Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 22071 articles
Browse latest View live

Nuut by Lapa: Perdewêreld 2: Mieke en die skouperde deur Heléne Booyens


Nuut by Lapa: Perdewêreld 1: Dezi en die wegholperde deur Heléne Booyens

$
0
0

Welkom op Patatland! Hier is nie perde nie. Dezi is baie lief vir perde. Maar dan word sy uit haar ryskool geskors. Nou hang sy maar net rond tussen die patats op haar ouma se plaas. Is dit die einde van haar perdestorie? (Nee.)

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Lapa: Perdewêreld 1: Dezi en die wegholperde deur Heléne Booyens first appeared on LitNet.

The post Nuut by Lapa: <em>Perdewêreld 1: Dezi en die wegholperde</em> deur Heléne Booyens appeared first on LitNet.

Springmielies: Oor vreemde fobies en ander volksmites

$
0
0

  • Nini Bennett-Moll skryf ’n gereelde rubriek vir LitNet.

Hy weet. Hy weet van daardie eend wat hom dophou en kwakend en snaterend op sy spoor is. Hy hardloop en voel hoe sy rughare – wat nie bestaan nie – rys. Hy draai vlugtig om – die glurende eend loer tussen die bosse na hom. Dis net ’n kwessie van tyd. Want dít is sy grootste vrees, daardie eend…

Hierdie is nie die begin van ’n surrealistiese of absurde verhaal nie; nee, dit is die werklikheid. Anatidaefobie verwys na die fobie wat sommige mense het, naamlik ’n irrasionele vrees dat ’n eend hulle dophou.

.......
’n Primêre oorsaak vir die ontstaan van fobies is dikwels ’n traumatiese ervaring, soos om deur ’n eend gejaag te word as kind, wat die brein programmeer om eende met gevaar te assosieer.
.......

Fobies is intense, ongegronde vrese vir voorwerpe, situasies of lewende wesens. Waar vrees ’n natuurlike reaksie op gevaar is, dui fobies op ’n patologiese vrees vir iets wat nie werklik ’n bedreiging inhou nie. Oorhoofs beskou, vorm fobies deel van ’n groter angsversteuring. Terwyl sommige fobies, soos ofidiofobie (’n vrees vir slange) of akrofobie (’n vrees vir hoogtes) gesetel is in ’n primêre oorlewingsdrang en deels verstaanbaar is, is die meeste fobies irrasioneel – maar nie minder reëel nie – vir die persoon wat daaraan ly.  

’n Primêre oorsaak vir die ontstaan van fobies is dikwels ’n traumatiese ervaring, soos om deur ’n eend gejaag te word as kind, wat die brein programmeer om eende met gevaar te assosieer. Genetika speel ook ’n rol: As jou ouers geneig is tot angs- of paniekversteurings, kan jy oor ’n biologiese geneigdheid beskik om fobies te ontwikkel. Omgewingsfaktore, soos kulturele bygelowe, speel verder ’n rol – dink byvoorbeeld aan die bygeloof dat jy vir sewe jaar ongelukkig sal wees as jy ’n spieël breek. Op neurologiese vlak kan fobies verklaar word wanneer die brein se “paniekknoppie”, die amigdala, oorreageer op waargenome bedreigings, hetsy werklik of irrasioneel. Die amigdala is diep in die brein se mediale temporale lob geleë. Dit speel ’n sleutelrol in die verwerking van emosies soos vrees, emosionele herinneringe en die belewenis van bedreigings, wat ’n veg-of-vlug-reaksie tot gevolg het. ’n Persoon met ’n disfunksionele amigdala is vatbaar vir angs- en posttraumatiese-stres-versteurings, asook fobies.

’n Interessante fobie is hippopotomonstroseskwipedaliofobie, oftewel ’n vrees vir lang woorde. O, die ironie … dit is ook die langste woord in die Engelse woordeboek, en voel soos ’n wrede grap. Hierdie fobielyers bars in angssweet uit as hulle lang linguistiese konstrukte (woorde) voor ander mense moet sê, soos tydens ’n vergadering.

.......
’n Interessante fobie is hippopotomonstroseskwipedaliofobie, oftewel ’n vrees vir lang woorde. O, die ironie … dit is ook die langste woord in die Engelse woordeboek, en voel soos ’n wrede grap.
.......

Arachibutyrofobie is die verskriklike vrees dat grondboontjiebotter aan jou verhemelte sal vassit, en tot verstikking of selfs versmoring sal lei. Toegegee, ek vind die tekstuur van grondboontjiebotter ook grof en grillerig, maar ek sal nie ’n volskaalse paniekaanval kry met dit in my mond nie. Dit is die soort fobie wat klink of dit in ’n Mr Bean-komediefilm hoort, maar vir diegene wat dit ervaar, is dit geen grap nie. Stel jou voor: iemand gee vir jou so toebroodjie, maar dit ontaard in ’n lewensbedreigende gevaar…

Omphalofobie is die akute vrees vir naeltjies. Ja, daardie klein voutjie op jou maag wat eens jou naelstring na jou moeder was, is vir sommige mense ’n bron van koue sweet en bewing. Hulle plak hulle eie naeltjies met pleisers toe om dit nie te sien nie. Die grootste nagmerrie vir hierdie lyers is waarskynlik om op ’n strand te wees, en die honderde starende ogies te trotseer. 

In die digitale era is nomofobie – die vrees om sonder jou selfoon of netwerkverbinding te wees – miskien nie so bisar nie, maar steeds vreemd as jy daaroor nadink. Die term is afgelei van “no mobile phone phobia”, en dit is die paniek wat inskop wanneer jou foon se battery onder 10% val, of as jy per ongeluk in ’n gebied sonder ’n Wi-Fi-verbinding beland. Vir nomofobielyers is dit nie net ’n irritasie nie, maar ’n volskaalse krisis.

Xanthofobie is ’n irrasionele vrees vir die kleur geel. Dis seker deels te verstane, omdat geel dikwels met waansin geassosieer word – mens dink byvoorbeeld aan sommige Van Gogh-skilderye soos Sterrenag en Sonneblomme waar geel die skilder se innerlike onrus uitdruk; of Die geel huis wat ’n gevoel van vervreemding skep, en wat kykers assosieer met Van Gogh se gefolterde gemoedstoestand.

Ablutofobie is ’n vrees om te bad/stort of jouself te was. Slegte liggaamsreuke het vir seker ’n impak op jou algemene funksionering, en hierdie arme mense leef meesal geïsoleerd, omdat hulle vermy word in sosiale situasies. Ek wonder nou of waterlose seep en sjampoe hulle sal help – en of hulle dit sal gebruik?

Optofobie is die vrees om jou oë oop te maak. Hierdie lyers verkies om hulle oë toe te hou, of leef soos vampiere in dof verligte of donker huise. Uiteraard het hulle ’n swak lewenskwaliteit.

Globofobie is ’n akute vrees vir ballonne. Hierdie mense sal verjaardagpartytjies en ander feestelikhede vermy – daar is darem ’n vorm van selektiewe beheer oor dié fobie, maar ’n ballon kan terstond enige tyd, enige plek opduik – ’n angswekkende belewenis.

Pogonofobie is, op sy beurt, ’n vrees vir baarde. En ja, weer eens sal só ’n fobie die lyers se sosiale interaksie belemmer. En hoe gemaak as jou kollegas by die werk, of familielede, baarde het?

Ergofobie is ’n patologiese vrees vir werk, of enige iets wat met die persoon se werksomgewing te doen het. Dís ’n dilemma, en om te gaan boemel is nie ’n oplossing nie.

Eisoptrofobie, ook spektrofobie or katoptrofobie genoem, is ’n irrasionele vrees vir spieëls, en dié arme siele kry letterlik paniekaanvalle as hulle hulle eie weerkaatsings in ’n spieël moet aanskou. Narsissus het definitief nie ’n draai gemaak by hierdie individue nie …

Fobiefobie is, interessant genoeg, ’n intense vrees vir vrees self. Ek kry hierdie mense regtig jammer, want swewende angs het die nare gewoonte om te bly eskaleer. 

Chrometofobie is ’n irrasionele vrees vir geld, of enige iets wat met finansies te doen het. Die ergste ding wat hierdie individue kan oorkom, is om die Lotto te wen. Wat vir die een persoon hemel is, is vir ’n ander – só ’n lyer – loutere hel.

Dis eintlik verstommend hoe baie (ander) fobies daar is – soos ’n diepgewortelde vrees vir die pous, syfers, knope (op klere), pêrels, oop en eng ruimtes, ens.

.......
’n Kat, wat toevallig swart kan wees, beskik oor die kosmiese vermoë om jou lewe te ontwrig. Dit is magiese denke in sy suiwerste vorm – die (by)geloof dat ’n toevallige gebeurtenis ’n direkte invloed op jou lewenslot kan uitoefen –  vergeet vir eers van die wetenskaplike beskouing van oorsaak en gevolg.
.......

Fobies ontstaan nie in isolasie nie. Wanneer bygelowe en fobies mekaar ontmoet, ontstaan daar ’n fassinerende kruisbestuiwing van kulturele mites en psigologiese vrese. Mens sou dink dat in die moderne tydsgewrig waarin ons leef, en waar wetenskap en tegnologie die pas aangee, ou bygelowe en magiese denke in die vergetelheid sou verdwyn, saam met die heksejagte en alchemie van ouds. Maar nee, die mensdom klou vas aan irrasionele fobies en magiese idees, van swart katte wat teëspoed bring tot die vrees dat ’n gebreekte spieël jou sewe jaar se swaarkry sal besorg. Dis duidelik dat ons menslike brein maar geprogrammeer is vir ’n goeie skeut drama en mistiek. Dink byvoorbeeld aan die klassieke bygeloof van ’n swart kat wat jou pad kruis, en wat wêreldwyd as ’n voorbode van onheil beskou word. Die logika hieragter is natuurlik kostelik: ’n Kat, wat toevallig swart kan wees, beskik oor die kosmiese vermoë om jou lewe te ontwrig. Dit is magiese denke in sy suiwerste vorm – die (by)geloof dat ’n toevallige gebeurtenis ’n direkte invloed op jou lewenslot kan uitoefen –  vergeet vir eers van die wetenskaplike beskouing van oorsaak en gevolg. En dan is daar die spieël. Breek per ongeluk een, en jy’s glo gedoem tot sewe jaar se teëspoed. Waarom sewe? kan mens tereg vra. Miskien omdat 7 bekend is as ’n mistieke getal. Die irrasionele fobie oor ’n gebreekte spieël gaan nie net oor die skade aan jou dekor nie, maar oor die feit dat die heelal bewus is van jou kosmiese oortreding. Hierdie bygeloof – of fobie – het sy oorsprong in antieke kulture, waar spieëls as poorte na die siel beskou is. Om een te breek was soos om jou siel te versplinter, en die sewe jaar se teëspoed was die tyd wat dit glo geneem het vir die siel om te herstel.

Irrasionele fobies en bygelowe is inderdaad lojale metgeselle. Neem byvoorbeeld die vrees vir die getal 13 (triskaidekafobie). In sommige kulture, veral in Westerse lande, word die 13de verdiepings van hotelle en kantoorgeboue heeltemal oorgeslaan; dit is insgelyks die geval met lugrederye wat die dertiende sitplek in ’n vliegtuig doodeenvoudig “weglaat”, want as jy die betrokke vloer of sitplek “14” noem, flous jy die noodlot en bly almal veilig. Weer eens: Dit is magiese denke op steroïede – die beskouing dat ’n syfer, ’n arbitrêre simbool wat saam met ander gebruik word om dinge te tel, die krag het om ’n hysbak te laat val of jou motor te laat rol.

’n Interessante geval van triskaidekafobie is dié van die komponis Arnold Schoenberg se vrees vir die getal 13. Hierdie fobie het ’n groot invloed op sy lewenskwaliteit gehad, aangesien hy tot uiterstes gegaan het om 13 te vermy. Hy het byvoorbeeld “13” met “12a” in van sy musiekmanuskripte vervang. In sy opera Moses und Aron het die komponis doelbewus “Aaron” as “Aron” gespel om te verseker dat die titel 12 letters in stede van 13 het.

Die ironie is dat Schoenberg op 13 September 1874 gebore is en op 13 Julie 1951 oorlede is op die ouderdom van 76 (7 + 6 = 13). In 1950 het ’n astroloog, Oskar Adler, hom gewaarsku dat sy 76ste jaar gevaarlik sou wees, wat sy angs uiteraard verder vererger het. Op die dag van sy dood, Vrydag 13 Julie 1951, het Schoenberg in die bed gebly, oorweldig deur angs en depressie, oortuig dat die ergste sou gebeur. Sy vrou, Gertrud, het opgemerk dat hy om 23:45 oorlede is, net 15 minute voor middernag, asof sy fobie in ’n bisarre selfvervullende profesie uitgespeel het.

Maar daar het, ironies genoeg, ook positiewe goed voortgespruit uit die komponis se triskaidekafobie. Schoenberg is bekend vir die ontwikkeling van die 12-toon-tegniek (dodekafonie), ’n komposisiemetode wat al 12 note van die chromatiese skaal gelyk gebruik. Hierdie metode maak van hom ’n pionier in die 20ste-eeuse musiek, wat aanleiding gegee het tot atonaliteit en reeksmusiek.

In Japan, weer, is die getal 4 die groot boosdoener, ’n bygeloof wat spruit uit die feit dat die woord shi (“vier”) in Japannees dieselfde uitspraak het as die woord vir “dood” (ook shi) maar die enigste ooreenkoms is dat dié twee woorde homofone is. Gevolglik word hospitaalkamers en woonstelle sonder die getal 4 ingerig, want niemand wil blykbaar in die kamer van die dood slaap nie.

Dan is daar die fobies wat uit bygelowe gebore is, maar ’n wil en lewe van hulle eie gekry het, soos die vrees om onder deur ’n leer te loop. Op die keper beskou klink dit redelik prakties – niemand wil byvoorbeeld hê dat ’n emmer verf op sy kop val nie. Maar die bygeloof se oorsprong lê veel dieper: ’n Leer teen ’n muur vorm ’n driehoek, ’n heilige simbool, en om onder deur die driehoek te loop is heiligskennis, en om die gode te tart. Die resultaat? ’n Volkome rasionele mens sal eerder oor ’n besige straat loop as om onder ’n leer deur te loop, want wie wil hom nou die toorn van ’n antieke driehoekgodheid op die hals haal?

.......
Magiese denke gee ons ’n illusie van beheer in ’n wêreld wat onvoorspelbaar is. Dit herinner ons daaraan dat vrees, in al sy manifestasies, ’n diep persoonlike en komplekse ervaring is, en dat die menslike psige grootliks ’n onontginde enigma bly.
.......

En natuurlik, waar daar bygelowe en fobies is, is daar ook rituele om die bose te besweer, soos: Gooi sout oor jou linkerskouer, en die demone neem die wyk. Volgens sekere kultuurtradisies loer ou Niek se vabonde oor jou linkerskouer. Sout is op sy beurt is ’n universele simbool van reinheid en heiligheid, bekend vir sy besweringseienskappe wat in verskeie rituele, towerformules en magie gebruik word, maar ook in die Bybel vermeld word vir sy veredelende eienskappe. 

O, en moenie eens daaraan dink om ’n sambreel binnenshuis oop te maak nie, want dan nooi jy die noodlot terstond in jou huis in. Hierdie wydverspreide bygeloof dateer terug na die Victoriaanse era, toe sambrele lomp en gevaarlik was, met skerp metaalpunte wat mense kon seermaak en skade kon aanrig.

Die ironie is dat hierdie rituele dikwels meer vrees inboesem as wat dit troos – dit is inderdaad so dat vrese maklik kleintjies kry, want ’n ánder faset van neurotiese gedrag is dat die betrokke lyers met OKV kan sukkel. Die vraag is waarom ons, in ’n wêreld van kwantumfisika en KI, steeds aan hierdie ou idees vasklou. Die antwoord lê in die menslike brein se voorliefde vir patrone en betekenis. Ons is bedraad om oorsaak en gevolg te soek, selfs al bestaan daar geen kousaliteit nie. Fobies ontstaan uit ’n behoefte om chaos te beheer, en bygelowe bied ’n gerieflike raamwerk: “As ek X vermy, sal Y nie gebeur nie.” Die humor kom wanneer ons besef hoe absurd sommige van hierdie oortuigings is. Magiese denke gee ons ’n illusie van beheer in ’n wêreld wat onvoorspelbaar is. Dit herinner ons daaraan dat vrees, in al sy manifestasies, ’n diep persoonlike en komplekse ervaring is, en dat die menslike psige grootliks ’n onontginde enigma bly. Maar daar is hoop vir hierdie lyers. Sielkundiges sal byvoorbeeld van kognitiewe gedragsterapie en blootstellingsbehandeling gebruik maak, wat tot langtermynverligting van fobies kan lei.

Lees ook:

Springmielies: Die huis as argitek van die verbeelding

Springmielies: Die magiese en simboliese eienskappe van juwele

Springmielies: Lara

Heil die Leser!: Oor wonderwerke en die antieke gebruik van vas

The post Springmielies: Oor vreemde fobies en ander volksmites first appeared on LitNet.

The post Springmielies: Oor vreemde fobies en ander volksmites appeared first on LitNet.

Vredemakers deur Reggie Peace: ’n resensie

$
0
0

Vredemaker deur Reggie Peace (Lux Verbi, 2025)

Titel: Vredemaker
Skrywer: Reggie Peace
Uitgewer: Lux Verbi (Junie 2025)
ISBN: 9780796323767
Epub ISBN: 9780796323774

Nog voor ek die boek begin lees, tref die agterblad se eerste sin my diep: “Ek is in ’n hok gebore ...”

Dis enkele dae nadat ’n vriend vertel het van sy ma se versorger wat só dankbaar is dat sy uiteindelik haar eie sinkhok gekry het, nadat haar mishandelaar van ’n man alles verkoop het en sy op straat moes slaap. Ek kry die gevoel die boek oor Reginald Hufkie – vandag bekend as die suksesvolle akteur en musikant Reggie Peace – gaan beslis oor die teenoorgestelde ervaring in daardie hok.

Ek lees verder: “Reginald was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Hy wou nie langer in die hok saam met sy pa en broers bly nie. Hier kry hy vir die eerste keer sy eie bed en kan hy stort. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie presteer.

......
Die boek volg sy lewe in die agterplaas, in ’n hopeloos te klein hok saam met broers en ouers ingedruk.
......

“Maar hy blv ontevrede met homself. Reggie sug voortdurend na erkenning en aanvaarding. Tot hy besef dat hy ’n keuse het: Kies die lewe, of kies ’n stadige dood.

“En dan verander Reggie se verhaal in een van hoop. Ondanks sy uitdagende kinderjare kry hy ’n kans om sy drome waar te maak en ’n beter lewe te bou. In sy aangrypende memoires beklemtoon Reggie die waarde van selfliefde, positiewe verandering en geestelike groei.

“Sy storie is een van swaarkry, maar wys ook dat uitdagings oorkom kan word en dat jy, met Christus aan jou sy, sterker anderkant kan uitkom.”

Reeds op die titelblad is daar getuigskrifte van wie Reggie is en hoe hy “die oergawe van ligmaak uit duisternis” het en hoe hy “een van die hardwerkendste en mees professionele spelers in ons bedryf” is.

Die boek volg sy lewe in die agterplaas, in ’n hopeloos te klein hok saam met broers en ouers ingedruk. Sy pa is die grootste deel van sy lewe aan alkohol en dwelms verslaaf en mishandel sy vrou en kinders. Reggie se ma word ook vasgevang in die greep van misbruik, maar sterf vroeg. Haar man nie lank na haar nie.

.......
Reggie se eerlikheid oor die gevoel wat kinders wat uit sulke gesinne kom, met hulle saamdra, ruk jou. Hy praat van goeie tye, “maar ek kan meestal net die slegte goed onthou. Die goed wat jou trauma word.”
.......

