Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21513 articles
Browse latest View live

Die begin van 'n ruimer gesprek

$
0
0

Hierdie webseminaar spruit voort uit die volgende LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikels en neem die gesprek rondom die besluite omtrent selfdegeslagverhoudings wat op 9 Oktober 2015 in die Algemene Sinode van die NG Kerk geneem is, verder:


Homoseksuele predikante: ’n Regs- en morele dilemma

 

Helena van Coller
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

Homoseksualiteit en sewe klassieke Bybelse tekste: Antigay of misverstaan?

 

Ernest van Eck, Ralph Barnard
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)


 

LulaniCharleneDie begin van ʼn ruimer gesprek

Sedert die profetiese waterskeidingsbesluit wat die algemene sinode van die NG Kerk in Oktober geneem het rakende selfdegeslagverhoudings, klink daar geluide van  skok en verbasing vanuit verskillende oorde op.

Dieselfde kerk wat apartheid vanuit die Bybel gefundeer het, slaag nou daarin om ruim en kreatief genoeg met die antieke teks om te gaan sodat dit vandag weer opnuut lewe spreek aan hulle wat meestal “onder” of “buite” staan.

Virginia Mollenkott[1] verwys na hierdie posisies in verhouding tot dit wat die “Bybel sê” as sy nadink oor die posisie van veral lesbiese vroue tot die “dominante leringe” van die Skrif. As sy nadink oor haar eie verhouding tot die Bybel (as ʼn lesbiese gelowige vrou), meen sy dat dit belangrik is om dit te doen in ag genome die dominante kultuurnarratief van die dag, naamlik patriargale heteronormatiwiteit. Sy beskryf haar ervaring in die kerk in terme van ʼn bepaalde geplaastheid.

Sy meen dat sy nog altyd “onder” was en besin dan oor die posisie veral in verhouding tot mans wat deur patriargale strukture outomaties bevorder word tot heer en hoof. In dié verband is dit dalk vanuit die staanspoor belangrik om die patriargale aard van die Bybelteks te erken. Die Bybel is ʼn boek geskryf deur meestal mans, vir mans, om ʼn manlike dominante samelewing te reguleer.

Vroue wat met die teks omgaan, het dus reg vanuit die staanspoor ʼn bepaalde keuse om te maak.

Jacqueline Lapsley[2] meen in dié verband dat vroue een van drie basiese opsies het. Eerstens kan hulle kies om bloot onderdanig alles te aanvaar wat in die teks staan en sodoende nooit die lewegewende dimensies van die Woord smaak nie.

Tweedens kan gekies word om die Bybel vaarwel  toe te roep en om te verklaar, soos meniges doen, dat die Bybel geen meer waarde het vir ʼn postmoderne samelewing nie en dienooreenkomstig geen nuwe lig kan werp op ons eietydse kontekstuele bekommernisse of probleme nie.

Lapsley meen dat nie een van die bogenoemde strategieë waarlik die hartklop van God vertaal vir moderne lesers vanuit die Skrif nie en sy pleit derhalwe in haar benadering vir ʼn andersoortige ingesteldheid. Sy roep gelowiges op om verby dit wat die teks uitskree (ʼn dominante patriargale diskoers) te luister na die lewegewende alternatiewe stemme wat ons soms in die teks hoor fluister.

Sy draai haar oor dan juis na die teks om te luister na die verhale van vroue, omdat sy meen dat ons daar iets van ʼn ander etiese werklikheid gefluister hoor. Hierdie ander werklikheid wat sy raak hoor, getuig van ʼn etiek van omgee, radikale inklusiwiteit, herstellende geregtigheid en grensoorstekende gasvryheid.

Mollenkott verwys egter nie net na haar posisie aan die “onderkant” nie, maar veral ook na haar posisie aan die “buitekant” van die geloofsgemeenskap. Sy verwoord iets van ʼn redelik algemene persepsie dat seksualiteit en spiritualiteit, veral as dit kom by gay mense, nie met mekaar versoen kan word nie en dat dit daarom per implikasie onmoontlik is vir ʼn gay mens om ook gelowig te wees. Agter hierdie persepsie sit natuurlik die heteronormatiewe kultuurbeskouing wat bepaal dat liefde en die seksuele uitdrukking van liefde slegs en uitsluitlik in heteroseksuele verhoudings tuishoort.

Tydens die pas afgelope vergadering van die algemene sinode het die NG Kerk ʼn profetiese besluit geneem wat hierdie “onder”- en “buite”-posisie van gay gelowiges in die geloofsgemeenskap, soos beskryf deur Mollenkott, kom ontvorm het deur op merkwaardige wyse erkenning te gee aan die menswaardigheid van gay mense en die status van gayverbintenisse.

Dit was ʼn merkwaardige ondervinding om woordeloos te kon deel hê aan die besluitnemingsproses by die algemene sinode in ons hoedanigheid as besoekers by die vergadering. Ons het geen spreekbeurt gehad nie, maar het eerder woordeloos gepoog om dit waaroor gepraat word, kollektief te beliggaam. Hoewel geen “namens praat” ooit die plek kan inneem van woorde gebore uit deurleefde ervaring nie, was dit tog merkwaardig om te hoor en te beleef hoe vriende, kollegas, bondgenote en leiers in die kerk as’t ware in die sentrum gaan staan en plek opneem namens hulle wat op die rand staan, hulle wat stilgemaak is.

Teen die verwagting in, veral in ag genome hoe lank die stryd om aanvaarding al vir sommiges is en die diepte van die pyn van verwerping wat in die proses beleef is, was die oomblik toe die uitslag van die stemming bekend gemaak word, nie vir ons ʼn triomfantlike oomblik van oorwinning nie. Dit het nie gevoel of ʼn geweldige oorwinning nou behaal is en of die “vyand” nou uitoorlê is nie; dit was eerder ʼn heilige stil oomblik van dankbaarheid. ʼn Diep besef dat ʼn reuse-tree nou gegee is, dat ʼn profetiese stem nou opklink en dat die moontlikheid nou bestaan vir versoening, vir insluiting, vir die viering van die menswaardigheid van almal.

Dalk was die nugterheid van die oomblik gesetel in die aanvanklike 88 teenstemme en die deurleefde wete dat daardie stemme ʼn menigte lidmate, kerkrade, gemeentes en gemeenskappe verteenwoordig. Mense wat eerlik voor die Here soek na antwoorde en wat swaar kry daarmee om die dominante, dikwels perverse, idees oor gay mense te versoen met die gay mense in hulle gemeenskappe vir wie hulle lief is en vir wie hulle selfs aanvaar en deel maak van hulle.

Dat dit mense is wat graag hulle lewe wil inrig soos die Woord van die Here bepaal en nou sukkel om sin te maak daarvan dat sommige leraars en akademici meen dat dit wat in daardie uitgesoekte tekste staan, nie so duidelik is soos wat dikwels van die kansel af gepredik word of wat in wandelganggesprekke as vanselfsprekend aanvaar word nie.

Die 88 teenstemme is nie bloot ʼn gesiglose massa van teenkanting nie, dit is ons mense, ons ken hulle name, ons leef saam en ons is saam onderweg. Eerder as om nou weer in “verligte” en “verkrampte” kampe ingejaag te word, is dit belangrik dat ons nou ruimtes skep waar ons waarlik na mekaar kan luister, waar ons diep mekaar se ervarings kan raak hoor en waar ons weer opnuut kan luister na die Gees van God as die Woord van die Here lewe spreek.

Die profetiese lewegewende besluit van die algemene sinode maak nou vir eens ʼn ruimer gesprek moontlik. ʼn Gesprek wat nie begin vanuit die veroordeling van mense wat dikwels “onder” en “buite” staan nie, maar wat ontspring vanuit die erkenning van dié in God gesetelde menswaardigheid van alle mense ondanks ras, taal, geslag, seksuele oriëntasie, sosio-ekonomiese status of kultuuragtergrond.

Ons het nou opnuut die geleentheid om saam te dink oor wat dit beteken as ons sê dat ons glo in die onfeilbare Woord van God. Kan dit wees dat dit nie gaan oor die letter nie, maar oor die lewegewende potensiaal wat ontspring as mense vanuit verskillende plekke saam nadink oor wat God se wil vir ons weerlose wêreld is?

Ons het die geleentheid om weer diep te besin oor die rykdom van ons tradisie as Gereformeerdes en oor die uitdaging wat dit inhou om telkens weer terug te kom na die hart waaroor dit gaan, naamlik ons navolging van Jesus en die uitdrukking van grensoorstekende liefde.

Ons het weer ʼn geleentheid om te poog om die gaping wat tussen wetenskap/rede en geloof bestaan, te probeer kleiner maak deur oop te wees om na mekaar te luister as ons gesprekke vanuit verskillende kaders betree. Maar dalk het ons ten diepste nou die tyd en geleentheid om ons gesprekke ruimer te maak en om nie langer óór mekaar te praat nie, maar om rustig – verkieslik om ʼn tafel as ons ʼn bietjie meer tyd het – mét mekaar te praat.

Die tyd het aangebreek om in die ontmaskerde “vyand” die medereisiger te ontmoet, die medemens, die een wat, net soos ek, verlang na ʼn tuiskoms, ʼn gemeenskap, ʼn plekkie in die son. Mag ons dit in hierdie dae regkry om nie langer óór mekaar te praat nie, maar om die “ander” in te nooi en met mekaar ʼn nuwe gesprek te begin.

 

[1] Mollenkott, Virginia R. 2000. Reading the Bible from Low and Outside. Lesbitransgay People as God’s Tricksters. In Gross, RE en M West (2000), Take Back the Word. A queer reading of the Bible. Cleveland, Ohio: The Pilgrim Press.

[2] Lapsley, Jacqueline E. 2005. Whispering the Word. Hearing women’s stories in the Old Testament.  Louisville: Westminster John Knox Press.

 

Hierdie LitNet Akademies-webseminaar sluit ook in:

God se Woord verander nie. Of hoe?

Ralph Barnard
Seminare en essays 

Geestelike geletterdheid en die sekspolisie

 

Louis van der Riet
Seminare en essays 

Daar is 'n olifant in die kerk

 

Jean Oosthuizen
Seminare en essays 

Sinode se gay-besluit: keuse vir verantwoordelike gebruik van die Bybel

 

André Bartlett
Seminare en essays 

 

The post Die begin van 'n ruimer gesprek appeared first on LitNet.


Writer of the Week: A decade of Lauren Beukes

$
0
0

laurenbeukes_litnetquote

 

litnetenglish240
In celebration of our writer of the week, LitNet spotlights interviews, short stories and book reviews by one of South Africa's greatest exports: Lauren Beukes. Her voice has been shining in the digital firmament for a lot longer than you may think.

 


lauren_beukes_sundaytimes240 Sunday Times and Alan Paton Awards 2014: The Shining Girls

Lauren Beukes, Naomi Meyer
Q&A 

2014-05-28

lauren_beukes_zoocity240 Dystopia in Science Fiction

Lauren Beukes, Elzette Steenkamp
Q&A 

2013-05-15

laurenbeukes_clarke240 Lauren Beukes on winning the British Arthur C Clarke Award and the SF tag

Fred de Vries

Interview  

2011-06-08 

laurenbeukes_cslewis240 What made you fall in love with books?

Lauren Beukes
Big Book Chain Chat 

2011-04-20

lauren_beukes_noman240 Ja, No, Man: Darkly witty memoir with a conscience

Lauren Beukes
Book Review 

2008-01-25 

laurenbeukes_maverick240 Writing Maverick: Extraordinary Women from South Africa's History

Lauren Beukes
Book Bazaar 

2005-11-22

laurenbeukes_pop240 Loveletter 2004-11-05
the edge 2004-11-22

Lauren Beukes
NetFiction 

laurenbeukes_youngvoices240 My Place: "The Accident of Home"

Lauren Beukes
Young Voices Writers' Conference

2004-10-19


 

LitNet Akademies: ’n Alledaagse andersheid – ’n Ondersoek na Lauren Beukes se Zoo City as voorbeeld van heterotopiese literatuur

 

The post Writer of the Week: A decade of Lauren Beukes appeared first on LitNet.

kykNET se Op die Spel

$
0
0

Op die Spel

Op die stel van Op die Spel

Marike van der Watt
kykNET Portaal 

Spelling is nie kinderspeletjies nie

Gerhard van Huyssteen, Naomi Meyer
kykNET Portaal


 

Middag! 

Op die program Op die Spel van 1 September 2015 het Estie gewen.

In die laaste bonusronde het sy die letter "Q" gekies.  Die word was "qoeramrolle /quramrolle".  (Nie seker oor die spelling nie.)

Kan julle asseblief laat weet wat die regte spelling is en wat is die betekenis van die woord?

Google kan ongelukkig nie help nie. Baie dankie.

Groete

Denise Coetzee

The post kykNET se Op die Spel appeared first on LitNet.

Melkweg en sy familie spiraal-sterrestelsels

$
0
0

pandabEdwin Hubble (1889 — 1953) het bewys dat baie voorwerpe in die ruimte wat as nebulas binne die Melkweg aangesien was, in werklikheid sterrestelsels ver buite die grense van die Melkweg is en dat die Melkweg nie uniek en alleen is nie.

Dit is heeltemal onmoontlik om die aantal sterrestelsels in die heelal te bepaal aangesien daar met selfs die heel kragtigste teleskope slegs ’n deel van die heelal waargeneem kan word. Sterrestelsels word volgens drie groepe geklassifiseer nl Eliptiese sterrestelsels vanaf E0 tot E7; Spiraal-sterrestelsels wat gegradeer word van Sa tot Sc en Staafspirale wat gegradeer word van SBa tot SBc. Sterrestelsels kom gewoonlik in groepe voor.

Die Melkweg is ’n spiraal-sterrestelsel en behoort aan die groep wat bekend staan as die Plaaslike Groep (‘Local Group’) en wat ongeveer 30 tot 50  sterrestelsels insluit  met Andromeda en die Melkweg en die ietwat kleiner Triangulum wat die groep domineer. Sommige van die sterrestelsels in die heelal staan bekend as klein dwerg-sterrestelsels. Die NASA-foto bekend as as HUDF (Hubble Ultra Deep Field), waar daar volgens ’n berekende skatting ongeveer 10 000 sterrestelsels voorkom, op afstande tot so ver as 13 000 miljoen ligjare kan gesien word by: HUDF . Die foto dek ’n area van van die hemelruim van 1 mm² (’n ryskorrel) wat op ’n afstand van armlengte gehou word. Die totale aantal sterrestelsels in die hemelruim — tot so ver as 13 000 miljoen ligjare —  is volgens ’n berekende skatting 1.3 x 1011. Syfers van sodanige omvang val ongelukkig buite die begripsvermoë van gewone mense soos ek.

Ek het derhalwe ’n tabel opgestel van sg naaste spiraal-sterrestelsels en enkeles daarvan op ’n spiraal-getallyn wat ek gepraktiseer het gereflekteer. Alhoewel ek  so half en half voorbereid op die uitkoms was, was die resultaat tog interessant.

Daar is  nog duisende sterrestelsels wat nie in die tabel of die getallyn weerspieël word nie, bloot omdat dit prakties onmoontlik is of omdat daar nog nie betroubare data oor hulle bestaan nie —  veral die wat vêrder as 240 miljoen ligjare geleë is. Die naaste spiraal-sterrestelsel aan die Melkweg is Andromeda wat ± 2,5 miljoen ligjare afgeleë is. (Op my getallyn raak die Melkweg en Andromeda aan mekaar). 

Die Melkweg se deursnee is ongeveer 100 000 ligjare en die sonnestelsel is naastenby 30 000 ligjare van die middelpunt en 20 000 ligjare van die kant van die Melkweg af geleë. As die beweerde kruisiging van Christus 2 000 jaar gelede uitgesaai sou kon wees, sou die berig teen die spoed van lig tans nog maar 1/10de van die afstand na die kant van die Melkweg afgelê het en slegs  0.16% van die totale area van die Melkweg sou dit al oor hulle radio’s kon hoor.

In die tabel dui ek die skakels vir elkeen van die spirale aan wat foto’s en ander interessante besonderhede bevat. Dié wat belangstel kan gerus die skakels aktiveer, veral dié teenoor die gemerkte nommers.

Groete en lekker sterre kyk op die internet.

Panda

1 Milky Way 0 68 M91 63 82 NGC 1090 124
2  Andromeda 2.54 69 NGC 5005 65 83 ESO 510-G13 150
3  Triangulum 3.07 70 NGC 3982 68.1 84 NGC 5091 150
4 NGC 3109 4.3 71 NGC 1300 70 85 NGC 6745 206
5 NGC 300 6.07 72 NGC 7742 72.4 86 NGC 1 211
6 NGC 2403 8 73 NGC 1087 80 87 IC 4970 212
7 Maffei 2 9.8 74 IC 2163 81 88 NGC 47 236
8 IC 342 10 75 NGC 4027 83 89 NGC 7752 272
9 NGC 247 10.7 76 M109 83.5 90 NGC 5257 300
10 NGC 253, 11.1 77 NGC 5078 94 91 NGC 7318 300
11 NGC 1512 11.4 78 NGC 514 95.5 92 NGC 2 316
12 NGC 2976 11.6 79 NGC 3370 98 93 NGC 4911 320
13 NGC 4945 11.6 80 NGC 7479 105 94 Comet Galaxy 3200
14 Pinwheel 14.1 81 NGC 3314 117 95 OHDFS 27 6000
15  Black Eye 22
16 NGC 2683 22.5
21 NGC 3521 23

Afstand in miljoen ligjare van die


22 NGC 891 23
23 NGC 3486 23.7
24 NGC 1637 24
25 M95 24
26 NGC 2903 25
27 NGC 4631 26.2
28 M74 30
29  Sombrero 30
30 M96 31
31 NGC 6744 31
32 M65 35
33 NGC 3628 35
34 M66 36
35 Sunflower 37
36 NGC 2997 39.8
37 NGC 3184 39.8
38 NGC 4314 40
39 NGC 4725 40
40 NGC 7331 40
41 NGC 2541 41
42 NGC 3310 42
43 NGC 4565 42.7
44 M98 44
45 NGC 1097 45
46 NGC 2841 46
47 NGC 4725 46
48 M88 47
49 M77 47
50 NGC 1532 50
51 NGC 2442 50
52 NGC 3079 50
53 NGC 7217 50
54 NGC 3877 50.5
55 NGC 1055 52
56 M61 52.5
57 NGC 4216 55
58 M100 55
59 M99 56
60 NGC 1365 56.2
61 M90 58.7
62 NGC 4013 60.6
63 NGC 1232 61
66 M58 62
67 NGC 4414 62.3

The post Melkweg en sy familie spiraal-sterrestelsels appeared first on LitNet.

Fotoblad: Swellendam verwelkom die rooskoningin

$
0
0

rose1

Dit is min dat ’n mens op reuk die lokaal van ’n boekbekendstelling kan kry, maar dit het inderdaad Dinsdagmiddag 27 Oktober 2015 gebeur. Die bekendstelling was digby die bekende Drostdy in Swellendam, maar ek wis nie presies waar nie.

rose2

Toe ek naby kom, toe weet ek. My neus het my gelei. Swellendam is ’n beeldskone dorp, een waarby ons heeltemal te maklik gewoon verbyry op die N2.

rose3

Die mense is vriendelik en die dorp is ’n lus vir die oog. Wat meer is, die mense gee om. Toe die plaaslike leeskring hoor Nan gaan ’n boek skryf, wou hulle opsluit vir haar nooi om te kom praat. Daardie belofte is gestand gedoen en op 27 Oktober was die saaltjie langs die museum behoorlik gepak. Die leeskring het ontsettend baie moeite gedoen en verskeie lede van die ATKV-tak op Swellendam het ook opgedaag.

rose4

Nan se uitgewer, LAPA, het bygedra tot die koste van die verversings, maar die leeskringlede het dit uiteindelik alles self voorberei. Leopard’s Leap het oudergewoonte die wyn geborg.

rose5

Nan Steyn se boek, Rose – die Suid-Afrikaanse groeigids vir al vier seisoene, is meer as ’n gids om rose te kweek. Dit kyk na alle aspekte van hoe ’n roos groei. Elke afdeling van roosverbouing word volledig bespreek, met maklike, praktiese raad en wenke. Daar word ook op die moontlike slaggate gewys.

rose6

Die natuur is vir Nan baie belangrik en daarom help die boek ’n tuinier om omgewingsvriendelik te wees.

rose7

Om dus te beweer dat Nan passievol is oor rose, sou ’n totale understatement wees.

rose8

Dit sou dan ook die rede wees waarom die hele saal vol rose was.

rose9

Bessie Bester was die gasvrou vir die aand en het ook aan Nan die vrae gestel.

rose10

Franci Swart, ’n veearts, was verantwoordelik vir die ongelooflik mooi foto’s wat in die boek opgeneem is. Sy het ook die aand se verrigtinge bygewoon.

rose11

Nan se man, Piet, help graag in die tuin, maar hy bly op die agtergrond. By die boekbekendstelling het hy dit sy taak gemaak om die gaste se glasies vol Leopard’s Leap te hou.

rose12

Dit was ’n besonderse geleentheid om ’n besonderse boek te vier.

rose13

Die boek is ook in Engels beskikbaar, as Roses – the seasonal guide to growing roses in South Africa, ook deur LAPA Uitgewers uitgegee.

rose14

Nan Steyn is ’n lid van die Wes-Kaapse Roosvereniging en daarmee ook ’n lid van die Suid-Afrikaanse Roosvereniging (ROSA). Sy was in die verlede ook ’n lid van die American Rose Society (ARS).


Teks en foto’s: Izak de Vries

The post Fotoblad: Swellendam verwelkom die rooskoningin appeared first on LitNet.

'n Onderhoud oor elke skrywer se droom: die Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs

$
0
0

_MG_0785

Steward van Wyk (foto: Naomi Bruwer)

Die Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs beloop vanjaar R380 000. Hier is nog besonderhede omtrent dié skrywersbeurs.

Steward van Wyk vertel vir Naomi Meyer wat skrywers moet doen wat hiervoor in aanmerking wil kom.

Hallo Steward, aansoeke vir vanjaar se Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs word ingewag. Hierdie beurs word toegeken aan ’n skrywer wat ’n jaar lank kans gaan kry om net te skryf – of is dit nie so eenvoudig nie? Vertel asb in jou eie woorde hoe jy die beurs sien.

Die testament bepaal dat die beurs ’n skrywer in staat moet stel om ’n jaar lank aan ’n skryfprojek te wy sonder die kommer om ’n inkomste te genereer. Ons hoop dat dit wel moontlik is met hierdie aansienlike bedrag van R 380 000, gegewe die hoë lewenskoste. Nietemin wil ons ’n aanduiding kry dat die ontvanger ’n tyd lank voltyds aan die skryfprojek sal werk.

Afrikaans is ’n taal met baie sprekers en baie dialekte. Dié is ’n groot beurs. Hoe maak mens seker die skrywer wat die beurs ontvang, gaan Afrikaans in die breë gemeenskap uitdra met die voorgenome roman?

Net eers ’n regstelling – alhoewel die weninskrywings tot dusver almal tot ’n roman gelei het of ’n roman in die vooruitsig stel, word die projek nie beperk tot slegs romans nie. Dit is oop vir enige genre wat breedweg as ’n kreatiewe skryfprojek geklassifiseer kan word, soos wat die testament uitstippel.

Die weninskrywings tot dusver het ’n idee gegee van die besonder vernuwende impak wat dit op die Afrikaanse letterkunde kan hê en die romans van André P. Brink en Willem Anker het presies dit gedoen. Albei romans het aspekte van ons geskiedenis ontgin en ’n versuimende perspektief daargestel, bykomend tot die aanwending van vernuwende literêre procédés. Dit is ook die idee wat ons gekry het uit die aansoek van Fanie Naudé, die laaste ontvanger van die beurs. Ek is oortuig dat die weninskrywings Afrikaans op ’n besondere manier verruim en deursypel na die breë Afrikaanse gemeenskap.

Kan slegs skrywers van romans (fiksie) in aanmerking kom vir die beurs? Wat van die digkuns, of wat van dramas?

Ja seker, maar streng gesproke nie biografieë, essays, memoires, ensovoorts nie. Ek glo egter dat die beurskomitee oop sal wees vir grensoorskrydende werk.

Hierdie beurs is in die verlede toegeken aan André P Brink en aan Willem Anker. Hulle boeke is wyd geloof. Maar hoe weet mens dat die projek waaraan die skrywer gaan werk, gaan slaag – of moet die skrywer aan die hand van sy tydsuiteensetting die bestuur van die beurs op hoogte hou van sy (of haar) vordering?

Die projekomskrywing en werkplan moet reeds voldoende aanduiding gee dat die projek haalbaar is en suksesvol afgehandel kan word. Die beurs word in twee paaiemente uitbetaal. Ná die bekendmaking van die wenner ontmoet die bestuurskomitee die persoon en reeds op daardie stadium moet daar ’n aanduiding gegee word hoe die projek sal ontvou. Voordat die tweede uitbetaling gedoen word, moet ’n vorderingsverslag ingedien word en volg ’n tweede ontmoeting met die bestuurskomitee.

Elke skrywer in hierdie land sou sekerlik hierdie beurs wou ontvang, juis omdat die meeste skrywers kreatief moet wees in afskeeptyd en na-ure. Sou mens kon aflei dat die borge van hierdie beurs begrip hiervoor gehad het? Of het dit vir hulle meer gehandel om skrywers wat nooit enige geleentheid gekry het nie, dalk weens sosio-ekonomiese omstandighede in die algemeen, ’n kans te gee om kuns te skep?

Hiervoor moet mens Marjorie Wallace loof dat sy die visie gehad het om haar boedel aan die Universiteit van Wes-Kaapland te bemaak met die bepaling dat dit aangewend word vir ’n skrywersbeurs. Dit spruit waarskynlik uit haar en Jan Rabie se omstandighede waarin hulle dikwels basiese dinge moes ontbeer om aan ’n skryf- of kunsprojek te werk en hul kreatiwiteit tot uiting te laat kom.

Die testament maak geen melding van skrywers uit bepaalde sosio-ekonomiese omstandighede nie. Hieromtrent het ons die mening van ’n senior advokaat ingewin wat dit eens was dat die meriete van die aansoek die enigste oorweging moet wees.

