Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21831 articles
Browse latest View live

Die demokrasie is wonderlik ... veral wanneer dit ’n denkwyse dien

$
0
0

Alhoewel ek aanklank by sommige van Donald Trump se uitsprake gevind het, het ek nie verwag wat hy vermag het nie. Daarom het ek feitlik die hele naweek van sy inhuldiging voor die boks deurgebring en my keer op keer vervies vir die blatante kant kies en tirade deur CNN (Clinton National News, soos Trump nou die dag na hulle verwys het) teen hom, ’n kanaal wat ek gereeld in die verlede opgesoek het. Ek het ander kanale besoek soos AJ en Sky, maar het maar weer teruggekeer na CNN omdat die aanslag orals eenders was.  

Sedert die uitslag het hierdie kanaal (en die ander) alles in die stryd gewerp om die uitslag te probeer omkeer, so asof hulle dit sou kon doen. Sowat van anti-Trump retoriek, propaganda, “Russian involvement in the election”, “leaked documents from a reliable source” (in die CIA) en ‘fake news’ het ek nog nooit in my bestaan teenoor ’n pasverkose leier enige plek ter wêreld beleef nie. Elke stukkie positiewe inligting oor Trump en sy verkiesing, planne, beleid en voornemens is negatief geanaliseer, uitmekaar getrek en verdag gemaak. Elke programleier en paneel het ’n karikatuur van die man geskilder, daar is gesanik oor sy belastingaanslag, minagtende en sarkastiese op- en aanmerkings feitlik deur elkeen. Sy aanvaardingstoespraak is ingelyks uitmekaar getrek en vertrap. Hoe kan hy dit durf waag om te sê dat die Mexi’s “drug lords, rapists, criminals” en baie “bad dudes” is?  hoe kan hy sê dat daar iets soos “illegal immigrants” is, “radicalized Islamists” is. “American society today is inclusive”! Die Muur, o die Muur! En vele meer. Vergeet is die feit dat Obama alreeds met die muur begin het.  

CNN het nooit beswaar gemaak teen Hillary Clinton se onsmaaklike beskrywing van die wat teen haar stem of sou stem as “deplorables” nie. Sodoende het hulle hul vooroordeel en partydigheid openlik bevestig en hulle daarmee versoen dat almal wat vir Trump (’n ander denkwyse) gestem het, “deplorable” is. Vanoggend nog breek die nuus dat Wiki-leaks inligting gelek het oor die CIA se “hacking tools”, wat hulle in staat sou stel om “false footprints” op webwerwe te los. En CNN ag dit nie nuuswaardig nie al is daar ’n amptelike ondersoek daarna ingestel. Persoonlik het ek nog nie gehoor dat Wiki-leaks se inligting “fake news” is nie.

Dan moet ’n ou nie vergeet van die insette van die siele van die “Make-believe-world” nie. Hollywood. Die ‘gesiene’ Dames en Here van kammaland wie graag erg nederig op rooi tapyte pronk en wie se uitsprake as gesaghebbend, baanbrekend en tyd-ver-vooruit  geag word, wat as’t ware van intellektuele insig drup, is op elke anti-Trump verhoog. Dit wemel van Meryl “that’s a deep question” Streep retoriek en om van ou “film producer” Moore se “insigte” nie eens te praat nie. Dan is daar so wragtig ’n vername iemand se versugting “somebody should shoot him” (vir Trump). Dit in ’n Amerika met sy baie versteurdes met wettige lisensies vir uiters gevaarlike vuurwapens, wie homself sal kan sien as ’n “eternal hero” wat die nasie van ’n despoot gered het. Die baie opruiende anti-Trump toesprake, die meeste deur die helde van die “Makebelieveworld” en die leiers van protesoptogte wat tot onluste ontaard.

Trump se standpunt dat hy net soveel, indien nie meer nie, ondersteuners by sy inhuldiging gehad het as Obama, ontlok ’n verwoede CNN aanslag en word dit voorgehou as bewys hoe Trump kan lieg. Hulle vergelyk die twee inhuldigings heeldag deur, wys beeld materiaal. Hy word afgemaak as ’n “political juvenile” ’n ander ou dink “political delinquent” (misdadiger).

Die anti-Trump optogte en onluste hou dae lank aan, aangevuur deur die media en gerugsteun deur, soos ’n Republikein dit stel, “professional rioters on the payroll of the democrats sponsored by that liberal billionaire  ...” (ek het sy naam vergeet).

Dis mos sedisie, hierdie media-opstand teen ’n ingehuldigde wettig verkose regering.

Dit moet vir hierdie liberaal-humaniste van die wêreld ’n doring in die vlees wees, hierdie ver’regsing onder die sogenaamde populiste. Wie gee in elk geval Hollywood en die media van die wêreld die reg om namens al wat leef en beef regerings voorskriftelik te wil wees oor die rigting waarin die mensdom behoort te  beweeg. Is hulle miskien die beleidsbepalers, rigtingaanduiers? Te hel met “diversity” sê hulle, alles moet “inclusive” wees. Geen grense, alles oop, vrye toegang en beweging en doen, vrye als. In die EU skop die ‘populiste’ vas, Brexit is op die kaarte en by die huis skeur ‘The Donald’ die een ekonomiese samewerkingsverdrag na die ander, die fondament van globalisering, op en gáán ’n muur bou.

Die lib-humaniste sit kietsregop en ruk en pluk die kot en smyt alles uit. En wat sê Trump nou onlangs voor die Kongres, “ I don’t want to be a leader of the world, I want to be the  leader of America”. Ek dink aan dekades gelede se anti-New Age baklei, onthou jy, die volgende stap na globalisering? “One World Government” en daarmee saam, “One World leader”. Dis seker nog maar waarnatoe die lib-humanistiese gedeelte van die Westerse beskawing hunker. Dan is daar nog die Islam met sy Teokrasie-ideologie.

’n Ironie is dat Hollyweed (soos die ‘grafitti-artists’ dit onlangs wou hê) nie soek na “diversity” in die samelewing nie maar wel in die Oscars wat uitgedeel moet word. Eers uitbundig gejuig oor Lala land en toe juig hulle te midde van die grootste fiasko in Oscar-heugenis. Het jy gesien hoe die oogwimpers op en af klap op die glans van vals verruklikheid op verhooggeïnduseerde gevrete? Maar die ‘weed’ het ander se breine berook en min kon gou uitwerk wat de hel nou aan die gang is. Toe dring dit deur, ‘Moonlight’ en “diversity”(’n Hollywood-teenstelling) het geseëvier, eersgenoemde is op die media-geïnspireerde en gewaande “vice-list” van “not my president”. In die daaropvolgende onderhoude is die ‘cast’ van ‘Moonlight” gaande oor die nuwe “diversity” tendens. En ek wonder onwillekeurig of daar nog so iets soos ’n ware beste of opregte eerste plek, ’n onteenseglike wenner is, of is dit nou die norm dat daar net tweede en derde plekke sal wees? Hoekom is daar nou na verlede jaar se Oscar-bohaai ewe skielik “diversity”?

Terug by Trump. Die volgende dag, die Sondag na sy inhuldiging is daar die wêreldwye vroue-optogte. Kan nie onthou wat die dag genoem is nie, maar ek het dit as ’n CNN ‘spontane wêreldwye en algemene vroue anti-Trumpdag (oor sy “locker room talk”)’ voorstelling beleef, dieselfde Mister Moore is op ’n verhoog met ’n ridderlike en woeste anti-Trump tirade besig. CNN se “crew” hou die kamera op hom toe iemand sy aandag luid aan sy regterkant vereis. Die kamera “pan” op haar in. En daar blyk dit toe dat CNN die pot mis sit. “Mr Moore, bulder sy met haar ‘boys-cut’, I am a feminist and this is what the march is all about!” (’n uitsluiting hier?) Later in ’n onderhoud met ’n ander ‘boys-cut’ spreker kom ek agter dis eintlik ’n LBGT georkestreerde wêreldwye optog teen Trump, uit ’n gewaande vrees vir wat hy met hulle mag aanvang. Hier is iets “missing” dink ek by myself, maar kon nie dadelik my vinger daarop lê nie. Nog ’n boys-cut uit ‘down-under’ praat ook van LBGT. En toe val dit my by, ek is seker daar was ’n Q in die akroniem. Verlede week word dit op CNN bevestig. Hierdie vroue menseregte-aktivis praat toe van die “LBGQT community”. Wonder wat dink die Q-manne hiervan?  Daar was min (Q?) manne by die LBGT “marches”, pas hulle nie hier in nie, is hulle ook uitgesluit? Is “diversity” ter sprake?  Maar ’n interessante ding wat my oog gevang het, wêreldwyd daar was geen Moslemvrou tussen die optoggangers te sien nie! Hoekom nie?  