Reggie se eerlikheid oor die gevoel wat kinders wat uit sulke gesinne kom, met hulle saamdra, ruk jou. Hy praat van goeie tye, “maar ek kan meestal net die slegte goed onthou. Die goed wat jou trauma word.” Hy vertel hoe sy ouers se swaarkry hom verleë gemaak het; hoe dit hom laat voel het hy pas nêrens in nie – hy is ’n outsider en dit bring mee dat hy voel hy het nêrens om heen te gaan nie.

“Baie kinders se lewe word verwoes, soms onverwags, deur kinders by die skool, vriende en family members wat hulle afbreek met hulle woorde. Tog sal ek die woorde van die kinders by die skool enige tyd bo die familie s’n kies. In woorde lê krag, glo ek. Imagine ons lewe in ’n samelewing waar positivity en aanmoediging van ander en jouself die norm is.”

Daar is sprankies hoop: die goeie tye saam met sy vriende op laerskool; sy liefde vir hardloop; die positiewe effek wat skool en omgee-onderwysers op hom gehad het. Hierdie opmerking van hom dra groot gewig: “Ek kon ten minste met die meeste van die kinders se issues deal, maar hoe die onderwysers dit gedoen het, en nou nog doen, gaan my verstand te bowe. ‘Education is the most powerful weapon which you can use to change the world’ – dis die woorde van Nelson Mandela, ons voormalige president. Daai woorde dra soveel krag, maar imagine hoeveel kinders kry nie die beste education nie omdat onderwysers meestal moet sukkel met dissiplinêre issues in die klas.”

.......
Hy skryf reguit, uit sy gebeentes uit. Want dis hoe diep sy seer vasgegroei het.
.......

Die boek gaan nie oor fensie woordgebruik of om slim te wees nie. Hy herhaal baie gedagtes en jy kan vóél hoe swaar dit op hom rus. Hy skryf reguit, uit sy gebeentes uit. Want dis hoe diep sy seer vasgegroei het. En dis seer wat hy saam met hom graf toe sal neem.

Nadat ek die laaste bladsy gelees het, wou ek meer weet, en dit bring my by die stukkie oor hom op die Jakes Gerwel Stigting se webblad, waar dit vertel dat hy, hoewel hy ’n studiebeurs gekry het nadat hy die kinderhuis moes verlaat, nie met atletiek uitgeblink het nie, maar eerder as musikant, akteur en skrywer. “Teen die tyd dat hy sy Vervoerbestuursdiploma aan UJ voltooi het, was hy deel van baie van die universiteit se teaterproduksies. Hy was ook deel van ’n koor, Gospel Goes Beyond, en die hip-hop-duo Peacemaker. Voordat hy in 2015 gegradueer het, het hy ook as akteur gasverskynings op televisie gemaak.

“Talent ETC Artist Management het sy talent tydens sy universiteitsjare raakgesien en hom die geleentheid van ’n leeftyd gegee, om by hulle aan te sluit. Sedert hy universiteit verlaat het, het Reginald in baie films en TV-programme verskyn terwyl hy terselfdertyd sy musiek-, skryf- en praatloopbaan uitgebou het. Jy het hom dalk al gesien op Generations: The legacy, Huis Lelieveld, Desert rose, Swartwater, 7de Laan, Poena, die bekroonde film Cowboy Dan en, meer onlangs, sy eerste film as skrywer/akteur, Vlamme.

“In 2021 het hy ook sy eerste album vrygestel, genaamd Nuwe lewe. New life. Dit is immers waarna Reginald gestreef het. ’n Nuwe, beter lewe.”

Dis Frankie Opperman, regisseur en vervaardiger, se woorde waarmee ek die meeste saamstem: “Die wêreld kort meer mense soos hy.”

As meer mense wat in hokke grootword, se stories maar net só kan uitwerk. Intussen hoop ek hierdie boek word in elke jong kind se hand gedruk en word ’n bondeltjie hoop. ’n Lig in ’n baie donker tonnel wat flonker van hoop. ’n Goue medalje op die wêreldpodium wat haalbaar is vir elkeen as jy hard werk en in jouself glo. Soos Reggie gedoen het.

Lees ook:

Sel ses deur Stefaans Coetzee: ’n resensie

Book review: Hoerkind by Herman Lategan is "a rare privilege"

Hoerkind deur Herman Lategan: ’n onderhoud met die skrywer

’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n lesersindruk

Kinderboeke: Van dansdrome na dansers – na rolmodelle

The post Vredemakers deur Reggie Peace: ’n resensie first appeared on LitNet.

The post <em>Vredemakers</em> deur Reggie Peace: ’n resensie appeared first on LitNet.

Skermgreep: 28 years later – ’n filmresensie

$
0
0

Skermgreep: YouTube

  • Leon van Nierop skryf ’n gereelde filmrubriek vir LitNet.

28 years later
In teaters
Met Aaron Taylor Johnson en Jodie Comer
Regisseur: Danny Boyle

Die zombies het Suid-Afrika en die res van die wêreld gulsig en sonder skroom, enige tafelmaniere of verskoning verorber. Die buitelandse verspreiders was slim, want hierdie gewelddadige (maar knap) rolprent is vinnig in die uitreikdrukgang ingestoot voor die groot bomme, soos Jurassic World: rebirth, Superman, F1 en Smurfs net na die Danny Boyle-bloedbad op die silwerdoek losgebars het en bakhand vir geld uit jou beursie gaan staan het. En pasop, hulle byt sommer ook die hand wat hulle voed...

Die reeks (franchise) soek na nog bloeddorstige geld, veral wanneer die loketsukses van hierdie derde film in die trilogie bestudeer word. Dit beteken: Indien ’n mens betyds voor die gierige tande, wat jare laas geborsel is, probeer vlug en wegkom, sal jy darem met jou flieklewe daarvan afkom om weer ’n kaartjie te koop.

Eers het die onverwagte sukses van die vraatsugtige 28 days later ons in 2002 met ’n uitklophou getref. Dit was ’n postapokaliptiese, uitbundige viering van die dood. ’n Kriewelrige, kru kinderpartytjie lyke as ballonne. ’n Bloederige drama-komedie wat Squid game en The last of us na die woke, lammerige Snow White met ’n blosende, grootmond Rachel Zegler sal laat lyk.

Hier het ’n virus, veel erger as die Covid-ramp, deur Brittanje versprei en mense in moorddadige zombies verander wat al wat menslike wese met vleis aan die bene is, voor ontbyt verorber het. Hier kom smaakkliere en ’n bietjie ekstra Tabasco nie ter sprake nie. Net gewelddadige, gruwelbehepte wellus.

Wat gebeur met die gelukkige (?) siele wat hierdie plaag en aanslae van geweldenaars oorleef? Hulle moet nuwe planne beraam om betyds uit die pad te kom. En die zombies raak ook deesdae ontwerper-grieselgeeste. Van die maer derm wat gereeld op sosiale media pryk, tot die gespierde en welbedeelde boelie in beheer van die zombies. Zombies as filmsterre. Nou ja. Nou het jy alles gesien.

Die vraag ontstaan ook: Kan die zombievirus gekeer word wanneer alle infrastruktuur vernietig is en die meeste medici en hospitaalpersoneel as voorgereg opgedien is? Of het hulle carte blanche om sonder aansien des persoons voor die voet te vreet? Behalwe natuurlik as die “persone” goedbetaalde rolprentsterre is.

......
Dié reeks kon ad infinitum so aangekarring het terwyl mense heerlik aan bloed-en-springmielies “gevreet” het, darem met meer sout op as wat die stomme slagoffers op die doek kon bied. Maar toe besluit Danny Boyle om 28 years later vanjaar uit te reik en uit ’n ander oogpunt te benader, met nuwe tegnologie.
......

Cillian Murphy van Oppenheimer-faam het sy talente in die eerste aanslag in 2002 blootgestel. Die moordfees waarin menslike stofsuiers bloed slurpend opgesuig het, was so onverwags gewild en opspraakwekkend dat ’n vervolg vinniger aangevra is as wat Trump deesdae tariefverhogings kan instel. Een van die klassieke tonele uit hierdie reeks rolprente, veral die eerste hoofstuk, is ’n absoluut verlate Londen wat glo weke geneem het om te “ontmens”. En dit was voor Covid.

28 weeks later (2007), dié slag met Juan Carlos Fresnadillo as regisseur, het gevolg en die pandemie gulsig geëksploiteer of misbruik nadat 28 weke se moordfeesaanslae in Dolby Stereo afgespeel het. Maar in plaas van die situasie te  verbeter, is meer wankelrige tafels met mensvleis daarop voorberei. Ses maande nadat die grieselrige kannibalistiese virus toegeslaan het, moes die weermag ’n klein groepie Londenaars teen die afgryslike massas beskerm. Nodeloos om te sê, dit was nie suksesvol nie, want daar moes plek gemaak word vir smulpaapvervolge.

Dié reeks kon ad infinitum so aangekarring het terwyl mense heerlik aan bloed-en-springmielies “gevreet” het, darem met meer sout op as wat die stomme slagoffers op die doek kon bied.

Maar toe besluit Danny Boyle om 28 years later vanjaar uit te reik en uit ’n ander oogpunt te benader, met nuwe tegnologie. As die storie te veel dieselfde geraak het, gebruik hy 18 spesiaal ontwerpte selfone om aan die opgewarmde storie ’n meer naturalistiese, growwe en realistiese voorkoms te gee en sodoende die skok-effek te vermenigvuldig.

Boyle, moet ’n mens teësinnig toegee, het daarin geslaag om dit meer “aanskoulik” te maak. Ook deur van die wêreld se top akteurs, soos Jodie Comer en Aaron Taylor Johnson, te gebruik. Nou is daar is lollipops vir zombiebekke om die twee talentvolle akteurs as vlugtelinge en zombie-aas te gebruik. Hulle tree saam met die bekwame jongeling Rocco Haynes op, asook die formidabele Ralph Fiennes.

Hier volg die storie.

Die seun (Haynes as jong Jimmy) se ma is siek en hy moet vanaf ’n skilderagtige eiland in Skotland oor ’n soort waterbrug saam met die gespierde Taylor Johnson met wapperende haarlokke hardloop om by dr Fiennes uit te kom! Net betyds voor die gety die brug bedek.

Erg is hul ontsteltenis as hulle die getraumatiseerde en oorblufte dokter aantref onder ’n monument en pilare wat uit menslike kopbene bestaan. Dit vorm een van die treffendste en grieselrigste, dog effektiefste tonele van die jaar. Hier help die produksie-ontwerper om die subteks uit te lig. Elke kopbeen verteenwoordig ’n mens. En waar teatergangers (en ek het hulle al in teaters aanskou) jubelend reageer op elke wese wat bloedspattend uit die weg geruim word, verander die kopbene eensklaps in mense. Elke kopbeen is ’n onskuldige lewe wat deur die virus of die zombies geneem is.

Hoe gerieflik vir die storie dat die hele Britse vasteland afgesper is van ’n eiland waarop daar nog mense is. Maar in die proses het ’n mate van beskawing darem nog ingetree. Tussen die zombiekaperjolle en grusame gille wat met “whoop-whoops!” van die gehoor begroet word, het ons darem nog simpatie met die enkele gesigte waaruit daar nog nie ’n hap geneem is nie. Dit bring ’n mate van menslikheid teweeg as die akteurs so ylings hardloop.

.......
Vir my was dit egter bedenklik, maar ook merkwaardig, om foto’s op sosiale media te sien waarin 18 selfoonkameras, wat in halfmane gerangskik is, agter tierende zombies aanjaag asof ons na Ben Hur in die pandemie kyk. Tegnies is dit uitmuntend. Maar versadigingspunt word gou bereik, en hier word nie net na die zombies verwys nie.
.......

Vir my was dit egter bedenklik, maar ook merkwaardig, om foto’s op sosiale media te sien waarin 18 selfoonkameras, wat in halfmane gerangskik is, agter tierende zombies aanjaag asof ons na Ben Hur in die pandemie kyk. Tegnies is dit uitmuntend. Maar versadigingspunt word gou bereik, en hier word nie net na die zombies verwys nie.

Wat die rolprent wel regkry, is om te verduidelik hoe ragfyn die beskawing is, en dat die mens, in werklikheid, steeds ’n dier is. Die dinosourusse het 165 miljoen jaar lank regeer. Ons is glo ’n katspoegie van 200 000 jaar op die planeet in menslike gedaante, en kyk waar is ons nou. Volgens die buitelandse pers sou ’n reeksmoordenaar gesê het: “One death is a tragedy, a million a statistic.” Dit som hierdie rolprent presies op.

Ter slotsom. Die kyker staan verbysterd oor die gemaklikheid en dikwels vrolikheid waarmee die dood uitgebeeld word en menseslagtings gevier word, met die uitsonderings van die kopbeenstandbeeld. Een reuse tree vir rolprenttegnologie. Een tree terug vir die respek vir menselewens.

Kyk die lokprent hier:

 
Lees ook:

The watchers: ’n filmresensie

Talk to me: ’n filmresensie

Skermgreep: Civil war

Skermgreep: Sinners – ’n filmresensie

Skermgreep: Mickey 17 – ’n filmresensie

Skermgreep: The brutalist – ’n filmresensie                       

Oppenheimer: ’n filmresensie

The post Skermgreep: 28 years later – ’n filmresensie first appeared on LitNet.

The post Skermgreep: <em>28 years later</em> – ’n filmresensie appeared first on LitNet.

Kokke kook weer Maklik met Marinda

$
0
0

Maklik met Marinda
Marinda Engelbrecht
Human & Rousseau
ISBN: 9780798184977

“Hierdie is my mooiste kookboek ooit,” sê Marinda Engelbrecht.

Sonneblomme, suurlemoene en ’n glimlaggende kok in ’n moderne brilraam pryk op die voorblad van Marinda Engelbrecht se hersiene weergawe van haar eerste kookboek met dieselfde titel – Maklik met Marinda.

Nou is Maklik met Marinda afgestof in samewerking met NB-Uitgewers en ’n nuwe hoofstuk is bygesit. “Al die ou resepte is nog daar,” sê Marinda. Hierdie nuwe weergawe is al sedert 23 Mei op die rakke. Die eerste resepteboek was in tydskrifvorm, en die hernude uitgawe is ’n prettige, pragtige sagtebandweergawe.

Die eerste boek is reeds jare uit druk, maar navrae het steeds ingestroom en die besluit is gemaak om ’n tweede glansresepteboek te druk. Die boek is op 5 Junie tydens ’n stampvol geleentheid by Exclusive Books in Tygervallei bekend gestel.

Bekendstelling

Aan huis met Hannes se Hannes van Wyk was in gesprek met Marinda oor hierdie nuwe weergawe van Maklik met Marinda, wat ook haar vierde kookboek vier. Met sy tipiese geselstrant het hy Marinda gevra oor die keuses van resepte, die produksieproses en die span betrokke om die boek uiteindelik op die rakke te kry.

Gaste is bederf met lekkernye uit Maklik met Marinda en ’n glasie wyn. Hannes het gaste vermaak met pittige opmerkings en gesê dat hy “nie gewone boekbekendstellings doen nie”.

Hy het ’n opmerking gemaak dat daar nie plek vir ’n muis in die boekwinkel is nie en geterg dat Marinda sekerlik die mense betaal het om die bekendstelling by te woon en het selfs sy stoel afgegee aan ’n gas wat nie ’n sitplek gehad het nie.

“Sy wou ’n entrance gemaak het,” het hy skertsend gesê.

Marinda het tyd gemaak om erkenning en lof te gee aan die mense agter die skerms: “Hannes Koegelenberg wat die stilering gedoen het, hy is ’n wizard, die fotograaf Donna Lewis, uitgewer Lindy Samery” en die res van die span sonder wie sy nie die eindproduk op die rakke sou kon bring nie. Sy het voortgegaan om te sê dat sy niemand anders as hierdie mense sal wil gebruik nie. Vir die ontslape Anne Myers het Marinda emosioneel ’n spesiale woord van dank en verlange gelewer.

Na afloop van die gesprek het Marinda geduldig geposeer vir foto’s en boeke onderteken terwyl sy geselsend met gaste verkeer het.

Die keur van resepte

Maklik met Marinda spog met ’n keur van al Marinda se toekatyd-resepte en die goue gunstelinge waarmee sy grootgeword het. Van beesstert en pasteie tot kerrie-afval en nostalgiese slaaie. Heerlike pastas en nageregte sorg vir liplekkerverrassings.

“Dit is kos wat jy in die huis maak, gewone kos,” het Marinda aan gaste gesê. “Dit is hoekom mense die boek koop, want dit is maklik en jy hoef nie die bestanddele deur Takealot te koop nie.”

Hannes wou van Marinda weet of jy werklik net die resepte kan volg, dan kom dit so uit, waarop sy geantwoord het dat “jy kan daai koek so opdollie dat jy haar nie sal herken nie. Ek doen nie lyntjies en snytjies nie.” Sy wil hê mense moet haar boek kan gebruik as maatstaaf of basis en so kan gebruik en hulle eie kleure en geure byvoeg.

Laggend het Hannes saamgestem dat hy selfs kans sien om die wortelkoekresep in die boek te volg.

Hannes het ook na ’n sjokoladekoek op bladsy 120 gewys en spottend gevra: “Lieg julle altyd so?” Marinda het gou geantwoord dat dit werklik so maklik is as wat die resep aandui en dat dit net 30 minute lank bak. “Presies soos die resep sê.”

Oor die prys van die boek sê Marinda dat jy maklik R400 sal spandeer aan blomme wanneer jy vir iemand gaan kuier, maar wanneer jy ’n kookboek koop, “koop jy iets wat nog vir jare sal hou”.

Die boek het ’n stewige 144 bladsye wat die voorwoord, inleiding en indeks insluit. Die foto’s is keurig en geurig en vertoon die disse aantreklik. Die resepte is eenvoudig met ewe eenvoudige bestanddele en die verskeidenheid van disse beloof om iets vir elke smaak te bied.

Selfs vir Hannes van Wyk met sy smaak in “goed gaar kos”. (Iets wat Marinda sê maak haar hart seer.)

Die proses en sonneblomme

“Waar begin jy met die skryf van ’n resepteboek, hoe besluit jy watter resepte moet in die boek wees en hoe word die voorblad gekies?” So wou Hannes van Marinda weet.

Marinda het verduidelik dat die resepte gekies word uit gewildheid van die disse en met die eerste Maklik met Marinda as maatstaaf is die besluite oor resepte geneem. “Lindy ken en verstaan my goed en weet ook wanneer om die toue in te trek.”

Elke resep is weer uitgetoets by Marinda se huis en sy was op stel saam met Luzaan van Heerden om seker te maak die resep kan maklik gevolg en interpreteer word, sodat “iemand wat nie die resepte ken nie, dit kan volg en die kos kan maak”.

Die resep word gemaak en dan word die foto’s geneem en Marinda sê ernstig dat “dit wat jy daar sien, is wat daar is. Ons sal miskien olyfolie oorsit of weer iets deurroer wanneer die dis dalk lank moes staan met die stileringproses en vir die foto’s.”

Sy het ook haar idees vir die voorblad gehad en het ’n skoon boek met baie spasies gesoek. Die sonneblomme is vir haar mooi en kom uit haar tuin uit. Die saadjies vir hierdie blomme kom uit Betlehem uit, vertel sy. “Ek het oor Kersfees sonneblomme uit Betlehem gehad.”

Marinda

Marinda is nie net bekend vir haar kookboeke, kook-blog en TV-programme nie, maar ook vir haar teaterwerk, fyn kleresmaak en die reeks flambojante brilrame waarmee sy spog.

Getooi in ’n paar heldergeel stewels, het Marinda gekies om te staan vir die gesprek met Hannes tydens die bekendstelling. Sy het openhartig gesels oor haar grootwordjare op ’n plaas buite Durbanville waar sy bekend geraak het met vars produkte uit hulle eie tuin.

