Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21565 articles
Browse latest View live

Miere

$
0
0

S.P. Benjamin150Die dae het nie kleur nie. Dis net Ma en haar beheptheid met die Oscar Pistorius-moordverhoor. Dit ken g’n brieke nie.

Die dae is kleurloos, maar die nagte ...

Vanoggend, soos elke ander oggend, piksoen hulle mekaar langs die tafel. Ma en Pa. Dis ’n haastige-koebaai-affêre en Pa loop by die voordeur uit. Ma. Pa. Niks is meer vir hulle soos dit was nie. Die skuld hiervoor kan sekerlik nie voor, of dan agter, die deur van die Oscar Pistorius-moordverhoor gesoek word nie. Daardie is ’n deur wat lankal reeds toe staan. Voos en sif geskiet van verwyt en slymerige beskuldiging. Voos en sif, maar ’n deur wat bottoe bly.

Ma waggel in die gang af. Soos ook elke ander oggend. “Watter soort kos wil jy hê moet ek vanaand?” Pa het reeds agter die wiel ingeskuif en die strammerige deur op ons toegeklap. Ma gooi haar swaar hande in die lug, druk die voordeur toe en haar logge lyf swaai weer om in die rigting van die kombuis en vrieskas om die aand se vleis uit te haal. Lusteloos laat val sy dan oggend ná oggend ná oggend die hoop gevriesde vleis met ’n groot lawaai op die opwasbak. Soms voel dit vir my dis die koue lug wat by die bek van die vrieskas uitspring wat in die oggende verantwoordelik is vir Ma se gemoedstoestand.

Een maal, tydens een van hul bekgevegte, het Ma vir Pa geskree hoe sy dit haat om te kook. Pa het uitgebars van die lag. Hy het met sy oop hand oor sy mond gevee en gesê dat sy daaraan moes gedink het vóór sy besluit het om sy ring aan haar vinger te druk. Ma was bitter kwaad. Pa het net daar gestaan en lag. Ek kon Ma se woede daardie dag nie verstaan nie, want oor die jare het sy ’n uithalerkok geword.

’n Uithalerkok en ook ’n voorslageter.

Soggens, met Sus reeds weg werk toe, bring Ma my ontbyt kamer toe. Twee snye roosterbrood, ’n homp fyngerasperde kaas en ook drinkgoed. Dan sak sy met groot gesteun op my bed neer. Sy sê nooit veel nie. Dis net die frons op haar voorkop wat op en af beweeg soos sy snuif om genoeg lug in haar longe te kry. Elke oggend sit sy so. Stil. Dis moeilik om te sê wat dit rêrig is wat haar soggens na my kamer laat kom. Ek het nie ’n probleem om my broodjie in die kombuis teen die tafel af te sluk nie. Dalk wíl sy net hierdie tyd van die oggend in my kamer wees. Op my bed sit. Asemhaal. Droom. Sit. Asemhaal. Vergeet. Onthou. Asemhaal ... Na die skoon en wit mure staar.

My kamer is op die oog af ’n verbeeldinglose vierkant. Die mure is skoon. Al my boeke en CD’s altyd weggepak. Gebêre. Op hul plek. In die rak. My skoolklere word smiddae weggevou in die kas. En anders as in my sus se kamer hoop hier nie skottelgoed op nie. Niks is uit plek nie. Dis net die silwer kettinkie met die kruis wat ek saans naby my kop hang wat dalk ... wat dalk uit plek mag wees.

Vanoggend sit Ma weer. Die kettinkie in haar swaar hand. Haar neusvleuels bewe. Sy snork soos sy die lug in haar groot liggaam insuig en die vel op haar voorkop lewe. Sy hou my dop. Ek kyk vinnig weg. Té vinnig. Daardie kyk in Ma se oë ... Dit voel of sy weet, of sy bewus is van wat snags ... Wanneer sy soggens só met die klein silwer kruisie ... Wanneer haar oë myne weer vasvat en sy met haar spekhande die trane van haar wange wegvee.

“Oor die jare verander baie dinge tussen twee mense, Boeta. En soms het mense nie eens jare nodig nie. Weke of selfs maande is soms genoeg om elkeen ’n ander rigting in te stuur. Dis net hoe dit is. Dis hoe die lewe rol, Boeta. Dis hoe die lewe met ons rol.” Sy vee met haar linkerhand oor haar wang en sommer oor haar mond en teen haar nek af. “Vandag kan mens darem weer die hofsaak volg. Ai, watter gedoente was dit nie daai oggend in daardie huis nie! Ek wonder wat in die seun se kop aangegaan het. Die goed wat ook nie snags agter toe deure gebeur nie ... Donker dinge!” Dis of Ma net praat. Met my. Verby my. Met haarself, en tog asof daar altyd ook ander mense in die kamer is. Kan dit wees dat Ma weet wat saans ...?

Ma hang die kettinkie terug en staan van die bed af op om gang af na haar kamer te waggel. “Maar daai Gerrie Nel, sê ek jou ... Daai Gerrie Nel is ’n man uit een stuk! As daar eendag iets met my sou gebeur, sou ek daai man aan my kant wil hê.”

Ma en die Oscar Pistorius-moordverhoor.

Sesuur skep Ma op. Vandat Pa en my sus by die huis aangekom het, kloek sy een stryk deur oor die moordverhoor. Gerrie Nel en Barry Roux agter. Roux voor en Nel agter. Dié twee ook sekerlik vroeër as eksotiese speserye in ons kos geroer. Ons sit, eet, kou en sluk ook die kleiner stukkies van die moordverhoor af wat Ma vanuit haar sitplek vir ons afbyt en sommer so in ons borde skiet. Dit alles wyl ons vir die horlosie teen die muur wag om sewe-uur te slaan.

“Ek wonder waarmee hou daai Riaan Cruywagen hom deesdae besig? Mens sien hierdie dae glad té min van die man.” Ma glimlag. “Ou, Riaan. Met sy ewige tweesent-smile. Mens verlang nogal na die siel. Was ook mos al soos familie in elke huis.”

Ma dra vir ons koffie aan. Ons oë wat ons nie een maal van die flitsende skerm wegdraai nie. In die verbyloop swaai Ma sommer so na die skakelaar en die kombuis is donker. As sy eers haar sit voor die TV gekry het, is dit om nie gou weer op te sukkel nie.

Oor die jare het sy net Ma geword. Sy het nie vriende nie. Sy lees ook nooit ’n koerant of tydskrif of selfs die Bybel nie. Sy kan jou wel iets omtrent elke sepie vertel. Sy ken al die spelers by naam, skeet en moesie. Dis háár mense. Háár familie. En nou is daar ook ’n Oscar, ’n Reeva, ’n Nel en ’n Roux. Stamfamilie waarvan ons nie voorheen geweet het nie. Ma het hulle uitgesnuffel, of hulle het vir Ma gevind. Mens kan nie seker wees nie. Maar Ma praat van hulle asof hulle jare hoort.

SABC2. Nuustyd. Vanaand, soos elke ander aand, is ons in ons halfdonker voorkamer vasgekeer. Die TV is ’n eenoogdraak. Kwaad en erg kwaai. Bebloed hang Afrika in sy kake. Die draak blaas en wanneer hy sy nek swaai om nog stukke vleis afgeskeur te kry, bevlek hy ons gesigte en mure en ook ons meubels. Dis donker bloed en die erg verdwaalde, verminkte Afrika spartel in die draak se kake. Ons kyk. Ons hou dop. Ook die riviere vloei rooi.

Aan die einde van die nuus is die bloed ’n stukkende reënboog teen ons mure, op ons gesigte. Op ons vloer. Dis net Pa wat lankal reeds opgehou koes het. Hy knip sy oë ritmies. Oop. Toe. Oop. En dan weer toe. Ma hou hom dop. Soos elke aand. Net God kan sy kop nog verstaan, het Ma vroeër in die week met hom geraas. Gerrie Nel sou ’n fees hê met die binnekant van Pa se kop, het ek haar agterna hoor lag. En Roux ...? Roux sou ons bure in busvragte aanry hof toe om te dans. Dans op die musiek wat klankloos in Pa se kop speel.

Ek druk my oë met my hande toe. Die draak se kop is ’n miernes. Wanneer hy sy mond oopmaak, is sy woorde klein swart spikkels wat oor ons vloer aangekruip kom. Die draak met die tweesent-smile. Hoe is dit dat Ma dit nie raaksien nie? Of is dit dat Ma doelbewus hieroor swyg? Oop en toe knip Pa se oë. Oop en dan weer toe.

Dis Ma wat met die advertensiebreuk regop sukkel om haar rok oor haar breë bobene reg te trek. Dan plons sy weer soos ’n ontsteekte gewete langs Pa neer.

“Dêm, Hes, daar móét tog ‘n manier wees hoe jy gewig kan verloor. So sal jy nie kan aangaan nie!” Die dansende lig van die TV laat Pa baie, baie ouer lyk as wat hy rêrig is.

“Ek klim ga’ op ‘n oefenfiets nie. As dít is wat jy voorstel. Jy kan ga’ bars. Dis al hierdie skeletgoed-vroue op die TV wat julle met sulke oë na jul vroue laat kyk. En maak dat julle heeldag met gelaaide rewolwers rondhol.”

“Pille. Ek praat nie van fietse en goed nie. Pille. Hoekom kry jy nie vir jou van die goed wat hulle hier op TV adverteer nie? G’n fiets sal in elk geval onder jou hou nie.”

“Hoekom kry jy nie vir jou ’n ander vrou nie? Ag, sorrie, wa’ ga’ jy die guts vandaan kry? Ek wonder of Herbex pille dáárvoor het? Ietsie wa’ jy somme’ ka’ sluk. ’n Ou quickfix. Ietsie vir slapgattigheid.”

Pa skraap sy keel en sluk aan sy koffie.

Ma skuif haar swaar liggaam in haar sitplek reg voor sy oorbuig om haar beker koffie en brood op die tafeltjie by te dam. “Is hierdie Gerrie Nel nie ’n man gekap uit een blok nie, my kind?” My sus antwoord nie. Ook sy het lankal nie meer lus vir Ma-hulle sê bekgevegte nie.

 “Elke aand dieselfde ou nuus. Dis soms net die name van die skelms wat verander,” sug Pa en lê sy bekbyl by sy voete neer. Niks in sy arsenaal, weet hy, sal vir Ma oortuig om gewig te verloor nie. Dis ook hoekom Ma die oorgewigstorie so maklik kan weglag.

“Propaganda,” sê my suster, en haar beker vind haar mond. Sy sluk. “Op e-tv kry mens nog regte nuus. Maar nou ja, dis nie my TV nie.”

Ek sluk vinniger aan my koffie. Die miere nou reeds by my skoenpunte. "Dankie, Ma," sê ek en staan van my sitplek op. Ma se groot hand vou om my gewrig. "Sit, Boeta, die laaste tyd is dit asof iets jou byt, aan jou vreet ... Jy kyk nooit meer die bulletins klaar nie.” Dan klap Ma sommer ook weer na Pa. “Jy moet in Godsnaam nie ook soos jou pa uitdraai nie. Kyk na hom ... Jy moet praat as daar iets is wat jou jaag, Boeta. Jou pa se oë knip net, maar hy sien niks nie. Ma weet van baie dinge. Baie dinge, Boeta.”

“Stil nou, julle,” laat my suster weer van haar uit haar hoekie hoor. “Hier is die enigste insetsel wat ek regtig wil kyk.”

Ons kyk weer in stilte voort.

“Nou ja,” sê my suster toe die insetsel klaar gewys is, “Hierdie is dan ook die einde van my aand. Môre is ’n werksdag. Lekker nag vir julle.” Sy staan op en neem haar koffiebeker kombuis toe.

“Ga’ jy nie vir Generations kyk nie?”

“Nie vanaand nie. Ek is moeg. Laasnag het ek nie goed geslaap nie. Dis die gewoel daar in Boeta se kamer ... Ek weet nie waarmee hy hom snags besig hou nie, maar dit klink nie asof hy veel geslaap kry nie.”

“Spoel tog net eers die bekers uit voor julle loop slaap. Mens het omtrént las met die miere in die oggend,” blaf Pa sommer soos ’n rondloperhond tussen ons in.

“Vuil bekers,” spot Ma. “Is dit die ergste van jou probleme?” Haar hand vat weer my arm vas. “Jy kan nou maar gaan, Boeta. Maar hierdie is die soort werk wat jy eendag moet doen. Jy moet ’n nuusman word. Dís Ma se droom.” Ma se hand vou om myne. “ ‘n Regte verslaggewer. Dit sal jou pas, Boeta.”

Dis meer as net miere wat in die nag hier rondsluip, Pa, brand ek om te sê. Meer as net die miere in vuil bekers. Ek swyg. Ma is reg as sy sê dat Pa kyk maar nie sien nie. Pa se oë knip net. Hy sien niks meer nie.

Waar ek op my bed lê, wil ek nie my oë toemaak nie, want ek weet ... Ek weet dat Riaan weer vreesbevange teen die plafon vasgesuig sit. In die donker, weg van die groot en skerp TV-ligte, is hy sonder sy cheap smile en sy suit. Die hoeke van sy mond is swart knoeste miere. Hy maak sy mond oop. Die miere is ’n toubrug wat stadig tot op my gesig neersak. Stadig. En dan plons die hele tweesent-smile op my bors neer. Daar is miere oral. Waar is jy, Pa? Hoekom kom help jy my nie? Pa ...

Laatnag loop ek kombuis toe. Of is dit die miere wat my dra, sleep? In die donker kombuis sit hulle rondom die tafel. Ma, Gerrie Nel en Barry Roux. In die middel van die tafel die enkele koffiebeker. Binne-in die vuil koffiebeker is dit ’n baie klein Oscar wat benoud rondspring. Ek staan nader om beter te sien. Oscar is ‘n baie, baie klein mannetjie en op sy rug swaai die tweesent-man al skoppend rond. Gerrie vat my aan die hand en vra dat ek nog nader moet staan, dat ek moet let op die blik Doom in Oscar se hand. Daar is trane in Oscar se oë. “Hou tog net die miere van my af weg,” pleit hy by Barry. “Hou tog net die miere van my weg. Hou net die miere van my weg!”

Ma neem die vuil koffiebeker en spoel dit onder die lopende kraan skoon. “Sal ek vir ons iets maak om te eet? Dan moet ek moet skoonmaak hier. Die bleddie man kry elke keer stuipe as hy soggens die lig aanskakel en die kombuis vol miere vind.”

 

The post Miere appeared first on LitNet.


ATKV-Spelathonfinaal: Afrikaans as Huistaal

$
0
0

Die nasionale finaal van die ATKV-Spelathon vir Afrikaans as Huistaal het op 24 Oktober by die Leeuwenhof Akademie in Bedfordview plaasgevind.

spelathon1

Madenique van Wyk – algehele wenner: Graad 10 Huistaal

spelathon2

Miché Nel – algehele wenner: Graad 9 Huistaal

 

Geluk aan die wenners:


Gr. 9 Huistaal

1ste: Miché Nel – Hoërskool Sentraal – Vrystaat 
2de: Gina-Mari Steyn – Hoërskool Gimnasium Paarl – Wes-Kaap
3de: Andri Longland – Hoërskool Martin Oosthuizen

 

Gr. 10 Huistaal

1ste: Madenique van Wyk – Hoërskool Prieska – Noord-Kaap 
2de: Kyla Gerber – Hoërskool Sentraal – Vrystaat
3de: Petra Laubscher – Hoërskool Duineveld – Noord-Kaap

 

The post ATKV-Spelathonfinaal: Afrikaans as Huistaal appeared first on LitNet.

Regsalmanak: Uberrima fides by versekeringsooreenkomste

$
0
0

 

jutalaw600

Vir sy navorsing vir die weeklikse Regsalmanak-rubrieke maak Gustaf Pienaar grotendeels van Juta Law se aanlyn biblioteek gebruik.  Hierdie regsbiblioteek is ‘n omvangryke naslaanbron van hofsake, wetgewing en ons land se dinamiese grondwetlike ontwikkeling. Juta Law stel hierdie bronne goedgunstiglik tot Gustaf se beskking vir die skryf van hierdie rubrieke. Vir nadere besonderhede besoek www.jutalaw.co.za.

 

'n Sekere mnr P van Kroonstad in die Vrystaat het seker gedink sy versekeringsmaatskappy is onder 'n kalkoen (in stede van 'n groot geel sambreel) uitgebroei. Mnr P was die eienaar van 'n Volkswagen Golf wat hy in 1991 by die betrokke versekeringsmaatskappy verseker het. Presies 'n jaar later is daar by mnr P se woonhuis te Kroonstad ingebreek. Altans, só het hy voorgegee. Die Golf is glo gesteel en daarvoor het hy 'n eis van R27 550 teen die versekeraars ingestel. Verder het hy ook beweer dat verskeie items uit sy woonhuis gesteel is waarvan die bykomende gesamentlike waarde amper R34 000 was. Die items wat na bewering gesteel is, het 20 musiek-CD’s, twee duur hoëtrouluidsprekers en diamantringe ingesluit.

Die simpatieke versekeringsmaatskappy het kort voor lank 'n tjek van R61 275,83 aan mnr P oorhandig.

Maar êrens het iemand snuf in die neus gekry. Ongeveer twee maande na die beweerde diefstal het 'n assessor van die versekeringsmaatskappy mnr P se Golfie opgespoor by 'n paneelklopper te Petrus Steyn, 'n goeie 100 km wes van Kroonstad. Die paneelklopper het die assessor meegedeel dat mnr P die voertuig daar gelaat het om dit 'n ander kleur te laat verf. Hy het ook die paneelklopper versoek om die agterruit, wat 'n unieke uitkenbare plakker gehad het, die wiele met besonderse vellings, en die enjin uit die motor te verwyder. Sy opdrag aan die paneelklopper was om die voertuig só oor te verf dat niemand dit sou agterkom nie.

Toe mnr P met hierdie feite gekonfronteer is, het hy met 'n verduideliking vorendag gekom wat die regter in 'n latere saak uiters ongeloofwaardig gevind het. Hy het vertel dat hy ná die diefstal van sy Golf deur 'n onbekende persoon geskakel is wat hom gevra het of hy belangstel om 'n voertuig te koop om op te bou. Hulle het afgespreek om mekaar in Bethlehem te ontmoet en daarna is hulle na 'n swart woonbuurt waar hy die voertuig by 'n plakkershut aangetref het. Hy het dit vir R5 000 gekoop, waarna dit na 'n begraafplaas gebring is waar hy dit die eerste keer behoorlik kon deurkyk. Eers tóé het hy agtergekom dat die voertuig – wonder bo wonder – sy geliefde Golf was wat 'n paar weke vantevore in Kroonstad gesteel is. Die voertuig was glo in 'n swak toestand en hy het toe maar besluit om 'n kans te waag deur dit só op te bou dat niemand anders dit as sy vorige voertuig sou herken nie.

Net so ongeloofwaardig was sy storie oor die luidsprekers wat hy as gesteel uit sy woonhuis aangegee het. Nadat die assessor van die versekeringsmaatskappy sy motor by die paneelklopper op Petrus Steyn raakgeloop het, is die aangeleentheid by die polisie aangemeld en is mnr P se huis te Kroonstad deursoek. Die twee luidsprekers is agter 'n kroeg in sy woonhuis gevind. Mnr P se verskoning aan die polisie was dat dit luidsprekers was wat hy by sy swaer op Welkom geleen het. In die polisiemotor op pad daarheen ten einde die storie met die swaer te gaan bespreek, het hy egter met 'n ander weergawe vorendag gekom: eintlik was die twee groot luidsprekers nooit gesteel nie, maar het die diewe twee ánder, kleiner luidsprekers gesteel. Hy het toe maar gesê dat dit die duurder luidsprekers was wat gesteel is ten einde die goedkoper luidsprekers te vervang met twee heelwat beter luidsprekers. Nogtans het hy heel aan die begin, toe die diefstal aangemeld is, vir die polisie gesê dat hy net twee luidsprekers in sy huis gehad het.

En dan was daar nog die 20 CD's ook: tydens die deursoeking van mnr P se huis deur die polisie is ook dié items in 'n kassie gevind. Mnr P se verduideliking was dat hy aanvanklik gedínk het dat dit gesteel was, maar dat hy agterna ontdek het dat die diewe die 20 CDs per abuis tydens hulle strooptog agter 'n rak laat inval het.

Les bes het die polisie ook die Golfie se voormalige stuurwiel – ‘n kenmerkende klein weergawe – in mnr P se huis opgespoor.

Die versekeringsmaatskappy het die groot geel sambreel wat hulle, by wyse van spreke, oor P se huis gehou het, opgevou, die krom handvatsel om sy nek gehaak en hom daarmee hof toe gesleep. Hulle het terugbetaling van die bedrag van R61 275,83 geëis.

Mnr P het jou werklik die saak verdedig. Regter Hancke van die hooggeregshof in Bloemfontein het beslis[1] dat 'n versekeringsooreenkoms een van die hoogste trou is – in regstaal praat ons van uberrima fides. Volgens dié beginsel word dit van die versekerde verwag om oop kaarte met sy versekeraar te speel, en dit het mnr P nie gedoen nie, indien sy storie aanvaar sou word dat hy toevallig sy gesteelde Golf in 'n plakkerskamp opgespoor het nie. In só ‘n geval moes hy dit aan die versekeraar geopenbaar het. Die regter het ook bevind dat die luidsprekers en CD's nooit gesteel was nie en in dié opsig was mnr P se optrede bedrieglik.

Die regter het mnr P beveel om die meer as R61 000 aan sy voormalige versekeraar terug te betaal, want teen daardie tyd het hulle weë seker al lankal geskei. Só kwaad was die regter vir mnr P dat hy hom ook beveel het om die versekeraar se koste op die hoër skaal soos tussen prokureur en kliënt te betaal. Dit is iets wat net by uitsondering gebeur.

As 'n mens 'n uitspraak soos hierdie lees, voel jy lus om hoera te skree, want daar is min dinge wat my persoonlik só grief as mense wat die Ontvanger en hul versekeraars verneuk, want dit beteken dat ek en jy net meer belasting en hoër premies moet betaal.

 

[1] Santam Bpk v Potgieter 1997(3) SA 415 (OPA)

The post Regsalmanak: Uberrima fides by versekeringsooreenkomste appeared first on LitNet.

Jeugresensie: Lotta se lewe – my skilpad kruip uit sy dop deur Alice Pantermüller

$
0
0

lottaseleweLotta se lewe: My skilpad kruip uit sy dop 
Alice Pantermüller en Daniela Kohl (illustrasies) 

Human & Rousseau
ISBN: 9780798169905

Resensie deur Suzanne Swart (twaalf jaar oud)

Die boek is die vyfde een in die reeks Lotta se lewe. Die ander vier is Konyne by dosyne, Bendes, swape en skape, Wieg, wurm, wieg en ’n Haas uit die hoed.

Die reeks gaan oor ’n baie avontuurlustige meisie met die naam Lotta Liebenberg. Sy is die een wat die storie vertel. Haar lewe is vol avontuur en pret en kort-kort is daar een of ander katastrofe wat haar tref.

In hierdie boek het die avontuur alles een oggend begin toe Lotta se vriend Paul Gerber (lid van haar bende) baie interessante nuus gehad het om vir die klas te vertel: al die skole in die stad kon inskryf vir ’n kompetisie. Die wenklas mag prente op die poskantoor se nuwe heining verf. Al wat die klas moet doen, is om idees te gee oor wat hulle wil verf en die klas wat die interessantste tema uitdink, wen. Daar was ’n paar vrek vervelige idees, maar op die ou einde het juffrou Knacker besluit om Berenice (die een wat altyd met haar neus in die lug loop) se idee te aanvaar om bedreigde diere te verf. En daar is nogal baie sulke diere, hoor. Dink maar aan goed soos die stompievoetpadda, die slurphondjie, die rooiboudleeuapie en die oorlose grasvelddraak. Dit sal vreeslik wees as hulle moet uitsterf.

Lotta en haar vriendin Chantelle is albei mal oor diere. Lotta besluit  om ’n skilpad te verf omdat sy een by die huis met die naam Metusalem het. Hy is al stokoud. Chantelle wil ’n Tasmaniese duiwel verf, maar dit is baie moeiliker om een te verf as wat sy gedink het.

Lotta kan nie wag om die volgende dag te begin verf nie. Sy probeer haar bes om mooi te verf, maar alles verloop nie volgens plan nie. Elke oggend as Lotta by haar prent kom, is daar wit smeermerke regoor haar prent en dan moet sy van voor af begin verf. Sy is seker dit is die werk van daardie simpel Berenice en haar bende: Emma, Hanna en Leigh-Anne (of Die Skaapkoppe, soos Lotta hulle noem). Lotta wil sommer maak of sy wurg en opgooi as Berenice so aansit en by die onnies kruip. Sy pes vir Berenice, met haar eie perd en haar vioollesse en haar ryk ouers en haar mondeling oor pandas!

