advocate Kruger hesitated at nothing in the defence of Mr. Christiaan Joubert. He seemed to take a positive delight in perverting argument, in inverting truth, in ignoring law, in abusing his calling, in breaking through the rules of Court, in trampling logic under foot, and in bamboozling their honours of the Second Chamber.52

Wat die hele kwessie van Joubert se onbekwaamheid vererger het, is die feit dat hy ná die Verstegen-saak vir Gerrit Ribbink uit die diens van die departement ontslaan het. Die rede vir die ontslag is waarskynlik tereg, volgens die Transvaal Advertiser, dat Ribbink ongelukkig genoeg was om tydens dié regsgeding die waarheid in die getuiebank te vertel. “Apparently, in the public service under the Kruger regime, truth is the most baneful and disastrous commodity that an official can have about him, and it is enough to make Mr. Ribbink eschew it for ever.”53

Gordon verklaar tereg omtrent die resolusie wat uiteindelik aangaande die skandaal in die Tweede Volksraad aanvaar is: “Thus, by the simple expedient of legislatively declaring black to be white, the ‘Stands Scandal’ was disposed of and the unsavoury ‘irregularities’ […] declared to be ‘in the best interests of the State’” (Gordon 1970:107). Dit is ’n verdoemende uitspraak oor die regering se hantering van ongerymdhede in die staatsadministrasie en Kruger se persoonlike rol daarin. Boonop het die verslag van Christiaan Joubert, as hoof van mynwese, daarna onbegryplik bevind dat daar niks verkeerds in verband met aansoeke om standplase gedoen is nie (Gordon 1970:107).

Kruger het boonop in sy openingstoespraak in die Eerste Volksraad in Mei 1893, terwyl die skandaal gewoed het, nie ’n woord gerep omtrent die suiwering van die staatsdiens nie en The Star spreek sy skok en teleurstelling oor dié leemte in die toespraak soos volg uit:

[I]t offers no word of repentance and regret for the scandals which have filled the public ear. There is no hint that the Chief Sinner in the Mining Department […] will be dealt with according to his deserts […] and not only will the Minister of Mines not be impeached, but after all [is] said and done, he will not resign, and the Government knows better in its own selfish interests than to ask him to do so.54

’n Belangrike rede waarom Kruger nie teen Joubert wou optree nie en hom konsekwent verdedig het, was dat hy ’n prominente plek in die Hervormde Kerk beklee het en die president sy steun en dié van die Hervormde Kerk se lidmate vir sy regering nodig gehad het (Mendelsohn 1991:87). Daar was bespiegeling hieroor in die Engelstalige koerante. Die Transvaal Advertiser verwys byvoorbeeld na “Mr Kruger’s re-election, [in 1893] which was only possible, if it does happen, by Mr. Christiaan Joubert and his church’s support […]”.55

Dat Kruger so heftig vir Joubert verdedig het en hom ná die onthullings in die standplaasskandaal as hoof van mynwese behou het, bevestig die neiging om afhanklike aanhangers in staatsposte te behou wat die regering en Kruger kon steun en stut. Boonop is die resolusie ingevolge waarvan die kommissie van ondersoek na die ongerymdhede in die departement aangewys is, alreeds in September of Oktober 1892 aangeneem, maar die hantering van die aangeleentheid is uitgestel tot ná die presidentsverkiesing. The Star lei hieruit af dat stemme vir Kruger in die verkiesing bekom is wat heel waarskynlik na sy teenstander, Piet Joubert, sou gegaan het “if the rotten character of his administration had been more widely known”.56

Joubert se jaarverslag oor sy departement wat in Mei 1893 aan die Volksraad voorgelê is, het sy onbekwaamheid onderstreep. Waar De Volksstem uiters oppervlakkig en goedkeurend in net een sin berig het: “Het rapport […] maakt een gunstigen indruk en geeft een aangenaam beeld van de verlevendiging die onze minerale nywerheid in de laatst verlopen maanden gekenmerkt heeft”,57 het die Engelstalige koerante die jaarverslag in besonderhede gekritiseer. The Star het daarop gewys dat die verslag geen statistiese gegewens bevat wat die departement in staat behoort te wees om te verskaf nie, byvoorbeeld die totale koste om al die goud te produseer, die omvang van die arbeid daarby betrokke en die gemiddelde loon van arbeiders. Die koerant vergelyk dit in hierdie opsig met die verslae van die myndepartemente van Victoria en Queensland in Australië en voer aan dat die regering se belange eensydig beklemtoon word. Dit blyk daaruit dat die verslag die voordele vir die regering uit die mynbedryf behandel, skryf dié koerant, “in much the same way as the agent of a landlord would report to his employer on the increasing value of his land due to the enterprise displayed by his tenantry”.58 Dit beklemtoon hoeveel inkomste die goudveld vir die staat oplewer, maar swyg omtrent die dividend wat die belegger gedurende die jaar ontvang het, sê die koerant, en dit vermeld ook niks omtrent die kwessie van Sondagarbeid in die mynbedryf wat toe baie aktueel in die Republiek se politiek was nie. Die Transvaal Advertiser skryf boonop dat Joubert tydens die bespreking van die verslag ’n “child-like innocence” geopenbaar het omtrent kwessies rakende die mynbedryf waarin raadslede belang gestel het en voeg by: “In this examination Mr. Joubert himself proved how incompetent he is to be at the head of a department upon the successful management of which the prosperity of this country so largely depends.”59 Dieselfde koerant beweer ná die bespreking van die jaarverslag in die Eerste Volksraad: “He did not know about many things which came within his official purview half as much as hon. members did who had no particular connections with mining matters.”60

Mynwese was die één staatsafdeling wat direk met sake op die goudveld in Johannesburg gemoeid was en die swak bestuur in dié departement het die delwersgemeenskap ten nouste geraak en beslis die aansien van die staatsdiens onder Kruger ’n groot knou in hul oë besorg.61 Die goudbedryf van Johannesburg se Uitlanders het immers teen 1895 vir sowat vier vyfdes van die staat se inkomste gesorg en daarom het betrokkenes by die bedryf die reg gehad om goeie administrasie van die goudveld te verwag.