Dit is juis hier, uit haar lewe op die plaas, waar haar liefde vir kosmaak vandaan kom.

Sy vertel nostalgies dat sy baie goed die dikboom-Hart-potte onthou waarin haar ma druiwekonfyt gekook het. “Ek onthou my ma se tuisgebakte brode, hoe hulle gestaan het soos Golden Arrow-busse met ’n brooddoek oor hulle.” Marinda sê dat dit soms soos spookasem in die kombuis geruik het, “van die gekaramelliseerde vrugte”.

Marinda vertel dat sy nooit gedink het kos sou so groot rol in haar lewe speel nie. “Alhoewel albei kreatief is, is dit teater, veral kinderteater, wat my na aan die hart lê.” Dit was die Kokkedoor-kompetisie wat haar lewe verander het.

Haar kinders is aan haar sy wanneer sy kosmaak en het haar aangemoedig en gemotiveer om resepteboeke te skryf. Marinda sê sy is dankbaar dat hulle na al die jare nog dink haar kos is lekker.

Ten spyte van haar bekende en gewilde persoonlikheid, is Marinda nederig wanneer dit by haar sukses kom. “Ek kan nie regtig verstaan waarom mense wil weet hoe ek kosmaak nie.”

Marinda is ’n gesinsmens, gee maklike erkenning aan die mense wat haar getrou ondersteun en dit is lekker om met haar te gesels. ’n Skoolvriendin van Marinda wat ook die bekendstelling bygewoon het, sê Marinda is nog steeds dieselfde mens as voor haar bekendheid.

Die tannie met die partytjiewoord

Die eerste weergawe van Maklik met Marinda het uitgekom kort voor Covid. “Toe sit ons meet 11 000 eksemplare wat verkoop moet word.” Marinda vertel dat met slim planne en die hulp van sosiale media, al 11 000 in drie maande verkoop is.

“Die boer maak ’n plan en die boervrou het ’n plan.”

“Wie toets die resepte?” Hannes het gemaak-ernstig gevra of Marinda se familie die proefkonyne is. Sy moes erken dat haar familie en vriende wel proe en haar wederhelfte van 45 jaar, Johann, soms maar net sy kop kan skud vir die planne wat snags in haar kop broei.

Marinda vertel van heel eerste kookprogram-episode met ’n celeb. “Ons het ’n gasstofie gebruik. Ons wou dit eg en outentiek maak, maar het gesukkel met die gas. Daar was ’n ontploffing, ek het so groot geskrik en die partytjiewoord gebruik.” Ann Myers was die aand aan die stuur en het net gesê: “Keep rolling”, met die belofte dat die woord verwyder sou word met die redigering. Tog het die woord wel in die produksie ingeglip. Min wetend dat die partytjiewoord op nasionale TV uitgesaai is, het Marinda later gehoor sy staan onder die jong mense bekend as die tannie wat die partytjiewoord op TV geuiter het.

Anne Myers

“Jy het ’n klompie jare gelede in my geglo en aan die program Maklik met Marinda lewe gegee. Ek mis jou elke dag van my lewe.”

So skryf Marinda aan Anne Myers in haar dankbetuigings.

Anne Myers het gesterf tydens die Covid-pandemie. Sy word beskryf as fenomenale regisseur, vervaardiger en vrou.

Ten slotte

Vir Marinda was dit belangrik om ’n kookboek te produseer sodat kokke kan kook met dit wat in hulle kaste is. Selfs mielieblom kry eer in Marinda se kookproses van souse maak, en sy voeg by: “Niks keer jou om iets soos knoffel of gemmer by jou vleis se sous te sit nie. Dit is daar vir jou om mee te eksperimenteer.”

Hy kan skaars roosterbrood maak, sê Hannes, “maar nou gaan ek begin kosmaak!”

Kosmaak gee jou kreatiewe vrye teuels, sê Marinda en benadruk dat sy wil hê “mense moet die boek kan gebruik as maatstaaf en daarby kan voeg. Die resepte is veilig, dit gaan niks aan broccoli se saak doen as jy spek bysit nie. Bak is soos wetenskap, daar moet jy die resep volg.”

Marinda sluit af met twee stukkies kombuisraad.

“Wanneer jy ’n varkpens koop, skat die grootte so met jou oog. Dit moet nie te vetterig wees nie, so ¼ vet en ¾ vleis, anders sit jy met ’n klomp vet. En onthou, jy hoef nie jou hande blase te druk nie, koop ’n vleistermometer!”

Op die vraag of daar nog ’n kookboek aan die broei is, sê Marinda: “Is daar nog iets vir my oor om te sê?” Haar uitgewer het tong in die kies vir Marinda daaraan herinner dat sy ’n suksesvolle kinderkookboek geskryf het en dit dalk tyd is vir ’n tweede een.

Of ons dit kan verwag in die nabye toekoms? Wie weet, maar hierdie bobaaskok het altyd ’n idee aan die broei.

Maklik met Marinda is beskikbaar by alle boekwinkels en aanlyn.

The post Kokke kook weer Maklik met Marinda first appeared on LitNet.

The post Kokke kook weer <i>Maklik met Marinda</i> appeared first on LitNet.

Heil die Leser! Mishandeling en trauma in Wanneer die krieke stil word deur Petro Kotzé-Odendaal en Ontbloot deur Marthé McLoud

$
0
0

Boekomslae: Wanneer die krieke stil word deur Petro Kotzé-Odendaal (Naledi, 2025) en Ontbloot deur Marthé McLoud (Turksvy Publikasies, 2025)

  • Nini Bennett-Moll skryf ’n gereelde boekrubriek vir LitNet.
.......
Boeke wat vroulike trauma aanspreek, toon hoë verkoopsyfers, gedryf deur lesers se vraag na “outentieke” stories, wat steeds in aanvraag bly. Baie lesers en kritici sien hierdie fiksie as ’n noodsaaklike regstelling vir die vroulike stem, wat deur die eeue heen doodgeswyg is.
.......

1

Inleiding

Al hoe meer vroue skryf in Afrikaans oor hulle mishandeling deur mans, of hulle ervarings van molestasie as kind. Hierdie verhale is hartverskeurend en skokkend, maar noodsaaklik. ’n Mens dink byvoorbeeld aan Adele Vorster se roman Tien voor een (2022), of Ilse Verster se ’n Vrou staan op (2024). Wanneer die krieke stil word, die onlangs verskene roman van Petro Kotzé-Odendaal, is tematies ’n toevoeging tot dié korpus boeke.

Suid-Afrika word wêreldwyd beskou as een van die lande met die hoogste vlakke van geslagsgeweld en kindermishandeling, ’n krisis wat deur president Cyril Ramaphosa as die land se “tweede pandemie” beskryf is tydens verskeie toesprake (of “familievergaderings”: 17 Junie 2020, 25 November 2020, 11 April 2025).

Volgens ’n studie deur die UBS Optimus Foundation is bevind dat 35,4% van Suid-Afrikaanse adolessente ’n vorm van seksuele mishandeling ervaar, wat beteken dat minstens een uit elke drie kinders in hul leeftyd met hierdie trauma te doen kry. Kinders tussen 14 en 17 jaar is besonder kwesbaar, met ’n hoë risiko vir herhaalde mishandeling, wat kan lei tot langtermyneffekte soos posttraumatiese stresversteuring, angs en depressie.

Die Human Sciences Research Council se eerste nasionale studie oor geslagsgeweld, vrygestel in November 2024, toon dat 36% van vroue ouer as 18 jaar in hul leeftyd fisieke of seksuele geweld ervaar het, met 24% wat geweld deur ’n bekende manspersoon ná aan hulle gerapporteer het. Die vrouemoordkoers in Suid-Afrika is 24,6 per 100 000 mense, ses keer die wêreldgemiddeld.

Staats- en burgerregte-organisasies laat slagoffers in die steek weens ontoereikende implementering van wetgewing, onderbefondsing, ’n gebrek aan vertroue in die regstelsel, en beperkte voorkomingsprogramme.

Om hierdie pandemie aan te spreek vereis ’n multifokale benadering wat bestaande kultuurnorme, soos patriargale onderdrukking, uitdaag, befondsing vir NGO’s verhoog, polisie-opleiding verbeter, en vroeë ingryping bevorder.

Die 16 dae van aktivisme teen geslagsgebaseerde geweld in Suid-Afrika is deel van ’n jaarlikse internasionale bewusmakingsveldtog wat tussen 25 November en 10 Desember plaasvind. Hierdie veldtog fokus op die bekamping van geweld teen vroue en kinders en word in Suid-Afrika ondersteun deur die regering, burgerlike organisasies en gemeenskappe. Dit sluit bewusmakingsprojekte, optogte en voorligting in om geslagsgeweld, asook kinder- en vrouemoord aan te spreek.

Nou: Waarom is daar ’n toename in die fiksie van vroue wat op die een of ander wyse mishandel is?

Die antwoord is dat vroue histories meer geneig was om te skryf oor hulle ervarings van mishandeling – hetsy huishoudelike geweld, kindermolestering, of ander vorme van trauma – in vergelyking met mans. Dit beteken nie dat mans nié mishandeling ervaar, of daaroor skryf nie, maar vroue se stemme is sonder twyfel meer hoorbaar in hierdie narratiewe, veral in outobiografiese en memoires-skryfwerk. Mark Behr se roman Die reuk van appels (1993) ontgin dié sensitiewe onderwerp vanuit die oogpunt van ’n jong seun.

Die opkoms van feministiese bewegings, veral sedert die 1970’s, het vroue aangemoedig om hulle verhale van mishandeling te deel om patriargale strukture uit te daag. Laasgemelde skrywers het dikwels hul skryfwerk ingespan as ’n manier om agentskap te herwin en trauma te verwerk, veral in kulture waar daar ’n stigma daaraan kleef om oor mishandeling te praat.

Sedert 2017 het die #MeToo-beweging verdere momentum gegee aan vroue wat oor mishandeling skryf, wat gelei het tot ’n toename in memoires, essays en fiksie wat hierdie temas belig. ’n Roman soos Chanel Miller se Know my name (2019) weerspieël die tendens, met ’n fokus op seksuele aanranding en huishoudelike geweld. Hierdie kulturele verskuiwing het dit meer aanvaarbaar – en bemarkbaar – gemaak vir vroue om oor hierdie pynlike ervarings te skryf, alhoewel sommige kritici beweer dat vroulike skrywers die risiko loop om by die “traumanarratiewe” vas te haak, en komplekse karakters bloot tot hulle lyding gereduseer word. Ánder kritiek op hierdie tematiese lektuur is dat die fiksie die risiko loop om ander temas te oorskadu, of dat dit druk op vroulike skrywers uitoefen om hul persoonlike pyn vir bemarkbaarheid te ontgin. Hierdie argument is egter ’n tweesnydende swaard: Uitgewers en lesers raak toenemend verknog aan stories wat hedendaagse kwessies weerspieël, insluitend geslagsgeweld. Boeke wat vroulike trauma aanspreek, toon hoë verkoopsyfers, gedryf deur lesers se vraag na “outentieke” stories, wat steeds in aanvraag bly. Baie lesers en kritici sien hierdie fiksie as ’n noodsaaklike regstelling vir die vroulike stem, wat deur die eeue heen doodgeswyg is.

2

Titel: Wanneer die krieke stil word
Skrywer: Petro Kotzé-Odendaal
Uitgewer: Naledi, 2025
ISBN: 9781067234652

Home is where the hurt is. Hierdie donker en selfs verdraaide toespeling op die bekende gesegde het deur my gedagtes geflits terwyl ek Kotzé-Odendaal se memoires, Wanneer die krieke stil word, gelees het. Ek moet allereers noem dat ek selde so ’n hartseer roman gelees het wat inherent oor soveel hoop beskik. Op ’n manier het hierdie memoires my herinner aan Leonard Cohen se woorde: “There is a crack in everything / That’s how the light gets in.” Dit is ’n werk met ’n Christelike karakter.

Petro Kotzé-Odendaal is ’n radio-omroeper en ’n bekende pastoor in Noordwes. Sy preek en skryf, gebore uit die harde leerskool van die lewe, nie om te oordeel nie, maar om te motiveer. Omdat sy self uit ’n gebroke en arm huis kom, verstaan sy die pyn, woede en skande van verslawing van werklose ouers – daarom leef sy haar passie uit onder die vaandel van die NWO Voetlig Bedieninge, wat sy ná die afsterwe van haar eerste man in 2010 gestig het.

Die roman handel in die breë oor die verlammende siklus van slagofferskap en intergenerasie-trauma. “Dronk Apie se dogter” is hoe die verteller as jong kind verneder en gestereotipeer is deur die gemeenskap. Die verhaal begin wanneer die vierjarige Petro vertel van haar alkoholis-pa, wat ’n verwer was; van die disfunksionele, brandarm gesin waaruit sy kom, en haar eerste herinneringe aan haar pa wat haar ma aangerand en haar in ’n bad probeer verdrink het. Tussen haar gevoel van haat teenoor en jammerte vir haar vader leer sy die pyn van ambivalente liefde ken. Ongelukkig ook ’n emosie wat sou lei tot ’n herhalende siklus van emosionele en fisieke mishandeling in haar persoonlike verhoudings met mans, soos haar kêrel, Jakes, en haar man, Adriaan.

.......
Tussen haar gevoel van haat teenoor en jammerte vir haar vader leer sy die pyn van ambivalente liefde ken.
.......

Haar enigste ontvlugting is boeke, die Volle Evangeliekerk in Orkney, en die rits skoonheidstitels wat sy as hoërskoolleerling verower. Vir ’n kort rukkie smaak sy die luukse van ’n modelskool en vaar sy akademies baie goed, alhoewel sy sukkel om maats te maak. Haar vader se drankprobleem vererger, en daarmee saam die krieke wat stil word wanneer die hel saans tydens huishoudelike geweld losbars. Haar moeder, erg getraumatiseer, skei eers ná jare van haar psigopaatman.

Waar Jakes, haar eerste liefde, ook in die bediening staan en Petro sielkundig afknou, is dit Adriaan, ’n sexy losloper en mynwerker, wat haar eerste eggenoot sou word. Adriaan verdien ’n goeie inkomste, en ’n seun, Driaan, is uit die huwelik gebore. Maar Adriaan sélf is getraumatiseer as gevolg van ’n motorongeluk waarin sy medepassasiers gewelddadig oorlede is. Hy begin te drink en gebruik dwelms (onder meer rocks) – en die siklus van geweld waaraan Petro as dogtertjie blootgestel was, word voortgesit. Een aand gaan koop Jakes ’n dwelmmiddel, thai white, en sterf onverwags in haar arms in ’n vreemde gastehuis – sy was skaars 29 jaar oud.

Petro, nou enkelma uitgelewer aan die noodlot en sonder finansiële sekuriteit, stig die geestelike koerant Voetlig en adverteerders stroom wonderbaarlik in – die begin van haar eie loopbaan, gebore uit die diepste nood.

Dwarsdeur die roman sien Petro egter die hand van die Here – sy het immers as jong kind reeds tot bekering gekom. En al raak die geloofspad al steiler, slaag sy telkens daarin om die ondenkbare te oorwin – ook depressie, borskanker en ’n angsversteuring.

.......
Die meeste mense het verwonding van die een of ander aard, en dié roman dien as testament vir die veerkragtigheid van die menslike gees.
.......

Wanneer die krieke stil word is knap en vaardig geskryf, en mens het waardering vir Kotzé-Odendaal se gebruik van fokalisering. In die terugflitse na haar jeugjare fokaliseer die dogtertjie en die volwasse verteller om die beurt en vorm só ’n dubbellensfokalisering wat aan die roman ’n outentieke kwaliteit verleen. Uiteindelik is die roman ’n getuienis oor hoe God haar telkens gedra, of gered het uit noodlottige situasies. Die gebruik van metafiksionele kommentaar in die gedaante van fragmente uit songs, dagboeke, gedigte (soos “Lady heroin”, bl 115) en Bybeltekste, vleg naatloos deur die vertelling en karteer ook die tydsgees van die dag, soos die liedjies wat aangehaal word. Kotzé-Odendaal neem die leser in haar vertroue: Die herhaaldelike gebruik van die aanspreekvorm “liewe leser” openbaar die verteller se egtheid in ’n roman wat uiteindelik uitspeel as ’n vorm van moraliteitsteater. Wanneer die krieke stil word, eerlik, rou, toeganklik en met genadelose deernis geskryf, is ’n werk wat met ’n wye lesersgehoor sal resoneer. Die meeste mense het verwonding van die een of ander aard, en dié roman dien as testament vir die veerkragtigheid van die menslike gees.

3

Titel: Ontbloot
Digter: Marthé McLoud
Uitgewer: Turksvy Publikasies, 2025
ISBN: 9781037074394

Marthé McLoud is in 1964 op Stellenbosch gebore en het daar grootgeword. Sy behaal in 1989 haar MA-graad in maatskaplike werk en het 25 jaar lank as maatskaplike werker in Pretoria en Somerset-Wes gewerk. Sedert 2018 is sy afgetree en woon in die Strand. Van 2017 tot 2025 verskyn van haar gedigte in verskeie versamelbundels: Nuwe Stemme 6, die grendeltydbloemlesing, Maskers en mure, die mediese poësieversamelbundel flikker-gram, asook die bloemlesing Merang, een van die Afrikaans-100-projekte. Die literêre landskap het met verwagting uitgesien na McLoud se digdebuut, wat dan ook onlangs by Turksvy Publikasies verskyn het, getitel Ontbloot.

Op die agterflap verneem die leser dat Ontbloot ’n memoires-digbundel is wat handel oor persoonlike, familie- en gesinsverwante ervarings wat ook relevant is op universele vlak. Die bundel ontvou soos ’n kroniek, met ’n outobiografiese opgaaf van herinneringe en memento’s wat strek van die digter-spreker se geboorte tot in die hede. Die bundel in sy geheel het tematies ’n narratiewe onderbou. Die titel suggereer ’n blootleggings- of stropingsproses van die self.

.......
Memoires-poësie as ’n subgenre van poësie is belangrik, omdat dit universele ruimtes skep waar lesers se eie lewenservarings – trauma, vreugde, of identiteit – met dié van die digter-spreker resoneer.
.......

Memoires-poësie as ’n subgenre van poësie is belangrik, omdat dit universele ruimtes skep waar lesers se eie lewenservarings – trauma, vreugde, of identiteit – met dié van die digter-spreker resoneer. Memoires-poësie bied insgelyks ’n historiese, maatskaplike en kulturele rekord van gebeure waarin persoonlike besinnings dien as ’n brug tussen die individu se belewenisse en dié van ’n groter kollektief.

Dit stel ook gemarginaliseerde stemme in staat om hul narratiewe te argiveer wat andersyds doodgeswyg sou gewees het.

Memoires-poësie tree in gesprek met die vloeibaarheid van geheue, maar erken ook die onbetroubaarheid of fragmentariese aard daarvan. Digters mog hul kinderjare, trauma, kultuurerfenis, of persoonlike groei herbesoek, en gebruik die digproses om hierdie ervarings te verwerk of te herformuleer. Hierdie subgenre bewaar die verloop van samelewingskontekste soos oorlog, onderdrukking of maatskaplike verandering. In McLoud se poësie maak sy gebruik van suggestie en onderbeklemtoning. Haar gedigte wat oor die ’80’s handel, bevat byvoorbeeld onmiskenbaar die fineer van maatskaplike en politieke onrus. Memoires-poësie doen ’n beroep op empatie aan die kant van die leser – en begrip vir die menslike kondisie, waarin ons almal deelgenote is. Oorsese digters wat memoires-poësie beoefen het, is onder meer Sylvia Plath, Robert Lowell en kontemporêre stemme soos Ocean Vuong. Daar word voorrang gegee aan die persoonlike stem en geleefde ervaring, wat dikwels met ’n katarsis gepaard gaan. Van die verse in Ontboot het ’n somber of onheilspellende ondertoon en eindig meermale op ’n mespunt; dit herinner plek-plek aan die werk van Alfred Schaffer met die skielike, of abrupte, “ontbloting” van ’n persoon of situasie. ’n Goeie voorbeeld is “Biologieklas” (37):

Kinderstemme tjirp-tjirp
soos die fles van die skoolbank opgetel en
bekyk word.