Lotta moet hulle terugkry daarvoor, maar hoe? Boonop moet sy ook uithou met twee superirriterende kleinboeties wat nooit ophou praat nie en haar twee beste vriende wat kort-kort met mekaar baklei oor simpel goed soos watter soorte vlermuise vrugte eet.

Dan gaan Lotta en Chantelle vir haar verjaarsdag dieretuin toe. Hulle is aanvanklik nogal ontsteld oor al die diere in hokke en daarom maak hulle eers doodseker by almal wat by die dieretuin werk dat al die diere mooi behandel word sodat hulle nie sal uitsterf nie. Lotta sien reuseskilpaaie in hokke en is baie bly om te sien dat hulle baie gelukkig lyk en genoeg kos en water het. Die piekniek op die dieretuin se groen gras langs die aaphok maak dit haar beste verjaarsdag  ooit. 

Niks is ooit rustig in Lotta se lawwe lewe nie. Ek hou baie van hierdie reeks en het die ander boeke ook al gelees. In hierdie een het ek ’n klomp goed oor diere soos vlermuise, skilpaaie en pandas geleer.

Ek leen my boeke vir my maats uit, en het al agtergekom dat die vinnige én die minder vinnige lesers van Lotta hou. Ook dié wat effens ouer of effens jonger as ek is. Ek dink dis omdat die boek in dagboekstyl geskryf is (baie soos die Dagboek van ’n Wimp-boeke) en die prentjies is regtig skreeusnaaks. Hierdie boeke is maklik om te lees en lekker ook!

Ek sien voor in die boek dat die storie aanvanklik in Duits geskryf is, en toe in Afrikaans vertaal is deur Kobus Geldenhuys. Ek het al ander boeke ook gelees wat hy vertaal het, soos die Hoe om jou draak te tem-boeke deur Cressida Cowell. Ek kan amper nie glo dat hierdie boeke eers in ’n ander taal geskryf was nie, want dit lees regtig baie lekker in Afrikaans.

Kersfees is naby. As ek genoeg geld gehad het, sou ek regtig vir ’n spesiale maatjie die hele stel van Lotta se lewe wou gee.

The post Jeugresensie: Lotta se lewe – my skilpad kruip uit sy dop deur Alice Pantermüller appeared first on LitNet.

Jeugresensie: Spooksoene deur Troula Goosen

$
0
0

spooksoeneSpooksoene
Troula Goosen
Proteaboekhuis
ISBN: 9781485304074

Resensie deur Zoë Salzwedel (sestien jaar oud)

Wat sal jy doen as jy ‘n geheimsinnige uitnodiging kry na die hotel op Skimbaai? Dieselfde hotel waar die Haunted Hotel-saga verfilm word, en beslis dié spookhotel in die land?

Micki – of Muis, soos haar agterbakse vriendin Roxanne Foxx haar noem – kry op ‘n dag ‘n silwer boksie by ‘n wildvreemde ou in ‘n lang swart, sakkerige jas. Die boksie bevat ‘n uitnodiging vir twee persone vir drie dae en vier nagte in die Skimbaai Hotel. Dis hier waar Micki se silwerdoekheld, Voltaire X, se nuwe riller verfilm word. Aaaaa, Voltaire X, die aantreklike skimridder met die lui glimlag en die kepie in die ken! Micki sal enigiets doen om ‘n rol teenoor hom los te slaan, maar daar is ‘n klomp dinge wat hierdie droom pootjie. Soos die feit dat Roxy beeldskoon is, en dat daar skielik ‘n yslike puisie op haar wat Micki is se neus uitslaan …

Dis gou duidelik dat dinge in die spookhotel net nie sin maak nie. Hoekom lyk dinge bedags in die helder daglig soveel anders as snags? Watter geheime lê agter kamer 13 se deur? Hoekom trek die koerantopskrif van TONEELGESELSKAP VERONGELUK IN STEIL PAS NABY SKIMBAAI, haar aandag so? Dwarsdeur die boek word Micki geteister deur vrae. Soos wie is die Sielieslurper? Was dit net ‘n droom of gebeur die vreemde goed regtig met haar? Wie is Joachim, en hoekom duik hy orals op?

Saam met Aldo, ‘n seun wat vakansiewerk in die hotel doen, beleef Micki ‘n spookagtige avontuur terwyl hulle die hotel se donker geheime probeer ontrafel. Sy leer vinnig dat mense nie altyd is wie hulle voorgee om te wees nie. Soos die Sielieslurper, wie se ware identiteit haar verstom! Skielik word haar wildste nagmerries ‘n nare werklikheid, en moet sy Charlie se geheim ontrafel om haarself te red.

Een middag gaan wys Aldo vir Micki ʼn swart-wit film in die solder. Dit is ʼn stilfliek waarin Charlie speel. Daar was ook beelde van ʼn huis, maar die huis wat presies lyk soos die Skimbaai Hotel. Micki is totaal gefassineer deur die beelde wat deur die projektor op die wit muur geprojekteer word, maar wat sê die beeldskone meisie? Die volgende oomblik flikker die lig en die skerm word swart en skielik kom Micki tot ʼn besef: die rok ... dit is dieselfde silwer rok waarvan sy die vorige nag gedroom het.

Vra jy dalk ook nou duisende vrae soos Micki? Wil jy ook weet wat toe geword het van die silwer rok? Wie is die vreemde Joachim? En wie is die Sielieslurper? Lees dan gerus die boek en kyk hoe Micki se avontuur ontvou.

Ek het die storie geniet, maar het tog enkele punte van kritiek. Dit het hier en daar gevoel of die storie bietjie meer uitgebrei kon word, asof ek inligting kort. Daar was min groei by die karakters, iets wat mens tog sou verwag moet gebeur tydens so ʼn intense ervaring. Die skrywer kon gerus ook meer beskrywend geskryf het – dit sou die boek ‘n lekkerder leeservaring gemaak het. (Ek sou byvoorbeeld baie meer agtergrond oor elke spook wou gehad het.) Dit was ook nie altyd duidelik presies watter dag dit is nie – soms het dit gevoel asof die storie veel langer as net drie dae geneem het om te ontvou. Daar was ook ander dinge wat gepla het, soos dat Roxy nooit eers die moeite gedoen het om enigsins na Micki te gaan soek nie.

Maar ten spyte van hierdie kritiek kan ek Spooksoene steeds aanbeveel vir almal wat van spookstories hou. Dit sal veral gewild wees by jonger lesers van so tussen tien en dertien – dis nie heeltemal vir ouer kinders nie.

The post Jeugresensie: Spooksoene deur Troula Goosen appeared first on LitNet.

Uitslae: Sanlam WOW Spelfees

$
0
0

wow_spelfeesDie beste spellers in die land woon in die Wes- en Noord-Kaap. Met 19 uit die 30 wenners in die nasionale ronde van die Sanlam WOW Spelfees wat in Stellenbosch gehou is, het die Wes-Kaap 11 van die wenners opgelewer terwyl agt uit die Noord-Kaap kom.

Al drie wenners in graad 10 is uit die Wes-Kaap, terwyl die wenners in grade 1, 2, 8 en 9 almal Noord-Kapenaars is.

sanlamspelfees

“Vanjaar se kompetisie was beslis ’n  hoogtepunt,” het ’n opgewonde Fiona van Kerwel, projekbestuurder vir die WOW-projek, gesê. “Dis die vierde jaar wat ons ’n nasionale kompetisie aangebied het en elke keer groei ons in getalle én in kwaliteit.”
 
Sowat 250 kinders van ongeveer 100 skole het Saterdag byeengekom om hul spel vermoëns te meet. Dit volg op ’n reeks uitdunne wat gedurende die jaar regoor die land aangebied is.

“Meer as 6 000 kinders het op skool-, kring-, distrik- en provinsiale vlak deelgeneem om ons vandag tot hier te bring,” het Saartjie Botha, direkteur van die US Woordfees (wat die WOW-projek insluit), tydens die prysuitdeling gesê.

sanlamwow8

Bri-Ann Cloete van Concordia (graad 9-wenner) wys haar staal.

Die leerders se uitsonderlike vermoë om reg te spel het die dag se program met sowat ’n uur oor die beplande tyd laat loop, omdat verskeie grade net nie tot ’n wenner kon kom nie. Die drie finaliste per graad uit elk van die nege provinsies het in rondes gespel. Sodra ’n fout begaan is, het die deelnemer uitgeval. Selfs die graad 2- en 3-leerders het byna drie uur aaneen gespel voordat ’n wenner aangewys kon word.

Frank Louw van die hoofborg, Sanlam, se afdeling vir Korporatiewe Sosiale Betrokkenheid het gesê hulle steun die projek omdat dit net nóg ’n manier is om WelvaartmeestersTM te skep.

Wenners het elkeen ’n kontantprys en medalje van Sanlam ontvang, asook ’n boekprys van NB Uitgewers. Die eersteplek-wenners het ook elkeen ’n iPad gekry. Ander borge sluit in kykNET, die Dagbreek Trust en Het Jan Marais Nationale Fonds.

Die Sanlam WOW Spelkompetisie is nou in sy negende jaar. WOW, ’n akroniem vir Woorde Open Wêrelde, het ten doel om ’n liefde vir lees en woorde by leerders te kweek. Die projek help ook jaarliks sowat dertien behoeftige leerders aan die Universiteit Stellenbosch deur die beskikbaar stel van aanvullende beurse.

Die Sanlam WOW Spelfees vir 2016 het reeds geopen. Besoek gerus www.woordfees.co.za en klik op WOW.

Foto's: Sharief Jaffer/Woordfees

sanlamwow11

Graad 9-wenners saam met Frank Louw (Sanlam), Michelle Cooper (NB Uitgewers), Saartjie Botha (US Woordfees) en Karen Meiring (kykNET).

 

Nasionale wenners per graad

sanlamwow3

Graad 1
1. Jayden Botha Alpha Primêr – De Aar, Noord-Kaap
2. Wayde Scheffers Alpha Primêr – De Aar, Noord-Kaap
3. Stefan Stieger Gansbaai Laerskool – Gansbaai, Wes-Kaap

 

sanlamwow1

Graad 2
1. Kaylin Schmidt St Cyprians Primêr – Nababeep, Noord-Kaap
2. Stella Malan Jan van Riebeeck Laerskool – Kaapstad, Wes-Kaap
3. Dirk van der Berg Laerskool Fairland – Randburg, Gauteng


Graad 3

  1. Jeane Scheepers Curro Heuwelkruin – Polokwane, Limpopo
  2. Kelly-Ann Damon Saxonsea Primêr – Atlantis, Wes-Kaap
  3. Rikus van Dyk Dirkie Uys Laerskool – Moorreesburg, Wes-Kaap

sanlamwow5

Graad 4
1. Alexa Viljoen Worcester-Noord Laerskool – Worcester, Wes-Kaap
2. Skyla Williams Springbok Primêr – Springbok, Noord-Kaap
3. Sonika Brits Laerskool Mooirivier – Potchefstroom, Noordwes

 

Graad 5

  1. Megan Oosthuizen Laerskool Kragbron – eMalahleni, Mpumalanga
  2. Ruben Maré Buffelsjagrivier Primêr – Buffelsjagrivier, Wes-Kaap
  3. Mikail Kohler Menlopark Laerskool – Pretoria, Gauteng


Graad 6

  1. Schalk Viljoen Laerskool Fairland – Randburg, Gauteng
  2. Angela Schindehutle Stellenbosch Laerskool – Stellenbosch, Wes-Kaap
  3. Dakeysha-Lee van Wyk Dr Izak van Niekerk – Springbok, Noord-Kaap


Graad 7

  1. Marelle Putter George-Suid Laerskool – George, Wes-Kaap
  2. Sigourney van Heerden Kleinzee Primêr – Kleinzee, Noord-Kaap
  3. Martin Landman Laerskool Mooirivier – Potchefstroom, Noordwes

sanlamwow4

Graad 8
1. Jonathan Faro St Cyprians Primêr – Nababeep, Noord-Kaap
2. Bernice Meiring Hoërskool Louis Trichardt – Louis Trichardt, Limpopo
3. Saskia Bowman Helpmekaar Kollege – Johannesburg, Gauteng


Graad 9

  1. Bri-Ann Cloete Hoërskool Concordia – Concordia, Noord-Kaap
  2. Miché Nel Hoërskool Sentraal – Bloemfontein, Vrystaat
  3. Zane Grobler HTS Middelburg – Middelburg, Mpumalanga

 

sanlamwow2

Graad 10
1.Jake van Dyk Bellville Hoërskool – Bellville, Wes-Kaap
2. Petru Pool Vredendal Hoërskool – Vredendal, Wes-Kaap
3. Matthys Carstens Durbanville Hoërskool  – Durbanville, Wes-Kaap

wow_banner

The post Uitslae: Sanlam WOW Spelfees appeared first on LitNet.

Fotoblad deur Chanette Paul: BookBedonnerdfees 2015

$
0
0

 

Skrywer Chanette Paul deel haar Richmond-feesfoto's. 

richmond1

Breyten Breytenbach en Dominique Botha se foto's is by die laaste geleentheid Saterdagoggend geneem. Die titel van die praatjie was "Voorlesings uit Oorblyfsels". Maar die gesprek het op Breyten se aandrang 'n tweegesprek geword tussen sy poësie en Dominique s'n. Baie ontroerend. Hulle het beurtelings voorgelees – onder meer Breyten as tweede stem in 'n lang gedig van Dominique.

richmond2

The Guild met 'n muurskildery van wat ek vermoed Oom Schalk Lourens van Herman Charles Bosman-faam is. 

richmond3

richmond4

richmond5

Hierdie drie foto's is van die dorp self. Die Kerk (waar daar 'n basaar was), The Supper Club (waar ons ete en drinke kon kry – danksy Peter Baker).

richmond6

My gunsteling is lesende man agter tralies (my betiteling). Die muurkuns – symuur van die biblioteek. Dit het vir my gelyk asof hy heeltemal bevryd is terwyl hy lees en die toeskouer uitgesluit is. Dis hoe dit vir my ook is wanneer ek lees. Daar is tralies tussen my en die werklikheid terwyl ek my verlustig in die "werklikheid" van die storie waarin ek my bevind. Bewaar die siel van die een wat my steur. ☺

richmond7

Hierdie foto is voor die biblioteek geneem waar die mense gewag het vir die volgende sessie.

richmond8

Hier is Harry Kalmer in gesprek met Francois Smith oor Kamphoer. Harry het ruimgeestig aangebied om vir Francois vrae te vra.

Ongelukkig het ek nie ook 'n foto ingekry toe Harry alleen gepraat het oor 'n Duisend stories oor Johannesburg nie. Daar was te veel koppe in die pad. ☺

Foto's en teks: Chanette Paul

 


BookBedonnerdfees 2015

Richmond: Wat’s die telling?

Clinton V du Plessis
Boeke en skrywers 

Fotoblad deur Darryl David

Darryl David
Boeke en skrywers


 

The post Fotoblad deur Chanette Paul: BookBedonnerdfees 2015 appeared first on LitNet.

Fotoblad deur Darryl David: BookBedonnerdfees 2015

$
0
0

Darryl David staan pa vir die Richmondfees. Hy deel sy feesfoto's van hierdie jaar.

bookbedonnerd1

“Die ongedanste dans. Wat ’n ongelooflike man, ’n legende!” – Darryl David oor Breyten Breytenbach

bookbedonnerd2

“Nou watter vloekwoord het ek nie gebruik nie?” – Darryl David oor Herman Lategan se foto

bookbedonnerd3

“Die nageregte deur Middelburg-sjef Adrienne Southey was onvergeetlik.” – Darryl David

bookbedonnerd4

Clinton V du Plessis, Breyten Breytenbach, Darryl David – foto geneem deur Marion Whitehead

bookbedonnerd5

“‘I sold THIS many books.’ Vernon Head, skrywer van In Search of the Rarest Bird in the World, het sy debuutdigbundel by die fees bekend gestel en 78 boeke verkoop. Dit is die beste in ons negejaar-bestaan. ’n Skrywer wie se naam ons nog baie in die toekoms gaan hoor.” – Darryl David

bookbedonnerd6

“Chanette Paul se nuwe boek, Offerlam, is in Richmond bekendgestel, maar die boeke is eers na Richmond in KZN en toe na Richmond Hill in PE. Maar alle paaie lei uiteindelik na Boekedorp Richmond en die boeke het laat Vrydag aangekom.” – Darryl David

bookbedonnerd7

Foto van Lien Botha deur Darryl David

bookbedonnerd8

Sweet!” – Darryl David

bookbedonnerd9

“Sonja Loots gee ‘n indringende, gesaghebbende lesing oor Marlene van Niekerk. Beter sal jy nie kry nie.” – Darryl David

 


BookBedonnerdfees 2015

Richmond: Wat’s die telling?

Clinton V du Plessis
Boeke en skrywers 

Fotoblad deur Chanette Paul

Chanette Paul
Boeke en skrywers


 

The post Fotoblad deur Darryl David: BookBedonnerdfees 2015 appeared first on LitNet.


De recente Zuid-Afrikaanse studentenprotesten vanuit een Vlaams studentenperspectief

$
0
0

dariorens_240“If the ANC does to you what the apartheid government did to you, then you must do to the ANC what you did to the apartheid government.” – Nelson Mandela (Congress of COSATU, 1994)

Vrijdagavond, 23 oktober, net thuis aangekomen van het Gents Colloquium over het Afrikaans, kreeg ik van een van mijn Zuid-Afrikaanse vrienden het korte, maar veelzeggende bericht: “#FeesHaveFallen”. Oprecht verscheen er een glimlach op mijn gezicht. Het was hen gelukt.

Als student taalkunde aan de Universiteit Gent, heb ik afgelopen zomer in Potchefstroom doorgebracht in het kader van een uitwisseling om me daar volledig te laten onderdompelen in de Afrikaanse taalkunde. Uiteraard heb ik daar niet alleen Afrikaans geleerd, maar ook kennisgemaakt met het Setswana, de Afrikanercultuur en de Zuid-Afrikaanse sociale en politieke context.

Tijdens mijn verblijf in Zuid-Afrika was de Open Stellenbosch-beweging in opmars, maar meer dan duizend kilometer landinwaarts, in die andere Afrikaanstalige universiteit, die Noord-Wes Universiteit Potchefstroom Kampus, was er geen vuiltje aan de lucht. Verwonderlijk als je weet dat de campus vorig jaar nog negatief in het nieuws kwam rond racistische en zelfs fascistische initiatiepraktijken. Toen ik steeds meer contacten legde met lokale studenten, kreeg ik nochtans het gevoel dat er nog veel ruimte is voor transformasie. Maar al te vaak heb ik Afrikaners betrapt op - naar Vlaamse normen - racistische uitspraken. Ik benadruk naar Vlaamse normen, omdat Vlamingen iets kennen als wat ik zelf woonkamerracisme noem: binnen sommige Vlaamse gezinnen heerst nog steeds een racistisch discours, maar is het niet bon ton om dat discours in het openbaar te gebruiken, dat terzijde. Of die racistische uitspraken alleenstaande gevallen waren of dat die er door de opvoeding ingebakken waren, wil ik me niet over uitspreken, maar naast racistische uitspraken waren er ook baie voorvallen van uitsluiting op basis van huidskleur en religie en was er zelfs één geval van fysiek geweld. Kortom, transformatie is nodig.

Ik was dan ook blij om op het einde van mijn verblijf te horen dat de proteststemmen op de Puk (de bijnaam van de campus) luider werden. Na mijn terugkomst in België (begin oktober) ben ik dan ook alles op de voet blijven volgen via de sociale media. Ondertussen had een groep studenten de Reform Puk-groep opgericht en enkele eisen opgesteld om zo het racisme en de uitsluiting op Pukke tot een minimum te beperken en ook eenheid onder de studenten te creëren. Het is dan ook jammer om te zien hoe op de sociale media meteen een anti-Reform Puk-pagina werd opgericht door de studentenraad van Pukke, NWU-Pukke Breek die stilte. Zogezegd om iedereen een stem te geven in deze gevoelige discussie, maar aan de censuur blijkt duidelijk dat vooral tegenstanders van de Reform Puk-groep en gematigden een stem krijgen op deze pagina. Afgaande op het aantal likes is ook meteen duidelijk wier stem daadwerkelijk niet gehoord wordt.

De protesten van Reform Puk hebben echter snel moeten wijken voor protesten over een “prangendere” kwestie, namelijk de verhoging van de studiegelden. De regering-Zuma besloot om de studiegelden volgend jaar tussen tien en twaalf procent te verhogen, waarop protesten aan de Universiteit van de Witwatersrand, Johannesburg, losbarstten. Wat een kleine twee weken geleden begon als een “zitstaking” of bezetting aan de Universiteit van de Witwatersrand heeft zich als een razend vuur verspreid over het hele land. De protesten kregen onder andere ook steun vanuit Londen en Sydney. #FeesMustFall en #NationalShutDown waren dagenlang trending op Twitter.

Hoewel de studentenprotesten lang gespaard gebleven zijn van geweld (op enkele kleine incidenten na), vielen woensdag de eerste gewonden en werden de eerste arrestaties gemaakt. In Kaapstad probeerden agenten een groep studenten die voor het parlement aan het protesteren was, uiteen te drijven, maar toen dat niet leek te lukken, besloten ze traangas te gebruiken en lukraak protesteerders te arresteren. De regering had niet kunnen voorspellen dat dit de katalysator zou zijn van nog twee dagen nationale studentenprotesten, waarbij de studenten nog gemotiveerder waren en ook de hoofdgebouwen van het ANC omringd werden door studenten. Vrijdagavond, 23 oktober, kreeg ik van een van mijn Zuid-Afrikaanse vrienden het korte, maar veelzeggende bericht: “#FeesHaveFallen”. Oprecht verscheen er een glimlach op mijn gezicht. Het was hen gelukt.

Studentenprotesten hebben zich doorheen de geschiedenis van Zuid-Afrika ettelijke keren bewezen als aankondigingen van grote veranderingen. De toekomst moet uitwijzen of ook deze protesten dat zullen doen. Een ding staat vast: bij vele jonge idealisten is het vertrouwen in het ANC gebroken en zij zullen misschien naar alternatieve partijen zoeken om hun idealen te vertegenwoordigen. De volgende nationale verkiezingen zijn pas in 2019; het ANC heeft dus nog voldoende tijd om het verbroken vertrouwen terug te winnen, of het daarin zal slagen is nog maar de vraag.

Het was mooi om studenten, ongeacht kleur, de handen in elkaar te zien slaan. Dit was het toonbeeld van het getransformeerde Zuid-Afrika. Misschien was dit wel wat Mandela bedoelde met de regenboognatie. Als Vlaamse student en zelfverklaarde rebel kan ik alleen maar jaloers zijn op zo’n samenwerking, zo’n volharden en zo’n toewijding en had ik dit nog graag meegemaakt. De dromer in mij hoopt dan ook het eens mee te maken in Vlaanderen. Misschien moet de regering nogmaals onze studiegelden verhogen?

  • Mijn gedachten gaan nog steeds uit naar de Reform Puk-groep en de Potchefstroom-campus, die nog een lange weg af te leggen hebben.

Artikel fascistische initiatiepraktijken

NWU-Pukke Breek Die Stilte op Facebook

Reform Puk op Facebook

The post De recente Zuid-Afrikaanse studentenprotesten vanuit een Vlaams studentenperspectief appeared first on LitNet.

Flame in the Snow – the love letters of André Brink and Ingrid Jonker

$
0
0

Karin Schimke, journalist and poet, talks to Naomi Meyer about her translation of some remarkable love letters.

extractletter1

Karin, you’ve just completed a project in which most Afrikaans and many other bookish people would be interested. What have you been busy with?

In June this year I was asked by Fourie Botha from Umuzi whether I’d be interested in translating, from Afrikaans into English, the letters that Ingrid Jonker wrote to André Brink during their love affair which lasted for two years from 1963 to 1965.

It was an enormous and complex project. There are more than 200 extant billet-doux. Leon de Kock translated André’s letters. It felt right that the translation was done by two people, not only as a practical solution – since there were so many letters – but because it helps to capture two very distinct voices. Leon is an academic, the way that André was. Ingrid wasn’t, and neither am I.

extractletter2

extractletter7

Is it true that André Brink initiated the process? And did he keep all his own love letters to Ingrid Jonker?

Yes, the fact that both sets of letters – almost complete except for a few items here and there – existed together, is really quite remarkable. It’s because of André’s own thoroughness, which, I have come to understand from his widow, was a lifelong habit.

André’s original letters do exist, but they were torn to shreds after Ingrid died. These pieces exist and and form part of Gerrit Komrij's Ingrid Jonker collection in Portugal.

However, there were copies of all André’s letters – because he wrote on carbon paper – and it was these copies, together with Ingrid’s original letters, that he kept in his study in a large brown envelope for fifty years.

Why André wrote on carbon paper, one can only guess at. Thoroughness? Self-consciousness? A desire to read back what he had written to her? Ambition, perhaps? But they also discussed their work with each other and perhaps he wanted to keep a record of his ideas.

What does translating mean to you?

