Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21535 articles
Browse latest View live

Protest?

$
0
0

Open windows
breathe birdsong

the morning bulges
with sparked green light

then a flash of movement
in the foliage unsettles

the scent of spring
and the black smell of burning

catches in the throat
of a new season.

The post Protest? appeared first on LitNet.


Knysna

$
0
0

All life hangs 
between yellow and green
pylons of light

At the umber edges of the afternoon
a dog sleeps with pricked ears –
in its road-kill pose

Scraps of cumulus
float seawards to dissolution
their slate underbellies carry the sun –  
so close a forefinger and thumb
could pluck it from its furnace

I’ve abandoned this poem
to watch a kite weighted
by a flower pot
inhale  and     exhale
          in a protest of
orange and     magenta
          plumage

As birds with names
I still don’t know
turn shrubbery to song —
into exquisite impermanence.

The post Knysna appeared first on LitNet.

Jong skrywers: Wen $1000 en kry ’n kans om opgeneem te word in die US Woordfees 2016-kortverhaalbundel

$
0
0

PEN Afrikaans, die Afrikaanse afdeling van PEN Internasionaal, soek twee jong kortverhaalskrywers tussen 18 en 30 jaar oud om te benoem vir ’n internasionale kompetisie waarin die wenner $1 000 en ’n reis na die volgende PEN International-kongres kan wen.

Geakkrediteerde PEN-sentra mag elk twee ongepubliseerde skrywers, ’n man en ’n vrou, vir hierdie kompetisie benoem. Skrywers mag nie op eie stoom vir die kompetisie inskryf nie en slegs benoemings deur PEN-sentra sal aanvaar word.

PEN Afrikaans sal op eie koste die twee wenskrywers se kortverhale in Engels, Frans en Spaans laat vertaal en hul kortverhale vir die kompetisie inskryf. PEN Internasionaal se beoordelaars kies dan uit al die sentra se inskrywings drie finaliste om in September of Oktober 2016 die PEN Internasionaal-kongres by te woon. (Die land waar die 2016-kongres gaan plaasvind, is nog nie gefinaliseer nie, maar België, Mexiko en Bolivië is moontlikhede.)

Die wenner kry $1 000 en die weninskrywing word in die PEN International-tydskrif gepubliseer. Selfs indien finaliste nie wen nie, kry hulle waardevolle blootstelling deurdat werk gelees word deur ’n invloedryke beoordelaarspaneel.

Om deel te neem moet skrywers voor of op 15 Desember 2015 ’n getikte kortverhaal van tussen 2000-3000 woorde stuur aan penafrikaans@gmail.com . Hulle moet ook ’n kopie van hul ID saamstuur asook volle naam, woonadres, en kontaknommers. Verhale wat nie die voorgeskrewe lengte is nie, word gediskwalifiseer. Merk assbelief jou e-pos-inskrywing duidelik deur die onderwerp aan te gee as: “Inskrywing vir PEN New Voices-toekenning 2016”.

Die twee skrywers wat vanjaar gekies word, sal boonop ’n kans staan om opgeneem te word in die eerste US Woordfees-kortverhaalbundel wat in Maart 2016 by dié fees in Stellenbosch bekendgestel word. Die samestellers van die Woordfees-bundel, Anastasia de Vries, Suzette Kotzé-Myburgh en Madri Victor, behou egter die reg om te besluit of die twee jong PEN-kandidate se werk aan die literêre standaarde vir hul bloemlesing voldoen. (Vir meer inligting oor dié feesbundel, sien: http://www.litnet.co.za/fotos-us-woordfees-stel-nuwe-kortverhaalbundel-bekend/)

KOMPETISIEREëLS

  • Deelnemers moet op 30 Junie 2016 18 jaar of ouer; en jonger as 30 jaar wees (let egter op die sluitingsdatum van 10 Junie).
  • Die kompetisie is slegs oop vir skrywers wat nog nie ’n boek gepubliseer het nie. Bydraers tot bloemlesings soos Nuwe Stemme en Nuwe Stories mag wel inskryf, mits hulle aan die ouderdomsvereiste voldoen.
  • PEN Afrikaans behou die reg voor om ’n wenner of wenners aan te wys slegs indien die gehalte van inskrywings dit regverdig.
  • Kortverhale moet in Afrikaans wees.
  • Kortverhale moet getik en in Word-formaat wees.
  • Kortverhale moet tussen 2000 en 3000 woorde lank wees. Inskrywings wat nie aan hierdie vereiste voldoen nie, sal gediskwalifiseer word.
  • Slegs een inskrywing per deelnemer. Indien meer as een inskrywing ontvang word, sal slegs die eerste gelees word.
  • Die sluitingsdatum is Dinsdag, 15 Desember 2015 om 14:00, Suid-Afrikaanse tyd. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  • Slegs e-pos-inskrywings word aanvaar.
  • E-pos-inskrywings moet duidelik gemerk word deur die onderwerp aan te gee as: “Inskrywing vir PEN New Voices-toekenning 2016”.
  • Inskrywings moet vergesel word van ’n afskrif van die skrywer se ID of paspoort.
  • Inskrywings moet vergesel word van deelnemer se volle naam, woonadres en kontaknommers (telefoonnommers).
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • PEN Afrikaans se beslissing sal geneem word deur ’n beoordelaarspaneel wat uit die PEN Afrikaans-bestuurslede saamgestel is.
  • Aangesien daar min tyd is om die vertalings te laat doen, sal die vertalers se oordeel vertrou word en sal daarby volstaan word.

 

 

 

The post Jong skrywers: Wen $1000 en kry ’n kans om opgeneem te word in die US Woordfees 2016-kortverhaalbundel appeared first on LitNet.

Die 81ste PEN International-kongres in Québec, Kanada

$
0
0

Bettina Wyngaard en Danie Marais het as afgevaardigdes van PEN Afrikaans die 81ste PEN International-kongres in Québec, Kanada, tussen 13 en 16 Oktober vanjaar bygewoon. Om die 90 van die ongeveer 150 PEN-sentrums wêreldwyd het lede gestuur om hulle by hierdie jaarlikse samekoms van skrywers, uitgewers, vertalers, joernaliste en bloggers te verteenwoordig.

Die funksie van die jaarlikse internasionale PEN-kongres is drievoudig:

  1. Die Algemene Vergadering (General Assembly) van die kongres is die PEN-parlement waar bindende besluite, amptelike verklarings en resolusies bespreek en aanvaar, gewysig of verwerp word.
  2. PEN International se onderskeie spesiale komitees (Translation and Linguistic Rights Committee, Writers for Peace Committee, Writers in Prison Committee en Women Writers Committee) asook die regionale netwerke (bv. Central Asia PEN en PEN African Network oftewel PAN) vergader hier om hul strategie, werksaamhede en streekskoördinering te bespreek.
  3. Die kongres bied ’n gulde geleentheid aan skrywers en die onderskeie sentrums om hul netwerke te versterk, vriendskapsbande te smee en nuwe samewerkingsmoontlikhede te ondersoek.

Bettina het PEN Afrikaans by die vergadering van die Writers in Prison-komitee verteenwoordig, terwyl Danie aan die byeenkoms van die Translation and Linguistic Rights-komitee deelgeneem het. Beide Bettina en Danie het aan die vergadering van PAN, die PEN African Network, deelgeneem. ’n Konferensie vir sowel PAN as die komitee vir vertaling en taalregte word vir Maart 2016 in Johannesburg in die vooruitsig gestel waaraan sowel die uitvoerende direkteur van die PEN International-sekretariaat, Carles Torner, as Romana Cacchioli, die sekretariaat se direkteur van internasionale programme, sal deelneem.

Een van die belangrikste gebeurtenisse op hierdie jaar se kongres was die verkiesing van ’n nuwe president van PEN International. Die uitgaande president, John Ralston Saul, is ’n invloedryke en geliefde figuur wat sedert 2009 hierdie leiersrol met skynbaar onuitputlike energie en diplomatieke sjarme vervul het. Daar was egter groot opgewondenheid oor die verkiesing van die nuwe, eerste vroulike president – die formidabele Jennifer Clement van PEN Mexiko. (Klik hier om meer te lees oor Clement. Vir meer inligting oor die vooraanstaande skrywers wat voorheen president van PEN was, sien: http://www.pen-international.org/who-we-are/pen-presidents/)

Die kongres het ook vanjaar twee prominente verklarings bespreek en aanvaar wat voortaan gebruik sal word as fondamente vir dié organisasie se aktivistiese rol as pleitbesorgers vir meningsvryheid en die regte van alle soorte skrywers en joernaliste wêreldwyd:

  1. The Québec Declaration on the Literary Translation and Translators (Klik hier om dit af te laai.)
  2. PEN International Principles on Authors’ Moral Rights and Copyright (Klik hier om dit te lees.)

Veral die laasgenoemde verklaring is belangrik vir Suid-Afrikaanse skrywers in die lig van die regering se voornemens om ons kopieregwetgewing ingrypend te verander. (Vir meer inligting oor hierdie laasgenoemde aspek, sien: http://www.bdlive.co.za/opinion/columnists/2015/09/21/copyright-bill-latest-in-litany-of-laws-of-increasing-oppression)
PEN Afrikaans sal hierdie wetgewing in vennootskap met ander belangegroepe beveg en hierdie pas aanvaarde stellingname is ’n uiters nuttige pyl in ons koker. Beide hierdie verklarings sal so gou moontlik in Afrikaans vertaal word en dan op ons eie webportaal sowel as PEN International se webwerf gepubliseer word. Die 81ste PEN-kongres het daarbenewens 28 resolusies oor ’n wye reeks kwessies aanvaar – onder meer oor massabeloering (“mass surveillance”) en die kommerwekkende uitwerking daarvan op vryheid van spraak, die krisis in Turkye en die Midde-Ooste, die vlugtelingkrisis in Europa en die anti-LGBTQI-wetgewing wat nog in 75 lande bestaan. (Op hierdie bladsy vind jy ’n lys van al die aanvaarde resolusies sowel as skakels na die inhoud van elke resolusie.)

Danie Marais se indrukke van die Québec-kongres:

Die bywoning van die Québec-kongres was vir my ’n openbaring. Ek het geweet waarvoor PEN International staan, watter soort sake hulle ondersteun en dat dit ’n ou organisasie met gravitas en noue bande met UNESCO is. Ek het ook geweet PEN se eerste president was die Nobelpryswenner John Galsworthy en dat Jospeh Conrad, George Bernard Shaw, Elizabeth Craig en H.G. Wells onder van die eerste lede getel het. (Wells was dié NRO se tweede president.)

Maar om werklik saam met meer as 200 skrywers, uitgewers en joernaliste van ongeveer 90 lande onder een dak te sit en te luister hoe internasionale kwessies bespreek word, terwyl daar tegelyk in Engels, Frans en/of Spaans getolk word, is ’n effe surrealistiese ervaring. Dis in hierdie Algemene Vergadering waar jy beleef hoe groot en divers hierdie transnasionale skrywersgemeenskap is en met opwinding besef dat almal hier ten spyte van taal en kultuurverskille tog in twee belangrike opsigte op dieselfde golflengte is: Almal gee om vir meningsvryheid en skryfwerk en probeer dus ook om te verstaan wat hier op aarde met ons aan die gebeur is.

Die skrikwekkende dinge wat op ander ver plekke plaasvind, raak ook skielik onrusbarend naby wanneer jy sit en luister na ’n huldeblyk vir die vise-president van PEN Tibetan Writers Abroad, Lobsang Chokta, wat in Februarie vanjaar in Delhi, Indië, vermoor is terwyl ’n Chinese digter agter jou duidelik hoorbaar huil oor sy oorlede vriend – ’n digter wat in ballingskap gedryf is deur dieselfde regering wat waarskynlik vir Chokta se dood verantwoordelik is.

En vriendelike skrywers in ballingskap loop jy by so ’n PEN-kongres oral raak met die besef dat hulle “die gelukkiges” is, dié wat kon wegkom na ’n bevreemdende lewe in ’n ander land waar die slegte nuus van die huis soos herinneringe by hulle aanhou spook. Dat nie almal so bevoorreg is om die uitmergelende lot van ’n skrywer in ballingskap te beërwe nie, besef jy elke oggend, wanneer die dag se verrigtinge geopen word met die sogenaamde Empty Chair-ritueel waardeur afwesige PEN-lede gehuldig word. (Klik hier vir meer inligting.)

Een van die drie Leë Stoele vanjaar was vir Amanuel Asrat, ’n bekroonde digter en koerantredakteur van Eritrea wat reeds sedert 2001 sonder verhoor in aanhouding is. Hy was een van 11 joernaliste wat in 2001 gevangene geneem is. Daar is rede om te glo dat hy nog leef, maar kommentators skat dat tussen vier en nege van daardie 11 reeds in die tronk oorlede is. Asrat se skandalige gevangenisskap het op die eerste aand vir my meer werklik geword toe ek en Bettina gaan eet het saam met ’n skrywer van Eritrea in ballingskap wat dieselfde moedertaal as Asrat praat, Tigrinya. Dié skrywer het te kenne gegee dat sy ook nie in Kanada heeltemal veilig voel nie. Eritrea se veiligheidspolisie kan jou glo enige plek bykom. Hierdie skrywer het gepraat soos iemand wat lankal reeds aan ’n ondraaglike toestand gewoond geraak het.

Nog ’n ervaring wat ’n merk gelaat het, was die beeld van Raif Badawi se vrou en drie kinders wat die oggend waarop hy as Leë Stoel gehuldig is, by die kongres was. Hulle het intussen asiel in Kanada ontvang, maar Badawi is verlede jaar tot 10 jaar gevangenisstraf, 1 000 houe met die sweep en ’n boete van $260 000 gevonnis omdat hy “Islam beledig het” en “ ’n liberale webwerf gestig het”. Op 9 Januarie vanjaar het Badawi die eerste 50 sweepslae ontvang, maar sy verdere lyfstraf is op grond van mediese oorwegings uitgestel.

Asrat en Badawi is twee van vele. Volgens PEN International se uitgaande president, John Ralston Saul, tel hulle onder die ongeveer 900 skrywers en joernaliste wat wêreldwyd in die tronk is of in lewensgevaar verkeer, terwyl om en by 200 skrywers en joernaliste elke jaar vermoor word.

Met haar intreerede het die nuut verkose PEN International-president, Jennifer Clement, benadruk dat sy nie besef het hoe nodig sy die internasionale gemeenskap gaan kry toe sy in 2009 president van PEN Mexiko geword het nie. Clement wat gereeld in die laaste ses jaar aan die ontvangkant van allerhande dreigemente was, bewyer haar vir geregtigheid vir joernaliste en skrywers in Mexiko en dis ’n lewensgevaarlike onderneming. Toe die fotojoernalis Rubén Espinosa in Julie vanjaar vermoor is, was hy die 13de joernalis wat permanent stilgemaak is sedert Javier Duarte in 2011 in Mexiko aan die mag gekom het.

En hiermee wil ek nie die indruk skep dat die Québec-kongres primêr ’n pynlike herinnering aan ’n wrede, geknelde wêreld was nie. Die letterkunde is ook met oorgawe gedurende dié week gevier en dit was ’n voorreg om te luister na skrywers soos Jung Chang van Wild Swans-faam, die Innu-digter Joséphine Bacon en die welsprekende Booker-wenners Margaret Atwood en Yann Martel.

Maar net so goed soos dit was om te hoor dat die nou indrukwekkende PEN Canada-sentrum se hoofkwartier eens Atwood se sitkamertjie was, net so belangrik was dit vir my om weer diep onder die indruk te kom van die broosheid van taalregte, menings- en persvryheid. Veral in ’n land met ’n geskiedenis soos ons s’n kan ons nie op ons louere rus nie en moet ons die demokratiese grond wat hier gewen is, vir al wat ons werd is met die pen verdedig.

Dinge kan oornag verander en ’n nare wending neem en dan is dit goed om deel te wees van ’n georganiseerde skrywersgemeenskap en -drukgroep soos PEN, wat ook sterk taalaktivistiese sentrums soos die Katalaanse, Baskiese en Walliese PEN onder sy lede het.

In hierdie lig is dit verblydend om te kan rapporteer dat PEN Afrikaans nou werklik deel is en deel voel van hierdie internasionale skrywersfamilie. Ek en Bettina is vanjaar met ope arms in die PEN Africa Network ontvang, waar daar drie jaar gelede onder sommige lede nog weerstand teen die erkenning van ’n Afrikaanse taalsentrum was.

Afrikaans se toekoms bly onseker en juis daarom was dit uitstekend om in Kanada te hoor met watter ontsag daar van skrywers soos Breyten, Brink, Krog en Van Niekerk gepraat word en te sien hoeveel belangstelling daar is om saam met ons te werk – nie net in Afrika nie, maar ook deur inisiatiewe soos die in Noorweë gebaseerde ICORN (International Cities of Refugees Network) en The Dissident Blog, ’n publikasie wat aan PEN Swede verbonde is en graag ook in Suid-Afrika toegang tot drukkers wil hê. 

Die PENnestryd duur dus voort, maar ná daardie week in Québec het ek nuwe moed. Skrywers is nie so alleen soos hulle dikwels voel nie. En terwyl die donderwolke bo ons burgerlike samelewing en demokratiese vryhede saampak, kan ’n mens die woorde van Arthur Miller in gedagte hou; woorde wat hy gesê het by ’n PEN-kongres toe hy in die 60’s president van PEN International was en dié organisasie gedreig het om te skeur oor lidmaatskap vir skrywers van Sowjet-Rusland: “You never do any good unless you get into some trouble. I’m not sure people who write, will not be getting into trouble in America again, and we may need your assistance. We must look at every culture with the same eyes.”

Laat ons die pen opneem en saamstaan oor ons fundamentele reg om van mekaar te verskil. 

Van links: Frankie Asare-Donkoh (president van PEN Ghana en sekretaris-generaal van die PEN Africa Network), Marita Banda (PEN Zambië) en Danie op ’n bootvaart op die Saint Lawrence-rivier

Van links: Anne Muthee (finansiële bestuurder van PEN International), Marita Banda (PEN Zambië) en Bettina

Marita Banda (PEN Zambië) en Bettina

Marita Banda (PEN Zambië) en Bettina

Danie en Yann Martel

’n Plakkaat van Raif Badawi in die ou stadsentrum van Québec - Badawi was een van drie Leë Stoele by die PEN-kongres

Die vrou en drie kinders van Raif Badawi wat tans in Saudi-Arabië tronkstraf uitdien vir sekulêre uitsprake wat hy as blogger gemaak het.

Danie en die Innu-digter Joséphine Bacon

Danie en Bettina se eerste Kanadese bier ná ’n reis van meer as 30 uur

PEN Afrikaans se plek in die General Assembly










The post Die 81ste PEN International-kongres in Québec, Kanada appeared first on LitNet.