Die beursgeld is nou R380 000 – is dit nie aansienlik meer as die vorige beurs nie en waarom is dit so?

Danksy die universiteit se fondsbestuurders is die opbrengs van die boedel so goed belê dat die belegging verseker is en die rente-opbrengs in hierdie swak ekonomiese tye nie verswak nie. Ons wil hê dat die beursbedrag tred hou met inflasie en dat die waarde van die 2016-beurs gelyk is aan dié van 2010.

Met beursgeld van hierdie grootte wonder mens vir hoeveel jare hierdie beurs toegeken sou kon word. Sou mens daaroor kon bespiegel, of eerder nie? (Anders gestel: as ’n skrywer dit nie hierdie slag ontvang nie, is daar hoop in die toekoms?)

Elke ronde is ’n nuwe ronde, en alhoewel daar groot kompetisie is, glo ek dat skrywers sal aanhou aansoek doen.

Waarna kyk julle spesifiek as ’n aansoek oorweeg word: kyk julle na die persoon se agtergrond, of kyk julle na die idee en konsep? Kyk julle na die taal, of kyk julle na die plot?

Soos genoem, kyk ons na die projekomskrywing en die werkplan, want ons wil weet of die projek haalbaar is, suksesvol afgehandel kan word en uiteindelik tot ’n publikasie sal lei. Ons wil ’n idee kry van die bewese skryfvermoë van die aansoeker, maar die agtergrond en aansien van die aansoeker is nie ’n faktor nie.

’n Storie begin dikwels met ’n idee – maar dan kan ’n karakter die ding heeltemal in ’n ander rigting stuur. Hou julle ’n skrywer aandadig aan die oorspronklike idee van die voorlegging? Hoeveel ruimte het hy om te verander aan sy voorlegging soos wat die storie vorm aanneem?

Daar is genoeg ruimte vir die kreatiewe gees om haar loop te neem. Willem Anker se boek het byvoorbeeld ’n ander titel gehad en dit was nogal interessant om te sien hoe die kwessies waarmee hy in sy voorlegging geworstel het, uiteindelik uitgespeel het in Buys: ’n grensroman.

Prakties: as ’n skrywer nou iets wil voorlê, wat het julle presies nodig en wanneer?

Ons vra vir ’n motiverende dekbrief, projekomskrywing, werkplan, CV asook voorbeelde van skryfwerk. In die verlede het mense ook ’n motivering van hul uitgewer voorgelê. Meer besonderhede is in die inligtingstuk wat aangevra kan word van me Dawn Siebritz by telefoonnommer 021 959 2112, of deur ’n e-pos te stuur na rabiewallacebeurs@gmail.com Die sluitingsdatum is 23 November 2015 en ons sal die wenner ná 11 Desember 2015 aankondig.

 

The post 'n Onderhoud oor elke skrywer se droom: die Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs appeared first on LitNet.

Was Ingrid Jonker ’n slagoffer van die rooi skoene?

$
0
0
In hierdie akademiese artikel word die belang van mites vir mense uitgewys. Die essay hieronder handel ook oor 'n mite en die mens Ingrid Jonker.

 

1. Inleiding

Ingrid Jonker se lewe, en veral haar dood, oorskadu soms haar werk en kom telkens in die kollig in Suid-Afrika en in Nederland. As die belangrikheid van ’n digter aan die hand van haar invloed gepeil word, neem sy dalk ’n meer prominente plek in die Afrikaanse poësie in as wat haar oeuvre regverdig. Dit is nie soseer die onderwerpe waaroor sy skryf wat mense aangryp nie, maar eerder ingridjonker_rooi2die sensitiewe snare wat sy by mense aanraak en die allure van haar flankering met die dood. Die mitiese proporsies van haar lewe en dood gryp hoorders en lesers altyd aan: die kwesbare, sensitiewe “kindvrou” wat in haar onvermoë om sin te maak van die pretensies en dubbele standaarde van die samelewing, haar rug op die lewe draai en die see instap om ’n amper lewenslange afspraak met die dood na te kom.

’n Moontlike verklaring vir die feit dat verhale soos Jonker s’n lesers en toehoorders eindeloos fassineer, kan te vinde wees in verklarings soos dié van Van der Merwe en Viljoen (1998:177) dat die leser sy persoonlike begeertes deur fantasieë op die werk projekteer en deur transformasie word die individuele lesing tot algemeen aanvaarde temas omvorm. Alcorn en Bracher (1985:345) meen dat deurdat lesers traumatiese en ontstellende situasies in ’n onbedreigende konteks beleef, hulle gedesensiteer word en sodoende sterker teen die vrees uit die leeservaring kom. Hulle noem as voorbeeld Wordsworth se waarneming dat lees hom op ’n romantiese wyse vertroud gemaak het met die dood en daarom was dit vir hom nie so vreesaanjaend om as seun te sien hoe ’n lyk uit ’n rivier gehaal word nie. Hulle sê: “As Wordsworth’s experience indicates, a treacherous terrain is much less difficult to negotiate if one’s cognitive map has prepared one for the region’s existence and topography.”

As dit so is, kan die eie dood vir lesers minder bedreigend word wanneer hulle Ingrid Jonker se skynbaar vreeslose obsessie met die dood vanuit die veiligheid van ’n leunstoel beleef.

Jonker is finaal tot ikoon verhef toe ’n ander ikoon, Nelson Mandela, haar gedig in die parlement voorgelees het. Die gedig “Die kind” vertel van 'n enkele slagoffer van politieke geweld wat tot 'n universele simbool groei en oor alle geografiese grense heen uitstyg om geregtigheid vir sy lotgenote dwarsoor die wêreld op te eis. As polities korrekte rolmodel uit eie geledere het oud en jonk uit die Afrikanerdom Ingrid Jonker aangegryp om hul kollektiewe skuld vir apartheid te help delg om só legitimiteit in die nuwe politieke bedeling te verkry. Daarna het sy het 'n nuwe vlaag films en literêre werk geïnspireer wat tekenend was van 'n volk se soeke na 'n nuwe identiteit.

Dit is vanjaar 50 jaar sedert Jonker se selfdood en dus is dit gepas om weer, maar nou uit ’n nuwe intertekstuele, eksperimentele invalshoek, na haar biografiese gegewens te kyk. Bedag op die gevaar van simplistiese verklarings vir haar lewenskeuses, wat, soos by enige persoon, ingebed is in die kompleksiteit van persoonlikheid, oorerwing, omgewing, invloede en ervarings, word haar lewensverhaal in hierdie artikel in die lig van twee subtekste beskou, naamlik die oeroue sprokie van die rooi skoene en die konsep van ’n lewensdraaiboek wat ontleen word aan die sielkundige teorie bekend as transaksie-analise.

Biografie as genre neem 'n belangrike plek in kontemporêre vroueskryfwerk in om vroue se ervaring in die patriargie te dokumenteer. As daar uit ’n feministiese oogpunt na Jonker se lewe gekyk word, impliseer dit nie dat feministiese kenmerke in haar digkuns gesoek word nie, maar dat ’n biografie oor haar feministiese kenmerke toon. Die intuïtiewe aard van die feministiese biografie pas by ’n intertekstuele en interdissiplinêre werkwyse en maak nie op absolute en alleengeldigheid aanspraak nie, aangesien so ’n benadering van die standpunt uitgaan dat soveel biografieë oor ’n persoon geskryf kan word as wat daar biograwe is wat die werk met deeglikheid en eerlikheid aanpak. Elke sodanige weergawe het dus bestaansreg. As “legende” stel Jonker besondere eise aan 'n biograaf, omdat daar enersyds baie gerugte oor haar was en andersyds nooit genoeg inligting vir 'n “Jonkerhonger” publiek nie.

2. Problematiese aard van die biografie

ingridjonker_rooi3Die poëtika van biografie word deur baie teoretici as problematies beskou vanweë die tweeledige aard daarvan. Hierdie interdissiplinêre genre word deur die veteraan Britse biograaf Richard Holmes (1995:20) beskryf as “Invention marrying Truth. The fluid, imaginative powers of recreation pull against the hard body of discoverable fact. The inventive, shaping instinct of the storyteller struggles with the ideal of a permanent, historical and objective document.”

Teoreties is 'n oneindige getal weergawes van 'n lewe moontlik, omdat elke biograaf die “feite” anders hanteer en daar dus geen absolute gevolgtrekkings oor iemand se lewe gemaak kan word nie. Skrywers het nie beheer oor hoe hul werk ontvang word nie en daarom is lesers vry om hul eie interpretasies daarvan te maak. Só gesien is dit dus nie baie sinvol om die skrywer wat die toetse druk of die pen vashou, te leer ken nie, omdat die teks selfstandig is. Die paradoks is egter dat die biografie baie gewild bly, veral in die geval van kunstenaars soos Ingrid Jonker, wat selfondersoek by individue en selfs volke aanwakker.

In Jonker se geval was haar persoonlike dokumente wat aanvanklik ná haar dood in die Ingrid Jonker-Trust se besit was, in die 1980’s en 1990’s ontoeganklik vir die Suid-Afrikaanse publiek nadat die Nederlandse letterkundige Gerrit Komrij dit by Jonker se susterskind gekoop en landuit geneem het. Biograwe was dus aangewese op wat vriende en kennisse oor haar gesê het’ en natuurlik haar werk, want Jonker-deskundiges meen ‘n te direkte biografiese interpretasie van haar werk is skaars moontlik. Haar minnaar Jack Cope (1966:13) ondersteun die siening met sy stelling dat Jonker geen onderskeid tussen die lewe en haar poësie getref het nie.

Onder die invloed van die postmodernisme het feministiese biograwe die tekssoort al verder op 'n kontinuum gedwing weg van 'n vaste, konvensionele, liniêre vorm na 'n vloeibare sikliese uitbeelding van 'n bekende fokuspersoon (nie noodwendig ’n beroemde een nie). Gutiérrez (1992:49) sê met verwysing na Glendinning se beskrywing van biografie as “fiction under oath” dat biografieë oor vroue onder 'n dubbele eed geskryf behoort te word: 'n eed teenoor die gegewens en 'n eed teenoor die posisie van vroue in die geskiedenis.

Ingrid Jonker word dikwels in dieselfde asem genoem as ander vrouekunstenaars wat hulle eie lewens geneem het. Petra Müller (Metelerkamp 2003:223) beskryf Jonker en Sylvia Plath as kunstenaars met 'n leegheid in hulle wat met 'n doodsbesef verband hou. Hier is sprake van 'n argetipe wat sy só beskryf: “Dit is 'n oerpatroon: kreatiwiteit en die dood wat met mekaar in gesprek is. Dit is die aanvuring van 'n fatale allure vir mense.”

3. Subtekste

3.1 Transaksie-analise: Lewensdraaiboek

Die eerste subteks wat Jonker se lewensgeskiedenis kan belig, is Eric Berne se transaksie-analise-teorie, waarvan die tersaaklike deel vir hierdie studie die konsep van ’n lewensdraaiboek is.

James en Jongeward (1978:69) omskryf die begrip soos dit in Berne se teorie voorkom, soos volg: In die lewe van ‘n individu word die mylpale en die rolle wat hy/sy leer, repeteer en vertolk, vooruit bepaal deur ’n soort draaiboek (script) wat van kleins af bewustelik of onbewustelik deur ouers en opvoeders gesuggereer word. So 'n sielkundige draaiboek het, net soos 'n regte dramateks, 'n rolbesetting, bedrywe, tonele, temas en intriges wat na 'n hoogtepunt beweeg en eindig wanneer die gordyn oor die persoon se lewe sak. Die draaiboek is dus 'n soort program, volgens Berne, wat, tensy dit met insig en herinterpretasie verander word, 'n bepalende invloed op 'n persoon se lewensloop uitoefen. Dit weerspreek dus die Nederlandse gesegde dat daar vir die drama van die lewe geen program beskikbaar is nie.

ingridjonker_rooi11Volgens Berne se teorie voer individue hulle draaiboeke onbewustelik en kompulsief uit, soms vaagweg daarvan bewus, maar meestal sonder insig oor die dryfvere agter hulle keuses. Die sogenaamde draaiboekvorming (scripting) begin op 'n preverbale stadium wanneer die suigeling, asof met radar, boodskappe van versorgers ontvang in die vorm van aanraking, gesigsuitdrukkings en hoe hulle behandel of geïgnoreer word. Hierdie boodskappe is geneig om die sterkste krag in lewensdraaiboeke te bly, want dit beïnvloed die sielkundige posisies wat mense later inneem en die rolle wat hulle vertolk.

Catherine de Villiers, Ingrid Jonker se susterskind (Metelerkamp 2003:27), sien die ingesteldheid van die twee Jonkersusters ook in die lig van toegekende rolle as sy sê: “Ingrid was the treasure to be looked after. And my mother was the responsible one.” Van die Jonkervroue, wat haar en haar niggie Simone (Ingrid se dogter) insluit, sê Catherine: “The Jonker women were always poor, always moving and insecure in relationships” (Metelerkamp 2003:115).

Wat Anna Bairos (née Jonker) vir LM van der Merwe (2006:26), wat ’n PhD-verhandeling getiteld “Ingrid Jonker: ‘n Psigologiese analise” geskryf het, oor haar suster sê, sluit by die idee van ’n vooruitbepaalde draaiboek aan: “Ingrid het altyd rejection ervaar, daarom het sy ouer mans gesoek. Daar was by haar altyd die siklus van ewige vertroue, ewige wete, ewige verwerping.” Anna (Van der Merwe 2006:27) het ook van haar suster gesê dat sy altyd die beste verwag het, maar altyd teleurgestel is. Maar dit is waarskynlik eerder so dat Ingrid keer op keer die verraad uitgelok het wat in haar draaiboek ingeskryf was en wat sy eintlik dus onbewustelik bly uitlok het.

ingridjonker_rooi_boekvoorblad3.2 Subteks: Sprokie van die rooi skoene

Navorsers in verskillende dissiplines is lank reeds oortuig dat mites en stories nie “onskuldig” is nie, maar diepgewortelde singewende interpretasies vir die mens verteenwoordig. Die hoofsubteks waaraan die Jonkerverhaal in hierdie artikel gemeet word, is die volksverhaal waarin ’n verraderlike paar rooi dansskoene die hoofrol speel.

Die Europese sprokie van die rooi skoene is in 1845 deur die Deense skrywer Hans Christian Andersen op skrif gestel, maar het vele weergawes wat moes dien as ‘n waarskuwing vir kinders om nie ydele begeertes bo onselfsugtige gemeenskapsdiens te stel nie. Vir die Jungiaanse etnoloog Clarissa Pinkola Estés is die rooi skoene egter 'n allegorie van die prysgawe van die instinktiewe kreatiewe aard van die argetipiese natuurlike “wilde” vrou en die hoë sielkundige prys daaraan verbonde. Estés (1992:234) sien in haar boek Women who run with the wolves vrouekunstenaars soos Bessie Smith, Anne Sexton, Edith Piaf, Marilyn Monroe, Judy Garland en Janis Joplin in die rol van die weeskind in hierdie ou volksverhaal. Soos aangetoon, word sommige van hierdie bekende vrouekunstenaars wat selfmoord gepleeg het, in dieselfde konteks as Jonker genoem. Omdat daar ook ooreenkomste tussen Jonker se lewensdinamika en dié van Estés se vrouekunstenaars is, lewer dit interessante insigte op om die weeskind in die sprokie met Ingrid Jonker te vergelyk. Dit is derhalwe die vernaamste subteks wat in hierdie studie gebruik is.

ingridjonker_rooi_boekvoorblad2Estés (1992:216–19) se weergawe van die sprokie verloop so: Eendag was daar 'n arm weeskind wat op haarself aangewese was vir al haar lewensbehoeftes. Hoewel sy elke dag hard moet werk om aan die lewe te bly, is sy gelukkig in haar natuurlike, kreatiewe staat. Sy maak vir haarself ’n paar rooi skoentjies uit raap-en-skraap materiaal wat sy in die bos waar sy woon, optel en dit gee haar groot bevrediging.

Toe 'n ryk ou dame die weeskind vanuit ’n koets in die bos opmerk, kry sy haar jammer en besluit om haar aan te neem. Die ou vrou beveel haar koetsier om in die bos te stop en die meisie word sonder meer opgelaai en na die vrou se huis weggevoer. Sy gooi die meisie se vertoiingde klere, die selfgemaakte rooi skoene inkluis, in die vuur en gee vir haar duursame nuwe klere en dienlike swart skoene. Die meisie doen baie teësinnig van haar eie skoene afstand en ervaar 'n vreemde, leë gevoel toe die vlamme dit verteer.

Rooi is die kleur wat 'n meisie se vrouwording simboliseer. Maar dit verteenwoordig volgens Estés ook opoffering wat deel is van enige lewe wat die moeite werd is. Wanneer die opoffering egter nie vrugte afwerp nie (soos in die sprokie gebeur), word die verlies aan die selfgemaakte rooi skoene bloedverlies en is rooi nie meer ‘n simbool van polsende lewe en strewe nie. 'n Vrou se kreatiewe en passievolle natuur loop volgens Estés (1992:222) die gevaar om dood te bloei as sy dit nie as bron van haar geestelike groei en vreugde behou nie.

Later neem die ou vrou haar pleegkind om nuwe skoene vir haar kerkaanneming te koop. Die meisie, wat steeds treur oor die verlies aan haar selfgemaakte rooi skoene, kies teen die ou vrou se uitdruklike instruksies ‘n paar pragtige rooi winkelskoene wat soos blinkgevryfde granate gloei. Hoewel dit skandalig is om sulke skoene kerk toe te dra, het die meisie geen sin in enige ander paar nie. Omdat die ou vrou al byna blind is, kom sy nie agter dat die kreupel ou skoenmaker die meisie knipogend haar sin gee nie.

Die dorpenaars is diep geskok en selfs die ikone en beelde in die kerk staar afkeurend na die meisie se skokkende rooi skoene. Ná die diens lig die ander kerkgangers die ou vrou in dat haar pleegkind met die rooi skoene in die kerk was. Hoewel sy streng aangespreek word, trek die weeskind die volgende Sondag weer die skoene skelm aan om haar geestelike honger te stil. By die kerkdeur vra ‘n bebaarde ou soldaat met sy arm in ‘n verband of hy haar skoene mag afstof, waarna hy 'n deuntjie sing en op die sole tik. Dit laat die meisie se voete vreemd kriewel. “Onthou om te bly vir die dans,” sê die soldaat met 'n skelm knipoog.

In die kerk draai sy haar skoene van kant tot kant in bewondering. Dis vir haar so mooi dat sy niks van die diens hoor nie en skoon vergeet om te sing. Toe sy en haar pleegmoeder die kerk verlaat, roep die ou soldaat agterna: “Watter pragtige dansskoene!” Sy woorde laat die meisie 'n paar danspassies uitvoer, waarna die skoene met 'n wil van hulle eie van die kerkdeur af oor die veld begin dans. Die ou vrou se koetsier sit die kind agterna en raap haar op met skoppende bene wat nog in die lug danspassies uitvoer. Die vrou en die koetsier kry met groot moeite die skoene van die meisie se voete af en bring haar eindelik tot bedaring. Tuis bêre die ou vrou die skoene op 'n hoë rak en verbied haar pleegkind ten strengste om dit ooit weer aan te trek.

Die meisie probeer tevergeefs om van die skoene op die rak te vergeet, want vir haar is hulle die mooiste en begeerlikste goed op aarde.

Die ou vrou raak kort daarna bedlêend en die meisie swig voor die drang om die rooi skoene skelm van die rak af te haal. Sy redeneer dat dit tog nie skade kan doen om hulle net weer aan te pas nie. Die oomblik toe die rooi towerskoene weer aan haar voete is, oorval 'n onweerstaanbare drang haar om te begin dans. Uit die huis uit, uit die dorpie uit en tot in die bos dans die rooi skoene met haar, sonder dat sy enige mag oor hulle het. Teen ‘n boomstam leun die skelm ou soldaat met sy rooi baard en uniformbaadjie. Toe hy weer 'n opmerking oor “die pragtige dansskoene” maak, pak paniek haar beet. Sy hop op een been rond terwyl sy om die beurt probeer om die linker- en dan die regterskoen van haar voete af te kry, maar dit is tevergeefs. As sy links wil draai, dans die skoene na regs en as sy regs wil draai, dans die skoene moedswillig na links. Oor heuwels en deur valleie, in reën, sonskyn en sneeu, dag en nag hou sy aan met dans. Daar is geen rus vir haar nie.

Sy word toegang tot die kerkterrein geweier deur 'n gees wat haar verdoem tot nimmereindigende dans al sou net haar ingewande later oorbly. Die meisie smeek om genade, maar die skoene laat haar nie eers toe om klaar te praat nie. Hulle dans met haar verby die ou pleegmoeder se huis waar dié se lykwaak aan die gang is en verder tot by die plek in die woud waar die laksman woon. Sy byl begin tril aan die haak teen die muur toe die meisie nader kom. Sy smeek die laksman om haar skoene met voete en al van haar lyf af te kap, net sodat die dodedans kan stop. Toe die laksman aan haar versoek gehoor gee, verdwyn die skoene met voete en al dansend oor die bult, en die weeskind, nou ‘n arm kreupele, moet as ‘n dienskneg vir ander mense werk. Sy begeer nooit, ooit weer die mooi rooi skoene nie. In Andersen se weergawe van die verhaal word sy na deeglike boetedoening vergewe en met kunsvoete van hout weer tot die gemeenskap toegelaat.

Veral vrouekunstenaars volg volgens Estés soms blindelings hierdie patroon van selfvernietiging wat sy terugvoer na die beskadiging van die instinktiewe “wilde” self wat elke vrou se geboortereg is. Sy gee ‘n Jungiaanse uitleg van die sprokie aan die hand van haar oortuiging dat sprokies ’n rigtinggewende invloed op selfs die moderne mens se lewe uitoefen:

We contact the wildish Self through specific questions, and through examining fairy tales, folktales, legends, and myths. Most times we are able, over time, to find the guiding myth or fairy tale that contains all the instructions a woman needs for her current psychic development. These stories comprise a woman’s soul drama. It is like a play with stage instructions, characterization and props. (Estés 1992:15)

Hier is weer sprake van die lewe as ’n drama met ’n draaiboek, rolverdeling, rekwisiete en verhooginstruksies. Die setel van die instinktiewe kreatiwiteit, die “wildish woman”, se handewerk is ru en onafgewerk, maar met deursettingsvermoë en sonder inmenging kan sy dit tot groot persoonlike bevrediging verfyn tot die beste waartoe sy in staat is. Terwyl sy nog in die bos woon, is die meisie arm aan aardse middele, maar sy besit alles wat sy nodig het om tot geestelike rykdom te groei:

She was poor, but she was innovative; she was finding her way. The handmade shoes are marks of her rising out of a mean psychic existence into a passionate life of her own design. Her shoes represent an enormous and literal step toward integration of her resourceful feminine nature in day-to-day life. (Estés 1992:221)

ingridjonker_rooi9Die simboliek van skoene kom uit antieke tye toe dit 'n kragtige boodskap oor die sosiale stand van die draer uitgestuur het (Estés 1992:222). Skoene kan vandag nog ‘n statussimbool wees, en eeue gelede was dit die simbool van gesag: heersers het stewels gedra, slawe nie. Die sprokie is uit die koue noorde afkomstig, waar skoene noodsaaklik vir oorlewing was. Estés verduidelik dat skoene ’n argetipiese simbool van beskerming en verdediging van ’n mens se oortuigings is en daarom verteenwoordig dit ook die vermoë om daardie waardes uit te leef. Dit staan ook vir beweeglikheid en vryheid. Sonder haar geestelike skoene is ’n vrou nie in staat om haar innerlike of uiterlike grondgebied te verken, wat skerpsinnigheid, gesonde verstand, versigtigheid en taaiheid vereis, nie.

Estés staan by verskillende krisismomente in die verhaal stil wat sy as slaggate identifiseer. Die koets wat die weeskind uit haar natuurgerigte bestaan neem, is vir haar 'n argetipiese simbool van die liminale oorgangsposisie van een geestestoestand of stadium na ’n volgende. Die meisie se bestyging van die koets kan ’n heimlike begeerte na materiële rykdom en gemak beteken, maar ook die uitdrukking van 'n eenvoudige sielkundige behoefte om nie so hard te moet werk aan die kreatiewe lewe nie (Estés 1992:224). Die koets lui die doodsklok vir die instinktiewe kreatiwiteit en is gelyk aan 'n vergulde kou waarin 'n vrou gevange geneem kan word. Estés beklemtoon egter dat sy nie hiermee die primitiewe lewe as sodanig as verhewe bo die geriewe van die moderne samelewing stel nie, aangesien ’n vrou ook nie haar weg deur die lewe kan vind sonder ’n proses van sosialisering nie. Wanneer die inhiberende eienares van die vergulde koets die selfgemaakte skoene as uiting van die kind se kreatiewe gees verwerp, eerder as om dit na waarde te skat, kom 'n onnatuurlike stilte oor die weeskind. ’n Hartseer waaraan sy geen naam kan gee nie, neem van haar besit. Die pleegmoeder behoort as mentor vir haar aangenome kind op te tree, maar sy, sowel as die kerkgangers, verabsoluteer 'n enkele waarde, naamlik die behoeftes van die gemeenskap, as meerderwaardig bo dié van die individu. Die ou vrou met haar bekrompe en verstarde uitkyk kry 'n wurggreep op die meisie se psige.

Estés (1992:228) meen as ‘n vrou haar rug gedwonge of uit vrye wil op haar ware en hartstogtelike lewe draai en die figuurlike koets bestyg, vereenselwig sy haar met die persona en ambisie van die onbuigsame perfeksionis wat deur die ryk ou vrou verpersoonlik word. Daarna word die weeskind, soos alle gevange wesens,  oorweldig deur hartseer wat tot ‘n obsessiewe verlange en ‘n blywende rusteloosheid lei en loop sy die risiko om die eerste ding aan te gryp wat haar weer lewend laat voel.