Die kind se oë span styf.
Sy ruk, laat val die bottel
met die aangee-slag.
Die klas lag.

Die klaskamer begin om haar
dobber en dryf
soos die opgekrulde slang wegrol
van haar onderlyf.

Die reptiel se tong flits
in-uit. Sjuut
dit is ons geheim net
ons geheim net ons

Die digter-spreker se jeugherinneringe is kennelik die waarneming van ’n hipersensitiewe kind. Die onthutsende gedigte verleen ’n boeiende kwaliteit aan die bundel in sy geheel.

.......
Waar Kotzé-Odendaal se roman die verskillende vorme van geweld eksplisiet takel en beskryf, handel McLoud se gedigte oor die geweld van stilte: oor dit wat verswyg (moet) word; oor misverstande en donker geheime, en oor mense wat by mekaar verby leef.
.......

Waar Kotzé-Odendaal se roman die verskillende vorme van geweld eksplisiet takel en beskryf, handel McLoud se gedigte oor die geweld van stilte: oor dit wat verswyg (moet) word; oor misverstande en donker geheime, en oor mense wat by mekaar verby leef. Daar is familiegeheime en persoonlike trauma, maar dit word nie uitgespel nie; die verse is soos enigmas in die kleine wat die leser deur middel van suggestie of meerduidigheid ontrafel. Op bl 47 beskryf die digter-spreker hoe haar pa haar dagboek in die agterplaas verbrand. Die laaste reël, “Die Vader weet alleen”, met sy meerduidige konnotasies, dien ook as toespeling op Lacan se Simboliese Orde, met sy patriargale assosiasies.

Die bundel beskik oor geen formele rubrisering nie, en die gedigte vloei naatloos ineen. McLoud is die meester van fynkyk – haar gedigte is dan ook besonder subtiel.

Beide Kotzé-Odendaal en McLoud is/was betrokke by gemeenskapsuitdagings; Kotzé-Odendaal met haar bediening en NWO, en McLoud as maatskaplike werker. Beide vroue verstaan die trauma van geslagsgeweld, asook geweld teenoor kinders. En beide skryf daaroor. Kotzé-Odendaal was self ’n mishandelde kind en vrou, terwyl McLoud, ’n besonder sensitiewe en empatiese waarnemer, “geroepe” was om ’n maatskaplike werker te word (64):

Beroepskeuse (1979)

Vyftien jaar oud en ons
jeuggroep besoek
Pietie Victor se shelter
vir haweloses in die Kaap.

Daar gekom, sit die manne
van die Royal Hotel
soos verlore hondjies
tydens straatwerk opgetel.

’n Verweerde man staan op
en getuig. Uit sy mond vlieg
’n duif reguit op my af
en maak nes in my kop.

Sy woorde fladder voort
oor sy val-en-opstaanlewe
sy hand-om-die-blaas met die bottel,
sy rietjiesbewe en ook sy strewe.

Hy lees uit die Bybel
oor die Barmhartige Samaritaan
en vra: Wie sal Ek stuur?
Wie sal vir ons gaan?

Toe ek afkyk,
lê ’n donsveer
voor my voet.        

In ’n onderhoud het McLoud genoem dat weerlose, uitgelewerde en getraumatiseerde kinders haar baie na aan die hart lê. Sy het in kinderbeskerming gespesialiseer en ’n handvol gedigte oor hierdie kinders geskryf.

“Op pad (1982)” (57) is meesterlik in sy onderbeklemtoning wanneer ’n weermagtroep, waarskynlik ’n kêrel, soos ’n besetene deur ’n bergpas bestuur. Wat nié gesê word nie, is die trauma wat jong mans tydens diensplig deurgemaak het; en hiermee saam, die politieke onrus en angs van die tagtigerjare. Eerder as om te vertel maak die digter gebruik van wys om ’n hele register temas saam te trek (57): 

[....]
Sy weermagstewel rus swaar op die petrol
twee sweisvlam-oë broeiend op die pad
[...]
Die dodelike stilte
tussen ons spat in stukke, maar
my gesmeek is sy adrenalienreuk.    

McLoud skryf voorts oor selfdood, dwelmmisbruik, maatskaplike ellende, werkloosheid, armoede, ’n verbrande bedelaar (74), ’n pedofiel (55), en ander tematiek soos jeugdige liefdesteleurstellings.

Sy parodieer “onskuldige” sprokies soos Raponsie, Rooikappie, Hansie en Grietjie, die drie varkies, Jan en die boontjierank en Bloubaard, en ontbloot die inherente wreedheid in dié sprokies. ’n “Onskuldige” sirkus word voorts voorgehou as die oorsaak vir Ester se litteken (maar sy word inderwaarheid deur haar pa mishandel; dié vers kan selfs op kindermoord dui). Hierdie gedig is ’n meestersklas in ironie (46):

Haar naam was Ester (1979)

Jy vra: “Wat was haar naam nou weer?
Die kind wat verongeluk het?”
Ek weet nie, maar ek onthou nog vir Ester,
die dowwe ster,
die een met die kroeserige kop,
die klerebank-kind
die een met die houtneus
(of so het almal gedink),
want ons was mos lanies,
dosente en ryk boere se kinders.

Daar is agter hande getjie-tjie
en gebaawahaa – die merk bo
haar oog glo haar pa. ’n Mesgooier
soos in die sirkus! Daardie jare
die hoogtepunt op ons dorp.
Jy ken mos daardie toertjie?           

Ontbloot is ’n knap en noodsaaklike digbundel: ’n aanwins vir enige leser van poësie.  

En oor die kwellende brandpunt rondom die mishandeling van kinders stel ek vir Marthé McLoud, die maatskaplike werker, aan die woord: “Om ’n ouer te wees is ’n ontsettende groot verantwoordelikheid, want ouers moet besef dat hulle kind(ers) spesifiek aan hulle toevertrou is. Dit is ’n ouer se primêre taak om elkeen van sy kinders onvoorwaardelik lief te hê en in elkeen se emosionele en fisiese behoeftes te voorsien. Ongelukkig is daar disfunksionele gesinne wat vir generasie na generasie dieselfde patrone herhaal, naamlik fisiese en emosionele verwaarlosing en mishandeling, asook molestering. Daarom is dit so belangrik dat ouers hierdie herhalende patrone binne hulle gesin van herkoms moet herken en verbreek. Dis ’n doelbewuste keuse wat ’n ouer moet maak om die nodige hulp te verkry sodat genesing kan plaasvind. Daarsonder is die trauma waaraan kinders blootgestel word oneindig en dra dit daagliks by tot ’n verbrokkelende samelewing.”

Lees ook:

Heil die Leser!: Die waarde van selfhelpboeke en motiveringslektuur

Heil die Leser!: Narratiewe medisyne

Tien voor een deur Adele Vorster: ’n resensie

’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n resensie

’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n lesersindruk

Verskrikking in die ergste graad: So lyk ’n vrou ... deur Ilse Verster

The post Heil die Leser! Mishandeling en trauma in Wanneer die krieke stil word deur Petro Kotzé-Odendaal en Ontbloot deur Marthé McLoud first appeared on LitNet.

The post Heil die Leser! Mishandeling en trauma in <em>Wanneer die krieke stil word</em> deur Petro Kotzé-Odendaal en <em>Ontbloot</em> deur Marthé McLoud appeared first on LitNet.

Twyfelbos deur François Loots: ’n resensie

$
0
0

Titel: Twyfelbos
Skrywer: François Loots

ISBN: 9780798185202
Uitgewer: Human & Rousseau

Byname (in teenstelling met troetelname) is beledigings in eufemistiese gedaantes. Onkunde en sosiale afkeer is die algemene basis van hierdie verskynsel. Die paradoks van ’n vrou wat dit durf waag om haar hare kort te sny, ’n langbroek te dra en wydsbeen perd te ry was derhalwe by uitstek ’n onvermydelike sneller tot gemeenskapsetikettering in die Kaapkolonie van die 1820’s. In die woorde van die Hollandse reisiger Marten Douwe Teenstra (1830) sou dit geregverdig wees om na so ’n persoon te verwys as ’n “mansvelder” of ’n “mannetjiesvrou” (bl 7).

Sophia Truter word aan die leser bekendgestel deur die oë van ’n bruinweduweespinnekop. Die afwesigheid van menslike karakters in die openingstoneel beklemtoon Sophia se afsondering in die gegewe moment. Sy bevind haar in die Overberg op ’n sogenaamde rusplaas anderkant die Kleinrivier. “Hier is sy stoksielalleen” (13). Haar selfopgelegde ballingskap volg op ’n drieledige verlies. Haar eggenoot, eens regter Johannes Truter, het as ’n Engelse vlinder genaamd sir John uit sy voormalige kokon verskyn; haar hartskind, haar jongste, Kleinjan, is gereduseer tot oorskot in ’n graf met ’n klein stukkie van ’n aardwolf se been as enigste fisiese memento; en die sagtheid wat Magdalena was, is weinig meer as die hunkering na ’n seilskip op pad na Batavia.

In die Kaap kon sy nie bly nie – sy kon nie “hierdie stilte gevul met rou saam met hom aandurf nie” (22) en moes gaan na waar voorgee oorbodig is, nie langer waar elke glimlag haar siel nog ’n bietjie laat kwyn het nie, want “Wat is daar na ’n dood nog te sê?” (29).

Die vrae wat by ’n soen van ’n verbygaande vrou ontkiem het, en wortelgeskiet het saam met Magdalena: “Maar wat ons doen, wat beteken dit eintlik?” en “Hoe ’n mens maak dit van ons?” het onbeantwoord gebly, en slegs ’n spook wat in drome verskyn, eggo dit soms nog. Die onvergenoegdheid word met nostalgie vermeng en verwoord as die hunkerende woordspel op die Herderspsalm: “Jou ruggraat ’n hobbelpad na gras en weiveld, na valleie en ’n plek waar sy kan asemhaal, kan leef, vuur kan spoeg, kan vloei, enigiets, waar sy alles kan verrig” (75).

Toe kom sy. Met ’n brood. Te perd. En Sophia wil “ophou praat, ’n stuk brood afbreek, met ’n hand na Es toe uitreik, maar sy’s te bang sy sit ’n voet verkeerd” (86).

Na sy doop by die Sakrivier stap Mandel, gekersten ingevolge die wilde amandelboom wat as getuie gestaan het, 40 dae deur dorre onherbergsaamheid. “Jesus se woestyn is ’n woeste wêreld” (16). Hier word hy weer klip, in die naam van die sespotige god |Kaggen, in teenstelling met en ter bevryding van die drieledige god in wie se naam hy gedoop was. “[V]andag was Mandel die Sakrivier van hom af” (108) en word ’n vryloper. Maar die bynaam bly. Baster. Skeefgeteelde. Die een wat in donker oomblikke steeds soos sak voel: “Wanneer hulle ’n sak oor jou gooi, kom die son nie op nie en die maan wys nie meer sy gesig nie” (125).

In Mosselbaai verskyn ’n verdwene suster in ’n bloederige droom. En haar Kleinboet sweer: “’n Oog vir ’n oog” (57).

Dan word die lyk van ’n boer op ’n bokpad gevind. Hy is vermoor.

Die ruimte, tot hier uitgebeeld as historiese fiksie, grootliks deur die oë van Sophia en Mandel, verwissel nou van rat en ’n speurelement word bygevoeg. Die rol van ondersoeker word vertolk deur Jan Tesselaar, die veldkornet. As simbool van geregtigheid en met die herstel van balans op sy pligtestaat sou ’n stabiele agtergrond deel van sy verwagte samestelling gewees het. Die onstuimigheid wat sy persoonlike wêreld kenmerk, is derhalwe in skrille kontras met die verwagte. As pasgetroude man tob hy oor ’n vreemde verskynsel wat sy huweliksdag, en spesifiek sy bruid, Cornelia, oorskadu het: “Die man het met ’n ruiker in die hand reg voor haar gaan staan, sê hulle. Sy het dit by hom geneem, daaraan geruik en toe flou geval” (148). Cornelia se daaropvolgende kriptiese opmerkings tydens haar swangerskap vind aansluiting by Jan se eie binnegeheim, Amelia, die een saam met wie hy is, maar met wie hy nie getroud is nie, teenoor Cornelia, die een met wie hy getroud is, maar saam met wie hy nie is nie. Ten spyte hiervan is hy getaak met die vind van ’n bekentenis waar daar geen tekort aan verdagtes is nie, insluitend die weduwee van die vermoorde wat met Shakespeariaanse wroeging haar hande bly afvee. Niemand weet immers “hoeveel mense in een siel skuil nie” (177).

Die moordverhoor bring sir John na die Overberg: “Die lang arm van jou gereg strek tot hier ...” (99.) Maar dis die pyn van die verloëning, “Ek het jou nooit geken nie” (230), wat Sophia wil laat perd opsaal, “die veld met sy kommerboom en twyfelbos invaar en help-my-tog-sade optel en weggooi” (249). Beide Jan en Sophia se pad via die twyfelbos word gerig deur die besef: “Engelse mans in Engelse kantore maak regulasies. Die veld en die natuur het sy eie wette” (152). Alhoewel twyfelbos ’n ding is wat nie sommer uitgekap kan word nie, kom daar tog ’n ander uitkyk oor die veld, een wat bevestig: “Hier groei geen twyfelbos meer nie” (253).

Die verloop van die verhoor word as ’n nagedagte deur die oë van ’n jurielid, Daniël van Rhenosterfontein, geformuleer, op ’n stadium wanneer die uitslag daarvan reeds aan die leser bekend is. Sy denke aksentueer die mate waarin vooroordeel en giftonge die regsproses beïnvloed. Desnieteenstaande sy sedige “Dis beter om jou nie aan stories te steur nie”, is daar ook die verontskuldigende “maar mense praat mos en ek het gehoor” (259).

In samehang met die aard van die gekose ruimte waarin die roman afspeel, word emosies en gebeurtenisse aan die hand van natuurbeelde deur middel van metafore en personifikasie oorgedra. Herinneringe kom in die stilte “soos naguile aangevlieg, op soek na rusplek” (32); vreesloosheid is die afwesigheid van “die noordwester in haar broekspype” (102); wanhoop is bymekaargemaakte hoop, gekonfronteer deur ’n swerm meeue wat gate daarin pik (133); en weemoed ’n herfswind wat jou “troosteloos nooi [...] na donker aande en koue nagte” (194). Tyd word eweneens aan die natuur verbind: “’n [H]ele jaar kan hom in ’n oogwink uitstrek waar jy wag” (92) en “vir die klap van ’n vlerk lank” (93).

Loots het die tema van soeke na seksuele identiteit deur ’n hoofkarakter wat die bekende vir die onbekende verruil, reeds in 2003 begin verken met sy Lente in Beijing (Tafelberg), en sy daaropvolgende historiese fiksie het beide bekende figure (Bram Fischer, Jan Hofmeyr en James Barry) en bekende gebeurtenisse (die Sizzlers-moorde in 2003 en die moord op Anni Dewani in 2010) ondersoek. Twyfelbos gee ’n stem, al is dit grootliks fiktief, aan ’n bykans vergete en onderspeelde historiese figuur, Sophia Alida (De Wet) Truter (1771–1849), en skep daardeur ’n karakter met veel meer fasette as bloot die vervreemde vrou van ’n Kaapse regter, Johannes Andreas Truter (1763–1845), later bekend as sir John.

Die insluiting van verskeie ander werklike historiese figure, onder andere Jan Tesselaar, wat in 1828 as Caledon se veldkornet aangestel is en rondom wie daar inderdaad ’n legende aangaande sy huweliksdag gehul is, verseker geloofwaardigheid en outensiteit wat tyd en ruimte betref. Mandel is wel aangedui as ’n fiktiewe figuur, maar is inderwaarheid die simboliese verteenwoordiging van ’n groep mense wat, soos die vroulike karakters van hulle tyd, nie ’n stem gegun was nie en wat beledig, verkleineer en veroordeel was omdat hulle gewaag het om die grense van sosiale gebruike en opvattings uit te daag.

Lees ook:

François Loots se Twyfelbos sleur mee: ’n lesersindruk

François Loots se Twyfelbos is ’n Pierneef-skildery: ’n lesersindruk

The post Twyfelbos deur François Loots: ’n resensie first appeared on LitNet.

The post Twyfelbos deur François Loots: ’n resensie appeared first on LitNet.


Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn: ’n resensie

$
0
0

Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn (Protea Boekhuis, 2024)

Titel: Karooseun van Vosburg
Skrywer: Franklin Sonn
Uitgewer: Protea Boekhuis (2024)
ISBN: 9781485315667

In ’n tweede voorwoord by hierdie publikasie skryf Willie Esterhuyse oor sy vriendskap met Franklin Sonn en dié se rol as “leidende figuur” binne die groep bekend as “middelgronders”. Esterhuyse vertel van die dreigement deur die destydse president, PW Botha, oor wat hy met Sonn sou doen indien hy (Sonn) “nie sy negatiewe kommentaar oor die regering staak nie” (16). Botha het egter nie sy dreigement uitgevoer nie en Sonn oorleef om buitengewone hoogtes te bereik.

In 1984 word Sonn 85 en kyk met hierdie boek (246 bladsye) terug op ’n lewe wat begin het as arm Karooseun, die wêreld ingehelp deur “’n ongeskoolde, maar bedrewe vroedvrou”, grootwoordjare in ’n huis met waardes en reëls, sy tyd in en deur die onderwys met die gepaardgaande onstuimige jare van die KPO (Kaaplandse Professionele Onderwysvereniging), die verset en daaropvolgende politieke veranderinge, Washington se ambassadeurspos en nugtere besinnings oor identiteit en ons gemeenskaplike “Quo vadis?”.

.......
Hy begin sy verhaal aan die hand van C Louis Leipoldt se gedig “Sekretarisvoël” oor die verwarring rondom bruin mense se plek in hierdie land, maar verklaar dat hy nou, uiteindelik onomwonde kan sê: “[E]k weet wie ek is en is gemaklik daarmee. Histories-kultureel is ek ‘Coloured’, maar polities is ek ‘Black’” (17).
.......

Hy begin sy verhaal aan die hand van C Louis Leipoldt se gedig “Sekretarisvoël” oor die verwarring rondom bruin mense se plek in hierdie land, maar verklaar dat hy nou, uiteindelik onomwonde kan sê: “[E]k weet wie ek is en is gemaklik daarmee. Histories-kultureel is ek ‘Coloured’, maar polities is ek ‘Black’” (17).

Vir baie sal hierdie uitspraak aanvegbaar wees, gegewe die verskillende skakerings en ideologies-semantiese inkledings van “black” waaragter die staatsmasjinerie tans gerieflikheidshalwe skuil.

Ook ’n baie sterk sin vir die nou weg, vir die eensame en korrekte pad loop, aan die hand van sy beginsel van “Dit is nie genoeg om nie korrup te wees nie, mens moet onkorrupteerbaar wees” (17) – al voel dit asof hy die spreekwoordelike roepende stem in die woestyn is.

Sy ouers verhuis vroeg in sy lewe na Komani (voorheen Queenstown) en hier maak hy kennis met die Xhosa se kultuurgebondenheid, en hulle manier van rou maak ’n diep indruk op hom. Daarteenoor onthou hy die toevloei post-1948 van “werkersklas-Afrikaners” en hulle “sterk sin vir rassisme” en gepaardgaande “skelwoorde” (22, 23).