Is die media nie veronderstel om te rapporteer oor nuusgebeure nie? Nuus is mos ’n gebeurtenis, gister, vandag en môre. Die media is mos nie soos reeds gesê, beleids- of rigtingbepalers nie, hulle moet net verslag doen. Hulle kan mos nie aan die mensdom voorskryf, of soos Hollywood daarop aandring oor hoe die mensdom sy energie moet aanwend nie.  Alle nuusberigte is subjektiewe relase, geskryf deur enkelinge, vanuit sy/haar eie perspektief en hoe hy of sy voel en dink dinge behoort te gewees het.  Het die wêreldwye media en Hollywood hul eie ideologie?

Niemand behoort my te probeer manipuleer of voorskryf hoe ek moet dink oor dinge nie, en as ek dan nie saamstem met hul siening nie, iemand te wil aanpor om my te moet “shoot” nie. Laat die mensdom-dinamiek met rus. Dit is nie veronderstel om in ’n spesifieke rigting en/of denkwyse gemanipuleer te word nie. Verstaan die wêreldmedia (CNN) die begrip media-vryheid reg, indien wel, hoekom dan net liberaal-humanistiese denkwyses/ideologieë voorstaan?

Daar was nie sonder rede ’n verwarring by Babel nie.

Groetnis

Raed-na-Gael.

 

The post Die demokrasie is wonderlik ... veral wanneer dit ’n denkwyse dien appeared first on LitNet.


Afrikaans spesiaal vir Jan Rap

$
0
0

Daar is die grappie oor die oubaas op sy sterfbed wat met laaste sy asempies die opgekommandeerde familielede een vir een betrag en dan verneem “en waarnatoe gaan julle?” So dink ek aan Jan Rap en Afrikaans.

Ek tel my geliefkoosde Afrikaanse Sondagkoerant nou die Sondag op en voel dat hy lekker lyf het, vandag is hy sy geld werd, sê ek ingenome aan wederhelf. By die huis val blaaie en blaaie advertensies uit en halveer sy lyf net daar. Een in boekvorm tref met “Skoonheids” in wit op ’n rooi agtergrond en ek gooi dit met owerspelige gedagtes op die mat neer (om die skoonhede later te waardeer).

 Toe die geleentheid hom later voordoen, trek ek hom nader en kom tot my teleurstelling agter dat daar nie skoonheid staan soos in skoonhede nie, maar dat dit advertensies bevat wat die vroue probeer oortuig om roompies en salfies en goetertjies aan te skaf om in daardie skoonheid te ontwikkel, maak nie saak hoe stomp haar tanne is nie. Dit lui eintlik skoonheidsfees, met “fees” skuins onderkant baie kleiner gedruk. Daar is mos vir elke liewe ding ’n fees, elke week letterlik iewers in die land.  

 Hierdie skoonheidsfees-bylaag Jan, is in Afrikaans, geheel en al. Altans, dit was seker die bedoeling daarmee. ’n Mens moet seker die eienaars van die brosjure soort van dankbaar wees of hoe?

Die advertensies lui as volg en almal word nie hier weergegee nie:

Multi-Active Pak bevat : Sagte Skuimreiniger, Multi-Active Nagroom. R645.               

Ekstra Firming Pak bevat: Dagroom, Extra-firming Nagroom. R815               

Super Restorative Pak bevat: Super Restorative Nagroom, Dagroom en Sagte Skuimreiniger. R1240 vir altesaam 95ml se roompies.             

48hr Anti-perspirant Behandeling.               

En hier kon die vertaler nie bykom nie “Advanced Daily Dark Spot Corrector”.               

Maar hy kom te voorskyn met “ Mineralizing Water”. Die watertjies word aangebied teen R158 vir 150 ml.

In ’n ander ou se produkte is Bronwater (Spring Water) die ‘aktiewe’ bestanddeel.

Daar is iets soos Sysagte Lyfroom en Purifying Reinigingsjel.                

Daar is drievoudige teenveroudering-krag in een behandeling wat her-verdig die dermis-epidermis verbindinge en maak die vel weer plomp. (plomp?)

Daar is iets wat geen “potensiële prikkelmiddels soos parfuum, preserveermiddels of gluten bevat nie en is ook vir nikkel-sensiwiteit getoets” (ek wonder of dit vir oujongnooiens bedoel is).          

Daar is Mat Vogroom (Pore Refiner), net so geskryf.                

En Mat Vogroom (CC Cream)               

Opthydra Vogroom ...?               

Sy kan bevog met 5 tipes aktiewe hialuroonsuur (?) of stimuleer met phyto-kompleks bevogtiger en verhelder met spesiale fokus poeiers.                

Die volgende is taai op veroudering en sagkens op die vel:

Rich Lifting Remodelling Balsem.

Repair Filler Nagroom

Prime Revitalising Smoothing Room

Skinergy Perfecting Konsentraat

Daar is iets soos biomagnetiese microafskilfering en laegraad laserterapie in spesiaal-ontwerpte gesigbehandelings.

Anti-Ageing Rejuvenation is: intensiewe, stimulerende en verfermende behandeling.

Hydrating: Kits-bevogting vir enige tipe vel, insluitende verouderde velle. (velle? arme ouma.)

Age-Defying: is ’n gespesialiseerde velsorgreeks wat fyn lyntjies, plooie, ouderdomsvlekke en sakkerige vel teenkamp.

Daar is ’n sterk kollageen-opkikker met nuwe super-peptides om die vel se jeugdige metabolisme aan te wakker.

**** verbeter elastisiteit en plomp diep plooie op.

**** verskaf langdurige bevogting om ekstra droë, sensitiewe vel te help verlig en beskerm.

Daar is ’n Veerligte Bevogtiger, ’n vloeiroom-serum, ’n Targeted Dark Spot Verbloemer-Behandeling, daar is ’n stelsel om die hooftekens van veroudering hok te slaan, daar is reinings-water 400ml @ R65

En Jan, indien jy bekommerd is oor jou tanne, daar is ’n Kragborsel: Klinies bewys voortreflike 3D skoonmaak Aksie ossilleer, roteer en puls op te breek en verwyder gedenkplaat beter as ’n gereelde handleiding tandeborsel (seker ’n rekenaarvertaling). R995 en dan spaar jy nog R300.               

Hulle was darem bedagsaam. Vir ingeval die kliënt nie mooi verstaan nie, het hulle ’n pragtige, duidelike volkleurkiekie van elke buisie, botteltjie en houertjie naas die beskrywing geplaas. Soos die ouens op die TV-kanaal altyd sê, dis nie noodwendig hul sienswyse nie, kan die eienaars van my geliefkoosde Afrikaanse Sondagkoerant ook sê hulle staan nie pa vir die gebrek aan taalvaardigheid nie. Hulle word betaal om die brosjure saam met die koerant te versprei, maar darem.

Nou ja, groetnis

Raed-na-Gael.

 

The post Afrikaans spesiaal vir Jan Rap appeared first on LitNet.

LitNet: Wys

US Woordfees: Ryk Hattingh is almal se vriend

$
0
0

Ryk Hattingh is terug met ’n knal. Die eerste keer in 19 jaar klink sy stem soos uit die dood weer op in die Afrikaanse letterkunde.

Tydens die Woordfees het hy die gehoor aan sy voete gehad met sy rou, eerlike vertellings oor sy veelbesproke lewe.

Resensente is gaande oor Huilboek wat onlangs uit sy pen verskyn het, en met goeie rede.

Huilboek speel af tussen sy lewe vandag in Nieu-Seeland waar hy die afgelope jare skoene regmaak om kos op die tafel te sit en sy kinderjare aan die Oos-Rand van die ’60’s.

Die titel verwys na die boekie waarin hy as miserabele seuntjie elke keer ’n kruisie moes maak as hy huil. Op ’n slag 105 keer op een dag, het sy ma eenkeer vertel. “Kan jy dit glo? Honderd en vyf keer op één dag. Magtag maar hy is ’n irriterende kind! Ek weet nie hoe ek dit met hom hou nie. Jy kyk skaars na hom dan bars hy in trane uit,” het sy ma destyds vertel.

“Dis ’n befokte naam vir ’n boek. Huilboek. Ek kan nie glo iemand het nog nooit daaraan gedink om ’n boek so te noem nie,” sê Ryk dié week in ’n byna volgepakte Boektent.

Die bladsye van sy eie huilboekie met honderde kruisies lyk “soos ’n begraafplaas van ’n vierjarige seuntjie op die Oos-Rand”.

“Ek was mislik en het heeltemal te veel vrae gevra en so aan, maar ek was nie boos nie.

“Ek sou darem graag ’n paar woorde met my pa wou wissel. Ek sou graag wou weet hoekom hy nie van my gehou het nie. Want ek dink nie ek was regtig so sleg nie. Ek het nou wel baie gehuil.”

