Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 22054 articles
Browse latest View live

Afrikaans in die Laaglande-toerdagboek: inskrywing 6

$
0
0

Twee Suid-Afrikaanse musikante, Annari Breed en DuPreez Strauss, het pas op hul eerste Europese toer vertrek met die doel om Afrikaanse musiek en die groeiende ondersteuning van Suid-Afrikaanse kuns en kultuur in België en Nederland te vier.

Breed en Strauss het op 1 Maart na Vlaandere en Nederland vertrek vir ’n reeks optredes om ’n passie vir Afrikaanse musiek in die buiteland te bevorder. Hul deel hul eksklusiewe dagboekinskrywings met LitNet.

Lees nog inskrywings hier.


 

Skoolbesoek – Campus de Helix in Maasmechelen: Deel 2

Geskryf in Ghent op Woensdag 15 Maart 2017

Soos vervolg uit DuPreez se die vorige inskrywing.

Voor my en Annari sit ’n groep van ongeveer 60 Belgiese tieners en ek besef waar my effense stresaanval vandaan kom: my enigste vorige ervaring met tieners in Europa was toe ek jare gelede ’n musiekonderwyser was by verskeie skole in Londen. Die kinders was onhebbelik, ongemanierd en het nooit enige belangstelling getoon daarin om nuwe dinge te leer nie. Ek het my kort loopbaan as onderwyser beëindig die dag toe een kind ’n ander een met ’n mes bygekom het voor my klaskamer.

Ek weet niks van hierdie Belgiese kinders af nie. En ek weet amper niks oor of hulle enige konsep het van Afrikaans of Suid-Afrika nie.

“Haal asem en begin bloot eerlik en stadig,” sê ek vir myself.

Ek val in met ’n klein beskrywinkie van wat Afrikaans is: ’n taal soortgelyk aan Nederlands wat deur ’n paar miljoen mense gepraat word aan die suidpunt van Afrika.

Ek onderbreek myself vir ’n oomblik om te vra of hulle my Afrikaans verstaan. En tot my verbasing kry ek tog ’n reaksie uit die gehoor: “Ja, so 80%.”

Effe verlig begin ek om te verduidelik wat die verskil is tussen “Afrikaans”, ’n “Afrikaner”, ’n “Afrikaanse” en ’n “Suid-Afrikaner”. Ek weet hierdie konsepte is effe hoërgraad, maar dit het my opgeval hoe byna al die Vlaminge wat ek al ontmoet het, hul byvoeglike naamwoorde effens verkeerd het wanneer dit kom by ons taal en bevolkingsgroep: dikwels word daar na ons taal verwys as “Zuidafrikaans”, en hulle gebruik “Afrikaans” as ’n byvoeglike naamwoord vir enigiets wat uit Afrika kom, byvoorbeeld “De Afrikaanse natuurschoon” of “het Afrikaanse continent”. Ek het selfs al op Nederlandse Wikipedia gesien dat daar gepraat word van “De Afrikaanse staten” wanneer hulle oor die lande in Afrika praat.

Ek besef dadelik dat ek ver bo-oor hierdie kinders se koppe praat. Maar ek kom van ’n land waar daar soveel betekenis geheg word aan die verskil tussen ’n “Afrikaan”, ’n “Afrikaner” en ’n “Afrikaanse”!

Eweneens moes baie Vlaminge my al ’n hele paar keer korrigeer wanneer ek dinge kwytraak oor die “Vlaamse taal”: daar is nie so ’n ding nie! Die Vlaminge wat in die streek Vlaandere woon, praat Nederlands, of miskien ’n Vlaamse dialek van Nederlands, maar Vlaams as taal of Vlaandere as land bestaan nie.

En soos ek praat, besef ek dat ek nie eintlik deur die lewe wil gaan liggeraak oor hoe presies ek beskryf word nie, en wat al die eeue van bagasie is wat saamgesleep word deur elke term oor my, my taal, my volk of my land nie. My persoonlikheid is eenvoudig nie so nie. Dit het dalk iets te make met hoe ek dikwels wegskram van politiek af. My oortuiging was nog altyd, so lank as wat ek kan onthou, dat die Afrikaner eenvoudig te veel van ’n kanniedoodgees het om toe te laat dat ’n bietjie onderdrukking hom en sy taal gaan laat uitsterf. Oral waar ek kyk, sien ek meer en sterker Afrikaanse kultuur, musiek en kunstefeeste as ooit tevore! Dit maak nie saak wat die aanslae van buite is nie – binne-in myself en die meeste Afrikaners wat ek ken, is daar ’n brandende gevoel van selfbehoud wat altyd sal beteken dat ons ons taal en kultuur sal bedryf – en ’n taal wat gebruik word, is ’n taal wat leef en groei.

Op daardie oomblik kom ’n draaipunt in ons gesprek met die Belgiese tieners voor my, soos ek besluit om van ratte te verwissel na ’n trant in ligter luim. Ek vra of enigiemand in die klas iets weet van Suid-Afrika; en kan jy glo – daar agter gaan ’n hand op wat uitskree “braai!”. Met groot trots begin ek vertel van Nasionale Braaidag wat ons hele Suid-Afrikaanse nasie saamsnoer elke jaar op ’n dag wat oorspronklik baie anderse politieke konnotasies gehad het.

Nog ’n hand gaan op en roep “biltong!”. En my bors swel van trots – kyk, as daar nou een ding is waarvoor my volkie maar wêreldberoemd mag wees, dan is dit biltong.

Ek is skoon verlig en effens verwonderd dat die eerste ding wat hierdie kinders uitgeskree het, nié “apartheid!” was nie. Dit gee my hoop …

DuPreez en Annari gesels met tieners oor Afrikaans en Suid-Afrika.

Foto deur Guy Willems vir die plaaslike nuusblad Het Belang Van Limburg oor Annari en DuPreez se skoolbesoek

Hoofgebou: Campus de Helix

The post Afrikaans in die Laaglande-toerdagboek: inskrywing 6 appeared first on LitNet.


Bob Dylan - Blowing In The Wind - SA politiek?

Waar sou ons wees sonder kolonialisme, Helen?

$
0
0

Ek wens soms iemand wil net vir Helen Zille en Donald Trump ’n stukkie advies in aansienlik minder as 140 karakters gee: “Bly weg van Twitter! Hou jou duime tuis!” Daar’s nog heelwat spasie oor vir emoji’s ook.

’n Week of wat gelede het Zille groot ontsteltenis veroorsaak met haar gekwetter oor die voordele van kolonialisme. Meer as dit, die daaropvolgende bekgevegte tussen haar kritici en dié wat haar naam wil beskerm, het niks, zilch, sweet boggherol vir nasiebou en samehorigheid gedoen. Wat Zille ook al wou bereik, sy het net haar naam as ’n polariserende teenwoordigheid bevestig.

Daar is al heelwat geskryf oor of haar reg op vryheid van spraak getemper is deur die kritiek teen haar. My kort antwoord: nee, maar as jy wil steun op jou reg om daai vryheid uit te oefen, kan jy nie kla as ander ook hulle reg op vryheid van spraak uitoefen om jou te kritiseer nie. Dis hoe demokrasie werk, Helen.

Hierdie rubriek delf nie in die meriete van Zille se uitspraak, of die rubriek wat sy daarna geskryf het, in nie. Wat ek wil doen, is om die horlosie terug te draai na 1652, en te probeer indink hoe hierdie land anders daar sou uitsien as Jan van Riebeeck verby gehou het en iewers anders gaan land het. Met ander woorde, hoe sou Suid-Afrika gelyk het as ons nie gekoloniseer was nie?

Ek gebruik daai “ons” vrymoediglik, want ek of iemand soos ek sou nog steeds hier wees, anders as die meeste mense wat die rubriek gaan lees.

Die basiese denkfout wat Zille in haar twiets en die rubriek begaan, is om aan te neem dat kolonialisme beskawing gebring het. Sy neem aan dat Afrika, en die inheemse stamme, ’n tabula rasa was, ’n skoon lei wat net gewag het vir koloniale goedgunstigheid om ons ongevormde klompe te kom skep.

Maar wat is beskawing? As al die frilletjies afgehaal word, is dit net ’n stel reëls wat mense leer hoe om met mekaar saam te leef sonder oorlog, moord en doodslag. Daar was reëls voordat Jan en kie hier geland het. Anders as wat Europese standaarde verlang, maar beteken “anders” noodwendig “slegter”? Ek dink nie so nie.

Daar was reëls oor hoe om stamlede wat die reëls oortree, te hanteer. Lede van die groep het saam besluite geneem oor wat met oortreders sou gebeur. Dis ’n regstelsel, en ’n juriestelsel.

Daar was ’n leierskapstruktuur. Indien die leier nie in die beste belang van die stam opgetree het nie, het hy vinnig geleer dat daar gevolge is. Iemand anders sou vinnig na vore tree en sy plek inneem, met die groep se goedkeuring. Dis ’n verkiesingstelsel.

Daar was sekere persone in die groep wat geweet het watter bessies en kruie vir watter kwale werk. Dis wat aptekers nou doen. Daar was persone wat geweet het hoe om kraamgevalle te hanteer, en hoe om wonde gesond te maak en dies meer. Dis ’n mediese stelsel.

Daar was reëls wat bepaal het hoe ouer lede van die groep hanteer moes word, hoe kinderversorging werk, hoe kos en water binne die groep verdeel sou word. Dis ’n sosiale struktuur en ’n welsynstelsel.

Daar was rotstekeninge teen mure. Stamme het om die kampvuur vergader, en stories vertel, en gesing en gedans. Dis kultuur.

Daar was sekere persone wat gejag het, sommiges wat water gesoek het, ander wat bessies en wortels gesoek het, ander wat na die kinders gekyk het. Dis werksverdeling en werkverskaffing.

Daar was uitruilings van goedere tussen verskillende stamme. Dis handel.

Die hoofde van verskillende stamme het geskille probeer besleg deur te praat voordat daar tot oorlog oorgegaan is. Dis diplomasie.

Sekere lede van die stam het opgetree as die groep se segsmanne om by die gode aan te klop vir reën, of beter jaggeleenthede of beter beskutting. Dis godsdiens.

Daar was lede wat geweet het hoe om beskuttings te maak. Dis argitektuur.

Ander lede het geweet hoe om velle te brei sodat die stam hulself kon aantrek en teen die elemente beskerm kon wees. Dis klere-ontwerp.

Kinders word geleer hoe om te jag, hoe om in die groep op te tree, hoe om spoor te sny en dies meer. Dis uitkomsgebaseerde, relevante opvoeding.

Verskillende groepe het met mekaar gekommunikeer deur ’n stelsel van klippe, tekeninge en dies meer. Daar was tromme wat boodskappe oor afstande versend het. Daar is rookseine gestuur. Dis ’n kommunikasiestelsel.

Daar was groepe wat nomadies was, terwyl ander verkies het om op een plek te bly en wortel te skiet. Dis diversifisering van kundigheid.

Daar was uitgebreidegesinstrukture. Daar was reëls vir hofmakery, en reëls vir die huwelik. Daar was meestal monogamie. Daar was ’n sosiale struktuur.

Zille maak dus ’n fout as sy dink daar was niks voor die gawe van kolonialisme op ons afgedwing was nie. En dit wás afgedwing.

En wat het kolonialisme ons gebring?

Paaie, wat ons nie sou nodig hê sonder die voertuie wat kolonialisme ons gegee het nie. Antibiotika, wat ons nie sou moes gebruik sonder die siektes wat die koloniale moondhede saamgebring het nie.

’n Regstelsel, wat ons nog steeds onderdruk en die kolonialiste die voordeel gee. ’n Politieke bestel, wat ons apartheid en funksionele diktators gegee het. Welsyn, wat ons na Esidimeni lei. Die verval van gemeenskapslewe, wat lei tot ouetehuise en weeshuise.

Drankverslawing, een gevolg van die dopstelsel, ’n koloniale geskenk aan ons. Tik, kokaïen, heroïne en ander dwelms, die gevolg van farmakologie.

Besoedeling van die omgewing, die gevolg van industrialisasie en fabrieke.

Die uitsterf van vele dierespesies, die direkte gevolg van koloniale hebsug. Hoeveel visspesies is tot uitwissing gevis sodat dit uitgevoer kan word? Hoeveel renosters en olifante is gedood vir hul horings en ivoor?

Slawerny, want die goud en diamante wat die kolonialiste gesteel het, moet deur iemand uit die grond gehaal word.

Gevegte rondom grondbesit, want die kolonialiste het geleer gemeenskaplike grondbesit is ’n slegte idee. Roof en moord, want ons was geleer dat wat ons het, nie goed genoeg is nie, daar is meer om na te strewe. ’n Opvoedingstelsel wat kinders totaal onvoorbereid vir die werklike lewe en hul rol daarin laat.

Hartsiekte, diabetes, cholesterol en dies meer, want ons was geleer ons natuurlike dieet is primitief, en ons manier van oefening doen is primitief.

Plaasmoorde sou nie bestaan nie. Struwelinge rondom taal sou nie bestaan nie. Ons sou nie nodig gehad het om onderwerp te word aan die Zilles en Trumps van hierdie wêreld nie.

Die beskawing waarin ons sou lewe, sou anders daar uitgesien het. Anders, nie beter of slegter nie. Dis waar Zille die fout maak. Sy neem aan “anders” is “slegter”. Sy impliseer koloniale meerderwaardigheid.

Dis hoekom haar twiets problematies is.

Sedert hierdie rubriek geskryf is, het die DA besluit om Helen Zille dissiplinêr te verhoor  ̶  LitNet

The post Waar sou ons wees sonder kolonialisme, Helen? appeared first on LitNet.

Koos Kombuis: "Die liedjies het hulleself geskryf"

$
0
0

Koos Kombuis se nuwe album, Langpad na Lekkersing, is pas uitgereik. Hy beantwoord 'n paar vrae oor die musiek, die politieke landskap, en skarebefondsing.

Goeiedag, Koos. Hoe's dinge deesdae? 

Baie goed, dankie, Henry. Ek maak myself sielkundig gereed vir 'n post-Zuma bestaan. Mag die hoop nie beskaam nie. 

Baie geluk met die nuwe album! Dit is op meer as een manier 'n verrassende album – onder meer die intieme, rustige, amper hartseer drade wat deur die liedere loop. Tot hoe 'n mate was dit 'n doelbewuste besluit – dat jy nou, in terme van waar jou loopbaan is, en ook hoe die tydsgees lyk, só 'n meer ingekeerde versameling liedere wou skep? Of was dit bloot wat gevloei het toe jy gaan sit en skryf? Dink jy sommige aanhangers sal dalk teleurgesteld wees met die gebrek aan uit-en-uit "snaakse" liedjies? Selfs "Cool Paradys" is kwalik 'n komedie ...

Dankie, ek is bly jy hou van die album. Eintlik het die liedjies hulleself geskryf. Om die waarheid te sê, ek het baie hard probeer om nié nuwe liedjies te skryf nie. Toe kom die donnerse blou maan oor my pad. En toe besef ek ek kan nog nie aftree nie. Ek was absoluut gereed en bereid om net nog 'n outoppie te word met 'n snaakse kortbroek en dun wit beentjies wat glo die hemel is in die platteland. Toe tref die muses my weer met 'n stink spoed.

En, jy's reg, dit was nie snaaks nie. Dit is moeilik om in hierdie tye iets te kry om oor te lag. 2016 was 'n moeilike, hartseer jaar. Omtrent 200 celebrities is dood, en Victor Matfield het finaal afgetree. Die tyd was reg vir 'n ernstige en emosionele CD, het ek gevoel.

Een van die uitskietersnitte (hoewel elkeen waarlik uit eie reg bedonnerd is!) is "Ek wil net huis toe gaan", wat saam met David Kramer geskryf en opgeneem is. Hoe het dit gebeur dat julle saamgespan het vir hierdie snit? Het julle saam besluit op 'n tema en julself in 'n kamer (werklik of digitaal) toegesluit, of hoe het dit gebeur? Wat is die lekkerste elemente daaraan om saam met hom te werk, en is daar enige uitdagings betrokke?

Langpad na Lekkersing is, soos jy weet, opgedra aan David Kramer. Daar was 'n oomblik, verlede jaar tydens die Naledi Berge Nog so Blou-show in Oudtshoorn, toe ek en Pietman 'n duet doen van David se liedjie "Jy's my Sweetheart", toe die idee my soos 'n bom tref: dis lekker om te sing! Daai song het my teruggevat na my musikale roots. Dit was destyds my temaliedjie toe ek op Kannetjie verlief geraak het. Dit het my herinner hoekom ek ooit in die eerste plek musiek begin maak het.

Toe ek nou eers vir David laat weet ek dra die album aan hom op, en hom vra of hy 'n draai in die studio wil maak, toe verras hy my deur een van die liedjies saam met my te help skryf. Hy het ook raad gegee oor die res van die album en Schalk Joubert gehelp kies aan die materiaal. Sy ervaring en ondersteuning was goud werd vir hierdie album!


David Kramer en Schalk Joubert. Foto: Verskaf

Dis interessant dat daar twee Engelse liedere op die album is – "The intergalactic muesli song" en "The universe is weightless". Dit voel of hulle beide in tema en gevoel sterk by mekaar aansluit. Is dit vir jou gemakliker om kosmosverwante temas in jou liedjies in Engels te verken? Of het dit toevallig so gebeur? Is daar 'n noemenswaardige verskil tussen waaroor jy graag skryf in Engels en Afrikaans? Het dit iets te doen met 'n ander "stem" in jou kop wat aanskakel, of hou mens in gedagte wat die gehoor en/of aanhangers verwag en verlang in die onderskeie tale?

My vrou sê ek sing altyd 'n oktaaf hoër as ek in Engels sing. Ek weet nie hoe dit gebeur nie. Wel, al hoe meer van my ou vriende raak deesdae geïnteresseerd in selfontdekking en die kosmos, so ek is seker nie alleen nie? Aangesien Erns Grundling gaan stap het in Spanje, en Maryna Blomerus 'n boek geskryf het oor kwantumfisika, mag ek seker spekuleer oor die Melkweg! Van kleins af wonder ek of daar regtig melk in die Melkweg is. Vandaar my obsessie met ontbytgraankosse en sterrekunde.

Die Engelse liedjies was eintlik deel van 'n langtermynprojek, "Songs From a Cluttered Kitchen", en ek sit nog met 'n klomp van daai songs wat nie hierdie album gehaal het nie. Dalk gaan my volgende album net oor brekfis cereals en outer space, wie weet? Ek sal solank Weigh-Less of Vital nader vir 'n moontlike borgskap ...

Langpad na Lekkersing is ook 'n besonder polities/maatskaplik-bewuste album (soos ons natuurlik sou hoop!). Voel jy, as liedskrywer en kulturele figuur met 'n groot groep volgelinge, 'n soort verantwoordelikheid om luisteraars te betrek as medereisigers van 'n sekere soort, om te deel in die interpretasie van wat om ons aangaan? Hoe dink jy het die manier waarop jy dinge waarneem, en ook hoe jy hierdie waarnemings "voorlê" in jou songs, verander oor die afgelope paar jaar? Hoe beskou jy die betrokkenheid (of gebrek daaraan) van nuwe/jonger plaaslike kunstenaars by hierdie soort interpretasies, en hoe sou jy dit graag wou sien ontwikkel?

My eerste gedagte toe ek die crowdfunding-ding afskop, was dat hierdie 'n moerse belangrike CD gaan wees wat Afrikaanse musiek gaan "red". Dis vir my nou, in retrospek, moeilik om te glo dat ek so arrogant kon gewees het om te dink een album is so belangrik. Gaandeweg, hoe langer ons met die opnames besig was, en hoe dieper ons in die projek betrokke geraak het, hoe minder het ek gedink aan die sosiale impak en hoe meer het ek net gefokus op die liedjies self. Al die ander issues het weggeraak in die periferie. Toe die album klaar uit is, en Maroela Media bel my en vra my of ek nou voel ek het Afrikaanse musiek "gered", toe weet ek glad nie waarvan hulle praat nie, want ek het heeltemal van my eerste sales pitch vergeet! Al wat ek kon sê, was: "Ek hoop die album beteken iets vir 'n paar mense." Wel, die eerste batch is uitverkoop, ons moes nog laat druk. Touch wood.

Eienaardig genoeg, en dis dalk ‘n soort synchronicity, terwyl ons besig was met die album het daar ‘n paar opwindende dinge begin gebeur in plaaslike en ook Afrikaanse musiek. As daar iets is wat “gered” moet word, was ek nie al ou wat so gedink het nie. Daar is nuwe, jong stemme om dop te hou. En party van die ouer garde, soos ek, lyk of hulle ook nou gereed is om hulself te herontwerp … onder andere David Kramer self! Sy nuwe show is baie goeie nuus!

Die feit dat "Die fokol song" herbesoek, opgediep en aangepas is, is lekker! In 'n onderhoud met Netwerk24 het jy gesê die idee is om 'n soort positiewe wending aan dié lied te gee. Dit is ... wel ... 'n uitdaging! Waar/waarom het hierdie behoefte ontstaan? Is daar 'n mate van optimistiese nihilisme betrokke? Of hoe beskou jy die saak? Om dit eenvoudiger te stel – hoe wil jy hê moet luisteraars anders voel oor Suid-Afrika ná hulle die nuwe "Fokol song" geluister het? Trouens, hoe sou jy die vraag beantwoord oor die album in die geheel?

Ek weet dis moeilik om te verduidelik, maar twee jaar terug was ek baie meer negatief oor Suid-Afrika as vandag. Ek het gedink: as goeie ou lefties soos Andries Bezuidenhout nie meer hoop het nie, dan is alles regtig in sy moer! Intussen het ek baie meer positief geword. Dis nie asof dit nou beter gaan nie. Met hierdie skrywe weet ek nog nie hoe die Zuma-sage gaan lyk teen die tyd dat hierdie onderhoud geplaas word nie. Dinge kan wonderlik uitwerk of dit kan totaal verkeerd gaan. Maar wat ook al gebeur, ons moet net onthou: dit gaan net orals oor die res van die wêreld soveel kakker. Amerika is in sy moer. Europa het hulle gat gesien. Liberale politiek is die nuwe establishment-narratief. G'n wonder Amerikaners stem vir Donald Trump nie. Alles is gefok. Ek weet die water in die Kaap is amper op en ek weet die boere kry bitter swaar en ek weet ons demokrasie is elke vyf minute in nuwe gevaar, maar ek wil in geen ander land woon op die oomblik nie. Suid-Afrika is 'n wonderlike plek. Dis hoekom ons nou daai song herdoop het na "Die Trots Suid-Afrikaanse Fokkol Song". Dinge gaan oneindig beter hier as in enige ander land. Ons kom selfs oor die weg met ons eie Moslems! Fok, dis iets om oor dankbaar te wees!