4. Raakpunte tussen Ingrid Jonker en die weeskind in die verhaal

ingridjonker_rooi8’n Toepassing van die weeskind in die sprokie se lot op die lewe van Ingrid Jonker lewer vergelykbare momente op. Die eerste 11 jaar van Jonker se lewe was ’n ongebonde bestaan naby die natuur wat tot ’n skielike einde kom wanneer Abraham Jonker verskyn. Die Jonkersusters was gewoond aan ’n arm, landelike bestaan en moes dikwels rondtrek. Weens ’n gebrek aan aardse goed het hulle eenvoudig gelewe en was Anna en Ingrid op die natuurlike omgewing van see, veld en bos aangewese om hulle besig te hou. Ingrid se instinktiewe kreatiwiteit is vrye teuels gegee en selfs skoolbywoning is nie streng afgedwing nie. Sy laat haar skrywersvriend Uys Krige (1966:64) later dink aan die veldblommetjie – in die volksmond bekend as die kalkoentjie – wat sy dikwels as beeld van haar prille jeug gebruik:

Om haar ganse kinderdae vas te vat in 'n enkele beeld van twee woorde, “my kalkoentjies” – die pragtige bruinrooi blommetjie wat met die koms van ons Bolandse lente oral in die oop veld teëgekom word – is 'n wonderwerkie van frisheid, varsheid, ongereptheid, spontaneïteit.

Baie jare later sit Anna Bairos (née Jonker) as ’n 46-jarige vrou in haar kliphuurhuisie op Kampsbaai in Kaapstad en skryf haar herinneringe aan Ingrid se kinderdae neer. Reeds op vier, vyf jaar het Ingrid die ongekunstelde bo die gekunstelde verkies, vertel Anna aan Lucas van der Merwe (1978:66). Hoewel Ingrid van alle blomme gehou het en eenkeer aangekondig het dat haar naam voortaan Gousblom sou wees, het sy volgens haar suster minder sin in die gekultiveerde tuinblomme, behalwe rankrose, gehad. In Anna se vertellings van hul kinderdae kan dus ‘n parallel met die weeskind en haar selfgemaakte rooi skoene soos in Estés se interpretasie van die sprokie gevind word.

Die Jonkersusters het in hul onmiddellike natuurlike omgewing veel gevind om 'n ryke verbeelding aan te wakker. Hulle het veldvrugte soos brame en appelliefies gepluk, beseerde diertjies verpleeg, paddavisse gevang, wier en skulpe uit die see versamel en lang sorgvrye dae aan lees en hul eie geïmproviseerde speletjies bestee. Een hiervan het hulle “secrets” genoem (Van Wyk 1986:50). Optelgoed soos vere, krale, klippies, skulpe, stukkies blinkpapier of blomme is versamel en in ’n blikkie toegemaak wat hulle begrawe het en later weer opgediep het. Ingrid het soms besluit hare moes vir altyd begrawe bly, want, het sy gesê, “’n mens kan nie net vat nie, jy moet terugsit ook.” Anna vertel baie jare later dat Ingrid haarself soos 'n “secret” langs die afdraaipaadjies weggebêre het in die alledaagse dinge: slapende lammertjies, plantsteggies met die belofte van selfstandige groei en die saluut van 'n verbyvarende skip. Hierdie simbole uit haar kinderdae kom later metafories in haar verse met treffende sintuiglike krag na vore. Anna (Van der Merwe 1978:66) vertel dat in teenstelling met wat haar selfmoord suggereer, Ingrid as liriese digter baie vreugde in haar persoonlikheid openbaar het. Sy het immers kon luister na "die toktokkies in hul fyn-ver kring" en sy het "die maan gesien waar hy met sy boepens in die lug by die gousblomme gaan slaap”. Ook Freda Linde praat van haar vriendin Ingrid se “blymoedige kapasiteit vir vreugde en vir pret” (Van der Merwe 2006:146), al het sy as volwassene ook tye van groot neerslagtigheid gehad.

Die Jonkersussies het die hoë duin buitekant Gordonsbaai na die winkel Garlicks vernoem omdat die beste skulpe daar opgetel kon word. Dit was net so begeerlik as blink winkelgoed. By die kleiwal het hulle poppies, osse en “tamatiesop” van rooi klei gemaak. Hulle wêreld was pastoraal en terugskouend dikwels idillies. Dit is veilig vir kinders geag om vryelik in die veld en die bos of by die see rond te dwaal en te speel. Dit was lank voordat die Jonkersusters bewus sou word van die politieke implikasies van assosiasie met anderskleuriges en die stryd teen apartheid waarmee Ingrid haar as jong vrou sou vereenselwig. Op hul voetslaantogte het hulle dikwels die bruin mense se huise aangedoen vir vetkoek en koffie.

In “'n Daad van geloof” (Jonker 1975:168) vertel Ingrid hoe sy haar ouma Sondae vergesel het as sy vir die kleurlinggemeenskap gaan preek het. Ingrid het hartroerende gediggies vir dié geleenthede geskryf. “Enigeen kon sien hoe trots Ouma dan op haar withaarkleinkind is, en die Kleurlinge was maklik bewoë deur die treurige gediggies, en deur die maer agtjarige kind wat so baie kan verlang.”

Daar was ondanks armoede oorvloedige sintuiglike stimulasie vanuit die landelike omgewing van hul kindertyd. Die natuurelemente soos die bos, veld, see en rivier en al die wesens en plante wat hierdie milieu bevolk het, sou telkens weer in haar gedigte uiting vind. Kalkoentjies kom as kragtige simbool van instinktiewe kreatiwiteit in 'n hele paar gedigte na vore, soos byvoorbeeld in die speelse “Kabouterliefde”: “Die kalkoentjies met hul rooi mondjies het die sprinkaanwals gesing” (Jonker 1975:66) en “Die Blommeverkoopster” (Jonker 1975:21): “Hoe roer die koel kalkoentjies tog vanmôre weer in my 'n geesdrif, onuitspreeklik teer.” Hierdie ryk kinderervarings was die teelaarde van beelde soos die dennebos, die voetpaadjies en die bont papegaai wat weer later in die gedig “Bitterbessie dagbreek” (Jonker 1975:56) in strofes twee tot vier sou koggel:

          Soek ek na die grootpad
          om daarlangs te draf
          oral draai die paadjies
          van sy woorde af

          Dennebos herinnering
          dennebos vergeet
          het ek ook verdwaal
          trap ek in my leed

          Papegaai-bont eggo
          kierang kierang my
          totdat ek bedroë
          weer die koggel kry.

Só ook die beeld van die spreker wat in die gedig “Gisteraand” agterdogtig is soos ’n hoender wat pik (Jonker 1975:53) en die madeliefies in Namakwaland wat in die gelyknamige gedig (Jonker 1975:84) protesteer teen die sinloosheid van die verdeelde Suid-Afrikaanse samelewing. Oor hierdie gedig skryf Fugard (1966): “Today we look for something fragile and precious, something that can be broken, or lost, or – since that is her metaphor – not heard. We find it in ‘Madeliefies in Namakwaland’”:

          Waarom luister ons nog
          na die antwoorde van die madeliefies
          op die wind op die son
          wat het geword van die kokkewietjies

          Agter die geslote voorkop
          waar miskien nog ’n takkie tuimel
          van ’n verdrinkte lente
          Agter my gesneuwelde woord
          Agter ons verdeelde huis
          Agter die hart gesluit teen homself
          Agter draadheinings, kampe, lokasies
          Agter die stilte waar onbekende tale
          val soos klokke by ’n begrafnis
          Agter ons verskeurde land

          sit die groen hotnotsgot van die veld
          en ons hoor nog verdwaasd
          klein blou Namakwaland-madeliefie
          iets antwoord, iets glo, iets glo, iets weet.

Die vlugtende steenbokkies en die baie voetpaaie in die Jonker-oeuvre (soos in “Op die voetpad”, “Bitterbessie dagbreek” en “Ek het die pad van my liggaam gesoek”) kom uit ‘n kindertyd van kaal voete en metaforiese “selfgemaakte rooi skoene” waardeur die duwweltjies wel gesteek het, maar waarmee sy geestelik vastrapplek kon vind.

Jonker se gedigte som haar hele draaiboek in konkrete beelde uit haar kinderjare op sonder om veel nuwe insette ná die eerste dekade van haar lewe te bevat. Die boustof vir die flirtasie met die dood kom ook van Ingrid se kindertyd, soos blyk uit die gedigte “Graf”, “Donker stroom” (waar die paddavisse vrek voordat hul agterbene uitgegroei is) en die bekende “Ontvlugting” in haar gelyknamige eerste bundel:

          Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug
          en dink my nou in Gordonsbaai terug:

          Ek speel met paddavisse in ‘n stroom
          en kerf swastikas in ‘n rooikransboom

          Ek is die hond wat op die strande draf
          en dom-allenig teen die aandwind blaf

          Ek is die seevoël wat verhongerd daal
          en dooie nagte opdis as ‘n maal

          Die god wat jou geskep het uit die wind
          Sodat my smart in jou volmaaktheid vind:

          My lyk lê uitgespoel in wier en gras
         Op al die plekke waar ons eenmaal was.

ingridjonker_rooi12Jonker het in haar werk telkemale haar einde voorspel en in haar daaglikse bestaan, veral later, dikwels daarna verwys. Só wys Freda Linde op Jonker se voorliefde vir die Nederlandse gedig “Voor het verdronken meisje” van JB Charles (die skuilnaam van WH Nagel). “Ingrid was baie lief vir die gedig. Sy het dit meer as een maal vir my gegee om te lees én gesê sy sal net so verdrink” (Van der Merwe 2006:143). Jonker se lewensdraaiboek het skynbaar so 'n dwingende krag op haar lewe uitgeoefen dat haar poësie sy bekoorlikheid juis uit die bittersoet nostalgie daarvan put. Sy was net 15 jaar oud toe 'n lang gedig in haar skool se jaarblad in 1948 verskyn het oor die vlietende aard van die lewe wat dit daarom noodsaaklik maak om smarte weg te lag. Die spreker herinner dat die dood maar altyd op die agtergrond huiwer (Van Wyk 1986:57):

Ons leef maar eenmaal, my seuntjie,
Ons lente is baie gou om,
die graf staan oop, my vriendjie
Hy nooi jou al klaar om te kom.

In die soeke na 'n verklaring hiervoor word die ontberings wat die sussies se kinderjare gekenmerk het, dikwels oorbeklemtoon. Die vaslegging van ‘n lewensdraaiboek van gedoem te wees spreek uit die weemoedige karakter wat outobiografiese vertellings uit haar vroeë kinderherinneringe aanneem. Hoewel Beatrice se sielkundige broosheid en latere kanker 'n lang skadu oor die susters se lewe gegooi het, toon hul herinneringe uit dié tyd ook 'n groot mate van geborgenheid binne die uitgebreide familie.

Uit Jonker se kinderjare blyk dus duidelik die ooreenkomste met die weeskind se lewe toe beide se kreatiwiteit gevoed is deur ‘n vrye lewe naby die natuur. Hoewel materiële middele karig was, het beide se instinktiewe impulse ongehinderd ontwikkel.

Na analogie van die sprokie stop daar in 1944, kort ná Beatrice se dood, eendag ‘n swart motor, soos die koets in die bos, voor die nederige huurhuis van ouma Annie. Dit is die meisies se pa, Abraham Jonker. Anna en Ingrid se lewens verander in 'n handomkeer, want hy het besluit om sy dogters onaangekondig uit die sorg te neem van hul grootmoeder, wat hy as ’n godsdienstige dweper beskou het. Hulle word sonder keuse uit hul ongedissiplineerde, natuurgerigte bestaan weggeneem na Kaapstad, waar die aanpassings in 'n nuwe, veeleisende stadsomgewing die begin van Ingrid se puberteit kenmerk. Dit was ten beste 'n waterskeiding maar ten slegste 'n traumatiese breuk met die moeder se familie en alles wat hulle tot sover geken het.

Wanneer die ou vrou die weeskind uit die bos neem, net soos Abraham Jonker sy dogters se bande met ouma Annie summier verbreek het, word albei se kreatiewe lewe ernstig aan bande gelê. Ingrid en die weeskind probeer aanpas, maar gryp later plaasvervangers aan vir wat hulle verloor het en uiteindelik word albei na hul ondergang gevoer.

Hier kan ’n mens Abraham Jonker in die rol van die ou vrou sien as verteenwoordiger van die verstokte samelewing met sy dubbele standaarde en pretensies. Die geestelike dorheid en vreugdeloosheid wat volg op Anna en Ingrid se vertrek uit die Strand waar hulle op daardie stadium gewoon het, herinner aan die lot van die weeskind wat haar intrek in die ou vrou se huis neem en haar selfgemaakte skoene in die vlamme moet sien verskroei.

Anna (Van der Merwe 1978:82) laat sak die gordyn op ‘n treurige noot oor die eerste fase van hulle lewens:

Hy (Abraham Jonker) was vir ons 'n volslae vreemdeling. Toe ons die dag saam met hom uit die Strand wegry, het Ouma se skraal figuurtjie agtergebly met ons kinderdae. Ingrid was elf jaar oud. In daardie elf jaar het sy genoeg sonskyn en vreugde en kennis en beelde opgegaar om haar deur die grys tienerdae te dra tot sy haar debuut as liriese digter kon maak. Haar Gordonsbaai het weerklank gevind in haar werk, in haar uitbundige skaterlag, haar lewensgierigheid en lewensblyheid, in haar skewe glimlaggie, in haar oorgawe aan mense en in haar integriteit.

Wanneer Jonker in die huis van haar pa en stiefma, Lulu Brewis, albei skrywers, haar ontluikende digterstalent uittoets – “haar lier stem”, in die woorde van DJ Opperman (Van der Merwe 1978:89) – ignoreer en verkleineer hulle haar kreatiewe pogings. ’n Jare lange familievriendin, Huibrecht Steenkamp, vertel aan Van der Merwe (2006:225) met verwysing na Ingrid: “In daardie letterkundige huishouding het niemand ooit gekyk na haar goed en haar aangemoedig nie.” Omdat Ingrid na Abraham opsien as rolmodel op letterkundige gebied, knou dit haar selfbeeld, want sy vertolk dit as dat haar pa haar talent minag en haar daardeur aanvaarding as sy dogter met talente wat sy van hom geërf het, ontsê. Aanmoediging deur die primêre gesagsfiguur in haar lewe ontbreek dus op 'n kritieke tyd en word klaarblyklik 'n onoorkomelike struikelblok in haar groei tot volwassewording. Anna vertel (Van der Merwe 2006:26–7): “Emosioneel was sy net sewe jaar oud (...) Daar was onversoenbare dele binne haar. Daar was emosionele arrestasie.”

Ingrid Jonker se skrywersvriend Jan Rabie beaam dit as hy sê: “Sy was ’n soort simbool vir haar vriende, ’n simbool van geestelike integriteit wat ten spyte van swaarkry nog bly bestaan het. Sy het in ’n groot mate ’n kind gebly, ’n ongeskonde kind. En ’n kind maak nie kompromisse nie” (Van der Merwe 2006:57).

Die vermoë om liefde te gee en te ontvang kom dus nie tot wasdom nie. Berta Smit, ’n vriendin van Ingrid wat baie kontak met haar gehad het toe hulle by dieselfde plek gewerk het, vertel aan Van der Merwe (2006:126): “Soos ek haar geken het, kon sy nie in ’n regte, normale, selfs vriendskapsverhouding in wisselwerking tree nie. Dit was óf te intens óf daar was niks.” En verder: “’n Mens kon haar kwalik as ’n volwasse vrou beskou. Sy het die intelligensie gehad, maar haar reaksies was nie volwasse nie. Daarom het sy eintlik so ’n moederlike gevoel by ’n mens wakker gemaak” (Van der Merwe 2006:128).

Die nuwe lewe blyk 'n stryd te wees vir haar “wilde” natuur wat moeilik by die reëls van huis en skool aanpas. Anna en mev Steenkamp vertel skokkende stories aan Van der Merwe (2006:216–32) oor hoe stief die Jonkersussies deur Abraham se derde vrou behandel is. Hoewel dit ongetoetste uitlatings bevat, skilder hulle ’n donker prentjie van die behandeling wat Anna en Ingrid van die Jonkers moes verduur. Hulle moes byvoorbeeld beurte maak om Saterdagmiddae uit te gaan sodat een kon help met hulle stiefbroer en -suster wat toe kleuters was, maar die reistyd was lank en die toegelate tyd so kort dat Anna skaars ’n uur by mev Steenkamp kon kuier.

Mev Steenkamp vertel dat Lulu Brewis baie afgunstig op haar stiefdogters was en verhinder het dat hulle universiteit toe gaan. Anna vertel dat hulle tydens ’n dinee aan huis in die kombuis moes eet omdat, het Lulu (Van der Merwe 2006:221) gesê: “Ons voel julle is in die agterstrate grootgemaak; julle sal jou pa in die skande steek aan tafel.” Mev Steenkamp spreek die oortuiging uit dat as Ingrid, wat volgens haar baie kwesbaar was, in haar pa se huis liefde en aanvaarding gekry het, sy sou geglo het dat sy die moeite werd was om liefgehê te word en dan sou sy nie haar hele lewe lank daarna bly soek het nie.

André Brink vertel hoe Ingrid begeer het om haar ouma se geloof te hê, maar dit nie kon ervaar nie (Van der Merwe 2006:237). Hy beweer: “En toe, natuurlik (...) is sy na haar pa toe, wat haar eintlik op ’n soort Aspoestertjie-tipe sprokiesmanier onderdruk het, met ’n stiefma wat werklik ’n sprokiestiefma was, wat haar letterlik laat vloere vryf het.”

Hoewel Ingrid (1975:205) geen erkenning vir haar skryfwerk tuis gekry het nie, het sy later vertel hoe haar klasonderwyseres ontstoke was oor haar satiriese verse oor onderwyseresse en haar streng vermaan het. Nietemin was sy die eerste persoon wat verklaar het: “Jy is ongedissiplineer en ongehoorsaam, maar my wêreld, jy het talent!”

Estés (1992:237) verduidelik dat die skoenmaker en die soldaat wat die meisie help om die ou vrou te bedrieg, soos duiwels en boggelrûe, variante is van oerargetipes wat negatiewe kragte in die menslike natuur verteenwoordig. Uit die oogpunt van die psigoanalise word kultureel onaanvaarbare, maar (in Estés se idioom) gesonde instinkte na die onderbewuste verban waar dit 'n soort skadubestaan voer. So probeer die weeskind voorbeeldig aanpas by haar nuwe kunsmatige omstandighede, maar haar dubbele lewe blyk gou deur die heimlike begeerte na die rooi winkelskoene. Sy word onweerstaanbaar aangetrek na die instrument van haar eie vernietiging. Sy smokkel die skoene verby die ou pleegmoeder, wie se blindheid op die verstarde, perfeksionistiese waardesisteem van die samelewing dui. Soos Hedda Gabler in Ibsen se gelyknamige drama gee die “wildish woman” voor om 'n konvensionele lewe te aanvaar terwyl sy innerlik op haar tande byt.

Jonker se periodieke pogings om te konformeer, soos die weeskind wat probeer om die rooi skoene hoog op ’n rak met rus te laat, kan herken word in die reeks kortstondige laagbesoldigde betrekkings wat sy as sekretaresse of proefleser by uitgewers beklee en in haar huwelik met Pieter Venter. Sy trou naamlik op 23-jarige leeftyd met 'n verkoopsman en amateurskrywer van 38 jaar, op die oog af ’n vaderplaasvervanger, net soos die meeste van haar vriende, minnaars en mentors onder die Afrikaanse skrywers. Haar “boheemse soort lewe”, soos Berta Smit na haar seksuele keuses verwys (Van der Merwe 2006:127), is tekenend van die onvervulbare soeke van ‘n verwarde psige wat bewus is dat sy iets kortkom, maar wat onmagtig is om heling te verkry. As bewys van Ingrid se pogings om op verskillende maniere aan te pas, vervolg Berta:

As jong kind was sy baie gedienstig en godsdienstig en preuts, en ewe skielik hier ná haar troue is daar die totale gedagteverandering en gedaanteverandering – baie liberaal, amper uittartend van die gewone morele waardes en standaarde waarmee sy grootgeword het.

Hoewel tipies van die onblusbaarheid van die menslike gees om te bly streef na aanpassing by negatiewe omstandighede, stel dit volgens Estés die instinktiewe self verder in gevaar. Ingrid se ma én ouma het as moederfigure opgetree, maar daar was nooit die sekuriteit van 'n vader wat in die patriargale samelewing waarin sy van haar identiteit bewus geword het, legitimiteit aan haar bestaan verleen het nie. Die gemeenskap het haar van kleins af waarskynlik bejammer en toegewings gemaak weens haar omstandighede. Estés (1992:244) verduidelik:

Trying to be good, orderly and compliant in the face of inner or outer peril or in order to hide a critical psychic or real-life situation de-souls a woman. It cuts her from her knowing; it cuts her from her ability to act. Like the child in the tale, who does not object out loud, who tries to hide her starvation, who tries to make it seem as though nothing is burning in her, modern women have the same disorder, normalizing the abnormal. This disorder is rampant across cultures. Normalizing the abnormal causes the spirit, which would normally leap to correct the situation, to instead sink into ennui, complacency, and eventually, like the old woman, into blindness.

ingridjonker_rooi10Dat die veelbesproke en komplekse vader-dogter-verhouding sentraal in Ingrid se problematiek gestaan het, ly geen twyfel nie. Jonker het van jongs af geweet dat haar pa sy vaderskap van haar ontken het (Van der Merwe 2006:26). Aangesien sy sterk met haar moeder geïdentifiseer het, kon sy dit later onbewustelik op haar geneem het om die aanvaarding by Abraham te probeer verwerf wat Beatrice as slagoffer van sy jaloesie verbeur het. Haar vriende was oortuig dat sy haar hele lewe lank in verhoudings met die teenoorgestelde geslag die goedkeuring gesoek het wat sy nie by haar vader kon kry nie. Hierdie gefrustreerde behoefte het in 'n obsessie ontaard wat geen blywende vervulling in haar verhoudings met mans toegelaat het nie. Sy was nietemin baie aantreklik vir mans en bewonderaars het haar glo as ’n “bosgodin” gesien (Die Burger 2001:11).

Van der Merwe (2006:128) bespreek Ingrid se gemis aan aanvaarding met Berta Smit soos volg:

Iemand anders se aanvaarding van haar kon nie opmaak vir haar vader se nie-aanvaarding nie. (...) Mense wat met Ingrid kontak gehad het, het ervaar dat sy altyd méér nodig gehad het, al het hulle ook hoeveel gegee. Hulle   kon nie ’n verskil aan haar behoefte maak nie.

Omdat Abraham Jonker vir sy dogter in sy private en openbare lewe die personifikasie van die gemeenskap se dubbele standaarde is, vererger dit haar onmag en weerloosheid. Teen haar vroeë twintigerjare verklaar Jonker die heersende politieke stelsel, wat ras tot absolute maatstaf van menswees verhef en waardeur die regering sy magsbehoud bo die erkenning van menswaardigheid stel, tot vyand. Anderskleuriges wat sy met empatie bejeën, word as minderwaardig behandel en sy veg teen die skynheiligheid daarvan. So was daar ‘n insident op ‘n bus waar sy ‘n

bruin man verdedig het deur die kondukteur amper te lyf te gaan (Van der Merwe 2006:20). Haar onkonvensionele opvoeding het haar nie voorberei op die rassepolarisasie in die land nie en met haar selferkende “kleurblindheid” kon sy geen sin maak van die haar vader en sy geesgenote se eng politieke sienings nie.

Estés wys op die gemeenskap se onverdraagsaamheid teenoor lede wat van die norm afwyk. Afvalliges word ondersteuning ontsê. Omdat haar spirituele integriteit op die spel is, spruit die weesmeisie se optrede eerder uit onvermoë as uit onwilligheid om te konformeer. Volgens Estés (1992:241) word vroue wat 'n sterk standpunt teenoor onreg en uitbuiting op politieke, maatskaplike of omgewingsgebied inneem, gou verdink van ongebalanseerdheid en gevolglik geneutraliseer en geïgnoreer. Jonker se gedig “Ontnugtering” (1975:31) is 'n erkenning van die valse front van inskiklikheid en konvensionaliteit wat die subjek voorhou om by haar beperkende omstandighede te probeer aanpas. Die pretensie wat dit verg om die gepolariseerde lewe te verberg, is demoraliserend, maar die prys van nonkonformisme is spot en selfs verwerping:

          Laat hulle spot!
          Die dag roer uit sy papie
          Die kuiken uit sy dop
          Die slaap roer uit my wese
          Ek wou die wêreld fop:

          Ek wou my aan hul voorstel
          As 'n klein rooiwang pop.
          Met hierdie oggend is ek uit
          My kierang en my rok:

          Nou het hul my ontsyfer
          en staan ek voor hul op
          As die verwronge digter
          Laat hulle spot!        

Gestroop van pretensie, “ontsyfer” en agter haar skanse uit, staan die “verwronge digter” nou voor die koue spottende wêreld. Sy het ontwaak uit die slaap van 'n valse inskiklikheid waar sy so min aanstoot wou gee as “'n klein rooiwang pop”. Maar voorgee kan nie voortduur nie en om te konformeer aan ‘n “normale lewe” van laagbesoldigde werk om siel en liggaam aanmekaar te hou, misluk telkens. Die dood waarmee sy lankal flankeer en waarin al haar probleme opgelos kan word, kry ’n al groter wordende allure. Wat (Hewitt 1980:1764) van Plath sê, geld ook vir Ingrid Jonker: “[L]ike citrus seed, poets progress fastest when squeezed. And her cry of desperate ordinariness reminds us that the universe of death may be far more intriguing to the genius than flower gardens and changing diapers.”

Jonker probeer later kort-kort om haarself uit die lewe te verwyder, maar die mense naby haar dink dit is net hulpkrete en dat sy telkens sorg dat iemand daar is om haar te help. Rabie vertel hy het haar twee keer tevore uit die see “teruggesleep” (Van der Merwe 2006:43).