4.2 Joubert se twis met die staatsmyningenieur

Op die koop toe was Joubert by groot omstredenheid betrokke toe hy en die bekwame Duits-gebore staatsmyningenieur in sy departement, J. Klimke, omtrent ’n interne aanstelling van mening verskil het. In Junie 1893 wou Joubert ’n ketelinspekteur in die departement aanstel teen wie se kwalifikasies Klimke beswaar gemaak het.62 Joubert het beweer dat Klimke sy gesag ondergrawe en dat hy as hoof van mynwese nie deur die Mynreguleringskommissie in verband met die aanstelling geraadpleeg is nie.63 Die twis tussen hom en Klimke het verskeie kere in die Volksrade ter sprake gekom.

Nadat Joubert vir Klimke op grond van beweerde weerspannigheid geskors het, het die staatsmyningenieur daarop aangedring dat die saak deur die regering ondersoek word. Toe ’n vraag in die Volksraad omtrent die kwessie gevra is, het Kruger volgens die Transvaal Advertiser iets onhoorbaars gemompel,64 maar die President en die Uitvoerende Raad het uiteindelik vir Klimke gelyk gegee omtrent gepoogde inmenging in sy afdeling van die departement en Joubert is op wat die koerant denkbeeldige verlof noem, geplaas.65

Figuur 5. J. Klimke, die staatsmyningenieur

Klimke het immers uitstekende kwalifikasies en ervaring gehad. Hy is in Duitsland gebore en begin hom op die ouderdom van 19 jaar op praktiese aspekte van die mynwese toelê. As vakleerling vir twee jaar doen hy ervaring op in steenkool-, silwer- en sinkmyne in die landsdeel Silesië. Daarna studeer hy ’n paar jaar lank aan die Mynskool van Duitsland waar hy hom in onder meer opmeetkunde, chemie, geologie en mineralogie bekwaam. Hy doen ’n paar jaar lank ervaring op van die dreinering van landbougrond, spoorwegkonstruksie en alle vertakkings van siviele ingenieurswese. Hy slaag die Duitse staatseksamen in bogrondse en ondergrondse opmeetkunde en dien drie of vier jaar lank in die Duitse staatsdiens as myn- en siviele ingenieur. Hy is verskeie jare lank verbonde aan die El Callao-goudmyn in Venezuela, waartydens hy die Diploma in Openbare Mynwese van die Universiteit van Venezuela verwerf. Ná sewe jaar keer hy terug Duitsland toe, maar word deur ’n Duitse sindikaat na Suid-Afrika gestuur om die goudontdekkings by Knysna te ondersoek en terselfdertyd deur ’n Britse sindikaat om oor die goudmyne aan die Witwatersrand verslag te doen. Hy arriveer in Januarie 1889 in Kaapstad en tree vir twee jaar aan die Rand as myningenieur op. In September 1891 word hy as staatsmyningenieur aangestel.66

In die lig van bogenoemde kwalifikasies en ervaring van Klimke was dit gekheid van Joubert om oor ’n tegniese aangeleentheid soos die kwalifikasies en geskiktheid van ’n ketelinspekteur met hom swaarde te kruis. Dis duidelik dat die uitval met Klimke nie oor ’n kwessie van beginsel of botsende jurisdiksie gehandel het nie en dit wil voorkom asof “some paltry question of disputed patronage”, soos The Star dit noem, in werklikheid daaragter gesit het.67 Die hele aangeleentheid het Joubert in ’n nog swakker lig as tevore gestel en was beslis ’n verleentheid vir Kruger se regering.

Dat Joubert tydelik van sy pos onthef is, beklemtoon dat die regering ernstige twyfel oor sy bekwaamheid gehad het. Dit sou beter gewees het indien hy vervang was. Die Tweede Volksraad het dit later aan die regering opgedra om stappe te doen om dergelike onenigheid tussen Joubert en Klimke in die toekoms te voorkom, hetsy by wyse van wysiging in die diensregulasies of sodanige ander stappe wat die gewenste resultaat kon bereik.68

4.3 Die swak inspeksie van mynkantore

In Augustus 1894 word ’n kommissie aangewys om die inspeksie van die kantore van die Departement van Mynwese te ondersoek. Dié bespreking na aanleiding van Joubert se jaarverslag van sy departement moes eintlik al in Mei van daardie jaar plaasgevind het, toe besluit is om die kommissie aan te wys,69 maar Joubert was toe siek.70 Groot kritiek is in die kommissie se verslag oor die gehalte van die inspeksie van die departement se kantore uitgespreek en lede van die Tweede Volksraad het met mening onder die bestuur van die departement ingeklim.