Ons fokus baie hard op die lirieke tot dusver in hierdie onderhoud! Op 'n musikale vlak bevat die album ook geweldig baie verrassings – die verskeidenheid instrumente, die treffende arrangements ... en vele meer. Ek mag verkeerd wees, maar dit voel of daar 'n paar kopknikke na helde van weleer is. Veral die "Ma en Pa blues" voel of dit 'n Roger Waters-lied kon wees. Aan die ander kant is liedjies soos die titelsnit baie meer "vintage" Koos Kombuis. Hoe het die proses om die regte benadering vir elke lied te kies gewerk? Was dit 'n kwessie van opsetlike afwisseling skep, of het julle net bloot probeer dink wat sal kief werk vir watter liedjies? Was die versoeking daar om 'n paar verskillende benaderings vir elke lied te probeer?

Schalk Joubert was tot 'n baie groot mate verantwoordelik vir die keuse van arrangements, hoewel ek aangedring het op sekere musikante – ek sal jou nou-nou meer daarvan vertel. En, ja, dis seker nie 'n skande om kop te knik in die rigting van Roger Waters nie, nè? Ek was baie excited toe ek besef die loodsvideo wat Fokofpolisiekar gebruik vir hulle crowdfunding campaign is gebaseer op 'n klavierstuk wat sonder twyfel sterk beïnvloed is deur "The Gunner's Dream" van Pink Floyd. So ons is in goeie geselsskap!

Verskeie uiteenlopende musikante, soos Albert Frost, Anna Davel, Ramon Alexander, Schalk Joubert, Wilken Calitz (hei, ek ken hom) en nog talle ander, het bydraes tot die album gemaak. Tot hoe 'n mate dink jy het dit wat hulle na die tafel gebring het, op die ou end die album beïnvloed – nie net die klank nie, maar ook die deurlopende denkwyses? Is daar 'n soort goue draad wat anders sou gelyk het indien die versameling musikante anders of selfs afwesig was?

Die eerste musikant wie ek genader het na Schalk Joubert en David Kramer, was die Cape Jazz-pianis Ramon Alexander. Ons het verlede jaar bevriend geraak toe ons 'n rukkie lank in dieselfde huis gebly en saam gejêm het. Sy teenwoordigheid op baie van die liedjies gee die album 'n subtiele crossover flavour wat ek nie alleen sou reggekry het nie. Dan het die ander musikante hul kant gebring. Anna Davel het een liedjie getoonset en al die pad afgevlieg om te kom help sing. Corné Crous het bewys sy is meer as net 'n 7de Laan-aktrise; sy doen wondere op "Blou Maan".

En, jy's reg, natuurlik kan mens nie verkeerd gaan met ouens soos Albert Frost, Kevin Gibson, Nick Turner en Riku Lätti aan jou kant nie! My grootste teleurstellings was dat Katlego Maboe en Stef Bos dit nie kon maak nie, en dat slegs die helfte van Die Skynmaagde (Wilken Calitz) kon kom. Waar, o waar was Henry Cloete, vra ek jou met trane in my oë (huil sonder trane!)?


Corné Crous en Koos Kombuis. Foto: Verskaf

Besig om homself te skop oor 'n besonder hartseer skedulekonflik ... Kom ons fokus eerder op iets anders. In 'n vorige onderhoud het ons gepraat oor die crowdfunding-proses wat vir hierdie album se befondsing gebruik is. In dieselfde Netwerk24-onderhoud sê jy dit was 'n bitter moeilike jaar, vol slapelose nagte. Ek neem aan jy sal 'n album dus nie sommer gou weer só wil aanpak nie? Of is dit tog, alles in ag genome, die moeite werd? Wat het jy as musikant geleer uit die proses? Wat was die moeilikste daaromtrent, en wat was lekker? Dink jy anders oor die musiekbedryf en als wat dit inhou as wat die geval was voor jy met die crowdfunding begin het?

Ek is baie, baie bly die crowdfunding het gewerk. En, anders as met Fokofpolisiekar se blitzkrieg, het dit aanvanklik gelyk of dit gaan misluk. As Carel Gericke nie sy vyftig duisend neergesit het nie, weet ek nie – daardie bydrae het die bal aan die rol gesit. Ek is baie dankbaar vir Jumpstarter se hands-on-benadering, en 'n klein borgskap teen die einde deur Aramex sou eindelik help met die posstukke. En toe die crowdfunding-geld opraak en die album is nog nie klaar nie, moes ek ou sweterige bandanas opveil vir dronk mense om nog cash te kry. Jy sal sien dat ons baie min geld aan die omslagboekie gespandeer het. Daar was nie eens plek vir kiekies nie! En weet jy, die admin was iets vreesliks. Ek is nou nog bang daar is mense wie se name ek iewers vergeet het, of dat ek nog iemand 'n getekende CD skuld. Dan's dit tough shit, ek is nou klaar. Ek het tydens die hele 2016 slegs een week vakansie gehad, 'n paar dae met my familie in die Wildtuin, en gelukkig het ons darem een leeu van agter af gesien, al was hy honderde meter weg!

Al my tyd die res van die jaar het gegaan aan die beplanning en opname van hierdie CD. As ek ooit weer 'n album maak, record ek dit op my selfoon en stuur vir mense die liedjies op Instagram, fok die res.

 

Die album is nou uit – wat hou die nabye toekoms in vir Koos Kombuis? Is daar 'n toer wat gepaardgaan met die uitreiking, of vat jy dit eerder tans rustig? Verwag ons nog romans of ander skryfsels binnekort? En dalk nog 'n album of collaborations nie te lank van nou af nie?

Ons gaan nie toer nie. Ons gaan nie 'n launch vir die pers hou nie. Ek het niks press releases gestuur nie. Daar's 'n tannie by Huisgenoot wat 'n resensie belowe het, so touch wood. Hierdie album is nie deel van die worsmasjien van kommersiële Afrikaanse musiek nie. We put it out there, take it or leave it. Ek is verskriklik bly RSG speel darem van die tracks. En dat mens die songs hoor as jy die "Liedjie"-app het. Dalk maak ons eendag 'n video vir kykNET, maar ek is nou te lui.

Dit klink nou seker of ek moerse slapgat is. Maar my vrou het nou net vir my gesê ek moet my vinger uit my gat uit trek, ons gaan Vrydag march teen Zuma, sy’s besig om die hele buurt te mobiliseer! VIVA!!! 

The post Koos Kombuis: "Die liedjies het hulleself geskryf" appeared first on LitNet.

Herinneringe aan Henning Snyman, my professor

$
0
0

My eerste kennismaking met Henning Snyman was vroeg in 2004 op die dag van registrasie vir die meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad. In ’n lokaal met honderde studente het ’n tiental dosente van Geesteswetenskappe een na die ander op die verhoog gestap en hul vakke gepromoveer. Dit-en-dat is die intrinsieke waarde van sosiologie, filosofie, ensovoorts, ensovoorts as keusevak. Nog voordat prof Snyman aan die beurt kon kom, het hy reeds my aandag gehad. Sy geamuseerde klein glimlag het die indruk geskep dat hy ’n geheime insig koester waarin ’n mens deel kon hê deur net naby genoeg aan hom te staan, al het sy ruie wenkbroue ’n demper op dié skynbare toeganklikheid geplaas. Sy pleidooi aan die studente was kort en kragtig: asseblief, hy sal dit werklik waardeer indien so min as moontlik van ons teksanalise as vak kies, "want die meeste mense het ongelukkig nie die vermoë om dit te waardeer óf te slaag nie". Die studente het dit skynbaar eerder amusant as beledigend gevind. Maar dit was ’n stelling soos ’n grens.

Ons was inderdaad net ’n handvol studente in sy klas, en op die dag van kennismaking het hy ons gevra om te vertel na watter musiek ons die vorige aand geluister het – en waarom. Rachmaninoff, het ek bely. Omdat sy styl deur die simbolistiese digters beïnvloed is. Ek had g’n idee dat prof Snyman ’n aanhanger van Rachmaninoff was nie. Dit was die oomblik van herkenning. Die grens is oorgesteek.

Gou het dit vir my duidelik geword dat hierdie prof ’n stip manier van kyk het, soos ’n baasspeurder wat eers die moordenaar se safplek identifiseer voordat hy die potensiële inligting beginne tap. My safplek was nog altyd die mistiek en die metafoor, die mitologisering en ontmitologisering in veral die digkuns. Dis die teorie wat hy my gevoer het: Roland Barthes, Paul Ricœur. Hy het my die kernbeginsel van analise geleer: eers die teks, dan die teorie. Hy kon dit gewoon nie verdra wanneer iemand ’n teks verdraai om ’n teorie te staaf nie. Uiteindelik was teksanalise die vak waarin ek in al my studentejare – voorgraads en nagraads – die beste punt ooit behaal het. Dit onder die leiding van ’n perfeksionis wat mens laat voel dat jy nie te kort skiet nie.

Op die oog af sou mens Henning Snyman dalk as tradisioneel kon tipeer, maar vir my was hy ietwat eksentriek. Hy het graag dramaties vertel van sy besoeke aan huis van DJ Opperman en ook dikwels met liefdevolle deernis gesels oor sy oorlede vrou Annette. Ek het hom ’n man met ’n ontsaglik ruim gees gevind. Hy was ’n wysgeer in murg en been, ’n warmhartige mens met ’n verstommende verstand en begrip van die letterkunde. Jare nadat hy my dosent was, was hy steeds my mentor. Om eerlik te wees, ek het die laaste 13 jaar nie ’n enkele gedig op papier of selfs op die internet gepubliseer voordat ek dit eers vir sy mening gestuur het nie. Dikwels was hy die heel eerste leser van ’n nuutgebore vers – in my boekies ’n daad van grootse vertroue. Wanneer ’n gedig volgens hom slaag, was sy reaksies ’n enkele woord met ’n uitroepteken: "Allerpragtig!" Op die omslag van albei my bundels is sy indruk van my werk – en ek streef steeds daarna om dié woorde waardig te wees.

Die dag voor sy dood is my nuwe roman, Die Bergengel, drukkers toe en het ek juis vir iemand vertel dat ek die boek oor ’n paar weke vir Snyman gaan pos. Want hy, het ek geweet, sou die verhaal tot in die vesels verstaan. Hy sou dit lees soos ’n uitgebreide metafoor, ’n gedig. Nou is dit te laat. Nou het hy oorgestap na die Anderkant. Ek kry ’n boodskap van ’n medeskrywer, een van sy oudstudente: "Ai, Carina, ek onthou hy het ’n skilderytjie van jou in sy kantoor gehad." Wat ek dalk die helderste onthou, is die woord "allerpragtig". Om die een of ander rede het ek dit nooit gebruik voordat ek hom ontmoet het nie.

Hier is ’n foto van ons by my gradeplegtigheid in 2004 en ’n gedig wat ek vir hom geskryf het toe ons ’n naweek by hom in die Karoo gekuier het. Dis opgeneem in my digbundel woud van nege en negentig vlerke (Tafelberg, 2009).

Carina Stander en Henning Snyman (foto: verskaf)

Klip-Karoo

jare later keer jy terug 
na die riffelrugberg
van jou geheue

jou vrou se voete
ratse springbokhoewe 
oor die rimpelpad

julle hoor die geknaag 
van ondergrondse oerdiere

vanaf die plato kyk julle uit:

die trop vreet plante
met wortels vol lug

die wolfgroot dier 
se onderkaak is ’n boot;
sy middel-oog meet 
die siklus van seisoene

miljoene nagte later 
vlug ’n tolkengel steeds 
onder die moddervlokke uit

weer tel jy die penveer op:
dood
jy skryf dit stadig agteruit 
maar die woord bly dood

op hierdie vloedvlakte het jy liefgehad 
soos ’n heilige of nieteling

hier het jy die winterryp sien kom
en die groeiringe in bome 
ná ’n watergebrek

jou vrou draai om en stap terug
oor die rimpelings van rots –
basaltlava bedek haar treë

eens op ’n tyd in die klip-Karoo
was daar spoortjies om haar oë

The post Herinneringe aan Henning Snyman, my professor appeared first on LitNet.

Alles het niet kom wôd deur Nathan Trantraal: ’n resensie

$
0
0

Alles het niet kom wôd
Nathan Trantraal

Uitgewer: Van Schaik
ISBN: 9780795707919

Nathan Trantraal se debuutbundel, Chokers en survivors (2013), het ’n oorrompelende effek op die Afrikaanse poësietoneel gehad. Kompromisloos van benadering en vernuftig in uitvoering het dit lesers laat regop sit. Hulle was onder andere geprikkel deur die feit dat die outobiografiese spreker in die bundel nie verleë was oor hulle aandag en ingestel op hulle goedkeuring nie. Indien die leser nie verstaan waarna die bundeltitel verwys nie en nie kan byhou met die storie nie, is dié bundel nie vir hulle nie, het die voorwoord gesê. Lesers was ook gefassineer deur die gebruik van Kaaps as gesofistikeerde poëtiese instrument en meegesleur deur die manier waarop die bundel ’n verhaal bou rondom drie fases in die spreker se lewe, geplaas in die ruimtes van Bishop Lavis en Mitchell’s Plain, elk geteken in kriptiese maar betekenisvolle besonderhede. Dit was ook ’n bundel waarin die spreker hom in geen onduidelike terme nie verset het teen die Afrikaanse digterlike tradisie (veral soos verteenwoordig deur Groot verseboek), byna asof hy geantisipeer het dat dié tradisie hom nie met ope arms sou verwelkom nie. Dit was ’n stem wat gesê het: ek is terdeë bewus van die fondamente waarop hierdie literêre wêreld gebou is en ek verkies om daarbuite-om my eie ding te doen. Dit was dus in alle opsigte ’n bundel wat hoë verwagtinge geskep het vir sy opvolger.

Trantraal se tweede bundel, Alles het niet kom wôd, voldoen aan hierdie verwagtinge in dié opsig dat dit voortbou op sy voorganger, maar ook verras deur die nuwe tematiese wending wat dit neem. Die leser word voorberei op die bundel se verskuiwing na ’n fokus op die religieuse lewe deur die buiteblad wat ontwerp is deur die Trantraal-broers en Mike Cruywagen. Die omslag is gebaseer op Bernini se standbeeld wat die heilige Teresa van Avila uitbeeld in ’n ekstatiese beswyming voor ’n engel met ’n spies in sy hand. Teresa het in haar dagboek geskryf oor die verruklike pyn en ekstase veroorsaak deur die spies van die engel wat haar met die teenwoordigheid en liefde van God gevul het.

Die motto’s voor in die bundel bou voort op die suggesties wat deur die buiteblad gelaat word, naamlik dié van religieuse verlange en die hoop op ’n spirituele gebeurtenis wat jou lewe sal transformeer. Die een motto is van Tove Jansson, die skrywer van die Moomin-verhale, en verwys daarna dat die tyd reg is vir ’n “new tune, one part expectation, two parts spring sadness”. Die tweede motto is van Von Kleist en verwys daarna dat die mens onvermoeid soek om die pad terug na die paradys te vind ten spyte van die feit dat die hekke daarvan gesluit is. Die motto’s opper dus ook die tema van die begeerte om terug te keer na die paradyslike saamwees met God, ook van die verwagting wat daarmee gepaard gaan en die vermoede dat ’n mens bedroë daarvan mag afkom.

Religieuse gedigte is volop in Afrikaans, maar selde het dit al so ’n skrynende teenstelling tussen verwagting en ontnugtering geteken. Die titel suggereer dit alreeds: die woord “niet” in die titel kan beide op die idee van nuut-word en niks-word slaan. Die impak van dié teenstelling word verhoog deur die feit dat die stem wat hier praat, nie dramatiseer, deklameer of uitwaarts projekteer soos wat dikwels in religieuse gedigte die geval is nie. Dit is ’n onversierde stem wat direk praat en sonder groot omhaal uiting gee aan die verlange na vervulling, die immer-teenwoordige moontlikheid van ontnugtering en die vrae rondom skuld, skaamte en vergifnis wat deel is van die religieuse lewe. Dit is ook opvallend dat talle van hierdie gedigte ’n verhaal vertel waarin die beelde en konkrete besonderhede bepaalde kontekste, emosionele inhoude en uitkringende betekenisse suggereer eerder as uitspel. ’n Mens sou ook kon beweer dat die bundel in sy geheel ’n verhalende lyn volg deurdat dit begin met gedigte wat handel oor die spreker as jong man en mettertyd vorder na gedigte wat sy ervarings as pa en kunstenaar uitbeeld.

Die bundel se titelgedig, “Alles het niet kom wôd”, lui die tema van hoop wat uitloop op ontnugtering in deurdat dit vertel van die dag waarop die spreker saam met ander in die see gedoop is. Hy kyk met ’n mengsel van ironiese afstand en simpatie terug na die groepie op die strand waarvan hy deel was. In hulle wit klere het hulle waarskynlik gelyk “soese boy band innie nineties” en die suster wat inmekaar gesak het op die sand “soese aneasthetized olifant/ inne wildlife documentary”, dink hy. Terugskouend is dit vir hom duidelik dat die sang van die gelowiges wat gesê het dat alles met die doop “nuut kom word” nie sy werklikheid weerspieël het nie:

[…] ek is sieke
ek het met minner dywels deerie wate gegan
as wat ek mee ytgekom et.

Dieselfde geld vir die gedig “Moenie vi hulle sê ôs gan ie, annes wil hulle saamkom”, waarin daar weer eens vanuit ’n wrang-ironiese agternaperspektief vertel word hoe die spreker deel was van ’n groepie mense wat gaan vas en bid het in die berge. Die eerste gedeelte van die gedig vertel die verhaal van ’n positiewe ervaring wat die deelnemers met ligte harte, skoon gedagtes en ’n gevoel van kameraderie gelaat het. Die tweede deel van gedig toon egter die ontnugtering wat volg op hulle terugkeer na die realiteit, soos wat die volgende reëls suggereer: “Die comedown was epic en brutal/ soese boek innie ou Testament”. Weer eens dink hy met ’n mate van deernis terug aan die teleurstelling wat gevolg het omdat hulle die “laaste mense [was] om yt te vinne/ Jesus het lankal gekom/ en hy is wee hie weg, sône ôs”.

Die spanning tussen hoop en ontnugtering kom ook ter sprake in “Weepers”, ’n gedig waarin die spreker eers vertel van ’n ouer man wat hom geïnspireer het tot die geloof en dan wens dat sy pa (oor wie hy elders baie krities skryf) daar was om hom met sy sinisme te waarsku teen die ontnugtering wat onvermydelik is.

Saam met die begeerte om religieus te leef, kom ook die verskynsels van skuld, skaamte en vergifnis wat in sommige gedigte ondersoek word. In “Silvia Saint” vertel die spreker van die pornografiese foto wat hy opgetel en diep weggesteek het in sy “subconscious/ soese bad childhood/ soes Calvinism”. Uiteindelik swig hy egter voor die verleiding van die foto en word hy beide gekonfronteer met die skaamte (“Wan assie shame kom/ dan kom it inne flood”) en die gevoel van verlies nadat hy uit skuldgevoel die foto van Silvia Saint in die toilet afgespoel het.

In “Swat embroidery” bely hy sy spyt omdat hy sy meisie Bethe ontneem het van die hoop dat sy eendag verenig sal word met haar ma wat dood is – hier gebruik Trantraal die metafoor van ou gordyne wat jy los in ’n huis waaruit jy wegtrek om sy skuldgevoel oor die einde van hulle verhouding uit te beeld en van swart borduurwerk op swart gordyne om die vervaging van herinneringe aan te dui. Die breuk met Bethe word reeds in ’n vroeër gedig, wat haar naam dra, voorspel: hierin blyk dit dat die spreker homself eintlik reeds afgesluit het van Bethe in ’n eie verbeeldingswêreld gevoed deur boeke:

[…] sy gan ’n reaction expect
Except oppie oomblik
het ek niks reactions
en het ek niks thoughts nie
wan ek issie daa nie
Ek het myself êrens toegevou
tussen Seven Nights en Being There.

In gedigte soos “s.o.b.”, “Fiction en estrangement” en “Die man wat ie kinnes vang” kom die idee van vergifnis veral op die politieke vlak ter sprake. Die gedig “s.o.b.” is ’n oënskynlik onskuldige verhaaltjie waarin dit wat slawe in Amerika met hulle vrystelling gekry het (“40 acres enne mule”) vergelyk word met dit wat die wit seuntjie Christopher Robin, uit AA Milne se kinderboek Winnie the Pooh, byna vanselfsprekend kry vanweë sy bevoorregting (“100 acres” en ’n kinderboek vol fantasiefigure deur sy pa geskryf). Die spreker gebruik dan op ironiese wyse die kinderlike stem van Christopher Robin om sy punt te maak teenoor die wit man of “boer” wat sy mense uitgebuit het: “En dan vestaan jy nie/ hoekom ôs jou haatie// Silly old boer” (’n verwysing na Christopher Robin wat gereeld in die verhale vir Winnie the Pooh ’n “silly old bear” noem).

Die gedig “Fiction en estrangement” verwys daarna dat die Christelike geloof van mense vra dat hulle mekaar vergewe, ook in Suid-Afrika met sy geskiedenis van onderdrukking. Die slot van die gedig suggereer egter dat dit nie ’n oplossing is vir onderdruktes en armes nie omdat bitterheid oor die verlede nie so maklik weggaan nie, soos aangedui deur die verwysing na die “gif” in “vergifnis”:

          Ammel het hystoe gegaan
          Hulle na hulle hyse langsie sea
          ôs na ôs shacks
          langs poeletjies stagnant water
          waa die gif in vergifnis
          ôs ammel
          siek gemaak het.

Ook op hierdie vlak is daar dus sprake van ontnugtering met die Christelike boodskap wat verligting beloof maar dit nie bring nie.

Die onverwerkte verlede lei ook tot ’n gedig soos “Die man wat ie kinnes vang” waarin die spreker – net soos wat sy ouma met hom gedoen het – sy dogtertjie waarsku teen die Iceman, die Snakeman of die Snowman wat haar gaan vang. Hierdie speelse waarskuwing maak egter aan die einde van die gedig plek vir ’n waarskuwing teen die man vir wie jy regtig moet bang wees, naamlik die “white man” wat jou siel sal steel en vir die duiwel sal offer “as nogge down payment/ vi sy hemel op aarde”.