Estés (1992:229) onderskei tussen die vuur wat transformeer of louter en die vuur wat vernietig. Die vrou wat ander toelaat om haar visie en werk te verkleineer, se vreugde oor haar kreatiwiteit word só gedemp dat sy net sowel, in die idioom van die sprokie, saam met haar selfgemaakte skoene in die vuur kan spring. Afbrekende verhoudings en jaloesie van betekenisvolle mense soos ouers, huweliksmaats of vriende knou ‘n vrou se kreatiewe impulse. Menige vrou mag so totaal ontmoedig word dat sy 'n doodsheid ervaar wat haar die pen, kwas of instrument laat neerlê.

Die ou vrou wat, net soos Abraham Jonker, die skynheilige gemeenskap verteenwoordig, het miskien voor die weeskind (en Ingrid) self hierdie pad gevolg en hul eie integriteit ingeboet. So sê Rabie aan Van der Merwe (2006:43): “Abraham was baie onsimpatiek teenoor haar, want sy was ’n teken van ’n rebellie wat hy al klaar verloor het. Jy straf altyd in ’n ander man dit wat jy nagelaat het.”

Jonker se vriende maak almal gewag van haar kompromislose eerlikheid en opstand teen onreg. Haar probleem met die politieke situasie raak meer en meer onhanteerbaar omdat dit verstrengel raak met haar persoonlike vete met haar vader wat as parlementslid en sensuurraadslid vir haar ’n simbool van die regering se onverdraagsaamheid is. Daarby vertel Marjorie Wallace (2006:74) dat Abraham Jonker deur sy dogter se vriende beskou is as ’n politieke manteldraaier wat hom geskaar het by die politieke party wat aan die wenkant was. Ingrid wou baie graag na hom opsien as ’n man van integriteit, maar vereenselwig haar pa met die regering as die oneerlike patriargale gesag sonder deernis met anderskleuriges en andersdenkendes soos haar vriende en sy self. Wallace vertel: “Ingrid wou so graag haar pa bewonder. (...) Sy wou hom ‘wonderlik’ hê en sy wou hom ’n goeie skrywer hê” (Van der Merwe 2006:74).

Baie soortgelyke vroue wat asof in ’n kou gevange is, versink volgens Estés (1992:251) in 'n toestand van hopeloosheid en hulpeloosheid. Hulle wil nie meer omgee vir die dinge waarvoor hulle so baie omgee nie en nie meer liefde vra of gee nie, omdat hulle so kwesbaar voel. In hierdie verband sê Berta Smit (Van der Merwe 2006:127–8) dat Jonker “nie daardie volwassenheid gehad het om te weet dat, as sy iets wil kry, sy van haar kant af moet gee nie. Sy kon nie. Sy kon nie gee nie. (...) Daar was net ’n soort onvermoë om te gee; dit was nie ’n onwilligheid nie.”

Ondanks sielkundige berading raak sy meer ankerloos en beland in ’n inrigting in Parys, Frankryk, na ’n stormagtige tyd saam met André Brink in Europa. So gaan ’n gulde geleentheid verlore om die prysgeld vir haar tweede bundel, Rook en oker, in die verbreding van haar intellektuele horison te belê. Jonker se digterstem raak eers teen die einde stil, maar die aftakeling van haar psige is onverbiddelik. Insig in haar eie weerloosheid en die pad na herstel bly ontbreek en bykomende faktore, soos die mislukte verhoudings met Brink en Cope, geldnood, toenemende twyfel aan haar vermoë as liriese digter volgens Wallace (Van der Merwe 2006:77), en les bes, ’n gebreekte been en griep, stoot haar nader aan die uitvoering van ’n lank gekoesterde doodswens.

Die verdoemende gees wat die weeskind in die sprokie by die kerkhek wegwys en die vloek van die dodedans oor haar uitspreek, verseël haar obsessie. In die greep daarvan is die weeskind nou gedoem om die verskrikking van die gemeenskap te wees, wat verseker dat niemand haar wil help nie. Omdat Jonker teen die einde so emosioneel uitputtend raak, begin haar vriende haar vermy. Sy verwoord die verwildering só in 'n selfmoordnota: “[T]here has always been this negative power in me, out of my childhood and out of my nature” (Van Wyk 1986:123). Aan Laurens van der Post skryf sy teen die einde: “I know there are other things in life apart from love, but one has to have a basis to go out from. Without it, my whole wretched past lifts its dreadful head, and looks at me with that sad and wasted look which paralyses me with terror” (Van Wyk 1986:116).

ingridjonker_rooi6Pleks van al haar kragte in te span om tot emosionele volwassenheid te groei, swig Jonker soos die weeskind voor die romantiek van die rooi skoene. In haar geval

manifesteer dit as die soeke na goedkeuring, liefde en seksuele vervulling, soos Wallace aan Van der Merwe (2006:72–3) sê, alles-of-niks-verhoudings volgens Berta Smit (Van der Merwe 2006:128), maar ook slaappille en drank (Van der Merwe 2006:188). Haar geestesongesteldheid weerhou haar meestal van sinvolle protes teen die bestel. Daarby vererger die onbestendigheid van werk- en woonplek (soos toe sy ’n kind was) haar geldnood tot so ’n mate dat sy kort voor die einde vermoedelik selfs honger ly (Van der Merwe 2006:53).

Volgens Estés (1992:230) word ’n groot aantal positiewe aspekte van vrouwees wat in die patriargale samelewing gesensureer word, na die onderbewuste verban, waar dit bly smeul en dan later onbeteueld tot uitbarsting kom. Die vrou wat haar instinktiewe wilde natuur prysgee, vasgevang raak en probeer aanpas deur die skyn van inskiklikheid en dan uitbreek, is die sogenaamde “feral woman” wat haar instinktiewe selfpreservering verloor. Wanneer die geestelik verhongerde vrou se instinktiewe kragte ná ’n tyd van sublimasie eindelik na die oppervlak deurbreek, is sy volgens Estés soos ’n wolf wat haar ná 'n tyd van hongersnood in ‘n orgie van oordaad begewe. So ’n wolf saai ná ’n lang winter verwoesting onder haar prooi pleks van om net te vang wat sy nodig het om haar honger te stil. Die simptome van geestelike honger is vir Estés soos dié van fisieke honger: die slagoffer steel, lieg en bedrieg om die behoefte te bevredig. Dit volg op sielehonger wat haar laat vrees dat sy haar kreatiewe gees weldra weer sal moet onderdruk (Estés 1992:230–6).

5. Jonker en haar lotgenote as inspirasie vir ander kunstenaars

Deur oor Jonker te dig, kan ander digters die eie dood of onderliggende selfvernietiging voortdurend uitstel. Die digproses en die gedig word die plek of ruimte van selfdood of selfuitwissing. Solank as wat die digter in staat is om die onderliggende woede teen ouerfigure na ander objekte te verplaas, word die eie dood tydelik opgehef. By sowel Plath as Sexton het die einde van die digproses selfvernietiging ingelui.

Jonker se lewe toon ’n treffende ooreenkoms met dié van die kreatiewe vroue oor wie Estés dit het. Sy beskryf 'n aantal van hierdie sterre wat “uitgebrand” en verskiet het in haar kleurryke idioom (1992:234):

There is something about Bessie Smith, Anne Sexton, Edith Piaf, Marilyn Monroe and Judy Garland that follows the same instinct-injured pattern of soul-famine: attempting to “fit”, going intemperate, not being able to stop. We could make a very long list of instinct-injured talented women who in their vulnerable state made very poor choices. Like the child in the tale, they all lost their handmade shoes somewhere along the way and found their way to the poisoned red shoes. (…) Beliefs, actions, ideas that caused life to deteriorate more and more – that turned them into madly dancing spectres.

Wat Estés (1992:250) van die sangeres Janis Joplin sê, is ewe waar van Ingrid Jonker:

She began to carry a kind of archetypal presence that others were afraid to carry for themselves. They cheered on her rebelliousness as though she could free them by becoming wild for them. (...) She joined the ranks of other powerful but hurt women who found themselves acting as flying shamans to the masses. They too became exhausted and fell from the sky.

Nog ’n voorbeeld van hierdie soort kunstenaar is die Meksikaanse skilder Frida Kahlo. Sy is in 1954 in die ouderdom van 47 jaar oorlede, vermoedelik aan haar eie hand. Haar hartstogtelike lewe is gekenmerk deur swak gesondheid (die gevolg van polio en 'n baie ernstige busongeluk), biseksualiteit en 'n stormagtige huwelik. Haar beskrywing van hoe sy haar eksistensiële pyn probeer verwerk het en op verskillende maniere probeer aanpas het, sluit by Estés aan: “I drank to drown my pain, but the damned pain learned to swim, and now I am overwhelmed by this decent and good behaviour” (Beeld 2003:5).

ingridjonker_rooi5Hierdie gedoemde kunstenaars word dus volgens Estés ook vir ander wat nie die moed het om met die wilde natuur in hulle eie psiges kontak te maak nie, 'n soort argetipiese rolmodel. In Jonker se geval getuig die profetiese werke deur ander skrywers, soos haar voormalige eggenoot, Pieter Venter, Berta Smit en André Brink wat haar verdrinking in die see, net soos sy, vooruit in hul eie skryfwerk suggereer.

Ingrid se vriendin Berta het vertel dat Ingrid haar literêr gestimuleer het, vandaar die insidente in haar boek Die vrou en die bees (1964) wat ook profeties heenwys na Ingrid se verdrinking die volgende jaar. Berta erken dat Jonker se omstandighede en familiegeskiedenis die inspirasie agter verskeie besonderhede in die boek is. Die hoofkarakter in haar verhaal gaan in opdrag van 'n geheimsinnige man by 'n godsdienstige uitgewery werk. 'n Onbekende meisie verdrink in die see en dit kan die karakter Julia, die verteller of 'n vreemdeling wees. Haar moeder is in 'n inrigting opgeneem toe sy nog baie klein was, skynbaar omdat 'n bees die vrou teen 'n muur vasgedruk het toe sy swanger was met haar derde kind. Toe die karakter Julia 11 was, is haar moeder oorlede, ongeveer dieselfde leeftyd waarop Ingrid se ma ook dood is. Die meisie in die verhaal het weens die sensitiewe geaardheid wat sy van haar moeder geërf het, deur dié se ongelukkige lot 'n geestelike knou opgedoen, net soos by Ingrid, wie se doodskwelling, geestelike onvolwassenheid en die mineurtoon wat haar lewe gekenmerk het, in 'n groot mate teruggevoer kan word na die ontydige dood van haar moeder.

Ook in Pieter Venter se gedig “Songbird” (Van Wyk 1986:215) wat drie jaar voor haar dood verskyn, word haar lotsbestemming as drenkeling vooruit geloop. Dit bevat beelde wat herinner aan die slotstrofe van Ontvlugting: 'n lyk verstrengel in seewier, uitgespoel op die strand.

          The sea suggested certain secrets to the beach; 
          Spoke of a thousand unborn dreams,
          of words beyond the drowning of a whisper.
          And spewed upon the sand you saw
          a future song in seaweed
          Entangled with your corpse.

Die outobiografiese roman Orgie deur André Brink loop Ingrid Jonker se verdrinking 'n paar maande vooruit. In wat Brink “ons boek” noem en opdra aan “Kokon” (sy bynaam vir Ingrid), kom baie profetiese uitsprake voor. Die boek bevat soveel boustof uit Ingrid se lewe dat een van Anna se griewe teen Brink ontstaan het omdat sy oortuig was van haar suster se “medeskrywerskap” van Brink se destyds opspraakwekkende boek (Van der Merwe 2006:178). Die vroulike hoofkarakter in Orgie sê sy dra haar verbintenis met 'n waterdood soos 'n “kainsmerk” (Brink 1965:32).

Bogenoemde werke, geskryf deur mense naby aan Ingrid Jonker, is sekerlik deur haar uitsprake en gedigte geïnspireer, maar moes ook weens hul sterk profetiese inslag haar selfgekose lotsbestemming bekragtig het. Jonker se gevoeligheid vir die stemmings van ander is deur baie van haar vriende opgemerk en het haar as kunstenaar goed te pas gekom. Dit blyk dus dat sy nie net haar eie nie, maar, onder luide aansporing van ander kunstenaars, ook hulle nihilistiese fantasieë begin uitleef het. Die tema van die sinloosheid van 'n ontluisterde na-oorlogse wêreld wat die ontnugterde mens na die uiterste konsekwensie van ontvlugting in die dood dryf, kry namens ander in Ingrid se lewe konkrete gestalte. Hiermee saam het haar eiesoortige lewensvervreemding min ruimte vir 'n ander “eerbare” uitweg as selfdood gelaat.

Hambidge (1991:5) noem die poësie van Plath, Sexton en Jonker 'n soort dobbelspel met die lewe, en dié dobbelspel is dan 'n emosionele ontkleedans waartydens die wil om te bly lewe stadig maar seker afgestroop word. Dit kan egter net sowel ’n dobbelspel met die dood genoem word. Hambidge fokus in ’n studie op haar blog, Woorde wat Weeg, op die voorstelling van Jonker in enkele gedigte van die digter Johann de Lange. Hambidge (2010) glo dat De Lange sy onopgeloste konflik rondom sy vader, wat ook selfmoord gepleeg het, op Jonker projekteer. Sy skryf:

Jonker dra dus die psigiese energie wat in die onbewuste sluimer en latere ikone wat tragies en jonk (Jonker?) gesterf het, is manifestasies rondom dieselfde konflik met die vader. (...) Deur oor Jonker te dig, word die eie dood of selfvernietiging voortdurend uitgestel of getransfereer. Jonker verbeeld dus die onderliggende selfvernietiging en deur dit later na ander digters te verplaas, word die dood uitgestel.

ingridjonker_rooi4Estés (1992:251) sê vrouekunstenaars wat blindelings agter die argetipiese weesmeisie met die rooi skoene aan dans, se lewens word in gevaar gestel deur negatiwiteit en vernietigende lewenspatrone gekenmerk deur verslawing aan dwelms, alkohol, seks, depressie of destruktiewe verhoudings. Hulle raak selfs oordrewe spiritueel of kompulsief in hulle skeppende werk. Hierdie kunstenaars word slagoffers van skyngeneesmiddels wat dodelike plaasvervangers vir ’n gebalanseerde lewe word omdat dit hulle help om die vrees vir hulle sielkundige duiwels te besweer, snags te kan slaap en hul senuwees te kalmeer. Die gelukkiges wat nie hul voete by die laksman moet prysgee om van die dodelike dansskoene verlos te word nie, kom net-net met hul lewens daarvan af om die moeisame pad van herontdekking van die “selfgemaakte lewe” aan te pak.

“Gedoemde” kunstenaresse wat in psigoses verval en straatop (of strandaf soos in Jonker se geval) in japonne dwaal met selfmoordplanne wat per ongeluk of met opset uitgevoer word, moet ten alle koste betyds beskerm en na waarde geskat word (Estés 1992:242). Die natuurlike of instinktiewe self is energiek, maar omdat dit so broos is, loop dit altyd die gevaar om verminder, verander, vermoor, beheer of misbruik te word as ’n trofee. Dit is vir Estés die les van die rooi skoene.

Olivier (2003:11) sê met verwysing na die Jonkergedig “Daar is net een vir altyd” (Jonker 1975:90):

Die ikoonstatus van Ingrid Jonker staan bo alle twyfel: wie só sterf, só jonk, sonder die las van ouderdom, bly vir altyd leef, vir altyd mooi, vir altyd roekeloos-tragies (...) Al is sy nie daar nie, weet ons sy is hier. Daar is inderdaad net een vir altyd. 

6. Gevolgtrekking

’n Ontleding van Jonker se lewensverhaal teen die sjabloon van die sprokie van die rooi skoene toon treffende ooreenkomste met die weeskind, maar ook met ander gekwelde vrouekunstenaars wat selfmoord gepleeg het en volgende generasies bly fassineer. Holmes (1995:19) se verklaring vir die gewildheid van sekere lewensverhale sluit hierby aan:

The power of certain lives to draw endlessly repeated reassessments – Johnson, Byron, Napoleon, Queen Victoria, DH Lawrence, Plath – is a peculiar mystery. It suggests that they hold particular mirrors up to each succeeding generation of biographers, almost as the classical myths were endlessly retold by the Greek dramatists, to renew their own versions of contemporary identity. Each generation sees itself anew in its chosen subjects.

Die Jonkerverhaal suggereer dat sy ’n prototipe van menslike gedrag was wat keer op keer deur opeenvolgende geslagte ondersoek word om nuwe lig op ou vraagstukke te werp. Jungiaans gesproke roep Ingrid Jonker 'n diepverskuilde argetipe in die kollektiewe onderbewuste op waarvan mense bewus is maar wat hulle nie heeltemal kan verklaar nie.

In ’n persoonlike mededeling beantwoord Athol Fugard die vraag oor wat hy van Ingrid Jonker onthou in terme van ’n Shakespeare-karakter, wat dikwels die verpersoonliking van ’n argetipe is:

It was in the Greenpoint home of Jan Rabie and Marjorie Wallace that I first met Ingrid. My image of her, always in white and barefoot, was of a latter-day Ophelia, the tragic heroine in Shakespeare's Hamlet. Like Ophelia, she seemed lonely and haunted by unrequited love, enhancing the frailty of her delicate beauty.

Die rubriekskrywer Wilhelm Jordaan (2014) staan, soos die meeste aanhangers, steeds verslae voor die vermorsing van soveel talent as hulle gekonfronteer word met die selfdood van begaafde kunstenaresse:

Daar is nie ’n manier om werklik te verstaan hoe dinge soos vreemde lewensomstandighede, lewensongelukkigheid, onbesonne optrede, dwelmgebruik, depressie, selfverguising, woede en eensaamheid saamgepers word tot ’n self-uitwissende leefstyl nie.

Hoewel hierdie ontleding plek-plek ’n speelse aanslag het omdat die digter se dryfvere aan die hand van ’n sprokie ondersoek word, is die bedoeling nie om Ingrid Jonker se lewe en dood ligtelik met ’n simplistiese formule te verklaar nie. Maar deurdat die Jonkerverhaal aansluit by Estés se kragtige appèl teen die beskadiging van die instinktiewe “wilde" vroulike natuur, blyk daar ’n verrassende verwantskap tussen skynbaar uiteenlopende dissiplines.

Van Wyk (1986:131) eggo Estés se teorie onwetend as hy Jonker se doodsbesluit beskryf as “die poëtiese daad wat die verbeelding aangegryp het van talle outeurs ná haar en wat sedertdien telkemale voorgestel is: sy het poëtiese, droom-, mitiese en argetipiese persona geword”.

Al sou sulke gekwelde kunstenaars nie insig in hul probleme kan kry met so 'n interdissiplinêre en intertekstuele werkswyse nie, mag ’n dialektiese benadering soos hier onderneem is, nuwe moontlikhede vir teksinterpretasie oplewer.

 

Bibliografie

Alcorn, MW en M Bracher. 1985. Literature, psychoanalysis, and the re-formation of the self: A new direction for reader-response theory. PMLA, 100(3):342–54.

Batchelor, J (red). 1995. The art of literary biography. Oxford: Clarendon Press.

Beeld: Jip. 2003. Skrywer onbekend. Frida Kahlo, 20 Januarie, bl 5.

Cope, J. 1966 A crown of wild olive. In Rabie (red.) 1966.

Die Burger. 2001. Landelik (skrywer onbekend). Bosgodin Ingrid Jonker se stormagtige lewe, 29 Mei, bl 11.  http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2001/05/29/11/13.html.

Estés, CP. 1992. Women who run with the wolves: Contacting the power of the wild woman. Londen: Rider (Random House).

Fugard, A. 1966. Hitting the big time: Mourning Jonker and Nakasa. South African History Archive. http://www.sthp.saha.org.za/memorial/articles/hitting_the_big_time_mourning_jonker_and_nakasa.htm (10 Augustus 2015 geraadpleeg).

Gutiérrez, R. 1992. What is a Feminist Biography? In Iles (red) 1992.

Hambidge J. 1991. Dié dobbelspel ’n emosionele ontkleedans. Beeld, 3 Oktober. http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1991/10/3/5/2.html (10 Augustus 2015 geraadpleeg).

—. 1994. Hartstaal van die universele mens. Beeld, 24 November, bl 8.

—. 2010. Studie: Die digter as Lorelei: Die fenomeen Ingrid Jonker en haar tweede lewe in enkele verse van Johann de Lange. http://joanhambidge.blogspot.com/2013/02/studie-die-digter-as-lorelei-die.html (28 Maart 2015 geraadpleeg).

Hewitt, G. 1980. Sylvia Plath. In Vinson en Kirkpatrick (reds) 1980.

Holmes, R. 1995. Biography: Inventing the truth. In Batchelor (red) 1995.

Iles, T (red). 1992. All sides of the subject: Women and biography. New York: Teachers College Press.

James M en D Jongeward. 1971. Born to win: Transactional analysis with gestalt experiments. Reading en Massachusetts: Addison-Wesley.

Jonker, I. 1975. Versamelde Werke. Johannesburg: Perskor.

Jordaan, W. Om nie verlore te raak in jou lewe nie. Beeld, 11 Desember. http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2014/12/17/16/mfwilhelmjordaan_32_0_353517088.html (10 Augustus 2015 geraadpleeg).

Krige, U. 1966. Soos in haarself eindelik die ewigheid haar verander. In Rabie (red) 1966.

Metelerkamp, P. 2003. Ingrid Jonker: Beeld van ‘n digterslewe. Hermanus: Hemel en See-uitgewers.

Morris, P. 1993. Literature and feminism. Oxford: Blackwell.

Olivier, F. 2003. Vir altyd roekeloos-tragies: ’n Geskenk vir Afrikaanse letterkunde. Beeld, 4 Augustus.

Rabie, J (red). 1966. In memoriam Ingrid Jonker. Kaapstad: Human en Rousseau.

Van der Merwe, LM. 1978. Ingrid Jonker: ‘n Psigologiese analise. PhD-verhandeling. Universiteit van Pretoria.

—. 2006. Gesprekke oor Ingrid Jonker. Hermanus: Hemel en See-boeke.

Van der Merwe, C en H Viljoen. 1998. Alkant Olifant: ’n Inleiding tot die Literatuurwetenskap. Pretoria: JL van Schaik (Akademies).

Van Wyk, AJ. 1986. Die dood, die minnaar en die oedipale struktuur in die Ingrid Jonkerteks. PhD-verhandeling. Rhodes Universiteit, Grahamstad.

Vinson, J en DL Kirkpatrick (reds). 1980. Contemporary Poets. Derde uitgawe. Londen: Macmillan.

 

The post Was Ingrid Jonker ’n slagoffer van die rooi skoene? appeared first on LitNet.

LêNet: Slush Puppie “treatment”

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Ek en Suzi het ‘n baie spesiale verhouding. Ons ken mekaar al so drie jaar – dalk langer – en dit het als in ‘n groepsverband begin. Ek en haar man het vriende geword toe hulle hier in ons provinsie kom toer het. Later het ons as gesinne ‘n paar keer saam gekuier, maar ek het altyd na Suzi gekyk met die hoop dat daar iets sal gebeur tussen ons.

Haar uitgaande persoonlikheid het my getrek, en later by ‘n kampnaweek het ek haar in ‘n swemkostuum gesien, en die “drool” het begin loop. Sy is in haar veertigs en ek in my vroeë vyftigs. Ons is albei aktief en gesond, en in goeie shape. Suzi lyk nie naby haar ouderdom nie. Sy het sulke lang bene, ferm boudjies en die mooiste ronde C-borsies. Sy is net plein sexy vir haar ouderdom, en glad nie skaam om lyf te wys nie.

Mettertyd het ons mekaar begin sms, en agtergekom ons het ‘n gemeenskaplike probleem. Ons kry nie genoeg seks by die huis nie. So oor die jare het ons mekaar se diepste geheime en begeertes geleer ken. Later het ons mekaar begin ontmoet as ek in hulle dorp is, en die vonke het gespat van ons eerste “privaat” ontmoeting. Suzi is ‘n baie ervare girl in die bed, en is oop vir enige voorstelle. Iets waaraan ek nie gewoond was nie, maar baie gretig was om te doen. Soos ons mekaar leer ken het, het ons mekaar meer bevredig, en die klimakse het meer en beter geword.

By ons laaste ontmoeting het ons onsself oortref. Ons het afgespreek om een oggend af te vat en mekaar weer by ‘n vakansie-oord naby hulle dorp te ontmoet.

Ek het sommer die vorige aand al ingeboek, want ek was in die omgewing vir besigheid. Nadat ek afgepak het, het ek gaan swem en deur die oord geloop na die winkel en restaurant toe. Daar sien ek ‘n kiosk wat Slush Puppies verkoop, en ek koop toe een, wat perfek werk teen die hitte van die afgelope week. Net daar kry ek die gedagte dat ek een gaan huis toe neem en Suzi verras môreoggend.

Sien, die ding staan so. Sy het my al die wonderlikste warm BJ gegee met koffie in haar mond. Sodra sy die koffie sluk, suig sy my paal, en herhaal die proses totdat die koffie koud is. Ek het toe eendag dieselfde met haar gedoen ... eers tee in my mond gesit, en toe lek ek haar sysagte dosie totdat sy kerm en kreun van lekkerte.

Nou het ek die idee om haar ‘n koue treatment te gee ... eet eers die ys / Slush Puppie, en dan eet ek haar koekie, byt daai lippies en suig haar klit. Soos ek gesê het, sy is ‘n bok vir sports, en sal dit hopelik geniet. So werk ek myself op aan die gedagte dat ek Suzi se goedversorgde, sagte poesie gaan eet.

Die volgende oggend arriveer sy vroeg, en ek het net uit die stort uit geklim en tee gemaak toe sy instap. Wow ... sy het ‘n stywe wit jean aan en ‘n los toppie wat haar ronde borsies so mooi beklemtoon. Ek voel sommer dadelik hoe my voël lewe kry toe sy my soen en haar lyf teen my druk. Ek het net ‘n handdoek om my, en kan elke kurwe van haar teen my voel. Haar stywe borsies druk teen my kaal bolyf en ek laat my hande oor haar heupe gly en druk daardie ferm boudjies nader. Nou het ek al ‘n horing begin ontwikkel en die handdoek staan met ‘n reuseknop voor my en Suzi giggel toe sy dit sien. Kyk, ons al twee weet hoekom ons hier is, en dit is om mekaar te bevredig, omdat dit nie by die huis gebeur nie.