Die eerste klousule van die verslag lui dat as die mynkantore behoorlik geïnspekteer was, die wanbesteding van baie groot bedrae geld vermy kon gewees het.71 J.F. Celliers, die lid vir Witwatersrand, maak gevolglik beswaar daarteen dat die hoof van mynwese een van sy onderhoriges aanwys om inspeksie van mynkantore te doen en dring daarop aan dat die inspeksies deur bekwame en onafhanklike inspekteurs uitgevoer word.72 G. Brecher, die lid vir Vryheid, voer aan dat swendelary onder die neus van die destydse inspekteur plaasgevind het en voeg by dat die hoof van mynwese nie in staat is om sy onderhoriges te beheer nie.73 Ná verdere bespreking versoek Joubert ernstig dat die Raad hom ondersteun ten einde bekwame inspeksie van die kantore te verkry. Dit klink maar redelik pateties vir ’n departementshoof van ’n staatsdepartement om te vra dat hy in hierdie opsig gehelp word. Dis dus geen wonder dat die bespreking van die verslag taamlik warm geraak het nie.

Daar was ook tydens die debat kritiek op die departement se kantoor by Klein Letaba, waar die hoeveelheid werk aansienlik toegeneem het en ’n tekort in die kas ontdek is, as gevolg waarvan die betrokke amptenaar ontslaan is. ’n Inspekteursverslag is gelees wat verwys na onreëlmatighede in dié kantoor en daar was ook diefstal in die departement se kantoor te Florida.74 ’n Ernstige bespreking oor die laksheid in die departement se kantore in die algemeen was die gevolg. Die debat het die Tweede Raad se bedenkinge omtrent die behoorlike bestuur van die departement en Christiaan Joubert se onvermoë in dié verband oopgevlek en dit moes beslis ’n verleentheid vir Kruger gewees het.

Die swak kantoorinspeksie in die departement het ook ’n nadraai in die staatsdiens in sy geheel gehad. Dit blyk duidelik uit die prosedure by die aanstelling van ’n inspekteur van kantore vir die hele staatsdiens in Oktober 1894. Laat in 1894 is besluit dat die inspeksie van die boekhouding en bestuur van die verskillende staatskantore, wat tot in daardie stadium deur afsonderlike departementele inspekteurs uitgevoer is, vervang sou word deur ’n sentrale stelsel van inspeksie van alle staatskantore, onafhanklik van enige departement.75 Die regering het gevolglik besluit om ’n sentrale departement vir dié doel tot stand te bring. Staatsekretaris Leyds het gesê as knap amptenare wat hul werk verstaan, aangestel word, sou die inspektering deur afsonderlike departementele inspekteurs en die koste daaraan verbonde vermy word.76

H. Kroes is in hierdie pos aangestel, maar ongelukkig het hy nie die soort knap amptenaar geblyk te wees wat Leyds in gedagte gehad het nie. Toe die Transvaal Advertiser ondersoek instel na Kroes se kwalifikasies vir die pos, is vasgestel dat hy verskeie jare in Christiaan Joubert se Departement van Mynwese gewerk het, onder meer as spesiale inspekteur van mynkantore.77 In die Tweede Volksraad is hy egter genadeloos gekritiseer deur Frank Watkins, die lid vir Barberton. De Volksstem skryf in sy weergawe van die betrokke debat bloot dat Watkins gekla het oor ’n inspekteur te Barberton wat deur die plaaslike mynkommissaris self reggehelp moes word toe hy die kantoor se boeke geïnspekteer het.78 Die betrokke inspekteur was niemand anders as Kroes nie.

Die volle verhaal is deur die Transvaal Advertiser ontbloot: Nadat Kroes die mynkommissaris van Barberton se kantoor geïnspekteer het, het hy sy tevredenheid met die stand van die boekhouding uitgespreek. Daarna het die mynkommissaris binne ’n paar minute aan hom ’n aantal growwe foute getoon wat hy self raakgesien het of dalk opsetlik as ’n lokval vir Kroes onveranderd gelaat het. Dit het Kroes se onbekwaamheid lelik blootgelê. Watkins het tereg die vraag in die Tweede Volksraad gestel of dit ’n behoorlike situasie is dat die mynkommissaris aan die inspekteur moes aantoon hoe die inspeksie eintlik moes geskied het.79

Dit was egter nie die einde van die verhaal nie. Daarna is Kroes na die Laeveld om mynkantore te ondersoek. Intussen het ene Liebenberg – na bewering ’n lid van die tesourier-generaal se kantoor – te Letaba vlugtig gekyk na die boeke wat Kroes pas geïnspekteer het. Spoedig het hy afgekom op ’n ongerymdheid van £600 waarvoor die kleiminspekteur later vervolg is. Die Transvaal Advertiser sluit sy berig hieroor sarkasties soos volg af: “Who shall say that in this colony of the survival of misfits, the keen Kroes is not entitled to the first appointment as inspector of offices […].”80

Kroes het in antwoord op die koerantberig in ’n brief ontken dat die mynkommissaris van Barberton hom op sy foute gewys het, aangesien dié man gedurende daardie tyd met siekte afwesig was; ook dat hy te Letaba geldverduisterings misgekyk het, aangesien dié bedrog ná sy besoek plaasgevind het. Hy het ook daarop gewys dat die Liebenberg wat volgens die koerant se berig die beweerde foute raakgesien het, nie van die tesourier-generaal se kantoor was nie, maar ’n boekhouer van die Departement van Mynwese.81 Die koerant het dadelik geantwoord dat hy weet dat Watkins se feite korrek is. Watkins het trouens in die Tweede Volksraad gesê dat die mynkommissaris van Barberton hom persoonlik oor die gebeure ingelig het.82 Die Transvaal Advertiser skryf dat wat hy oor Kroes se optrede berig het, sal toon of sy “biografie” hom vir die pos van inspekteur van kantore kwalifiseer.83 In die lig van bogenoemde feite was Kroes beslis ’n swak aanstelling en dié gebeure het nie belofte ingehou dat inspeksie van die boekhouding van staatskantore voortaan sou verbeter nie.