Dié waarskuwing kan ook gelees word naas die teer gedig vir die kind wat beskerm moet word teen die duiwel en jaloerse geeste in “Jaloesiegieste”:

Ôs moenie te
veel praat
van jou nie
my lam
die dywel lyste
in en
hulle sê die
dywel’s jaloes
Dai is hoekom
as ôs
byte gan issit
altyd met
’n kombêsie oor
jou kop
om te keer
virrie wind
en om jou
onne sy oë
yt te hou […]

Die kwessie van geheue en lank-gekoesterde kwetsings kom ook aan bod in ’n gedig soos “Ornaments” waarin die spreker die beeld gebruik van “’n carrier bag memories/ meestal ou insults en injuries” wat hy een vir een uitpak “soes ornaments op wit doilies”. Die reikwydte van die beeld van ornamente vir pynlike herinneringe word betekenisvol uitgebrei wanneer die spreker sê dat die ornamente “oppe rak staan innie klein voorhys/ waa jy verskrie wôd/ as jy te veel beweeg/ of an ienagge iets raak”. Die besonderhede wat hier gegee word, teken in enkele kwashale die konteks van armoedige omstandighede, komplekse familieverhoudinge en ingeperkte moontlikhede.

’n Hele aantal gedigte in die bundel bou voort op dié in Chokers en survivors deurdat dit ’n omgewing teken waarin mense daagliks te doen het met die ontberinge wat armoede bring. In “Galaxy’s 21st birthday” word die bravade van ’n partytjie in ’n klub (“All the single ladies in the house tonight/ make some fuckin’ noise!”) geleidelik vervang met verwysings na die realiteite waarheen die partytjiegangers terugkeer nadat die jolyt verby is: ’n leë broodblik, ’n stukkende kooi, ’n hoodie met ’n brandmerk op die mou en ’n knorrige broer wat nagskof werk en kos soek wanneer hy wakker word. Die nagklubrefrein word dus mettertyd gelaai met hewige ironie, soos wat die slotreël bewys: “The next fuckin’ jam is for you tonight!”

’n Ander gedig in hierdie trant is die speelse, maar tog ook wrang “Ode to an electric unit” waarin daar oor ’n voorafbetaalde elektrisiteitsmeter geskryf word asof dit ’n begeerlike vrou is wat die spreker in die steek gelaat het:

Ek spend my laaste geld op haa
en as sy weg is dan sien ek haa gesig orals:
inie sombre visage vannie TV
innie koue, rône plate vannie stove.

’n Heel besonderse variant van hierdie soort gedig is “Cash for gold”, waarin die spreker sy literêre toekennings en die respek van kritici opweeg teen die feit dat hy sommige dae nie genoeg geld het om kos te koop nie. Hierdie gedig is ’n voortsetting van dié gedigte in Chokers en survivors waarin die literêre sisteem aan die kaak gestel word en daar getoon word hoedat dit ’n wêreld in stand hou wat weinig met realiteite soos armoede en die geveg om oorlewing te doen het.

Die bundel is ook bevolk met die soort karakters wat in Chokers en survivors voorgekom het: Boy, vir wie ’n mens nie kan ompraat met die Bybel nie (“Saggias”); die vyfjarige Ban, wat hom soos ’n guerrilla moet gedra omdat sy eie mense teen hom oorlog maak (“Taliban”); Ezra wat bang is om vir sy ma te sê dat hy die broodgeld verloor het (“Ezra”); broe Williams wat in die skool vir die kinders kerk hou (“Pentecostal Righteousness”); Rebekeh wat vat én gee met ’n toe hand (“Rebekah”); Jeb wat die kinders in die skool lei om soos Bob Marley te rebelleer teen die “Babylon System”, al het hy self ’n “crisp banknote/ look” eerder as dreads (“Babylon 1”); Liney, wat jou vriend is by die skool maar jou buite die skool sal steek met ’n mes (“Die anne Liney”); en Clichay wat elke jaar vir twee weke lank haar geloof “on hold sit” om die lewe te geniet (“Clichay”).

Die laaste gedig in die bundel, “Gebed zonder end”, voltooi op verrassende wyse die verhaal van hoop en verlange gevolg deur ontnugtering en ironiese afstand wat begin het met die buiteblad en eerste gedig. Die spreker sit naamlik saam met sy gesin en goeie vriende in ’n Amsterdamse restaurant en voel amper of hy in ’n beswyming van geluk is: “Ek het ’n slight fever/ wat my lat voel of ek ys swiet” en “Ek is adrift inne stil sea/ Ek sit my hand op my vrou s’n.” Dit is ’n intense ervaring van geluk waarin hy tydelik buite homself en die bekommernis oor sy familie in Kaapstad kan tree:

Venaand is ek myself
Die anne iteration van myself
Venaand worry ek oo niks
Ek dinkie an my ma-hulle byrie hys ie
Ek dinkie an my klein niefies
wie nog in Lavis bly nie.

Die gedigtitel verwys na die naam van die straat waarin die geselskap stap ná die restaurant-ete. Die gedig bou dan voort op dié beeld in die uitbeelding van die behoefte om – ten spyte van al die ontnugterings waarvan ’n mens in die bundel lees – tog aan te hou soek na geluk en vervulling, om by wyse van spreke “zonder end” aan te hou bid. Ten slotte vind die spreker dat die moment wat hy hier beskryf, een is wat hy nié kan ironiseer of verminder nie, al wil hy:

          Ek staan nog ’n bietjie en biewe
          innie warm wind
          en try ommie irony te vang
          soes butterflies wattie
          na my toe wil kommie.

Die bundel sluit dus af op ’n moment waarin die spreker sukkel om ironies of sinies te wees oor die geluk wat hom soms te beurt val. Paradoksaal genoeg is dit die verskynsel van ironie – en nie die gevoel van geluk nie – wat in hierdie omstandighede vergelyk word met iets broos en vlietends soos “butterflies”.

Alhoewel die bundel kleiner in omvang is as Trantraal se debuutbundel, het dit dieselfde kragtige effek. Dit is die produk van ’n digter volkome in beheer van sy vak. Veral is dit die werk van iemand wat met sy ingehoue, maar tog dringende stem die vermoë het om tot ’n wye spektrum van lesers te spreek.

Foto van Nathan Trantraal: Naomi Bruwer

The post Alles het niet kom wôd deur Nathan Trantraal: ’n resensie appeared first on LitNet.

Illustrasiekompetisie: Verbeel dit!

PEN Afrikaans: Ons groet die somer met ’n nuwe boekbonus van Taalgenoot

$
0
0

Die jongste Taalgenoot, die Herfs 2017-uitgawe, is nou beskikbaar op die rakke van uitgesoekte Exclusive Books-winkels.

Herfs 2017

PEN Afrikaans werk al geruime tyd saam met die redaksie van Taalgenoot om met hulle vriendelike vergunning dié tydskrif se boekverwante inhoud digitaal beskikbaar te maak op ons webportaal. (Sien byvoorbeeld hier.)

Met die jongste Taalgenoot word ons samewerking uitgebrei met die eerste in 'n nuwe rubriekreeks wat PEN Afrikaans aanbied: Boeke wat skrywers laat skryf.

In die nuwe Herfs 2017-uitgawe kan jy lees watter boeke Kerneels Breytenbach, PEN Afrikaans se voorsitter, geïnspireer het en wat hy as skrywer uit hierdie boeke geleer het.

Indien jy nog nie Taalgenoot se mooi Somer 2017-uitgawe onder oë gehad het nie, kan jy hieronder al die inhoud wat relevant vir lesers, leeskringe en skrywers is, gratis in PDF-formaat aflaai.

Somer 2017

  • Die Oppirak-afdeling met resensies van die volgende boeke: Zip! deur Nataniël, Die dood van ’n goeie vrou deur Chris Karsten, Vir die voëls deur François Bloemhof, Dorado deur Tom Dreyer, en Waar die oog van stil word deur Ilse van Staden.
    Hierdie afdeling sluit ’n musiekresensie van Mymymy se debuut-EP, Beter as ons s’n, asook ’n artikel deur wyle Stephanie Nieuwoudt in – “Lesbiërliefde kry lyf”. Hierin skryf Nieuwoudt oor vroueskrywers wat in die laaste drie jaar sterk lesbiese hoofkarakters aan lesers bekendgestel en op dié manier hulle genres verruim het. Sy gesels met Bettina Wyngaard en Celesté Fritze oor hul werk.
  • “Wanneer digkuns en animasie trou” –’n artikel deur Donnay Torr oor Diek Grobler se Filmverse 2, wat animasies van gedigte deur Jeanne Goosen, Nathan Trantraal, D.J. Opperman, Elisabeth Eybers, Andries Bezuidenhout, Boerneef, Heilna du Plooy, Martjie Bosman, Joan Hambidge, Marlise Joubert, Johann de Lange en Ronelda S. Kamfer bevat.
  • ”Op pad na êrens… of nêrens” – ’n artikel deur Danie Marais oor die opbloei in die Afrikaanse rolprentbedryf waarin hy spekuleer oor vrae soos: Is die Groot Afrikaanse Rolprent al gemaak? En indien nie, wie gaan dit maak? Waaroor? Met watter geld?

 

Wil jy meer inligting oor Taalgenoot hê, inteken of dalk vir die tydskrif skryf? Lees dan hier verder:

Vir meer as 83 jaar lank al vertel Taalgenoot (TG) die stories wat die vry- en volkleurwêreld van Afrikaans laat tiek. Ons strewe na besonderse werk, nie middelmatigheid nie, ons moedig verandering, vernuwing en kritiese denke aan. As amptelike kwartaallikse kultuurtydskrif van die ATKV, neem ons jou op ’n reis deur al die verskillende fasette van Afrikaanswees: die kunste, leefstyl en gemeenskappe wat ons besonderse kultuur kenmerk. TG spreek tot jonk en oud, tot kreatiewes en konserwatiewes. Dit is eenvoudig dié tydskrif vir mense wat in Afrikaans leef, liefhet en werk.

 “In die lewe bestaan ’n noue verwantskap tussen die gehalte van die pêrels wat jy aanbied, en die kaliber van die ontvangers daarvan. Hoe valser die pêrels, des te egter die swyne. Daarom het ek in my beroep die reël probeer volg om nie maar net aan die publiek te probeer gee wat hulle wil hê nie, maar ook ’n goeie dosis van wat hulle behoort te wil hê."

–  Piet Cillié, Afrikaanse koerantredakteur en professor in joernalistiek, uit Eet jou rape eerste, 1980

Wil jy vir Taalgenoot skryf?

Stuur voorstelle en/of voorleggings direk na die redakteur, Johan Jack Smith: JohanS@atkv.org.za

Teken in op Taalgenoot

Teken in op TG en ontvang vier keer per jaar ’n tydskrif propvol interessanthede uit die volkleurwêreld van Afrikaans.

Jou opsies is:

Teken in op die digitale weergawe van Taalgenoot. Laai dit op jou rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon af: www.mysubs.co.za/magazine/taalgenoot

Teken in op die drukweergawe van Taalgenoot.

Kontak Lillian Meyer by LillianM@atkv.org.za of 011 919 9112 of volg dié skakel vir die drukbare vorm en besonderhede: https://www.atkv.org.za/Korporatief/Tydskrifte/Taalgenoot/Taalgenoot-Intekenvorm

The post PEN Afrikaans: Ons groet die somer met ’n nuwe boekbonus van Taalgenoot appeared first on LitNet.


Wat is die betekenis van die lewe?

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die fortuinsoekers deur Lerina Erasmus

$
0
0

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.


Lerina Erasmus

Lerina Erasmus is gebore in Namibië en studeer drama aan die Universiteit van Pretoria. Sy is bekend as aktrise en is die skrywer van Die Mannheim-sage, wat in 1986 vir televisie verwerk is. Lerina is getroud met Günter Schmikal en woon in Johannesburg. Die leliemoordenaar is haar eerste boek sedert die verskyning van Die Mannheim-sage.

Foto: Robert Hamblin


Opsomming

Die Mannheim-sage 1: Die fortuinsoekers
Lerina Erasmus

Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798174558

Dis die goudstormloop van die 1880’s. Hebsug, verraad en passie is aan die orde van die dag.

Beeldskone en onafhanklike Deborah von Albein word gedwing om hul familieplaas in die Karoo te verlaat en verhuis na Johannesburg. Te midde van onrusbarende uitdagings – onder meer die dood van haar ma, die
verantwoordelikheid om na haar oppasser, Ma-Fytjie, en haar broer om te sien – moet sy kies tussen Kit Malloy, ’n ambisieuse dobbelsaloneienaar, en Karl Mannheim, eksentrieke erfgenaam van die Mannheim-fortuin.

Malloy se ambisie kom hom egter duur te staan wanneer sy onderhandelinge met Paul Kruger bots met die ideale van Cecil John Rhodes. En Karl Mannheim se obsessie bereik ’n breekpunt wanneer hy besef dat Deborah
se hart net aan een man sal behoort.

Onvermydelike konfrontasies volg. En so begin die drieluik van Die Mannheim-sage ...


Uittreksel

Die voshings steier verwoed op sy agterpote. Sy voorhoewe klief die lug. Hy probeer desperaat om ontslae te raak van die ruiter wat sy wil na hare wil dwing. Die stang byt ’n oomblik lank in sy bek. Sy oë rol wild. Hy runnik rasend. Dan hoor hy die ruiter met hom praat.

Haar stemtoon is gerusstellend.

Onverwags gee die ferm jong hand wat die teuels vashou die perd speling. Verward skiet hy vorentoe in ’n dawerende vaart na vryheid, onwetend dat dit reeds buite sy bereik lê.

Deborah von Albein buig laag oor die perd se nek waarop die salpetervlekke nou kollerig begin uitslaan. Sy weet sy het gewen. Sy weet sy het die vurige dier onderwerp aan háár wil. Sy haat die woord “inbreek”. Die stuwing van sy spiere tussen haar bene maak haar onverklaarbaar opgewonde. Haar rinkelende lag klink op bo die gedawer van die voshings se hoewe. Ruiter en perd word een in hulle vaart om en om die perdekamp. Hulle spoed skeur die wind, wat weerwraak neem deur die jong meisie se hare los te ruk sodat dit vlasblond om haar gesig en skouers wolk.

Deborah se mond is na aan die hings se platgetrekte ore.

“Vinniger! Vinniger!” por sy hom aan.

Nog twee maal om die perdekamp. Die jong vrou dryf hom aan met druk van knie en dy. Die dier se breë bors hyg. Hy raak vaagweg bewus van ander stemme wat aanmoediging skreeu. Dan voel hy die ligte pluk van die stang in sy bek, en hy weet verlig sy hellevaart is vir eers oor.

Deborah bring die hings geleidelik tot stilstand. Sy spring af en streel oor die moeë, geboë nek. Sy lig sy kop op en kyk hom vas in sy bloedbelope oë. In dié oomblikke van oogkontak word ’n hegte band gesmee tussen perd en ruiter. Hy laat haar gelate toe om die teuels oor sy kop te swaai. Sy lei hom na die houtreling, waar twee ander mense wag.

April Sardyn, die stalkneg van Sorgenfrei, klouter flink deur die tralies om die nuwe perd te gaan koudlei. Heinrich von Albein kom orent waar hy langs April teen die hek geleun het. Daar is ’n onmiskenbare uitdrukking van trots op sy gesig.

Hy wag vir sy dogter wat nog met hul getroue ou perdeman staan en praat.

Daar is min jong kêrels in die hele kontrei van Graaff-Reinet wat hulle sit só op ’n perd kan sit, en dit boonop op dié vurige voshings!

Is dít dalk die rede waarom Deborah so min trek het vir die klompie vryers wat deurentyd rede soek om te kom kuier? Maar dan was sy dogter van meet af aan van ’n ander stoffasie gemaak as hulle.

Heinrich onthou nog die nag van haar geboorte soos gister. ’n Helder ster het dié nag verskiet. Van die bruin mense het dit as ’n voorteken gesien en voorspellings gemaak oor die kind se toekoms. Hy het daaroor gelag.

Heinrich het haar grootgemaak om die grond lief te hê. Sy meisiekind met die vlasblonde hare en donker Von Albein-oë het hom nie teleurgestel nie. Haar liefde vir Sorgenfrei word net deur sy eie geëwenaar.

Deborah was ’n nuuskierige, leergierige kind. Dit het almal wat met haar onderrig belas was plesier verskaf. Haar goewernantes was dit almal roerend eens dat sy verstandelik ’n buitengewoon begaafde meisie is. Heinrich het hulle opdrag gegee om haar nie net Latyn,

Frans en Duits te leer nie, maar ook algebra en meetkunde. Hy het haar self later leer boekhou, en was opnuut verras deur die kind se logika en vinnige begripsvermoë.

Deborah het beslis ’n sakebrein. Met haar vernuf sal sy nie vir een van die boere in die kontrei hoef terug te staan wanneer hy die dag nie meer daar is nie.

Heinrich het Alisha se teregwysings dat hy hulle dogter mannetjiesagtig opvoed, tog ter harte geneem. Daarom het hy sy vrou selfs gesteun in haar pogings om die soms onwillige Deborah te skool in etiketreëls en die sosiale verfyndhede wat so eie aan Alisha is.

Alisha is ’n uitmuntende pianis en het Deborah ook klavierlesse gegee, maar tot haar spyt het die kind geen trek gehad vir elegante salonmusiek nie. Die kind se lenige, jong hande wou veel eerder die drif van ’n Beethoven, uiters onvroulik volgens Alisha, verklank. Sy moes later maar kopgee en aanvaar dat Deborah nie haar musieksmaak deel nie.

Heinrich maak die hek oop vir sy dogter. Die wind en opwinding het ’n blos op haar gesig gelaat. Haar donker oë skitter van genot toe haar pa haar styf teen hom vasdruk. Sy lag.

“Vanjaar trap ek en dié vosperd almal op die skou uit! Dis darem ’n vurige dier, Pa! April dink ons moet hom met Fleur laat paar.”

“Jy’t voorwaar knap gedoen, my meisiekind!” Hy vee die weerbarstige hare weg uit haar gesig en glimlag tergend. “Ek weet nou nie of jy dit so beplan het nie, Deborah, maar jy’t my al weer omgerokkel . . .”

“Wat meen Pa?”

“Die hings is joune.”

“Pa! Bedoel Pa dit?”

Hy knik geamuseer. Haar berekende onskuld is tog so bekoorlik.

Hy is oortuig dat sy met opset die perd voor hom ingebreek het omdat sy gewéét het haar vertoning sou die deurslag gee. Hy hou egter sy gedagtes vir homself en verlustig hom in sy dogter se reaksie. Deborah slaan haar arms om sy nek en gee hom ’n klapsoen.

“Dankie, liefste Pappa! Ek gaan hom Vlam noem!”

Heinrich haak by sy dogter in. Sy is al amper so lank soos hy.

“As jy só aangaan, neem jy ál my pronkperde af!”

Sy kind se helder lag laat sy hart warm klop.

Hulle begin koers kry met die skaduryke akkerlaan langs na die opstal wat nou met sy gewels rosig gebaai in die laatmiddagson staan.

Die reusagtige akkerbome ets fyn kantpatroontjies teen die afgewitte mure wat geslagte gelede deur Heinrich se voorvader gebou is toe hy hom as pionier op Sorgenfrei kom vestig het.

Dis aan daardie versiende eerste Heinrich te danke dat Sorgenfrei, in teenstelling met so baie van die ander plase in die kontrei, selfs in die dorste tye groen bly. Hy het die bergfontein se water laat opdam in die natuurlike holte wat laer af links van die opstal lê. Daardie dam is nou, tagtig jaar later, omring deur reuse-treurwilgers, Deborah se geliefkoosde wegkruipplek.

The post Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die fortuinsoekers deur Lerina Erasmus appeared first on LitNet.

Van plek-plek na Elders

$
0
0

Voet(pad)notas oor Erns Grundling se lang stap en lekker boek

Dis 17:50 op ’n Donderdag-laatmiddag en my digitale slimfoon biep my dat ’n WhatsApp my aandag soek. Ai, wat sal ons tog hedendaags sonder dié goed doen. Ek druk die groen knoppie met die foontjie op. Dis van Erns af: “Ek sit in die stil hoekie langs die bar by die painting van Joel Stransky se famous skop en ’n reeds saliger Joost wat arms in die lug die World Cup vier.”

Nog altyd ’n man wat die besonderhede en drama in alles kan raaksien. Hy sit met ander woorde in Gino’s, Stellenbosch, langs die groot muurskildery van die welbekende Wêreldbeker-moment van 1995. Ons afspraak is daar vir sesuur en Erns is 10 minute vroeg! Kyk, ek ken hom nou al ’n paar jaar langer as ’n dekade en soos ek nog altyd onthou, moes ’n mens maar jou geduld met die knaap hê. Hy was maar nog altyd soort van plek-plek die tyd kwyt. Hier vat, daar los, soos die Namakwalanders sê. Vra maar vir die verskeidenheid redakteurs vir wie hy al werk op deadline moes lewer.

Met dié dat hy plek-plek die weg soms effe byster raak, veral met die deadline-probleem, tesame met ’n liefdesteleurstelling, ’n swart hond op sy hakke en ’n algemene gatvolgeid, het hy besluit om iets daaraan te doen. Onfiks, oorgewig, onvoorbereid en beseer besluit hy dis die perfekte tyd om die Camino Francés in Mei 2015 te gaan stap. Ses weke lank en 1 025 km ver. Van 20 tot 40 km amper elke dag. Nie sleg nie, sy toestand in ag genome. En hy het verder besluit die proses is ook ’n digitale detoks – sonder rekenaar, slimfoon, kamera of horlosie.

Erns Grundlingh (Foto: Myburgh du Plessis)

Nou gesels ek met hom en hy vertel oor hoe hy hom tot in ’n Forrest Gump ingestap het, verby die eindpunt, die legendariese katedraal by Santiago de Compostela tot by Cabo Finisterra, of wat die vroegste pelgrims genoem het die einde van die aarde. Daar waar die land ophou en so ver die oog kan sien, jy net see sien. Gelukkig kon hy betyds daar omdraai.

“Hallo Erns,” groet ek hom met ’n man-hug. “Jy’s vroeg ...”

“Soms verras ek myself,” antwoord hy, “Nou-nou begin die deadline my mis …”

Ek het nog altyd van Erns se kop gehou. Sy humorsin. En dalk het sy geaardheid om laat te wees en deadlines te mis, wel verander na die Camino ...

