Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 22024 articles
Browse latest View live

Vaselinetjie, die film: ’n onderhoud

$
0
0

Vaselinetjie deur Anoeschka von Meck word vanjaar op 22 September op die silwerdoek vrygestel. Die verwerking is gedoen deur René en Corné van Rooyen, met regie deur Corné van Rooyen.

René en Corné werk al vir ’n paar jaar in die filmbedryf. René het onder andere in 2012 kykNET se Silwerskermfees gewen met haar kortfilm, Nantes. Sy was ook die draaiboekskrywer en regisseur van Mooirivier.

René Spies (Foto: Facebook)

Corné was in 2016 die regisseur van Sy Klink soos Lente en in 2014 was hulle medeskrywers en vervaardigers van Hollywood in my Huis.

Von Meck se boek, wat ook voorgeskryf is vir graad 11 leerders, handel oor ’n meisie, Helena Bosman (Vaselinetjie) wat by haar bruin ouma en oupa woon en dan weggestuur word omdat sy wit is. Deur alles wat die lewe haar kant toe gooi, leer ken sy wie sy werklik is.

Sosiale media het Vrydag (19 Mei) omtrent gegons toe Vaselinetjie se amptelike plakkaat vrygestel is.

Ek het met ’n paar mense wat betrokke is by die film gesels om bietjie meer daaroor uit te vind.

Corné van Rooyen

Corné van Rooyen (Foto: Facebook)

Waarom Vaselinetjie?

Toe ek die eerste keer  Vaselinetjie in 2005 gelees het, was ek so diep geraak deur die storie en sy karakters - dit was my grootse droom om eendag ’n film oor die boek te maak, maar ek was ongelooflik bang vir die grootheid, sensitiewe onderwerp - om met ’n klomp kinders te werk wat moet vloek, fight en sulke erge dinge beleef. Dis ervaringe buite my eie verwysingsraamwerk . Nadat ek my eerste film, Hollywood in my Huis in 2013 gemaak het, het ek besluit om my vrese aan te pak en het Vaselinetjie vir kykNET voorgelê om die filmweergawe  aan te pak. ’n Week later het hulle my gebel en gesê dat dit ’n groen lig is ... Ek moes eers gaan skottelgoed was om terug te kom aarde toe!

Waarna kan gehore uitsien?

Die sterkste element in Vaselinetjie (die film) is die rolspelers en spel. Ek en René het ’n jaar voor die tyd begin met oudisies regoor die land. Ons was in die Noord-Kaap, Kaapstad, Gauteng en Durban  en na ons oor die 5 000 kinders gesien het, het ons besluit op die perfekte rolverdeling. Vir byna 80 % van die spelers in Vaselinetjie is dit hul eerste keer voor die kamera  hulle is vir ons die regte mense, wat so na as moontlik aan die karakters is.  

Was dit moeilik om Von Meck se boek vir film te verwerk?

Die verwerking van die draaiboek het rondom ’n jaar en ’n half gevat. Dit was seker die moeilikste ding ooit! Die storie van die boek is so ongelooflik mooi en ek het tot die besef gekom dat Vaselinetjie die sterkste vertel word binne boekformaat  maar hoe om dit in ’n draaiboek te skryf, daarvoor moes ek en René redelik van die boek se gebeure afwyk om die storie ook vir die grootskerm te maak werk. Ons het die karakters en gebeure ons eie gemaak, nes Anoeschka ook ’n diep persoonlike verhouding met haar storie se karakters gehad het.

Die belangrikste vir my was om so na as moontlik te bly aan die storie se temas, siel en hart. Dit gaan daaroor dat daar ’n groter doel met ons lewens is (nog voor ons gebore was),  dit maak nie saak hoe jy in die lewe gekom het of waar jy vandaan kom nie - ons almal het ’n plek in die lewe, maar dis ons reis om dit te vind en na te streef ... Vaselinetjie gaan oor ’n meisie wat ten spyte van haar toekoms en haar tyd in die kinderhuis haar eie doel en plek in die lewe vind.  

Marguerite van Eeden (19) wat tans ’n tweedejaarstudent in Geesteswetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch is, maak haar debuutverskyning in die fliek. Van Eeden, wat ook onlangs te sien was in Sara se Geheim op kykNET, het eers Drama en Teaterstudie studeer en toe oorgeskuif na Geesteswetenskappe.

Marguerite van Eeden en Nicole Bond wat die jonger weergawe van Vaselinetjie speel (Foto: Facebook)

Hoekom het jy vir die film ’n oudisie gedoen?

Toe ek 13 of 14 was het ek van Hollywood in my Huis gehoor. Ek het  op René en Corné se webtuiste gegaan [Red Letter Day Pictures] en gesien hulle gaan Vaselinetjie in ’n fliek maak, toe dog ek ek wil graag daarin speel! Ek het hulle ge-epos en het my agent gevra ek wil daarvoor ’n oudisie doen. En so twee of drie jaar later het hulle begin oudisies hou en ek het gegaan!

Waarna sien jy uit vir wanneer Vaselinetjie begin wys?

Ek sien uit daarna om na skole toe te gaan en te hoor wat mense gedink het, met watter karakters skoolkinders kon relate en hoe dit dalk hul lewe verryk het.

Ek sien ook uit daarna dat mense Corné en René se goeie werk kan sien en beleef watter besonderse mense hulle is, nie net in die filmbedryf nie, maar ook as mense. Die hele span het baie hard gewerk ... grimering, die kunsafdeling en al die akteurs.

Hoekom dink jy is dit belangrik dat Vaselinetjie se storie vertel word?

Dit is ’n belangrike storie vir ’n paar redes. Dit gaan nie net oor Vaselinetjie se lewe nie – dit kan wees vir mans en vroue. Aan die einde van die dag moet sy vrede maak met wie sy is en vanwaar sy kom. Dit maak nie saak wat jou agtergrond is nie, jy moet vrede maak. En dit is moontlik om bo jou omstandighede uit te styg. Al Vaselinetjie se moeilike tye maak haar sterker.

Dit vertel universele stories – die ander karakters gaan ook deur baie stuff. So daar sal iets in die film wees vir almal. Wie ook al die fliek kyk, gaan in een van die karakters iets vind waarmee hulle kan relate. Of hulle lag of huil, of kwaad gaan wees, dit is ’n cool fliek vir Suid-Afrika. Dis waar, dis nie kru nie en die onderwerpe is eg.

Amptelike persverklaring:

Vaselinetjie, Anoeschka von Meck se bekroonde jeugboek, word in September vanjaar as film vrygestel. 

Vaselinetjie (Helena) Bosman, wie al sedert die boek se eerste vrystelling in 2004 in die harte van lesers kruip, woon by haar liefdevolle ouma en oupa in ’n piepklein dorpie in die Noord-Kaap. Op 10-jarige ouderdom word sy egter na ’n weeshuis in Gauteng gestuur omdat sy wit is en nie haar bruin oupa en ouma se regte kleinkind nie. Dit is 1993, Suid-Afrika staan op die kruin van onherroeplike verandering en soos die land verander, so ook word Vaselinetjie in die vreemde, ongenaakbare en gevaarlike wêreld van die weeshuis ’n jong vrou.

Vaselinetjie is ’n film oor die soeke na identiteit en die lang pad na oorlewing om te ontdek wie jy werklik is; ’n huldeblyk aan die krag van die menslike gees, die mag van liefde en ons vermoë om ten spyte van alles wat teen ons saamsweer te triomfeer.

Vaselinetjie is tot draaiboek verwerk deur Corné en René van Rooyen, met Corné ook as regisseur van die film. Saam was die paartjie ook medeskrywers en -vervaardigers van die film ‘Hollywood In My Huis’ wat in 2014 vrygestel is. René was die draaiboekskrywer en regisseur vir ‘Mooirivier’ (2015) en Corné was op sy beurt die regisseur van ‘Sy Klink Soos Lente’ (2016).

Nicole Bond en Marguerite van Eeden maak hul silwerskermdebuut onderskeidelik as jong en ouer Vaselinetjie Bosman. Rolverdeling sluit ook in Arno Greeff, Elzet Nel, Elani Dekker, Marise Loots, Anchen du Plessis, Daniah de Villiers en veteraanakteurs Royston Stoffels en Shaleen Surtie-Richards.

Vaselinetjie, vervaardig deur Danie Bester en Saskia Schiel, is vanaf 22 September 2017 landswyd in teaters te sien.

Sosiale media skakels
Facebook: https://www.facebook.com/Vaselinetjie
Twitter: https://twitter.com/vaselintjiefilm
Instagram: https://www.instagram.com/vaselinetjiefilm

The post Vaselinetjie, die film: ’n onderhoud appeared first on LitNet.


LitNet: Jou vroueregte

Hannah Cornelius (1996–2017)

$
0
0

Hannah Cornelius (1996–2017)

Op ’n foto wagtend
op die Halte na Ewigheid
kyk jy na links,
na die Stasies
genaamd Angs, Vernedering,
Onnoembare ...
agtertoe
daar waar die trein
nooit weer
vir jou sal stop
nie. Nimmer,
nee, nooit weer.
Nou op jou soloreis
met geen retoerkaart
ter hand
reis jy na
Aandblom-is-’n-witblom
digby dusketyd
Blommetjie-vergeet-jou-nie.

The post Hannah Cornelius (1996–2017) appeared first on LitNet.

Skyn bedrieg

$
0
0
As die werklikheid net so verskriklik soos fiksie verheerlik word, sal meer mense dalk glo dat dit waar is.
 
CM

The post Skyn bedrieg appeared first on LitNet.

Moet ons nuwe terme in Afrikaans skep?

$
0
0

My hele tirade gaan oor verskille in taksonomie, wat verlore gaan in Afrikaans.  Bv 'ape vs monkey ' wat net ape genoem word in Afrikaans. Waarom nie "ape" vertaal na hominiede nie? Tog gaan daar dan weer probleem wees met verstaan. Kom Angus, skep nou nuwe Afrikaanse terme. Ons weet dat daar BAIE groot taksonomie-verskille in die vereenvoudigde Afrikaanse term aap is. "Monkey" het stert, "ape" is hominiede. "Baboon" is bobbejaan en bobbejane het bekke soos honde. Kom Angus, doen jou Afrikaanse ewolusie-ding nou ... 

The post Moet ons nuwe terme in Afrikaans skep? appeared first on LitNet.

Graad 10-wiskundevraestel: vraestel 2

ANC se skuimrubbertande ontbloot?

$
0
0

Die afgelope paar dae het die troebel water waarop die ANC se politieke bootjie dobber, duidelik sigbaar geword.

Meer as dit, die eens trotse organisasie is ontbloot as heeltemal uit voeling met die gevoelens van die kiesers. Of hulle het die punt bereik waar kiesers irrelevant geword het. ’n Week gelede het ’n amateurvideo die ronde begin doen op sosiale media. In hierdie video, skynbaar met ’n selfoon geneem, probeer ANC-lede met ’n ou vrou praat waar sy besig is om die grond voor haar huis skoon te vee met ’n tuisgemaakte besem. Die vrou vra hulle om haar uit te los en weg te gaan. Hulle ignoreer haar en hou aan praat. Dan vererg die vrou haar vir hulle, en begin hulle uittrap vir die ANC se vele wandade. Die video eindig met die vrou wat hulle aanspreek oor hulle met blink karre daar aankom, maar die kinders in die gemeenskap moet honger ly. Die vrou is op die oog af onbewus dat sy afgeneem word.

Haar woede oor die wyse waarop sommiges in die ANC vet word op die soustrein terwyl die meeste mense nog in armoede en wanhoop leef, is waarskynlik meer algemeen as wat vermoed was. Mense is nie dom nie.

Koppel dit aan die nuus wat pas bekend geraak het dat Net1, die organisasie wat verantwoordelik is vir uitbetaling van Sassa-gelde, R1 miljard wins gemaak het uit die onwettige kontrak met die Departement. Koppel dit aan die nuus dat Serge Belamont, die uitvoerende hoof van Net1, se kontrak beëindig is met ’n troos van ’n R263 miljoen eenmalige uitbetaling, asook ’n maandelikse konsultasiefooi van R657 000.

Mense is nie dom nie. Dit neem nie ’n groot sprong om af te lei dat radikale ekonomiese transformasie in hierdie geval ten koste van die armes gebeur nie.

Die munisipale tussenverkiesings in Nquthu en Beaufort-Wes ’n week gelede behoort die waarskuwingsliggies te laat flikker vir die regerende party. In albei gevalle het hulle lelik op hulle baadjies gekry. Kiesers is ontevrede, en hulle wys dit met die kruisies wat hulle trek. Onverklaarbaar het die uitvoerende komitee die naweek steeds voortgegaan om Zuma te beskerm, ten koste van die land se belange.

Maya Angelou het ’n paar jaar voor haar sterfte dié stelling gemaak: “If someone tells you who they are, believe them.” Zuma en Gwede Mantashe het albei herhaaldelik gesê dat die ANC se belange voor die land se belange kom, en dat hulle verwag van ANC-lede in die parlement om in ooreenstemming met ANC-beleid te stem. Ons kan nie kla dat ons nie gewaarsku was nie.

Maar die afgelope ruk, en veral na die naweek se vergadering, het die retoriek verander en word ANC-belange en Zuma se belange nou as dieselfde voorgehou. Dis ’n politieke en strategiese fout. Zuma mag dalk nog aansienlik baie steun binne die party geniet, en beslis baie steun by die setel van besluitneming in Saxonwold, maar kiesers is keelvol. Hulle voel dit aan eie bas wanneer brood en mieliemeel duurder is, taxigeld opgaan want die petrolprys styg, kragtoevoer ongereeld is en water besig is om op te droog. Dit terwyl Zuma en sy kamerade so besig is om met hul snoet in die trog te staan dat hulle nie agterkom (of omgee) dat die land begin krepeer nie.

Daar is ’n groter prentjie om in ag te neem. Die e-posse wat die afgelope naweek in koerante en op sosiale media versprei is as bewys dat die Guptas strategiese regeringsaanstellings beheer, is maar net die begin. Waar kom die skielike gretigheid van regeringskant dat die openbare beskermer ondersoeke moet doen, nou vandaan? Onder Thuli Madonsela het hulle sover moontlik probeer keer dat die OB enigiets ondersoek. Nou skielik nader hulle die nuwe OB? En die persone wat die gretigste is om haar te nader, is almal persone wie se name in verband met die staatskaping genoem is. Hulle is duidelik nie bekommerd dat die nuwe OB enigiets verdoemend teen hulle sal beslis nie.

Al hoe meer word daar van die howe verwag om politieke geskille te besleg. Sewentien poste vir regters moet gevul word. Kiesers en burgerregte-organisasies was dalk nie waaksaam genoeg toe die OB-pos gevul moes word nie. Indien ons as ’n land wil voortgaan om vertroue in die regsprekende gesag te geniet, sal ons baie meer versigtig moet kyk na die kandidate wat voorgestel word vir die beskikbare posisies.

Daar is meer as een manier waarop demokrasie onder ons neuse weggesteel kan word. Partydigheid op die regbank is een van die gevaarlikstes. Ons hoef maar net te kyk wat in Zimbabwe en ander lande verder noord gebeur om te weet hoedat ons op ’n mespunt wentel.

Ons kan ons ook nie op die regerende party beroep om die regte ding te doen nie. Die afgelope paar dae het bewys dat hulle skuimrubbertande het. Nie net die regering is gekaap nie. Die regerende party is ook gekaap.

Ons is op ons eie.

The post ANC se skuimrubbertande ontbloot? appeared first on LitNet.

Press release: “Streetkids” to perform at Artscape’s Zip Zap Circus lunch hour concert

$
0
0

Zip Zap Circus will be bringing a fun-filled performance to the Artscape Lunch Hour Concert on the 6th of June from 1pm–2pm. Amongst the artists taking part in the concert through juggling, Cyr Wheel and hand to hand will be Phelelani Ndakrokra. He was fortunate enough to have gained a second chance in life following his traumatic upbringing on the streets.

Phelelani (Ree) was born in 1995 as a “born-free” in the alleyways of Cape Town. He spent his early years living on Long Street as a street-child. At the age of 11 years, he and his family then moved to the Eastern Cape only to return to Cape Town two years later where they still had to pick up from where they had left off.

Says Phelelani Ndakrokra: “On the streets, you learn from everything you see. When I was 7, I saw a guy walking on his hands, I kept trying until I also could stand on my hands”. 

Phelelani then moved into the Multi Service Centre, a shelter for youth at risk where he was introduced to Zip Zap as part of their extramural activities and began attending Zip Zap’s “A second chance” programme in 2010.  His love for the circus and the performing arts aided his career development which turned his fortunes around.

Phelelani now specializes in acrobatics: he performs Cyr wheel and straps. Joining him on the bill is Jacobus Claasen (24) who grew up in the Cape Winelands, Paarl, in a suburb rife with gangsters and alcohol. Facing many challenges at home, he spent many years sleeping on the streets before finding himself a youth shelter where he discovered Zip Zap. He has come a long way and has performed around the world already. He was also the main character in a Canadian documentary First Man for five months in 2016. He currently manages the beginners programme and is able to perform two solo acts and three duets at high level.

The concert follows two very successful tours to Zurich and Reunion Island where they received standing ovations.

The lunch hour concerts are an integral part of Artscape’s mission as an inclusive cultural centre for all, showcasing all arts genres and the collaboration with in-house companies to showcase their wares free of charge to the public.

The post Press release: “Streetkids” to perform at Artscape’s Zip Zap Circus lunch hour concert appeared first on LitNet.


’n Oog vir ’n oog

$
0
0

Die nag is besig om te wyk. In die dounat sand kan sy die spore van die wit Toyota Corolla sien glim. Sy durf nie beweeg nie, maak nie saak hoe ongemaklik haar posisie is nie. Nie voordat sy doodseker is hulle is regtig weg nie.

Vroegmôre ruk sy wakker. Sy moes in hierdie gehurkte posisie op die stang van die ou trein aan die slaap geraak het. Die helder sonstrale verblind haar. Haar bene het pynprikkels van ure se ongemaklik sit.

Hulle moet nou al weg wees. Die mans in die Corolla wat haar en Pam agtervolg het; wat teen dié tyd heel moontlik al mince gemaak het van Pam. Hopelik het hulle háár al vergeet en koers gekry na hul huise en vrouens toe.

Sy sien nog die gretige hande van die dronk mans wat deur die oop ruite na hulle toe gryp, die uitgevrete uitdrukkings in hul oë en die vulgêre uitroepe, asof jong meisies vir hulle maar net speelgoed is. Asof meisies wat in kuierplekke rondhang, goedkoop vermaak is vir besope mans om na willekeur te gebruik.

Sy strek haar bene en arms en kom regop. Haar oë bespied die gebied en toe sy seker is sy is veilig, begin sy aanstap in die rigting van die hoofpad en dan woonbuurt toe. Hoe nader sy aan die woonbuurt kom, hoe vinniger stap sy. Met net een gedagte wat oor en oor deur haar kop maal: Here, laat Pam tog net ongedeerd wees.

Sy sien die ineengekrimpte figuur teen een van die nuwe sinkhokke wat nog aan’t bou is, nes sy al ’n ent in die woonbuurt ingeloop het. Behalwe ’n paar mans wat daar naby sit en rook, is dié deel van die buurt doodstil.

Sy stol in haar spore. Sy herken Pam slegs aan haar dik vlegsels wat woes bokant haar kop in alle rigtings hang. Haar gesig is so dik geswel soos ’n sokkerbal en haar donker vel het plek-plek donkerrooi blink vlekke. Sy sit-lê skeef teen die sinkplate, haar kniekoppe styf teenmekaar, tot teenaan haar kennebak getrek. Haar hele lyf ruk soos sy bewe.

“Pam?” Wena sluk. Die leegheid in haar ingewande dreig om deur haar keel te stoot. “Dis ekke, hoor jy my?” Here, sy wou loskom, en sy sweer sy sou wou teruggaan om Pam uit die kar te gaan ruk na hulle dit reggekry het om die skraal lyfie daar in te boender. Maar sy kón nie. Sy kon nie haarself ook aan hulle uitlewer nie.

Pam se kykers sit groot in haar oogkaste. Hulle roer skaars.

“Wena.” Haar mondhoeke trek, effens bewerig.

Dit neem ’n goeie klompie dae voor Pam weer soos Pam lyk. Dae waarin Wena haar moet versorg en vertroetel soos haar eie ma nog nooit gedoen het nie. Maar Wena doen dit. Haar eie skoolwerk ly hieronder. Maar hoe kan sy wat Wena is, saans skoolwerk doen, skool toe gaan en aangaan met haar lewe asof niks gebeur het nie? Sy en Pam het mekaar op straat leer ken. En hulle het mekaar aangeneem. Vir mekaar die ouers gewees wat hulle nie wou gehad het nie.

Die dooie uitdrukking in Pam se oë wyk nie waar sy teen die spierwit provinsiale kussings teruglê in die hoop dat haar lyf sal herstel nie.

Saterdagaand is Wena weer by die dansplek. Deur die week is daar hier en daar iemand wat sorg dat hulle iets te ete kry. Maar naweke het hulle geleer om dronk mans se sakke te ruk by die dansplek. Nooit het hulle gedink hulle sou hul rieme só styfloop nie.

Dit word hard gelag en gul gekuier. Die poeiertjies vloei bykans vinniger as die drank, maar Wena en haar sesmanskap is houtnugter. Almal seuns ouer as sy en Pam. Almal kinders wat aan hul eie genade oorgelaat is. Maar nou al hardebaarde is. Gebrei deur die lewe se stampe en stote. En nou oorgehaal en op die uitkyk vir die Corolla en sy manne.

Hulle daag nie die eerste Saterdagaand na Pam se verkragting op nie. Ook nie die tweede Saterdagaand nie. Die derde Saterdagaand begin Wena se tjomme fed-up raak van nugter bly en vat ’n paar biere. Hulle wraakgedagtes daarmee heen. Die inkommers wat Pam so opgemors het, het duidelik ander weivelde gaan soek.

“Vleis!” Wena het self nou maar hul wraakplanne vergeet. Maar sy skrik haar in ’n ander dimensie in. Die drie mans wat by die deure ingekom het en nou doodluiters by die kroeg sit om die dansende lywe uit te check, laat haar nekhare rys. Pam is byna haarself en lankal by die huis, maar toe sy hulle sien, kom elke vesel in haar in opstand.

Die ou met die ronde brilletjies herken sy as die bestuurder van die Corolla. Sy kap byna Vleis se ribbes flenters soos sy sy aandag probeer trek.

Soos blits versprei die nuus na al die kamerade van die sesmanskap. Wena moet aas wees, besluit hulle, terwyl hulle sorgvuldig seker maak hul wapens is op die regte plekke.

Wena voel bewerig toe sy en Sylvi, Pam se niggietjie, later by die klub se deur uitploeter. Sleeptong, luidrugtig en swaaiboude. Sy het nie eens in haar dronkste oomblikke so dronk gelyk nie, tik sy haarself op die skouer.

Maar buite kom sy nie agter dat hulle agtervolg word nie. Hulle hou die toneelspel vol terwyl hulle so tien of vyftien minute buite die gebou geselsies maak en op karre se musiek dans en met bekende manne flirt. Maar die mans van die wit Corolla kom net nie uit nie. So ook nie Vleis en die ander vyf nie.

Sylvi raak later moeg en naar tegelyk en wil huis toe. Wena is te teleurgesteld om haar teen te gaan. Sy kan anyway sien die meisiemens is siekerig. Dis nou van allerhande gemors drink. Sy haak by haar in en hulle begin deur die donker stegie aanstap, dan koers kry deur die oop stukkie veld, verby die verlate treinstasie, woonbuurt toe.

Wena slaap ’n dooie hou toe sy laat in die nanag op haar kooi wakker geruk word. Voel of haar hart haar hele lyf vol klop. Vinnig en hard.

“Kom kyk.” Alwyn kan homself skaars beteuel.

“Sjuut, jy sal Pam wakker raas,” fluister sy.

Wena gryp haar sweetpaktop en hol kaalvoet agter hom na buite. Na waar lanterns en karre se ligte die oop stukkie veld naby die stasie verlig. Dit lyk of die hele woonbuurt hier saamdrom.

Alwyn beur deur die skreeuende skare en klou Wena se hand vas selfs toe hulle deur almal gebeur het om die gedruis in die middel van die skare te aanskou.