 

5. Die gebrekkige verkiesingsadministrasie

Daar was ernstige kritiek in die pers op die gebrekkige administrasie van die verkiesingstelsel in die algemeen en spesifiek tydens die presidentsverkiesing van 1893. Inderdaad het selfs die Kruger-gesinde De Volksstem ná die verkiesing van 1893 verwys na “de slordige manier […] waarop soms te werk gegaan is” en erken dat dit moontlik is dat veroordeeldes, kranksinniges, minderjariges en persone wat nie stemgeregtig was nie, aan die verkiesing deelgeneem het.84 Toe nuwe lede vir die twee Volksrade in Februarie 1895 verkies moes word, verklaar die Transvaal Advertiser steeds: “The election system of the Transvaal is so crude and defective that it is impossible to forecast the candidates who will finally triumph in the coming contests […].”85 Later dieselfde maand voeg dié koerant by: “Unfortunately there is no proper machinery in this country to secure purity of election and to ensure that candidates of whatever shade of political opinion shall be treated with fairness.”86

Die stand van die stemme in die verkiesing aan die einde van Februarie 1893 soos deur die Uitvoerende Raad in De Volksstem bekend gemaak, was: 8 114 vir Kruger, 7 310 vir Joubert en 86 vir J.G. Kotzé.87 In ooreenstemming met die Grondwet is daar ’n hertelling deur die Uitvoerende Raad gedoen wat bevind het dat die syfers moes wees: 7 881 stemme vir Kruger, 7 009 vir Joubert en 81 vir Kotzé.88 Generaal Piet Joubert se verkiesingskomitee het egter beweer dat ernstige ongerymdhede tydens die verkiesing plaasgevind het en het protes teen Kruger se inswering aangeteken.89 Hulle het gevolglik op ’n onpartydige hertelling van die stemme aangedring (Gordon 1970:213).

Eers ná die opening van die Eerste Volksraad se sitting op 1 Mei 1893 kon die kwessie van Joubert-hulle se besware en die aandrang op ’n ware onpartydige hertelling aandag geniet. Kruger het toe voorgestel dat ’n kommissie van die Eerste Volksraad aangewys word om vas te stel of die verkiesing wel wettig plaasgevind het.90 Daar was teen hierdie tyd al groot ontevredenheid oor die onsekerheid omtrent die verkiesingsuitslag en Land en Volk het selfs reeds op 2 Maart gewaarsku dat daar “verzet – lijdelijk of met geweld” sal wees indien daar nie ’n onpartydige hertelling van die stemme plaasvind nie.91 ’n Kommissie bestaande uit drie lede van die Joubert-faksie en drie van die Kruger-faksie is daarna deur die Eerste Volksraad aangewys om ’n noukeurige hertelling van die stemme te doen en daaroor verslag te doen.92

Die kommissie het egter slegs ’n paar dae, van Vrydag 5 Mei 1893 tot die volgende Dinsdag, tot sy beskikking gehad om sy ondersoek te voltooi. Daarom skryf The Star tereg dat die tyd wat toegelaat is, “entirely insufficient” was “to satisfy the adamant dissatisfaction of the bulk of the Joubert party”.93 Die kiesers, sê die koerant, sal weier om te glo dat die komitee in drie werksdae ’n taak kan verrig wat die uitvoerende gesag byna drie weke geneem het om af te handel. Daarom vra die koerant: “[W]hat other term will suffice to describe their enquiry as a solemn farce?”94 Die hele aangeleentheid moes eerder na die hooggeregshof verwys gewees het, skryf The Star en voer aan dat die Joubert-party ’n groot taktiese fout begaan het deur hul besware omtrent die ongerymdhede tydens die verkiesing aan ondersoek deur ’n Volksraadskommissie oor te laat.95 Carl Jeppe, die Eerste Volksraadslid vir Johannesburg, het ook in ’n belangwekkende toespraak die mening gelug dat ’n hof, en nie ’n Volksraadskommissie nie, oor die finale uitslag moes beslis het.96 The Star het selfs so ver gegaan om te skryf: “The Executive should have been summoned to appear before the High Court and show cause why the Presidential election return should not be amended.”97

Die kommissie het uiteindelik die voorlopige uitslag bevestig, maar in die Volksraad was daar steeds ernstige bedenkinge oor die korrektheid daarvan. R.K. Loveday, die lid vir Barberton, het daarop gewys dat daar geen verwysing in die kommissieverslag was na generaal Piet Joubert se protes nie en dat Joubert ook nie die geleentheid gegee is om bewyse of dokumente ter stawing van sy protes te verskaf nie.98 Die Transvaal Advertiser maak ook in ’n kort beriggie getitel “The so-called scrutiny” die hertelling van die stemme as ongeloofwaardig af.99

Verdere twyfel oor die administrasie tydens die verkiesing is gesaai toe Eugène N. Marais, die redakteur van Land en Volk, kort ná die verkiesing ’n regsmening deur advokaat J.W. Wessels gepubliseer het wat verklaar dat dit ingevolge Wet No. 4 van 1871 plaasgevind het en nie in terme van Wet No. 13 van 1891 soos die regering aangevoer het nie. Wessels het ook bevind dat indien stembiljette in sommige gevalle na die landdroste in plaas van direk na die Uitvoerende Raad gestuur is, soos beweer is, daardie stemme ongeldig was. Dit is dus verstaanbaar dat The Star gewag maak van “the state of constitutional chaos under which we live!” en na aanleiding van die bekendmaking van die finale verkiesingsuitslag verklaar: “[I]t has yet to be shown if the one party can shout, [or] whether the other is not sternly prepared to do the shouting.”100 In dieselfde asem vra die koerant dat die Grondwet hersien word: “How urgent the necessity of reducing the Constitution into some order, into some harmony with the new conditions of the State […].”101