Ek onthou die eerste keer wat ons ontmoet het, was by Barlinka-woonstelle reg langsaan Gino’s waar ons so pas loop sit het. Ek en hy was albei beoordelaars van die Rittelfees in Vredendal se plaaslike Idols in 2004. (Moenie vra nie ...) Hoe ook al, ek moes vir Erns sesuur die oggend by sy woonstel kry. Hy was dié oggend net ’n uur en 20 minute agter skedule.

’n Paar dae later, met ons Idols-deelnemers aangewys, is ons weer deur Vredendal toe vir die groot konsert. Elke local sou saam met ’n bekende muso sing. In die bussie was Anton Goosen, Piet Botha, Seranti Rheeders en Valiant Swart. Iewers langs die Weskuspad besluit die natuur dis tyd vir ’n noodstop. Die manne staan in ’n streep tussen die bossies langs die draad. Sonder enige onaanvaarbare blootstelling neem Erns ’n foto. Anton is baie prominent die heel naaste aan die kamera. Wydsbeen geplant.

“Ek gaan die foto op LitNet sit (Erns was toe SêNet-webmeester). As ’n kompetisie. Die beste onderskrif wen. Ek sal die vloer open met een,” grinnik Erns.

“En dit is?” wou ek weet.

“Daar’s ’n pis innie bos,/ maak hom los tokkelos ...”

Nou ja, die eerste bier is voor ons neergesit en ons het onsself los gepraat oor eertyd se dinge.

“Baie geluk met Elders, Erns. Dis ’n baie goeie boek. En ’n baie brawe, eerlike boek. Jy kruip nêrens weg met daai boek nie. Dis soos nou die aand. Ek het vir Zolani Mahola in ’n konsert hoor sing. Daar’s ’n hele band agter haar, maar een hele song sing sy sonder ’n noot begeleiding. Niks om agter weg te kruip nie. Nes sy, moet jy glo in wie jy is en wat jy doen as jy so oop en bloot wil staan. Hoe het mense na aan jou, soos jou ma-hulle, gereageer oor die blootstellinge waaroor jy in die boek skryf, of het hulle nie?”

“Ek is self nogal verbaas dat ek sover so min ‘flack’ kry van mense wat ek dalk verras, verbaas of skok. (Hy lag.) Miskien het ek hulle nie regtig geskok nie! Maar soos daai deel in die boek van die daggapitte – wat ek my ma laat glo het is saadjies vir my Zen-tuin – het ek geskryf nes ek dit onthou het. Dalk was sy nie so naïef soos wat ek moontlik gedink het nie. En ek het nog nie met haar daaroor gepraat nie. Die boek is vir hulle ’n groot verrassing. My pa het hom nou al van hoek tot kant deurgelees en ons het lekker daaroor gechat. Ek was verras dat daar nie iets was wat hom ontstel het nie. Ek het baie respek vir hom, want dis nogal erg as jou seun so ’n boek skryf, so bietjie close to the bone, en jy is dan basies ’n karakter daarin. Ek is baie bevoorreg dat ek met albei my ouers ’n hegte band het. Daar is blinde kolle, geraamtes en kak, maar nou ja, ons is mense. Yvonne Beyers, wat destyds joernalistiek saam met my geswot het, het van die begin af saam gelees. En aanhou aanmoedig: ‘Hou aan, jy is op die regte pad.’ Ek het geweet die Camino is die regte pad, Elders was die moeilike pad ...”

Erns met ’n kat in Rabanal del Camino

In dié stadium is ons biere op en die kelner wil weet of ons nog ’n koue gaan vat.

“Ja, wat, ek pas net my nuwe mantra toe,” reken Erns.

“Herinner my?” por ek.

“Walk it off ...”

Dié mantra het gekom na 17 dae op ’n dag wat Erns 23 km moes stap, maar toe dikneus verkoue was. So erg dat hy gedink het hy moet nou professionele raad kry. Waar hy kan. Al wie hy op daai oomblik kon vra, was Mike, die opsigter (’n Amerikaner van Michigan) van die vorige nag se herberg en ’n ou gesoute Camino-stapper. Erns wou weet of hy in die bed moet bly, ’n dag moet rus, dalk net ’n kort entjie stap. “Wat is die beste raad vir so ’n verkoue?” vra hy desperaat vir Mike. Lakoniese Mike gee Erns net een kyk oor sy mop en antwoord droog: “Walk it off.”

Van daar het dit Erns se leuse geword. Soos met die aankoms by die Cruz de Ferro, naas die Santiago de Compostela, die bekendste baken op die Camino – ’n nederige houtpaal met ’n ysterkruis bo-op. Die tradisie is dat pelgrims iets persoonlik daar los. Foto’s, briefies, selfs kledingstukke. By sy aankoms het Erns ’n lint met Suid-Afrikaanse vlaggies gevat en dit om ’n klip gedraai. Maar nie voor hy daarop geskryf het nie: “Walk it off.”

Erns en sy Duitse vriend Sebastian (Foto: Timna Kirshenbaum)

“Erns, jy is al lankal ’n Weg-joernalis en dus ’n reisskrywer. Nou het jy hierdie boek geskryf. Wat dink jy is die belangrikste – die behoefte om te reis en daaroor te skryf of die soeke na die self in die reis?”

Erns antwoord dadelik: “Die lewe is daar om gelewe te word. In die boek skryf ek oor oom David, my eerste sielkundige, wat my baie, baie geleer het, maar bowenal ’n gedagte van Goethe: ‘The point of life is life.’ Net dit. Jy kan jou kop breek oor wat met jou gebeur het, wat met jou aan die gebeur is of wat dalk met jou gaan gebeur, maar die Camino het my laat besef dat mens nie noodwendig moet dink aan die een kant of die ander nie, maar eerder albei.”

“So reisskryf en die soeke na die self is dieselfde?” daag ek.

“Dis alles die lewe. Dis die punt. Soos oom David gesê het: ‘Without it you’re missing the point.’”

Tevrede met sy antwoord lê Erns verder weg aan die hoederlewers en cauli-pizza wat ons bestel het. Op die Camino was ernstige Banting uit soos kan kom, maar terug by die huis gaan Erns sorg dat hy nooit weer 92 km weeg nie.

Ek kou klaar en skiet hom ’n volgende vraag: “Jy was op ’n digitale detoks. Sonder selfoon, rekenaar of kamera. En jy het aanvanklik gesê jy is nie op die Camino om te skryf nie, maar om jouself skoon te stap. Tog het jy na die tyd besluit jy het wel ’n storie om te vertel. En soos die goeie reisskrywer wat jy is, het jy die storie weergegee met ongelooflike besonderhede. Plekke, mense, afstande, geregte en vistas voluit beskryf. Hoe?”

“Ek het op g’n stadium gevoel ek móét blog nie. Ek het hierdie Moleskine-boekies saam gehad en partykeer, na ek lekker moer toe gestap was, na my siësta (wat een van die mees beskaafde aktiwiteite in die lewe is), dan het ek so eenkant gaan sit en sommer net geskryf oor die belewenis. Bloot om dit weer te belewe. Op ’n punt het ek ’n nota vir myself gemaak dat wat ek ook al sit en skribbel nie publiseerbaar is nie. In ‘Famous blue raincoat’ sing Leonard Cohen: ‘You’re living for nothing now/ I hope you’re keeping some kind of record.’ Ek hou van die idee van ‘some kind of record’. Ek het darem nie vir niks geleef nie. Ek het geleef vir stap, stap, stap. Walk it off ...

“Ek weet nie, miskien het ek met ‘some kind of record’ aan ’n Weg-artikel of -rubriek gedink. Dalk ’n gedig of vir die eerste keer in tien jaar weer ’n song. Beslis nog nie ’n boek nie. Later het ek tog besef ek het ’n storie om te vertel. Ek het aanvanklik gesukkel met die formaat van die boek. Ek wou dit nie skryf soos ’n gidsboek of een van Weg se praktiese, brood-en-botter-artikels nie, maar ook nou nie soos ’n esoteriese, selfhelp- en lewensmotiveringsboek nie. Daar was nie ’n Damaskus-ervaring skielik een aand nie ...”

Erns en Camino-vriende (Foto: Robert Purkarthofer)

Soos Erns gesels oor sy dubbelreis – een van 1 025 km en die ander van 80 000 woorde – besef ek dat wat inderwaarheid met hom gebeur het, is transformasie. Hier is ’n man wat van voor ’n reis tot ná ’n reis en van voor sy debuutboek tot daarna getransformeer het. Terug na homself toe. En hy hou van wat hy gekry het. ’n Ou angs, onsekerheid en onrustigheid het plek gemaak vir ’n rustigheid, aanvaarding en bewustheid van die tyd en plek van alles. Hy is baie Zen sonder om Zen te wees.

Die groot ding is, almal kan nie ses weke se tyd en geld bekostig om die Camino te gaan stap om daarby uit te kom nie, maar baie van die ervaring en gewaarwordinge kan mens kry deur Elders te lees.

Erns is lief vir aanhalings – van slim sêgoed tot gedigte en sielvolle songs se lirieke van groot waarseggers. Hy het dit nog altyd gebruik. Baie skrywers, veral reisskrywers, doen dit. Wat ek wel agtergekom het, is dat hy aan die begin van sy stap sulke aanhalings gesien het as iets wat iemand anders gesê het en dat dit weldeurdag en slim is, maar dat hy dan later dit wat hom as woorde beïndruk het, ’n werklikheid en deel van sy lewe gemaak het. Aan die begin van die Camino (en dus vroeg in die boek) by ’n herberg in Beilari lees hy byvoorbeeld ’n aanhaling van Boeddha: “There is no way to happiness. Happiness is the way.” Dit is baie toepaslik en het groot indruk op hom gemaak. Na aan die einde van die boek verwys hy weer na daardie woorde en die leser besef die woorde is nie meer voor sy oë nie, die happiness is in sy hart.

Op pad na Finisterre (Foto: Timna Kirshenbaum)

So kom ons biere, pizza en gesprek heel te gou aan ’n einde. Erns weier dat ek huis toe Uber en in ruil vir die saamrygeleentheid bied ek aan om vir hom twee reisboeke (Peter Moore se Wrong way home en Paul Theroux se Dead hand) wat in die gesprek ter sprake gekom het, en wat ek aan huis het, te leen.

Hy stop in die oprit en saam stap ons huis se kant toe. Ek kry gou die twee boeke en terwyl ons ’n loopdop drink, hoor ons ’n slag buite en glas wat spat. Ons hardloop uit, net betyds om te sien sy Jimny se agterruit lê versplinter op die grond. Erns se werksak met sy laptop, hardeskyf, notaboeke en sy eie eksemplaar van Elders is weg.

Ek voel of ek gaan ontplof van kwaadheid. Ek voel diep ontsteld en verantwoordelik. Dis immers in my oprit en ek het die hek oop gelos. Ek kan slange vang. Ek loop op en af terwyl ons vir die polisie wag. Ek mor. Bal my vuiste. Vloek. Op ’n punt gaan staan ek weer voor Erns en braak gal oor die grypdief en die penarie waarin hy nou is. Briesend ... Erns sit sy hand op my skouer en kyk my vierkant in die oë. Met so ’n skewe glimlag.

“Walk it off ...”

Ek glo dis tyd vir ’n vliegkaartjie Spanje toe.

The post Van plek-plek na Elders appeared first on LitNet.

Katinka Heyns: ’n onderhoud

$
0
0

Katinka Heyns (foto: Antonia Steyn)

Die bekroonde kunstenaar Katinka Heyns vier vanjaar haar 70ste verjaardag (gebore 20 September 1947). Sy is bekend in radio-, televisie-, film- en teaterkringe – as aktrise, regisseur en vervaardiger.

Haar nalatenskap, wat oor 40 jaar strek, is reusagtig. Sy het haar debuut as rolprent-aktrise in 1968 in Jans Rautenbach se rolprent Katrina gemaak, waarna Jannie Totsiens (1970), Pappalap (1971), Die sersant en die Tiger Moth (1974), Eendag op ’n reëndag (1975) en die gewilde TV-reeks Willem (saam met Tobie Cronjé) gevolg het.

Daarna het sy baanbrekerswerk as regisseur en vervaardiger gedoen. Sy was die vervaardiger van The Angel, The Bicycle and the Chinaman’s Finger (1991) en regisseur van Fiela se kind (1988), Die storie van Klara Viljee (1992), Paljas (1998), Die wonderwerker (2012) en nou weer die vervaardiger van Die rebellie van Lafras Verwey. Paljas was die eerste Suid-Afrikaanse rolprent in die geskiedenis wat benoem is vir ’n Oscar-toekenning in die afdeling beste buitelandse rolprent.

Katinka, wat haar BA-graad in drama aan die Universiteit van Pretoria verwerf het en deur dié instelling met verskeie toekennings vereer is, soos ’n Laureaat-toekenning, Alumni-toekenning en ’n eredoktorsgraad (DPhil), se werk is al op diverse akademiese terreine ondersoek, met inbegrip van rolprent- en mediastudies, literatuur- en politieke teorie. Haar werk is al bestudeer met betrekking tot vorm, inhoud, vervaardiging, ontvangs en as sosio-politieke kommentaar. Haar werk word beskou as voorbeelde van die ontwikkeling van ’n inheemse rolprentkuns met inheemse temas as middelpunt – ’n baanbreker-tendens in Suid-Afrikaanse rolprentstudies. Dit is die produk van die postperiode van die Nuwe Afrika-rolprentbeweging, wat impliseer dat haar werk toonaangewend is op kinematografiese, sowel as akademiese gebied.

Toekennings

Sy is al met verskeie toekennings bekroon, waaronder die internasionale Crystal-toekenning vir Vroue in Rolprente, tien M-Net Vita-toekennings, die Rapport City Press Vrou van die Jaar-toekenning, die Ere-Kanseliersmedalje van die Tshwane Universiteit van Tegnologie, ’n FAK-erepenning en ’n Safta-prys vir lewenslange bydrae tot die bedryf. Sy is ook die eerste vrou wat in die Nasionale Rolprent- en Televisiestigting se Hall of Fame opgeneem is en deur die Departement van Kuns en Kultuur as raadslid van die Nasionale Rolprent- en Videostigting aangestel is.

Katinka onderskei haarself in ’n wêreld waar mans meestal die septer swaai.

Het jy ’n ánder benadering?

Elkeen ervaar en vertolk die gegewe op sy eie unieke manier. In my geval is die draaiboek van ’n menigte films deur my man, Chris Barnard, geskryf. Die stories was karaktergedrewe. Die oë waardeur jy kyk, het te make met jou eie persoonlike bloudruk. Dit is as regisseur. As vervaardiger is die reëls anders. Die "draaiboek" bestaan uit streng praktiese reëls wat deur begrotings en skedules bepaal word en effektiwiteit is die wagwoord. Linkerbrein. So ja, mens kan sê as vervaardiger is die benadering meer prakties en “manlik” en as regisseur meer kreatief en “vroulik”. Meer mans bevind hulle in die bedryf as vervaardigers. Dit was mans wat my in staat gestel het om te fokus op die “sagter”, meer delikate aspekte van storievertel.

Ons draai die horlosie terug en herroep van die blywendste indrukke uit haar kinderjare wat haar geslyp het tot die mens wat sy vandag is.

Ek het op Kempton Park skoolgegaan, waar my ma, Katie, ’n onderwyseres was. (Vlug en flink, werk en dink: Kempton Park Junior Skool!) Daarna was ek by die Laerskool Chloorkop. Al wat ek onthou, is pouses – waarin ons konsert gehou het tussen twee reuse-bloekombome. Hoogtepunte was my ma se stories uit die Kinderensiklopedie en my pa, Wilhelm, se geïmproviseerde slapenstydstories. Hy was ’n skeikundige, ’n sportman, Tuks-rugby, Noord-Transvaal-rugby, tenniskampioen en krieketkampioen in die Kaap, voor hy by die SA Vloot aangesluit het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy was ’n kinderliefhebber en kon met ons toor. Gelukkig het ek en hy naweke saam teen my ma en my ouer broer, Wilhelm, tennis gespeel – én ons het altoos gewen!

Naweke en vakansies het ek op Balfour deurgebring saam met my ouma Katie en oupa Frans du Toit. Ek en my maatjie, Kandas, het saam-saam grootgeword en sy het later my kinders help grootmaak.

Hoe oud was jy toe jy besef het jy wil deel van die vermaakbedryf wees – en wat het tot daardie bewuswording aandag gegee?

Ek en my broer het elke Vrydagaand in die klubhuis bioskoop gaan kyk, vandat ek sewe jaar oud was. Ek het my geweldig ingeleef en my verbeel ek is Lesley Caron (Gigi) of Elizabeth Taylor (Black Beauty). Om nie te praat van Jane nie. En Tarzan en Zorro. Dis miskien waar die verskuiwing van die werklikheid na die illusie, met ’n wit doek tussenin en ’n projektor wat dril, deel geword het van my lewe op ’n vroeë ouderdom. Ek was ’n eenkantkind en ’n dromer. Ek wóú nie deel van die vermaaklikheidsbedryf wórd nie; ek wás deel. Ook opvoerings met Al Debbo, Elsa Fouché en sulke mense. Dit was vir my wonderlik om ’n saal vol mense te sien saam lag. Wonderlik!

Die beginjare

Katinka het in 1965 drama aan die Universiteit van Pretoria studeer en haar debuut in 1969 as rolprentaktrise gemaak. Sy het egter eers vir Kruik en daarna vir Truk gespeel in stukke wat gewissel het van Jochem van Bruggen se Ampie, Pase van Strindberg en Die koopman van Venesië van Shakespeare tot Tsjechof se Drie susters.

Wat was jou drome, ideale, vrese en versugtings toe?

Ek is as twaalfjarige na die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria toe. Dit het ’n deurslaggewende rol in my lewe gespeel en teen die tyd dat ek Tuks toe is, het ek bietjie meer selfvertroue gehad, hoewel ek steeds skaam en teruggetrokke was. My nuuskierigheid het my deurgedra. Ek het in 1968 begin toneelspeel en ná die rol van Lika in Die arme Marat teenoor Cobus Rossouw, die rol van Lida in Katrina gespeel vir Jans Rautenbach. My jare as aktrise op die verhoog was fantasties. My rol as rolprentaktrise was minder bevredigend. Ek het gehou van die dissipline van die teater en die organiese proses. As rolprentaktrise is jy uitgelewer aan die regisseur se mag. My enigste vrees was dalk dat ek nie mooi genoeg is om op so ’n groot skerm gesien te word nie. Ek het veiliger gevoel op ’n verhoog. Dit was meer intiem. Maar toe ek deur ’n kamera se lens begin kyk op die stel van Pappalap, het die gogga my gebyt. Ek het op hoërskool lekker gespeel met my oom Pieter se Super 8-kamera en dit was ’n voortsetting daarvan. My drome, ideale en versugtinge het maar altyd te doen gehad met stories.

Heyns en Roets

Katinka en die bekroonde kameraman en rolprentmaker Koos Roets het mekaar in 1969 ontmoet tydens die verfilming van Jans Rautenbach se grensverskuiwende rolprent Jannie Totsiens. Hy het haar mentor agter die skerm geword ten opsigte van kamerawerk en beligting. Hulle trou in 1971; hul seun Reghard word twee jaar later gebore; sy speel in die fliek Eendag op ’n reëndag, waarna sy en Koos en Sonneblomfilms in 1975 stig. Hulle het ook briljante werk met die koms van televisie gelewer.

Katinka het haar aanvanklik op oorklanking en dokumentêre programme toegespits, waarna films en televisieprogramme gevolg het. En toe, meteens, het sy ook in ons voorkamers kom kuier as die naïewe, verstrooide Pennie in die reeks Willem. Tobie Cronjé was te sien in die titelrol. Katinka en Tobie het oornag die land se lieflinge geword.

Sy besluit egter om so ’n bietjie uit die kollig te tree en oorklanking vir die SAUK vanaf haar huis te doen sodat sy meer tyd saam met Reghard kon deurbring. Katinka en Koos se huwelik verbrokkel en sy en die skrywer Chris Barnard trou in 1978. Die professionele verhouding tussen al drie is egter nooit verbreek nie. Hul laaste samewerking was in 2012 met die rolprent Die wonderwerker. Katinka was die regisseur, Chris die draaiboekskrywer en Koos Roets die beligtingskameraman.

Hoe was dit moontlik dat julle ná ’n egskeiding jul werksverhouding kon voortsit – en vriende kon bly?

Koos was as kameraman baie uitstedig en kon byvoorbeeld nie eers by die huis wees na Reghard se geboorte nie. Hoewel hy ’n “afwesige pa” was, kon Reghard nie ’n beter pa gevra het nie. Ek het byvoorbeeld nou nie eintlik sy passie vir motorsport gedeel nie, maar danksy Koos was Reghard in ’n stadium ’n Suid-Afrikaanse kampioenrenjaer.

Koos is ’n passievolle, fantastiese mens. As ons getroud gebly het, was die lewenskreatiwiteit op stel dalk afgestomp. 

Anders as Koos, het Chris, daarenteen, op een plek stilgesit en van die huis en later van ons ateljees af gewerk. Ironies genoeg was dit Koos wat vir Chris betrek het om die kommentaarteks van ons eerste dokumentêre program, Ken jy die see, meneer? te skryf! Chris het Koos respekteer en besef dat hy my aanvul op stel. My en Chris se liefde vir die letterkunde was soos olie en vuur.

In LitNet se onderhoud met Koos Roets, onlangs, het hy vertel: “Ek en Katinka het besef dat ons goeie vriende is, maar nie ’n goeie egpaar nie! Om ’n waardevolle vriendskap te behou, het ons besluit om elkeen sy eie pad te gaan. Respek vir mekaar se ruimte en talent het die deurslag gegee. Ons werksverhouding is hoegenaamd nie negatief beïnvloed nie en ons is tot vandag steeds baie goeie vriende. En ek en Chris was ook goeie vriende!”

Heyns en Barnard

Uit Katinka en Chris se verbintenis het wonderlike projekte gevloei. Chris het telkens gesorg vir die uitmuntende draaiboeke, terwyl Katinka as regisseur gesorg het dat die storie op papier, op die silwerdoek of op die televisiestel lewe kry. Hulle het saam hul voorliefde vir die letterkunde uitgeleef deur dokumentêre programme oor skrywers soos Louis Leipoldt, DJ Opperman, NP Van Wyk Louw, Marthinus Versveld en Jan Rabie te vervaardig.

Na vele TV-dramareekse verwesenlik Katinka haar droom om ’n rolprent vir die wye doek te maak – met ’n vrou as hoofkarakter. Hoewel Dalene Matthee die roman geskryf het, het Chris die draaiboek van Fiela se kind geskryf. Daarna het talle bekroonde rolprente gevolg.