'n Terugblik op #FeesMustFall en stellingnames deur PEN Afrikaans

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

Soos die jaar einde se kant toe staan, is dit natuurlik om bestek op te neem van die jaar wat verby is, en ook te begin beplan vir die jaar wat voorlê. Vir ons in PEN Afrikaans, met ’n nuwe bestuur wat onlangs verkies is, is dit ook geleentheid om as organisasie te vra: Quo vadis?

Bettina Wyngaard, pas verkose ondervoorsitter, en Danie Marais, bestuurder, het in Oktober die 81ste kongres van PEN International in Québec, Kanada, bygewoon. Daar word elders in die nuusbrief terugvoer gegee oor besluite wat by hierdie kongres geneem is.

Beide het opgemerk dat dit opvallend was hoe polities en moreel aktief sentra van dwarsoor die wêreld is, hoe betrokke in hulle verskillende gemeenskappe, en in kontras, hoe passief PEN Afrikaans tot nou toe was. Dis iets wat die nuwe bestuur graag wil verander. Ons het ten doel om nie net meer betrokke te raak in literêre aangeleenthede nie, maar ook om ons teenwoordigheid te laat geld wanneer morele kwessies en ander aangeleenthede wat die breër publiek en ons samelewing raak, ter sprake kom. In die komende maande sal daar meer gereeld kommentaar oor sosiale en maatskaplike kwessies wees, asook ’n groter betrokkenheid by projekte van PEN International en PAN – die PEN African Network.

Die landwye #FeesMustFall-protes in die afgelope tyd is een voorbeeld van  ’n kwessie waaroor ons genoop gevoel het om kommentaar te lewer.

Die verklaring wat ons hieromtrent uitgereik het, het kritiek ontlok, aan die een kant van lede wat gevoel het dat ons nie naastenby ver genoeg gegaan het om die regering te veroordeel en die studente te ondersteun nie, aan die ander kant van lede wat gevoel het die vandalisme en geweld deur sommige studente moes skerper veroordeel word. Hierdie skrywe dien nie om die meriete van die verskillende menings te bespreek of ons verklaring te verdedig nie. Dit is egter wel vir ons as bestuur, en vir alle lede van PEN Afrikaans, ’n goeie geleentheid om te besin oor die rol wat ons wil hê PEN Afrikaans moet speel. Dis duidelik uit die kritiek dat al die partye van mening was dat ons ’n morele rol het en kommentaar behoort te lewer, Daar was slegs verskille oor die inhoud van die kommentaar wat ons moet lewer.

Ons is geaffilieer aan PEN International, en as sulks onderskryf ons dit waarvoor PEN International onomwonde staan: vryheid van spraak, die verdediging van ’n demokratiese bestel en die beskerming van menseregte vry van partypolitieke oorwegings. Vryheid van spraak, wat insluit die vryheid van die pers, is ’n reg wat toenemend bedreig word en ’n reg wat ons as sodanig ten alle koste moet beskerm. Op 15 November elke jaar gedenk ons die Dag van die Skrywer in Aanhouding om ons te herinner hoe kosbaar, broos en vlietend hierdie vryheid kan wees. Vryheid van spraak omvat die reg om protes aan te teken. Dit sluit ook die reg van ons lede in om handelinge of nalate van die organisasie te kritiseer en op daardie manier aktief deel te neem en te help om die organisasie wat ons almal verlang, te help vorm. Meningsvryheid is soms ’n omstrede reg, soos wat met die debat rondom Charlie Hebdo gesien is. Is daar ’n reg om ander te na te kom? Is daar ’n teenstrydige reg om nie tenagekom te word nie? Waar lê die perke van vryheid van spraak?

Ons is dit eens dat haatspraak hierdie perke oorskry, en nie geduld behoort te word nie. Wat egter van spraak wat nie haatspraak is nie, maar nie aan die hoorder se vereistes voldoen wat betref gehalte of inhoud nie? Ons lede het ’n inherente reg om te verskil van ons, en om met ons in gesprek te tree oor sulke verskille. Dis deel van ’n gesonde demokrasie. Daar is egter nie ’n reg om ons stilswye te eis omdat lede nie saamstem met die gehalte of inhoud van ons verklarings nie.

’n Lewendige, gesonde demokrasie het robuuste verdediging van alle regte nodig, ook binne ’n organisasie soos PEN Afrikaans. Dit beteken dalk dat sommige lede van tyd tot tyd ongemaklik mag voel met die standpunte wat ons inneem. Ons verbintenis is egter te alle tye om getrou te wees aan die etos en voorbeeld wat PEN International stel. Verder is ons verbind daartoe om in gesprek met lede te bly.

As woordkunstenaars en intellektuele, is dit ons morele verantwoordelikheid om by te dra tot die openbare diskoers wat help bou aan ’n meer gesonde Suid-Afrikaanse demokrasie. Dis ’n verantwoordelikheid wat ons as bestuur ernstig opneem, maar ons nooi elke lid van PEN Afrikaans om daardie verantwoordelikheid saam met ons op te neem en om aktief deel te neem aan die oop gesprek wat ingeligte menings vorm.

Met beste wense

Kerneels Breytenbach, Bettina Wyngaard

The post 'n Terugblik op #FeesMustFall en stellingnames deur PEN Afrikaans appeared first on LitNet.

Wiskunde-eksamenhulp (graad 7 – 11) vir leerders

$
0
0

wiskunde_wolkie_nommersDie eksamen begin eersdaags. Wiskunde bly nou maar ‘n baie belangrike leeraea. Veral deesdae, waar prestasie in wiskunde ‘n voorvereiste vir die meeste studierigtings is. Daarom sal die punte wat jy vir wiskunde behaal waarskynlik met arendsoë dopgehou sal word.

Die goeie nuus is dat sukses in wiskunde nie net vir ‘n uitverkore groepie mense is nie. Daar is baie wat jy kan doen om seker te maak dat jy jou wiskunde vraestel met selfvertroue kan aanpak. Hiermee ‘n paar wenke:

• Wiskunde is ‘n leerarea waarvoor jy baie goed moet voorberei. Om die middag voor die vraestel deur jou boeke te blaai, is ‘n strategie wat jy nie eers moet oorweeg nie. Om suksesvol in wiskunde te wees, moet jy oefen! Daar is ongelukkig geen kortpad nie. 

• Indien jy nog nie met hersiening vir jou wiskunde vraestelle begin het nie, begin vandag. Spandeer elke dag ten minste dertig minute net aan wiskunde hersiening. Ek stel voor dat jy jou selfoon vir daardie tyd wegsit of afskakel sodat jy ononderbroke kan konsentreer.

• Werk stelselmatig deur al die inhoudsareas waaroor jy eksamen skryf. Begin by die inhoudsareas wat die grootste uitdaging vir jou inhou om seker te maak dat jy genoeg tyd hieraan afstaan.

• Leer eers die teorie, reëls en formules van ‘n inhoudsarea. Doen dan die oefeninge wat julle in die klas gedoen het. Hou die antwoorde toe wanneer jy die oefeninge doen. So maak jy seker dat jy weet hoe om soortgelyke voorbeelde in die eksamen aan te pak.

• Let veral op die foute wat jy in oefeninge en toetse gemaak het. Maak seker dat jy nie hierdie tipe foute in die eksamen herhaal nie.

• Maak ‘n lys van aspekte waaroor jy onseker voel en vra jou onderwyser of dalk ‘n klasmaat om dit vir jou te verduidelik. Onthou, jy is verantwoordelik vir jou wiskunde prestasie en daarom moet jy seker maak dat jy al die werk kan doen.

• Probeer ook om vraestelle of ekstra oefeninge in studiegidse te doen. Hoe meer voorbeelde jy van ‘n sekere inhoudsarea uitwerk, hoe beter is die kans dat jy soortgelyke voorbeelde suksesvol sal aanpak, of selfs dieselfde vraag in die eksamen sal kry. Maak seker dat jy die antwoorde van hierdie vraestelle of oefeninge het, of dat iemand dit vir jou kan merk, anders mors jy net jou tyd.

• Dit is dikwels baie effektief om ‘n studiegroep te stig en saam vraestelle uit te werk. ‘n Mens leer nogal baie by mekaar. Kies dan die lede met goeie oordeel, sodat julle nie mekaar se tyd mors met tydige en ontydige koffiebreke of onderbrekeings nie.

• Maak seker dat jy presies weet hoe om die funksies op jou sakrekenaar te gebruik. Indien jy goed vertroud is met jou sakrekenaar, sal jy tyd in die vraestel spaar en akkuraat werk.

• Moenie die aand voor die vraestel te laat gaan slaap nie. Die ideaal is dat jy die vraestel uitgerus en met ‘n helder verstand aanpak.

• Al die ure wat jy voor jou wiskunde boeke deurbring sal die moeite werd wees. Die belangrikste is egter dat jy positief oor wiskunde sal wees. Dit is teenproduktief om vir jouself te sê dat die werk moeilik is of dat wiskunde sleg is. Pak hierdie eksamen met ‘n positiewe, hardwerkende gesindheid aan.

Studiegidse met sinvolle oefeninge en volledige antwoorde:

 

The post Wiskunde-eksamenhulp (graad 7 – 11) vir leerders appeared first on LitNet.

LitNet Akademies-resensie-essay: Parool/Parole deur Breyten Breytenbach

$
0
0

paroolTeks: Parool/Parole: Versamelde toesprake/Collected Speeches 
Skrywer: Breyten Breytenbach
Uitgewer: Kaapstad, Penguin, 2015
ISBN: 978 1 7702 2917 4 (druk)
Prys: R300 (hardeband)

Sommige romans stel die leser in staat om die verlede te herbeleef en anders te verstaan. Hierdie ander verstaan van die verlede deur die roman is nog merkwaardiger as die roman betrekking het op geskiedkundige gebeure wat die leser self beleef het.

Breyten Breytenbach se versamelde toesprake, Parool/Parole, het ’n hierdie soort effek op my gehad. Dit is enersyds ’n hoogs ontstellende leeservaring, omdat die leser teen wil en dank ’n aantal verskriklike geskiedkundige gebeure oor die afgelope anderhalfeeu waarvan Breytenbach getuie en dikwels akteur was, meemaak. Om byvoorbeeld te herbeleef hoe Afrikaans se grootste digter en die Afrikaners se morele gewete in ’n toespraak voor die hooggeregshof in November 1975 op die ouderdom van 36 jaar met ’n mengsel van bykans tasbare durf én vrees sy verset aan sowel die regter as die hof van die openbare mening verduidelik, is soos om gedwing te word om oor en oor ’n marteltoneel mee te maak. Parool/Parole is andersyds ’n hoogs besielende leeservaring, omdat dit getuig van die moontlikheid om altyd weer te verbeel en uitweë uit die donker, die onnoselheid en die geweld van ons tyd te soek.

Dit word dikwels van Breytenbach gesê dat hy ’n hoogs ingewikkelde kunstenaar is, maar soos hierdie bundel bewys, is Breytenbach se werk eweneens klokhelder, danksy die konsekwentheid waarmee hy ’n aantal deurlopende temas oor die afgelope anderhalfeeu ontwikkel het. Uitvoerige studies sou oor elkeen van hierdie temas gedoen kon word, maar gegewe die voorneme om sy gehoor telkens te betrek in ’n gesprek met die hoop om duidelike geestelike, etiese en politieke veranderinge mee te bring, gaan ek probeer om in die res van hierdie opstel hierdie temas so helder as moontlik te behandel. In afdeling 1 sal ingegaan word op die deurlopende temas in sy denke en veral die etiese bronne waarop hy hom beroep. In afdeling 2 sal stilgestaan word by Breyten se verhouding met die Afrikaners. In afdeling 3 sal sy bemoeienis met die Suid-Afrikaanse politiek tydens en ná apartheid behandel word.

By die lees van die bundel het dit duidelik geword dat minstens twee sleutels nuttig is om die bundel te verstaan. Die eerste sleutel is bykans vanselfsprekend: omdat Breytenbach in hierdie tekste telkens op aktuele sake reageer, is dit telkens nodig om die konteks waarbinne hy die betrokke teks geskryf het, in gedagte te hou. Hiervoor is die nawoord wat die samesteller van die bundel, Francis Galloway, vanaf bl 193 verskaf, baie nuttig. Die leser wat haar oog telkens op die datum van ’n gegewe teks se ontstaan hou, sal makliker die deurlopende temas en hul ontwikkeling kan raaksien. Dus sal ek telkens hier onder ook verwys na die datums van aanhalings uit die tekste.

kunsbreytenklein5

Breyten Breytenbach

Die tweede verstaansleutel is die kwessie van Breytenbach se reg om hom dwarsdeur sy volwasse lewe oor Suid-Afrika uit te spreek terwyl hy al sedert ongeveer sy 20ste jaar nie voltyds in die land woon nie – uitgesluit die sewe jaar wat hy tussen 1975 en 1982 in die destydse Pretoria Sentraal-gevangenis (nou Kgosi Mampuru-gevangenis) in Pretoria deurgebring het. Omdat Breytenbach telkens sy gehoor vreesloos uitdaag en tot morele verantwoording roep, is die beskuldiging deur sy opponente in Suid-Afrika dikwels teen hom ingebring dat hy weens sy meestal buitelandse verblyf die reg verbeur het om hom oor die land uit te spreek, onder meer omdat hy na bewering nie regtig meer weet wat in die land aangaan nie. By die lees van hierdie bundel is ek egter getref hoe Breytenbach ondanks sy buitelandse verblyf keer op keer sy vinger presies op die pols van die land had en steeds het. Myns insiens is dit danksy die feit dat hy ’n intense liefde vir die land het, asook ’n intense bemoeienis met die Afrikaners as sy mense, met vratte en al. Vanweë sy diepe verbintenis oor afstande heen het hy lewenslank meer betrokke by die land en by sy eie mense gebly as wat die geval is met baie mense wat voltyds in die land woon. Dit bewys dat die reg om jou oor die land en jou mense uit te spreek, nie in die eerste plek afhang van waar jy woon nie, maar van jou verbintenis en betrokkenheid.

Teen hierdie agtergrond kan nou oorgegaan word tot ’n bespreking van Breytenbach se deurlopende temas en sy etiese bronne.

1. Deurlopende temas, etiese bronnejmcoetzee

1.1 “My mense”: Die Afrikaners en die bruin mense

Soos die ander twee literêre Afrikanerreuse van sy geslag – Karel Schoeman en JM Coetzee – het Breytenbach ondanks sy dubbelsinnige verhouding met die Afrikaners dwarsdeur sy lewe ’n identifikasie en bemoeienis met die Afrikaners. Al ontken hy by tye dat hy ’n Afrikaner is, is die groter, dieper bewussyn van sy Afrikaneridentiteit altyd maar weer daar. Dit is ’n morele posisie voortspruitend uit die erkenning dat al kan die individu in ’n mate kies hoe hy sy groepsidentiteit vertolk, hy nie diekarelsch vryheid het om hierdie identiteit as sy toegang tot die wêreld te ontken nie. So verklaar Breytenbach tydens die Sestigers-somerskool van Februarie 1973 by die Universiteit van Kaapstad in “’n Blik van buite” metverwysing na apartheid: “Wat bestaan in hierdie land is gepleeg in ons – in my – naam, in ons – in mý – taal. Hoewel ek dus niemand se afgevaardigde is nie behalwe my eie en dié van my vlooie, wil en kan ek my nie distansieer van hierdie gemors nie” (10). Op hierdie bemoeienis met die Afrikaners word hier onder in afdeling 2 verder ingegaan, maar vir eers is dit noodsaaklik om daarop te wys dat Breytenbach eweneens ’n diep bemoeienis met bruin mense maak.

npvanwyklouwIn dieselfde taal waarmee Breytenbach se groot voorganger as digter en denker, NP Van Wyk Louw, uit protes teen die Nasionale Party se verwydering van die bruin mense van die kieserslys in 1956 aan Afrikaners gesê het hulle kan dit nie doen nie, want dis “ons mense”, doen Breytenbach met sy welbekende hekel in openbare verskonings in die politiek die seldsame ding om tydens sy toespraak by die aanvaarding van die Hertzog-prys in 2008 op Stellenbosch te sê: “Daar is één saak waarvoor ek persoonlik om verskoning wil vra. Dat ek nie hard genoeg en helder genoeg baklei het teen die onreg aangedoen aan die bruin mense nie. En dit nog steeds nie doen nie. Want hulle is bloedfamilie. Dis my mense” (131).

apologiaInsgelyks funksioneer die seldsame openbare verskoning om sy eksistensiële en morele verbintenis met “sy mense” te bevestig by sy hoftoespraak in 1975 wanneer hy verklaar: “Ek sou graag, indien dit my beskore word, wil vergoed vir die onreg en die verdriet wat ek my mense oor die verkwiste jare aangedoen het” (22). Na hierdie toespraak sal telkens hier onder teruggekeer word: Dit is nie net die grootste polities-morele standpuntstelling deur ’n Afrikaner teen apartheid nie; dit staan ook sy plek vol in die tradisie van die polities-morele verweer voor die hof waarvan Sokrates se Apologia voor sy Atheense aanklaers en teregstellers die stigtingsdokument is.

Uit die posisies wat Breytenbach teenoor die Afrikaners en die bruin mense as almal synde “sy mense” ingeneem het, kan dus afgelei word dat die beskuldiging wat soms teen hom ingebring word dat hy verkies het om as ’n soort ongebonde nomadiese individu te funksioneer, grootliks ongegrond is. Soos hier onder aangetoon sal word met verwysing na sy begrip van die Middelwêreld, was daar ongetwyfeld ná 1995 ’n paar jaar in Breytenbach se lewe toe hy wel met die konsep van ongebonde nomadisiteit geflankeer het, maar dit moet verstaan word as ’n poging om deur tydelike psigiese afstandname sy intense teleurstelling met die mislukking van die postapartheid bedeling te verwerk.

Hier wil ek eers net wys op die feit dat Breytenbach se erkenning van sy gemeenskapsidentiteit reg van die begin af ten grondslag van sy siening van skrywerskap lê, waarvolgens die skrywer onvoorstelbaar is sonder sy gemeenskap. So verklaar hy dan met die gemeenskapsmetafore van die klassieke Christendom by die Somerskool in 1973: “Om te skryf is om te kommunikeer, om saam te eet, om geméénskap te hê, ’n nagmaal, ons almal se bloed, ons almal se vleis. Ons is mense, ons skryf vir mense óór mense, en daarom oor verhoudings tussen mense” (22).

Dit is een ding om hierdie woorde te lees van ’n strydlustige 34-jarige digter oënskynlik aangevuur deur die romantiese drif van verset teen onreg, maar dit is ’n ander ding wanneer hy as 44-jarige digter aan die ander kant van sewe jaar tronkstraf toegedien deur sy eie mense in 1983 voor ’n Nederlandse skrywersgehoor dieselfde band tussen skrywer en gemeenskap onomwonde stel: “Any writer, to my mind has at least two tasks, sometimes overlapping; he is the questioner and the implacable critic of the mores and attitudes and myths of his society, but he is also the exponent of the aspirations of his people” (25). Terwyl Suid-Afrika in dieselfde tyd gebuk gegaan het onder die toestande wat tot die eerste van twee noodtoestande in die 1980’s sou lei en die Afrikaners hulle absolute morele laagtepunt bereik het, is dit niks minder as merkwaardig nie dat Breytenbach selfs tóé die band tussen die skrywer en sy gemeenskap met verwysing na hul aspirasies bevestig het.