Ek begelei haar na die kamer toe sonder om tyd te mors, en sy sien die glasie Slush Puppie op die bedkassie staan. “Dit is jou surprise,” sê ek. Sy het dadelik geweet wat ek in gedagte gehad het en sy pluk die handdoek van my af. Daar staan ek met ‘n halwe kloppende horing, en ‘n sexy girl voor my wat weet wat ek wil hê. Ek trek die los toppie oor haar kop en staar eers ‘n oomblik na haar mooi borsies in ‘n deurskynende wit bra. Die pienk-bruin tepeltjies druk weerbarstig teen die sygladde materiaal, terwyl al die bloed uit my kop uit na onder toe pomp. Ek het nou ‘n klipharde horing en Suzi streel hom saggies met haar klein handjies. Dis waar wat hulle sê ... ‘n girl met klein handjies laat jou voël groter lyk. (Hehehe.)

Rustig maak ek haar jean se knopie los en trek die ritssluiter versigtig af. Ek sien die randjie van ‘n sagte wit pantie uitsteek. Sy weet ek is mal oor klein en fyn onderkleertjies, maar hierdie gesig voor my maak my mal. Sonder seremonie druk ek Suzi terug op die bed, maak haar bra vinnig los, en rol die stywe wit jean van haar af. Hier voor my lê die mooiste prentjie ... ‘n sexy vrou met lang bene in net ‘n klein wit broekie. My hande bewe toe ek haar klein pantie aftrek en sy lig haar heupe sensueel om haar pragtige klein dosie ten toon te stel. Sy glimlag stout en hou my net dop hoe ek te werk gaan. Terwyl sy my stip in die oë kyk, maak sy haar bene stadig oop, en nooi my nader.

Net daar onthou ek van die koppie tee en vat gou ‘n slukkie. My mond is nou warm toe ek afsak tussen haar bene. Ek druk my warm tong tussen Suzi se lippies in en lek die slootjie tot op haar klit. Sy gee ‘n sug van genot toe ek haar lippies oopmaak terwyl my tong op en af dartel teen die sagte wande van haar poesie. Kort-kort vat ek ‘n slukkie tee (wat nou al koud geword het) en dan begin ek haar weer lek. Net toe die sagte kermpies harder kreune word, en ek sien ek haar oë is toe, onthou ek van die gegeurde ys op die bedkassie. Ek skuif stadig boontoe met soene oral op haar lyf, tot ek by haar volronde borsies kom. Daar kuier ek eers ‘n ruk. Suig en lek die nippeltjies, en werk toe my pad op in haar nek en eindig op haar mond, waar ons hartstogtelik soen.

Ons vat ‘n breek om asem te skep, en Suzi my vra van die Slush Puppie. “Hier kom dit nou, Juffrou,” sê ek met my eerste mond vol van die heerlike tropiese Slush Puppie. Na my mond lekker koud geword het, duik ek weer tussen haar bene in en begin aan haar klit lek. Ek suig al hoe harder en vat weer ‘n mondvol ys. Elke keer terug op haar klit, en elke keer kreun Suzi harder. Met die laaste mondvol ys steek ek my tong in haar koekie se opening en hoor hoe sy ‘n skreeu onderdruk.

Nou is ek so jags dat ek myself kwalik kan keer. Met my rotsharde paal in my hand sak ek op Suzi neer, en druk hom stadig in haar gladde nat dosie in. Sy kreun weer hoe dieper ek my voël indruk, en ons begin ritmies pomp. Met haar warm asem in my nek en sagte kreune in my oor werk sy my so op dat ek amper te vinnig kom. Ek sê vir haar om net ‘n oomblik te stop ... ek wil asem skep. Ons soen eers weer mekaar tot ek voel die opbou van die klimaks het verdwyn.

Daarna begin ek met hernude ywer, en vinnig vind ons liggame mekaar se ritme. Suzi kyk my diep in die oë en ek hoor haar asemhaling harder word. Ek pomp nou ook al harder, want ek kan voel sy begin ‘n orgasme opbou. Die harde asemhaling het omgeskakel na ligte kreune. Die tempo tel op en ek voel hoe ons lywe al warmer teen mekaar druk. Haar kreune word nou onderdrukte gille toe ek ‘n rilling deur haar lyf voel trek. Suzi se orgasme is nou naby terwyl ek my paal so hard en diep moontlik in haar sagte lyfie instamp. Met een laaste gil gaan haar liggaam oor in spasmas, en sy gryp my styf vas. Vir ‘n oomblik voel ek haar naels in my rug, maar sy los weer vinnig.

My eie klimaks het weer begin opbou uit my tone uit. Stadig, terwyl ons nou hard en dringend pomp, kruip dit teen my kuite en in my rug op. Ek weet ek kan nie langer uithou nie en gee een laaste harde stamp. Die damwal bars hier binne-in my eiers, en ek spuit my saad diep in haar warm grot van genot.

Uiteindelik kom ons in mekaar se arms te lande, en lê ‘n paar minute so, totdat ek hoor hoe haar hartklop begin bedaar. So lê ons woordeloos vir ‘n paar minute en waardeer net mekaar se nabyheid.

Na ‘n paar minute se rustigheid begin ons weer gesels. Sy draai op haar sy na my toe, en ek op myne en so verwyl ons die minute terwyl ons na mekaar toe kyk en gesels. So rukkie later staan ons albei op en stap sommer so kaal terug kombuis toe vir iets om te drink. Suzi verskoon haarself en gaan stort en ek gooi koeldrank in. Op die ingewing van die oomblik besluit ek om haar koeldrankie badkamer toe te vat. Sy het die deur oop gelos en ek sien haar sexy silhoeët agter ‘n glasstortmuur wat toegewasem is. Sensueel smeer sy haar slanke lyf seep en vir ‘n oomblik staar ek net na die toneel hier voor my, asof dit in ‘n fliek is.

Suzi moes my die heeltyd gesien het, want baie verleidelik sê sy: “Kom in ... die water is lekker.” Ek laat my nie twee keer nooi nie en maak die glasdeur oop, en word verwelkom deur ‘n blinkgladde nat lyf en ‘n groot glimlag. Kyk, die girl is “hot”, en sy weet hoe om ‘n man jags te maak. Suzi steek haar arms na my uit toe ek in die stort klim, en ek gaan staan styf teen haar. Die water spoel nou oor ons al twee en ek voel die seepgladde kurwes van haar lyf teen my. Ek maak sommer die sjampoebotteltjie oop en begin om haar blink nat lyf te smeer. Ons monde vind mekaar in die stortvloed van water terwyl ons hande liggies oor mekaar se lywe speel. Sy vat nog seep in haar handjies en begin my voël masseer met die verskoning dat sy hom was. Onmiddellik is daar reaksie in my onderlyf, en ons raak al twee bewus van die onskuldige junior wat nou kloppend verander in ‘n monster van ‘n horing.

Opgewonde sê sy: “Lyk my jy is reg vir ‘n tweede ronde.” Ek is self opgewonde oor die vinnige herstel, en stel voor dat ons weer kamer toe gaan. Laggend stap ons kaal terug kamer toe en speel met mekaar die heelpad. Die gevolg is dat ek nie my ereksie verloor het nie, en ek klim sommer dadelik op die bed. Suzi is nog heerlik nat van die stort, want ons het nie eers gebodder om af te droog nie. Sy kom klim op die bed by my met die koppie Slush Puppie wat nog steeds langs die bed op die kassie staan. Ek het al vergeet van die goed!

Ondeund vat sy ‘n mondvol van die sagte tropies-gegeurde ys terwyl sy onderlangs vir my loer. Ek weet onmiddellik wat kom toe sy oor my buk en my klipharde paal in die een hand vat. Sy maak haar mond net effens oop sodat die ys nie uitval nie, en begin my te suig ... Wow, wat ‘n sensasie na die warm stort. Eers die koue tong, toe word dit al warmer in haar mond soos die sagte ys smelt, en dan die hitte van haar keel as sy al hoe dieper ingaan op my voël. Suzi herhaal die proses so ‘n paar keer tot ek dit nie meer kan hou nie. My hande is oral oor haar lyf terwyl ek kort-kort ‘n paar vingers oor haar pragtige klein dosie laat gly, en ek voel hoe nat sy van binne af geword het.

Dit was tyd vir ronde nommer twee toe ek haar omdraai en bo-op haar klim. Gretig maak sy haar bene oop, en vir ‘n oomblik sien ek haar binnelippies blink van die liefdesappe. Vir ‘n tweede keer die oggend druk ek my polsende paal in haar sagte dosie. Sy gee ‘n heerlike sug toe ek die volle agt duim tot diep binne-in haar laat sak. Sy ontmoet my met haar heupe wat nou op en af beur, terwyl ons mekaar se liggame vind. Die tweede ronde hou mos altyd langer, want die sakkies is mos nou leeg en die dringendheid nie meer daar nie. Vol selfvertroue dat ek nie gou gaan kom nie, maak ons liefde vir enkele minute lank, totdat ek haar sexy kreune weer begin hoor. Dit por my aan en ek begin al vinniger en harder pomp. My arms word lam, maar ek gaan nie nou my ritme of posisie verander nie. Suzi kreun nou met elke asemteug, hard en onbeheers. Haar bene klamp styf om my heupe toe ek ‘n ligte siddering deur haar lyf voel stroom. Die pragtige stywe borsies bons prettig op en af, in tyd met ons ritme. Skielik hou sy op kreun. Met haar oë styf toe lyk dit of sy asem ophou ... toe ontsnap ‘n gil uit haar keel. Haar klimaks hou ‘n rukkie aan, want ek hou nie op stoot nie, en elke beweging laat haar snak na haar asem.

Sy maak haar oë oop en smile vir my. Ek onthou hoe haar glimlag my aandag getrek jare terug ... en hier lê sy nou onder my met dieselfde smile.

Ek het nog nie weer gekom nie, maar hou net sagkens ons ritme aan die gang. Suzi vra of ons kan omdraai, want sy wil nog doggy-styl ook doen terwyl ek nog hard is. Dit is natuurlik een van my gunstelingposisies met haar, want sy het lang bene en ‘n pragtige “gap” tussen haar bobene en boudjies. Sonder seremonie trek ek my glibberige voël uit haar uit, en sy draai om en gaan lê met haar kop op die kussings en heupe in die lug. Vinnig neem ek posisie agter haar in en verstom my eers aan die mooi toneel. Haar boudjies wyd uitmekaar, en ‘n glimmende nat dosie met lippies wat opgeswel en oopgevlek staan en wag vir my.

Dadelik staan ek nader en laat glip die monsteragtige pers voëlkop in haar poesie. Weer sug sy al kreunend toe ek my paal diep in haar instamp. Haar heupe druk parmantig hard terug teen my voël, en ek voel ek is nou baie diep in haar. Die gevoel is oorweldigend en ‘n klimaks bekruip my weer vanuit my bene. Dit laat my vinniger pomp toe die hoendervleis teen my rug opkruip. Ek probeer nie eers terug hou toe die klimaks my oorval nie, en gee my net oor aan die oomblik. Onophoudelik spuit ek my sappe tot diep in haar sexy dosie. Dan hoor ek ‘n onderdrukte gil uit die kussing kom. Sy het waaragtig nog ‘n orgasme gehad!

Hierdie keer het ons onsself oortref. Bewerig gaan lê ek op haar rug toe sy haar bene laat sak met my voël nog steeds in haar. Uitasem lê ons ‘n rukkie so in die nagloei van ongelooflike seks.

Hierdie girl is “one of a kind” en ek voel so ongelooflik bevoorreg om haar as ‘n skelmpie en beste vriendin te hê.

The post LêNet: Slush Puppie “treatment” appeared first on LitNet.


’n Kwantifisering van kleinwêreldsheid in Afrikaanse kultuurnetwerke in vergelyking met ander komplekse netwerke

$
0
0

’n Kwantifisering van kleinwêreldsheid in Afrikaanse kultuurnetwerke in vergelyking met ander komplekse netwerke

Burgert A. Senekal, Eenheid vir Taalfasilitering en Bemagtiging, Universiteit van die Vrystaat

LitNet Akademies Jaargang 12(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Kleinwêreldsheid is een van die belangrikste konsepte in die teorie van komplekse netwerke, soos deur Watts en Strogatz (1998) geïdentifiseer en deur Humphries en Gurney (2008) gekwantifiseer. Hierdie artikel stel ondersoek in na die kleinwêreldverskynsel in Afrikaanse kultuurnetwerke met spesifieke verwysing na die Afrikaanse filmbedryf en die Afrikaanse literêre sisteem. Netwerke van verskillende tydperke en behorende tot verskillende genres word ondersoek, en kleinwêreldsheid (S) word in navolging van Humphries en Gurney (2008) vir hierdie netwerke bereken en ook vergelyk met ander komplekse netwerke wat reeds in die buiteland bestudeer is. Daar word aangedui dat alle Afrikaanse kultuurnetwerke wel kleinwêreldnetwerke is met S> 12, maar ook dat daar beduidende verskille bestaan tussen die verskillende filmnetwerke aan die een kant en literêre netwerke aan die ander kant, veral ten opsigte van oorganklikheidskoëffisiënte (C) en die verhouding tussen die gemiddelde pad (L) van hierdie netwerke en hul Erdös-Rényi-ekwivalente (onderskeidelik Crand en Lrand). Voorstelle word ook vir verdere navorsing gemaak.

Trefwoorde: Afrikaanse film, Afrikaanse kultuur, Afrikaanse literatuur, kleinwêreldsheid, komplekse netwerke, literêre sisteem, Watts en Strogatz


A quantification of small-worldedness in Afrikaans cultural networks in comparison with other complex networks

Abstract

Since the late nineties of the last century the theory of complex networks has become an indispensable approach to complex systems and has found applications in almost every field of science. One of the main findings of the study of complex networks that has emerged since the nineties is that the majority of networks are characterised by the so-called small world phenomenon. Watts and Strogatz’s seminal study (1998) was inspired by Stanley Milgram’s famous “six degrees of separation” study (1967), where Milgram suggested that anyone can reach almost anyone else in an average of just six steps. Watts and Strogatz established a model that postulates that nodes can reach other nodes in a network in a short path, on average, even if it is not a social network as in Milgram’s case, and that a high degree of clustering or transitivity occurs between nodes. In order to determine small-worldedness the average path length (L) and transitivity (C) within the network has to be compared with a network of the same size (in terms of both the number of nodes and the number of edges), as constructed using the Erdös and Rényi (1960) network model, in other words where link formation occurs at random. According to Humphries and Gurney (2008), a small world network is then characterised by the fact that LLrand and C >> Crand. Humphries and Gurney (2008) also suggest a more precise manner in which small-worldedness can be quantified, namely the small world index (S), which quantifies the relationship between L and Lrand and between C and Crand. They suggest that networks where S > 1 can be called small world networks. However, cases where 1 ≤ S ≤ 3 are borderline cases, and therefore S ≥ 3 can be taken as a statistically significant result showing a clear small-worldedness.

Newman (2003; 2010) distinguishes between four types of networks: biological, technological, information and social networks. The small world phenomenon occurs in all four types, and Humphries and Gurney’s (2008) study also found that all 27 networks for which they calculated S (and covering all four types of networks) were small world networks.

The international film actor network is one of the most studied networks from a physics point of view, which is included, for example, in a variety of studies published in Physica A. Locally, some aspects of the Afrikaans film industry and film actor network have been studied as a complex network (Senekal 2015), but there has been little investigation into the incidence of small-worldedness in other cultural networks, such as the literary system. Literature operates within a system that includes not only literary works and writers but also publishers, critics, literary scholars, newspapers, journals and so on, and it is in this “web” (Senekal 1987:44) of interactions that a literary work arises, exists, and is preserved for posterity in literary histories. Much has been written about the literary system (e.g. Even-Zohar 1979; 1990), and especially about the Afrikaans literary system (Senekal 1987; Venter 2006; Kleyn 2013), and the Afrikaans literary system has been studied as a network (e.g. Senekal 2014b), but the small world phenomenon has not been studied in detail with reference to any literary system (whether Afrikaans or any other language), and nor has the small world phenomenon yet been quantified with respect to any Afrikaans cultural network.

This article investigates the small world phenomenon in Afrikaans cultural networks – in following Watts and Strogatz's (1998) seminal study – and the average path length (L) and average transitivity (C) is calculated for a number of Afrikaans cultural networks, including the literary system and the Afrikaans film industry. Networks dating from different periods are investigated, as well as across genres where the literary system is involved, and where the Afrikaans film industry is examined, the investigation is not limited to the film actor network as in foreign studies, but the whole film industry is taken into account, which includes every person credited with a contribution to almost every film. Following Muller, Destexhe and Rudolph-Lilith (2014), Humphries and Gurney’s (2008) quantitative index of small world networks (S) is then used to determine whether Afrikaans cultural networks really are small world networks, and if so, to what extent this is the case.

The following table represents the findings of the current study, and indicates the network that has been studied, the number of nodes (n), number of edges (m), average path length (L) and transitivity (C), as well as average path length and transitivity of the equivalent network as constructed using the Erdös and Rényi random network model (Lrand and Crand respectively), as well as the small world index (S) as calculated by following Humphries and Gurney (2008).

Network n m L Lrand C Crand S
Drama system 1900–1978 504 1172 3,580818 4,238775 0,122 0,008 18,05211
Film actor network 1994–2014 1866 88023 2,352675 1,957395 0,937 0,051 15,2857178
Film industry 1916–2013 529 2364 3,765815 3,101098 0,818 0,016 42,10076
Film industry 1994–2014 6274 805103 2,167235 1,959111 0,92 0,041 20,2841595
Literary system 1900–1978 1276 5300 3,240170 3,619095 0,191 0,007 30,47667
Literary system 1961–1976 615 2459 3,053279 3,32416 0,176 0,012 15,96786
Poetry system 2000–2012 313 804 3,198585 3,687381 0,2 0,018 12,80907
Poetry system 1900–1978 605 1931 3,266633 3,65614 0,13 0,01 14,55009
Prose system 1900–1978 798 2627 3,219973 3,746289 0,217 0,006 42,07824

 

It was found without exception that S > 12, which means that the Afrikaans cultural networks that were investigated not only are all small world networks, but also that there are no borderline cases: all these networks are undoubtedly small world networks, and Svalues lie in the range 12 ≤ S ≤ 43. As such, it is the first quantification of small-worldedness in Afrikaans cultural networks. It was also found that Afrikaans literary networks differ considerably from the Afrikaans film networks, because C is consistently lower for the literary networks, and L < Lrand in literary networks, while film networks follow the more typical LLrand pattern. Film networks generally exhibit a higher degree of transitivity, which identifies them as social networks, while the lower transitivity in literary networks suggests that these should rather be classified as information networks. The Afrikaans prose network from 1900 to 1978 is also singled out in the article as the literary network where the largest difference exists between C and Crand, which means that triangles occur more frequently in this network than in other literary networks. In practice, this means that if person A writes about the work of B and C, there is a significant probability that B and C will also discuss each other’s works. Prose writers are found to be more likely to participate in discussions on other literary works than playwrights or poets.

There are still many Afrikaans cultural networks that have not been analysed as networks, including the music industry and theatre (especially as found at Afrikaans cultural festivals). One could also study film, music, theatre and literature together to get an overall picture of the structure of the Afrikaans cultural network. This article represents the largest study of Afrikaans cultural networks to date, but suggestions are made for further research that will seek to map and study the whole Afrikaans cultural milieu.

Keywords: Afrikaans culture, Afrikaans film, Afrikaans literature, complex networks, literary system, small-worldedness, Watts and Strogatz

 

1. Inleiding

Een van die sleutelwoorde van die hedendaagse wêreld is netwerke. ’n Groot aantal mense behoort tot sosialenetwerkwebwerwe soos Facebook en Twitter, of selfs professionele sosialenetwerkwebwerwe soos LinkedIn, skakel met mekaar deur middel van selfoonnetwerke, kry inligting op die wêreldwye web nadat hulle met die internet geskakel het, ens. As gevolg van tegnologie het die wêreld meer verbind geword: vervoernetwerke maak dit moontlik om ’n wêreldburger te wees (of soms om siektes vinniger te versprei), inligtingsnetwerke maak dit moontlik om ’n groot hoeveelheid inligting wat bykans enige plek ter wêreld gehuisves kan word, maklik op te spoor, en sosiale netwerke strek oor landsgrense en vastelande soos nog nooit vantevore nie. Hierdie alomteenwoordigheid van netwerke het ook die besef in die wetenskap laat posvat dat interafhanklikheid en verbindings iets is wat met meer deeglikheid binne die wetenskap bestudeer moet word, en Steven Strogatz – een van die fisici wat ’n belangrike rol in die opkoms van die hedendaagse netwerkteorie gespeel het – stel voor dat dit onder andere hierdie besef van die alomteenwoordigheid van netwerke is wat daartoe bygedra het dat die teorie van komplekse netwerke so ’n belangrike benaderingswyse in die hedendaagse wetenskap geword het (Strogatz 2004:230).

Netwerke is deur die 20ste eeu deur onder andere Moreno (1934), Lewin (1939), Erdös en Rényi (1960) en Milgram (1967) bestudeer, en vorm ook deel van die Algemene Sisteemteorie soos deur Von Bertalanffy (1968) voorgestel. Sedert die laat negentigerjare van die vorige eeu het sommige fisici, soos Duncan Watts (Watts en Strogatz 1998; Watts 1999); Albert-Lázló Barabási (Barabási en Albert 1999; Barabási, Albert en Jeong 1999); en Mark Newman (Newman 2001; Newman, Strogatz en Watts 2001) die voortou geneem in die bestudering van komplekse netwerke, en Barabási (2011:15) skryf dat die netwerkteorie, veral soos toegepas deur fisici, die teorie van kompleksiteit “gekaap” het: die Institute for Scientific Information (ISI) het byvoorbeeld onlangs aangedui dat twee publikasies oor komplekse netwerke (Watts en Strogatz 1998; Barabási en Albert 1999) onder die tien mees aangehaalde publikasies op dié lys is (Barabási 2011:15). Die teorie van komplekse netwerke het dan ook sedert die laat negentigerjare ’n onmisbare benaderingswyse tot komplekse sisteme geword en toepassings in byna elke veld in die wetenskap gevind.

Een van die belangrikste bevindings van die studie van komplekse netwerke wat sedert die negentigerjare na vore gekom het, is dat die meerderheid netwerke gekenmerk word deur die sogenaamde kleinwêreldverskynsel, of kleinwêreldsheid (“small-worldedness”). Watts en Strogatz se seminale studie (1998) – wat Muller, Destexhe en Rudolph-Lilith (2014:105004) “the pinnacle of network science” noem – is geïnspireer deur Stanley Milgram se bekende “six degrees of separation”-studie (1967), waar Milgram voorgestel het dat enigeen enigiemand anders binne slegs ses stappe kan bereik.1 Watts en Strogatz het ’n model daargestel wat postuleer dat nodusse in ’n netwerk enige ander nodus gemiddeld met ’n kort pad kan bereik, al is dit nie ’n sosiale netwerk soos in Milgram se geval nie, en dat ’n hoë mate van groepsvorming of oorganklikheid tussen nodusse voorkom. Kleinwêreldsheid is een van die mees wydverspreide kenmerke van netwerke; Strogatz (2004:256) skryf:

In the past five years, the new ideas of small-world and scale-free networks have triggered an explosion of empirical studies dissecting the structure of complex networks. In case after disparate case, when the flesh is peeled back, the same skeletal structure appears from within. The Internet backbone and the primate brain – both small worlds. So are the food webs of species preying on each other, the meshwork of metabolic reactions in the cell, the interlocking boards of directors of the Fortune 1,000 companies, even the structure of the English language itself.

Newman (2003; 2010) onderskei tussen vier soorte netwerke: biologiese, tegnologiese, inligtings- en sosiale netwerke. Biologiese netwerke sluit in neurale netwerke, voedselwebbe, metaboliese prosesse en proteïeninteraksies, en op hierdie gebied het die teorie van komplekse netwerke reeds tot vele bruikbare insigte gelei. Die studie van neurale netwerke het byvoorbeeld gelei tot insigte rakende depressie (Korgaonkar e.a. 2014), skisofrenie (Alexander-Bloch e.a. 2012) en epilepsie (Bartolomei e.a. 2013).

Tegnologiese netwerke sluit in die internet en vervoernetwerke, en hier is internasionale skeepsvaartroetes, lugvaartroetes en padnetwerke reeds breedvoerig bestudeer. Een van die belangrikste toepassings van die netwerkteorie op vervoernetwerke is natuurlik om die verspreiding van siektes te bestudeer, veral gesien in die lig van onlangse epidemies soos SARS, H5N1 en ebola.

Inligtingsnetwerke sluit in taal, verwysingsnetwerke in wetenskaplike velde en die wêreldwye web. Met behulp van die netwerkteorie kan die verwysingsisteme binne ’n dissipline gekarteer word en die belangrikste outeurs uitgelig word, die struktuur van die wêreldwye web kan ondersoek word, en ook hoe ’n taal as ’n komplekse sisteem funksioneer.

Sosiale netwerke sluit vriendskapsnetwerke, ekonomiese netwerke en mede-outeurskap van wetenskaplike publikasies in. Veral ten opsigte van die ekonomie is ’n verskeidenheid studies reeds onderneem om vas te stel hoe die wêreldekonomie saamgestel is, asook hoe lande se aandeelhouernetwerke en maatskappydirekteurnetwerke funksioneer. Mede-outeurskappe in wetenskaplike publikasies dui ook op hoe samewerking binne die wetenskap plaasvind en dissiplinêre en institusionele grense oorskry word, en een van die netwerkteorie se gunsteling-studieobjekte is hier Pál (Paul)2 Erdös se mede-outeurskap. Erdös het meer as 1 400 vakkundige artikels in sy leeftyd gepubliseer, ’n groot aantal daarvan saam met mede-outeurs, en sy legendariese posisie is ook verewig deurdat hy een van die belangrikste netwerkmodelle saam met so ’n mede-outeur saamgestel het: Alfréd Rényi (1960).

