Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21544 articles
Browse latest View live

Kan ek maar “preek” oorie skoene?

$
0
0

Olivia M Coetzee (foto verskaf)

Service delivery, of dienslewering, is ‘n proses wat elke een elke dag deurmaak. Dit maak nou nie saak of djy die rykste, of die armste mens in Suid-Afrika issie. Daa issie iets wat jou nie blootstel aan dienslewering of die gebrek van dittie. Hoeveel kee in ‘n dag onnerhandel mens met anne mense? Ek bedoel nou wanne djy in loep by ‘n winkel, of wanne djy by ‘n staatsgebou instap, of in lyn staan om ‘n trein ticket te koep of soe, petrol tap of wat eve djy doen, wanne djy jou geld uitgie om iets in return trug te kry.

Nou eerstens, daa is ‘n default setting wat mense het wie in service delivery wêk, vannie staat af na retail toe, en anne diensverskaffers. Ek sê soe wan ek, en soeveel anne mense wie ek ken, het die ervaringe elke dag. Die default setting is: die donkede die vel, die swakke die treatment.

Tweedens wôt daa gekyk na die voorkoms vannie mens, dan wôt daa geluiste. Dit wôt gekyk om die mens te oordeel volgens hoe skoon of veil daai mens is. Dit wôt geluiste of die mens wie praat geletterd is. Dan wôt daai mens volgens dit gebehandel. Die “dommer” die mens klink, die swakker die diens, die armer die mens lyk, die swakker die diens.

Dan laastens, as djy enige snuf in die neus kry dat wie djy mien praat, homoseksueel is, dan is die default mos “behandel-soes-dier”.

Ek vestaan elke een het haa of sy eie opinie, en elke een kan voel soes hy of sy, wil voel. Reg? Natuurlik, dis jou reg! Die ding is dié, as djy wêk innie gawement, of djy wêk in Pick ‘n Pay, of daai klein winkeltjie wat oppie hoek staan, dan wêk djy vi daai mens wat in kom loep deur jou winkel of kantoor se deure. Dissie die anne way ommie, mense issie daa om jou te smeek en te pleit om diens te kry nie, dis jou wêk.

My eeste vaste wêk na hoërskool was innie klantediensbedryf, soe ek wiet waavan praat ek. Ek het vier jaa vi een vannie grootste retailers in Suid-Afrika gewêk. Ek het die job ernstig opgevat, selfs wanne ekkie gewêk hettie. Ek het vestaan die idee agter “brand-building”. Op skool het die hoof altyd gesê die uniform wat djy dra, bly nog steeds aan jou lyf, al trek djy dit uit. Ek het dittie daai tyd vestaanie, but nou vestaan ek dit as grootmens. By my wêksplek, by daai retailer, het ek begin vestaan hoe klantediens oek ‘n groot rol speel, om ‘n brand te bou. Daa was nooit ‘n dag wat ekkie die ekstra myl geloep het om die klant spesiaal te laat voel nie. Toe ek klaar gemaakit by daai retailer, het ek daai gedrag wat ek vannie huis af gebring het, saam met my gevat. Djy treat mense soes djy wil getreat wôt.

As djy agte ‘n toonbank sit, en djy is daa om mense te help, moet djy doen wat djy moet. As djy wag om siek mense te help, dan moet djy dit doen. Djy moet diens lewer, dis net dit. Wan daa is mos nou nog ‘n iemand wat rérig die job sal waadeer as djy dittie wil hê nie.

Die ding is van dié: Hoekom is dit dat die gawement se wêkers soe slapgattig en vol fiemies is? Dit maak nou nie saak waa djy gaan nie, vannie president af, cabinet ministers, die polisiedienste, die staatsdokters en die ombeskofte vepleegstes, die klerke by Home Affairs, die sekuriteitsbeamptes, die skoonmakers, ammal het houdinge, selfs onnewysers.

Dis oral dieselle, dis soes nie een van hulle dankbaar is virrie job wat hulle hettie. Dit klink miskien dat ek amal onne die selle pen deur trek, but die experiences wat ek nou al gehad het, kan ek ‘n boek oo skryf. Soe assie skoen jou size is, ennie fit is net reg, trek dit dan maa aan. Is daa miskien iets wat dieper lê agte die staatswêkers, of die klantediensbedryf se lack aan hulle wêk doen? Miskien issit apartheid se skuld? Siende dat ôs net vi apartheid skuld gie vi alles. Wie annes ly aan die swak dienste? Ek en djy, texpayers vannie land.

Proebeer gou jouself in die situasie indink. Die situasie van publieke dienste te gebruik. Djy kan kies watter scenario dit is, van die publieke klinieke, die Departement van Home Affairs, die verkeersdepartement, wan dit maakie rêrig saak waa djy gaan nie, dis soes al die veskillende gawementplekke ‘n carbon copy is vannie vorige een. Miskien kies ek nou kant, en trek ammal onnerie selle pen deur, maar ‘n mens kan mossie stry met ervaringe nie.

Soe sê maa nou djy moet by die kliniek uitkom, wan die babietjie van jou is siek of ietsie in daai lyn. Djy kan nie private dokte loep sienie, wan dan issie hele wiek se kosgeld binne in ‘n minuut se tyd klaa, soe djy kannie daai affordie. Dis uitgesit, djy willie heeldag by die kliniek sittie, soe djy moet maa vroeg daa kom, soedat djy een vannie eeste mense is wat hulle eeste help. Onthou oek net dat die kliniek maak aguur oep, en djy issie die ienigste ene wat wil eeste gehelp wôttie. Soe djy moet maak laat djy daa uitkom. Djy staan voo drie innie oggend op om jou reg te maak om in daai lyn te loep staan. Ek bedoel nou nie om voo drie innie oggend op te staan en dan in jou kar gan klim en ry nie. Nee, voo drie, wan djy moet eede loep of public transport vat om jou te niem, daa waa djy wil wies. Soe djy maak maa vi jou klaa, djy bad, innie kommetjie of innie wasbak, of djy gaan staan onne daai stort en proebee ommie slaap uit jou oë, ore, ennie res van jou lyf te was. Djy gat maak die babietjie klaa, wattie wil rêrig opstaanie. Deurie skel met jou better half soes djy proebee om vi jou en die kleintjie aan te trek, maak djy ‘n bietjie koffie, wan dit kan miskienie laaste kee wies wat djy koffie drink voo venaand. Djy gooi ‘n paa ietgoed in jou sak, wan djy gan honge raak. Soe djy sorg dat djy daai gecover het.

Dis amper halfvyf en djy wiet dat as djy nie nou loepie, dan kan djy maa net soewel heeldag byrie kliniek gan sit. Djy stap uit en bid djy kry daai heel eeste texi wat jou hopenlik by die kliniek sal aflaai. Soes djy insukkel innie texi in, sê djy die driver ommie musiek, wat klip-hard speel, sagte te maak. Hy sê “askies mammie”, but ry aan sonner om aan daai volume-knoppie te raak. Djy kap die gaardjie innie sy en vra hulle moet by die kliniek stop. Hy sê net “ja”, but djy ken daai “ja”, wan djy het dit al soeveel kere voorheen gehoo. Djy wiet klaa dié is nou wee een van daai dae wat djy jou Jirre moet nader roep. Die plek en tyd in die storie maakie saakie – djy kan kies watte tyd djy moet die doen, of na which-ever plek djy na toe wil gan, ôs kom nog steeds by die selle punt.

Wat volgende kom, is ‘n rit van jou liewe, waa djy briek trap vannie agteste sitplek af soes jou texi-driver ommie hoeke jaag. Of wanne djy moet in ‘n trein klim waa daa nie eens space is vi jou om asem te haalie. Innie selle treine waa djy jou bestaan moet wegstiek agte jou rugsak, van bang wies djy kry jou dood. Ommat djy jou “goed”, dié wat djy soe hard voo wêk, net wil beskerm.

Nou vi baie Suid-Afrikaners is die publieke kliniek, of anne gawement service geboue, mos somme naby, naby genoeg dat djy kan stap tot daa, wan elke gemeenskap het mos dan nou sy biblioteek, polisiestasie, kliniek, sy Shoprite en Pick n Pay, en skole. Soe djy hoefie die trein offie texi te vattie, djy kan maa net loep. Dan is daa wee daai gemeenskappe wat die service soe swak is dat djy eede na ‘n anne gemeenskap se publieke-diens-verskaffers, toe gaan. Dit maak toggie rêrig saak oppie flets, of innie Skiereiland nie, loep of publieke transport is mos nou net mee “op eie risiko” dan as djy jou eie vevoer het. Daa is altyd ‘n stuk gemors wat voel hy of sy moet jou leed aandoen deur te vat wattie hulle sinne issie. Dan issit wee ‘n case van djy moet eeder met ‘n mes, of met die Bybel, kruis, en prayer-beads innie rondte loep en praat met jou Jirre, uit hoop uit dat jy sal bewaar wôt.

Na al die stres soes djy proebee om annie liewe te bly, kom djy uiteindelik by jou bestemming uit. Dankbaar dat jou Jirre jou veilig gehou en gedra het. Djy stiek jou mes trug in jou sak, of djy bêre jou Bybel, en dan gan staan djy innie lyn wat djy proebee, vermy het.

Gedierende die hele storie van reis, van punt A na B toe, is daa nie een kee wat djy tyd het om die mooi om jou te sien nie. Wan djy was te kliphard biesag om dankie te sê aan jou Jirre se growwe hand oo jou.

Soe stresvol soes jou dag begin het, is dit maa net die begin, wan nou moet djy nog gaan “ja-meneer-nee-mevrou” daa waa djy gaan instap. Djy kla nie, wan wat annes gat djy doen. Djy hettie die geld om vir bietere dienste te betaalie. Soe djy staan maa in daai lyn, en djy vekleineer maa jouself, wan uitpraat tien swak diens gaan jou nêrens kry nie.

Volgens my en anne mense is Suid-Afrika een vannie swakste lande wanne dit kom by klantediens en somme baie anne dinge. Ek het altyd gewonne, but miskien wil ôs oek te veel hê van ôs mense af. Ek mien ôs liewe mos nou in ‘n society in wat gegrond is in ubuntu, of laat ek eeder sê, dit gaan oorie community en nie net elke mens vi haa of hom selfie. Dit bedoel dat maakie saak waa djy kommie, djy gaan nog steeds getreat wôt soes een vannie gemeenskap, en nie soes ‘n klant of kliëntie. Djy wôttie gesien as ‘n kliëntie, maa as iets wat net ingestap het by hulle kantore om hulle dag swaader met wêk te laai. Djy wiet as djy in jou local slaghuis instap, dan ken djy mos die mense – hulle is familie, vriende, of bure. Dis als goed en wel, maa wat nou biesag is om te gebee, issie daai local-slaghuis-storie nie.

Ek vestaan dit oek dat daa baie kere is wat ôsie mekaa vestaanie, volgens taal of soeveel anne dinge. Dis okay, ek kan met ‘n lost-in-translation-storie wêk, but wanne dit kom by die feit dat djy my moet help, wan dis jou wêk, dan gan djy proebleme kry. Dink net hoeveel mense moet elke dag hulle malle vestand uit sukkel om te kom daa by daai gawement geboue, of hoeveel mense, maakie saak wat of wie hulle issie, gaan besoek vi ‘n Pick n Pay of Shoprite, en dan moet hulle gaan soebat om regte klantediens te kry? Dink net hoeveel gelde wôt elke dag gespandeer, deur mense soes ek en djy. Dink net hoeveel kee kry djy nie daai smile nie, of wôt djy nie gerespekteer as ‘n mens nie. Dink hoeveel kee djy al uit ‘n gawement departement uit geloep het en djy voel soes die see jou nie kan afwassie. Miskien is dit heeltemal nie jou experience nie, en djy kry altyd regte treatment. Djy’s dan een vannie gelukkiges, en djy moet dan help laat ôs oek ‘n bietjie van daai sonskyn kry.

Ek weet dié is ‘n baie ongemaklike storie, maa hoe gaan ôs dan beginne staan na ‘n bietere liewe toe wanne niemand wil buk voorie anne ene nie? Ek praat nou nie hie vannie apartheid tactics van divide-en-rule nie, ek praatie vannie een ras moet voo die anne ene gan staan en sê “Ja-baas-nee-baas” nie. Dis ampe dat soes om menslikheid te wys ‘n sonde geraakit. Respek gaan ‘n vê pad. Dis hartseer om te hoo hoe onnewysers wie ôs kinners moet lei, soms deel van die proebleem is. Ek wiet oek dis te oppervlakkig om te sê dat dit hulle skuld is dat die kinners soe onodig is. Niee, daai begin by die huis. Vi my is dit, doen jou wêk. Ek het al soe baie gehoo hoe vannie staat se onnerwysers eeder swak praat van hulle leerders, of swak praat oo die wêk wat hulle doen, dan dink ek aan hoe hulle dinge kan vebeter in hulle klaskamers.

Natuurlik is die storie dieper as net om te sê but dit moet soe gedoen wôt. Nee, dit issie. Dis soe maklik soes dit, doen jou wêk, wies dankbaar en heppie vi daai job. Staatsvepleegsters en dokters is op die selle trip. Ja, reg genoeg, daa is baie-baie riedes hoekô djy kwaad raak om allien op ‘n night-shift of day-shift te moet wêk, but doen jou wêk, treat mense soes mense. Dis soes amal die plot veloor het, amal is ondankbaar oo waa hulle is. Amal wil bieter wies as die volgenne ene. Som vannie klerke by Home Affairs is erger. Dis soesie texpaye moet gaan soebat om diens te kry. Dis soes hulle nie dink aannie persoon wie voo hulle in daai stoele inskyf, of voo daai venster staanie. Djy as public servant moet optree soes dit, djy wêk vi die publiek. Ek bedoel, Zuma issie president vannie land, but wat bedoel dit om president te wies. Is hy dan nie net oek ‘n overpaid staatsamptenaar nie?

Ek wens ek kon vestaan die siekte wat ôs aan ly. Gaan dit oo djy nie rêrig wil in daai wêk wiesie? Het djy nie die regte mense-opleiding of anne opleiding nie? Is dit ‘n emosionele kompleks waamee djy deal? Of gaanit oo die hele persona wat die gawement en al sy verskeie ledemate, en oek die res van Suid-Afrika, opgetel het na ’94? Gaanit oorie mens self, die persoon wie daa staan of sit en wêk? Ek wiet rêrigie – ek wens ek het gewiet. Ek het gehoop dat ek deur al die kwaad en frustrasie kon skryf en iets kan kry om sense te maak van dié.

Rêrig dit raak amal. Djy betaal tex, djy bly oppie land, djy was gebore hie. Ôs moet ‘n anne way kry om te deal met al die seer. ‘n Goue, en ek bedoel golden, voobeeld is dié: kyk hoe het mense van allie velklere saam gestaan toe daai strome waters uitie hemels uit gekommit. Kyk hoe’t amal hande gevat ommie neks persoon te help dat niemand hoef te vedrink in daai klompie watersie. Die mense se minds het soe aan skok gely dat hulle gedink het met hulle wese, met hulle harte. “Ek treat jou, soes ek wil getreat wôt.”

Die spoed wat ôs nou op travel, is ‘n gevaarlike ene. As ôsie iets hieaan doen en die dinge wat ôs land afbring, uitroei nie, dan kan ôs maa vegiet. Dan is daa nie ‘n biete Suid-Afrika nie, dit gaan net swakker wôt.

Baie sê en dink sieke oek dat ôs oppie punt van burgeroorlog staan. Mense soes Malema maak dinge nie makliker vi Suid-Afrika nie. Ôs kan dink en sê wat ôs wil, politiek hettie mee plek innie niewe liewe van Suid-Afrika nie. Daa was niks polities van Joburg se storm nie, daa wassie ‘n Zuma, of ‘n Malema, of ‘n Helen, of ‘n Tswane nie. Dit was “ek-en-djy”, ôs help mekaa.

Ek wens net dat elke Suid-Afrikaner, maakie saak wie of wat djy is of doen nie, hulle deel sal begin doen. Dit begin alles by hoe djy met mense is, hoe djy mense treat, van jou wêkers af tot jou kliënte, tot die mense wat djy raakloep innie straat.

Ek wiet dat die trip waaop ek nou is, is ‘n trip om na ôs se Utopia te gan soek, but hoekô kan ôsie soe liewe nie? Wat vat dit van jou af ommie neks pesoon soes ‘n mens te hanteer? ‘n Mens wie ‘n ma en ‘n pa het. ‘n Mens wie gloe innie Jirre, maakie saak wat sy of hy daai Jirre noemie. Elke pad lei na die “Een” toe. Liefde vi jou medemens, dis wat ôs nodig het, maakie saak wattie. #FakeSmilesmustfall, #Disrespectmustfall. Ôs kannie net vi Zuma, die overpaid staastamptenaar, blameerie.

Hoor gou hoe lies ek 1 Johannes 3:11-17. Dit gaan oorie liefde wat ôs vi mekaa moet hê.

Liefde vi mekaar

Dis immers die boodskap wat julle vannie begin af gehoorit. Ôs moet mekaa liefhê. Moenie soes Kain wiesie. Hy was te veel in sy kop en het sy broe dood gemaak, en hoekô? Wan die way hoe hy homself gesien het, sy lyding aan ‘n emosionele kompleks. Wan hy was sleg en het slegte dinge gedoen, waa sy broe met ‘n goeie hart die pad gestappit. Julle moenie vebaas wies assie wêreld julle haatie. Ôs wiet dat ôs klaa liewe, wan ôs het mekaa lief. As djy nie die Liefde wat in jou hart is laat groei nie, dan is djy klaa dood. As djy nie Liefde innie wêreld laat groei nie, dan is djy klaa dood. Wanne djy jou medemens se aangesig haat, is djy ‘n moodenaar. Julle wiet sieke dat geen moodenaar die iewige liewe in hulle hettie. Wies soes Jesus Christus, julle wiet mos hy’t sy liewe afgelê vir ôs, wies soes hy, hy’t liefgehad tot en met sy laaste asem. Hoekô is djy dan nou biete as Jesus Christus, dat djy nie jou liewe vi jou medemens kan aflê nie? Djy wat soe die wêreld se besittings liefhet, en sien dat jou medemens suffer, hoe kan djy vi God in jou het? Waa is jou menslikheid? Waa is daai Liefde van God?

Op ie oudedom van 16 was ‘n Goodhope fm dj by ôs skool. Hy het met ‘n mic innie ronte geloep om kinnes te vra wie hulle is en waa vandaan hulle kom. Ôs almal het oppie netbalbaane se sementblad gesit. Hy’t voo my kô staan, en hy’t my gevra: “So who are you and where you from?” Heelwat op sy nerves. Ekkit hom boe oo my brille gekyk en stadig gesê: “Ek is Livy. Vannie Rive.”

Bly te kenne!

 

 

The post Kan ek maar “preek” oorie skoene? appeared first on LitNet.


Week van de Afrikaanse Roman 2016: Nacht van de Poëzie

$
0
0

Bron: https://www.youtube.com/watch?v=PMFMVxemq4Q

As deel van my deelname aan die Week van de Afrikaanse Roman die afgelope September in die Lae Lande woon ek die jaarlikse Nederlandse poësiefees Nacht van de Poëzie by. Dit is die 34ste van hierdie nagbyeenkomste, dié keer gehou in die Vredenburg-skouburg in Utrecht, ’n reusagtige ouditorium wat in die vorm van ’n omgekeerde piramide wegsink in die grond - met die verhoog heel onder en die sitplekke wat uittregter na bo. Rondom die ouditorium, de Grote Zaal, lê op twee verdiepings die uitstalruimtes, die sogenaamde Rondgangen, wat vir dié geleentheid gevul is met die uitstallings van byna dertig uitgewerye en tientalle kroegies en restaurantjies.

Ek en my begeleier, Jente Rhebergen, medewerker van die Week van die Afrikaanse Roman, swenk deur die mense wat in die Rondgangen rondstaan en -maal en skouer die naaste klapdeur na die ouditorium oop, want ons is laat. Sê nou maar ons het Marlene van Niekerk gemis? Dit is waarvoor ons van Leuven deurgejaag het, waar ek die middag nog saam met Lien Botha en Tom Lanoye moes optree, en dis nou al goed donkernag.

Dis skemerdonker in die Grote Zaal en ’n mens se blik val outomaties saam met die rokerige bane van kolligte na benede waar ’n digter – wie? – by ’n kateder staan en met ’n smal stem die lig trotseer. Kort daarna kom die applous en dan eers kry ons ’n idee van hoeveel mens daar is. Meer as tweeduisend, verneem ons later.

Tweeduisend?!

Is daar regtig soveel mense wat ’n ganske nag deur, tot ná drie die oggend, kom luister na digters wat hul verse voordra? Goed, dis nie nét poësie nie, ná elke vierde digter is daar ’n musikale interlude deur kunstenaars wat na my beskeie (en ietwat oningeligte) oordeel op hul terrein die ekwivalent is van Nederland se poëtiese toptwintig. (Dis eintlik die Lae Lande se bestes plus Marlene van Niekerk, maar laat ek nie die storie vooruitloop nie ...)

Eers gaan ons glasies volmaak en ’n bietjie deur die boekwinkels loop, want die groot kanonne kom eers ná een die oggend aan die woord. Ons het wel die versekering dat die program soos klokslag loop, met ’n streng meneer wat sy horlosie dophou. Jy sien soms hoe van die digters met die asemskep tussen die laaste twee strofes van gedig nommer vier angstig kyk na waar die tydhouer staan en maak asof hy nie naastenby so onverbiddelik is as wat almal sê nie.

Dis verstommend. Hier kry jy Anna Enquist, Eva Gerlach en Anne Vegter in ’n ry. Nederland se poëtiese kruin word oënskynlik deur vroue volgestaan. Voor die verhoog sitlê ’n klomp jonges wat lyk of hulle elke woord saam met die digters prewel en in vervoering die arms om mekaar slaan.

Die aand bring vir my twee enorme ontdekkings, die een poëties die ander musikaal. Eersgenoemde is Tjitske Janse van wie se debuutbundel, Het moest maar eens gaan sneeuwen, glo 10 000 verkoop is. Na dese weet ek hoekom: Sy knoop jou derms met haar oënskynlik naïewe verhaaltjies oor grootword en pas groot geword het. Die ander is die Israeliese folkrocker Asaf Avidan, wat met sy tatoeërings lyk soos daardie ou van Die Antwoord, maar klink soos dié van ’n dogtertjie in Poltergeist. Moenie vrae vra nie, gaan lúister net. En oor Tjitske Jansen kan ek ook maar net ’n gedig aanhaal wat gepubliseer is in ’n bloemlesing wat jy saam met jou kaartjie vir die Nacht van de Poézie gekry het (Die agtergrond hiervan is ’n katkisasieklas):

"Jezelf zijn, ik heb gehoord dat dat belangrijk is, maar ik heb geen idee wat het is.
Hoe doe je dat?" vroeg ik de dominee. "Als je een kraan vol opendraait en je bent
met al je aandacht bij het opendraaien van die kraan, dan ben je jezelf," zei hij.

Ik begreep het niet. Wat had het opendraaien van een kraan met mij te maken?
Ik rende naar huis en ging het uitproberen. Vol ovegawe draaide ik een kraan vol open.
En weer dicht. Het was de eerste keer in mijn leven dat ik een kraan opendraaide en weer dicht, met het doel mezelf te zijn. Ik vroeg me af of je verschil kon zien
tussen iemand die de kraan opendraait om haar handen te wassen en iemand
die dat doet om te weten wie ze is.

En toe kom Marlene van Niekerk. Dis asof sy regstreeks van die vliegtuig uit Suid-Afrika op die verhoog uitstap. En te oordeel aan die applous het almal vir hierdie oomblik gewag. Is sy dan só bekend in Nederland? Sy praat Nederlands en vertel inleidend en met ’n ironiese glimlaggie dat haar eerste gedig "’n klankgedig is wat syself nie verstaan nie". Dit is die openingsgedig van Kaar, "Oggend van ’n waterfiskaal", en anders as met die ander digters word die teks agter op ’n skerm geprojekteer (weer met die hulp van Jente Rhebergen agter die skerms). Die jonges voor se bekke hang oop. Voor haar volgende gedig, ’n huldiging vir Nelson Mandela getiteld "Hamba kakuhle, Madiba", gee sy uitvoerige woordverklarings en skilder die trieste Suid-Afrikaanse konteks van die gedig en lees ’n hele stukkie voor uit Long Walk to Freedom om onder meer haar gebruik van die woord "swart pimpernel" toe te lig. Sy lees. Lang applous. Toe nog ’n gedig uit Kaar, "Bejaarde met mobiel". Die gehoor lag op al die regte plekke, die applous weer uiters waarderend. Sy maak reg vir die volgende gedig, maar ...

Maar almal het vergeet van die tydhouer wat intussen agter sy skerm begin het om met sy groot plat skoensool te tik, tik, tik ... En toe die applous wegsterf, stap hy vanuit die skadu tot in die lig, daardie donker figuur, en hy beduie: Af. Al wat Marlene van Niekerk kon doen, was om wekerig te sê dat daar nog ’n gedig was, maar ... en die pad te vat.

En die skare boe. Ongelooflik, hulle boe! Die video’tjie is op Youtube te sien vir diegene wat my nie glo nie.

Soos ’n Nuwelandse rugbyskare boe as ’n ander span se skopper pale toe mik, so boe daardie Nederlanders toe Marlene van Niekerk kortgeknip word. Ek kon nie van bo af sien nie, maar ek is seker sy het tot in haar klinkende kleintoontjie lekker gekry.

Van die digters se voorlesings het geklink soos van die gebede wat ek van die Pinksterbyeenkomste van my kinderdae onthou, dor en droomloos; van hulle was héél geanimeerd, met klapwiekende arms performers in die ware sin van die woord. Of die poësie op dié manier tot sy reg kom, is sekerlik bysaak, die essensie van ’n aand soos die is stellig om jou gunstelingdigter in lewende lywe te sien en te hoor.

En toe kom Marlene van Niekerk en sy steel so wragtie die kollig!

The post Week van de Afrikaanse Roman 2016: Nacht van de Poëzie appeared first on LitNet.

Persvrystelling: ’n Hartlike uitnodiging vir nominasies vir die Jan H Marais-prys vir 2017

$
0
0

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H. Marais-prys vir 2017.

Doel van die Prys: Erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans.

Instellings as ontvangers: Die Prys is in beginsel vir natuurlike persone bedoel, maar die keurkomitee mag ook besluit om dit aan ’n instelling of vereniging toe te ken wat besonder verdienstelik is om Afrikaans as wetenskapstaal te bevorder.

Prysgeld: Die prysgeld beloop R500 000 en ’n beeldjie: Helpende Hand deur Coert Steynberg. Die prysgeld mag in ’n bepaalde jaar tussen meerdere pryswenners, soos deur die keurkomitee bepaal, verdeel word.

Oorhandiging: Jaarliks op 30 Mei (of so na as moontlik aan dié datum) te Stellenbosch.

Nie-toekenning: Dit staan die keurkomitee vry om in ’n bepaalde jaar geen toekenning te maak nie.

Aanwending van prysgeld: Na goeddunke van die ontvanger.

Die oogmerke van die Akademie as multidissiplinêre organisasie is die bevordering van die wetenskap, die tegnologie en die literatuur in Afrikaans en die kunste, asook die bevordering van die gebruik en gehalte van Afrikaans, primêr binne Suid-Afrika.

Formaat van nominasies:

  • Die voorstel moet duidelik motiveer waarom die bepaalde kandidaat/instansie vir die Prys voorgestel word. Daar moet ook duidelik aangetoon word watter uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans gelewer is.
  • Die nominasie moet deur ’n voorsteller en twee sekondante onderteken wees.
  • Die grootste mate van vertroulikheid moet gehandhaaf word. Onder geen omstandighede mag die kandidaat bewus wees dat hy/sy vir die Prys genomineer word nie.
  • Die volle name van die kandidaat, asook van die voorsteller en sekondante, landlyn- en selfoonnommers, adresse, e-posadresse moet verskaf word.
  • Die voorstel moet gesteun word deur die nuutste curriculum vitae en publikasielys van die kandidaat, indien van toepassing.
  • By die toekenning van die Prys is die keurkomitee se besluit finaal. In die geval van ’n nominasie wat nie suksesvol was nie, sal geen korrespondensie of gesprekke na die toekenning gevoer word nie – nie met voorstellers nie en ook nie met kandidate nie.
  • Met prysgeld van R500 000 wat deur die pryswenner na goeddunke bestee kan word, en ’n beeldjie van Coert Steynberg se Helpende hand, is die Jan H Marais-prys ’n gesogte toekenning.

  • Enige persoon of instansie is welkom om nominasies voor Maandag 30 Januarie 2017 in te stuur.

Nominasies sluit op Maandag 30 Januarie 2017.