Met beide sy ouers in die onderwys (destyds was daar min geleenthede vir persone van kleur, dus het jy in die onderwys, die polisie of verpleging beland) word hy van vroeg respek geleer vir dissipline, ordentlikheid, korrekte Afrikaanse taalgebruik en die waarde van onderrig. Ook aan hierdie ander kant is die lyne tussen skool, kerk en geloof glad nie duidelik onderskeibaar nie.

Hy begeef hom in die onderwys, word geskors, trou, studeer na-uurs en verwerf twee universiteitsgrade asook ’n onderwysdiploma, word betrek in werksaamhede van die KPO,  ’n pos aangebied as skoolhoof by ’n “moeilike skool” in Manenberg, is aanvanklik skepties en teensinnig, maar word tog oorreed om dit te aanvaar. Op ble 51–3 vertel hy hoe hy die gangsters wat ’n skrikbewind in die woongebied en by die skool gevoer het, uiteindelik laat inkoop by sy pogings om omstandighede gunstig te maak vir opvoeding.

Sonn skryf onderhoudend oor die jare van verdagmakery (KPO) en openbare verset teen apartheid, die verhaal van die Cradock Vier (Fort Calata, Matthew Goniwe, Sicelo Mhlauli en Sparrow Mkonto) en die gemeenskapsorganisasie Cradora (93).

Toe Nelson Mandela hom vra – of dan liewer opdrag gee – om die ambassadeurspos in die VSA te aanvaar, het hy nie vir ’n oomblik gehuiwer nie. Tydens sy jare daar bou hy bande op met van die invloedrykste organisasies en persone, en sy vrou raak by ’n hele rits projekte betrokke.

In die middel van die boek is verskeie foto’s (kleur sowel as swart-en-wit) van ’n agtjarige Sonn tot by dié saam met onder andere eertydse president Bill Clinton, Nelson Mandela, en by die ontvangs van sy 13de eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch.

.......
Karooseun van Vosburg is ’n insiggewende veelkantige verhaal deur iemand wat ondanks die dikwels, fatalistiese val van die dice, sy regmatige en volwaardige plek in die son kon kry, in ’n land wat werklik behoort aan almal wat dit bewoon.
.......

Teen die einde van die boek besin Sonn oor ons pad vorentoe. En op bl 233 vra hy die moeilike vraag waarop die leiers eerlik sal moet antwoord.

Karooseun van Vosburg is ’n insiggewende veelkantige verhaal deur iemand wat ondanks die dikwels, fatalistiese val van die dice, sy regmatige en volwaardige plek in die son kon kry, in ’n land wat werklik behoort aan almal wat dit bewoon.

Lees ook:

Dinkskrum: Notas ter herinnering aan Jakes Gerwel, die Karooseun van die plaas Malvern

Franklin Sonn op 80 oor Oos-Kaapse menslikheid en waardigheid

Book review: In Our Own Skins: A Political History of the Coloured People

Veertig jaar later: die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium

Rooisand deur Jeremy Vearey: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

We can fix ourselves by Mosibudi Mangena: ’n resensie

The post Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn: ’n resensie first appeared on LitNet.

The post <em>Karooseun van Vosburg</em> deur Franklin Sonn: ’n resensie appeared first on LitNet.

Press release: this bra’s a pyscho on at the Artscape Theatre

$
0
0

Title: this bra’s a pyscho
Writer/director: Zubayr Charles
Performers: James Stoffberg; Anzio September
Where: Artscape Arena Theatre
Location:  Location on Google Maps
When:  Tuesday, 29 July 2025 – Saturday, 2 August 2025 (6 Performances)
Age restriction: No U/16. Language and violence
Duration: 70 minutes (no interval)
Tickets:  R150
Bookings: Webtickets
Direct booking link: https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1571252182

Artscape Theatre, in conjunction with the Suidoosterfees and the City of Cape Town, presents this bra’s a psycho – a psychological crime thriller and cat-and-mouse tale tackling the themes of male sexual assault, hook-up culture, and online dating. The production runs from Tuesday, 29 July 2025 to Saturday, 2 August 2025.

Fresh off the success of Please, don’t call me moffie, this gripping two-hander, written and directed by Zubayr Charles, a UCT Master’s in Creative Writing graduate, makes its debut at this year’s Women’s Humanity Festival – following its resounding pitch and staged reading at the 2024 Artscape New Voices Programme.

The narrative follows THE BRA, who, after waking up in an unknown warehouse, must face the brutal aftermath of sexual assault. In his search for love and healing through dating apps, things take a dark turn – ending him becoming a serial killer and partaking in a chilling killing spree. But someone is watching… and justice is coming.

Cape Town-based actors James Stoffberg and Anzio September, both UCT Theatre and Performance graduates, bring this intense thriller to life. Stoffberg portrays the unravelling psyche of a serial killer, whilst September seamlessly flows and embodies both the policeman investigating the murders and THE BRA’s various victims – amplifying the two-hander’s cat-and-mouse dynamic.

“Initially, I wanted to tackle the classic rape-revenge genre by giving it a unique Capetonian, male, and queer twist,” reveals Charles. “Despite it being a thriller, the show explores universal themes and moments that many people will find relatable. Last year, I was hesitant about the subject matter, worried it might be deemed too risqué, especially with the serial killer aspect and the commentary and depiction of  queer hook-up culture. But I realised that the crime thriller genre is hugely popular on various streaming platforms — so why shouldn’t we invest in telling our own local stories? South Africa has so much talent, and it’s time to showcase it. I hope we will get to see more local crime and thriller narratives on our stages and tv screens.”

About the writer and director

Zubayr Charles is a multi-disciplinary writer and UCT Masters in Creative Writing cum laude graduate from Cape Town, South Africa. As an emerging playwright and director, his works—MercyPlease, don’t call me moffieThe Battered Housewives’ Club; and this bra’s a psycho—have been showcased at various theatres and festivals in Cape Town. His essays are published on LitNet and Cape Creative Collective. His poetry collection titled the sad boy’s starter pack will be released later this year and his first novel Haram is set to be published early next year – both dealing with the theme of queer identity.

Theatre Trio pictured left to right: Anzio September, Zubayr Charles, James Stoffberg

About the cast

James Stoffberg is an up-and-coming performer based in Cape Town. He graduated from UCT with a BA degree in Theatre and Performance. James’ most notable performances include Baked Shakespeare’s rendition of Twelfth Night and As You Like It, the lead in the tragicomedy Not Falling showcased at Theatre Arts, and the popular children’s theatre piece How To Hold The World – all productions had been performing across Cape Town. James has also worked on various film and television works including advertisements, series, films, and corporate films, such as Wilting of The Blood Orchid and Showmax’s popular Catch Me A Killer.

Anzio September is a Cape Town-based actor and performer, and a graduate of UCT’s Theatre and Performance programme. His stage credits include leading roles in Zubayr Charles’ Please, Don’t Call Me Moffie and Fred Abrahamse and Marcel Meyer’s Aladdin; as well as ensemble roles in Aunty Merle: The Musical, Aunty Merle, It’s a Girl, and Aunty Merle, Things Get Real! by Marc Lottering; the musicals Danger in the Dark and Rent!; and as a main cast member in the children’s theatre production Pampoenpit se Groen Gevoel. Anzio has been nominated for both the Fleur du Cap and Naledi Theatre Awards for his work on stage. His screen appearances include roles in Arendsvlei, Fatal Desire, and American Monster.

Performance Dates:

  • Tuesday, 29 July 2025 – 7pm
  • Wednesday, 30 July 2025 – 7pm
  • Thursday, 31 July 2025 – 7pm
  • Friday, 1 August 2025 – 7pm
  • Saturday, 2 August 2025 – 3pm
  • Saturday, 2 August 2025 – 7pm

Venue:

  • Artscape Arena Theatre, Cape Town

Tickets:

Don’t miss this gripping and thought-provoking theatrical experience that brings voice and visibility to male sexual assault and queer narratives in South Africa.

The post Press release: this bra’s a pyscho on at the Artscape Theatre first appeared on LitNet.

The post Press release: this bra’s a pyscho on at the Artscape Theatre appeared first on LitNet.

Gewildste plasings op LitNet: 9 tot 16 Julie 2025

$
0
0

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 9 tot 16 Julie 2025:

1

Ons Alma, entoesiastiese skrywersvriend en kunsbeskermer
Nadia de Kock

Ons Alma, entoesiastiese skrywersvriend en kunsbeskermer

2

’n Teologiese perspektief op die benadering en bydrae tot die kerk se getuienis in die liedjies van die musiekgroep Prophet
Jacob PJ de Bruyn

’n Teologiese perspektief op die benadering en bydrae tot die kerk se getuienis in die liedjies van die musiekgroep Prophet

3

Indeks: notas, toetse en vraestelle
LitNet

Indeks: notas, toetse en vraestelle

4

Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n resensie
Carla van der Spuy

Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n resensie

5

Israel toets ons geloof
Riku Lätti

Israel toets ons geloof

6

Die Mkhwanazi-skok: Hoe diep loop korrupsie? (14 Julie 2025)
Theo Venter

Die Mkhwanazi-skok: Hoe diep loop korrupsie? (14 Julie 2025)

7

Mens versus masjien: ’n nuwe opstand teen die Berg Olimpus?
Frederik de Jager

Mens versus masjien: ’n nuwe opstand teen die Berg Olimpus?

8

Wat sê Bettina? Verpligte diensplig en soldate se trauma
Bettina Wyngaard

Wat sê Bettina? Verpligte diensplig en soldate se trauma

9

Francois Verster praat met Naomi Meyer oor sy jongste boek, Ill at ease.
Naomi Meyer, François Verster

Francois Verster praat met Naomi Meyer oor sy jongste boek, Ill at ease.

10

Man versus machine: A new revolt against Mount Olympus?
Frederik de Jager

Man versus machine: A new revolt against Mount Olympus?

The post Gewildste plasings op LitNet: 9 tot 16 Julie 2025 first appeared on LitNet.

The post Gewildste plasings op LitNet: 9 tot 16 Julie 2025 appeared first on LitNet.

In gesprek met Johannes de Villiers oor Op pad na ’n klooster in die sneeu

$
0
0

Foto: Johannes de Villiers (YouTube.com/@LitNetKanaal). Boekomslag: Op pad na ’n klooster in die sneeu deur Johannes de Villiers (Human & Rousseau, 2025)

.....
Ek het in kloosters gewoon, talle geestelike begeleiers gehad, aan die voete van wysgere in die VSA, Birma, Frankryk en Spanje geleer. Al daardie dinge en insigte dam oor die jare heen in jou kop op. Toe ek gaan sit en skryf, was dit soos om ’n sluis oop te trek en het baie daarvan op die bladsye uitgespoel.
.....

Titel: Op pad na ’n klooster in die sneeu – ’n roman
Skrywer: Johannes de Villiers
Uitgewer: Human & Rousseau (2025)
ISBN: 9780798185400
Epub ISBN: 9780798185417

Johannes de Villiers se nuutste boek, Op pad na ’n klooster in die sneeu – ’n roman, het pas verskyn. Die meeste mense ken hom van Die blydskapnavorser op RSG, ’n insetsel op die oggendprogram wat reeds vyf seisoene agter die rug het, en sy boeke oor blydskap en mindfulness.

Hy lei landwyd slypskole en naweekkursusse oor meditasie en aandagtigheid. Hy was jare lank joernalis by Huisgenoot, Rapport en Die Burger en voorheen dosent in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch.

Ek ken sy skrywes oor die jare as medejoernalis en volg sy loopbaan so met een oog – soos mens maar doen met kollegas – tot ons saam op ’n mediatoer na Estland genooi word. Dis laat November, die land is met sneeu oortrek en die vier mediamense wat mekaar net van naam ken, word saamgegooi in ’n warrelwind van kulturele besoeke, vergaderings, filmfeeste, heerlike etes en kopverskuiwende ervarings in ondergrondse Nazi-museums.

Johannes bly die kalmste in dié chaotiese week – soos wat mens kan verwag van ’n meditasie-instrukteur met ’n jogaskool. Waar ander mense allerhande toeriste-agtergronde kies vir selfies, kies hy plekke waar hy ’n ingewikkelde jogaposisie kan inneem en ons hom afneem.

.......
Hy dra sy bewustheid van in die oomblik leef soos ’n dik jas om sy skouers. Dis asof hy elke oomblik in oorversadigde Technicolor sien; elke reuk opadem; elke klank indrink totdat dit in sy gebeentes vastrapplek kry om vir die res van sy lewe met hom saam te reis.
.......

Hy dra sy bewustheid van in die oomblik leef soos ’n dik jas om sy skouers. Dis asof hy elke oomblik in oorversadigde Technicolor sien; elke reuk opadem; elke klank indrink totdat dit in sy gebeentes vastrapplek kry om vir die res van sy lewe met hom saam te reis.

Dit bring ’n nuutgevonde energie en lus vir die lewe in ons na vore. ’n Meer gereelde verposing en besyekopname van hoe mooi die lewe is; hoe bevoorreg ons is. Stadig maar seker kom sit die Technicolor ook agter ons oogkaste.

Die reis gebeur voor sy boeke oor kalmte en blydskap, Kalmte in die malle gejaag (2018), Blydskap (2020) en Meer as jou seerkry (2022), verskyn het. Dié boeke het aanleiding gegee tot ’n reeks slypskole wat hy van 2023 af landwyd oor bewustheid en blydskap aanbied.

Dis bykans agt jaar ná ons Estland-kuier dat sy nuutste boek op my bedkassie lê. Dié keer ’n roman. Fiksie. Nie sy eerste probeerslag om fiksie te skryf nie. Sy eerste twee boeke, Agter die Somber Gordyn (2011) en Die einde van die wêreld (2012), gaan oor spookstories en doemprofesieë.

Op sy webwerf, www.blydskap.com, kondig hy die boek as volg aan: “1964, Rome: ’n Suid-Afrikaner studeer aan die Gregoriaanse Universiteit om ’n Katolieke priester te word. Wanneer hy gerugte hoor van ’n heilige man en wonderwerker wat in ’n bergdorpie in die ooste van Italië woon, vertrek hy op ’n avontuur om dié wysgeer op te soek.

“2003, Bloemfontein: ’n Jong apteker voel ontuis in sy voorstedelike bestaan, hy wil wegvlug na ’n afgeleë klooster in die Franse Alpe. Op pad ontmoet hy sy verlangse oom, ’n afgetrede priester wat in die hartjie van Parys werk en woon.

“Op pad na ’n klooster in die sneeu is ’n teer roman oor ’n vriendskap wat oor twee geslagte en twee vastelande heen strek. ’n Verhaal oor die soeke na identiteit, sin en skoonheid te midde van ’n lewe van weemoed, eensaamheid en verlies.”

Die agterblad van die boek gee nog ‘n bietjie meer pitkos: “’n Jong man begin werk by ’n apteek in Bloemfontein maar is gou ontnugter deur sy lot. Is werk, eet en slaap al wat die volgende vyftig jaar vir hom voorlê? Wanneer hy afkom op die mistikus Thomas à Kempis se geskrifte, begin hy droom oor ’n asketiese lewe – weg van geldmaak en ambisie.”

En so met die beplande reis kruis sy pad met dié van die priester-oom en ’n kosbare vriendskap begin tussen ’n bejaarde pater in Frankryk en ’n verlore siel uit die Vrystaat – vier dekades nadat die pater self uit daardie verlorenheid gevlug het.

.......
Soos die bladsye een na die ander haasoortjies kry om ’n mooi beskrywing vir my geliefde te lees, word die jong apteker én die pater vir my die mens wat saam met ons drie vir ’n wyle dele van Estland ontdek het. Dieselfde waarneming van die lewe se mooi, maar ook se weemoed, is in hul skrywes aanwesig.
.......

Soos die bladsye een na die ander haasoortjies kry om ’n mooi beskrywing vir my geliefde te lees, word die jong apteker én die pater vir my die mens wat saam met ons drie vir ’n wyle dele van Estland ontdek het. Dieselfde waarneming van die lewe se mooi, maar ook se weemoed, is in hul skrywes aanwesig. Roman/fiksie of bloot ’n baie mooi verhaal van iemand wat weet hoe dit voel om die pad byster te raak, maar weer die lig voor in die wapad te vind en op te staan.

En hoewel die boek vir my een pragtige leeservaring was omdat Johannes waarlik weet hoe om met woorde om te gaan, was die boek ook soveel meer. Die gedagtes van verlore wees; die “reis oor ’n bergterrein wat ’n spits bereik het” en die hoop van die gelyke pad wat voorlê, was baie bekend – sny naby aan die been.

Ook die mooi beskrywing van hoe die jong pater se hartseer, “die gevoel waarmee ek sedert vanoggend se bieg rondgeloop het, was soos ’n groot put in my gemoed waarin Clyde al sy bitterheid en teleurstelling kon stort. Ek kon hom help om dit te dra totdat dit in my wegsypel en verdwyn”; “Adelbert se verhaal oor sy reis ... het my laat besef, my wegvlug van my vertroude, beklemmende wêreld sou my bloot na ’n nuwe omgewing neem waar ek met nog ’n kultuur met sy gepaardgaande gedragsnorme en opvattings sou moes konfronteer, net nog ’n wêreld waar ek nie sou inpas nie” is eggo’s van die woorde in my kop op my eie lewensreis.

En ook: “[D]aar is ook ’n ander soort weemoed dink ek: die pyn om te lewe in ’n wêreld waarvan jy jou nie deel voel nie, wat jy nie verstaan nie en wat jou nie troos nie. ’n Lewe wat jy graag sou wóú weggee, as jy iets gehad het om dit voor op te offer.”

Dis egter dié woorde – ’n aanhaling van ’n kerkvader – wat my sal bybly: “Dis goed om na die waarheid te soek. Hou aan soek. En wanneer jy dit uiteindelik vind, hou dan steeds aan soek asof jy dit nooit gevind het nie.”

Vertel my waar die idee van hierdie boek ontstaan het en hoe jou navorsing gewerk het?

Die boek is eintlik gevorm deur ’n verskeidenheid gedagtestrome wat bymekaar gekom het. Eerder as om jou van almal te vertel, deel ek een: Toe ek jonk was, sowat 20 jaar gelede, het ek kennis gemaak met ’n bejaarde priester wat in Parys gewoon het. Hy was eintlik ’n Suid-Afrikaner, Afrikaanssprekend van afkoms, maar nadat hy hom as jongman tot die Katolisisme bekeer het, het hy in Frankryk ’n priestersloopbaan gevolg. Teen die tyd dat ek hom ontmoet het, was hy reeds 50 jaar lank weg uit sy geboorteland.

Hy het my in sy woonstel onthaal en my ’n verhaal vertel van hoe hy dekades vantevore, as jong man ’n pelgrimsreis deur Italië afgelê het om ’n heilige man, padre Pio, in ’n Kapusyner-klooster in Italië se ooste te gaan opsoek.

.......
Dié priester, vr Arnold Smit, is al lank oorlede, maar deur die jare het die prentjie van ’n jong Afrikaanse priester op ’n trein deur ’n Europese sneeulandskap, onderweg om ’n heilige man te gaan opsoek, my bygebly. Daar was iets diep weemoedig daaraan, maar dit was ook gelade met iets meer waarop ek nie regtig my vinger kon plaas nie, dalk iets misties.
.......

Dié priester, vr Arnold Smit, is al lank oorlede, maar deur die jare het die prentjie van ’n jong Afrikaanse priester op ’n trein deur ’n Europese sneeulandskap, onderweg om ’n heilige man te gaan opsoek, my bygebly. Daar was iets diep weemoedig daaraan, maar dit was ook gelade met iets meer waarop ek nie regtig my vinger kon plaas nie, dalk iets misties.

So twee jaar gelede het ek besluit om dieselfde reis te onderneem na die dorpie San Giovanni Rotondo in die Italiaanse Gargano-streek. Ek het oral notas geneem; aanvanklik gemeen dit sal dalk stof wees vir ’n meestersgraad aan die Vrystaatse Universiteit se Franse afdeling, waar ek voorheen studeer het, maar daar in die ou dorpie op ’n berg het die idee tot my deurgedring dat ek ’n boek oor die saak sou wou skryf.