Translation is an imperfect art. If perfection is the aim, you have failed before you have begun. But even if you accept that you are working towards an imperfect goal, you still struggle along the way – when you feel you have to forego shades of meaning, or innuendo or (especially) subtle jokes that are best understood by a mother-tongue speaker.

There are two things that were important to me: I wanted the English text to read as smoothly as possible, but without making Ingrid sound as though she had written in English. I wanted to retain some of the texture of Afrikaans.

How I tried to overcome turning her voice into an English South African one was to steer as close to the source text as possible.

What made it easier was that Ingrid spoke plainly. There was nothing pretentious about her writing, nothing artificial. She was one of those people who “speaks on the page”. Her voice, her moods and her excitement all revealed themselves in simple ways. There was no artifice.

You translated the love letters of arguably the most well-known Afrikaans Romeo and Juliet of the Afrikaans literary world. Did you ever think about this while translating Ingrid's letters?

Oh, I thought about it all the time!

Because of the time constraints on the project we had no time to read the full manuscript before starting the work. The longer I translated, the less sense I had of what was going to happen next and each day’s work was like watching a new petal unfold on a closed bud. It was – and I apologise for the cliché – gripping. When I closed my computer at night, I would wonder what happens next and I’d approach my computer with a sense of anticipation every morning. No, it was not drone work. It held me entirely. It wasn’t mere engagement with words.

Do you, in hindsight, feel that you got to know the person/people who wrote the letters?

There are two parts to this answer.

Because, as I mentioned before, I could not read the entire manuscript before starting, I read André’s letters only here and there to cross-reference or to gain some context where they appeared to have a direct impact on what Ingrid was writing. So only one side of the story was unfolding before me daily.

In that story I felt as though the whole of Ingrid Jonker was being revealed to me. I had a strong sense of her daily preoccupations, her passions, aspects of her personality and themes in her life.

For instance, Ingrid wrote in a fairly haphazard way, changing tack mid-paragraph, inserting brackets which contain what appear to be entirely unrelated stories to the one she was busy with, returning to comment on things she had said earlier, in the middle of some other bit of gossip or news.

I came to see that this fitted a pattern within her life. She was – and this is what André so admired about her – unfettered and unconventional, in quite the most natural way. She was also moody. This is something one knows from other sources, but it is clear in the letters that she is highly emotional. So what is revealed in this correspondence confirms much of what one has gleaned over the years about the person behind the poems.

However, it was only once I read the entire text, front to back, that I felt more of Ingrid became exposed to me. Her letters are of course not simply one-sided ruminations. They’re not diary entries. They are in reaction to – in a dance with – another person. How what André does and thinks and writes affects her, made a fuller and more lustrous picture of her emerge.

I found, for instance, that I saw in her a stoicism I had failed to see when I had only read her letters.

Of course it would be arrogant to say “I know her”, “I know what made her tick”. Every human being remains their own ultimate mystery – to themselves and to others.

She still scratches at me. I wish I could interview her.

extractletter3

extractletter6

Authors are sometimes told not to take a review too seriously, because the opinion is on the text and not on the writer as a human being. Did you feel that you could separate Ingrid Jonker from her love letters?

Ingrid’s poetry was deeply and unashamedly personal. She didn’t, like André, try to grapple great ideas into long novels. Her work feels grounded and embodied. There is a presence and immediacy in both her poetry and her letters and they seem, to me at least, inseparably, undividedly hers.

And yet how she arrives at things, at images and metaphors, remains mysterious and enticing.

When John Kannemeyer wrote about her in Geskiedenis van die Afrikaanse Literatuur he was very dismissive of her poetry and I felt, when I recently reread it, that it did, somehow, also dismiss the person. It is clear to me from the letters that being dismissed, sidelined and even reviled was part of Ingrid’s experience of the world. She was not a conformist. I think she had no idea how to be. And being non-conformist is difficult even under the easiest circumstances – and her circumstances were never anything but difficult.

Who was Ingrid Jonker?

She was, first and foremost, a struggling single mother working in soul-destroying jobs.

There is much to read about Ingrid – her politics, her poetry, her clashes with her father, her relationships and friendships. But the single most draining and wearying fact of her life – that every day was a physical, spiritual and financial struggle – has been mostly overlooked or underestimated.

And yet it goes to the heart of what it is like to be a woman in a world in which men are easily able to pursue and nourish their talents, while women have a great number of little hurdles and expectations to negotiate and hoops to jump through. Sometimes, if they are lucky, they can break off little in-between moments to practise their art. Ingrid wrote her poems on the bus and dreamt of having a study like André did.

She wants to be a good mother and she wants to be a good writer. But, in fact, she is a whirling dervish, rushing to work, rushing to fetch her daughter, struggling to pay the rent. And so utterly alone in the world, in spite of a large and mostly warm group of friends. Her daily struggles – like all single mothers’ – are mostly invisible to the outside world and are hers alone. I think they were too hard, too many and too insurmountable. She had talent and success, and she committed suicide, so we remember her with great empathy and sadness, but I couldn’t help thinking about how many Ingrids there are around us every day and we don’t notice them. We don’t know that they, like Ingrid, have great dreams, have unexplored talents or just a desire to live a life of dignity without the constant merciless struggle against tiredness and poverty and the crampedness of life that seems to have no obvious prospects.

I think Ingrid was that person. But she was also cheerful, sharp, witty, warm, as well as unconventional and unpredictable. It feels to me as though André saw only these things in her, not the whole person – not the ungovernable struggle of daily life. His little cheques here and there helped to some degree, but they didn’t take account of the relentlessness of a single mother’s daily slog.
vlamindiesneeu_engafr

How did you translate her letters - and did you translate her poems as well?

I translated her letters in as straightforward a way as possible. Sometimes things were difficult to understand because of her haphazard and flighty style, and I tried as far as possible not to interpret, but simply to reflect. I did not translate her poems. The editorial team took a decision to use the Afrikaans Vlam in die sneeu as the source text for the English, but to use Black butterflies (selected poems translated by André Brink and Antjie Krog) as the source text for her poems. This means that sometimes there is a difference between the Afrikaans poems, which are often in their earliest versions, in Vlam in die sneeu, and those that appear in the English text.

Did you use any other books/texts as resources or aids for your translations?

Apart from my dictionaries, the books beside my computer were Petrovna Metelerkamp’s Ingrid Jonker – A Poet’s Life, André’s memoir A fork in the road, and Louise Viljoen’s Ingrid Jonker.

Did André Brink and Ingrid Jonker write to each other solely in Afrikaans?

Yes. They always wrote in Afrikaans, but the letters are peppered with other languages. Ingrid enjoyed Walt Whitman and quoted him – and other American poets – often. Both read prodigiously in Dutch.

André also quoted texts from other languages. At one point, when things are stiff (but always polite and loving) between them in the letters, following a falling-out, Ingrid reminds André in a rather curt way that she doesn’t read French.

I read two feelings into this, both of them quite well tucked beneath the surface of her letters: a sense of inferiority about the lacunas in her education – of which there were a great many, and especially in relation to André’s, which was incredibly rich and privileged – and an irritation with his assumptions that everyone was as educated as he.

Trying to decide what to translate and what not to translate caused the translation and editorial team quite a number of headaches. Both the Afrikaans and the English texts are meant for a general readership and a decision was taken early on not to burden readers with explanatory annotations and footnotes. Also, Leon and I could not translate every non-Afrikaans quote, passage or poem into English. And, of course, Ingrid and André wrote fast and passionately and often quoted things from memory, so there are inaccuracies in quotes too. It was quite a task and it really came together because of really dedicated teamwork between the translators and editors.

extractletter4How long did their relationship last?

The relationship lasted two years and it was on-again, off-again, as was her relationship with Jack Cope.

My strong sense was that she would have liked things to be different. She wanted stability and clarity. I don’t think she would necessarily have been able to provide it for a partner in return – that she was fiery and flighty and “difficult” seems evident in so much of what remains about her – but I think it was her greatest need: to have someone she could reliably lean into and on; some solid ground beneath her feet.

Much of the arc (and many of the details of their relationship) is available to the reader of Flame in the snow, but much of it is enticingly missing. They spent a few “stolen times” together for weekends, or days, away and – disastrously – overseas in Paris and Barcelona – and during those times they do not correspond so we are not privy to what “went down” – and a lot went down! The allusions to them in the letters that follow those times are tantalising.

There are also phone calls and tapes that they made for each other. So some of the detail is lost. And yet these “holes” do not jeopardise the text as a whole.

Do you think that both writers loved their own words and ideas – and that a real flesh-and-blood human could perhaps only be a disappointment?

Oh yes! Please allow the amateur psychologist in me to answer this. There is so much projection going on between them – but especially from André towards Ingrid – that this correspondence also reads like an abject lesson in how blind we are when we’re in love.

Ingrid very clearly embodies a potent desire in André to break free from a staid, bourgeois existence, and he says as much, often, but obviously without any insight that he is indulging in fantasy.

André, on the other hand, makes what I think are sincere promises to Ingrid – in complete denial of the blatant impossibility of their situation – and while Ingrid takes a while to trust him, she, too, throws herself wholeheartedly into something which, on even the most superficial inspection, shows itself to be a mere chimera.

Just how “mad” their connection is manifests in the shared fantasy of creating a child – a “moesiekind” – together.

They have imbued each other and each other’s words with the magical properties each most needs. That their love affair was one of those grand life set-ups for a hard lesson learned is completely invisible to them.

They were young. We’ve all made these monstrous mistakes of projection and denial. They don’t always turn out quite as badly as Ingrid and André’s story, though.

I think this is partly why this is such a gripping book: we recognise ourselves in their story. Our silly, cheesy, hopeful, ambitious selves. Our best selves. Our most vulnerable and naive selves.

Translation is in the news – I’m thinking of the Open Stellenbosch debate, for example. Can translation help to open up the worlds of other people?

Where else could it begin? At being human of course, but how do we access one another’s humanity when we have a single, flawed, common language to do it in? We need multiple flawed common languages – and still our worlds will remain partially shut to one another. It is part of the human condition to be trapped inside language.

Perhaps the simplest place to start is not with translation, but with each person undertaking to learn another language.

Mother-tongue speakers are – for the most part – friendly and welcoming to people who attempt to communicate with them in their language, so why are we so afraid to try? It’s laziness. English wins and the more it wins the more people speak it and the less they speak their own languages or bother with others. If you speak the culturally and economically dominant language, why would you bother yourself with others? It breeds a kind of arrogance, hegemony and laziness. Language imperialism.

So the challenge – for me all social challenges, actually – begin in the tiny universe of the personal. Firstly, if you can translate something you think is worthwhile translating into any language, translate it.

I once wrote an article about the importance of reading to children and a woman wrote me a letter (an old-fashioned one that came in the post!) from the KwaZulu-Natal Midlands and said that it was so full of useful advice that she would like to translate it into Zulu. She did. She wasn’t paid by anyone, but the article was translated and published and presumably someone, somewhere who had been unable to access it before was able to read it in their home language. Translation seems to me an act of love and a high sense of responsibility to the difficult act of learning to be human in spite difference.

Secondly, we could learn another language. Okay, that’s easier said than done, but it’s not impossible. Learn vocabulary, if you can’t start with the task of sentence construction. Learn some greetings and learn to respond when someone says “Uthetha isiXhosa!?” with surprise and delight and you can answer them, brokenly, “Ewe, ndiyay’ qondi kancini” – “I understand a little.”

It’s hard, but God, most of the time we all feel so helpless and clueless about how to reach across the various abysses that divide us. Here is one that is breachable with just the tiniest bit of effort.

I was fascinated, during the translation of the Brink-Jonker correspondence, by how actively and easily writers then engaged with other languages. And because of many of the Sestigers’ natural curiosity about other languages, great works of world literature are available in Afrikaans.

ingridjonkerlock

This is a photo of a lock of Ingrid Jonker's hair, which she cut off in André Brink’s presence. There is reference to this in their correspondence. Karina Szczurek, André's wife, recently discovered the lock in one of his copies of Ingrid's collection of poetry, Smoke and Ochre (Rook en Oker).
Photo by Karin Schimke.


What was the most interesting aspect of this project?

So many things. I was fascinated by just how unusual Ingrid Jonker was and how lonely it must have been. She would have been considered a little eccentric now, but back then she must have had to fight back a deluge of disapproval about her way of life daily. She was so independent, so outspoken and constitutionally unable to conform that I think life must have been pretty hard for her.

I was fascinated by the Cape Town that emerged from the letters and it led me on a mad hunt for old photographs and details. I wrote a feature-length article about Ingrid’s Cape Town for High Life magazine as a result of that fascination.

I was interested in the dynamics of the mother-daughter relationship. Ingrid tried so hard to be a good mother, but although she was loving and always tried to do the right thing she was also erratic and unreliable. I think an erratic parent is one of the hardest things to negotiate as a small child and I really felt for little Simone. It must have been bewildering for her.

I was interested in comparing how much women have been liberated from the kinds of bonds Ingrid was constrained by. Sadly, not very much, by my calculations.

As for the act of translation, the usual sorts of questions arise: To be literal or interpretive? To remain as close as possible to the original, or to feel the freedom to create newly?

Always these questions were answered by the text itself: I wanted merely to act as interpreter. I wanted to tell English readers what Ingrid had said in Afrikaans. I wanted them to come to the text with the benefit of their own curiosity.

Ingrid’s voice is vivid and that was all I wished to convey. No analysis. No interpretation. Just the voice of Ingrid.

Did you – an acclaimed poet yourself – ever want to change Ingrid Jonker's words while you were translating?

Actually, the instinct I had to repress most was the journalistic one. “Jislaaik, Ingrid, this is a knotty mess, let me straighten out this paragraph for you. Let me correct your spelling and fix your punctuation, which really, really sucks at times!” But I mostly didn’t. I simply read and read and reread every confusing piece until it made sense and then I translated it. Ingrid’s sense is there and once you “hear” her voice, you hear her sense. It’s scatty and kooky and wild and at times infuriating, but she cannot be accused of not making sense, even if it isn’t sense in the way a journalist likes it: neatly packaged and perfectly punctuated little paragraphs that flow from one to the other.

Who was the man to whom Ingrid Jonker wrote her letters?

He comes across as warm, loving, generous and kind. He had an astonishing work rate and an insatiable appetite for everything – books, music, knowledge, food, sex. In fact, he seems driven by these appetites. They are appropriate appetites in people under twenty, in any age, really, but I think sometimes they rule us destructively and things get broken.

You cannot hold someone’s youth against them. He was dithering and confused and sometimes stubbornly myopic and lacking in self-insight. But he was young and had been afflicted by the hopeless madness of love. It happens.

Who worked with you on this project?

This project’s lynchpin was Francis Galloway, the Afrikaans editor, who made herself available for queries from the translation team. I cannot imagine who else might have been able to handle her job with the same grace and humour and a bottomless, mind-boggling knowledge on the subject of the Sestigers. She is like a walking encyclopaedia and full of fascinating anecdotes and tidbits. And super-quick about answering e-mails.

Lynda Gilfillan was the English editor. She had to plait together what was, in essence, three texts into one aesthetic whole: the Afrikaans, the André part and Ingrid part. She had to ensure fluency, consistency and flow. I think she did a magnificent job of creating a wholly independent and readable English text. I thoroughly enjoyed reading the end product.

Could André Brink and Ingrid Jonker have grown old together if she had not committed suicide?

No.

The post Flame in the Snow – the love letters of André Brink and Ingrid Jonker appeared first on LitNet.

Skielik alleen

$
0
0

Op ’n dag as ’n mens bewus word van die grootheid van die heelal en die wondere van lewe, is daar niemand om daaroor te praat nie. Daar word getwis oor gays.

CM

The post Skielik alleen appeared first on LitNet.

So gesels die prent teen my muur

$
0
0

Dit is ’n valerige prent met ’n ewe vaal raam. Vir jare sien ek elke dag hierdie skildery met sy ou skakelhuise, hul verweerde verf en pleisterwerk en die bewolkte lug, asdrom en lamppaal op die voorgrond en vir jare sien ek niks meer as dit daarin raak nie.

Teen die muur in my kantoor hang hierdie olieverfskildery wat ’n straattoneel van die ou Kaap, die huisies in Soutrivier van ouds, met ’n ets van Tafelberg wat op die agtergrond uitloer. Dié Tafelberg sonder strepe toeriste en voor die bergies en vuurslaners.
Die ses mense in die skildery is net beelde, fiktiewe figure sonder bestaan. Langbroekdraers wat soos mans lyk. Die een stap op en die ander een is op pad af in die straat. Duskant staan twee op die sypaadjie en lyk of hulle gesels en doer ander kant rus ’n man teen ’n muur. Maar, dit is die straattoneel wat tot vlak teen die raam van die prent loop, wat raakpunte uit my verwysing druk. ’n Straat stil sonder motors en vroue, met seemeeue wat wydvlerk sweef en ’n kindjie in die middel van die pad, wat netsowel uit my geheue na my aangestap kon kom ...

Herinnering
Hennie Fritz

My mater,
die herinneringsding
is ’n rower en stoker
’n laspos ten beste
van onmin ten slegste.

Sin skuil skugter
agter die gordyn van herinnering.
Nogtans, trek hy verstomd
die lap stadig weg, ritselend,
verwagtend, om nie hier-en-nou daar te vind.

Gegiet en goor gevormd
deur die illusie in herinnering
laat hy sy hartseer
en sy gedagtes verfrommeld
groet soos ’n vreemdeling.

Oor vergange dinge en tye
en blydskappe wat eens eg gelyk het,
sit ek,
en staar,
na ’n spieël, wit, sonder gesig.

Hoe skril is die waarheid se ontnugtering
hoe eenvoudig klein
verward waardeloos lyk die onthou,
die verlede,
en sy gebeure, sy herinnering.

Sal hy die oorblyfsels van vergange hout
uit die vuur van herinnering bly grawe,
dit strooi op die voetpad van sy geheue?
Of sal hy lewenswarmte in as probeer blaas;
vir ewig en nog meer vasklou, soos ’n dwaas?

So baie skrywers en digters en aspirant rubriekmakers neem graag die klawerbord onder een arm en hul nostalgiese herinnering onder die ander. So baie van ons onthou met seer verlangende heimwee die dinge wat was. Die dae toe ons nog jonk was, of die dae toe ons sorgeloos was, of die dae toe ons nog kon werk of loop of ... bloot onthou.
So baie van ons is vir groot gedeeltes van ons stiltye doenig met herinneringe wat juis net dit is ... “oorblyfsels van vergange hout”.

In die sogenaamde sosiale media word daar elke dag tientalle nuwe “filosowe” gebore. “Vriende” wat die lewenswaarheid van ander as apostels verkondig en geloofsbelydenis doen, wat mekaar moet motiveer om van die verlede te vergeet en die waarde van hier-en-nou te koester en te lewe asof daar nie ’n môre sal wees nie. Waarhede in woorde op prentjies vol hoop, regte kalme kleure en waterstrome. Waar duiwe teen die prag van die hemelruim invlieg of die aansteeklike glimlag van Mahatma Ghandi onder ’n aanhaling, wat regtens of verkeerdelik aan hom toegedig word. Aanhalings soos ... “Live as if you were to die tomorrow, learn as if you were to live forever”.

Ek weet nie so mooi nie.

Soms, nee eintlik meestal, “pen” ek gedagtes wat uit gister en vandag se ervarings op my inwerk op die skerm voor my neer. Soms wil-wil ek myself wysmaak dat dit onnodig is om met jou gedagtes oor dié of daai saak op jou mou mee rond te loop. Soms kry ek dit nogal reg om eerder die ander pad te kyk en gedagtes van een affêre, vir ’n ander te verruil. Soms is dit regtig moeilik.
Dit is asof die gebeure, werklikhede en gedagtes daar rondom, hulself keer-op-keer op my “voorstoep” kom tuis maak en dit dan bykans onmoontlik is om te ignoreer of selfs weg te wens. Sou ek probeer, dan krap dit my gemoed om en druk dit, totdat die gestoei in gedagtes in ’n geskrif uitkom; as’t ware deur my gestel uitgespoeg word.
Waarna ek uitgeput, verlos kan terugsit.

Elke dag beweeg elkeen wat ek ken op die een of ander wyse op-en-af tussen waar hulle moet wees en waarheen hulle wil teruggaan. Werk toe, skool toe, huis toe, winkel toe, waar ook al toe. Op elkeen van daai paaie is daar daagliks goeters wat ons aan iets êrens herinner.
“Die mooi skrale dingetjie wat op die sypaadjie draf lyk nogals soos daai meisie wat almal oor gaande was in standerd 7; wat was haar naam nou weer?”... of
“Ek moes nooit die Cortina verkoop het, jinne daai kar het darem krag gehad”... of
“Daai dakverf is aaklig, lyk soos Tant Lenie-hulle se spoorweghuis van destyds. Dit was nie lekker daar nie.”... of ...
En so dink ons, onthou ons, vergader ons gedagtes van gister en spandeer ons hulle vandag; hier en nou.

Nee my “vriende”, die kindertjies speel nie meer in ons strate nie. Die buurmanne kom nie meer op die straathoeke byeen nie, maar die meisies doen wel.
Die Seemeeue sweef nie net nie, hulle plunder asblikke en word deur Hadeda’s verjaag.
Ons herinneringe en heimwee oor wat was en die verlange na wat kon gewees het, is niks anders as ’n verstandsklug wat gemaklik ingespan word om ons te beskerm en selfs te regverdig nie. Te midde van ons hunkering en verlange na wat eens was, verloor ons empatie met hulle wat nie kan verlang na iets wat hulle nooit gehad het nie; met hulle wat hoop dat môre nie sal opdaag nie, sodat hulle juis nie vandag hoef te onthou nie.

Soms is ek self iemand wat ’n fiktiewe figuur op ’n afstand geword het.

The post So gesels die prent teen my muur appeared first on LitNet.

God se Woord verander nie. Of hoe?

$
0
0

Hierdie webseminaar spruit voort uit die volgende LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikels en neem die gesprek rondom die besluite omtrent selfdegeslagverhoudings wat op 9 Oktober 2015 in die Algemene Sinode van die NG Kerk geneem is, verder:


Homoseksuele predikante: ’n Regs- en morele dilemma

 

Helena van Coller
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

Homoseksualiteit en sewe klassieke Bybelse tekste: Antigay of misverstaan?

 

Ernest van Eck, Ralph Barnard
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)


 

God se Woord verander nie. Of hoe?

Die aarde is nie plat nie en staan ook nie op pilare nie. En die son draai nie om die aarde nie, maar andersom. Al sê die Bybel iets anders. En die meeste Christene het nie probleme daarmee nie. Is dit omdat hulle die talle tekste daaroor misgelees het deur die jare? Of is dit omdat Galilei en Kopernikus se destydse “ketterse” standpunte die toets van die eeue deurstaan het?

Baie Christene het probleme met die NGK se onlangse besluit dat dit nie sondig is as gay mense in liefdevolle verbintenisse saamleef nie. “God se Woord verander nie,” voel hulle. En wat geskryf staan, staan onverbiddelik vas. Hoe kan die kerk nou aanvoer dat wat voorheen verkeerd was, nou skielik reg is? Is dit die Zeitgeist (tydsgees), soos die NGK Vredelust aanvoer, wat hiertoe gelei het?

Dit is beslis nie ’n onbillike vraag nie. Die meeste van ons het die Bybel vir dekades gelees in die gees van Billy Graham se standpunt: “God said it. I believe it. And that settles it.”

Is dit werklik so eenvoudig? Soms praat die Bybelskrywers nie uit een mond oor sake nie. Wat dán? Het God meer as een standpunt oor ’n saak? Of is dit die skrywers wat verskillende perspektiewe oor sekere sake het?

Neem nou maar ’n enkele voorbeeld, soos die uitsprake oor ontmandes. Daaroor is daar sterk uitsprake in Levitikus en Deuteronomium:

▪ Levitikus 21:18–20: Geen persoon wat 'n liggaamlike tekortkoming het, mag offer nie: geen blinde of kreupele of iemand met 'n misvormde gesig of liggaamsdeel ... of 'n beskadigde geslagsdeel nie.

▪ Deuteronomium 23:1: Iemand wie se geslagsorgane verbrysel is of iemand wat ontman is, mag nie lid van die gemeente van die Here wees nie.

Dit is glashelder: ontmandes of iemand met beskadigde geslagsdele is nie welkom in die gemeente nie. “God said it. I believe it. And that settles it”? Nee, sê Jesaja 56:3–7, hierdie wette is ’n probleem in ons huidige situasie:

“'n Nie-Israeliet wat by die volk van die Here aangesluit het, moenie dink: die Here sal my van sy volk afsny nie. 'n Ontmande(sarim)moenie van homself dink: ek is maar 'n droë boom nie. So sê die Here: Aan die ontmandes (sarim) wat my sabbatte onderhou, wat kies vir wat Ek wil, en wat lewe volgens my verbond, aan hulle sal Ek in my tempel en aan sy mure 'n teken gee, 'n erenaam wat beter is as seuns en dogters ...” (Jes 56:3–7)

Hoe nou gemaak? Die ouer wette bepaal dat ontmandes nie mag deel wees van die gemeente nie. Maar Jesaja 56 gee vir hulle ’n erenaam in die tempel met ’n “So sê die HERE”? Praat God nou anders?