Bekendmaking van die prys: Einde Maart 2017

Skriftelike nominasies vergesel van ’n volledige CV moet per gewone of e-pos of per koerier gerig word aan:

Die Hoof Uitvoerende Beampte
Privaat sak X11
Arcadia
Pretoria
0007.

Elektroniese nominasies moet gestuur word na e-posadres: akademie@akademie.co.za.

Fisiese adres vir aflewering per hand of per koerier:

Soutpansbergweg 92
Riviera
Pretoria
0084

Navrae kan gerig word aan die Hoof Uitvoerende Beampte, Dionē Prinsloo:
Tel. 086 133 3786 (kantoorure)
Sel: 082 464 6953
E-pos: dprinsloo@akademie.co.za of prins.d@netactive.co.za.

Die prys word as erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskaptaal – in enige dissipline – eenmalig aan ’n persoon of instansie by ’n glansgeleentheid op 30 Mei 2017 toegeken. In 2016 was die eerste pryswenner Hermann Giliomee van Stellenbosch.

Volledige besonderhede is ook beskikbaar op die SA Akademie se tuisblad www.akademie.co.za (onder pryse) of kontak akademie@akademie.co.za.

The post Persvrystelling: ’n Hartlike uitnodiging vir nominasies vir die Jan H Marais-prys vir 2017 appeared first on LitNet.

Interview with Dilip Menon - on Learning Zulu and monolingual universities in South Africa

$
0
0

Learning Zulu, a Secret History of Language in South Africa
Mark Sanders
Wits University Press
ISBN: 9781868148707

Questions surrounding multilingualism in South Africa are addressed in a new book by Mark Sanders, Learning Zulu, a secret history. It traces the journey of the writer from his first engagements with Zulu as a Cape Town school boy during a performance of the musical Ipi Ntombi, and the urge he developed to learn Zulu after he had settled in New York. Finding the lessons from fellow expatriates excellent though inadequate in such a foreign setting he returned to South Africa to master Zulu in a proper way. He is confronted with various issues around Zuluness, such as Jacob Zuma’s rape trial and the xenophobic riots in 2008. At the launch of the book in Johannesburg an introduction was delivered by Dilip Menon, director of the Centre for Indian Studies in Africa at the University of the Witwatersrand. Hans Pienaar sat down with Menon at the centre for an interview on matters emerging from the book and the launch.

You used the phrase “the politics of monolingualism”. Can you explain to me what you mean by that?

One of the things about the landscape of South Africa is that our universities are monolingual within a multilingual landscape. There are various ways to think about a politics of monolingualism. One is the majoritarian: ie there is a majority community in any particular space, they speak a particular language and that becomes de facto the language of that space or country. Or you can have a minority that is ruling and then their language becomes de facto the language of power; it is political will that drives it to become the language of the people. You’ve seen that in South Africa in an earlier period.

But there’s a much larger issue here which moves beyond the terrain of individual countries and that is really the fact that if you think about the history of the world in the last 300 years, predominantly one could speak about it through the narrative of colonialism. And colonialism has meant that English has become the language of power, has become the language of communication in various ways. Of course it is important that people are able to speak across borders and so on, but the fundamental fact remains that if you think about the universities in our parts of the world, whether it is in Africa or Asia, there is a way in which there is a politics of monolingualism and our universities are pale shadows of institutional structures with an epistemological inheritance from elsewhere.

The Euro-American university runs on the principle of English as the language of knowledge, of power, of communication, and we tend to take that on board because in many senses we are servicing the world economy. That’s how we see ourselves, and the politics of monolingualism in our spaces arises from a complete lack of self-confidence in the fact that our languages matter; that there is knowledge in our languages; there are ways of conceptualising ourselves, our community, our history in our language which we don’t tend to take into account. So we make a division in our lives between a politics of engaging with the world and a politics of community. We reserve our multiple languages for engaging with poetry, literature, autobiography – you know, thinking about community and so on – and when it comes to knowledge we immediately turn to English. And this schizophrenia in our understanding of the world arises from the fact that we do not think our languages can bear the burden of knowledge.

This is something we need to think about, this politics of monolingualism, because we know this is not true for China, this is not true for Japan, this is not true for Russia, where they have an extensive vocabulary, across disciplines –  science, maths, astrophysics – as much as producing some of the most profound literature of the 19th and 20th century. That’s the space we need to be in.

I’m immediately thinking of a fascinating review that I read of a book about how English came to be the language of science, and it seems that ever since the First World War there has been a concerted effort from the Anglo-American establishment to push English as the language of science when the French were defeated and the Germans were faced with the embarrassment of having caused this calamity. This reached a peak after the Second World War when our friend the CIA came to the fore and they actually pushed this, you know in fear of Russia taking the lead in science in launching a massive attempt to just translate any scientific paper that came out in a another language immediately into English. Were you aware of any of this?

Yes, I am actually aware of this debate. We also know about the campaign for cultural freedom which was funded by the CIA that led to the foundation of the journal Encounter in England, Quest in India, where the attempt was, one, to promote English, two, to promote the American way of life, and three, to establish America as the repository of political and intellectual liberty. At one level as a historian I am cognisant of this, but at another level, any kind of conspiracy theory has me as a sceptic backing off a bit. I think the important thing to bear in mind is that none of this would have been particularly successful had we not had colonialism earlier, which introduced a level of subordination in our minds.

I don’t think that with post-colonialism and with the formation of the nation-state we managed to recover ourselves fully, as wholly healed psychic beings. There remains the sense of subordination: intellectual subordination as well as all over Africa a kind of racial subordination in the sense of being subject to a hierarchy of colour, where the white person is seen as superior to the black person. In India the same is true and there is a much larger landscape of skin-lightening creams and so on. There is something about our damaged psyche where we are unable to assert ourselves in ways that the Chinese and Japanese were able to do because they were never fully colonised.

This is an important thing to think about. Japan in 1868 had the Meiji restoration. While in China after the Opium Wars there was a lot of European capital investment, the soul of China remained largely undamaged, I would say..Which is why they can think of Confucianism as a living tradition even now, in a way that we can’t in places like Africa and India.

So while it is true that there may be a propagation of English, the tragedy is that we have bought into this in a way that the Japanese and Chinese and Russians have not. And that’s the question to ask. The conspiracy theory gets undermined if one says that, well, if you think about the major powers – and these are not small nations – China, Japan and Russia – they have continued with what they have been doing in their own language. Think about the Japanese scientist who got the Nobel Prize this year for his work on autophagy, the cells that consume themselves. His scientific papers were written in Japanese. Those who wanted to read them got them translated. And that is an act of self-confidence. We do not have self-confidence in our spaces. I am reiterating the point I made in response to your first question.

Obviously that leads one into the whole issue of decolonisation, which is a keyword for the students as well, but which I miss from the students’ rhetoric, or it is there only on the fringes. I want to ask you: Can one take decolonisation seriously if it does not lead to a new language policy, and specifically new universities devoted to a specific language in South Africa?

You’re right when you say one cannot have decolonisation without a language policy. Now I wouldn’t be too hard on the students. Having taught all my life, to blame an 18-year-old is neither here nor there. They enter institutions, they encounter people with opinions ranging across various hues, they inherit a lot of what they say from what they hear, what goes around. So there is a way in which a lot of these opinions are in some sense what the French call bricolage – they put various things together. So if there is somebody to blame it’s institutions and the professoriat.

Having put that on the table and to go on with this question of language, one of the fundamental problems at our universities is that the student is incapacitated mentally and psychically the moment they enter the university. They are told that their languages are merely affective, and not intellectual. So you can speak to each other, you can curse at each other, you can make love in it, but that’s all a private affair. In the public spaces of the university there is an injunction to speak in English and you see this happening in the schools as well, where there are strictures against the speaking of the mother tongue and an insistence on speaking English.

So if we are to have decolonisation, the fundamental thing is that the university must take upon itself the task, and we don’t need new universities, we need the existing universities to take into the account the fact that what we actually teach in our universities is really second-hand and third-hand knowledge. We reproduce syllabi which in many ways were set in place in Euro-American universities 30, 40 years ago. We have something called the canon, so we teach Hegel, Marx, Durkheim, Rousseau and so on and so forth, and there’s an entire idea of a lineage where knowledge comes from elsewhere.

The question here is that if we did have a language policy we could then proceed to the creation of a pedagogical corpus from within our spaces which is a dynamic corpus. Decolonisation is not the mere rejection of everything that comes from Europe or everything that is called white knowledge – that is the shallow end of the debate and most intelligent students I have spoken to do not believe this to be true. Because the world we live in is already a space in which all these knowledges circulate.

So we need a policy where we say, well we need to institute a second language or third language, classes are bilingual, that we produce a corpus of texts which are available not only in English but in Zulu, Sotho, Xhosa, depending on where one is. That’s one kind of translation that needs to happen, where you translate from existing social sciences into the local languages. Now one of the consequences of this is that in the course of that translation you are also developing a vocabulary, which will get refined over a period of time. The other thing that needs to happen is to actually think about local traditions of ethics, history, religion, politics that need to be translated into English.

So we need to have this kind of two-way traffic happening and I cannot think of anyone better than the students who come in who are located at the interstices, to be these interstitial thinkers, right, who help make the university, who can help to make the university a better and more intellectually profound place than it is. Trading in second-hand knowledge is not going to get us anywhere; whatever we do, Euro-American universities will do far, far better. They have more resources, and they have a stronger intellectual genealogy of doing this. So there is always – again to go back, and I shall keep emphasising this in all my answers – our lack of self-confidence.

Where does that stem from? We are psychically damaged and we have to restore ourselves. Decolonisation is about that and to engage with the bad end of the spectrum of the debate is not leading us anywhere and is not doing us any favours. To give you an example, which is now doing the rounds of the internet: there is a student who is saying decolonisation means giving up on Western science, on Western mathematics, and people seeing this say look, that is anarchy, that is chaos. But if I were to think about it seriously, that argument in itself is not really profound. It’s a poor rendition of a much more profound argument.

What is the more profound argument? When the student enters the university in our spaces, let’s call it the global South Africa, Asia and so on, they are told that there was something called the Renaissance, something called the scientific revolution, and all knowledge came into existence, all knowledge that we consider modern came into existence at that point – questions of reason, separation superstition and religion and so on. But if you had to look at the history and philosophy of science, the Renaissance would have been impossible in Europe without a carrying over of an Arab tradition of thinking which preserved the best of Greek knowledge. So in that sense the Renaissance was possible only because the Arabs were a bridge to Greece. To remind students, to teach students a genealogy which doesn’t start arbitrarily in the 17th century, is something that’s important, because it’s important to remember genealogy.

One can equally make the argument, that while there may have been all these preliminary discoveries elsewhere, Europe perfected them. That argument is slightly specious, since it encourages amnesia as an intellectual method. We need to establish a landscape of knowledge for students that does not begin from an arbitrary point in history. Let us stop at one fact: when you think about the university, as we call it, and you have this tedious and ridiculous ritual every year – the convocation ceremony, people wearing 13th-century costume – they have these robes and what not – and you think, what is the relevance of this??What is this mystical link being established with Europe? Because it is at the point that you don medieval garb that you remain colonised.

Many believe that the idea of the university came to us from Europe, but nothing could be more profoundly untrue. The university, as George Makdisi’s work has shown, comes to Europe after the Crusades, because the Crusaders were exposed to the madrassa in the Islamic spaces that they went to conquer. Christopher Beckwith, a scholar on Central Asia, has got a book called Warriors of the cloisters in which he shows conclusively that if you think about the madrassa in the Middle East, and you think about Islam in Central Asia, central Asian Islam carries with it the inheritance of Buddhism, and the vihara, which is the original conclave of scholars getting together to engage in knowledge separate from the world. So you have an even older tradition. To know this is important.

You might say this is not important, I’m only interested in the present, but considering our interest in genealogy [laughs] – that we want to know who our grandparents are, and sometimes we take great pride in descent – all of these alternative genealogies create a landscape of knowledge which is truer, broader than the one we have now and goes a long way towards decolonising knowledge. To know that algebra came from the Middle East does not diminish algebra, or us.

Dilip Menon (photo: YouTube)

Just to come back to the focus on language: you talked about the overwhelming nature of Anglo-American knowledge, and you were talking about translating this into local languages, but isn’t it the case that you cannot do this on a voluntary basis? There has to be some force somewhere along the way in the sense that you have to enforce translation, say at the university, if you want to get anywhere. What do you think of that argument?

If you put this in terms of someone doing it voluntarily and someone being forced to do it, it is presented as two stark alternatives. If you think about going up to university you don’t really have a choice as to what you study. [Laughs] You come to a university, you’re given a syllabus and you study it. And that is one of the main points, the sticking points for most of these students: Why are we studying this? And very often the answer that is given to them is: this is what is in place and you need to study it.

So if you think about language as well, it could very easily be incorporated into a syllabus. So let’s say you’re doing political science, or literature and so on, and that one component of that teaching involves translating a text. Now as anyone who has done translation knows, it is not merely about rendering a text from one language into the other. There is a whole world one has to engage with, of concepts, and of the right word that connotes the right degree of affinity with that world. So translation is not an easy task. So what one is setting before the student is a complex intellectual exercise, which is pedagogical, but also historical. It is also creating a text for future generations to use. So if you ask me is this coercion, I say all education is coercion.

To get back to Mark Sanders’s book too, I liked his phrase “making it good” by learning black people’s languages, speaking as a white person, so that’s from the perspective of whites who are really marginal figures nowadays in South African politics. So I wonder if one can recast it as a need for the system to make good. Reparations are often seen in monetary terms, but there are other more important areas of reparation. Would you agree with that?

Oh, certainly. If you think about the idea of reparation, at the end there is no complete form of reparation that is possible. No one can be fully compensated for what they have lost, and it is just not in the power of those who have done wrong to fully compensate those from whom they have taken. So keeping in mind that full reparation is not possible, one has to ask is what is the kind of reparation that is possible in any society which actually helps to heal that society.

There’s one way in which at the international level there is the trivial form (for me – I’m not saying this is true for everybody), which is the form of the apology. So somebody apologises for slavery, the Pope apologises for child abuse in the church and so on, which is probably a necessary step in terms of the Pope or the president of the USA or somebody representing them but it doesn’t actually do anything in the world. It’s merely one generation apologising for what a previous generation has done. It doesn’t address the central question as to the continuing inequalities. The other kind of reparation to think about is the payment of money. When the French revolution happened, the simultaneous revolution in Haiti that overthrew slavery was the limit of the French revolution. The French revolutionaries cracked down on the possibilities of slave rebellion and the establishment of a republic in Haiti. Once slavery was abolished, Haiti had to continue to pay indemnity to France for the loss of its revenues. When you think about all of this and if France were to pay back that money, it still wouldn’t help.

So what do we need? We need a knowledge change, we need people to think about the world differently. We need to think about the whole idea of masters and slaves differently. We need to think about the fact that the world is structured by power differences. That is where questions of language and knowledge come in, because if reparation is to be made in South Africa it can’t be through creating universities to which only a few can have access. It cannot be through creating universities in which the knowledge that is imparted is irrelevant in many senses to the psyche and everyday lives of people all around them.

It should not be that the university does not encompass the experience of the society, and instead reproduces an experience, an ideal experience that exists elsewhere. We all deeply desire something called modernity – we say we are not modern enough, this is the way we are and we need to become modern – and now when we look at the spaces of Europe, [laughs] that film across our eyes is slowly being pulled away as we see Europe collapse into racism, into jingoism. So if we think about knowledge, knowledge at university has to reflect this, reflect the state of power and provide reparation to the people here by actually teaching them what allows them a proper sense of pride. The word “proper” is important. It is not only about national pride, which can descend into chauvinism.

A proper sense of pride can only be based on proper knowledge, where someone coming to the university realises that they are teaching the university something as well. That is not what is happening right now. The university is an act of power. The student enters the landscape of the classroom disempowered and they are told this is what you have to learn. And very often the divorce between what they’re being taught and their own experience of the world is so profound that it introduces psychic damage, so that is the reparation that I’m talking about where every person who comes to university feels that they bring something to the university, and that they are building the future university, the future nation and so on.

I just want to talk a little bit about Afrikaans. My question is, I find it significant that in this year’s round of protests the Afrikaans at Stellenbosch issue has gone completely off the agenda. I might be wrong, I might not have picked it up, but in the rhetoric of the students there is now often the demand for instruction in local languages. Do you see the shift as well – have you observed it as well?

There is a demand for instruction in local languages. But when you say “local languages”, there is also a history of what is a local language, which is the problem with something like Afrikaans. With Afrikaans it’s very difficult to invoke the history of Afrikaans, of how it became a language that was not merely something that was an argot or a pidgin, but actually became a language that has a literature, that has a scientific vocabulary. It is difficult to invoke all of that, even though it is a local language, because we are still too close to the point where it was seen as a language imposed on a population.

So if you think about local languages, it is a fraught landscape, right. So the Pedi will not see Zulu as their language, they see the Zulus as people trying to force a culture on them. As in any country, within this question of local language there are questions of political power, there are questions of histories and so on, and one has to tread carefully. But there is also the practical point, the pragmatic point that to teach Xhosa in Gauteng doesn’t make sense and similarly to teach Zulu in Cape Town as a secondary language doesn’t make sense. One has to work within the fault lines of an existing terrain of language and to introduce language teaching, and to not just have it as language instruction, right, to actually incorporate it into the syllabus in meaningful ways like we’ve been talking about – translation of texts, bilingualism in the classroom …

This is a fundamental process that needs to happen if South Africa is to become a nation in which everybody is able to talk to one another. We don’t have that, and that cannot be emphasised strongly enough. And when you think about this distance between white and black and so on, there is this wonderful book written by Jacob Dlamini, Native Nostalgia. One of the things he talks about is controversial for a lot of people, but he is basically stating a historical fact, that for a lot of black people Afrikaans had become yet another language in their landscape – they joked in it, they watched programmes on television, and it allowed for bonds of affinity. His second book, Askari, talks about another level, the kind of bond that was created at Vlakplaas between white Afrikaner torturers and the black men who worked with them through that language of communication. So you have to think of language as circulating in very many different ways allowing for very many different things. If you think about Native Nostalgia and Afrikaans and how it became the language of conversation, of joking, friendship and so on, it should be possible for Zulu, theoretically, or Xhosa in Cape Town, to become the language of communication and imagination for white people. That is equally possible. So how are we to get there? And that is the question, and it is the question of the university, and right now the demand on the university is profound, because we have a political class that isn’t a political class. We have a kleptocracy in power: without any direction, without any will, without any sense of the future.

So who is to take leadership? Who is best placed to take leadership? It is the university, because that is what the university is all about – universities are about reflection. It’s a luxury to be allowed to think and read and to speak and to influence a generation. That can happen in the university, so I do think universities need to take the lead in this, because it’s not going to come from the political class. At least not the political class we have now. It can come from a political class, and in places like India, it did mean at the time that India became independent the political class showed a sense of leadership. There was a multilingual landscape that was established. I speak four languages, not because I’m a linguist, but that was a requirement. As my father got transferred and moved around, whichever school I went to I learned another language, in a different province. So I have four different languages with four different scripts, with somewhat of a common vocabulary, but not very much. Wherever I travel in India, I feel at home, right.

Feeling at home, it’s a simple thing, a very simple thing. One of the things that I increasingly find with these discussions that are happening about the crisis at universities, and a lot of people are saying now we have to pull our children out and educate them abroad and this and that and the other, they don’t feel at home here. Why do they not feel at home here? Why do friends I know in Johannesburg relocate to Cape Town? They say they do it because too many of my colleagues speak Zulu at work, and I think: they’re not speaking Chinese. They’re speaking Zulu, [laughs] a language that is a local language. So it’s that whole set of complicated connections starting from feeling at home in this country, to the production of knowledge. I mean, it is a big spectrum.

Yes, I think it is one of the things that is implied in Mark’s book that, speaking as a white person, we don’t feel at home because colonialism has forced us to shy away from learning a local language, seeing it as difficult, but it’s just another language.

It’s just another language, because if it were difficult native speakers wouldn’t be speaking it well, either.

To stay with the Afrikaans issue: you mentioned earlier that Afrikaans could serve as a model for other languages.

What little I know, if I were to think about conscious efforts that have been made to make languages encompass a universe of not only human, interpersonal interaction, but also knowledge, I think Afrikaans has done this and Japanese has done this, but these were acts of will. So Japan, during the Meiji restoration they had this policy which is best exemplified in a metaphor where you have the salary man who goes to work in a suit, he comes back home, he takes off the suit, puts on his traditional dress and at home he is “Japanese”. There is a sense that knowledge from the West is useful, but there is something of the core of who we are that we need to retain. This is a 19th-century formulation and just a metaphor.

From the 1920s there was a conscious policy of creating Afrikaans as a language, a language that can connote everything, from love to astrophysics, right, and that was a conscious effort that was done. Now, it’s possible to argue that it was shoved down the throats of people, but it’s also possible to argue that this was an act of will that made it possible for a few to actually have a language that carried the weight of their experience in history, and which they could put alongside the languages of the world. In that sense it is a model. The history of the imposition of Afrikaans is not a model to be emulated. But how Afrikaans was created as a language, for a people, I think it is an interesting model to think about.

With one important proviso, as you said, that one has to take into account that part of this political will was racism and a Europeanisation. I remember as a child we were always taught that if you had a doubt about grammar or spelling issues, always choose the Germanic alternative, which elided the history of Afrikaans as what you might call in quotes a “black language”. It was created by black people: the first book in Afrikaans was the Koran.

Yes, I do know that the first time you had Afrikaans in written form it was in Arabic script. And you see, that is the history we tend to forget when we talk about local languages. All languages are shot through with histories of miscegenation. Every language is a bastard language, right. And that is the thing we have to think about. Salman Rushdie, when he began writing in Indian English he called it the chutnification of language. He talked about our deeply mongrel selves. This is something that people began to think about in the ’90s, largely as a reaction to the purities of nationalism. It was possible in the ’90s, in India at least. 50 years from independence we talked about the fact that, look, there is no pure Indian identity – it is shot through with histories of loan words and sedimentations.

My language is Malayalam. I come from Kerala, which is on the south-western coast. There are words from Portuguese, Chinese, English, Dutch and so on. I think we have to think about that kind of inheritance as well, when we think about something called the local language that Afrikaans moved away from. It looked to Europe, but we can think about ways in which language can look two ways, right?

One of the conceits of apartheid, or one of the artifices that apartheid introduced was that Zulu is wholly a language of community, and so they fetishised the language, the deep Zulu, the Zulu spoken in the royal household. But Zulu can become like English, or like German, or French in a way that there is literature, social sciences, philosophy, aesthetics and so on and so forth. We have to move away from the fetishisation and mystification of language. As you so rightly point out, that it is one of the profound metaphors for us that the first text in Afrikaans is in Arabic.

I was going to touch on that in my next question on Sanders’s book. Of course, he makes a lot of this strand in his book, the purism of Zulu and so on, and he wrote about the shibboleths that were used during the xenophobia incidents in 2008. So if one looks at the solution for this, there has to be some sort of standardisation effort on an official level, and this will level the field a little bit, if one looks at the case of Zulu, by wrenching it from the hands of the royal house, where this deep Zulu is, if I understand Mark correctly.

Yes, but the important thing is there will be all these multiple registers of a language which survive, at any given point. We keep talking about the Queen’s English, BBC English, and nobody on the street speaks English like that.

In Afrikaans we have Hiemstra language.

What does that mean?

Hiemstra was one of the compilers of one of the most used dictionaries, and he became quite sort of, what one may even call fascist in his insistence that his way of spelling and grammar was the right way.

Yes, between demotic speech, everyday speech, and the language that becomes enshrined in the dictionary and what is considered the proper form, there is a whole world in between. I don’t think one should diminish one and exalt the other, one should continue with the landscape as it is. Because if you think about academic production, it has to strike a balance between what people can comprehend and an aspiration to a vocabulary of its own. It’s a bit like liturgy – so you have religious liturgy emerging that separates itself from the common language, and increasingly academic works seem to do that, which is why nobody but the mother and sisters and brothers of academics read their work, or a few other academics and their friends.

We have to rethink the academic enterprise. If we think about the way in which Njabulo Ndebele writes, he writes for everybody. When he speaks everybody can understand and it is deeply profound. Or Ngũgĩ wa Thiong'o, when he writes overpoweringly about what language does to people and what does it mean to think about languages and knowledge from our part of the world, that we need a network of knowledge rather than a hierarchy of knowledge. These are simple ideas which are very profound ideas which can be read by an undergraduate and which can be read by you and me, given our experience. And we arrive at different understandings, but we can still get to the heart of it.

This fetishisation of any language, of academic language, royal language, possibly undercuts the enterprise because all language encompasses variety. And that is what has made English a language of power – there is Caribbean English, there is an Indian English, and the Oxford English Dictionary revises itself and incorporates new words. English is the original creole, as it were. There is this exclamation in India where I come from where we say, “Ayyo” as an exclamation of surprise. Now it’s there in the OED, because they realise that English is a thing that is constantly expanding. That is what one has to keep in mind.

I quite agree with you, but still, I think standardisation is necessary and I think in a sense the tragedy of apartheid is that the apartheid masters used the need for this for their own nefarious purposes and actually poisoned the well and so at the moment we are shying away too much from the need for a standard Zulu or a standard Xhosa that is not connected to some or other ethnic formation like the Zulu royal house.

I agree standardisation is necessary, right, in a landscape in which there is a multiplicity, but the question is again to think about these words that we use. What exactly do we mean by the word “standardisation”? It is not that everybody will speak the same way or to set a register which is unaccomplishable. If we say this is the perfect form of the language, but if nobody speaks it then this is just a pipe dream.

So what we are thinking about alongside the question of standardisation are appropriate forms of pedagogy. How do you teach it? For Zulu, one of the interesting things people say is that you have to immerse yourself – it is almost as if the entire country should take a vacation for one year in Durban and then they will have learnt the language, but there has to be another way of doing this.

When we think about Zulu teaching in schools, or let’s say I want to learn Zulu… I went to the Alliance Française to learn Zulu because it was close to my house. They were offering Zulu classes and a man who worked as a tourist guide, who knew Zulu, took the classes. But he was a tourist guide. So he didn’t have the understanding of language that would allow him to teach me a set of propositions from which I could then move to something else.

I know Malayalam, which is my language, but I can’t teach it. Teaching is another thing altogether. What Afrikaans has developed, what English developed over a period of time, is the way of being able to teach a complete foreigner the language, and that is what we need for Zulu. So standardisation raises the question of the prior pedagogy, which allows us to move beyond propositions like “it is a mysterious language” or “you will never be able to speak it perfectly unless you are one of the royal household”.

But the fact is that we need to start somewhere. We need to be able to say that this is a language that everybody can learn. These are the procedures through which you learn it. This is the grammatical structure. And so on. So having gone through three months of learning you’re not just parroting what you have learnt in those three months but you are allowed a bit of adventure, you can do things on your own.

A problem we have – and this comes from Mark’s strand about the purity of language – in the Afrikaans context … You know when a lot of people are talking about another taalstryd, or another phase of the taalstryd, that we have entered because of what they see as the assault on Afrikaans at specifically the two remaining universities that have Afrikaans instruction, Potchefstroom and Stellenbosch. This struggle tends to be owned by right-wingers, and many of them are apologists of apartheid still. So my argument is that we need two Afrikaans universities where language then can be connected to many other value systems, rather than just identity politics. This doesn’t really flow from what you’ve said, but I wonder what you would say to that.

I would agree with that. Once any language learning comes through the premise of identity politics, it immediately introduces an element of power and of differentiation, of hierarchy into something that is a practical possibility of human beings talking to one another. This is a profound principle when you think about that story in the Bible, the Tower of Babel: the possibility that everyone can speak to one another. It is a profoundly disturbing possibility, which is why you have the idea of Babel where people are split into various languages and so on. So one must set aside identity politics if only for the larger possibility of people coming together. And so no argument can be premised on that.

But the other danger is that in India, for example, you have Sanskrit, which is one of the oldest languages in the world – a lot of the Indian languages, the 19 or 20 that we have, and many dialects, a lot of them derive their structure, a lot of their vocabulary from Sanskrit. But when India became independent, Sanskrit came to be seen as a language of the past, came to be seen as the language of a minority called the Brahmans, who were seen as possessing a monopoly over it. As a result Sanskrit teaching is no longer engaged. Now what has been the consequence of this? I’m 54 now, and this is something that I’ve realised as I began to engage with the project of decolonisation, that I have no connection with a past. I live like an amnesiac, I’m like a sleepwalker. If I wanted to go back and Sanskrit has reflections on religion, philosophy, history, ethics, poetry, if I were to try and read this I cannot read it in Sanskrit, so I read it in translation. But because I have not engaged with that tradition it’s like learning a new language. There are different concepts, there are different categories that make no sense to me. So it’s a tough task to actually begin to read and connect with a tradition that is supposedly mine.