Aangesien ek nie meer by vr Smit oor sy ervarings kon kers opsteek nie, moes ek geweldig baie leemtes met my verbeelding inkleur, karakters uitdink, tonele skets, en so het ek besef die boek sal ’n roman moet wees. Ek het die karakters ander name gegee, die handbriek losgemaak en my verbeelding vrye teuels gegee, met die gevolg dat die uiteindelike storie, hoewel deur ’n ware voorval geïnspireer, fiksie geword het.

Hoe verhoed jy dat jou boek te prekerig en geskiedkundig word en te min storie het?

Waarskynlik kan mens nie regtig keer dat so ’n boek sedig en histories sal klink nie. Trouens, ek wou nie regtig religie en geskiedenis vermy nie.

Daar sal onvermydelik mense wees wat voel die boek is te outyds en vroom, meestal omdat hulle nie ’n smaak vir sulke leesstof het nie. Op pad na ’n klooster in die sneeu is nie ’n krimi nie, daar is geen erotiese tonele nie, daar is min politiek. Die mense wat in die boek belangstel, sal waarskynlik juis die soort wees wat veraf, ou, byna Middeleeuse wêrelde interessant en dalk selfs romanties vind.

.......
Groot dele van die boek speel in kloosters af, die karakters is monnike en priesters, hulle praat soms oor teologie, hulle doen niks vreeslik sensasioneel nie. As iemand nie van sulke goed hou nie, sal my raad gewoon wees hulle moet dalk maar die boek vermy.
.......

Groot dele van die boek speel in kloosters af, die karakters is monnike en priesters, hulle praat soms oor teologie, hulle doen niks vreeslik sensasioneel nie. As iemand nie van sulke goed hou nie, sal my raad gewoon wees hulle moet dalk maar die boek vermy. Ek het van my kant af min moeite gedoen om moderne smake ter wille te wees.

Terwyl ek nog aan die skryf was, het mense my by een of twee geleenthede aangeraai om ’n lekker souserige liefdesverhaal en ’n warm vryery hier en daar in te sluit ten einde die boek bietjie meer spicy te maak. Ek is so dankbaar ek het dit nie gedoen nie. My bedoeling was om die wêreld van ’n baie ou Katolisisme vir lesers van binne af te beskryf, met sy eie karakter, priesters en kloosterlinge uit te beeld soos wat hulle is en nie soos wat moderne lesers, grootgemaak op The thorn birds en sodanige verhale, sou wou hê hulle moet wees nie.

Hoe moeilik of maklik was dit om ’n roman te skryf na jou vorige drie boeke?

My vorige drie boeke is bemark as “selfhelp”. Baie mense hou nie van dié etiket nie, maar my het dit nie gepla nie. Ek wou vir mense praktiese raad gee oor hoe hulle meer blymoedig kan lewe, in hul gemoed stil kan raak, trauma kan oorleef.

Oor die jare heen het ek egter ook lus gevoel om mense te herinner dat ons binneruimte – ons emosies, ons gees – tog maar ook baie ingewikkeld is. Daar is nie altyd vyfpunt-lysies wat jou die pad na blydskap aandui nie, daar is nie ’n resep om weemoed op sy plek te sit nie. Die lewe bestaan gelyk uit vreugde en verganklikheid, uit ekstase en droefgeestigheid, en as mens jou arms wyd kan oopmaak om dit alles in te laat, kan iets baie mooi en selfs heiligmakend gebeur. Dit klink seker nou baie abstrak. Maar ’n storie het my die geleentheid gegee om ’n voller, meer genuanseerde beeld van die lewe te skets, iets wat mens nie altyd in selfhelp kan (of moet) doen nie.

Hier is geweldig baie pitkos in jou boek, mooie aanhalings en gedagtes ... Loop jy met ’n boekie rond of is jou huis vol PostIts?

Eerlikwaar, ek werk al 20 jaar aan die boek. Selfs al het ek maar die laaste twee jaar aktief daaraan geskryf, is hier 20 jaar se studie, navorsing, bepeinsing en meditasie betrokke. Ek het in kloosters gewoon, talle geestelike begeleiers gehad, aan die voete van wysgere in die VSA, Birma, Frankryk en Spanje geleer. Al daardie dinge en insigte dam oor die jare heen in jou kop op. Toe ek gaan sit en skryf, was dit soos om ’n sluis oop te trek en het baie daarvan op die bladsye uitgespoel.

Hoe lank het dit toe uiteindelik geneem om die boek te skryf?

Die eenvoudige antwoord sou wees dat die eerste weergawe in ’n redelik frenetiese drie weke geskryf is. Ek was worstelend met ’n paar synsvrae, het San Giovanni Rotondo besoek, in die argiewe van Parys se aartsbiskopdom navorsing gedoen, en toe was dit meteens asof iets anderwêrelds my beetgepak het. In die daaropvolgende dae het ek à la Hemingway in Parys se straatkafees, later op die Kanarie-eilande, gaan sit en elke dag omtrent 16 ure lank geskryf, begeesterd. Ná drie weke het ek ’n manuskrip gehad.

Meer eerlik sou egter wees om te sê dit het so twee jaar gevat. My aanvanklike manuskrip was sterk, maar ek was geseënd met ’n baie wyse redakteur, Nèlleke de Jager van Human & Rousseau, wat aan my uitgewys het daardie manuskrip het nog báie aandag nodig, dus het ons verfyn en verfyn, lang stukke bygeskryf, groot stukke weggelaat, ander verwikkelinge in die teks ingebou. Dié proses het veel langer gevat.

En dan, soos in die vorige antwoord genoem, sou ek ook kon sê dit het my 20 jaar geneem om die boek te skryf. Die aanvanklike idee is in 2004 in my gemoed geplant en het oor die jare geperkoleer, al meer vorm aangeneem, nou uiteindelik gestalte gekry.

Hoe het jy kop gehou met die verskillende tydgleuwe en om seker te maak die inhoud is tydsgetrou? Daar is sulke klein, amper oorkykbare verwysings na tegnologie – of nie – wat die leser regtig in die era sit.

’n Joernalistieke agtergrond is baie waardevol. Omtrent alles wat ek doen, word deur navorsing gesteun. Ek het elke plek in die boek besoek, verkieslik in die seisoen waarin tonele in die boek daar afspeel, notas gemaak van die bome wat daar groei, die mense se gesigte, die geboue, die weer, die klanklandskap. Dan het ek maar gaan oplees oor hoe dit 40 jaar vroeër daar sou gelyk het en dinge verder ingekleur. As mens genoeg navorsing doen, dan skets dié plekke hul amper vanself in jou woorde.

......
As mens genoeg navorsing doen, dan skets dié plekke hul amper vanself in jou woorde.
......

Ek het elke plek besoek wat in die boek genoem word, selfs probeer om op die presiese kerkbankies te gaan sit waar tonele afspeel. Die een uitsondering was ’n paar tonele in Brasilië. Daarvoor het ek maar ’n magdom YouTubes gekyk om so naby as moontlik aan die ervaring te kom.

Om dinge vir die leser makliker te maak, het ek toe probeer om die boek se verskillende vertellers se stemme met hul era te laat rym. Een karakter vertel die stukke wat in 1964 en 1965 afspeel – hy praat dikwels ’n ouer Afrikaans. ’n Ander een vertel die dele van 2003 tot 2024, en sy register is ’n raps meer modern. Ek hoop inniglik dié strategie het gewerk.

Jou boodskap en selfs jou webwerf is “blydskap”. Is jy regtig die blyste, gelukkigste mens op aarde – die orakel as’t ware – of stoei jy ook maar met jou kop?

Mense maak soms die fout om te dink ek praat oor blydskap omdat ek self van temperament blymoedig is. Die teendeel is eintlik waar. Ek bestudeer blydskap omdat dit vir my nie maklik kom nie – ek moes dit oor die jare aanleer. Ek wil graag vir ander mense wys dit kan gedoen word.

In my ervaring is die beste leermeesters diegene wat met hul materiaal moes stoei.

Elke boek wat ek skryf, begin met ’n vraag. My vorige boek het byvoorbeeld oor trauma en hartseer gegaan. Ek onthou die vraag wat ek eendag helder in my gemoed gehoor het: Hoe leef mens in ’n stukkende wêreld?

......
Blydskap was lank vir my ’n vraag, en my skryfwerk en radioprogramme is ’n poging om die antwoorde te vind.
......

Ek het dié vraag gehoor, toe navorsing begin doen vir ’n boek sonder dat ek enige idee gehad het wat die boek sou sê. Skryf dwing mens om met jou vrae te worstel en sin daaruit te maak. Dis hoe dit in elk geval vir my gewerk het.

Blydskap was lank vir my ’n vraag, en my skryfwerk en radioprogramme is ’n poging om die antwoorde te vind.

My nuutste boek moes ook vir my ’n paar vrae beantwoord waarmee ek in my gemoed rondgeloop het. Wat daardie vrae was, sal dalk uit die teks blyk. Ek gaan my kaarte toe hou.

Wat het jy van jouself geleer met hierdie boek?

Sonder om te veel uit te brei: Ek het geleer dat ek Katoliek is.

Watter terugvoer kry jy op jou boek en sal jy weer ’n roman aanpak?

Dit is nog baie vroeg – die boek het maar so drie weke gelede verskyn, dus is ek nog in daardie gefolterde ruimte waar ek weet mense lees die boek, maar ek het nog nie hul terugvoer gehoor nie. Daar is gerugte van een of twee positiewe resensies wat op pad is, en ek is versigtig optimisties daaroor. Maar ek staal my ook vir mense wat nie ’n aanvoeling het vir die ruimtes en die spiritualiteit waarbinne die boek afspeel nie en wat daardeur verveel sal word. So moet dit ook wees – wie kan tog daarop aanspraak maak dat hulle almal tevrede kan stel?

Waaraan werk jy volgende?

Oor ’n paar weke vertrek ek weer na Frankryk. Daar is ’n baie, baie ou storie met diep wortels in die vergete verlede waarvan die impak tot in hedendaagse Suid-Afrika uitspeel. Ek gaan ‘n bietjie meer daaroor uitvind en kyk of dit ’n roman kan oplewer. En nou het ek klaar te veel uitgelap.

  • Johannes, nou ’n Bloemfonteiner, is vanjaar op die Vrystaat Kunstefees en gesels op 18 Julie om 11:00 met Francois Smith oor sy nuwe boek in die ATKV Boeke-oase (Hoofsaal). Die gesprek duur 60 minute en kaartjies is op Webtickets beskikbaar hier
Lees en kyk ook:

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: In gesprek met Johannes de Villiers oor sy roman, Op pad na ’n klooster in die sneeu

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Reisjoernaal

Blydskap in moeilike tye: ’n onderhoud met Johannes de Villiers

’n Helse gedoente: Dante se mistieke reis. Eerste tog: Inferno. Ingelei, vertaal, toegelig, vertolk

https://www.litnet.co.za/author/johannes-bertus-de-villiers/

 

US Woordfees 2018: ’n Onderhoud oor Kalmte in die malle gejaag

 

The post In gesprek met Johannes de Villiers oor Op pad na ’n klooster in die sneeu first appeared on LitNet.

The post In gesprek met Johannes de Villiers oor <em>Op pad na ’n klooster in die sneeu</em> appeared first on LitNet.

Dis waaroor teater gaan: Ma skryf matriek in die Baai

$
0
0

Ma skryf matriek, wat Dinsdagaand in Gqeberha se Savoy-teater geopen het, was twee uur van onverdrote pret. Selfs my liewe Engelssprekende vriendin, Melissa, het haar gate uit geniet, al het sy die advertensie verkeerd verstaan. Melissa werk by ’n baie bekende skool en het gedink die storie sal handel oor “a typical helicopter mom, one of those we deal with every day”.

Toe nie.

Die storie

Emercia de Lange as Bella en Cobus Lombard as Sias

Sias Taljaard is die ondervoorsitter van die Pampoenraad. Hy is dus ’n belangrike man, in sy eie oë.

Sias se vrou, Bella, het hy swanger gemaak voor sy matriek kon skryf. Nou, terwyl hy hoop om eendag die voorsitter van die Pampoenraad te word, pla dit hom dat sy vrou nie so geleerd is as hy nie. Hy het immers sy BCom behaal terwyl sy doeke geruil het.

Sy dilemma is nou ooglopend: ’n Belangrike man se deugdelike vrou moet haar mond hou wanneer hy doktore en professore oornooi, maar gaste hou daarvan om met Bella te gesels.

Gelukkig het Bella ’n aantal ander deugde: Sy kan kos kook. Haar soetkoekies is voortreflik. Sy is ook die ma van ’n dogter op universiteit en ’n seun in matriek.

Maar ai, dan maak sy haar mond oop.

Nadat haar man, die gemelde ondervoorsitter van die Pampoenraad, haar weer eens verkleineer ná nog ’n voortreflike partytjie, besluit Bella dis nou genoeg: Sy gaan nou haar matriek skryf.

Bella maak haar spaarvarkie daarvoor leeg. Wanneer ’n slim doktor, die hoof van ’n korrespondensiekollege, boonop aanbied om haar privaat te onderrig, is die saak reg. Bella begin werk aan haar matriek.

De Lange en Daneel Strydom as doktor Smal

Dis ook nie te lank nie, of Bella begin die foute in die slim doktor se studienotas raaksien. Sy is toe nie so dom soos almal gedink het nie.

De Lange en Mariné Botha as die skindertongbuurvrou

Alles gaan goed, tot die besonder sexy buurvrou onraad vermoed oor die man, die heer doktor, wat so gereeld kom inloer.

Meer gaan ek nie sê nie. Gaan kyk die stuk self; kaartjies is te koop deur Quicket.

Julle gaan lag.

Amateurs? Hulle is baie deeglik afgerig

Om komedie goed te doen is moeilik. Hierdie span het dit reggekry. Ma skryf matriek is deur die ATKV-tak PEAAT opgevoer.

PEAAT staan vir Port Elizabethse Afrikaanse Amateur-toneelvereniging.

Moenie die fout maak om amateur aan swak gelyk te wil stel nie. Hierdie ouens het baie hard gewerk en die regisseur, Marlene Thomasse-Pieterse, het hulle tot ’n gedugte ensemble geslyp.

PEAAT se akteurs is boonop mense wat gereeld hulle liefde vir die verhoog kom uitspeel. Hulle mag dus ander werke ook hê, maar elkeen van hulle verstaan wat dit verg om ’n rol goed te vertolk.

Hierby is Thomasse-Pieterse ’n professionele teaterafrigter en regisseur. Onder haar spelleiding was die spelers se tydsberekening baie oortuigend. Komedie staan of val by die akteurs se vermoë om op presies die regte oomblik die regte woorde te spreek, of aksies te neem. Thomasse-Pieterse het dit in hulle ingedril.

Ruan Wessels ook op die verhoog

Ruan Wessels het die tienerseun, Neelsie, gespeel wat ook matriek probeer deurkom, saam met sy ma. Ruan is geen amateur nie en is bekend vir sy rolle in televisie- en filmproduksies soos HoofmeisieKampterreinBinnelanders en Wyfie.

Ruan Wessels as die tienerseun, Neelsie, met De Lange

Dit was nogal interessant dat sy rol betreklik klein is. Hy doen dit egter bitter goed, al het hy minder as ’n week gelede by die groep aangesluit.

Ek het na die tyd vir hom gevra of hy al tevore in ’n Afrikaanse klug gespeel het. Nee, maar hy het wel al saam met David Minnaar en André Stoltz in ’n Engelse klug gespeel.

Dit is lekker om so ’n talentvolle akteur saam met die minder-bekende gesigte op die verhoog te sien, maar in alle eerlikheid was hy gewoon deel van ’n puik ensemble.

Hoe was dit om met hierdie ouens saam te span? wou ek na die tyd by hom hoor. Sy antwoord was dat die res van die akteurs dit duidelik geniet het, en die gehoor ook. Daarom was dit vir hom ook ’n heerlike, positiewe ervaring.

Kon hulle dus die gehoor hoor? Jip, hulle kon, sê hy; en veral wanneer hulle agter die skerms was, kon hy na die gehoor se reaksie luister.

Oud maar steeds so deksels relevant

Ek het ook die gehoor geniet. Kort na die stuk begin het, kon ek twee mense met mekaar hoor gesels oor watter tydvak hier gedek word. Dit beteken twee dinge: Een, die gehoor is gefassineer. Twee, dit maak minder saak, want die stuk is steeds relevant.

Ons leef nou weer in ’n tyd waarin genderstudies al hoe meer misken word, want oranje trolle het dit weer aanvaarbaar gemaak vir mans om hulself as verhewe te beskou. Dit is die man se brein wat belangrik is, word ons vertel deur die ondervoorsitter van die Pampoenraad, terwyl dit sy vrou is wat hul seun met sy huiswerk moet help.

Hierdie stuk deur Louis de Villiers, eens ’n hoogleraar in chemiese patologie, moes iewers in die sestigerjare geskryf gewees het – ek kon nie uitvind wanneer nie, maar hulle praat nog van voet as ’n afstandaanduider. Talle van die rade waarmee hier gespot is, kom uit die jare sestig as deel van die sosialistiese wit droom.

Ons weet egter dat hierdie stuk opgevoer is deur Truk (nóg ’n Raad) en in 1975 en deur Frans Marx verfilm is.

Ma skryf matriek steek behoorlik die draak met die diknekke uit die Afrikanermiddelklas, ook die Afrikaner se desperate liefde vir grade en titels. Diegene wat PG du Plessis se veel latere komedie, ’n Seder val in Waterkloof, onthou, sal weet hoekom hierdie stuk so goed die kol getref het. Dit is dan ook geen wonder nie dat Frans Marx beide stukke in films verwerk het.

Waar PG du Plessis ons na die Afrikaner-adel se voorkamer geneem het, neem Louis Villiers se stuk ons na die sit- en eetkamer van die Afrikaner-middelklas.

En dis die punt. Ons kén die mense op die verhoog.

Al is die kleredrag van toeka, al is die stel keurig saamgestel uit oudhedewinkels, en al is woorde soos matesis nie meer in gebruik nie, is hierdie stuk weer totaal relevant in vandag se lompe teruggryp na die opheffing van platpotige patriargie.

Oor die woord matesis dalk die volgende opmerking: Jané de Wet, die verhoogbestuurder, het my vertel die groep het gewonder of hulle die term na wiskunde moet verander. Gelukkig het hulle nie. Almal in die gehoor kon dit verstaan en die effens verhewe klankie daaraan spot weer goedig met vandag se Afrikaners wat alte bang is vir ’n Latinisme in ons mooi taaltjie. Ons slim mense dink mos dis ’n anglisisme.

Meer nog: Een van die matesisprobleme moes met loglyste opgelos word. Nou ek het nog met loglyste gewerk, maar die meeste van die gehoor was veels te jonk daarvoor. Hulle het egter toneel verstaan.

Ek onthou ook nog die dae van die Vleisraad en die Wolraad; Dinsdagaand het die Pampoenraad my laat skater. Daardie rade was die Nasionale Party se sosialistiese pogings om pryse te reguleer. Die meeste mense in die gehoor sou, weens hul ouderdom, nie hierdie verwysings gesnap het nie, tog het dit hoegenaamd nie saak gemaak nie. Die gehoor het gelag vir Sias Taljaard en doktor Smal se selfvoldaanheid. Dít het almal verstaan. Middelklas Afrikanermans wat hulself verhewe ag bo ander, is ongelukkig in 2025 steeds so relevant as in die jare sestig.

Rolverdeling

Ek is nie seker wie vir die rolverdeling verantwoordelik was nie, maar die spelers is goed gekies.

Emercia de Lange in die hoofrol het simpatie gewek én mense laat lag. Dit was ’n rol wat baie harde werk geverg het, en wragtie, dit was goed om haar dop te hou. Applous aan die “ma”.