Ontmandes se plek in die destydse beskawings: geminag én gebruik

In antieke tye was manlike geslagsdele ’n saak van baie groot belang. Mans het al die strukture van die samelewing oorheers: die politiek, regstelsel, ekonomie, godsdiens en die gesin. ’n Vrou kon nie eers as wettige getuie geroep word in ’n regsaak nie. ’n Ongetroude vrou was nog haar pa se eiendom. ’n Man se vroue, kinders en slawe was deel van sy besittings. Daarmee kon hy doen wat hy wou binne die raamwerk van die etiese gedragskodes van sy groep. Die vrou se taak was om kinders in die wêreld te bring, die huishouding goed te laat verloop en ’n goeie minnares vir haar man te wees. Die spelreëls was duidelik en eenvoudig.

Manlikheid was die draer van waardigheid. En gesonde manlike geslagsdele het jou manwees bepaal. ’n Man met ereksieprobleme of een wat nie in staat was tot voortplanting nie, was nie ’n ware man nie. Sy identiteit was geskend. Hy was ’n vrou in ’n manlike liggaam. Trouens, hy was minder as ’n vrou. ’n Vrou kon immers nog kinders baar. Ontmandes was suurstofdiewe – goed vir niks.

In die destydse Mediterreense wêreld is ontmandes as ’n soort derde-“geslag”-mens beskou.1 Beskrewe potskerwe wat in Egipte ontdek is (2000–1800 vC) dui drie genders van menswees aan: mans, vroue en ontmandes.2 Op die albaster-Warka-vaas (18de eeu vC) word ’n Sumeriese skeppingsmite geëggo: Moeder Aarde het ’n liggaam gemaak sonder manlike of vroulike organe om in diens van die koning te staan.3

Vanaf die 12de eeu vC word eunugs gereeld in Assiriese paleisdekrete as paleisbeamptes vermeld. Vanaf die 8ste eeu vC was hulle was deel van die keiserlike lyfwag, veggeneraals en regeerders van verskeie provinsies van die Assiriese Ryk. Sanherib het sy hoofeunug of rab’saris gestuur om die keiserlike belasting by koning Hiskia van Juda af te pers – sonder sukses (2 Kon 18:17–19:37). Later het die Babiloniese heerser Nebukadnesar ’n weermag teen koning Sedekia van Juda uitgestuur. Hulle het Jerusalem eers beleër en daarna beset met Sarsegim, die rab’saris, as een van die hooffigure (Jer 39:1–3). Aan die einde van die 6de eeu vC was dit die hoofeunug Aspenas se taak om die room van Juda se jeug te versamel om in die Babiloniese paleis diens te doen (Dan 1:3–4). Die woord sarim word op baie plekke in die Afrikaanse Bybelvertalings met hofdienaar vertaal. Ontmandes is dikwels aangestel as paleisbeamptes vanuit die oortuiging dat mans sonder vroue en kinders meer betroubaar was in staatsake.

Koningin Isebel se Baälpriesters was ontmandes (2 Kon 23:7). Hulle het as priesters opgetree in Salomo se tempel en ook as tempelprostitute buite die tempel vir Baäl se minnares, Astarte. Hierdie ontmandes was ’n steen des aanstoots vir die Israeliete. Dit was waarskynlik gedagtig aan dié deel van Israel se geskiedenis dat die verbiedinge in Deuteronomium 23:1 en Levitikus 21:30 op skrif gestel is. In dié lig verstaan 'n mens ook die verbod op seks met ander mans in Levitikus 18:22 beter.

Drie soorte ontmandes

Daar was drie soorte ontmandes. Party is vóór puberteit ontman. Gevolglik kon hulle nie ’n ereksie verkry of semen produseer nie. Hulle was sigbaar kleiner en swakker gebou as ander mans.4 Hulle stemme het ook nie gebreek nie. Geen wonder hulle is in Griekse geskrifte beskryf met die term malakos – “sag, verwyfd”5 - nie. “Normale” mans het op hulle neergesien omdat hulle seksuele aktiwiteite beperk was tot anale en orale seks.

’n Ander groep is ná adolessensie ontman. Hulle kon seksueel normaal funksioneer, behalwe dat hulle nie kinders kon verwek nie. Dié groep kon moeilik op die oog af van “normale” mans onderskei word. In party gevalle het hulle dit vrywillig om godsdienstige oorwegings laat doen, soos in baie antieke godsdienste die gebruik was (nie by Israel nie). Veral hierdie groep is as “gevaarlik” beskou, omdat hulle nog tot penetrasie in staat was. Adellike vroue wat nie hul liggaamlike voorkoms wou laat skend deur moederskap nie, het hulle dikwels as minnaars verkies. Die meeste dogters se vaders sou nie hul dogters uitgee in ’n huwelik met ’n “halwe man” nie. Daarom het dié mans hoofsaaklik homoseksuele verhoudings aangeknoop.

’n Derde groep is as volwassenes teen hulle sin ontman. Dit was dikwels die geval met manlike slawe: hulle eienaars wou seker maak dat hulle wéét wie is baas. Ná ’n oorlog het sommige oorwinnaars die elite van die vorige bedeling ontman om te verhoed dat hulle ’n nageslag van moontlike troonopvolgers voortplant.

Jesaja 56: “Ignoreer die wette oor ontmandes!”

In Jesaja 56:3–4 verwys sarim duidelik na ontmandes, oftewel eunugs. Sarim is ’n samestelling van die Hebreeuse sem (“opvolger”) en jikkaret (“vernietig”) wat in Deuteronomium 23:1 na kastrasie verwys. Sarim kom ook dikwels voor in die boek Ester (1:10, 12, 15; 2:3, 14-15, 21; 4:4-5; 6:2, 14; 7:9), waar dit in die nuwe proefvertaling van die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap met eunug vertaal word.

Die Joodse rabbi’s het gedurende die Tweede Tempeltydperk (515 vC – 70 nC) na mans wat geen seksuele aantrekkingskrag vir vroue gehad het nie, verwys as sarim – ontmandes/eunugs. Die Talmud het onderskei tussen twee soorte eunugs: mensgemaakte eunugs (saris adam) en natuurlike eunugs (saris chammah), letterlik vertaal: “eunugs van die son”. Die betekenis van laasgenoemde is dat hulle so was sedert die son die eerste keer op hulle geskyn het – vanaf hul geboorte. Hierdie laaste groep sou ons vandag moontlik as “homoseksueel” kon beskryf.

Die teks in Jesaja 56 kom uit die tyd nadat die eerste groep Jode uit die Babiloniese ballingskap teruggekeer het (538 vC). In hierdie tyd was daar ’n nuwe soeke na Israel se identiteit: Wie kan nou werklik as Israeliete gereken word en wie nie? Party Jode het gesê jy moet Joodse bloed in jou are hê. Ander het gesê as jy die God van Israel – Jahwe – as die enigste God aanvaar, is jy deel van die geloofsvolk. Sommige het ’n tussenposisie ingeneem: jy hoef nie Joodse bloed in jou are te hê nie, maar jy moet aan al die wette van Moses voldoen.

Jesaja 56:3–7 sê: Nee mense, nou word ons weer so eng soos ons voorvaders. As iemand uit ’n ander volk by die volk van die Here aangesluit het en die sabbat saam met ons onderhou, is hy een van ons. Dan kan hy saam met ons aanbid (Jes 56:3). Selfs sarim – ontmandes – wat vroeër uitgesluit is, is welkom (Jes 56:3). Trouens, sulke mense sal ’n ereplek hê in ons nuwe identiteit as volk van God (56:4-5): hulle sal simbole wees daarvan dat God ons ’n nuwe volk gemaak het.

Van waar kom Jesaja 56 se pleidooi ten gunste van herbesinning oor die ontmandes?

Die enigste ander plek waar “eunugs” of “ontmandes” (sarim) in die Jesajaboek gebruik word, help ons met hierdie vraag – Jesaja 39:7:

En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, dat hulle hofdienaars word in die paleis van die koning van Babel. (1953-vertaling)

Die twee amptelike Afrikaanse Bybelvertalings gee die Hebreeus nie so duidelik weer soos die New Revised Standard Version nie:

Some of your own sons who are born to you shall be taken away; they shall be eunuchs in the palace of the king of Babylon. (NRSV)

Jesaja 39 is die afsluiting van die profeet Jesaja se prediking. En dit vind plaas net voor Juda-Israel in Babiloniese ballingskap weggevoer word. Die profeet waarsku dat die koningshuis se bloedlyn vernietig sou word deur die ontmanning van almal in daardie bloedlyn.6 ’n Verskriklike gedagte vir die destydse Judeërs – hoewel koning Hiskia nonchalant daarop reageer.

Van Jesaja 40 tot 55 vind ons die prediking van Tweede-Jesaja. Derduisende Judeërs is reeds in ballingskap. Tweede-Jesaja troos hulle met die belofte dat Jahwe (die HERE) die ballingskap sal ophef soos ’n nuwe skepping wat sal plaasvind. Dit was geen valse troos nie. In 538 vC keer die eerste groep Jode terug na hulle land. Nog ’n paar groepe volg. Tweede-Jesaja se verwagtings is vervul. Maar nie ten volle nie. ’n Ideale geloofsgemeenskap kom nie tot stand nie. Sommige voel hulle word uitgesluit deur wette soos dié in Levitikus en Deuteronomium. Onder hulle is diegene uit die Judese koninklike bloedlyn wat as hofdienaars – “eunugs” – in die Babiloniese koningshuis opgetree het, soos Jesaja 39:7 gewaarsku het. Die ballingskap het hulle tot eunugs gemaak: hulle is ontman en nie in staat tot seksuele verhoudings met vroue nie. Derde-Jesaja (Jes 56–66) sê: As ons hierdie mense uitsluit van die geloofsvolk, heers Babilon effektief nog oor ons. Dan het die Babiloniërs hulle sin gekry om ons as geloofsvolk vir ewig te verdeel en te vernietig.

Die situasie is skreiend ironies. Die Goddelike belofte van ’n nuwe, bevryde Israel soos Tweede-Jesaja voorsien het, word geblokkeer deur ou wette waaraan die destydse priesters soos nete geklou het. Dit is ’n situasie van God se wet teenoor God se belofte!

Wat nou? So ’n radikale situasie vereis ’n radikale antwoord. En dit is presies die antwoord wat Jesaja 56 gee: die ou wette wat ontmandes uitsluit, moet omver gewerp word, want God se bevryding mag nie gekortwiek word deur ’n rigiede vaskleef aan wette nie.7

Dit is nie net Jesaja 56 wat meer positief oor ontmandes praat nie. Nog twee ander tekste ná die Babiloniese ballingskap is ter sake. In 1 Kronieke 28:1 word byna terloops daarna verwys dat koning Dawid ook “hofdienaars” (sarim) saam met ander leiers byeen geroep het om voorbrand te maak vir Salomo as sy opvolger. In die boek Ester speel die sarim ’n baie sterk rol en oorwegend ’n positiewe rol.

Sien, anders as in die ortodokse Christendom het die Jode geglo aan ’n voortgaande openbaring van God. Ons sien dit onder andere later in Jesus van Nasaret se uitsprake wanneer hy sê: “Julle het gehoor dat daar gesê is ... Maar ek sê vir julle ...” (Matt 5:27–28, 31–32, 33–34, 38–39, ens). Trouens, in hedendaagse Judaïsme word die rabbi’s se uitlegte ook gesien as voortgaande openbaring. In veranderende tye – veral krisistye – hoor gelowiges God se woorde anders.

In Handelinge 8:26-40 verduidelik Filippus die evangelie aan ’n man van Etiopiese herkoms wat graag die Joodse geloof wou aanvaar. Maar die man het ’n probleem gehad: hy was ’n eunug. Volgens die Levitikustekste kon hy dus nie ’n volledige Jood word nie. Hy hoor egter iets bevrydend in Filippus se vertellings oor Jesus. Toe hulle naby water kom, toets hy die nuwe boodskap: “Hier is water. Wat verhinder dat ek gedoop word?” (Hand 8:36). Vers 38 vertel in eenvoud dat Filippus hom net daar gedoop het. Hy is ingelyf by die nuwe volk van God, die kerk. Die Levitikustekste het hom nie daarvan weerhou om opgeneem te word as volwaardige lid van die kerk nie.

Jesus van Nasaret se uitspraak oor eunugs (Matt 19:12) is ook allermins negatief. Die bestaande Afrikaanse vertalings gee die Griekse teks ongelukkig nie goed deur aan die leser nie:

Daar is mense wat nie kan trou nie omdat hulle van hulle geboorte af so is, ander is deur mense so gemaak, en ander het self so gekies ter wille van die koninkryk van die hemel. (Matt 19:12, 1983-vertaling)

’n Letterlike vertaling sou lees: “Want daar is eunugs wat van moederskoot so gebore is. En daar is eunugs wat tot eunugs gemaak is deur mense. Daar is ook eunugs wat hulself tot eunugs maak ter wille van die koninkryk van die hemele.”8

Jesus se aanvaarding van eunugs is volledig. Dit pas in by sy verwerping van die destydse mangedomineerde samelewingstruktuur. Volgens die klassifikasies van die destydse Joodse sisteem was eunugs “onrein”. In hierdie uitspraak oor eunugs ondermyn Jesus daardie siening radikaal. Dit is duidelik dat Jesus die eunug sien as ’n simbool van die nuwe bedeling – God se koninkryk. En dit was ’n revolusionêre idee vir daardie tyd: die huwelik tussen ’n man en ’n vrou is nie die absolute norm nie. So ook nie ’n persoon se geslagsdele of seksuele gedrag nie. Om te kies vir die koninkryk van God – om selfs te kies om sonder ’n seksuele verhouding daarvoor te leef – dit is die hoogste norm.9 Hierdie keusestandpunt van Jesus moet moontlik gelees word teen die agtergrond van ouers wat seuns ontman het met die hoop dat hulle seuns in die keiserlike hofhouding opgeneem sou word. In hierdie sin gelees, is Jesus se uitspraak propaganda teen die destydse Romeinse oorheersing: Wees ’n eunug vir God – nie vir die Romeinse owerhede nie!

Gevolgtrekking

Levitikus 21:18–20 en Deuteronomium 23:1 slaan die kerklike deure toe vir eunugs. Daarteenoor is Jesaja 56:3–6 ’n profetiese pleitrede dat die deure vir eunugs oopgegooi moet word. 1 Kronieke 28:1 sinspeel op ruimte vir eunugs terwyl die boek Ester die eunugs hoofsaaklik in ’n goeie lig stel. Jesus se uitspraak in Matteus 19:11 is ’n totale aanvaarding van eunugs, en so ook Filippus se doop van die Etiopiese eunug in Handelinge 8:26–40.

Dit is dus “Bybels” dat die kerk se siening oor sake verander. In die geval van die NGK se sinodebesluit oor gays het die kerk erns gemaak met die nuwere kennis uit die sielkunde en psigiatrie. Hierdie wetenskappe het ons geleer dat gaywees ’n normale seksuele variant is en nie ’n geestesafwyking nie. ’n Eerliker lees van die sewe sogenaamde antigay tekste het waarskynlik nog ’n sterker rol gespeel. Twee daarvan het al in die middel van die vorige eeu in die hek geduik, naamlik Genesis 19 en Rigters 19. Dié verhale gaan oor die beplande verkragting van vreemdelinge en dus oor vreemdelingehaat. By die oorblywende vyf tekste gaan dit nie oor dit wat ons vandag ken as homoseksuele oriëntasie nie. Bowendien, hoe kan ons toelaat dat vyf tekste in die pad staan van die Jesusboodskap dat álmal by God welkom is – ook die eunugs/ontmandes (Matt 19:12)?

In nuwe tye kan ons nie ou antwoorde verafgod nie. Dit was die boodskap van Jesaja 56 en die toepassing daarvan in Handelinge 8. “God said it. I believe it. And that settles it” is ’n ontkenning van die talle verskillende standpunte oor verskeie sake binne die Bybel. Van daardie verskille moet ons kennis neem en nederig nadink as ons enigsins nog vir God ’n stem in die 21ste eeu wil gee.

Eindnotas

1 Hester, David. 2005. Eunuchs and the Postgender Jesus: Matthew 19:12 and Transgressive Sexualities. Journal for the Study of the New Testament 28/1, 13–40.

2 Sethe, Kurt. 1926. Die Aechtung feindlicher Fürsten, Völker und Dinge auf altägyptischen Tongefäßscherben des mittleren Reiches. In Abhandlungen der Preussischen Akademie der Wissenschaften, Philosophisch-Historische Klasse (1926:61).

3 Betzig, Laura. 2014. Eusociality in History. Human Nature, 25:80–99. http://laurabetzig.org/pdf/HN14eu.pdf. 18 Oktober 2015 geraadpleeg.

4 Retief, FP. 2005. Eunuchs in the Bible. Acta Theologica Supplementum,7:247–58, 248.

5 Hester (2005:10).

6 Gaiser, FJ. 1994. A New Word on Homosexuality? Isaiah 56:1–8 as Case Study. Word & World XIV(3):280–92, 286.

7 Gaiser (1994:287): “The situation drips with poignant irony. God (through God’s law) becomes the barrier to God’s deliverance (in the promise). Such a radical situation demands a radical response, which is just what we get: the overturning of the law. God’s deliverance will not be thwarted by rigid adherence to the law.”

8 So ook die vertaling in die New Revised Standard Version: “For there are eunuchs who have been so from birth, and there are eunuchs who have been made eunuchs by others, and there are eunuchs who have made themselves eunuchs for the sake of the kingdom of heaven" (Matt 19:12).

9 Pieter Botha (2006) verskil met my oor my uitleg van die teks. Hy verklaar: “Hierdie is nie die eenvoudigste teks in die Nuwe Testament nie, maar die bedoeling van die uitspraak is ondubbelsinnig: vir die koninkryk is dit beter om nie seksuele verhoudings te hê nie. Hier is geen aanmoediging om seksualiteit te geniet nie. Nee, dis ’n waarskuwing: seks is ’n meganisme vir die ‘swakkes’. Trouens, daar is selfs die uitverkorenes wat die genadegawe ontvang om geheel en al vry van seks te wees.”

Hierdie LitNet Akademies-webseminaar sluit ook in:

Geestelike geletterdheid en die sekspolisie

 

Louis van der Riet
Seminare en essays 

Daar is 'n olifant in die kerk

 

Jean Oosthuizen
Seminare en essays 

Sinode se gay-besluit: keuse vir verantwoordelike gebruik van die Bybel

 

André Bartlett
Seminare en essays 

 

The post God se Woord verander nie. Of hoe? appeared first on LitNet.

#feesmustfall: Learning from protests past

$
0
0

#feesmustfall

Can today's students learn from the protests of the past?

Follow and join the ongoing conversation on education, access, transformation, language and the Constitution. Contributions in any language and format are welcome: naomimeyer@litnet.co.za.


 

It is a rare moment when we realise that history is being made, something that will define the society we live in, that will fundamentally shake up the political status quo, albeit not immediately, and will have a lasting impact on the lives of individuals and their families. It is most often with hindsight that we are able to observe and identify historic moments, such as the Sharpeville massacre, the 1976 uprisings or the 1985 state of emergency. When we are in the midst of history being made, there are hundreds of voices and pressures that exert influence on how such history will be made and remembered in the future, and it is within the making of history that leadership is defined and refined.

There can be little doubt that the student protests over a ten-day period, and particularly over the three days when the parliamentary precinct was breached, followed by a mass march on Luthuli House and culminating in the protests at the Union Buildings – all symbols of seats of political (if not economic) power – were a massive redefining of democracy in our work-in-progress democracy. The students won their key demand, a 0% increase in fees for 2016, not by backroom negotiations with politicians, not through writing letters to newspapers, and certainly not through the ballot box, but by taking to the streets in numbers across the country, and for relatively sustained periods (ie for longer than a three-hour, one-off march or protest action).

A year ago, Blaise Compoare tried to extend his 27-year presidency in Burkina Faso by changing the country’s constitution, only to be forced out of office by mass public protests. The year before that, tens of thousands of Ukrainians brought about a change in government when their elected president, Victor Yankovych, declined to sign a trade deal with the European Union. We still have images in our minds of the occupation of Tahrir Square by thousands of Egyptians that brought down what appeared to be a well-settled dictatorship.

While our own recent student protests may not have been on the same scale as any of these, or may not have resulted in a regime change as these did, they revealed the limitations of a democracy where voting takes place every five years, but where the voices of ordinary citizens are generally not heard in the intervening years.

The victory – winning the key demand for a 0% fee increase – has not only buoyed the students, but has also won over numerous sceptics and naysayers, including even middle-class parents who now stand to benefit from this concession.

It is at this point that the student movement will be challenged, and will be required to show levels of maturity and leadership that their youthfulness may not have allowed them to hone in lesser struggles.

Students have linked their own struggle against high fees to the exploitative practices of outsourced labour which particularly provides more menial services such as cleaning, gardening and catering. Many academic staff have come out in support of the students’ demands for fee increases to be scrapped, for institutional change within their universities and for more moral labour practices in a society in which fundamental inequality separates the majority of citizens from a relatively privileged minority. This four-way alliance – students, workers, academics and parents – will now be tested sharply. Students have won their key demand, but the workers who supported the students have not won theirs; do students continue protesting till workers are in-sourced and granted the same benefits as other institutional staff? With there being a 0% increase in fees, can universities afford to in-source labour? After all, one of the major reasons for outsourcing is precisely to reduce labour costs to the institution. With not even an inflationary increase in student fees, will academics and administrative workers – many of them allies of the students – be faced with a 0% increase in their salaries in 2016? What about parents who may have been won over to the students’ cause: Will it be more than a tiny minority who would support their children’s ongoing strike against the academic programme and final examination schedule if this has further financial implications for them through the loss of an academic year?

Then there is the reality of the different tertiary institutions, some historically rich and which have been at the forefront of the student struggles, and many historically poor and predominantly black tertiary institutions. The student uprisings have been largely organic and copycat in nature, rather than a coordinated effort across all institutions with recognised leadership (unlike, for example, the Committee of 81, where schools during the school boycotts of the ‘70s had a degree of coordination between them).

The conditions for major divisions between institutions and within institutions (between students, between students and workers, between students, workers and academics, etc) exist and will become increasingly apparent as students are challenged by university managements to return to the academic and (even postponed) examination timetable.

In addition, there are divisions along party political lines with parliamentary tensions manifesting themselves within student politics too. The student victory has been a major embarrassment to the ruling ANC that has tried to co-opt the protests, and through its politically aligned student organisations will seek to own or determine the direction of the protests. They will meet strong opposition from EFF and DA supporters, some of whom control SRCs at various tertiary institutions. Then there is the overwhelming cry for non-partisan politics, for a student body that is not aligned to any political formation, and that takes on, promotes and defends issues of importance to students without having to genuflect to a political sugar daddy. This will be a major challenge as tempting overtures will be made by all major political contenders that would want to ride this wave of protests and gains.

Within the student body and leadership itself there will be those genuinely committed to changing the institutional status quo at great cost to themselves (including the loss of an academic year if necessary); there will be pseudo-radicals who will push the envelope with militant demands, language and behaviour but who have little strategic and tactical nous; there will be others who are ambivalent, wanting to do the right thing by their (perhaps newly acquired) political commitments and yet, on the other hand, aware of the potential costs to their families, and then there are those who simply do not care, who want to get on with what they came for: to get the degree and to have a party while doing so. There is also the challenge of students in their final year leaving, or wanting to leave (and so have a keen interest in writing exams and demanding their right to do so), versus the majority of students who may still be able to catch up if any academic postponements take place.

These divisions and the myriad of voices emanating from them, as well as the temptation to pursue more demands on the back of a major victory, present the student leadership at each institution and the collective leadership across the country with major challenges, but also with the opportunity to show what this country has been lacking for so long: leadership! It is in this crucible of 2015 student struggles that the next generation of leaders will be born.

 

Universities, language, access, education, and student protest – follow the debate.

 

The post #feesmustfall: Learning from protests past appeared first on LitNet.

Must fees fall?

$
0
0
Universities, language, access, education, and student protest – follow the debate.

Ek is nie net te oud om werklik te weet wat deesdae in universiteite en in studente se koppe aangaan nie, ek is ook ‘n bevoorregte, wit Afrikanerman met twee grade wat nie net deur apartheid bevoordeel is nie maar ook nog nooit in my lewe regtig swaargekry het nie en in staat is om van die dag wat my kinders gebore is, aansienlike bedrae geld te spaar vir hulle toekomstige studies.

Alhoewel ek dus heeltemal onbevoeg is om ‘n mening uit te spreek oor die huidige oproerigheid onder studente, is daar nogtans ‘n paar aspekte wat my, as ‘n gewone, belastingbetalende landsburger, kwel.