Think about another thing that happens, within Western philosophical texts. Western philosophical texts have created this fictive unity with Greece, so you can take up a book of philosophy and they will refer to Socrates and Plato, they will refer to Augustine, they will refer to Heidegger, they will refer to Derrida, and they’re all contemporaneous on that page. That is a contemporaneity that I cannot summon up. Because for me there is only the last 300 years, and post-independence, an excision of Sanskrit. So the question to ask here in South Africa is, what would the excision of Afrikaans, and the forgetting of other languages in the universities mean? The lady who comes to work in my house is fluent in English, in Venda, in Tswana, in Zulu and in Afrikaans. It is an extraordinary landscape of language.

Yes, yes.

And it is an extraordinary humanity. If you are able to speak these five languages, you are able to connect with those people who speak those languages. It is not just about power and identity and so on. What it does is it dissipates this question of a hard identity. Who are you? You say “I am South African” because that is the identity that is available to you. For most people I know, being white, being Afrikaans, being of English descent is the only identity possible because they speak one language. Or Afrikaans and English at best.

So the question of language and this question of Afrikaans being associated with an identity which, as you rightly said … a lot of the proponents are right-wing and they’re fascist because for them the language is theirs, alone [laughs] … Languages should be a common inheritance and South Africa is struggling with that idea. And that’s the decolonisation that we probably want.

So the right approach to Afrikaans really should be that no Afrikaans speakers should appropriate it for themselves in this creation of this South African identity.

And vice versa. And that everybody speaks every language, I mean that’s the ideal, right. For those who propagate Afrikaans as a language to say that we propagate Afrikaans as a language but Xhosa at the same time. These are conjoined. These are histories that are joined at the hip. To Arabic. To actually separate these out it is like the question of, you know when a family falls apart then the children struggle with the inheritance and say what is dad’s is only mine. That’s a sign of disorder, not a sign of order. And that’s what’s happening right now and this question of a common inheritance has been forgotten. Everybody is hiving off into their own spaces and claiming something entirely for himself or herself, and I don’t think that leads us anywhere. And we need a simpler approach to life, that learning a language means that you talk to people, right, and not only talk to people through a version of Fanakalo. And that was Mark’s point as well. There was the possibility of speaking, but that possibility was confined to a situation of power. Now we’re all equal, or should be, and we need to rethink the question of language differently.

Notes

The reference to the CIA’s role in cementing English as the language of science comes from the book Scientific Babel, by Michael Gordin. To quote from the review in The Guardian:

After the first world war, German’s status as a scientific language suffered a blow from which it never fully recovered. From being one of the triumvirate of languages central to science, it became an object of suspicion and even of disgust. By 1919, 16 US states had severely restricted the use of German – if you spoke the language in the streets of Findlay, Ohio, you could be fined $25 by the city council…

[Gordin] charts a cold war “language race”, in which scientists on both sides of the iron curtain strove to keep up with the work being done by their counterparts. The CIA ploughed funds into research on machine translation, while a lucrative private translation industry grew up, turning Russian journals into English so that Anglophone scientists could read about Soviet discoveries a mere six months after they had first appeared in print. English translation of Soviet material opened Russian science up not only to the Americans and the British, but also to a growing international community for whom English was fast becoming the main language of science.

 

* Prof Menon writes about theses in the mother tongue: “In Japanese, and in China and Russia as well students complete their PhDs in the national language. What I was talking about was the requirement from the Meiji Restoration that students would translate texts from other languages into Japanese. Japan has one of the most flourishing translation industries in the world now. People read Marx to Dylan in Japanese.”

The post Interview with Dilip Menon - on Learning Zulu and monolingual universities in South Africa appeared first on LitNet.

Uitnodiging: Bekendstelling van Winnie Rust se laaste boek Katryn

Die direkte koste van die rent-a-riot #feesmustfall-veldtog: Wie befonds dit?

$
0
0

Met die #RhodesMustFall-veldtog het ’n transgender student tydens ’n protes van haar klere ontslae geraak in ’n Kaapse kunsgalery en oombliklike verskrikking gesaai. Die veiligheidspersoneel het nie mooi geweet hoe om ’n kaal protesteerder te arresteer nie. Sy het ’n opvallende, treffende tatoeëermerk oor haar een arm en skouer gehad.

’n Paar weke later het studente kaal geprotesteer by Wits. Een van die protesteerders het ’n identiese tatoeëermerk oor haar arm en skouer gehad. Om voor-die-hand-liggende redes was die student nie van voor afgeneem nie, en was haar gesig nie gewys nie. Die kanse dat twee verskillende persone dieselfde ink (en dieselfde protesmetode) sou hê, is uiters skraal. Veel makliker om te glo dat dieselfde persoon aan twee verskillende protesaksies deelgeneem het.

Gedurende ’n direkte radiouitsending by die Woordfees in Stellenbosch het vier vroulike studente in stille protes op die verhoog kom staan. Ek was een van die beplande sprekers op die program. Die studente is geleentheid gegee om hulle saak te stel, en ons het met hulle gesels.

Tydens die bekendmaking van die verkiesingsuitslae in Augustus, in Johannesburg, het vier vroue aan die sg Khwezi-protes deelgeneem. Ek het minstens een van die jong vroue as een van die radioprotesteerders herken.

Voor die mediumtermyn-begrotingstoespraak het inligting die ronde gedoen dat 500 Wits-studente op pad Kaap toe is om met die protes te help. Of die getalle korrek is, weet ek nie, maar dis wel bekend dat ’n groot groep persone op Wellington van ’n trein afgeklim het en petrolbomme op die Boland Kollege-kampus gegooi het. Vermoedelik is hulle toe van daar Kaap toe. Daar is al heelwat berig gelewer oor die uiteinde van daardie protes.

Blykbaar is daar nou studente (of dan persone van studente-ouderdom) wat op die kampus van die Universiteit van Johannesburg eksamens ontwrig. Hulle is skynbaar nie ingeskrewe studente aan daardie universiteit nie, net soos wat die petrolbomgooiers in Wellington nie ingeskrewe studente by daardie kampus was nie.

Rent-a-riot is natuurlik niks nuuts of vreemds nie. In Grabouw, my tuisdorp, word daar al die afgelope drie, vier jaar protesteerders aangery om getalle op te stoot. In een hoogs gepubliseerde voorval het die rent-a-protesters gebots met inwoners, meesal vroue, wat die plaaslike skool beskerm het. Een van die huurlinge moes voor die ontstoke vroue uit vlug, en het by ’n kennis van my se huis gaan skuiling soek. Tydens die gesprek wat gevolg het, het die protesteerder my kennis meegedeel dat hulle elkeen R100 per dag betaal word om aan die protes deel te neem. Hulle vervoer na Grabouw toe was ook betaal.

Terwyl die gesprek anekdoties is, en waarskynlik nie sonder bevestiging in ’n hof aanvaar sou word nie, is dit wel so dat daar ’n aantal vreemde busse en taxi’s by die plaaslike taxi staanplek was.

Dit klink asof die tegniek nou ook aangepas en verfyn is vir die #feesmustfall-veldtog.

’n Paar vrae ontstaan dadelik: Hoekom sou enigeen mense wil invoer? Hoeveel kos dit hulle? Wie trek voordeel daaruit dat die land gedestabiliseer word? Wie befonds dit?

Die eerste vraag is maklik. Hoe groter die getalle, hoe ernstiger word die protes gesien, hoe meer publisiteit kry dit en van daar snowball dit. Die onderliggende implikasie is natuurlik dat die issue waaroor geprotesteer word, nie universeel ondersteun word nie. Dit moet dus kunsmatig opgeblaas word deur mense van buite te huur.

Die tweede vraag is ietwat meer kompleks: Wat is die markwaarde van ’n protes? Kom ons veronderstel dat die R100 waarna ek vroeër verwys het, vir inflasie aangepas is, en dat studente darem seker ietwat meer betaal sal word as werklose arbeiders. Kom ons veronderstel dus dat die studente R200 per dag betaal was om aan die begrotingsprotes deel te neem. Ons veronderstel verder dat hulle vir drie dae vergoed is, omdat hulle met die trein moes heen en weer reis, ens. Ons veronderstel verder dat daar wel 500 studente aangery was. Ons veronderstel verder dat die petrolbomme in Wellington ekstrakurrikulêr gegooi was, en dat niemand betaal word daarvoor nie. Dit beteken dan dat iemand R300 000 (drie honderd duisend rand) bestee het daaraan om persone Kaap toe te vervoer om die begrotingstoespraak te ontwrig. Dis net een enkele geleentheid, en ek vermoed my berekening is konserwatief.

Wat dan van al die ander proteste wat gedurende die #feesmustfall-veldtog gehou is? Indien selfs net ’n breukdeel van daardie protesteerders betaal was, en met inagneming van die uitgerekte tydperk waaroor dit plaasvind, dan is daar alreeds miljoene rande bestee. Dis direkte koste.

Ek neem glad nie eers die skade aan geboue in ag, of die koste aan verlore werksure, die inligting in rare boeke waarop geen prys geplaas kan word nie, die stres, die ontwrigting, die skade aan die ekonomie, die skade aan ons land en universiteite se reputasie, die verliese wat ouers ly terwyl hulle alreeds fooie betaal het, en die vele ander wyses waarop indirekte koste aangegaan is. Alhoewel aansienlik meer geld in die begroting aan hoër onderwys toegeken is, sal die grootste deel van daardie geld noodwendig gebruik word om beskadigde infrastruktuur te herstel.

Dis maklik en gerieflik om die blaam vir die onrus voor die deur van ’n politieke party met invloed onder die jeug te lê. Bitter min politieke partye is egter in staat om die tipe kapitaaluitleg te maak wat op die oog af nodig is om die momentum van die veldtog te behou.

Die les wat ons met Guptastan geleer het, is dat een enkele invloedryke familie ’n land kan lamlê.

Die vraag is nou: Wie trek voordeel daaruit dat die land in pandemonium verkeer? Wie trek voordeel daaruit om ’n woedende, ontnugterde jeug te laat vlamvat? Wat gebeur agter die skerms terwyl ons ons aandag laat aftrek deur die petrolbomme, die vernietigde biblioteke en die ontwrigte eksamens?

In die bekende Wizard of Oz kom Dorothy agter dat een enkele persoon agter die skerms met die druk van knoppies en die trek van hefbome oëverblindery op ’n hele gemeenskap gepleeg het.

Wie druk die knoppies en trek die hefbome agter #feesmustfall?

The post Die direkte koste van die rent-a-riot #feesmustfall-veldtog: Wie befonds dit? appeared first on LitNet.

Die media het ons almal by die anti-Trump beweging ingesleep

$
0
0

Rohan Magerman (foto: Facebook)

Laasweek vind ek uit dat Amerika toe regtig die land van geleenthede is; enige een kan president word, selfs al weet jy meer van die glanslewe as politiek. Om nie eens te praat van ‘n migrant van ‘n obskure hoekie van die aarde wat 'n groot sprong van die voorblaaie van Vanity Fair en GQ tot die heilige gange van die Wit Huis gemaak het. Maar selfs vir iemand van die Cape Flats (lees: die uwe), wat nie die verskil tussen Republicans en ‘n skoolkonsert ken nie, behoort dit nie ‘n openbaring te wees nie. Ek meen, nie eens ons eie pressie het matriek gehaal nie.

Eintlik het ek laasweek nogal baie uitgevind oor die agter-die-skerms-dinamika van politiek, danksy ‘n 300-bladsy-skindertydskrif (geredigeer deur Thuli Madonsela) wat handel oor die bromanse tussen die Eskom-baas en 'n Indiër-sakeman, omkopery, en ‘n sjebien in ‘n eksklusiewe woonbuurt. Steeds gee ek nie voor dat ek alles van politiek af weet nie. Maar na ek in ‘n neutedop oor die State of Capture Report gelees het, lyk die teorie dat Rusland ‘n invloed gehad het op Donald Trump se oorwinning, glad nie so absurd nie.

Die bietjie kennis wat ek het van die Amerikaanse politieke situasie het ek gekry uit opskrifte, status updates en memes op sosiale media. Met ander woorde, ek het net geweet dat die voormalige eienaar van Miss USA en ‘n voormalige presidentsvrou die afgelope jaar kompeteer om die volgende bewoner van ‘n neoklassieke herehuis in Washington DC te wees. En dat miljoene Amerikaners tans besig is om deur die vyf fases van rou te gaan.

Trump, 'n omstrede besigheidsmagnaat wat eens op 'n tyd Hollywood-sterre in die pad gesteek het op Celebrity Apprentice, het in laasjaar 'n weddenskap met sy vriende aangegaan dat hy die volgende presidentsverkiesing met meer as 270 stemme kan wen. Of so blyk dit. Hillary Clinton, daarenteen, was al besig met haar verkiesingsveldtog vandat sy op kleuterskool was. Die wedloop om tot die top-posisie in Amerika se regering verkies te word, was besaai met skandale, omstredenhede en verleenthede soortgelyk aan al die kere wanneer Jacob Zuma in die publiek verskyn het.

Vroeg in sy veldtog het die media alreeds konsensus bereik dat Trump nie 'n kans staan nie. Elke keer wanneer ek aanlyn gegaan het, het ek 'n hoofopskrif van die wêreld se voorste nuusorganisasies gesien wat insinueer dat Trump se veldtog van die begin af 'n groot grap was. En ons almal het dit vir soetkoek opgeët. Ten spyte van die feit dat Trump belowe het om die Amerikaanse Droom tot sy volle glorie te herstel, het die media hom tot egotistiese politieke terroris verklaar. As deel van die minderheidsgroep is ook van my verwag om Trump te haat omdat hy glo Muslims, gays en onwettige Meksikane gaan dwing om van Trump Tower af te spring as hy tot president verkies sou word. Sou ek net een goeie woord oor Trump skryf op Facebook, het 'n hele paar van my aanlyn vriende my summier geblok.

Trump se oorwinning was die teenoorgestelde van wat almal verwag het. Volgens die hoofstroommedia en die Nigeriese profeet TB Joshua sou die konfettikanonne op 8 November op Clinton en haar Ralph Lauren-pakkie oopbars. Selfs Clinton was oortuig dat sy die een sou wees wat daardie trefreël uit Independence Day – "We will be united by our common interests" – sou aanhaal as aliens eendag sou dreig om die aarde aan te val.

Maar daar neem Donald Trump die eerste tree as nuwe president op die verhoog met die vier perderidders van die apokalips (Jared Kushner, Donald Junior, Eric, en Ivanka Trump) agterna. En elders – in New York se Javits Center om presies te wees – ontdek Clinton-ondersteuners toe dat die spreekwoordelike glasplafon van Amerikaanse politiek eintlik van splintervaste materiaal gemaak is. Vir die wêreld het dit gevoel asof Oordeelsdag uiteindelik hier is. Vir Suid-Afrikaners was dit 'n déjà-vu oomblik, een wat ou 2009-wonde kom oopgekrap het.

Wat die meeste Amerikaners, en alle Suid-Afrikaners wat nou oortuig is dat hul drome om eendag au pair­-werk in die VSA te gaan doen daarmee heen is, nie besef nie, is dat Trump nie naastenby so rassisties is soos wat die media ons laat glo het nie. Sure, hy kan somtyds 'n arrogante son-of-a-bitch wees, maar niemand sal stop om te dink dat Trump al dekades voor Obama se adminsirasie vir gelykheid geveg het nie. In 1997 het Trump die gemeenskap van Palm Beach gedagvaar vir hulle rassistiese beginsels teenoor Jode en swartes wat verband gehou het met eiendom wat hy in die gebied gekoop het. En in 'n 2000-onderhoud het Trump genoem dat hy sy land se Handves van Menseregte sal wysig om 'n verbod te plaas op diskriminasie teen seksuele oriëntasie.

Die Amerikaanse politieke situasie het eintlik niks met my uit te waai nie, maar as 'n persoon van kleur wat enige vorm van diskriminasie ten sterkste afkeur, voel ek dat Trump nog altyd 'n beter kandidaat was as Clinton. Barack Obama het klaar bewys dat tokenism nie die antwoord op Amerika se rassespanninge is nie. Onthou hoedat die wêreld positief gereageer het op Obama se aanstelling as president en graad 5’s inspirerende opstelle moes skryf oor wat Amerika se eerste swart president vir menseregte sal beteken? Turns out Obama se langtermyndoel was om soveel moontlik mense te kry om vir bekostigbare gesondheidsorg te registreer, terwyl honderde swart mans elke jaar in die land vermoor word.

Ek stem saam met die Nigeriese romanskrywer Chimamanda Ngozi Adichie dat die enigste manier waarop ons Trump se vermoeëns as president kan beoordeel, is om te kyk na sy veldtog, wat ek glo meer meriete had as dié van Clinton.

Minderwaardigheidsgroepe het nie vir Trump gestem omdat hulle dreigoproepe van die Ku Klux Klan ontvang het nie, maar omdat Trump hulle oortuig het dat hy veel meer vir swartes, gays, vroue, ens kan doen as Clinton en Obama. Punt.

The post Die media het ons almal by die anti-Trump beweging ingesleep appeared first on LitNet.

Mors in die water


Huldeblyk: Nico Carstens, musikale genie

$
0
0

Nico Carstens se onlangse heengaan op 90-jarige ouderdom het natuurlik gelei tot ‘n stroom van huldeblyke en staaltjies oor hom soos mense wat hom geken het, dit met die res van ons gedeel het. Dit is die norm as groot geeste ons verlaat, maar in hierdie geval moet mens regtig ‘n tree of wat terugstaan om die volle omvang van hierdie besonderse musikant in te neem. Ek het ongelukkig nooit die voorreg gehad om hom te ontmoet nie en moet dus staatmaak op ander metodes om iets sinvol oor hom te skryf. Gelukkig is daar is geen tekort aan biografiese materiaal nie en is die meeste mense reeds daarmee vertroud, maar net vir ingeval ...

Ofskoon hy grootliks uit die publieke oog was die afgelope dekade of twee, was Nico Carstens op die kruin van sy loopbaan die grootste plaaslike musiekster. Dit is alombekend dat hy op 19-jarige ouderdom (in 1945) by Hendrik Susan se orkes aangesluit het en dat dit ‘n groot invloed op hom gehad het. Na vyf jaar het hy sy eie orkes begin en vinnig wyd bekend geword, veral nadat hy begin saamwerk het met sy groot liedjievennoot, Anton de Waal. Saam het hulle oor die 600 liedjies gekomponeer. Altesaam het Carstens seker oor die 2 000 liedjies geskryf. Tussen 1955 en 1959 het hy meer as ‘n miljoen langspeelplate verkoop – die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat dit kon regkry. Dit het hom op dieselfde liga van plaaslike populariteit geplaas as Elvis Presley en Jim Reeves, en vir laasgenoemde het hy selfs ‘n paar nommers gekomponeer met dié se besoeke aan Suid-Afrika in die vroeë sestigs.

Nico se musiek is ook deur ander internasionale kunstenaars opgeneem. Eddie Calvert se weergawe van “Zambezi” was die bekendste en het op nr 13 op die Britse trefferparade gedraai. Van sy plate is in Amerika vrygestel. Hy het musiek uitgebring op 78’s, langspeelformaat, enkelsnitformaat, kassetbande, CD’s, DVD’s – amper elke formaat denkbaar – heel moontlik die enigste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat dit gedoen het.

Op kommersiële vlak was Nico Carstens dus ‘n reusesukses en dit is duidelik dat hy en De Waal hulle toegespits het op musikale resepte wat gewerk het vir Afrikaanse gehore van die 1950’s en 1960’s. Hierdie tydgleuf was natuurlik ‘n belangrike een, om vele redes. Dit kan nie geïgnoreer word dat dit amper perfek oorvleuel het met die eerste twee dekades van apartheid nie. Dit het ekonomies baie beter gegaan met die Afrikaners van hierdie periode as met die vorige generasie, en Carstens se plate, optredes en publieke beeld (met sy Cadillacs en aandpakke ens – hy was lief vir spoggerige karre en vroue) het dit weerspieël. Hy het hom dus bevind in ‘n era van Afrikaner-nasionalistiese optimisme wat eers heelwat later sou taan.

Daar is geen tekort aan volksikonografie op sy plaatomslae van hierdie tyd nie, en as ‘n mens regtig die politieke spook om elke draai sou wou soek, kan dit vertolk word (soos sommige skrywers reeds gedoen het) as ‘n mate van subtiele onderskrywing van die politieke narratief van die tyd. ‘n Meer aanvaarbare gevolgtrekking – soos die een waartoe Willemien Froneman in haar doktorale tesis oor boeremusiek kom – is om dit eerder te sien as pragmatiese bemarking in ‘n tyd van ekonomiese opbloei. Ten spyte van hierdie sukses, was die milieu en mark egter ook vir hom inhiberend.

Carstens was ‘n musikale genie wat deur ‘n baie wye spektrum musiekstyle beïnvloed is. Daarin lê ‘n basiese ironie. Alhoewel hy gereeld na verwys is as die “Boeremusiekkoning” – iets wat vele boeremusiekpuriste ontstel het – het hy self nooit sy musiek as boeremusiek gekategoriseer nie. Vir hom was dit nader aan jazz. Hy is stilisties diep geraak deur die bruin musikante van die Kaap – ‘n styl van speel wat duidelik onderskei kon word van die boeremusiek in die destydse Transvaal. Hy was lief vir kwêla en ghoema. Hy het op sy kruin geleef soos ‘n rockster op ‘n vlak wat die mees gewilde plaaslike rockers van vandag net van kan droom. En dít in ‘n tyd van sombere, grys pakke. Op filosofiese en geloofsvlak is hy weer diep beïnvloed deur die esoteriese Oosterse spiritualisme van Sant Mat. Vir iemand wat volksbesit was, was Carstens op ‘n verrassende wyse anders.

Maar kom ons keer terug na sy impak. Nico Carstens was ‘n ongelooflike musikant met verstommende ritme en melodie. Komponis, trekklaviervirtuoos, rockster. Zen. Hy was ‘n onortodokse buitestander wat terselfdertyd sentraal staan in populêre Afrikaanse musiek. So iets is raar, en dit spreek boekdele van sy bydrae tot plaaslike musiek.

  • Schalk van der Merwe se doktorale navorsing het gehandel oor identiteit en populêre Afrikaanse musiek in postapartheid Suid-Afrika.

The post Huldeblyk: Nico Carstens, musikale genie appeared first on LitNet.

Afrikaanse universiteit skop nes in die Paarl

$
0
0

Hermann Giliomee by die bekendstelling van die Paarl-studiesentrum

Reg langs die gebou in die Paarl waar die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 op beskeie manier formeel beslag gegee het aan Afrikaans as skryftaal, word daar nou ’n nuwe baken vir Afrikaans as akademiese taal geplant.

Akademia, die nuwe private Afrikaanse hoëronderwysinstelling, open in Januarie volgende jaar sy deure ook in die Paarl met verskeie geakkrediteerde graad- en ander kursusse.

Die nuwe satellietkampus van Akademia, wat bekend staan as die Paarl-studiesentrum, sal in die Historium Konferensiesentrum langs die Afrikaanse Taalmuseum in Pastorielaan geleë wees.

Die historikus en voormalige adviesraadslid van Akademia, Hermann Giliomee,  het tydens ’n ontbytgeleentheid waar die nuwe Paarl-studiesentrum bekendgestel is, gesê die toekoms van Afrikaans as akademiese taal aan die Universiteit Stellenbosch (US) stuur op ’n tragedie af.

Wanneer die US se nuwe taalbeleid deurgevoer word, sal Afrikaans volgens Giliomee al hoe meer agteruitboer op Stellenbosch se kampus.

Maar, sê hy, goeie dinge wat niemand verwag het nie, het al uit groot nood vir Afrikaans tot stand gekom. “Akademia kan dalk een van daardie dinge word wat met groot sukses beloon word.”

Sy voorspelling is dat Afrikaans as akademiese taal op Stellenbosch toenemend afgeskryf sal word namate die universiteit vinnig besig is om te verengels.

Giliomee sê daar is reeds in die jare negentig gepleit dat Afrikaans as dominante taal aan die US behou moet word, maar dit het op dowe ore geval. Daar is nie op die waarskuwings ag geslaan nie.

Hy sê Stellenbosch het van die begin af geweet hy kan nie net op Afrikaans gerig wees nie en was nog altyd ook internasionaal gerig. “Afrikaans het studente in staat gestel om universele kennis in hulle eie taal te verskans.”

Die rooi ligte vir Afrikaans as onderrigtaal het volgens hom reeds in 1993 begin flits toe die destydse minister van nasionale onderwys, Piet Marais, die voormalige staatspresident FW de Klerk in ’n brief gewaarsku het dat daar geen pogings tot versoening aangewend word om Afrikaans as onderrigtaal te beskerm nie.

Giliomee sê die skrywer en Nobelpryswenner vir letterkunde JM Coetzee het aan hom geskryf sy simpatie lê by diegene wat vir Afrikaans as onderrigtaal veg.

“Nou gaan Engels die dominante taal van die US word. Afrikaans sal slegs op aanvraag aangebied word en die uiteinde is dat Engels heeltemal gaan oorneem,” sê Giliomee.

“In enige soortgelyke situasie is dit onafwendbaar dat die kleiner taal binne ’n paar jaar heeltemal uitgefaseer kan word.”

Hy sê studente wat steeds graag in Afrikaans wil studeer, is so toegewensgesind dat hulle liewer nie wil aandring op Afrikaans nie. “Maar daar bestaan nie iets soos taalordentlikheid as jy ’n bepaalde taal as taal van onderrig wil behou nie. Daar is slegs reëls wat geld.”

Hy sê Stellenbosch se voertaalbeleid sal binne die volgende paar jaar glad nie meer dieselfde wees nie. “Feitlik alles sal in Engels wees en Afrikaans sal aangewend word net wanneer dit “in aanvraag” is.

“Tot dusver het Stellenbosch redelik lig afgekom van die afgelope studente-onrus, maar dit kan aansienlik verander namate die demografie van die universiteit besig is om te verander,” waarsku hy.

Die toestroming van studente na Stellenbosch word al hoe groter. Die aandrang is dat 50 persent van die studente teen 2019 swart moet wees, teenoor die huidige 35 persent.

“Maar hoe gaan daardie doelwit bereik word sonder om weer een of ander vorm van rasseklassifikasie in te stel? Dit bring ons terug by die jare van apartheid waar mense selfs deur middel van, onder andere, ’n potlood in hulle hare volgens ras geklassifiseer is.”

Hy gee toe dat Stellenbosch die witste universiteit in die land is en sê dit is tragies dat bruin mense die grootste prys vir apartheid moet betaal. Bruin Afrikaanse studente se deelname aan die US is steeds die laagste.

Giliomee sê tot onlangs het bruin mense redelik stil gebly oor die taalkwessie. Nou gaan daar al hoe meer stemme in die bruin gemeenskap op ten gunste van Afrikaans as onderrigtaal.

“Daar bestaan geen kans dat ’n bruin student uit die platteland goed gaan vaar op universiteit as hy gedwing word om in Engels te studeer nie.”

Giliomee, wat al verskeie boeke in Engels geskryf het, sê hy was 35 jaar oud toe hy die eerste keer in Engels begin publiseer het. “Ek sou dit nie kon regkry om in Engels te skryf as ek nie eers geleer het om die beheer van my huistaal te bemeester nie.”

Hy haal die filosoof John Degenaar aan wat kort voor sy dood gesê het dat as Suid-Afrika sukses wil behaal, daar vergeet moet word van nasiebou. Daar moet liewer daarop gekonsentreer word om ’n sterk demokrasie te bou.

Afrikaans het ’n ryk kulturele tradisie en is saam met Maleis-Indies, Hindi en Hebreeus een van slegs vier tale in die wêreld wat in die 20ste eeu tot ’n volwaardige letterkundige taal kon ontwikkel.

akademia_400Instellings soos Akademia kan volgens Giliomee ’n geweldige rol speel om Afrikaans as onderrigtaal te laat voorbestaan, selfs al was dit nie vir die huidige krisis waarin Afrikaans hom tans bevind nie.

Akademia se akademiese hoof, Piet le Roux, sê die vestiging van die Paarl-studiesentrum is deel van Akademia se doelstelling om ’n Afrikaanse gemeenskapsuniversiteit te vestig.

“As gemeenskapsuniversiteit wil ons met een voet in die gemeenskap en die ander voet in die wêreld staan.”

Klasse aan die universiteit sal vanuit ’n hoëtegnologie sentrale ateljee gelyktydig aan ses tot agt sentrums in die land aangebied word.

Akademia het reeds tien jaar gelede planne begin beraam vir tersiêre onderrig in Afrikaans. Vyf jaar gelede is die eerste studente ingeskryf. Dieselfde akkreditasie as enige ander universiteit is op Akademia van toepassing.

Die eerste BCom-studente is in 2014 ingeneem en volgende jaar vind Akademia  se eerste gradeplegtigheid plaas.

Le Roux sê hulle studentegetalle het van 20 studente in 2011 gestyg tot 370 in 2015 en 406 dié jaar. Hulle verwag dat meer as 800 studente volgende jaar sal inskryf om daar te studeer. Hulle verwag dat daar teen 2020 sowat 2 500 studente by Akademia sal studeer.