As volwasse man is Hattingh nie skaam om sy diepste gevoelens rou en eerlik met sy lesers en gehoor te deel nie.

Ryk Hattingh (Foto: Gerrit Rautenbach)

Kan jy nou dink, sê die man wat op ’n stadium onderwys gegee het op Knysna: “Jy gee Afrikaans op Knysna. God man!”

Met sy boeke het hy nooit geld gemaak nie. Vandag is geld ook nie vir hom belangrik nie. Hy het ’n hekel aan materialisme. Hy wil net leef en ná sy moeilike kinderjare die lewe ten volle leef en geniet saam met sy gesin in Nieu-Seeland.

Sy kinders weet nie eers waarom Suid-Afrikaners so gek is oor hulle pa se skryfwerk nie. “Whatthefuckdad!” sê sy seun toe hy hoor sy pa is spesiaal Woordfees toe genooi vir die bekendstelling van sy boek en die opvoering van sy toneelstuk Sing jy van bomme, wat ook tydens die Woordfees opgevoer is.

Onder die koeltebome by die Plataankafee in Stellenbosch staan sy bewonderaars tou om met hom te gesels en vir elkeen maak hy tyd.

Soos die toeval dit wou hê, woon hy in dieselfde gastehuis as AfriForum se baas, Kallie Kriel. Twee Suid-Afrikaners wat op feitlik elke gebied van die lewe so ver van mekaar verwyder is soos oos en wes, maar Ryk kry dit reg om selfs met Kallie vriende te maak.

Ryk Hattingh en Kallie Kriel (Foto: Jean Oosthuizen)

Kort voor sy praatjie sit ek saam met hulle twee ’n bier en drink en verstom my aan die spontane hartlikheid waarmee hulle met mekaar gesels, asof hulle mekaar al jare ken en dik pelle is.

Sy hele lewe lank hou hy Ryk dagboek. Elke dag skryf hy met die hand iets in sy dagboek en wanneer hy regtig skryf, doen hy dit gewoonlik in die nag.

“Die wêreld is vir my ’n verskrikking in sy wese. Om te skryf is my verweer teen dié verskrikking. Here, maak dit sin?” vra hy.

Die dominees het hul bes gedoen om om hom te oortuig van die bestaan van hemel en hel en dat hy sonder die geloof in Jesus as die seun van God ’n goeie kans het om hel toe te gaan.

“Ek het egter vroeg reeds eenparig besluit ek kan my nie ophou met dit en wat met my gaan gebeur ná my dood nie. Hulle woorde het op onvrugbare grond geval.”

Huilboek is ’n outobiografiese werk waarin hy vir die eerste keer ook ’n stem probeer gee aan Outa Toon, sy swart maatjie uit sy kinderjare. In daardie opsig is die boek volgens hom ’n mislukking, “want ek kan nie regtig aan hom ’n stem gee nie. Dis net nie moontlik nie. Hy het uit my lewe verdwyn.”

Ryk het al die pad van Nieu-Seeland spesiaal Stellenbosch toe gekom vir die bekendstelling van sy boek en hy het die gehoor soos klei in sy hande gehad toe Antje Krog met hom gesels oor sy boek en Jana Celliers daaruit voorlees.

Ryk sê Huilboek is vir hom die hoogtepunt van sy skrywersloopbaan. En hy is nog lank nie klaar geskryf nie. Die jare lange stilte van sy kant is deels daaraan toe te skryf dat hy hom eers in sy nuwe vaderland moes vestig en ook ’n nuwe ambag onder die knie moes kry met sy winkel waar hy skoene regmaak.

“Ek gaan nog baie boeke skryf. Ek sal nooit ophou skryf nie. Ek sal hulle opfok tot die dag wat ek doodgaan,” sê die man wat nie huiwer om ongeregtigheid en brutaliteit aan die kaak stel nie. Selfs nie die “doos” van ’n pa wat hom as kind so geslaan het s’n nie.

Met Huilboek nooi Hattingh jou soos ’n troue vriend tot binne-in sy hart om saam met hom te stap deur die pad van sy veelbesproke lewe.

Jy wil saam met hom lag en saam met hom huil, soos almal wat by die Woordfees saam met hom om ’n tafel kon sit en bier drink.

The post US Woordfees: Ryk Hattingh is almal se vriend appeared first on LitNet.

Hoener met die rooi skoene, ’n mening

$
0
0

Hoener met die rooi skoene

Regie: Koos Roets
Draaiboek: Koos Roets
Spelers: Lida Botha, Deon Lotz, Lizz Meiring, Dorette Potgieter, Louw Venter, Andre Weideman

As resensent word mens onderwerp aan ’n spektrum van films. Van goed tot sleg. Meestal kyk ek die films klaar oor ek verantwoordelikheid voel teenoor die regisseur, die akteurs en die produksiespan wat soveel tyd en moeite ingesit het. Ek wou na 20 minute van Hoener met die rooi skoene uitstap. Ek het na 40 minute uitgestap.

Ek het niks positief om te sê oor die film nie.

Dit voel of dit oor ’n naweek in ’n vriend se huis geskiet is. Die kamerawerk is swak. Die kunsdireksie is vaal. Die toneelspel is stokkerig. (Lizz Meiring het my nog nooit soveel geïrriteer nie.) Die draaiboek is belaglik. Die kamees deur bekende sangers is afgesaag en oortollig. Die film is nie snaaks nie. Daar is geen spanningslyn nie. Die kyker gee nie om vir die karakters nie.

Die lys gaan aan.

Hoener met die rooi skoene dra ongelukkig niks by tot die groeiende, opwindende Suid-Afrikaanse filmbedryf nie.

The post Hoener met die rooi skoene, ’n mening appeared first on LitNet.

Kan ’n skrywer ’n ander kultuur se hoed opsit?

$
0
0

Op 9 Maart het John Miles, Sylvia Vollenhoven en Jolyn Phillips in die ATKV-Boektent met Bettina Wyngaard gepraat oor identiteit en kulturele appropriasie in fiksie. Die vraag ontstaan of dit vir ’n skrywer moontlik is om werklik in ’n ander kultuur se skoene te klim wanneer hulle daaroor skryf.

Bettina Wyngaard

 

Oor kultuur

“Ek kan myself ’n African noem, maar nie ’n Afrikaner nie. Die twee woorde kan nog nie mekaar se skoene aantrek nie.” Jolyn Phillips, wie se TjiengTjangTjerries onlangs verskyn het, is bewus daarvan dat ons nog sit met woorde wat ou definisies uit die vorige bestel het. Mense se stories is diep in die grond ingetrap. Sy voeg ook by: “Die woord ‘kultuur’ gly deur my hande; dis soos om water te probeer vashou.”

Sylvia Vollenhoven vertel dat sy verskeie vriende het wat Mohawks of sogenaamde native Americans is. Sy sidder om te dink aan wat hulle sou sê as hulle ooit in die Spur sou kom en hoe skaam sy sal kry oor die stereotipe wat daar uitgebeeld word. Vollenhoven, skrywer van Keeper of the Kumm, sê dis belangrik om te onthou hoe versigtig jy moet wees wanneer jy ander mense se stories skryf. Veral wanneer jy skryf oor iemand se trauma, vernedering of verlies, kan dít wat jy skryf die persoon weer van vooraf seermaak. Die skrywer moenie deel raak van die probleem nie.

John Miles

John Miles, wie se Op ’n dag, ’n hond onlangs verskyn het, gesels oor die dele van mens se kultuur waaroor jy geen beheer het nie. As wit Afrikaanssprekende het hy geen beheer gehad oor sy geboorte, moedertaal of kleur nie. Die mens bestaan egter uit ’n bondel identiteite en geen groep is homogeen nie. As mense dus aannames maak op grond van enige van sy eienskappe, moet hulle hom die kans gee om te antwoord en hulle opinies uit te daag.

Oor die skrywer se stem

Vollenhoven vertel hoe sy as joernalis baie keer ervaar het dat haar stem nie gehoor is nie, as gevolg van haar velkleur. Toe die Voëlvry-beweging egter dieselfde goed begin sê wat sy gesê het, toe luister die hele wêreld skielik. Sy het egter nooit daaraan getwyfel dat haar stem belangrik is nie en wou haarself bemagtig.

Oor toestemming om iemand se storie te skryf

Bettina Wyngaard opper die vraag: “Hoekom moet ’n wit man my storie skryf as ek dit self kan doen?” Sy rig dan die gesprek in die rigting van toestemming wanneer jy oor ander mense stories skryf.

Sylvia vertel dat haar onderwerp (Wilhelm Bleek en Lucy Lloyd se taaloptekening) se data uit ’n argief kom wat vrylik beskikbaar is. Sy moes toestemming om die boek te skryf dus nie van mense kry nie, maar eerder spirituele toestemming van haar voorouers kry.