Cobus Lombard het absoluut die rol van die selfvoldane ondervoorsitter van die Pampoenraad sy eie gemaak. Ek het hom baie geniet.

Daneel Strydom was deeglik snaaks as die benepe, maar vryerige doktor Smal.

De Lange en Melandri Koekemoer as Annatjie

Melandri Koekemoer as Annatjie, Sias en Bella se dogter, het ’n moeilike rol gehad, want soms moes sy totaal simpel wees, ander kere ’n verliefde student, en net daarna weer die ondersteunende dogter. Sy was baie geloofwaardig.

Ruan Wesels, as die tienerseun, was lekker om waar te neem, en Riaan Erasmus het die klein rol van Johan, wat na die dogter gevry het, deeglik benut.

Mariné Botha, as die skindertongbuurvrou, het die gehoor om haar slanke pinkie gedraai.

Die radiostemme van die sepie, wat voortdurend as spieël van die aksie op verhoog ter sprake gekom het, is gespeel deur Jané de Wet, Christie Swanepoel en Liano Rossouw.

Alicia Botha was die telefoonstem.

Die stel en die kostuums

Ma skryf matriek verg ’n groot, realistiese stel, wat met liefde en oortuiging deur David Jordaan en Alicia Botha aanmekaargesit is. Die meubels is keurig versamel.

Die stuk het ook geweldig baie kostuumverwisselings vereis, en nogeens het almal se klere oortuig.

Dewald Vermeulen het die klank en beligting behartig, terwyl Jané de Wet die verhoogbestuurder was.

Melandri Koekemoer was verantwoordelik vir ’n baie mooi program, wat ongelukkig by keuriger taalversorging kon gebaat het.

Chris Gertsch en Bianca Strydom het die fotografie behartig.

Outyds? Nee, dis lekker vir nou

Ons is deesdae bederf om wêreldklas stukke in Afrikaans op ons kunstefeeste te sien.

Ek weet egter daar is mense wat steeds dink Fritz Steyn se Die wildsboudjie is die  hoogtepunt van Afrikaanse toneel. Gelukkig stem nie almal saam nie.

Maar dan kom oorrompel ’n klug soos hierdie jou en jy besef: Daar is redes waarom Shakespeare so graag komedies geskryf het, en ook waarom PG du Plessis se komedies mense in hul duisende na die teater gelok het.

Aan die begin van die stuk nooi ’n stem jou om jou selfoon af te skakel en van jou probleme te vergeet terwyl jy jou kan verlustig in die Taljaard-gesin se dilemmas. Ek kan dit nie beter stel nie.

My vriendin Melissa, wat uit ’n teatergesin kom, het die gehoor se belewenis van die stuk net soveel geniet as ek. Sy stem saam, dit is waaroor teater gaan: ’n Heerlike komedie is vermaak vir almal, maar wys ook vinger.

Bespreek nou. Ma skryf matriek is vet pret en die Savoy-teater is ’n besonder goeie ruimte om dit in te beleef.

Kaartjies kan by Quicket gekoop word, of bespreek word by 082 632 4858. Maak ’n draai as jy in of naby die Baai woon.

  • Fotografie: Izak de Vries
Lees ook:

Persverklaring: ATKV-tak PEAAT bied aan Ma skryf Matriek, ’n skreeusnaakse toneelstuk wat jy moet sien!

The post Dis waaroor teater gaan: Ma skryf matriek in die Baai first appeared on LitNet.

The post Dis waaroor teater gaan: <i>Ma skryf matriek</i> in die Baai appeared first on LitNet.

Persverklaring: Koormusiek met hart by Klein Karoo Klassique

$
0
0

Die Voces Cordis-koor, onder leiding van die gevierde koorleier André van der Merwe, is vir die eerste keer op die verhoog by Klein Karoo Klassique. (Foto: verskaf)

“Musiek wat met die hart praat – toeganklik, roerend met diep menslikheid.”

Dít is wat liefhebbers van koormusiek volgens die gevierde koorleier André van der Merwe, kan verwag wanneer 65 koorlede van die Voces Cordis-koor op Sondag 10 Augustus om 12:30 vir die eerste keer op die verhoog by Klein Karoo Klassique verskyn.

Hulle program bied ’n musikale reis wat die essensie van die koor vasvang – beide as individue en as ’n kollektiewe stem – met ’n uiteenlopende keuse werke, van ’n tradisionele Kavango-gebed en Laura Jēkabsone se energieke “Gloria”, tot Brent Wells se roerende “It is well with my soul”, Jacob Collier se “Little blue”, en die geliefde Afrikaanse lied “Voshaarnooi”.

Die koor se naam, Voces Cordis, wat “stemme van die hart” beteken, weerspieël die koor se gees. Van der Merwe verduidelik dat die repertoire gekies is om die diversiteit van die koor te weerspieël – ’n ryk mengsel van persoonlikhede, agtergronde en lewenservarings. “Ons lede is volwassenes wat besige lewens lei: Hulle balanseer loopbane, gesinsverantwoordelikhede, skoolroosters, besighede, en kry dit steeds reg om tyd te maak vir repetisies en om komplekse musiek te memoriseer,” sê hy.

“As volwassenes ervaar die koorlede musiek op ’n persoonlike vlak en bring hulle ’n diepte en begrip na elke stuk wat uitgevoer word. Dit is ons eerste optrede as koor op Oudtshoorn en ons sien uit daarna om ’n program aan te bied wat beide ons verskeidenheid én ons eenheid weerspieël. Ons is bowenal daartoe verbind om ’n opregte en gevoelvolle uitvoering te lewer wat ’n blywende indruk sal laat.”

Van der Merwe voeg by dat die koor opgewonde is om hul musiek met ’n gehoor wyer as waaraan hulle gewoond is te deel, en om ’n gedeelde verbintenis met die mense van Oudtshoorn, deur die koor se grootste passie, te hê.

“As ’n volwasse koor is ons tyd saam dikwels beperk tot repetisies of optredes – dit is nie maklik om meer tyd in ons besige lewens in te pas nie. Dít maak dit soveel meer spesiaal om deel van Klein Karoo Klassique te wees. Dit bied vir ons die kosbare geleentheid om betekenisvolle tyd saam deur te bring en daardie vreugde met ander te deel.”

“Klein Karoo Klassique bring nie net die gemeenskap van Oudtshoorn byeen nie, maar skep ook ’n lewendige platform waar klassieke musiek op verskeie maniere gevier word – hetsy deur sang, klavier, orrel of snaarinstrumente. Dit vier die rykdom en diversiteit van die genre op ’n manier wat toeganklik én inspirerend is. Dis vir ons ’n eer om deel te wees van hierdie viering van klassieke musiek in sy sestiende jaar.”

“Baie van ons sangers ken mekaar – en my – reeds van hul tienerjare af. Hulle bring diep musikale wortels byeen, ná hulle in wêreldklas-kinderkore gesing en internasionaal aan kompetisies deelgeneem het. Hierdie gedeelde geskiedenis, gekombineer met die volwassenheid wat lewenservaring bring, gee ’n besondere rypheid en emosionele diepte aan ons musiek,” sê hy.

Van der Merwe is ook die musikale direkteur van die Universiteit Stellenbosch-koor (sedert 2003) en het pas teruggekeer van die Interkultur Europese Koorspele en Grand Prix of Nations 2025 in Aarhus, Denemarke, waar hulle drie goue medaljes verower het.

Hy beskryf sy werk met koormusiek as uiters lonend, omdat hy kan sien hoe musiek elke betrokke persoon aanraak – van die gehoor en die koorlede tot die komponis en die liriekskrywer. “Elke persoon ervaar ’n stuk anders, en as dirigent het ek ’n sitplek in die voorste ry vir daardie emosionele konneksie. Koormusiek is werklik ’n spanpoging – elke stem, elke deel speel ’n unieke en noodsaaklike rol om aan die musiek lewe te gee. Dis ’n kragtige herinnering aan hoe individuele bydraes iets veel groter as die som van die dele kan skep.”

Die idee vir Voces Cordis het ontstaan toe Van der Merwe ’n pasiënt van een van sy voormalige koorlede was. “Tydens elke besoek het die onderwerp van ’n volwasse koor opgekom, totdat die idee uiteindelik posgevat het. Van die eerste oudisies was dit duidelik dat hierdie koor iets besonders sou wees. Baie van hulle was bekende gesigte – oudlede van Pro Cantu Jeugkoor, Stellenberg Meisieskoor en die Universiteit Stellenbosch-koor. Dit het gevoel soos ’n natuurlike hereniging van stemme wat al voorheen saam gereis het – nou gereed om iets nuuts te skep. En dít inspireer ons span elke keer,” sluit hy af.

’n Beperkte aantal Klassique-pakkette is beskikbaar, wat aan feesgangers die geleentheid bied om al nege uitvoerings teen ’n besparing van meer as 20% te sien. Kaartjies is aanlyn beskikbaar, of by die KKNK-kantoor. Beskikbare kaartjies word ook voor uitvoerings by die deur verkoop.

Klein Karoo Klassique word aangebied deur die KKNK, moontlik gemaak deur die Rupert-Musiekstigting en die ATKV, met ondersteuning van Le Lude en die Oudtshoorn Munisipaliteit.  

Dié winterfees se verblyfborge is Aloe Manor, Argyll B&B, Bakenskraal Ostrich Palace, Beit Shalom Guesthouse, Hlangana Lodge, Kleinplaas Holiday Resort, Mooiplaas Guest House, Queen’s Hotel, Ravenscliff Manor en Rosenhof Country House.

Vir meer inligting, besoek klassique.co.za of kontak die KKNK-kantoor per e-pos by info@kunste.org.za, skakel 044 203 8600 of stuur ’n WhatsApp na 065 285 2337.

The post Persverklaring: Koormusiek met hart by Klein Karoo Klassique first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: Koormusiek met hart by Klein Karoo Klassique appeared first on LitNet.

Korrupsie in die polisie

$
0
0

Of klik op hierdie skakel.

KwaZulu-Natal se polisiehoof, Nhlanhla Mkhwanazi, het onlangs groot opskudding veroorsaak toe hy beweer het dat politieke inmenging in die polisiediens na bewering beteken dat sake nie reg ondersoek word nie.

Freek Robinson het met Lizette Lancaster van die Institute for Security Studies (ISS) gesels om te hoor: Is daar moontlik korrupsie in die polisiediens? Is daar politieke druk op die polisiediens? Wat word gedoen aan die probleme in die diens? En hoe kan gewone mense betrokke raak by die bekamping van misdaad?

Lees en kyk ook:

Strengthening the shield: Why South Africa must stand with commissioner Mkhwanazi against corruption and cartels

SAPD: Hoe droewig is die prentjie?

Ramaphosa se eiebelang weeg dalk die swaarste in Mchunu-besluit

The post Korrupsie in die polisie first appeared on LitNet.

The post Korrupsie in die polisie appeared first on LitNet.


Cliff-hanger: The comrade’s wife by Barbara Boswell – a book review

$
0
0

Book cover: The comrade’s wife by Barbara Boswell (Jacana Media, 2024)

Title: The comrade’s wife
Author: Barbara Boswell
Publisher: Jacana Media (2024)
ISBN: 9781431434442

Claire is less cynical. “Fall in love, if you must. But do your research. And meet his people early on. They’ll give you a sense of who he is.” Solid advice. And ultimately, this is how I found myself on a flight to Bloemfontein one Friday afternoon.

An instant classic, the lies and betrayals of love and party politics are told in gorgeous prose with an ear for our time’s intimate and public language. The comrade’s wife follows a turbulent marriage between a rising politician and an academic, told through her life and lens.

During my first year at university, a residence sister told a group of us: “Never trust a man who calls you only by a nickname, eg, ‘baby’ or ‘love’ – especially if he never says your name.”

I didn’t realise how often I would return to that line while reading Barbara Boswell’s The comrade’s wife. The novel crept under my skin and stayed there, warm and unsettling, like a truth I’d known but never dared name.

This novel is brilliant. Difficult. Intimate. It’s the kind of book that forces you to put it down just to breathe, because the emotional weight is honest. Too honest, sometimes.

Roses, rings, silence       

 

We meet Anita one year into her marriage to Neil, a celebrated activist-turned-politician. Their relationship is already cracking. The story unfolds through a reflective, first-person narrative that loops through time like memory. It starts and ends with the same paragraph – a literary device that gives the novel a kind of circular heartbreak. When we return to the beginning, we understand everything differently.

.......
It starts and ends with the same paragraph – a literary device that gives the novel a kind of circular heartbreak. When we return to the beginning, we understand everything differently.
.......

From early on, the red flags are there. Anita meets Neil’s children a week before their wedding – and accepts it without protest. Every argument ends with her apologising first. She tells us she’s “training” him to be better. But the reader sees it clearly: he is training her. To tolerate his silences. To carry the blame. To bend and bend and never break – or at least not visibly.

Boswell masterfully shows how emotional manipulation doesn’t always wear a name tag. It arrives disguised as devotion. First silence, then flowers. The next silence, a ring. The third, a luxury car. Peace becomes transactional. Affection becomes reward-based. Love becomes a negotiation you never agreed to.

The comrade’s wife by Barbara Boswell (Jacana Media, 2024)

The shrinking woman

But what lingers even more than the romance is the erasure. The undoing of Anita.

Anita doesn’t just lose her sense of self: she’s slowly edited out of her own life. Her vibrant decor is replaced by minimalism. Her boldness softens into passivity. She no longer surrounds herself with women writers or colourful prints. Instead, she begins to curate herself for Neil’s comfort – until there’s almost nothing left that resembles the woman we first met. She at times questions it, and yet her questions feel muted.

This part of the novel resonated deeply. That slow silencing of women in the name of love. That pressure to assimilate – not just emotionally, but aesthetically. When Neil tells her to cut off her closest friend, Tandiswa, because she’s “too much”, it’s clear what he really means: too black, too free, too inconvenient.

And it doesn’t stop with Neil.

When patriarchy sends a woman

When we meet Aunt Sophie, Neil’s mother, I wanted to scream. From the moment she tells Anita, “You’ll never find a better man than my son,” I disliked her.

“Girl, run,” I said aloud, because a mother who worships her son, expects the woman who marries him to do the same. Boswell is unflinching in her portrayal of how women can be instruments of oppression.

One thing I regret is that Anita never challenges Aunt Sophie. She never asks her: “If you want a helpmeet for your son, have you raised him to be a helpmeet?” We know the answer is no, because reciprocity is not open for discussion.

Even as Anita asks, “What about me?” to herself, she knows it’s not welcome in her conversation with Neil’s mother.

The moment everything breaks

There is a scene – the climax that you’ll know when you get there – where Neil calls Anita a “c*nt”. And it lands with the weight of everything unspoken, finally said aloud. It’s not a mistake. It’s a reveal. And for Anita, it is the moment of clarity she’s been avoiding since the first bouquet of apology roses.

Boswell’s use of reflective narration is nothing short of genius. It gives Anita the voice she didn’t have in real time. It also gives the reader a sense of intimacy that feels, at times, overwhelming. It’s like receiving a long voice note from a friend you love – the kind that breaks your heart because you know she deserves more.

.......
No notes. Just awe.
.......

Final thoughts

The comrade’s wife isn’t just a powerful novel, but a necessary one. It interrogates power, silence, gender, race and survival with the tenderness of a friend and the clarity of a scholar. No notes. Just awe.

Also read:

Inter-review: And wrote my story anyway by Barbara Boswell

Unmaking Grace: an interview with Barbara Boswell

Cliff-hanger: A thousand eyes on you by Mia Arderne – a book review

Cliff-hanger: Ek skryf nie om bruin te wees nie – ek skryf vir my karakters

Hoe haal ek nou asem?: ’n onderhoud met Cliffordene Norton

The post Cliff-hanger: The comrade’s wife by Barbara Boswell – a book review first appeared on LitNet.

The post Cliff-hanger: <em>The comrade’s wife</em> by Barbara Boswell – a book review appeared first on LitNet.

Die terugkeer

$
0
0

Foto: Canva

Die terugkeer

Daar is ’n ritme in die supermark se gange, dink Ben Ulrich terwyl hy tussen die rakke deurbeweeg, ’n soort metropolitaanse ritueel wat hom al vyftien jaar lank bind aan hierdie plek, hierdie uur, hierdie daad van sistematiese seleksie. Hy tel die items in sy kop: sewentien produkte, elkeen presies gekies, elkeen met sy eie plek in die mandjie wat aan sy arm hang soos ’n moderne pelgrim se offergawe aan die gode van orde en beheer.

Die fluoressente ligte – daardie onverbiddelike arbiters van die verbruikersamelewing – gooi ’n blekerige, onnatuurlike glans oor alles: die gestapelde blikkies met hul gegomde etikette, die plastiekomhulde groente wat nog probeer voorkom asof hulle vars uit een of ander mitiese tuin gepluk is, die verpakte vleis wat sy oorsprong as lewende wesens probeer ontken agter sellofaan en prysplakkers.

Hy beweeg met die presisie van ’n wiskundige bewys deur die gange, sy aksies ’n komplekse algoritme van gewoonte en noodsaak. Sy swart Oxford-skoene – Italiaans-vervaardig, natuurlik, want selfs in sy mees alledaagse oomblikke handhaaf hy ’n sekere standaard – maak sagte klikgeluide op die teëlvloer. Dit vorm ’n metronoom vir sy gedagtes: werk-huis-slaap-werk-huis-slaap, die ewige refrein van sy bestaan.

Die Duitse mostert (sy ouma s’n was beter, altyd beter, maar daardie resep is saam met haar die graf in) is die laaste item op sy lys. Hy draai by die internasionale kosgang in, waar die wêreld se smake en geure netjies gekategoriseer en geklassifiseer is, elkeen in sy toegekende spasie, elkeen ’n navolging van ’n ver kultuur.

En daar, tussen die ingevoerde pasta (Italiaans, maar in China vervaardig – die ironie daarvan!) en die Asiatiese souse (wat sy ouma “uitlandse gemors” sou noem), staan sy vrou.

Claudia.

Die naam kom op in sy bewussyn soos ’n lugborrel wat uit die diepste dieptes van ’n meer opstyg, stadig en onafwendbaar, tot dit die oppervlak bereik en bars met ’n sagte plof wat sy hele wêreld laat vibreer.

Haar hare – eens ’n glansende kastaiingbruin wat hom aan herfsblare en vars koffie laat dink het – is nou deurspek met grys, soos ’n geskrif waar die oorspronklike teks nog flou deurskemer onder die nuwe skrif wat die tyd daarop gelaat het. Sy staan daar met daardie kenmerkende houding van haar, effens na links gedraai, haar kop skuins asof sy na ’n veraf melodie luister wat net sy kan hoor.

Die winkelmandjie – daardie draagbare argief van sy weeklikse roetine – glip uit sy hand. Die geraas van vallende items is soos die ineenstorting van ’n klein beskawing, elke blikkie en bottel ’n monument wat kantel en val.

Sy draai om, en vir ’n oomblik word tyd vloeibaar, word vyftien jaar saamgepers tot ’n enkele punt van oneindigheid tussen hulle.

“Ben.” Haar stem is soos ’n eggo uit ’n verlore katedraal, hol en vol resonansies wat hy nie meer kan ontsyfer nie.

“Jy het verdwyn,” sê hy, en die woorde hang tussen hulle soos ysterkrummels wat deur ’n onsigbare magneet in patroon getrek word. “Net ... verdwyn.”

Sy beweeg nader, haar bewegings vloeibaar soos kwik. “Ek weet,” sê sy, en dan, sagter, asof sy ’n antieke towerspreuk uitspreek: “Jy moet my vergewe.”

Die lag wat uit hom bars is soos die kraak van droë hout in ’n wintervuur. Vergifnis? Is daar ’n algoritme vir vergifnis? ’n Formule wat vyftien jaar se afwesigheid kan oplos in ’n enkele oomblik van genade?