Die swakhede in die administrasie van verkiesings het egter nie bloot daaroor gegaan of die korrekte prosedure by die stempunte gevolg is en of die stembiljette na die korrekte amptenaar of instansie gestuur is nie, want die kieserslyste self was soms onakkuraat. Die veldkornette moes lyste van stemgeregtigdes in hul onderskeie wyke jaarliks in November en Desember op datum bring en ’n gesertifiseerde afskrif daarvan aan die landdros verskaf, wat dit op sy beurt aan die staatsekretaris moes stuur (Hugo 1947:50). Dié lyste was dikwels onnoukeurig en is soms ook nie deur die landdroste of die mynkommissarisse in die goudmyngebiede – na gelang van die omstandighede – gesertifiseer nie.

Die pers was deeglik van dié gebreke bewus. Daarom skryf The Star in verband met die uitslag van die verkiesing ná die hertelling van die stemme: “So faulty is the law, according to our information, that the burgher lists, where any such exist, cannot even be regarded as final […].”102 As in aanmerking geneem word dat die lyste moes toon watter nuwe kiesers jaarliks in die wyke aangeteken is en watter as gevolg van verhuising of om ander redes uitgesluit is, asook wie vir lede van die Eerste Volksraad en die Tweede Volksraad onderskeidelik mag stem (Hugo 1947:50), was daar ’n groot moontlikheid van onduidelikhede en foute gedurende die stemproses.

Kruger self as president word deur die pers vir die gebrekkige kiesstelsel geblameer en The Star betwyfel dit of die verwarring hoegenaamd onder sy presidentskap opgeklaar sal kan word: “Is it possible for him to revise the Grondwet, to cleanse the public departments and to break up that pernicious system of centralisation which renders the Republic a Republic in nothing more than name?” En die koerant betreur “the entire absence of the judicial element from our electoral procedure […].”103

Die Transvaal Advertiser het die hertelling van die stemme deur die kommissie afgemaak as “the so-called scrutiny of the polling lists, cooked by by members of the Raad, Fieldcornets, Landdrosts and Mining Commissioners”.104 Dié koerant het sy verontwaardiging omtrent die hele verkiesingsage soos volg opgesom: “Never in the history of this country has there been so profound a sentiment stirred in the bosoms of the burghers as on the present occasion.”105

Hierdie heftige gevoelens wat die bedenklike hantering van die verkiesingsuitslag ontketen het, is waarskynlik die akkuraatste uitgedruk deur die Express soos in ’n hoofberig in die Advertiser aangehaal: “The Transvaal presidential election is about the meanest bit of business a man could come across.”106

The Star het oor die stemmery in Johannesburg beweer dat ’n klomp stemme daar uitgebring is deur persone wie se name nie op die kieserslys verskyn het nie en tot die slotsom gekom: “If practices such as this have prevailed to a similar extent all over the country [...] what a lamentable and abominable farce [...].”107

Die “oplossing” van die onenigheid omtrent die wettigheid van die verkiesing en van die uitslag, naamlik om dit in die hande van ’n kommissie van die wetgewende liggaam te laat, was totaal onversoenbaar met ’n demokratiese staat. Dit moes in die hande van die hooggeregshof gelaat gewees het.

 

6. Slotbeskouing

Kruger se reputasie as staatshoof is beslis geraak deur swak bestuur en wanpraktyke in die staatsdiens. Land en Volk skryf by geleentheid dat die President sy vriende swak kies en wys in dié verband op sy verbintenis met Bension Aaron.108 In Heydenrych (2014) is gemeld dat Aaron die voorsitter van Kruger se Johannesburgse verkiesingskomitee voor en tydens die presidentsverkiesing van 1893 was, en dat hy na bewering persoonlik £1 000 tot Kruger se verkiesingsfonds bygedra het. Boonop was Aaron grootliks daarvoor verantwoordelik dat Kruger oorreed is om vir die opening van die Joodse Parkstraat-sinagoge in September 1892 Johannesburg toe te kom – een van sy min besoeke aan die stad. Die Standard and Diggers’ News spreek sy verbasing uit dat Kruger hiertoe ingestem het: “How Mr. Raphaely and Mr. Bension Aaron have worked the oracle so successfully remains unexplained and a delicious mystery.”109 Die skuldigbevinding van Aaron aan gepoogde omkopery in verband met die standplaasskandaal op die Johannesburgse goudveld en die boete van £500 en gevangenisstraf van een maand wat hy in 1893 opgelê is, moes dus ongetwyfeld Kruger se aansien in die openbare oog skade berokken het. Dit kon één belangrike rede gewees het waarom hy nie so goed in die presidentsverkiesing van 1893 gevaar het nie. Daar steek dus waarheid in die vroeër genoemde bewering van Land en Volk dat Kruger sy vriende sleg gekies het en dit het beslis ook die aanstellings in die staatsdiens en sy omgang met regeringslede en amptenare geraak. Sy noue verbintenis met en lojaliteit teenoor Christiaan Joubert, en sy verdediging van Joubert en sy amptenare in verband met die standplaasskandaal is ’n sprekende bewys hiervan.