Jolyn Phillips

Jolyn sê haar karakters is nie een mens nie, maar soos ’n gelapte broek wat bestaan uit die eienskappe van ’n klomp verskillende mense. Sy glo ook dat daar nie slegs een waarheid is nie, maar verskeie waarhede. Toestemming is nie ter sprake wanneer jy alles om jou inneem en elemente daarvan gebruik om een storie of karakter te skep nie.

Bettina sluit aan by Jolyn wanneer sy sê dat die leser ook sy eie waarheid uit elke storie kry. Twee getuies kan byvoorbeeld in die hof dieselfde storie op twee heeltemal verskillende maniere weergee.

Oor taalkeuse

Bettina vra vir Jolyn en Sylvia waarom hulle besluit het om in Engels te skryf.

Jolyn reageer eerste en sê dat alhoewel haar kortverhaalbundel nie uitsluitlik in Engels is nie, beskou sy taal as ’n fiksionele instrument. Sy gee vir haar karakters hul eie taal. As mense haar vra watter taal TjiengTjangTjerries is, sê sy vir hulle hulle moenie vra watter taal dit is nie, hulle moet net die taal kom leer. Sy sien nie taal as ’n lineêre verskynsel nie, maar eerder as ’n sig-sag-entiteit. “As iets ’n reguit lyn het, beteken dit hy’s dood, en ek wil my nie in ’n dooie taal inskryf nie.”

Sylvia Vollenhoven

Sylvia reageer volgende op Bettina se vraag. Sy sê dat haar ma haar in ’n Engelse hoërskool ingeskryf het omdat sy geglo het jy kan nie werk in die Kaap kry as jy nie Engels kan praat nie. Toe sy begin skryf het, het sy haar ook afgevra wie haar gehoor is en hoe sy hulle kan bereik. Sy het besluit Engels is die beste medium om haar boodskap in oor te dra.

Sylvia sluit af deur die slotsin uit haar boek aan te haal: “If Africa is the birthplace of humanity, we are all children of the San.”

The post Kan ’n skrywer ’n ander kultuur se hoed opsit? appeared first on LitNet.

Huis, woning, tuiste: Jean-Marie Potgieter se inskrywings

$
0
0

jou huis is waar jou hart is

jou huis is waar jou hart is
maar gelukkig het ek
hulle nie geglo nie
omdat ek weet
hoe my mense is:
hulle is kak
en my huis is waar my smart is
ek swerf nomadies rond soekend
na stilte substansie sekerheid
elke huis het sy kruis
en elke paradys het sy prys

 

Principium

Ek dink nogal baie saans aan jou
as die hoep-hoep na sy maat roep
en ek eers half-twee my lig afsit
my duvet oopvou en inkruip
na die wêreld waar ons eens was.
Ons het rondomtalie gery en jy het weer
al die liedjies van my kindertyd in my laat oprys.
En ek skree steeds teen die eggo’s wat saans
saam met my kom lê en later al hoe meer
prominent weergalm het soos die wêreld draai
maar in jou sal ek my pantser vind en kan ek hard
probeer om hom makliker af te weer en bid ek om
ten spyte van die reën te kan lag selfs wanneer
Jakkals hoereer met Wolf se vrou.

 

Karoohart

die woestynwind se kermskree
vergroot slegs die heimwee
en ek sal wonder waar is die slag
van donder en ’n swart nag
waar sypels ons dorre grond
slukkend laat oorloop in mond

en siel, want God het ons gemaak
sodat ons ook kan saak maak
met son en wind in reën
sonder om te sterf alleen
in ’n hopie wit bene
stikkend aan ons moderne gene

are loop deur velde van gloedrooi
die herinneringe lê veraf gestrooi
terwyl trane in sere gedompel
word, want die karoo strompel
nog dikwels diep tot in my hart
en laat ’n voetspoor van smart

 

My hart fluister

my hartkamers klop hol en vlak
ek hoor die are pols die kleppe klap
soos ek rondfok myself verwyt vertroos
kibbel oor die keuses van die hede en die verlede
strome kabbel oor die rotse van my ontblote borste

fokken luister, ek bewaar my liggaam nou al
vir twintig jaar met ’n geest’like fondament
maar my libido eggo teen my plafonne
die vloeke bars soggens deur my bewussyn
maak my bewus van jare se verval

so verweer ons saam die laaste verset
my lyf die kern van my gebede
knal ’n godsroep teen nokke en dakke
tog ongehoord elke nag in my binneskulp


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Jean-Marie Potgieter se inskrywings appeared first on LitNet.

Huis, woning, tuiste: Magda Schmidt se inskrywings

$
0
0

Plek vir my hart

Jy breek my woord-vir-woord af,
want my huis se dak lek
en die mure kraak
en die plankvloere kreun.

Die vensters is versplinter
en die kleure verbleik.
Die voordeur is vas met genade
en die tuin lyk soos ’n oortrekte oerwoud ...

Maar jou huis was nooit ’n tuiste vir my.
Die gange joviaal gevul met rykdom
en die vertrekke met kristalkandelare
was leeg sonder liefde.

Die pragtuin en spitsdak het my geterg.
Die Persiese tapyt was koud en klinies
en te teatraal na my smaak.
Weelde kon my nie geselskap hou in die nag.

My verlange na jou word minder,
want jy was in elk geval nooit daar.
Geluk is verberg deur al die blink
en vrede was altyd ’n tree te ver ...

Hierdie huis is nou my tuiste.
My hart klop warm vir hierdie ou vervalle plek.
Jou huis was vol, maar so alleen
en daar het ek vergaan.

 

Gastekamer vir die verlede

’n Huis of tuiste
dié ken ek nie,
maar ’n plek om te vertoef
wanneer ek nie gedwing word
om iewers anders te wees nie, wel.

’n Plek met vloerplanke wat kraak
en nagskimme van vrees
wat om elke hoek vir jou loer.
Donker kamers vol onthou
wat ek eerder wil vergeet.

’n Binnekamer van stilte
waar niemand my kan versteur
is daar lankal nie meer.
Geen hoekie vir ’n verlore siel
om van die lewe se seer weg te kruip.

Dowwe spoke uit die verlede
loer teen die mure vir my.
Tok-tok, tok-tok. Daar is dit weer!
’n Gehamer van verlore geheime
wat na die oppervlak wil dryf.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Magda Schmidt se inskrywings appeared first on LitNet.


Huis, woning, tuiste: Stapper

$
0
0

Stapper

Jou skoene staan vergete.
Jou rugsak is verslete.
Jou stapstok en kaart het ook klaar gepraat.

Jou aardse woning is leeg.
Jy moes alleen aanbeweeg.
Jou goedjies is opgepak, daar's niks meer op jou rak.

Stapper,
jy wandel nou ’n ander spoor,
ons het dit menigmaal gehoor,
maar jou herinneringe bly, soos jy, ’n werklikheid vir my.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Stapper appeared first on LitNet.

Huis, woning, tuiste: My hart in die nes van jou blaaie

$
0
0

My hart in die nes van jou blaaie

Harteloos soms
Statistiek jagende altyd
Skokwoord soekende nou
Jou varsgetikte swart moet ek altyd teensinnig herkou

Bomskok soms
My hart binnedring altyd
Vingers op die sleutelbord nou
Verwilderde, vasgevangde makou

Hardhorend anderpad kyk soms
Vind my kykers die weg terug altyd
Moord dood politiek verkragtende nou
Aanwyserpyltjie soek na deel, want die berig wil ek behou

Jou woorde klou aan my lyf soms
Deurdring my vel altyd
Tyd om te ontsnap na my tuiste nou
By die tweede omblaai sal realiteit reeds verflou

My seer Afrikahart vind sy weg na jou soms
Versigtig tussen jou maats uithaal altyd
Strelende oë oor jou buiteblad nou
Blydskapvingers streel jou swart sluk-my-in-woorde gou

Vergeel raak jy met die jare soms
Ek ontsnap die gejaag na wind by jou altyd
Ek verruil sosiale media vir jou nou
Stof ek jou nog ’n keer af met my traanbelaaide mou


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: My hart in die nes van jou blaaie appeared first on LitNet.

Huis, woning, tuiste: Franselize Rossouw se inskrywings

$
0
0

Glimlag

 Jou hart is my huis.
By jou glimlag voel ek tuis.
Arms veilig om my vas gevou.
Niks wat ek berou.
Ma se hart, ek’s lief vir jou!

Laggend kuier ons saam.
In ’n mooi fotoraam.
Gedagtes dwaal, spat weg,
na ons eerste bekgeveg.
Dit het nie lank gehou,
want Ma, ek’s lief vir jou!