Die skrywer se gemeenskap funksioneer dus vir Breytenbach nie slegs as estetiese bron van sy werk nie, maar ook as morele bron.

Wat van die ander etiese bronne van sy werk?

1.2 Ouerhuis

Aristoteles het reeds meer as 23 eeue gelede gewys op die onlosmaaklike band tussen die gemeenskap en die gesin, en dat die gesin as’t ware die politieke mikrokosmos van die gemeenskap is. As dit goed gaan met die een, gaan dit goed met die ander. In ’n land waar verskeie vorme van staatkundige en ekonomiese geweldpleging oor eeue heen die gesinstruktuur van ons samelewing verwoes het, met al die verskriklike geweldpleging en wanhoop wat steeds daarmee gepaardgaan, bevestig Breytenbach voor die hof in 1975 die belang van die gesonde gesin vir sy eie vorming: “In die huis van my ouers is ek van kleins af respek vir my medemens geleer, ongeag hulle afkoms of posisie in die maatskappy. My ouers is godsdienstig in die ware sin – hulle het hul naaste lief en hulle alledaagse lewenshandel bewys dit. Ek is ook geleer dat ek my lewe moes lei op só ’n wyse dat ek myself altyd sonder skaamte in die oë kan kyk” (37).

1.3 Van Wyk Louw en Jan Rabie

Naas die etiese gemeenskapsbron van sy ouerhuis is daar vir Breytenbach twee ander etiese bronne van ’n meer openbare aard in sy gemeenskap, naamlik dit wat hy ontleen het aan twee van sy literêre Afrikaanse voorgangers. Ek verwys eerstens na Van Wyk Louw se eis om voortbestaan in geregtigheid, wat dwarsdeur Breytenbach se lewe ’n norm sou wees waaraan hy hom en sy mense sou hou. In sy hoftoespraak van 1975 regverdig hy sy politieke verset met verwysing na Louw: “Dit is dalk paradoksaal, maar vir my het dit gegaan om die voortbestaan van ons volk, ’n voortbestaan met regverdigheid soos Van Wyk Louw dit uitgedruk het, oor die inhoud en die gehalte van ons beskawing” (21).

Dan, 11 jaar later in veel donkerder politieke omstandighede, by sy aanvaarding van die Rapport-prys in die Staatsteater, Pretoria, 1986, pas hy Louw se eis onverbiddelik toe om aan sy mense te sê dat die onreg wat hulle gepleeg het, nou ’n vraagteken agter hulle voortbestaan plaas: “Hierdie staat, ’n anomalie en ’n anakronisme, se malheid is doodsgevaarlik. Dit beteken ontwrigting vir die buurstate, massamoord vir die meerderheid, vernietiging vir hulle – julle – in wie se naam die staatsterreur gepleeg word” (35). En: “’n Minderheidsregime wat nog net met geweld gehandhaaf kan word, het sy bestaansreg verbeur omdat dit in konsepsie en in toepassing onregverdig is” (37).

janrabieswDie gemeenskapsgebaseerde geregtigheidsbegrip wat Breytenbach aan Louw ontleen, is aangevul deur Jan Rabie se gemeenskapsmatige begrip van die verbeeldingsgebaseerde verandering van mekaar in ons volgehoue verhoudings met en betrokkenheid by mekaar, oftewel die groot Andersmaak. So verklaar hy in Augustus 1990, die jaar waarin Nelson Mandela vrygelaat is en die ANC en ander politieke organisasies ontban is, voor ’n Stellenbosse gehoor: “Suid-Afrikanerskap loop deur die afbreek van apartheid en die help bou aan die groot Andersmaak. Ons máák mekaar. As ons tuis wil wees, bewuste maaksels en nie ganskuikens uitgebroei onder die kalkoen van voorbeskikking of historiese nelsonmandelabwdeterminisme nie, dan moet ons vir máák makmaak, dit soms máák vir mekaar, onsself en die ander dikwels vermaak, mag kan bemaak, vermakerig wees wanneer dit moet, partykeer maak of ons maak. Suid-Afrikanerskap is deelname aan die soeke na die vergestalting van ’n dwingend noodsaaklike metamorfose aan die hand van vereistes van regverdigheid en geregtigheid” (51).

Waar Louw se voortbestaan in geregtigheid deur Breytenbach as maatstaf van volgehoue etiese verandering van sy eie mense “na binne” voorgehou word, is Rabie se groot Andersmaak weer sy norm vir die etiese verandering wat mense en gemeenskappe in verhouding met en betrokkenheid by mekaar teweeg bring. Dit is belangrik om daarop te let dat die groot Andersmaak nie verwar moet word met die huidige Afronasionalistiese leitmotief van “transformasie” nie (wat Breytenbach ook eksplisiet verwerp): waar “transformasie” toenemend duidelik deur die Afronasionaliste verstaan word as ’n voorafbepaalde program wat met brute magsuitoefening deurgemoker moet word, is die groot Andersmaak ’n oop, onbepaalbare proses waarvan die rigting bepaal word deur volgehoue betrokkenheid by en verbeelding van die self en die ander.

Dat Breytenbach die groot Andersmaak nie as magsprogram nie, maar as esteties-etiese proses beskou, maak hy reeds voor die Somerskool in 1973 duidelik: “Ek is partydig. Ek kies kant. Omdat dit vir my gaan om die totstandkoming van leefbare omstandighede in ons gemeenskap. Omdat dit vir my gaan om ’n soeke na, ’n óópmaak na ’n samelewing waarin elkeen van ons en almal van ons sy regmatige aandeel kan hê, waarbinne ons op gelyke voet verantwoordelikheid vir mekaar kan aanvaar” (9–10).

1.4 Boeddhisme

Breytenbach se lewenslange beïnvloeding deur die Boeddhisme en die Taoïsme – wat hy met die groot Katolieke Afrikaanse filosoof en een van sy leermeesters, Marthinus Versfeld, gedeel het – is welbekend. Die vraag word dikwels gevra hoe ’n Afrikaner uit ’n Calvinistiese agtergrond toegang tot die Boeddhisme kan kry. In Breytenbach se geval wil dit voortkom asof Louw en Rabie se prosesmatige konsepte (om te lewe is ’n volgehoue proses van soeke en verandering) aan hom ’n toegang tot die Boeddhisme gegee het en hom in staat gestel het om dié twee Afrikaanse skrywers en die Boeddhisme in gesprek te bring.

Voor ek dié gesprek kortliks hier onder toelig, haal ek eers Breytenbach se besonder helder opsomming van die invloed van die Boeddhisme op hom aan soos hy dit by dieselfde Stellenbosse geleentheid in 1990 verwoord het:

Boeddha het my gehelp om Marx te verstaan. Eerstens: dat daar nie Boeddhisme is nie, slegs Boeddhas. Ek is Boeddha. Jy en jy en jy eweseer. Ons, alles, gesamentlik en afsonderlik, is potensieel of geaktualiseer Boeddha. Tweedens: maar as jy Boeddha teëkom, maak hom dood! Derdens: dat my radikalisme (wortelsoeke of wortelwerk) nie geënkapsuleer kan word in ’n dogma, ’n skool of ’n party nie. Op jou eie het jy in die kak getrap, jy het sélf die bodderasie geruik, jy sal sélf die skoen moet ontslagyster. Vierdens: dat ek met my voorkop die grond voor jou sal aanraak as groet vir die lewe en die lewedraende boodskap in jou. Vyfdens: dat die feit dat soveel mense so lank gely en so baie opgeoffer het vir die illusie van Utopia (Nirvana?) of klassevergelding dit nie minder van ’n illusie maak nie. Selfopofferende neerlegging by ’n leuen maak nie daarvan ’n waarheid nie en my respek vir verbryselde drome kan slegs betoon word deur dit as drome uit te lig. Sesdens: die doel kan nooit die middele heilig nie; die middele – dis juis die middeweg! – is elke oomblik van die etmaal volledig die doel self. Terloops, hierin lê vir my ook die kern van ’n dialektiek oor voortdurende beweging en betrokkenheid, want jy is slegs neutraal en onverbonde as jy totaal deel van die proses is. In die sewende plek: dat dit daarom nie beteken dat jy somaar kan rus onder die vyeboom nie; bevryding moet verwesenlik word, en dit verg ’n metodiek, ’n dissipline, ’n toepassing – met die dringendheid van ’n doodstryd. Agstens: die riglyne bly, al klink hulle teenstrydig, die oplossing van self en die totale respek vir die Ander. In die neënde instansie: doodnormaal, natuurlik, met humor en deernis, sonder om vas te klou, selfs aan die nievasklou. Die tyd sal leer op voorwaarde dat ons bereid en onbevange en ootmoedig genoeg is om te leer. (55–6)

Die verband wat Breytenbach lê tussen Louw, Rabie en die Boeddhisme kan gevolglik beskryf word as een van medeverantwoordelikheid voortspruitend uit gedeelde bewussyn, bewussyn van die dinamiese werklikheid synde die basis van ’n etiese lewe volgens die Boeddhisme.

Hieroor laat Breytenbach hom konsekwent sedert die 1980’s uit met betrekking tot ’n Suid-Afrika ná apartheid, soos byvoorbeeld by die beraad tussen skrywers en die ANC by die Victoria-waterval in Zimbabwe in 1989 op die vooraand van die val van apartheid en die Berlynse Muur:

For some considerable time now we have been living in the sign of a regrouping of forces – a realignment not defined by ethnic or even cultural affinities, but by the striving for the same values. Our shared consciousness, nevertheless, still remains shredded, and it is only natural that we should each have our own ways of looking at reality through the cracks of our experience. (40)

Ofskoon hy nie naïef is oor hoe die verdelings van die Koue Oorlog wêreldwyd en apartheid plaaslik ’n gedeelde bewussyn as basis van medeverantwoordelikheid belemmer het nie, spreek hy nietemin sy volgehoue verbintenis tot die gedeelde bewustheid en verantwoordelikheid uit:

I may be totally naive in my belief that a broader awareness must lead to a greater sense of responsibility. Here I ought to admit to my Buddhist convictions that ignorance is a sin, and that a growing consciousness will constitute the grounds for transformation. (42)

Elders, en heelwat later – in 2007 – sluit hy vanuit sy Boeddhistiese perspektief ook aan by die Platoniese tradisie wat die skone en die goeie aan mekaar verbind as hy verklaar dat “processes of beauty constitute the ground for ethical consciousness. Beauty – however we conceive of it (but we always recognise it) – is a way towards accessing ethical values. Conscience flows from consciousness ...” (123). Daar kan kwalik ’n meer Platoniese stelling wees as dat ons skoonheid altyd herken.

1.5 Taal

Taal is die medium wat Breytenbach se verbintenis tot gemeenskap, skrywerskap, geregtigheid, bewussyn en verantwoordelikheid met mekaar bemiddel.

Wat dan in die eerste plek gemeenskap betref, verklaar hy by die Victoria-skrywersberaad oor taal:

Daar sit klanke en verbuigings en prente en verwysings en stomp goete in wat herlei na ’n geografiese gebied, ’n geskiedenis van waarneming van spasie en ritme en tyd en verhoudings en natuur en klimaat, van ’n manier waarop die hond so al langs sy eie pote bly draf. Dis nie ’n opsie nie. (41)

Dit is opvallend dat hy hiermee amper 30 jaar nadat hy via Portugal Parys toe is, voor ’n gehoor, waarvan heelwat politieke uitgewekenes sou wees, verkies om sy verbondenheid aan sy gemeenskap en sy land deur taal, en spesifiek die Afrikaanse taal, voor te hou. Hiermee herbevestig hy ook dat jy jou diepste gemeenskapsverband nie kan kies nie, maar dat dit jou – deur jou taal en plek van herkoms – kies.

In ’n terugblik by sy Hertzog-toespraak in 2008 op die politieke posisie wat hy tydens apartheid ook teenoor sy “volk” (sic) ingeneem het, beklemtoon hy die etiese basis van taal nog sterker:

As ek my taal sou onteien sou dit beteken dat ek die wewing van my bestaan probeer vernietig. En so het ek uitgekom by die plek waar ek kan sê, ek het in opstand gekom teen die volk ook in naam van die woord. In naam van die basterskap van die woord. (131)

In hierdie uitspraak verset hy hom opnuut teen die toenmalige versugting op verengelsing wat op plekke soos Stellenbosch voorgekom het. Terselfdertyd eggo hy hier Johannes 1:1 se “In die begin was die Woord ...”

Uit hoofde van sy diep band met sy moedertaal, hoe dit hom aan ’n gemeenskap, ’n plek en ’n land verbind, voer hy in 1998 in Zanzibar voor ’n Afrikaïese gehoor aan in “The Afrikaner as African” dat moedertaalonderrig die voorwaarde van verbeelding en kritiek is:

Taking the difficult road of promoting mother-tongue education, for instance, in the politically correct tyranny of South Africa where “history” is chanted in the histrionic hysteria of breast-beating, will suggest that the potential of language is more than just being the lowest common denominator of communication and record among diverse groups: it is, as well, a tool of inventiveness and renewal, a voice of history (among many others) and thus the living tissue from past to present, and that all of this must go towards enabling citizens to develop a critical stance to the state. (95)

Nodeloos om te sê dat die ANC-regering se verwaarlosing van moedertaalonderrig, en die druk waaronder Afrikaans tans aan openbare universiteite verkeer, dit alte maklik maak om te vermoed dat dié regering liefs nie te veel kritiese burgers wil opvoed nie.

In ’n artikel wat Breytenbach in 2006 in Die Burger publiseer te midde van die verset teen Chris Brink se groeiende verengelsing van die Universiteit Stellenbosch, verbind hy moedertaal eksplisiet aan die groot Andersmaak en die verruiming van die bewussyn (teenoor die parogiale siening van moedertaal as verengend):

Taal – énige taal, en by uitstek daardie grootword- en mensword-taal waarbinne jy soepel kan beweeg soos ’n slang in sy vel – is nie alleen ’n kommunikasiemiddel nie. Dis die bemiddelaar tussen jou en die wêreld, dis die sintuig (sinnetuig) waarmee jy jou omgewing begryp en leer verken en verander, dis die maak-ding wat jou in staat stel om jouself verby te steek en anders te maak, dis die beliggaming van ’n spesifieke ervaring en uitdrukking, dit is daarom ’n essensiële bydrae tot die synsdiversiteit wat ons as kultuur en as mensdom moet hê om te kan oorleef. Want taal is nie net vir opvang en aanleer en weergee nie; dis ook ’n metamorfose. (114; sy beklemtoning)

Hiermee speel hy per implikasie klaar met die oppervlakkige siening van taal as blote kommunikasiemiddel soos wat dit posgevat het te midde van die globalisering en gepaardgaande vervlakking van Engels, waaroor die Britse filosofiese teoloog Catherine Pickstock so verhelderend skryf in haar gerugmakende werk After Writing: On the Liturgical Consummation of Philosophy (1998).

Om hierdie afdeling saam te vat: Breytenbach se etiese bronne is sy verbondenheid met die Afrikaners en bruin mense via sy herkoms en die Afrikaanse taal, tesame met sy ouerhuis, Louw se voortbestaan in geregtigheid, Rabie se groot Andersmaak, die Boeddhisme en (moeder)taal. Dit is teen hierdie agtergrond dat ons nou in afdeling 2 sal stilstaan by Breytenbach se dubbelsinnige verhouding en volgehoue bemoeienis met die Afrikaners vanuit hierdie etiese bronne.

2. Breytenbach en die Afrikaners

Die verwydering wat Breytenbach se verhouding met die Afrikaners grootliks gekenmerk het tydens apartheid, het sedert die einde van apartheid vir toenadering tot die Afrikaners plekgemaak. Dit het daartoe gelei dat Breytenbach soms in die afgelope jare daarvan beskuldig is dat hy sogenaamd regs gedraai het – so asof dit ’n doodsonde sou wees, en asof dit nie te wagte was dat iemand wie se gemeenskapsband nog altyd so sentraal was, nie ook die verhouding met sy gemeenskap sou normaliseer namate die abnormale apartheidsbedeling agtergelaat is nie.

Breytenbach se toenadering tot die Afrikaners kan egter allermins as sluitend verstaan word. Neem byvoorbeeld die volgende uitspraak oor identiteit wat hy in 2009 in Berlyn maak tydens ’n vergelykende bestekopname van Suid-Afrika ná apartheid en Duitsland ná die val van die Berlynse Muur: “We are partly what we remember ourselves to be and partly what we aspire towards – and there is a link because imagination is informed and to an extent conditioned by memory. We call this ‘identity’” (139).

Iemand wat so oor identiteit praat, verstaan dit duidelik as ’n oop proses wat altyd in die spanning tussen herinnering en hoop, die verlede en die toekoms, in die hede is. Om te onthou sonder ’n oog op die toekoms, is om jou terug te trek in die verlede ten koste van die hede; om die toekoms te droom sonder die lesse van die verlede, is om die hede via die toekoms te ontvlug.

Hierdie soepele verstaan van Afrikaner-identiteit vind natuurlik van baie vroeg af in sy denke neerslag in die begrip van die Afrikaners as tussenmense, oftewel, as basters. Volgens Breytenbach is dit hierdie tussentoestand wat aan Afrikaners ’n buitengewone potensiaal gee om die wêreld anders te verbeel, maar wat tegelyk ook in ’n meer negatiewe sin in sommige omstandighede ervaar kan word as eksistensiële onsekerheid wat dan besweer moet word deur toe te slaan en toe te sluit. Volgens een van sy beroemdste uitsprake (Somerskool, 1973) oor apartheid het juis dit tot Afrikaners se keuse vir apartheid gelei:

Ons is ’n bastervolk met ’n bastertaal. Ons aard is basterskap. Dis goed en mooi so. Ons moet kompos wees, ontbindend om wéér in ander vorme te kan bind. Net, ons het in die slagyster getrap van die baster wat aan bewind kom. In daardie gedeelte van ons bloed wat van Europa kom, was die vloek van meerderwaardigheid. Ons wou ons mag regverdig. En om dit te kon doen, moes ons ons gewaande stamidentiteit stol. Ons moes áfkamp, bekamp, verkramp. Ons moes ons andersheid verskans en terselfdertyd behóú wat ons verower het. Ons het van ons andersheid die norm, die standaard gemaak – en die ideaal. En omdat die handhawing van ons andersheid ten onkoste van ons mede-Suid-Afrikaners – en ons Suid-Afrikaansheid – is, het ons ons bedreig gevoel. Ons het mure gebou. Nie stede nie, maar stadsmure. En soos alle basters – onseker oor hul identiteit – het ons die begrip van suiwerheid begin aanhang. Dit is apartheid. Apartheid is the law of the bastard. (12)

Twee jaar en agt maande later, in sy hoftoespraak, is Breytenbach op sy weerloosste en op sy mees ontblote van al die toesprake in Parool/Parole. Die diepe band met en verantwoordelikheid jeens die Afrikaners wat hy in daardie stadium voel, spreek duidelik uit die feit dat hy sy toespraak open deur aan die regter te sê: “Ek is aan u en al die mense hier – mý mense – ’n verduideliking verskuldig ...” (17). Dat hy ook ten diepste as ’n Afrikaner weerstand gebied het teen wat sy mense met apartheid gedoen het, blyk uit hoe hy sy optrede motiveer vanuit “die liefde vir my land” en – soos reeds hier bo aangehaal – vanuit die groot Afrikanervolksdigter, Van Wyk Louw: “Dit is dalk paradoksaal, maar vir my het dit gegaan om die voortbestaan van ons volk, ’n voortbestaan met regverdigheid soos Van Wyk Louw dit uitgedruk het” (21).