Chris is onverwags in 2015 oorlede.

Hoe beskou jy Chris se nalatenskap as ’n skrywer?

Ek was reeds op universiteit al betower deur Bekende onrus en veral Dwaal. Sy nalatenskap is formidabel. Hy was boekuitgewer, joernalis en as skrywer natuurlik een van die befaamde Sestigers wat die grense van die letterkunde dramaties verskuif het.

Chris was uiters hardwerkend en het met soveel integriteit gewerk. Hy was pretensieloos. Dit was half misterieus hoe hy elemente soos sy liefde vir die natuur kon integreer met ’n soort Afrika-sensualiteit wat subtiel deur sy werk gevleg is. Een van ons vooraanstaande vroulike skrywers het gesê Chris was die mees erotiese skrywer in Afrikaans. Hy het diep gaan delf in sy onderbewuste en uit sy derms uit geskryf. Mens hoef net te kyk na sy oeuvre as skrywer van kortverhale en romans, verhoogdramas, radiohoorspele, jeugverhale, rubrieke en selfs lirieke. As draaiboekskrywer het hy enkeldramas, dramareekse en dokumentêre programme vir televisie geskryf. Sy draaiboeke vir die wye doek was sonder uitsondering baie suksesvol. Sy hoorspel Die rebellie van Lafras Verwey, wat in 1970 met die SAUK/BRT-prys vir hoorspele bekroon is, is as ’n verhoogdrama verwerk en nou is dit ’n rolprent.

Chris se werk is herhaaldelik bekroon en hy ontvang die Hertzogprys by twee geleenthede: in 1973 vir Mahala en Duiwel-in-die-bos en in 1991 vir al sy dramas. Ons is saam vereer deur die Akademie vir ons dokumentêre programme asook Fiela se kind en Paljas. Chris se mees onlangse toekennings was ’n Safta vir Die wonderwerker en ’n Fiësta vir sy bydrae as dramaturg.

Hóé hy soveel uiteenlopende karakters kon skep oor die jare, gaan my verstand te bowe. Dit was ’n voorreg om saam met hom te werk en hy het nooit ingemeng nie. Hy het my baie gehelp om objektief te kyk na my werk en met ’n koel kop en ’n warm hart te sny waar nodig. Ons kon saam lag en saam huil. Of soos hy sou sê: “Nou wil die verdrietigheid my oorval.”

Sal jy weer (kan/wil) trou?

Ongetwyfeld nie. Ek was en ek is só geseënd!

Die rebellie van Lafras Verwey

Die jongste toevoeging tot Katinka se repertoire is die rolprent Die rebellie van Lafras Verwey – wat reeds deur resensente as ’n “grootse rolprent-ervaring” bestempel word. Katinka is die vervaardiger. Dit is gegrond op die 1971-hoorspel wat Chris en hul seun, Simon (35), in 2014 ’n eietydse draaiboek verwerk het. Simon maak sy debuut as regisseur. Katinka en Simon het kort ná Chris se dood in 2015 aan die rolprent begin werk.

Katinka en Simon (foto: Lien Botha, met vergunning van LiG)

Simon het in die vermaakbedryf grootgeword. Hy is 1982 gebore en het ’n BA-graad in visuele-kommunikasie-ontwerp, wat hy aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het.

Sy eerste rol in ’n fliek was as die jong Benjamin Komoetie in Fiela se kind. Buiten die regie en vervaardiging van ’n dokumentêr oor sy pa vir kykNET en musiekvideo’s vir Die Heuwels Fantasties, is hy ook die skepper van 60 programme (2008 tot 2013), in samewerking met kykNET en Medihelp, oor geestesgesondheid (’n Lewe met ... / Living with ...) saam met die psigiater dr Franco Colin. Die doel van die programme was om mense en hul geliefdes te help deur mites en wanpersepsies oor sekere toestande bloot te lê en reg te stel.

Simon se eerste professionele kennismaking met ’n drama was op die stel van Die wonderwerker, met sy pa as skrywer en ma as regisseur, waar hy fotografie, redigering en regie van materiaal agter die skerms behartig het. Simon is tans mededirekteur van Sonneblom Ateljees.

Die rebellie van Lafras Verwey is ’n tragikomedie wat die verhaal vertel van Lafras Verwey (Tobie Cronjé), ’n aardsverlore siel wat nooit die werklikheid rondom hom kon aanvaar nie. Hy werk in die staatsdiens, maar hoor ander musiek in sy ore en droom drome oor ’n wonderlike toekoms. Hy sien homself as ’n sleutelfiguur in die voorbereiding van ’n groot rebellie wat die gesig van die wêreld sal verander. Wanneer hy Petra (Chantell Phillipus), ’n jong swanger vrou, onderdak neem, kry die rebellie vir hom nog groter betekenis. Ironies genoeg begin sy gedroomde revolusie juis die nag wat die baba gebore word. Komedie, drama en elemente van fantasie word verweef in ’n aangrypende storie van ’n man wat kans sien om die onmoontlike aan te durf om sy droom van ’n beter wêreld vir almal te verwesenlik.

Wat was die grootste uitdagings wat julle moes oorbrug om dié rolprent te vervaardig?

Die grootste uitdagings was om in ’n stad te skiet, met ’n tydsbeperking. (Al my flieks is in die platteland geskiet, wat die praktiese elemente vergemaklik het.) Die skietdag was korter as gevolg van verkeer en die span het nog nooit tevore saamgewerk nie. Dit neem tyd om ’n soort soepelheid op stel te skep. Dit was ook nie ’n voor die hand liggende kommersiële onderwerp waarmee ons besig was nie. Daar was heelwat x-faktore.

Het daardie samewerking gehelp in die hantering van jul verlies en dalk ook om ter ere aan Chris ’n sonderlinge gehalteproduk te skep?

Ek sou sê dit het in ’n sin gehelp, maar ons was albei so geskok en gedisoriënteerd. Hy en Simon het baie nouer met die teks gewerk en ek was meer objektief oor die produk. My ervaring het hier ook seker gehelp om Simon te ondersteun. Tog was dit vir my soms of Chris by ons is en in ons ore fluister. Ons wou in elk geval ’n gehalteproduk skep en die uitdaging was om veral die integriteit van Chris se karakter Lafras te behou.

Ouers het mos maar altyd verwagtinge van hul kinders. Het julle vir Simon ’n loopbaan in die vermaakbedryf verwag en/of voorsien?

Ons het geweet hy is baie kreatief en ek het vroeg al gedink hy sal ’n goeie dokumentêre regisseur wees. Ons het hom nie spesifiek aangemoedig nie, omdat die bedryf wispelturig is, behalwe as jy kans sien vir sepies. Hy het ’n goeie oog en het interdissiplinêre studies op Stellenbosch studeer. Hy is baie gelukkig dat hy die kans gekry het om Lafras te maak, maar hy het ook baie ervaring van dokumentêre programme opgedoen met die reekse ’n Lewe met ... vir kykNET.

Het jy Simon baie leiding gegee en hoe beoordeel jy sy werksetiek en regie?

Soos Chris van die kantlyn af ’n rol gespeel het, het ek van die kantlyn af insette gelewer. Simon is ’n perfeksionis en het ’n groter verwysingsveld as ek met betrekking tot rolprente oor die algemeen. Hy is openlik oor dít wat hy anders kón doen, maar hy het getrou gebly aan sy visie sonder om halsstarrig te wees.

Simon Barnard (foto: Lien Botha, met vergunning van LiG)

Jy en Tobie Cronjé het in 1976 saam aan Willem gewerk. En nou werk julle weer saam – maar in ’n ander genre.

Ek en Tobie hoor dieselfde musiek in ons ore. Of dit nou ’n wals of ’n tango of tiekiedraai is, ons dans lekker saam. Ons lag vir dieselfde goed en ek respekteer sy deernis vir mense. Dié keer was ons natuurlik ouer, maar die vuur is nog glad nie geblus nie. Dit duur voort.

Die rolprentmusiek

Die uitdaging ten opsigte van die musiek is dat Lafras denkbeeldige musiek in sy kop hoor wanneer hy hom in ’n wêreld van sy eie bevind. Die Russiese komponis Prokofiev se Die Luitenant Kijé-suite was die inspirasie. Chris het met oorfone gesit en daarna geluister terwyl hy geskryf het. Prokofiev het glo in 1932 ’n uitnodiging van die Russiese filmregisseur Alexander Feinzimmer ontvang om musiek te komponeer vir ’n film gebaseer op Yuri Tynyanov se vreemde en komiese verhaal getiteld Lieutenant Kijé. Hy kon sy opgewondenheid skaars bedwing. Die storie het te make met dié soldaat wat foutiewelik deur tsaar Paul 1 (heerser vanaf 1796 tot 1801) aangesien is as ’n held. In werklikheid is sy naam deur ’n inkklad vernietig in ’n stel amptelike rekords en ’n denkbeeldige naam is geskep: dié van luitenant Kijé. Niemand kon die fout teenoor die Tsaar erken nie en die gevolg was dat ’n hele fiktiewe lewensverhaal geskep is om die situasie te red.

Die musiek is in 1934 geskryf. Die gedeelte wat in Die rebellie van Lafras Verwey gebruik word, is Kijé se geboorte en is aanvanklik uitgevoer deur die Montreal-simfonie-orkes onder leiding van Charles Dutoit.

Omdat die musiek so ’n kardinale rol in die verhaal speel, was dit ’n geweldige uitdaging om die ondersteunende filmmusiek te versmelt sonder om die illusie te versteur van wat in Lafras se kop aangaan. Ons het die bekroonde pianis, komponis en verwerker Janine Neethling gekry om die musiek te verwerk, aanvullende stukke te komponeer en te regisseer. Sy moes temas binne-in temas ontrafel wat moes resoneer met die Kijé Suite, sonder om die geloofwaardigheid van die storie aan te tas. Janine het met sensitiwiteit, verbeelding en integriteit met die musiek omgegaan.

Is jy tevrede met die eindresultaat van die rolprent?

Ja, ek is tevrede met die eindresultaat. In die eerste plek wentel die storie om die karakter van Lafras. Hy is manjifiek en subtiel gespeel deur Tobie Cronjé en baie goed ondersteun deur sy medespelers. Die musiek speel ’n belangrike rol en mens sou maklik oorboord kon gegaan het. Dit is nie die geval nie. Die inkleding en kunsontwerp deur Franz Lewis is uitmuntend en subtiel. Dis altyd goed as al die elemente op ’n geïntegreerde manier saampraat om die storie en die visie van die regisseur te dien. Dit is hier die geval.

Die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf het sedert jou debuut in 1968 reuseveranderinge ondergaan. Wat is vir jou die ingrypendste vordering en/of agteruitgang?

Die ingrypendste vordering is dat Afrikaanse rolprente ’n bloeitydperk beleef het danksy kykNET/MNet en dat ’n nuwe geslag fliek toe gaan. Die jonges doen ervaring op met TV-dramas en sterre word gekweek – wat die aandag trek. Die uitdaging is om teen vervlakking te waak. Daar is ’n besliste onderskeid tussen dramas vir TV en dramas vir die wye doek en dit word nie altyd toegepas nie.

Hoe vergelyk die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf met sy oorsese eweknieë?

Ons kan nie meeding met aksie- of historiese dramas nie, maar wanneer dit kom by intieme menslike stories, het ons ’n kans. Daar lê nog ’n lang pad voor.

Wat is die bedryf se ergste tekortkominge?

Befondsing en goeie draaiboekskrywers.

Hoe beloer jy die toekoms van die Suid-Afrikaanse en, veral, die Afrikaanse rolprent?

Die algemene tendens is om via TV ’n publiek te bereik. Teaterbywoning neem af as gevolg van die tegnologie. Mense is net eenvoudig nie meer lus om uit te gaan nie, veral in die winter. Die Engelse Suid-Afrikaanse fliek het ’n groter uitdaging omdat dit met buitelandse eweknieë vergelyk word. Ons moet duimvashou dat die Departement Handel en Nywerheid betrokke bly – anders is ons in die moeilikheid.

Jy is ’n veelsydige aktrise, regisseur en vervaardiger. Wat verg dié dissiplines en wat is die uitdagings van dié onderskeie ambagte?

As aktrise moes ek fokus op my karakter en waar dit in die groter prentjie inpas en die visie van die regisseur dien. As regisseur fokus ek op die kreatiewe eindproduk en as vervaardiger op die haalbaarheid van die begroting. Die intensie bly dieselfde: om ’n storie van gehalte te vertel deur die talente van die beste mense saam te snoer, of dit nou spelers of tegnici is.

Wat is die waarde van erkenning en toekennings?

Ek sal jok as ek sê dit laat my nie goed voel nie. Dit hang ook maar af van waar die toekenning kom. Akademiepryse was nog altyd van waarde en die eredoktorsgraad van Tuks was ’n verrassing.

Hoe aanvaar, hanteer en verwerk jy kritiek?

Ek dink daaroor en laat dit gaan.

Dit is 40 jaar later sedert jou debuut. Wie is Katinka, die mens nou?

Ek is seker dieselfde mens? Wel, min of meer. Minder teruggetrokke en selfbewus en hopelik meer gerig op ander mense en húlle talente. Mens verander as jy ’n ma word. My kinders is vandag vir my belangriker as enige projek wat ek professioneel mag aanpak.

En as jy bestekopname doen, is jy verbaas en/of tevrede met hoe die lewe jou op persoonlike en professionele vlak behandel (het)?

My beroep en persoonlike lewe was maar altyd inmekaar gevleg. Dit was slegs met my swangerskappe dat ek kon asem skep. Ek is dankbaar vir die beroepsgeleenthede wat ek gehad het en die fantastiese ondersteuning van soveel mense daar buite. Ek is ook dankbaar dat die branders wat my en my familie soms onverhoeds betrap het, ons sterker leer swem het. Die lewe het my tot dusver goed behandel.

Ons talm by Katinka agter die skerms.

Waar woon jy deesdae en hoe verwyl jy jou verpoostyd daar?

Die huis waarin ek op Onrus woon se naam is Hier en Daar. Hier geniet ek die rustigheid saam met my honde: Willempie, die Duitse pointer, Stella, Chris se rifrug, en die twee corgi’s, Tiekie en Tango. Ek doen waarvan ek hou: swem, stap met my honde, geniet my klein groepie vriendinne en geniet Maria Elisabet se Vonkel van Hermanuspietersfontein – as ek gelukkig is.

Wat maak jou ontsettend gelukkig – en wat jou maak tog ook hartseer?

Dit maak my ontsettend gelukkig as dit met my kinders goed gaan en hartseer as dit nie so goed gaan nie.

Wat wink nog vir jou loopbaangewys op die horison? Aftrede, ooit?

Mits my gesondheid dit hou, nie aftrede nie. Ek praat nooit oor projekte in die broeikas nie.

Wat is jou drome, wense en versugtinge as mens?

Om gesond te wees, nog ’n paar stories te vertel en dankbaar te bly.

Wat is jou lewensfilosofie?

Vertrou die proses.


 

Die rolprent Die Rebellie van Lafras Verwey is ’n aanbieding deur Katinka Heyns en Genevieve Hofmeyr.

Met Tobie Cronjé, Chantell Phillipus, Neels van Jaarsveld, Albert Pretorius en Cobus Visser.

Kinematograaf: Willie Nel
Produksieontwerp: Franz Lewis
Redigeerders: Avril Beukes en Marcelle Mouton
Kostuumontwerp: Reza Levy
Musiek: Janine Neethling

Die rolprent draai vanaf 7 April landwyd en word deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

Teaterlys

Ster Kinekor

Northcape (Kimberley)
Baywest (PE)
Tygervalley
Somerset Mall
Eikestad
V & A Waterfront Nouveau
Garden Route Mall (George)
Mimosa Mall (Bloemfontein)
Gateway Commercial (Durban)
Mall of the North (Polokwane)
Cradlestone
Mooi Rivier (Potchefstroom)
Matlosana Mall (Klerksdorp)
Centurion
Brooklyn
Kolonnade (Pta)
The Grove (Pta)
Rosebank Nouveau
Cresta (Jhb)
Vaal Mall (Vereeniging)
Carnival City
East Rand Mall

Nu-Metro

Canal Walk (Cape Town)
Clearwater (Jhb)
Key West (Krugersdorp)
Loch Logan (Bloemfontein)
Menlynpark
Parkview (Woodlands, Pta)
Welkom

Onafhanklike teaters

Epic Mall@ Reds (Rooihuiskraal, Pta)
Epic Northridge (Bloemfontein)
Movies@Emnotweni (Nelspruit)

The post Katinka Heyns: ’n onderhoud appeared first on LitNet.

Koeëlreën deur Wollie Wolmarans en Japie Bogaards, ’n onderhoud

$
0
0

Koeëlreën: Wapens, bloedspatsels en wonde
Japie Bogaards en Wollie Wolmarans
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799382686

Naomi Meyer het met Wollie Wolmarans, een van die skrywers van Koeëlreën, wat by LAPA verskyn het, oor dié boek gesels. Japie Bogaards kon ongelukkig om gesondheidsredes nie enige vrae beantwoord nie.

Hallo Wollie, lekker om te kan gesels. Sal jy asseblief vertel wat jou agtergrond is?

Dankie vir die geleentheid. Ek was jare lank verbonde aan die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) se forensiese laboratorium  (nie die diens – SAPD – nie), waar ek in verskeie moordsake deur baie jare (meer as 20 jaar SAP en 20 jaar nou reeds privaat) forensiese ballistiese werk gedoen het. Ek het in verskeie moordsake waar vuurwapens betrokke was getuig oor die forensiese ballistiese ondersoeke, en dan was daar ook verskeie siviele sake.

Voordat ek as ’n forensiese-ballistiek-deskundige kon kwalifiseer, moes ek eers kwalifiseer as ’n vingerafdrukdeskundige by die Suid-Afrikaanse Kriminele Buro (SAKB).

Ek was ook gesekondeer deur die SAP om in Rhodesië (nou Zimbabwe) as ballistiese deskundige te werk, waar ek aansienlike kennis opgedoen het oor Oosbloklande se hand- en skouerwapens. 

Nadat ek die polisiediens in 1992 verlaat het, het ek as ’n privaat konsultant opgetree om advokate en prokureurs behulpsaam te wees met hulle sake se voorbereiding en dan was ek ook betrokke by sake soos die Hani-saak, Inge Lotz (nie getuig nie), Oscar Pistorius, Eugene de Kock (nie getuig nie), Mathews Goniwe (nie getuig nie), en baie ander.

Verder het ek ook vir die VN se International Criminal Tribunal for the former Yugoslavia in Kosovo gewerk. Hier was ek betrokke by die opgrawe en forensiese ondersoeke van ’n paar honderd lyke van mense wat in die oorlog doodgemaak is deur die Serwiërs.

Ek het nog altyd ’n belangstelling in vuurwapens, van my dae wat ek as kind op ’n plaas buite Nelspruit grootgeword het.

Wil jy dalk vertel van hoëprofielsake waarvan jy kennis het en wat ter sprake gekom het by die skryf van hierdie boek?

Van die sake waarby ek betrokke was, is reeds hier bo genoem,  maar daar was ook verskeie ander minder bekende sake gewees.

Die skryf van die boek het reeds jare gelede by my posgevat toe ek nog in die SAP was, maar die idee agter die boek was nie soseer om te skryf oor sake waarby ek betrokke was nie; dit was eerder om te vertel van die geskiedenis agter die ontstaan van die ballistiek-eenheid in Suid-Afrika.

Ek het begin om boeke oor ware misdaad in Suid-Afrika te lees (versamel) en besef dat daar ’n leemte in Suid-Afrika is oor die geskiedenis van die forensiese ondersoeke van hierdie misdade. Skrywers soos Benjamin Bennett het in verskeie van sy boeke oor sake soos byvoorbeeld  die moord op Arthur Victor Kimber in Pietermaritzburg geskryf. Ongelukkig is die dokumente in die argiewe meestal in snelskrif geskryf en ek kon nie hond haaraf maak nie.

In baie ander sake het ek in die argiewe foto’s gevind wat deur van die eerste deskundiges in die land gebruik is om hulle identifikasie van die koeël en doppie met die toetse wat in die verdagte wapen gevuur was aan die hof te verduidelik, maar ek het dit gelaat vir ’n moontlike volgende boek – daar lê nog navorsing voor.

Soos ek self sê, is ek nie baie kreatief met die skryfkuns nie, en dit is waar Japie in die prentjie gekom het. Ek het hom deur Lettie Klein van Tuks ontmoet ongeveer vyf jaar gelede en so het die boek die vorm aangeneem soos dit vandag daar uitsien.

Die omslag van die boek, die aanbieding en alles hiervan verklap: vuurwapens is die fokus van julle studie. Waarom interesseer hierdie navorsing julle elkeen, of wat het aanleiding gegee tot jul eerste prikkel en belangstelling in hierdie terrein?

Ek dink jy is verkeerd met betrekking tot die weerspieëling van die omslag van die boek. Ek sien geen wapen op die omslag  nie, maar wel afgevuurde doppies en koeëlgate, wat vir my sê dit gaan oor die oplos van ’n misdaad. Die misdadiger laat nooit (amper nooit) sy wapen op ’n misdaadtoneel nie, maar uit die doppies kan ek as deskundige baie inligting verkry en selfs uit die koeëlgate kan daar baie geleer word. Wat die voorblad vir my vertel, is dat dit ’n misdaadtoneel is.

Voordat ek met die boek begin het, het daar letterlik honderde mense by my gekom en gevra dat ek ’n boek moet skryf, wat vir my vertel dat daar belangstelling is in die rigting van hoe misdade wetenskaplik benader en opgelos kan word.

Ek en Japie het die boek sáám geskryf. Japie het geen agtergrond oor my vakgebied nie. Maar hy was die persoon wat alles vir my moes verwoord om die boek (soos ek in my bedanking aan hom op die laaste bladsy gesê het) in ’n leesbare storieformaat te omskep sodat dit nie soos ’n polisiedossier moet lees nie.

Die meeste navorsing en kennis is van my afkomstig, Japie was die man met die skryfkennis terwyl ek die ou was met die tegniese agtergrond.

Kan ons as publiek aanvaar dat die mense agter die skerms wat sake probeer oplos, weet wat hulle doen?

Ja, daar is gelukkig nog kundiges wat weet wat hulle doen.