Van fiets trap tot kar leer ry.
Van ’n goeie tot ’n slegte bui.
Ma se hart altyd so getrou,
om ons huisie rotsvas te bou.
My tuiste is mos nou,
in Ma se glimlag, ek’s lief vir jou!

Duisend woorde is nie genoeg.
Vir ma se sweet en ma se swoeg.
Al vat ek wie weet waar die pad.
Of gaan bly ek in ’n rowwe stad.
Dis hier waar ek my tuiste bou.
In Ma se hart, ek’s lief vir jou.

 

My wêreldhuis

Ek sien die wêreld as my huis.
Ek sien dit as een groot reis.
Vol geure en kleure.
Vol lesse en stresse.

Gesonde stres vol avontuur.
Gevlegte emosie en vuur.
Daar waar jy vergeet van die res.
En tog probeer jy net jou bes.

Klim op ’n vliegtuig.
Vlieg waar jy wil.
Sien die lewe as ’n vrug.
En begin hom af te skil.

Die wêreld is my huis.
Hier voel ek tuis.
Al weet ek daar’s ’n beter plek.
Probeer ek my tyd hier,
lank uit te rek.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Franselize Rossouw se inskrywings appeared first on LitNet.

Huis, woning, tuiste: Tanya Rosslee se inskrywings

$
0
0

My huisie in die woud …

Dieptes van groen en geel en bruin
laslappie die wêreld met humor en grein.
Die sonnetjie wat skugter, speel-speel gly
langs die pastel gekleurde veld verby.
Huppel blaartjies in dierepaadjies
om plek te maak vir nuwe jaartjies.

Hars en hout
die geur van woud.
Omring my huis en hart
en elke sintuig apart.
Waar grasse lig nog trots in die vroegmôre kou’,
bewend wieg hul om mekaar warm te hou.
Slurpend ontvang hul die sonnestraal
wat laat-laat opstaan en vroeg weer daal.

Hier kan ek sug en hier kan ek steun,
waar die natuur se stilte om my kreun.
Hier voel ek rustig en hier voel ek tuis,
in dié wonderwêreld, die natuur – my huis.

In ’n land van onderstebo
word wonders wakker in grote oë.
Oud word nuut en vars en goed
en lelik word mooi en narsing en soet.

Waar blommereuk die wêreld deur
en blare huppel in wind en weer.
Is my gedagtes altyd ’n oomblik, ’n asem , ’n nou
in die warm koester wat my huisie omvou …

 

Die mallemeule van ons huis!

Die mallemeule knik en knak en rol
konsentries om sy as se tol.
Skep en sug hy steunend voort,
vleg sy kleure ’n malse koord.

Met warse humor glim sy liggies
vir die opgewonde kindergesiggies.
Spring die mielies oor al die grond,
spook en asem die kinders, vinnig en bont …

Ons huisie gons en bons en raas …
Maal die meule van groot-word-mensies wat blaas!

Dan: laat-aand – na die fees,
lê die leegheid deurstreep met gebluste gees.
Die labirint van lekkerte ontplooi,
en die nikkerbolpapiertjies verfrommel gestrooi.

Rustig en stil raak ons huisie nou
sodat plantjies en blom salig hul lyfies oopvou.

 

Eggo’s van ons kleintydhuis

Harmonie bries deur die huis
en liefde suutjies trippe-trap alwys
deur gange, gatjies en elke plek
wat deel het aan ons waar-ook-al.

Wildgestreepte najaarsdenke eggo
deur die kind in my.
Kalkwit huisies in ’n ry
op ’n plekkie, klein en sorgvry.
Rofgekerfde houtbeeldjies en need’rige kaia-trappe,
lag en lig, die eenvoud-vrolik kindervriendskappe.

Altyd trappel ons elke dagsê hier en daar onthou
van ’n ver terug kindwees in ons gees behou:
Kindertrane gly oor stofvuil wange,
piep-ogies wydgerek in die huis se donker gange.
Drome op die horison
skitter in reënboogkleur oor die pragplek se kom.

En weet ons weer vir ’n enkelste oomblik
van ons kindwees se sorgvrye vreugde en geluk.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Tanya Rosslee se inskrywings appeared first on LitNet.

Twee tuistes vir Uitkampteater by KKNK 2017

$
0
0

Tweede aanbieding van dié innoverende platform groter as in 2016

“Na die wegholsukses van verlede jaar se eerste Uitkampteater, is die aanbod vanjaar groter met meer kunsvorme en genres”, sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK, wat van 8 tot 15 April op Oudtshoorn aangebied word.

“Uitkampteater het nou twee tuistes – agt tentjies voor die ABSA Burgersentrum en twee by Arbeidsgenot, die nuwe area vir kindervermaak. Danksy die ondersteuning van die Koninklike Nederlandse Ambassade in Pretoria sluit dié uitgebreide baadjie twee produksies deur Nederlandse kortkunsspesialiste, opwindende werke deur jong en gevestigde teatermakers en die Eden Dramafees se wenproduksie in”, sê sy.  

Diep en Wentel besoek die KKNK vanuit Nederland en beloof om jou wêreld om te keer”, vertel Snyman. Diep is nieverbale teater met Daan Mathot en Jan-Joost Alberts, wat smokkel met jou kop. Goed val van bo na onder in hierdie interessante optiese illusie. Wentel is ruimtelike teater met Sonja Volmer en Dagmar Geerlings, wat jou die wêreld uit ’n nuwe perspektief laat sien. Kom loop op boomtakke en in die wolke, met behulp van ’n eenvoudige apparaat.

Wentel

Twee dramas word aangebied, waaronder Afsnypunt, deur die wenners van die Eden Dramafees in 2016 en Sandra se laaste show met Igna Botha. Afsnypunt met Brutney Singrew, Llewellyn Bond en Samuel Jumat vertel die storie van ’n ongehoorsame jong man, wat deur sy ouers in ’n kamer toegesluit word. Die vertrek is gevul met ’n klomp poppe en interessante dinge gebeur. Sandra se laaste show vertel die storie van ’n vrou wie se grootste droom was om ’n teateraktrise te wees, maar haar lewensomstandighede laat dit nie toe nie.

Word ’n koei en ontsnap jou quarter-life crisis is ’n sketskomedie deur Llandi Beeslaar (bekend as Mielie van Keeping up with Marinda uit Republiek van Zoid Afrika) en vertel die storie van ’n vrou in haar laat-twintigs. Met haar hoërskoolreünie wat voorlê, is daar nie veel om oor te brag nie. Kom lag saam soos sy komiese stories van ouer, vetter én somtyds maller word, deel.

Bekroonde teatermaker Nico Scheepers behartig die teks, ontwerp en regie van Die toringvrou, poppeteater met Nieke Lombard. Dit is ’n magiese reis van herinnering en nostalgie, wat baie hase uit die hoed pluk om die storie te vertel. Tweespalt is ’n narrespel met Jazzara Jaslyn en Klara van Wyk, ’n verhaal van twee misplaaste, ewig kibbelende sibbe, wat weggehardloop het van hul miserabele lewe.

Buhle Ngaba is te sien in The Swang song, ’n fisiese teaterstuk wat swanesang as ’n metafoor gebruik om ’n vrou se liefdesherinnering as ’n emosionele en fisiese siekte uit te beeld. Die gehoor bevind hulself in ’n nes en is ooggetuies wanneer dié sterwende swaan vir die eerste keer met die wêreld in gesprek tree. Ngaba is deur die Mail & Guardian geïdentifiseer as een van die 17 individue wat in 2017 hulle aandag het. Dié stuk word aangebied ter nagedagtenis aan Brett Goldin, wat tien jaar gelede in Kaapstad vermoor is.

Uitkampteater by KKNK 2016

Hierdie agt stukke word daagliks van 10:00 tot 12:00 en van 15:00 tot 19:00 voor die ABSA Burgersentrum in Baron van Reedestraat aangebied. Kaartjies kos R20 en kan vooraf in die straat gekoop word.

“Ons bied ook vier opwindende Uitkampteaterstukke vir kinders by Arbeidsgenot, die nuwe tuiste vir kindervermaak, en ons moedig mammas en pappas aan om die kleinspan hierheen te neem om teater in dié formaat te beleef”, sê Snyman. Volgens haar is Uitkampteater die perfekte manier om die jongspan aan teater bloot te stel.

Cindershoeler met Jurgen McEwan, Caleb Peter en Kurt Jonas begin en eindig soos enige ander kinderstorie, maar gaan die verskillende skoene wat op ’n jong dogtertjie wag, verskillende wendings in haar avontuur bring? McEwan, Peter en Jonas se nieverbale teater In die woud, neem die gehoor op reis deur die natuur in ’n ontdekkingstog met natuurklanke in die storie verweef.