In dieselfde toespraak dui Breytenbach aan dat sy verhouding met die Afrikaners een van liefde en haat geword het ná die weiering om ’n visum aan sy Viëtnammese vrou vir ’n besoek aan Suid-Afrika in 1964 toe te staan. As die liefde vir sy mense tot met sy verhoor in 1975 nog die sterker motief in sy verhouding met hulle is, word die haat in die verhouding sterker tydens sy tronkjare en dan die uiters gewelddadige dekade ‘80.

Hierdie laagtepunt druk Breytenbach soos volg in 1983 in sy eerste openbare toespraak ná sy vrylating voor ’n Nederlandse skrywersgehoor uit: “I do not consider myself an Afrikaner; the definition, whichever way you turn it, has a political content with which I cannot identify. Even culturally I can’t claim to be an Afrikaner” (28). Met ander woorde, die verharding van Afrikaners se basteridentiteit in ’n versugting tot suiwerheid, soos hy dit tien jaar tevore in een van die aanhalings hier bo gestel het, het hy oënskynlik so intens ervaar dat hy nie meer sy liefde vir die kulturele bedding van sy diepste identiteit kon toelaat nie – en hierdie vertolking gee ek met groot huiwering, want wie kan ooit begryp waardeur Afrikaans se grootste digter in daardie sewe tronkjare moes gegaan het, die jare waartydens die politiek wat die Afrikaners in die naam van ons kultuur beoefen het, hierdie einste kultuur amper totaal doodgesmoor het? Dat daar vir hierdie kulturele bedding lewe ná die dood van apartheid was, is ’n tema in Breytenbach se denke waarna ek hier onder terugkeer.

Vir eers word verder stilgestaan by die laagwatermerk van Breytenbach se verhouding met die Afrikaners – tydens die dekade ‘80 – soos dit uitgedruk word in die volgende vier aanhalings uit sy Rapport-prystoespraak in die Staatsteater midde-in die noodtoestand in 1986. In die eerste van die vier aanhalings boor hy in op hoe die Afrikaners se oorbeklemtoning van die politieke ten koste van die kulturele tot ’n baie ironiese bydrae tot die wêreld se geesteskat gelei het:

[D]ie Afrikaner het ’n besondere bydrae gelewer tot die geskiedenis se skatkis van geestesgoedere: die oprig en ophemeling van rassisme as staatsideaal en, as sakrament van hierdie idolatrie dan, ook as sosiofilologiese inset, apartheid as die ideale staat. (33)

Selde indien ooit is die gevaar van ’n politiek gebaseer op abstrakte ideale weg van die werklikheid so sterk in Afrikaans verwoord.

Die versmorende implikasies hiervan vir Afrikaners se menswees en vir ons kultuur verwoord hy in die tweede en volgende aanhaling:

Daar is ’n intieme korrelasie tussen die feit dat ons apartheid bedink en toe deur ons apartheid uitgedink is, sodat ons vasgeweef leef in die oneindige selfkreërende vlegwerk van ’n burokratiese totalitarisme. Ook ons denke en ons drome is onvermydelik gevorm in daardie kille klem van verstokking ... (33)

Let daarop dat hy selfs op hierdie woedende laagtepunt van sy verhouding met die Afrikaners homself steeds met “ons” met die Afrikaners identifiseer. Dit kan vertolk word as ’n eksistensiële band met sy mense wat sterker is as selfs die diepste morele verontwaardiging, en daarom een van die kragtigste morele standpuntstellings deur ’n Afrikaner tydens apartheid.

foucaultIn die verlenging van hierdie volgehoue identifisering met sy mense in hulle waansinnigste uur hou hy dan nie terug nie om in die derde, volgende aanhaling aan die Afrikaners uit te spel hoe hulle poging tot die erkenning van die wêreld in ’n perverse vorm gekom het:

Michel Foucault, die Franse filosoof, het so min of meer beweer dat enige gemeenskap sy malles uitwerp; dat malheid funksioneel nodig is vir die groep as versekering van ’n ewewigtigheid. Van buite gesien, is die Afrikaner die wêreldgemeenskap se uitgeskeide waansin. (35)

En tog kon die Afrikaners se donkerste uur en ons oomblik van die minste verbeelding nie Breytenbach se liefde vir en geloof in sy mense se potensiaal vir iets anders en beters blus nie, soos hy dit dan in die vierde, volgende aanhaling uitdruk:

Want om Afrikaner te wees is nog lank nie somaar of dáárom ’n diskwalifikasie nie. Waarom sou ek anders my hart hier staan en uitpraat? Ek verwerp met al my oortuiging die fatalistiese voorbestemmingsteorie wat van ons eers moordenaars en dan selfmoordenaars maak. (38)

Met hierdie laaste woorde het hy destyds al die modieuse eietydse moralistiese siening waarvolgens Afrikaners as’t ware gedoem is om altyd maar weer geweld aan andere te doen, ontbloot vir die kwasirassistiese nonsens wat dit is.

Die volgende keerpunt in Breytenbach se verhouding met die Afrikaners, die begin van sy toenadering, val saam met die keerpunt wat die politieke omwentelinge van 1990 in die Suid-Afrikaanse geskiedenis verteenwoordig. Dieselfde man wat in 1983 sy Afrikaner-identiteit verwerp het, verklaar sy vrede daarmee in 1990 voor ’n Stellenbosse gehoor – weliswaar met die kwalifikasie dat hy dit op tipies veelvuldige, nierassige wyse toelig:

Ek het selfs vrede met my eie Afrikanerskap. Al my jare van aansit by die vleespotte van Parys – al was dit dan ook meesal in die agterste gelid – het my nie minder Afrikaner, Suid-Afrikaan en Afrikaan gemaak nie. Inteendeel. Mens hoef tog net die name te noem van Leipoldt, Bram Fischer, Betsie du Toit, Beyers Naudé, Allan Boesak, Stephanie Kemp, Carl Niehaus, Uys Krige, Vernon February, Jan Rabie, Hein Grosskopf en Hein Willemse, Marius Schoon, Antjie Krog, Martin Versfeld, Johan Degenaar, André du Toit, Van Zyl Slabbert ... die lys kan lank so aanhou ... om te weet dat die spektrum altyd ruim genoeg was om sonder moeite mens se eie Afrikanerskap te aanvaar. (52)

Agt jaar later, in sy toespraak “The Afrikaner as African”, is sy identifisering met die Afrikaners weer so sterk dat hy hulle skaars vier jaar ná die einde van apartheid vreesloos voor ’n beskuldigende gehoor van Afrikane in Zanzibar verdedig:

I should note that our fatigue was maybe brought on by a “dark” emotion seeping from deliberations in the place of discussions we’d fled, to wit that the Afrikaners would have to pay reparations to the rest of the continent for the privilege of being accepted, eventually, as Africans. It was nearly as if to be African was synonymous with being a victim, and thus endowed with a strange moral superiority, a closed circle to be defended fiercely, no erstwhile devil would be allowed to butt in. Nearly then, as if to be black was to be blessed with the “comforts” of a never-ending pain that could not be rationalised: a last sign of difference. (88)

Wat hierdie standpunt verder onderskei, is sy afwysing van die verlammende effekte van politieke slagofferskap, ’n goeie 15 jaar voor die ANC en sommige swart Suid-Afrikaanse intellektuele, net soos baie van hulle Afrikanernasionalistiese voorgangers, begin het om vanuit ’n verdiepende slagoffermentaliteit te midde van groeiende politieke mislukking sondebokke onder hulle wit en/of ryk landgenote te begin soek. Wie sig as slagoffer beleef, is gedoem om ’n sondebok te soek en die ander sy slagoffer te maak in ’n bloedige offerpolitiek wat die dood bo die lewe kies.

Nadat Breytenbach die politiek van slagoffers afgewys het, gaan hy dan in dieselfde toespraak voort met ’n besinning oor Afrikaner-identiteit waarin hy voortborduur op sy ouere tema van die Afrikaners as basters. Dit is ’n lang aanhaling wat verdien om in sy geheel aangehaal te word, omdat dit dui op Breytenbach se poging om die Afrikaners se politieke mislukking van apartheid te probeer rehabiliteer vanuit ’n herontdekking van hulle ouer inheemse tradisie. Met verwysing na die eerste persoon wat, sover bekend, die term Afrikaner gebruik het – Hendrik Bibault (Biebouw) – wat hom in 1707 verset teen die gesag van ’n Nederlandse magistraat deur uit te roep “Ik ben een Africaander!” verklaar Breytenbach:

Bibault’s defiant cry (I am an Afrikaner!) of secession from Dutch law and company sovereignty must have been a leap towards defining another identity. He says: I am beyond your possession. But he also says: You cannot tax me or govern over me since I’m no longer a Dutchman or a Frenchman; I’m of this continent. The general conditions of his environment and his situation now narrow down to a specific attempt at redefinition. An interesting line of exploration would be to understand why, in disaffiliating from the known “racial” and cultural group to which he belongs and in the absence of being able to become part of any other grouping present in his environment, he should choose to become “African”. To what extent, if ever, during this shift in self-definition did he recognise the shared Africanness of the Khoi people? For that matter, did the Dutch and other colonials think of the inhabitants of Africa as “Africans” or were they distinguished by tribal connotation? And when did the continent’s inhabitants start referring to themselves as Africans? Or was Bibault to be (or become) an “Afrikaner” exactly because he was no longer the one and not yet the other? Caught in a middle world, as it were? Did “Afrikaner” then mean to be the rainbow that is neither sun nor rain but a pretty illusion spanning the two? (92)

In die verlenging van sy herverkenning van die grondige dubbelsinnigheid van Afrikaner-identiteit hervat hy dan sy gedagtegang van 1973 se Somerskool deur die morele hoogte- én laagtepunte van Afrikaners se geskiedenis na hierdie dubbelsinnigheid te midde van soms onverbiddelike geskiedkundige omstandighede te herlei:

Afrikaner is the product of history (at times other people’s histories), and of an evolution in perceptions. Of choices too. And history is singularly cruel and brutal; it is always the sun darkening you. The Afrikaner was successively and sometimes simultaneously victim and destroyer, both oppressor and oppressed. For instance, he fights British imperialism, has his farms torched in a scorched-earth policy and his wife and children starved in concentration camps, only to go on and become a racist and plundering overlord. (91)

Nadat hy in die verbygang verwys na die eerste selferkende Afrikaner, Biebouw, se lot om tragies as balling in Tasmanië te sterf – ’n ironiese voorspooksel van die golf van Afrikaner-emigrasie na onder meer Australië ná die einde van apartheid – vestig hy ten slotte in dieselfde toespraak sy hoop vir Afrikaners se toekoms op die herontdekking en verbeeldingryke herontginning van hul basterskap:

By mixing, by making other, by painful or pleasurable or shameful passages from the known to the unknown (urgently manifesting its need to become known), by seizing the moments of intervention, by inhabiting niches and exploring interstices, by moving, by travelling deeper, by learning to read the wind, by confrontation, through struggle, and by conflict, the bastard, I think, has a heightened sense of identity-awareness as pathology and as passport, perhaps of the furtiveness thereof: the past is more complex and entangled than that which meets the eye, the future less certain. Identity accrues from the wells and the pastures and the stars along the lines of the journey. It has the smell of blood. The Afrikaner is only an identity in becoming another. (94; sy beklemtoning)

Hierdie laaste beklemtoonde sin herbevestig dan Breytenbach se oop, prosesmatige en narratiewe verstaan van Afrikaner-identiteit. Kortom, sy hertoenadering tot sy mense word duidelik gekwalifiseer met sy verbintenis tot Afrikaner-identiteit nié as gestol nie, maar as altyd in wording.

Om hierdie afdeling saam te vat: Breytenbach se etiek en politiek is van meet af gewortel in sy Afrikaner-identiteit, ’n identiteit wat hy as oop en altyd in wording verstaan. Die element van haat in sy verhouding met die Afrikaners bereik ’n hoogtepunt ná sy vrylating tydens die donkerste jare van apartheid, oftewel wanneer die Afrikaners die wordingselement in hul identiteit volgens hom deur ’n sluitende politieke stelsel verdring. Wanneer die politieke opening van 1990 plaasvind, bring dit ’n kentering in sy verhouding met die Afrikaners, en heropen hy met hulle ’n gesprek aan die hand van die tradisionele, dubbelsinnige bronne van hul identiteit. Dit kan beskryf word as ’n politiek van hoop geskoei op die herontdekking van ’n diep kulturele bedding. Hierdie gedagtegang sou Breytenbach mettertyd ook uitbrei tot sy besinnings oor ’n politieke alternatief vir postkoloniale Afrika en veral postapartheid Suid-Afrika, soos hier onder in die derde en laaste afdeling van hierdie opstel sal blyk.

3. Postapartheid Suid-Afrika: kritiek en hoop

En wanneer ek verwys na Suid-Afrika, dan is dit nie ’n abstrakte begrip nie – hier binne-in my praat ek van ’n land met berge en seisoene en seë en woestyne, van herinneringe en van drome en van my jeug. Maar veral van mense. My eie familie, my vriende en kennisse, en verder al die mense van hierdie land, ons met ons spesifieke probleme en ons met ons wonderlike toekoms. (19)

Hier bo het ek aangevoer dat Breytenbach in sy hoftoespraak in 1975 op sy weerloosste is en homself die meeste ontbloot, altans in vergelyking met die ander tekste in Parool/Parole. Die omskrywing van Suid-Afrika wat hy in die aanhaling hier bo uit daardie toespraak van 1975 gee, is een wat veranker is in ’n sin vir plek, gemeenskap en hoop. In hierdie afdeling sal blyk hoe sy kritiek op en verwagtinge oor ’n Suid-Afrika ná apartheid telkens weer uit hierdie sin vir gemeenskap, plek en hoop voortvloei.

oorgemeenskapenplekIn sy rigtinggewende boek, Oor gemeenskap en plek: Anderkant die onbehae (Pretoria: FAK, 2015), voer Danie Goosen aan dat waar die tradisionele gemeenskap altyd ’n sterk sin vir plek koester, die moderne staat dié sin vir plek verdring deur ’n meetkundige standaardisering van alle plekke in sy gebied tot een “neutrale” gebied. Volgens Goosen was die apartheidstaat se brutale kartering van sy grondgebied en gedwonge bevolkingsverskuiwing part en deel van hierdie moderne meetkundige ruimtelike standaardisering. Goosen sonder die letterkunde van die 19de en 20ste eeu – insluitend die Afrikaanse letterkunde – uit as een medium waarin ’n tradisionele sin vir plek as bron van verset teen die (apartheid)staat se ruimtelike standaardisering lewend gehou word. Hierdie plekgebonde verset spreek uit die laaste aanhaling hier bo, soos ook uit die kommer wat Breytenbach vanuit sy sin vir plek voor sy Nederlandse skrywersgehoor in 1983 oor die toekomstige ruimtelike nalatenskap van die apartheidstaat uitspreek:

Some of the structural changes being effected down there, such as the creation of the bantustans, have already altered the landscape to the extent that any future solution of South Africa’s problems will have to accommodate the changed and contaminated situation. (27)

Hoe waar het hierdie woorde nie byvoorbeeld geword toe die verskriklike lewensomstandighede van mynwerkers wat uit voormalige “tuislande” steeds in trekarbeid vasgevang is, ná Marikana opnuut belig is nie?

Reeds in 1986, dié keer tydens die Rapport-toespraak, spreek hy sy kommer uit oor waarheen Suid-Afrika op pad is:

Is hierdie land al te ver op weg na ’n Libanisering, na ’n rasseoorlog wat soos ’n onblusbare vuurwind deur die subkontinent gaan woed? Wat bly dán van die Afrikaner oor? ’n Klompie verloopte huursoldate in diens van die dood en dié wat te kerkmuis was om Australië of Kalifornië toe te emigreer? Net die vet politieke base sal hul eie basse reeds gered het ... (36)

Ofskoon dit in hierdie uitspraak gaan oor sy kommer oor sy gemeenskap en oor die land indien apartheid nie tot ’n vreedsame einde sou kom nie, is dit nietemin merkwaardig dat hy al destyds die verskynsel van grootskaalse Afrikaner-emigrasie as moontlikheid voorsien het toe dit skaars nog op die radar verskyn het. Wie sou kon dink dat skaars ’n dekade ná hierdie uitspraak, toe die Mandela-lig nog oor die land geskyn het, Afrikaner-emigrasie die eerste keer meer as dié van ander bevolkingsgroepe sou wees? En watse verhaal het die statistiek nie vertel van hoe amper 50 jaar se verstaatliking Afrikaners se gemeenskapsbewussyn sodanig verswak het dat hulle hulself toenemend begin sien het as outonome, onverbonde individue wat na vrye keuse, danksy hul professionele kennis, by hierdie of daardie buitelandse ekonomie kon inskakel? Het Afrikaners maar meer ag geslaan op die ontsettende verlies en verlange na die land wat ons bekendste uitgewekene, Breyten Breytenbach, reeds vanaf die vroeë 1960’s in sy poësie en besinnende werk uitgespreek het, was baie van ons dalk nie so haastig om afskeid en vertrek te neem sonder die voorkennis van die psigiese prys wat jy vir jou passaat betaaln ie.

In ag genome die laagtepunt wat Breytenbach se verhouding met die Afrikaners in die dekade ‘80 bereik het, is daar twee merkwaardige aspekte aan hoe sy posisie vanaf 1989/90 verskuif. Die eerste is dat waar hy in 1989 se toespraak by die Victoria-skrywersberaad sy hoop nog betreklik onkrities vestig op ’n swart meerderheidsregering in ’n eenheidstaat en hom onder meer op die Pan-Afrikanisme en selfs die marxisme beroep (43–4), hy daarna toenemend pleit vir ’n meer federale Suid-Afrika gebaseer op ’n politiek van gedeelde bewussyn en medeverantwoordelikheid begelei deur die leitmotief van die groot Andersmaak. Die tweede is dat hy hom toenemend begin verbind tot ’n politiek van gemeenskap eerder as van die nasie, waarin kultuur die bron van verset, verdere demokratisering en die politiek in die algemeen word. Hierbenewens ontwikkel hy ook sy begrip van die Middelwêreld in hierdie jare.