Van die kursusse waaruit studente reeds kan kies, sluit in BCom-graadkursusse in ondernemingsbestuur, bestuursrekeningkunde, ekonomie, regte en finansiële beplanning.

Daar word ook ’n gevorderde diploma in projekbestuur aangebied, en hoër sertifikate in rekeningkunde en kantooradministrasie wat as oorbrugging gebruik kan word vir graadtoelating word ook reeds aangebied.

Foto's: Jean Oosthuizen

 


Hierdie artikel is deel van LitNet Akademies se universiteitseminaar. Klik op die “University Seminar 2016”-banier hierbo om alle essays wat deel vorm van die gesprek, te lees.

This article forms part of the ongoing university seminar, with new essays continually being added. Please click on the “University Seminar 2016” banner above to follow the ongoing conversation and to read more essays on education, access, transformation, language and the Constitution.

The post Afrikaanse universiteit skop nes in die Paarl appeared first on LitNet.

LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2016

$
0
0

'n Woord kan 'n tydsgees vasvang.

In 2013, toe LitNet die eerste keer LitNet se Suid-Afrikaanse woord van die jaar-kompetisie aangebied het, was die woord op almal se lippe "e-tol".

Een van 2014 se mees emotiewe woorde was "beurtkrag". (Sien "Woorde van 2014", deur Willem Botha en die WAT.)

In 2015 was daar vuurwarm diskoers rondom studenteprotes en hutsmerkveldtogte. Die # is aangewys as wenner.

Besoek hierdie kategoriebladsy om inskrywings van vorige kompetisies deur te blaai.

Wat is 2016 se Afrikaanse woorde - woorde wat ontstel, prikkel, of die heersende gesprek saamvat?

Stuur jou #litnetwoord2016 voor 6 Desember 2016 aan: naomimeyer@litnet.co.za. Slegs een inskrywing per persoon. 

LitNet sal R1 000 toeken aan een woord, die sterkste inskrywing volgens LitNet se redaksie. LitNet behou hom die reg voor om geen prys toe te ken nie.

Alle uitslae sal gedurende Desember op LitNet verskyn.

 

The post LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2016 appeared first on LitNet.

Voldoen eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie?

$
0
0

Voldoen eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie?

Chris Nelson, onafhanklike navorser

LitNet Akademies Jaargang 13(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die suksesvolle en snelle ekonomiese ontwikkeling wat deur talle Oos- en Suidoos-Asiatiese state sedert die 1980’s bewerkstellig is deur die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie, het talle onderontwikkelde en ontwikkelende state beweeg om hierdie state se voorbeeld te volg. Suid-Afrika was een van die state wat besluit het om ook tot daadwerklike optrede oor te gaan ten einde snelle ekonomiese ontwikkeling te bewerkstellig. Gekonfronteer met ’n hoë vlak van ongelykheid, armoede en werkloosheid in die samelewing asook die gevare wat uit hierdie maatskaplike euwels kan voortvloei, het die Suid-Afrikaanse regering homself in 2007 formeel tot die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie verbind. Dit was egter eers met die aanvaarding van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP 2030) in 2012 dat die eerste daadwerklike stap ter inwerkingstelling van hierdie strategie gedoen is.

Alhoewel politici en akademici oor ’n breë spektrum die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie as ’n moedige en selfs noodsaaklike stap beskou ten einde ekonomiese groei te stimuleer, is daar egter geen eenstemmigheid oor die vraag of eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van sodanige strategie voldoen nie. Die doel van hierdie artikel is om, by wyse van ’n literatuurstudie, groter duidelikheid oor hierdie vraag te verkry.

Die ontledingsraamwerk wat gebruik word, is van vyfledige aard: Eerstens word, agtergrondshalwe, die idees en uitgangspunte wat aan die kern van ’n ontwikkelingstaatstrategie lê, belig. Tweedens word die essensiële vereistes wat geld vir die inwerkingstelling van sodanige strategie vermeld. Derdens word die huidige regering se verbintenis ter inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie aangedui. Vierdens word die vraag soos wat dit in die titel van hierdie artikel gestel is, beantwoord. Laastens word ’n samevatting van die bevindings verstrek.

Trefwoorde: demokrasie; langtermynvisie; liberalisme; nasionale ontwikkelingsplan; ontwikkelingstaatstrategie; sakesektor; sosialisme; sosio-ekonomiese transformasie

 

Abstract

Does contemporary South Africa meet the requirements pertaining to the implementation of a developmental state strategy?

Deeply conscious of the need for rapid economic development in order to eliminate the high levels of inequality, poverty and unemployment as well as the dangers that may emanate from these social evils, the South African government made the momentous decision in 2007 to formally embark on the implementation of a developmental state strategy. The first practical step toward the realisation of this goal was the adoption in 2012 of the National Development Plan 2030 (NDP 2030), also known as Vision 2030, drawn up by the National Planning Commission (NPC).

This plan envisages the radical transformation of the economic and social landscape in South Africa by 2030. The following examples may serve as illustration: an increase in employment from 13 million in 2010 to 24 million in 2030; an increase in per capitaincome from R50 000 in 2010 to R120 000 in 2030; an increase in the share of the national income of the bottom 40% from 6% to 10%; the elimination of poverty by reducing that part of households with a monthly income of R419 per person (2009 figures) from 39% to 0%; an annual growth in GDP of 5,4%; and an annual rise in export volumes by 6%.

Although the necessity for implementing a developmental state strategy in South Africa is a view shared by politicians and academic scholars alike, no unanimity exists regarding the viability of this particular strategy. The most intensely debated aspect relates to the question whether the essential requirements pertaining to its implementation are prevalent in contemporary South Africa. By means of a literature study, this article attempts to get greater clarity on this vexed question.

The analytical framework employed is fivefold in nature: First, the basic theoretical assumptions underpinning a developmental state strategy will be highlighted. Of primary importance in this regard is the assumption that the socio-economic development of underdeveloped societies can be attained only when the state has extensive powers not only to influence the economic, political and social development of society, but also to determine the direction of development. However, even though a developmental state strategy implies state intervention in the economy, it does not mean authoritarianism, socialism or the absence of economic liberalism. On the contrary, state intervention in order to promote the living standards of even the least developed sections of society should always be conducted within the framework of a democratic political dispensation and a capitalist economic system.

Secondly, those requirements generally regarded as essential for the implementation of a developmental state strategy will be identified.

Thirdly, a brief overview will be presented regarding the commitment of the current South African government to the implementation of a developmental state strategy. This will serve to simultaneously present the necessary background as well as to indicate the nature and objectives of the specific strategy envisaged by the political leadership for South Africa.

Fourthly, the important question posed in this article, namely whether or not contemporary South Africa meets the essential requirements pertaining to the implementation of a developmental state strategy will be addressed. Those essential requirements regarded by most scholars as of crucial importance will serve as analytical tool. These requirements are: a long-term vision regarding economic development by the political leadership as well as the political will to steadfastly strive toward the attainment of that vision; a development-oriented and performance-driven political leadership; a state-led industrialisation policy actively supporting the business sector; a labour force supporting the singular objective of economic growth; an education system providing the knowledge and skills needed for rapid economic growth; previous experience with state-led development programmes; an effective coordinating and monitoring centre; a manufacturing-oriented business sector; an effective and professional state bureaucracy; a high savings rate providing investment capital for rapid economic growth; a corporatist framework; and societal cohesion.

The article will be concluded by providing a summary of the findings.

On the basis of the literature study conducted it is possible to conclude that while contemporary South Africa does meet some of the essential requirements, other equally essential requirements are not being met. The following four requirements are being met:

  • The political leadership is committed to a long-term vision that aims at the implementation of a developmental state strategy. The leadership also displays the necessary political will in bringing that vision to fruition. Indicative are the adoption of the National Development Plan 2030 (NDP 2030) in 2012; the formulation of the Medium Term Strategic Framework (MTSF) in 2014 for implementing the NDP 2030 in three five-year cycles; and the alignment of the national budget to the first MTSF (2014–2019). However, the attainment of this vision is seriously being undermined by the leadership of the ANC’s allies in the Tripartite Alliance in their ultimate aim toward creating a socialist system.
  • The government did adopt an industrialisation policy that actively supports the business sector. In 2015 the government approved the seventh Industrial Policy Action Plan (IPAP) containing several incentive schemes for industrialists. Special emphasis is being placed on the empowerment of black industrialists.
  • The government did establish a coordinating and monitoring centre. The Ministry of Planning, Coordination, Monitoring and Evaluation (MPCME) in the Presidency is not only specifically charged with the responsibility of implementing the NDP 2030, but also for coordinating, monitoring and evaluating the priority action plans by the various social actors as outlined in the MTSF (2014–2019).
  • The government did garner previous experience regarding the implementation of state-led economic development programmes. It could draw both on the experience of governments during the apartheid era with state-sponsored economic development programmes, and also on its own experience in the implementation of its own programmes after assuming power in 1994.

Contemporary South Africa fails to meet the following eight essential requirements:

  • The current political leadership is not development-oriented and performance-driven. On the contrary, based on the policy uncertainty being created on a regular basis by arbitrary and poor decision-making, a history of low economic growth, efforts toward “rent-seeking” by the “patronage politicians” within the ruling party, and the ongoing government subsidisation of a large number of ineffective and dysfunctional state-owned enterprises, the capacity as well as the quality of the political leadership displayed is seriously questioned.
  • The manufacturing sector is too small to make a significant contribution toward the implementation of a developmental state strategy, even though it does constitute a foundation upon which such a strategy could successfully be implemented. In addition to its inadequate size, the contribution of the manufacturing sector toward the GDP is also on the decline.
  • Except for some pockets of excellence on all levels of government, the state bureaucracy as a whole is plagued by such a myriad of deficiencies that it can hardly be expected to play a supportive role in the implementation of a developmental state strategy. Having analysed the drivers of corruption in the public sector some analysts are of the opinion that this factor alone may cause the entire sector to become dysfunctional.
  • The labour force is not fully committed to the single objective of economic development as is required by a developmental state strategy. Although there are some indications that a significant section of the labour force is indeed positively inclined toward rapid economic growth, any substantial positive impact this may have is neutralised by the absence of a strong work ethic among the workers. Indicative are the high levels of labour unrest, strikes, absenteeism, low productivity and a low level of competitiveness.
  • The educational system is ill-equipped to provide the labour force with the knowledge and skills that will ensure rapid economic development typifying the implementation of a developmental state strategy. Despite the fact that South Africa’s spending on education and training is among the highest in the world, the labour force is still plagued by severe skills shortages in all the vital occupational fields.
  • The implementation of a developmental state strategy in South Africa is unlikely because a high savings rate that would provide the capital needed for investment and rapid economic growth is absent. Not only is the savings rate a mere 14,5% of GDP, but the inflow of foreign capital is also in sharp decline.
  • The existing corporatist framework is not conducive to the implementation of a developmental state strategy. Measured against the structural, role, behavioural, and macro-environmental requirements pertaining to a successful corporatist framework, the South African framework is deficient in many respects.
  • The implementation of a developmental state strategy in South African is hampered by a lack of social cohesion. Despite the transition to an inclusive democracy in 1994, the “rainbow nation” is still a deeply divided nation. Indicative are the class, regional, ethnic and tribal divisions; ideological differences; economic inequality; cultural differences and prejudices; political intolerance; racism; and the deep schisms caused by the opposing forces of modernism (individualism) and traditionalism (collectivism).

On the whole, contemporary South Africa does not satisfy the most essential requirements pertaining to the implementation of a developmental state strategy. However, this does not mean that the long-term vision regarding the implementation of such a strategy in this country should be abandoned. The strange irony is that a developmental state strategy is actually ideally suited for bringing about the rapid economic development in South Africa that is needed to ensure meaningful socio-economic transformation and stability. Given this stark reality, it is incumbent on all the main social actors in South Africa to convene a national convention, similar to the Convention for a Democratic South Africa (Codesa), at which they could collectively commit themselves to creating those conditions conducive to the implementation of a developmental state strategy.

Keywords: business sector; democracy; developmental state strategy; liberalism; long-term vision; national development plan; rapid economic growth; social actors; socio-economic transformation

 

1. Inleiding

Die suksesvolle en snelle ekonomiese ontwikkeling wat deur talle Oos- en Suidoos-Asiatiese state sedert die 1980’s bewerkstellig is deur die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie, het talle onderontwikkelde en ontwikkelende state beweeg om hierdie state se voorbeeld te volg. Suid-Afrika was een van die state wat reeds in die laat 1990’s besluit het om tot daadwerklike optrede oor te gaan ten einde snelle ekonomiese ontwikkeling te bewerkstellig. Gekonfronteer met ’n hoë vlak van ongelykheid, armoede en werkloosheid in die samelewing asook die gevare wat uit hierdie maatskaplike euwels kan voortvloei, het die Suid-Afrikaanse regering homself uiteindelik in 2007 formeel tot die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie verbind. Dit was egter eers met die aanvaarding van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP 2030) in 2012 dat die eerste daadwerklike stap ter inwerkingstelling van hierdie besondere strategie gedoen is.

Die NOP 2030 beoog om die bestaande ekonomiese en maatskaplike orde in Suid-Afrika teen 2030 ingrypend te verander. Ter illustrasie kan gemeld word dat die NOP 2030 dit in die vooruitsig stel dat 11 miljoen nuwe werksgeleenthede teen 2030 geskep moet word; ’n jaarlikse groei in BBP van 5,4% bereik moet word; en uitvoervolumes jaarliks met 6% moet toeneem (NBK 2012).

Alhoewel politici en akademici oor ’n wye spektrum die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie in eietydse Suid-Afrika as ’n moedige en selfs noodsaaklike stap in die bekamping van armoede, werkloosheid en ongelykheid beskou, is daar egter nie eenstemmigheid oor die lewensvatbaarheid van hierdie besondere ontwikkelingstrategie nie. Die enkele aspek waaroor die grootste verdeeldheid heers, het betrekking op die vraag: Voldoen eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van sodanige strategie? Die doel van hierdie artikel is om by wyse van ’n literatuurstudie groter duidelikheid oor hierdie aangeleentheid te verkry.

Die ontledingsraamwerk wat gebruik word om die doel van hierdie artikel te verwesenlik sien soos volg daaruit: Eerstens word die idees en uitgangspunte wat ten grondslag van van ’n ontwikkelingstaatstrategie lê, saaklik verduidelik. Tweedens word die essensiële vereistes wat geld vir die inwerkingstelling van sodanige strategie aangedui. Derdens word ’n breë oorsig verskaf van die huidige regering se verbintenis tot die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie. Vierdens word die vraag soos wat dit in die titel van hierdie artikel gestel is, beantwoord. Laastens word ’n samevatting van die bevindings verstrek.

 

2. Uitgangspunte onderliggend aan ’n ontwikkelingstaatstrategie

Die uitgangspunt wat ’n ontwikkelingstaatstrategie ten grondslag lê, is dat die sosio-ekonomiese ontwikkeling van ontwikkelende samelewings moontlik is slegs wanneer die staat oor uitgebreide mag beskik om nie alleen die ekonomiese, politieke en maatskaplike lewe te beïnvloed nie, maar ook die rigting van ontwikkeling te bepaal. In hierdie verband is die navorsingsbevindings van Andrzej Bolesta (2007:105), navorsingsgenoot verbonde aan die Londense Skool vir Ekonomie en Politieke Wetenskap en kundige oor die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie in die Volksrepubliek van China (VRC) gedurende die na-sosialistiese era, belangwekkend. Hy wys daarop dat daar geen opgetekende gevalle in die ontwikkelende wêreld bestaan waar ongebreidelde ekonomiese liberalisme, ongeag die snelle ekonomiese groei wat dit bewerkstellig, maatskaplike transformasie op ’n breë grondslag tot gevolg gehad het nie.

Alhoewel ’n ontwikkelingstaatstrategie dus staatsbetrokkenheid in die ekonomie impliseer, beteken dit egter nie outoritarisme, sosialisme of die afwesigheid van ekonomiese liberalisme nie. Inteendeel, hoe belangrik en noodsaaklik intervensionisme deur die staat ook al geag word om ekonomiese groei te bewerkstellig en sodoende die lewenstandaard van die armste gedeeltes van die samelewing te verbeter, moet hierdie staatsbetrokkenheid binne die raamwerk van ’n demokratiese politieke bestel en ’n kapitalistiese ekonomiese stelsel geskied. Die moderne geskiedenis het onweerlegbaar bewys dat oral waar outoritêre en sosialistiese eksperimente toegepas is, daardie eksperimente misluk het of tans in die proses van verval is. Enkele voorbeelde waarna verwys kan word, is die voormalige Unie van Sosialistiese Sowjet-republieke (USSR) en sy satellietstate, die VRC gedurende die sosialistiese era, Kuba en Venezuela.

Belangwekkend is egter die feit dat die besondere kapitalistiese model wat ten grondslag van ’n ontwikkelingstaatstrategie lê, verskil van neoliberalisme en laasgenoemde se beklemtoning van maksimale privatisering van staatseiendom, privaatbesit van alle produksiemiddele, deregulering, en ’n beperkte rol vir die staat, deurdat aan die staat wel ’n beduidende rol in die ekonomie toegeken word.

Bolesta (2007:105) verduidelik ’n ontwikkelingstaatstrategie treffend deur aan te toon dat dit nie kapitalisties of sosialisties is nie. Hy plaas dit gevolglik halfpad tussen ’n liberale ope ekonomie en ’n sentraalbeplande ekonomie. Volgens hom is dit gebaseer op die positiewe voordele van private ondernemerskap en die positiewe voordele van ’n rol deur die staat in die ekonomie. Wat laasgenoemde betref, is dit veral die staat se regulerende, beleidformulerende, infrastruktuurskeppende en maatskaplik-ondersteunende vermoëns wat van kardinale belang is in die skepping van ’n klimaat waarin snelle ekonomiese ontwikkeling kan gedy.

Volgens Meredith Woo-Cumings (1999a:1–2), verbonde aan die Universiteit van die Noordweste in die VSA, impliseer ’n ontwikkelingstaatstrategie ’n intervensionistiese staat, maar nie ’n sosialistiese of “plan-irrasionele” staat nie. Verder impliseer dit ook nie ’n kapitalistiese of ’n “geen plan”-staat nie. Dit impliseer wel ’n “plan-rasionele” kapitalistiese staat wat privaatbesit met staatsleiding vermeng en integreer. Die uitgangspunt wat hierdie besondere beskouing van ’n ontwikkelingstaatstrategie ten grondslag lê, is dat daar ’n onderling voordelige verhouding tussen die politieke elite en staatsburokrate aan die een kant en die niestaatlike entrepreneurs en werkers aan die ander kant geskep word en wel op sodanige wyse dat die een nie die ander oorheers nie (Nwokorie s.j.).

Die historikus Andrew Heywood (2002:96) stem grootliks met voormelde navorsers saam. Volgens hom rus die strategie van ’n ontwikkelingstaat op die uitgangspunt dat staatsbetrokkenheid in die ekonomie uitsluitlik daarop ingestel is om nywerheidsgroei en ekonomiese ontwikkeling te bewerkstellig. Dit impliseer egter nie die vervanging van die vryemarkstelsel met ’n sosialistiese stelsel nie, maar is eerder ’n poging om ’n vennootskap te bewerkstellig tussen die staat en die hoof ekonomiese belangegroepe, hoofsaaklik die grootsakesektor (“big business”) en georganiseerde arbeid.

Die uitgangspunt in ’n ontwikkelingstaatstrategie dat staatsbetrokkenheid in die ekonomie as noodsaaklik geag word om sosio-ekonomiese transformasie te bewerkstellig blyk ook uit die oortuiging dat alhoewel ’n kapitalistiese ekonomiese stelsel uitnemend daarin slaag om hoë vlakke van ekonomiese groei en ontwikkeling in samelewings te bewerkstellig, dit nie noodwendig ongelykheid in daardie samelewings uitwis nie. Die Franse ekonoom Thomas Piketty (2014) professor in ekonomie aan die Paryse Skool vir Ekonomie, het in sy onlangse boek, Capital in the twenty-first century, inderdaad bevind dat die ongelykheid in samelewings oor die afgelope aantal eeue nie ’n toevallige onreëlmatigheid of anomalie is nie, maar primêr veroorsaak is deur strukturele gebreke eie aan die kapitalistiese stelsel en in besonder die sneeubaleffek van oormatige konsentrasie van rykdom. Voorts het Piketty bevind dat hierdie ongelyke verspreiding van rykdom slegs deur staatsbetrokkenheid in die ekonomie uit die weg geruim kan word. Indien dit nie gebeur nie, word die voortbestaan van die ganse demokratiese orde in ’n staat bedreig.

Dit is interessant dat een van die wêreld se leidende sakemagnate, Bill Gates (2014), Piketty se bevinding ondersteun. Hy wys daarop dat ongelykheid in samelewings inderdaad problematies is, aangesien dit die demokratiese stelsel ten gunste van invloedryke belangegroepe kantel en die beginsel dat alle mense in die samelewing gelyk is, ondermyn; dat kapitalisme homself nie ten gunste van groter gelykheid in die samelewing korrigeer nie (oormatige konsentrasie van rykdom het ’n sneeubaleffek indien dit toegelaat word om onbeteueld voort te bestaan); en dat regerings ’n opbouende rol kan speel om die sneeubaltendens teen te werk sou en wanneer hulle dit verkies.

Die grondliggende uitgangspunt van ’n ontwikkelingstaatstrategie dat staatsintervensionisme belangrik is in die sosio-ekonomiese ontwikkeling van ’n ontwikkelende samelewing, blyk ook uit die beskouing daarvan deur die Nasionale Beplanningskommissie (NBK) (2012), wat verantwoordelik was vir die opstel van die NOP 2030. Volgens hierdie instelling bewerkstellig die inwerkingstelling van hierdie besondere strategie vinnige en volhoubare transformasie in ’n samelewing se ekonomiese en maatskaplike toestande deur aktiewe, intensiewe en effektiewe staatsbetrokkenheid in die strukturele en maatskaplike oorsake van onderontwikkeling.

Verdere begrip van die grondliggende uitgangspunte waarop ’n ontwikkelingstaatstrategie gebaseer is, kan verkry word uit die Educational and Training Unit (ETU), ’n nieregeringsorganisasie wat transformasie, ontwikkeling en demokrasie in Suid-Afrika bevorder, se siening daarvan (ETU s.j.). ’n Staat waarin hierdie strategie toegepas word, word gekenmerk as ’n staat wat ’n aktiewe rol speel om ekonomiese ontwikkeling te bewerkstellig deur die nasionale hulpbronne aan te wend ten einde die behoeftes van die samelewing te bevredig; ’n balans tussen ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling te bewerkstellig; en staatsbronne en -invloed te gebruik om armoede te beveg en ekonomiese geleenthede te skep.

 

3. Die vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie

Dit is gebiedend dat daar vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie aan bepaalde vereistes voldoen moet word. Alhoewel navorsers nie eenstemmig is rakende die presiese aard van hierdie vereistes nie, word die volgende in mindere of meerdere mate deur die meeste as onontbeerlik beskou:

  • ’n Langtermynvisie oor ekonomiese ontwikkeling deur die politieke leierskap en die wil om daardie visie aktief na te streef.
  • ’n Ontwikkelingsgeoriënteerde en prestasiegedrewe politieke leierskap.
  • ’n Staatsgeleide industrialiseringsbeleid wat die sakesektor aktief ondersteun.
  • ’n Arbeidsmag wat die enkelvoudige doelstelling van ekonomiese groei ondersteun.
  • ’n Opvoedkundige stelsel wat die kundigheid en vaardighede vir ekonomiese groei kan lewer.
  • Vorige ervaring met staatsgeleide ontwikkelingsprogramme.
  • ’n Doeltreffende koördinerings- en moniteringsentrum.
  • ’n Vervaardigingsgeoriënteerde sakesektor.
  • ’n Doeltreffende en professionele staatsburokrasie.
  • ’n Hoë spaarkoers wat vir belegging aangewend kan word.
  • ’n Korporatistiese raamwerk.
  • Samelewingsamehorigheid.

In ’n ontleding van die vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie het die ETU (s.j.) drie vereistes geïdentifiseer. Eerstens moet die staat oor die nodige strategiese vermoë beskik. Dit beteken dat die staat oor die vermoë moet beskik om die leiding te neem in die opstel van ’n gemeenskaplike nasionale ontwikkelingsagenda; om die samelewing te mobiliseer in die aanvaarding van en deelname aan daardie agenda; om die samelewing se bronne te gebruik ter verwerkliking van die gedeelde program; om ’n tydraamwerk aan die verwesenliking daarvan te koppel; en om die inwerkingstelling van die program te monitor.

Tweedens moet die staat oor die nodige organisatoriese en tegniese vermoë beskik. Organisatoriese vermoë beteken dat die staat oor die nodige strukture en stelsels moet beskik om sy ontwikkelingsdoelwitte te bereik. Indien dit nie bestaan nie, moet sulke strukture en stelsels geskep word. Tegniese vermoë veronderstel die vermoë om beleidsdoelwitte in programme en projekte te omskep wat inwerkingstelling moontlik sal maak. Veral ekonomiese-ontwikkelingsprojekte benodig dienste, infrastruktuur en kundige personeel.

Derdens sal die sukses van ’n ontwikkelingstaatstrategie volgens die ETU (s.j.) bepaal word deur die aktiewe betrokkenheid van alle maatskaplike vennote in die samelewing in die formulering van nasionale beleid. Sonder ’n uitdruklike maatskaplike akkoord of “volkskontrak” tussen die regering, arbeid, sakelui en instellings in die burgerlike samelewing, oftewel korporatisme, is die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie nie moontlik nie. Die belangrikheid van ’n “volkskontrak” vir die suksesvolle inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie word ook sterk beklemtoon deur Omano Edigheji (2006), navorsingsbestuurder van die Centre for Policy Studies (CPS).

Met spesifieke verwysing na die vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie in Afrika verwys Musamba (2010:21–6) na die belangrikheid van ’n ontwikkelingsgeoriënteerde politieke leierskap; ’n doeltreffende en outonome burokrasie; ’n produksiegeoriënteerde privaatsektor; en ’n prestasiegeoriënteerde regering.

Dit moet beklemtoon word dat die lys van vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie soos hier bo uiteengesit, nie op volledigheid aanspraak maak nie. Aspekte wat eweneens ’n belangrike rol speel, maar as gevolg van verskeie oorwegings, waaronder die omvang en fokus van hierdie artikel, nie bespreek is nie, sluit in likiede markte; ’n gekapitaliseerde en onafhanklik-gereguleerde banksektor; ’n onafhanklike monetêre beleid; fiskale dissipline; ’n internasionale handelsbeleid; ’n ontwikkelde fisiese-infrastruktuurstelsel; ’n vernuwingsbeleid; ’n stewige hulpbronbasis; en ’n nasionale gesondheidstelsel.

 

4. Die huidige Suid-Afrikaanse regering se verbintenis tot die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie

Die navorsers Edigheji (2010a:1) en Netshitenzhe (2011) wys daarop dat die ANC-regering reeds sedert sy bewindsaanvaarding in 1994 die standpunt verkondig het dat die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie in Suid-Afrika onontbeerlik is ten einde hoë vlakke van werkloosheid, armoede en ongelykheid teen te werk. Ofskoon hierdie oogmerk in 1998 en in 2000 herhaal is, was dit egter eers in 2005 dat die Nasionale Algemene Raad van die ANC besluit het dat sodanige strategie gevolg moet word om die ekonomie te herstruktureer en ekonomiese groei te versnel. Tydens die 52ste nasionale konferensie van die ANC gedurende Desember 2007 in Polokwane is ’n resolusie aanvaar waarin dié party homself formeel tot die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie verbind het (ANC 2007).

Dit is belangrik om te meld dat tot op daardie stadium verskeie makro-ekonomiese programme beleidformulering bepaal het, waaronder die Reconstruction and Development Programme (RDP) (1994); die Growth, Employment and Redistribution Programme (GEAR) (1996); die Accelerated and Shared Growth Initiative (ASGI-SA) (2006); en die National Industrial Policy Framework (NIPF) (2007) (Lundahl en Petersson 2009:1–20).

Die RDP is algemeen as ’n ontwikkelingsgerigte program beskou, terwyl die daaropvolgende programme ook neoliberale kenmerke vertoon het. Vanweë die kritiek teen hierdie programme, veral vanuit die geledere van die ANC se sosialisties-georiënteerde bondgenote in die Drieparty-alliansie, naamlik die Congress of South African Tade Unions (Cosatu) en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), was die party genoop om met aanpassings aan sy makro-ekonomiese beleid vorendag te kom. Die SAKP en Cosatu was nie alleen voorstanders van die radikale sosio-ekonomiese transformasie van die Suid-Afrikaanse samelewing by wyse van die Leninisties-geïnspireerde nasionale demokratiese revolusie nie, maar ook teenstanders van enige vorm van ekonomiese liberalisme. Die idee van ’n ontwikkelingstaatstrategie het nieteenstaande die ideologiese verdeeldheid in die geledere van die Drieparty-alliansie, vir die ANC, as die dominante rolspeler in die alliansie, geblyk die oplossing te wees om hierdie ideologiese Gordiaanse knoop deur te haak.