Interessant soos julle studie is, wil mens eintlik nie soveel van vuurwapenmisdade lees soos wat tans die geval in ons land is nie. Is daar enige wetgewing ten opsigte van vuurwapens, of enige sosiale veranderinge wat julle kan dink moet verander sodat daar nie soveel misdaad met vuurwapens gepleeg sal word nie?

Ja, ek stem saam dat daar baie meer moorde met vuurwapens in hierdie land gepleeg word as wat die geval moet wees (selfs een is te veel). Dit is so, soos dit tereg deur Japie aangehaal word uit 1 Samuel 17:49–50, dat daar nog altyd die een of ander vorm van wapen was – ’n mes, pyl en boog, en ja, selfs die slingervel. Die vraag is, hoe sit jy dit stop? Dit kan net bekamp word, maar stop? Nooit!

Daar is te veel mense wat onwettig in besit is van vuurwapens en as ek sê “onwettig”, bedoel ek ook mense met ’n “wettige lisensie” maar wat in die werklikheid onbevoeg is om wettig in besit van ’n vuurwapen te wees. Die stelsel maak voorsiening dat onbevoegde mense nie in besit van ’n vuurwapen mag wees nie, maar tog is daar baie onbevoegde mense wat wel wettig in besit is van ’n wapen.

The post Koeëlreën deur Wollie Wolmarans en Japie Bogaards, ’n onderhoud appeared first on LitNet.

SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: oproep om referate

$
0
0

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se jaarvergadering en jaarlikse simposium vind vanjaar op 28 en 29 September in Pretoria plaas.

Oorkoepelende tema:
’n Wêreld tussen globalisme en nasionalisme: die impak van wêreldtendense op SA

Akademielede en/of belangstellendes wat ’n bydrae (maksimaal 20 minute) wil lewer, word hartlik uitgenooi om ’n voorlegging te doen wat aansluit by die oorkoepelende tema. ’n Opsomming van ongeveer 350 woorde van u beplande referaat word gevra. U voorlegging moet vergesel gaan van ’n kort CV (twee of drie paragrawe in prosastyl). Verskaf ook asseblief u volle name, van, titel, adres, e-posadres, landlyn- en selfoonnommer.

Voorbeelde van moontlike referate: Die swaai na politieke konserwatisme; energieproduksie; waterbeskikbaarheid; grootskaalse migrasie; die verhouding tussen wêreld- en nasionale letterkundes; moedertaalonderrig; taal van wetenskaplike kommunikasie; gebruik van tegnologie in die onderwys; voedselveiligheid/-gesondheid; veroudering van bevolkings.

’n Keurkomitee sal finaal oor elke voorlegging besluit. Omdat ruimte op die program beperk is, sal keuring by ’n ooraanbod moet plaasvind.

Voorleggings moet voor 31 Mei 2017 aan Linda Brink gestuur word by linda@akademie.co.za of gefaks word na 012 329 0293. Versoeke om bepaalde plasings (tydsgewys) op die program kan ongelukkig nie oorweeg word nie.

Die voorlopige program lyk soos volg:

Donderdag 28 September

08:30 – 10:00 Algemene Jaarvergadering
10:00 – 10:30 Tee/koffie/verversings
10:30 – 12:30 Referate
12:30 – 13:30 Middagete
13:30 – 15:00 Referate
15:00 – 15:30 Tee/koffie/verversings
15:30 – 18:00 Referate
18:00 – 19:00 Skemeronthaal
19:00 – Openingsplegtigheid: Voorsittersrede
Referaat: Gasspreker

Vrydag 29 September

08:30 – 10:00 Referate (vervolg)
10:00 – 10:30 Tee/koffie/verversings
10:30 – 12:45 Referate
12:45 – 13:00 Afsluiting
13:00 – 14:00 Middagete

Vrydagaand 29 September

19:00 – 21:30 Bekroningsplegtigheid en onthaal: Atterbury Teater, Lynnwoodbrug, Pretoria

The post SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: oproep om referate appeared first on LitNet.

Geraas oor Zuma skuiwe net rookskerm vir ander globale probleme met SA?

$
0
0

As Suid-Afrika ’n veilige hawe vir internasionale terroriste en misdaadsindikate is, sal SA "junk status" van sg graderingsagentskappe kry. 

Gewone mense dink nie aan die globale oorlog teen terreur nie en die negatiewe ekonomiese gevolge wat SA se politieke korrektheid hieroor het vir die land nie. Bv gewone mense gee skenkings vir organisasie wat bv Al Qaeda en selfs ISIS "humanitêre hulp" gee. Vanuit humanistiese oogpunt, dalk goeie aksies. Volgens internasionale beleid teen terreur is Suid-Afrika 'n tasbare risiko in globale oorlog teen terreur! 

Weereens, kyk na politiek op 

Sosiale 

Ekonomiese 

Politieke

Militêre vlak vir risiko-analise vir groot beleggers en of Suid-Afrika wel lenings vir gewone mense se voordeel aangaan en sal terugbetaal. Sal IMF bv lenings gee aan DAESH / ISIS en Al Qaeda? Of PLA? 

Dis maklik om meeloper van gewilde media propaganda te wees, om Zuma se bedanking te eis, maar wie het tans die mag en gesag soos Zuma? Beslis nie DA nie ... hul kan nie eens rollende massa-aksie reël nie of suksesvol wees met mosie van wantroue nie. In somer brand Kaapstad se plakkerskampe en in winter spoel dit weg as dit reën, nie juis sukses vir my nie ...

 

The post Geraas oor Zuma skuiwe net rookskerm vir ander globale probleme met SA? appeared first on LitNet.


Dricky Beukes (1918–1999)

$
0
0

Gebore en getoë

Hendrika Johanna van Staden (Dricky Beukes) is op 29 Desember 1918 op die plaas Seekoebaard in die distrik Prieska in die Noord-Kaap gebore. Sy was die jongste van 13 kinders.

Toe sy skaars drie jaar oud was, het haar vader na Karos naby Upington verhuis waar hulle huis, tot haar groot vreugde, weer na aan die Garieprivier, “die slagaar van die Noordweste” (soos sy dit noem), geleë was. Hier het sy grootgeword en is sy ook na die laerskool.

Haar skryftalent, het sy geglo, kom van haar pa se mense, die Van Stadens, af. Hy kon altyd interessante stories oor die eenvoudigste blommetjie vertel. Haar werklus en dissipline het sy beslis by haar ma, ’n nooi Visser, geërf.

“My kinderjare was vol geluk en pret,” het Dricky aan Naln vertel. “Pop speel, kennetjie, perdry, ensovoorts was daaglikse vermake. En saans in die blink, wit maanlig het ons op die sandduine baljaar. As die somerdae drukkend warm was, het ek menigmaal deur die groen wingerde na die rivier gestap. Onder die skaduryke bome terwyl ek oor die sagvloeiende waters heen staar na die sandduine aan die anderkant, wat ’n wonderskone bekoring ingehou het vir dié wat hul geken en liefgehad het, het my eerste verbeeldingsdromery begin. In my verbeelding het ek vir myself menige Bybel-verhaal so helder voorgestel dat ek onbewus was van my omgewing. Later het ek begin om verhaaltjies te skryf, maar ek was baie beskeie daaromtrent en het dit sorgvuldig diep weggebêre.”

Dricky was 18 jaar oud toe sy ’n storie aan Die Huisvrou gestuur het. Tot haar verbasing, maar ook blydskap, is dit vir publikasie aanvaar en het dit haar aangespoor om dít wat tot op daardie stadium haar eie gedagtes en idees was, neer te skryf. Die drang om te skryf, was baie sterk, en of dit nou goed of sleg was, om dit neer te skryf het vir haar gemoedsrus gebring. Sy is 10 sjielings vir daardie eerste verhaal betaal.

Nadat sy standerd 8 (graad 10 vandag) voltooi het, is sy na die Hoër Handelskool in die Paarl, waar sy gematrikuleer het.

Verdere studie en werk

Ná skool het Dricky haar Staatsdienseksamen afgelê en ’n betrekking in die poskantoor aanvaar. Sy was posmeesteres op Marydale. “Ek was baie gelukkig in my werk en die gedurige aanraking met mense met allerlei karakters het my oneindig veel stof vir die skryf van verhale gegee.”

In Julie 1943 is sy met Abraham Opperman Beukes (Beukie) van Prins Albert getroud. Hulle het mekaar in die Noord-Kaap ontmoet. Hy was ’n onderwyser (eers op Fraserburg en later in Goodwood) en het die eerste skoolhoof van die Laerskool Vredelust in Bellville geword. Die egpaar het drie kinders: een seun, Van Staden, en twee dogters, Brenda en Wilmari, gehad.

Die egpaar het hulle in Bellville in die noordelike voorstede van Kaapstad gevestig en het later vir hulle ’n huis in Tygerbergheuwels gebou.

Toe Dricky se moeder in Mei 1945 oorlede is, was dit vir haar ’n baie groot skok. Sy het haar werk vir ongeveer drie maande feitlik werktuiglik gedoen en kon ook niks skryf in daardie tyd nie, Maar gelukkig vir al haar latere aanhangers was die skryfdrang nog daar en nadat sy weer haar pen opgeneem het, is die manuskrip van Madelief (haar eerste boek) binne 14 dae voltooi en is dit in 1946 gepubliseer. Daarna het sy elke tydjie wat sy tot haar beskikking gehad het, aan haar skryfwerk bestee.

Die boeke het uit Dricky se pen gevloei. Sy het haar aanvanklik op die skryf van kortverhale toegelê, maar dit was as die skrywer van liefdesverhale en vervolgverhale in tydskrifte dat sy haar bekendheid verwerf het. Sy het ’n huishoudelike naam in menige Afrikaanse huishouding gword.

Sy het verdere bekendheid verwerf met die radioverhale waarmee sy luisteraars na die SAUK se Afrikaanse diens en Springbokradio voor die radio vasgenael gehou het. Sy kan tereg beskou word as een van die baanbrekers op die gebied van die radioverhaal in Afrikaans. Sy het vir 11 jaar radiovervolgverhale vir Springbokradio geskryf en sy het in hierdie 11 jaar “met vrese gewonder of ek die paal sou haal. Maar ek het en ek voel klein en nederig en baie bewus daarvan dat ’n Hand van Genade deur die vol en bedrywige jare op my hoof gerus het” (Sarie, 16 Januarie 1985).

Van haar bekendste radioverhale was Die indringer (“’n verhaal wat elke moederhart sal roer”), Blinkwater, Summerdown en Die geel karavaan, wat saam bykans 11 jaar lank vyf dae per week uitgesaai is.

Die ontstaan van Die indringer het twee vaders gehad, naamlik Thys van Vuuren en Dirk Pretorius van Springbokradio in die Kaap. Die twee het dit vir ’n geruime tyd in hul agterkoppe gehad om ’n bekende Afrikaanse skrywer te nader om ’n oorspronklike verhaal vir die radio voor te lê. Daar was reeds ’n lys met skrywers, maar Dricky se naam was nie op daardie lys nie. Hulle kon egter nie 'n geskikte verhaal kry nie en Thys het voorgestel dat hy vir Dricky vra om hulle te help.

Hulle moes omtrént mooipraat om haar te oorreed om die radioverhaal te begin skryf. Haar verweer was dat sy niks weet van skryf vir die radio nie. Haar tyd was ook beperk met dié dat sy ’n man en drie kinders het. Die twee mans het egter aanhou smeek totdat sy ingestem het. Sy het aanvanklik daaraan gedink om die tema wat sy in haar tweede boek, Die boeteling, gebruik het, ook as tema vir die radioverhaal te gebruik, maar dit het haar nie tevrede gestel nie. En so het sy aan Die indringer begin skryf.

Die hooftema van Die indringer was dié van die aangenome kind en die vrou wat hom/haar gaan uitsoek het. Dricky het die idee vir hierdie verhaal gekry toe sy en haar vriendinne oor hierdie saak gepraat het en hulle feitlik elkeen ’n ander mening daaroor gehuldig het. Een vriendin het na drie eie kinders ook ’n kind aangeneem en sy het baie openhartig oor die saak gepraat. Hierdie moeder was net so lief vir haar aangenome kind as vir haar eie en het van jongs af alles met haar aangenome kind en eie kinders bespreek.

Vir Dricky was dit tyd dat iemand ’n storie moet skryf oor die rol wat die pleeg- of aanneemmoeder in die aangenome of pleegkinders se lewens speel. Sy het ook gemeen dat dit ook tyd was dat die klem moet verskuif vanaf die biologiese moeder na die aanneem-een. En só het die storie "wat elke moederhart sal roer" die lig gesien.

Die skryf van Die indringer het nie maklik gebeur nie. Nie net was die medium van die radio vir Dricky vreemd nie, maar sy moes ook leer om die handeling wat sy gewoonlik in haar boeke in een paragraaf kon afhandel, uit te rek tot vier of vyf episodes. Dan was daar ook met die skryf van ’n radiovervolgverhaal gedurig ’n dialoog, sonder beskrywings wat deel van ’n roman is.

Met haar ervaring as skrywer het Dricky ook haar eie idees gehad van hoe haar karakters moes lyk en klink en in daardie opsig was sy baie erkentlik teenoor die regisseur van Die indringer, Lambert Stevens, wat sy uiterste bes gedoen het om die regte spelers vir die verskillende rolle te vind.

Dit is dan dalk ’n belangrike rede hoekom die publiek so gaande was oor Die indringer. Elke speler het na die beste van sy of haar vermoë en met die hulp van die regisseur die karakters aangeneem en dit hul eie gemaak. Die spelers self het dit geniet om in die verhaal op te tree, want hulle het mekaar al jare lank geken en het maklik saam gewerk.

Sarie Janse was een van die karakters in die verhaal met wie die luisteraars (en later ook die lesers) hulle die beste kon vereenselwig. Sy kon só heerlik voortborduur op ’n storie wat dalk net so effe verkeerd was en die luisteraars wou altyd weet of Dricky regtig ’n persoon soos Sarie geken het. Die luisteraars het regtig ernstig oor die vervolgverhaal geword en die karakters het naderhand vir almal soos bekende mense gevoel.

Een vrou het glad na Dricky gegaan en gesê dat “sy Sarie Janse goed ken – sy woon hier onder in Tiervlei”, en ander het beweer dat sy “op ’n naburige plaas” of “hier by ons op die dorp” is. Die indringer is op 16 Mei 1960 vir die eerste keer uitgesaai en was ’n jaar ná die begin die gewildste dagprogram op die destydse Springbokradio.

Dricky het gevoel dat as sy haar doel met die storie bereik het – dit wil sê ’n lansie vir die moeders van aangenome kinders kon breek – sy dan gelukkig sou wees. En as sy dan ook terselfdertyd aan soveel mense plesier kon verskaf en miskien die eensaamheid van só baie kon verlig, sou wat haar betref, Die indringer, of enige vervolg daarvan, bly voortbestaan solank as wat die publiek dit wou hê.

Dricky was ook lank redakteur van Die Noordwester, ’n koerantjie op Bellville, en was ook lank verantwoordelik vir gereelde rubrieke soos “Langs die spoorstawe” in Die Taalgenoot en “My land, my mense” in die Oudtshoorn Courant.

In 1982 het ’n uitgewery (onbekend) ’n toekenning aan Dricky Beukes gemaak uit erkentlikheid vir haar bydrae tot die skryfkuns op soveel terreine.

Dricky het aan Isabelle Steenkamp (Dagbreek en Landstem, 13 April 1969)vertel dat sy twee lewensideale as skrywer gehad het, naamlik om ’n boek te skryf oor die kleinboere langs die Oranjerivier, naby Upington, en ook een oor die merkwaardigste vrou in die Christelike geskiedenis, Maria.

Die eerste boek, oor die kleinboere, was by haar ’n dringende behoefte, want sy het in Upington grootgeword en het die mense geken. Sy het hulle stryd, hul moed en hul oorwinning uitgebeeld in Meetsnoere wat in 1967 verskyn het. Dit is opgevolg deur Een wat ’n muur afbreek, waarin karakters soos Plankie Moolman en sy vrou Ria, sy suster Heleen, Soois, oom Jors en die kind Salie weer hulle verskyning gemaak het.

Daarna het Dricky haar aandag verskuif na Maria, die moeder van Jesus, en deur haar navorsing het sy tot die slotsom gekom dat Maria as mens en vrou en moeder net so ’n doodgewone persoon was as ander. Sy het, soos baie ander, ook haar huisgesin se belange belangriker geag as ander dinge. "Geestelik was sy verhewe bo die stoflike en tog het hierdie twee eienskappe mekaar volmaak aangevul," het Dricky aan Isabelle Steenkamp vertel.

Hierdie verhaal is in 1977 vir publikasie aanvaar en vir Dricky was dit meer as ’n mylpaal. “Noem dit ’n ideaal wat verwesenlik is om oor hierdie vrou, die moeder van alle moeders, te skryf.

“’n Hele paar jaar se navorsing was nodig. Dit is ’n verhaal wat ek lank met my saamgedra het voor ek my hand op die tikmasjien gesit het. En toe ek dit eers aangepak het, het ek ook geweet dat ek dit nie alleen kan doen nie. Al die jare se ondervinding was nie genoeg nie. En daarom het ek vir Mike Heine, die bekende skrywer, gevra om my te help en saam het ons deur die manuskrip gestoei," het ay aan Die Burger (18 Julie 1977) vertel.

Dricky se Kamberg-reeks – Kamberg se wêreld (1982), Kamberg se mense (1986) en Kamberg se kinders (1988) – was net so gewild onder die lesers. "Hierin het sy die lewens van die mense van die gebied waar sy haar kinderjare en jeug deurgebring het, uitgebeeld. Jy leer die karakters ken deur die oë van Ragie. Dricky laat haar mense oortuigend leef omdat sy in hulle taal praat en met hulle uitdrukkings beeld. Kamberg is ’n openbaring, dit is karakterbeelding; dit is ’n wêreldjie in die kleine wat uit die geskrewe woord opstaan om gesien en beleef te word," skryf Anna van Zyl in Volksblad van 31 Januarie 1987.

Vir Lorraine Immelman (Beeld, 19 Maart 1988) is dit heerlike lekkerleesverhale wat geskryf is in gemaklike, eenvoudige geselstaal.

Die talle idees wat Dricky deur die jare tot temas en intriges verwerk het, het meestal ontstaan uit nietige voorvalle, het sy aan Apie Greeff in Rooi Rose (19 Oktober 1983) gesê. “Ek hoor soms net iets oor die radio, in ’n gesprek, en dan gryp dit my verbeelding aan. Dit word dan ’n aanknopingspunt vir ’n nuwe verhaal. ’n Vriendin het byvoorbeeld eendag vir my vertel dat sy van ryp vrugte gedroom het. Só het Ryp vrugte die titel van een van my boeke geword. Toe ’n geraamde foto van my seun op ’n dag van die muur afgeval het, het die raam gebreek terwyl die glas ongeskonde gebly het. Dit het aanleiding gegee tot die kortverhaal Glas in die raam.”

Dricky Beukes is op 9 November 1999 in Huis André van der Walt in Bellville aan lewerkanker oorlede, ’n bietjie meer as ’n maand voor wat haar 81ste verjaardag sou gewees het. Sy word oorleef deur haar twee dogters, nege kleinkinders en een agterkleindogter. Sy is privaat veras.

Roelf van Rensburg, destyds van JP van der Walt Uitgewers, het aan Die Burger (10 November 1999) oor Dricky Beukes gesé: “Sy het my ’n groot lewenswaarheid geleer: ‘Vra jou af of wat jy belangrik ag, oor 50 jaar nog belangrik gaan wees. As die antwoord nee is, is dit vandag ook nie belangrik nie.’

“Sy was ernstig, maar altyd opgewek en het tot laat in haar lewe nog tennis gespeel. As ek uit Pretoria by haar kom kuier het, het sy ’n botteltjie bier langs ons elkeen neergesit. Ek en sy en Beukie het dan ’n hond uit ’n bos gekuier en gesels. Haar passie vir skryf was soms so oorweldigend dat Beukie in die geselsery uitgestap het.

“Die nuwe saaklikheid in prosastyl het sy pragtig in die ontspanningsprosa toegepas, soos haar Kamberg-reeks van jeugherinneringe getuig.”

Publikasies

Publikasies

Madelief

Publikasiedatum

1946

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Siel, jy het baie goed

Publikasiedatum

1947

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Maskew Miller

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

So diep in my hart

Publikasiedatum

  • 195-
  • 1982

ISBN

0628024746

Uitgewer

  • Johannesburg: Dagbreek-Boekhandel
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Karola

Publikasiedatum

  • 1950
  • 1959

ISBN

(hb)

Uitgewer

  • Pretoria: Unie-Boekhandel
  • Pretoria: Eike-romans

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Jare van leed

Publikasiedatum

1951

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Voortrekkerpers

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Versoening

Publikasiedatum

  • 1951
  • 1980

ISBN

08680800322 (hb)

Uitgewer

  • Bloemfontein: Nasionale Boekhandel
  • Bloemfontein: In die Kol-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Altyd jou eie

Publikasiedatum

  • 1952
  • 1982

ISBN

0628024797 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Dagbreek-Boekhandel
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Langs ’n ompad

Publikasiedatum

1952

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Keurbiblioteek

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Ryp vrugte

Publikasiedatum

1952

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Voortrekkerpers

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Verbode paradys

Publikasiedatum

1952

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Voortrekkerpers

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Grenslyne

Publikasiedatum

  • 1953
  • 1957

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Keurbiblioteek

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die hande van my moeder

Publikasiedatum

1953

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Boekhandel

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Belydenis

Publikasiedatum

1954

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Keurbiblioteek

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Gebarste mure

Publikasiedatum

  • 1954
  • 1980

ISBN

0868080209 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Voortrekkerpers
  • Bloemfontein: In die Kol-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Anderkant die rante

Publikasiedatum

  • 1955
  • 1981
  • 1987 (grootdruk)

ISBN

  • 0624016714 (hb)
  • 086812138X (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Tafelberg
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die sterkste band

Publikasiedatum

1955

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Voortrekkerpers

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die onbekende verpleegster

Publikasiedatum

1957

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Een bring die offer

Publikasiedatum

1958

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Gebaande weë

Publikasiedatum

1958

ISBN

(hb)

Uitgewer

Liefdesverhaal

Literêre vorm

Geen

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

 

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

En nou – vir ewig en altyd

Publikasiedatum

1959

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Mimosa

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Salome

Publikasiedatum

1959

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Voortrekkerpers

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Uit die verre jare

Publikasiedatum

1960

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Keurbiblioteek

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Wie is my naaste?