3.1 Federalisme

Wat federalisme betref, is sy eerste tree in die rigting ’n verstommend nugtere inskatting te midde van Suid-Afrika se oorgangseuforie van die land se gebrekkige demokratiese kultuur – ’n gebrek wat pas weer met die onlangse studentebetogings gedemonstreer is toe die studente vir praktiese doeleindes die eerste burgerlike groepering geword het wat in 21 jaar van nominale grondwetlike demokrasie daarin kon slaag om die regering nie net sover te kry om te praat nie, maar ook om te luister en betekenisvolle toegewings te maak:

Suid-Afrika se heersende politieke kultuur is dié van koöptering. Daar is nog te veel areas van stilte, van medepligtige swye, van ’n wedersydse morele afpersing wat teer op erfskuldigheid en die behoefte om verneder te word. Ons vat mekaar mos nie aan nie, ons voel nie eens aan elkander nie, ons probeer mekaar manipuleer of hanteer.(47)

Oor hoe die ANC, namate hy sy houvas tans verloor, opposisie uit wit en spesifiek Afrikaner-geledere probeer neutraliseer met aanklagte van onbetaalde historiese skuld, of pas die studente met allerlei slim truuks probeer koöpteer het, kan ’n mens maar net jou hande saamslaan.

Die koöptasiepolitiek wat die ANC rustig by die Nasionale Party oorgeneem het, berus onder meer op die kontinuïteit van die koloniale staatstruktuur wat die Nasionale Party in 1948 geërf het en in 1994 aan die ANC oorhandig het. Verdeel-en-heers en koöptasie is klassieke truuks wat koloniale state inspan om hulle gebrek aan politieke legitimiteit te probeer oorkom.

Oor hierdie kontinuïteit laat Breytenbach hom soos volg uit by die geleentheid in Berlyn, 2009 waar Duitsland en Suid-Afrika se oorgange met mekaar vergelyk is:

[T]he opposing political formations in South Africa produced, in a dance of power and submission and illusions, a new constitution that in essence did not change the structures of the state, and certainly did not radically modify the economy on which the state rests. In both instances, one could say that what was there before had to be stretched to accommodate the newcomers, the slightly unwelcome family-in-law. (135)

Dit is op grond van die handhawing en uitbuiting van die geërfde ekonomiese en staatstrukture dat dit algaande duidelik geword het dat die ANC se verbintenis tot diversiteit slegs ’n rookskerm was vir sy eintlike drif om Suid-Afrika se derde poging (naas Britse imperialisme en Afrikaner-nasionalisme) te loods om die bevolking na die beeld van die staat te omvorm. In Suid-Afrika staan dit bekend as “nasiebou” en dit word gebruik om die regerende elite se belange ten koste van die mense in wie se naam hulle regeer, te bevorder.

So het Breytenbach dit tydens dieselfde Berlynse konferensie in 2009 gestel:

South Africa is inhabited by several peoples and remnants of peoples, some of whom can rightly be considered nations with historical legitimacy, each informed by layered and sometimes ancient identity-forming, shared memories. However, beyond the initial phase of transition it soon became clear that the one nation promoted or promised by the new regime was premised on hegemonic black nationalism and a deeply held need to undo and preferably rewrite history. The claim of “It is now our time” by the party in power, using nationalism as the last refuge of the scoundrel, plays out in practice as the rapid and ruthless enrichment of its deployed cadres at the cost of the country at large. The ANC policy of “inclusiveness” does not allow for the tolerance or the understanding of diversity. (138)

Ses jaar later, tydens ’n gedenkgeleentheid vir die ontslape André P Brink by die Universiteit van Kaapstad, laat Breytenbach hom veel sterker uit oor hoe die ANC sy ideale en die land verraai het deur te begin met woorde wat Hamlet se “Something is rotten in the state of Denmark” eggo:

Iets is verkeerd in hierdie gewelddadige en in wese onregverdige republiek: miskien is dit nie net die middele wat die doel besmet het nie, maar die basis van aannames waarop dit tot stand gekom het. Ons het te doen met ’n politieke bedeling wat nie ’n dêm omgee vir enige etiese bevraagtekening, wat duidelik nooit nadink oor waardes nie, wat skynbaar seker is omtrent hulle identiteit, met wie jy nie eens in gesprek kan tree nie. Jy kan hulle nie tot verantwoording roep in die naam van die Nuwe Nasie nie – daar is nie so iets nie. En soos by die vorige regime is die Gryses weer al hoe sterker aanwesig in die skrewe en die nate van die staat, met dieselfde funksies en ongebreidelde mag – die veiligheidsapparatchiks, hulle wat hul psigopatiese afwykings straffeloos uitlewe en vrye teuels kan gee aan hulle verminkte selfbeeld. (189)

Wie sou kon gedink het dat Breytenbach die ANC-regering in 2015 sou kritiseer in haas dieselfde terme as waarmee hy die NP-regering in sy Rapport-prys-toespraak omtrent 30 jaar tevore in 1986 gekritiseer het?

Dit is as deel van hierdie gedagtegang dat Breytenbach reeds in 1994 tydens sy Walter Battiss-gedenklesing die gevierde Ugandese politieke denker Mahmood Mamdani met instemming aanhaal as dié die nasiestaat in Afrika afwys, ’n gemeenskapsgebaseerde politieke alternatief voorstel, en hom tot federalisme verbind:

The point is neither to celebrate “modern tribalism” nor to recoil from it in alarm. Rather, to recognise its contradictory nature is to appreciate the contradictory possibilities in any liberation of “modern tribalism”. While any type of federation would have to recognise the legitimacy of “tribal” interests, the resulting “tribalism” could either be democratically constituted or turn into top-down manipulation. The outcome, in turn, would depend on whether or not federalism has been joined to “mass participation” through a reform which goes beyond simply federalising the colonial hold of the peasantry to dismantling it ... For if we are to arrive at a political agenda that can energise and draw together various social forces in the highly fragmented social reality that is contemporary Africa, we need to devise an agenda that will appeal to both civil society and peasant communities, that will incorporate both the electoral choice that civil society movements seek and the quest for community rights that has been the consistent objective of peasant-based movements. (61)

Hierdie verbintenis tot ’n federale bestel in Suid-Afrika as alternatief vir die mislukkings van die ANC-geleide eenheidstaat het Breytenbach natuurlik nog veel sterker gestel ná die selfmoord van die joernalis Chris Louw in ’n gerugmakende artikel in Rapport van 5 Desember 2009 (wat nie in Parool/Parole opgeneem is nie):

Dit beteken dat gesprekke, aangevuur deur ’n morele en praktiese verbeeldingsvermoë, rondom die noodsaak van ’n opnuut geformuleerde Suid-Afrika – gegrond in ’n bestel van funksionerende federale deelstate, met dieselfde regte en moontlikhede vir almal – op alle vlakke aan die orde moet kom. (So nié, is dit nag.)

3.2 Die Middelwêreld

Seker die mees eksperimentele, maar konseptueel ook die mees problematiese toespraak in Parool/Parole is Breytenbach se “(Notes from the Middle World)” wat hy in 1996 as die Fernando Pessoa-lesing te eThekwini aangebied het. Ofskoon dit dagteken uit die tyd toe Breytenbach te midde van sy groeiende ontnugtering met die postapartheid bedeling en die Suid-Afrikaanse eenheidstaat opnuut oor gemeenskap en kultuur, asook federalisme begin besin het, flankeer hy in hierdie lesing met nomadisiteit, tuisteloosheid as bykans gegewe toestand en ’n verromantisering van ’n politiek van radikale nuutskepping wat deur heelwat moderne politieke bewegings (soos die nasionalisme en die marxisme) voorgestaan is, dikwels met gewelddadige nagevolge (waarvan die Franse Revolusie die voorloper was, soos onder andere Burke en Hegel in hul kritiese besinnings daaroor aangedui het).

So skryf Breytenbach byvoorbeeld oor die kunstenaar van die Middelwêreld:

As artist or warrior, he will practise an inventive and transforming reporting of fact, using the self (the “identity") as a transient and mutating guest in his work: he was there, he knows it can never be the way it is remembered. He also knows it is the matter and the manner of making that establish the Middle World as a means to that consciousness of alienation from which he cannot escape. In other words, it will be by crossing lines and exploring the contours that the artist discovers and “creates” the Middle World, which will generate his separateness. For he will be obliged to create concepts: the security of repeating the known is forbidden to him, and this is why fundamentalists of all stripes will abhor and wish to expectorate the very name. (78)

Kan dit wees dat Breytenbach op grond van sy eie ontnugtering oor en vervreemding van wat Suid-Afrika toe reeds ná apartheid begin word het, dié toestand probeer verwerk het tot ’n oortuigende basis van ’n radikaal estetiese lewe? Per slot van rekening het hy ook per geleentheid in die laat jare ‘90 iewers gesê dat hy ’n man sonder wortels geword het, en dat dit nie noodwendig ’n slegte ding is nie.

Dit is egter ook belangrik om daarop te let dat hierdie impuls tot radikale onverbondenheid tog wel in dieselfde toespraak getemper word deur ouer, bekende temas van gedeelde bewussyn en medeverantwoordelikheid in sy werk. So skryf hy byvoorbeeld:

The Middle World is (ideally?) where the nothingness of being and the being of nothingness are continually inflected by the ethical awareness of living in a society where you are responsible through the narrative for others, and by the sharpened imperative of non-power which should not be equated with the static. From an accrued sensitivity to the rapport between words (the narrative) and action (movement) Middle World ethics arise. (82)

By laasgenoemde sin ontstaan die vraag: Wat van die ou verhouding tussen die vita activa en die vita contemplativa vir die etiek van die Middelwêreld? Is dit aanhou stil word en beweeg, in samehang met Jan Rabie se “liefde is aanhou beweeg en geraas maak”, wat Breytenbach hier eggo?

Met hierdie té skramse oorweging van die oortuigende en minder oortuigende aspekte van die begrip van die Middelwêreld moet ek ongelukkig hier volstaan ten einde drie laaste aspekte van Breytenbach se besinnings op alternatiewe vir wat skeefgeloop het in die postapartheid bedeling, kortliks te vermeld. Die drie aspekte is onderskeidelik kultuur as die bron vir ’n politieke alternatief, en die implikasies hiervan vir Suid-Afrika in die algemeen, en vir die Afrikaners as Afrikane in die besonder.

3.3 Kultuur en ’n alternatiewe politiek

Hier bo is reeds kortliks verwys na Breytenbach se besinning vanaf die vroeë jare ‘90 oor kultuur as die bron van ’n alternatiewe, demokratiese politiek van diversiteit. Hierdie besinning moet verstaan word as ’n verdere verkenning van sy sin vir plek, gemeenskap en hoop soos verwoord in die motivering van sy verset teen apartheid in sy hoftoespraak in 1975 (reeds hier bo aangehaal). Voorts is dié verdere verkenning na alle waarskynlikheid aangehelp deur Breytenbach se besef tydens die oorgang dat die struktuur van die Suid-Afrikaanse staat en ekonomie grootliks onveranderd sou bly en verdoesel sou word met mooiklinkende beroepe op nasionale eenheid, wat in werklikheid die politieke uitbuiting van Suid-Afrika se kulturele diversiteit sou vervang met ’n ewe verstikkende politieke uitbuiting van die ooreenkomste wat ons met mekaar deel.

Reeds in die euforiese oorgangsjaar van 1994 kondig Breytenbach hierdie motief in sy Battiss-gedenklesing aan:

Togetherness (as opposed to apartheid, and you dare not yet speak of unity) is a movement harnessing diversity. And national togetherness, in order not to rot into totalitarianism, must be rooted and nourished by cultural variety. Without differences there can be no motion. (58)

Hy gaan verder en sonder kultuur eksplisiet uit as noodsaaklike teenwig vir die misbruik van staatsmag: “[W]e need culture to restrict the state’s arbitrary powers and to rein in the bureaucrats and other public parasites” (62).

’n Beroep op kultuur kan uiteraard kwalik gedoen word sonder ’n verbintenis tot die gemeenskap wat ’n kultuur beoefen, en so sluit Breytenbach dan in dieselfde lesing eksplisiet aan by die bekende klassieke sosiologiese onderskeid tussen samelewing en gemeenskap:

How will the differences be fitted into a larger pattern? Perhaps it will behove us to remember that old sociological dichotomy between community and society, where community relations are seen as natural or primordial because they arise from all manner of shared emotions and traditions that create a fairly homogeneous culture, and where society can be considered a historical construct, defined (according to Max Weber) by a “rational free market” or “voluntary associations”, in other words by economic necessity or political convenience. (59)

’n Mens hoef nie die uitvinder van buskruit te wees om te snap dat Breytenbach hier, enersyds, die kunsmatigheid van die Suid-Afrikaanse “nasie” en al die gevare van manipulasie wat dit inhou en, andersyds, die ryke verskeidenheid van Suid-Afrikaanse kultuurgemeenskappe in gedagte het nie. Die brutale wyse waarop die ANC-regering sedertdien omgegaan het met kulturele verskeidenheid en veeltaligheid – buiten waar dit misbruik kon word vir skadelose toerisme-advertensies en folkloristiese kultuurdorpies – namate sy kunsmatige nasieboupoging al hoe verder op die rotse van gemeenskapsweerstand loop, spreek tans bykans vanself. So ook die bykans voorspelbare hernude mobilisering op grond van kultuur en etnisiteit met al die gevare en moontlikhede wat dit insluit, vanaf “100% Zulu Boy” tot “in my kultuur ...” tot die politiek van wedersydse erkenning wat die dryfkrag van 1994 se skikking was, wat met sy foute en al die land destyds van die afgrond gered het.

Op ’n meer positiewe trant spreek Breytenbach hom ook in 2007 in sy toespraak “Imagine Africa” uit oor die wesenlike rol wat kultuur in die heropbou van postkoloniale Afrika kan speel:

[W]e are here to promote better practices in assuring a sustainable cultural environment, and how these practices and systems may contribute to viable economies. But I also hope that this conference will underline the extent to which cultural creativity participates in the shaping of personal identity, and thus of responsibility and dignity. I hope we can recognise how vital it is to understand and promote the progressive dialectic between, at one end, the riches of diversity and their expressions and, at the other, the overarching and shared goals of national and historic entities. At this interface of reciprocal and mutual shaping, the culture of transformation appears. And Africa is rich first of all because of its diversity. (122)

Kortom, Breytenbach se vroeëre beroep op gedeelde bewussyn en medeverantwoordelikheid in die groot Andersmaak van mekaar word hier bo geëggo met verwysing na die dialektiek tussen kulturele diversiteit en nasionale entiteite, asook die kultuur van volgehoue verandering wat so eie aan sy opvatting van identiteit is.

3.4 Kultuur as bron van ’n hoopgewende alternatief vir postapartheid Suid-Afrika

In die toesprake tussen 1994 en 2015 wat in Parool/Parole opgeneem is, verwoord Breytenbach met gereelde reëlmaat die alternatiewe politiek van hoop wat hy vir Suid-Afrika voorsien. In hierdie verskillende uitsprake is ’n sin vir gemeenskap en kultuur as bron van ’n beter bedeling en ware staatshervorming telkens aanwesig.

Telkens word hierdie uitsprake ook aangepas en verder genuanseer in reaksie op steeds vermenigvuldigende vorme van staatsverval en magsmisbruik. Ter illustrasie haal ek hier slegs die mees onlangse voorbeeld daarvan aan, uit die toespraak “The PIG stye in the eye”, gelewer voor die Politically Incorrect Group in Kaapstad, Maart 2014:

  1. Bring about, by an all-inclusive national convention, truly elective politics, constituency based so that parliament can become vitalised and represent the interests and the aspirations of the people, and establish a true devolution of power that will reflect local concerns and responsibilities and conditions.
  2. Bring about, by an all-inclusive national convention, a “social contract” between the state and its citizens so that priorities can be agreed upon, explained and accepted, and the state be held accountable.
  3. Allow for the vigorous and constitutionally guaranteed autonomy of institutions, free from party political interference.
  4. Actively understand and enshrine that our essential richness is the diversity of our make-up, the depth of our languages, the force of our dreaming ... (179)

Hieruit spreek dan sy sin vir plek en die politiek van die plaaslike (1), die hervorming van die staat (2), funksionele grondwetlike instellings (3), en kultuur as die bron van die groot Suid-Afrikaanse Andersmaak soos deur ons tale bemiddel (4).

3.5 Kultuur as bron van hoopgewende politieke alternatief vir die Afrikaners as Afrikane

Hier bo is reeds verwys na Breytenbach se aansluiting by Mahmood Mamdani se demokratiese gemeenskapspolitiek. Met verwysing na wêreldwye tendense toegelig vanuit Afrika se ervaring van die herlewing van tradisionele gemeenskapstrukture te midde van postkoloniale staatsverval verklaar Breytenbach in sy brief aan sy dogter in 2013 voor ’n Bloemfonteinse gehoor:

[T]he paradox is that we, the ordinary scavengers for sense to our existence, depend ever more on state hand-outs and the life sentences permitted to us by public authorities. Yet, we know that survival, if any, will be parallel to the public norms laid down by unrepresentative and self-perpetuating power establishments. In a way the whole world is becoming Africa where nearly everything pertaining to everyday life – the economy, the moving of people and goods, providing for health and education, even the concept of the individual’s national identity – will be “administered” by parallel circuits and structures. (164)

’n Welbekende kritiek op die herlewing van ’n politiek van gemeenskap onder Afrikaners die afgelope 20 jaar, soos byvoorbeeld beliggaam deur die Solidariteit-beweging, is dat dit eintlik maar ’n tipiese (Westerse) neonasionalisme is. Maar binne Breytenbach se siening van die Afrikaners as Afrikane maak dit meer sin om hierdie verskynsel te vertolk as ’n tipiese postkoloniale Afrikaïese reaksie om jou toevlug weer te neem tot tradisionele gemeenskapstrukture waar die staat nie behoorlik funksioneer nie. Op hierdie trant stel Breytenbach dit reeds in 2000 in “Die bobbejaan agter die bult” op LitNet aan die Afrikaners: “As julle politiek wil bedryf, sal dit waarskynlik op ’n etniese grondslag moet wees, want julle dink tog nie daar is plek vir julle in die ANC nie?” (102–3).