Ander gebreke in die staatsdiens onder Kruger, soos die aanstelling en behoud van amptenare bloot op grond van hul patriotisme, het beslis die administrasie ’n slegte naam gegee. Afgesien van die geval Christiaan Joubert as hoof van die Departement van Mynwese was daar ook swak aanstellings soos dié van H. Kroes as inspekteur van kantore wat min belofte ingehou het dat dit die gebrekkige finansiële bestuur van staatskantore sou verbeter.

Kruger se verdediging van amptenare se tekortkominge en foute het die situasie vererger. Afgesien van die President se verontskuldiging van Christiaan Joubert en sy amptenare in verband met die standplaasskandaal het dit ook in ander gevalle gebeur, byvoorbeeld toe die mynkommissaris van Krugersdorp in 1894 twee en ’n half maande langer as sy verloftyd van sy kantoor afwesig was.110 Later verklaar die Transvaal Advertiser: “And yet Mr. Kruger sings psalms and revels in a holy fervour.”111 Dit is ’n verwysing na Kruger se neiging om, veral tydens sy Paardekraaltoesprake, godsdienstige verwysings te gebruik en psalms te laat sing, terwyl die administrasie van die land, na dié koerant se mening, veel te wense oorlaat.

Die tekortkominge in die staatsdiens van die Republiek was vroeg reeds merkbaar, maar is grootliks deur omstandighede na die ontdekking van goud op die Witwatersrand vererger, omdat die administrering van die goudveld groot nuwe uitdagings gestel het. En ongelukkig was juis die administrasie van die goudveld onder Christiaan Joubert gebrekkig.

Die probleme rondom die administrasie van die presidentsverkiesing van 1893 werp ook ’n swak lig op die gehalte van die staatsdiens. Die onsekerheid wat na afloop van die verkiesing ontstaan het omtrent die korrekte wetgewing ingevolge waarvan die presidentsverkiesing moes plaasgevind het, toon duidelik die gebrekkige situasie in die staatsmasjinerie ten opsigte van die uiters belangrike kwessie van vry en regverdige verkiesings. Bowendien was die oplossing wat op Kruger se voorstel daarvoor aangewend is, naamlik die aanstel van ’n kommissie van die wetgewende gesag om die kwessie te besleg, bedenklik en totaal vreemd aan ’n demokratiese opset. ’n Regsmening deur die regterlike gesag oor die onsekerheid omtrent die wettigheid van die verkiesing sou die aangewese oplossing gewees het.

Soos aan die begin van hierdie artikel aangedui is, het die finansiële administrasie onder Kruger ook sleg afgesteek teenoor dié in die Britse kolonies soos die Kaapkolonie, waar die amptenare baie jare se ervaring van goeie finansiële administrasie in hul vaderland, Brittanje, opgedoen het. Daarteenoor het die swak opvoedingspeil van burgers van die Republiek wat as amptenare moes dien, en Kruger se eie gebrek aan opvoeding en sy ontoereikende kennis van regeerkunde, beslis tot administratiewe gebreke in die Republiek bygedra, en so ook Kruger se onvoldoende begrip van die demokrasie en magsdeling. Dié gebreke, soos dit in die landsadministrasie uiting gevind het, lê oop en bloot voor die navorser en die leser.

 

Bibliografie

Boeke, verhandelings, proefskrifte en tydskrifartikels

De Klerk, P. 1969. Die geskiedskrywing oor Paul Kruger. Ongepubliseerde MA-verhandeling, PU vir CHO.

Gordon, C.T. 1970. The growth of Boer opposition to Kruger, 1890–1895. Kaapstad: Oxford University Press.

Heydenrych, H. 2014. Eugène N. Marais as redakteur van Land en Volk, 1890–1896.

LitNet Akademies, 11(3):896–938. http://www.litnet.co.za/assets//pdf/joernaaluitgawe_11_3/GW_14_Eugene_Marais_as_redakteur_van_Land_en_Volk_Heydenrych.pdf (30 Januarie 2017 geraadpleeg).

Hugo, M.J. 1947. Die stemregvraagstuk in die Zuid-Afrikaansche Republiek. Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis. Kaapstad: Staatsdrukker.

Marais, J.S. 1961. The fall of Kruger’s Republic. Oxford: Oxford University Press.

Mendelsohn, R. 1991. Sammy Marks. “The uncrowned king of the Transvaal”. Kaapstad: David Philip Publishers en Jewish Publications, South Africa.

Muller, C.H. 2016. Policing the Witwatersrand: A history of the South African Republic Police, 1886–1899. Ongepubliseerde DPhil-proefskrif, Universiteit van die Vrystaat.

Ross, R., A.K. Mager en B. Nasson (reds.). 2012. Cambridge history of South Africa. Volume 2: 1885–1994. Cambridge: Cambridge University Press.

SABW (Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek). Deel I, W.J. de Kock (red.) 1976 (2de druk), Pretoria: RGN; Deel II, W.J. de Kock en D.W. Kruger (reds.) 1986 (2de uitgawe), Pretoria: RGN.; Deel III, D.W. Kruger en C.J. Beyers (reds.) 1977 (1ste uitgawe), Pretoria: RGN.; Deel V, C.J. Beyers en J.L. Basson (reds.) 1987, Pretoria: RGN.

Trapido, S. 2012. Imperialism, settler identities, and colonial capitalism: The hundred-year origins of the 1899 South African War. In Ross e.a. (reds.). 2012.

Van den Bergh, G.N. 1975. Die polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek. Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis. Kaapstad: Staatsdrukker.