Publikasiedatum

1960

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Keurbiblioteek

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die boeteling

Publikasiedatum

  • 1961
  • 1984

ISBN

(hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: President Uitgewers
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Tussen die duine

Publikasiedatum

1961

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Dokter Nella Eksteen

Publikasiedatum

1962

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Liefdesweë

Publikasiedatum

1963

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Mooiste liefde

Publikasiedatum

1963

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Winter kom later

Publikasiedatum

1965

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Al lê die berge nog so blou

Publikasiedatum

  • 1966
  • 1980

ISBN

0799304727 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Deur liefde gebind

Publikasiedatum

1966

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Pluim-boeke

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die goue gety

Publikasiedatum

1966

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Pluim-boeke

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Twee paaie

Publikasiedatum

1966

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Pluim-boeke

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Alles net vir jou

Publikasiedatum

1967

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Pluim-boeke

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die blomme bloei weer

Publikasiedatum

1967

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Pluim-boeke

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die indringer. Deel

Publikasiedatum

1967

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Meetsnoere

Publikasiedatum

  • 1967
  • 1969 (grootdruk)

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Boekhandel

Literêre vorm

Romans

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Onbekende weë

Publikasiedatum

1967

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die vaal valk

Publikasiedatum

1967

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Pluim-boeke

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Onbetaalde rekening

Publikasiedatum

  • 1968
  • 1981

ISBN

079930526X (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die hoë muur

Publikasiedatum

1969

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Wie die liefde erf

Publikasiedatum

1970

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die wind waai waar hy wil

Publikasiedatum

  • 1970
  • 1993

ISBN

0798130598 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Pluim-boeke
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Een wat ’n muur afbreek

Publikasiedatum

  • 1971
  • 1988 (grootdruk)

ISBN

086812169X (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Tafelberg
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Romans

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Duinepad

Publikasiedatum

  • 1971
  • 1983

ISBN

0798116390 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Pluim-boeke
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Eendag – miskien

Publikasiedatum

  • 1971
  • 1986

ISBN

0799309885 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Een van La Rhone

Publikasiedatum

1972

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Voortrekker-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Ek was die vreemdeling

Publikasiedatum

  • 1972
  • 1992 (grootdruk)

ISBN

  • 0799300136 (hb)
  • 0868123382 (sb)

Uitgewer

  • Pretoria: Van der Walt
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Só mooi is die liefde

Publikasiedatum

1973

ISBN

0869690205 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: President

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Alsace en Lorraine

Publikasiedatum

1974

ISBN

086879032X (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Brandwagpers

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Ek het die wind gejaag

Publikasiedatum

  • 1974
  • 1992 (grootdruk)

ISBN

  • 0799300721 (hb)
  • 0868122904 (sb)

Uitgewer

  • Pretoria: Van der Walt
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die groot chirurg

Publikasiedatum

1974

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Hoe groot die offer

Publikasiedatum

1974

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Pluim-boeke

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die jare roep

Publikasiedatum

  • 1974
  • 1987

ISBN

0799311812 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Blinkwater

Publikasiedatum

1975

ISBN

0869690515 (hb)

Uitgewer

Krugersdorp: President

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Brandglas van die tyd

Publikasiedatum

1975

ISBN

0799301779 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Dis lente in die Boland

Publikasiedatum

1975

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Treffer-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Liefde van gister

Publikasiedatum

  • 1976
  • 1990

ISBN

  • 0799302465 (hb)
  • 079931577X (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die jare van ons herfs

Publikasiedatum

1977

ISBN

0799302821 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Pad van verlange

Publikasiedatum

  • 1977
  • 1988

ISBN

  • 0799302600 (hb)
  • 0799313424 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Anderkant die verste ster

Publikasiedatum

1978

ISBN

0799303380 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Dokter Nella Eksteen; Wie is my naaste?; Die hoë muur

Publikasiedatum

1978

ISBN

0799303267 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Mevrou van Secunda

Publikasiedatum

1978

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Treffer-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Nes tussen die sterre

Publikasiedatum

1978

ISBN

0868080071 (hb)

Uitgewer

Bloemfontein: In die Kol-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die smaad van Kroondal

Publikasiedatum

1978

ISBN

079930350X (hb)

Uitgewer

Pretoria: Treffer-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Vaarwel, ou Driefonteintjie

Publikasiedatum

1978

ISBN

0799303070 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Ken jy die vrou. Deel 1

Publikasiedatum

1979

ISBN

086808011X (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Citadel-pers

Literêre vorm

Vrouepublikasie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Ken jy die vrou. Deel 2

Publikasiedatum

1979

ISBN

0868080160 (hb)

Uitgewer

Bloemfontein: In die Kol-Boekklub

Literêre vorm

Vrouepublikasie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Maar die grootste hiervan

Publikasiedatum

  • 1979
  • 1991

ISBN

  • 0799303844 (hb)
  • 079931708X (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Om meer te kan gee

Publikasiedatum

1979

ISBN

0909233489 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Bezuidenhout-uitgewers

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Ken jy die vrou. Deel 3

Publikasiedatum

1980

ISBN

0868080233 (hb)

Uitgewer

Bloemfontein: In die Kol-Boekklub

Literêre vorm

Vrouepublikasie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Legkaart van die lewe, en: Moeder se dagboek

Publikasiedatum

1980

ISBN

0796400539 (hb)

Uitgewer

Bloemfontein: PJ de Villiers

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

’n Tyd vir stilstaan

Publikasiedatum

  • 1980
  • 1988 (grootdruk)
  • 1994 (sakformaat)

ISBN

  • 0798110694 (hb)
  • 0868121894 (hb)
  • 0798133562 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Pretoria: Makro
  • Kaapstad: Ametis

Literêre vorm

Sketse

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die liefde is my offer

Publikasiedatum

1981

ISBN

09092330535 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Bezuidenhout-uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Skoenlappermooi

Publikasiedatum

  • 1981
  • 1992

ISBN

  • 0799305065 (hb)
  • 0799318191 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Karola; Langs ’n ompad

Publikasiedatum

198-

ISBN

0799305510

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Waar is ver, Tanya?

Publikasiedatum

1981

ISBN

0868080373 (hb)

Uitgewer

Bloemfontein: In die Kol-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

En môre is nuut: twee romans

Publikasiedatum

1982

ISBN

0798113162 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Romans

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Kamberg se wêreld

Publikasiedatum

1982

ISBN

0798113685 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeugherinneringe

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Liefde op Kanetberg

Publikasiedatum

  • 1982
  • 1992 (grootdruk)

ISBN

  • 0869691406 (hb)
  • 0868122890 (sb)

Uitgewer

  • Krugersdorp: President
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die pad vorentoe

Publikasiedatum

1982

ISBN

0799306193 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Roep van die sonskynwoud

Publikasiedatum

1982

ISBN

0799306355 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Jeugverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Waar die liefde woon

Publikasiedatum

1982

ISBN

0799306339 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Kom saam na Bethlehem: 10 Kersspele

Publikasiedatum

1983

ISBN

0628025882 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kersspele

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Laat lente

Publikasiedatum

1983

ISBN

0628025211 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Meerkat voor gat

Publikasiedatum

1983

ISBN

0628025866 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

’n Seun vir Nebe

Publikasiedatum

1983

ISBN

0799307114 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Antwoord van die nageslag

Publikasiedatum

1984

ISBN

0628026552 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Velde van offergawes

Publikasiedatum

1984

ISBN

0799308366 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Eike-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Waar die grootpad eindig

Publikasiedatum

1984

ISBN

062802854 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Dokter Karenien

Publikasiedatum

1985

ISBN

0799309095 (hb)

Uitgewer

Pretoria: President-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Dricky Beukes-tweeluik

Publikasiedatum

1985

ISBN

0798117885 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Romans

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die korhaan roep ver

Publikasiedatum

1985

ISBN

0799308544 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Treffer-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Kamberg se mense

Publikasiedatum

1986

ISBN

0628030894 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Jeugherinneringe

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Om die reënboog se goud te soek

Publikasiedatum

1987

ISBN

0799311227 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Kamberg se kinders

Publikasiedatum

1988

ISBN

0799312738 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Jeugherinneringe

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Die liefde loop ’n ompad

Publikasiedatum

1988

ISBN

0799312851 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Antwoord van ’n geslag

Publikasiedatum

19-

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Voortrekkerpers

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Laat lente

Publikasiedatum

19-

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Dagbreek-Boekkring

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasies

Waarheid – die hele waarheid

Publikasiedatum

19-

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Mimosa

Literêre vorm

Liefdesverhaal

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Artikels oor en deur Dricky Beukes beskikbaar op die internet

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum
  • Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Dricky Beukes (1918–1999) appeared first on LitNet.

Man van Cirene deur FA Venter: ’n resensie

$
0
0

Man van Cirene
FA Venter
Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 9780796320216

Sedert FA Venter (1916–1997) se Bybelroman Man van Cirene in 1957 verskyn het, het talle herdrukke en heruitgawes daarvan gevolg. Onlangs is hierdie klassieke werk opnuut deur Lux Verbi uitgegee. Hierdie uitgawe is gegrond op die weergawe uit 1991, destyds intensief hersien deur die outeur self. Verder is daar geringe aanpassings van die taalgebruik met die 1983-vertaling van die Bybel as verwysingspunt.

Venter is bekend vir werke soos die volgende: Kambro-kind (1979), ’n beleë en sensitiewe verwerking van die eie jeugherinneringe wat bewys dat ’n kunstenaar die eenvoudige tot ’n boeiende onderwerp kan omskep; Die drosters (1952), waarin die universele oorlogsproblematiek op pakkende wyse verken word; en die “Jim-comes-to-Jo'burg”-verhaal van Kolisile in Swart pelgrim (1952/1958), ’n vroeë, tentatiewe manifestasie van literêre betrokkenheid (littérature engagée) in die Afrikaanse letterkunde. Venter ontvang in 1961 die Hertzogprys vir Swart pelgrim en Geknelde land. Laasgenoemde roman vorm deel van sy tetralogie oor die Groot Trek.

Wat literêre gehalte betref, is Man van Cirene van ’n laer orde as Venter se beste werk, maar oortref tog die latere Die koning se wingerd (1984), wat eweneens op Bybelse stof gebaseer is. Daar sou seker aangevoer kon word dat hierdie tipe waardeoordele nie die hoofoorweging sou wees vir ’n leser wat die nuwe Lux Verbi-weergawe van Man van Cirene in die hand neem nie. Tog wil ek beweer dat die literêre juis ’n rol behoort te speel by die lees en beoordeling van hierdie roman. Die Bybelse gegewe is weliswaar van sentrale belang, maar daarmee word nie volstaan nie. In navolging van die diensknegte in Jesus se "talente"-gelykenis wat met die kosbare besit van hul heer gaan woeker, het Venter vlytig gaan werk met die Bybelse stof sodat hy rekenskap sal kan gee van voldoende wins. Uiteindelik gaan dit in die geloof, soos ook voorgestel in bogenoemde gelykenis, oor die uitdra van die Evangelie van Christus en die uitbou van sy Koninkryk. Man van Cirene is daarop gerig om ’n bydrae te lewer tot hierdie groot opdrag, al is dit dan, soos ek sal aanvoer, grootliks ten behoewe van die reeds bekeerdes, om hulle geloof te versterk deur die geloofstryd opnuut, romanmatig, op te voer.

Hierdie roman bou kreatief voort op die "terloopse" en besonder enigmatiese verskyning van Simon Niger, die man van Cirene, in die Sinoptiese evangelies, spesifiek in Matteus 27:32, Markus 15:21 en Lukas 23:26. Simon is die man wat beveel is om Jesus se kruis te dra nadat Hy nie meer daartoe in staat was nie, wat simbolies dui op die deelname van elkeen, ook die geringste, aan die Kruisigingsverhaal, en die opdrag tot verdere verkondiging van hierdie Evangelie van dood en opstanding. Die manier waarop Simon se lewensverhaal in hierdie roman eindig, bevestig sy verbondenheid met Christus.

Man van Cirene bestaan uit drie dele: die middelste is om die sentrale Bybelse vertrekpunt gebou en staan nader aan die oorspronklike gegewe as deel een en deel drie wat onderskeidelik die jare voor en ná hierdie sleutelgebeurtenis verbeeldingryk, maar ruimtelik en histories betreklik getrou, inklee. Deur ’n reeks dramatiese gebeure volg die leser Simon as ortodokse Jood se ontwikkeling vanaf ongeloof en teenstand tot volle oorgawe aan die Man van Nasaret, waarna hy ook oorgaan tot aktiewe deelname aan geloofsverkondiging.

Die klem val in hierdie roman ongelukkig, soos dikwels by Venter, op die uiterlike dramatiek, wat weliswaar hier deeglik ingegee word deur die grootse sake waaroor dit gaan. Uiteindelik skeur die voorhangsel dan ook en is daar sonsverduistering. Met hierdie dramatiese inslag bou Man van Cirene dus getrou voort op die Bybelse, maar bied daarom min geleentheid tot dieper en oortuigende karakterontwikkeling, terwyl ware spanning grootliks ontbreek, omdat alles hier ingebed is in een groot eenstemmigheid. Simon se aanvanklike ongeloof word eensydig gekontrasteer met die intense geloof wat sy vrou, Debora, reeds vertoon wanneer die eerste gerugte oor die Nasarener hulle in Noord-Afrika begin bereik. Ofskoon daar talryke onvoorspelbare verhaalwendinge in hierdie doelbewus gebeurtenisvolle verhaal voorkom, is die breë gang daarvan voorspelbaar. Elke opponent en teenslag is byna net "seremonieel" daar geplaas in diens van die groot ontknoping wat wag, ook Simon se aanvanklike ongeloof en bevegting van die Messias. Daarom word sake dan ook af en toe opvallend vooruitgeloop. ’n Voorbeeld hiervan is die volgende: Simon Niger gaan soek die dissipel Simon Petrus op en stel onmiddellik ’n vraag met betrekking tot gerugte oor Jesus se opstanding, waarop Simon Petrus sonder voldoende aanleiding antwoord: "Dit klink vir my jy glo dit nie?" (243). Vroeër in die verhaal merk Simon Niger ná ’n ontmoeting met Judas Iskariot proeslaggend op: "Om jou die waarheid te sê, ek sal my kop op ’n blok sit hy gaan die Nasarener verraai" (165). Hierdie reaksie volg te gou en is te spesifiek. As Simon aan Debora onthul dat hy Jesus se kruis gedra het, merk sy entoesiasties op: "Hiervoor sal jy vir altyd onthou word" (229). Die leser mag soms die indruk kry dat die karakters in hierdie roman die Bybel goed gelees het.

Waarmee die leser hier gekonfronteer word, is ’n soort Bybelse toerisme waarby hy, byna soos tydens die Passiespel, Bybelse en Bybels-geïnspireerde taferele voor hom sien afspeel. Dit word ’n skouspel waaraan selfs ek, wat aanvanklik onwennig gereageer het, my naderhand gelate moes oorgee. Die karakters word amper verteenwoordigers van die leser wat die verlede en die Bybellande "besoek". Vandaar dan ook Debora se reaksie as sy Simon Petrus in lewende lywe ontmoet: "Sy is so oorstelp dat sy nie weet waar om te kyk nie" (166).

Uiteindelik is die aangewese benadering tot die lees van Man van Cirene dalk juis om dit as ’n soort Passiespel te bejeën. Hierdie roman is nie daarop gerig om nuwe insigte oor Jesus en die geloof te bring nie, maar is eerder ingestel op die bevestiging van sekerhede en die versterking van die geloof. Simon Niger is in hierdie verband verteenwoordigend van die leser: juis ook daardie leser wat skynbaar nie “kwalifiseer” nie, is bestem om ’n volgeling van Jesus te wees. In Simon sien die Christen sy/haar eie pad van ongeloof na bekering, ook elke dag opnuut.

Los van die Bybelse grootshede beskou, is Man van Cirene egter nie ’n oortuigende roman nie. Ek kan my ook nie voorstel dat hierdie weergawe van die Bybelgebeure en die Christelike leer nuwe belangstelling sal wek by diegene wat ten opsigte daarvan oningewydes is nie.

The post Man van Cirene deur FA Venter: ’n resensie appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2017

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende Afrikaanse resensies het in Maart in die Afrikaanse dagblaaie (Boeke24), onder redaksie van Jo Prins, verskyn:

Vrydag 3 Maart

Saterdag 4 Maart 2017

Maandag 6 Maart

7 Maart (Woordfees)

8 Maart (Woordfees)

10 Maart (Woordfees)

Maandag 13 Maart

Maandag 20 Maart

20 Maart (nie op boekblad nie, maar was in Beeld se By)

Maandag 27 Maart

Woensdag 29 Maart

Donderdag 30 Maart

Die Groot Ontbyt

Dia van Staden het in Maart die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

Dinsdag 7 Maart

  1. Watter kleur is jou persoonlikheid – Lynette Beer
  2. Die Banting-sakgids – Tim Noakes
  3. Do you want to slim – Dr Kobus Neethling en Raché Rutherford
  4. Megaboere – Wynand Dreyer

Dinsdag 14 Maart

  1. English Dictionaries for SA Schools
  2. Afrikanerjoernaal – JC Steyn
  3. Jakkals en wolf wil trou – Wendy Maartens
  4. Die olifantjie wat aan die slaap wou raak

Dinsdag 21 Maart

  1. Nadia – Nadia Beukes
  2. Sirkus – Irma Venter
  3. Eindspel – Wilna Adriaanse
  4. Jagveld – Deon Meyer

Dinsdag 28 Maart

  1. In die lig van Sy genade – Jimi le Roux
  2. Pelgrimshoop – Ronel Nel
  3. Web – Naomi Meyer
  4. Insektopedie – Erik Holm

Flits

Flits is ’n weeklikse joernaalprogram oor kuns, kultuur, mode, sosiale gebeure en vermaak, aangebied deur Bouwer Bosch en Rozanne McKenzie op kykNET (DStv-kanaal 144). Daar word in dié program ook gereeld gesprekke met skrywers uitgesaai.

In Maart was daar op Flits onderhoude met:

Marita van der Vyver oor haar jongste roman, Misverstand:

HemelBesem oor sy memoir, God praat Afrikaans:

In die bed met Bibi

Bibi Slippers se boekprogram, In die bed met Bibi, het in Maart op VIA TV (DStv-kanaal 147) hervat.

Bibi het gesels met:

In haar reeks gesprekke met bekendes oor wat hulle lees, het sy gesels met:

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies het in Maart op LitNet verskyn:

Oorlog en terpentyn deur Stefan Hertmans

Marike van der Watt
Resensies

Oorlog en terpentyn: ’n boeiende en aandoenlike verhaal – ’n kosbare altaarstuk vir ’n oupa.”

LitNet Akademies-resensie-essay: Kaaps in fokus

Gerda Odendaal
Resensies

"Kaaps in fokus gaan ten slotte oor mense, want '[d]ie soppangheid van Kaaps is in die laaste instansie nie net ’n linguistiese kwessie nie, maar wesenlik een van die waardigheid van alle sprekers van Afrikaans' (Willemse, 81). En dit is juis hierdie kenmerk van Kaaps in fokus wat dit so ’n tydige en relevante publikasie maak."

Web deur Naomi Meyer, ’n resensie

Deborah Steinmair
Resensies

"In ’n lesersmark met voortreflike misdaadfiksie transendeer hierdie boek die genre: dis heelwat meer as misdaad, terwyl dit al die elemente het om misdaadvrate te versadig."

Die Chacma-ekspedisie deur Marius Ackermann, ’n resensie

AJ Opperman
Resensies

"Die lees van Die Chacma-ekspedisie laat ’n mens soms wonder of jy vandag se koerant vashou of ’n geskiedenishandboek. Daar is soveel moontlike goed wat jy hierin kan lees."

Misverstand deur Marita van der Vyver, ’n resensie

Yolanda Wessels
Resensies

"Soos met haar ander boeke, het ek ál meer begin uitstel om voort te snel namate ek hoofstuk 23 genader het. Want dan is nog ’n Marita-kunswerk voltooi. Nog een wat ek nie weer vir die eerste maal kan lees nie."

Sulamiet deur Lina Spies, ’n resensie

Heilna du Plooy
Resensies

"Lina Spies se poësie was nog altyd belydend en meditatief; dit was nog altyd persoonlik gekleur en mild verwoord; dit is poësie van ’n sagte stem, van inlewing meer as deklarasie, van nadenke en vraagstelling meer as van ontmaskering en geveg."

In die laksman se skoot deur Chris Marnewick, ’n resensie

Johan Smith
Resensies

"In die laksman se skoot laat baie stof tot nadenke. Die mense wat gereeld vra dat die regering die doodstraf moet terugbring, sal twee keer dink ná die lees van die verhaal."

Die Herero-opstand 1904–1907 deur Gerhardus Pool, ’n resensie

Gunther Pakendorf
Resensies

"Dit was weliswaar ’n deeglike stuk navorsing wat nog tien jaar ná sy publikasie deur ’n Duitse studie oor dieselfde onderwerp vir sy bruikbaarheid as ’n onpartydige weergawe geloof is."

Hanna deur Maretha Maartens: ’n resensie

Riette Rust
Resensies

"En hoe prikkelend word die roman nie ingelei nie: 'Peninna kyk op en haar gesigsuitdrukking verander.' Dis wat Maretha Maartens se Hanna waarskynlik ook aan lesers sal doen."

Ons kom van vêr: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Gunther Pakendorf
Resensies

"Ons weet dat taal, enige lewende taal, aan ’n gedurige verandering onderworpe is; dat dit, om met Bakhtin te praat, in sy wese 'karnavalesk' is, bont en middelpuntvliedend aan die beweeg, sonder te veel bekommernis oor reëls en voorskrifte."

Syferfontein deur Cas Wepener: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies

Danie Botha resenseer Syferfontein deur Cas Wepener. Hierdie resensie is oorspronklik op Fine Music Radio uitgesaai.

Nomme 20 Delphistraat deur Shirmoney Rhode: ’n resensie

Gunther Pakendorf
Resensies

"Hierdie beskeie bundel met sy 25-tal gedigte dra die goeie nuus van ’n nuwe stem uit die Kaapse Vlakte. Shirmoney Rhode behoort tot die sogenaamde millennariërgenerasie en haar gedigte praat ’n annerste soort taal."

Katryn deur Winnie Rust: ’n resensie

Suzette Kotzé-Myburgh
Resensies

"Sy kon onder haar karakters se vel inklim en vanuit hulle harte praat. Sy kon lesers ontroer, soos wat ook haar eie maatstaf vir haar skryfwerk was: dat dit moet gaan oor dinge wat haar ontroer."