“Ek moet niks,” sê hy, sy stem nou yster op yster.

 

Die stad se ligte flikker onder soos ’n swerm vuurdansende motte, terwyl Ben Ulrich in sy kantoor op die drie-en-twintigste verdieping staan en die donker see in die verte probeer uitmaak. Die glasvensters – daardie dun membrane tussen hom en die nag – kaats sy beeld terug: ’n man in ’n Europese pak wat stadigaan begin kreukel soos die blaaie van ’n ou boek.

Agter hom gons die rekenaars hul ewige gesang, ’n koor van masjiene wat die illusie van orde probeer handhaaf. Op sy lessenaar lê die lêers wat hy vyftien jaar gelede versamel het: polisieverslae, privaatspeurder-verklarings, hospitaalrekords – almal netjies gekategoriseer, gekodeer, geannoteer met sy presisiepunthandskrif. ’n Argeologie van verlies.

“Mens sou dink ná vyftien jaar ...” prewel hy, maar voltooi nie die sin nie. Wat sou mens dink? Dat die pyn minder sou word? Dat die vrae sou ophou maal? Dat die leë spasie langs hom in die bed uiteindelik sou ophou om soos ’n graf te voel?

Die telefoon op sy lessenaar begin vibreer – sy suster, Marina. Die skerm lig op met haar foto, ’n glimlaggende gesig wat nou ironies voorkom in die skemerte van sy kantoor.

“Ja?” sy stem klink vreemd in sy ore, asof dit aan iemand anders behoort.

“Ben? Is als reg? Jy het nie by Ma-hulle opgedaag vir ete nie.”

Aah ja, Vrydagaand se familie-ete. Nog ’n ritueel in sy noukeurig gekalibreerde bestaan. Hy draai weg van die venster, sy oë wat rus op die ingevoerde Duitse lessenaarhorlosie op sy tafel – ’n erfstuk van sy oupa, die eerste Ulrich wat die see oorgesteek het na Afrika, gedra deur drome van ’n nuwe begin.

“Ek het haar gesien, Marina.”

Die stilte aan die ander kant van die lyn is soos ’n swart gat wat alle klank inslurp.

“Wie ...?” maar sy weet reeds. Natuurlik weet sy.

“By Pick n Pay. Tussen die ingevoerde kos. Ironies, nè? Sy’t altyd gesê Duitse produkte in Suid-Afrika is net ’n parodie van die egte ding.”

 

Die oggendlig in Rothenburg het ’n ander kwaliteit, het Ben altyd gedink. Dikker, meer substansieel, asof dit geweef is uit eeue se geskiedenis.

Dit val nou deur die ou glasvensters van sy ouma se huis, waar die stof dans soos mikroskopiese sterre in die goue strale.

Hulle het vinnig hier aangedoen na hul wittebrood.

“Kyk,” sê hy vir Claudia, wat langs hom staan in die solder, haar vingers wat liggies rus op ’n vergeelde foto. “Dit is my oupa, net voor hy Suid-Afrika toe is.”

Die foto wys ’n jong man in ’n netjiese pak, sy snor presies gesny, sy oë vol van daardie Ulrich-vasberadenheid wat Ben so goed ken van sy eie spieëlbeeld. Langs hom staan ’n jong vrou – Ben se ouma – haar gesig ernstig vir die kamera maar met ’n sweem van ’n glimlag wat om die hoeke van haar mond trek.

“Hulle lyk so seker van hulself,” sê Claudia, haar stem sag in die stowwerige stilte. “So ... geanker.”

Ben kyk na haar profiel, sy jong bruid, die manier waarop haar neus effens plooie vorm wanneer sy konsentreer. Daar is iets in haar oë wat hy nie heeltemal kan lees nie – ’n soort honger miskien, of onrus.

“Ja,” sê hy, “maar hulle moes ook alles agterlaat, alles wat bekend was. Dink jy ooit daaraan? Hoe dit voel om als op te gee vir ’n nuwe begin?”

Sy draai na hom, haar oë skielik intens. “Dink jý ooit daaraan?”

Die vraag hang tussen hulle soos ’n onsigbare draad wat twee wêrelde verbind. Buite begin die kerkklokke lui, die klank wat oor die eeue-oue dakke van die dorpie rol.

 

Terug in sy kantoor, die hede, wat weer om hom kristalliseer soos sout wat in ’n oplossing vorm, begin Ben sistematies deur die lêers werk. Elke dokument is ’n fragment van ’n legkaart wat nooit sin gemaak het nie: kredietkaartstate wat skielik stop, paspoortstempels wat na nêrens lei, telefoongesprekke wat eindig in die niet.

Die rekenaarskerm gooi ’n spookagtige blou lig oor sy gesig terwyl hy deur digitale argiewe grawe. Iewers moet daar ’n spoor wees, ’n enkele dun draadjie wat lei na die waarheid van daardie dag vyftien jaar gelede.

“Als het ’n patroon,” mompel hy vir homself – die ingenieur se mantra. “Als het ’n onderliggende logika.”

Maar wat as die logika juis in die chaos lê? Wat as die antwoord nie in die patrone sit nie, maar in die spasies tussen die patrone?

Sy vingers sweef oor die sleutelbord terwyl hy haar naam intik – ’n ritueel wat hy al duisende kere uitgevoer het. Maar hierdie keer is dit anders. Hierdie keer weet hy sy’s daar buite, êrens in die stad wat onder hom uitstrek soos ’n elektriese sterrestelsel.

Die soekresultate begin verskyn: sosiale media-profiele wat skielik tot lewe kom ná jare se stilte, LinkedIn-opdaterings wat ’n hele ander lewe karteer – ’n lewe waarin hy nie bestaan nie.

En daar, in ’n foto van ’n internasionale ontwikkelingskonferensie drie jaar gelede: Claudia Ulrich-Meyer, spreker oor volhoubare ontwikkeling in Afrika. Haar gesig is ouer, maar daardie Mona Lisa-glimlag is dieselfde een wat na hom kyk vanaf hul troufoto wat nog steeds in sy laai lê.

“Mens sou dink mens ken iemand,” sê hy hardop vir die leë kantoor. Die woorde eggo teen die glas en staal, ’n vraag wat ook ’n stelling is: Wie ken werklik vir wie? En wat beteken dit eintlik om iemand te ken in ’n wêreld waar identiteit so vloeibaar is soos die skaduwees wat nou oor sy kantoorvloer dans?

 

Kaapstad se oggendlig kruip oor die Waterfront soos ’n versigtige dief, steel-steel tussen die geboue deur tot dit die water van die hawe laat vonkel soos ’n tapyt van gebreekte diamante.

Ben staan op sy balkon, sy hande om ’n koppie Duitse filterkoffie geklem – nog ’n oorblyfsel van sy familie se verlede wat hy weier om prys te gee.

Die stad onder hom is besig om wakker te word, maar nie op die manier wat Rothenburg wakker word nie. Hier is daar ’n ander ritme, ’n egalige hartklop wat die mengsel van kulture weerspieël: die vroegmôre oproep tot gebed wat vanaf die Bo-Kaap se moskees weergalm, die eerste MyCity-busse wat hul roetes begin, die vissersbote wat terugkeer hawe toe, swaar gelaai met die nag se vangs.

“Mens sou kon sê dis ’n stad van terugkerende dinge,” prewel hy, sy woorde wat wegdryf op die oggendwind. Die ironie ontglip hom nie.

 

Die Zeitz MOCAA-galery staan soos ’n modernistiese kolos teen die waterkant, sy heuningkoord-struktuur ’n testament van die transformasie van die ou graansuiers. Ben vind dit gepas dat hy Claudia hier moet ontmoet – ’n plek waar die verlede en die hede mekaar so ooglopend konfronteer.

Hy vind haar op die derde verdieping, besig om na ’n reuse-installasie te staar: ’n wirwar van ou telefoondrade wat die plafon vol hang soos die wortelstelsel van ’n ontwortelde boom.

“Dit lyk soos die spore wat mens agterlaat,” sê sy sonder om om te draai. “Al die verbindings wat ons maak en breek.”

“Of die leuens wat ons vir onsself vertel,” antwoord hy, sy stem wat galm in die hoë ruimte.

Sy draai stadig om, haar gesig wat die emotiewe beligting van die kunsstuk reflekteer. “Is dit wat jy dink ek gedoen het? Leuens vertel?”

“Ek dink nie meer ek weet wat die waarheid is nie, Claudia. Vyftien jaar is ’n lang tyd om ’n storie te versin. Of om een te onthou.”

 

Die galery se kafee is leeg, die vroeë oggenduur wat hulle ’n klein stukkie privaatheid gun. Claudia se vingers speel met ’n lepeltjie – ’n nuwe gewoonte, dink Ben, een wat sy êrens in die verlore jare opgetel het.

“Ek het gedink as ek net ver genoeg wegkom, sou ek myself vind,” begin sy. “Die ironie is natuurlik dat mens jouself oral saamdra.”

Ben voel hoe sy kakebeen verstyf. “En wat van die mense wat jy agterlaat? Het jy ooit daaraan gedink dat hulle dalk ook hulself moes probeer vind – maar nou sonder die luukse van ’n keuse?”

Die vraag hang tussen hulle soos ’n swaar gordyn. Buite begin ’n maritieme mis oor die hawe rol, die stad se bekende Kaapse komberse wat die wêreld sagter laat lyk as wat dit werklik is.

 “Jy verstaan nie,” sê sy uiteindelik. “Hierdie land ... dit was besig om my te versmoor. Nie net die land nie, maar die verwagtinge. Die rol van die perfekte Duitse huisvrou in ’n Afrika-konteks. Die spanning tussen wat my familie wou hê en wat joune verwag het.”

Ben lag, ’n bitter klank. “En nou? Nou is jy terug in dieselfde land, werk jy met gemeenskapsontwikkeling in dieselfde kontekste wat jou sogenaamd versmoor het?”

“Nee, nou is ek terug as iemand anders. Iemand wat kies om hier te wees, nie iemand wat hier gebore is met ’n voorafbepaalde rol nie.”

Die waarheid van haar woorde tref hom soos ’n fisiese ding. Was dit nie juis sy familie se grootste trots nie – dat hulle gekies het om Suid-Afrikaners te word? Dat hulle die see oorgesteek het met ’n doelbewuste besluit om hier ’n nuwe lewe te begin?

“Daar’s ’n ou Duitse filosofiese konsep,” sê Ben terwyl hy by die venster uitstaar na die mis wat nou dikker word, “die idee van Geworfenheit – dat ons in die wêreld ‘gegooi’ word, in omstandighede wat ons nie kies nie. Maar dan kom die tweede deel: Entwurf – wat ons met daardie omstandighede maak, hoe ons onsself projekteer in die toekoms.”

Claudia se oë word groter. Sy onthou hierdie kant van hom, die man wat filosofie studeer het voor hy ingenieurswese gekies het.

“Ja,” sê sy sag, “maar wat gebeur as die projeksie wat ander vir jou gekies het, so swaar word dat dit jou eie stem stilmaak?”

“Dan praat jy daaroor,” sy stem is nou skerp. “Jy verdwyn nie net in die niet in nie.”

Die son breek skielik deur die mis, gooi lang strale lig oor die hawewater. In die verte begin ’n skip se missirene bulk – ’n diep, melankoliese klank wat die oggend vul met ’n soort oeroue verlange.

“Miskien,” sê Claudia terwyl sy opstaan, “miskien was verdwyn die enigste manier om weer te verskyn. As myself.”

Ben kyk na haar – regtig kyk – en sien vir die eerste keer die vrou wat nou voor hom staan, nie die spook van die vrou wat hy verloor het nie. Sy lyk meer solied, meer werklik as in sy herinneringe. Miskien, dink hy, is dit omdat sy nou haar eie werklikheid is, nie meer ’n projeksie van almal se verwagtinge nie.

“En nou?” vra hy.

“Nou begin ons weer. Nie waar ons opgehou het nie – daardie plek bestaan nie meer nie. Maar miskien van ’n nuwe plek af. ’n Plek waar ons albei kies om te wees.”

Die mis begin stadig lig oor die hawe, die stad wat weer sigbaar word, stuk vir stuk, soos ’n fotograaf se beeld wat in ’n donkerkamer ontwikkel. Ben kyk na die vrou oorkant hom, na die stad om hulle, na die verlede en die toekoms wat mekaar ontmoet in hierdie oomblik van waarheid en keuse.

 

Die kabelkarretjie klim stadig teen die berg op, die stad wat al hoe kleiner word onder hulle. Ben het hierdie plek gekies vir hul finale gesprek – hier waar die berg en die see mekaar ontmoet, waar die grens tussen aarde en hemel vervaag in die laatmiddag se lig.

“Ek het altyd gedink dis ironies,” sê Claudia terwyl sy deur die venster kyk, “hoe hierdie berg terselfdertyd ’n baken én ’n versperring is. Net soos identiteit – dit anker jou, maar dit kan jou ook vashou.”

Die karretjie stop by die boonste stasie. Die wind waai sterker hier bo, dra die reuk van fynbos en see en verlede.

Hulle staan by die uitkykpunt, die stad ’n legkaart van geskiedenis onder hulle: die Kasteel, die hawe, die townships in die verte – elke deel ’n testament van die land se komplekse verhaal.

“Toe ek die eerste keer besef ek kan nie meer asemhaal in die rol wat almal vir my uitgekerf het nie,” begin Claudia, haar stem sag teen die wind, “was dit asof ek van hiér af afgekyk het na my lewe. Als het so klein gelyk, so ver. So maklik om agter te laat.”

Ben leun teen die reling, sy vingers wat die verweerde metaal voel. “Maar dit wás nie klein nie, Claudia. Dit was mense se lewens. Mý lewe.”

“Ja,” sê sy, en daar is ’n nuwe gewig in haar stem. “Maar soms moet ’n mens breek voor jy kan heel word. Verstaan jy? Ek moes myself eers verloor voor ek myself kon vind.”

Die son begin sak, gooi lang skaduwees oor die berghange. In die verte begin die stad se ligte een vir een aankom, soos sterrekonstellasies wat stadig vorm aanneem.

“Heidegger het gepraat van Dasein,” sê Ben, sy oë op die horison. “Die idee dat ons bestaan ’n konstante proses van wording is. Maar hy’t ook gesê ons is being-with-others – dat ons bestaan verweef is met dié van ander.”

“En as daardie verweefdheid jou verstik?” Claudia se vraag hang in die lug soos ’n onvoltooide simfonie.

“Dan probeer jy dit herdefinieer. Jy vlug nie van dit nie.” Hy draai na haar. “Vyftien jaar, Claudia. Vyftien jaar waarin ek myself oor en oor moes herdefinieer, maar sonder keuse.”

 

Die laaste sonlig vang die goud van die moskee se koepels in die Bo-Kaap, laat dit gloei soos ’n herinnering aan ’n ander tyd.

“Kyk,” sê Claudia, haar hand wat uitstrek oor die stad. “Hierdie plek ... dit is ’n tapisserie van identiteite. Jou Duits-Suid-Afrikaanse erfenis, my Engelse agtergrond, die Kaapse Maleiers, die Xhosa-kultuur ... Almal besig om hulself te herdefinieer, te herontdek.”

“Maar nie almal vlug nie,” sê Ben sag. “Sommige bly en veg. Sommige kies om die kompleksiteit te omhels eerder as om daarvan weg te hardloop.”

Die eerste sterre begin sigbaar word bo hulle, die Suiderkruis wat stadig vorm aanneem in die donkerwordende lug.

“Wat vra jy van my?” vra Claudia uiteindelik.

“Nie vergifnis nie – nog nie. Maar miskien begrip. En eerlikheid. Werklike eerlikheid hierdie keer.”

Sy knik stadig. “Ek werk nou met vroue in die townships,” sê sy. “Vroue wat vasgevang is in rolle en verwagtinge. Maar in plaas daarvan om te vlug, help ek hulle om hul eie stemme te vind, hul eie paaie te kap. Miskien is dit my manier om reg te maak wat ek verkeerd gedoen het.”

“En ons?” Ben se vraag is sag, amper verlore in die wind.

“Ons begin weer. Nie as man en vrou nie – daardie brug het verbrand. Maar miskien as twee mense wat nou verstaan dat identiteit nie ’n tronk is nie, maar ’n reis.”

Die naglig spoel oor die stad soos ’n donker golf, maar hierdie keer bring dit nie die gebruiklike angs nie. Ben voel hoe iets in hom skuif, soos ’n slot wat oopklik na vyftien jaar.

“Daar’s ’n Duitse woord,” sê hy terwyl hulle na die kabelkar stap, “Vergangenheitsbewältigung – die proses om die verlede te konfronteer en te verwerk.”

“En ’n Xhosa-konsep,” voeg Claudia by, “Ubuntu – ek is omdat ons is.”

Die kabelkar begin sy stadige afdaling, die stad wat al groter word onder hulle. In die verte begin ’n skip se missirene bulk – ’n geluid wat nou nie meer na verlange klink nie, maar na ’n aankondiging van iets nuuts wat kom.

“Miskien,” sê Ben terwyl hy na die ligtefees onder hulle kyk, “miskien is dit wat ons nou moet doen – die verlede verwerk sodat ons mekaar weer kan sien as deel van ’n groter ‘ons’. Nie meer vasgevang in ou rolle nie, maar vry om nuwe stories te skryf.”

Die kabelkar gly stadig maar seker na onder, die berg wat agter hulle in die donker verdwyn. Maar hierdie keer voel die donker nie na ’n eindpunt nie – eerder na ’n begin, ’n nuwe bladsy wat wag om geskryf te word in die groot boek van wordingsgeskiedenisse.

The post Die terugkeer first appeared on LitNet.

The post Die terugkeer appeared first on LitNet.

Die Son, die Maan, die Sterre

$
0
0

Foto: Canva

Die Son, die Maan, die Sterre
vir Piet van Wyk de Vries (1972–2023)

ek kyk,
ek luister:
die Son sing strale
deur die herfstakke,
op die maat van die Maan
wat die snare van boomkruine
streel,
en in die verte,
aan die hemelruim se wand,
knipoog
die stille Sterre
’n kosmiese koor:

ek weet
dit is
jy
wat
vir oulaas
vir ons,
vir my,
’n liedjie
sing

The post Die Son, die Maan, die Sterre first appeared on LitNet.

The post Die Son, die Maan, die Sterre appeared first on LitNet.

Self-diffuus

$
0
0

Foto:Canva

Self-diffuus

Ek sit in ’n raserige kroeg
en my hande voel soos 
roes-stram skarniere om ’n bottel 
en deur die ruite van my bril 
sien ek hoe die 
saamdrommende mense se lewens 
opgesluit is in ’n wyngeur 
moet ek stop of voortbeur?

ek het met my lippe gedink

ek het nog met my lippe
gedink
en met my oë
gedog,
toe het
Jy
opgestaan om die waarheid
in my gewete uitmekaar te kyk,
tog, moet ek
bieg,
dat ek maar nog altyd
graag – vrylik – myself
wil
belieg

The post Self-diffuus first appeared on LitNet.

The post Self-diffuus appeared first on LitNet.

Vergif(sug)ting

$
0
0

Foto: Canva

Vergif(sug)ting

wat het geword van

vakansies
op die pad
deur die Karoo

Pa wat met 
my en Ma by
vulstasies stilhou

die voorruit
oortrek van
vasgevliegde torre

wat het geword van

paddas wat
snags hier in my
stadstuin moet kwaak

van vliegies
wat donkeraand
hul lampies om my
skyn wanneer ek opkyk
na die hemel en sterre

ook by my
voordeur wag
die lig saans op
geitjies wat nie opdaag nie

en vanoggend
by haar rotvangs
lê ’n vergifde nonnetjiesuil
asemloos langs my roosboom

The post Vergif(sug)ting first appeared on LitNet.

The post Vergif(sug)ting appeared first on LitNet.

Viewing all 22071 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>