Eerstens, as ek so na die retoriek van sommige van die studenteleiers luister (‘n jong dame van Ikeys het dit vergelyk met die reg op skoon drinkwater) kry ek die gevoel dat die studente glo hulle het die reg op ‘n graad – nie net tersiêre onderrig nie, maar ‘n graad. Sekerlik is dit ‘n wanopvatting?

Die lewe is ongelyk. Nie almal is ewe sterk, vinnig of slim nie. Dus, jammer as ek arrogant klink, maar nie almal is intellektueel in staat om universiteit toe gaan nie.

Niemand, wit of swart, het ‘n gemeenregtelike of grondwetlike reg om ‘n graad te hê nie. Al wat artikel 29(1)(b) van die Grondwet erken, is dat almal die gekwalifiseerde reg het “to further education, which the state, through reasonable measures, must make progressively available and accessible” (my kursivering).

Die reg op “further education”, en veral op ‘n graadstudie, is dus beperk tot studente wat bevoeg, gewillig en bekwaam is om aan ‘n universiteit te studeer.

Tweedens: ek is nie seker hoekom baie studente aandring op ‘n graadstudie nie. Is dit omdat hulle ‘n graad as die sleutel tot die poorte van die ekonomiese paradys beskou veral omdat jy deesdae skynbaar niks met matriek kan uitrig nie, of is dit omdat hulle voel dat ‘n graad meer status het?

Ook dit sou ‘n volslae wanopvatting wees.

‘n Graadstudie is een van die grootste geldelike beleggings wat jy in jou lewe maak (naas ‘n huis, maar dié kan jy oor 20 jaar afbetaal, jou studies nie). Sodanige belegging is dan veronderstel om ‘n opbrengs te toon, anders het jy jou en jou ouers se geld in die water gesmyt, welke opbrengs sal realiseer slegs as jy ‘n graadstudie gedoen het wat jou in staat stel om ‘n spesifieke nering of beroep te volg of gesogte en skaars vaardighede aangeleer het.

Wat is die punt daaraan om honderde duisende rande te spandeer aan ‘n graad wat nie veel beteken uit ‘n suiwer finansiële oogpunt nie, bv ‘n gewone BA of B Econ?

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is onsettend lief vir die lettere en wysbegeerte en dit sal bitter jammer wees indien dit afgeskeep word ten gunste van ander studies, maar dit gaan hier vir my suiwer om ekonomiese oorwegings. Die wesenlike harde realiteit in Suid-Afrika is dat ons meer ingenieurs as taalpraktisyns nodig het.

Ek het al van studies gehoor waarvan beweer word dat dit jou etlike jare kan neem om reëel finansieel in te haal by iemand wat direk na skool begin werk het of ‘n baie goedkoper, korter kursus (bv iets wat jou vir ‘n ambag bekwaam) gedoen het as ‘n graadstudie.

Terloops, ek ken ‘n elektrisiën wat báie meer geld maak as ek met my twee grade. Sy totale studiekoste was heelwat minder as myne en hy kon baie gouer die arbeidsmark betree as ek.

Dit is dus sotlik om neer te sien op ‘n ambag of om te reken ‘n graad is die alfa en die omega, veral as daar konstante pleidooie is dat die land ‘n ernstige tekort het aan ambagsmanne in sekere velde, wat nog te sê klein besighede.

Derdens: Hoe realisties is die eis dat studiekoste nie mag styg nie en die onlangse onderneming dat dit nie sal styg nie, wat nog te sê dat studies verniet moet wees?

Voor ek aangaan: ek verstaan die noodkrete van behoeftige studente en my hart bloei vir hulle, maar ek voel nogtans dat hulle sekere wesenlike realiteite uit die oog verloor.

Om mee te begin: al verpligting op die staat is om, deur redelike stappe te doen, progressief verdere opleidingsgeleenthede beskikbaar te stel en toeganklik te maak. Sover my kennis strek, is daar geen sodanige afdwingbare wetlike of gemeenregtelike verpligting op universiteite nie (miskien ‘n morele verpligting in die lig van ons geskiedenis).

Daar is geen twyfel dat die staat sy plig in dié verband versaak het nie, aangesien die bydrae tot studiekoste heelwat gedaal het in plaas van om te styg. Dit is egter ongelukkig water onder die brug en die vraag is wat die staat nóú moet doen om dit reg te stel.

Die gewilde antwoord of strydkreet is dat as die regering en sy tenderpreneurtrawante net sal ophou steel en geld mors, sal die nodige fondse beskikbaar wees. Dit is nie net ‘n oorvereenvoudiging nie, maar ook prakties onhaalbaar. Dink die studente regtig die soustrein gaan stop net omdat hulle daarop aandring (veral omdat, ironies genoeg, heelwat van hulle dalk mik vir ‘n plek op daai einste trein)?

Ek is geen ekonoom nie, maar ek verstaan dat, in sy eenvoudigste vorm, die staat geld kry óf deur dit te leen óf deur belastinginkomste.

Ek glo dat selfs die studente, toekomstige leiers wat hulle is, weet dat die land se ekonomie so te sê in sy moer is, dat inkomste uit kommersiële bronne, soos maatskappybelasting, heelwat gedaal het, en dat ons alreeds besig is om geld te leen en ons reserwes te gebruik om lopende uitgawes, soos die staat se salarisrekening, te betaal.

Geld wat geleen word, moet terugbetaal word en die geld om dit te doen gaan ook uiteindelik uit belastinginkomste moet kom.

So die arme individuele belastingbetalers sal weer eens moet opdok vir die huidige gemors. In die lig van die hemelhoë belastingkoerse en die handjievol mense wat die land se belastinglas dra, is ek seker die studente sal verstaan hoekom belastingbetalers nie juis rasend van opgewondenheid oor die vooruitsig is nie, veral omdat ons weinig voordeel daaruit trek en ons geld gemors word op die SABC, SAL, Eskom, Prasa, ens.

“Welvaartbelasting” is ook ‘n woord wat mense gerus maar kan vergeet. Die boonste 1% of so van die bevolking betaal klaarblyklik alreeds 61% van alle inkomstebelasting, dus is welvaartbelasting al lankal ‘n realiteit. Ek weet nie hoe akkuraat dit is nie, maar lees die artikel wat op die blog van Rolling Alpha verskyn het deur die skakel te volg: http://www.rollingalpha.com/2015/10/22/but-who-pays-south-africas-tax/?utm_campaign=shareaholic&utm_medium=facebook&utm_source=socialnetwork.

Ek hoop die blote gedagte aan verdere belastings vervul die studente, as (hopelik) toekomstige produktiewe burgers van die samelewing, met net soveel afgryse as vir my!

Bydraes van die privaatsektor is ook nie die antwoord nie. Privaat instellings lewer reeds ruime bydraes in die vorm van beurse en skenkings, terwyl hulle ook in bitter moeilike ekonomiese omstandighede wurg.

Terloops, as ek die studente ‘n wenk kan gee: moenie bydraes van die privaatsektor vereis deur marxistiese retoriek te gebruik nie.

Die ander opsie is dat die universiteite ‘n plan moet maak om studiekoste te beheer.

Bo en behalwe die feit dat hulle geen wetlike verpligting het om dit te doen nie, hoe moet hulle dit doen? Deur geriewe en personeel te verminder? In dié verband kan iemand asseblief vir my verduidelik hoe die eis dat universiteite nie van “outsourced labour” gebruik moet maak nie, eerstens versoenbaar is met die vereiste dat die studiekoste nie mag styg nie en tweedens, wat de hel dit nou eintlik met die studente te doen het.

Hoe dit ook al sy, ek ken twee mense, hoogs geleerde wetenskaplike en mediese navorsers wat leiers op hulle vakgebied is, wat nie permanente aanstellings by die Universiteit Stellenbosch kon kry nie weens ‘n gebrek aan geld. Albei is nou vort na groener weivelde, een daarvan oorsee.

Universiteite sukkel reeds om met die privaatsektor mee te ding om hulle talent te behou. As dit nog moeiliker gaan raak omdat hulle nie geld het om die beste mense aan te stel en te behou nie (dosente het ook gesinne vir wie hulle moet sorg), sal dit die einde van Suid-Afrikaanse universiteite as bastions van geleerdheid en uitmuntendheid wees. ‘n Graad van ‘n versoolde hoërskool is sekerlik nog minder die gewaande paspoort tot rykdom en geluk as wat dit nou is?

Dus, as die geld van die staat moet kom, die trogvreters nie gaan terugstaan vir die edele doel van opvoeding nie, en verdere belasting die middelklas selfs onder meer druk gaan plaas, dan sal die geld uit die huidige beskikbare fondse moet kom, wat sal beteken dat besteding op ander gebiede verminder sal moet word, want volgens Business Day is daar nie geld vir alles nie (http://www.bdlive.co.za/opinion/columnists/2015/10/26/a-blind-revolution).

Dit sal tot verdere oproer lei, want hoekom moet naskoolse opleiding voorrang geniet bo alle ander sosio-ekonomiese regte soos behuising, mediese sorg en sosiale toelaes, veral in soverre die meeste mense in die land steeds in haglike omstandighede leef?

Watter sinvolle voorstelle of finansieringsmodelle het die studente self al mee vorendag gekom? Julle is die volgende generasie politieke leiers en intellektuele elite, so ek dink nie dis onbillik om te hoor waarmee ons skerpste breine vorendag kan kom nie.

Kan julle miskien onder meer die volgende aansny in julle oorwegings?

  1. Presies watter finansiële bystand word verlang?
  1. Wat is die vorm van die bystand wat verlang word, naamlik skenkings of sg sagte lenings (wat hopelik daartoe sal lei dat die geld wat terugbetaal word weer toekomstige studente sal help), en wat moet die terme van sulke lenings wees?
  1. Hoe moet sodanige bystand gefinansier word in lig van die ander dringende maatskaplike kwessies wat aandag vereis?
  1. Sou dit ‘n wesenlike verskil gemaak het as die studente wat bystand by die NSFAS gekry het, wel so af en toe die geld terugbetaal het?
  1. Is ‘n student geregtig op verdere bystand indien hy/sy nie jaarliks suksesvol met sy/haar studies is nie? Indien wel, hoekom (veral in die lig van die nypende tekort aan geld)? In dié verband, skenk asseblief oorweging aan die hoeveelheid geld en hulpbronne wat alreeds deur onsuksesvolle studente vermors is.
  1. Moet behoeftige studente voorrang geniet, met ander woorde moet ‘n groter deel van die bystand aan behoeftige studente gaan? Indien wel, wat moet die kriteria wees om as ‘n behoeftige student te kwalifiseer? Sal dit suiwer finansiële kriteria wees of sal bemagtigingskriteria ‘n rol speel?
  1. Wat van belastingvoordele (of beter voordele) vir privaat individue en maatskappye wat geld skenk vir tersiêre opleiding?
  1. Kan die staat voorwaardes aan enige finansiële bystand koppel wat kan dien as finansiële aanmoediging vir studente om vaardighede aan te leer en kursusse te volg wat kan bydra daartoe dat die vaardigheidstekorte in sekere sektore reggestel word?

Vierdens, wat die protesoptrede self betref, dink ek die studente was meestal uiters gedissiplineerd, en hel, was dit nie lekker om ‘n slag te voel dat gewone mense se stemme weer ‘n slag gehoor word nie, veral omdat wit en swart sáám (uiteindelik!) betoog het nie?

Daar is egter ook aspekte wat my hieraan pla.

Om mee te begin, hoekom was dit nodig om die universiteite self se werksaamhede en medestudente se eksamenvoorbereiding te ontwrig, in so ‘n mate dat UWK ten tye van die skryf hiervan nog nie klasse hervat het nie?

Hoekom is die universiteite eerste aangeval en hoekom het dit so lank gevat vir die studente om te besef dat die huidige debakel eintlik voor die nimlike Blade en kie se deur gelê moet word?

En hoekom nou eers, so kort voor die eksamen? Julle weet tog al lankal deur die universiteite se konsultasieprosesse dat hier massiewe verhogings kom. Watter gevolge gaan julle optrede hê vir studente wat reeds sukkel?

Hoekom protesteer julle nie al lankal teen die spandabelrigheid van die regering, sy magsmisbruike, die gemors waarin die NSFAS hom bevind, korrupsie en diefstal nie? Dis tog ou kwessies, nie waar nie? Wat van die ander maatskaplike en diensleweringskwessies wat ook deel vorm van die ekonomiese vryheidstryd?

Verder, ons is nou ‘n demokrasie. Hoë studiegeld, die regering se onvermoë of onwilligheid om hulle grondwetlike pligte na te kom, asook hulle grootskaalse vermorsing en korrupsie is niks nuut nie. Ongelukkig lees ek egter gereeld van die jeug se apatie of stille protes deur weg te bly as dit verkiesingstyd raak. Hoeveel van julle, ‘n beduidende magsblok, het in die vorige verkiesing gestem, en indien wel, vir wie het julle gestem? Daar is beter maniere om jou verteenwoordigers in die parlement en die Uniegebou te kry as om deur die heining te breek.

Wat my egter die meeste pla, is dat van die betogers die besliste indruk geskep het dat hulle ‘n mate van woede en selfs haat teenoor die universiteite en hulle besture het. My onrustigheid in dié verband word versterk deur die toespraak wat Jonathan Jansen gegee het, synde die Inaugural Stephen Ellis Memorial Lecture by die Nederlandse Ambassade in Pretoria op 9 Oktober 2015. Die toespraak kan gelees word deur op die volgende skakel te kliek: https://martinplaut.wordpress.com/2015/10/25/south-africa-when-student-activism-turns-to-gangsterism.

Jansen se artikel is uiters ontstellende leesstof en is iets wat meer dringende aandag moet geniet as die kwessie van klasgelde, aangesien dit die potensiaal het om nie alleen tot grootskaalse sosiale onrus te lei nie maar omdat ons nie ons probleme ooit sal kan oplos as ons mekaar haat en nie vertrou nie.

The post Must fees fall? appeared first on LitNet.


Wat staan 'n vrou te doen?

Outeuridentifikasie: ’n Forensies-taalkundige ondersoek na Afrikaanse SMS-taal

$
0
0

Outeuridentifikasie: ’n Forensies-taalkundige ondersoek na Afrikaanse SMS-taal

Lezandra Grundlingh, Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria

LitNet Akademies Jaargang 12(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Forensiese taalkunde is die studieveld waar linguistiese kennis en metodes gebruik word om ’n verskeidenheid tekste (gesproke en geskrewe) vir regsdoeleindes te ontleed. Outeuridentifikasie is ’n subkategorie van die forensiese taalkunde en word beskryf as die vasstel van ’n outeur se idiolek met die doel om die outeur positief te identifiseer as produseerder van ’n teks (Coulthard 2004:431–47; McMenamin 2010:490–2). Outeuridentifikasie is met ander woorde die proses waardeur die ware outeur van ’n gesproke of geskrewe teks vasgestel word wanneer daar twyfel bestaan oor die identiteit van die outeur van so ’n teks. Die doel van die huidige navorsing was om te bepaal tot watter mate dit moontlik is om vas te stel of ’n spesifieke individu die outeur van ’n spesifieke, beperkte stel (Afrikaanse) SMS’e is. Uit die navorsing blyk dit dat dit nie moontlik is om die outeur van ’n verdagte teks met groot sekerheid te identifiseer indien daar slegs beperkte data tot die navorser se beskikking is nie, maar die resultate is nietemin voldoende om as bewyse gebruik te word.

Trefwoorde: forensiese linguistiek; idiolek; outeuridentifikasie; SMS; stilometrie

 

Abstract

Author identification: A forensic-linguistic research study in Afrikaans SMS language

Forensic linguistics is a field of study that has gained popularity in many countries around the world (Blackwell 2012). In South Africa forensic linguistics is not a well-known field of study, but academics and postgraduate students are beginning to explore research and study opportunities within this field. Author identification, which is the focus of this article, is only one of the subcategories within forensic linguistics. A very basic definition of forensic linguistics is that it is a section of applied linguistics where a variety of both written and spoken texts is analysed for judicial purposes. The field is roughly divided into two main categories: language use and its judicial implications and the analysis of forensic texts (written or spoken). In the first category forensic linguists consider translating and interpreting in a courtroom setting, the language use and discourse of a trial and the language rights of individuals in the courtroom or during the course of the trial, among others. The second category includes author identification, speaker identification, profiling and identification of plagiarism (Olsson n.d.:4–5).

Author identification is the analysis of a text with the goal of determining the possible author because there is some uncertainty or dispute about the author of that specific text (or group of texts). Texts that are usually analysed in author identification include ransom notes, e-mail messages, threat letters and blackmail messages. Although author identification analysis has been done on shorter texts such as SMS messages, ransom notes and Facebook messages in the past (Ishihara 2011; McLeod and Grant 2012; Michell 2013) there is still, to some extent, insufficient research in the area of author identification of short (and extremely short) texts. Author identification in Afrikaans SMS messages has never been attempted. It is mainly for this reason that the current article, and the dissertation it is based on, is considered of value to the field of author identification (Thiart 2014).

For the purposes of this study the researcher aimed to answer three questions. First it had to be determined if a generic SMS language exists that could complicate author identification. The presence of a generic SMS language would mean that there are very few individual characteristics present when SMS messages in the corpus are compared. Secondly, it had to be determined whether individual idiolects could be identified within the supposed generic SMS language, and thirdly, to what extent it is possible to identify the author of an SMS text with the limited data available to the forensic linguist.

Thirteen participants between the ages of 18 and 23 were used in the research. The only selection criterion was that the participants had to be mother-tongue speakers of Afrikaans. Each participant was asked to send 5 to 10 SMS messages of between 30 and 50 words each to the researcher. The participants were asked to select messages on their phones that they had already sent, i.e. messages that they had already typed in the past. This was done to ensure that the participants would not type in a different manner when creating new messages that they knew would be used in the analysis. Each participant was given a number in order for the researcher to identify participants and to ensure that they remained anonymous. One participant, Deelnemer 2 (Participant 2), was asked to send a second set of messages to the researcher. This set was labelled Teks X (Text X) and was the “suspect text”. All the other texts in the corpus were compared with Text X in order to determine if it was possible to match the first set of texts from Deelnemer 2 with the “suspect” texts. Based on the statistical analyses and comparisons the researcher would then be able either to identify Deelnemer 2 as the author of Text X with a high percentage of certainty or conclude that it was not possible to match Deelnemer 2 to Text X successfully.

The corpus for the study is small, consisting of only 2 434 words in total. The small corpus is due to the system used to receive the SMS messages from the participants, namely SMSPortal, which places a limit on the number of characters it can read per SMS. This meant that it cut some of the SMS messages and decreased the amount of data available to the researcher.

Both stylometric and stylistic methods were used to analyse the data. WordSmith Tools and Antconc were used to perform statistical analyses on the data and a very basic n-gram analysis was also used to strengthen the results. Both the Pearson’s chi-square test and the Yates correction were used in determining the results of the statistical analyses. The limited amount of data that the researcher obtained through the participants is a realistic amount of data that can be expected in a real-life forensic linguistic situation. Even though no actual crime was being investigated, the research gives an accurate indication of what is possible when a forensic linguist has only limited data to analyse and a number of possible authors.

The results of both the stylistic and stylometric analyses answer all three of the research questions mentioned above. Firstly, it was found that no generic SMS language existed among the participants in this study. This indicated that idiolects were present. However, due to the limited data used in the study it was not possible to determine the author of the suspect text with any certainty. Although these results were negative they were still useful in terms of narrowing down the number of suspects from 13 to 11. 11 is still a large number of suspects, but in that group the actual author (Deelnemer 2) was identified as the possible author in most of the analysis results.

The results showed that even though identification of the actual author of the suspect text was not possible in the situation created in the study, the methods used do show potential. As mentioned above, many researchers have proven that, to some extent, successful author identification is possible when a forensic linguist has limited data to analyse. It has to be taken into account, however, that these studies made use of a much larger corpus than was the case in the current study. Other methods should also be tested in a similar small corpus to see if better results can be achieved. It is also important to note that “successful author identification” does not mean that a suspect has been identified with 100% certainty; it simply indicates that the statistical possibility of a suspect’s being the author of a specific text is high enough for him or her to be considered as the possible author.

Keywords: author identification, forensic linguistics, idiolect, SMS, stylometry

 

1. Inleiding

Outeuridentifikasie is een van die hoofvertakkings wat binne die forensiese taalkunde onderskei word. In die laaste paar dekades het outeuridentifikasie gegroei tot ’n interdissiplinêre veld wat van toepassing kan wees op die letterkunde, onderrig (vir plagiaatidentifikasie), nasionale en plaaslike intelligensie, en vanselfsprekend ook op die regswese en -praktyk. Stelselmatig het die fokus van outeuridentifikasie verskuif vanaf die ontleding van handskrif en grafiese eienskappe van tekste na die linguistiese inhoud van tekste wat juridies van belang is. Hierdie tipe tekste sluit byvoorbeeld selfmoordbriewe, tekste wat moontlik plagiaat bevat, afpersingsbriewe en skuldbekentenisse in (Kotzé 2010:186). Met die ontwikkeling en uitbreiding van tegnologie het outeuridentifikasie aangepas om ook outeurs van elektronies geproduseerde tekste te kan identifiseer. Oor die afgelope vyf jaar is verskeie studies rakende outeuridentifikasie van elektroniese tekste onderneem. Daar is gepoog om die outeurs van onder andere aanlyn forums, blogs, tekste op sosiale netwerke en SMS-boodskappe te identifiseer (Mikros s.j.; Mohan e.a. 2010; Ishihara 2011; McLeod en Grant 2012; Michell 2013).

Outeuridentifikasie in SMS-boodskappe (voortaan ‘SMS’ en ‘SMS’e’ onderskeidelik) is een van die ondersoekvelde wat veral in die buiteland aandag geniet, onder andere in die Verenigde Koninkryk (Grant 2010; McLeod en Grant 2012), asook in Australië (Ishihara 2011). Die stuur van SMS’e is steeds een van die gewildste kommunikasiemiddele ter wêreld, ten spyte van sosiale netwerke soos Facebook en Twitter, wat ook vinnige kommunikasie bewerkstellig. SMS’e en ander vorme van vinnige kommunikasie word ook al hoe meer gebruik in ontvoerings, om kubermisdade te pleeg, en om dwelms of wapens te smokkel. SMS’e word ook gebruik om sulke misdade te probeer verdoesel (Crystal 2008:60–1; Gangs use of the internet and cell phones 2010; Grant 2010:508; Ishihara 2011:47; Blackwell 2012:5).

Ten spyte daarvan dat outeuridentifikasie in SMS’e onder andere gebruik kan word om misdadigers vas te trek, is daar steeds onvoldoende navorsing op hierdie gebied (Ishihara 2011:48).

Een van die redes waarom daar min navorsing oor outeuridentifikasie in SMS’e beskikbaar is, is die feit dat ’n SMS ’n kort teks is met beperkte inhoud. Vergelyk hulle byvoorbeeld met vollengte-dokumente soos dreigbriewe, wat soms uit twee of meer getikte bladsye bestaan (dit wil sê ongeveer 600 tot 700 woorde). Forensiese taalkundiges plaas SMS’e, boodskappe op sosiale netwerke asook selfmoordbriewe en lospryseise in dieselfde kategorie. Hierdie tekste deel die eienskap van bondigheid, en as gevolg hiervan is dit baie moeiliker om die outeur van sulke boodskappe te identifiseer as wanneer vollengte-romans of ander lang tekste ondersoek word. Ten spyte van die problematiese aard van korter tekste (vanuit ’n outeuridentifikasiestandpunt beskou) het navorsing reeds aangetoon dat dit nie onmoontlik is om die outeur van korter tekste te identifiseer nie (Ishihara 2011; MacLeod en Grant 2012).

’n Verdere probleem met SMS-taal, wat ook verband hou met die bondige aard van die tekste, duik op wanneer die linguis die persoonlike styl (idiolek) van die outeur moet identifiseer. Soos later uit die verdere bespreking van idiolek sal blyk, is dit nie eenvoudig om idiolekte te identifiseer nie, en bestaan daar ook twyfel oor die akkuraatheid van afleidings wat op grond van idiolek gemaak word (Grant 2010), veral wanneer korter tekste ontleed word. In die forensiese taalkunde probeer die linguis onder andere die idiolek van ’n moontlike outeur identifiseer omdat die idiolek, wat onbewustelik deur die outeur gebruik word, as ’n identifiserende eienskap van ’n verdagte kan dien.

Hierdie artikel is gebaseer op my meestersgraadverhandeling op die terrein van forensiese taalkunde (Thiart 2014).

Voor die bespreking van forensiese linguistiek voortgesit word, word enkele kernkonsepte kortliks verduidelik om sodoende enige onduidelikheid rondom hierdie konsepte te voorkom.

 

2. Kernkonsepte

2.1 Leksikale woorde / inhoudswoorde

Leksikale woorde staan ook as inhoudswoorde bekend en is konteksgebonde. Dit beteken dat die algemene woorde wat die outeur van ’n teks gebruik, sal afhang van die konteks van die teks of boodskap.