Gedurende April 2010 is die eerste daadwerklike stap deur die regering gedoen in die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie. Die NBK is in die lewe geroep met die opdrag om ’n langtermynvisie en nasionale strategiese ontwikkelingsplan vir Suid-Afrika vir die volgende twee dekades te ontwikkel. Die hoof van die NBK het direk aan die president gerapporteer. Die voorsitter was Trevor Manuel, met die huidige adjunkpresident, Cyril Ramaphosa, as ondervoorsitter (RSA s.j.).

In ’n diagnostiese verslag wat in 2011 vrygestel is, het die NBK nege ekonomiese, politieke en maatskaplike uitdagings geïdentifiseer waaraan in die voorgenome strategiese-ontwikkelingsplan voorrang verleen moes word (RSA s.j.). Dit het ingesluit werkloosheid; die swak kwaliteit van onderwys waaronder veral swart Suid-Afrikaners gebuk gaan; ’n ontoereikende infrastruktuur; ’n onvolhoubare hulpbron-intensiewe groeimodel; die ongelyke ontwikkeling tussen stedelike en plattelandse gebiede; ’n swak openbaregesondheidstelsel; ’n staatsburokrasie wat nie na wense presteer nie; die ondermyning van staatslegitimiteit en -dienslewering as gevolg van korrupsie en wanbesteding; en ’n samelewing wat steeds diep verdeeld is (RSA s.j; Stanlib 2011) .

Na afloop van ’n omvattende navorsingsproses en met inagneming van die nege uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, is die NOP 2030 gedurende 2012 deur die NBK bekendgestel. Ingevolge hierdie ambisieuse program, wat tientalle doelwitte op ’n ewe groot aantal terreine omsluit, word beoog om die bestaande ekonomiese en maatskaplike orde in Suid-Afrika teen 2030 radikaal te verander. Die NOP–2030, ook soms genoem Visie–2030, stel dit byvoorbeeld in die vooruitsig om indiensneming van 13 miljoen in 2010 tot 24 miljoen in 2030 uit te brei; inkomste per persoonvan R50 000 in 2010 tot R120 000 in 2030 te verhoog; die onderste 40% se aandeel in die nasionale inkomste van 6% tot 10% te vergroot; armoede uit te skakel deur daardie gedeelte van huishoudings met ’n maandelikse inkomste van R419 per persoon (2009 se syfer) van 39% tot 0% te verminder; ’n jaarlikse groei in BBP van 5,4% te bereik; en uitvoervolumes jaarliks met 6% te laat toeneem (NBK 2012b:61).

Tydens die 53ste nasionale konferensie van die ANC gedurende Desember 2012 te Mangaung is die NOP 2030 as die party se amptelike beleid aanvaar. Verder is besluit dat toekomstige staatsbegrotings met die doelwitte soos in die NOP 2030 uitgespel, belyn sou word (ANC 2012). Ten einde uitvoering aan hierdie plan te gee het president Zuma op 20 Junie 2014, in sy jaarlikse staatsrede, aangekondig dat die Maleisiese ontwikkelingsmodel ingespan sal word om die doelwitte van die NOP 2030 vinniger te behaal. Die projek sal bekend staan as Operasie Phakisa (phakisa is ’n Sotho-woord vir versnel). Dit sal aanvanklik gefokus wees op die ontwikkeling van Suid-Afrika se maritieme gebiede en in besonder die benutting van die olie- en gasreserwes in hierdie gebiede. Dit word bereken dat Suid-Afrika se maritieme gebiede oor energiereserwes gelykstaande aan nege miljard vate ru-olie beskik. Die gasreserwes is eweneens enorm, alhoewel dit tans nie bekend is wat die presiese omvang daarvan is nie (SouthAfrica.info 2014a). Operasie Phakisa sal mettertyd na ander terreine uitgebrei word.

Op 8 Augustus 2014 het Jeff Radebe, die minister in die presidensie vir beplanning, monitering en evaluering, die jongste Mediumtermyn Strategiese Raamwerk (MTSF), vir 2014–2019, vrygestel. Hierdie raamwerk omvat die regering se omvattende plan vir die toepassing van die doelwitte van die NOP 2030 oor die volgende vyf jaar. Hy het ook aangekondig dat die NOP 2030 gedurende die tydperk 2014 en 2030 in drie vyfjaarsiklusse toegepas sal word (Politicsweb 2014). Na sy aanstelling as voorsitter van die NBK gedurende September 2015 het hy die belangrikheid van die NOP 2030 beklemtoon en opnuut ’n beroep op alle maatskaplike hoofrolspelers gedoen om die plan met hernude ywer in werking te stel.

Presies hoe belangrik die inwerkingstelling van die NOP 2030 vir die huidige Suid-Afrikaanse regering is in sy pogings om die drievoudige uitdaging van ongelykheid, armoede en werkloosheid teen te werk, blyk uit die volgende verklaring deur Zuma tydens die bekendstelling van die MTSF gedurende Augustus 2014:

Hierdie plan is aanvaar as ’n nasionale plan vir die samelewing in sy geheel. Dit is ons padkaart vir die volgende 20 jaar. Alles wat ons in die regering doen, is nou deel van die omvattende Nasionale Ontwikkelingsplan, insluitende alle operasionele planne, hetsy maatskaplik, ekonomies of polities. (SAnews.gov.za 2014; my vertaling)

 

5. Voldoen eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie?

In die bespreking hier bo is ’n aantal onontbeerlike vereistes waaraan voldoen moet word vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie geïdentifiseer. In hierdie gedeelte van die artikel sal bepaal word of eietydse Suid-Afrika aan elkeen voldoen al dan nie.

5.1 ’n Langtermynvisie en politieke wil deur die politieke leierskap

Aan hierdie belangrike vereiste word voldoen. Die politieke leierskap van die ANC het nie alleen die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie as langtermynvisie aanvaar nie, maar demonstreer ook die politieke wil om daardie strategie toe te pas. Soos in die bespreking hier bo aangedui, het die politieke leierskap homself reeds in 2007 formeel tot die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie as die party se langtermynvisie verbind. Die aanvaarding van die NOP 2030 (Visie 2030) in 2012 verteenwoordig egter die eerste belangrike stap in die nastreef van hierdie visie. Met die aanvaarding van die MTSF in 2014 en die besluit om die NOP 2030 in drie vyfjaarsiklusse wat oor die bewindstydperke van etlike toekomstige regerings sal strek, in werking te stel, asook die belyning van die nasionale begrotings met die MTSF, het die politieke leierskap gedemonstreer dat hulle ook oor die politieke wil beskik om die gestelde langtermynvisie tot vervulling te bring.

Wanneer egter ondersoek ingestel word na die houding van die politieke leierskap in die ANC se bondgenote in die Drieparty-alliansie jeens die inwerkingstelling van ’n langtermynstrategie van hierdie aard en die politieke wil om dit ten uitvoer te bring, kom ’n totaal andersoortige prentjie na vore. Beide die SAKP en Cosatu is vanweë hul ideologiese verbintenis tot marxisme-leninisme gekant teen enige vorm van ekonomiese liberalisme en dus ook enige vergestalting daarvan in ’n langtermynvisie soos die NOP 2030. Die SAKP het sy teenkanting teen die NOP 2030 reeds in 2013 in ’n dokument van 484 bladsye uiteengesit ofskoon SAKP-lede wat in die kabinet dien, ampshalwe genoodsaak is om betrokke te wees by die inwerkingstelling daarvan (Hlongwane 2013). Rakende die presiese aard van die SAKP se langtermynvisie is dit bekend dat die party verbind is tot die daarstelling van ’n “nasionale demokratiese samelewing” by wyse van ’n “nasionale demokratiese revolusie”. In wese impliseer hierdie langtermynvisie die daarstelling van ’n outoritêre sosialistiese orde in Suid-Afrika.

In sy reaksie op die NOP 2030 is Cosatu selfs meer veroordelend as die SAKP. Volgens die politieke kommissie van hierdie vakbondfederasie verteenwoordig die NOP 2030 nie ’n nastrewenswaardige langtermynvisie nie, maar vorm dit eerder ’n bedreiging vir die “progressiewe vorderings” teen “wit monopolistiese kapitalisme” wat Suid-Afrika reeds onder die leiding van die Drieparty-alliansie gemaak het (Marrian 2013). Saam met die SAKP beywer Cosatu hom vir die daarstelling van ’n “nasionale demokratiese samelewing” by wyse van ’n “nasionale demokratiese revolusie”.

5.2 ’n Ontwikkelingsgeoriënteerde en prestasiegedrewe politieke leierskap

Die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie is nie moontlik sonder ’n politieke leierskap wat nie alleen ten volle verbind is tot duidelike ontwikkelingsdoelwitte nie, maar ook bereid is om in die nastrewing van daardie doelwitte persoonlike verryking en korttermyn politieke voordele as van geen of sekondêre belang nie te stel. Volgens Phillipe Burger (2014), professor in ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, word ’n enkelvoudige fokus op ekonomiese groei deur die politieke leierskap as die primêre dryfkrag in die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie beskou.

Wanneer die inwerkingstelling van sodanige strategie in eietydse Suid-Afrika ondersoek word ten einde die rol van die politieke leierskap te bepaal, is ’n skerp teenstrydigheid waarneembaar. Aan die een kant het die politieke leierskap, soos aangetoon, die ideaal van ’n ontwikkelingstaatstrategie as langtermynvisie aanvaar en toon dit ook, deur die aanvaarding van ’n hele reeks ontwikkelingsplanne, die nodige wil om die ideaal ten uitvoer te bring. Aan die ander kant kan dieselfde politieke leierskap se optrede ter vervulling van die gestelde ideaal egter nie as ontwikkelingsgeoriënteerd en prestasiegedrewe beskou word nie.

Verskeie voorbeelde dien ter illustrasie van hierdie besondere ingesteldheid deur die politieke leierskap. Eerstens is daar die optrede van ’n invloedryke faksie in die huidige leierskap van die regerende party wat by uitstek daarop ingestel is om ’n besondere vorm van selfverryking (“rent-seeking”) aktief toe te pas. Ofskoon rent-seeking wye definiëring geniet, verwys dit in die konteks van die Suid-Afrikaanse politieke leierskap na die doelbewuste manipulering van die sosiale en politieke omgewing ten einde ekonomiese voordele te verkry sonder om in ruil enige ontwikkeling te bewerkstellig wat tot voordeel van die samelewing sal strek. Die faksie in die huidige politieke leierskap wat hierdie manipulerende gedrag vertoon, word deur Co-Pierre Georg (2016), senior lektor verbonde aan die Africa Institute of Financial Markets and Risk Management aan die UK, geïdentifiseer as die “patronaat-politici” (“patronage politicians”) wat nou met Zuma geassosieer word.

Die rede waarom hierdie faksie se optrede as uiters nadelig vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie beskou kan word is, volgens Georg (2016), geleë in die feit dat hul manipulerende optrede die weg baan vir nie alleen staatsuitbuiting nie, maar veral “staatskaping”. “Staatskaping” vind plaas wanneer politieke leiers sake-ondernemings wat op gewetenlose winsbejag ingestel is, toelaat om wetgewing, beleidsrigtings, regulasies, regeringskontrakte (“tenders”) en selfs sleutelaanstellings deur die regering in hul guns te beïnvloed op voorwaarde dat aan die leiers of hul meelopers private ekonomiese voordele toegeken word. Volgens Georg (2016) is daar talle voorbeelde van “staatskaping” in eietydse Suid-Afrika wat die direkte gevolg is van die manipulerende optrede deur die “patronaat-politici”. Verder verduidelik hy ook die gevare wat “staatskaping” vir sowel die ekonomie as die effektiewe funksionering van ’n verskeidenheid belangrike staatsinstellings inhou.

Tweedens word die afwesigheid van ’n ontwikkelingsgeoriënteerde en prestasiegedrewe politieke leierskap treffend geïllustreer deurdat die Suid-Afrikaanse ekonomie volgens Ian Cruickshanks (2015), hoofekonoom van die SAIRV, “vasgeketting” word deur onbuigsame arbeidsmarkregulasies en ’n ondoeltreffende reguleringsraamwerk. Ter illustrasie van die begrensing van ekonomiese vryheid in Suid-Afrika deur die regering verwys hy na die syfers wat in 2015 deur die Erfenisstigting se Indeks van Ekonomiese Vryheid verstrek is. Hiervolgens beklee Suid-Afrika tans die 72ste plek uit 178 state. Sedert 1995 het die volgende vryhede die meeste afgeneem: beleggingsvryheid (20 indekspunte), ondernemingsvryheid (12 indekspunte) en vryheid van korrupsie (8 indekspunte).

Die afwesigheid van ’n ontwikkelingsgeoriënteerde en prestasiegedrewe politieke leierskap blyk ook uit data wat deur Afrobarometer tydens opnames verkry is en gedurende 2016 bekendgestel is. Hiervolgens is slegs 37% van alle Suid-Afrikaners tans daarvan oortuig dat die ekonomiese ontwikkeling wat sedert 1994 plaasgevind het, van sodanige aard was dat daar ’n verbetering in hul lewensomstandighede ingetree het (Merten 2016a). Volgens Rashad Cassim, die Suid-Afrikaanse Reserwebank se hoof van ekonomiese navorsing en statistiek, het die Suid-Afrikaanse ekonomie selfs “in goeie tye” nie met meer as 2 tot 3% gegroei nie (Van Rensburg 2016). Tans is die groeikoers baie laag. Die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor het gedurende Desember 2015 die ekonomiese-groei-vooruitsig vir Suid-Afrika vir 2016 hersien van 1,6% tot 0,8%. Saam daarmee is ook die waarskuwing gerig van ’n afgradering tot subbeleggingstatus oftewel “rommelstatus” (Maswanganyi 2016).

’n Derde aspek wat die gebrek aan ’n ontwikkelingsgeoriënteerde en prestasiegedrewe politieke leierskap in Suid-Afrika baie duidelik demonstreer, is die regering se voortgesette subsidiëring van ’n groot aantal ondoeltreffende en disfunksionele staatsbeheerde ondernemings. Regeringswaarborge aan hierdie instellings beloop tans R467 miljard. Nieteenstaande die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie en die kapitalistiese grondslag daarvan, word die siening dat staatsbeheerde ondernemings die beste meganisme daarstel om sosio-ekonomiese transformasie in Suid-Afrika te bewerkstellig, steeds wyd in die Drieparty-alliansie verkondig.

Tydens die bespreking van haar begrotingspos in die parlement op 14 Mei 2015 het die minister van openbare ondernemings, Lynne Brown, daarop gewys dat Eskom en die ander staatsbeheerde ondernemings tans ʼn beduidende bydrae moet lewer in die uitskakeling van die drie groot maatskaplike probleme, naamlik werkloosheid, ongelykheid en armoede, aangesien die privaatsektor, aangedryf deur die winsmotief, nie hierdie taak kan volvoer nie (Pressly 2015). Op 26 Mei 2015 het ook adjunkpresident Cyril Ramaphosa, tydens ’n bespreking van die presidensie se begrotingspos, beklemtoon dat die staatsbeheerde ondernemings ’n kernrol in sosio-ekonomiese opheffing te vervul het en inderdaad die vonk kan verskaf wat nodig is vir die radikale ekonomiese transformasie van Suid-Afrika (News24 2015).

Ter agtergrond kan genoem word dat daar in 2013 meer as 300 staatsbeheerde ondernemings bestaan het terwyl Ramaphosa die getal in 2016 op 700 gestel het (Techcentral 2016). Volgens D.J. Fourie, professor aan die Skool vir Openbare Bestuur en Administrasie aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), domineer die vier grootste staatsbeheerde ondernemings, naamlik Telkom (telekommunikasie), Eskom (kragverskaffing), Transnet (vervoer) en Denel (wapenproduksie), die sleutelsektore van die ekonomie en beskik gevolglik oor die potensiaal om nywerheidsontwikkeling en ekonomiese vooruitgang te stimuleer of te ondermyn (Fourie s.j.).

Dit is veral die regering se weiering om die staatsbeheerde Eskom se monopolie oor die verskaffing van elektrisiteit te verbreek deur dit volledig of gedeeltelik te privatiseer wat deur kritici sterk veroordeel word. Die kritiek sentreer om die feit dat Eskom, ongeag ’n hoë tariefstruktuur en enorme subsidiëring deur die regering (R23 miljard in 2015 alleen (Paton 2015)), nie in staat is om genoegsame elektrisiteit vir nywerheidsontwikkeling en ekonomiese vooruitgang te lewer soos deur ’n ontwikkelingstaatstrategie vereis word nie. Volgens Leon Louw, uitvoerende direkteur van die Vryemarkstigting, is dit “absurd” om met sodanige beleid te volhard terwyl Suid-Afrika se elektrisiteitsbehoeftes vinnig, doeltreffend en kostedoeltreffend bevredig kan word deur private verskaffers in ’n gedereguleerde mark (Louw 2015). Hy wys verder daarop dat die gebrek aan elektrisiteit ekonomiese groei belemmer en sodoende die probleme van werkloosheid, armoede en ongelykheid in die samelewing vererger. Die energieverskaffingskonsultant Dirk de Vos maak selfs die bewering dat Eskom in sy huidige vorm organisatories, tegnies/operasioneel, finansieel en in terme van sy impak op die omgewing onvolhoubaar is (De Vos 2015).

Laastens word die gebrek aan ’n ontwikkelingsgeoriënteerde en prestasiegedrewe politieke leierskap waarskynlik op geen duideliker wyse gedemonstreer as deur die arbitrêre besluitneming en optrede deur die President en die oënskynlike kondonering daarvan deur die meerderheid van die ANC se politieke leierskap nie. Die mees sprekende voorbeeld in hierdie verband is die summiere afdanking van die Minister van Finansies gedurende Desember 2015 en die aanstelling van ’n betreklik onervare parlementslid as sy plaasvervanger sonder inagneming van die ekonomiese gevolge daarvan.

Met hierdie besluit het die president nie alleen vertroue in die politieke besluitnemingsproses skade berokken nie, maar ook die nasionale ontwikkelingsagenda benadeel. Ekonome plaaslik en in die buiteland is dit met mekaar eens dat hierdie besluit talle uiters nadelige gevolge vir die Suid-Afrikaanse ekonomie op lang termyn sal hê (BusinessTech 2015). Volgens die aanlyn nuusblad Rand Daily Mail (2015) het hierdie besluit Suid-Afrika se ekonomie groter skade berokken as die ekonomiese krisis van 2008.

’n Aspek van besondere belang betreffende die President se besluit wat beklemtoning verdien, is die styging in die vlak van beleidsonsekerheid wat dit tot gevolg gehad het. In die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie het beleidsonsekerheid ’n uiters negatiewe uitwerking. Aanduidend van die omvang daarvan is die piek (“spike”) in beleidsonsekerheid wat deur die NWU se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur (NWU SBK) se nuutgeskepte Suid-Afrikaanse Beleidsonsekerheidsindeks (BOI) vir die vierde kwartaal van 2015 gemeet is. Die betrokke indeks, wat ’n basispunt van 50 gebruik, het tot 55,4 punte gestyg (Creamer 2016). Op soortgelyke wyse het ook die politieke/beleidskomponent van die aankopebestuurdersindeks (Purchasing Managers’ Index, of PMI), saamgestel deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) aan die US, gedurende dieselfde tydperk en om dieselfde rede tot die swakste vlak sedert 1993 gedaal (Creamer 2016).

5.3 ’n Staatsgeleide industrialiseringsbeleid wat die sakesektor aktief ondersteun

In eietydse Suid-Afrika word aan hierdie vereiste voldoen, aangesien daar wel duidelike tekens bestaan van ’n staatsgeleide industraliseringsbeleid wat die sakesektor ondersteun. Reeds gedurende 2007 het die regering die Nasionale Industriële Beleidsraamwerk (NIPF) en die eerste Nywerheidsbeleidaksieplan (IPAP) in samewerking met die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), wat reeds in 1940 in die lewe geroep is, aanvaar. Die doel van die NIPF, die IPAP en die NOK is om deelname aan die ekonomie te verbreed deur ondersteuning te bied aan klein en mediumgrootte-ondernemings, indiensneming te bevorder en breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging te bewerkstellig. Die NIPF en die IPAP sal primêr gefokus wees op die vervoeruitrusting- en metalebedryf, die motorvervaardiging- en -komponentebedryf, die chemiese, plastiek- en farmaseutiese bedryf, en die bosbou-, pulp- en papierbedryf. Tydens die bekendstelling van die NIPF en die IPAP is dit duidelik gestel dat die doelwitte geharmoniseer is met die mandaat van die NOK. Die NOK sal, benewens sy steun aan bogemelde bedrywe, ook betrek word in die formulering en inwerkingstelling van strategieë in daardie bedrywe in die vervaardigingsektor wat nie spesifiek in die IPAP gespesifiseer nie (ACCESS 2007).

Gedurende 2015 het die regering die sewende IPAP, wat die tydperke 2015–2016 en 2017–2018 dek, goedgekeur. Gegewe die swak ekonomiese klimaat in die wêreld sal hierdie IPAP gerig wees op nywerheidsontwikkeling nie alleen deur die sakesektor nie, maar ook deur die staat self en die staatsbeheerde ondernemings (RSA s.j.).

Volgens die Departement van Handel en Nywerheid, wat vir die inwerkingstelling van die IPAP verantwoordelik is, word van hoofsaaklik twee tipes aansporingsmaatreëls gebruik gemaak. Eerstens is daar die finansiële-aansporingskema wat daarop gemik is om nywerheidsontwikkeling in die algemeen te bevorder, en tweedens die finansiële-aansporingskema wat spesifiek daarop gemik om nywerheidsontwikkeling deur swart nyweraars te stimuleer. Vanweë die ongelykhede wat deur agtereenvolgende apartheidsregerings geskep is, word voorrang aan laasgenoemde aansporingskema verleen. Op 24 Maart 2016 het Cyril Ramaphosa gesê dat Suid-Afrika te lank deur wit mense bestuur is en aangekondig dat die regering oor die volgende aantal jare R24 miljard aan nywerheidsontwikkeling in ’n breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtigingsprogram (BGSEB) sal bestee (Tandwa 2016).

Dit moet beklemtoon word dat die inwerkingstelling van die regering se industrialiseringsbeleid tot dusver gekniehalter is deur ’n gebrek aan koördinering met die sakesektor. Met die aanvaarding van die MTSF in 2014 is samewerking met die sakesektor egter as ’n prioriteitsdoelwit gestel. Die belangrikheid van samewerking tussen die staat en die sakesektor word sterk beklemtoon deur die Centre for Development and Enterprise (CDE) se verslag oor ekonomiese groei, getiteld “Growth Agenda”. In die verslag word dit duidelik gestel dat ekonomiese groei in Suid-Afrika nie alleen stedelik-gesentreerd en privaatsektorgedrewe moet wees nie, maar ook deur ’n markvriendelike staat ondersteun moet word met massa-indiensneming as teiken (Bernstein 2016).

5.4 ’n Vervaardigingsgeoriënteerde sakesektor

Dit is belangrik om aan te toon dat die ekonomie van ’n staat uit drie verskillende sektore bestaan. Eerstens is daar die primêre sektor wat die benutting van basiese bronne behels soos landbou, visserye en mynbou. Die sekondêre sektor verwys na die vervaardigingsektor, wat produkte lewer soos motorvoertuie, voedsel, klerasie, ensovoorts. Die derde sektor, ook genoem die tersiêre of dienstesektor, verwys na die lewering van dienste aan die verbruikerspubliek soos gesondheidsdienste, toerisme, die bankwese, inligtingstegnologiedienste, ontspanningsdienste, ensovoorts.

Die belangrikheid van ’n vervaardigingsgeoriënteerde sakesektor in ’n staat se ekonomie is daarin geleë dat die betrokke sektor oor die grootste potensiaal beskik om indiensneming, ekonomiese groei en buitelandse verdienste te bewerkstellig. Terwyl die tersiêre of dienstesektor welvaart verbruik, word welvaart deur die vervaardigingsektor (of die sekondêre sektor) geskep. Ofskoon die tersiêre sektor in die meeste moderne ontwikkelde state dominant is as ’n persentasie van die ekonomie en indiensneming, is die meeste van hierdie ekonomieë gekonstrueer op ’n sterk vervaardigingsgeoriënteerde sakesektor. In die moderne internasionale stelsel is die VSA (20,2%), die VRC (18,9%) en Japan (11,1%) die leiers op die gebied van vervaardiging. Dit is interessant dat deur die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie, die VRC sy vervaardigingsuitset as persentasie van die wêreldvervaardigingsuitset verhoog het van ’n skamele 3% in 1990 tot 18,9% in 2010 (SEDA 2012).

Wanneer ondersoek ingestel word na die Suid-Afrikaanse vervaardigingsektor ten einde die bydrae daarvan in die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie te bepaal, word ’n verdere teenstrydigheid waargeneem. Aan die een kant beskik Suid-Afrika oor ’n vervaardigingsektor wat nie alleen as ontwikkeld en stewig gevestig beskou word nie, maar ook as gediversifiseerd en vernuwend. Verder het hierdie sektor, bestaande uit bedrywe soos die landbouverwerkingsbedryf, die motorvervaardigingsbedryf, die chemiese bedryf, die rekenaartegnologie- en elektroniese bedryf, die metaalbedryf en die tekstiel-, klerasie- en skoeiselbedryf, plaaslik en in die buiteland bekendheid verwerf vir die vermoë om suksesvol in die globale ekonomie mee te ding en ook die groei en ontwikkeling van ander plaaslike aktiwiteite soos dienste, werkskepping en ekonomiese bemagtiging aan te spoor (SouthAfrica.info 2016).

Wat egter tot nadeel van die vervaardigingsektor in Suid-Afrika strek, en waarom dit nie ’n wesenlike bydrae tot die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie kan lewer nie, is die feit dat die dit nie alleen betreklik klein is nie, maar besig is om te krimp. As ’n persentasie van die totale internasionale vervaardigingsuitset het Suid-Afrika se vervaardigingsuitset gedaal van 0,6% in 1990 tot 0,5% in 2010 (SEDA 2012). Volgens die NOK het die vervaardigingsektor se bydrae tot Suid-Afrika se BBP gedaal van 20,9% in 1994 tot 12% in 2013 (Mavuso 2014).

Die uitvoerende direkteur van die CDE, Anne Bernstein (2016), voer tereg aan in die verslag waarna hier bo verwys is, dat die Suid-Afrikaanse werkloosheidsyfer van 7,5 miljoen uitsluitlik gewyt kan word aan die feit dat daar in die verlede nie genoegsame aandag aan die “fabrieksfase” in ekonomiese groei verleen is nie. Sy stel dit dat dit steeds die geval is en benadruk die feit dat geen staat tot dusver daarin kon slaag om sonder die fabrieksfase van desperate armoede tot ’n ontwikkelde staat te vorder nie.

5.5 ’n Doeltreffende koördinering- en moniteringsentrum

Gegewe die feit dat die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie alleen kan geskied indien die regering, die privaatsektor en ander rolspelers nou saamwerk, is sowel die koördinering van beleid as die belyning van die programme en planne om daardie beleid ten uitvoer te bring, van die allergrootste belang.

In Suid-Afrika word deels aan hierdie vereiste voldoen deurdat die regering die nodige raamwerk geskep het om nie alleen sy eie programme en planne te koördineer en te monitor nie, maar ook met die ander rolspelers in die samelewing saam te werk.

Gedurende 2014 het die minister vir beplanning, monitering en evaluering in die presidensie, Jeff Radebe, die regering se omvattende raamwerk vir die inwerkingstelling van die NOP 2030 bekendgestel. Hiervolgens sal die NOP 2030 by wyse van drie vyfjaarplanne ten uitvoer gebring word. Die planne sal deur die MPME (Ministerie vir Beplanning, Monitering en Evaluering) gemoniteer word. Gedurende die eerste vyfjaarplan, wat vanaf 2014 tot 2019 strek, is die prioritiseringsraamwerk in die MTSF uiteengesit. Die MTSF omsluit die 14 prioriteitsdoelwitte soos in die NOP 2030 vervat asook die aksieplanne ter verwesenliking daarvan. Teikens wat deur die regering gestel is in ander ontwikkelingsplanne soos die New Growth Path, die Nasionale Infrastruktuurplan, die IPAP en die Negepuntplan sal met die MTSF geïntegreer word (South African Government News Agency 2015; SouthAfrica.info 2014).