Wena gryp met haar los hand na haar mond toe sy die prentjie voor haar aanskou. Knyp dan haar oë toe. Sluk aan die knop in haar keel. Probeer haar gevoelens beheer. En moet saam met die skare padgee toe ’n klip na hulle kant toe spat. Want daar in die middel van die verwoede skare lê die drie mans van die wit Corolla vasgebind. En rondom hulle is ’n gemeenskap besig om maande en jare se misdaad teen hul jong meisies te wreek. Die een klip na die ander. Soos in die Bybelse tyd. Toe die polisie, nes beskermende ouers, nêrens gefeature het nie, word die drie mans met yslike klippe gegooi … gestenig en gepynig met elke gooi. Sodat hulle die pyn van Pam en almal soos sy kan voel. Sodat almal wat dalk nog wil, twee keer sal dink.

Wena draai haar rug, loop blindelings die nag in, en ritmies hoor sy die woedende gooi van klippe en nog klippe … in haar hart bid sy vir die drie lewelose figure wat tussen die stof en bosse agterbly. En vir Pam.

The post ’n Oog vir ’n oog appeared first on LitNet.

Jou troudag: Inskrywings

$
0
0

Hier verskyn die inskrywings wat ontvang is vir LitNet se skryfkompetisie:

Skryfkompetisie: Jou troudag

"Vertel vir LitNet hoe jou ideale troudag sal lyk of deel spesiale herinneringe aan jou groot dag. Jy kan ’n boekpakkie wen met ’n boek wat jou gaan help om ’n troue te beplan – en nog ander lekker leesstof!"


 

Klik op die deelnemer se naam om die inskrywing te lees:

Antoinette Lourens, 2 Junie
Linda du Plessis, 2 Junie

Antoinette Lourens

Trou is nie perde koop nie ... Dis mos hoe die spreekwoord lui.

As romantikus gaan ek niemand toelaat om my seepbel te bars nie.

Almal droom van daai sprokiestroue op ’n afgeleë eiland, ma’ ongelukkig help dit nie as jy sjampanjesmaak het, ma’ net ’n biersalaris verdien nie. Ons skik dus vir dit wat wel bekostigbaar is, binne ons begroting. Slegs naaste intieme familie, en vriende sal uitnodigings ontvang.

Die troukaartjies sal ontwerp word om in ’n glasbotteltjie met ’n kurkproppie geplaas te word. Die word dan persoonlik afgelewer.

Gaste word versoek om volgens die seetema aan te trek. Swemdrag of seerower/matroosklere.

Die hele trouseremonie sal afspeel op ’n seiljag se dek, wat net buite die hawe sal anker. Versierings sal die seetema beklemtoon. Die seiljag vertrek om twaalfuur die middag en die makietie sal aanhou tot laatnag.

Kostafels gaan kreun onder eksotiese seedisse en vir diegene wat nie vis eet nie sal daar slaaie, koue vleis en vrugte wees. Tafels het eilandname. Die voorgereg sal bedien word in skulpbakkies.

Nageregte is koue poedings en vrugteslaai. Die troukoek is van roomys, versier met aarbeie en/of sjokoladesous.’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees en op die tafel sal vrugtesappe, pons en vonkelwyn bedien word. Met ys!

Visnette, ankers en skulpe, sal as tafel versierings dien.

Elke gas sal toegelaat word om ’n persoonlike boodskap vir die bruidspaar op ’n lang seildoek te skryf. Die doek sal geraam word as aandenking.

’n Professionele fotograaf sal foto's neem. Alle gaste sal teen sononder saam met die bruidspaar afgeneem word, en kry dan later die foto as aandenking.

Die tradisionele kousband en ruikergooi-storie is heeltemal taboe. Gaste sal deelneem aan ’n skattejagsessie op die seiljag. Gaste mag elk een skat huis toe neem. Skatte sal bestaan uit kostuumjuwele en skulpe wat vooraf versteek word.

Agtergrondmusiek sal deurgaans opklink. Kitaar- en vioolmusiek. Die bruid sal aangestap kom vanaf die kajuit, terwyl "Thinking out loud" van Ed Shereen in die agtergrond speel.

Haar handruiker sal bestaan uit pampoenskulpies, gevleg in die vorm van ’n hartjie. Dit is die bruidspaar se dag en geen vervelige blommemeisies, strooijonkers of hofknapies sal gebruik word nie.

Die bruidegom lyk soos ’n seerower, kleure soos rooi, blou, wit en swart word gebruik. ’n Swart driepunthoed en stewels sal sy uitrusting afrond. Met ’n silwer swaard aan sy sy.

Haar droomrok sal lyk soos die rokkie van die sprokieskarakter Wilma, Fred se vrou, vanuit die animasieprent Flintstones. ’n Spierwit, kort rok met een kaal skouer. Eenvoudig, noupassend met punte by die soomlyn. Kaalvoet, met blomme in haar hare en om haar enkels. Minimum grimering om haar sonbruin vel op sy beste te beklemtoon.

Ek glo nie aan die something borrowed, something blue-tradisie nie.

Met sononder sal skemerkelkies bedien word met soutkoekies en vispatee.

Lanterns sal aangesteek word sodra die son sak. Elke gas sal ’n ryspapierlantern ontvang wat sodra die son sak in die donker vrygelaat word, met hul wense, dat hul diepste drome bewaarheid word.

Die dominee sal lees uit Korintiërs, die hoofstuk wat die liefde besing. Heildronke sal slegs op die bruidspaar en hul ouers ingestel word. Die seremoniemeester sal die gaste vermaak deur hul aan te moedig om saam met die gaskunstenaars se musiek te dans en te sing (karaoke).

Om die sprokiestroue mee af te sluit sal die seerower sy bruid wegvoer om middernag, wanneer hul wegvaar op hul eie reddingsbootjie. Gaste sal hul vaarwel wuif. Vir hul wittebrood sal hul Mauritius toe vlieg.


 

Linda du Plessis

Liriek

My huwelik in  ’n liefdesneutedop

As ons in die maanlig in mekaar se arms staan onthou jy ...

My bruid ek het soveel jare vir jou gewag
gebid vir hierdie spesiale dag
toe jy met die paadjie afstap aan jou pa se sy
was ek verseker dat jy is die vrou vir my
jy haak nou by my in en nou staan ons saam voor God
om vir ewig trou aan mekaar te beloof as huweliksgebod

Vandag is ons troudag my lief
jy my grootste hartedief
waar ons aan mekaar trou beloof vandag
jy met jou mooi oë en hemelse lag
              met my ring is ’n teken van my liefde-trou
              as die kaptein om ons huwelikskip altyd getrou te hou

Ek kyk nou so diep in jou blou oë en ek weet 
dat ek die oomblik nooit ooit sal vergeet
gee mekaar die regterhand en jou hande so fyn
ek beloof aan jou my ewige samesyn
ek neem jou as my wettige vrou om lief te hê
as ons saam ja antwoord en so ons lewe in God se hande lê

Vandag is ons troudag my lief
jy my grootste hartedief
waar ons aan mekaar trou beloof vandag
jy met jou mooi oë en hemelse lag
             met my ring is ’n teken van my liefde-trou
             as die kaptein om ons huwelikskip altyd getrou te hou

Die bruid is klaar en gereed  
die woelige blommemeisie het die trouringe in haar hande beet  
die bruid opgetooi en in spierwit skoonheid gesluier   
terwyl die Pa buite vir oulaas met sy sigaret kuier

Bruidegom staan senuweeagtig voor die preekstoel    
onmoontlike boetman is soos oudergewoonte aan die woel   
gaste wag al ongeduldig vir die pa en die mooie bruid 
onverwags begin stoute klein Jan ’n deuntjie fluit   
die orrelis sit met vingers op die troumars   
en die dominee draai die mikrofoon effens dwars   

Vandag is ons troudag liefie
vandag net ons twee s’n alleen
vandag is ons troudag liefie
vandag kry ons ons troudag-seën
              met my ring is ’n teken van my liefde-trou
              as die kaptein om ons huwelikskip altyd getrou te hou

Die teken word nou gegee 
die deur gaan oop en al die gaste erewag vir haar eerste tree
bruidegom trek sy strikdas reg en glimlag nou breed
ma's sug van verligting en pa vee vir oulaas af sy sweet
die fotograaf trippel vooruit en die kamera bly kliek
die troumars speel en die bruid en gevolg pragtig soos in ’n fliek
Pa haal die sluier af, gee haar ’n soen, gee die bruidegom ’n handdruk   
preek, vra vrae, hul sê ja,  die ring insteek, bruid moet teen trane sluk 
word man en vrou verklaar en nou mag jy die bruid maar soen  
die konfetti gestrooi byna val die bruid van haar hoë hakskoen 

Vandag is ons troudag liefie
vandag net ons twee s’n alleen
vandag is ons troudag liefie
vandag kry ons ons troudag-seën
              met my ring is ’n teken van my liefde-trou
              as die kaptein om ons huwelikskip altyd getrou te hou

Almal ry nou in gelit na die onthaal
wag buite met sjerrie in die hand en stap in die mooi deftige saal    
ou kennisse druk en jare laas gesien en die familie   
groet, druk, deel nuus uit en wie's jy  want kan mekaar nie mooi onthou nie     
die paartjie arriveer en die seremoniemeester      
op sy stukke met heildronke, glasies klink met voorgereg bedien en ete later   
paartjie sny die troukoek en bruidegom soek en bruid gooi die kousband en ma's pik ’n traan   
tafel vol geskenke en die bruidspaartjie open die dansbaan   
na die gelukwense begin die nuwe mnr en mev groet     
die wittebrood wag en met blikkies agterna verdwyn hulle toot-toot   
              met my ring is ’n teken van my liefde-trou
              as die kaptein om ons huwelikskip altyd getrou te hou

Hilda en Riaan Slabbert se troudag op ons plaas Anker Bultfontein


 

The post Jou troudag: Inskrywings appeared first on LitNet.

Kamikaze deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

$
0
0

Kamikaze 
Rudie van Rensburg

Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795801303

Kamikaze is Van Rensburg se vyfde roman, na Pirana, Slagyster, Kopskoot en Judas. Die speurder, kaptein Kassie Kasselman, en sy kollega, Rooi, is weer terug met nog ’n gruwelike moordenaar om te vang.

Maar in hierdie boek is Kassie nie sy toegeeflike, gelukkige werknemer-self nie; hy is kriewelrig. Hy is al sy hele lewe lank ’n polisieman, wat ontmoedig voel met alles wat hy in die media oor sy geliefde SAPD lees, hoor en met sy eie oë sien en ervaar in kolonel Daniels se kantoor by die Nuweland-stasie.

Hy is in die middel van ’n loopbaankrisis toe die oproep met ’n werksaanbod kom, en terwyl hy met al hierdie innerlike woelinge worstel, kom hy teen die grieseligste moordenaar nóg te staan.

Die Pion se moordloopbaan het tentakels wat terugstrek na die apartheidsera, met moderner euwels soos die Afrika-handel in vervalste medikasie, wat ook Kassie se aandag verg. Voeg hierby spioenasie, huurmoord, parlementêre wapenhandelkorrupsie, die skemerwêreld van die ontkleeklub en ’n koue, berekenende reeksmoordenaar en jy gaan beslis wil lees tot die skuldiges aan die pen ry.

Van Rensburg se debuutroman, Slagyster, was een van die drie finaliste vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir Afrikaanse debuutfiksie wat in 2013 by enige uitgewer in Suid-Afrika verskyn het. Slagyster is ook een van die drie finaliste vir die Prys vir Spanningslektuur van die ATKV-Woordveertjies.

Dis duidelik dat die skrywer gemaklik in sy genre is. Hy ken die fyner nuanses van spanning en sy bekwaamheid as boeiende storieverteller, en vermoë om net genoeg te verklap om jou aandag gevange te hou, maak van hom ’n lekkerlees-outeur.

Hy is ook geen vreemdeling vir behendige taalvaardigheid nie: met ’n joernalistieke loopbaan, skakelwese en ’n bekroonde toneelstuk op sy kerfstok is dit geen wonder nie.

Die joernalis in sy bloed sien klein goedjies soos die fabrikate van motors, sigarette, koeldranke en drank, die kleur van hare en klere en die kilheid in ’n moordenaar se oë raak. Daar is soveel klein besonderhede verweef wat regtig bydra tot die gehalte van die inhoud, sonder dat jy dit agterkom.

Ek het geweldige waardering vir goeie taalgebruik, vir ’n selfvertroue oor goeie sinskonstruksie en woordkeuses, en beslis vir navorsing en feitelik korrekte inligting, selfs in fiksie. Daar skuil geweldig baie navorsing agter hierdie boek, maar baie lesers sal dit nie noodwendig opmerk nie. Die boek se pas is vinnig en opwindend en elke hoofstuk bied meer insigte in die karakters en hoekom hulle op sekere maniere optree en sekere besluite neem.

Die karakters is ook nie jou alledaagses nie. Waar kry jy ’n polisiekaptein wat só vaal is dat hy meestal deur sy kollegas én misdadigers onderskat word en as stokperdjies aan ’n boeremusiekgilde behoort en seëls versamel? Of ’n jong spioen wat ’n verbysterende kennis van die spioene van weleer het en elke nuwe taak aanpak met ’n vergelyking van hoe dit jare gelede deur ’n bekende spioen aangepak sou word?

Die ontvouing van die huurmoordenaar se tragiese lewensverhaal wil jou amper simpatie met hom laat kry – maar net tot hy sy volgende onskuldige slagoffer vermoor.

Van Rensburg het ’n vermoë om die karakters voor jou oë lewe te gee. Jy is jammer as een van hulle uit die storie geskryf word.

Ek hoop daar is nog ’n lang loopbaan voor vir kaptein Kassie Kasselman. Maar sluit maar jou voordeur en sit die alarm aan voor jy die boek begin lees. Daar is ’n paar oomblikke waar jy al die vensters se knippe wil nagaan en jou hart wild in jou borskas bons.

The post Kamikaze deur Rudie van Rensburg: ’n resensie appeared first on LitNet.

Terme in Afrikaans

$
0
0

Met Afrikaans word finesse van ander tale vernietig. Bv Macaque sal dan volgens doxa-klankstroom makaka word. Ek dink Angus se "klankstroom"  is pot stront. 

Ek kry geen Google-vertaling vir primate-vertakking wat nie net “aap” is nie.

The post Terme in Afrikaans appeared first on LitNet.

Mini-perde

$
0
0
Is manupilasie ewolusie of nie?
Ek wonder darem oor ewolusie soms ...

The post Mini-perde appeared first on LitNet.

Isaac Newton en teïsme?

Hans Richardt se "Ewolusie-begripstoets"

$
0
0

Hans het vir my gevra om 'n "Ewolusie-begripstoets" op te stel oor sy van, en die uitspraak daarvan. Hier is dit:

Jou van word /riçɑrt/ uitgespreek. Die ch word uitgespreek soos in die Duitse woord ‘ich’. Dis nie ʼn gutturale spraakklank nie, maar ʼn dentale frikatief soos bv. met die uitspraak van ‘geel’ /çe:l/, en nie soos in ‘gaap’ /xa:p/ nie. Dis ook nie 'n dentale frikatief soos in die Engelse woord 'shall' nie. 

Jy kan van Duitse of Nederlandse afkoms wees. Ek vermoed jy is van Duitse afkoms, en ek baseer my vermoede op die onafrikaanse taalstrukture in jou skrywes hier op SêNet. Indien jy van Duitse afkoms is, is jy uiters intelligent, want ek het nog nooit van ʼn dom Duitser gehoor nie. Indien jy dalk van Nederlandse afkoms is, dan maak dit ook nie saak nie, solank jy net gesond is.

Hoe dit ook al sy, jou taksonomiese klassifikasie is en bly Homo sapiens. 

Angus

The post Hans Richardt se "Ewolusie-begripstoets" appeared first on LitNet.


Woordhel

$
0
0
In miljoene jare is daar nog nooit 'n hel ontdek nie, maar in die onintelligente slimmes se koppe is daar altyd een beskikbaar.
 
CM

The post Woordhel appeared first on LitNet.

Sixteen international authors confirmed for the 2017 Open Book Festival

$
0
0

The first authors have been announced for the seventh Open Book Festival and you can have the chance to play a part in it.

Brought to you by the Book Lounge and The Fugard Theatre, Open Book Festival will be presented from 6 to 10 September, once again offering a world-class selection of book launches, panel discussions, workshops, masterclasses, readings, performances and more. The event, which also includes the popular Comics Fest, #cocreatePoetica and children’s and outreach programmes, takes place at The Fugard Theatre, District Six Homecoming Centre and The Book Lounge in Cape Town.

Comics Fest 2016 (Photo: Retha Ferguson)

Open Book Festival has established itself as one of South Africa’s most innovative and leading book festivals. Last year, nearly 10 000 people attended the Festival’s 125 events featuring 251 authors and it has been shortlisted twice for the London Book Fair Excellence Awards. It is committed to creating a platform to celebrate South African writers, as well as hosting top international authors. The festival strives to instill an interest in and love of reading among young attendees, while the programme is designed to engage, entertain and inspire conversations among Festival goers long after the event.

“In addition to announcing the first round of incredible international authors for Open Book Festival 2017, we are inviting people to help be a part of it and launching a Thundafund campaign for this year’s festival,” says festival director Mervyn Sloman.

“Anyone who works on major events will have an understanding of the budgetary challenges and current financial climate that are part and parcel of the sector. Open Book is no different and while we continue to work with key sponsors, we are inviting people who recognise the value of the festival to get involved and support us, so we can retain our independence and continue to put on an event of the scale and calibre visitors have come to expect. You can support the campaign for as little as R100 and every Rand makes a difference.”

To contribute visit www.thundafund.com/project/openbookfestival

“We are excited to be announcing our first round of international authors and have again compiled a useful guide of their books so you can start reading now.”

Author: Ayọ̀bámi Adébáyọ̀ (Nigeria)
Books include:  Stay With Me
Why we’re excited: Ayọ̀bámi was shortlisted for the 2017 Baileys Women’s Prize for Fiction. In 2015, she was listed by the Financial Times as one of the bright stars of Nigerian literature. She has been a writer in residence at numerous institutions and she was shortlisted for the Miles Morland Scholarship in 2014 and 2015.

Author: Paul Beatty (USA)
Books include: Slumberland, Tuff, The White Boy Shuffle and The Sellout. Also poetry book Big Bank Take Little Bank and Joker, Joker, Deuce. Editor of Hokum: An Anthology of African-American Humor
Why we’re excited: The current Man Booker Winner for The Sellout.

Author: Maylis de Kerangal (France. Attending thanks to the support of IFAS)
Books include: Mend the Living, Birth of a Bridge; the novella Tangentevers l'est
Why we’re excited: Mend the Living was longlisted for the Man Booker International Prize 2016 and won the Wellcome Book Prize 2017.

Author: Petina Gappah (Zimbabwe)
Books include: The Book of Memory and short story collections An Elegy for Easterly and Rotten Row
Why we’re excited: An Elegy for Easterly won the Guardian First Book Prize in 2009.

Author: Nathan Hill (USA)
Books include: The Nix
Why we’re excited: Hill’s debut novel The Nix was named one of the year’s best books by The New York Times, The Washington Post, NPR, Slate and Amazon, among others. It was also the LA Times Book Prize for First Fiction and will be published worldwide in 30 languages.

Author: Elina Hirvonen (Finland. Attending thanks to the support of the Embassy of Finland)
Books include: When I Forgot, Farthest from Death, When Time Runs Out
Why we’re excited: This acclaimed author, journalist and documentary filmmakerhas had her work translated into seven languages.When Time Runs Out was chosen as 'The Most Important Book of the Year 2015’ in a project by the Finnish Broadcasting Company.

Author: Scaachi Koul (Canada. Attending thanks to the support of Canada Council for the Arts)
Books include: Her debut collection of essays in One Day We’ll All Be Dead and None of This Will Matter
Why we’re excited: A culture writer for BuzzFeed, Scaachi’s writing has also appeared in The New Yorker, The Hairpin, The Globe and Mail, and Jezebel.

Author: Ali Land (UK)
Books include: Good Me Bad Me
Why we’re excited: Good Me Bad Me has been translated into over twenty languages. After graduating from university with a degree in Mental Health, Ali Land spent a decade working as a Child and Adolescent Mental Health nurse in hospitals and schools in the UK and Australia.

Author:  Ken Liu (USA)
Books include: The Grace of Kings, The Wall of Storms,The Paper Menagerie
Why we’re excited: Liu’s short stories have won a Nebula, two Hugos, a World Fantasy Award and a Science Fiction & Fantasy Translation Award. His short story, The Paper Menagerie, was the first work of fiction to win all threemajor science fiction awards, the Hugo, the Nebula and the World Fantasy Award.

Author: Fiston Mwanza Mujila (DRC. Attending thanks to the support of the Goethe Institut)
Books include: Tram 83
Why we’re excited: His writing has been awarded numerous prizes, including the Prix du Monde and he was longlisted for MB International.

Author: Chibundu Onuzo (Nigeria)
Books include: The Spider King’s Daughter,Welcome to Lagos
Why we’re excited: The Spider King’s Daughter was shortlisted for the Dylan Thomas Prize and the Commonwealth Book Prize, and was longlisted for the Desmond Elliott Prize and the Etisalat Prize for Literature.

Author: Malin Persson Giolito (Sweden. Attending thanks to the support of The Embassy of Sweden)
Books include: Quicksand, the first of her novels to be translated into English
Why we’re excited: A former laywer, her novel Quicksand was awarded the Best Crime Novel of the Year Award 2016, Sweden’s official suspense literature award, which is given by the Swedish Crime Writers’ Academy.

Author:  Carl Frode Tiller (Norway. Attending thanks to support from NORLA)
Books include: The Encircling trilogy, Skråninga (The Slope)
Why we’re excited: His awards include the European Union Prize for Literature and Nordic Critics Prize.  His Encircling trilogy has been twice nominated for the Nordic Council’s Prize. The trilogy is considered one of the great contemporary portraits of Nordic life. It has been adapted for the theatre and published in eighteen languages.

Author: Iman Verjee
Books include: Who will Catch us as we Fall, In Between Dreams,
Why we’re excited: Winner of the 2012 Peters Fraser & Dunlop/City University Prize for Fiction for her debut novel In Between Dreams.

Author: Alex Wheatle (UK)
Books include: Crongton Knights, Liccle Bit, Brixton Rock, East of Acre Lane, The Seven Sisters, Island Songs, Checkers, The Dirty South
Why we’re excited: Known as ‘the Brixton Bard’ Alex was awarded an MBE in the Queen's Birthday Honours list for services to literature in 2008. He is UK's most read Black British author, with his books on school reading lists, he takes part in Black History Month every year, works with Booktrust and the Children's Discovery Centre to promote reading and represents English PEN. Crongton Knights won the Guardian Children’s Fiction Prize 2016.

Author: Zoe Whittall (Canada. Attending thanks to support from Canada Council for the Arts)
Books include: The Best Kind of People, Holding Still for as Long as Possible
Why we’re excited: This award-winning Canadian author won a Lambda Literary award, was shortlisted for the Relit award, and was an American Library Association’s Stonewall Honor Book for Holding Still for as Long as Possible.  She has also published three books of poetry.

The final programme will be available in early August, at which point bookings can be made at Webtickets www.webtickets.co.za

 

The Open Book Festival is made possible thanks to the support of its sponsors and partners: Leopard’s Leap, The Fugard Theatre, The District Six Museum, Open Society Foundation, Kingdom of the Netherlands, City of Cape Town, Townhouse Hotel, Penguin Random House, NB Publishers, Jonathan Ball Publishers, Pan Macmillan Publishers,  The French Institute of South Africa, The Canada Council for the Arts, NORLA, the Embassy of Finland, the Embassy of Sweden, Dutch Foundation for Literature, PEN SA and the Goethe-Institut.

The post Sixteen international authors confirmed for the 2017 Open Book Festival appeared first on LitNet.

Voortdurende onbekendheid en vreemdheid. Die implikasies van Michael Welker se teologie van die Gees vir ’n teologiese hermeneutiek vir vreemdelinge

$
0
0

Voortdurende onbekendheid en vreemdheid.1 Die implikasies van Michael Welker se teologie van die Gees vir ’n teologiese hermeneutiek vir vreemdelinge

Henco van der Westhuizen, Teologiese Fakulteit, Universiteit van die Vrystaat

LitNet Akademies Jaargang 14(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die artikel fokus op die bydrae wat Michael Welker, die Duitse sistematiese teoloog, se teologie van die Gees tot ’n meer gedifferensieerde en gevarieerde teologiese hermeneutiek vir vreemdelinge kan lewer, veral in kontekste waarin samelewings met voortdurende onbekendheid en vreemdheid gekonfronteer word.