2.2 Funksiewoorde

Funksiewoorde is woorde wat met die struktuur van ’n sin of uiting verband hou. Dit sluit onder andere lidwoorde, voegwoorde en voorvoegsels in. Funksiewoorde is nie konteksgebonde nie en is belangrik in outeuridentifikasie, omdat hierdie woorde heeltemal onbewustelik deur die outeur van die teks gebruik word.

2.3 SMS en SMS-taal

SMS is ’n afkorting wat staan vir “short message service” en verwys na ’n goedkoop en vinnige manier om boodskappe deur middel van ’n selfoon te stuur (Ishihara 2011:47). ’n SMS kan met ander woorde gedefinieer word as ’n kort elektroniese boodskap wat deur middel van ’n selfoon gestuur word. Die term SMS-taal word gebruik om te verwys na die taalgebruik van selfoongebruikers by die stuur van SMS’e. Die tipiese eienskappe van SMS-taal het ontstaan as gevolg van die lengtebeperkings in selfoonboodskappe (Crystal 2008:5). Dit beteken dat selfoongebruikers nou op kreatiewer maniere kort boodskappe moet skryf, aangesien soveel inligting moontlik soms in een boodskap oorgedra moet word.

Die term SMS word hier gebruik om te verwys na enige kort elektroniese boodskap wat vanaf ’n selfoon gestuur word (dit sluit WhatsApp- en BBM-boodskappe in, maar sluit boodskappe op sosiale netwerke en bloginskrywings uit). SMS-taal verwys na die taalgebruik wat in hierdie kort elektroniese boodskappe aangetref word.

2.4 Vollengte-teks

Vir die doeleindes van die huidige studie verwys vollengte-teks na enige teks van 1 000 woorde en meer.

2.5 Woord

Vir die doeleindes van die huidige studie sluit woord ook enige afkorting, akroniem, logogram of piktogram in.

 

3. Forensiese linguistiek

Dit is belangrik om aan te dui waar die forensiese linguistiek binne die veld van forensiese wetenskap inpas, aangesien forensies-linguistiese ontledings en resultate ook tot ’n mate in hofsake gebruik kan word om verdagtes vas te trek.

Die adjektief forensies hou volgens MedicineNet.com (2014) verband met “the application of scientific knowledge to legal problems and legal proceedings as, for example, in forensic anthropology, forensic dentistry, forensic experts, forensic medicine (legal medicine), forensic pathology, forensic science etc.”

Die term forensies word as ’n sinoniem beskou vir woorde soos geregtelik en juridies en word tradisioneel met die term wetenskap geassosieer. Olsson (s.j.:2) se definisie van forensiese taalkunde illustreer duidelik hoe nou verweef die forensiese taalkunde met die regstelsel is:

Forensic Linguistics is the interface between language, crime and law, where law includes law enforcement, judicial matters, legislation disputes or proceedings in law, and even disputes which only potentially involve some infraction of the law or some necessity to seek a legal remedy.

Forensiese wetenskap word reeds jare lank gebruik om die verdagtes van misdade vas te trek en skuldig of onskuldig te bewys. Forensiese wetenskap sluit onder andere DNS-ontledings, vingerafdrukontledings en bloedvlekontledings in. Handskrifontleding en handtekeningontleding, wat meer ooreenkomste toon met ondersoeke in forensiese linguistiek, word ook as deel van forensiese wetenskap beskou (Jackson en Jackson 2004).

Forensiese linguistiek is ’n baie spesifieke ondersoekveld, aangesien daar slegs op linguistiese aspekte, soos taalgebruik, stemkenmerke en die betekenis van woorde in ’n bepaalde konteks gefokus word.

Alhoewel die forensiese linguistiek verband hou met tradisionele vorme van ontleding, soos handskrifontleding, fokus dit op ander aspekte van die teks, aangesien die eiesoortige aspekte van geskrewe tekste nie in moderne elektroniese tekste teenwoordig is nie.

 

4. Outeuridentifikasie

Die oorsprong van outeuridentifikasie hou sterk verband met die oorsprong van die forensiese linguistiek as dissipline. Van die eerste forensiese ondersoeke is in der waarheid gevalle waar navorsers gepoog het om outeurs van tekste te identifiseer (Mendenhall 1887; Svartvik 1964; Broeders 2001; Kotzé 2007; Schulstad e.a. 2012):

  • Edmond Malone (1787) se ondersoek om te bewys dat William Shakespeare nie vir die teks van Henry VI verantwoordelik is nie.
  • Augustus de Morgan se 1851-brief waarin hy voorstel dat dit moontlik sal wees om die outeurs van die verskillende Bybelboeke te identifiseer op grond van sins- en woordlengte.
  • Mendenhall (1887) se poging om Bacon, Marlowe en Shakespeare as die outeurs van verskeie werke te bevestig of te verwerp deur De Morgan se voorstel te gebruik.
  • Mosteller en Wallace (1964) se identifisering van die outeurs van die Federalist Papers.
  • Jan Svartvik (1968) se studie waarin hy probeer vasstel of Timothy Evans werklik die verklarings aan die polisie gemaak het waarin hy erken dat hy sy vrou en dogter vermoor het.

Bogenoemde forensies-linguistiese ondersoeke is nie onder die subkategorie van outeuridentifikasie erken nie, aangesien die breë veld van forensiese linguistiek nog nie as ’n ondersoekveld gedefinieer was nie. Dit is eers nadat die forensiese linguistiek uitgebrei het om ander ondersoekvelde soos forensiese fonetiek, profielsamestelling en taalgebruik in die regskonteks in te sluit dat subkategorieë soos outeuridentifikasie onder die sambreelterm forensiese linguistiek ontstaan het.

 

5. Idiolek

Idiolek verwys na ’n individu se persoonlike, eiesoortige taalgebruik wat onbewustelik, met ander woorde in die onderbewussyn, gevorm word. Individue is daarom gewoonlik nie bewus van idiolektiese woorde wat hulle gebruik wanneer hulle praat of skryf nie en ook nie bewus van die idiolektiese wyses waarop hulle woorde gebruik nie. Beide McMenamin (2010) en Coulthard (2004) se definisie van idiolek kan gebruik word om laasgenoemde stelling te ondersteun:

An idiolect is a variety of language developed by the individual speaker as a uniquely patterned aggregate of linguistic characteristics observed in his or her language use, often called “individual characteristics” in forensic science. (McMenamin 2010:487)

The linguist approaches the problem of questioned authorship from the theoretical position that every native speaker has their own distinct and individual version of the language they speak and write, their own idiolect, and […] this idiolect will manifest itself through distinctive and idiosyncratic choices in texts. (Coulthard 2004:431)

5.1 Die problematiek rondom idiolek

Idiolek is nie so ’n eenvoudige konsep as wat dit uit bostaande definisies skyn te wees nie. Wanneer vermoed word dat ’n idiolek of idiolektiese styl teenwoordig is, word die forensiese linguis dikwels met drie vrae gekonfronteer, naamlik:

  • Bestaan die idiolek werklik?
  • Is die idiolek altyd waarneembaar?
  • Is die idiolek ’n akkurate aanwyser van ’n individuele outeur?

Verder moet die forensiese linguis ook idiolektiese ontledings op die algemene taalgebruik van die vermeende outeur rig, eerder as om te fokus op seldsame woorde wat die outeur mag gebruik. Dit beteken dat die linguis ’n idiolek moet kan identifiseer in tekste wat uit gewone en alledaagse taalgebruik bestaan. Alhoewel seldsame woorde wel kan bydra tot die identifisering van ’n outeur, bestaan die moontlikheid dat sulke woorde dalk nie in die bepaalde tekste wat as verdag bestempel is, teenwoordig sal wees nie, aangesien sulke woorde ongewoon in alledaagse gebruik is (Juola 2006:263).

Grant (2010:509) meen tereg dat selfs al kan die bewering dat iets soos ’n idiolek bestaan, ondersteun word, daar steeds geen waarborg is dat ’n individu se idiolek in alle tekste geïdentifiseer kan word nie. By enige individu is daar konstante variasie in die manier waarop die individu praat of skryf. Die variasies wat voorkom, word beskryf as intravariasie (variasie in een persoon se praat- of skryfwyses) en intervariasie (variasie tussen twee of meer individue se praat- of skryfwyses) (Gavaldà-Ferré 2012:262). Crankshaw (2012:2) is van mening dat wanneer variasie op groepsvlak voorkom, soortgelyke variasie ook op individuele vlak sal voorkom. Crankshaw verwys na Anshen (1978:1), wat meen dat twee individue van dieselfde taalgemeenskap nie net verskillende variante van dieselfde taalvorm sal gebruik nie, maar dat een persoon in verskillende kontekste ook verskillende variasies van dieselfde taalvorm sal gebruik.

Hierdie variasie word beskryf in die sogenaamde “uniqueness of utterance principle” (Chomsky 1965; Halliday 1975). Volgens hierdie beginsel sal tekste wat deur twee individue oor dieselfde onderwerp geproduseer word, duidelik van mekaar verskil, maar so ook tekste wat op twee verskillende tye deur dieselfde individu voortgebring is. Die rede hiervoor is dat elke individu by verskillende geleenthede verskillende leksikogrammatiese keuses uitoefen (Crankshaw 2012:3). Dit is hierdie leksikogrammatiese keuses wat lei tot intravariasie wat die identifisering van ’n idiolek kan belemmer.

Alhoewel die bestaan van ’n idiolek of idiolektiese styl betwis word, is daar steeds ’n algemene aanvaarding dat indien iets soos ’n idiolek wel bestaan, dit makliker sal wees om te identifiseer wanneer die linguis ’n beduidende aantal tekste tot sy of haar beskikking het. Ook die lengte van die tekste is van belang – hoe meer inhoud in elke dokument ingesluit word, hoe makliker is dit om individuele taalgebruik te identifiseer. Crankshaw (2012:5) verwys na Coulthard (1998), wat meen dat forensiese linguiste selde tekste wat langer is as 750 woorde ontvang. Volgens Crankshaw (2012:5) kan korter tekste steeds ontleed word, maar nie so suksesvol soos in die geval van langer tekste nie. Dit beteken dat beperkings geplaas word op die manier waarop ’n individu se idiolek voorgestel kan word, en dit bemoeilik ’n diepgaande, volledige voorstelling van die individu se idiolek.

 

6. Stilometrie

Kotzé (2007:388) definieer stilometrie as

’n deeglike kwantitatiewe ontleding, deur middel waarvan die relatiewe frekwensie van identiese woordeskatitems of woordgroepe vergelyk word. Dit word ’n kwantitatiewe ontleding genoem omdat dit gebaseer is op die kwantifisering van tekstuele kenmerke as ’n basis vir verdere berekenings, wat beteken dat ieder en elke woord opgeteken en getel moet word. ’n Aantal berekenings word dan op die data uitgevoer, gevolg deur statistiese beduidendheidstoetse.

Stilometrie behels hoofsaaklik twee prosesse, naamlik die seleksie van kenmerke en die daaropvolgende gebruik van ’n klassifikasie-algoritme om hierdie kenmerke statisties te verwerk (Barry en Luna 2012:2). Die linguis moet eerstens besluit watter kenmerke hy/sy in die teks wil selekteer vir verwerking. Hierna word ’n algoritme ingespan om die kenmerke statisties te verwerk en sodoende aan te dui hoe algemeen of vreemd hierdie kenmerke is. Hierdie twee prosesse kan egter ook as twee verskillende metodes in die forensiese linguistiek beskou word. Kotzé (2007:388) meen dat die seleksie van kenmerke as “stilistiese analisering” bekend staan en ’n kwalitatiewe ontleding van die teks behels, terwyl die meet van hierdie stilistiese kenmerke en die statistiese toetse wat daarop uitgevoer word, ’n kwantitatiewe proses is wat dan “stilometrie” genoem word.

Alhoewel stilometrie reeds vanaf die 1700’s gebruik is om die outeurs van literêre tekste te bepaal, meen Schulstad e.a. (2012:1) dat stilometrie nie vandag net vir literêre of historiese doeleindes gebruik word nie. Volgens Schulstad het stilometrie in moderne forensiese linguistiek ’n veel wyer toepassing:

[I]t also has forensic applications. [...] More recent studies have used stylometry to determine the authorship of e-mails and online messages to counteract cybercrime. In addition to identifying an author, stylometry can also be used to detect multiple authors in a text (plagiarism) or to assign an author to a sociolinguistic category such as gender.

Soos reeds genoem, is die aanname in stilometrie dat die kern van die individuele styl van elke outeur vasgevang kan word deur ’n sekere aantal kwantitatiewe kriteria (Somers s.j.). Hierdie kwantitatiewe kriteria word ook diskrimineerders genoem. Alhoewel ’n groot aantal stylaspekte onbewustelik deur ’n outeur gekies word, is die realiteit dat ander aspekte wel bewustelik deur omstandighede en die onderwerp van die teks beïnvloed word. Daar is, met ander woorde, aspekte van elke outeur se styl wat maklik is om na te boots. Rekenaargebaseerde stilometrie maak dit makliker om bewuste stylmerkers van onbewuste stylmerkers in verskillende outeurs se werke te onderskei, en daarom is hierdie vorm van stilometrie so gewild (Somers s.j.).

Dit is belangrik om kennis te neem van die feit dat stilometrie vandag deur kunsmatige intelligensie oorheers word. Dit beteken dat die menslike element van stilometrie al minder van toepassing is (Brennan e.a. 2012:1). Die stelselmatige verskuiwing in stilometrie na ’n sterker rekenaargebaseerde benadering kan moontlik in die toekoms vertroue in hierdie metode versterk en daartoe bydra dat resultate wat uit hierdie ontledings verkry word, makliker as geldige bewyse in die hof aanvaar word.

6.1 Korter tekste en stilometrie

Kort tekste is problematies in stilometriese ontledings, aangesien daar nie genoeg linguistiese data is wat verwerk kan word by die ontledings van baie kort tekste nie (Barry en Luna 2012:4–5). Dit beteken dat die linguis van ’n groot hoeveelheid teks gebruik moet maak om enigsins moontlike sukses in ’n stilometriese ontleding te behaal. Stamatatos e.a. (2001:193) meen een rede waarom sommige stilometriese ontledings onsuksesvol op die korter duur is, is dat die meeste stilometriese ontledings ontwerp is om lang literêre tekste te ontleed. Verder voer Stamatatos e.a. (2001:196, 208) aan dat tekslengtes van minder as 1 000 woorde nie geskik is vir stilometriese ontledings wat op die leksikale eienskappe van die outeur se taalgebruik fokus nie. “Leksikale eienskappe” verwys na die algemene woorde sowel as die funksiewoorde in ’n outeur se teks.

Dit is met ander woorde nodig om ’n stilometriese metode te gebruik wat wel akkurate resultate met korter tekste kan lewer, sodat die ontleding van korter tekste moontlik en sinvol sal wees. Die huidige navorsing poog om ’n forensies-linguistiese situasie te skep wat so na as moontlik aan die werklikheid is, waar die forensiese linguis wat die outeurskap van SMS’e probeer bepaal, nie ’n groot aantal tekste tot sy/haar beskikking sal hê nie. Selfs wanneer die forensiese linguis toegang het tot al die SMS’e op die verdagte se selfoon, is die lengte van die boodskappe steeds problematies, aangesien ’n groot aantal SMS’e nodig is om gelykstaande aan ’n vollengte-teks (ongeveer 1 000 woorde) te wees. Chaski (2001:4) meen dat korter tekste en min data ’n algemene verskynsel in die forensiese linguistiek is, en beskryf dokumente wat algemeen van forensiese belang is, as kort dokumente van beperkte omvang wat nie op enige manier aangevul kan word nie.

Ten spyte van die gebrek aan data wat in verskeie outeuridentifikasiesituasies aangetref word, is dit steeds in sommige gevalle moontlik om die outeurs van die verdagte teks te bepaal.

 

7. SMS-taal

SMS’e word, soos reeds genoem, in die forensiese linguistiek as bondige tekste met unieke eienskappe gekategoriseer. SMS’e was aanvanklik tot net 140 karakters per boodskap beperk, en dit het beteken dat SMS-gebruikers op nuwe en vernuwende maniere hul taal moes aanpas om te verseker dat soveel moontlik inligting in die bestek van 140 karakters ingepas kon word (Mobile Pronto 2010). SMS-taal het mettertyd ook verder ontwikkel en idiolektiese eienskappe van elke outeur begin insluit, aangesien daar verskeie maniere is om woorde in ’n SMS voor te stel. SMS-gebruikers kan onder andere van afkortings, akronieme en emotikons in hul boodskappe gebruik maak.

7.1 Die invloed van Engels

Die invloed van Engels op Afrikaans is nie ’n onlangse verskynsel nie. Carstens (2003:314) wys daarop dat Afrikaans reeds sedert die begin van die 19de eeu sterk deur Engels beïnvloed word. Carstens (2003:315) is ook van mening dat die feit dat die Afrikaanssprekende vandag Engels gebruik as “kontakmiddel met die buiteland”, nie weggeredeneer kan word nie. Afrikaansprekendes hoor en lees nie net daagliks Engels nie, maar moet ook gereeld in sosiale of formele situasies in Engels met ander individue kommunikeer.

Carstens (2003:315) meen daar is veral drie terreine in Afrikaans waar die invloed van Engels opvallend is. Hierdie terreine is (1) leenwoorde, (2) direkte oornames en (3) anglisismes. In Afrikaanse SMS-taal word veral direkte oornames uit Engels gebruik. Dit vind plaas omdat taalvermenging nie in hierdie situasie taboe is nie (Thiart 2014:77).

Enkele Engelse woorde wat gereeld in Afrikaanse SMS’e voorkom, is cheers, worry, weird en awesome.

7.2 Logogramme

’n Logogram kan beskryf word as ’n verskynsel waar ’n letter, syfer, simbool of teken ’n hele woord of selfs ’n frase verteenwoordig. Logogramme in SMS-taal is ’n vernuwende manier om soveel moontlik binne die beperkings van ’n SMS te skryf (Thiart 2014:78). Algemene logogramme in Afrikaanse SMS-taal is onder andere :

• @ = by (die): Sien jou @ die fliek / Sien @ Menlyn.
• x = “soen”. Hierdie logogram word gewoonlik gebruik om ’n boodskap af te sluit. Word ook gebruik as plaasvervanger vir “ek is” of “ek’s” in die teks; byvoorbeeld: x moeg (Ek is/Ek’s moeg).
• k = ek: k is kwaad.
• zzzzz – slaap. Kan aandui dat die outeur moeg is of nou gaan slaap, byvoorbeeld: Gaan nou zzzzzz.

7.3 Verkortings

Olivier (2013: 490) verwys na Heyns (2009) en Saal (2012), wat daarop wys dat daar verskeie maniere is waarop verkorting in SMS’e gebruik word. Hulle noem onder andere twee maniere van verkorting. In die eerste geval word woorde gewoonlik verkort deur ’n sillabe weg te laat, en gevolglik word woorde soos bib, foon en prof aangetref. ’n Verdere vorm van verkorting wat plaasvind, is weglatings (“omissions”). Weglatings (wat soortgelyk is aan sinkopee in formele taalkunde) beteken dat ’n letter (klank) uit ’n woord weggelaat word (Thiart 2014:80). By weglatings is dit gewoonlik die vokale wat weggelaat word om die woord te verkort. Dit verhoog ook die spoed waarteen ’n SMS getik kan word. Algemene weglatings in Afrikaanse SMS-taal is onder andere in die volgende woorde te sien:

• skt = skat
• ltr/latr = later
• wanr = wanneer
• nj = en jy.

’n Derde verskynsel wat onder verkorting gekategoriseer kan word, is die gebruik van “voorletterwoorde”. Hierdie woorde word geskep deur slegs die eerste letter van elke woord in ’n sin of naam saam te voeg om ’n nuwe “woord” te vorm, byvoorbeeld: KFC (Kentucky Fried Chicken). Voorletterwoorde kom meer gereeld in SMS-taal voor en word deurentyd geskep. Alhoewel akronieme (letterwoorde) ook soms in SMS’e voorkom, word daar hoofsaaklik van bekende akronieme gebruik gemaak. Akronieme word gevorm deur afgekorte dele van woorde saam te voeg tot ’n nuwe woord (byvoorbeeld: Unisa (Universiteit van Suid-Afrika)). Die invloed van Engels by voorletterwoorde is weer eens opmerklik. Daar is verskeie Engelse frases wat ook deur middel van voorletterwoorde verkort word en in Afrikaanse SMS-taal voorkom:

• brb = be right back
• gtg = got to go (“g2g” kom ook algemeen voor)
• wmj? = wat maak jy?
• hgd? = hoe gaan dit?

Die eienskappe van SMS-taal wat hier bespreek is, is slegs enkeles wat in Afrikaanse SMS-taal en SMS-taal in die algemeen aangetref word. Omdat hierdie eienskappe van persoon tot persoon verskil en oor ’n tydperk in dieselfde persoon se skryfstyl varieer, is dit soms moeilik om die vermeende idiolek van ’n outeur te identifiseer. Dit is waarom forensiese linguiste groot hoeveelhede data van elke individu benodig wanneer kort tekste ontleed word.

 

8. Metodologie

8.1 Inleiding

Die metodes wat in die huidige navorsing gebruik is, word gesamentlik as ’n gemengde metode beskou, aangesien beide ’n kwalitatiewe en ’n kwantitatiewe metode gebruik is om die data te ontleed (Dörnyei 2007:44; Angouri 2010:29–30). Angouri (2010:29–30) voer aan dat dit voordelig is om van gemengde metodes gebruik te maak in navorsing in die sosiale en geesteswetenskappe, en haal onder andere Greene (1989) aan wat skryf: “[C]ombining the two paradigms [d.i. kwantitatiewe en kwalitatiewe metodes – L.T.] is beneficial for constructing comprehensive accounts and providing answers to a wider range of research questions.” Dörnyei (2007:166) waarsku egter dat die gemengde metode nie as ’n “‘anything goes’ disposition” beskou moet word nie en dat dit belangrik is om te onthou dat die navorser moet verseker dat die navorsingsmetodologie en interpretasie van die data konsekwent is.

In hierdie studie is die gemengde metode gebruik, omdat beide kwalitatiewe en kwantitatiewe ontledings nodig was om die navorsingsvrae te beantwoord:

  1. Kan daar in Afrikaans ’n generiese SMS-taal geïdentifiseer word wat outeuridentifikasie bemoeilik?
  2. Is dit moontlik om binne die veronderstelde generiese SMS-taal individuele, idiolektiese taal by SMS-gebruikers te identifiseer?
  3. Tot watter mate is dit moontlik om die outeur van ’n vermeende SMS-teks te identifiseer met die beperkte data wat tipies ter beskikking is?

Die huidige navorsing is ’n simulasiestudie, wat beteken dat dit nie ’n ontleding is van SMS’e wat met werklike misdade verband hou nie. ’n Denkbeeldige situasie is geskep wat soortgelyk is aan die werklike situasies waarmee forensiese linguiste gekonfronteer kan word. Die denkbeeldige situasie bestaan uit ’n paar moontlike vermeende outeurs wat die verdagte teks (Teks X) kon geskryf en gestuur het. Die navorser moet vasstel of dit moontlik is om met ’n hoë persentasie sekerheid die ware outeur van Teks X te identifiseer.

Omdat die navorsing poog om ’n situasie te skep wat werklike forensies-linguistiese scenario’s naboots, is dit nodig om soveel moontlik metodes (binne die beperkte aard van die studie) te ondersoek, aangesien daar verkieslik honderd persent sekerheid moet wees oor die outeur van ’n verdagte teks wanneer ’n outeuridentifikasie-ontleding afgehandel is. So ’n mate van sekerheid is nie tot op hede moontlik nie. Ontledings wat as moontlike bewyse in die hof gebruik word, moet nietemin steeds met ’n hoë mate van sekerheid gepaard gaan wanneer ’n moontlike outeur van ’n spesifieke teks geïdentifiseer word. ’n Gemengde metode sal, in hierdie geval, teoreties ’n hoër mate van sekerheid oor die vermeende outeur van ’n teks tot gevolg te hê.

Die probleme rondom die ontleding van SMS’e in outeuridentifikasie het hoofsaaklik met die bondigheid van die boodskappe te doen. Die forensiese linguis moet daarom hipoteties oor ’n groot getal SMS’e van een outeur beskik wanneer hy of sy poog om idiolektiese eienskappe te identifiseer wat die outeur en die bepaalde boodskappe met mekaar verbind. In hierdie navorsing is die uiteindelike doel egter om vas te stel of dit enigsins moontlik is om die outeur van ’n boodskap te identifiseer wanneer die forensiese linguis slegs oor enkele SMS’e van elke outeur beskik en die getal moontlike outeurs meer as twee of drie is. So ’n scenario kan moontlik voorkom wanneer daar bepaal moet word watter lid van ’n bepaalde bende of watter persoon in ’n besigheid (of afdeling van ’n besigheid) ’n bepaalde SMS gestuur het. Navorsing wat outeuridentifikasie in klein getalle kort tekste ondersoek, is reeds in die verlede uitgevoer, maar hierdie studies het steeds van aansienlik meer tekste gebruik gemaak as wat in die huidige navorsing gebruik is (Chaski 2005; Mohan e.a. 2010; MacLeod en Grant 2012).