Van Onselen, C. 2015. Showdown at the Red Lion. The life and times of Jack McLoughlin, 1859–1910. Johannesburg: Jonathan Ball Publishers.

Webb, C. 1952. The Uitlander movement in the South African Republic before the Jameson Raid. Ongepubliseerde BA Hons-skripsie. Universiteit van die Witwatersrand.

Koerante

De Volksstem, 1890–1895

Land en Volk, 1890–1895

Standard and Diggers’ News, 1890–1895

The Press, 1894–1895

The Star, 1890–1895

Transvaal Advertiser, 1890–1895

Amptelike publikasies

Notulen Eerste en Tweede Volksraad, 1890–1895

 

Eindnotas

1 The Star, 20 Maart 1893, “Tried and found wanting”.

2 The Star, 16 Maart 1893, “Republics and their attributes”.

3 Transvaal Advertiser, 2 Februarie 1895, Hoofberig.

4 Transvaal Advertiser, 29 Augustus 1893, Hoofberig.

5 Vgl. C.T. Gordon se opmerking hieroor in The Growth of Boer opposition to Kruger, 1890 to 1895, ble. xii–xiii.

6 Transvaal Advertiser, 13 Junie 1893, Hoofberig.

7 De Volksstem, 18 Augustus 1894, “Bestuur”.

8 Transvaal Advertiser, 20 Junie 1893, Hoofberig.

9 Transvaal Advertiser, 20 Junie 1893, Hoofberig.

10 Transvaal Advertiser, 20 Junie 1893, Hoofberig.

11 Transvaal Advertiser, 15 November 1895, Hoofberig.

12 Transvaal Advertiser, 14 Oktober 1893, “About goals – Who ought to be in them?”

13 Transvaal Advertiser, 5 Desember 1892, “The ills of nepotism”.

14 Transvaal Advertiser, 8 Desember 1893, “Amphi Bias. Publick works”.

15 Transvaal Advertiser, 1 November 1893, “Nepotisme”.

16 Transvaal Advertiser, 14 Oktober 1893, “About goals – Who ought to be in them?”

17 Transvaal Advertiser, 30 Augustus 1895, “Another Wolmarans move”.

18 Volgens Cornelis Muller se doktorale proefskrif (2016:64) is sy aanstelling in November 1887 deur die Uitvoerende Raad goedgekeur maar nie deur middel van ’n formele resolusie bekragtig nie; volgens Schutte se biografie in die SABW, V:739 het hy die pos sedert 1889 beklee.

19 Standard and Diggers’ News, 11 Oktober 1894, “The Great State Scandal. The Police of Johannesburg. Commandant Schutte on their condition. Undermanned and underpaid”.