In die eerste gedeelte word verskeie diskoerse oor die saamleef met vreemdelinge ontleed aan die hand van die tipologie van Dirk J. Smit, die Suid-Afrikaanse publieke en sistematiese teoloog, wat hy gebaseer het op ’n oorsig van eietydse literatuur. Verskillende maniere, uitdagings en moontlikhede vir ’n saamleef met ander, spesifiek met vreemdelinge, word ondersoek.

In die tweede deel word aan die hand van Michael Welker ondersoek hoe ’n teologie van die Gees hierdie diskoerse opneem en uitbou. Sy Bybelse teologie differensieer en herdefinieer vier teologiese temas oor die Gees wat tot ’n meer genuanseerde teologiese hermeneutiek vir vreemdelinge bydra. Die fokus is op vier komplekse temas: die Gees wat uitgestort is; die Gees en die Bybelse wette; die Gees, die skepping en nuwe skepping; en die Gees en die komende ryk.

In die derde deel word die implikasies van Welker se teologie van die Gees vir ’n teologiese hermeneutiek vir vreemdelinge verder ontwikkel.

Ten slotte word gevra waarom Suid-Afrikaners, te midde van die bydrae van ’n teologie van die Gees tot ’n teologiese hermeneutiek vir vreemdelinge, steeds verdeel is en vreemdelinge vir mekaar is.

Trefwoorde: Dirk J. Smit; Heilige Gees; Michael Welker; vreemdelinge

 

Abstract

“Enduring foreignness and unfamiliarity.” The implications of Michael Welker’s theology of the Spirit for a theological hermeneutic for strangers

For a long time the separation of South Africans from one another in every conceivable way brought about serious, disconcerting challenges. Due to numerous divisive measures over many years, people became alienated, estranged from one another, in a variety of ways. For many reasons South Africans are strangers to one another. This essay argues that a biblical and public theology of the Spirit can contribute towards a more differentiated and diversified theological hermeneutics of strangers and can benefit societies that face enduring foreignness and unfamiliarity.

In the first part of the article various discourses about living with strangers are highlighted. The South African public and systematic theologian Dirk J. Smit researched the many, complex challenges emanating from the situation as described above. A thread throughout his research is his quest for a grammar and a frame of reference to address these challenges and to enrich or refine discussions about living together in contemporary societies. He investigated how to refigure discourses about living with strangers and how available discourses help to reflect on others, outsiders, those who are different and who are, in short, strangers. He designed a typology based on a survey of various discourses about living with others in contemporary literature that describe ways, challenges and possibilities of living particularly with strangers. These include the following: the recognition of kin, risking hospitality, reckoning with reciprocity, relying on tolerance, respecting human dignity, rejoicing in difference, restoring justice, resisting the enemy, remembering victims, realising one’s own strangeness, and redeeming kenosis.

The second part of this essay further differentiates and moves beyond several of these discourses. It investigates how a theology of the Spirit surpasses several of these discourses about strangers, referring particularly to the work of Michael Welker, the German systematic theologian who has researched these themes in depth. In his biblical theology he develops, differentiates and redefines at least four theological themes about the Spirit that contribute to a theological hermeneutic for strangers. They are the Spirit that has been poured out; the Spirit and biblical law; the Spirit, creation and new creation; and the Spirit and the coming reign.

In the light of a differentiated redefinition of these four theological themes related to the Spirit, a third section highlights the contribution of a theology of the Spirit to a more differentiated hermeneutic for strangers.

In conclusion it is asked why South Africans are strangers to one another if a theology of the Spirit contributes to a more differentiated theological hermeneutic for strangers.

A theology of the Spirit that takes the pouring out of the Spirit seriously, therefore underscores the importance of the discourse that rejoices in difference. In an important section in his work with the title God the Spirit, Welker analyses pluralism and individualism. He (1994a:21-27) argues that the Spirit is being revealed in invigorating, pluralistic structures. This is not a disintegrative pluralism, but a pluralism that constitutes enriching, invigorating fields of power (Kraftfelder). It is also not about abstract, uniform individualism that reduces everything to unrealistic equality or to “the ego” or “the subject” (Welker 1994a:21). Instead, the individualism of the Spirit “is marked by diverse concreteness and by concrete diversity, without crumbling into the indeterminate plurality of ‘pure’ individuality. No one is totally the same as others, and no one is unique in every respect” (Welker 1994a:22, my italics). The Spirit of God, in this manner, gives rise to multiple fields of power that are sensitive to differences.

A theology of the Spirit further differentiates and develops discourses that are concerned with a respect for dignity that guarantees respect for and protects the integrity of everyone, including strangers (Smit 2016:21). According to Welker, powerful and invigorating forms of pluralism are to be distinguished from disintegrative and debilitating forms, just like forms of individualism that enrich community are to be distinguished from forms that destroy it. The unity at issue here “permits many hierarchical structures to exist side by side and to alternate with each other” (Welker 1994a:23). Unity and equality are interrelated “with poly-individual diversity and abundance” (Welker 1994a:23). Plurality, therefore, does not simply mean “the infinite diversity of individuals in their respective uniqueness” (Welker 1994a:23).

A theology of the Spirit might in this manner contribute meaningfully to discourses concerned with the resistance of the enemy. The Spirit works union, unanimity and unity among people. The “unity of the Spirit” not only tolerates differences and differentiation, but also maintains and even cultivates differences that do not contradict the intentions of biblical law (Welker 1994a:22). For Welker, the Spirit is effective in such a way that a differentiated, diversified community is not only sensitive to differences, but consistently reduces differences that contradict the biblical laws of justice and mercy and in this way causes alienation (Welker 1994a:23). Enacting these biblical laws that should, according to him, contribute toward a security of expectations, can protect strangers against the so-called enemy, i.e. potential or real enemies who work against justice. Such a theology can also protect the enemy, when resistance turns to revenge, vengeance, retribution. In terms of the discourse regarding evil, such a theology might thus be able to work against the demonisation of the other and of strangers, the ones often regarded as evil.

A theology of the Spirit that differentiates the connection between the Spirit and biblical law furthermore takes up discourses concerned with the restoring of justice. The fact that Welker repeatedly emphasises that the elements of the law are to be expected with a degree of certainty, contributes to discourses reckoning on reciprocity. A Spirit-theology exceeds such discourses due to the fact that indirect reciprocity takes place almost unconsciously. It argues that reciprocity is so deeply interwoven with the fabric of contemporary life that people do not see their relationship with strangers in terms of an ethical or moral task or activity. “They do not feel challenged by the presence of any strangers, they do not consciously regard their participation as the result of ethical or moral considerations and decisions on their part” (Smit 2016:17). Smit argues that whenever these considerations and decisions no longer take place consciously, but must be decided or at least carry away people’s approval, “they often restrict their reciprocity and exclude others and strangers” (Smit 2016:17). In this sense a theology of the Spirit also extends beyond a mere reckoning on reciprocity. A theology of the Spirit precisely promotes a conscious, calculated decision to actively reduce differences that contradicts biblical laws. It works towards what Welker labels a withdrawal of the self precisely for the other, i.e. the stranger.

In addition, a theology of the Spirit further differentiates and develops discourses that remember victims. Welker’s developed understanding of the relation between the Spirit and the law, that are to be expected also by others, by strangers, allows for remembering – not only in the future, but also in the past – those who have been alienated.

Welker develops his critique of natural law in his work on the creating and recreating work of the Spirit. For him natural law, in the words of Whitehead, has to ignore the fact that life lives at the expense of other life. A theology that further develops the creating and recreating work of the Spirit thus exceeds and surpasses discourses that are concerned merely with the recognition of kin. In those discourses, focused inter alia on living together with those who in some or other way are included “naturally”, others are often excluded, regarded as not belonging, as no kin, as outsiders, strangers, perhaps even as threats and enemies (Smit 2016:15).

A theology of the Spirit also contributes toward discourses through its call for risking hospitality. Different spheres of life are to be integrated and brought into life-furthering relationships. It moves beyond hospitality discourses merely, or even primarily, applicable on a personal level, i.e. direct and immediate relationships of individuals with others (Smit 2016:17).

In addition, a theology of the Spirit reveals the shortcomings of discourses relying merely on tolerance. A theology of the Spirit, taking the creating and recreating work of the Spirit seriously, rather underlines the fact that “the reality is much more complicated and contested and that the real problems facing ethical projects are much more difficult and demanding” (Smit 2016:18).

A theology of the Spirit reflecting an ethos of free, creative self-withdrawal enriches discourses with the motif of redeeming kenosis. In addition, such a theology, focused not only on free, creative self-withdrawal on behalf of others, but also on self-withdrawal for our sake, on our behalf, further differentiates an attentiveness to the numerous discourses concerned with a realisation of our own strangeness.

Keywords: Dirk J. Smit; Holy Spirit; Michael Welker; strangers

 

1. Inleiding

Een van die mees uitdagende faktore in die huidige tydsgewrig is dat Suid-Afrikaners op feitlik elke denkbare manier verdeeld is. Vele verdelende meganismes het mense oor baie jare heen toenemend van mekaar vervreem en uitmekaar gedryf.2 Suid-Afrikaners het, om baie redes, vreemdelinge vir mekaar geword. In hierdie artikel word geargumenteer dat samelewings wat gekenmerk word deur voortdurende onbekendheid en vreemdheid tussen mense kan baat by Michael Welker se teologie van die Gees en ’n meer gedifferensieerde teologiese hermeneutiek vir vreemdelinge wat daarmee saamhang.

In die eerste gedeelte van die artikel word verskeie diskoerse oor saamleef met vreemdelinge ontleed na aanleiding van waardevolle insigte van Dirk J. Smit, ’n Suid-Afrikaanse publieke en sistematiese teoloog, wat hy ontwikkel het in ’n tipologie wat gebaseer is op eietydse literatuur. Op hierdie manier word verskillende wyses, uitdagings en moontlikhede oor die saamleef van vreemdelinge beskryf.

In die tweede deel word ondersoek hoe ’n teologie van die Gees hierdie diskoerse oorneem aan die hand van insigte van Michael Welker, ’n Duitse sistematiese teoloog. In sy Bybelse teologie differensieer en herdefinieer hy minstens vier teologiese temas oor die Gees wat tot ’n teologiese hermeneutiek vir vreemdelinge bydra. Die vier komplekse temas is die Gees wat uitgestort is; die Gees en Bybelse wette; die Gees, die skepping en nuwe skepping; en die Gees en die komende ryk. Hierdie vier temas word vervolgens in meer diepte ontleed.

Ten slotte word die implikasies van Welker se teologie van die Gees vir ’n teologiese hermeneutiek vir vreemdelinge verder ontwikkel.

 

2. ’n Hermeneutiek vir vreemdelinge?

Smit is deur die jare spesifiek gemoeid met die vele komplekse uitdagings wat uit bogenoemde Suid-Afrikaanse situasie spruit (2007a:11 e.v., 2007b:27 e.v., 2007g:257 e.v., 2007h:275 e.v.). Suid-Afrikaners, sê hy, is in so ’n mate van mekaar vervreem dat hulle in verskillende wêrelde leef (2007c:41 e.v., 2007d:57 e.v.). Volgens hom gaan die geskilpunt in Suid-Afrika steeds oor hoe om sáám te lééf in ’n verdeelde samelewing (Smit 2007e:101 e.v., 2015:1 e.v.): hy merk op hoe apartheid vervreemding, wantroue en bitterheid gegenereer het, en ook uitsluiting, marginalisasie, onderdrukking en ongeregtigheid. Mense is doelbewus en kragdadig van mekaar vervreem na eeue van kolonisasie, ongelykheid, kulturele verskille en konflik in die kerk en die samelewing (Smit 2016:1).

Vervreemding is egter nie net ’n Suid-Afrikaanse tendens nie. Ons leef in ’n wêreld van veranderlikheid, van uitgewekenes en vlugtelinge, asielsoekers, toeriste en besoekers, randfigure en nuwe aankomelinge, vreemdelinge en migrante, immigrante en vervreemdes – om saam te vat: ’n veranderende wêreld van toenemende vreemdheid en vreemdelinge, oral, wat vloeibaarheid, meer komplekse en inderdaad aanpasbare en veranderde maniere van lewe met ander en vreemdelinge verg (Smit 2016:10).

Iets wat soos ’n fyn draad deur Smit se werk loop (Ackermann 2011, Huber 2011), is sy soeke na ’n grammatika (Smit 2007f:229 e.v., 2008g:387 e.v.); ’n verwysingsraamwerk vir gesprek (Smit 2008c:307 e.v., 2008d:319 e.v.); ’n taal of die konstruering van diskoerse en kodes (Smit 2008a:35 e.v., 2008b:69 e.v.) vir saamleef in die breë om hierdie uitdagings genoegsaam te verreken (Smit 2008e:333 e.v., 2008f:349 e.v.). Hy vra, vanuit die mees diverse oogpunte, deurlopend die vraag hoe ’n hermeneutiek vir vreemdelinge gesprek kan verfyn en saamleef kan verryk (De Villiers en Smit 2008a:231 e.v.; 2008b:245 e.v.).

In ’n onlangse opstel (geskryf vir die Festschrift van Wentzel van Huyssteen) oor die konstruering van diskoerse ten einde saam te kan leef met vreemdelinge, vra hy onder andere hoe beskikbare diskoerse ’n mens help om oor buitestanders, oor hulle wat anders en vreemdelinge is, te praat (Smit 2016). Deur middel van ’n tipologie gebaseer op eietydse literatuur wys Smit op verskeie uiteenlopende diskoerse oor, uitdagings van en moontlikhede vir saamleef met vreemdelinge.

Hy noem die eerste diskoers “recognizing kin” (die herkenning van verwantskap; Smit 2016:15) waardeur mense leer om in verhouding met ander te leef, hetsy in familieverwantskappe of in ander direkte verbintenisse binne families en groepe. Hierdie diskoers fokus op die herkenning van familie. Dit behels om hulle én ander as familie te herken hoewel hulle nie noodwendig familie is nie, maar wel in sulke familieverhoudinge deel.

Die tweede diskoers is “risking hospitality” (gasvryheid waag; Smit 2016:16). Die gasvryheid-diskoers impliseer dat mens ook met ánder kan saamleef, juis ook met dié wat dalk nie herken word nie. Ten spyte van mense se verskille, ándersheid en vreemdheid word almal as ménse beskou. Dit is moontlik om sáám te leef omdat mense basies dieselfde en gelyksoortig is en dieselfde behoeftes deel. Hierdie diskoers maak dit vir Smit in meer as een opsig die moeite werd om gasvry te wees, om die risiko te neem en gasvryheid te waag (Smit 2016:16).

“Reckoning with reciprocity” (rekening hou met wedersydsheid en wederkerigheid; Smit 2016:17) is die derde diskoers. Saamleef is totaal afhanklik van wat Smit “indirekte wisselwerking of wedersydsheid” noem. Mense is gewillig om ander te ondersteun, selfs om opofferinge vir ander te maak, in die verwagting dat daardie gewilligheid wederkerig en wedersyds sal wees. Hoewel ander nie die oorspronklike ontvangers van mens se ondersteuning en opoffering was nie, word van hulle ’n teenprestasie verwag. Hierdie gewilligheid is verborge. Dit impliseer daarom indirekte maniere van saamleef met ander, om met ander te deel, hulle te ondersteun, te help en om dan weer staat te kan maak op ander, om uit hulle voordeel te trek en deur hulle ondersteun te word (Smit 2016:17). Vanselfsprekend is hierdie leefwyse vandag ’n belangrike manier van saamleef met vreemdelinge.

Die vierde diskoers is “relying on tolerance” (steun op verdraagsaamheid; Smit 2016:18). Die diskoers van verdraagsaamheid lei tot ’n bewuswording en besef van vreemdelinge se teenwoordigheid (Smit 2016:18). Volgens hom is verdraagsaamheid afhanklik van hierdie besef. Dit veronderstel om die mees toepaslike reaksie daarop te wees. Ten spyte van die polemiese aard van die diskoers dink talle mense dat verdraagsaamheid die mees verantwoordelike manier is om met vreemdelinge saam te leef.

’n Verdere voorstel vir die lewe saam met vreemdelinge het te make met die betoning van respek. Volgens Smit is menswaardigheid die mees dominante diskoers oor respek. Die vyfde diskoers is daarom “respecting human dignity” (respek vir menswaardigheid; Smit 2016:19). Die beklemtoning van die ménse se waardigheid dui daarop dat hierdie diskoerse inklusiwiteit nastreef (Smit 2013:285 e.v.). Die diskoers skep op hierdie manier dus verdere moontlikhede vir saamleef met vreemdelinge.

Die sesde diskoers heet “rejoicing in difference” (jou verheug in verskille; Smit 2016:21). Wat die lewe met vreemdelinge moontlik maak, is nie die eienskappe wat vreemdelinge met ander deel nie, maar juis wat hulle verskillend maak, wat hulle onderskei en wat hulle vréémdelinge maak (Smit 2016:21).3

Die sake wat mense van mekaar vervreem en verdeel, is nié noodwendig die gevolg van die andersheid en vreemdheid van die ander nie (Smit 2009a:87 e.v., 2009b:377 e.v.). Vervreemding is eerder die gevolg van verskillende vorme van ongelykheid (Smit 2007i:359 e.v.). Die sewende diskoers het met hierdie ongelykhede te doen. Die diskoers heet “restoration of justice” (herstel van geregtigheid; Smit 2016:22).

Die agtste diskoers word “resisting the enemy” (weerstand bied teen die vyand; Smit 2016:23) genoem. Hier word gevra na die perke van hierdie diskoerse: Wanneer word vreemdelinge potensiële of selfs werklike vyande? (Smit 2016:23).

Dit lei tot die “role of evil” (die rol van die bose), wat as die negende diskoers te doen het met die teenwoordigheid en rol van boosheid (Smit 2016:24). Hy verwys hier byvoorbeeld na die verhouding tussen dit wat as vreemd en as boos verstaan word, en die implikasies daarvan. Wanneer dít wat as boos verstaan word, direk met die vreemdeling verbind word, het dit dikwels vernietigende implikasies vir ’n hermeneutiek vir vreemdelinge.

“Remembering victims” (die onthou van slagoffers; Smit 2016:26) as die tiende diskoers herinner ons aan diegene wat nie in die huidige saamleef-diskoerse deel nie. Dit is die vreemdelinge van die hede en die toekoms, insluitende húlle wat in die verlede vervreem is. Hulle is die “uitgedefinieerdes” (Smit 2008h:277 e.v.). Smit noem hierdie slagoffers die “ultimate strangers” (die ultieme vreemdelinge). Vir hulle is dit onmoontlik om deel te word, ingesluit te word, tensy hulle onthou word (Smit 2016:26).

Die elfde diskoers heet “realizing our own strangeness” (besef van ons eie vreemdheid; Smit 2016:27). Dié diskoers verwys na die self as vreemdeling: dat mense vreemdelinge vir ander is, maar ook vreemdelinge vir hulleself.

Die finale diskoers is “redeeming kenosis” (kenosis [ontlediging] wat goed maak; Smit 2016:29). Die diskoers het te doen met ’n bereidwilligheid om opofferings te maak en met die prysgee van selfsugtige begeertes ter wille van ander, ook vreemdelinge (Smit 2009c:506 e.v., 2016:29).

 

3. God die Gees en ’n teologiese hermeneutiek vir vreemdelinge?

Die Duitse sistematiese teoloog Michael Welker, wat ook vertroud is met die situasie in en uitdagings van Suid-Afrika, het hom spesifiek op sommige van hierdie temas toegespits. Welker is, soos min ander Duitse sistematiese teoloë, ook uitgedaag deur vrae rondom die ander en vreemdelinge. Trouens, die eerste woorde van die titel van hierdie artikel, "voortdurende onbekendheid en vreemdheid”, is ’n direkte vertaling van die frase “bleibender Fremdheit und Unvertrautheit" uit sy werk Gottes Geist (God the Spirit), wat funksioneer as basis vir die res van sy teologiese betoog (Van der Westhuizen 2015:711 e.v., 2016a:436 e.v.).4

In sy Bybelse5 teologie differensieer, ontwikkel en herdefinieer hy minstens vier teologiese temas oor die Gees wat ’n bydrae lewer tot ’n teologiese hermeneutiek vir vreemdelinge, wat vervolgens bespreek word.6

3.1 Die Gees wat uitgestort is

Die uitstorting van die Gees7 beteken vir Welker dat die Gees nie net deur individue of groepe werk nie, of net ’n invloed op húlle onmiddellike en verwyderde omgewings sal uitoefen nie. Die Gees gebruik ook ánder individue of groepe wat as’t ware geplaas word in ’n kragveld, waaraan hulle deel het én waarvan hulle draers is, maar wat hulle nie op hulle eie kan dra nie (Welker 1994a:228).

Deur die uitstorting van die Gees word die verbrokkeling, verstrooiing en verwarring wat deur verskille veroorsaak word, uit die weg geruim. Die gevolg van die uitstorting is ’n gemeenskap waarin verskille nie verwyder of opsy gesit word nie, maar behoue bly (Welker 1994a:230).8 Die wonder van die uitstorting van die Gees lê nie in dit wat moeilik is om te verstaan, of selfs onverstaanbaar is, nie, maar in ’n totaal onverwagse en universele vermoë om te verstaan (Welker 1994a:231). Sonder om die veelvoud en kompleksiteit van hulle agtergronde prys te gee en sonder om hul eie vorme van verstaan opsy te skuif, ontstaan ’n byna ongelooflike gemeenskaplike ervaring en verstaan. Dit is vir hom juis hierdie verskíl tussen die ervaring van plurale ontoeganklikheid tot mekaar en van voortdurende onbekendheid en vreemdheid enersyds, en die volkome gemeenskaplike vermoë om te verstaan andersyds, wat vir Welker die Gees se uitstorting so sinvol maak (Welker 1994a:233). Deur die uitstorting van die Gees kom elkeen tot die besef van sy/haar uniekheid te midde van poli-individualiteit en polikonkreetheid. Dit gebeur te midde van diversiteit wat, alhoewel vreemd met betrekking tot die individu, gemeensaamheid toelaat en moontlik maak.9

3.2 Die Gees en Bybelse wette

Dit is in en deur hierdie gedifferensieerde gemeenskap dat die uitgestorte Gees die universele vervulling van die intensies van die Bybelse wette bewerk. In God the Spirit skryf Welker dat sy oorspronklike oogmerk was om sy uitgebreide publikasies oor die belangrikste temas van die Christelike teologie met ’n monografie oor Bybelse wette te begin. Die inhoud en probleme, asook die wesenlike van hierdie navorsing het sy aandag egter gestuur in die rigting van ’n teologie van die Gees (Welker 1994:ix).10

In sy onlangse afskeidslesing, “Gottes Gerechtigkeit,”11 dink Welker na oor sy teologiese loopbaan en vra na die bedoelinge van Bybelse wette wat vir hom deurgaans belangrik was. Die onvermoë om die verhouding tussen wet en Gees te verstaan was ’n struikelblok in die ontwikkeling van ’n realistiese teologie en het ’n verwronge begrip van die intrinsieke krag van die wet veroorsaak. Die Gees word juis duideliker gedefinieer deur die wet.

Die bedoeling van hierdie wet is die vestiging van geregtigheid, barmhartigheid en kennis van God.12 Hierdie elemente van die wet kan met ’n mate van sekerheid daarin teruggevind word (Welker 1985:680 e.v.).13 Die wetlike kode van geregtigheid binne ’n samelewing van gelyke persone is gemoeid met die regulering van konflik en met herstel of gelykstelling (Welker 1993b:779 e.v.). Die kode van barmhartigheid wat naasbestaan en deelname van gelykes en ongelykes impliseer, soek voortdurend en opnuut na ’n geroetineerde beskerming van die gemarginaliseerdes en die bewaring van hul belange (Welker 1986b:39 e.v.).14 Die kultiese kode van die wet as kritiese bron en raamwerk van geregtigheid en barmhartigheid het te doen met die regulerende, publieke en relatief toeganklike verhouding met God. Die Gees verbind hierdie aspekte van die wet (Welker 1989a:126 e.v.). Dit is presies in hierdie sterk onderlinge band met mekaar dat die Gees die wet universeel tot vervulling bring.

3.3 Die Gees, skepping en nuwe skepping

Die onderlinge verbintenis tussen die Gees wat die wet vervul en die skeppende en herskeppende Gees is van spesiale belang. Hy beskryf hierdie verhouding in Creation and reality (1999). Volgens hom is hierdie gedifferensieerde skeppingswerk van die Gees sigbaar slegs wanneer ’n mens besef dat die Gees nie op ’n abstrakte manier werk in dit wat bestaan nie. Die skepping is nie net ’n somtotaal van dit wat bestaan of op een of ander manier voortgebring is en daarom afhanklik is van ’n skepper nie. Dit is ook nie bloot die voortbring van dít wat reeds bestaan nie (Welker 2005a:48).