Dit is belangrik om daarop te let dat Breytenbach in sy kenmerkend pluralistiese styl hierdie voorstel van ’n demokratiese etniese of gemeenskapspolitiek nié op (uit)sluitende wyse tot die Afrikaners beperk nie, maar dit inderdaad sien as die basis van ’n demokratiese politiek van diversiteit, wedersydse erkenning en die groot Andersmaak. So verklaar hy by die Berlyn-kongres van 2009 aan sy Duits-Suid-Afrikaanse gehoor: “I asked myself what the reality of individual achievement and freedom could be unless it found resonance and continuation in the group. One’s awareness of existential space is rooted in collective memory expressed in the mother tongue” (140).

En dan neem hy ook eksplisiet afskeid van sy flankering met ’n soort ongewortelde, nomadiese enkelingskap van die laat jare ‘90: “The individual existence of the free, disconnected radical carries the exultation of senselessness; the ‘cross-over’ embodies the uselessness of tokenism” (140).

Om hierdie afdeling saam te vat: Breytenbach se weiering om sy liefde vir sy mense en sy land in die jare ‘80 toe te laat ná sy vrylating uit die tronk, word met die Suid-Afrikaanse politieke oorgangslente van 1990 vervang deur toenadering tot sy mense en sy land. Namate sy ontnugtering met die oorgang en die postapartheid bedeling toeneem, ossilleer hy in die tweede helfte van die jare ‘90 tussen ’n demokratiese politiek van kultuur en wortellose nomadiese enkelingskap. Dan, vanaf ongeveer 2000 tot nou word laasgenoemde tema, indien nie heeltemal nagelaat nie, ietwat onderbeklemtoon ten gunste van ’n hernude verbintenis tot ’n sin vir plek, gemeenskap en hoop, wat hy uitwerk met betrekking tot die wêreld, Afrika, Suid-Afrika en die Afrikaners. Hiermee bly hy doen wat hy 40 jaar gelede beskryf het as die kern van wat ek hier wil noem sy radikaal-demokratiese gemeenskapspolitiek: “In ’n gedig neem mens ’n beeld en ontplooi dit tot aan sy uiterste gevolge. So het ek ook met my opvattings probeer doen” (21).

As Sokrates ons leer dat die onbetragte lewe nie die moeite werd is om te leef nie, leer Breyten Breytenbach ons met die poëtiese droomtoesprake gebundel in Parool/Parole dat die grondig-deurleefde oortuiging die hoogste vorm van durf is – selfs, of miskien juis, ómdat ons feilbare dromers is.

verwoerdburg

 

The post LitNet Akademies-resensie-essay: Parool/Parole deur Breyten Breytenbach appeared first on LitNet.

Lekker lag ou grote

$
0
0

Goeie komedie en lekkerlagstories was nog altyd op die meeste van ons  se lysie van voorkeure. Nodeloos om te sê, is daar sekere lewensgebeure en sketse wat vir sommige van ons snaakser is as vir ander, en natuurlik andersom. Die kwets en seermaak van ’n persoon se selfbeeld en wese was nog nooit vir my snaaks nie, maar die val en opstaan en wankel en neerslaan wel.

Jare gelede , in die vorige politieke bestel en lewe, het die uwe sy eerste ondernemingsdeure in die voormalige sakekern van die eens vooruitstrewende Bellville geopen. Die kantore was mooi ingerig met ’n vars dametjie in ontvangs, telefone, ’n rekenaar, nuwe meubels, koppies en pierings en stoele met hoë rugleunings. Al wat geskort het, was die naam op die gebou.

Langs die agtverdiepinggebou, regoor wat eens 'n trotse Bellville Biblioteek was, moes die naambord teen ’n muur wat teen ’n veldjie grens, gehang word.

Die een oggend, na ’n langerige naweek, daag die naambordmense by die perseel op en begin om die steier op te rig. Van die veldjie se grasoppervlakke tot waar die naambord se rusplek wag, was seker ten minste 3 verdiepings hoog. Die ouens het die meeste van die oggend aan die steier-opsit spandeer. So dan en wan het ons gaan loer en elke keer het die klank van Sondagmiddag se wyn al hoe sterker by die manne begin ruik.

Die ouens het gesweet want die lewerspons was nog klam van die wyn, behalwe die een voorprater op die projek. Sy spons was sommer deeglik nat en dit wou voorkom asof die ding net nie wou uitdroog nie! Hy was die hoofdenker, -inspireerder, -beplanner en -vakman op hierdie winderige dag ...

Die steier was uiteindelik op en teen die gebou geanker. Die voorprater en nog ’n man was bo-op en die naambord was stadig maar seker besig om teen die staalkante op te gly; wind en wankeling ten spyt.
Op die grasperk hier ver onder, het die nuuskieriges en belangstelling intussen toegeneem; dis tog nie aldag dat ’n nuwe naambord in ou Bellville gehang word nie!
Voorpraatman en sy handlanger het die naambord ongedeerd op hul hoogte gekry en die lompe struktuur teen die muur gehou om die “levels te check”. Voorpraatman was glad nie tevrede nie en het kort-kort na onder gegil dat ons ’n aanduiding moet gee wanneer die bord waterpas is.
So gegil en so gedaan. Maar, steeds was hy nie tevrede nie en met die een suiwere knoopslag op die ander gee hy ’n finale opdrag vir sy windvoos handlanger, “dê, hou die bord vas” en met dié staan hy terug om die waterpaslyn te beskou, maar steeds is hy nie tevrede nie en neem nóg ’n tree agteruit ...

Dit was al lank ná middagete toe die ambulans met sy kosbare vrag besope bene in Voortrekkerweg af skril, op pad Tygerberg Hospitaal toe! Hy is na 4 maande ontslaan en het weer leer loop.

Gepraat van advertensieborde ...
Die anderdag sien ’n kêrel ’n advertensiebord voor ’n huis. Op die bord staan handgeskrewe: Pratende hond te koop.

Hy lui die deurklokkie en die hond se eienaar maak sy verskyning en sê hy kan die hond in die agterplaas gaan soek.
Hy loop toe na die agterkant van die huis en daar sien hy ’n brakkie wat op ’n polletjie gras sit.

''Praat jy?'' vra hy.

''Natuurlik my ou," sê die brak.

''Dis interessant. Vertel my meer. Wat is jou storie?''

''Wel,'' sê die brak en kyk hom stip in die oë, ''ek was nog maar net ’n jong brakkie toe ek al besef het dat ek hierdie vermoë besit, en ek wou graag ’n speurder word. Maar toe kom die Departement van Buitelandse Sake van my te hore en hulle besluit ek is die volmaakte internasionale spioen. Kort voor lank stuur hulle my toe van land tot land waar ek allerhande hooggeplaastes afgeluister het sonder dat dié ’n benul gehad het dat ek kon begryp wat hulle sê.
“Nie eens James Bond was so ’n goeie geheime agent soos ek nie. Ek was agt jaar lank ons land se waardevolste spioen. Maar toe word ek moeg daarvoor en keer ek terug om ’n fabriek wat hondekos vervaardig op te rig. Die kosbesigheid het mettertyd die mees geslaagde onderneming van sy soort in die land geword.

“Ek is selfs bekroon as die Knorrigste maar Suksesvolste Entrepreneur van die Jaar!

“Ek het ook ’n dierbare teef van ’n vrou gehad en baie jong hondjies, maar nou is ek net ’n pensionaris.”

Die kêrel slaan sy hande in ongeloof saam. Hy haas hom terug na die brak se eienaar en vra hoeveel hy vir die hond wil hê.

''Tien rand,'' sê die eienaar.

''Tien rand!?'' vra die kêrel verbaas.

''Hierdie hond is die grootste fenomeen wat ek nog ooit teëgekom het. Hoe op aarde kan hy vir jou slegs tien rand werd wees?''

''Man,'' sug die eienaar, ''’n mens kan nie ’n woord glo wat dié ou drommel sê nie!''

Om hierdie ligte maagspierkielie af te sluit, deel ek graag die volgende sensitiewe raad, want snaaks is snaaks, maar:
Jy speel nie rugby in pienk truie nie.
Moenie die kar "spin" as jy in 'n begrafnisstoet ry nie en moenie 'n "Arrive Alive" plakker, op 'n lykswa plak nie.
Die dominee smaak dit nie as jy 'n “cooler box” saamvat kerk toe nie.
Moenie met die mense op die fliek se skerm probeer praat nie. Jarelange wetenskaplike navorsing het bewys dat hulle jou nie kan hoor nie.

As jy jou vrou met 'n kannetjie stuur om te gaan petrol haal, is dit uiters swak maniere om haar te vra om bier ook saam te bring.
Lekker lag ou grote.

The post Lekker lag ou grote appeared first on LitNet.


Abnormaal verwaand

$
0
0
Volgens menige mens is sy of hy nie deel van die natuur nie. Seker vandaar die onnatuurlike ontevredenheid.
 
CM

The post Abnormaal verwaand appeared first on LitNet.

Regsalmanak: Bram Fischer

$
0
0

 

jutalaw600

Vir sy navorsing vir die weeklikse Regsalmanak-rubrieke maak Gustaf Pienaar grotendeels van Juta Law se aanlyn biblioteek gebruik.  Hierdie regsbiblioteek is ‘n omvangryke naslaanbron van hofsake, wetgewing en ons land se dinamiese grondwetlike ontwikkeling. Juta Law stel hierdie bronne goedgunstiglik tot Gustaf se beskking vir die skryf van hierdie rubrieke. Vir nadere besonderhede besoek www.jutalaw.co.za.

bramfischer240Bram Fischer was 'n juris van formaat.[1] As Johannesburgse advokaat het hy uitgeblink as 'n kenner van die mynreg, maar gedurende die vyftiger- en sestigerjare van die vorige eeu het hy groter bekendheid verwerf vir die talle politieke verhore waarin hy namens die beskuldigdes opgetree het. In 1964 was hy die leier van die verdedigingspan in die bekende Rivonia-verhoor. Toe die beskuldigdes in daardie saak – onder meer Nelson Mandela, Walter Sisulu en Govan Mbeki – skuldig bevind en lewenslange gevangenisstraf opgelê is, het hulle 'n geheim met Fischer gedeel: Bram was self 'n senior lid van die toe nog verbode Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, maar dit was nie algemeen bekend nie.

Die bom het kort na die Rivonia-verhoor gebars. Fischer self is saam met 'n paar ander aangekeer en daarvan aangekla dat hulle lede van die Kommunistiese Party van Suid-Afrika was en dat hulle die doelstellinge van die kommunisme bevorder het. Fischer het op daardie stadium op die punt gestaan om na Londen te vertrek om voor die Geheime Raad te verskyn in 'n uitgerekte saak oor patentregte. (Slegs ‘n klein, uitgelese groep Suid-Afrikaanse regsgeleerdes het indertyd verskyningsbevoegdheid voor die Geheime Raad geniet.)

Fischer se aansoek om op borgtog vrygelaat te word is op verbete wyse deur die staat teengestaan, want as hy nie na die land sou terugkeer vir sy verhoor nie, sou maande lange ondersoekwerk deur die polisie tevergeefs gewees het en sou hy in die buiteland met sy bedrywighede teen die staat kon voortgaan. Fischer se aansoek was egter suksesvol en hy is op borgtog van R10 000 – wat destyds baie geld was – vrygelaat. (In vandag se geld, sou ek raai, sou dit straks soveel as R500 000 wees!)

Bram Fischer het wel sy woord gestand gedoen en na die Republiek teruggekeer vir sy verhoor. Dit was 'n opspraakwekkende saak, veral toe adjudant-offisier Gerard Ludi – wat in veiligheidskringe bekend was as Q018 – begin getuig het oor die beskuldigdes se ondermynende bedrywighede teen die regering van Hendrik Verwoerd.

Dit moes vir Fischer duidelik begin word het dat die staat 'n baie sterk saak teen hom en sy rooi kamerade gehad het, want op 25 Januarie 1965 het hy versuim om by die verhoor op te daag.

In 'n brief aan sy advokaat het hy die redes vir sy stap breedvoerig uiteengesit. In hoofsaak wou hy voortgaan met sy politieke werk wat – so het hy geglo – die vernietiging behels het van die "monsteragtige beleid van apartheid", soos hy dit gestel het. Hy het aanvanklik gaan wegkruip op ’n plaas in die Rustenburg-omgewing. Na plastiese snykunde en met ‘n pikswart baard as vermomming het hy onder die skuilnaam Douglas Black ’n huis in Johannesburg betrek.

Fischer se verdwyning het verreikende gevolge vir hom ingehou. Sy borgtog van R10 000 is ingetrek en een van die grootste soektogte in ons misdaadgeskiedenis is op tou gesit. Daarbenewens het die Vereniging van Advokate aansoek gedoen dat sy naam van die rol van praktiserende advokate geskrap moes word.[2] Die regter wat die aansoek verhoor en toegestaan het, het beslis dat Fischer se verdwyning 'n verbreking was van sy opregte versekering toe hy om borgtog aansoek gedoen het dat hy sy verhoor enduit sou bywoon. As ‘n hof die oneerlike optrede deur 'n senior en gerespekteerde advokaat oor die hoof sou sien, sou dit 'n erg negatiewe invloed op die regsadministrasie van die land hê, het die hof beslis.

Fischer is na fyn, intensiewe speurwerk op 11 November 1965 – vandeesmaand 50 jaar gelede – in hegtenis geneem. Op 9 Mei 1966 is hy weens sameswering om die regering omver te werp lewenslange gevangenisstrafopgelê. Daarbenewens is hy 20 jaar gevangenisstraf opgelê vir sy deelname aan die bedrywighede van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party. Voor sy vonnisoplegging het Fischer die hof vier en ’n halfuur lank oor die kommunisme en sy geloof daarin toegespreek. ‘n Jaar later – op Meidag 1967 – het die Sowejetunie die Leninprys vir Vrede aan hom toegeken.

bram_medaljeFischer is aanvanklik op Robbeneiland aangehou, maar later na die Sentrale Gevangenis in Kaapstad oorgeplaas nadat hy met kanker gediagnoseer is. Kort voor sy dood het die destydse minister van justisie toegestem dat hy by sy broer, 'n medikus van Bloemfontein, versorg kon word. Hy is op 8 Mei 1975 oorlede.

Fischer kom uit ‘n aristokratiese Afrikanerfamilie. Sowel sy bekende pa, Percy Ulrich Fischer, as sy oupa, Abraham Fischer, was regsgeleerdes. Sy pa was ‘n Vrystaatse hoofregter en sy oupa was eerste minister in die eerste kabinet van die Oranjerivierkolonie in 1907. Fischer het ook sterk bande met Jan Smuts gehad: hy is in 1937 getroud met Molly Krige, ‘n kleinnig van Issie Smuts, die vrou van die generaal. Molly se vader, Tottie Krige, was Smuts se adjudant tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Verskeie biografieë oor Fischer het al die lig gesien, onder meer Hannes Haasbroek se voortreflike ’n Seun soos Bram: ‘n portret van Bram Fischer en sy ma Ella.[3]

In ‘n merkwaardige ommekeer het ‘n volbank van die hooggeregshof in Johannesburg op 16 Oktober 2003 Fischer se status as advokaat – wat hom in 1965 ontneem is – postuum herstel.[4] Die postume toekenning in Desember 2004 van die graad DPhil honoris causa aan Fischer deur die Universiteit Stellenbosch was erg omstrede en het tot ‘n lewendige polemiek in veral die Afrikaanse pers gelei: hy was immers ‘n keiharde Stalinis, is gesê.


[1]
Vgl in die algemeen Ludi en Grobbelaar: Die verbasende Bram Fischer, Nasionale Boekhandel, 1966; Wikipedia

[2] Society of Advocates of SA (Witwatersrand Division) v Fischer 1966(1) SA 133 (TPA)

[3] Umuzi, 2011 (ISBN: 97814152014703)

[4] Rice and Another v Society of Advocates Of South Africa (Witwatersrand Division)  2004 (5) SA 537 (W)

 

The post Regsalmanak: Bram Fischer appeared first on LitNet.

ʼn Kort geskiedenis van linguistiek: vir Jan Rap

$
0
0

Die mens het seker deur middel van taal gekommunikeer so lank as wat hy bestaan, maar dis maar ongeveer 3000 jaar gelede dat iemand belang gestel het daarin om taal te ondersoek. Dit het onafhanklik van mekaar op twee plekke in die wêreld plaasgevind, nl Indië en Griekeland.

In Indië het ene Panini bekendheid verwerf deur sy geskrif Astadhayayi wat ʼn studie is van Sanskrit se fonologiese struktuur. Panini het beweer dat stukkies woorde in ʼn bepaalde volgorde aanmekaar gegom moet word om ʼn woord te vorm wat betekenis dra.

In Europa was dit die Grieke wat die eerste in die struktuur van taal begin belang stel het, en het dit bestudeer. Die wysgeer, Aristoteles (382—322 vC), was die eerste wat daarmee begin het. Hy het die sin verdeel in onderwerp en gesegde (subject, predicate), soortgelyk aan naamwoordstuk, werkwoordstuk, soos Chomsky sinsontleding doen, waarvan ek alreeds geskryf het. Die Griekse grammatika is verder gevoer deur mense soos Appolonius Discolus (110—175) en Thrax (200 – 100 vC). Thrax het die eerste volledige grammatika vir Grieks geskryf, ʼn taal wat heel geskik was om grammatika te demonstreer, met al sy verskillende agtervoegsels aan woorde. Deur die posisies van die woorde in sinne te bestudeer, het Thrax tot die gevolgtrekking gekom dat daar agt verskillende woordsoorte (parts of speech) is: naamwoorde, werkwoorde, lidwoorde, voornaamwoorde, voorsetsels, voegwoorde, bywoorde en deelwoorde.

Thrax se beskrywing van Grieks was die model vir grammatika in Europa tot en met die twintigste eeu.
Met die verowering van Griekeland deur die Romeine in die tweede eeu vC het Romeinse studente die Griekse grammatika op Latyn begin toepas, en Latyn op dieselfde wyse begin analiseer. Hulle het gevind dat Latyn se struktuur baie soos dié van Grieks is.

In die sesde eeu nC Het die Grieks-Latynse tradisie sy beslag gevind in die werk van Priscius, en tot vandag toe word sy grammatika op skool bestudeer, veral in vakke soos Latyn en Grieks.
Toe grammatici teen ongeveer die vyftiende eeu in Europa hulle tale intensief begin bestudeer het, het hulle Priscius se Latynse grammatika as model gebruik. Dit het maar moeilik gegaan, want Spaans, Frans en Duits se strukture is effens anders as Latyn s’n. Latyn het bv sewe naamvalle, terwyl Duits kan klaarkom met net vier.

Die Grieks-Latynse grammatika word tot vandag toe nog bestudeer, alhoewel Engelse skole in die sestiger jare al formele grammatika-onderrig begin verbied het. Wat Afrikaans betref, het daar in die sestigerjare ook heelwat vernuwing plaasgevind wat die grammatika-onderrig betref. Tweedetaalonderrig het ook heeltemal afgesien van die grammatika-vertaalmetode, en begin toespits op die direkte metode van taalonderrig.