Dit is ook belangrik om te meld dat die MTSF vir die eerste keer die ander maatskaplike hoofrolspelers in die samelewing as vennote by die ontwikkelingsdoelwitte en planne vir Suid-Afrika betrek. In die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie word hierdie verwikkeling as positief beskou aangesien sodanige strategie ’n nasionale poging verg. Dit word duidelik gestel dat hoëvlak-samesprekings op ’n gereelde grondslag met die sakesektor, die arbeidsmag en die burgerlike samelewing gevoer sal word. Tydens hierdie samesprekings sal die bydrae wat elke sektor tot die inwerkingstelling van die huidige vyfjaarplan kan lewer, in belanghebberooreenkomste uiteengesit word en sal struikelblokke uit die weg geruim word. Dit word ook gemeld dat die onderskeie rolspelers mekaar onderling verantwoordbaar sal hou (South African Government News Agency 2015).

Alhoewel die verwagting bestaan dat die MTSF die begin is van ’n nuwe fase in die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie in Suid-Afrika, word hierdie optimisme nie deur alle waarnemers gedeel nie. Hier bo is reeds genoem dat Suid-Afrika nie oor ’n ontwikkelingsgeoriënteerde en prestasiegedrewe politieke leierskap beskik nie. In sy redaksionele kommentaar op die bekendstelling van die CDE se nuwe ekonomiese-ontwikkelingsplan bekend as die “Agenda for Growth” en waarna ook al verwys is, wys die redakteur van BusinessDayLIVE (2016) tereg daarop dat Suid-Afrika nie ’n tekort aan planne het nie, maar wel ’n ernstige tekort aan die inwerkingstelling van die talle bestaande planne. Die kommentator J. Brooks Spector is selfs meer uitgesproke en het reeds in 2013 onomwonde verklaar dat daar om verskeie redes geen kans bestaan dat Suid-Afrika die NOP 2030 suksesvol in werking sal kan stel nie (Spector 2013).

5.6 Vorige ervaring met staatsgeleide ekonomiese-ontwikkelingsprogramme

In eietydse Suid-Afrika beskik die regering oor deeglike ervaring met staatsgeleide ekonomiese-ontwikkelingsprogramme. Streng gesproke is staatsgeleide ekonomiese-ontwikkelingsprogramme geen nuwe verskynsel in Suid-Afrika nie, maar kan hulle teruggevoer word na die beginjare van die Unie van Suid-Afrika. Die besluit deur die ANC-regering om homself te verbind tot die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie in Suid-Afrika spruit dus nie alleen voort uit die ekonomiese-ontwikkelingsprogramme waarmee na 1994 vorendag gekom is nie, maar ook uit die feit dat regerings gedurende die apartheidsera op omvangryke wyse betrokke was by staatsgeleide ekonomiese-ontwikkelingsprogramme.

Ter illustrasie wys Byrnes (1996) daarop dat nieteenstaande verklarings deur Suid-Afrikaanse regeringslui gedurende die apartheidsera dat die nasionale ekonomie op ’n kapitalistiese grondslag geskoei was, die staatsbeheerde gedeelte van die nywerheidsektor groter was as dié van enige staat buite die destydse kommunistiese blok. Bykans 40% van alle welvaartskeppende bates was onder staatsbeheer, insluitende die yster-en-staalnywerheid, die wapennywerheid en energieproduksie. Verder was staatsbeheerde korporasies en semistaatsondernemings ook diep betrokke in die dienstesektor, terwyl ’n groot getal landboubeheerrade verbruikerspryse beïnvloed het.

Op sy beurt beklemtoon Gumede (2009:9) die feit dat talle openbare beleggings- en ontwikkelingsagentskappe wat deur regerings gedurende die apartheidsera tot stand gebring is, met die oorgang na ’n inklusiewe demokrasie in 1994 behoue gebly het. In hierdie verband verwys hy in die besonder na instellings soos die NOK, die Landbank, die Openbare Beleggingskorporasie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsbank. Volgens hom kan hierdie instellings ook in die toekoms ’n belangrike bydrae tot die implementering van ’n ontwikkelingstaatstrategie lewer.

Dit is belangrik om daarop te wys dat, soos in die bespreking van die ANC se verbintenis tot die implementering van ’n ontwikkelingstaatstrategie aangetoon is, die regering na 1994 self ook ruim ervaring opgedoen het met staatsgeleide ontwikkelingsprogramme soos die RDP, GEAR, ASGISA-SA en die NIPF.

5.7 ’n Doeltreffende en professionele staatsburokrasie

Navorsers oor die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie beklemtoon die feit dat in alle gevalle die regering nie alleen ’n prominente rol in makro-ekonomiese beplanning gespeel het nie, maar ook kon staatmaak op die teenwoordigheid van ’n effektiewe, sterk, betroubare, voorspelbare, verantwoordbare, vernuwende, meritokratiese en kundige staatsburokrasie. Die belangrikheid van die staatsburokrasie in die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie is daarin geleë dat dit by uitstek belas is om die nasionale bronne te mobiliseer wat nodig is om die staat se doelstelling van snelle ekonomiese groei en ontwikkeling in die praktyk te vergestalt. In hierdie opsig is nie alleen samewerking met die sakesektor van deurslaggewende belang nie, maar ook deeglike kennis en begrip van die kapitalistiese ekonomiese stelsel.

Wanneer ondersoek ingestel word na die moontlike rol wat die Suid-Afrikaanse staatsburokrasie in die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie kan speel, tree steeds ’n verdere teenstrydigheid na vore. Met die eerste oogopslag blyk die staatsburokrasie volledig toegerus te wees om ’n uiters positiewe en deurslaggewende rol te speel. Ten eerste beskik Suid-Afrika oor ’n buitengewoon groot en groeiende staatsdiens. Volgens Bhorat, Naidoo en Pillay (2016), navorsers verbonde aan die UK, het die totale getal staatswerkers die afgelope aantal jaar van 2,16 miljoen in 2008 tot 2,69 miljoen aan die einde van 2014 toegeneem. Die hoofekonoom van die Efficient Group, Dawie Roodt, bereken die getal werkers in diens van die staat tans op 2,95 miljoen persone (Roodt 2016). Bloot beoordeel op grond van grootte behoort die Suid-Afrikaanse staatsburokrasie dus ’n beduidende bydrae te kan lewer tot die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie.

Die tweede aspek wat daarop dui dat die Suid-Afrikaanse staatsburokrasie oënskynlik ’n positiewe rol in die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie kan speel, is die bereidwilligheid van die regering om ’n beduidende gedeelte van sy inkomste aan die instandhouding en uitbreiding daarvan te bestee. Volgens Roodt (2016) spandeer die regering jaarliks R517 miljard (ongeveer 39% van totale uitgawes) aan die salarisse van die 2,95 miljoen persone in sy diens. Verder wys hy daarop dat vergeleke met die privaatsektor, ingeslote die informele sektor, die gemiddelde staatsamptenaar se salaris 77% hoër is.

Alhoewel hierdie faktore op ’n positiewe rol deur die staatsburokrasie in die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie dui, sien die werklikheid totaal anders daar uit. Die navorser Elnari Potgieter, verbonde aan die US, ondersteun deur Karel von Holdt, lid van die NBK (kyk Von Holdt 2010:243), is die mening toegedaan dat die inwerkingstelling van sodanige strategie in Suid-Afrika ernstig gekortwiek word deurdat nie alleen die staatsburokrasie nie, maar die postapartheid staat in sy geheel in toenemende mate gekenmerk word deur institusionele mislukking en disfunksionaliteit (Potgieter 2012). Volgens hierdie navorsers het die staat tot dusver nog nie ten volle die intellektuele, filosofiese en kulturele denkskuiwe gemaak wat nodig is om ’n ontwikkelingstaatstrategie in werking te stel nie. Daarteenoor word ’n rasgebaseerde benadering tot die politiek (“racialized politics”) en die behoud van politieke mag deur die regerende party verabsoluteer en in alle strukture obsessief toegepas.

Met spesifieke verwysing na die rol van die staatsburokrasie by die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie verwys Potgieter (2012) en Von Holdt (2010a:243) in besonder na die volgende tekortkominge en gebreke: ’n onduidelike (“muddled”) begrip van die uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar; gebrekkige dienslewering; botsings tussen amptenare; die afwesigheid van ’n gemeenskaplike etos van of verbintenis tot uitnemendheid; ’n gebrek aan gelykvormige opleiding; die mobiliteit van amptenare en die beperkte institusionele geheue wat dit tot gevolg het; die snelle wisseling van elites in die amptenary; die oormatige beklemtoning van loopbaanvordering; swak dissipline; en klasvorming onder die vaandel van regstellende aksie.

Tot hierdie lys kan gevoeg word die wydverspreide en intensiewe gebruik van konsultante; kaderontplooiing; die voorkoms van korrupsie in elke verskyningsvorm daarvan; die vestiging van ’n persoonlike heersersnetwerk (patronaatskapstelsel) deur die President; en die toenemende aanwending deur die uitvoerende gesag van die staat se polisie-, intelligensie- en vervolgingsdiens ter bereiking van korttermyn politieke oogmerke.

Deur slegs die stukragte (“drivers”) van korrupsie in die Suid-Afrikaanse openbare sektor te ontleed, het die bestuurskonsultant Pascal Moloi tot die gevolgtrekking gekom dat die intensiteit daarvan van sodanige aard is dat die betrokke sektor die gevaar loop om binne die afsienbare toekoms in disfunksionaliteit te verval (Moloi 2012). Volgens hoofregter Mogoeng Mogoeng word die stabiliteit van die samelewing in sy geheel deur wydverspreide korrupsie bedreig (News24 2016). Dat korrupsie inderdaad een van die grootse bedreigings is wat die samelewing in die gesig staar, blyk uit die bevinding van die Instituut vir Interne Ouditeurs dat Suid-Afrika oor die afgelope 20 jaar R700 miljard biljoen as gevolg van korrupsie verloor het (Times Live 2015).

Die stand van die Suid-Afrikaanse burokrasie en die rol wat dit in die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie kan speel, word waarskynlik ten beste gedemonstreer deur gegewens wat deur die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, in sy jaarlikse ouditeursverslae aan die parlement bekend gemaak word. Uit die jongste verslag (2014–2015) oor die oudit wat gedoen is van 167 provinsiale en nasionale departemente en 301 openbare entiteite is bevind dat R25,7 miljard onreëlmatig bestee en R935 miljoen verkwis is (Areff 2015).

’n Faktor wat volgens Von Holdt (2010b) die staatsburokrasie se bydrae tot die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie ernstig ondermyn, is die oordrewe pogings om van die nalatenskap van apartheid en wit oorheersing ontslae te raak. Volgens Von Holdt (2010b) veroorsaak hierdie “nasionalistiese projek” soveel spanning tussen die begeerte om ’n moderne staat te vestig en terselfdertyd swart soewereiniteit en swart verteenwoordigendheid te bewerkstellig deur wit oorheersing af te takel, dat daar bykans geen moontlikheid bestaan dat ’n ontwikkelingstaatstrategie in werking gestel kan word nie. Die oplossing is om nasionalisme sodanig te herdefinieer dat dit die bevrediging van die samelewing se behoeftes as die sentrale strategie vir die uitwissing van die nalatenskap van apartheid beteken.

Dit is nodig om te beklemtoon dat alhoewel daar binne die Suid-Afrikaanse staatsburokrasie talle eilande van uitnemendheid en voortreflikheid op alle regeringsvlakke voorkom, die instelling in sy geheel nog nie die vlak van doeltreffendheid en professionalisme bereik het wat deur ’n ontwikkelingstaatstrategie vereis word nie. Tekenend is die navorsingsbevinding deur Antony Altbeker en Evelien Storme, albei verbonde aan die CDE. Hierdie navorsers wys daarop dat die persentasie gegradueerdes in die staatsburokrasie gedaal het van 50% in 1995 na 35% in 2011 (Altbeker en Storme 2013). Volgens Potgieter (2012) sal Suid-Afrika, bloot beoordeel op grond van die bydrae wat die staatsburokrasie tot die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie lewer, tevrede moet wees om vir die afsienbare toekoms as ’n staat voort te bestaan wat bloot daarna streef om sodanige strategie in werking te stel.

5.8 ’n Arbeidsmag wat die enkelvoudige doelstelling van ekonomiese groei ondersteun

Alvorens ondersoek ingestel word na die mate waartoe die arbeidsmag in eietydse Suid-Afrika die enkelvoudige doelstelling van ekonomiese groei ondersteun, is dit belangrik om na enkele belangrike aanwysers betreffende die arbeidsmag te verwys. Die belangrikste aanwysers soos verstrek deur die Departement van Statistiek se Quarterly Labour Force Survey van September 2015, word in tabel 1 hier onder aangedui (RSA 2015:iv). Die mees opvallende eienskap wat uit dié tabel blyk, is dat meer as 20 miljoen werkers geen vaste inkomste verdien nie (BusinessDayLIVE 2015). In tabel 2 word die aanwysers van die arbeidsmag per bevolkingsgroep aangedui (RSA 2015:5).

Tabel 1. Aanwysers rakende die arbeidsmag in Suid-Afrika

Aanwyser September 2015
(000)
Bevolking ouderdomsgroep 15–64 jaar 36 114
Arbeidsmag 21 246
In diens 15 828
Werkloos 5 418
Ekonomies onaktief 14 867
Werkloosheidskoers 25,5%

Bron: Quarterly Labour Force Survey, September 2015

Tabel 2. Aanwysers rakende die arbeidsmag in Suid-Afrika per bevolkingsgroep

Aanwyser September 2015
 (000)
Swart bevolkingsgroep 15–64 jaar 28 726
Arbeidsmag 16 442
In diens 11 704
Werkloos 4 738
Ekonomies onaktief 12 285
Werkloosheidskoers 28,8%
Bruin bevolkingsgroep 15–64 jaar 3 336
Arbeidsmag 2 122
In diens 1 638
Werkloos 484
Ekonomies onaktief 1 214
Werkloosheidskoers 22,8%
Asiatiese bevolkingsgroep 15–64 jaar 977
Arbeidsmag 576
In diens 504
Werkloos 72
Ekonomies onaktief 401
Werkloosheidskoers 12,5%
Wit bevolkingsgroep 15–64 jaar 3 074
Arbeidsmag 2 107
In diens 1 983
Werkloos 124
Ekonomies onaktief 968
Werkloosheidskoers 5,9%

Bron: Quarterly Labour Force Survey, September 2015

In die afwesigheid van presiese data oor die ingesteldheid van die arbeidsmag oor enige gegewe kwessie, is dit uitermate problematies om te bepaal of die huidige mag wel die enkelvoudige doelstelling van ekonomiese groei ondersteun soos deur ’n ontwikkelingstaatstrategie vereis. Ten beste kan hoogstens ’n tendensbepaling gedoen word van die indiensgestelde arbeidsmag se ingesteldheid jeens hierdie belangrike kwessie.

Die eerste tendensbepaling is gebaseer op die afnemende vakbonddigtheid of vakbondlidmaatskap in die arbeidsmag. Die afname word treffend geïllustreer deur die volgende statistiek: Volgens die Adcorp Employment Index (2013), het minder as een uit vier werkers in 2013 oor vakbondlidmaatskap beskik; het minder as die helfte van alle nuwe toetreders tot die arbeidsmark (43%) by ’n vakbond aangesluit; en het slegs 11% van die werkers in die vyf sektore wat verantwoordelik was vir twee derdes van indiensneming (handel, finansies, vervaardiging, konstruksie en privaat huishoudings) aan vakbonde behoort. Dit was slegs die openbare sektor (78,1%) en die mynsektor (75,2%) wat oor hoë vlakke van vakbonddigtheid beskik het.

Die tweede tendensbepaling wat daarop dui dat die arbeidsmag oorwegend positief ingestel is jeens ekonomiese groei soos deur ’n ontwikkelingstaatstrategie vereis, geskied aan die hand van die werkers se ingesteldheid teenoor en hantering van kollektiewe loonbedinging en die onbeduidende rol wat vakbonde daarin speel. Volgens die Quarterly Labour Force Survey vir die derde kwartaal van 2015 het werkgewers op eensydige wyse loonverhogings vir 52,8% van die totale arbeidsmag bepaal; het werkgewers en vakbonde gesamentlik loonverhogings vir slegs 23,1% beding; het 9,3% van alle werkers met hulle werkgewers op ’n individuele grondslag om hoër lone onderhandel; en het 8,9% van die werkers van die formele statutêre stelsel van bedingingsrade gebruik gemaak om oor hoër lone te onderhandel (RSA 2015:xi).

Alhoewel dit dus wil voorkom asof die grootste gedeelte van die arbeidsmag in Suid-Afrika die doelstelling van ekonomiese groei ondersteun, word hulle bydrae tot werklike ekonomiese groei egter ondermyn deur ’n swak werksetiek wat uitdrukking in stakings, onproduktiwiteit, onmededingendheid en afwesigheid vind. Volgens Adcorp (2013c) was arbeidsproduktiwiteit in Suid-Afrika in 2013 op die laagste vlak in 50 jaar. Die grootste daling het sedert 1994 ingetree. In soortgelyke trant wys Edmund Ferreira, professor in die Departement Sakebestuur aan Unisa, daarop dat Suid-Afrika in 2014 steeds minder doeltreffend was as die meeste van sy opkomende-mark-mededingers; dat sy arbeidsmag onmededingend was; en dat sy arbeidsproduktiwiteit veel laer as die res van die ontwikkelende wêreld was (Ferreira 2014).

Die Switserse Instituut vir Bestuursontwikkeling (IMD) het in sy 2015-ranglys van wêreldmededingendheid daarop gewys dat Suid-Afrika die 53ste plek uit 61 state wat vergelyk is, beklee (Netwerk24 2015). Tot oormaat van ramp het Suid-Afrika ook van die hoogste stakingsvlakke ter wêreld.

Waarskynlik die treffendste aanduiding van die onmededingendheid van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag is die afwesigheid as gevolg van siekteverlof. Sedert 2001 het afwesigheid as gevolg van siekteverlof met 500% toegeneem, alhoewel indiensneming gedurende hierdie tydperk konstant gebly het (Pickworth 2013). Adcorp bereken die koste hiervan vir die ekonomie tussen 2001 en 2013 op R55,m2 miljard (Benjamin 2013).

5.9 ’n Opvoedkundige stelsel wat die kundigheid en vaardighede vir ekonomiese groei kan lewer

Die opvoedkundige stelsel in Suid-Afrika wat die kundigheid en vaardighede moet verskaf wat benodig word om ekonomiese groei soos deur ’n ontwikkelingstaatstrategie vereis te bewerkstellig, bestaan uit drie vlakke. Die eerste vlak, genaamd Algemene Onderwys en Opleiding (graad 0 tot 9), geskied in drie fases, naamlik die grondslagfase vir grade 1 tot 3, die intermediêre fase vir grade 4 tot 6 en die senior fase vir graad 7 tot 9. Die tweede vlak, Verdere Onderwys en Opleiding (graad 10 tot 12), omsluit ook loopbaangeoriënteerde onderwys en opleiding wat deur tegniese kolleges, gemeenskapskolleges en private kolleges aangebied word. Laasgemelde tipe onderwys en opleiding, asook volwasse basiese onderwys en opleiding (ABET), word egter deur Tegniese Beroepsopvoedings- en Opleidingskolleges (TVET Colleges)) aangebied wat deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geadministreer word. Die derde opvoedingsvlak is Hoër Onderwys en Opleiding, ook bekend as tersiêre opvoeding (SouthAfrica.info 2015b).

Dit is belangrik om te meld dat Suid-Afrika een van die state in die internasionale stelsel is wat die hoogste vlak van onderwysbesteding het. Jaarliks word 7% van die BNP of 20% van die nasionale begroting aan onderwys bestee. Gedurende 2015/16 het die regering R203 miljard aan slegs basiese onderwys en opleiding bestee en beoog om hierdie bedrag oor die volgende drie jaar tot R640 miljard te verhoog (SouthAfrica.info (2015).

Wanneer ’n ontleding gemaak word van die effektiwiteit van die opvoedkundige stelsel in Suid-Afrika en in die besonder die vermoë daarvan om die kundigheid en vaardighede te lewer wat nodig is vir ekonomiese groei in die algemeen en die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie in die besonder, is dit duidelik dat die stelsel ver te kort skiet. Eerstens beskik Suid-Afrika, nieteenstaande die hoë besteding aan opvoeding, nie oor ’n goedgeskoolde en -opgeleide arbeidsmag nie. Tweedens stel die ekonoom Ulrich dit onomwonde dat ’n gebrek aan sodanige arbeidsmag ’n plafon op ekonomiese groei plaas (Joubert 2016).

Die benarde toestand waarin Suid-Afrika hom bevind in die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie, blyk uit die opvoedkundige kwalifikasies van die indiensgestelde arbeidsmag soos verstrek deur die Departement van Statistiek se Quarterly Labour Force Survey, September 2015. Dit word in tabel 3 hier onder aangedui (RSA 2015:vi).

Tabel 3. Opvoedkundige kwalifikasies van die indiensgestelde arbeidsmag in Suid-Afrika per bevolkingsgroep, September 2015 (%)

  Minder as matriek Matriek Gegradueerd Ander hoëronderwys-kwalifikasies
Swart 54,2 28,6 5,5 10,4
Bruin 52,8 31,8 5,2 9,4
Asiër 16,1 49,4 19,0 14,8
Wit 9,0 41,5 27,7 20,9

Bron: Quarterly Labour Force Survey, September 2015

Volgens Adcorp (2016) is daar tans in die Suid-Afrikaanse ekonomie 829 800 vakante poste vir geskoolde werkers in ’n wye verskeidenheid beroepe. Die grootste vaardigheidstekort word ondervind in die seniorbestuursberoep, professionele beroepe (medici, ingenieurs, rekenmeesters, ouditeurs en regsgeleerdes), tegniese beroepe (gespesialiseerde tegnici en ambagslui) en landbousektorberoepe. In terme van die werklike getalle wat aan hierdie vaardigheidstekort in die onderskeie beroepe gekoppel kan word, blyk dit dat daar ’n tekort is aan 432 100 tegnici en ambagslui, 216 200 bestuurders en 178 400 professionele persone. In skerp teenstelling met die vaardigheidstekorte in geskoolde beroepe is daar egter ’n ooraanbod van 967 000 gewone werkers (“elementary workers”) en 247 400 huishoudelike werkers.

Die vaardigheidstekort in die Suid-Afrikaanse ekonomie blyk ook uit die feit dat die informele sektor tans werk verskaf aan 6,2 miljoen persone. Dit is 1,5 miljoen, oftewel 31%, meer as in 1995 (Adcorp 2016). Volgens die Wêreld Ekonomiese Forum beklee Suid-Afrika in terme van sy opvoedkundige stelsel die 133ste plek uit 142 state. Die Globale Talentindeksverslag vir 2015, wat die beskikbaarheid van kundigheid in die arbeidsmark in state meet en deur ekonome verbonde aan The Economist se Intelligensie-eenheid opgestel is, het Suid-Afrika in die ranglys vir 2015 in die 45ste plek uit 60 state geplaas (GTI 2015).

In ’n verslag getiteld “The Social Profile of the Youth, 2009–2014” wat gedurende April 2016 deur die statistikus-generaal van Suid-Afrika, Pali Lehohla, bekendgestel is, wys hy daarop dat die persentasie swart professionele persone, bestuurslui en tegnici in die ouderdomsgroep 25 tot 35 jaar oor die afgelope 20 jaar met 2% afgeneem het. Die syfer dui daarop dat hierdie nuwe generasie nie alleen met minder vaardighede toegerus is as hulle ouers of enige ander rasse- en ouderdomsgroep nie, maar ook op ’n toestand van ernstige agteruitgang. Selfs meer verontrustend is die feit dat 66% van hierdie swart jeugdiges werkloos is en die grootste komponent van die huidige werkloosheidsyfer vorm. Begryplikerwys verwys die statistikus-generaal na hierdie toedrag van sake as “a cocktail of disaster” (Merten 2016b).

Die ontoereikende onvermoë van die Suid-Afrikaanse skoolstelsel in die besonder om die kundigheid en vaardighede te lewer wat nodig is vir ekonomiese groei soos deur ’n ontwikkelingstaat vereis, word treffend geïllustreer deur ’n navorsingsbevinding oor uitvalsyfers onder leerders wat in 2015 deur die SAIRV onderneem is. Dié instelling het bevind dat uit 10 leerders wat in enige gegewe jaar vir graad 1 geregistreer het, slegs vyf matriek sal bereik, drie matriek sal slaag en slegs een matriek sal slaag met ’n slaagsyfer van meer as 50% in wiskunde (Jadoo 2015).

In ’n verdere poging om die ernstige gebrek aan vaardighede in Suid-Afrika die hoof te bied het die regering in 1998 die Wet op die Ontwikkeling van Vaardighede aanvaar wat vir die totstandbrenging van Sektorale Opvoedings- en Opleidingsowerhede (SETA’s) voorsiening gemaak het. Die bedoeling met hierdie instellings was om ’n verskeidenheid sektorale vaardigheidsplanne binne die raamwerk van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie te ontwikkel. Gedurende Maart 2000 is 23 SETA’s in die lewe geroep – elk vir ’n duidelik afgebakende ekonomiese sektor of subsektor. So byvoorbeeld sou een SETA verantwoordelik wees vir die bankwese, terwyl ’n ander verantwoordelik vir gesondheid en welsyn sou wees. Elke SETA sou verder verantwoordelik wees vir vaardigheidsopleiding in beide die privaat en openbare sektore en deur ’n stelsel van heffings gefinansier word. Gedurende 2010 is die SETA-stelsel ingevolge die nuwe Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie herontwerp om nuwe SETA’s te skep en “niefunksionerende” instellings te skrap. In die proses is 15 bestaande instellings hersertifiseer, ses nuwes gevorm en die totale getal van 23 na 21 verminder (Seta South Africa s.j.).

Wat hoër onderwys betref, is navorsers minder krities ingestel as oor basiese onderwys. Sonder uitsondering wys almal daarop dat Suid-Afrika inderdaad oor ’n lewenskragtige hoëronderwyssektor beskik. Dit bestaan uit 23 staatsondersteunde instellings: 11 universiteite, ses universiteite van tegnologie en ses omvattende hoëronderwysinstellings (die samevoeging van klein universiteite en technikons). Verder word twee nuwe instellings vir hoër onderwys in onderskeidelik die Noord-Kaap en Mpumalanga gevestig. Talle Suid-Afrikaanse universiteite is toonaangewende instellings wat wêreldwyd gerespekteer word vir die kwaliteit van onderrig, navorsing en diens aan die samelewing. Benewens die staatsondersteunde inrigtings word hoër onderwys ook deur meer as 100 onafhanklike instellings aangebied (SouthAfrica.info 2015b).

Tekenend van die gehalte-onderrig aan Suid-Afrikaanse universiteite is die hoë vlak van indiensneming van gegradueerdes. Volgens Altbeker en Storme (2013) was die werkloosheidsyfer onder gegradueerdes in 2011 slegs 5%. In die verslag deur die statistikus-generaal waarna hier bo verwys is, word hierdie syfer vir die tydperk 2009 tot 2014 egter op slegs 1% bereken (Merten 2016). Met hierdie navorsing is die populêre beskouing weerlê dat daar ’n groot aantal gegradueerde werkloses in Suid-Afrika is. Inteendeel, beide instellings het bevind dat enige naskoolse kwalifikasie die moontlikheid van indiensneming verhoog.

Alhoewel die hoëronderwysstelsel in Suid-Afrika vermelding verdien vir die voortreflike aard daarvan, is dit belangrik om te meld dat hierdie stelsel wel met ernstige vraagstukke te kampe het. Eerstens is daar die verstoppings in die hoëronderwyspyplyn wat veroorsaak word deur die lae persentasie studente in die skoolstelsel wat universiteitstoelating ontvang (slegs 28,3% in 2015), asook die swak prestasie in wiskunde en wetenskap (SouthAfrica.info 2015b). Verder moet beklemtoon word dat alhoewel slegs ’n klein persentasie van skoolverlaters universiteitstoelating ontvang, die druipsyfer onder eerstejaarstudente uitermate hoog is. Volgens navorsing deur André van Zyl, direkteur van die Akademiese Ontwikkelingsentrum aan die UJ, het meer as die helfte van hierdie groep studente in 2013 gedruip of hul studie gestaak (Nkosi 2015).