Die Bybelse tradisies beskryf eerder ’n proses waarby God nie net aktief skep nie, maar ook op gedifferensieerde wyses reageer op dit wat besig is om geskep te word (Welker 1991:208 e.v.). Hierdie tradisies onderstreep verder ook die belangrike deelname van dit wat geskep is in God se skeppingswerk. Dit verwys na die gedifferensieerde werk van dit wat voortgebring is, in dit wat nog in die skeppingsproses is. Die skeppingswerk van dit wat geskep is, bly vir hom egter dié van die geskapene.

In hierdie lig beskryf Welker die Bybelse idee van skepping as strukturerende en volgehoue werk waardeur verskillende, onderling verbonde geskapenes, deur die skeppingsproses en deelname daaraan, gelei word na interafhanklike verhoudinge tot mekaar (Welker 1995d:173 e.v.). Dit is slegs wanneer dit wat geskep is, verweef raak dat dit skepping word. Skeppingswerk kan in dié sin gekonsipieer word as verskillende skeppende sfere wat tot dieper wordende en lewensbevorderende verhoudinge van interafhanklikheid gebring word (Welker 1988b:119 e.v.).15 Welker erken hierdie skeppingswerk as die werking van die skeppende Gees (Welker 1999a:75).

Die skeppingswerk van die Gees staan dus nie verwyderd van die vlees nie. Deur die Gees word die vleeslike deel aan die lewensasem gegee. Die onttrekking van hierdie asem (die lewe-gewende Gees) van die vleeslike lei nie net tot ’n verlies aan lewe nie, maar ook tot ’n verlies aan dit wat gemeenskaplik is aan die lewende. Die skeppende Gees hou dus vleeslike lewe in verhouding tot mekaar deurdat hierdie lewe ’n deel kry aan die lewe-gewende Gees. Dit is ook waar van die vernuwing van die skepping deur die herskeppende Gees. Die vernuwing gaan gepaard met ’n vernuwing van vleeslikheid, dit wil sê van afhanklikheid en broosheid. Deur hierdie herskepping bring die Gees die dooie en sinlose vleeslike lewe tot interafhanklike, dieper wordende en lewensbevorderende vleeslike verhoudinge wat hulle natuurlike aard oorskry. Hierdie verhoudings gedy deur die werking van die Gees wat natuurlike én sosiale verhoudinge tot stand bring – verhoudinge wat wedersyds voordelig is tot die vernuwing van mekaar.

3.4 Die Gees en die komende ryk

Die ryk van die Gees is ’n ontluikende werklikheid as ’n werklikheid wat gekenmerk word deur wisselwerking tussen veelvuldige werklike gebeure. Hierdie gebeure lei deur fundamentele verandering as gevolg van wederkerigheid tot nuwe werklikhede. Die ryk as ’n gedifferensieerde werklikheid wat aan die kom is, is teenwoordig, immanent, en waarneembaar in soverre dit wisselwerking tussen werklike gebeure op ’n ontluikende wyse verander. Die ryk is toekomstig in soverre dit nie opgelos word deur sulke veranderinge nie, maar voortgesit word deur mense te laat bydra tot hierdie werklikheid, ten spyte daarvan dat dit buite hul beheer bly (Welker 2012:230). Op hierdie manier oefen die ryk van die Gees, ten spyte van sy onopvallendheid, invloed uit.

Welker stem saam met Wolfgang Hüber dat beide die wet en die ryk van die Gees binne ’n etos van vrye selfbeperking funksioneer (Hüber 1990:223). Die ryk van die Gees kry vir hom egter verdere vorm in die radikalisering van die bedoelinge van die Bybelse wet, in die intensivering van hierdie etos van selfbeperking in wat hy noem ’n etos van vrye en skeppende selfterugname tot voordeel van ander (Welker 1992b:497 e.v.; 2002d:31 e.v.).16

Dit is veral duidelik in die konseptualisering van die koninklike vorm van die ryk, soos verduidelik in sy meer onlangse werk met die titel God the Revealed (2012).17 Hier word die koninklike heerskappy van Jesus Christus beskryf as een van liefde en vryheid (Welker 1989c:156 e.v., 1997d:68 e.v., 2011c:73 e.v.), met liefde as bemiddelaar. Hierdie liefde (wat nie slegs in terme van een-tot-een-verhoudinge gedefinieer behoort te word nie)18 word gekenmerk deur vrye en skeppende selfterugname tot voordeel van ander, én deur die selfterugname van ander tot voordeel van die self.

 

4. Voortdurende onbekendheid en vreemdheid?

Die gedifferensieerde herdefiniëring van hierdie vier teologiese temas oor die Gees toon reeds die bydrae van ’n teologie van die Gees tot ’n hermeneutiek vir vreemdelinge.

’n Teologie van die Gees met die belangrike rol van die uitstorting van die Gees beklemtoon die belangrikheid van diskoerse wat verheug in verskille (“rejoicing in difference”). In ’n belangrike ondersoek van pluralisme en individualisme wys Welker (1994a:21–7) dat die Gees onthul word in verrykende, pluralistiese strukture wat nie ’n disintegrerende karakter het nie. Hulle toon dus nie ’n abstrakte, uniforme individualisme wat alles tot onrealistiese gelykheid of tot die “die self” of “die objek” reduseer nie (Welker 1994a:21). Die individualisme van die Gees word eerder gekenmerk deur ’n diverse konkreetheid en deur konkrete diversiteit. Niemand is presies dieselfde as iemand anders óf in alle opsigte uniek nie (Welker 1994a:22). Die Gees skep dus ’n kragveld wat sensitief is vir verskille.

’n Teologie van die Gees differensieer verder diskoerse met betrekking tot ’n respek vir menswaardigheid (“respect for dignity”). Verrykende vorme van pluralisme moet onderskei word van disintegrerende vorme: bepaalde vorme van individualisme moet gemeenskap versterk en verryk in teenstelling tot ander wat dit vernietig. Hierdie eenheid sal toelaat dat verskillende hiërargiese strukture sy aan sy bestaan en mekaar afwissel (Welker 1994a:23). Eenheid en gelykheid is gebonde aan poli-individuele veelvoud en diversiteit (Welker 1994a:23). Pluraliteit impliseer dus nie bloot die oneindige veelvoud en diversiteit van individue in hul onderskeie uniekhede nie (Welker 1994a:23). Waar hierdie idee van menslike waardigheid ook al in etiese diskoerse aangewend word, dien hulle die doel om respek en daardeur die integriteit van elkeen (vreemdelinge ingesluit) te waarborg (Smit 2016:21).19

’n Teologie van die Gees kan bydra tot ’n diskoers wat gekenmerk word deur weerstand teen die vyand (“resistance of the enemy”). Die Gees bewerk eenwording, eensgesindheid en eenheid onder mense. Die “eenheid van die Gees” verdra nie net verskille en verskeidenheid nie, maar behou en bewerk dit (Welker 1994a:22). Deur die Gees raak ’n gemeenskap nie net sensitief vir verskille nie. Terselfdertyd word verskille wat die Bybelse wette weerspreek, voortdurend gereduseer (Welker 1994a:23). Die Gees breek sodoende verskille af wat teenoor die geregtigheid en barmhartigheid van die Bybelse wet staan en wat vervreemding veroorsaak. Die toepassing van hierdie wette wat sekerheid skep, kan vreemdelinge beskerm teen onregverdige optrede deur hul sogenaamde vyande. ’n Teologie van die Gees kan ook die vyand beskerm wanneer weerstand teen hulle in wraak omslaan. In ’n diskoers wat gekenmerk word deur die rol van die bose (“regarding the evil”), bekamp so ’n teologie die demonisering van die ander, ook van vreemdelinge, maar ook booshede wat aan vreemdelinge toegedig word.

’n Teologie van die Gees wat die band van die Gees met Bybelse wette meer diepgaande uitbou, neem ook die etiese diskoerse oor die herstel van geregtigheid (“restoration of justice”) oor. Die vaste verwagting van hierdie elemente van die wet skep etiese diskoerse wat met wederkerigheid (“reckoning of reciprocity”) te make het. ’n Teologie van die Gees ontwikkel sulke diskoerse verder omdat wederkerigheid meestal indirek en onbewustelik plaasvind. Mense word nie uitgedaag deur die teenwoordigheid van vreemdelinge nie. Hulle deelname word dus nie bewustelik gesien as die gevolg van etiese oorwegings of besluite nie (Smit 2016:17). ’n Teologie van die Gees oorskry ’n blote staatmaak op wederkerigheid wanneer hierdie oorwegings en besluite nie langer onbewustelik plaasvind nie, maar oor besluit moet word. Dit is so omdat vreemdelinge, in gevalle waar bewustelike besluite ten opsigte van hulle gemaak moet word, dikwels uitgesluit word. ’n Teologie van die Gees bewerk juis ’n doelbewuste, berekende besluit om verskille wat teenoor die bedoelinge van die wet staan te verminder. Die Gees bewerk juis wat hy noem ’n terugneem van die self tot voordeel van die ánder, die vreemdeling.

Daarbenewens dra ’n teologie van die Gees by tot diskoerse wat gekenmerk word deur die onthou van slagoffers (“remembering of victims”). Welker se dieper verstaan van die verhouding tussen die Gees en die Bybelse wette, wat met ’n verwagtingsekerheid gepaard gaan, maak voorsiening vir die onthou van en herinnering aan die vervreemdes, nie net van die verlede nie, maar ook van die toekoms.

Welker ontwikkel sy kritiek teenoor natuurwette in sy werk oor die skeppende en herskeppende werk van die Gees. Volgens hom moet natuurwette, in die woorde van Whitehead, noodwendig die feit ignoreer dat ’n lewe geleef word ten koste van ander lewe. ’n Teologie wat die skeppende en herskeppende werk van die Gees verder ontwikkel kan dus verder gaan as etiese diskoerse wat bloot te doen het met die herkenning van familie (“recognition of kin”), waar ander dikwels uitgesluit word, gesien word as hulle-wat-nie-behoort-nie, as nieverwant, as buitestanders, as vreemdelinge en selfs as die vyand (Smit 2016:15).

Verder sluit ’n teologie van die Gees aan by etiese diskoerse oor die risiko van gasvryheid (“risking hospitality”). Verskillende sfere van die lewe word in verwelkomende, lewensbevorderende verhoudinge met mekaar gebring. Dit gaan egter verder as hierdie diskoerse deurdat dit nie net op persoonlike vlak, of in direkte, onmiddellike verhoudings van individue met ander geld nie (Smit 2016:17).

’n Teologie van die Gees kan verder tekortkominge van diskoerse uitwys wat ander bloot verdra (“relying merely on tolerance”). ’n Teologie van die Gees wat die skeppings- en herskeppingswerk van die Gees as belangrik ag, onderstreep die feit dat die werklikheid baie meer kompleks en omstrede is en dat die werklike probleme waarmee etiese projekte te doen het, baie moeiliker en meer veeleisend is as blote verdraagsaamheid (Smit 2016:18). Die Gees skep juis deur verskillende, van mekaar verwyderde, lewensfere in lewensbevorderende verhoudinge met mekaar te bring. Die Gees breek dus deur ’n blote verdraagsaamheid.

’n Teologie van die Gees met sy etos van ’n vrye, skeppende selfterugname help skep etiese diskoerse wat gekenmerk word deur ’n kenosis wat goed maak (“redeeming kenosis”). So ’n teologie van die Gees is nie net gefokus op vrye, skeppende selfterugname ter wille van ander nie, maar ook op die terugname van ander ter wille van die self. Dit toon dus ’n verdere bewustheid vir die vele diskoerse wat te doen het met ’n besef van ’n mens se eie vreemdheid (“realisation of our own strangeness”).

 

5. Slot

In die lig van die bostaande is die vraag waarom een van die mees uitdagende faktore in die huidige tydsgewrig stééds is dat Suid-Afrikaners op feitlik elke denkbare manier verdeeld is. In die lig van die bydrae van ’n teologie van die Gees tot ’n meer gedifferensieerde hermeneutiek vir vreemdelinge is die vraag waarom vele verdelende meganismes oor baie jare heen mense toenemend van mekaar vervreem en uitmekaar gedryf het, en dit stééds doen. In die lig van die waarde wat ’n teologie van die Gees het vir samelewings wat gekonfronteer word met voortdurende onbekendheid en vreemdheid is die vraag waarom Suid-Afrikaners vreemdelinge vir mekaar geword het.

Die vrae word selfs meer pertinent wanneer in ag geneem word dat ’n oorgrote meerderheid van Suid-Afrikaners hulleself as Christene, oftewel “gees-telikes” beskou.

Daar sou verskeie redes hiervoor kon wees. Die eerste rede is alreeds deel van hierdie geestelikes se eie selfverstaan. Die Gees kan bedroef word (Ef. 4:30), kan teengestaan of geblus word (1 Tess. 5:19). Dit kan dus wees dat die Gees, volgens hulle eie selfverstaan, teengewerk word en dat dít dan die rede is waarom ook Christene vreemdelinge vir mekaar geword het.

’n Verdere rede sou kon wees dat die derde artikel, anders as die eerste en tweede, nie in besonderhede teologies bedink word nie. Hendrikus Berkhof, gewese professor in sistematiese teologie aan die Universiteit van Leiden, sou in sy bekende De Leer van de Heilige Geest reeds lank gelede skryf dat baie Christene vermy om oor die werk van die Gees te praat: “Volgens hen is dit zozeer een verborgen, persoonlijk en individueel werk, dat iedere poging het in theologische termen te formuleren, oneerbiedig zou zijn” (Berkhof 1965:9). Volgens Berkhof wil dieselfde Christene wel praat oor wat húlle van die Gees beleef. Hulle wil nieteologies oor die Gees praat. Die resultaat, sê hy, is dat die Heilige Gees beperk word tot die persoonlike, die individu, tot “privé-gevoelens” (Berkhof 1965:10). Die Gees, in dié lig, sou bloot dan nie ’n bydrae kon lewer tot verdelende meganismes wat mense van mekaar vervreem en uitmekaar dryf nie.

’n Derde rede sou kon wees dat ’n Bybelse verstaan van die Gees verwar of ineen gedink word met konsepte van self, of kollektivismes wat die self voorop stel, dikwels teenoor vreemdelinge. Die foutief opgevatte of misverstaande Gees bou in dié sin die self op, bou die self uit, en dra dus selfs by tot verskillende vorme van verdeling.

Vir die Gees om dus by te dra tot ’n teologiese hermeneutiek vir vreemdelinge vra dus in die eerste plek dat die teologie van die Gees sélf van verskeie vorme van gevangenskap bevry word. Dit vra in die tweede plek dan wel vir ’n gedetailleerde, meer gedifferensieerde teologiese besinning oor die Gees, soos wat die Gees in die diverse Bybelse tradisies beskryf word.

 

Bibliografie

Alston, W. (red.). 2000. Theology in the service of the church. Festschrift Thomas Gillespie. Grand Rapids: Eerdmans.

Assmann, J., B. Janowski en M. Welker (reds.). 1998. Gerechtigkeit. Richten und Retten in der abendländischen Tradition und ihren altorientalischen Ursprüngen. München: Fink.

Bedford-Strohm, H., F. Höhne en T. Reitmeier (reds.). 2013. Contextuality and intercontextuality in Public Theology. Theologie in der Öffentlichkeit 4. Berlyn, Münster, Wenen: Lit.

Berkhof, H., 1965. De leer van de Heilige Geest. Callenbach, Nijkerk.

Christophersen, A. en S. Jordan (reds.). 2004. Lexikon Theologie. Hundert Grundbegriffe. Stuttgart: Reclam.

Clasen, W., M. Meyer-Blanck en G. Ruddat (reds.). 2002. Evangelischer Taschenkatechismus. Rheinbach: CMZ-Verlag.

Conradie, E.M. (red.). 2007. Essays in public theology. Collected essays 1. Stellenbosch: Sun Press.

Davies, P. en N.H. Gregersen (reds.). 2010. Information and the nature of reality: From physics to metaphysics. Cambridge: Cambridge University Press.

De Gruchy, J. 2005. The Church struggle in South Africa. Minneapolis: Fortress Press.

De Villiers, E. en D.J. Smit. 2008a. Waarom verskil ons so oor wat die wil van God is? Opmerkings oor Christelike morele oordeelsvorming. In Koopman (red.) 2008.

—. 2008b. Hoe Christene in Suid-Afrika by mekaar verbypraat ... Oor vier morele spreekwyses in die Suid-Afrikaanse kerklike konteks. In Koopman (red.) 2008.

Dennerlein, N. en M. Meyer-Blanck (reds.). 2006. Evangelische Glaubensfibel. Gütersloher: Gütersloh.

Drehsen, V. en M. Baumotte (reds.). 1998. Wörterbuch des Christentums. Gütersloh: Mohn.

Etzelmüller, G. en H. Springhart (reds.). 2013. Gottes Geist und menschlicher Geist. Leipzig: Evangelische Verlagsanstalt.

Etzelmüller, G. en M. Welker (reds.). 2013. Concepts of law in the sciences, legal studies, and theology. Tübingen: Mohr Siebeck.

Fahlbusch, E., G.W. Bromiley, J. Mbiti, J.J. Pelikan, L. Vischer (reds.). 1988. Eerdmans-Brill Encyclopedia of Christianity Vol. 2. Grand Rapids: Eerdmans.

Feldtkeller, A. (red.). 2001. Konstruktive Toleranz – gelebter Pluralismus. Erfahrungen mit dem Zusammenleben von Religionen und Kulturen. Frankfurt: Lembeck.

Hansen, L. (red.). 2011. Living theology. Festschrift Dirkie Smit. Wellington: Bible Media.

—. 2013. Opstelle oor Gereformeerd-wees vandag. Versameling Opstelle 4. Stellenbosch: Sun Press

Härle, W., H. Schmidt en M. Welker (reds.). 2000. Das ist christlich: Nachdenken über das Wesen des Christentums. Gütersloh: Gütersloher.

Helmer, C. en B.K. Holm (reds.). 2011. Transformations in Luther’s theology: Historical and contemporary reflections, Arbeiten zur Kirchen- und Theologiegeschichte 32. Leipzig: Verlagsanstalt.

Hiller, D. en C. Kress (reds.). 2001. “Daß Gott eine große Barmherzigkeit habe”. Konkrete Theologie in der Verschränkung von Glaube und Leben. Festschrift Gunda Schneider-Flume. Leipzig: Evangelische Verlagsanstalt.

Hübener, B. en G. Orth (reds.). 2007. Wörter des Lebens. Das ABC evangelischen Denkens. Stuttgart: Kohlhammer.

Hüber, W. 1990. Konflikt und Konsens: Studien zur Ethik der Verantwortung. Münich: Christian Kaiser.

Jarvis, C. en M. Welker (reds.). 2004. Loving God with our minds: The pastor as theologian. Grand Rapids: Eerdmans.

Koopman, N. (red.). 2008. Opstelle oor geloof en openbare lewe. Versamelde opstelle 2. Stellenbosch: Sun Press.

Koslowski, P. (red.). 2001. The concept of God, the origin of the world, and the image of humankind in the world religions. Dordrecht: Kluwer.

May, H. (red.). 1996. Altruismus. Aus der Sicht von Evolutionsbiologie, Philosophie und Theologie. Loccum: Evangelische Akademie Loccum.

Mehlhausen, J. (red.). 1995. Pluralismus und Identität. Veröffentlichungen der Wissenschaftlichen Gesellschaft für Theologie 8. Gütersloh: Kaiser.

Peters, T., R. Russell en M. Welker (reds.). 2002. Resurrection: Theological and scientific assessments. Grand Rapids: Eerdmans.

Polkinghorne, J. (red.). 2001. The work of love: Creation as kenosis. Grand Rapids: Eerdmans.

Rau, G., H.R. Reuter en K. Schlaich (reds.). 1997. Das Recht der Kirche: Zur Theorie des Kirchenrechts. Gütersloh:Kaiser.

Schmidt, H. en H. Rupp (reds.). 2001. Lebensorientierung oder Verharmlosung? Theologische Kritik der Lehrplanentwicklung im Religionsunterricht. Stuttgart: Calwer.

Smit, D.J. 2007a. South Africa. In Conradie (red.) 2007.

—. 2007b. Reformed faith, justice and the struggle against apartheid. In Conradie (red.) 2007.

—. 2007c. Revisioning during reconstruction? Contemporary challenges for the churches in South Africa. In Conradie (red.) 2007.

—. 2007d. On the impact of the church in South Africa after the collapse of the apartheid regime. In Conradie (red.) 2007.

—. 2007e. Civil religion – in South Africa? In Conradie (red.) 2007.

—. 2007f. On learning to speak? A South African Reformed perspective on dialogue. In Conradie (red.) 2007.

—. 2007g. Living unity? On the ecumenical movement and globalization. In Conradie (red.) 2007.

—. 2007h. Unity in church and society? Theological reflections on an ongoing challenge in South Africa today. In Conradie (red.) 2007.

—. 2007i. “... The doing of the little righteousness”. On justice in Barth’s view of the Christian life. In Conradie (red.) 2007.

—. 2008a. Gemeenskap wat kan standhou? Nagedink oor vorme van sáám-leef in die wêreld vandag. In Koopman (red.) 2008.

—. 2008b. Oor die kerk as ’n unieke samelewingsverband. In Koopman (red.) 2008.

—. 2008c. Etiek na Babel? Vrae rondom moraliteit en die openbare gesprek in Suid-Afrika vandag. In Koopman (red.) 2008.

—. 2008d. Etiese spraakverwarring in Suid-Afrika vandag. In Koopman (red.) 2008.

—. 2008e. Het Suid-Afrika ’n gemeenskaplike morele taal nodig? In Koopman (red.) 2008.

—. 2008f. Oor die skepping van ’n grammatika van sáám-leef. In Koopman (red.) 2008.

—. 2008g. In diens van die tale Kanaäns? Oor sistematiese teologie vandag. In Koopman (red.) 2008.

—. 2008h. “... op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die verontregte ...”. In Koopman (red.) 2008.

—. 2009a. Justification and divine justice. In Vosloo (red.) 2009.

—. 2009b. Compassionate justice. In Vosloo (red.) 2009.

—. 2009c. On self-love. Impulses from Calvin and Calvinism for life in society. In Vosloo (red.) 2009.

—. 2013. “Wherefore we must hold the human person sacred”? Vrae oor Gereformeerde geloof en menswaardigheid. In Hansen (red.) 2013.

—. 2016. Living with Strangers? On Constructing Ethical Discourses. In druk.

—. 2017. Religion and civil society in “South Africa”? Searching for a grammar for life together. In Welker (red.) 2017.

Strawn, B. (red.). 2002. A God so near. Festschrift Patrick D. Miller. Winona Lake: Eisenbrowns.

Sundermeier, T. 1992. Convivence. Scriptura, Supplementary Issue, 10:68–80.

—. 1995. Konvivenz und Differenz: Studien zu einer verstehenden Missionswissenschaft. Anläßlich seines 60. Geburtstages. Erlangen: Erlanger Verlag für Mission und Ökumene.

—. 1996. Den Fremden verstehen. Eine praktische Hermeneutik. Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht.

Van der Westhuizen, H. 2015. “God the Revealed: Christology” – Michael Welker’s response to Dietrich Bonhoeffer’s question. Stellenbosch Theological Journal, 1(2):711–30.

—. 2016a. “God the Spirit” – Michael Welker’s “biblical-realistic theology”. Stellenbosch Theological Journal, 2(1):463–90.

—. 2016b. The Word and the Spirit – Michael Welker’s Theological Hermeneutics (Part 1). Stellenbosch Theological Journal, 2(2):607-620.

—. 2017. The Word and the Spirit – Michael Welker’s Theological Hermeneutics (Part 2). In druk.

Volf, M. (red.). 1996. The future of theology. Festschrift Jürgen Moltmann. Grand Rapids: Eerdmans.

Volf, M. en M. Welker (reds.). 2005. Der lebendige Gott als Trinität. Festschrift J. Moltmann. Gütersloh: Kaiser.

Vosloo, R. (red.). 2009. Essays on being Reformed. Collected essays 3. Stellenbosch: Sun Press.

Weinberger, O. en G.H. von Wright (reds.). 1993. Rechtsnorm und Rechtswirklichkeit, Festschrift Werner Krawietz. Berlin: Duncker & Humblot.

Welker, M. 1981. Universalität Gottes und Relativität der Welt. Theologische Kosmologie im Dialog mit dem amerikanischen Prozeßdenken nach Whitehead. Neukirchen-Vluyn: Neukirchener Verlag.