Die kleinwêreldverskynsel kom by al vier soorte netwerke voor – soos Strogatz hier bo te kenne gee – en Humphries en Gurney (2008) se studie het ook bevind dat al 27 netwerke waarvoor hulle kleinwêreldsheid kon bereken (en wat oor al vier soorte netwerke strek), kleinwêreldnetwerke is. Kleinwêreldsheid het deur Watts en Strogatz (1998) ook ’n belangrike rol in die opkoms van die hedendaagse netwerkteorie gespeel. Dit is egter nie slegs van belang vir die teorie van komplekse netwerke op sigself nie: kleinwêreldsheid het ’n impak op hoe siektes, inligting en idees versprei, asook vele meer, soos Cohen en Havlin (2010:65) aanvoer:

The question of the diameter of such networks is fundamental. It is relevant in many fields regarding communication and computer networks, such as routing, searching, and transport of information. All these processes become more efficient when the diameter is smaller. It might also be relevant to subjects such as the efficiency of chemical and biochemical processes and the spreading of viruses, rumors, etc. in cellular, social, and computer networks. In physics, the scaling of the diameter with the network size is related to the physical concept of the dimensionality of the system, and is highly relevant to phenomena such as diffusion, conduction, and transport in general. The anomalous scaling of the diameter in these networks is expected to lead to anomalies in diffusion and transport phenomena on these networks.

Die internasionale filmakteurnetwerk is een van die mees bestudeerde netwerke vanuit ’n fisika-oogpunt, wat byvoorbeeld ingesluit is in ’n verskeidenheid studies wat in Physica A verskyn het (Jeong 2003; Zhang e.a. 2006; Chang e.a. 2007; Guillaume en Latapy 2006; Centola, Eguíluz, en Macy 2007; Nacher en Akutsu 2011). Plaaslik is sommige aspekte van die Afrikaanse filmbedryf en -akteurnetwerk reeds as ’n komplekse netwerk bestudeer (Senekal 2015), maar daar is nog min ondersoek ingestel na die voorkoms van die kleinwêreldverskynsel in ander kultuurnetwerke, byvoorbeeld die literêre sisteem. Literatuur funksioneer binne ’n sisteem wat nie alleen literêre werke en skrywers insluit nie, maar ook uitgewerye, kritici, letterkundiges, koerante, vaktydskrifte en dergelike, en dit is binne hierdie “web” (Senekal 1987:44) van interaksies dat ’n literêre werk ontstaan, bestaan, en vir die nageslag in literatuurgeskiedenisse bewaar word. Daar is reeds heelwat oor die literêre sisteem geskryf (byvoorbeeld Even-Zohar 1979; 1990), en veral oor die Afrikaanse literêre sisteem (Senekal 1987; Venter 2006; Kleyn 2013); en ook is die Afrikaanse literêre sisteem reeds as ’n netwerk bestudeer (byvoorbeeld Senekal 2014b), maar die kleinwêreldverskynsel is nog nie in besonderhede ondersoek met verwysing na enige literêre sisteem nie (nie met verwysing na Afrikaans of enige ander nie), en ook is die kleinwêreldverskynsel nog nie gekwantifiseer met betrekking tot enige Afrikaanse kulturele netwerk nie.

Hierdie artikel stel ondersoek in na die kleinwêreldverskynsel in Afrikaanse kultuurnetwerke – in navolging van Watts en Strogatz (1998) se seminale studie – en die gemiddelde pad en gemiddelde oorganklikheid word vir ’n aantal Afrikaanse kultuurnetwerke bereken, insluitend die literêre sisteem en die Afrikaanse filmbedryf. Ondersoek word ook ingestel na netwerke uit verskillende periodes, sowel as oor genregrense heen waar die literêre sisteem ter sprake is; en waar die Afrikaanse filmbedryf ondersoek word, word nie slegs volstaan by die filmakteurnetwerk soos in buitelandse studies nie, maar die hele filmbedryf word in berekening gebring. In navolging van Muller, Destexhe en Rudolph-Lilith (2014) word Humphries en Gurney (2008) se kwantitatiewe indeks van kleinwêreldnetwerke aangewend om te bepaal of Afrikaanse kultuurnetwerke werklik kleinwêreldnetwerke is, en tot watter mate dit die geval is. As sulks is dit benewens studies van die internasionale filmakteurnetwerk die eerste studie wat kleinwêreldsheid binne kultuurnetwerke kwantitatief presiseer, asook die eerste studie van kleinwêreldsheid met betrekking tot literêre netwerke.


2. Kleinwêreldnetwerke

Erdös en Rényi (1960) het in 1960 ’n model voorgestel vir netwerke waar skakelvorming lukraak plaasvind. Watts en Strogatz het in 1998 voortgebou op Erdös en Rényi en het hul kleinwêreldnetwerkmodel uitgewerk vir netwerke wat nóg lukraak nóg hoogs gestruktureerd is, met ander woorde netwerke wat tussen hierdie uiterstes funksioneer (Watts en Strogatz 1998:440; Humphries en Gurney 2008:e0002051; Muller, Destexhe, en Rudolph-Lilith 2014:105004). As sulks is Watts en Strogatz se kleinwêreldnetwerkmodel ’n beter model vir werklike netwerke soos dit in die praktyk aangetref word as dié van Erdös en Rényi, en hulle het ook hul model vergelyk met ’n aantal werklike netwerke, insluitend die internasionale filmakteurnetwerk, die kragvoorsieningsnetwerk in die VSA, en die neurale netwerk van Caenorhabditis Elegans, en telkens gevind dat hul kleinwêreldnetwerkmodel ’n goeie voorstelling van hierdie werklike netwerke is. Hulle voorspel ook (1998:442) dat die kleinwêreldverskynsel algemeen behoort te wees in ’n verskeidenheid biologiese, sosiale en mensgemaakte netwerke – ’n voorspelling wat deur latere studies geldig bewys is (Muller, Destexhe en Rudolph-Lilith 2014:105004).

Die gemiddelde pad in komplekse netwerke dui op die gemiddelde aantal stappe wat vanaf ’n nodus geneem moet word om enige ander nodus te bereik. Gemiddelde pad dui op die pad ten opsigte van netwerkstruktuur, nie ten opsigte van geografiese afstand nie. Neem byvoorbeeld die Gautrain-roete:

netwerk2

Figuur 1. Die Gautrain-roete as netwerk

Om vanaf Hatfield na Centurion te beweeg, behels twee stappe ten opsigte van netwerkstruktuur: Hatfield na Pretoria, en Pretoria na Centurion. Die gemiddelde pad wat enige stasie met enige ander stasie verbind, is 2,98 in hierdie netwerk. Die deursnee van die netwerk is dan die langste van die roetes wat die kortste pad tussen twee nodusse vorm; in die geval van die Gautrain-roete is die deursnee 7 (die pad wat vanaf Hatfield na Park gevolg word). Die kortste pad staan ook bekend as die geodetiese afstand (d), wat deur Durbach en Parker (2009:17) omskryf word as “the smallest number of edges in the graph that must be traversed to reach one node from the other”.

Meer formeel kan die gemiddelde pad of geodetiese afstand soos volg omskryf word: indien G ’n grafiek is met ’n stel nodusse (“vertices”) V, dui op die gemiddelde kortste pad vanaf nodus u na enige ander nodus v in G. Van Steen (2010:141) definieer die gemiddelde pad vanaf nodus u soos in formules 1 en 2:

netwerk3(1)

Die gemiddelde pad in grafiek G ( ) word dan deur formule 2 bereken.

netwerk4(2)

Die gemiddelde pad moet in verhouding tot die gemiddelde pad vir ’n lukrake netwerk van dieselfde grootte (beide ten opsigte van die aantal nodusse en die aantal skakels) gemeet word. Lukrake netwerke van die Erdös-Rényi-tipe het ook gewoonlik ’n kort gemiddelde pad, en dus is ’n kort gemiddelde pad nie op sigself ’n onderskeidende kenmerk van kleinwêreldnetwerke nie (Watts en Strogatz 1998:440; Albert en Barabási 2002:50; Zaidi 2013:52). Wanneer die gemiddelde pad egter tesame met oorganklikheid bereken word, kan ’n netwerk geklassifiseer word as ’n kleinwêreldnetwerk (Watts en Strogatz 1998:440; Borge-Holthoefer en Arenas 2010:1274; Gallos e.a. 2013:e66443; Muller, Destexhe en Rudolph-Lilith 2014:105004).

Groepsvorming (“clustering”) verwys na die tendens waar groepe binne netwerke ontstaan, met ander woorde groepe waar die nodusse wat aan ’n enkele nodus verbind is, ook onderling verbind is. Watts en Strogatz (1998) het die groeperingskoëffisiënt (CiWS) van nodus i soos in formule 3 gedefinieer:

netwerk5(3)

In formule 3 verteenwoordig Ei die aantal skakels (“edges”) tussen die bure van i en ki die aantal bure wat i het, met ander woorde die aantal direkte skakels wat i het. Die groeperingskoëffisiënt van die hele netwerk is dan die gemiddeld van CiWS oor al die nodusse (Humphries en Gurney 2008:e0002051).

Newman, Moore en Watts (2000) het ’n van groepsvorming voorgestel wat meet in watter mate driehoeke in ’n netwerk ontstaan, en dié alternatiewe definisie word soms ook na verwys as oorganklikheid (“transitivity”). Oorganklikheid meet hoe groot die waarskynlikheid is dat wanneer daar ’n skakel tussen A en B en tussen A en C bestaan, daar ook ’n skakel tussen B en C aangetref sal word. Neem byvoorbeeld die volgende voorbeeldnetwerk:

netwerk6

Figuur 2. Groepsvorming of oorganklikheid

’n Driehoek bestaan tussen A, B en C, terwyl die skakels tussen A, D en E as ’n drietal bekend staan waar slegs twee skakels tussen drie nodusse aangetref word. Groepsvorming in hierdie definisie dui op die verhouding tussen drietalle en driehoeke in die netwerk, en dui bloot op die waarskynlikheid van die vorming van driehoeke met ’n koëffisiënt tussen 0 (geen oorganklikheid nie) en 1 (volkome oorganklikheid). Oorganklikheid (C) word met behulp van formule 4 bereken (Newman 2010:200; Humphries en Gurney 2008:e0002051):

netwerk7(4)

Sosiale netwerke het gewoonlik (maar nie sonder uitsondering nie) ’n hoë oorganklikheidskoëffisiënt, terwyl ander soorte netwerke gewoonlik ’n laer oorganklikheidskoëffisiënt het (Newman 2010:200). Dit is veral ten opsigte van die oorganklikheidskoëffisiënt dat daar groot verskille tussen lukrake netwerke van die Erdös-Rényi-tipe en kleinwêreldnetwerke bestaan, waar laasgenoemde aansienlik hoër oorganklikheidskoëffisiënte as Erdös-Rényi-netwerke het (Watts en Strogatz 1998:440; Albert en Barabási 2002:49).

Kleinwêreldnetwerke word dan as sodanig geklassifiseer beide op grond van die netwerk se gemiddelde pad en op grond van die oorganklikheidskoëffisiënt, en ook deur die werklike netwerk te vergelyk met die Erdös-Rényi-weergawe van die netwerk (Muller, Destexhe en Rudolph-Lilith 2014:105004). Humphries en Gurney (2008:e0002051) skryf:

A network G with n nodes and m edges is a small-world network if it has a similar path length but greater clustering of nodes than an equivalent Erdös-Rényi (E-R) random graph with the same m and n (an E-R graph is constructed by uniquely assigning each edge to a node pair with uniform probability).

Meer formeel gestel: laat Lg die gemiddelde kortste pad in grafiek G voorstel en Cg die oorganklikheidskoëffisiënt soos in Newman, Moore en Watts (2000) se formule3 voorgestel. Laat Lrand en Crand onderskeidelik die gemiddelde pad en gemiddelde oorganklikheidskoëffisiënt van ’n Erdös-Rényi-tipe weergawe (“random network”) van die betrokke netwerk voorstel, met ander woorde ’n netwerk van dieselfde grootte (beide ten opsigte van die getal nodusse en ten opsigte van die getal skakels) waar skakelvorming lukraak plaasvind. Humphries en Gurney (2008:e0002051) stel dan voor dat ’n netwerk ’n kleinwêreldnetwerk is wanneer LgLrand en Cg >> Crand.

Uiteraard is hierdie semikwantitatiewe formulering te vaag om van veel analitiese waarde te wees, en Humphries en Gurney (2008:e0002051) stel dan formules 5, 6 en 7 voor om die mate waarin ’n netwerk ’n kleinwêreldnetwerk is, te kwantifiseer.

netwerk8(5)

 

(6)

 

Kleinwêreldsheid (S) word dan met behulp van formule 7 bereken:

netwerk9(7)

 

Die resultaat is λg ≥ 1 en γg >> 1. ’n Kleinwêreldnetwerk is dan ’n netwerk waar S > 1 (Humphries en Gurney 2008:e0002051). Gevalle waar 1 ≤ S ≤ 3 is grensgevalle, en dus kan S≥ 3 geneem word as ’n statisties beduidende resultaat wat op ’n duidelike kleinwêreldsheid dui.


3. Datastelle

Verskeie datastelle van Afrikaanse kultuurnetwerke is vir hierdie studie aangewend. In Senekal (2014b; 2013) word die hedendaagse poësiesisteem (2000–2012) as netwerk ontleed, met inagneming van digters, hul werke, uitgewerye, resensies en studies, sowel as waar daardie resensies en studies verskyn het (byvoorbeeld in koerante of op webwerwe). Die netwerk handel dus oor wie watter werke waar publiseer, en wie waar oor watter werke publiseer. Vir die berekening van die gemiddelde pad in Senekal (2014b) word egter slegs persone in ag geneem, met ander woorde die skakels in die netwerk beteken dan “wie skryf oor wie”, maar oorganklikheid is nie uitgewerk nie. Soos tydens die berekening van die gemiddelde pad word in die huidige studie ook slegs met persone gewerk, aangesien oorganklikheid nie vir die veelledige netwerk (“multipartite network”) met sy verskillende kategorieë rolspelers bereken kan word nie. Dit word gedoen omdat daar nie ’n direkte skakel tussen nodusse van dieselfde kategorie in die veelledige weergawe van dié netwerk bestaan nie, en dus kan daar geen oorganklikheidskoëffisiënt vir ’n veelledige netwerk wees nie. Kyk byvoorbeeld na figuur 3, wat voorstel hoe die veelledige netwerk saamgestel is:


netwerk10

 

Figuur 3. ’n Voorbeeld uit die hedendaagse poësienetwerk. Skrywers word in groen aangedui, uitgewerye in pers, kritici in blou, werke in seegroen, en publikasieplatforms in pienk.

Hier kan gesien word dat Brink die samesteller van Groot Verseboek was en Cloete die outeur van Heilige nuuskierigheid. Beide werke is deur Tafelberg uitgegee, en beide is deur Bernard Odendaal geresenseer. Een resensie het by LitNet verskyn en die ander in Volksblad. Indien die netwerk só saamgestel is, kan daar geen driehoeke bestaan nie, aangesien die publikasieplatforms (in pienk aangedui) nie by mekaar kan publiseer nie, net soos literêre werke (in seegroen aangedui) ook nie oor mekaar kan skryf nie.4 Om hierdie rede is die netwerk vereenvoudig na mense, waar daar ’n direkte skakel tussen Odendaal en Cloete sowel as tussen Odendaal en Brink aangedui word.

In Senekal (2014c) word die Afrikaanse literatuur vanaf 1900 tot 1978 as komplekse netwerk benader met behulp van data saamgestel vanuit Senekal en Engelbrecht (1984) en Senekal en Van Aswegen (1980; 1981), maar die gemiddelde pad en die oorganklikheidskoëffisiënt word nie bereken nie, aangesien ’n nodusvlakontleding onderneem word wat fokus op belangrike rolspelers eerder as op die netwerkstruktuur self (soos ook die geval is met die studies van die hedendaagse Afrikaanse poësie). Hierdie datastel is vergelykbaar met dié van die hedendaagse Afrikaanse poësie en bevat dieselfde kategorieë rolspelers (skrywers, werke, uitgewerye, letterkundiges en kritici, en publikasieplatforms soos koerante), maar strek uiteraard oor ’n veel langer tydperk en neem publikasies in ag wat ook binne die sfere van die drama en die prosa uitgegee is. Ook hier is op persone gefokus vir die huidige studie, met ander woorde die skakels is slegs tussen mense aangedui en beteken “wie publiseer oor wie”, soos in die geval met die poësie. In die ontleding is S vir die hele datastel uitgewerk, asook onderling vir die drama, poësie en prosa. Die periode 1961–1976 is ook onttrek ten einde te kontroleer of S nie moontlik beduidend verskil wanneer ’n ander tyd in ag geneem word nie, en hierdie tydperk is gekies omdat Roos (1998:51–72) en Coetzee (1990:32) dit as ’n aparte tydperk in die Afrikaanse letterkunde identifiseer. Coetzee beskryf hierdie tydperk as “’n krisis, die konsolidasie van wit hegemoniese mag, repressie, ’n oplewing in die ekonomie, ’n vernuwing in die Afrikaanse letterkunde”, en daarom is juis dié tydperk gekies om te onttrek: dit verteenwoordig ’n belangrike periode in die Afrikaanse letterkunde waar die letterkunde ook sterk met politieke verwikkelinge geskakel het.

In Senekal en Stemmet (2014) en Senekal (2014a) word die Afrikaanse filmbedryf vanaf 1916 tot 2013 ondersoek, alhoewel die gemiddelde pad en oorganklikheidskoëffisiënt nie hier bereken is nie, omdat die fokus weer eens val op ’n nodusvlakontleding wat die belangrikste rolspelers uitlig eerder as om die netwerkstruktuur self te ontleed. Hierdie datastel neem bykans alle Afrikaanse films in ag wat vanaf 1916 tot 2013 vrygestel is, en bevat inligting oor watter regisseurs, draaiboekskrywers, vervaardigers, kinematograwe, redigeerders en komponiste by hierdie films betrokke was. In hierdie studies is gebruik gemaak van ’n tweeledige netwerk (“bipartite network”), waar twee soorte rolspelers betrokke is: mense en films. Dié netwerk is dus ietwat eenvoudiger as die veelledige netwerke wat bestudeer is rakende die Afrikaanse literêre sisteem. Vir die berekening van oorganklikheid is dit egter weer eens nodig om die tweeledige netwerk om te skakel in ’n enkelledige netwerk, aangesien mense natuurlik bydra tot films en nie tot ander mense nie, wat beteken dat die oorganklikheidskoëffisiënt van ’n tweeledige netwerk altyd 0 is. Die omskakeling van ’n tweeledige na ’n enkelledige netwerk is gedoen soos bespreek in Zhang e.a. (2006), en dit is só gedoen dat slegs mense in ag geneem word. Die skakels tussen mense beteken dan “het saamgewerk met” (meer besonderhede oor die omskakeling, asook oor tweeledige en enkelledige netwerke, word in Zhang e.a. (2006) en Senekal (2015) bespreek).

In Senekal (2015) word die hedendaagse Afrikaanse filmbedryf (1994–2014) ontleed, met inagneming van die Afrikaanse filmakteurnetwerk sowel as die hele bedryf (insluitend alle rolspelers wat hierby betrokke is, nie slegs dié wat in Senekal en Stemmet (2014) en Senekal (2014a) betrek is nie), en die gemiddelde pad en oorganklikheidskoëffisiënt word vir beide netwerke bereken, maar nie S nie. Let daarop dat hierdie datastel aansienlik meer gedetailleerd is as dié van 1916–2013, met inagneming van selfs ekstras, grimeerkunstenaars en assistente, en ook is akteurs self nie in berekening gebring in Senekal en Stemmet (2014) en Senekal (2014a) nie. Dié datastel bied dus ’n blik op die Afrikaanse filmbedryf in sy geheel, en ook is die data self vanaf die films saamgestel, wat beteken dat dit beide volledig én akkuraat is, anders as die studies van die internasionale filmakteurnetwerk wat in buitelandse publikasies soos Guillaume en Latapy (2006) aangetref word en staat maak op die onvolledige Internet Movie Database (www.imdb.com).5 Weer eens is die tweeledige netwerk in ’n enkelledige netwerk omgeskakel vir die berekeninge wat volg. In die berekening van S is ’n onderskeid getref tussen die filmakteurnetwerk en die hele filmbedryf, waar laasgenoemde die filmakteurnetwerk insluit en dus die Afrikaanse filmbedryf in sy geheel in berekening bring.

Vir elke netwerk wat hier ondersoek is, is die ekwivalente Erdös-Rényi-netwerk ook gekonstrueer met dieselfde aantal skakels en nodusse as die netwerk wat onder die loep geneem word.


4. Resultate

Tabel 1 verskaf die aantal nodusse (n), aantal skakels (m), gemiddelde pad (L), oorganklikheidskoëffisiënt (C) en kleinwêreldsheid (S) van ’n aantal netwerke, met S uitgewerk deur Humphries en Gurney (2008) (die klassifikasie van netwerke as sosiale, biologiese, tegnologiese of inligtingsnetwerke is ook dié van Humphries en Gurney):

Tabel 1. Kleinwêreldsheid (S) in ’n aantal netwerke, soos bereken deur Humphries en Gurney (2008)

Netwerk Soort netwerk n m L C S
Voedselweb (Huxham, Beaney, en Raffaelli 1996) biologies 135 598 2,05 0,16 7,84
Varswatervoedselweb (Martinez 1991) biologies 92 997 1,9 0,2 1,7
Proteïeninteraksies (Jeong e,a, 2001) biologies 2 115 2 240 6,8 0,072 107,85
Neurale netwerk (Kaiser en Hilgetag 2006) biologies 277 1 918 2,64 0,2 3,21
Metaboliese netwerk (Jeong e,a, 2000) biologies 765 3 686 2,56 0,09 8,18
Wêreldwye web (Newman 2003) inligting 269 504 1 497 135 11,27 0,11 3453
Medevoorkoms van woorde (Newman 2006) inligting 112 425 2,54 0,16 2,13
Roget’s Thesaurus (Newman 2003) inligting 1 022 5 103 4,87 0,13 23,54
Studenteverhoudinge
(Bearman, Moody en Stovel 2004)
sosiaal 573 477 16,01 0,005 1,34
Mede-outeurskap (Newman 2001) sosiaal 52909 245 300 6,19 0,45 2 026
Mede-outeurskap (Newman 2001) sosiaal 1520251 11 803 064 4,92 0,088 9 089
Mede-outeurskap (De Castro en Grossman 1999) sosiaal 253339 496 489 7,57 0,15 11 666
Maatskappydirekteure (Davis, Yoo en Baker 2003) sosiaal 7673 55 392 4,6 0,59 228
Filmakteurnetwerk (Amaral e,a, 2000) sosiaal 449913 2 551 6482 3,48 0,2 627
Kragvoorsieningsnetwerk (Watts en Strogatz 1998) tegnologies 4941 6 594 18,99 0,1 84,45

 

In vergelyking met die netwerke in tabel 1 verskaf ek in tabel 2 dieselfde waardes vir Afrikaanse kultuurnetwerke, asook Lrand, Crand, γ en λ:

Tabel 2. Afrikaanse kultuurnetwerke

Netwerk n m L Lrand C Crand γ λ S
Dramasisteem 1900–1978 504 1 172 3,580818 4,238775 0,122 0,008 15,25 0,844777 18,05211
Filmakteurnetwerk 1994–2014 1 866 88 023 2,352675 1,957395 0,937 0,051 18,37255 1,201942 15,2857178
Filmbedryf 1916–2013 529 2 364 3,765815 3,101098 0,818 0,016 51,125 1,214349 42,10076
Filmbedryf 1994–2014 6 274 805 103 2,167235 1,959111 0,92 0,041 22,43902 1,106234 20,2841 595
Literêre sisteem 1900–1978 1276 5 300 3,240170 3,619095 0,191 0,007 27,28571 0,895298 30,47667
Literêre sisteem 1961–1976 615 2 459 3,053279 3,32416 0,176 0,012 14,66667 0,918511 15,96786
Poësie 2000–2012 313 804 3,198585 3,687381 0,2 0,018 11,11111 0,867441 12,80907
Poësiesisteem 1900–1978 605 1 931 3,266633 3,65614 0,13 0,01 13 0,893465 14,55009
Prosasisteem 1900–1978 798 2 627 3,219973 3,746289 0,217 0,006 36,16667 0,85951 42,07824

 

Figuur 4 dui dan ’n vergelyking van L en Lrand asook C en Crand aan vir hierdie netwerke:

netwerkfiguur4

Figuur 4. ’n Vergelyking van gemiddelde pad en oorganklikheid

Hier kan duidelik gesien word dat die kenmerkende Cg >>Crand van kleinwêreldnetwerke ook vir Afrikaanse kultuurnetwerke geld, en S > 1. LgLrand geld egter nie vir alle Afrikaanse kultuurnetwerke nie, en vir Afrikaanse literêre netwerke is Lg < Lrand (LgLrand vir Afrikaanse filmnetwerke). Die waarde van S > 1 beteken dat Afrikaanse kultuurnetwerke sonder uitsondering tot die klas van kleinwêreldnetwerke behoort; en let ook daarop dat S > 12, wat beteken dat geen Afrikaanse kulturele netwerk ’n grensgeval genoem kan word nie. Die feit dat alle Afrikaanse kultuurnetwerke as kleinwêreldnetwerke beskryf kan word, beteken dat inligting maklik en vinnig in dié netwerke kan versprei: temas, style en ander invloede kan byvoorbeeld maklik in die literêre sisteem versprei, soos dit ook maklik in die filmnetwerke bekend kan word watter mense geskik sal wees vir rolle in nuwe films of watter persone ’n goeie tegniese bydrae tot ’n nuwe film sal kan lewer.