Sylvester, die Karoo se bekende rondloperleeu, beland in die spervuur in Kattekwaad met Chanmari Erasmus, Nelien Smith en Schoemé Grobler. Dié beroemde rondloper en sy handlanger getuig van onvergeetlike avonture, maar wat sê die hof, is Sylvester skuldig of onskuldig? Sylvester se avonture word in Nóg meer kattekwaad voortgesit, wanneer sy grootste vyand op sy spoor is. Word daar ’n stokkie voor sy kattekwaad gesteek, of is dit die begin van ’n nuwe avontuur? Erasmus, Smith en Grobler is ook in hierdie produksie te sien.

Die kindervermaak-produksies word daagliks van 09:30 tot 15:00 by Arbeidsgenot aangebied. Kaartjies hiervoor kos R20 per produksie en kan voor vertonings gekoop word.  

Uitkampteater is vanjaar met die Fiëstas se Blou Stoel bekroon en was volgens die Fiëstapaneel verantwoordelik vir “die mees opwindende teaterervaring van 2016.”

Die volledige feesprogram is beskikbaar by www.kknk.co.za. Kaartjies kan by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home gekoop word. Verblyfbesprekings kan aanlyn gedoen word, of kontak 044 203 8600. Vanjaar se feesdatums val binne die nasionale skoolvakansie en eindig oor Paasnaweek.

The post Twee tuistes vir Uitkampteater by KKNK 2017 appeared first on LitNet.

Die Suid-Afrikaanse Melktertversameling / The South African Milk Tart Collection

$
0
0

Die Suid-Afrikaanse Melktertversameling / The South African Milk Tart Collection
Callie Maritz & Mari-Louis Guy

Prys: R280
Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN: 9780798174633 / 9780798174640

In Die Suid-Afrikaanse melktert-versameling neem Mari-Louis en Callie ’n melktert-reis, van sy ontstaan tot die toekoms – die geur van nostalgie vir elke Suid-Afrikaner en die mees blywende simbool van ons baktradisie. Daar is regtig ’n melktert vir elke okkasie en na elkeen se smaak: met ’n handgemaakte skilferkors-kraag met etlike lagies of ’n krummelrige broskors, koekiekrummelkors of sonder kors gegeur met kaneel, naartjieskil, perskeblare, neutmuskaat of ’n vanieljepeul, selfs amandelgeursel, karamel, sitrusskil of kardemom. Sommige kry ’n bietjie skop met ’n skeut rum of brandewyn. Gebruik as ’n tert; gebak of ongebak, nagereg, skommeldrankie, “shooter”, melkskommel of as vulsel vir ander gebak soos doughnuts. Melktert van oor die hele wêreld; van Nederland, Portugal, Spanje, Amerika, Frankryk, Engeland en selfs China. Hierdie gewilde lekkerny bly so gewild dat dit selfs gelei het tot ’n Suid-Afrikaanse Nasionale Melktertdag.

Hierdie is die sesde boek van skrywersbroer en -suster Callie Maritz en Mari-Louis Guy. Hul boeke sluit in Koeke ter viering van die liefde en lewe, Cakebread, pudding and pie, Markdag, Onthaal op grootskaal en EEN-pan/pot/bakplaat. Die outeurs is bekend vir hul besonderse stilering. Mari-Louis is ook ’n beoordelaar op die TV-reeks Koekedoor.

The post Die Suid-Afrikaanse Melktertversameling / The South African Milk Tart Collection appeared first on LitNet.

Mediavrystelling: Ons kom van vêr, ’n gesprek oor taal en identiteit op Wellington

$
0
0

 

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), Wellington Museum en die Breytenbach Sentrum vier vanjaar op Saterdag 18 Maart 2017 gesamentlik Internasionale Moedertaaldag en Menseregtedag met ’n spesiale byeenkoms op Wellington. Moedertaaldag word sedert 2008 jaarliks wêreldwyd gedenk om taal- en kulturele diversiteit en veeltaligheid te bevorder.

Abraham de Vries sal ’n gesprek oor die tema “taal en identiteit” lei met vyf Wellingtonners,  naamlik Herman Bailey (oud-burgemeester), Marlene le Roux (hoof van Kunstekaap, voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans), Edwena Goff (kerkleier, voormalige Mej Afrika-Suid), Patrick Mettler (onderwyskundige) en Mary Anne Plaatjies Van Huffel (moderator van die Verenigde Gereformeerde Kerk). Hulle is almal medeskrywers van die nuwe boek Ons kom van vêr, wat bydraes oor bruin Afrikaanssprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans insluit.

Ons kom van vêr bekendgestel

Wannie Carstens (taalredakteur) en Michael le Cordeur (inhoudsredakteur) sal dié gedenkboek, opgedra aan Adam Small, bekendstel. Die boek sal ook te koop wees. Volgens die skrywers is die boek se grootste waarde dat dit die stigma dat bruin mense nie ’n stem het oor Afrikaans of ’n bydrae te maak het tot Afrikaans nie, weerlê. Die skrywers toon aan dat Afrikaans nie net die taal van apartheid was nie, maar ook die taal van die struggle en versoening.

Die Paarlse kunstenaar Gaireyah Fredericks, van wie ’n gedig in die boek ingesluit is, sal gedigte voordra. Nedine Blom en Jawaahier Petersen van die Jaloersbokkies sal gaste vermaak met hul Afri-Kaapse liedjies. Die plaaslike Klopse-groep Caledonian Roses sal ook optree. Die funksie begin om 10:00 in die Bôrdienghuis van die Breytenbach Sentrum in Burgerstraat. Bywoning is gratis en sluit ligte verversings in, maar plek is beperk. Bespreek by Nkita Pietersen by 021 863 0543/2 of student@taalmuseum.co.za.

Jaloersbokkies Nedine Blom en Jawaaihier Pietersen (Foto: Kristina Foster)

 

Spesiale Moedertaaldag-program vir skole

Die ATM het gedurende Februarie ’n spesiale opvoedkundige program ter viering van Internasionale Moedertaaldag aangebied. Sewe skole (Hoërskool Spine Road, Imboniselo Primêre Skool, Houtbaai Internasionale Skool, Active Tuisskool Akademie, Laerskool WA Joubert, Klapmuts Primêre Skool en Hoërskool Stellenbosch) het die museum vir ’n multimedia-aanbieding en die monument vir ’n opvoedkundige toer besoek. Vir meer inligting oor die ATM se opvoedkundige programme, kontak Janine Brown by tel 021 872 3441 or opvoeding@taalmuseum.co.za.

The post Mediavrystelling: Ons kom van vêr, ’n gesprek oor taal en identiteit op Wellington appeared first on LitNet.


US Woordfees 2017: Fotoalbum 4

$
0
0

Marokkaans in Amsterdam. By die Woordfees

As Marrokaans-gebore Nederlander het Abdelkader Benali en sy vrou Saida Nadi hul kennis van speseryryke Marokkaanse kos gedeel.

Susina Jooste van The Private Hotel School stel chefs Abdelkader en Saida voor.

Abdelkader verduidelik van egte Marokkaanse cous-cous. Hy sê sy demotyd hier is 'n uur. Maar regte goeie cous-cous verg ten minste 12 uur se voorbereiding. Eish ...

As jy nie daar was nie, dis alles in dié boek, Casa Benali.

 

Ryk Hattingh is terug!

Ryk was nog altyd ryk aan inhoud en woorde. Desjare was dit dinge soos Vrye Weekblad en  Loslyf, maar toe gaan word hy 'n skoenmaker in Kiwiland. Na 19 jaar het hy kom praat oor sy uiteindelike jongste boek Huilboek. Lees die volledige storie HIER.

Ryk lees voor.

 

Jana Cilliers ...

 

... lees huilmooi voor.

 

Terug by die Bloekomhoek ...

Arno Carstens unplugged.

 

Tog wel met trompetgeskel.

 

En pad-af tot by die Drostdy-teater

Geregtigheid en die waarheid. Sophia Kapp gesels met Ronel Nel en Hans du Plessis oor hul lekkerlees-skrywes wat wel morele kwessies aanspreek.

Hulle skryf so goed, want hulle praat so goed ...

Hans du Plessis, skrywer van Tussen die klippe.

Ronel Nel gesels oor haar Pelgrimshoop.     

 

The post US Woordfees 2017: Fotoalbum 4 appeared first on LitNet.

Record number of 56 productions on the 2017 Baxter Zabalaza Theatre Festival line-up this March

$
0
0

The 2017 Baxter Zabalaza Theatre Festival, which takes place from 18 to 25 March, will once again showcase an exciting and diverse programme of 56 different productions, performed by nearly 300 artists, from all over the Western Cape and other regions, covering various genres, theatrical styles and languages.

Now in its seventh year, with a record number of productions participating, this vital and leading development festival has earned the praise of audiences, theatre-makers, communities and media, for the far-reaching and wide-ranging impact that it has made on local artists and the arts industry.