—. 1985. Erwartungssicherheit und Freiheit. Zur Neuformulierung der Lehre von Gesetz und Evangelium I. Evangelische Kommentare, 18:680–3.

—. 1986a. Security of expectations. Reformulating the Theology of Law and Gospel. Journal of Religion, 66:237–60.

—. 1986b. Erbarmen und soziale Identität. Zur Neuformulierung der Lehre von Gesetz und Evangelium II. Evangelische Kommentare, 19:39-42.

—. 1988a. Artikel: Heaven. In Fahlbusch e.a. (reds.) 1988.

—. 1988b. Schöpfung. In Drehsen e.a. (eds.) 1988.

—. 1989a. Der Heilige Geist. Evangelische Theologie 49:126–141.

—. 1989b. Gesetz und Geist. Jahrbuch für Biblische Theologie, 4:215–29.

—. 1989c. Freiheit und Halt im christlichen Glauben. 425 Jahre Heidelberger Katechismus als Bekenntnisschrift. Reformierte Kirchenzeitung, 156–60.

—. 1990. Righteousness and God’s Righteousness. The 1989 Frederick Neumann Symposium on the Theological Interpretation of Scripture: The Church and Israel. Romans 9–11. The Princeton Seminary Bulletin, Supplementary Issue, 1:124–39.

—. 1991. Was ist “Schöpfung”? Genesis 1 und 2 neu gelesen. Evangelische Theologie, 51:208–24.

—. 1992a. Gottes Geist: Theologie des Heiligen Geistes. Neukirckener Verlag: Neukirchener- Vluyn.

—. 1992b. Das Reich Gottes. Heidelberger Antrittsvorlesung. Wolfgang Hüber zum 50. Geburtstag gewidmet. Evangelische Theologie, 52:497–512.

—. 1993a. Pluralismus und Pluralismus des Geistes. In Ziegert (red.) 1993.

—. 1993b. Dynamiken der Rechtsentwicklung in den biblischen Überlieferungen. In Weinberger e.a. (reds.) 1993.

—. 1994a. God the Spirit. Minneapolis: Fortress Press.

—. 1994b. Gottes Geist und die Verheißung sozialer Gerechtigkeit in multikultureller Vielfalt. In Weth (red.) 1994.

—. 1995a. Kirche im Pluralismus. Gütersloh: Kaiser.

—. 1995b. Schöpfung und Wirklichkeit. Neukirchen-Vluyn: Neukirchener Verlag.

—. 1995c. Kirche zwischen pluralistischer Kultur und Pluralismus des Geistes. In Mehlhausen (red.) 1995.

—. 1995d. Creation: Big Bang or the work of seven days? Theology Today, 52:173–87.

—. 1996a. Geist und Wort – Wort und Geist. Concilium, 3:159–65.

—. 1996b. Routinisiertes Erbarmen und paradigmatische Öffentlichkeit. “Generalisierung von Altruismus” in alttestamentlichen Gesetzesüberlieferungen. In May (red.) 1996.

—. 1996c. Christian theology: What direction at the end of the second millennium? In Volf (red.) 1996.

—. 1997a. Dem Tun Gottes aufmerksam folgen. Der Christ in der gegenwärtigen Kultur. Evangelische Aspekte 1997:4–10.

—. 1997b. Recht in den biblischen Überlieferungen in systematisch-theologischer Sicht. In Rau e.a. (reds.) 1997.

—. 1997c. Creation and the image of God: Their understanding in Christian tradition and the Biblical grounds. Journal of Ecumenical Studies, 34:436–48.

—. 1997d. Die evangelische Freiheit. Evangelische Theologie, 57:68–73.

—. 1998. “Richten und Retten”. Systematische Überlegungen zu einer unverzichtbaren Funktion der Religion. In Assmann e.a. (reds.) 1998.

—. 1999a. Was geht vor beim Abendmahl?. Stuttgart: Quell.

—. 1999b. Travail and mission: Theology reformed according to God's word at the beginning of the third millennium. In Willis e.a. (reds.) 1999.

—. 2000a. The tasks of biblical theology and the authority of scripture. In Alston (red.) 2000.

—. 2000b. Die Gegenwart des auferstandenen Christus als das Wesentliche des Christentums. In Härle e.a. (reds.) 2000.

—. 2001a. Das Vierfache Gewicht der Schrift. Die mißverständliche Rede vom “Schriftprinzip” und die Programmformel “Biblische Theologie”. In Hiller e.a. (reds.) 2001.

—. 2001b. Christentum und strukturierter Pluralismus. In Feldtkeller (red.) 2001.

—. 2001c. Creation, the concept of God, and the nature of the human person in Christianity. In Koslowski (red.) 2001.

—. 2001d. Schöpfung in den kanonischen biblischen Überlieferungen und in der Programmatik eines Lehrplans. In Schmidt e.a. (reds.) 2001.

—. 2001e. Person, Menschenwürde und Gottebenbildlichkeit. Jahrbuch für Biblische Theologie, 15:258–62.

—. 2001f. Romantic love, covenantal love, kenotic love. In Polkinghorne (red.) 2001.

—. 2002a. Heiliger Geist. In Clasen e.a. (reds.) 2002.

—. 2002b. “Sola Scriptura?” The authority of scripture in pluralistic environments. In Strawn (red.) 2002.

—. 2002c. Who is Jesus Christ for us today? Harvard Theological Review, 95:137–42.

—. 2002d. Theological realism and eschatological symbol systems: Resurrection, the reign of God, and the presence in faith and in the Spirit. In Peters e.a. (reds.) 2002.

—. 2003a. Reformation theology and the Reformed profile. The Bulletin of the Institute for Reformed Theology, 3:4–9.

—. 2003b. Heiliger Geist und Zeitgeist. Gespräch mit Prof. Welker. Entwurf, Religionspädagogische Mitteilungen, 1:7–10.

—. 2004a. Serving God in a time when a worldview collapses: The pastor-theologian at the beginning of the third millennium. In Jarvis e.a. (reds.) 2004.

—. 2004b. Artikel: Heiliger Geist. In Christophersen e.a. (reds.) 2004.

—. 2005a. Gott ist keine Zaubermacht. Über die Todesflut, falsche Allmachtsvorstellungen und eine unzerstörbare Hoffnung. Zeitzeichen, 6:48.

—. 2005b. Der erhaltende, rettende und erhebende Gott. Zu einer biblisch orientierten Trinitätslehre. In Volf e.a. (reds.) 2005.

—. 2006a. Heiliger Geist. In Dennerlein e.a. (reds.) 2006.

—. 2006b. The Spirit in philosophical, theological, and interdisciplinary perspectives. In Welker (red.) 2006.

—. 2006c. Schöpfung des Himmels und der Erde, des Sichtbaren und des Unsichtbaren. Jahrbuch für Biblische Theologie, 20:313–23.

—. 2007. Artikel: Heiliger Geist. In Hübner e.a. (reds.) 2007.

—. 2010a. What is the “spiritual body”? On what may be regarded as “ultimate” in the interrelation between God, matter, and information. In Davies e.a. (reds.) 2010.

—. 2010b. Faith in the Triune God. International Journal of Orthodox Theology, 1:90–3.

—. 2011a. Rethinking Christocentric Theology. In Helmer e.a. (reds.) 2011.

—. 2011b. Menschlicher Geist und Gottes Geist. Jahrbuch für Biblische Theologie, 24:121–55.

—. 2011c. Where the Spirit of God is, there is freedom! In Hansen (red.) 2011.

—. 2012. Gottes Offenbarung. Christologie. Neukirchener: Neukirchen-Vluyn.

—. 2013a. God the Revealed: Christology. Grand Rapids: Eerdmans.

—. 2013b. Global public theology and Christology. In Bedford-Strohm, e.a. (reds.) 2013.

—. 2013c. “Imagine there’s no heaven”. Die Rede vom Himmel. Ruperta Carola Forschungsmagazin, 2:16–22.

—. 2013d. Justice – mercy – worship: The “weighty matters” of the Biblical Law. In Etzelmüller e.a. (reds.) 2013.

—. 2013e. Gottes Geist und menschlicher Geist. Zur Situation – und “How my mind has been transformed”. In Etzelmüller e.a. (reds.) 2013.

Welker, M. (red.). 2006. The Work of the Spirit: Pneumatology and Pentecostalism. Grand Rapids: Eerdmans.

Welker, M., K. Vorster en N. Koopman (reds.). 2017. Church and civil society. German and South African perspectives. Stellenbosch: SunMedia.

Weth, R. (red.). 1994. Gottes Geist und Gottes Volk im Umbruch Europas. Gütersloh: Kaiser.

Willes, D. en M. Welker. 1999. Toward the future of Reformed Theology. Tasks, topics, traditions. Grand Rapids: Eerdmans.

Wolter, M. en M. Welker (reds.). 1999. Die Unscheinbarkeit des Reiches Gottes. Marburger Jahrbuch Theologie, XI:103–16.

Ziegert, R. (red.). 1993a. Vielfalt in der Einheit. Theologisches Studienbuch zum 175 jährigen Jubiläum der Pfälzischen Kirchenunion. Speyer: Evangelischer Presseverlag Pfalz.

 

Eindnotas

1 Welker (1992:218) wat verwys na “bleibender Fremdheit und Unvertrautheit”.

2 Vir ’n goeie oorsig rakende die meganismes wat tot die verdeeldheid in Suid-Afrika bygedra het en die rol wat Suid-Afrikaanse kerke in die verdeling gespeel het, kyk De Gruchy (2005).

3 In die lig van die diskoers en sy verhouding met Suid-Afrika, Smit en Welker, is ook Theo Sundermeier, die Duitse missioloog, se bydrae nuttig. Sundermeier, wat ’n geruime tyd in Suid-Afrika deurgebring het, vind ook spesifiek hierdie diskoers waardevol. In Konvivenz und Differenz (1995), ’n erebundel ter viering van sy 60ste verjaarsdag, skryf hy juis oor die tema van saamleef en verskil. Die waarde wat hy in hierdie diskoers vind, word uitgedruk in sy praktiese hermeneutiek wat hy Den Fremden verstehen (Om die vreemde te verstaan) (1996) noem. Hier ondersoek hy ’n hermeneutiek vir vreemdelinge, en hoe só ’n hermeneutiek tot saamleef en verskil bydra. In ’n opstel oor die begrip konvivensie (saamleef), skryf Sundermeier dat ’n mens kan leer alleen deur die andersheid van die ander persoon te erken, en nie bloot die beeld wat ’n mens van daardie persoon gemaak het of die verwagting waarmee ’n mens na die persoon gekom het nie. Die ándersheid moet vermeerder word. Daardeur ervaar ’n mens hoe hy of sy deur die ander persoon gevorm word. Dan eers beweeg een persoon nader aan ’n ander (Sundermeier 1992:80).

4 Welker se Teologie van die Gees is deel van ’n Trinitaries-teologiese onderneming (Welker 2005b:34 e.v., 2010b:90 e.v.). Vir sy eie verstaan en beskrywing van sy teologie, kyk Welker (2013e:356 e.v.).

5 Kyk Welker (1996a:159 e.v., 1996c:73 e.v., 2000a:232 e.v., 2001a:9 e.v., 2002b:375 e.v., 2003a:4 e.v., 2004a:74 e.v., 2006a:59 e.v.). Kyk ook Willis and Welker (1999). Vir ’n interpretasie van sy hermeneutiese verwysingsraamwerk, kyk Van der Westhuizen (2016b, 2017).

6 Welker het deur die jare verskeie artikels oor sy verstaan van die Gees gepubliseer. Kyk Welker (1989a:126 e.v., 1992a, 2002a:63 e.v., 2003b:7 e.v., 2004b:144 e.v., 2006b:221 e.v., 2007:107 e.v., 2011b:239 e.v.).

7 Kyk Welker (1981, 1988a:216, 1995b:56–68, 2006c:313 e.v., 2013c:16 e.v.).

8 Vir Welker se verstaan van die gedifferensieerde liggaam van Christus, kyk Welker (2010a:349 e.v.).

9 Kyk ook Welker (1993a:363 e.v., 1995a, 1995c:468 e.v., 2001b:89 e.v.).

10 Kyk ook Welker (1999b:136 e.v.).

11 Die lesing is gehou op 21 Mei 2014 by die Universiteit van Heidelberg, waar hy vanaf 2003 professor in sistematiese teologie was.

12 Welker het oor jare heen indringende navorsing gedoen oor die verbintenis van hierdie aspekte van Bybelse wette. Kyk Welker (1989b:215 e.v., 1990:124 e.v., 1994b:9 e.v., 1998:28 e.v., 2013d:205 e.v.).

13 Kyk ook Welker (1986a23 e.v., 1997b:390 e.v.).

14 Kyk Welker (1996b:143 e.v.).

15 Kyk Welker (1995b:24–32; 2001c:80 e.v.; 2001d:22 e.v.).

16 Kyk Welker en Wolter (1999).

17 Vir ’n meer diepgaande verstaan van sy Christologie kyk Welker (1997a:4 e.v., 2000b:91 e.v., 2002c:137 e.v., 2011a:179 e.v., 2013a, 2013b:286 e.v.).

18 Kyk bv. Welker (2001f:127 e.v.), waar hy, deur middel van die Bybelse tradisies, tot ’n meer gedifferensieerde verstaan van liefde probeer kom.

19 Kyk Welker (1997c:436 e.v., 2001e:258 e.v.) vir meer oor sy siening van menswaardigheid.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Voortdurende onbekendheid en vreemdheid. Die implikasies van Michael Welker se teologie van die Gees vir ’n teologiese hermeneutiek vir vreemdelinge appeared first on LitNet.

Performatiwiteit as verskynsel in die onderwys

$
0
0

Performatiwiteit as verskynsel in die onderwys

Milton van Wyk en Lesley le Grange, Departement Kurrikulumstudie, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 14(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Performatiwiteit in die onderwys is ’n neoliberale verskynsel. Die neoliberalisme is ’n gedagterigting wat effektiwiteit, doeltreffendheid en gehalte beklemtoon. Met hierdie artikel word daar op die toenemende belang van hierdie tipies besigheidsbeginsels in skole gefokus. Binne ’n performatiewe bestel word oordrewe klem op die regulering en bestuur van die onderwyser se werksverrigting geplaas. Deur performatiwiteit in die dagtake van onderwysers in te dwing, het regerings toenemend beheer oor daardie onderwysers se werkslewe verkry. Spesifieke tegnieke van dophouding en moniteringstelsels, soos selfbeheer, beheer deur ander, beheer deur inligtingsvervaardiging, beheer deur leerderprestasie en beheer deur assesseringsdata, is ingestel sodat onderwysers verplig word om hul toerekenbaarheid aan die onderwysowerhede te demonstreer. Die bestuur van hierdie toerekenbaarheidsprosesse is ’n soort skrikbewind wat ook die “gruwels (terrors) van performatiwiteit genoem word. Hierdie gruwelhouding kan nie net ernstige gevolge vir die aard van onderrig en leer in skole inhou nie. Die negatiewe uitwerking kan ook fel op die innerlike lewe en die professionele identiteit van die onderwyser wees. Dit blyk dat onderwysers deur die gruwels van performatiwiteit verswelg word. Daar behoort weerstand teen die newe-effekte van performatiwiteit gebied te word, maar is so ’n optrede moontlik? Ten einde dit vir onderwysers moontlik te maak om konstruktiewe betekenis aan ’n weerstandsbeweging te verleen, word die volgende aanbevelings gemaak: Eerstens moet deelname aan onderlinge gesprekvoering tussen onderwysers aangemoedig word, sodat hulle saam oor hul professionaliteit kan besin. Tydens hierdie geleenthede van kollektiewe reflektering behoort onderwysers betrokke te wees in kritiese gesprekke oor die gevare van performatiwiteit, en eie ervarings binne ’n kultuur van performatiwiteit behoort met mekaar gedeel te word. Tweedens behoort onderwysers die geleenthede te inisieer om in interaksie met die beleidmakers oor onderwysbeleide te tree. Die uitdaging hier is om die ingesteldheid van die beleidmakers tot so ’n mate te verander dat onderwysers die geleentheid kan kry om nie bloot passiewe ontvangers van beleide te wees nie. Sodoende sal onderwysers die geleentheid kry om meer aktief by die vorming van onderwysbeleide betrokke te wees.

Trefwoorde: beheermeganismes; gruwels (“terrors”); neoliberalisme; onderwysers; performatiwiteit; toerekenbaarheid

 

Abstract

Performativity as phenomenon in education

As in the case of other Western countries the South African government has put education policies in place to regulate the work of teachers. This development needs to be understood in the context of a shift in the role of the state from that of being primarily a provider to that of being a regulator and monitor. This shift accompanies the erosion of the welfare state across the globe. In the context of education, the introduction of new measures such as accountability regimes has direct implications for all teachers in public schools in the Republic of South Africa. This has given rise to a phenomenon in schools termed a culture of performativity, whereby teachers’ work and worth are continuously measured and the quickest input-output ratio is pursued at all costs.

Ball (2003b:216) argues that, “performativity is a technology, a culture and a mode of regulation that employs judgements, comparisons and displays as means of incentive, control, attrition and change – based on rewards and sanctions”. The rising culture of performativity is closely intertwined with the ascendancy of neoliberalism in the past four decades. In this article we suggest that performativity is one of the manifestation of neoliberalism. Neoliberalism can be traced back to liberal perspectives of the 17th century which became marginalised due to the rise of welfare state liberalism of the late 19th century and Keynesian economics of the 20th century. The revival of neoliberal politics in the late 20th century has witnessed the erosion of the welfare state, the privatisation of state assets and a return to neo-classical economics. Neoliberalism is a contentious term (among both its proponents and its critics). However, there are principles which all neoliberals share. I shall briefly mention three of these: a commitment to individual liberty and a reduced state; a shift in policy and ideology against government intervention; and that market forces are self-regulating.

Performativity plays out in the school context in different ways. In this article we discuss the following effects of performativity that are pertinent to institutionalised education (schooling): the control over the self (Foucault’s technologies of the self); control over others as evident in performance appraisal systems; control through the production of information; control over learners’ performances; control over assessment data; systems of rewards and sanctions; increase in workload; attitudinal and behavioural change; negative physiological and emotional effects; and deprofessionalism. Concerning the latter, performativity results in the erosion of the professional soul of the teacher and teaching/learning becomes a dehumanising practice – a cold and heartless exercise.

This literature review shows that teachers are confronted by the “terrors of performativity” (Ball 2003b:215) that erode the professional souls. However, to ensure that good education takes place, the harmful effects of performativity in schools should be counteracted or resisted. But is resistance possible? In the school – or within the performative society as Ball (2003b:226) calls it – teachers should be the first line of defence. Teachers should take responsibility for their professionalism, otherwise there is a danger of their continuing to function merely as technicians of the state or agents of the markets. As “resisting professionals” (Kim 2010:69) teachers can harness their professional selves – individual and collective – as a means to resist the dangers of performativity. In order to mobilise teachers to give constructive meaning to a resistance movement, the following recommendations are made in the article:

First, because this is a political matter, teachers should create opportunities and set aside time to meet with colleagues. Mechanisms should be put in place to ensure that participation and dialogical deliberations among teachers occur. Collective action whereby teachers have the time to reflect together on their profession and professionalism is peremptorily necessary. During such moments of collective reflection teachers should engage in critical discussions, not only about the dangers of performativity, but also about their respective lived experiences of teaching within a culture of performativity – thereby “giving voice to the silenced”, as Weber (2007:299) puts it.

Secondly, to maintain teachers’ identities as professionals there needs to be a “call to action” (Wilkins 2011:393). Solidarity and collective action of teachers should be encouraged because “there is no action in isolation” (Arendt 1993 in Rue 2006:125). Teachers must have the professional courage and commitment to collectively resist so that a balance between professional and political power is put into effect. Therefore, teachers should initiate processes of seeking opportunities for interaction with education policy-makers. The teaching corps should, in consultation with the state, establish a power-with instead of a power-over relationship with the state (Waghid, Berkhout, Taylor and De Klerk 2005:179). Within a power-with relationship teachers have opportunities to speak about the policy changes that they are uncomfortable with (White 2010:292). In this context the aims of policy changes should be more explicitly articulated and debated so that free and open discussions between participants occur (Delandshere and Arens 2001:564). It is important that policy-makers’ and teachers’ views are brought into conversation with one another, “not only in order to achieve a sense of consensus, which is one way to achieve the success of educational reforms, but also to make any necessary adjustments to policy after getting first-hand feedback on how it works at the grass-roots level” (Wong 2008:268). The challenge here is to change the ideas and intentions of policy-makers so that teachers become more active participants in the forming of education processes rather than passive receivers of policies. In this regard, the teachers as part of a resistance movement would display characteristics of what has been referred to as an “activist professional” (Sachs 2003 in Avis 2005:215). Judyth Sachs’s (2003) notion of an “activist identity” (Whitty 2006:12; Wilkins 2011:393) has the potential of the development of a “transformative professionalism” (Wilkins 2011:393). The new teacher professionalism can be seen as a product of negotiations between governments’ needs and teachers’ expectations of their work (Wong 2008:272). Within a democratic discourse (Wilkins et al. 2012:67) teachers therefore take on the societal role as change agents (Carl 2009:206).

Keywords: accountability; control mechanisms; neoliberalism; performativity; teachers; terrors

 

1. Inleiding

Reddy, Le Grange, Beets en Lundie (2015:1) meen dat ons in ’n wêreld woon waar ons gedurig uitgedaag word om te presteer, hetsy op die sportveld, in die werkplek, op skool, op kollege of universiteit. Binne die huidige skoolstelsel word daar van onderwysers vereis om in meetbare terme te presteer en hulle aan die regime van effektiwiteit en doeltreffendheid te onderwerp (Van der Walt, Mentz, Breed en Coetsee 2008:469). Hierdie tendens om prestasie te verwag waaraan die onderwyser se waarde voortdurend gemeet word, het aanleiding gegee tot ’n verskynsel in die skoolpraktyk – die verskynsel van prestasiegedrewe optrede – waarna Ball (2000; 2003a; 2003b; 2004; 2012) veelseggend as “performativity” verwys. Ball (2003b) suggereer dat performatiwiteit in die onderwys die resultaat/uitkoms van die samelewing se beheptheid met teikens, toetsings, statistieke, rangordes en vergelykings is.

Dit blyk dat performatiwiteit, wat ten doel het om standaarde in skole en onderwysprestasie landswyd te verhoog (Craft en Jeffrey 2008:577), tans een van die magtigste en deurdringendste diskoerse in die onderwys is. Performatiwiteit mag gesien word as ’n politieke en burokratiese meganisme van beheer waarin onderwysers moet demonstreer dat hulle toerekenbaar is vir die verantwoordelikhede wat op hulle rus. Die onderwyser se pogings om aan die eise van performatiwiteit te voldoen, dit wil sê “om waarde toe te voeg … om produktiwiteit te verbeter, [en om] ’n bestaan van berekening te voer” hou belangrike implikasies in vir die betekenis van onderwysers se werk (Ball 2003b:223) (Skrywers se vertaling). Die performatiwiteitsdruk mag bepaalde uitwerkings en newe-effekte vir die onderwyser se werkslewe inhou. Dit bring mee dat onderwysers soms geen keuse gelaat word as om met die eise van performatiwiteit te konformeer nie. Gevolglik sal onderwysers, ten einde toerekenbaar te wees, soos Ball (2003b:225) dit stel: ”arrive at different forms of strategic response ... [and] may submit to becoming whatever it seems necessary to become in order to survive” (Kursivering in oorspronklike). Dit kom daarop neer dat onderwysers, vanweë die brutale oorheersing van die eise van performatiwiteit, strategies sal optree ten einde te oorleef. Met ander woorde “what is important is what works” (Ball 2003b:222). Die onus rus dus vierkantig op die skouers van onderwysers “to lift their game” (Meadmore 2001:27).

In hierdie artikel sal ons eerstens poog om aan te dui tot watter mate ’n groter wordende kultuur van performatiwiteit in die onderwys tot werksoorlading van onderwysers lei. Tweedens word die moontlikheid van ’n veranderde houding en ’n gedragsverandering by onderwysers in hul skoolpraktyk as die gevolg van performatiwiteit ondersoek. Derdens sal ons poog om die fisiologiese en intense emosionele prosesse aan te dui wat onderwysers moet verduur tydens hul pogings om aan die performatiwiteitseise te voldoen. Vierdens sal die aspekte van belonings en strafgevolge, as kernelemente van performatiwiteit, ondersoek word. Vyfdens sal ons die rol van performatiwiteit in die deprofessionalisering van die onderwys as beroep bespreek. Ten laaste sal ons die implikasies wat hierdie bespreking vir onderwysers, beleidmakers en onderwysadministrateurs inhou, uitlig.