Dit is egter opvallend dat S < 43 vir enige Afrikaanse kulturele netwerk, anders as in Humphries en Gurney (2008) se berekenings, wat gereeld veel hoër is. Dit wil dus voorkom of Afrikaanse kultuurnetwerke nie in ’n ekstreme mate kleinwêreldnetwerke is nie: dit is wel kleinwêreldnetwerke tot ’n beperkte mate met 12 ≤ S ≤ 43, maar die groot waardes van S wat in Humphries en Gurney (2008) aangetref word, is nie hier teenwoordig nie, soos grensgevalle met waardes van 1 ≤ S ≤ 3 ook nie in Afrikaanse kultuurnetwerke voorkom nie. Figuur 5 toon hoe ver S-waardes verskil vir die netwerke wat in tabelle 1 en 2 voorgestel is, en onder is die vyf netwerke met die hoogste S-waardes verwyder ten einde ’n beter begrip van die verspreiding van S-waardes te kan kry. Let daarop dat die Afrikaanse kultuurnetwerke wat hier bestudeer is, almal saamgegroepeer word – Afrikaanse kultuurnetwerke se S-waardes is dus baie eenders.

netwerkfiguur5

Figuur 5. Kleinwêreldsheid in ’n aantal netwerke

Let ook daarop dat die Afrikaanse filmnetwerke aansienlik laer S-waardes het as wat die geval is vir die internasionale filmakteurnetwerk wat deur Amaral e.a. (2000) bestudeer is, en ook beduidend hoër C-waardes het. Die filmakteurnetwerke wat in Guillaume en Latapy (2006) en Watts en Strogatz (1998) bestudeer is, het egter ’n heelwat hoër oorganklikheidskoëffisiënt van onderskeidelik 0,786 en 0,79, en dus is Amaral e.a. (2000) se lae oorganklikheidskoëffisiënt die uitsondering eerder as wat die Afrikaanse filmnetwerke uitsonderings is –die hoë C-waardes van Afrikaanse filmnetwerke moet dus nie gesien word as buite die norm van filmnetwerke nie.

Kyk ’n mens na waardes van S met betrekking tot literêre netwerke, is dit duidelik dat die hoë S van die Afrikaanse prosasisteem vanaf 1900 tot 1978 die S van die hele Afrikaanse literêre sisteem van hierdie tydperk verhoog: Svir die drama en poësie is veel laer (onderskeidelik 18,05 en 14,55). Met die uitsondering van die prosa en die sisteem in die geheel is 12 ≤ S ≤ 19 vir al die literêre netwerke wat hier ontleed is, insluitend die Afrikaanse poësie, wat min verskille toon tussen die tydperk 1900–1978 en 2000–2012 (onderskeidelik 14,55 en 12,81). Hierdie geringe verskil in S-waardes is beduidend, aangesien dié twee netwerke uit verskillende tydperke dateer en S-waardes ook met behulp van verskillende datastelle bereken is. Die soortgelyke S-waardes is dus nóg die resultaat van die datastel waarmee die berekenings gedoen is, nóg ’n waarde wat eie is aan die tydperk wat bestudeer is. Die feit dat S-waardes van tussen 12 en 19 aangetref word vir enige tydperk, word verder onderskraag deur die S-waardes van 15,97 vir die literêre sisteem vanaf 1961 tot 1976: hierdie waardes is dus nie die gevolg van die bestudering van ’n spesifieke tydperk nie.

Die vraag is dan waarom die prosasisteem ’n S-waarde het wat buite die spektrum val waarbinne die ander Afrikaanse literêre netwerke aangetref word. Kyk ’n mens weer na tabel 2 en figuur 4, is dit opmerklik dat Crand van die prosanetwerk die laagste is vir al die netwerke wat hier ondersoek is (0,006), maar dat die netwerke met die tweede en derde laagste Crand-waardes – die literêre sisteem vanaf 1900 tot 1978 (Crand = 0.007) en die dramasisteem vanaf 1900 tot 1978 (Crand = 0,008) – beduidend laer oorganklikheidskoëffisiënte het as die prosasisteem (onderskeidelik 0,191 en 0,122). Dit is dus die prosasisteem se C (0,217) wat in verhouding tot Crand beduidend hoog is wat die hoë uiteindelike S-waarde tot gevolg het. C is 3 516,67% hoër as Crand in hierdie netwerk, wat in die praktyk beteken dat daar ’n groot aantal driehoeke binne die prosasisteem is waar persoon A oor B en C se werke skryf, maar ook skryf C oor B se werke of B oor C se werke. Daar is inderdaad 2 344 driehoeke in hierdie netwerk teenoor die verwagte 44 wat in die Erdös-Rényi-netwerkmodel vorm – ’n 5 227,27%-verskil. Dit is dus nie alleen die feit dat die prosasisteem die hoogste C het wat dit as die duidelikste kleinwêreldnetwerk van die literêre netwerke tipeer nie, maar juis die verhouding tussen Crand en C. Kortom beteken dit dat die Afrikaanse prosasisteem vanaf 1900 tot 1978 die Afrikaanse literêre netwerk is waar die grootste mate van kohesie vorm in die sin van groeperings waar skrywers aktief deelneem aan kritiese besprekings en studies van mekaar se werke. Hieruit kan dus gesien word dat prosaskrywers meer gereeld as digters of dramaturge aktief deelneem aan besprekings binne die literêre sisteem. Die hoogste aantal driehoeke vorm rondom André P. Brink (697 driehoeke), wat beteken dat hy die beste ingebed is in hierdie netwerk en dat sulke driehoekbesprekings tot die grootste mate rondom hom plaasgevind het.

Kyk ’n mens na ’n spreidingsdiagram van L en C vir die netwerke wat hier ondersoek is, kom ’n verdere patroon uit die verf:

netwerkfiguur6

Figuur 6. Die gemiddelde pad en oorganklikheid in Afrikaanse kultuurnetwerke

Filmnetwerke word almal saam gegroepeer met hoë C-waardes, terwyl die literêre netwerke ook saam gegroepeer word met hul laer C-waardes en ’n baie soortgelyke gemiddelde pad. Dit wil dus voorkom of Afrikaanse literêre netwerke gekenmerk word deur laer oorganklikheidskoëffisiënte as Afrikaanse filmnetwerke, wat ’n vraagteken plaas oor of literêre netwerke as sosiale netwerke geklassifiseer behoort te word. Sosiale netwerke het gewoonlik (maar nie sonder uitsondering nie) ’n hoë oorganklikheidskoëffisiënt, maar die feit dat al die Afrikaanse literêre netwerke oorganklikheidskoëffisiënte van 0,122 ≤ C ≤ 0,217 het, dui daarop dat dié literêre netwerke nie soos die meeste ander sosiale netwerke saamgestel is nie. Verdere studie sal nodig wees om al die topologiese kenmerke van Afrikaanse literêre netwerke te bepaal, maar voorlopig kan daarmee volstaan word om te noem dat dié kultuurnetwerke moontlik eerder inligtingsnetwerke genoem moet word, aangesien dit per slot van rekening in ’n literêre sisteem gaan oor die wisselwerking van inligting eerder as die interaksie tussen mense self.


6. Gevolgtrekking

Hierdie artikel het ondersoek ingestel na die kleinwêreldverskynsel in Afrikaanse kultuurnetwerke, met spesifieke verwysing na die Afrikaanse literêre sisteem en die Afrikaanse filmbedryf. Met behulp van Humphries en Gurney (2008) is die kleinwêreldsheid (S) van Afrikaanse kultuurnetwerke bereken, en daar is sonder uitsondering gevind dat S> 12, wat beteken dat die Afrikaanse kultuurnetwerke wat hier ondersoek is, nie alleen almal kleinwêreldnetwerke is nie, maar ook dat daar geen grensgevalle aangetref word nie: al hierdie netwerke is sonder twyfel kleinwêreldnetwerke. As sulks is dit die eerste kwantifisering van kleinwêreldsheid in Afrikaanse kultuurnetwerke. Daar is ook bevind dat Afrikaanse literêre netwerke heelwat verskil van die Afrikaanse filmnetwerke deurdat C deurlopend laer is vir die literêre netwerke, en ook is Lg < Lrand in literêre netwerke, terwyl filmnetwerke die meer tipiese LgLrand-patroon volg. Die Afrikaanse prosanetwerk vanaf 1900 tot 1978 is ook uitgesonder as die literêre netwerk waar die grootste verskil tussen C en Crand bestaan, wat beteken dat driehoeke meer gereeld in hierdie netwerk voorkom as in die ander literêre netwerke. In die praktyk beteken dit dat wanneer persoon A oor die werke van B en C publiseer, daar ’n beduidende waarskynlikheid bestaan dat B en C ook oor mekaar se werke in gesprek sal tree, en daar is ook aangedui dat die meerderheid sulke driehoeke rondom André P. Brink ontstaan.

Daar is steeds vele Afrikaanse kultuurnetwerke wat nog nie as netwerke ontleed is nie, onder andere die musiekbedryf en die toneel (soos veral gevind by Afrikaanse kultuurfeeste). Ook sou ’n mens die film, musiek, toneel en letterkunde saam kon ondersoek om ’n geheelbeeld te kry van wat die struktuur van die Afrikaanse kulturele netwerk is. Hierdie artikel is dus slegs nog ’n stap in ’n voortgesette poging om die hele Afrikaanse kulturele netwerk te karteer en te ontleed. Die voorsprong wat Afrikaanse navorsers het, is egter dat die kartering van die hele Afrikaanse kulturele netwerk ’n haalbare doelwit is: dié netwerk is nie só groot dat al die data nie versamel kan word nie. Afrikaans kan dus in hierdie opsig ’n toonaangewende rol in die wêreld speel deur ’n totale kulturele sisteem te karteer en te ontleed.


Bibliografie

Albert, R. en A.-L. Barabási. 2002. Statistical mechanics of complex networks. Reviews of Modern Physics 74:47–97.

Alexander-Bloch, A.F., P.E. Vértes, R. Stidd, F. Lalonde, L. Clasen, J. Rapoport, J. Giedd, E.T. Bullmore en N. Gogtay. 2012. The anatomical distance of functional connections predicts brain network topology in health and schizophrenia. Cerebral cortex, 23(1):127–38.

Amaral, L.A.N., A. Scala, M. Barthélémy, en H.E. Stanley. 2000. Classes of small world networks. Proceedings National Academy of Sciences, 97:11149–52.

Barabási, A.-L. 2011. The network takeover. Nature Physics, 8(1):14–6.

Barabási, A.-L. en R. Albert. 1999. Emergence of scaling in random networks. Science, 286:509–11.

Barabási, A.-L., R. Albert en H. Jeong. 1999. Mean-field theory for scale-free random networks. Physica A, 272:173–87.

Bartolomei, F., G. Bettus, C.J. Stam en M. Guye. 2013. Interictal network properties in mesial temporal lobe epilepsy: a graph theoretical study from intracerebral recordings. Clinical Neurophysiology, 124(12):2345–53.

Bearman, P.S., J. Moody en K. Stovel. 2004. Chains of affection: the structure of adolescent romantic and sexual networks. American Journal of Sociology, 110:44–91.

Borge-Holthoefer, J. en A. Arenas. 2010. Semantic networks: Structure and dynamics. Entropy, 12(5):1264–1302.

Centola, D., V.M. Eguíluz en M.W. Macy. 2007. Cascade dynamics of complex propagation. Physica A, 374:449–56.

Chang, H., B.-B. Su, Y.-P. Zhou en D.-R. He. 2007. Assortativity and act degree distribution of some collaboration networks. Physica A, 383:687–702.

Coetzee, A. 1990. Letterkunde en krisis. ’n Honderd jaar Afrikaanse letterkunde en Afrikaner nasionalisme. Johannesburg: Taurus.

Cohen, R. en S. Havlin. 2010. Complex networks: structure, robustness and function. Cambridge: Cambridge University Press.

Csermely, P. 2006. Weak links: Stabilizers of complex systems from proteins to social networks. Heidelberg: Springer.

Davis, G.F., M. Yoo en W. E. Baker. 2003. The small world of the American corporate elite, 1982–2001. Strategic organization, 1(3):301–26.

De Castro, R. en J.W. Grossman. 1999. Famous trails to Paul Erdös. Math Intell, 21:51–63.

Durbach, I.N. en H. Parker. 2009. An analysis of corporate board networks in South Africa. South African Journal of Business Management, 40(2):15–26.

Erdös, P. en A. Rényi. 1960. On the evolution of random graphs. Publications of the Mathematical Institute of the Hungarian Academy of Sciences, 5:17–61.

Even-Zohar, I. 1979. Polysystem Theory. Poetics Today, 1(1/2):287–310.

—. 1990. Polysystem Studies. Poetics Today, 11(1):1–94.

Gallos, L.K., F.Q. Potiguar, J.S. Andrade en H.A. Makse. 2013. Imdb network revisited: unveiling fractal and modular properties from a typical small-world network. PloS one, 8(6):e66443.

Guillaume, J.-L. en M. Latapy. 2006. Bipartite graphs as models of complex networks. Physica A, 371:795–813.

Humphries, M.D. en K. Gurney. 2008. Network “small-world-ness”: a quantitative method for determining canonical network equivalence. PloS one, 3(4):e0002051.

Huxham, M., S. Beaney en D. Raffaelli. 1996. Do parasites reduce the chances of triangulation in a real food web? Oikos, 76:284–300.

Jeong, H. 2003. Complex scale-free networks. Physica A, 321:226–37.

Jeong, H., S.P. Mason, A.-L. Barabási en Z.N. Oltvai. 2001. Lethality and centrality in protein networks. Nature, 411:41–2.

Jeong, H., B. Tombor, R. Albert, Z.N. Oltvai en A.-L. Barabási. 2000. The large-scale organization of metabolic networks. Nature, 407:651.

Kaiser, M. en C.C. Hilgetag. 2006. Nonoptimal component placement, but short processing paths, due to long-distance projections in neural systems. PLoS Computational Biology, 2:e95.

Kleyn, L. 2013. ’n Sisteemteoretiese kartering van die Afrikaanse literatuur vir die tydperk 2000–2009: Kanonisering in die Afrikaanse literatuur. Ongepubliseerde PhD-proefskrif: Universiteit van Pretoria.

Korgaonkar, M.S., A. Fornito, L.M. Williams en S.M. Grieve. 2014. Abnormal structural networks characterize major depressive disorder: a connectome analysis. Biological psychiatry, 76(7):567–74.

Lewin, K. 1939. Field Theory and Experiment in Social Psychology: Concepts and Methods. American Journal of Sociology, 44(6):868–96.

Martinez, N.D. 1991. Artifacts or attributes? Effects of resolution on the Little Rock Lake food web. Ecological Monographs, 61:367–92.

Milgram, S. 1967. The small world problem. Psychology Today, 2:60–7.

Moreno, J.L. 1934. Who Shall Survive? Washington, DC: Nervous and Mental Disease Publishing Company.

Muller, L., A. Destexhe en M. Rudolph-Lilith. 2014. Brain networks: small-worlds, after all? New Journal of Physics, 16(10):105004.

Nacher, J.C. en T. Akutsu. 2011. On the degree distribution of projected networks mapped from bipartite networks. Physica A, 390:4636–51.

Newman, M.E.J. 2001. The structure of scientific collaboration networks. Proceedings of the National Academy of Sciences, 98(2):404–9.

—. 2003. The Structure and Function of Complex Networks. SIAM Review, 45(2):167–256.

—. 2006. Finding community structure in networks using the eigenvectors of matrices. Physical Review E, 74:036104.

—. 2010. Networks. Oxford: Oxford University Press.

Newman, M.E.J., C. Moore en D.J. Watts. 2000. Mean-field solution of the small-world network model. Physics Review Letters, 84:3201–4.

Newman, M.E.J., S. Strogatz en D.J. Watts. 2001. Random graphs with arbitrary degree distributions and their applications. Physical Review E, 64(2):26118.

Roos, H. 1998. Perspektief op die Afrikaanse prosa van die twintigste eeu. In Perspektief en Profiel, saamgestel deur H.P. van Coller. Pretoria: Van Schaik.

Senekal, B.A. 2013. ’n Netwerkontleding van die Afrikaanse poësienetwerk vanaf 2000 tot 2012. Stilet, 25(2):99–124.

Senekal, B.A. 2014a. An investigation of Pierre de Wet’s role in the Afrikaans film industry using Social Network Analysis (SNA). Literator. 35(1) (geen bladsynommers nie).

—. 2014b. Canons and connections. A Network Theory approach to the study of literary systems with specific reference to Afrikaans poetry. Washington: New Academia.

—. 2014c. Olga Kirsch se posisie in die Afrikaanse literêre sisteem (1900-1978). Werkwinkel, 9(2):9–36.

—. 2015. ’n Veelvlakkige netwerkontleding van die Afrikaanse filmbedryf (1994–2014). LitNet Akademies,12(2). http://www.litnet.co.za/n-veelvlakkige-netwerkontleding-van-die-afrikaanse-filmbedryf-en-filmakteurnetwerk-1994-2014/

Senekal, B.A. en J.-A. Stemmet. 2014. The gods must be connected: An investigation of Jamie Uys’s connections in the Afrikaans film industry using Social Network Analysis (SNA). Communicatio, 40(1):1–19.

Senekal, J.H. 1987. Literatuuropvattings: “wese” en “waarhede” van ’n nuwe literêre teorie. Bloemfontein: Universiteit van die Oranje-Vrystaat.

Senekal, J.H. en E. Engelbrecht. 1984. Bronne by die studie van Afrikaanse prosawerke 1900–1978. Johannesburg: Perskor.

Senekal, J.H. en K. van Aswegen. 1980. Bronne by die studie van Afrikaanse dramas 1900–1978. Johannesburg: Perskor.

—. 1981. Bronne by die studie van die Afrikaanse digbundels 1900–1978. Johannesburg: Perskor.

Strogatz, S. 2004. Sync. The emerging science of spontaneous order. Londen: Penguin.

Van Steen, M. 2010. Graph theory and complex networks. Amsterdam: Van Steen.

Venter, R. 2006. Die materiële produksie van Afrikaanse fiksie (1990–2005): ’n Empiriese ondersoek na die produksieprofiel en uitgeweryprofiel binne die uitgeesisteem. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Universiteit van Pretoria.

Von Bertalanffy, L. 1968. General systems theory: Foundations, development, applications. New York: George Braziller.

Watts, D.J. 1999. Small Worlds: The dynamics of networks between order and randomness. Princeton: Princeton University Press.

Watts, D.J. en S.H. Strogatz. 1998. Collective dynamics of “small-world” networks. Nature, 393(6684):409–10.

Zaidi, F. 2013. Small world networks and clustered small world networks with random connectivity. Social Network Analysis and Mining, 3(1):51–63.

Zhang, P.-P., K. Chen, Y. He, T. Zhou, B.-B. Su, Y. Jin, H. Chang, Y.-P. Zhou, L.-C. Sun, B.-H. Wang, en D.-R. He. 2006. Model and empirical study on some collaboration networks. Physica A, 360:599–616.


Eindnotas

1 Die kleinwêreldverskynsel het ook in populêre kultuur neerslag gevind, byvoorbeeld die Oracle of Kevin Bacon (https://oracleofbacon.org) en die Six Degrees of Monica Lewinski-speletjie.

2 Erdös se naam word gewoonlik aangedui as Paul, maar Peter Csermely, wat, soos Erdös, van Hongarye afkomstig is, verwys na Pál (Csermely 2006:200).

3 In navolging van Humphries en Gurney (2008) konsentreer ek hier op Newman, Moore en Watts se formule. Sien ook Newman (2010:204) vir kritiek op CiWS.

4 In hierdie geval is intertekstuele verwysings nie ingesluit nie, en daarom kan boeke nie na mekaar verwys nie.

5 Die Internet Movie Database konsentreer op Hollywood-films, en alhoewel daar inligting oor filmbedrywe in ander tale is, is inligting gereeld onvolledig wanneer ander tale soos Afrikaans ter sprake is. Sien Senekal (2015).

The post ’n Kwantifisering van kleinwêreldsheid in Afrikaanse kultuurnetwerke in vergelyking met ander komplekse netwerke appeared first on LitNet.

Boekresensie: Die Ballade van Robbie de Wee en ander verhale deur Deon Meyer

$
0
0

balladerobbiedewee

Die Ballade van Robbie de Wee en ander verhale
Deon Meyer
Human & Rousseau
ISBN: 9780798169462

Deon Meyer se nuwe kortverhaalbundel, Die Ballade van Robbie de Wee en ander verhale, is eintlik nie so nuut nie. Die meeste van die stories het vantevore verskyn in Meyer se eerste bundel, Bottervisse in die jêm (1997), en verskyn weer hier in ‘n hersiene vorm.

Die Ballade van Robbie de Wee en ander verhale sluit egter vyf nuwe kortstories in, onder andere die titelverhaal: ‘n aangrypende verhaal oor ‘n jong sanger met ‘n donker geheim. Dié verhaal vertoon al Meyer se kenmerkende talente in ‘n spanningsvolle, vermaaklike speurverhaal.

Maar nie al die verhale in die bundel is so suksesvol soos “Die Ballade van Robbie de Wee” nie. Die verskil tussen die ouer verhale – amper twintig jaar oud – en die nuwes is opvallend. Hierdie vroeër verhale het ongelukkig nie goed verouder nie en sukkel om relevant te bly. Die leser sal maklik kan onderskei tussen die jonger, minder selfversekerde Meyer en die aansienlik beter verhale wat meer onlangs gepen is.  

Die verskil is voor die hand liggend as dit kom by hul temas (die meeste van die ouer verhale is liefdesverhale, terwyl die nuwer verhale oor misdaad handel), maar ook skryfstyl – Meyer is ‘n baie meer kundige skrywer in 2015 as wat hy in 1997 was, en baie van die vroeër verhale is met tye effens eenvoudig en, om eerlik te wees, vervelig.

Neem byvoorbeeld “Magriet se Krokodilletjie”, ‘n storie waarin ‘n klein Karoo-dorp se SAPD-stasiebestuurder en NG dominee ‘n tienermeisie se ma help om haar dogter te oortuig om ontslae te raak van ‘n tatoe. Want tatoes is natuurlik verkeerd. Of “‘n Man wat kan huil”, ‘n storie waarin ‘n UFS-rugbyspeler verlief raak op ‘n medestudent wat hy nog nooit ontmoet het nie en dan so vreeslik verlief raak dat hy glad nie meer rugby kan speel nie. Want dít is hoe liefde werk? Of “Helena se kortverhaal”, oor ‘n vrou wie se huwelik uitmekaar gaan val as sy nie betyds aandete kan kook vir haar man se gaste nie. Want ‘n vrou se plek is in die kombuis? Hierdie stories is almal sentimenteel en oppervlakkig, en hoort in ‘n ander eeu – wat Meyer in hierdie stories beskryf is in ‘n Suid-Afrika wat glad nie meer bestaan nie, ‘n Suid-Afrika wat ek nie seker is ooit bestaan het nie. (Dit is moontlik dat Meyer hier besig is met subtiele satire, maar ek twyfel.)

Nie al die vroeër verhale is noodwendig skuldig aan dieselfde tekortkominge nie. “Bottervisse in die jêm” is nog net so hartroerend soos wat dit in 1997 was. ‘n Onsentimentele verhaal oor ‘n siniese kunstenaar wat ‘n nuwe lus vir die lewe ontdek, danksy sy buurvrou se onbeskofte en skaamtelose seun. “Om ‘n man te vang” is soortgelyk belowend; bewyse van ‘n meer volwasse skrywer. Dis ‘n pragtige verhaal.

Maar die verhale in die bundel wat die mees belowend en aangrypend is, is die verhale waarin Meyer sy bekende romankarakters en milieus gebruik om kort, kragtige speurstories te skep. Onder andere is “Die slagter”, ‘n uitmuntende spanningsverhaal waarin Bennie Griesel ook vlugtig verskyn, uitstekend. Speurder-inspekteur Mbali Kaleni verskyn ook in verskeie van die verhale. “In die bloed” en “Die derde laai” is veral puik: vol energie, vol spanning en kontemporêr.

Op die agterblad van Die Ballade van Robbie de Wee en ander verhale belowe die uitgewer “van eerste tot laaste verhaal krul die leser se tone van pure leesplesier”. Deon Meyer-aanhangers kan uitsien na kortverhale wat inderdaad dieselfde opwinding belowe as sy romans. Wees net gewaarsku: nie elke verhaal hou by die belofte nie. Wanneer die tyd aanbreek vir die volgende kortverhaalbundel mag dit dalk nodig wees om van die verhale te hou waar hul hoort: in die verlede.

The post Boekresensie: Die Ballade van Robbie de Wee en ander verhale deur Deon Meyer appeared first on LitNet.

Filmresensie: Abraham, 'n film deur Jans Rautenbach

$
0
0

abraham250Abraham

Draaiboek en regie: Jans Rautenbach

Spelers: Dann-Jacques Mouton, Chantell Phillipus, Hannes Müller, Franci Swanepoel

Van Jans Rautenbach se uitstaande filmwerk het ek altyd net gehoor, want ek het nie sy vroeëre films gesien nie. Ná ’n stilte van dertig jaar, en danksy befondsing deur kykNET se Silwerskerm-projek, is die ou meester terug met hierdie klein groot film.

Die verhaal is gegrond op ’n werklike mens wat Rautenbach jare gelede in die De Rust-omgewing leer ken het. Abraham Soetlander was ’n plaaswerker wat beelde van draad en klei gemaak het, en sy naam hoort sekerlik by Suid-Afrika se lysie outsider-kunstenaars, waarvan Helen Martins van Nieu-Bethesda se Uilhuis moontlik die bekendste is.

’n Kenmerk van groot kuns is dat dit terselfdertyd op die persoonlike sowel as die universele vlak funksioneer. Die persoonlike in Abraham is skrynend. Dit konfronteer jou trompop met bruin plaaswerkers se armoedige lewens, die uitsigloosheid, die drankmisbruik; dit laat jou huil oor die verskriklike onreg van apartheid, oor hoe dit mense tot in die stof toe afgebreek het.

Op universele vlak resoneer Abraham se storie met elke kunstenaar wat nie verstaan word nie en wat uitgeskuif word; elkeen wat voortdurend gedryf word deur die drang om te skep; elkeen wat worstel met die onmag om deur hulle kuns uiting te gee aan hulle diepste wese.   

Vir Dann-Jacques Mouton is Abraham moontlik die rol van ’n leeftyd – tussen hom en Rautenbach het daar iets magies gebeur. Hierdie fliek is ’n meesterstuk. As jy ernstig is oor filmkuns, en veral Afrikaanse films, moet jy dit nie misloop nie.