Dit is belangrik om daarop te wys dat enige resultate wat uit die huidige navorsing verkry is, nietemin as van belang beskou kan word. Selfs negatiewe resultate is steeds van waarde. “Negatiewe resultate” beteken bloot dat dit onwaarskynlik is dat ’n outeur geïdentifiseer kan word wanneer daar ’n groep verdagtes is en die forensiese linguis slegs enkele SMS’e (5 tot 10) van elke vermeende outeur tot sy/haar beskikking het. So ’n resultaat gee natuurlik aanleiding tot verdere navorsing, waar ander metodes as dié wat in die huidige navorsing gebruik is, getoets kan word om die sukses van sulke metodes in ’n minder ideale, realistiese scenario te bepaal.

8.2 Deelnemers

In die huidige studie bestaan die korpus uit 13 deelnemers tussen die ouderdomme van 18 en 23 jaar. Aanvanklik is beplan dat 30 deelnemers aan die navorsing sou deelneem, maar slegs 14 individue het ingestem, en uit daardie groep het slegs 13 deelnemers se data aan die kriteria voldoen. Om ingesluit te word in die huidige studie, moes die deelnemer ’n moedertaalspreker van Afrikaans wees, en moes hy/sy 5 tot 10 SMS’e van tussen 30 en 50 woorde elk aan die navorser stuur. Nadat etiekklaring deur die Universiteit van Pretoria vir die studie verleen is, is die potensiële deelnemers ingelig dat deelname aan die studie vrywillig is. Ingeligte toestemming is ook deur elke deelnemer onderteken. Elke deelnemer is ook deur ’n nommer (D1 tot D14) geïdentifiseer om te verseker dat die anonimiteit van die deelnemers gehandhaaf word.

Volgens ’n studie wat in 2012 aanlyn gepubliseer is (PewInternet 2012), is die ouderdomsgroep 18 tot 29 die groep wat die meeste van SMS’e vir kommunikasiedoeleindes gebruik maak, en is individue tussen 18 en 22 jaar die mees aktiewe groep selfoongebruikers. Die huidige navorsing het egter ook 23-jarige deelnemers toegelaat.

Dit is belangrik om daarop te let dat boodskapdienste soos WhatsApp en BBM ook gebruik word om boodskappe te stuur. Dieselfde taalgebruik wat in SMS’e voorkom, word ook aangetref in WhatsApp en BBM, aangesien hulle bloot nuwer en goedkoper maniere is om ’n SMS te stuur. In hierdie navorsing is die term SMS gevolglik gebruik om te verwys na enige kortboodskapdiens (“short message service”) wat dit vir individue moontlik maak om vinnig elektroniese boodskappe te stuur en wat nie ander elektroniese kommunikasie soos e-posboodskappe, boodskappe (“updates”) op sosiale netwerke en bloginskrywings insluit nie. Hierdie studie maak van die ontvang en stuur van die gewone SMS gebruik, omdat die insamelingsmetode dit toelaat.

8.3 Datastel

Die denkbeeldige situasie wat vir die navorsing geskep is, vereis ’n beperkte hoeveelheid data wat tot die forensiese linguis se beskikking is. Om hierdie rede is daar nie gepoog om vollengte-tekste (ongeveer 1 000 woorde, afhangende van die teksdigtheid en leesbaarheid) in die navorsing te gebruik nie.

Die datastel in hierdie studie bestaan uit 2 434 woorde. Elke deelnemer het 5 tot 10 SMS’e aan die navorser gestuur met ’n lengte van tussen 30 en 50 woorde elk. Die deelnemers is gevra om self die SMS’e te selekteer wat hulle aan die navorser wil stuur. Dit beteken dat die deelnemers nie vir die doeleindes van hierdie navorsing nuwe SMS’e moes tik wat aan die navorser gestuur word nie. Een deelnemer (Deelnemer 2) is gevra om ’n ekstra stel SMS’e te stuur wat as die verdagte teks (Teks X) sou dien. Teks X word gebruik om te bepaal of dit moontlik is om die outeur van die verdagte teks vas te stel, en dit is die teks waarmee al die ander tekste vergelyk word.

Om rekord te hou van elke deelnemer se teks is die selfoonnommer van elke deelnemer wat SMS’e na ’n kortkode (“short code”) gestuur het, op die sisteem geregistreer. Die selfoonnommers is gebruik om te verseker dat die deelnemers se SMS’e onder die korrekte nommer (1 tot 14) gestoor is.

Die datastel is gebruik om vas te stel of daar idiolektiese taalgebruik onder die 13 deelnemers bestaan. Die datastel is ook gebruik om vas te stel of daar as alternatief vir idiolektiese taalgebruik, generiese SMS-taaleienskappe onder hierdie groep Afrikaanse SMS-gebruikers bestaan. Daar kan vervolgens vasgestel word of die outeur van ’n verdagte teks deur middel van die beskikbare data geïdentifiseer kan word.

8.4 Datastel-insameling

Vir die ontvangs van die SMS’e is daar van SMSPortal gebruik gemaak. SMSPortal is ’n massa-SMS-diens wat dit moontlik maak om ’n groot aantal SMS’e te ontvang en uit te stuur.

Die grootste beperking op die data wat deur SMSPortal ontvang is, is die feit dat die sisteem die inhoud van die SMS’e net tot op 60 karakters kan registreer. Dit beteken dat die SMS’e, wat alreeds as kort tekste geklassifiseer word, selfs nog meer verkort is.

 

9. Instrumente en programmatuur

Drie instrumente is vir die data-ontleding gebruik: Antconc en WordSmith Tools is programmatuur wat vir verskeie linguistiese ontledings gebruik kan word, terwyl die n-gramontleding wat in die navorsing gebruik is, tradisioneel gebruik word in taalidentifiseringsprogramme en -sagteware.

9.1 Analitiese metodes

9.1.1 Stilistiese ontleding

Die SMS-data is op twee wyses ontleed. Die eerste ontleding is ’n beskrywende, kwalitatiewe, stilistiese ontleding van die teks. Stilistiese ontledings in die letterkunde het tradisioneel op die estetiese kwaliteit van uitdrukkings en die ooreenstemming van taalgebruik met bepaalde taalreëls gefokus. Moderne linguistiese stilistiese ontledings hou egter, in kontras met laasgenoemde, verband met die wetenskaplike interpretasie van stylmerkers soos dit waargeneem en beskryf word in die taalgebruik van verskillende groepe en individue (McMenamin 2010:488). Stylmerkers kan beskou word as die waarneembare resultaat van die onbewuste keuses wat ’n outeur tydens die skryfproses maak.

Die stilistiese ontleding verteenwoordig die menslike element van die data-ontleding en is in wese teksontleding. Met teksontleding poog die navorser om taaldata in te samel wat so natuurlik moontlik onder die bepaalde omstandighede bekom is; met ander woorde, die data moet so goed as moontlik die natuurlike taalgebruik, of taalgebruik binne ’n natuurlike omgewing, verteenwoordig. In die geval van hierdie ondersoek word veronderstel dat die SMS-taal wat die deelnemers gebruik, wel tot ’n groot mate natuurlike taaldata verteenwoordig, omdat die data wat die deelnemers aan die navorser gestuur het, onder normale omstandighede geproduseer is en die deelnemers bloot die SMS’e wat hulle wou stuur, moes kies uit die SMS’e wat reeds op hul selfone beskikbaar was. Die teksontleding berus hoofsaaklik op die navorser se eie interpretasie en taalkennis (Lazaraton 2009:247–50). Tydens hierdie proses besluit die linguis watter kenmerke hy/sy in die teks wil selekteer vir verwerking.

In die huidige navorsing is ’n kleurgids gebruik om die onderskeie elemente in die tekste te merk. Deur middel van hierdie metode kan die linguis ’n oorsig kry van die linguistiese veranderlikes in ’n teks of in verskeie tekste. In die huidige navorsing is die volgende eienskappe in die onderskeie SMS’e gemerk:

• Leestekens
• Aanspreekvorme
• Lagtekens / Piktogramme
• Logogramme
• Ongewone gebruik van hoofletters en kleinletters
• Verkortings
• Niestandaardspellings
• Engelse woorde/sinne
• Funksiewoorde
• Individuele eienskappe (herhalende woorde, frases en/of leestekengebruik).

Elke deelnemer se teks en Teks X is stilisties deur middel van die kleurgids ontleed (figuur 1). Daarna is die 17 kenmerke van Teks X (wat tydens die stilistiese ontleding verkry is) getabuleer. Elke deelnemer se teks is met die bepaalde kenmerke vergelyk en ’n persentasie van ooreenkoms is uitgewerk. Dit beteken dat die hoeveelheid ooreenstemming tussen elke deelnemer en Teks X bepaal is. Die resultate van hierdie vergelykings word in tabel 4 aangedui.

grundlingh_aka1

Figuur 1: ’n Voorbeeld van hoe die tekste deur middel van die kleurgids gemerk is vir ontleding.

Nadat so ’n ontleding afgehandel is, kan die navorser waarnemings maak oor die onderskeie deelnemers se tekste. Dit is nie in alle gevalle moontlik om so ’n stilistiese ontleding met die hand uit te voer nie, maar die klein hoeveelheid data in die huidige navorsing het hierdie stilistiese metode toegelaat.

9.1.2 Stilometriese ontleding

In die tweede fase van die ontleding, naamlik die stilometriese ontleding, is die programme Antconc en WordSmith Tools, asook n-gramontleding, gebruik om die tekste statisties te verwerk. Hierdie gedeelte van die ontleding verteenwoordig die kwantitatiewe aspek van die gemengde metode. Die doel van die stilometriese ontleding is om statisties te probeer vasstel watter woorde oorwegend deur ’n spesifieke individu gebruik word, hoe belangrik hierdie woorde in die bepaalde teks is en ook in watter patrone die woorde in die individu se sinne voorkom. Slegs twee van Antconc se funksies (die sleutelwoordlys (Keyword list) en die woordelys (Word list) is vir die doeleindes van die huidige navorsing gebruik.

9.1.2.1 Antconc: Die Word list-funksie en die Keyword list-funksie

Die Word list-funksie word gebruik om ’n lys te genereer van al die woorde in ’n bepaalde korpus, asook die frekwensie waarvolgens die woorde in die korpus voorkom. Woorde wat die meeste in die korpus voorkom en gevolglik die hoogste frekwensie het, verskyn boaan die lys. Die Word list-funksie het ook die vermoë om woorde op grond van “stam”-vorme te tel (Anthony 2004:10).

Die lyste van verskillende tekste kan met mekaar vergelyk word om sodoende vas te stel of daar ooreenkomste is tussen die frekwensies van sekere woorde in verskillende tekste. ’n Woordelys van elke deelnemer se teks, asook die verdagte teks (Teks X), is gegenereer, en die teks van elke deelnemer is met Teks X vergelyk. In tabel 1 en tabel 2 word die frekwensie van die eerste 10 algemene woorde en 11 funksiewoorde van elke deelnemer en die verdagte teks met mekaar vergelyk. Daar is op 11 funksiewoorde besluit, aangesien daar ’n variasie op die woord “maar” in die verdagte teks voorkom. Om hierdie rede is “ma” (die variasie op “maar”) ook ingesluit.

grundlingh_aka2

Tabel 1: ’n Vergelyking tussen die 10 mees frekwente woorde in elke deelnemer se teks met dié van Teks X. 

grundlingh_aka3

Tabel 2: ’n Vergelyking tussen die 11 mees frekwente funksiewoorde in elke deelnemer se teks met dié van Teks X.

Dit is duidelik dat Deelnemer 14 in albei tabelle die minste ooreenkoms met Teks X toon, terwyl dit blyk dat Deelnemers 2 en 11 die meeste ooreenkoms met Teks X toon.

Die Word list-funksie is ook gebruik om te bepaal of daar ’n generiese SMS-taal onder die groep deelnemers bestaan. Aangesien elke woord (op grond van spelling) apart gelys word, is dit maklik om die variante van een woord vas te stel en sodoende te bepaal of daar wel ’n generiese SMS-taal onder die groep deelnemers bestaan.

Alhoewel die Word list-funksie nuttig is om, onder andere, die mees frekwente woorde in die teks te identifiseer, kan hierdie funksie nie aandui hoe belangrik ’n bepaalde woord binne die korpus tekste is nie (Anthony 2004:10). Om laasgenoemde inligting te bekom moet die Keyword list-funksie van Antconc ingespan word (Anthony 2005:733). Om die Keyword list-funksie suksesvol te gebruik, word daar twee korpusse of tekste benodig. Hierdie funksie gebruik statistiese toetse soos die chi-kwadraat- of logwaarskynlikheidstoetse om aan te dui watter woorde ongewoon frekwent in die korpus voorkom in vergelyking met die woorde in ’n verwysingskorpus (Anthony 2014:7). Teks X is as die verwysingskorpus gebruik, aangesien elke deelnemer se teks met Teks X vergelyk is.

Die Keyword list-funksie genereer ’n lys van woorde soortgelyk aan dié van die Word list-funksie, maar hier word ook die “keyness” of “sleutelwaarde” van elke woord binne die korpus/teks uitgelig. Die sleutelwaarde van elke woord word bepaal deur die ongewoon hoë frekwensie van daardie woord binne die korpus. As ’n bepaalde woord ’n hoë frekwensie het, beteken dit dat daardie woord aansienlik meer in die korpus voorkom as in die verwysingskorpus. As die woord ’n laer gemiddelde sleutelwaarde het in vergelyking met die sleutelwaarde van ander tekste wat met dieselfde verwysingskorpus vergelyk is, beteken dit dat die woord nie soveel meer kere in die korpus voorkom as in die verwysingskorpus nie. Volgens Kotzé (2010:189) bestaan daar ’n sterk moontlikheid dat twee verskillende outeurs vir die tekste verantwoordelik is wanneer die sleutelwaarde van die woorde baie hoog is. Hoe laer die sleutelwaarde van die woorde in ’n teks, hoe groter is die kans dat dieselfde outeur albei tekste geproduseer het.

9.1.2.2 WordSmith Tools

WordSmith Tools (WST) se Keyword list-funksie is gebruik om vas te stel of die resultate wat deur Antconc verkry is, met die resultate in WST ooreenstem.

Dit is belangrik om in ag te neem dat die beperkings en verstellings nie dieselfde is by Antconc as wat in WST die geval is nie. Die rede hiervoor is dat Antconc nie van ’n outomatiese p-waarde van 0,05% gebruik maak nie. Nadat die resultate in Antconc verkry is, moet die navorser self besluit watter persentasies van belang is. Antconc maak ook in die sleutelwoordlys van die logwaarskynlikheidsverhouding gebruik, eerder as die chi-kwadraat-statistiek. In WST is die p-waarde 0,000001. Dit kan verhoog word na 0,01 of 0,05. Die opsie om ’n chi-kwadraat-toets of ’n logwaarskynlikheidstoets te gebruik, is beskikbaar in WST. Die verskil tussen die resultate van hierdie twee statistiese toetse is egter so klein dat dit glad nie die resultate en gevolglik die identifikasie van ’n moontlike outeur beïnvloed het nie.

Tydens die ontleding van die data in WST is daar bepaal dat die p-waarde in WST op 0,1 gestel moet word voordat enige resultate van die beperkte data verkry kan word. WST genereer aansienlik minder resultate as Antconc en daar is slegs enkele verskille in die rangorde van woorde wat in die sleutelwoordlyste van elke program aangedui word, asook klein verskille in die sleutelwaarde van die woorde.

Dit is nie werklik nodig om albei programme vir die ontleding van die data te gebruik nie, aangesien die WST-ontleding nie enige groot verskille in die resultate tot gevolg het nie.

9.1.2.3 N-gramontleding

Die laaste tipe stilometriese ontleding wat uitgevoer is, het gebruik gemaak van n-gramontleding in ’n poging om die resultate te verbeter. Die klein hoeveelheid data is egter problematies, en het daartoe gelei dat slegs ’n baie eenvoudige n-gramontleding van die data uitgevoer is. Die metode wat gebruik is, is Cavnar en Trenkle (1994) se metode vir taalherkenning. Die n-gramontleding werk deur n-gramprofiele te bereken en te vergelyk. In die eerste plek word die profiel van die opleidingsdata bepaal (dit is die korpus waarmee die ander tekste vergelyk gaan word) en daarna word die profiel vir elke dokument wat geklassifiseer moet word, bepaal. Laastens word die “afstand” tussen die opleidingsdata en elke dokument wat geklassifiseer moet word, vasgestel. Die dokumente met die kortste afstande is, met ander woorde, die dokumente wat die naaste aan die opleidingsdata is en gevolglik die grootste getal ooreenkomste met die opleidingsdata toon. Wolff (2014) meen ander metodes sou ook oorweeg kon word, maar waarsku dat van hierdie metodes moontlik te kompleks is om te implementeer, aangesien die hoeveelheid data in die huidige studie so beperk is.

9.1.2.4 Die chi-kwadraattoetse (Pearson chi-kwadraattoets en die Yates-korreksie)

9.1.2.4.1 Die Pearson chi-kwadraattoets

Chi-kwadraattoetse is reeds verskeie kere deur navorsers gebruik om die frekwensies van woorde en leestekens in verskillende tekste met mekaar te vergelyk (Hubbard 1995, Chaski 2001 en Kotzé 2007). Die bekendste chi-kwadraattoets is Pearson se chi-kwadraattoets, wat ook as Pearson se chi-kwadraattoets vir onafhanklikheid bekend staan. Die chi-kwadraattoets word gebruik om twee of meer frekwensies met mekaar te vergelyk om vas te stel wat die moontlikheid (weergegee in persentasievorm) is dat enige verskille tussen die frekwensies bloot toevallig is, of nie. Dit kan in die forensiese linguistiek gebruik word om die “probability of success” (waarskynlikheid van sukses) dat twee tekste deur dieselfde outeur geproduseer is, te bepaal. Hierdie waarskynlikheid van sukses word deur ’n p-waarde aangedui. Volgens Kotzé (2007:391) moet die graad van waarskynlikheid op 0,05 (5%) gestel word. Dit laat toe vir soveel moontlik gevalle van beduidende verskille tussen die dokumente. Die resultate wat in die chi-kwadraattoets verkry word, bepaal of die nulhipotese (H0) aanvaar of verwerp word.

Die nulhipotese is dat daar geen verhouding tussen die veranderlikes is nie (dit beteken dat daar geen verhouding tussen die waargeneemde frekwensies (O)1 en die verwagte frekwensies (E)2 is nie, en gevolglik dat daar geen beduidende verskil tussen die twee waardes/frekwensies is nie). Die twee veranderlikes is, met ander woorde, onafhanklik van mekaar. Daarteenoor is die alternatiewe hipotese (Ha) dat daar wel ’n verhouding tussen die veranderlikes bestaan (daar is ’n verhouding tussen O en E) en dat die veranderlikes afhanklik is van mekaar (met ander woorde, daar is ’n beduidende verskil tussen die twee waardes/frekwensies).

Indien p < 0,05 / p=0,05, word die nulhipotese aanvaar. Indien p > 0,05, word die nulhipotese verwerp. By outeuridentifikasie beteken dit die volgende:

p < 0,05 / p=0,05 beteken dat die moontlikheid dat daar ’n verhouding tussen die veranderlikes bestaan, slegs 5% of minder is. Daar is, met ander woorde, beduidende verskille tussen die tekste, wat daarop dui dat die tekste heel waarskynlik deur verskillende outeurs geproduseer is. ’n Verskil of afwyking op ’n waarskynlikheidsvlak van 5% of minder kan aan die toeval toegeskryf word.

p > 0,05 beteken dat die verskille tussen die tekste minder is en daarom bestaan die moontlikheid dat dieselfde outeur verantwoordelik is vir albei tekste. Daar is egter steeds ’n kans dat die veranderlikes in die tekste genoeg van mekaar verskil om aan te dui dat die tekste deur twee of meer verskillende outeurs geproduseer is. Indien p=0,10, beteken dit dat daar slegs ’n 10%-moontlikheid is dat daar ’n verhouding tussen die veranderlikes bestaan. Daar is met ander woorde steeds ’n 90%-kans dat daar geen verhouding tussen die veranderlikes is nie.

’n Hoër p-waarde dui daarop dat daar ’n kleiner moontlikheid van toeval is en ’n laer p-waarde dui op ’n groter moontlikheid van toeval.

Die “gewone” chi-kwadraattoets moet volgens Chaski (2001:9) gebruik word slegs indien nie meer as 20 persent van die verwagte frekwensies minder as 5 is en geen verwagte frekwensies minder as 1 is nie. In die huidige navorsing is die data beperk en voldoen gevolglik nie aan die genoemde kriteria nie. Antconc is gebruik om die frekwensies van die woorde in elke deelnemer se teks, asook in Teks X, te bepaal. Nadat die frekwensies van die 10 mees frekwente algemene woorde en die 11 mees frekwente funksiewoorde verkry is, was dit duidelik dat byna 70% van die verwagte frekwensies minder as 5 sou wees, en sommige verwagte frekwensies minder as 1.

Die Pearson chi-kwadraat is nietemin gebruik om die data te ontleed, maar dit is duidelik uit tabel 5 en tabel 6 dat daar op grond van die chi-kwadraatwaardes en p-waardes wat uit die Pearson chi-kwadraattoets verkry is, nie enige definitiewe gevolgtrekkings gemaak kan word nie.

9.1.2.4.2 Die Yates-korreksie

Aangesien die Chi-kwadraattoets geen bruikbare resultate oplewer nie (soos aangedui in tabel 4 en 5) is daar besluit om van die Yates-korreksie gebruik te maak.

Daar is besluit om die data eerder in 2x2-tabelle te verdeel en die Yates-korreksie op elke tabel toe te pas. Die Yates-korreksie stel voor dat 0,5 van die verskil tussen die waargeneemde en verwagte frekwensies vir elke waarde afgetrek word voordat die chi-kwadraatformule gebruik word (Goehring 1981). Hierdie korreksie word volgens Statistics How To (2015) soos volg omskryf:

The Yates correction is a correction made to account for the fact that both Pearson’s chi-square test and McNemar’s chi-square test are biased upwards for a 2x2 contingency table. [...] Chi-square tests are biased upwards when used on 2x2 contingency tables. The reason for this is that the statistical chi-square distribution is continuous and the 2x2 contingency table is dichotomous.

Dit beteken dat die Pearson en McNemar Chi-kwadraattoetse soms die statistiese resultate groter maak as wat dit moet wees in ’n 2x2-tabel, aangesien so ’n tabel tweeledig is. Met ander woorde, die tabel bevat twee veranderlikes.

Volgens How2stats (2011) word die Yates-korreksie algemeen in die literatuur gebruik, maar daar is oortuigende bewyse dat die korreksie heeltemal te konserwatief is, selfs wanneer dit in klein hoeveelhede data gebruik word. How2stats (2011) verwys na verskeie navorsers wat meen dat die Yates-korreksie, as gevolg van laasgenoemde waarneming, eintlik glad nie gebruik moet word nie. Navorsers na wie How2stats (2011) verwys, is Camilli en Hopkins (1978, 1979), Feinberg (1980), Larntz (1978) en Thompson (1988).

Die Yates-korreksie is op die data toegepas, maar het nie tot meer bruikbare resultate gelei nie. Die resultate van die Yates-korreksie word by tabel 6 en tabel 7 ingesluit.

Die voorafgaande bespreking van stilistiese en stilometriese ontledings wat op die data toegepas is, maak dit duidelik dat die beperkte hoeveelheid data in die huidige studie problematies is. Alhoewel daar woordelyste en sleutelwoordlyste gegenereer kan word, is die persentasies van veral die sleutelwaardes baie klein. Uit die woordelyste wat gegenereer is, lyk dit asof daar nie ’n generiese taal onder die groep deelnemers bestaan nie. Dit blyk egter dat dit wel moontlik is om die deelnemers van mekaar te onderskei op grond van hul skryfstyle en taalgebruik.

 

10. Resultate

Die resultate van die vier verskillende ontledings wat op die data toegepas is, word soos volg opgesom:

10.1 Resultate van die stilistiese ontleding.

Uit die stilistiese ontleding blyk dit dat daar een deelnemer is wat die hoogste persentasieooreenkoms (verskynselooreenkomste) met Teks X het. Hierdie resultate word in tabel 3 saamgevat. Deelnemer 2 (D2) deel 64,7% van die kenmerke in Teks X. D1, D4 en D5 kan ook as moontlike outeurs oorweeg word, aangesien hulle ook ’n ooreenkomspersentasie bo 50% het. Aangesien die datastel in die huidige navorsing beperk is, is daar besluit dat slegs tekste met ooreenkomspersentasies van 50% en hoër oorweeg sou word as geskryf deur die moontlike outeur van die verdagte teks. D1, D4 en D5 deel ’n ooreenkomspersentasie van 58,8% met die verdagte teks. Deur hierdie stilistiese ontleding te gebruik, was die navorser in staat om D2 as een van die moontlike outeurs te identifiseer, maar die persentasie waarmee D2 met Teks X ooreenstem, is te laag om met sekerheid enige gevolgtrekkings te maak.