 

2. Teoretiese inslag

Die teoretiese inslag van hierdie artikel is ingegee deur die werke van die Franse filosoof Foucault. Insigte oor hoe mag deur gedurige dophouding uitgeoefen word, word in Foucault se bekende skrywes oor die panoptikon verskaf. Die woord panoptikon wat letterlik “almal sien” (Perryman 2006:155) beteken, is die naam van ’n argitektoniese ontwerp vir ’n modeltronk waar die individuele selle rondom ’n sentrale wagtoring gerangskik is, en van waar dit vir ’n enkele toesighouer moontlik is om binne elke sel te sien sonder dat die “bewoners” daarvan bewus is dat hulle dopgehou word. In sielkundige terme is die panoptikon ’n soort bewusmakingstoestel en die ontwerp daarvan beskryf die funksionering van dissiplinêre mag in die moderne Westerse gemeenskappe, aldus Gallagher (2010:263).

In Discipline and punish: the birth of the prison (1977) verwys Foucault juis na die panoptikon as ’n model waarmee eenvoudige parallelle met ander sosiale organisasies soos skole getrek kan word. Foucault verleng hierdie idee na die skool omdat die panoptikon ook daar as ’n model van effektiewe dophouding kan dien (Kim 2010:68). Volgens Perryman (2006:148–9) was die dophou van onderwysers altyd op die politieke agenda, omrede dit vir die staat noodsaaklik is om die onderwys te hervorm en dat hierdie hervorming aan verhoogde dophouding en monitering onderwerp behoort te word. Performatiwiteit word verbind met die verhoogde dophouding waaronder onderwysers hulle bevind en onderwysers word in terme van uitkoms en prestasie beoordeel. Ten einde aan die performatiewe regime te ontsnap presteer onderwysers op ’n bepaalde wyse wat lei tot ontmagtigings- en normaliseringseffekte. Soos Perryman (2006:150) skryf: “Performativity is about performing the normal within a particular discourse.” Dit is binne-in hierdie raamwerk – ’n “technology of education governmentality” (Loh 2016:3) dat onderwysers se werkslewe nou gereguleer en beheer word.

 

3. Navorsingsmetode

Ten einde insigte te verskaf in hoe regerings wêreldwyd spesifieke dophoutegnieke ingestel het om beheer oor onderwysers se werkslewe te verkry, het ons ’n oorsig van die literatuur wat relevant tot hierdie ondersoek is, onderneem. In die literatuuroorsig, wat ’n navorsingsbenadering uit eie reg is, het ons weer na vorige navorsing oor die begrip performatiwiteit gaan kyk. In die proses kon ons identifiseer wat vorige navorsers as belangrik bevind het. Die belangrikheid hiervan word oortuigend deur Neuman (1997:89) beskryf:

Wetenskaplike navorsing is nie ’n aktiwiteit van afgesonderde kluisenaars wat ander se bevindinge miskyk nie. Dit is eerder ’n gesamentlike poging van menige navorsers wat hul resultate met ander deel en kennis as ’n gemeenskap nastreef. (Skrywers se vertaling)

Die literatuuroorsig het aan ons ’n mate van bevoegdheid binne die navorsingsgebied verskaf, en ook was dit behulpsaam om ons kennis van die navorsingsgebied te ontwikkel. Die oorsig van die literatuur het aan ons kennis van onder andere bruikbare definisies, terme en konsepte verskaf wat aan ons die grense van vorige navorsing duidelik afgebaken het. Deur ’n oorsig te verkry van wat reeds in die literatuur bekend is, word hierdie studie nie net gekontekstualiseer nie, maar ook word die relevantheid van die onderwerp uitgelig deurdat dit binne ’n bepaalde kennisgebied ingebed is. Verder belowe die bevindinge van die literatuuroorsig om insigte te bied vir heroorweging van huidige onderwyspraktyke.

 

4. Die groei van neoliberalisme in die onderwys

Instansies soos die Wêreldbank en die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO), wat ekonomiese groei, welvaart en volhoubare ontwikkeling bevorder, is, volgens Ball (2003b:215), magtige agente wat die “draers” van die beleidsepidemie regoor die wêreld is. Die beleidsepidemie, wat “unstable, uneven but apparently unstoppable” is (Ball 2003b:215), het blykbaar regerings wêreldwyd daartoe gedryf om hul posisies op die wêreld se ekonomiese markranglyste te verbeter. Daarom was regerings wêreldwyd vanaf die einde van die 1970’s tot die 1990’s met wydverspreide hervormings besig (Tolofari 2005:87). Hierdie hervormings het tot ’n revolusionêre verandering by die lewering van maatskaplike dienste, toerekenbaarheid vir regeringsuitgawes en die bestuurstrukture gelei. Die veranderings is versterk en aangevuur deur ’n tydgees wat drie of vier dekades wêreldwyd, en ook onder Suid-Afrikaners, merkbaar geword het en wat oorkoepelend as postmodernisme bekend staan. In hierdie tydgees van postmodernisme het die veranderings, wat veral in die ekonomiese kontekste ingetree het, weer op hul beurt ’n impak op onderwyshervorming gehad.

Ten grondslag van die onderwysbeleidsveranderinge was die vasberadenheid om die intellektuele vermoëns van skoolverlaters sodanig te verbeter dat die nasie meer mededingend in die wêreldmarkplek sal wees (Wong 2008:269). Onder ’n beleidsbestel van globale ekonomiese mededinging is daar die hoë eise van prestasieskoling (McKenzie 2004). Versterk deur die geloof dat onderwys ’n hoogs bekwame werksmag kan ontwikkel, het die neoliberale ideologie grootliks onbetwis in die samelewing ontluik (Biraimah, Gaudelli en Zajda 2008). Ball (2003b:216) meen dat “the new technologies of reform play an important part in aligning public sector organizations with the methods, culture and ethical system of the private sector.” Skole het nie die invloed van neoliberale beleidstoepassings vrygespring nie. ’n Ekonomiese “mark”-struktuur vir skole is geskep ten einde effektiwiteit, doeltreffendheid en gehalte van die leeruitsette te verbeter. Terminologie tipies aan die bedryfswêreld, soos teikens, doelwitte, lewering, inset en uitset, aandele en toegevoegde waarde, het deel van die woordeskat in die onderwys geword. In hierdie opsig word onderwys gedefinieer op grond van die bydrae wat dit in ekonomiese terme mag lewer. Dit het die wese van die skool begin bedreig en skole genoop om as’t ware sakeondernemings te word (Van der Walt e.a. 2008:473). Met sy wortels in die kultuur van die korporatiewe besigheidswêreld het onderwys ’n verhandelbare produk geword (Lyotard 1984). Daarom word onderwys al meer deur beleidmakers, sowel as in die openbare mening, gesien as ’n belegging wat ’n opbrengs lewer, en dus moet skole doeltreffend bestuur word. Die heerskappy van neoliberalisme het, volgens Hursh (2001:4), daartoe bygedra dat onderwys aan die menslikekapitaalteorie verbind word. In hierdie opsig merk Welch (1993:3) in Van der Walt e.a. (2008:475) op dat daar na onderwysers as “menslike kapitaal” of as “hulpbronne” verwys word.

Binne die neoliberale, markgerigte skoolomgewing word onderwysers aangemoedig om hulself as ondernemende neoliberale te beskou. Volgens hierdie gedagterigting moet onderwysers tot hulself waarde kan toevoeg, hul produktiwiteit kan verbeter, kan streef na uitnemendheid en ’n berekende bestaan kan voer. So ’n ingesteldheid is wat Rose 1989 (in Ball 2003b:217) “’n onderneming van die self” noem. Volgens Ball (2003b:223) word ’n nuwe soort onderwyser sodoende geskep, een wat “opgeroep is tot onderwyshervorming”, “a teacher who can maximize performance ... for whom excellence and improvement are the driving force of their practice”. Om hierdie rede is professionele standaarde ingestel waaraan hierdie “nuwe soort onderwyser-subjekte” (Ball 2003b:217) gehoor moet gee. Volgens Liew (2012:285) is dit hierdie verhoging van standaarde ter wille van die prestasie wat aanleiding gegee het tot die neoliberale paradigma van polities-ekonomiese administrasie, beter bekend as prestasiebestuur. Dus is die manier waarop die onderwyser se prestasie tans in die skool gereguleer en bestuur word, die gevolg van die vestiging van neoliberale idees in die onderwys.

 

5. Die manifestering van neoliberalisme in die vorm van performatiwiteit

Die verwerkliking van neoliberalisme in die onderwys word deur die beklemtoning van ’n nuwe vorm van bestuur gekenmerk. Ball (2003b:217) noem dit “die vestiging van ’n nuwe vorm van beheer”. Die toepassing van neoliberale idees, soos doeltreffendheid en ’n eng siening van gehalteonderwys, het ’n oordrewe klem op die regulering en bestuur van onderwysers se werksverrigting geplaas. Binne hierdie raamwerk beleef onderwysers toenemend dat die toepassing van besigheidsbeginsels in die skole benadruk word. Garratt, Phillips en Piper (2003:442) meen dat druk van die sentrale regering “to harness schooling towards the need of the economy have led to moves to control education ... and the drive towards ‘standards, accountability and measurement’”. Die besigheidspraktyke en die markgedrewe bestuurskultuur in die onderwys, onder meer evaluerings-, gehalte- en kontrolemaatreëls, word as politieke en burokratiese beheermeganismes, bekend as performatiwiteit (Ball 2003b:216), aangewend. Ball (2003b:216) beskryf die begrip performatiwiteit as:

a technology, a culture and mode of regulation that employs judgements, comparisons and displays as means of incentive, control, attrition and change – based on rewards and sanctions (both material and symbolic). The performances (of individual subjects or organizations) serve as measures of productivity or output, or displays of “quality”, or “moments” of promotion or inspection. As such they stand for, encapsulate or represent the worth, quality or value of an individual or organization within a field of judgement.

Loh (2016:1) meen dat performatiwiteit ’n markgerigte regeringsbeginsel en ook ’n vorm van magstegnologie is. Insigte in die magsuitoefening in skole kan verbind word aan Foucault (1977–8; 2007) se opvatting van “... the conduct of conduct ... “. Foucault se idee van “conduct of conduct” wat met die kuns om te regeer verbind kan word, het twee dimensies. Eerstens is daar die tegnieke van bevolkingsbestuur en die politieke rasionaal daaragter, en tweedens is daar selfbestuur, of wat Foucault (1977–8; 2007) “tegnieke van die self” deur individuele subjekte noem, waar eie gedrag volgens geïnternaliseerde sosiale norme gereguleer word (Suspitsyna 2010:570).

Volgens Ball (2003b:217) is performatiwiteit ’n nuwe modus van regulering wat dit moontlik maak om op ’n gevorderde, liberale wyse te regeer. Deur die toepassing van besigheidsbestuursteorieë en –praktyke is nuwe, verskerpte vorme van dophouding in die skoolstelsel in werking gestel. Volgens Ball (2003a) het die aanwending van spesifieke dophoudings regerings in staat gestel om onderwysers se werk van ’n afstand af sorgvuldig te moniteer en te evalueer. Tans is daar verskeie meganismes van dophouding (Jansen 2004:53) of moniteringstelsels (Ball 2003b:216) wat ingestel is sodat onderwysers verplig word om hul toerekenbaarheid aan die onderwysowerhede te demonstreer. Loh (2016:1) beklemtoon hierdie opvatting deur te noem dat performatiwiteit

’n vorm van regulerende kultuur is wat onderwysers se lewens aan toerekenbaarheidsmaatreëls onderwerp. Hierdie maatreëls plaas ’n fel soeklig op hulle prestasie, of die gebrek daarvan, en word as ’n maatstaf vir vergelyking aangewend. (Skrywers se vertaling)

Dit is juis om hierdie rede dat Ball (2004:143) beweer dat performatiwiteit in die onderwys die nuwe magsdiskoers geword het, waarvan toerekenbaarheid die lingua franca is.

Dit blyk dat verskeie lande, as gevolg van ’n verhoogde belangstelling in beter en gehalteonderwys nasionaal en internasionaal, toerekenbaarheidstelsels ingestel het om onderwysers meer verantwoordbaar te maak vir die onderrig en leer wat in skole plaasvind. Die onderliggende rasionaal vir die instelling van toerekenbaarheidstelsels is dat onderwysers kwansuis nie vertrou kan word om die openbare diens wat hulle moet lewer, effektief te verrig sonder om beheer te word nie (Mosoge en Pilane 2014:1). Møller (2007) meen dat politici twyfel oor die mate waartoe onderwysers aansprake namens hul kliënte (die ouers) of selfs in hul eie belang as ’n groep, kan maak. Daar bestaan die opvatting dat onderwysbeleide nie meer op die algemeen aanvaarde vertroue in die professionele bevoegdheid van onderwysers kan staatmaak nie; onderwysers se prestasie moet gevolglik beheer en beoordeel word. Dit is moontlik die rede waarom monitering op verskeie vlakke van die onderwys tans die fokus is.

 

6. Moniteringstelsels

Die kultuur van performatiwiteit gedy. Dit het oor die afgelope aantal jare heen in skole ontluik en gegroei (MacRuairc en Hartford 2008). Skole, as staatsinstellings, word as polities beskou. ’n Skool word gesien as ’n arena waar magsverhoudings aan die orde van die dag is. Binne hierdie politieke speelveld word onderwysers as “politieke akteurs” (Jansen 2001:243) beskou wat volgens bepaalde beleide moet optree. Deur performatiwiteit in die daaglikse praktyke van onderwysers in te dwing, het regerings toenemend beheer oor onderwysers se arbeidslewe verkry. Soos reeds genoem, is moniteringstelsels een van die toerekenbaarheidsmaatreëls binne ’n kultuur van performatiwiteit. Hierdie stelsels is niks anders as beheermeganismes nie.

6.1 Beheer deur die self

Een van die internasionale neigings in opvoedkundige hervorming tans is die afwenteling van besluitnemingsmagte vanaf die sentrale regering na skoolvlak. Hierdie magverskuiwing vanaf nasionale na plaaslike vlak het aanleiding gegee tot skoolgebaseerde bestuur, of “plekgebaseerde bestuur” (Ball 2003b:219). Kenmerkend van die “devolved, entrepreneurial institutions(Ball 2003a:6) is dat die institusionele gesag wel onsigbaar is, maar dat die onderwyser, as die “objek van dophouding” (Kim 2010:68) voortdurend sigbaar is en onder toesig verkeer. In hierdie verband merk Ball (2010:126) tereg op: “We and our workplace are made visible.” Hierdie vorm van “goewermentaliteit” mobiliseer onderwysers “to undertake self-governing tasks” (Ball 2010:129). Binne hierdie raamwerk aanvaar die onderwyser self die verantwoordelikheid om sy/haar prestasie te moniteer. By skole waar selfbestuur toegepas word, vind ook selfregulering plaas waar onderwysers hulself bestuur soos gemeet aan ekstern-ingestelde standaarde. Hierdie standaarde is ingestel volgens die definisie van wat dit behels om ’n “goeie onderwyser” te wees. Volgens Doherty en McMahon (2007:256) is selfmonitering ’n opvallende aspek van die performatiewe klimaat in skole. Hierdie aspek kom duidelik in die nuwe opvoedertakseringstelsel in Suid-Afrika na vore, en staan as die Geïntegreerde Gehaltebestuurstelsel (GGBS) bekend. Een van die vereistes van die GGBS is dat onderwysers eers hulleself, aan die hand van die einste instrument wat tydens die ontwikkelingstaksering deur die ondersteuningsontwikkelingsgroep (OOG) binne die skool gebruik gaan word, moet evalueer. Die selfevalueringsverslag help die onderwyser en die OOG om sterk- en swakpunte van die onderwyser te identifiseer, waarop die onderwyser dan verplig word om ’n Persoonlike Groeiplan (PGP) op te stel (Mosoge en Pilane 2014:8). Hierdie selfmoniteringsapparaat kan gesien word as ’n verlengstuk van die selfdophoudingsapparatuur binne die skool (Wilkins, Busher, Kakos, Mohammed en Smith 2012:67).

6.2 Beheer deur ander

Behalwe dat onderwysers in die skool self ’n keuse uitoefen en hul praktyke beoordeel, word hulle ook deur ander beoordeel op grond van hul organisatoriese prestasie (Ball 2003b:223). “They have to attend to the external demands and pressures of performing, and to demonstrate improved performance themselves (Perold, Oswald en Swart 2012:115). Ballet en Kelchtermans (2008:47) meen dat onderwysers toenemend aan eksterne druk (eise vanaf beleidmakers) onderwerp word. Die onderwyser se prestasie word aan nog meganismes van performatiwiteit, soos portuuroorsig en inspeksies, onderwerp (Ball 2003b:220). Interne portuurgroepevaluering, ook bekend as portuurgroepwaarneming van onderrig (Karagiorgi 2012:443) maak ’n belangrike deel van die GGBS-proses uit. Volgens Msila (2009:541) word portuurgroepevaluering, met die fokus op klaskamerbesoek, as ’n strategie aangewend om onderwysergehalte te verhoog.

Benewens selfmonitering en portuurgroepevaluering, is eksterne monitering ’n verdere strategie van die staat om beheer oor onderwysers se werkslewe te verkry. Inspeksies, ’n vorm van eksterne monitering, is een van die hoofbeheermeganismes in onderwys. Skoolbesoeke is belangrike instrumente vir inspektorate, en daardeur word die vlak van onderwysgehalte en die nakoming van statutêre regulasies geassesseer (De Wolf en Janssens 2007:381). Skoolbesoeke, wat waarneming van lesse insluit, is ’n algemene kenmerk van inspeksie waartydens die onderwyser se prestasie aan die hand van prestasie-aanwysers beoordeel word. In die Suid-Afrikaanse konteks word onderwysers se werksverrigtinge deur die amptenare van onderwysdistrikskantore gemeet, aangesien hierdie kantore deel van die stelsel van onderwystoesighouding, -ondersteuning en -monitering (Adendorff en Moodley 2014:425) vorm. Perold e.a. (2012:115) skryf dat “education district offices have become sites from where these accountability measures – which have been developed on the national and provincial levels – have to be enforced”. Kurrikulummonitering is ’n wesenlike aspek van hierdie burokratiese en voorskriftelike benadering wat die waarneming van die onderwyser se klaskamerpraktyk behels.

Behalwe klaskamerwaarneming tydens die site visits (Ball 2003b:220) by skole, word die monitering van die dekking van die nasionale kurrikulum gedoen deurdat onderwysers se beplanning, leerders se werk en die onderwysers se assessering van daardie werk noukeurig ondersoek word. Dit gee aanleiding tot wat Suspitsyna (2010:571) ’n ouditkultuur noem.

6.3 Beheer deur inligtingvervaardiging

Perryman (2009:614) meen dat by moderne instansies soos skole die beheer van daardie instelling deur die voortdurende monitering van effektiwiteit behou word. Die vervaardiging van kennis is die lewensaar van alle toerekenbaarheidsmeganismes. Die individu lewer verslag aan iemand oor iets. Hierdie verslaggewing word deur middel van inligtingsoordrag gedoen (O’Day 2002:3). In hierdie opsig merk Lyotard (1984) op dat performatiwiteit tot die kommodifisering van kennis en inligting lei en dat kennis die “principle force of production” oor die afgelope aantal dekades geword het (1984:5).

Dit blyk dat ’n aansienlike deel van wat dit behels om ’n onderwyser te wees, is om ’n vervaardiger en verbruiker van teks te wees. “Performativity seeks to reform the teacher as an instrument of productivity” (Loh 2016:1). Tans spandeer onderwysers baie tyd en energie aan die vervaardiging van inligting wat met prestasie verband hou (Oswald 2010 in Perold e.a. 2012:116). Binne ’n toenemende “produkgedrewe onderwysstelsel” (Hennessy en McNamara 2013:10) word daar van onderwysers verwag om ’n verskeidenheid van formele tekstuele verslae oor hulself te vervaardig (Ball 2003b:225). Hierdie “papierspoor dien as “bewyslewering van gehalte (Ball 2003b:218) van die onderwyser se werkverrigting. Gevolglik lei dit tot ’n papiergedrewe stelsel (Bisschoff en Mathye 2009:401) in die onderwys.

6.4 Beheer deur leerderprestasie

Ball (2010:129) noem dat een van die onderwyser se verantwoordelikhede in die skool dié is van “performance done by working on and with students. Prestasie is tans die raison d’être van onderwysinstellings (Tolofari 2005:86), en dit is om hierdie rede dat daar toenemend klem op die akademiese prestasies van leerders in die skool geplaas word. Valli, Croninger en Walters (2007:644) meen dat daar ’n duidelike verband tussen leerderprestasie en onderwyserprestasie bestaan. Dit is dan ook die rede vir die opvatting dat onderwysers meer toerekenbaar vir die akademiese prestasies van hul leerders gehou moet word. Møller (2007) beweer dat die nuwe verstaan van toerekenbaarheid die gedagte behels dat leerders se prestasies as eenhede vir die evaluering van ’n onderwyser se onderrigpraktyk aangewend word. Sodoende word leerderprestasie as ’n maatstaf vir onderwysergehalte gebruik (Ingvarson en Rowe 2008:14).

Arens (2005:6) merk op dat toerekenbaarheid deur leerdertoetsing ’n redelik bestendige kenmerk van die onderwyslandskap geword het. Wiliam (2010:106) argumenteer dat

almal met ’n aandeel in die uitkoms van onderwys – leerders, onderwysers, ouers, ander belastingbetalers, werkgewers, en die breër gemeenskap – wil weet wat die leerders geleer het, en dit blyk geloofwaardig te wees dat dit maklik deur die aanwending van eenvoudige en bekende instrumente soos toetse geëvalueer kan word. (Skrywers se vertaling)

Leerders se prestasies word, behalwe deur skoolgebaseerde assessering, ook deur provinsiale en nasionale gestandaardiseerde toetse gemeet. Die hoofdoel van gestandaardiseerde toetsing is nie net om te assesseer en te moniteer of leerders aan die gestelde kurrikulumstandaarde voldoen nie, maar ook om die gehalte van die onderwyser se onderrig te bepaal. Volgens Nicholl en McLellan (2008:587) word leerders se prestasies tydens eksaminering aan die uitsette van die onderwyser se performatiwiteit gemeet.

6.5 Beheer deur assesseringsdata

Nog een van die beheermaatreëls waarmee onderwysers toenemend te kampe kry, is die beheer deur data. Kenmerkend aan ’n performatiewe kultuur is die insameling van performatiewe data (Ball 2003b:221). Orga (2008:264) noem dit “’n nuwe soort kennis – ’n regime van getalle – en ’n bron waardeur dophouding uitgevoer kan word”. (Skrywers se vertaling)

Orga (2003:2) beweer voorts: “[P]olicy-makers have always collected data on the functioning of education systems, and have drawn on these data to monitor systems.” Tans is die leerders se toetsuitslae onder meer in skoolgebaseerde assessering, Sistemiese Evaluering en die Jaarlikse Nasionale en Provinsiale Assesserings van die belangrikste data-insamelingsoefeninge wat dit ten doel het om leerders se akademiese vlakke te bepaal.

Binne ’n kultuur van performatiwiteit berus die verantwoordelikheid van “working on and with data itself” (Ball 2010:129) op die onderwyser. Om hierdie rede word daar van onderwysers verwag om die skoolgebaseerde assesseringsdata in te samel en dit dan, as skoolrapporte, aan die ouers te versend. Op hulle beurt publiseer die departemente van onderwys die uitslae van die gestandaardiseerde toetsing in die vorm van sogenaamde ligatabelle in plaaslike en nasionale nuusblaaie, asook op webtuistes. Lingard (2010:137) meen die “policy-as-numbers approach necessitat[es] school league tables”, en dat hierdie prestasie-inligting as ’n bron vir vergelyking (Orga 2008:268) dien. Die assesseringsdata, wat aan die publiek beskikbaar gestel word, word nie net gebruik om skole te gradeer nie, maar ook om skole onderling met mekaar te vergelyk. Hierdie statistieke is nuuswaardig in ’n kultuur van mededinging waar die beskikbaarheid van keuse vir verbruikers (die leerders) van groot belang is (Meadmore 2001:27). Dit is fundamenteel tot die mededingende welsyn van die skool (Ball 2010:129). Hierdeur word ouers ’n vrye keuse van skole toegelaat en dit gee aan hulle die geleentheid om hulle kinders na die “beste” skole te stuur – skole waar daar op goeie onderrig gereken kan word (Malan 2013:2).