Young and rising talent, along with some stalwarts and previous participants will fill the Baxter stages over the eight-day event where the focus this year is on fresh and innovative ideas.

The festival kicks off with the Zabalaza Weekend on Saturday, 18 and Sunday, 19 March, when all the venues and spaces in the Baxter theatre complex will pulsate with dynamic and assorted artistic activities featuring nearly 30 productions.

This is followed by the Zabalaza Week from Monday, 20 to Friday, 25 March, with daily performances at 10:00, 10:30, 11:30, 12:30, 13:00, 14:30, 16:00, 16:30, 18:00, 18:30 and 20:00, in various venues and performed in six different languages – English, IsiXhosa, IsiZulu, Sesotho, Setswane and Afrikaans.

Samuel Jumat and Llwellyn Bond in Afsnypunt (Photo: Moeniel Jacobs)

Productions from groups all the over the Western Cape, including some further afield such as Knysna, Wellington, Oudtshoorn, Swellendam, Bredasdorp and Paarl, make up the bulk of the programme, while  there are two each from the Eastern Cape, Johannesburg and Pretoria and one from Durban.

The productions were primarily selected from the mini-festivals which were held earlier this year in Worcester, Nyanga East, Khayelitsha, Delft, the Eden Drama Festival, the Cape Winelands Festival and the Overberg Drama Festival. The winning productions from the latter three festivals are also included in the line-up.

The festival boasts multiple genres – from drama, musical theatre, movement/dance to physical theatre and comedy. One of the innovations this year is the introduction of reggae in the musical theatre category, thereby extending the festival and artists to a whole new audience.

The support of the Western Cape Department of Cultural Affairs and Sport (who is the primary partner) and the City of Cape Town, as well as the theatre-going public and the passion and creativity of the artists have ensured that this festival continues its success, growing exponentially as it pushes boundaries in the South African theatre-making landscape. 

The core team behind the festival comprises artistic director Thami Mbongo, co-ordinator Zoleka Helesi, executive manager Bongile Mantsai, administrator Akhona Shinga and audience development officer, Monde Myataza.

In 2016 Zabalaza won a special Fleur du Cap award for Innovation in Theatre for “their phenomenal contribution to the development of new South African work by providing a platform for artists who want to venture into acting, stage management, writing and directing”. The same year, Thami Mbongo received the Western Cape Department of Cultural Affairs and Sports Ministerial award for the Best Contribution to Drama in the province. 

The Baxter Zabalaza Theatre Festival has produced many success stories and it has given rise to great young stars that have graced the world’s stages in a short period, gathering accolades along the way. Many other artists have become recognised and have managed to carve careers for themselves in the arts, both locally and abroad.

Khayalethu Anthony performed the coveted role of Solomon opposite Dame Janet Suzman in Solomon and Marion, for which he received a Naledi award for Best Newcomer. His production of The Champion, won the 2014 Best Production of Zabalaza Festival and went on to receive a Fleur du Cap nomination for Best Performance by a Lead Actor in a Play and won the Fleur du Cap for Best Performance in a Revue, Cabaret, or One-Person Show.

Nomakrestu Xakathugaga and Thando Mzembe in The Holy Plan B (Photo: Sithemebele Junior)

Phillip Dikotla’s Skierlik, the 2013 Best of Zabalaza winner, received a Fleur du Cap nomination for Best Script and won the Fleur du Cap for Best Solo Performance, as well as a Naledi award for Best Newcomer. The production was also invited to be part of the international arts festival, Afrovibes, in 2014.

Poseletso Sejosingoe, winner of the Zabalaza Best Actress in 2012, went on to perform in the Baxter’s production of Scrooge and is currently touring internationally with the musical The Lion King

Zabalaza, in partnership with the Western Cape Department of Cultural Affairs and Sport, have been nominating actors and actresses to audition for 7de Laan and Suidooster. All those who auditioned were awarded cameo roles over the last few years. In 2016 William Michaels, Robyn September and Llewellyn Bond appeared on television in Suidooster. Over the last few years Thabiso Newman, Samantha Pienaar, Olivia Pika, Julian van der Westhuizen, William Michaels and Melloney Marais, all appeared in the popular television soapie 7de Laan .

This year the observers and field workers who worked closely with the team to make the final selection comprised former Best of Zabablaza winners Lauren Hannie, Khayalethu Anthony, Bulelani Mabutyani and Loyiso Damoyi. This forms part of the skills transfer ethic of the programme where these artists were given the opportunity to develop their own artistic and administrative skills.

“We are deeply thankful for the continued support and partnership of the Western Cape Department of Cultural Affairs and Sport,” says Thami Mobongo. “Zabalaza is way more than just an annual festival to showcase the works of talented artists who would never have had access to such opportunities. It is about building a community of theatre-makers, guiding them and caring for their development every step of the way. Every year I am encouraged by, not only the work, but also the support and faith that these artists have in us. This allows us to expand the programme for artists and audiences, so that we are able to build a community and live the spirit of Zabalaza.”

To date, five of the Best of Zabalaza play scripts have been published through a partnership with Junket Publishers. In this way a growing body of plays that are accessible, relevant and artistically skilful are easily available to communities, schools, other educational institutions and theatre groups. This year will see the launch of Lauren Hannies’ TIP-ex (2016 winner). The others are Fruit by Paul Noko (2015), The Champion by Khayalethu Anthony (2014), Skierlik by Phillip Dikotla (2013) and Worst of Both Worlds by Bulelani Mabutyana (2012).

Zabalaza Intsika eBaxter Theatre loosely translated, means two things: striving towards being a pillar of the Baxter Theatre Centre and striving towards success.

Xola Honono in Therapy (Photo: Sithembele Junior)

Tickets for the festival are R30 and R40 for the Reggae Edition and booking is through Computicket on 0861 915 8000, online at www.computicket.com or at any Shoprite / Checkers outlet. For discounted corporate, schools or block-bookings, charities or fundraisers, contact Sharon on 021 680 3962, email sharon.ward@uct.ac.za or Carmen on 021 680 3993, email carmen.kearns@uct.ac.za.

To view the full 2017 festival programme go to www.baxter.co.za, https://facebook.com/BaxterTheatre, https://facebook.com/zabalaza.

For further information about the festival or to make school’s bookings for any of the festival shows, please contact Akhona Shinga or Monde Myataza on 021 680 3980 or email them at baxterzabalaza@uct.ac.za.

The post Record number of 56 productions on the 2017 Baxter Zabalaza Theatre Festival line-up this March appeared first on LitNet.

Kennisgewing: Woordpret en prystrekking vir Borg ’n Woord

$
0
0

 

Eerskomende Vrydag 17 Maart is die sluitingsdatum vir Borg ’n Woord se prystrekking vir R25 000 geskenk deur Sanlam.  As jy dus beplan het om ’n woord te borg of te koop, doen dit asseblief voor Vrydag om middernag. Indien jy nog nie oorweeg het om deel te neem nie, onthou:  dit is in belang van Afrikaans!

Op versoek van almal wat nie plek kon kry vir Carel Trichardt en Petru Wessels se eerste optrede nie, sal hulle eerskomende Vrydag 17 Maart weer by die WAT optree. Wyn, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar en Carel en Petru kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 minute en sal dus voor 13:45 ten einde loop.

Carel en Petru was onlangs die gaste in Margo Luyt se RSG uitsendings Portret van …  Afrikaans se groot sterre – mense wat in die radiodrama-, toneel-, film- en televisiewêreld hulle merk gelaat het, figureer in hierdie uitsendings. 

Kaartjies kos R30.  Skakel Cecile of Tanja voor of op 15 Maart by 021 887 3113 om teleurstelling te voorkom, of kontak die WAT by wat@sun.ac.za om u sitplek te bespreek. 

The post Kennisgewing: Woordpret en prystrekking vir Borg ’n Woord appeared first on LitNet.

Coenie en HemelBesem se nuwe vertoning “Oor een stem”

$
0
0

Kontemporêre musiekfundi Coenie de Villiers en Afrikaans se eie hip-hop-ster HemelBesem op een verhoog? Maar hulle verskil dan wêrelde van mekaar! Dít mag dalk sommige mense se reaksie wees op die samekoms van dié twee bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars vir hulle splinternuwe vertoning “Oor een stem” by ’n piekniekkonsert by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op Saterdag 18 Maart 2017.

Coenie en Hemelbesem het egter al aan verskeie projekte saamgewerk en het groot respek vir mekaar se talent en kuns. “Oor een stem” belowe om die gehoor op ’n reis te neem deur hulle (nie so verskillende) lewens, liefdes en passies. Coenie het onlangs sy twintigste album, “Emoji”, uitgegee. HemelBesem is bekend vir sy gewilde teaterproduksie “Die Afrikaansvatter” en het pas sy eerste boek, God praat Afrikaans, uitgebring. Die rymkletser YOMA, oorspronklik van George, sal by hulle op die verhoog aansluit.