Sterre: 5 

The post Filmresensie: Abraham, 'n film deur Jans Rautenbach appeared first on LitNet.

Boekresensie: Lafras Cuyper kanonnier deur Karl Kielblock

$
0
0

lafrascuyper280Titel: Lafras Cuyper kanonnier
Skrywer: Karl Kielblock
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485303459 

Wanneer ‘n boek wat reeds in 1964 verskyn het, heruitgegee word, spring die “waarom” soos ’n “pop-up” van ’n kinderboek op om jou as leser te konfronteer. Jy wonder waarom die uitgewer (Protea Boekhuis) hierdie besluit geneem het, veral as dit nie die uitgewer (‘n NB-druknaam) is wat dit oorspronklik uitgegee het nie. Ja, wel, Tafelberg het dit in 1970 weer uitgegee, maar dis nou 45 jaar later. Daarmee saam wonder jy of die styl dalk verouderd is en of die tema steeds relevant is.

Wat laasgenoemde betref, behoort daar nie ’n probleem te wees nie – Stevenson se Treasure Island word steeds gelees en die gewildheid van filmreekse soos Pirates of the Carribean en Black Sails lewer bewys van die post-2000 mens se fassinasie met die verbeelde romantiek van seilskepe en seerowers. Ek sê “verbeelde”, want dit was eintlik ’n harde en uitsiglose lewe, veral vir gewone matrose. Vir die skrywer van (ont)spanningsverhale is dit maklik om op die aksie te fokus en milieu en karakterontwikkeling te verwaarloos. Dit doen Kielblock nie; hoewel daar wel romantiek in Lafras se verhaal is en tragiek en versugting aan vryheid, liefde en erkenning – om iewers ongebonde te behoort – skets hy die lewe op Britse en Franse seilskepe met genoeg besonderhede vir die leser om hom of haar in die verhaal te kan inleef.

Kielblock, wat sy debuut in 1936 met Die skat van Java gemaak het (‘n boek wat ek as laerskoolkind geweldig geniet het en wat Parow se kinderbiblioteek as’t ware vir my oopgesluit het, soos daardie skatkiste wat in sulke verhale voorkom) se styl is onopgesmuk, dog kleurvol genoeg om die bladsye te laat oop- en aanrol: ‘n mens empatiseer met die jong Lafras oor die lotsbesluite wat aan hom opgedwing word en jy identifiseer met hom omdat hy ‘n soort proto-Afrikaner is – altans hy toon die eienskappe wat ons graag aan ons voorouers toeskryf: hy is edel, individualisties, skrander, hardwerkend, sterk en onverskrokke en hy kan beter skiet as enigiemand anders. Hy verteenwoordig dus die stoffasie waarvan die Boere aanmekaargesit is en hy stel gou die Britte en Franse in die skadu, beïndruk vriend en vyand (daar ontbreek wel ’n sterk en weersinwekkende antagonis sedert hy die Kaap reg aan die begin verlaat het) en soos die Afrikaner van die sestigerjare, toe hierdie boek verskyn het, geglo het, wys Lafras die wêreld gou wie’s baas op vele terreine. Hy maak ook planne, toon leierseienskappe en oorleef gevaarlike situasies, is onbaatsugtig, leer vinnig en ja, natuurlik: hy is fisies aantreklik – die bloudruk van ’n fiksieheld, want wie wil nie só wees nie? Nogtans oordryf Kielblock nie en bly dinge redelik binne die grense van die moontlike.

Deesdae word dalk meer klem gelê op “backstory”, en die hedendaagse leser sou sekerlik graag meer oor Lafras se kinderlewe aan die Kaap wou weet, soos wat sy opvoeding behels het en hoe so ’n weetgierige seun sy drang na kennis versadig het. Het hy byvoorbeeld toegang tot boeke gehad? Ons weet boeke aan die Ou Kaap was skaars, want die boedelinventarisse in die Kaapse Argiefbewaarplek, asook Karel Schoeman se beskrywings van die lewe in die Hollandse tydperk, maak dit duidelik, maar miskien sou die verhaal ’n ekstra dimensie kon hê as Lafras ’n mentor gehad het, iemand wat sy ooglopende potensiaal raakgesien het en hom aangemoedig het om homself uit te druk, soos hy wel reggekry het in ’n omgewing waar so iets selfs onder die hoër range ontmoedig was.

Die Lafras Cuyper-reeks van sewe, waarvan hierdie boek die eerste was, herinner nogal aan Alexander Kent alias Douglas Reeman se Bolitho-reeks van die sewentigerjare, wat waarskynlik deur CS Forester se Horatio Hornblower-reeks uit die 1930’s geïnspireer was. Kielblock se boeke val dus tussen Forester en Kent se reekse, tydsgewys. Gerrie Radloff (alias Gerrit van Zyl) se Oloff die Seerower-reeks rondom die 1950’s kon dalk eerder ’n aansporing gewees het, maar Kielblock se styl is minder “swashbuckling” en meer realisties, met die gevolg dat Lafras, sy effens obskure agtergrond ten spyt, meer geloofwaardig voorkom as Radloff se Oloff (of sy Zorro-agtige Buiter-karakter, wat ook groot pret was om te lees). Kielblock, wat ook etlike speurverhale geskryf het, se boeke oor die Ou Kaap is ’n waardige onderdeel van hierdie tradisie en kom heel oorspronklik voor, wat iets van sy skryfvermoë sê.

En dit was veral Kielblock se skryfvaardigheid wat my geïnteresseer het toe ek na soveel jaar weer lees oor die seun wat uit die Kaap weggeloop het en op ’n Britse oorlogskip beland het. Sou ek teleurgesteld wees? Ek het onlangs weer probeer om Fritz Deelman, Trompie en Die Rooi Ridder te lees en was teleurgesteld. Veral in laasgenoemde reeks, wat ek soveel maal oorgelees het as kind. Maar nee, Kielblock het my waarlik meegesleur – méér, verbeel ek my, as bykans 40 jaar gelede. Miskien was sy skryfstyl juis te volwasse vir my toe ek ‘n tiener was, sodat ek nou meer waardering daarvoor kan hê? Hier en daar het ek ‘n argaïsme raakgelees en op twee plekke het hy te veel verduidelik deur gelykenissies te vertel, en die skrywerstem voel ‘n bietjie soos ‘n skeidsregter wat ‘n wedstryd oorheers, maar meestal kon ek saam met die jong Lafras leer – oor hoe seilskepe werk, gevegsmetodes van toentertyd, van die wel en wee van seelui. En die romantiek van die 1800’s het my soos destyds bekoor.

Kielblock self was ’n seun uit Beaufort-Wes wat op 23 Oktober 1907 daar gebore is, dus nou 108 jaar gelede, en hy is in 1991 oorlede, ook al byna ‘n kwarteeu gelede. Tog bekoor sy Lafras Cuyper vandag steeds en ek dink die meeste van sy sowat 40 ander boeke sal ook nog die moeite werd wees om te lees. Ek voel amper skatpligtig jeens hierdie baanbreker van Afrikaanse avontuurverhale, want nadat ek as sesjarige Die Uile in die wapad deur Cor Dirks gelees het – my eerste biblioteekboek ooit – was ek gereed om my verbeeldingshorisonne te verbreed, en ek hét, deur boeke soos Lafras Cuyper kannonier.

Ek glo baie ander Afrikaanssprekende jongelinge het ’n soortgelyke pad gestap en ek hoop dit sal nou weer die geval wees. En as jy nie meer so jonk in jare is nie, maar jonk in gees, beveel ek steeds hierdie boek aan. Dit bied meer as blote nostalgiewaarde en dit voel vir my reg dat Karl Kielblock nog nie vergeet is nie. Mag hy deur sy karakters voortleef.

The post Boekresensie: Lafras Cuyper kanonnier deur Karl Kielblock appeared first on LitNet.

LitNet: Jou mite

LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes

$
0
0

Jaargang 12, Nommer 2 – Augustus 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe                                 

 

Jaargang 12, Nommer 1 – April 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 11, Nommer 3 – Desember 2014

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opoedkunde

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 11, Nommer 2 – Augustus 2014

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 11, Nommer 1 – Maart 2014

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 3 – Desember 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 2 – Augustus 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 1 – Maart 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 3 – Desember 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 2 – Augustus 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 1 – Maart 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 3 – Desember 2011

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 2 – Augustus 2011

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 1 – Maart 2011

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 7, Nommer 3 – Desember 2010

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 7, Nommer 2 – Augustus 2010

 

Jaargang 7, Nommer 1 – Maart 2010

 

Jaargang 6, Nommer 3 – Desember 2009

 

Jaargang 6, Nommer 2 – Augustus 2009

 

Jaargang 6, Nommer 1 – Maart 2009

 

Jaargang 5, Nommer 3 – Desember 2008

 

Jaargang 5, Nommer 2 – Oktober 2008

 

Jaargang 5, Nommer 1 – Augustus 2008

 

The post LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes appeared first on LitNet.

Blatante realiteit


A quantification of small-worldedness in Afrikaans cultural networks in comparison with other complex networks

$
0
0

Abstract

Since the late nineties of the last century the theory of complex networks has become an indispensable approach to complex systems and has found applications in almost every field of science. One of the main findings of the study of complex networks that has emerged since the nineties is that the majority of networks are characterised by the so-called small world phenomenon. Watts and Strogatz’s seminal study (1998) was inspired by Stanley Milgram’s famous “six degrees of separation” study (1967), where Milgram suggested that anyone can reach almost anyone else in an average of just six steps. Watts and Strogatz established a model that postulates that nodes can reach other nodes in a network in a short path, on average, even if it is not a social network as in Milgram’s case, and that a high degree of clustering or transitivity occurs between nodes. In order to determine small-worldedness the average path length (L) and transitivity (C) within the network has to be compared with a network of the same size (in terms of both the number of nodes and the number of edges), as constructed using the Erdös and Rényi (1960) network model, in other words where link formation occurs at random. According to Humphries and Gurney (2008), a small world network is then characterised by the fact that LLrand and C >> Crand. Humphries and Gurney (2008) also suggest a more precise manner in which small-worldedness can be quantified, namely the small world index (S), which quantifies the relationship between L and Lrand and between C and Crand. They suggest that networks where S > 1 can be called small world networks. However, cases where 1 ≤ S ≤ 3 are borderline cases, and therefore S ≥ 3 can be taken as a statistically significant result showing a clear small-worldedness.

Newman (2003; 2010) distinguishes between four types of networks: biological, technological, information and social networks. The small world phenomenon occurs in all four types, and Humphries and Gurney’s (2008) study also found that all 27 networks for which they calculated S (and covering all four types of networks) were small world networks.

The international film actor network is one of the most studied networks from a physics point of view, which is included, for example, in a variety of studies published in Physica A. Locally, some aspects of the Afrikaans film industry and film actor network have been studied as a complex network (Senekal 2015), but there has been little investigation into the incidence of small-worldedness in other cultural networks, such as the literary system. Literature operates within a system that includes not only literary works and writers but also publishers, critics, literary scholars, newspapers, journals and so on, and it is in this “web” (Senekal 1987:44) of interactions that a literary work arises, exists, and is preserved for posterity in literary histories. Much has been written about the literary system (e.g. Even-Zohar 1979; 1990), and especially about the Afrikaans literary system (Senekal 1987; Venter 2006; Kleyn 2013), and the Afrikaans literary system has been studied as a network (e.g. Senekal 2014b), but the small world phenomenon has not been studied in detail with reference to any literary system (whether Afrikaans or any other language), and nor has the small world phenomenon yet been quantified with respect to any Afrikaans cultural network.

This article investigates the small world phenomenon in Afrikaans cultural networks – in following Watts and Strogatz's (1998) seminal study – and the average path length (L) and average transitivity (C) is calculated for a number of Afrikaans cultural networks, including the literary system and the Afrikaans film industry. Networks dating from different periods are investigated, as well as across genres where the literary system is involved, and where the Afrikaans film industry is examined, the investigation is not limited to the film actor network as in foreign studies, but the whole film industry is taken into account, which includes every person credited with a contribution to almost every film. Following Muller, Destexhe and Rudolph-Lilith (2014), Humphries and Gurney’s (2008) quantitative index of small world networks (S) is then used to determine whether Afrikaans cultural networks really are small world networks, and if so, to what extent this is the case.

The following table represents the findings of the current study, and indicates the network that has been studied, the number of nodes (n), number of edges (m), average path length (L) and transitivity (C), as well as average path length and transitivity of the equivalent network as constructed using the Erdös and Rényi random network model (Lrand and Crand respectively), as well as the small world index (S) as calculated by following Humphries and Gurney (2008).

Network n m L Lrand C Crand S
Drama system 1900–1978 504 1172 3,580818 4,238775 0,122 0,008 18,05211
Film actor network 1994–2014 1866 88023 2,352675 1,957395 0,937 0,051 15,2857178
Film industry 1916–2013 529 2364 3,765815 3,101098 0,818 0,016 42,10076
Film industry 1994–2014 6274 805103 2,167235 1,959111 0,92 0,041 20,2841595
Literary system 1900–1978 1276 5300 3,240170 3,619095 0,191 0,007 30,47667
Literary system 1961–1976 615 2459 3,053279 3,32416 0,176 0,012 15,96786
Poetry system 2000–2012 313 804 3,198585 3,687381 0,2 0,018 12,80907
Poetry system 1900–1978 605 1931 3,266633 3,65614 0,13 0,01 14,55009
Prose system 1900–1978 798 2627 3,219973 3,746289 0,217 0,006 42,07824

 

It was found without exception that S > 12, which means that the Afrikaans cultural networks that were investigated not only are all small world networks, but also that there are no borderline cases: all these networks are undoubtedly small world networks, and Svalues lie in the range 12 ≤ S ≤ 43. As such, it is the first quantification of small-worldedness in Afrikaans cultural networks. It was also found that Afrikaans literary networks differ considerably from the Afrikaans film networks, because C is consistently lower for the literary networks, and L < Lrand in literary networks, while film networks follow the more typical LLrand pattern. Film networks generally exhibit a higher degree of transitivity, which identifies them as social networks, while the lower transitivity in literary networks suggests that these should rather be classified as information networks. The Afrikaans prose network from 1900 to 1978 is also singled out in the article as the literary network where the largest difference exists between C and Crand, which means that triangles occur more frequently in this network than in other literary networks. In practice, this means that if person A writes about the work of B and C, there is a significant probability that B and C will also discuss each other’s works. Prose writers are found to be more likely to participate in discussions on other literary works than playwrights or poets.

There are still many Afrikaans cultural networks that have not been analysed as networks, including the music industry and theatre (especially as found at Afrikaans cultural festivals). One could also study film, music, theatre and literature together to get an overall picture of the structure of the Afrikaans cultural network. This article represents the largest study of Afrikaans cultural networks to date, but suggestions are made for further research that will seek to map and study the whole Afrikaans cultural milieu.

Keywords: Afrikaans culture, Afrikaans film, Afrikaans literature, complex networks, literary system, small-worldedness, Watts and Strogatz

Lees die volledige artikel in Afrikaans: ’n Kwantifisering van kleinwêreldsheid in Afrikaanse kultuurnetwerke in vergelyking met ander komplekse netwerke.

 

The post A quantification of small-worldedness in Afrikaans cultural networks in comparison with other complex networks appeared first on LitNet.

Ruimteskip onwelkom in die Kaap

$
0
0

melckskuur650Eers het die sogenaamde sout-en-peperpot-woonstelblokke teen Tafelberg se hang die Moederstad ontsier. Toe ʼn snelweg na nêrens wat halfpad in die lug ophou. Nou dreig ʼn “ruimteskip” om op een van die stad se histories geboue te land. Daar broei behoorlik ʼn storm onder bewaarders omdat die “ruimteskip Galactica” toestemming van die stadsraad gekry het om nes te maak op die historiese VOC-graanskuur in Breestraat.

Ander meen weer die moderne glaskonstruksie wat ontwikkelaars op dié historiese gebou wil bou, lyk meer soos ’n omgekeerde skip. Jean Oosthuizen het met Julian Melck gesels om uit te vind waaroor die bohaai gaan. Hy is ʼn direkte afstammeling van die oorspronklike argitek Martin Melck wat in Julie 1746 as bouer vir die Hollandse VOC by Simonstad aan wal gekom het.

Planne om ’n moderne glaskonstruksie bo-op die geskiedkundige Melck-skuur in Breestraat te bou, het skielik die groen lig gekry – ondanks erfenisbewaarders se stryd om dit te keer en groot protes daarteen. Hoe voel jy oor die jongste besluit?

Uiters teleurstellend, om die minste te sê. En verbasing dat die burgemeester, Patricia de Lille, in stryd met die sterk openbare gevoel die ontwikkeling ondersteun. Dit is ook ʼn afjak (wat anders is dit?) aan die stadsraad se komitee oor ruimtelike beplanning, omgewing en grondgebruik (Spelum), ʼn gesiene komitee van die einste stadsraad waarvan die burgemeester die leier is.

Jy is een van die argitek Martin Melck se direkte afstammelinge. Hy het die gebou wat tussen 1764 en 1767 gebou is, saam met die Lutherse Kerk-kompleks ontwerp. Die besluit raak jou dus persoonlik ook?

Ons voorvader se voetspore trap diep in die ryke erfenis van die Kaap, en hierdie straatblok, met die Lutherse Kerk, Martin Melck-huis, en die stoor wat nou ter sprake is, is by uitnemendheid die beste voorbeeld van sy nalatenskap. Ons is trots daarop, en weet dat hierdie gevoel met ʼn breë gemeenskap gedeel word.

Jy praat dus nie net namens jouself nie, maar verteenwoordig ook verskeie belangegroepe wat teen die ontwikkeling gekant is. Wat gaan julle nou doen?

Daar sal ʼn regsproses gevolg word om die ontwikkeling te stuit. Die stryd is nie as gewonne afgestaan nie.

Presies wat is julle beswaar teen die voorgestelde ontwikkeling en wat stel julle voor?

Die voorgestelde struktuur is lelik, en vernietig die prag van die hele vierstraatblok (Strand, Bree, Waterkant en Buitengracht) – die laaste van sy soort, wat geskiedkundigheid en skaal betref, in die stad. Hierdie glas-en-staal-konstruksie, net op grond van sy massa alleen, sal die vierstraatblok nadelig oordonder. Ons stel voor dat daar op straatvlak alleenlik ontwikkel word.

Volgens Patricia de Lille se burgemeesterskomitee stem die planne en voorstelle ooreen met die stadsraad se beleid en ruimtelike beplanning. Wat is jou reaksie daarop?

Dalk is dit so, maar dan moet die stadsraad se “beleid en ruimtelike beplanning” hersien word, as hierdie tipe besluit die gevolg daarvan is.

Die stadsraad sê hulle kan nie ’n besluit van “geen ontwikkeling” ondersteun nie. Is daar dan ander maniere om die gebou te ontwikkel?

Wie onder die erfenisbewaarders sê daar moet “geen ontwikkeling” plaasvind nie? Daar is menigte voorbeelde van ontwikkeling en verandering wat in sensitiewe areas in ou stede dwarsoor die planeet plaasvind. Hier is genoeg slimkoppe in die land om die proses van kundige en bruikbare ontwikkeling te ondersteun.

Die voorgestelde glasgebou is selfs al deur jou as die “ruimteskip Galactica” beskryf. Wat is jou persoonlike gevoel oor die voorgestelde gebou?

Ek volstaan met daardie beskrywing. Hulle wil iets leliks en ongewoon in die middestad, op daardie straatblok, laat neerstryk wat nie daar hoort nie.

Die jongste besluit volg nadat die stadsraad se komitee oor ruimtelike beplanning, omgewing en grondgebruik (Spelum) die ontwikkeling afgekeur het en dit vroeër deur een van die komiteelede, Joy McCarthy, as “lelik, hard en onvergeeflik” beskryf is. Waarom dink jy dit is nou skielik goedgekeur?

Vaderland weet! Die openbare mening is so sterk daarteen. Die siniese en politieke geeste op sosiale media, asook in die openbare pers, brom nou ‘n hond uit die bos uit met bespiegelinge oor jou vraag.

Wat dink jy van die burgemeesterskomitee se stelling dat die voorstel nie ’n nadelige impak op die erfenis het nie?

Daar is oorgenoeg navorsing wat die geskiedenis en die breë samelewing se betrokkenheid deur die eeue met hierdie straatblok en sy geboue uiteensit – dit is die tasbare erfenis en nalatenskap, en nou ‘n glas-en-staal-konstruksie bo-op? Nie nadelig nie? Loutere snert!

Hulle beweer die aangepaste voorstel vir die ontwikkeling maak dit “meer sensitief” vir die historiese konteks. Jy stem duidelik nie saam nie?

Ek stem glad nie saam nie. “Meer sensitief” – volgens wie se oordeel? Die vorige 2010-poging, waarvan die beton-en-glas-geraamte brutaal was, en nou die huidige afskuwelike voorstel – hier is geen sensitiwiteit betrokke nie.

Maar waarom is julle so sterk daarteen gekant as die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (Sahra) en die provinsiale erfenisowerheid (Erfenis Wes-Kaap) die voorstel goedgekeur het?

Hulle het dit goedgekeur, ja. Ons het probleme met die proses wat gevolg is. Daar was min kans vir insette vanaf die beswaarmakers – die staldeur was al oop, en die perd gevlug toe ons op hulle besluite afkom.

Die voorstanders van die beoogde glaskonstruksie sê die voorstel sal nuwe lewe blaas in dié deel van die middestad, asook die restourasie van ’n belangrike deel van die historiese straatblok. Is julle nie maar net besig om vooruitgang terug te hou nie?

Nee, glad nie. Ons staan die voorstel teen omdat dit die straatblok juis gaan oorweldig, veral vanaf Bree-, Strand- en Waterkantstraat (die “fan walk”) gesien. Die voorstelle van die ontwikkelaars op straatvlak (let wel), waar ons as die burgery wandel, is heel aanvaarbaar. Ons maak beswaar teen die glas-en-staal-massa wat hulle teen Bree- en Waterkantstraat en bo die Melck-skuur wil oprig. Dit gaan daaroor omdat dit ook die aangesig van die Lutherse Kerk en Martin Melck-huis vanaf Strandstraat belemmer, en, met respek gesê, ook beledig.

Gaan kyk na Heritage Square, verder op in Breestraat. In die sewentigjare wou die stadsraad, as deel van ‘n nuwe ontwikkeling van rybane, hierdie geboue sloop. Vandag wemel dit van mense, Jan Alleman-hulle, met eetplekke, koffiewinkels, filmagentskappe ... so kan die Melck-skuur ook op straatvlak ontwikkel word, met sy fantastiese kommersiële ligging tussen hotelle en kantoorgeboue.

Die Augoustides-broers, wat al vyf jaar lank sukkel om die historiese gebou te ontwikkel, sê hulle het reeds baie geld aan die ontwikkeling bestee en dat dit in elk geval ʼn privaatgebou is wat aan hulle behoort en besig was om agteruit te gaan.

As jy geboue in ‘n historiese straatblok – een van die bekendste in die land – aanskaf om te ontwikkel, moet jy teëspoed vanaf erfenisbewaarders verwag. Die feit dat die geboue kwansuis verwaarloos is, en agteruitgaan, is hulle verantwoordelikheid as eienaars wat moet kyk na die behoud van die geskiedenis en prag van die plek.

So wie moet uiteindelik die skuld kry vir die heen en weer wipplankryery en waarom word daar eers een ding en dan weer iets ander besluit? Wat sit daaragter?

Wat sit daaragter? You tell me! Dit is nie ‘n kwessie van “skuld” nie – daar is prosesse en stryders betrokke, en alle moontlikhede om hierdie skending te stuit moet deurgetrap word.

The post Ruimteskip onwelkom in die Kaap appeared first on LitNet.

Julius Malema

$
0
0

Malema, my Noah’s Ark.
My Jonah’s Whale.
The Johannesburg people’s patriarch.
My country of ice cream.
He has a daughter. A son.
He has left me far behind.
I have gone retrograde in a blink.
Malema is the swimmer
In the dark. Hanging on to
Pillars of salt, glaciers and the sea
In his dreams. His goal
Is to capture his granadilla
Country repeatedly. She does
Not burn the copper pots.
She is the type of woman
That will save for a rainy day.
To me she has a kind of mysterious
Air. To me all women
Have a mysterious air.
To go on into the wild.
On that wild goose chase
Called romanticism or romantic
Love will surely mean
The death of life as I know it.
I remember the cement garden
In Johannesburg. Pity then
That I find my mouse feet,
My mouse voice, my tiny head,
In a cement bucket here in my hometown.
His head though is it full of politics.

The post Julius Malema appeared first on LitNet.

Hani, Malema, Ramaphosa, Zuma

$
0
0

Hani, Malema, Ramaphosa, Zuma (an experimental poem in twelve haiku)

A winter story – 
Even the fog is on edge.
The hanging woman.

You are all memoir –
A room filled with black silence.
Blue and black sleeper.

Here is your poem. Birch –
The moonlight crosses water.
These are my last words.

Red is my colour –
The event was the rival.
The balloons are kind.

Flower mannequin –
This is my parliament’s face.
A recluse calling.

Revenge is bittersweet –
After so many years, behold me.
A little worse for wear.

Beware. One day the earth –
It will take me. Groom me into dust.
This is the new hell.

Your apt skills are sharp –
Well they leave much to be desired.
Pain. I have to disguise it.

It feels like childbirth –
I write to become more aware.
To become a visionary.

I will live with the sun –
I will live without milk and bread.
Jesting stability.

Going to the beach.
I will wrap it up for Christmas’s sake.
Going to the church.

I really love you –
Accept it or refuse it.
This denial-denial denial.

The post Hani, Malema, Ramaphosa, Zuma appeared first on LitNet.

LitNet op TV: Wat is 'n taal?

$
0
0

Afrikaanse ikone Pieter‑Dirk Uys, André P Brink, Karen Zoid, David Kramer, Riaan Cruywagen,  Koos Kombuis, Emo Adams en Etienne van Heerden verskyn in LitNet se televisie-advertensie.

The post LitNet op TV: Wat is 'n taal? appeared first on LitNet.

Viewing all 21513 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>