Die wyse waarop die “taal van statistieke” tans die onderwysklimaat oorheers, word deur Ball (2003b) beklemtoon wanneer hy vir Boyle (2001) aanhaal:

We take our collective pulse 24 hours a day with the use of statistics. We understand life that way, though somehow the more figures we use, the more the great truths seem to slip through our fingers. Despite all that numerical control, we feel as ignorant of the answers to the big questions as ever. (Ball 2003b:215)

 

7. Beloning en straf as gevolge

Die genoemde verantwoordelikhede van die onderwyser, naamlik prestasie gerig deur “working on and with students” en “working on and with data”, sal noodwendig beloning en/of straf tot gevolg hê. Beloning en straf as gevolge, wat immer die kernelemente van performatiwiteit is (Ball 2003b:216; 2010:129), kan van toepassing op prestasie op individuele sowel as op organisatoriese vlak wees. In ’n performatiewe werksomgewing word die onderwyser se prestasie aan individuele en sosiale beloning en straf gekoppel (Chisholm en Hoadley 2006:28). Arthur (2009:442) beweer dat performatiwiteit die meet van personeelproduktiwiteit vereis en dat dit beloning en straf aanwend om personeelprestasies te rig ten einde organisatoriese doelwitte te bereik. Om hierdie rede word daar in die onderwysprestasiebestuurstelsels van sommige oorsese lande onder meer voorsiening vir die erkenning en beloning van goeie prestasies gemaak, asook vir die bestuur van swak prestasies.

7.1 Beloning

Binne ’n kultuur van performatiwiteit word daar van onderwysers verwag om goeie prestasies te lewer ten einde ’n weerspieëling te wees dat die onderwyser aan die eise van performatiwiteit voldoen. Tans bestaan daar voorstelle ten einde prestasievergoeding deel van die onderwyser se vergoedingspakket te maak. Binne so ’n prestasiebestuurstelsel sal die verband tussen onderwyserprestasie en beloning sterk na vore kom. Een van die aannames wat tot die voorstelle gelei het, is redelik eenvoudig: “Teachers will be more motivated to do high-quality work if they know they’re eligible to receive performance pay” (Hulleman en Barron 2010:27). Volgens Ball (2003b:219) kan prestasiegebaseerde betaalstelsels ’n verskeidenheid van vorme aanneem.

Marsh en McCaffrey (2012:52) meen dat die gebruik van finansiële aansporings wat met prestasie verbind kan word, ’n gewilde hervormingstrategie in die onderwyssektor geword het. Alhoewel geldelike belonings die mees algemene aansporing in prestasieverwante beloning is, kan aansporingskemas ook niefinansiële vorme aanneem. Voorbeelde van niefinansiële aansporings sluit intrinsieke motivering, bevordering, verminderde onderriglading, werkstabiliteit en oorsese reise in. Die Nasionale Onderwystoekennings wat in 2000 in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ingestel is, is een van die wyses waarop die Departement van Onderwys aan toegewyde onderwysers erkenning gee en waarvolgens onderwysers aangemoedig word om elke leerder te ontwikkel (DvO 2011). Hierdie idee om die basis van vergoeding van onderwysers te transformeer, is om dit gelyk te stel aan die vergoedingspraktyke wat tans in die privaat sektor geïmplementeer word.

7.2 Straf

Volgens Burnard en White (2008:764) kan die gebrek aan suksesvolle prestasie uiters negatiewe gevolge vir die onderwyser inhou. Dit is byvoorbeeld die gebruik in Engeland om ’n skool wat onderpresteer, aan strawwe strafmaatreëls, bekend as spesiale maatreëls, te onderwerp. Tydens hierdie strafproses word onderwysers verplig om stiptelik te hou by ’n rigiede en vooropgestelde suksesresep wat op skooleffektiwiteitsteorieë gebaseer is. In uiterste gevalle, waar die Office for Standards in Education (OFSTED), wat verreikende magte het om onderwysers wat onderpresteer te dissiplineer, nie verbetering waarneem nie en dit dus ’n aanduiding is dat die skool faal, word daardie skool summier gesluit (Perryman 2006:149). Ander tipes strafmaatreëls sluit ernstige vermanings, heropleiding, plasing onder mentorskap, summiere afdanking en die openbare vertoon van onderwysers se name in – sogenaamde “naming and shaming” (Fitzgerald 2008:116). Hierdie toedrag van sake sal moontlik daartoe lei dat die onderwysberoep as onaantreklik deur toekomstige nuwe toetreders gesien sal word, wat ’n onderwysertekort kan meebring. In hierdie opsig verwys Ball (2003b:222) na ’n geval in die Verenigde Koninkryk waar die beleid van performatiwiteit al meer onderwysers uit die onderwysstelsel dwing. Wat as ’n werwingsprobleem gesien word, is eintlik ’n kwessie van terughouding. In hierdie verband merk Buchanan (2010:200) tereg op: “[T]he teaching pool keeps losing water because no one is paying attention to the leak.”

 

8. Werksoorlading

Die bestuur van die toerekenbaarheidsprosesse (soos aangedui) kan ernstige eise aan onderwysers se tyd en energie stel. Wong (2008:274) meen dat een van die gevolge van die groeiende performatiewe kultuur is dat onderwysers ’n oormatige werkslading en uitgebreide werksure ondervind. Die verhoging van onderwysers se werkslading kan op verskillende maniere manifesteer. Volgens Penrice (2011:105) mag oorlading, wat uit meer werk binne die klaskamer spruit, ontstaan. Daar is bepaalde kwessies wat beduidend bydra tot die verhoogde werkslading van onderwysers in die klaskamer, soos ’n oorvol kurrikulum, klasgrootte en ook die hoofstroming van leerders met struikelblokke tot leer. Behalwe onderrig in die klaskamer, wat as eerste-orde-aktiwiteite beskou word, moet onderwysers ook nie-onderrig- en administratiewe pligte, wat dikwels met oormatige papierwerk gepaardgaan, uitvoer. Die papierwerk, of tweede-orde-aktiwiteite, soos beplanning, nasienwerk en optekening, moet soms by die huis in die aande en oor naweke aangepak word (Webb, Vulliamy, Hämäläinen, Sarja, Kimonen en Nevalainen 2004:172). Sodanige aktiwiteite “consume vast amounts of time and energy and reduce the time and energy which teachers can spend on genuine innovative teaching” (Turner-Bisset 2007:195). Taylor (2008:4) meen dat die lastige en onnodige papierwerk nie net “serves to distract teachers from their core task of teaching” nie, maar ook tot frustrasie en uitputting by onderwysers lei.

Die oorlading van onderwysers mag ook gebeur as gevolg van die groter omvang van onderwyserverantwoordelikheid met betrekking tot die klaskamer. Onderwysers moet beskikbaar wees ná ure en oor naweke vir buitemuurse aktiwiteite soos sport, ouervergaderings, skoolfunksies en opleidingsessies. Ballet en Kelchtermans (2008:60) voer aan dat werk meer en meer tyd in beslag neem ná skool en gedurende vakansies. Werk wat nie gedoen is nie, beïnvloed die lewe van die onderwyser op ander wyses. Baie onderwysers ervaar dit so en vir talle is die balansering van werk en gesinslewe nie maklik nie. Veral vir vroulike onderwysers, wat steeds die hoofverantwoordelikhede in die huishouding opneem, is dit ’n moeilike situasie. Die stryd om hierdie rolle te balanseer, skep spanning en erge skuldgevoelens (Ballet en Kelchtermans 2008:60–61).

 

9. ’n Houding- en gedragsverandering

Uit voorgaande paragraaf is dit duidelik dat daar in die onderwys heelwat negatiewe gevalle van performatiwiteit is wat ’n geweldige impak op onderwysers se werk en lewe kan hê. In so ’n mate dat die beheermeganismes in die onderwys bepaalde uitwerkings en newe-effekte vir onderwysers inhou. In hierdie verband voer Ball (2003b:221) aan dat, vanweë die feit dat onderwysers aan voortdurende dophouding onderworpe is, die toerekenbaarheidsregime oor die potensiaal beskik om nadele of sogenaamde “kostes” tot gevolg te hê. Een van “kostes” of pryse wat onderwysers moet betaal, is dat hulle, ten einde nie aan strafmaatreëls onderwerp te word nie, hul optrede binne die skoolpraktyk moet verander. Onderwysers wat as onderpresteerders beoordeel word, word tot strategiese gedragsverandering in die skoolpraktyk gedwing ten einde onderprestering reg te stel.

Binne ’n kultuur van performatiwiteit leer onderwysers hoe om op bepaalde, strategiese wyses te presteer (Orga 2003:3). Doelbewuste, strategiese gedrag, soos “kurrikulumverenging”, wat aan ’n “onderrig-volgens-die-toets-ideologie” te wyte is, mag waarneembaar wees in die daaglikse praktyke van onderwysers. Hierdie soort optrede kan manifesteer soos wat onderwysers en leerders se ingesteldheid teenoor die leerinhoude en akademiese werk verander. Soms maak onderwysers hulle skuldig aan praktyke soos die afskeep van werk (corner-cutting) deur slegs op die lewering van bepaalde leerinhoude en op die leerareas/vakke van die voorgeskrewe kurrikulum wat getoets sal word, te fokus. Troman (2008:624) noem dit die “afrigting” van kinders, terwyl Lauder e.a. (1998:15) in Ball (1999:202) daarna verwys as “geoefende onbevoegdheid. Volgens Ball (1999:202) behels hierdie strategie ’n “indrilproses” waar leerders “individually and competitively, in and for specific, context bound, abstract tasks” afgerig word. Die klem is hier op herhaling, op korttermyngeheue, wat Ball (1999:202) “narrowed focused, classroom-based knowledge and skills aimed at maximising test or examination performance” noem. Hierdie proses kan tot ’n gebrek aan hoë-orde-betrokkenheid en kritiese denke (Hennessy en McNamara 2013:9) by leerders lei. Eisner (2004:300) waarsku dat die boodskap wat sodoende aan leerders uitgestuur word, een van ’n oorbeklemtoning van toetspunte is.

Nog vorme van strategiese gedrag sluit kullery en versinsels of “fabrikasies” in, “as teachers ... find themselves under pressure to perform or ‘improve’ in a competitive environment” (Ball 2003b:225).

Fabrications are versions of an organisation (or person) which … [do] not exist, they are not “outside the truth” but neither do they render simply true or direct accounts – they are produced purposefully in order to be accountable ... the work of fabricating the organisation requires submission to the rigours of performativity and the discipline of competition – resistance and capitulation. It is ... a betrayal even, a giving up of claims to authenticity and commitment, it is an investment in plasticity. (Ball 2000:9)

Versinsels verberg net soveel as wat hulle openbaar maak, voer Ball (2003b:225) aan. Hy argumenteer voorts dat fabrikasies “ways of presenting oneself within particular registers of meaning, ... in which only certain possibilities of being have value” is. Volgens Loh (2016:3) is hierdie versinsels veral tydens die openbare rangordenings en die inspeksietydperk belangrik .

Verdere voorbeelde van doelbewuste strategiese gedrag is die voorlegging van vervalste dokumente, hulp aan leerders tydens die aflê van toetse, uitsluiting van swak leerders van toetsing ten einde die gemiddelde toetspunte te verhoog, en ook dat siek of swak onderwysers afwesig bly om te verhoed dat hulle lesse geassesseer word (De Wolf en Janssens 2007:382).

In die “performatiwiteitspel” (Blackmore 2004:455) van “cynical compliance, or what one might see as an ‘enacted fantasy’, which is there simply to be judged” (Ball 2003b:222), raak die onderwyser besorgd oor die behaal van tegniese sukses. Die “[t]eacher-as-enlivened-performer, enacting and modelling desired values and attitudes” (Kong 2011:77) word beskou as ’n “tegnikus van die staat” (Samuel 2008:6). Ball (2003b:224) meen dat binne ’n kultuur van performatiwiteit: “Beliefs are no longer important – it is output that counts. Beliefs are part of an older, increasingly displaced discourse.” Ball (2003b:222) argumenteer voorts dat die klem eerder op die effektiwiteit en gehalte van die uitsette of produkte geplaas word, en nie soseer op die waarheid nie. Ball (2012:19) beweer dat onderwysers nuwe vaardighede van “presentation and inflation” benodig om hulself te bemark en van hulself ’n “spektakel” te maak. Met verwysing na genoemde verwronge opvoedkundige newe-effekte merk Ball (2003b:225) tereg op dat “the heart of the educational project is gouged out and left empty. Authenticity is replaced by plasticity.” Binne hierdie proses is ’n “verroesting van karakter” (Sennett 1998:10) duidelik onder onderwysers te bespeur. Onderwysers word dikwels gedwing om persoonlike waardes en oortuigings opsy te skuif ten einde die teikens te bereik wat binne ouditkulture voorgeskryf word (Perryman, Ball, Maguire en Braun 2011).

Die druk om te presteer, wat Ball (2003b:216) “die gruwels van performatiwiteit” noem, veroorsaak dat onderwysers kritieke insidente of praktiese, etiese dilemmas in hul daaglikse werk mag teëkom. Volgens O’Neill en Bourke (2010:161–2) is ’n etiese dilemma

’n situasie wat ’n individu in die werksplek teëkom waarvoor daar meer as een moontlike oplossing is en waarvan elkeen ’n sterk morele regverdiging inhou. ’n Dilemma vereis dat ’n persoon moet kies tussen twee alternatiewe waarvan elkeen voordele maar ook nadele het. (Skrywers se vertaling)

Ten einde die druk van die situasie van “gruwels” te oorleef, sal onderwysers noodgedwonge ’n keuse moet uitoefen. In hierdie geval het ons te doen met ’n potensiële versplintering van die onderwyser se eie oordeel oor goeie praktyk en nougesette prestasie (Ball 2003b:221). Vir onderwysers beteken dit om die emosionele keuse te maak tussen om as “goed” gesien te word in terme van die nakoming van beleid en standaarde wat elders bepaal word, en “goed te presteer” in terme van hul eie professionele etiek en oordeel (Blackmore 2004:454). Aangesien onderwysers voortdurend tussen alternatiewe moet kies, gedurig moet oordeel oor wat goed of sleg, of reg of verkeerd is, mag hulle verward raak. O’Neill en Bourke (2010:167) merk op dat alhoewel onderwysers mag weet wat reg is en wat die regte ding is om te doen, hulle nie altyd weet hoe om op te tree nie.

Hierdie voortdurende staat van onsekerheid met betrekking tot die onderwyser se werkslewe binne ’n performatiewe klimaat word soos volg deur Ball (2003b:220) verwoord:

Ons is onseker aan watter werksaspekte waarde geheg word en hoe om voorkeur aan pogings te gee. Ons word onseker oor die redes vir optredes. Doen ons dit omdat dit belangrik is. Of word dit uiteindelik gedoen omdat dit beoordeel of vergelyk sal word? (Skrywers se vertaling)

Geen wonder dat onderwysers spanning ervaar soos wat hulle onder druk deur teenstrydige agendas geplaas word nie (Collay 2006:3). In hierdie verband praat Lyotard (1984) van die “wette van teenstrydigheid” en Ball (2003b:221) van die “waardes van skisofrenie” wanneer hulle die gevolglike internalisering van hierdie spanning en die oorheersende druk om te konformeer wil beklemtoon. Hierdie toedrag van sake – waar oortuigings en beginsels daagliks geskik moet word – mag onderwysers se selfvertroue ondermyn.

 

10. Fisiologiese en emosionele newe-effekte

Die gruwels van performatiwiteit hou nie net nadelige gevolge vir die aard van onderrig en leer in nie, maar ook vir die “binnelewe” van die onderwyser (Ball 2003b:226; Dickson 2007:4). Die uitwerking van performatiwiteit kan fisiologies sowel as emosioneel van aard wees. Performatiwiteit werk intern sowel as ekstern op die menslike liggaam in (Ball 2004:145; Blackmore 2004:451). Vanweë die kwesbaarheid van onderwysers binne ’n performatiewe klimaat mag hulle bekommerd oor hul gesondheidstoestand raak.

Performatiwiteit kan ’n negatiewe uitwerking op die emosionele lewe van die onderwyser hê. Emosies wat die kern van die onderwys vorm (Hargreaves 2001:1075), is “mental states accompanied by intense feeling and (which involve) bodily changes of a widespread character” (Koestler 1967 in Hargreaves 1998:835). Binne ’n kultuur van performatiwiteit kan onderwysers verskeie intense negatiewe gevoelens soos vrees, spanning, ongemak, ooreising, hulpeloosheid en selfvertwyfeling ervaar. Hierdie onaangename gevoelens mag ’n hindernis tot doeltreffendheid in die performatiewe werkplek van die onderwyser wees (Robson en Bailey 2009), tot so ’n mate dat dit onderwysers verhoed om hul pligte na die beste van hul vermoëns uit te voer. Dit kan ook as verdringingsfaktore dien wat onderwysers kan noop om die onderwysberoep vroeg te verlaat (Cheng 1998:37 in Lo 2000:105).

 

11. Deprofessionalisering

Die performatiewe diskoers mag ’n diepgaande invloed op die professionele identiteit van die onderwyser hê, tot so ’n mate dat performatiwiteit nie net ’n radikale verandering in die aard van onderwysers se werk mag teweegbring nie, maar ook ’n verandering in “wie” hulle is (Ball 2003b:215) en “wat” hulle is (Turner-Bisset 2007:195). Rose 1989 in Ball (2003b:217) meen dat binne ’n kultuur van performatiwiteit die onderwyser se “subjektiewe bestaan” kan verander, of die onderwyser se professionele identiteit omvorm kan word. Performatiwiteitsbeleide vereis dat onderwysers hul praktyk op so ’n manier moet vestig dat dit eintlik uitsluitlik fokus op die bereiking van standaarde met die oog op gehalteversekering.

Whitty (2006:4) beweer dat beleide wat markkragte en staatsbeheer kombineer, die veranderings in die konseptualisering van onderwyserprofessionalisme versterk en konkretiseer. Om hierdie rede argumenteer Fitzgerald (2008:115) dat ’n prestasiebestuurskultuur in skole niks minder as ’n direkte aanval op die onderwysberoep, en die onderwysers as professionele persone, is nie. Tydens die ondermyningsproses van die professionaliteit van onderwysers (Blackmore 2004:448) word die onderwyser se beeld in die onderwys doelbewus verander. Onderwysers word omvorm tot onder meer produksiewerkers, onderwysondernemers en voorsieners wat in die behoeftes van die ouers, as “kliënte”, en dié van die leerders, as die “verbruikers”, moet voorsien. Hierdie wegvreting van die professionele bevoegdheid van die onderwyser “affects teachers’ professional lives and sense of professional worth ... the very souls of teachers” (Lingard 2010:137). Die skade van die gruwels van performatiwiteit kan as “die stryd om die onderwyser se professionele siel” beskou word (Chua 2009:161).

Uit die bespreking is dit duidelik dat die idees en beginsels van Foucault aangewend kan word om die dissiplinering en beheer van onderwysers in die skool te verduidelik. In ’n performatiewe skoolomgewing is ’n wakende oog toenemend orals sigbaar (Perryman 2006:148). Die beheer van onderwysers word vergesel deur dophoumeganismes soos selfbeheer, beheer deur ander, beheer deur inligtingsvervaardiging, beheer deur leerderprestasie en beheer deur assesseringsdata. In die onderwerping aan die performatiewe klimaat raak onderwysers daaraan gewoond om gedurig dopgehou te word. In hierdie opsig merk Foucault (1977:187) tereg op: “It is the fact of being constantly seen, of being always able to be seen that maintains the disciplined individual in his subjection.” Onderwysers moet hulle gedra asof hulle te alle tye dopgehou en beoordeel word. Dit word vir onderwysers ’n tweede natuur om goeie prestasies te lewer, en dus word die dissiplinêre meganismes geïnternaliseer (Perryman 2006:155) en word normalisasie binne die performatiewe diskoers bereik.

 

12. Gevolgtrekking en aanbevelings

Uit die inhoud van hierdie artikel blyk dit dat die kultuur van performatiwiteit tans een van die magtigste en deurdringendste diskoerse in die onderwys is. In ’n performatiewe kultuur, met sy klem op effektiwiteit, doeltreffendheid en gehalte, word daar van onderwysers verwag om toerekenbaar te wees – om rekenskap te gee van hul skoolpraktyk. Ingebed in die eksterne toerekenbaarheidsbeleid is daar dophoumeganismes of moniteringstelsels wat dit ten doel het om die gehalte van die individuele onderwyser te bepaal en te beoordeel. Daar word van onderwysers verwag om aan die vooropgestelde teikens/standaarde te voldoen of, anders gestel, om te konformeer aan die vooropgestelde reëls en regulasies van die heersende toerekenbaarheidsbestel in die onderwys.

Onderwysers wat as onderpresteerders geïdentifiseer word, word daartoe gedwing om hul gedrag in die skoolpraktyk te verander en dienooreenkomstig op te tree ten einde goeie prestasies te lewer. Verder het die beheermeganismes in die onderwys bepaalde uitwerkings en newe-effekte, onder andere die onaangename emosionele gevolge wat onderwysers moet verduur in hul pogings om aan die eksterne toerekenbaarheidstelsel te konformeer. Slegs wanneer die dissiplinêre meganismes geïnternaliseerd is, is normalisasie volvoer.

Binne die performatiewe diskoers is daar strategieë om die professionaliteit van onderwysers te herdefinieer tot ’n beroep van ondergeskiktheid aan die sentrale regering. Die heersende kultuur van performatiwiteit het ’n geweldige impak op die professionele identiteit van die onderwyser. In so ’n mate dat die onderwyser se professionele identiteit verander en dat daarmee saam die performatiewe (Wilkins 2011:392) of hervormde (Ball 2003a:7) onderwyser se werkslewe in ’n staat van onsekerheid gelaat word.

Voorts hou die kultuur van performatiwiteit belangrike implikasies vir die betekenis van die onderwyserberoep in. Dit gee aanleiding tot ’n stelsel van verskrikking wat nie net vir die aard van onderrig en leer nadelige gevolge inhou nie, maar ook vir die innerlike lewe van die onderwyser. Die vreesagtigheid, wat persoonlik sowel as sielkundig van aard is, veroorsaak nie net ’n radikale verandering in onderwysers se werk nie, maar verander ook wie en wat hulle is. Hier wil ons saamstem met die gedagte dat “eerder as agente van verandering, word dit toenemend duideliker dat baie voorskrifte vanuit die sentrale gesag, onderwysers as agente wat verander moet word, beskou” (Samuel 2008:6) of dat onderwysers “agente en subjekte van meting” is, soos wat Perryman (2006:152) dit stel.

Uit die voorgaande literatuuroorsig blyk dit dat onderwysers deur die gruwels van performatiwiteit verswelg word. Daar behoort weerstand gebied te word teen die newe-effekte van performatiwiteit waaraan onderwysers in skole onderwerp word. Die vraag is egter of so iets moontlik is.

Binne die skool – of die “performatiewe samelewing” soos wat Ball (2003b:226) dit noem – behoort onderwysers in die eerste verdedigingslinie te staan. Onderwysers sal die verantwoordelikheid vir die behoud van hul professionaliteit moet neem, anders bestaan die gevaar dat hulle vir altyd as tegnici van die regering of as blote regeringsagente gesien sal word. As “resisting professionals” (Kim 2010:69) kan onderwysers hul professionele self – individueel of kollektief – teen die gevare van performatiwiteit verdedig. Ten einde konstruktiewe betekenis aan ’n weerstandsbeweging te verleen, word die volgende aanbevelings aan onderwysers gemaak:

Eerstens, weens die politieke aard van die aangeleentheid, behoort onderwysers geleenthede te skep en tyd in te ruim om met kollegas te vergader. Meganismes moet daargestel word om deelname aan gesprekvoering tussen onderwysers te optimaliseer. Kollektiewe optrede waarin onderwysers tyd het om saam te besin oor hul bekwaamheid en professionaliteit, is gebiedend noodsaaklik. Tydens sodanige geleenthede van kollektiewe refleksie behoort onderwysers betrokke te wees in kritiese gesprekvoering, nie net om oor die gevare van performatiwiteit te praat nie, maar ook om hul onderskeie geleefde ervarings binne ’n kultuur van performatiwiteit te deel. Volgens Weber (2007:299) is hierdie proses nodig ten einde “’n stem aan die stilgemaaktes te verleen”.