Natuurlik het verskeie taalgeleerdes pogings aangewend om weg te breek van tradisionele Latynse grammatika. Hier dink ek aan die groep linguiste wat bekend gestaan het as die Port-Royal groep in die 17de eeu. Hulle het probeer om ʼn universele grammatika vir Frans te skryf, wat neergekom het op die ondersoek na wat taal op ʼn gegewe oomblik doen. Die Duitser, Wilhelm von Humboldt (1767 – 1835) het probeer om ʼn universele, filosofiese benadering te skep vir die ondersoek na die wese van taal. Hy het veral gekonsentreer op die innere Sprachform van taal, wat ʼn weergawe is van die denke van die mens. Taal en denke, het hy gesê, kan nie van mekaar geskei word nie.
Teen die einde van die agtiende eeu het linguiste begin besef dat tale ʼn groot ooreenkoms toon en, soos alle lewe op aarde, alle tale ʼn gemeenskaplike voorvader het.

Hier moet ek egter vir eers halt roep.

Word vervolg ...

The post ʼn Kort geskiedenis van linguistiek: vir Jan Rap appeared first on LitNet.

Onkennis en onkunde

$
0
0
So hier en daar waar dit bekend is dat die onwesens en onplekke van wysgere nie bestaan nie, is dit moontlik om in afsondering net mens te wees.
 
CM

The post Onkennis en onkunde appeared first on LitNet.

Denneboom

$
0
0

Vreemdheems uit plek skuins 
van koes vir ’n xenofobiese wind
in ’n wêreld vir fynbos bedoel
pleit sy takke: “Kan nie anders nie” 
Sy gladde naalde om sneeu af te glip
sprei bruin matte op die grond
wat hy skaamvoetig wil voorgee
dis ’n Aubusson, maar uitgevang:
Darem vir die habitat van proteas goed? 

die bolle herinner my
aan handgranate
in die plofslag vasgeprent
of posgleuwe oop, weg
is briefies saad versprei
soos strooibiljette op die wind
iewers gaan hul straks tref 

ek versamel dennebolle
vir ’n knetter op ’n vuur
tel hulle op uit die naaldemat
waar hulle gretig wag
kele ademloos gesper
met die verwagting – straks,
in silwer of goudverf gedoop
hang hulle aan ‘n Kersboom blink
met namaak-sneeu bedruip 

Denneboom, Kersboom
onwelkom in ’n land
sonder sneeu se wit rus –
vol treur en verlang
staan jy uit plek teen Tafelberg
wat jou na die heimat wil verban

The post Denneboom appeared first on LitNet.

Uit Ouma se uitsetkis: Nico Moolman gesels met Naomi Meyer oor sy selfpublikasies

$
0
0

Nico, ons lesers sal jou dadelik kan eien as ek sê dat jy die boek The Boer Whore geskryf en die storie daarvan ontdek het, wat toe aanleiding gegee het tot die skryf van Francois Smith se Kamphoer. Watter ander boeke het jy al geskryf? 

ouma_voorbladKuier in ’n Plaaskombuis
Die Pienk Traaisiekel
Die Pienk Baaisiekel
South Africa at a Canter
Feetjies van die Wolke / Cloud Fairies
Die Groot Kwilt
Uit Ouma se Uitsetkis
Zij
Die Wildtuinbus
The Safari Bus
Karrenmek vir ta' Nonnie 

en die operette Die Towerblom.   

Ook die liedjie “Tingeling” wat deur Min Shaw opgeneem is.
  
Ek sit met jou boek Uit Ouma se Uitsetkis hier op my lessenaar en ek sien dit is 'n onthouboek: vol foto's, gedagtes, resepte en selfs musiek. Waar en by wie het jy al die inhoud versamel? 

Voor in die boek is die name van mense wie se items ek van gebruik het. Die meeste is egter uit my en Naomi se versameling van ou “robbies”.  

ouma_fotosAgter in die boek staan daar (by die verduideliking oor die CD) dat die musiek toegespits is op mense wat in die middel van die 20ste eeu geleef het. Vertel nog bietjie hoe jy jou ideale lesers sien. En vertel gerus van die musiek op hierdie CD, asseblief. 

Die musiek is meestal 78 rpm-spoed plate ... breekbare een-naald-op-’n-keer-plate. Dit waarmee die bo 60’s in 2011 grootgeword het.  Hartseer, verlangend en dan die ongelooflike dansmusiek van orkeste soos die Vier Transvalers, Jan Visser en ook drie van my eie komposisies, waaronder “Ek verlang” die mooi van eergister oordra. 

Anderdag gesels ek met 'n kunstenaar oor die geheue en hy meen mens onthou nie aldag die fynste besonderhede nie, maar eerder hoe 'n spesifieke tydperk of gebeurtenis 'n mens laat voel het. Stem jy saam? Wat beteken onthou vir jou? En wat onthou jy van jou ouma? 

My onthou leef so saam met my dat ek soms weer baie herleef. Jou vriend is reg. As ek Elvis se “Jailhouse rock” of Cliff Richard se “Lucky lips” hoor, begin my lyf onwillekeurig ruk soos iets wat gif ingekry het.  

Onthou is die meganisme wat my sielskluis oopsluit en die mooi vir my uitpak as ek skryf.  

ouma_resepDis 'n boek van verlange, maar verlang is ook nie altyd lekker nie: "Om op jou spore terug te stap gister toe is ook nie altyd aangenaam nie." Brei asseblief hierop uit. 

My ouers se besluit om die plaaslewe vir die stadslewe te verruil en om my van ‘n kleindorpieskool (Chrissiesmeer) met 64 leerlinge tot een met plus 1 000 leerlinge (Sasolburg) oor te plaas was vir my ’n skok wat my heel van koers gedwing het.     

Hoekom publiseer jy jou eie boeke? Vertel bietjie waar en hoe ons lesers jou boeke in die hande kan kry? 

Ek publiseer na The Boer Whore my eie boeke. My uitgewer het my die deur gewys met die boek. Ek het in myself geglo en my ou meubels verkoop, driekwart op skuld gewaag en probeer. Ses duisend later met filmregte verkoop kon ek self laat druk. Selfs in Sjina, waar ek al meer as 25 jaar kontakte opgebou het, word my boeke met ongelooflike reëlings gedruk.

My boeke is dwarsdeur die Republiek by vooraanstaande padstalle te koop. Soos Die Oubos Padstal, Paarl. Taalmonument, Jasyn, Daggaboer, Karoobos in Hofmeyr, Travalia Drie Susters, alle Tiger Eye-winkels in die nasionale parke, Exclusive Books, Die Stoep in Nelspruit en vele ander plekke.

ouma240Internasionaal in Canberra, Singapoer en binnekort in Thailand.

The Boer Whore is ook al deur biblioteke in Nieu-Seeland aangekoop.

Die draaiboek van The Boer Whore in op 1 November deur Ian Roberts voltooi ... en hier kom ’n ding.    

The post Uit Ouma se uitsetkis: Nico Moolman gesels met Naomi Meyer oor sy selfpublikasies appeared first on LitNet.

Review: Etta and Otto and Russell and James

$
0
0

Title: Etta and Otto and Russell and Jamesetta_and_otto
Author: Emma Hooper
Publisher: Penguin Books South Africa
ISBN: 9780241185865

Eighty-three-year-old Etta has never seen the ocean. And so, armed only with her best boots, some basic provisions and a rifle, she sets off from her home in Saskatchewan to undertake the 3 232 km journey to Halifax on foot.

This is the intriguing premise of Emma Hooper’s Etta and Otto and Russell and James. Part The Unlikely Pilgrimage of Harold Fry, part Forrest Gump, the account of Etta’s last great adventure goes well beyond the offbeat fortune cookie wisdom so often found in narratives of the “walking trend” variety.

Set mainly against the backdrop of the dusty and unforgiving Saskatchewan farmlands, the novel evokes the tradition of the Canadian prairies novel and sensitively explores themes of poverty, loss and the devastating effect of war on the community. The minutiae of prairie life and the characters’ struggle to carve out an existence in a harsh and isolated environment is handled with some humour.

Add to this a light dusting of magical realism and the result is a thoroughly charming, if somewhat ambitious, debut novel.

emma_hooper
Following a trend often noted in the prairie novel,[1] Etta and Otto and Russell and James inverts the gendered binary oppositions of house/female and horse/male. Etta, the travelling female, leaves behind not only her husband, Otto, but also long-time admirer, neighbour and all-round good guy Russell (we’ll get to James a bit later).

Strangely paralysed by his increasingly forgetful wife’s sudden desire for a brisk cross-country hike, Otto seems resigned to remaining on their farm in uncertain anticipation of Etta’s return. Here he channels his restless energy into stereotypically female pursuits such as mastering the recipes so thoughtfully written out for him by Etta and creating a menagerie of papier mâché animals.

Russell, on the other hand, demonstrates a whit of good sense by following Etta, who appears to be exhibiting the early symptoms of dementia. However, it is soon clear that Russell has his own journey of self-discovery to make.

The fourth and final titular character to join the cast is James, a talking, often singing, coyote who keeps Etta company on her travels. With the introduction of James, the reader’s already tentative grip on reality (our suspicions having been raised earlier by Otto’s unexplained clairvoyance about Etta’s chosen route and some offhand mention of shared dreams) is firmly destabilised. We are ready to cast off disbelief and troop happily into the murky territory of magical realism. Here be dragons, but are they the figments of a mind ravaged by old age and illness?

The novel’s ethereal quality is further aided by Hooper’s sparse, almost hypnotic prose and her expert blending of past and present. Etta’s present-day expedition is interspersed with glances into the characters’ childhoods, the love triangle that unfolds between them and the trauma they must endure as the horrors of the Second World War begin to intrude on the quiet solitude of their homes.

As Etta’s mind spirals further into confusion, her sense of self is slowly eroded, blurring the boundaries between her own epic journey and the terrifying march into the unknown experienced by Otto as young soldier.

Moving between remembering and forgetting, past and present, the real and the imagined, Etta and Otto and Russell and James is a slippery, sometimes challenging novel that does not deal in neatly packaged conclusions.

If you prefer your narratives to move smoothly from A to Z with proper regard for the quotation mark as indicator of direct speech, proceed with caution. If you’re up for something with a little more meat around the bones, this moving and imaginative offering is well worth the effort.

[1] For a more detailed exploration of this dichotomy, see Ann Barnard’s “A North American Connection: Women in Prairie Novels”.

The post Review: Etta and Otto and Russell and James appeared first on LitNet.


fliekNET –’n geskenkkanaal vir die somervakansie

$
0
0

kykNET sê weer eens baie dankie aan al sy lojale kykers met fliekNET, ’n spesiale fliekkanaal vir die somervakansie.

Hierdie groot Kers- en vakansiebonus vir alle kykNETters sal slegs vanaf 1 Desember 2015 tot 31 Januarie 2016 op die lug wees. Van die gewildste rolprente wat oor die jare in Afrikaans vervaardig is, sal in hierdie tyd op dié kanaal – fliekNET (DStv-kanaal 198) – vertoon word.

Daar is letterlik ’n fliek vir elke smaak, geleentheid en gemoedstoestand om die vakansie mee te vier.

Aksieprente soos Boetie gaan border toe, Boetie op maneuvers en Aanslag op Kariba sal die avontuurlustiges besig hou, terwyl komedies soos Lipstiek Dipstiek, Tolla is tops en lekkerlag-reekse soos Alie Barber en Munisipaliteit van Gwarra Gwarra vir die komiese verligting sal sorg.

Vir die ernstige dramakykers is daar rolprente soos Paljas en Fiela se Kind, terwyl die mense wat van musiekspele hou, kan uitsien na Jy is my liefling, Hoor my lied en Pretville. As jy ’n soettand vir romantiese komedies het, kan jy voor die kassie inskuif vir treffers soos Vrou soek boer, Fanie Fourie se lobola, Jimmy in pienk en Klein-Karoo.

Vir die jonges is daar onder meer Hoofmeisie en Khumba en vir diegene wat in ons filmgeskiedenis belangstel, is daar flieks soos Daar doer in die Bosveld, Katrina en Die bankrower asook die interessante dokumentêre reeks oor ons rolprentgeskiedenis – Daar doer in die fliek. Vir almal wat nostalgies voel oor flieks van die 70’s en 80’s, wys ons Lelik is my offer, Wat maak Oom Kallie daar?, Skelms, Die posman, Blink Stefaans, Liewe hemel, Genis!, Tant Ralie se losieshuis en vele meer.

En dan is daar ook die televisiereekse wat in speelfilms verwerk is soos Vyfster, Nommer asseblief? en Agter elke man.

Van die meer onlangse rolprente wat vertoon sal word, is Verraaiers, Faan se trein, Die wonderwerker, Die ballade van Robbie de Wee en Die spook van Uniondale.

Om kykers ’n aanduiding te gee van wat hulle elke dag op fliekNET kan verwag, word die week in temas verdeel: Maandag is dit tyd vir drama, Dinsdag vir romanse, Woensdag is daar weer drama, Donderdae kry komedie kans, Vrydae is dit aksie en rillers, Saterdag romanse en komedie, en op Sondae vier ons rolprentlegendes.

Nou’s daar dus nog ’n rede om uit te sien na die vakansie – fliekNET op kanaal 198 van  DStv.

Met kykNET se fliekNET-geskenkkanaal het niemand ’n rede om verveeld te wees as hulle met Jan Tuisbly se karretjie vakansie hou of hul DStv-SIM-kaarte saamneem bosveld of see toe nie.

The post fliekNET – ’n geskenkkanaal vir die somervakansie appeared first on LitNet.

An invitation: South African Drama and Theatre Heritage Project

$
0
0

SA DRAMA AND THEATRE HERITAGEunisadrama

A RESEARCH PROJECT OF
THE DEPARTMENT OF AFRIKAANS AND THEORY OF LITERATURE, UNISA
AND THE UNISA LIBRARY ARCHIVE 

An Invitation

Access to South African drama and theatre production material has become increasingly difficult, since we do not currently have an archive dedicated to this art form. Due to the ephemeral nature of performance, the South African drama and theatre researcher is thus considerably impeded and our heritage lost to posterity without an archive.

With this project we aim to firstly establish a network of institutions which hold drama and theatre collections, to provide the theatre researcher with a starting point in his or her search for material about specific productions. We plan to publish a list of collections on our departmental website with hyperlinks (where possible) to the collections’ respective websites.

Secondly, we want to provide a safe repository for drama and theatre material in the Unisa Library Archive. We thus invite any producers or individual artists to contact us if they have any material which they would like to preserve according to archival standards. This material will be professionally archived, indexed and accessible to researchers. The artist retains the copyright and performance rights to any material submitted. We will accept scripts, photos, posters, programmes, video or sound recordings, correspondence, set or costume designs, lighting designs, production notes, etc.

If you want to participate in this project by donating any material relevant to South African drama and theatre, or know of collections we could add to our network, please contact:

Prof. Marisa Keuris | 012 429 6319 | keurim@unisa.ac.za                                                                     
or 
Mr. Andile Xaba | 012 429 6058 | xabaa@unisa.ac.za 

unisadrama_groupshot

Back: Thomas Smetjane, Andile Xaba, Marisa Keuris 
Front: Junior Makhoere
Photo: Facebook

The Project

In 2013 The Department of Afrikaans and Theory of Literature, in collaboration with the Unisa Library Archive, launched a South African drama and theatre heritage project.

Various institutions which have developed valuable collections in the past (inter alia the State theatre’s Archive in Pretoria, as well as the Centre for Theatre Research at the HSRC) have closed these collections, while access to these collections can also often be difficult. The important role played by the old Performing Arts Councils (PACOFS, PACT, NAPAC, CAPAB) in terms of preservation matters, has in most in disappeared. A new era of theatre practice was introduced with the establishment of a large number of arts festivals in the country. The matter of preservation is in most cases not a high priority for the management of these festivals and only the National Arts Festival in Grahamstown is relatively well archived.

The Unisa project has the following main objectives:

  • To establish a database of current information, i.e. which performance arts archives and collections are still active, which is dormant and which is in dire need of intervention. This information will be placed and updated on our facebook page, as well as on our departmental website. This will include links to specific websites (institutions, production houses, individual artists, etc). Short descriptions of the various collections (“directories”) will be given in order to assist potential researchers to find information on a particular matter. We will insert as many relevant links as possible to make the information as comprehensive as possible.
  • To establish a network of interested people (academics, performers, archivists, etc.) We are collaborating with Prof Temple Hauptfleich on this project (and also see his ESAT project as complementary to ours), and colleagues from the Drama Departments of the Free State, Stellenbosch and TUT have also expressed their support for this project. We want, however, to enlarge our network of partners and thus invite any interested parties who want to participate in this project to contact us.
  • To establish a safe repository for any drama/theatre material in the Unisa Library archive. We thus invite any production houses, as well as individual artists, to contact us if they have any material (texts, photos, posters, programmes, etc) which they would like to preserve according to established archival standards. The invitation entails that this material will be professionally archived, indexed and made accessible for research purposes. The production house/ individual artist retains the copyright and performance rights of all material submitted.

For a fuller description of this project and how it envisages the future of theatre archiving in South Africa please read the two articles published in the South African Theatre Journal:

Collections already housed in the Unisa Library Archive:

  • Teaterhuisie ( material donated by Carel Trichardt and Petru Wessels)
  • Aardklop material
  • Innibos material
  • Nicola Hanekom donated material

Projects currently ongoing:

  • Nerina Ferreira (Afrikaans translations of European texts; received from Prof Petrus du Preez, US Drama department)
  • Mamelodi Theatre Organization (donation received from Mr Junior Makhoere)
  • State theatre archive to be moved to Unisa Library archive

The post An invitation: South African Drama and Theatre Heritage Project appeared first on LitNet.

Gebroke harte

$
0
0

gebroke_hartWoorde so hol soos eierdoppe
beloftes, nooit oor gewonder
lewe, nutteloos soos ‘n derde wiel
‘n hart sonder emosies

Hoe kan pyn so groot raak
hoe kon liefde so vinnig krimp
is die lewe dan dood
is liedere dan sonder melodie

Woorde sonder waarde
gebroke beloftes
‘n lewe verwoes
‘n hart in twee geskeur

Hoe kon liefde so vinnig sterf
hoe lewe ‘n dooie
is ons nog verlief
of is liefde net ‘n droom 

The post Gebroke harte appeared first on LitNet.

LêNet: Losieshuiskaskenades

$
0
0

Ek skrik wakker met ’n skok. My alarm het nie geraas nie. O hel, ek is laat. Verward wil ek opspring uit die bed uit toe ek tot my groot verligting besef dis Saterdag en ek het nie klas nie, ag dankie tog.

Verlig lê ek terug op my kussing. My gedagtes jaag deur my kop en in die stilligheid bloos ek, want gisteraand, ja gisteraand, was so, so ... hoe sal ek sê? ... goed.