Daar is ook verskeie onderhoude met skrywers gedurende Maart op LitNet geplaas:

Rapport Weekliks

Die volgende resensies het in Maart in Rapport, onder redaksie van Nelia Richter, verskyn:

Sondag 5 Maart

Sondag 12 Maart

Sondag 19 Maart

Sondag 26 Maart

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 1 Maart 2017

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Gerhard Scholtz oor sy roman, Lig wankelend. Kobus Burger vertel meer oor die RSG Kunstefees-drama Engel met 'n hamer, wat nou in boekvorm beskikbaar is. En Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.

Woensdag 8 Maart 2017

Ilse Salzwedel gesels met Elna van der Merwe oor die Afrikaanse vertaling van Sink, die roman deur Brett Michael-Innes. Johan Myburg gesels met Stefan Hertmans oor sy roman Oorlog en Terpentyn, in Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo. Johan Myburg gesels ook oor die internasionale letterkunde.

Woensdag 15 Maart 2017

Ilse Salzwedel gesels met Bernard Odendaal oor sy bundel rubrieke en essays, Woorde hul storie sien ken. En Johan Myburg gesels oor wetenswaardighede uit die internasionale letterkunde.

Woensdag 22 Maart 2017

Ilse Salzwedel gesels met Marita van der Vyver oor haar nuwe roman, Misverstand.

Woensdag 29 Maart 2017

Ilse Salzwedel gesels met Isa Konrad oor haar werk. Luister ook na die inspirerende verhaal van John en Gail Nicholson van Lavender Hill, wat met 'n boekprojek 'n groot verskil in hulle gemeenskap maak. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 7 Maart 2017

Margot Luyt, Bernard Odendaal en Johann Nel lees verse oor droogte.

Dinsdag 14 Maart 2017

Daniel Hugo vertel van sy liefde vir Persiese kwatryne, en lees 'n paar voor van onder andere DJ Opperman en Ina Rousseau.

Dinsdag 21 Maart 2017

Dean John Smith lees verse uit Nathan Tantraal se bundel Alles het niet kom wôd.

Dinsdag 28 Maart 2017

Ronel Geldenhuys lees verse van jong vrouedigters.

Versindaba

In Maart het nuwe resensies van die volgende digbundels op die Versindaba-webblad verskyn:

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Maart die volgende boeke bespreek:

6 Maart

13 Maart

21 Maart

27 Maart

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2017 appeared first on LitNet.

Händel se Messias: 275 jaar later

$
0
0

Seisoen: s.nw. (-e) 1. Jaargety: Die seisoene volg mekaar gereeld op. Die mode van die seisoen. 2. Regte, gewone tyd vir iets; druk tyd. Die vakansieseisoen. Die seisoen vir lemoene. Groente volgens (na die) seisoen (op spyskaart) ... (Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal.)

Om oor Händel se Messias te skryf, is om oor seisoene te skryf. In hierdie halfrond word die jaar ryp in goue akkerblare. Daar is iets in die atmosfeer. Op LitNet lees ek hierdie gedig van Jaco Fouché:

Hoor die voëls stil word,
die verkeer veraf raas:
boodskappe van tuiskoms.
Iets het gebeur met die lug:
dit dra teerder aan geluid.
Wanneer honde blaf,
kalmeer dit gemoedere:
iets, iemand, is nog aan die waghou.

Dis die seisoen van koeler nagte, dis donkerder as mens opstaan soggens.

Vir Stellenbossers, te oordeel aan die stampvol Endlersaal (albei vertonings – Saterdagaand 1 April sowel as Sondagmiddag 2 April 2017), beteken Paastyd ook die seisoen van Händel se Messias.

Dié oratorium word onder leiding van Louis van der Watt uitgevoer. Hy dirigeer die Canticum Novum-studentekerkkoor, die USSO-orkes, en die sangstudente van die Departement Musiek. Die resultaat is ’n gevoelvolle en opheffende ervaring.

Dis nie die eerste keer dat ek Händel se Messias hoor nie, maar uit die staanspoor en die eerste akkoorde af verbaas hierdie uitvoering my. Dis tog die seisoen van Passiespele, van lydenstydmusiek? Maar die orkes speel hul bladmusiek met ’n vreugde. En wanneer die tenoor begin sing, is dit nie net ’n lied nie. Dis ’n geloofwaardige profesie:

Comfort ye, comfort ye my people, saith your God.
Speak ye comfortably to Jerusalem, and cry unto her, that her warfare is accomplished, that her iniquity is pardoned.
The voice of him that crieth in the wilderness; prepare ye the way of the Lord; make straight in the desert a highway for our God. (Jesaja 40:1–3)

Wag maar, julle sal sien.

En die gehoor sien. Hulle hóór. Wanneer die koor sing, sing hul met ’n eenvormigheid, en ’n musikaliteit. Hulle crescendo en decrescendo word met groot effektiwiteit benader. Hulle ken die musiek goed, en sing suiwer en met gevoel. Daar is golwe musiek wat meesleur.

Ook die orkes ken hulle musiek, en hulle leef hulle in.

Erik Dippenaar op klawesimbel en Winand Grundling as orrelis is voortreflik.

Die sangstudente sing ook mooi, en veral Lusi Sesanti en Anna du Plessis verdien spesiale vermelding. Daar kan in die toekoms na hierdie alt en sopraan se name opgelet word.

Keaton Manwaring

Die eerste uitvoering van die Messias was ver hiervandaan, op 13 April 1742, in Dublin in Ierland.

Dáár was die lente skugter aan die aanbreek.

Op die kerkkalender in daardie Katolieke land was dit ’n paar weke nadat die mense op Shrove Tuesday hul pannekoeke geëet het en op Ash Wednesday as op hul voorkoppe gesmeer het.

Daardie jaar was Paassondag op 25 Maart. Händel se Messias het gekom vóór die uitspattigheid en die soetigheid van sjokolade: Paaseiers, Paashase.

Hieromtrent lig die internet my ná die vertoning in. Want wat is die agtergrond van hierdie werk, wonder ek terwyl ek luister. Hoekom is dit gekomponeer?

In die Smithsonian se tydskrif lees ek later dat George Frideric Händel nie te erg ingegrawe was by die kerk en sy befondsers nie. Händel het gekomponeer wat hy wou. Eendag het ’n vriend van hom, Charles Jennens, hom versoek om die Messias te skryf. Was dit inderdaad ’n opdragwerk?

Was Händel ’n man wat, net soos ons, vasgevang was in die seisoene van sy tyd, slegs ’n marionet was in die hande van diegene wat projekte befonds?

Wie sal weet, besluit ek oplaas, en wat maak dit saak? Dis nie Händel die mens aan die woord nie. Die komponis, soos die romansier, se storie is waaroor dit Händel.

Händel het die musiek geskep. En jare later is dit aan almal op die verhoog se kundigheid te danke dat hierdie kuns so goed slaag. Welgedaan, Louis van der Watt en al die musikante!

Ek is emosioneel meegevoer terwyl ek saam met die res van die teatergangers opstaan vir die “Halleluja”-koor.

Agterna is ’n koeligheid in die aandlug, die koue seisoen kom nader. Maar daarna, in hierdie land, sal daar weer ’n lente wees. Ná die dood kom nuwe lewe.

  • Naomi Meyer het al dikwels in haar lewe in orkeste gespeel en in kore gesing, en ’n uitvoering soos hierdie het haar met ’n passie na die beste van elkeen van die ervarings laat verlang.
  • Foto's: verskaf

The post Händel se Messias: 275 jaar later appeared first on LitNet.

Hugo Claus, Tom Lanoye, Protea, Vlaandere en Suid-Afrika

$
0
0

Hugo Claus (foto: verskaf)

Na aanleiding van die onlangse Hugo Claus-lesing deur Tom Lanoye in Antwerpen, hiermee my persoonlike ervaring van verhoudinge tussen Suid-Afrika en Vlaandere.

Na my onlangse verhuising na België wonder ek opnuut oor Suid-Afrika en hoe daar van buite, en veral vanaf Vlaandere, na my vaderland en sy toekoms gekyk word. Internasionaal en ook in Europa is daar radikale politieke en kulturele veranderinge. Hoe dit Suid-Afrika en sy internasionale bande en ook sy rol in die geskiedenis sal raak, interesseer my nie net as skrywer van politieke spanningsromans nie, maar as trotse Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner in die hart van Europa.

Aangesien ek ’n diplomaat in België was tydens die oorgangsjare na ons demokrasie (1992–1995) en ’n bewonderaar is van Hugo Claus, een van België se grootste skrywers, oor wie ek ’n MA-verhandeling geskryf het, het die jaarlikse Hugo Claus-lesing deur die bekende Vlaamse literêre figuur Tom Lanoye my aandag onmiddellik getrek. Die onderwerp, “De wetsteen die Mandela heet”, het my oortuig om die trein na die Bourlaschouwburg in Antwerpen te neem. Hoe word die demokratiese Suid-Afrika twee dekades na Mandela vanuit Europa gesien? Is daar nog belangstelling in Suid-Afrika? Wat het geword van die Boere en die interessante variant van 17de-eeuse Nederlands wat aan die suidpunt van Afrika gepraat en geskryf word?

Dat daar al lank ’n besondere verhouding tussen Suid-Afrika, of dan Afrikaanstaliges, en Vlaandere bestaan, is onbetwisbaar. Dit is ook deur Tom Lanoye, ’n skrywer met popsterstatus in Vlaandere, bevestig in sy toespraak. Lanoye woon ’n paar maande van die jaar in sy huis in Kaapstad. Hy ken Suid-Afrika en het bekendheid in Suid-Afrika verwerf met veral die verhoogstuk Mamma Medea (in Afrikaans vertaal deur Antjie Krog) en die Afrikaanse vertaling van sy Kartonnen dozen.

In ’n stampvol Bourlaschouwburg is Lanoye as verhoogkunstenaar op sy stukke. Met kolligte op twee kateders met mikrofone aan weerskante van die donker verhoog sing Ladysmith Black Mambazo saggies in die agtergrond. Dit roer my hartsnare, want die verlange na die sonnige suide is reeds daar. Ek kyk om my rond na die teaterfundi’s en kwasi-intellektuele literati en wonder of hulle soos ek oor Afrika kan voel. Groot applous wanneer Lanoye op die verhoog verskyn. Die Antwerpenaar word graag as die “seun” van Claus beskou en is dankbaar vir die geleentheid, alhoewel hy vooraf laat blyk het dat hy min oor Claus gaan sê. Met humor stel hy gou die gehoor op hulle gemak.

Tom Lanoye (foto: Naomi Bruwer by US Woordfees 2016)

Tom Lanoye is eerlik en dwars en dikwels berekend moedswillig. Hy hou van kontroversie en kan daarmee wegkom. Tussendeur met fyn en soms kru humor trap hy graag op tone en hierdie lesing is geen uitsondering nie. Hy wil by sy landgenote weet hoekom Vlaandere (hy het nooit na België verwys nie) nie soos ander vooraanstaande Europese lande oor sy verlede, en by uitstek oor sy koloniale verlede, kan praat nie. Hoekom word daar in Amsterdam (daar is tans ’n groot tentoonstelling oor die 400-jaar-verhouding tussen Suid-Afrika en Nederland in die Rijksmuseum) en Berlyn en Parys na die koloniale verledes gekyk en nie in Vlaandere nie? Hoekom was daar in Nederland en Brittanje anti-apartheidsbewegings en nie in Vlaandere nie? Hoekom is daar soveel pleine en strate in Nederland en Brittanje na apartheidsleiers vernoem en nie in Vlaandere nie? Lanoye gee wel erkenning aan die pasgeopende stadsbiblioteek van Gent, De Krook, wat met ’n Bikobrug en Miriam Makebaplein spog.

Terwyl hy verduidelik hoe die Vlaminge die Boere in hul stryd teen die koloniale heerser, Brittanje, ondersteun het, word ’n groot foto van ’n sterwende kind in ’n konsentrasiekamp tydens die Boereoorlog geprojekteer. Die Vlaminge (en die res van Europa) het die Boere as helde beskou in hulle stryd teen die Engelse, maar vir Vlaandere het die Boere se verset nog meer betekenis gehad as gevolg van hulle eie stryd teen die politieke en kulturele kolonisasie van die Franse.

Hierdie heldeverering is versterk deur die taalverwantskap met die Afrikaners. Hulle kon Paul Kruger verstaan tydens sy besoek aan België.

Lanoye gooi dan ’n paar gevaarlike klippe in die bos wanneer hy beweer dat talle Vlaminge wat aan Duitse kant teen die Russe geveg het tydens die Tweede Wêreldoorlog, na die oorlog na Suid-Afrika gevlug het, deels om aanklagte van kollaborasie met die Duitsers te ontduik. Kollaborasie is ’n uiters sensitiewe kwessie in België en dit is gevaarlik en gewaagd om hier sulke uitsprake te maak. In Suid-Afrika is hulle met ope arms deur eendersdenkende Afrikaners ontvang. Daardie broederskap is verder gevoer deur hulle steun vir die Nasionale Party na 1948 om apartheid as beleid uit te voer en die "terroris" Mandela en kommunisme te bestry.

Teen hierdie agtergrond begin die liberale skrywer sy chagrin teen bekende Vlaamse politieke en kulturele leiers. Terwyl die foto geprojekteer word van Hector Pieterson wat tydens die Soweto-opstande in 1976 deur Mbuyisa Makhubo gedra word, noem Lanoye die name van bekende Vlaminge wat in 1977 ’n pro-Suid-Afrika-vriendskapsvereniging genaamd Protea opgerig het. Hierdie Protea het niks met die huidige Suid-Afrikaanse krieketspan te make nie.

Hoeveel die gemiddelde Vlaming vandag van Protea en die destydse “Vriende van Zuid-Afrika” weet, is onseker. Miskien juis daarom dat Lanoye dit aan die groot klok wil hang, veral omdat van sommige van hierdie lede bekende en magtige politici en kultuurleiers was en steeds belangrike rolle in die Vlaamse gemeenskap speel. Hy noem name soos Leon Rochtus, wat die Orde van Goeie Hoop ontvang het vir sy antiboikot-aktiwiteite en ander Protea-stigterslede, soos Andre Vlerick, Clem de Ridder, Karel Dillen en Bob Maes. Hy beskryf hierdie mense as misdadigers, met die enigste toegewing dat hy miskien Protea se impak oorskat danksy sy eie warmbloedigheid.

Toevallig was een van my take as diplomaat in Brussel om met hierdie “vriende” bevriend te raak en hulle dan te “ontvriend”. Ek moes hulle oortuig dat “Die Stem” nie meer die nasionale lied is nie en dat die vlag verander het en dat daar ook ander mense as wit Afrikaners in Suid-Afrika is. Lanoye se argumente en my destydse pogings blyk twyfelagtige sukses te gehad het, as in ag geneem word dat “Die Stem” steeds (hierdie jaar vir die 80ste keer) tydens die Vlaamse Nasionale Sangfees deur duisende Vlaminge saam met die Nederlandse volkslied en die “Vlaamse Leeu” (’n nasionalistiese lied wat gebruik word deur persone wat hulle vir Vlaamse nasionalisme en ’n onafhanklike Vlaandere beywer) gesing word. Ek het self in 1994 as diplomaat daar gestaan met die nasionale TV-kameras op my gefokus as verteenwoordiger van Suid-Afrika. Met ’n hart vol emosie en gemengde gevoelens het ek nie saamgesing nie.

Lanoye vind dit goed dat daar steeds meer kritiek is op Nelson Mandela en die politieke foute wat hy gemaak het. Volgens hom het die res van die wêreld Mandela as die Messias en redder van Afrika aangegryp om van hulle eie skuldgevoelens ten opsigte van Afrika te ontsnap. Dit het myns insiens ook vir blanke Suid-Afrikaners gegeld; ek self het die eerste demokratiese verkiesing as ’n groot bevryding ervaar. Terwyl Lanoye oor Mandela praat, word die ikoniese foto’s van Nelson en Winnie Mandela op ’n balkon bo die Leidseplein in Amsterdam voor derduisende juigende Nederlanders getoon. Ek was bevoorreg om Nelson Mandela te ontmoet en die foto bring heimwee en opnuut herwaardering vir die ontsaglike versoenende rol wat hy gespeel het. Vir dié wat al vergeet het of te jonk is, gaan kyk maar na die film Invictus, al is dit die Hollywood-weergawe. Die meeste Suid-Afrikaners hunker terug na hierdie dae, al het die euforie van bevryding in die waas van die wen van ’n Wêreldbeker vir rugby en ’n Afrikabeker vir sokker verdwyn. Alles waaraan ons geraak het, het in goud verander.

Een positiewe verwikkeling en demonstrasie van Vlaamse betrokkenheid (al was dit laat), was die opleiding van Suid-Afrikaanse tolke in Vlaandere vir die Waarheid-en-Versoeningskommissie. In die gees van versoening kon politieke vyande, slagoffers en beskuldigdes in hulle moedertaal voor mekaar en die oë van die wêreld om vergifnis en amnestie van kriminele vervolging pleit. Tom Lanoye vertel hieroor trots hoe ’n kern van Suid-Afrikaanse tolke professioneel in Antwerpen opgelei is sodat alle Suid-Afrikaners in hulle moedertaal kon getuig. Hy brei met emosie uit oor hoe hy self vir hulle gekook het en hoe hy later waargeneem het hoe tolke uiters professioneel onder groot druk getolk het ten spyte van hulle eie hartseer en emosies ten tye van die amnestieverhore. Vlaandere het boonop vir al die opleiding en toerusting betaal en sedertdien was daar voortgesette kontak met betrekking tot die professionele opleiding van tolke deur onder andere samewerking en befondsing vir die Universiteit van die Vrystaat. Dit was seker een van die belangrikste bydraes en nalatenskappe van Vlaandere tot demokrasie in Suid-Afrika. Die Waarheid-en-Versoeningskommissie was ’n voorbeeld vir die wêreld hoe om met ’n nasionale trauma om te gaan en vorentoe te beweeg.

Lanoye keer terug na sy eerste punt wanneer hy sê dat hy eintlik nie dink Vlaandere gaan veel baat deur nou straatname en pleine na anti-apartheidshelde te vernoem nie. Net soos strate en pleine ná die Boereoorlog vernoem is na Transvaal en Paul Kruger en Steyn, gaan nuwe naamgewing nie Vlaminge help om bestek te neem van hulle skuld en koloniale verlede nie. Ek vind dit persoonlik ook onsinnig om mense op hierdie wyse te herdenk; ek herinner my hoe dit klink as jy soggens oor die radio tydens die verkeersverslag in Kaapstad hoor “Jakes Gerwel is congested this morning” of “Nelson Mandela staan doodstil op pad uit die stad uit.”

Een van die redes hoekom Lanoye net na Vlaandere en sy skuld verwys en nie na België nie (dink aan die kolonisasie van onder meer die Kongo en Rwanda), gaan ironies genoeg oor taal. Franssprekende België (Wallonië) het nog nooit in Suid-Afrika belang gestel nie. Eintlik ook nie in die Kongo of Rwanda na onafhanklikheid van België nie, maar dit daar gelaat vir nou. Lanoye se betrokkenheid by en belangstelling in Suid-Afrika is oor taal, en by name die Afrikaanse taal.

Die belangstelling in Vlaandere en Nederland in hierdie moderne Germaanse taal wat in suidelike Afrika lewe en bruis met sy eie letterkunde en grammatika en woordeboeke, fassineer Nederlandstaliges. Net soos talle groot Afrikaanse skrywers deur die Nederlandse letterkunde geïnspireer is, is mense soos Tom Lanoye, Herman van Veen, Stef Bos, WF Hermans en ander skrywers en kunstenaars van die noorde deur Afrikaans verlei. Toe ek vir Hugo Claus tydens ’n Claus-toneelfees in Rotterdam ontmoet het en hy hoor ek is van Suid-Afrika, het hy opgewonde vertel hoe hy Afrikaanse liedjies op skool leer sing het.

In Nederland en Vlaandere is daar groot belangstelling onder studente en kies talle taalstudente Afrikaans as vak. Veral in Amsterdam, Gent en Antwerpen (waar ek verlede jaar 27 derdejaarstudente gehad het) word die grammatika en letterkunde ywerig bestudeer. Daar is gereelde uitwisseling van skrywers en akademici tussen noord en suid en talle feeste waar Afrikaans sentraal staan.

Die kritiek van Lanoye teen pro-Suid-Afrika-organisasies van die verlede kan miskien ietwat getemper word as gekyk word na die uitkomste van talle van die besoeke en interaksies. Besoeke deur sangers (soos Jannie du Toit, Laurika Rauch, Amanda Strydom, Annari Breed) en skrywers en talle studente en akademici wat deur soortgelyke organisasies bemiddel is, het bygedra tot die interaksie en belangstelling wat deur taal moontlik gemaak word. Insgelyks het die wedersydse vertaling van groot literêre werke kennis en waardering vir die andere kulture gebring. Of dit gepraat of gesing of gelees word, taal word nie deur dogma of politiek bepaal of beperk nie.

Lanoye se finale pleidooi aan die einde van die Hugo Claus-lesing is dat daar in België, soos by ander voormalige koloniale moondhede ’n tentoonstelling gehou word waar na die rol (en skuld) van die staat in die buiteland gekyk word. Nie net vir “awareness” nie, maar vir kennis en nugter wete – die teendeel van “feiten wegmoffelen door er collectief over te blijven zwijgen. De eeuwige Vlaamse omerta die Hugo Claus zo treffend beschreef in Het verdriet van België.”

Tentoonstellings en refleksie oor skuld en kolonialisme is goed. Net so is samewerkingsakkoorde tussen state en stede, maar ons het nie amptelike verdrae of skulderkennings of belydenisse deur politici nodig om bande en verhoudings van die hart te smee nie. Deur die wedersydse toeganklikheid van Afrikaans en Nederlands is ons verseker van die ewigheidswaarde van poësie en prosa en toneel en musiek van ’n groter en grootser werklikheid, ontdaan van die beperkinge van mense of kleur of tyd of landsgrense.

Tereg, dan, dat Tom Lanoye die lesing afsluit met ’n pragtige voordrag van een van Hugo Claus se mooiste liefdesgedigte, “Nu nog”. Lees dit asseblief.

Hier is ’n YouTube-voorlesing van die gedig:

  • Quintus van der Merwe is ’n ouddiplomaat in België, skrywer en tans woonagtig in Gent

The post Hugo Claus, Tom Lanoye, Protea, Vlaandere en Suid-Afrika appeared first on LitNet.

Viewing all 22054 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>