Tweedens, ten einde die professionele identiteit van onderwysers te handhaaf, behoort daar vir onderwysers ’n “oproep tot optrede” (Wilkins 2011:393) te wees. ’n Samehorigheidsgevoel en kollektiewe optrede deur onderwysers moet aangemoedig word, want, “there is no action in isolation” (Arendt 1993 in Rue 2006:125). Onderwysers moet die professionele moed en oortuiging hê om gesamentlik weerstand te bied ten einde ’n balans te bewerkstellig tussen professionele optrede en politieke mag oor die onderwys. Onderwysers behoort dus die geleenthede te inisieer om in interaksie met die beleidmakers oor onderwysbeleide te tree. Die onderwysmag behoort ’n samewerkingsverhouding met die staat te ontwikkel – ’n “mag-saam”-verhouding in plaas van ’n “mag-oor”-verhouding (Waghid, Berkhout, Taylor en De Klerk 2005:179). Binne ’n “mag-saam”-verhouding moet die beleidmakers onderwysers geleenthede gun om te praat oor die beleidsveranderings waarmee hulle ongemaklik voel (White 2010:292). Die doelwitte van die beleidsveranderings behoort meer eksplisiet gedebatteer en geartikuleer te word in ’n oop en vry gesprek tussen die verskeie deelnemers (Delandshere en Arens 2001:564). Dit is belangrik vir die beleidmakers om onderwysers se sieninge in oorweging te neem, “not only in order to achieve a sense of consensus, which is one way to achieve the success of educational reforms, but also to make any necessary adjustments to policy after getting first-hand feedback on how it works at the grass-roots level” (Wong 2008:268). Die uitdaging hier is om die gedagtes van die beleidmakers te verander en onderwysers die geleenthede te gee om tot ’n mindere mate passiewe ontvangers van beleide te wees en om meer daadwerklik aan die vorming van die onderwysprosesse deel te neem. In hierdie opsig sal die onderwyser tydens sy weerstandsbeweging kenmerke van ’n “activist professional” toon (Sachs 2003 in Avis 2005:215). Judyth Sachs (2003) se gedagte van ’n “activist identity” (Whitty 2006:12; Wilkins 2011:393) het die potensiaal vir die ontwikkeling van ’n “transformative professionalism” (Wilkins e.a. 2012:67). Hierdie nuwe onderwyserprofessionalisme kan dus gesien word as ’n produk van die onderhandelings tussen die regering en onderwysers oor albei se behoeftes en verwagtinge (Wong 2008:272). Binne ’n “demokratiese diskoers” (Wilkins e.a. 2012:67) het onderwysers ’n rol in die samelewing as “veranderingsagente” te speel (Carl 2009:206).

 

Bibliografie

Adendorff, S.A. en T. Moodley. 2014. Intermediate and Senior Phase Mathematics Teachers’ Perceptions of Curriculum Advisors. Mediterranean Journal of Social Sciences, 5(15):424–33.

Arendt, H. 1993. La condición humana. Barcelona: Paidós.

Arens, S.A. 2005. Examining the meaning of accountability: Reframing the construct. A Report on The Perceptions of Accountability. Issues Brief. Aurora, CO: Mid-Continent Research of Education and Learning.

Arthur, L. 2009. From performativity to professionalism: Lecturers’ responses to student feedback. Teaching in Higher Education, 14(4):441–54.

Avis, J. 2005. Beyond performativity: Reflections on the activist professionalism and the labour process in further education. Journal of Education Policy, 20(2):209–22.

Ball, S.J. 1999. Labour, learning and the economy: A “policy sociology” perspective. Cambridge Journal of Education, 29(2):195–206.

—. 2000. Performativities and fabrications in the education economy: Towards the performative society. Australian Educational Researcher, 87(3):1–24.

—. 2003a. The State, performativity and authenticity. Referaat gelewer tydens die Kenton-SACHES Konferensie. Goudini Spa, Suid-Afrika.

—. 2003b. The teacher’s soul and the terrors of performativity. Journal of Education Policy, 18(2):215–28.

—. 2010. New voices, new knowledge and the new politics of education research: The gathering of a perfect storm? European Educational Research Journal, 9(2):124–37.

—. 2012. Performativity, commodification and commitment: An I-spy guide to the neoliberal university. British Journal of Educational Studies, 60(1):17–28.

Ball, S.J. (red.). 2004. Performativities and fabrications in the education economy. The Routledge-Falmer Reader in Sociology of Education. Londen: Routledge-Falmer.

Ballet, K. en G. Kelchtermans. 2008. Workload and willingness to change: Disentangling the experience of intensification. Journal of Curriculum Studies, 40(1):47–67.

Biraimah, K., W. Gaudelli en J. Zajda. 2008. Introduction: Education and social inequality in the global culture. In Zajda, Biraimah en Gaudelli (reds.) 2008.

Bisschoff, T. en A. Mathye. 2009. The advocacy of an appraisal system for teachers: A case study. South African Journal of Education, 29:393–404.

Blackmore, J. 2004. Leading as emotional management work in high risk times: Counterintuitive impulses of performativity and passion. School Leadership and Management, 24(4):439–59.

Boyle, D. 2001. The Observer Review. 14 January, bl 1.

Buchanan, J. 2010. May I be excused? Why teachers leave the profession. Asia Pacific Journal of Education, 30(2):199–211.

Burnard, P. en J. White. 2008. Creativity and performativity: Counterpoints in British and Australian education. British Educational Research Journal, 34(5):667–82.

Carl, A.E. 2009. Teacher empowerment through curriculum development: Theory into practice. Kaapstad: Juta.

Cheng, F.C. 1996. Reflections on the problems of teacher wastage in secondary and primary schools. Journal of Beijing Normal University: Social Science edition, 1:36–40.

Chisholm, L. en U. Hoadley. 2006. The new accountability and teachers' work in South Africa. RGN Navorsingsuitsette, 1–35. www.hsrc.ac.za/en/research-outputs/view/2630 (22 Februarie 2010 geraadpleeg).

Chua, S.M.J. 2009. Saving the teacher’s soul: Exorcising the terrors of performativity. London Review of Education, 7(2):159–67.

Collay, M. 2006. Respecting teacher professional identity as a foundational reform strategy. School of Education at Johns Hopkins University. http://education.jhu.edu/PD/newhorizons/Transforming education (19 Desember 2012 geraadpleeg).

Craft, A. en B. Jeffrey. 2008. Creativity and performativity in teaching and learning: Tensions, dilemmas, constraints, accommodations and synthesis. British Educational Research Journal, 34(5):577–84.

Delandshere, G. en S.A. Arens. 2001. Representations of teaching and standards-based reform: Are we closing the debate about teacher education? Teaching and Teacher Education, 17:547–66.

Departement van Onderwys (DvO). 2011. Information Guide: National Teaching Awards. Pretoria: Staatsdrukkery.

De Wolf, I.F. en F.J.G. Janssens. 2007. Effects and side effects of inspections and accountability in education: An overview of empirical studies. Oxford Review of Education, 33(3):379–96.

Dickson, B. 2007. Defining and interpreting professional knowledge in an age of performativity: A Scottish case-study. Australian Journal of Teacher Education, 32(4):1–15.

Doherty, R.A. en M.A. McMahon. 2007. Politics, change and compromise: Restructuring the work of the Scottish teacher. Educational Review, 59(3):251–65.

Eisner, E.W. 2004. What does it mean to say a school is doing well? In Flinders en Thornton (reds.) 2004.

Fitzgerald, T. 2008. The continuing politics of mistrust: Performance management and the erosion of professional work. Journal of Educational Administration and History, 40(2):113–28.

Flinders, D.J. en S.J. Thornton (reds.). 2004. The curriculum studies reader. New York, NY: Routledge Falmer.

Foucault, M. 1977. Discipline and punish: The birth of the prison. Harmondsworth: Penguin.

Gallagher, M. 2010. Are schools panoptic? Surveillance and Society, 7(3):262–72.

Garratt, D., R. Phillips en H. Piper. 2003. Globalisation and its impact upon education. British Educational Research Journal, 29(1):441–9.

Hargreaves, A. 1998. The emotional practice of teaching. Teaching and Teacher Education, 14(8):835–54.

—. 2001. Emotional geographies of teaching. Teachers College Record, 103(6):1056–80.

Hennessy, J. en P.M. McNamara. 2013. At the altar of educational efficiency: Performativity and the role of the teacher. English Teaching: Practice and Critique, 12(1):6–22.

Hulleman, C.S. en K.E. Barron. 2010. Performance pay and teacher motivation: Separating myth from reality. Kappan, 91(8):27–31.

Hursh, D. 2001. Neoliberalism and the control of teachers, students, and learning: The rise of standards, standardization, and accountability. Culture Logic, 4(1):1–8.

Ingvarson, L. en K. Rowe. 2008. Conceptualising and evaluating teacher quality: Substantive and methodological issues. Australian Journal of Education, 52(1):5–35.

Jansen, J.D. 2001. Image-ing teachers: Policy images and teacher identity in South African classrooms. South African Journal of Education, 21(4):242–6.

—. 2004. Autonomy and accountability in the regulation of the teaching profession: A South African case study. Research Papers in Education, 19(1):51–66.

Karagiorgi, Y. 2012. Peer observation of teaching: Perceptions and experiences of teachers in a primary school in Cyprus. Teacher Development, 16(4):44–61.

Kim, K.T. 2010. “Panoptic” accountability: Supervisory leaders and normalizing or resisting professionals. KJEP, 7(1):67–90.

Koestler, A. 1967. The ghost in the machine. Londen: Hutchinson.

Kong, Y. 2011. Cultural shifts in teaching with teacher professionalism. International Journal of Information and Education Technology, 1(1):74–9.

Lauder, H., I. Jamieson en F. Wikeley. 1998. Models of effective schools: Limits and capabilities. In Slee, Weiner en Tomlinson (reds.) 1998.

Liew, W.M. 2012. Perform or else: The performative enhancement of teacher professionalism. Asia Pacific Journal of Education, 32(3):285–303.

Lingard, B. 2010. Policy borrowing, policy learning: Testing times in Australian schooling. Critical Studies in Education, 51(2):129–47.

Lo, Leslie N.K. 2000. Professionalism in teaching: Educational reform and teacher development in Hong Kong and the Chinese Mainland. Prospects, XXX(2):98–114.

Loh, J. 2016. From fantasy to depression: A beginning teacher’s encounter with performativity. AsTEN Journal of Teacher Education, 1(1):1–12.

Lyotard, J.F. 1984. The postmodern condition: A report on knowledge. Minneapolis: University of Minneapolis Press.

MacRuairc, G. en J. Hartford. 2008. Researching the contested place of reflective practice in the emerging culture of performativity in schools: Views from the Republic of Ireland. European Educational Research Journal, 7(4):501–11.

Malan, M. 2013. Jansen kap ramp-skole. Rapport, 12 Januarie, bl 2.

Marsh, J.A. en D.F. McCaffrey. 2012. What Are Achievements Gains Worth – to Teachers? Kappan, 93(4):52–6.

McKenzie, J. 2004. High performance schooling. Parallax, 10(2):50–62.

Meadmore, D. 2001. Uniformly testing diversity? National testing examined. Asia-Pacific Journal of Teacher Education, 29(1):19–30.

Møller, J. 2007. School leadership and accountability: Moving beyond standardization of practice. Referaat gelewer tydens die 20th Annual International Congress for School Effectiveness and Improvement. Portorož, Slovenia, 3-6 Januarie.

Mosoge, M.J. en M.W. Pilane. 2014. Performance management: The neglected imperative of accountability systems in education. South African Journal of Education, 34(1):1–18.

Msila, V. 2009. Peer evaluation: Teachers evaluating one another for an effective practice. The International Journal of Learning, 16(6):541–57.

Neuman, L.W. 1997. Social research methods: Qualitative and Quantitative approaches. Needman Heights, MA: Allyn & Bacon.

Nicholl, B. en R. McLellan. 2008. “We’re in all in this game whether we like it or not to get a number of A’s to C’s”: Design and technology teachers’ struggles to implement creativity and performativity policies. British Educational Research Journal, 34(5):585–600.

O’Day, J.A. 2002. Complexity, accountability, and school improvement. Harvard Educational Review, 72(3):1–23.

O’Neill, J. en R. Bourke. 2010. Educating teachers about a code of ethical conduct. Ethics and Education, 5(2):159–72.

Orga, J. 2003. Measuring and managing performance in education. Briefings, 27:1-4.

—. 2008. Governing knowledge: Research steering and research quality. European Educational Research Journal, 7(3):261–72.

Oswald, M. 2010. Teacher learning for inclusion in a primary school. Ongepubliseerde Doktorale Proefskrif, Universiteit Stellenbosch.

Penrice, G. 2011. The effects of intensification on rural teachers’ work. New Zealand Journal of Teachers’ Work, 7(2):104–13.

Perold, M., M. Oswald en E. Swart. 2012. Care, performance and performativity: Portraits of teachers’ lived experiences. Education as Change, 16(1):113-27.

Perryman, J. 2006. Panoptic performativity and school inspection regimes: Disciplinary mechanisms and life under special measures. Journal of Education Policy, 21(2):147–61.

—. 2009. Inspections and the fabrication of professional and performative processes. Journal of Education Policy, 24(5):611–31.

Perryman, J., S. Ball, M. Maguire en A. Braun. 2011. Life in the pressure cooker – School league tables and English and Mathematics teachers’ responses to accountability in a results-driven era. British Journal of Educational Studies, 59(2):179–95.

Reddy, C., L. le Grange, P. Beets en S. Lumbie. 2015. Quality assessment in South African schools. Lansdowne, Kaapstad: Juta.

Robson, J. en B. Bailey. 2009. “Bowing from the heart”: An investigation into discourses of professionalism and the work of caring for students in further education. British Educational Research Journal, 35(1):59–75.

Rose, N. 1989. Governing the Soul: the shaping of the private self. Londen: Routledge.

Rue, J. 2006. Reconstructing teaching professionalism in the new modernity: An agenda for a new action narrative. Educational Action Research, 14(1):119–38.

Sachs, J. 2003. The activist teaching profession. Maidenhead: Open University Press.

Samuel, M. 2008. Accountability to whom? For what? Teacher identity and the Force Field Model of teacher development. Perspectives in Education, 26(2):3–49.

Sennett, R. 1998. The corrosion of character: The personal consequences of work in the new capitalism. New York, NY: W.W. Norton.

Slee, R., G. Weiner en S. Tomlinson (reds.) 1998. School Effectiveness for Whom? Challenges to the school effectiveness and school improvement movements. Londen: Routledge.

Suspitsyna, T. 2010. Accountability in American education as a rhetoric and a technology of governmentality. Journal of Education Policy, 25(5):567–86.

Taylor, N. 2008. What’s wrong with our schools and how can we fix them? Referaat gelewer tydens die CSR in Education Conference, TSiBA Education, Kaapstad, 21 November.

Tolofari, S. 2005. New Public Management and education. Policy Futures in Education, 3(1):75–89.

Troman, G. 2008. Primary teacher identity, commitment and career in performative school cultures. British Educational Research Journal, 34(5):619–33.

Turner-Bisset, R. 2007. Performativity by stealth: A critic of recent initiatives on creativity. Education 3-13, 35(2):193–203.

Valli, L., R.G. Croninger en K. Walters. 2007. Who (else) is the teacher? Cautionary notes on teacher accountability systems. American Journal of Education, 113 (4):635–62.

Van der Walt, J.L., P.J. Mentz, J.A. Breed en L.D. Coetsee. 2008. Performatiwiteit en die hedendaagse skool(hoof). Koers, 73(3):469–87.

Waghid, Y., S. Berkhout, D. Taylor en J. de Klerk. 2005. In defence of institutional autonomy and academic freedom: Contesting state regulation of higher education. South African Journal of Higher Education, 19(6):1177–95.

Webb, R., G. Vulliamy, S. Hämäläinen, A. Sarja, E. Kimonen en R. Nevalainen. 2004. Pressures, rewards and teacher retention: A comparative study of primary teaching in England and Finland. Scandinavian Journal of Educational Research, 48(2):169–88.

Weber, E. 2007. Globalization, “glocal” development, and teachers’ work: A research agenda. Review of Educational Research, 77(3):270–309.

White, J. 2010. Speaking “over” performativity. Journal of Educational Administration and History, 42(3):275–94.

Whitty, G. 2006. Teacher professionalism in a new era. Teks van die eerste General Teaching Council for Northern Ireland Annual Lecture, gelewer te Queens University, Belfast. 14 Maart.

Wilkins, C. 2011. Professionalism and the post-performative teacher: New teachers reflect on autonomy and accountability in the English school system. Professional Development in Education, 37(3):389–409.

Wilkins, C., H. Busher, M. Kakos, C. Mohammed en J. Smith. 2012. Crossing borders: New teachers co-constructing professional identity in performative times. Professional Development in Education, 38(1):65–77.

Wiliam, D. 2010. Standardized testing and school accountability. Educational Psychologist, 45(2):107–22.

Wong, J.L.N. 2008. How does the new emphasis on managerialism in education redefine teacher professionalism? A case in Guangdong Province of China. Educational Review, 60(3):267–82.

Zajda, J.I., K. Biraimah en W. Gaudelli. 2008. Education and social equality in the global culture. New York, NY: Springer.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Performatiwiteit as verskynsel in die onderwys appeared first on LitNet.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Per ongeluk deur Lloyd Zandberg

$
0
0

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.


Lloyd Zandberg

Lloyd Zandberg is in 1991 in Windhoek se nonnehuis gebore. Hy is ’n Libra, wat beteken hy hou nie van kamp, Wimpy, wiskunde, rosyntjies of glashonde nie. Hy is korter as sy pa, mollig, en het ’n ongeskikte baard. Direk na sy geboorte het hy, sy ma en broer Kaap toe getrek op soek na emerald-gras. Toe hulle dit nie kry nie, het hy besluit om maar skool te loop. In die Kaap skryf hy sy matriek by die Hoërskool Durbanville en kry net-net te min punte om iets te gaan studeer wat BMW's, strandhuise en leerbanke kan koop. Met die genade van iewers word hy aanvaar om fotografie by CityVarsity te studeer. Hy werk vir ’n tyd lank as kommersiële fotograaf en was deel van verskeie uitstallings. Na 22 jaar keer hy terug na Namibië, waar hy vir die koerante rubrieke skryf en in die aande waiter by ’n Duitse restaurant. Naweke neem Lloyd foto's van wilde diere en mooi tannies wat lelik sit. Tans woon hy in Swakopmund aan die kus van Namibië. Onlangs het Lloyd ’n Namibiese ATKV-veertjie vir 12 van sy kortverhale verorber en dit hang nou langs die fotografiediploma teen die sitkamermuur. Hy kan nie swem nie en byt al vir 22 jaar sy naels. Lloyd verkies om te glo dat hy op die verkeerde planeet bly. Maar weet ook dat hy niks daaraan kan doen nie.


Opsomming

Per ongeluk
Lloyd Zandberg

Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624082552

Hierdie versameling kortverhale bied ’n histeriese kykie op alledaagse situasies: ’n tango-les in die platteland; die tannie so "eenvoudig soos ’n ses-stuk legkaart"; ’n besoek aan ’n tandarts en sy assistent wat meer as net ’n spreekkamer deel. Lloyd Zandberg se debuut is ’n boek vol deernis en humor, met vriendelike gebruiksaanwysings vir mense wat nie so goed lees nie. Kyk één keer deur sy oë na die lewe, en niks sal ooit weer dieselfde wees nie.

 


 

Uittreksel

Uit “Blomme”

Aan die onderpunt van die hoofstraat, langs die Hospice, is Flower Hour. Ek stop voor die winkel en loop die affêre binne. Dis onderbelig, klam, vaal en oranje. Dit voel of ek in ’n groot wortelslaai staan.

Die dekor is definitief behartig deur ’n persoon wat kuns gedop het of besig is met ’n egskeiding. Op een van die enigste twee rakke in die winkel staan ’n blou emmer met twee rose in en op die ander ’n sonneblom wat meer verlep is as ek ná tien minute op die treadmill. Al drie die blomme sug gelyk toe ek die deur oopmaak. Die winkel is eensaam, lelik en gaan binne ’n week toemaak as dít die hele voorraad is.

Daar is ook niemand in sig wat die situasie voor my kan verduidelik nie. Op die toonbank, wat so deurmekaar soos ’n hoer se handsak is, staan ’n groot klok wat jy kan sien eens om ’n koei se nek gehang het. Langs die klok is ’n nota teen die kasregister opgeplak. Soek jy hulp? Lui die klok!

Ek lui haar. Niks gebeur nie. Ek wag ’n paar minute. Steeds niks. Die afwesigheid van blomme laat weer die lysie van vrouegeskenke na vore kom. Ek dink aan my formule. My tannie is ’n huismoeder. ’n Dagboek gaan nie werk nie, hulle vergeet mos niks. Nie eens die koning van Afghanistan se verjaardag nie.

Wat van ’n serp? dink ek. Om my is dit doodstil. Ek dink nog.

“Jy kan maar loop,” sê die sonneblom. “Die vrou is moeg en kwaai.”

Ek sê: “My tannie hou nie van handwash nie. Sy sê dit laat haar hande jeuk en serpe laat haar lyk soos iemand wat deur ’n by op die ken gesteek is. Vat die dame altyd so lank?”

“Wag maar eerder. Jou tannie verdien beter,” sê die sonneblom.

“Jy ook, my skat,” sê ek, “ten minste ’n bietjie son, ’n koffieshop-toonbank en ’n glaspot. Gaan julle niks sê nie?” vra ek vir die twee rosies.

“Ons is nervous, ons kan enige tyd ses voet onder die grond beland,” antwoord die een, terwyl die ander oor die rand van die emmer hang soos iemand wat seesiek is.

“Ek is baie jammer om dit te hoor, maar ek ook, en ek wil nie hier beswyk nie, ek hou meer van navy blue, hierdie oranje is te plain, my dood moet baie meer dramaties wees, ek gaan nou eers gaan,” sê ek.

Ek gryp my gemoed en ons loop deur toe. Nes ek buite is, hoor ek ’n vrou se stem. Dit klink asof iemand haar lewend slag. Ek draai terug en probeer weer.

“Sterkte,” sê die sonneblom en die rosies gelyk asof hulle dit geoefen het.

“Julle is almal hartseer,” sê ek.

Van agter ’n burnt orange chiffon-gordyn verskyn ’n vrou met ’n ongemaklik vierkantige lyf. Jy sal haar met ’n waterpas kan level. Haar tande lyk soos halfgesuigde Rennies en haar voorkop is groot genoeg om ’n 5 000-stuk legkaart op te bou. Haar grimering is twee weke oud en haar turtle-neck gil “ek is gatvol!”

Ek is bang, maar ek staan nader.

“Wil jy ook trou? Jong mans koop net blomme as hulle seks soek of wil trou. Dis mos nou die nuutste gier onder julle hipsters – trou jonk, maak babies en gaan bly oorsee,” sê sy.

“Ek het darem matriek,” sê ek. “My tannie verjaar. Ek wil net vir haar blomme koop. En die meeste van my vriende is nog almal ongetroud – ons oefen net om babies te maak. Nou en dan vat een, maar dit gebeur min. Kondome is goedkoop. En jy kry dit hier onder in die biblioteek.”

Sy hap ’n oomblik na lug soos ’n baber op die wal van ’n droë dam.

“Het jy blomme daar agter iewers, of is dit jou hele verhaal?” vra ek.

“Hier’s niks. Kry eers môreoggend stock. Dit wat jy kan sien, kan jy koop,” sê sy. 

En loop weer agtertoe.

“En die arme rosies?” gil-vra ek. Ek wys na die blou emmer agter my.

“Dis al wat oorgebly het. Die mense dink mos hoe meer blomme op die kis en in die kerk is, hoe liewer het hulle die persoon gehad. Geen blom verteenwoordig liefde nie, dit is wie hom gee of ontvang wat hom waardevol maak. Maar ons doen baie goed, die sente stroom in en die kerke is kleurvol,” sê Rennies.

“Ek sit met die goue lepel hier. Ek wil in Maart by my dogter in Londen gaan kuier. Ons sien mekaar baie min en met dié dat sy nou swanger is met ’n Engelsman se kind, wil ek seker maak ek is daar vir die geboorte. As daar nog so agt dood en vier trou, dan is my kop deur. Die vlugkaartjies is op special, ek sal moet roer. Jy kan daai twee rose verniet kry, hulle sal in elk geval môre verlep wees,” laat hoor sy van backstage af.

Ek kan nie besluit of ek die twee rose moet vat of nie.

The post Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Per ongeluk deur Lloyd Zandberg appeared first on LitNet.

Viewing all 22024 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>