20 Standard and Diggers’ News, 15 Oktober 1894, “The Johannesburg police force”.

21 The Star, 13 Oktober 1894, “Police and public”.

22 The Star, 13 Oktober 1894, “Police and public”.

23 Standard and Diggers’ News, 2 Mei 1894, “Johannesburg police force”.

24 The Star, 13 Oktober 1894, “Police and public”.

25 Standard and Diggers’ News, 15 Oktober 1895, “The local police force”

26 The Star, 15 November 1895, “The civil service chaos”.

27 Standard and Diggers’ News, 15 November 1895, Hoofberig.

28 De Volksstem, 16 November 1895, “Het ontslag van den Staatsprocureur”.

29 De Volksstem, 16 November 1895, “Het ontslag van den Staatsprocureur”.

30 Standard and Diggers’ News, 15 November 1895, “Wanted: A State Attorney”.

31 Standard and Diggers’ News, 15 November 1895, “Wanted: A State Attorney”.

32 The Star, 15 November 1895, “The civil service chaos”.

33 Transvaal Advertiser, 15 November 1895, Hoofberig.

34 De Volksstem, 16 November, 1893, “Het ontslag van den Staatsprocureur”.

35 Transvaal Advertiser, 15 November 1895, Hoofberig.

36 Standard and Diggers’ News, 15 November 1895, “Wanted: a State Attorney”.

37 Transvaal Advertiser, 15 November 1895, Hoofberig.

38 Standard and Diggers’ News, 11 Oktober 1894, “The greatest state scandal”.

39 De Volksstem, 16 November 1895, “Het ontslag van den Staatsprocureur”.

40 Transvaal Advertiser, 15 November 1895, Hoofberig.

41 Transvaal Advertiser, 10 Augustus 1893, Hoofberig.

42 Transvaal Advertiser, 10 Augustus 1893, Hoofberig.

43 De Volksstem, 9 November 1892, “Het kantoor van mijnwezen”.

44 Land en Volk, 14 Julie 1892, “Nog eens het mijnwezen”.

45 Transvaal Advertiser, 10 Februarie 1893, “Mr. Christiaan Joubert and Mr. Van Vooren”.

46 The Star, 16 Maart 1893, “Republics and their attributes”.

47 De Volksstem, 27 Julie 1892, “Tweede Volksraad, Woensdag 27 Julie”.

48 De Volksstem, 30 Julie 1892, “Tweede Volksraad, Donderdag 28 Julie”.

49 Transvaal Advertiser, 25 Mei 1893, “The Raads in session”.

50 The Star, 29 Julie 1892, “Do anything but snivel”.

51 De Volksstem, 19 April 1893, “Hooggerechtshof. De Staat vs. Gerrit Verstegen”.

52 Transvaal Advertiser, 22 Julie 1893, “S.J.P. Kruger, Q.C.”.

53 Transvaal Advertiser, 14 Maart 1893, “The Minister of Mines and Mr. Ribbink”.

54 The Star, 2 Mei 1893, “The speech”.

55 Transvaal Advertiser, 10 Februarie 1893, “Mr. Christiaan Joubert and Mr. Van Vooren”.

56 The Star, 16 Maart 1893, “Republics and their attributes”.

57 De Volksstem, 31 Mei 1893, Redaksioneel.

58 The Star, 31 Mei 1893, “The Minister’s report”.

59 Transvaal Advertiser, 10 Junie 1893, Hoofberig.

60 Vgl. Transvaal Advertiser, 10 Junie 1893, Hoofberig.

61 Transvaal Advertiser, 2 Mei 1893, “Amphi Bias”.

62 The Star, 19 Junie 1893, “Inviting the thunderbolt”; Transvaal Advertiser, 21 Junie 1893, “Fallen out”.

63 The Star, 24 Junie 1893, “Oom Christiaan again”.

64 Transvaal Advertiser, 23 Julie 1893, Hoofberig.

65 Transvaal Advertiser, 23 Julie 1893, Hoofberig.

66 Loopbaanskets in The Star, 15 September 1891, “State Mining Engineer. Portrait and jottings”.

67 The Star, 19 Junie 1893, “Inviting the thunderbolt”.

68 Notule Tweede Volksraad, 1895, art. 162.

69 Notulen Tweede Volksraad, 1894, art. 182.

70 Notulen Tweede Volksraad, 1894, art. 142.

71 Transvaal Advertiser, 21 Augustus 1894, “Afternoon sitting”.

72 Transvaal Advertiser, 22 Augustus 1894, “Second Chamber, Wednesday 22 August. Inspection of offices”.

73 Transvaal Advertiser, 22 Augustus 1894, “Second Chamber, Wednesday August 22. Inspection of offices”.

74 Standard and Diggers’ News, 25 Augustus 1894, “Second Chamber. Inspection of offices”.

75 Notulen Tweede Volksraad, 1894, art. 185.

76 Notulen Tweede Volksraad, 1894, art. 781.

77 Transvaal Advertiser, 29 Oktober 1894, “Survival of the misfits, or universal selection”.

78 De Volksstem, 1 Augustus 1894, “Tweede Volksraad”.

79 Notulen Tweede Volksraad, 1894, art. 782

80 Transvaal Advertiser, 29 Oktober 1894, “The survival of the misfits, or Universal Selection”.

81 Transvaal Advertiser, 31 Oktober 1894, “Original correspondence”.

82 Notulen Tweede Volksraad, 1894, art. 781.

83 Transvaal Advertiser, 31 Oktober 1894, “Original correspondence”.

84 De Volksstem, 22 April 1893, “Een nieuwe verkiesing?”.

85 Transvaal Advertiser, 2 Februarie 1895, Hoofberig.

86 Transvaal Advertiser, 26 Februarie 1895, Hoofberig.

87 De Volksstem, 1 Maart 1893, “Presidents-Verkiezing”.

88 De Volksstem, 15 April 1893,, “Presidents-Verkiezing”; Land en Volk, 20 April 1893, “De Kiezing”.

89 Notulen Eerste Volksraad, 1893, art. 53; Sien ook brief van Joubert aan Kruger en lede van die Uitvoerende Raad, 21 Maart 1893 in Land en Volk van 18 Mei 1893.

90 Notulen Eerste Volksraad, 1893, art. 52.

91 Land en Volk, 2 Maart 1893, “Rechtvaardigheid of oproer”.

92 Notulen Eerste Volksraad, 1893, art. 55.

93 The Star, 9 Mei 1893, “Sold”.

94 The Star, 9 Mei 1893, “Sold”.

95 The Star, 10 Mei 1893, “A false move”

96 The Star, 13 Mei 1893, “Mr. Jeppe’s speech”.

97 The Star, 10 Mei 1893, “A false move”.

98 Transvaal Advertiser, 12 Mei 1893, “All the fault of the Volksraad”.

99 Transvaal Advertiser, 14 April 1893, “The so-called scrutiny”.

100 The Star, 13 April 1893, “The numbers are not up”.

101 The Star, 13 April 1893, “The numbers are not up”.

102 The Star, 20 Maart 1893, “Tried and found wanting”.

103 The Star, 20 Maart 1893: “Tried and found wanting”.

104 Transvaal Advertiser, 7 April 893, “Kodikasine. The scrutiny”.

105 Transvaal Advertiser, 22 Maart 1893, Hoofberig.

106 Transvaal Advertiser, 5 Maart 1893, Hoofberig.

107 The Star, 20 Maart 1893, “An abominable scandal”.

108 Land en Volk, 4 Mei 1893, “Kruger’s vrienden”.

109 Standard and Diggers’ News, 9 September 1892, “The President and the Jews”.

110 Vgl. hieroor The Star, 25 Augustus 1894, “How it works”; Transvaal Advertiser, “Second Chamber, Afternoon Sitting, Mr. Smit-Krugersdorp”; De Volksstem, 25 Augustus 1894, “Tweede Raad, Dinsdag, 21 Augustus, Mijnheer Smit te Krugersdorp”; Notulen Tweede Volksraad, 1894, art. 993.

111 Transvaal Advertiser, 23 Maart 1894, “Kodikasine. Offices, offices everywhere, and not a soul to trust”.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Die staatsdiens van die Zuid-Afrikaansche Republiek, 1890 tot voor die Jameson-inval van 1895 appeared first on LitNet.

Viewing all 21793 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>