Tweedens kan verwys word na die beperkte aantal kundiges in die bestuurs- en professionele beroepe wat jaarliks deur die universitêre instellings tot die arbeidsmag toegevoeg word. In 2010 het die stelsel slegs 153 7411 kwalifikasies op alle vlakke toegeken. Hiervan was 74 612 kwalifikasies in die geestes- en sosiale wetenskappe, 41 724 in die handels- en bestuurswetenskappe, en 37 405 in wetenskaps- en tegnologiese rigtings (SouthAfrica.info 2015b). Altbeker en Storme (2013) toon aan dat die getal gegradueerdes in die arbeidsmag van 463 000 in 1995 tot slegs 1,1 miljoen in 2011 toegeneem het. Volgens hierdie navorsers is dit onwaarskynlik dat die staat in die toekoms ’n groter bydrae sal kan lewer om die getal gegradueerdes in die arbeidsmark te vergroot. Die enigste oplossing is dus die oprigting van meer onafhanklike universiteite. Ofskoon hierdie navorsers hulle nie uitlaat oor die aard van die universiteite wat benodig word nie, is dit uit die statistiek duidelik dat alle nuwe instellings daarop gerig moet wees om te voorsien in die behoeftes wat daar in die bestuurs- en professionele beroepe bestaan.

Derdens is daar die afname in die getalle van doktorale studente. Volgens University World News (UWN) (2010) slaag die hoëronderwysstelsel in Suid-Afrika nie daarin om genoegsame doktorale kwalifikasies te lewer wat nodig is om ’n kennis-ekonomie te vestig of selfs die bestaande korps van akademici te vervang nie. Hierdie instelling voer aan dat ongeveer 80% van alle doktorale studente hulle studie deeltyds voltooi en dit hulle gevolglik langer neem om hulle kwalifikasies te verwerf as hul eweknieë elders.

Die vierde vraagstuk waarmee die hoëronderwysstelsel in Suid-Afrika te kampe het, is die politieke eise om die korps van akademici verteenwoordigend van die bevolkingsamestelling te maak, terwyl genoeg potensiële kandidate nie plaaslik beskikbaar is nie.

Laastens word die hoëronderwysstelsel in Suid-Afrika gekniehalter deurdat ’n beduidende persentasie van die studentekorps dit as hulle inherente reg beskou om gratis onderrig te ontvang en eise rakende die lewens- en woonomstandighede op kampusse te stel. In etlike gevalle word selfs ideologies-geïnspireerde eise rakende die “dekolonisering van die kurrikulum” gestel. Hierdie eise gaan meermale gepaard met geweld. Die maatreëls wat tot dusver getref is om finansiële bystand aan behoeftige studente te bied, soos die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS), beursskemas deur universiteite, studentelenings gefinansier deur handelsbanke en eksterne beursskemas, het geblyk ontoereikend te wees om hierdie besondere probleem die hoof te bied.

5.10 ’n Hoë spaarkoers wat vir belegging aangewend kan word

Aan hierdie krities-belangrike vereiste vir die suksesvolle inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie word nie voldoen nie. Suid-Afrikaners is van die swakste spaarders ter wêreld. Volgens die Suid-Afrikaanse Finansiëlediensteraad is die spaarkoers in Suid-Afrika 14,5% van die BBP, terwyl die ooreenstemmende syfer vir die CVR meer as 50% is. Ander state waarvan die spaarkoers hoër as dié van Suid-Afrika is, is Indië met 30%, Brasilië met 25% en Australië met 22,5% (Erasmus 2015). Volgens statistiek wat deur die Suid-Afrikaanse regering verstrek is, leen Suid-Afrikaners in die algemeen meer as wat hulle spaar. Huishoudelike skuld as ’n persentasie van huishoudelike inkomste word op 80% bereken en sluit lenings, oortrokke rekenings, kredietkaartskuld, huislenings en rekeninge in (Erasmus 2015).

Die Suid-Afrikaanse Spaarinstituut voer aan dat ’n lae besteebare inkomste, ‘n lae indiensnemingsyfer, ’n stygende belastinglas, ’n inflasionêre omgewing, en ’n gebrek aan vertroue in die toekoms as die vernaamste redes waarom Suid-Afrika oor ’n lae spaarkoers beskik, beskou kan word (Erasmus 2015).

Dit is belangrik om daarop te wys dat volgens die Reserwebank sowel die openbare as privaatsektor nie as spaarders nie, maar as “ontspaarders” (“dis-savers”) beskou kan word. Beide leen meer geld as wat gespaar word (Erasmus 2016). Volgens die voormalige president Khalema Motlanthe leen die regering tans R11 miljard per dag (Munusamy 2016). Dit is slegs die korporatiewe sektor wat as ’n netto spaarder beskou kan word. Op 4,2% is die koers egter baie laag, en dit kan toegeskryf word aan faktore soos ’n gebrek aan winsgewende beleggingsmoontlikhede, die hoë koste van kapitaal, ’n onbuigsame arbeidsmark, hoë korporatiewe belasting en ’n korttermyn-gedrewenheid (Erasmus 2015).

Die gebrek aan ’n hoë spaarkoers is in die verlede deels oorkom deur gebruik te maak van buitelandse kapitaalinvloei. Verskeie nasionale en internasionale faktore dra egter daartoe by dat hierdie prentjie besig is om vinnig en ingrypend te verander. Deur te verwys na data van die AT Kearny Direct Foreign Investment Confidence Index vir 2015 wys Van Rooyen (2015) daarop dat Suid-Afrika nie meer as een van die 25 leidende state op die betrokke indeks beskou word nie. Gedurende 2014 het Suid-Afrika nog die 13de plek op die indeks beklee en in 2012 die 11de. Die redes wat Van Rooyen uitsonder waarom Suid-Afrika “van die radar verdwyn het” met betrekking tot regstreekse buitelandse belegging is die arbeidsonrus en kragtekorte wat reeds tot ’n halvering van die ekonomiese groeikoers gelei het.

5.11 ’n Korporatistiese raamwerk

In die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie is die gekoördineerde, samewerkende en sistematiese bestuur van die nasionale ekonomie deur die staat, vakbonde en werkgewers in die privaatsektor, asook die burgerlike samelewing van deurslaggewende belang.

Deelname aan ekonomiese–beleid-formulering deur die belangrikste hoofrolspelers is wel deel van die Suid-Afrikaanse sosio-ekonomiese landskap. Reeds met die oorgang na ’n inklusiewe demokrasie in Suid-Afrika in 1994 is statutêre en institusionele beslag aan korporatisme verleen. Op 18 Februarie 1995 is die National Economic Development and Labour Council (Nedlac) by wyse van wetgewing wat eenparig deur alle partye in die parlement aanvaar is, in die lewe geroep.

Die staat word in Nedlac verteenwoordig deur die Departement van Arbeid, wat ook verantwoordelik is vir die finansiering van die instelling. Ander staatsdepartemente word betrek afhangende van die beleidsaspek ter sake. Die georganiseerde sakelui word verteenwoordig deur Business Unity South Africa (Busa), wat ’n samevoeging is van die Black Business Council (BBC) en Business South Africa (BSA). (Die BBC het hom egter in 2012 van Busa onttrek.) Georganiseerde arbeid word verteenwoordig deur drie vakbondfederasies, naamlik Cosatu, die Federation of Unions of South Africa (Fedusa) en die National Council of Trade Unions (Nactu) (Nedlac 2013).

Korporatisme in hedendaagse Suid-Afrika vertoon ’n unieke eienskap deurdat verteenwoordigers uit die burgerlike samelewing as vierde rolspeler in die vennootskap erken word. Ses instellings uit die burgerlike sektor, wat jeuggroepe, vrouebewegings en gestremde persone verteenwoordig, het formele verteenwoordiging in Nedlac (2013). Die belangrikste liggaam binne Nedlac is die uitvoerende raad, bestaande uit verteenwoordigers van alle hoofrolspelers. Die instelling se werksaamhede word uitgevoer deur vier kamers, naamlik die Public Finance and Monetary Policy, Trade and Industry, Labour Market en Development. ’n Spitsberaad word jaarliks gehou waartydens die voorafgaande jaar se werksaamhede in oënskou geneem en riglyne vir die komende jaar neergelê word (Nedlac 2013).

Alhoewel daar met die demokratiese oorgang in Suid-Afrika in 1994 oorwoë pogings aangewend is om voorsiening te maak vir deelname aan ekonomiese-beleid-formulering en -besluitneming deur die maatskaplike hoofrolspelers was hierdie pogings nie baie suksesvol nie. Nedlac het nooit werklik goed gefunksioneer nie. Gedurende die afgelope aantal jare het daar ’n ernstige vertrouensbreuk ingetree. Pogings deur die politieke leierskap om vertroue te herstel was tot dusver onsuksesvol.

Die gebrekkige aard van die korporatistiese raamwerk in Suid-Afrika en die negatiewe uitwerking op die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie kan gedemonstreer word deur die betrokke raamwerk te meet aan die vereistes wat die politieke wetenskaplike Alan Siaroff, verbonde aan die Universiteit van Lethbridge in Kanada, neergelê het (Siaroff 1999:177–8). Hy het 24 moderne demokrasieë waar korporatisme toegepas word, bestudeer en bevind dat in elkeen die makrostelsel bepaalde strukturele kenmerke vertoon; die deelnemende rolspelers sekere funksionele rolle vervul; die deelnemende rolspelers sekere gedragspatrone openbaar; en bepaalde gunstige toestande binne die makro-omgewing bestaan.

Wanneer die Suid-Afrikaanse toepassing gemaak word, is dit opvallend dat aan weinig van hierdie korporatistiese vereistes voldoen word. Met betrekking tot die strukturele vereistes word wel aan enkele vereistes voldoen, soos ’n gesentraliseerde staat wat ’n aktiewe rol in die ekonomie speel; ’n sakegemeenskap wat deur enkele groot maatskappye en ’n werkgewersfederasie oorheers word; en ’n klein getal vakbondfederasies met verteenwoordiging in die kollektiewe beleidformuleringsliggaam. Die positiewe bydrae wat deur hierdie faktore ter vestiging van ’n ontwikkelingstaat gelewer word, word egter geneutraliseer deur inkonsekwensie in die regering se ekonomiese beleid, die feit dat georganiseerde arbeid as deelnemende rolspeler gestriem word deur ’n lae vlak van vakbonddigtheid, die feit dat die leidende vakbonde en vakbondfederasies hoogs verpolitiseer, ideologies-gedrewe en intern verdeeld is, en die feit dat die stelsel van loonbedinging grootliks gedesentraliseerd is en deur disfunksionaliteit gekenmerk word.

Betreffende die rolvereistes kan genoem word dat nie alle alliansievennote in die regering, asook prominente rolspelers in georganiseerde arbeid, bereid is om ’n sentrale en gesamentlike rol in beleidformulering te speel nie. Die weerstand is hoofsaaklik ’n funksie van óf interne verdeeldheid óf ideologiese verstardheid, of beide.

Gemeet aan die gedragsvereistes is dit opvallend dat daar van ’n sterk gedeelde ekonomiese en maatskaplike konsensus bykans geen sprake is nie; die vlak van erkenning en aanvaarding deur werkgewers en werknemers van mekaar as maatskaplike vennote die laagste in die wêreld is; daar geen gesamentlike verbintenis tot ’n langtermynvisie is nie; en die arbeidstakingsvlak van die hoogste in die wêreld is.

Met betrekking tot die begunstigende toestande wat in die makro-omgewing moet bestaan, is die prentjie ewe somber. Tekenend is die skerp onderskeid tussen die openbare en private sektore; die afwesigheid van ’n konsensuele en konsosiasionele politieke tradisie; die veranderde persepsies in die buiteland jeens Suid-Afrika en die implikasies wat dit vir regstreekse buitelandse belegging inhou; en gebrekkige maatreëls om suksesvolle ekonomiese prestasie te bewerkstellig, veral ten opsigte van die verhoging van produktiwiteit, bevordering van uitvoermededingendheid en bewerkstelliging en handhawing van volle indiensneming. Die feit dat enkele begunstigende toestande wel bestaan, soos lae vlakke van verdedigingsbesteding; politieke oorheersing en oorheersing deur die ANC met ’n sosiaal-demokratiese oriëntasie; en ’n hoë vlak van maatskaplike besteding, kan weliswaar as positief beskou word, alhoewel die bydrae tot die sukses van die korporatistiese raamwerk nie deurslaggewend is nie.

In die geheel beskou is die korporatistiese raamwerk wat in Suid-Afrika bestaan, nie van sodanige aard dat dit as bevorderlik vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie beskou kan word nie.

5.12 Samelewingsamehorigheid

Die stand van solidariteit en samehorigheid in die Suid-Afrikaanse “reënboognasie” is nie van sodanige aard dat dit die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie bevorder nie. 22 jaar na die demokratiese oorgang is die Suid-Afrikaanse samelewing steeds diep verdeeld. In ’n poging om ’n maatskaplike-samehorigheidsbarometer vir Suid-Afrika te ontwikkel en met ’n maatskaplike opheffingsprogram vorendag te kom wat spesifiek daarop gerig sal wees om armoede te bekamp, het navorsers verbonde aan die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) in 2013 bevind dat die samelewing deur diep verdelings gekniehalter word. Ter illustrasie het hulle na die maatskaplike verdelings tussen welvarend en arm verwys en hoe hierdie verdeling steeds uitdrukking vind in wydverspreide diensleweringsprotesoptrede. Verder het hulle verwys na die xenofobiese aanvalle; die nalatenskap van die onopgeloste klasse- en rasseverdelings; die ernstige streeks- en etniese verskille; en die diepgaande kulturele verskille en vooroordele (Struwig e.a. 2013). Aspekte wat nie vermeld is nie, maar eweneens ’n bydrae lewer tot die diep verdelings wat tans in die samelewing bestaan, is die aanblaas van rassisme deur opportunistiese en populistiese politici vir korttermyn politieke gewin en die konflik wat deur botsende ideologieë en die teenoorstaande kragte van modernisme en tradisionalisme veroorsaak word.

Volgens bogenoemde navorsers het die gebrek aan samelewingsamehorigheid die potensiaal om nie alleen die politieke bestel wat tydens die demokratiese oorgangsproses in 1994 gevestig is te ondermyn nie, maar ook die betreklike ekonomiese en maatskaplike stabiliteit in die samelewing te vernietig (Struwig e.a. 2013).

 

6. Samevatting

In die NOP 2030 wat deur die NBK vir Suid-Afrika opgestel en in 2012 bekend gestel is, is die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie as die oplossing voorgehou ten einde die ongelykheid, armoede en werkloosheid waarmee Suid-Afrika regdeur die geskiedenis te kampe gehad het, uit te wis. Die ondervinding van state elders in die wêreld het inderdaad bewys gelewer dat die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie diepgaande sosio-ekonomiese transformasie binne ’n betreklik kort tydperk in ’n samelewing kan bewerkstellig. Die ondervinding van hierdie state het egter ook getoon dat die suksesvolle inwerkingstelling van sodanige strategie kan geskied alleen indien aan bepaalde vereistes voldoen word.

Die doel van hierdie artikel was om by wyse van ’n literatuurstudie vas te stel tot welke mate eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie voldoen. Uit die ontleding het dit geblyk dat terwyl aan vier vereistes voldoen word, dit met dubbel dié getal nie die geval is nie.

Samevattend kan genoem word dat aan die volgende vier vereistes voldoen word:

  • Daar is duidelike tekens dat die politieke leierskap die inwerkingstelling van sodanige strategie as langtermynvisie nastreef en die politieke wil toon om hierdie visie tot vervulling te bring. Bewyslewering hiervan is die verbintenis tot die NOP 2030; die daarstelling van die MTSF ter uitvoering van die NOP 2030 in drie vyfjaarsiklusse; en die belyning van die nasionale begroting met die eerste MTSF. Die nastrewing van hierdie visie word egter ondermyn deurdat die leierskap van die ANC se bondgenote in die Drieparty-alliansie hulle vir die vestiging van ’n sosialistiese orde beywer.
  • Daar bestaan ’n staatsgeleide industrialiseringsbeleid wat die sakesektor op aktiewe wyse ondersteun. In 2015 het die regering reeds die sewende IPAP goedgekeur wat vir verskeie aansporingsmaatreëls vir die sakesektor voorsiening maak.
  • ’n Koördinering- en moniteringsentrum is gevestig. Die MPCME het nie alleen aan die hand van die NOP 2030 die MTSF ontwikkel nie, maar is ook verantwoordelik om die inwerkingstelling van die verskillende prioriteitsaksieplanne deur die hoofrolspelers te koördineer, te monitor en te evalueer.
  • Die regering beskik oor vorige ervaring met staatsgeleide ekonomiese-ontwikkelingsprogramme. Die ANC-regering kon nie alleen put uit die ervaring van apartheidsregerings in die vorige eeu met sodanige programme nie, maar ook uit die inwerkingstelling van verskeie selfgeïnisieerde programme na 1994.

Aan die volgende agt vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie word nie voldoen nie:

  • Die politieke leierskap is nie ontwikkelingsgeoriënteerd en prestasiegedrewe nie. Gebaseer op die beleidsonsekerheid wat op ’n deurlopende grondslag geskep word deur ondeurdagte besluitneming, ’n geskiedenis van lae ekonomiese groei, manipulerende optrede ter selfverryking deur ’n invloedryke faksie, en die voortgesette subsidiëring van ’n groot getal oneffektiewe en disfunksionele staatsbeheerde ondernemings, bestaan daar ernstige gebreke betreffende sowel die vermoë as die gehalte van die leierskap.
  • Die vervaardigingsgeoriënteerde sakesektor is, nieteenstaande die feit dat dit wel ’n basis vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaat bied, te klein om ’n betekenisvolle bydrae te lewer. Verder is hierdie sakesektor se bydrae tot die BBP, nieteenstaande beleid- en aansporingsmaatreëls, besig om te daal.
  • Die staatsburokrasie word, met die uitsondering van enkele “eilande van voortreflikheid”, nie as doeltreffend en professioneel beskou nie. Ofskoon Suid-Afrika oor ’n buitengewoon groot en hoogsbesoldigde staatsburokrasie beskik, word die bydrae tot die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie deur talle faktore benadeel. Kundiges voer aan dat korrupsie alleen daartoe kan lei dat die staatsburokrasie in duie stort.
  • Die arbeidsmag is nie ten volle verbind tot die enkelvoudige doelstelling van ekonomiese groei soos deur ’n ontwikkelingstaatstrategie vereis nie. Alhoewel sekere tendense daarop dui dat ’n beduidende gedeelte van die arbeidsmag wel die doelstelling van versnelde ekonomiese groei ondersteun, word die positiewe impak daarvan geneutraliseer deur die negatiewe uitwerking van ’n powere werksetiek wat uiting vind in arbeidsonrus, stakings, afwesigheid, onproduktiwiteit en onmededingendheid.
  • Die opvoedkundige stelsel wat die kundigheid en vaardighede vir snelle ekonomiese groei moet lewer, is ontoereikend. Nieteenstaande die feit dat Suid-Afrika se besteding aan onderwys en opvoeding van die hoogste ter wêreld is, is vaardigheidstekorte in alle beroepsgroepe aan die orde van die dag.
  • Die spaarkoers wat vir belegging aangewend kan word, is uitermate laag. Nie alleen beloop die spaarkoers slegs 14,5% van die BBP nie, maar buitelandse kapitaalinvloei is ook besig om ’n afname te toon.
  • Die korporatistiese raamwerk is gebrekkig. Gemeet aan die strukturele vereistes, rolvereistes, gedragsvereistes en omgewingsvereistes waaraan ’n suksesvolle korporatistiese raamwerk moet voldoen, skiet die Suid-Afrikaanse raamwerk in velerlei opsigte ver te kort.
  • Laastens is daar weinig sprake van samelewingsamehorigheid. Die Suid-Afrikaanse samelewing is, nieteenstaande die oorgang na ’n inklusiewe demokrasie in 1994, in velerlei opsigte steeds diep verdeeld. Tiperend is die klasse- en rasseverdelings; streeks- en etniese verskille; ideologiese verskille; ekonomiese ongelykheid; kulturele verskille en vooroordele; politieke onverdraagsaamheid; rassisme; en die verdeeldheid wat deur die kragte van modernisme en tradisionalisme veroorsaak word.

In die geheel beskou, beantwoord eietydse Suid-Afrika nie aan die meeste wesenlike vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie nie. Dit beteken egter nie dat die ideaal vir die inwerkingstelling van sodanige strategie laat vaar of versaak behoort te word nie. Vir Suid-Afrika is die ironie daarin geleë dat slegs die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie daardie snelle sosio-ekonomiese transformasie kan bewerkstellig wat nodig is om maatskaplike stabiliteit en ekonomiese vooruitgang te verseker. Gegewe hierdie besondere toedrag verkeer die maatskaplike hoofrolspelers onder die verpligting om ’n nasionale konvensie, soortgelyk aan die Konvensie vir ’n Demokratiese Suid-Afrika (Kodesa), te belê waartydens almal hulself kollektief kan verbind tot die bevrediging van die vereistes wat deur ’n ontwikkelingstaatstrategie vereis word.

 

Bibliografie

ACCESS. 2007. Tydskrif van die NOK vir kliënte en belanghebbendes. November. Uitgawe Een. http://www.idc.co.za/access/includes/htmlnewsletter/exporter.html (12 April 2015 geraadpleeg).

Adcorp. 2013a. Adcorp employment index, April. http://www.adcorp.co.za/Documents/Adcorp%20Employment%20Index%20-%20201305.pdf (3 Mei 2015 geraadpleeg).

—. 2013b. Static jobs in Feb but labour productivity hits 50 year low. http://www.adcorp.co.za/NEws/Pages/StaticjobsinFebbutlabourproductivityhits50yearlow.aspx (27 Desember 2014 geraadpleeg).

—. 2016. SA’s economy desperately needs high-skilled workers. 22 Januarie. http://www.adcorp.co.za/NEws/Pages/SA%E2%80%99seconomydesperatelyneedshigh-skilledworkers.aspx (22 Januarie 2016 geraadpleeg).

Altbeker, A. en E. Storme. 2013. Graduate unemployment in South Africa. A much exaggerated problem. Centre for Development and Enterprise. http://www.cde.org.za/wp-content/uploads/2013/04/GRADUATE%20UNEMPLOYMENT%20IN%20SOUTH%20AFRICA%20_A%20much%20exaggerated%20problem.pdf (16 April 2016 geraadpleeg).

ANC (African National Congress). 2007. 52nd National Conference: Resolutions. 20 Desember. http://www.anc.org.za/content/52nd-national-conference-resolutions (18 Julie 2014 geraadpleeg).

—. 2012. 53rd National Conference: Resolutions. http://www.anc.org.za/docs/res/2013/resolutions53r.pdf (19 April 2012 geraadpleeg).

Areff, A. 2015. Auditor general flags R25.7bn in irregular govt spending. Mail&Guardian, 24 November. http://mg.co.za/article/2015-11-25-auditor-general-flags-r257bn-in-irregular-govt-spending (5 Maart 2016 geraadpleeg).

Benjamin, C. 2013. SA loses over 55.2bn to sick leave says Adcorp. Mail&Guardian, 10 September. http://mg.co.za/article/2013-09-10-00-adcorp-sick-leave-disruptive-to-the-economy (24 Maart 2016 geraadpleeg).

Bernstein, A. 2016. Time to get SA back on a job-rich growth path. Fin24, 14 April. http://www.fin24.com/Economy/time-to-get-sa-back-on-job-rich-growth-path-20160414 (14 April 2016 geraadpleeg).

Bhorat, H., K. Naidoo en K. Pillay. 2016. South African civil servants are the country’s new labour elite. Times Live. 19 Februarie. http://www.timeslive.co.za/politics/2016/02/19/South-Africa%E2%80%99s-civil-servants-are-the-country%E2%80%99s-new-labour-elite (5 Maart 2016 geraadpleeg).

Bolesta, A. 2007. China as a developmental state. Montenegrin Journal of Economics, 5. http://repec.mnje.com/mje/2007/v03-n05/mje_2007_v03-n05-a16.pdf (16 Julie 2014 geraadpleeg).

Burger, P. 2014. How suitable is a “developmental state” to tackle unemployment, inequality and poverty in South Africa? Econ3x3, Maart. http://www.econ3x3.org/sites/default/files/articles/Burger%20P%202014%20Developmental%20State%20FINAL.pdf (10 Junie 2015 geraadpleeg).

BusinesDayLIVE. 2015. SA labour force survey highlights skills crisis. 27 Oktober. http://www.bdlive.co.za/national/labour/2015/10/27/sa-labour-force-survey-highlights-skills-crisis (21 Januarie 2016 geraadpleeg).

—. 2016. Editorial: Adding to the growth debate. 7 April. http://www.businesslive.co.za/bd/opinion/editorials/2016-04-07-editorial-adding-to-the-growth-debate/ (7 April 2016 geraadpleeg).

BusinessTech. 2015. 10 implications of the madness of Zuma’s actions. 12 Desember. http://businesstech.co.za/news/business/106997/10-implications-of-the-madness-of-zumas-actions (2 April 2015 geraadpleeg).

Byrnes, R.M. 1996. South Africa: A country study. Washington: Library of Congress. http://countrystudies.us/south-africa/63.htm (14 Junie 2014 geraadpleeg).

Creamer, T. 2016. South Africa’s inaugural policy uncertainty index shows worrying spike. Creamer Media’s Engineering News, 1 Februarie. http://www.engineeringnews.co.za/article/south-africas-inaugural-policy-uncertainty-index-shows-worrying-spike-2016-02-01 (15 Junie 2016 geraadpleeg).

Cruickshanks, I. 2015. Regering hou SA ekonomie vasgeketting. Netwerk24. 28 Januarie. http://www.netwerk24.com/sake/2015-01-28-regering-hou-sa-ekonomie-vasgeketting (28 Januarie 2015 geraadpleeg).

De Vos, D. 2015. Eskom: the end is nigh, but will it go down alone? Daily Maverick, 20 April. http://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2015-04-20-Eskom-the-end-is-nigh-but-will-it-go-down-alone/#.VTtNKE2Jj5o (25 April 2014 geraadpleeg).

Edigheji, O. 2006. The discourse of the developmental state and a “people’s contract”. South Africa. Centre for Policy Studies (CPS). Policy: Issues and Actors, 19(5). http://citeseerx.ist.psu.edu/viewdoc/download?doi=10.1.1.494.4647&rep=rep1&type=pdf (19 Maart 2015 geraadpleeg).

—. 2010a. Constructing a democratic developmental state in South Africa: potentials and challenges. In Edigheji (red.) 2010.

Edigheji, O. (red.) 2010. Constructing a democratic developmental state in South Africa: potentials and challenges. Kaapstad: HSRC Press.  http://www.hsrcpress.ac.za/product.php?productid=2278 (3 Maart 2016 geraadpleeg).

Erasmus, S. 2015. South Africans amongst the world’s worst savers. Fin24, 7 Julie. http://www.fin24.com/Savings/News/South-Africans-among-the-worlds-worst-savers-20150707 (11 Maart 2016 geraadpleeg).

ETU (Education and Training Unit).s.j. The developmental state. http://www.etu.org.za/toolbox/docs/govern/state.html (27 Junie 2014 geraadpleeg).

Ferreira, E. 2014. SA productivity at its lowest in 46 years. http://www.moneyweb.co.za/archive/sa-labour-productivity-at-the-lowest-level-in-46-y/ (31 Julie 2014 geraadpleeg).

Fourie, D.J. s.j. The restructuring of state-owned enterprises: South African initiatives. http://www.thepresidency.gov.za/electronicreport/downloads/volume_4/business_case_viability/BC1_Research_Material/5000055_History_of_SOEs_in_SA.pdf (2 Maart 2015 geraadpleeg).

Gates, B. 2014. Wealth and capital. Why inequality matters. Gates notes. The blog of Bill Gates. 13 Oktober 2014. http://www.gatesnotes.com/Books/Why-Inequality-Matters-Capital-in-21st-Century-Review (28 Desember 2014 geraadpleeg).

Georg, C. 2016. Why patronage and state capture spell trouble for South Africa. Mail&Guardian, 3 September. http://mg.co.za/article/2016-09-03-why-patronage-and-state-capture-spell-trouble-for-south-africa (6 September 2016 geraadpleeg).

GTI (Global Talent Index). Global Talent Index Report: The Outlook to 2015. http://www.globaltalentindex.com/pdf/Heidrick_Struggles_Global_Talent_Report.pdf (27 Januarie 2016 geraadpleeg).

Gumede, W. 2009. Delivering the democratic development state in South Africa. Afdeling Ontwikkelingsbeplanning. Werksdokument Reeks no 9. Midrand: Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika: http://www.dbsa.org/EN/About-Us/Publications/Documents/Policy%20Brief%20No.%201%20Delivering%20a%20democratic%20developmental%20state%20in%20South%20Africa.pdf (14 Junie 2014 geraadpleeg).

Heywood, A. 2002. Politics. Tweede uitgawe. New York: Palgrave Macmillan.

Hlongwane, S. 2013. SACP on the NDP: We do need a plan, just not this one. Daily Maverick, 17 Mei. http://www.dailymaverick.co.za/article/2013-05-17-sacp-on-the-ndp-we-do-need-a-plan-just-not-this-one/#.VvKOxWZJnIU (23 Maart 2016 geraadpleeg).

Jadoo, Y. 2015. School dropout rate holds South Africa back. The Citizen, 16 Maart. http://citizen.co.za/344666/school-dropout-rate-holds-south-africa-back (27 Januarie 2016 geraadpleeg).