Ek was vroeër gistermiddag op pad terug na ons losieshuis toe na klas toe ek Jaco, my goeie vriend en medeloseerder en ook student, se stem agter my hoor.

“Hallo Hess, waarheen haas jy?” vra hy met sy kenmerkende ondeunde laggie.

“Huis toe, waarheen anders,” sê ek en glimlag terug. Hy is werklik ’n gawe jong man, goeie vriend, altyd bedagsaam en vriendelik.

“Kan ek saamstap?” vra hy.

“Hoekom vra jy, wil jy iets van my hê?” spot ek.

“Nee jong – ek bedoel ja; ek wil jou iets vra,” stamel hy effe. “Wil jy nie vanaand saam met my na die hokkieproewe gaan kyk nie? Dis die proewe vir die finaal. ‘Seblief man, ek wil nie alleen gaan nie; sê ja, toe.”

Ek kyk na daai mooi oop skoolseuntjiegesig met die ondeunde glimlag en kan nie anders as om te vermurwe nie. “Ja, dit sal lekker wees,” sê ek.

“Yes!” sê hy en spring in die lug van pure stuitigheid. Van die ander studente wat verbyloop, lag vir hom en spot met: “Het jy gescore my ou?”

“Hoe laat begin dit?” vra ek.

“Vyfuur” sê hy. “Ons behoort so sewe-uur terug te wees.”

Ons stap aan en hy bly babbel oor die hokkie en die proewe, die spelers die eindstryd, die trofee en als. Ek kan sien dat hy baie opgewonde is oor die wedstryd.

Ek stort en trek ’n korterige wit rompie en T-hempie aan met wit sokkies en my drafskoene daarby.

Later die middag kom hy my haal en ons stap na die hokkiebane toe, waar die spelers reeds op die baan staan. Die fluitjie blaas en die spel begin. Studente skree luid en moedig hul spanlede en gunstelinge aan en die atmosfeer is feestelik. Doele word aangeteken en nog meer luide toejuiging volg. Jaco is soos ’n stout kind. Hy spring op en af, skree en moedig aan dat dit nie snaaks is nie.

Die wedstryd is verby en ons stap saam terug losieshuis toe. Jaco is steeds opgewonde, want sy span het gewen. Op pad steek hy vas en vra: “Kom ons gaan doen iets lekker vanaand, waarvoor is jy lus”?

“Em, em, ek weet nie,” stamel ek. “Wat van fliek of iets?”

“OK, dan kry ons sommer ’n burger of iets te ete voor die tyd, nè?” sê hy.

“Reg met my,” sê ek.

By die huis verklee ek en trek ’n mooi wye romp aan met ’n effe laehals-bostukkie. My borste is nog jonk en baie ferm, so, soos baie ander meisies dra ek nie graag ’n bra nie. Dis lekker warm so ek hoef nie ’n trui of iets saam te vat nie.

Jaco klop liggies aan die deur toe ek nog besig is om bietjie grimering aan te sit. “Dis oop,” sê ek en hy kom sommer in. Hy kyk my op en af en glimlag weer daardie glimlaggie van hom.

“Jy lyk ... em ... amper eetbaar,” skerts hy. “Kan ek maar bietjie proe?” Hy stap ook sommer nader en omarm my en soen my op my rooi mondjie. Die soen duur bietjie langer as wat dit bedoel is en net voor my hart te vinnig begin klop, staan hy terug met: “Sjoe, dit smaak heerlik,” en weer die glimlag.

“Ag toe nou jy,” vermaan ek kastig kwaai. Ek kyk een laaste maal in die spieël en ons verlaat die kamer.

Die voordeel van hierdie universiteitsdorp is dat mens nie juis hoef te ry waar jy wil wees nie, so ons stap deur die strate tot by die vermaaklikheidsplekke. Ons koop ’n burger by die wegneemeetplek en gaan sit op die bankies buite en eet klaar. Ons skerts en lag en meng met ander studente tot die fliek begin.

Ons kry sitplekke redelik agter in die fliek naby aan die muur. Dis ’n aksieprent en baie opwindend. Ek gryp kort-kort aan Jaco as dit te erg raak. Ek kom later agter hy sit sy hand om my skouers en hou my beskermend vas. Dit voel goed en ek raak ook rustiger.

Skielik raak ek baie meer bewus van sy teenwoordigheid hier teen my. Ek kyk half skamerig in sy rigting en voel die blos op my wange. Ek is half dankbaar vir die skemerte van die fliek, anders sou hy dit sien. Hy merk dit op in die halfskemer en op die ingewing van die oomblik soen hy my weer. Hierdie keer is sy soen met baie meer passie as vroeër in my kamer. Sy een arm trek my stywer teen hom aan. Ek voel sy tong in my mond. Ek soen terug en ook met vurige passie. Ons tonge baklei teen mekaar. Dan in my mond en dan in syne. Ek gryp hom vas en kan my emosies skaars beheer. O hel, iets is besig om met my te gebeur en ek weet nie wat dit is nie, maar dit voel heerlik.

Skielik is daar ’n harde slag in die prent. Ek skrik dat ek wip, want ek het dit nie verwag nie. Dit breek ook ons omhelsing. Ons giggel en ek lê met my kop teen sy bors en voel ’n heerlike warmte binne my. Is ek besig om verlief te raak, wonder ek. Ek was nog nooit verlief nie, maar dit voel dan nou reg. So sit ons amper inmekaar tot die prent klaar is en ons moet huis toe gaan.

Dis weer die gewone roesemoes tot almal uit is in die buitelug. Ons kies koers huis toe, baie meer bewus van onsself as wat ons hierheen was. Ons is ook nie meer so uitgelate nie, val dit my op. Ons gesels nog, maar dis of daar ’n ander “vibe” is tussen ons. Soos ons stap, voel ek sy hand soek-soek myne en ek bied dit vir hom aan en weer voel dit reg. By die losieshuis gekom, stap ons nog saam die gang af na ons kamers. By my kamer stop hy en sê: “Baie dankie vir die lekker aand.” Hy buk af en soen my weer, liggies, om nag te sê.

Ek voel iets kom kort in hierdie aand. Ek kyk in sy oë en sien daar is ’n verwagting daarin. Ek tree terug by die kamerdeur in en trek hom saam. Effe verbaas kyk hy vinnig op en af in die gang voor hy inkom en die deur toemaak.

Die huis is stil. Die twee sussies wat saam met ons loseer, is nog nie tuis nie en die tannie-hulle slaap in ’n ander vleuel van die huis. Die straatlig skyn in my kamer in, so daar is genoeg lig, daarom skakel ons nie die kamerlig aan nie. Opnuut gryp ons na mekaar. Jaco soen my dat my tone krul en ek beantwoord sy soen met alles wat ek het. Ons albei se harte klop teen versnelde pas en ons asemhaling is vinnig en warm in mekaar se monde. Ons is vasgevang in ons omhelsing en ek voel Jaco se hand van agter my rug af vorentoe beweeg, oor my skouer en af tot dit my linkerbors omsluit. Op daardie oomblik voel ek hoe my tepeltjies albei baie hard word en ’n soort van lamheid in my lende. Ons soen raak al vuriger, nes ons asemhaling. My hart klop dat dit voel asof dit uit my bors wil spring en my ore suis. Ons hande klou en vryf en ons lywe wriemel teen mekaar. Jaco druk my styf teen hom aan en soos die vorige keer voel ek sy hardheid teen my. Ek weet nie of ek my verbeel nie, maar dit voel dan effe natterig ook in my koekie.

Gedagtig aan ons vorige ondervinding speel dit weer helder voor my af en ek wil weer daardie gevoel beleef. Daarom laat ek Jaco begaan toe hy begin om my bostuk van onder oor my kop te trek. Ek is nou so jags dat ek myself nie kan keer nie en ek wil ook nie. Hierdie gevoel oorweldig my en ek wil dit nie stop nie. Hy gooi my bostuk op die bed neer en plaas sy hand op my kaal bors terwyl hy my steeds vurig soen. Hy plaas ook sy ander hand oor my ander bors en vryf en masseer albei. Dit laat nog meer adrenalien deur my vloei en dit voel of my ore sing daarvan. Ek begin om sy hempsknope los te maak. Ek wil sy klere van hom afstroop, maar wil dit nie skeur nie, al voel dit so. Alle knope is los en ek trek sy hemp uit en gooi dit ook op die bed.

Ek raak sy kaal bolyf aan met my vingers en voel die warm vel onder my vingers. Ek sak af voor hom en begin sy broek se band losmaak. Ek wil hom kaal uittrek ek wil nou kaal saam met hom wees. Ek kan nie gou genoeg maak nie en toe sy broek grond toe val, kan ek in die skemer die hardheid van sy manlikheid in sy onderbroek sien. Ek vroetel om sy onderbroek ook uit te trek en skielik spring sy voël voor my op. Ek is nou waansinnig van hierdie gevoel wat my oorval het. Ek gryp sy voël met albei my hande vas en trek dit vorentoe en agtertoe. Ek sien hoe die voorvel die kop ontbloot en weer bedek. Dit maak my mal. Ek stoot hom terug dat hy op die bed gaan sit en druk hom verder plat op sy rug. Sy voël staan regop en is baie, baie hard. Ek neem dit weer in my hande en speel daarmee. Die begeerte om dit in my mond te voel oorval my en terstond sit ek dit in my mond en beweeg my mond oor die kop heen en weer. Jaco kreun, soos een wat pyn verduur. Hy fluister my naam oor en oor en blaas sy asem uit met getuite lippe en dit spoor my aan om hom nog meer genot te gee. Dit voel vir my of ek ook naby aan ’n orgasme is soos ek vir Jaco bevredig. Ek haal sy voël uit my mond uit en kyk daarna. Dis pragtig, dis mooi, ek moet meer hiervan kry, en gaan voort waar ek opgehou het. Jaco krul en kreun, sy asem jaag en sy maagspiere trek saam. “Hess, o hel, ek gaan kom, ek kom ek kom!” fluister-skree hê. Hy gryp my kop vas en kom halfpad regop. Die volgende oomblik ontplof hy in my mond. Weer en weer spuit sy semen in my mond in. Ek sluk en spoeg uit tot hy leeg is. Sy voël bly egter stokstyf in my hande en ek kan die polsing daarvan steeds voel. Die semen loop oor die kop, teen die skag af, oor my hande wat dit vashou en is blinknat in die halflig. Ek proe die souterige smaak van sy semen in my mond en dit proe goed. Stadig maar seker voel ek hoe hy ontspan. Sy maag en skrotum is ’n gemors en dis half lagwekkend. Hy vroetel en vind sy sakdoek in sy broeksak en met ’n “vee af jou mond” gee hy dit vir my en ek vee die ergste af. Hy vat weer die sakdoek en vee homself af. Ek is in ekstase, ek kan nie hierdie gevoel ten volle in woorde beskryf nie.

Jaco gooi die sakdoek eenkant en neem my gesig in sy hande. Die glimlag is weg. Sy gelaat gloei van die emosie. Hy soen my teer op my mond en met ’n “dankie” kom hy meer regop en in die beweging draai hy my so om dat ek nou weer op my rug voor hom lê. Hy buk hande viervoet oor my en soen my steeds. Sy mond beweeg van myne af en hy soen my in my nek af op my bors, tussen my borste en dan sit hy sy een hand op my bors terwyl hy die ander een begin suig. Hy suig liggies aan die tepeltjie, rol dit met sy tong, soen en liefkoos my bors. Dit is heerlik. ’n Gloed spoel oor en oor deur my. Sweet slaan liggies oral op my lyf uit. Hy ruil om en liefkoos my ander bors ook en brei en vryf met sy ander hand oor die ander bors.

Hy beweeg weer verder af oor my maag, my naeltjie en tot teenaan my romp se band. Ek het nog my romp en broekie aan. Hy kry die ritssluiter beet, trek dit af en stroop my rompie oor my bene. Hy vat weerskante aan my broekie en trek dit ook stadig en met grasie uit. Ek is half dankbaar vir die skemerte, want hier lê ek nou nakend met ’n man se gesig ’n paar sentimeters van my privaatheid af. Ek gee egter nie om nie, want ek het ’n vurige begeerte om hierdie aand in vervulling te bring. Ek is gereed om ’n man in my te aanvaar en my te ontneem van wat ek tot nou toe nog as kleinood bewaar het.

Jaco se mond beweeg soos in stadige aksie na my poesie. Toe sy mond dit aanraak, gaan daar ’n skok deur my en ek voel hoe hy sy tong deur my lippies trek. Dit voel heerlik warm en ek voel daardie lamheid weer in my lende. Hy suig aan my kittelaar, soen die lippe, werk met sy tong in en uit in my poesie. Ek wil mal word. “Jaco, Jaco,” kreun ek. “O Jaco, dis so lekker.” Hy suig en soen en liefkoos my daar tot ek later nie meer kan hou nie en met ’n onaardse kreun klimaks ek in sy gesig. Ek ruk en bewe. My maagspiere trek saam en ek klou krampagtig aan die beddegoed vas. Dit hou aan en aan en voel vir my dit gaan nooit stop nie. Uiteindelik bedaar ek. My gesig gloei soos ’n kool vuur en my asem jaag soos ’n maratonatleet s’n.

Jaco kom weer half orent, maar in plaas van langs my, kom lê hy op my. Toe hy op my lê, kan ek voel hoe druk sy voël teen my poesie vas. Hy is weer styf soos vroeër. Hy kyk in my oë en soen my weer baie teer en vra: “Is jy reg hiervoor Hess?” Ek kyk in sy oë en knik net instemmend met my kop. “Sal jy my nie seermaak nie?” vra ek. Hy skud sy kop. Ek is gereed hiervoor, maar tog is daar bietjie onsekerheid by my. “Moet my net nie swanger maak nie asseblief” vra ek. “OK,” sê hy en daarmee voel ek hoe hy sy onderlyf maneuvreer om toegang te kry tot my. Jaco se voël is nie baie groot nie, maar dit is groot genoeg. My poesie is teen hierdie tyd al baie nat, so ek kan voel hoe sy voël se kop tussen my lippies in beweeg. Hy speel met die kop stadig tussen my lippies in en uit, in en uit. Dit voel net so lekker as toe hy met sy mond daar was. “Trek jou bene bietjie op,” sê hy. Ek trek my bene op en kan dadelik voel hoe hy dieper in my ingaan. Weer die stadige, vlak bewegings in en uit. Ek is in ekstase. My hele lyf gloei van opwinding en jagsheid. Ek het nou die begeerte om sy volle lengte diep in my te voel. Ek sit my hande op sy boude en druk hom teen my vas. Meteens voel ek dis asof hy teen iets in my vasdruk. Instinktief weet ek dit is my maagd waarteen hy is. Hy kyk weer in my oë, soen my weer en met ’n vinnige beweging druk hy harder teen my poesie. Meteens voel ek ’n steekpyn. Ek snak na my asem, maar terselfdertyd gaan hy diep in my in met die volle lengte van sy voël. Ek kreun en hyg; ek wil huil en lag tegelykertyd. Ek kan nie mooi onderskei of dit seer of lekker is tussen my bene nie. Al wat ek weet is dat dit nie nou moet ophou nie.

Jaco raak nou meer driftig met sy bewegings. Hy gaan vinniger in en uit en stamp harder teen my. Ek help hom aan deur my bene nog hoër op te trek en ek klou aan hom vas dat my naels in sy vel indring. Harder, vinniger raak sy bewegings en ek voel ek gaan weer kom. Jaco se asem jaag nes myne en hy sweet van die inspanning. “Nou, nou, Jaco,” sê ek, want ek voel ek gaan weer kom. Met ’n “jaaaaa” bars my damwal weer en klou ek nog stywer aan hom vas. Krampagtig soos ’n klein apie aan sy ma klou ek aan hom vas. Skielik ruk hy terug en kom regop. Hy gryp sy voël vas en trek dit vinnig tot hy ook weer kom. Met dieselfde polsende spuite spuit hy dit hierdie keer oor my maag en my naeltjie. Drie, vier keer spuit hy weer tot dit ophou en hy met ’n diep asemteug terugsit en na my kyk. Hierdie keer is die glimlag terug en ek kan ook nie anders as om te glimlag nie.

Hy kom lê langs my, sit sy arms weer oor my borste en soen my weer. “Dankie,” fluister hy, “dit was baie lekker.”

“Dankie vir jou ook,” sê ek, “vir my ook.”

“Hoe voel jy?” vra hy.

“Bietjie seer, maar OK,” sê ek.

Skielik besef ek daar mag dalk bloed wees. Ek spring benoud regop en sonder om te besef ek is nog kaal bekyk ek die beddegoed. “O vrek, Jaco, kyk hier,” sê ek. Daar sit ’n yslike bloedkol op die deken. “O hel wat nou?” wonder ek hardop.

“Kom ons was dit dadelik,” stel hy voor.

“Nee, nee, los dit vir my, ek sal,” sê ek. Ek vat aan myself en kyk – ja daar is ook bloed, so ek sal myself eers moet skoonmaak.

Met al die harwar het ek skoon vergeet my hele lyf is ook nog vol van Jaco se semen. Skielik is die hele situasie baie snaaks. Ek kyk vir hom en hy kyk vir my en ons begin te giggel soos stout kinders. Ek kyk na hom en sien aan sy lyf is ook bloederigheid. “Kyk hoe lyk jy,” sê ek en toe hy afkyk, sien hy dit ook en ons lag van vooraf.

Ons is saam badkamer toe en ’n rukkie later, toe ons skoon is, vat ons die deken en was die bloed uit. Ek sal maar vir die tannie ’n storie moet spin hieroor, want die bloed sal nie heel uitwas nie. Ek hoop maar net sy glo my.

Met hierdie gedagtes steeds in my kop staan ek op en bekyk die deken. Ja-nee, die kol is nog sigbaar, so ek moet begin dink aan ’n storie vir die tannie, Maar my gedagtes gaan weer terug na Jaco en ons intieme aand en in my hart voel ek goed en glad nie skuldig nie. Ek is nou ’n volwaardige vrou.

 

The post LêNet: Losieshuiskaskenades appeared first on LitNet.

Hoor jy die wind

$
0
0

Hoor jy hoe huil die wind
hy huil soos ‘n pasgebore kindjie
maar die son kan hom nie troos nie
miskien is sy hart ook gebreek vandag

Miskien het hy seergekry
of het hy net iets verloor langs die pad
sien jy hoe hard en woedend die wind waai
asof hy op soek is na iemand wat hom seergemaak het

Miskien is die wind se hart ook gebreek
miskien het hy net so groot pyn soos ek en jy
lewe hy nou, weer alleen?
sonder ‘n maat om hom die weg te wys

Hoor jy hoe huil die wind
die wolke kan hom nie troos nie
hy het sy siel verloor langs die pad van liefde
sy hart in twee gebreek

The post Hoor jy die wind appeared first on LitNet.

Viewing all 21535 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>