Die vertoning begin om 19:30 in die Tuinteater op die grasperk reg aan die voet van die monument. Die hekke open reeds om 17:00. Besoekers is welkom om hul eie drankies en piekniekmandjie saam te bring of een (teen R250 vir twee persone of R350 met ’n mandjie ingesluit) by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel 021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie, ligte verversings, wyn en bier.

Kaartjies is vooraf te koop by Computicket en by die Taalmonument, asook by die hek, teen R100 vir volwassenes en R50 vir studente en kinders. Stoele word slegs met vooraftoestemming toegelaat en rook word slegs in rookareas toegelaat (nie op die grasperk nie). Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar.

Dié konsert vorm deel van die Tuinteater Piekniekkonsertreeks ten bate van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Laat ons Lees!-projek vir kinders. Die laaste konsert in die reeks is Die Heuwels Fantasties op 31 Maart 2017. Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.

The post Coenie en HemelBesem se nuwe vertoning “Oor een stem” appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2017

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende Afrikaanse resensies het in Februarie in die Afrikaanse dagblaaie (Boeke24), onder redaksie van Jo Prins, verskyn:

Vrydag 3 Februarie

Maandag 6 Februarie

Maandelikse Boekevat-rubriek

Maandag 13 Februarie

Maandag 20 Februarie

Maandag 27 Februarie

Twee kort besprekings van kleuterboeke:

 

Die Groot Ontbyt

Dia van Staden het in Januarie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

Dia van Staden gee ’n van oorsig boekfeeste wat op 10 Januarie al uitgesaai is, maar nuttig is met die Woordfees wat Vrydag 3 Maart afskop.

Dinsdag 7 Februarie

Jenna en die leesperd – Marga Jonker
Die Poort 2: Reisigers – Nelia Engelbrecht
5 tale van die liefde van kinders – Gary Chapman en Ross Campbell
Moenie hierdie boek eet nie – Jaco Jacobs

Dinsdag 14 Februarie

Vingerpaadjie in die tuin / op die plaas
Ink – Ingrid Mennen en Irene Berg
Oseaan
Grom – Jaco Jacobs
Sneeuwitjie en Kwaaitjie die dwerg – Steve Smallman

21 Februarie
Val en opstaan – Andries Enslin
Die Spreuke 31-vrou – Alette Winkler
Die tuiskoms van Mina Afrika – Zuretha Roos
Sink – Brett Michael Innes

28 Februarie
Foxtrot van die liefde – Kristel Loots
Ver in die wêreld Kittie – Santie van der Merwe
Vat jou hele hart – Elkarien Fourie
Die geesteswêreld – Isak Burger

In die bed met Bibi

Bibi Slippers se boekprogram, In die bed met Bibi, hervat in Maart 2017 op VIA TV. Langer weergawes van al die boekgesprekke wat in die eerste reeks van dié program plaasgevind het, vind jy hier:


http://indiebedmetbibi.com/blog?category=skrywers

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies het in Februarie op LitNet verskyn:

Boekresensie: By die nag se wit kant in deur Etienne Terblanche

Dewald Koen
Resensies

"As akademikus en wydbelese individu beskik dié digter oor ’n wye verwysingsraamwerk en liefde vir die kreatiewe skryfkuns."

Syferfontein deur Cas Wepener, ’n resensie

Trisa Hugo
Resensies

"Dit is egter terselfdertyd die afgryslikheid van die karakter wat die leser emosioneel ontstem en juis daarom vir my geslaagd is."

Boekresensie: Hermann Giliomee: Historikus – ’n Outobiografie

Heinie Heydenrych
Resensies

"Die waarheid het egter ’n manier om uiteindelik uit te kom en die lys van 18 werke in die outobiografie net voor die register, waarvan Giliomee óf alleenouteur óf medeskrywer was, getuig van sy meriete as historikus en denker."

Sink deur Brett Michael Innes: ’n resensie

Martin Botha
Resensies

"Die gedetailleerde beskrywings van die karakters, hul gedagtes en hul uiterlike en innerlike wêrelde in die roman bied ’n uiters waardevolle toevoeging tot die tragedie wat Sink is."

Fine Music Radio-resensie: Oorlog en terpentyn deur Stefan Hertmans, vertaal deur Daniel Hugo

Danie Botha
Resensies

Danie Botha resenseer Oorlog en terpentyn, in Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo. Hierdie resensie is oorspronklik op Fine Music Radio uitgesaai.

Indeks deur Joan Hambidge, ’n resensie

Helize van Vuuren
Resensies

"Joan Hambidge se Indeks is ’n veelfasettige en waardige toevoeging tot haar oeuvre, én tot die groeiende aantal laatwerkbundels in Afrikaans."

Arsenaal van klank deur Anna Enquist, vertaal deur Zandra Bezuidenhout

Alfred Schaffer
Resensies

"Arsenaal van klank is ’n boeiende en belangrike kennismaking met een van die bekendste Nederlandse digterstemme van die afgelope 30 jaar, uitstekend deur Zandra Bezuidenhout vertaal."

Lugkasteel deur Annelie Botes, ’n resensie

Maryke Roberts
Resensies

"Haar skryfstyl het ’n eerlikheid wat jou by tye laat wonder of sy besef daar is mense daar buite wat haar woorde lees, wat haar as’t ware beter leer ken deur haar boeke, al sal sy hulle nooit ontmoet nie."

Vakansiehuis met swembad deur Herman Koch, vertaal deur Daniel Hugo

Etienne Britz
Resensies

"Daniel Hugo se vertalings van Nederlandse poësie en verhale maak dit vir ons moontlik om interessante variasies van ook hierdie soort skryfkuns te geniet. Vakansiehuis met swembad is één so ’n 'mooi lelike boek'."

Daar is ook verskeie onderhoude met skrywers gedurende Februarie op LitNet geplaas. By die volgende skakel vind jy gesprekke met, onder andere, Brett Michael Innes, Anel Heydenrych, Abraham de Vries, HemelBesem, Hermann Giliomee en Naomi Meyer:
http://www.litnet.co.za/category/boeke-skrywers/onderhoude-interviews/

Rapport Weekliks

Die volgende resensies het in Februarie in Rapport, onder redaksie van Nelia Richter, verskyn:

5 Februarie

12 Februarie

19 Februarie

26 Februarie

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 1 Februarie 2017

Suzette Kotze-Myburgh gesels met die joernalis, dramaturg en filmmaker Sylvia Vollenhoven oor haar memoire, Keeper of the Kumm. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde. Ilse Salzwedel gesels oor nuwe kinderboeke, die derde week van die Afrikaanse roman en die ATKV-Skryfskool se Winterskryfskool op Potchefstroom.

Woensdag 8 Februarie 2017

Ilse Salzwedel gesels met Danie Marais van PEN Afrikaans oor die organisasie se doen en late. Johan Myburg deel internasionale boekenuus, en Lauren Goldman van The Book Station vertel hoe hulle mense se lewens deur boeke aanraak.

Woensdag 15 Februarie 2017

Ilse Salzwedel gesels met Elmari Rautenbach, organiseerder van die Skrywersfees by die Woordfees, oor waarna boekliefhebbers vanjaar kan uitsien. Bettina Wyngaard gesels oor PEN Afrikaans se Trippelsewe-toer deur die Noord-Kaap, en vertel ook sommer meer oor haar eie boekliefdes. Luister ook na haar gunstelingmusiek om die muse te laat ontwaak.

Woensdag 22 Februarie 2017

Ilse Salzwedel gesels met prof. Franck Hendricks oor die boek Kaaps in fokus. Sy gesels ook met die 15-jarige Alme Hugo oor haar tienerroman Speurder Nina Lucky, waarmee sy ’n finalis was in die Maskew Miller Longman-kompetisie. En Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 7 Februarie 2017

Bernard Odendaal lees verse uit Etienne Terblanche se debuutbundel By die nag se wit kant in.

Dinsdag 14 Februarie 2017

Gaireyah Fredericks lees verse uit haar bundel Kaaps is Hollands.

Dinsdag 21 Februarie 2017

Wessel Pretorius en Ronel Geldenhuys lees verse wat die liefde vier.

Dinsdag 28 Februarie 2017

Amor Tredoux lees vreeslike verse van Roald Dahl wat deur Francois Bloemhof vertaal is.

Versindaba

Daar het nie in Februarie nuwe resensies op die Versindaba-webblad verskyn nie, maar Gisela Ullyatt het ’n onderhoud met Nathan Trantraal oor sy nuwe digbundel, Alles het niet kom wôd, gevoer.

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Februarie die volgende boeke bespreek: 

6 Februarie 

13 Februarie

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2017 appeared first on LitNet.

Viewing all 21831 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>