Joubert, U. 2016. Beleggers moet hierna kyk in onstuimige tye. Netwerk 24. 18 April. http://www.netwerk24.com/Sake/Ekonomie/beleggers-moet-hierna-kyk-in-onstuimige-tye-20160417 (18 April 2016 geraadpleeg).

Louw, L. 2015. Eskom is victim of bad policies and absurd expectations. BusinessDayLIVE, 25 Maart. http://www.bdlive.co.za/opinion/columnists/2015/03/25/Eskom-is-victim-of-bad-policies-and-absurd-expectations (9 April 2015 geraadpleeg).

Lundahl, M. en L. Petersson. 2009. Post-Apartheid South Africa. An economic success story? United Nations University – World Institute for Development Economics Research (UNU-WIDER). Research Paper No. 2009/56. https://www.wider.unu.edu/publication/post-apartheid-south-africa-0 (18 Julie 2014 geraadpleeg).

Marrian, S. 2013. Cosatu says NDP threatens SA’s “progressive advances”. BusinessDayLIVE. 7 Junie 2013. http://www.bdlive.co.za/national/2013/06/07/cosatu-says-ndp-threatens-sas-progressive-advances (23 Maart 2016 geraadpleeg).

Maswanganyi, N. 2016. Weak growth remains biggest risk to SA’s rating, Standard & Poor’s warns. BusinessDayLIVE, 6 April. http://www.businesslive.co.za/bd/economy/2016-04-06-weak-growth-remains-biggest-risk-to-sas-rating-standard-amp-poors-warns/ (7 April 2016 geraadpleeg).

Mavuso, Z. 2014. Can South Africa’s manufacturing sector rise again? Engineering News, 31 Oktober. http://www.engineeringnews.co.za/article/can-south-africas-manufacturing-sector-rise-again-2014-10-31-1 (11 April 2016 geraadpleeg).

Merten, M. 2016a. Rising discontent: What the stats say about SA’s socio-economic health. Daily Maverick, 21 April. http://www.dailymaverick.co.za/article/2016-04-21-rising-discontent-what-the-stats-say-about-sas-socio-economic-health/#.VxiU_2ZJnIU (21 April 2016 geraadpleeg).

—. 2016b. The Great Reversal: Stats SA claims black youth are less skilled than their parents. Daily Maverick, 18 April. http://www.dailymaverick.co.za/article/2016-04-18-the-great-reversal-stats-sa-claims-black-youth-are-less-skilled-than-their-parents/#.VxYjUWZJnIU (19 April 2016 geraadpleeg).

Meyns, P. en C. Musamba (reds). 2010. The developmental state in Africa: Problems and Prospects. INEF Report 101/2010. Universität Duisburg-Essen: Institut für Entwicklung und Frieden (INEF).

Moloi, P. 2012. Drivers of corruption in the South African public service. Public Affairs Research Institute. Simposium, Universiteit van die Witwatersrand, Augustus 2012. http://pari.org.za/wp-content/uploads/Moloi-Drivers-of-corruption-in-the-SA-public-service-Aug12.pdf (27 April 2016 geraadpleeg).

Munusamy, R. 2016. Motlanthe’s showdown: ANC could end up a “dead organisation”. Daily Maverick, 11 Maart. http://www.dailymaverick.co.za/article/2016-03-11-motlanthes-throwdown-anc-could-end-up-a-dead-organisation/#.VuJ2e0JunIU (11 Maart 2016 geraadpleeg.)

Musamba, C. 2010. The developmental state concept and its relevance for Africa. In Meyns en Musamba (reds.) 2010.

NBK (Nasionale Beplanningskommissie). 2012. Summary of objectives and actions. http://www.education.gov.za/Portals/0/Documents/Publications/National%20Planning%20Commission%20Diagnostics%20Overview%20of%20the%20country.pdf?ver=2015-03-19-134928-000 (11 Junie 2014 geraadpleeg).

Nedlac. 2013. National Economic and Development Council. 2013. NEDLAC background. http://new.nedlac.org.za/ (25 April 2013 geraadpleeg).

Netshitenze, J. 2011. A developmental state. South Africa’s developmental capacity. Mapungubwe Instituut vir Strategiese Refleksie (Mistra). 28 Januarie. http://www.mistra.org.za/Library/ConferencePaper/Documents/South%20Africa's%20Developmental%20Capacity.pdf (11 April 2016 geraadpleeg).

News24. 2015. SOE’s can spark radical economic transformation. News24. 27 Mei. http://allafrica.com/stories/201505271366.html (15 April 2016 geraadpleeg).

—. 2016. We’ve allowed corruption to entrench itself in SA – chief justice. 8 April. http://www.news24.com/SouthAfrica/News/weve-allowed-corruption-to-entrench-itself-in-sa-chief-justice-20160408 (8 April 2016 geraadpleeg).

Nkosi, B. 2015. Of the 18% of matrics registered at universities, half drop out. Mail&Guardian, 21 Mei. http://mg.co.za/article/2015-05-21-18-of-matrics-register-at-universities-half-drop-out (16 Augustus 2016 geraadpleeg).

Nwokorie, U. s.j. Developmental states, characteristics and emergence. http://www.academia.edu/5483586/Developmental_states_Characteristics_and_emergence (21 Maart 2016 geraadpleeg).

Paton, C. 2015. Power: Nene confirms R23bn cash injection for Eskom. BusinessDayLIVE, 26 Februarie. http://www.bdlive.co.za/business/energy/2015/02/26/power-nene-confirms-r23bn-cash-injection-for-Eskom (28 Maart 2016 geraadpleeg).

—. 2016. Government moves to open up parastatals. BusinessDayLIVE, 7 April. http://www.businesslive.co.za/bd/national/2016-04-07-government-moves-to-open-up-parastatals/ (7 April 2016 geraadpleeg).

Pickworth, E. 2013. SA’s competitiveness hit by absenteeism. BusinessDaylive, 30 Oktober. (23 Maart 2016 geraadpleeg).

Piketty, T. 2014. Capital in the twenty-first century. Harvard University Press. http://www.hup.harvard.edu/catalog.php?isbn=9780674430006 (29 Desember 2014 geraadpleeg).

Potgieter, E. 2012. South Africa as a democratic development state: bureaucratically not there yet. http://thoughtleader.co.za/mandelarhodesscholars/2012/06/12/south-africa-as-a-democratic-developmental-state-bureaucratically-not-there-yet (4 Maart 2016 geraadpleeg).

Pressly, D. 2015. Brown refutes Eskom privatisation plans. Fin24, 14 Mei. http://www.fin24.com/Economy/Eskom/Brown-refutes-Eskom-privatisation-plans-20150514 (14 Mei 2015 geraadpleeg).

Rand Daily Mail. 2015. Zuma has just done more damage to the economy than global financial crisis. 11 Desember. http://www.rdm.co.za/business/2015/12/11/zuma-has-just-done-more-damage-to-economy-than-global-financial-crisis (21 Maart 2016 geraadpleeg).

Roodt, D. 2016. Staatsdiens is oorgewig en kos te veel. Netwerk24. 28 Februarie. http://www.netwerk24.com/Sake/Ekonomie/dawie-roodt-staatsdiens-is-oorgewig-en-kos-te-veel-20160228 (15 April 2016 geraadpleeg).

RSA (Republiek van Suid-Afrika). s.j. National Planning Commission. Die Presidensie. http://www.npconline.co.za/ (27 November 2014 geraadpleeg).

—. s.j. Departement Handel en Nywerheid. Industrial development. https://www.thedti.gov.za/industrial_development/industrial_development.jsp (12 April 2016 geraadpleeg).

—. 2015. Quarterly labour force survey, derde kwartaal, 2015. Statistiese vrystelling P0211.  http://www.statssa.gov.za/publications/P0211/P02113rdQuarter2015.pdf  (9 April 2016 geraadpleeg).

SAnews.gov.za. 2014. Media statement on the release of the Medium-term Strategic Framework 2014-2019. http://www.sanews.gov.za/south-africa/medium-term-strategic-framework-2014-2019 (19 Desember 2015 geraadpleeg)

Small Enterprise Development Agency (SEDA). 2012. Research on the performance of the manufacturing industry in South Africa. http://www.seda.org.za/Publications/Publications/Research%20on%20the%20Performance%20of%20the%20Manufacturing%20Sector.docx (11 April 2016 geraadpleeg).

Seta South Africa. s.j. Skills education and training authorities in South Africa. http://www.vocational.co.za (12 Maart 2016 geraadpleeg).

Siaroff, A. 1999. Corporatism in 24 industrial democracies: Meaning and measurement. European Journal of Political Research, 36:175–205. http://www.sociol.unimi.it/corsi/polcomp/materials/siaroff.pdf (9 Maart 2013 geraadpleeg).

South African Government News Agency. 2015. The National Development Plan unpacked. http://www.sanews.gov.za/south-africa/national-development-plan-unpacked (16 Maart 2016 geraadpleeg).

SouthAfrica.info. 2015. Education in South Africa. 6 Oktober. http://www.southafrica.info/about/education/education.htm#.Vxjj-2ZJnIU (21 April 2016 geraadpleeg).

—. 2016. Manufacturing in South Africa. http://www.southafrica.info/business/economy/sectors/manufacturing.htm#.VtgtOUJunIU (3 Maart 2016 geraadpleeg).

Spector, J.B. 2013. South Africa, a developmental state? No chance. Daily Maverick, 26 Februarie. http://www.dailymaverick.co.za/article/2013-02-26-south-africa-a-developmental-state-no-chance/#.V9kJ0mYkrIU (14 September 2016 geraadpleeg).

Stanlib. 2011. SA National Planning Commission has identified nine key challenges facing the country. http://www.stanlib.com/EconomicFocus/Pages/SANationalPlanningCommission.aspx (25 Junie 2014 geraadpleeg).

—. 2012. SA National Planning Commission released their National Development Plan. http://www.stanlib.com/EconomicFocus/Pages/SANationalDevelopmentPlan.aspx (1 Mei 2013 geraadpleeg).

Struwig, J. e.a. 2013. State of the Nation: South Africa: 2012–2013. Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. http://www.hsrc.ac.za/en/research-data/view/6302 (28 Maart 2016 geraadpleeg).

Tandwa, L. 2016. Ramaphosa: Ekonomie te lank deur wit mense bestuur. Netwerk24. 24 Maart. (24 Maart 2016 geraadpleeg).

Techcentral. 2016. No wholesale SOE privatisation: Ramaphosa. 2 Maart. http://www.techcentral.co.za/no-wholesale-soe-privatisation-ramaphosa/63646 (21 Maart 2016 geraadpleeg).

Times Live. 2015. R700 billion lost to corruption in 20 years. 28 Januarie. http://www.timeslive.co.za/local/2015/01/28/r700-billion-lost-to-corruption-in-20-years (9 Maart 2015 geraadpleeg).

University World News (UWN). 2010. South Africa: Decline in PhD numbers a major problem. 22 Augustus. http://www.universityworldnews.com/article.php?story=20100820150736361 (18 Augustus 2016 geraadpleeg).

Van Rensburg, D. 2016. “No single cure” for SA’s economy. City Press, 24 April. http://city-press.news24.com/Business/no-single-cure-for-sas-economy-20160422 (25 April 2016 geraadpleeg).

Van Rooyen, G. 2015. Investering: SA val van no. 13 tot … van die radar af. Netwerk24, 30 April. http://www.netwerk24.com/sake/2015-04-30-investering-sa-val-van-no-13-tot-van-die-radar-af (30 April 2015 geraadpleeg).

Von Holdt, K. 2010a. The South African post-apartheid bureaucracy: inner workings, contradictory rationales and the development state. In Edigheji (red.) 2010.

—. 2010b. Nationalism, Bureaucracy and the developmental state: The South African case. South African Review of Sociology, 41(1). http://www.tandfonline.com/doi/abs/10.1080/21528581003676010 (20 Maart 2016 geraadpleeg).

Woo-Cumings, M. 1999. Introduction: Chalmers Johnson and the politics of nationalism and development. In Woo-Cumings (red.) 1999.

Woo-Cumings, M. (red.). 1999. The developmental state. New York: Cornell University Press.

Lys van afkortings

ANC African National Congress

ASGI-SA Accelerated and Shared Growth Initiative-South Africa

BGSEB Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogram

BBC Black Business Council

BSA Business South Africa

BUSA Business Unity South Africa

CDE Centre for Development and Enterprise

COSATU Congress of South African Trade Unions

CPS Centre for Policy Studies

ETU Education and Training Unit

FEDUSA Federation of Unions of South Africa

GEAR Growth and Economic Redistribution Programme

IPAP Industrial Policy Action Plan

MPME Ministry of Planning, Monitoring and Evaluation

MTSF Medium Term Strategic Framework

NACTU National Council of Trade Unions

NEDLAC National Economic Development and Labour Council

NIPF National Industrial and Policy Framework

NOP Nasionale Ontwikkelingsplan

NOK Nasionale Ontwikkelingskorporasie

RGN Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing

RDP Reconstruction and Development Plan

SAKP Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party

SAIRV Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings

SEDA Small Enterprise Development Agency

SETA Skills Education Training Authorities

UWN University World News

The post Voldoen eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie? appeared first on LitNet.

Filosofiese waansin

ATKV-betrekkings: Digitale koördineerder by LAPA Uitgewers

$
0
0

Die ATKV is ’n dinamiese en snelgroeiende Afrikaanse kultuurorganisasie en het ’n vakature vir ’n gekwalifiseerde persoon om as digitale koördineerder by LAPA Uitgewers in Pretoria diens te verrig.

Die ATKV volg ’n gelyke indiensnemingsbeleid.

Kennis-/vaardigheidsvereistes

  • BA-graad of verwante tersiêre kwalifikasie
  • Kommunikasievaardighede met ervaring in die lewering van kliëntediens
  • ’n Oog vir detail en uitsonderlike organisasievermoëns
  • Vertroud met en ervaring in Excel, Microsoft Word en Photoshop
  • ’n Sterk belangstelling in digitale ontwikkelinge op die gebied van media en sosiale media

Die vernaamste verantwoordelikhede is:

  • Algemene webwerfkoördinering en -administrasie.
  • Navorsing insluitend teikengehooridentifikasie, mededingende analise, kwalitatiewe webtuisteprofielanalise, soekenjinsleutelwoordanalise en byeenbring van sekondêre navorsing in plaaslike en oorsese markte.
  • Koördinering van betaalde internetveldtogte (“campaign billing”).
  • Die byeenbring van navorsing en strategieë oor aanlynbemarking, e-posbemarking, soekenjinbemarking en selfoonbemarking.
  • Voorbereiding van beramings, veldtogskedules, begrotings en ander projekbestuur-vereistes.
  • Bystand met die identifikasie van gekwalifiseerde digitalemedia-diensverskaffers.

As jy vir so ’n dinamiese organisasie wil werk, stuur jou volledige CV aan: Dirk Botha, ATKV, Posbus 4586, Randburg, 2125. Die CV kan ook na 011 919 0207 gefaks word of stuur ’n e-pos na betrekkings@atkv.org.za.

Aansoeke moet die ATKV voor of op 30 November 2016 bereik. Gebruik asseblief as verwysing: LAPAWEB01

The post ATKV-betrekkings: Digitale koördineerder by LAPA Uitgewers appeared first on LitNet.

Help us protest the ongoing intimidation at the SABC | Help ons protesteer teen die voortdurende intimidasie by die SAUK

$
0
0

Help us protest the ongoing intimidation at the SABC

The intimidation of SABC employees have reached new levels of violence. On 15 November 2016 Netwerk24 published a timeline of the continued threats against SABC personnel: messages by anonymous SMS’s, break-ins and damage to property. That follows on the Sunday Times report “SABC Eight living in fear after 'kill' threats”, published on 13 November.

These threats against our journalists do not only intimidate individuals, they send a clear message to anyone at the SABC that cowardly, faceless people will not tolerate anyone daring to oppose senior management.

These actions reportedly took place while the threatened suspension of Thulani Msimang has seemingly not been lifted.

PEN Afrikaans condemns these actions. We will call on our international chapters to condemn them as well.

We therefore call on the senior management of the SABC to publically denounce any form of intimidation against all journalists and employees of the SABC, to withdraw threats of suspension against any journalist working at the SABC and to co-operate with the police who are investigating the intimidation.

We also call on all South Africans to share this protest in camaraderie with the SABC employees who are under threat.

Our country’s newscasts will remain suspect until all journalists can work without any threats to their lives, their families and their jobs.

 

Help ons protesteer teen die voortdurende intimidasie by die SAUK

Die intimidasie teen SAUK-werknemers het nuwe vlakke van geweld bereik. Op 15 November 2016 publiseer Netwerk24 ’n tydlyn van die voortgesette dreigemente teen SAUK-personeel: boodskappe per anonieme SMS, inbrake en skade aan eiendom. Dit volg op ’n berig in die Sunday TimesSABC Eight living in fear after 'kill' threats” wat op 13 November gepubliseer is.

Hierdie dreigemente teen ons joernaliste intimideer nie net die bepaalde individue nie, dit stuur ook ’n duidelike boodskap aan werknemers van die SAUK dat lafhartige, gesiglose persone nie sal toelaat dat enige iemand die senior bestuur durf opponeer nie.

Dié vermeende aksies het plaasgevind terwyl die dreigende skorsing van Thulani Msimang skynbaar nog nie opgehef is nie.

PEN Afrikaans veroordeel hierdie aksies. Ons sal ’n beroep doen op ons internasionale kollegas om ook om hulle oordeel uit te spreek hierteen oor.

Ons doen dus ’n beroep op die senior bestuur van die SAUK om in die openbaar enige vorm van intimidasie teen alle joernaliste en werknemers van die SAUK te veroordeel, om enige hangende skorsing teen SAUK-joernaliste terug te trek en om met die polisie, wat die dreigemente ondersoek, saam te werk.

Ons vra ook dat alle Suid-Afrikaners hierdie protesskrif sal deel in samehorigheid met die SAUK se werknemers wat gedreig word. Ons land se nuusberigte sal verdag bly solank alle joernaliste nie hulle werk kan doen sonder enige vrees oor die veiligheid van hulle persoon, hul families en hul poste nie.

The post Help us protest the ongoing intimidation at the SABC | Help ons protesteer teen die voortdurende intimidasie by die SAUK appeared first on LitNet.


US Woordfeesprogram 2017: WOW

LitNet: Jou woord van die jaar

Boekresensie: Die dood van 'n goeie vrou deur Chris Karsten

$
0
0

goeie-vrouTitel: Die dood van ’n goeie vrou
Skrywer: Chris Karsten
Uitgewer: Human & Rousseau, 2016
ISBN: 9780798174183

In Die dood van ’n goeie vrou is Chris Karsten se bekende speurder, Ella Neser, wat ons in die Abel-trilogie en Die verdwyning van Billy Katz leer ken het, weer op die spoor van ’n moordenaar ná ’n raaiselagtige moord.

In ’n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige ma van twee, dood gevind met engelvlerke aan. Sy is op die oog af ’n goeie mens met geen vyande nie, doen liefdadigheidswerk en het baie vir haar medemens oor.

Te midde van kantoorpolitiek met ’n kollega waarmee sy nie die oor die weg kom nie, maar wat vriende hoër op die ranglys het, probeer Ella die leidrade naspeur. Maar een Saterdagoggend vroeg val haar wêreld inmekaar: Wie is die rooikop wat by haar geliefde Lou uithang? Sy het al in die verlede só seergekry dat sy nie weer deur ’n geliefde verraai wil word nie.

Hierdie boek is anders as Karsten se vorige boeke omdat die leser nie van die begin af die moorde en gebeure deur die moordenaar se oë – soos onder meer met die grillerige Abel Lotz – ervaar nie. Die boek volg eerder die moordondersoek vanuit Ella Neser se perspektief. Met net genoeg verwysings na haar persoonlike lewe, maak dit die boek toeganklik en word Ella amper ’n ou bekende vir die leser.

Tog hoef jy nie enige van sy vorige boeke gelees het om hierdie een te geniet nie. Slim terugverwysings na Ella se verlede hou jou in die prentjie van haar gemoedstoestand en soms onverklaarbare reaksies op gebeure.

Karsten het ’n hele paar verdagtes wat hy om die beurt teen mekaar afspeel en hoofstukke slim op ’n mespunt eindig, om met die volgende hoofstuk net ’n nuwe verdagte te ontgin. Tot die laaste paar bladsye is jy steeds onseker oor die moordenaar.

Karsten se studies in Afrikaans en sielkunde, sy bykans 40 jaar as joernalis waar navorsing ’n integrale deel van sy beroep was en sy belangstelling in misdaad kom duidelik na vore as jy sy boeke lees. Die taalgebruik is uitstekend, geen klip word onaangeraak om elke moontlike leidraad of besluit van die karakters te illustreer nie.

Sy jare se noue samewerking met die polisie vir misdaadstories en sy verskeie niefiksie publikasies waaronder Dodelike vroue: Wanneer passie in bloed eindig, Opspraak deur moord: Suid-Afrikaanse doodslag skok, Riller in die raaisel: Onopgeloste Suid-Afrikaanse misdade, Verlore onskuld: Suid-Afrikaanse kinders wat moor en roof, Boos en bisar en Suid-Afrikaanse geweldenaars sonder genade gee hom beslis genoeg insae in misdaad, die werking van polisie-ondersoeke en ’n kykie na die psige van misdadigers.

Onder die fiksie uit sy pen is daar bekendes soos Floris Sapiens wat in 1985 verskyn het, tot die meer onlangse Seisoen van sonde en dan natuurlik die Abel-trilogie: Abel se ontwaking; Abel se lot en Die afreis van Abel Lotz, waarvan een ook verfilm is met Gys de Villiers as Abel, die moordenaar.

In 2013 verskyn ’n Man van min belang, toe Die respektabele meneer Hartslief en verlede jaar Die verdwyning van Billy Katz.

Karsten sal ook onthou word vir sy biografie oor die aktrise Charlize Theron, Charlize: Ek leef my droom.

Karsten se vermoë om goeie misdaadromans te skryf is al met dié van Deon Meyer vergelyk, maar hy hoef in niemand se skaduwee te staan nie. Hy ken die kuns van ’n goeie storielyn, genoeg kinkels en draaie om die leser se aandag gevange te hou en verdagtes wat almal ewe veel motief tot moord het.

Die boek is ’n lekker toevoeging tot enige boekrak en sal ewe veel deur mans en vroue geniet word.

The post Boekresensie: Die dood van 'n goeie vrou deur Chris Karsten appeared first on LitNet.

Persverklaring: Wie is op die kortlys van die Afrikaanse Taalraad se 2016 Kokertoekennings?

$
0
0

Wie is op die kortlys vir die Afrikaanse Taalraad se Kokertoekennings op Vrydag 18 November? Wat is ’n Kokertoekenning en hoekom maak dit alles saak?

’n Kokerboom (Aloe dichotoma) is ’n geharde plant wat in die halfwoestyngebiede van Suider-Afrika groei. Dit verteenwoordig die taal se aardsheid en uithouvermoë en haar diepe wortels in die grond, geskiedenis en mense van Afrika.   

Kokertoekennings word jaarliks deur die Afrikaanse Taalraad toegeken vir spesiale bydraes tot die Afrikaanse taal en haar sprekers. Hulle bydraes maak saak omdat moeder Afrikaans dit nodig het. Ons wil die presteerders onder ons uitlig as voorbeelde vir die res van ons.

Die kortlys vir die 2016 Kokertoekenning lyk soos volg:

Vir die “Bevordering” van Afrikaans:

  • Magdaleen Kruger vir die wyse waarop sy RSG gevestig het as ’n inklusiewe Afrikaanse stasie en vir die goeie gehalte van RSG se taalprogram, “Die tale wat ons praat”.
  • Henriëtte Loubser vir die bevordering van Afrikaans deur ou en nuwe kanale en haar doelbewuste poging om die populêre mark te handhaaf en daarby aan te pas.
  • Sandra Prinsloo vir haar lewenslange bevordering van Afrikaans deur film en teater.

Vir die “Bemagtiging” van die Afrikaanse taalgemeenskap:

  • Pieter-Dirk Uys vir bemagtiging deur die besondere humor wat ingebed is in sy optredes.
  • Priester John Nicholson vir sy eiehandige opbou van die Omegaview- gemeenskapontwikkelingsprojek, asook vir sy geletterdheidswerk en voedingskema vir kinders.
  • Prof Christo van Rensburg vir die nuwe perspektiewe oor die ontstaan van Afrikaans in sy boek, “So kry ons Afrikaans.”

Vir die “Beskerming” van Afrikaans:

  • Advokaat Johan du Toit vir sy saak teen die taalbeleid van die UV.
  • Kaptein John MacNab van die Rehoboth Bastergemeente vir sy volgehoue stryd vir Afrikaans in Namibië.

Hierdie jaar word vir die eerste keer ook ’n Spesiale Koker vir lewenslange werk vir Afrikaans toegeken. Erepennings vir goeie werk word ook aan drie besondere jongmense toegeken. Hierdie name bly ’n geheim tot Vrydagaand.   

Wie gaan wen? Hou ons op Faceboek en Twitter dop vir meer nuus. 

The post Persverklaring: Wie is op die kortlys van die Afrikaanse Taalraad se 2016 Kokertoekennings? appeared first on LitNet.

Persvrystelling: ATKV-Rieldansfinaal

$
0
0
Die Griekwa-Hiënas van Vredendal was die wenner algeheel in die afdeling vir o.12's. Die o.12-afdeling se wenners is tydens die halfeindronde op Clanwilliam bekend gemaak.

Die Griekwa-Hiënas van Vredendal was die algehele wenners in die afdeling vir onder 12's. Die onder 12-afdeling se wenners is tydens die halfeindronde op Clanwilliam bekend gemaak.

Die jong rieldansers van die Kammiesberg-rieldansgroep van Garies is eers by die skool gespot oor die gedansery. Deesdae wil almal daaraan deelneem en dis g’n wonder nie, want dié groep is een van die finaliste in die ATKV-Rieldansfinaal wat eersdaags plaasvind.

Serena Cloete, hul groepleier, sê dis die jonges van die dorp wat rieldans. “Die ouer garde wil ook dans – die gees is daar, maar die vlees is swak,” sê sy.

Die Kammiesberg-groep het in 2007 begin rieldans. “Dis ons kultuur en ons erfenis. Ons voorouers het nie vir ons geld nagelaat nie, maar wel die riel.”

Die rieldans kan met reg as die oudste danssoort in Suider-Afrika gereken word omdat die hedendaagse vorm direk na die Khoi-San, die eerste bewoners van die streek, herlei word.

Vanmelewe het die Khoi-San ná ’n goeie oes of jagtog en by hul verskeie feeste al sirkelend om die vuur gedans. Baie van die passies word vandag nog steeds in ’n sirkel gedoen. In Nama staan die dans as die ׀khapara bekend en is veral bekend vir die vernuftige voetwerk en energieke pas waarmee dit gedans word. In Afrikaans het die dans die rieldans geword vanweë die ooreenkomste wat dit met die Skotse “reël” het.

Die dansers wat die dans vandag beoefen, probeer dan ook deur middel van die kleredrag iets van daardie era weergee. Die riel het veral te make met die liefdespel en om dit te illustreer word diere en voëls nageboots. Die askoekslaan is ’n bekende deel van die rieldans waar die regtervoet gedurende die dans vinnig en sekuur bokant die linkerknie geplaas word. Die rieldans word veral in die Noord-Kaap en Karoo en enkele ander streke gedans.

Die ATKV het in 2006 die eerste kompetisie in sy soort aangebied.

Serena sê haar groep kan nie wag om te dans in die finaal wat op 3 Desember in die amfiteater van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl plaasvind nie.

“Die ding [halfeindronde] op Clanwilliam was groot en ons was op ons senuwees. Maar ons is nie op ons senuwees vir die finaal nie. Ons kan nie wag om te dans nie en ons kry ook nie grootkop nie,” sê sy.

Kaartjies vir die ATKV-Rieldansfinaal is by Computicket beskikbaar. Kaartjies kos R70 en R100. Die hekke maak om 16:00 oop. Die hoofprogram begin om 19:00. Eie eetgoed is welkom.

Die groepe wat hul slag in die Paarl gaan wys, is soos volg:

Net vir Pret
Calvinia-sitstappers
Brandvlei-stofskoppers
Knersvlakte-rieldans
Bêtjies van Bêtjiesfontein
Griekwa-Ratelgat-Rieldansers (Vredendal)
Boesmanland-Bitterbessies (Loeriesfontein)
Bêtjies-Rooirots
Kammiesberg van Garies

Kyk hier na grepe uit die 2015 Rieldansfinaal:

Vir meer inligting of onderhoude skakel Benjamin Bock by 074 235 2635.

Foto: verskaf

The post Persvrystelling: ATKV-Rieldansfinaal appeared first on LitNet.

Viewing all 21544 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>