Deelnemers Hoeveelheid ooreenkoms met Teks X
Deelnemer 1 10/17= 58,8%
Deelnemer 2 11/17 = 64,7%
Deelnemer 4 10/17 = 58,8%
Deelnemer 5 10/17 = 58,8%
Deelnemer 6 2/17 = 11,8%
Deelnemer 7 4/17 = 23,5%
Deelnemer 8 6/17 = 35,3%
Deelnemer 9 5/17= 29,4%
Deelnemer 10 2/17 = 11,7%
Deelnemer 11 4/17 = 23,5%
Deelnemer 12 5/17 = 29,4%
Deelnemer 13 7/17 = 41,2%
Deelnemer 14 4/17 = 23,5%

Tabel 3: Die resultate van die stilistiese ontleding

10.2 Resultate van die Pearson chi-kwadraattoets en die Yates-korreksie op die data van die 10 mees frekwente algemene woorde en die 11 mees frekwente funksiewoorde.

Uit die resultate van die Pearson chi-kwadraattoets op die 10 mees frekwente funksiewoorde (tabel 4) lyk dit asof D2 (46,83%) en D8 (47,85%) die hoogste p-waardes het en daarom as twee moontlike outeurs van die verdagte teks geïdentifiseer kan word. Albei die waardes is egter te laag om enige definitiewe gevolgtrekkings te maak. Uit die resultate van die Pearson chi-kwadraattoets op die 11 mees frekwente funksiewoorde (tabel 5) is D2 (64,69%) en D11 (72,64%) as die twee deelnemers geïdentifiseer wat die hoogste p-waardes het. D2 en D11 het albei ’n hoë p-waarde, maar daar moet onthou word dat beperkte data die werklikheid kan verdraai, en daarom moet enige resultate wat deur middel van toetse op beperkte data verkry is, baie versigtig geïnterpreteer word.

  Chi2 p
D1 12,47 0,1881
D2 8,67 0,4683
D4 18,085 0,0342
D5 20,341 0,0159
D6 19,18 0,0237
D7 17,728 0,0385
D8 8,563 0,4785
D9 21,1 0,0122
D10 12 0,2133
D11 9,41 0,4003
D12 12,81 0,1714
D13 14,301 0,1120
D14 16,052 0,0658

Tabel 4: Die resultate van Pearson se chi-kwadraattoets vir die 10 mees frekwente algemene woorde.

  Chi2 p
D1 12,59 0,2475
D2 7,815 0,6469
D4 19,258 0,0371
D5 50,98 0,0001
D6 16,74 0,0803
D7 15,058 0,1300
D8 11,782 0,2999
D9 19,93 0,0299
D10 13,372 0,2036
D11 6,99 0,7264
D12 10,22 0,4214
D13 11,3103 0,3339
D14 18,32 0,0498

Tabel 5: Die resultate van die Pearson chi-kwadraattoets vir die 11 mees frekwente funksiewoorde.

Nadat die Pearson chi-kwadraattoets op die data uitgevoer is, is die Yates-korreksie op dieselfde data uitgevoer in ’n poging om meer betroubare resultate te verkry. Vir die Yates-korreksie is daar slegs van 2x2-tabelle gebruik gemaak, aangesien die data saamgegroepeer is om die frekwensies vir elke deelnemer en Teks X in albei gevalle te verhoog.

Die Yates-korreksie is deur middel van die statistiese pakket R, weergawe 3.02, gedoen (Gerber 2014). Die funksie chisq.test() is gebruik. Uit tabel 6 en tabel 7 is dit duidelik dat die persentasies wat deur die Yates-korreksie verkry is, hoër is as die persentasies wat deur die Pearson chi-kwadraattoets verkry is. In tabel 6 is deelnemers 4 (62,78%), 8 (57,03%) en 14 (41,78%) as die deelnemers met die hoogste p-waardes geïdentifiseer. Die persentasies is egter steeds te laag om met enige sekerheid aan te voer dat enige van hierdie deelnemers wel die outeur van die verdagte teks is. In tabel 7 is deelnemers 6 (100%), 10 (100%), 7 (95,5%) en 1 (97,96%) as die vier deelnemers met die hoogste p-waarde geïdentifiseer. Die uiters hoë p-waardes beklemtoon die feit dat die enige resultate in die huidige navorsing met die nodige versigtigheid geïnterpreteer moet word. Ten eerste is twee 100%-ooreenstemmings uiteraard onmoontlik, aangesien dit nie vir een deelnemer moontlik sal wees om met die beperkte data 100%-ooreenstemming met die verdagte teks te kan toon nie; en dit is nog minder moontlik dat twee individue 100%-ooreensteming met Teks X sal toon. Die beperkte data en die resultate wat tot dusver uit die statistiese toetse verkry is, maak ook die persentasies by D7 en D1 hoogs onwaarskynlik.

  Yates-korreksie (Chi-kwadraatwaarde) p-waarde
D1 2,388 0,1223
D2 2,0913 0,1481
D4 0,2351 0,6278
D5 4,571 0,03252
D6 4,6545 0,03097
D7 2,7978 0,09439
D8 0,3222 0,5703
D9 2,388 0,1223
D10 1,3846 0,2393
D11 2,1843 0,1394
D12 3,902 0,04823
D13 3,3174 0,06855
D14 0,6565 0,4178

Tabel 6: Die resultate van die Yates-korreksie op die 10 mees frekwente algemene woorde.

  Yates-korreksie (Chi-kwadraatwaarde) p-waarde
D1 0,001 0,9796
D2 0,2835 0,5944
D4 1,0546 0,3044
D5 0,464 0,4958
D6 0 1
D7 0,0032 0,955
D8 2,1507 0,1425
D9 2,8839 0,08947
D10 0 1
D11 0,2064 0,6496
D12 0,2064 0,6496
D13 0,2684 0,6044
D14 7,7143 0,005479

Tabel: 7: Die resultate van die Yates-korreksie op die 11 mees frekwente funksiewoorde.

Dit is duidelik dat die Yates-korreksie nie tot meer betroubare resultate lei nie, en dat daar geen definitiewe gevolgtrekkings gemaak kan word oor die moontlike outeur van die verdagte teks op grond van die resultate nie.

Die volgende stap was om die persentasie sleutelwaarde van die woorde in elke teks in vergelyking met Teks X te bepaal.

10.3 Resultate van die Keyword-list funksie in Antconc.

Ten eerste is die sleutelwaardes van die eerste woord van elke deelnemer se teks ondersoek. Hier is D13, D4 en D6 as die deelnemers met die laagste sleutelwaardes (en daarom die hoogste moontlikheid as outeurs van die verdagte teks) geïdentifiseer.

Tydens die tweede toets is die sleutelwaardes van die eerste tien woorde van elke deelnemer se teks uitgewerk. Die resultate het aangedui dat D13, D11 en D2 die deelnemers met die laagste sleutelwaardes is.

Die laaste toets het die sleutelwaardes van die eerste 20 woorde in elke deelnemer se teks ondersoek en daar is vasgestel dat D13, D2 en D11 die laagste sleutelwaardes het.

10.4 Resultate van die N-gramontleding.

In die huidige navorsing is daar van 1-, 2-, 3- en 4-gramme gebruik gemaak, met ’n kort profiellengte van 50 n-gramme, wat in inkremente van 10 vermeerder is tot ’n profiellengte van 400. Slegs drie konfigurasies se resultate word in ag geneem, aangesien die omvang van die studie beperk is en daar moontlik honderde konfigurasies getoets kan word met kombinasies van die genoemde aantal n-gramme en profiellengtes.

Die eerste ontleding (bestaande uit 1-, 2-, 3- en 4-gramme, en profiellengtes van 50 tot 400) het aangedui dat D4 die waarskynlikste outeur van Teks X is. D2 en D5 is ook onderskeidelik as moontlike outeurs gelys.

Tydens die tweede ontleding (bestaande uit 1-, 2- en 3-gramme, en profiellengtes van 50 tot 400) is D2 as die waarskynlikste outeur van Teks X geïdentifiseer. D4 en D5 is ook as moontlik outeurs gelys.

Die derde ontleding (bestaande uit 1- en 2-gramme, en profiellengtes van 50 tot 400) het bevind dat D2 weer eens die waarskynlikste outeur van Teks X. D5 en D4 is weer eens gelys, maar het van posisie verander.

 

11. Antwoorde op die navorsingsvrae

Op grond van die resultate kan die navorsingsvrae soos volg beantwoord word:

1. Kan daar onder die groep deelnemers ’n generiese SMS-taal geïdentifiseer word wat outeuridentifikasie sou bemoeilik?

Uit die ontleding van die data om die teenwoordigheid van ’n generiese SMS-taal onder die groep deelnemers te identifiseer, blyk dit dat daar geen generiese SMS-taal onder die groep deelnemers bestaan nie.

Om die teenwoordigheid van ’n generiese SMS-taal te identifiseer, is die deelnemers gevra om elkeen dieselfde teks (deur die navorser voorsien) as SMS’e te tik en aan die navorser te stuur. Hierdie SMS’e is tot een teks gekombineer en deur middel van die Word list-funksie in Antconc ontleed. ’n Lys van al die woorde wat in ’n bepaalde teks verskyn, is sodoende gegenereer. Die woorde is op grond van spelling geïdentifiseer, wat beteken dat elke unieke spelling van ’n woord as ’n aparte woord in die lys verskyn. Uit die woordelys wat gegenereer is, is dit duidelik dat daar geen generiese SMS-taal onder die groep deelnemers bestaan nie (op grond van die variante van die woorde wat in die teks voorkom). Indien daar wel ’n generiese SMS-taal onder die groep teenwoordig was, sou dit beteken dat daar geen spellingvariasie by enige woorde kon voorkom nie, aangesien elke deelnemer dan elke afsonderlike woord op dieselfde wyse as die ander deelnemers sou spel.

2. Is dit moontlik om binne die veronderstelde generiese SMS-taal individuele, idiolektiese taal by SMS-gebruikers te identifiseer?

Tot ’n mate is dit wel moontlik om ’n idiolektiese SMS-taal onder die groep deelnemers te identifiseer. Uit beide die stilistiese en stilometriese ontledings is dit duidelik dat daar deelnemers is wie se skryfstyle met dié van die outeur van die verdagte teks sowel ooreenstem as daarvan verskil. Aangesien hierdie deelnemers van mekaar onderskei kan word, is dit moontlik om aan te voer dat die idiolektiese eienskappe van die deelnemers verskil. Alhoewel idiolektiese taalgebruik onder die groep deelnemers teenwoordig is, is die hoeveelheid data egter te min om met enige hoë persentasie van sekerheid aan te voer dat een deelnemer se idiolek opvallend van ’n ander deelnemer se idiolek verskil.

3. Tot watter mate is dit moontlik om die outeur van ’n verdagte SMS-teks te identifiseer met die beperkte data wat tipies ter beskikking is?

Uit voorafgaande bespreking en op grond van die resultate wat uit die verskeie ontledings verkry is, is dit moontlik om die gevolgtrekking te maak dat die outeur van die verdagte SMS-teks nie met groot sekerheid bepaal kan word nie. Die hoofrede vir die onbesliste resultate is die beperkte hoeveelheid data wat tot die navorser se beskikking was. Indien die navorser genoeg data tot sy of haar beskikking het, kan hy of sy meer beslissende gevolgtrekkings maak oor die idiolektiese eienskappe van elke vermeende outeur.

In die huidige navorsing is die data voldoende om aan te dui

  • dat daar nie ’n generiese SMS-taal onder die groep deelnemers bestaan nie en
  • dat idiolektiese eienskappe gevolglik teenwoordig is.

Die data is egter te beperk om vas te stel tot watter mate die idiolekte van die deelnemers van mekaar verskil. Dit is moontlik dat byvoorbeeld D11 konstant as een van die moontlike outeurs in die navorsing geïdentifiseer word, maar dat wanneer meer data beskikbaar is, dit sal aandui dat D11 geen idiolektiese ooreenkomste met die verdagte teks se outeur toon nie. Die moontlikheid bestaan ook dat deelnemers wat in die huidige navorsing dieselfde persentasie-ooreenkoms met die verdagte teks deel, in werklikheid geen idiolektiese eienskappe met mekaar deel nie.

Dit blyk dat die navorsing suksesvol was om die navorsingsvrae van die huidige studie te beantwoord. Dit is egter nodig om die resultate verder, in ’n opvolgstudie, binne die groter konteks van die forensiese linguistiek te ondersoek.

 

12. Gevolgtrekking

Uit die huidige navorsing, asook navorsing oor outeuridentifikasie wat reeds gedoen is, is dit moontlik om verskeie gevolgtrekkings te maak oor die bruikbaarheid van die resultate wat in die huidige navorsing verkry is. Hierdie studie beklemtoon ook die groeipotensiaal vir die navorsingsveld van outeuridentifikasie in Suid-Afrika.

Die doelstelling van die huidige studie, naamlik om vas te stel of dit moontlik is om die outeur van ’n beperkte teks vas te stel, is bereik. Daar is vasgestel dat dit, op grond van die resultate wat uit beide die stilistiese en stilometriese ontledings verkry is, nie moontlik om met sekerheid die ware outeur van die verdagte SMS-teks te identifiseer nie.

Die beperkte data het die positiewe identifisering van die ware outeur van die verdagte teks beslis bemoeilik, maar die resultate wat verkry is (alhoewel negatief) kan steeds as bruikbaar beskou word. Resultate soos dié wat in die huidige navorsing verkry is, sou waarskynlik wel as omstandigheidsgetuienis in ’n hof gebruik kon word, aangesien die ontledings dit wel moontlik gemaak het om die aantal waarskynlike outeurs van 13 tot 11 te verminder. Deur die resultate in elkeen van die ontledings met mekaar te vergelyk en die moontlike outeurs aan te toon, kan D1, D2, D4, D5, D6, D7, D8, D10, D11, D13 en D14 as die 11 moontlike outeurs van die verdagte teks geïdentifiseer word. Uiteraard maak dit nie ’n groot verskil in ’n werklike situasie nie, aangesien 11 verdagtes steeds ’n hoë getal is.

Dit is belangrik om daarop te let dat alhoewel één deelnemer nie as die moontlike outeur van die verdagte teks geïdentifiseer is nie, D2 (die ware outeur van die verdagte teks), in die meerderheid gevalle wel as een van die moontlike outeurs van Teks X geïdentifiseer is.

Die resultate dui daarop dat daar potensiaal is ten opsigte van suksesvolle outeuridentifikasie wanneer die forensiese linguis slegs kort tekste tot sy of haar beskikking het en daar verskeie outeurs is wat die ware outeur van die verdagte teks kan wees.

 

13. Probleme en beperkings

13.1 Beperkte data

Soos blyk uit navorsing wat reeds in outeuridentifikasie gedoen is, is dit duidelik dat daar verskeie kere scenario’s opduik waar min data tot die navorser se beskikking is en tot probleme kan lei met veral die statistiese toetse wat daarop toegepas word (Chaski 2001; Stamatatos e.a. 2001; Barry en Luna 2012). In die huidige navorsing is die beperkte hoeveelheid data ook problematies. Dit het daartoe gelei dat daar nie in die ontledings wat op die data uitgevoer is, ’n hoë mate van sekerheid verkry kan word oor die outeur van die verdagte teks nie.

Dit is nodig om reeds bestaande metodes (soos n-gramontledings en logwaarskynlikheidsverhoudings) aan te pas ten einde groter sukses in die ontleding van beperkte data te behaal. Dit is ook belangrik om databasisse op te stel sodat daar genoeg data is om vergelykende studies mee aan te pak en sodat die data in die databasis gebruik kan word in masjienleertegnieke (soos SVM en n-gramontledings). Ten spyte van die beperkte data wat tot die navorser se beskikking was, was dit nietemin moontlik om tot ’n mate idiolekte onder die huidige groep deelnemers te identifiseer.

13.2 Vaardighede en kennis van die forensiese linguis

Dit is belangrik om daarop te let dat die forensiese linguis nie in alle gevalle ’n forensies-linguistiese ontleding, wat van statistiek gebruik maak, alleen kan uitvoer nie. Forensiese linguiste is soms afhanklik van kenners op ander vakgebiede, soos byvoorbeeld statistiek en rekenaarwetenskap, aangesien ’n forensiese linguis self nie noodwendig ’n kenner van laasgenoemde vakgebiede is nie. In die huidige navorsing was dit byvoorbeeld sinvol om die hulp van ’n rekenaarwetenskaplike in te roep, aangesien ek nie self genoeg kennis dra van die vakgebied nie. Dit word egter aanbeveel dat forensiese linguiste die nodige kennis in statistiek en rekenaarwetenskap verwerf.

 

Bibliografie

Angouri, J. 2010. Quantitative, qualitative or both? Combining methods in linguistic research. In Litosseliti (red.) 2010.

Anthony, L. 2004. Antconc: A learner and classroom friendly, multi-platform corpus analysis toolkit. In Proceedings of IWLeL 2004: An interactive workshop on language e-learning. http://www.laurenceanthony.net/research/iwlel_2004_anthony_antconc.pdf (5 Augustus 2014 geraadpleeg).

—. 2005. Antconc: Design and development of a freeware corpus analysis toolkit for the technical writing classroom. In 2005 IEEE International Professional Communication Conference Proceedings. http://www.ieeexplore.ieee.org/stamp/stamp.jsp?arnumber=1494244 (11 Julie 2014 geraadpleeg).

—. 2014. Antconc: Readme. http://www.antlab.sci.waseda.ac.jp/software/antconc341/AntConc_readme.pdf (16 Junie 2014 geraadpleeg).

Barry, K. en K. Luna. 2012. Stylometry for online forums. http://cs229.stanford.edu/proj2012/BarryLuna-StylometryforOnlineForums.pdf (18 Julie 2013 geraadpleeg).

Blackwell, S. 2012. History of forensic linguistics. http://onlinelibrary.wiley.com/doi/10.1002/9781405198431.wbeal0508/full (16 Januarie 2013 geraadpleeg).

Brennan, M., S. Afroz en R. Greenstadt. 2012. Adversarial stylometry: circumventing authorship recognition to preserve privacy and anonymity. ACM Transactions on Information and System Security, 15(3):1–22.

Broeders, A.P.A. 2001. Forensic speech and audio analysis forensic linguistics. A review. 13th Interpol Forensic Science Symposium. 16–19 Oktober. Frankryk: Lyon. http://www.taracentar.hr/attachments/interpol_forensic.pdf (16 Januarie 2013 geraadpleeg).

Camilli, G. en K.D. Hopkins. 1978. Applicability of chi-square to 2 * 2 contingency tables with small expected frequencies. Psychological Bulletin, 85:163–7.

—. 1979. Testing for association in 2 * 2 contingency tables with very small sample sizes. Psychological Bulletin, 86:1011–4.

Carstens, W.A.M. 2003. Norme vir Afrikaans: enkele riglyne by die gebruik van Afrikaans. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.

Cavnar, W.B. en J.M. Trenkle. 1994. N-gram-based text categorization. odur.let.rug.nl/vannoord/TextCat/textcat.pdf (15 September 2014 geraadpleeg).

Chaski, C.E. 2001. Empirical evaluations of language-based author identification techniques. www.iula.opf.edu/materials/050520spassova.pdf (1 Augustus 2014 geraadpleeg).

—. 2005. Who’s at the keyboard? Authorship attribution in digital evidence investigations. International Journal of Digital Evidence, 4(1):1–14. https://www.utica.edu/academic/institutes/ecii/publications/articles/B49F9C4A-0362-765C-6A235CB8ABDFACFF.pdf (5 November 2014 geraadpleeg).

Chomsky, N. 1965. Aspects of the theory of syntax. Cambridge: MIT Press. http://babel.ucsc.edu/~hank/aspects_ch3.pdf (10 Oktober 2013 geraadpleeg).

Coulthard, M. 2004. Author identification, idiolect and linguistic uniqueness. Applied Linguistics, 25:431–47.

Coulthard, M. en A. Johnson (reds.). 2010. The Routledge handbook of forensic linguistics. New York: Routledge.

Crankshaw, R. 2012. The validity of the linguistic fingerprint in forensic investigation. Diffusion, 5(2). atp.uclan.ac.uk/buddypress/diffusion/?p=1228 (22 April 2013 geraadpleeg).

Crystal, D. 2008. Txtng: The gr8 db8. Oxford: Oxford University Press.

Dörnyei, Z. 2007. Research methods in applied linguistics. Oxford: Oxford University Press.

Easton, V.J. en J.H. McColl. s.j. Statistics glossary (v1.1). http://www.stats.gla.ac.uk/steps/glossary/categorical_data.html (18 Julie 2014 geraadpleeg).

Feinberg, S. E. 1980. The analysis of cross-classified categorical data. Cambridge: MIT.

Gangs use of the internet and cell phones. I look both ways. ilookbothways.com/2010/06/14/gangs-use-of-the-internet-and-cell-phones (8 Oktober 2014 geraadpleeg).

Gavaldà-Ferré, N. 2012. The study of inter- and intra-speaker variation towards an index of idiolectal similitude. In Proceedings of the International Association of Forensic Linguists’ Tenth Biennial Conference, Aston Universiteit, Birmingham.

Gerber, H. 2014. Persoonlike kommunikasie, April.

Goehring, H.J. 1981. Statistical methods in education. Virginia: Information Resources Press.

Grant, T. 2010. Txt 4n6: Idiolect free authorship analysis? In Coulthard en Johnson (reds.) 2010.

Halliday, M.A.K. 1975. Learning how to mean: explorations in the development of language. Londen: Edward Arnold.

Heigman, J. en R.A. Crocker (reds.). 2009. Qualitative research in applied linguistics. Londen: Palgrave Macmillan.

How2stats. 2011. Yates’ correction. www.how2stats.net/2011/09/yates-correction.html (13 Februarie 2015 geraadpleeg).

Ishihara, S. 2011. A forensic authorship classification in SMS messages: A likelihood ratio based approach using N-gram. In Proceedings of Australasian Language Technology Association Workshop.

Jackson, A.R.W en J.M. Jackson. 2004. Forensic science. Londen: Pearson Education Limited.

Juola, P. 2006. Authorship attribution. Foundations and trends in information retrieval, 1(3):233-334.

Kotzé, E.F. 2007. Die vangnet van die woord: forensies-linguistiese getuienis in ’n lastersaak. South African Linguistics and Applied Language Studies,25(3):385–99.

—. 2010. Author identification from opposing perspectives in forensic linguistics. South African Linguistics and Applied Language Studies, 28(2):185–97.

Larntz, K. 1978. Small sample comparisons of exact levels for chi-square goodness of fit statistics. Journal of the American Statistical Association, 73: 253-263.

Lazaraton A. 2009. Discourse analysis. In Heigman en Crocker (reds.) 2009.

Litosseliti, L. (red.). 2010. Research methods in linguistics. Londen: Continuum International Publishing Group.

McLeod, N. en T. Grant. 2012. Whose tweet? Authorship analysis of micro-blogs and other short-form messages. In Proceedings of the International Association of Forensic Linguists’ Tenth Biennial Conference. Birmingham: Aston Universiteit.

McMenamin, G.R. 2010. Theory and practice of forensic stylistics. In Coulthard en Johnson (reds.) 2010.

MedicineNet.com. 2014. Definition of forensic. www.medicinenet.com/script/main/mobileart.asp?articlekey=10604 (9 Oktober 2014 geraadpleeg).

Mendenhall, T.C. 1887. The characteristic curves of composition. Science, 9(214):237–49. http://www.jstor.org/stable/1764604 (3 Junie 2014 geraadpleeg).

Michell, C.S. 2013. Investigating the use of forensic stylistics and stylometric techniques in the analysis of authorship on a publicly accessible social networking site (Facebook). Ongepubliseerde Meestersgraadverhandeling, Universiteit van Suid-Afrika.

Mikros, G.K. s.j. Authorship attribution in Greek blogs. http://users.uoa.gr/~gmikros/Pdf/AA%20and%20GI%20in%20Greek%20blogs_Qualico12.pdf (7 Junie 2013 geraadpleeg).

Mobile Pronto. 2010. The history of SMS text messaging. http://www.mobilepronto.org/en-us/the-history-of-sms-html (29 Januarie 2013 geraadpleeg).

Mohan, A., I.M. Baggili en M.K. Rogers. 2010. Authorship attribution of SMS messages using an N-grams approach. http://www.cerias.purdue.edu/assets/pdf/ bibtex_archive/2010-11-report.pdf (9 Junie 2014 geraadpleeg).

Olivier, J. 2013. Die mate van konsekwentheid in SMS-Afrikaans. LitNet Akademies, 10(2). http://www.litnet.co.za/Article/die-mate-van-konsekwentheid-in-sms-afrikaans (1 Augustus 2014 geraadpleeg).

Olsson, J. 2004. Forensic linguistics: an introduction to language, crime and the law. Londen en New York: Continuum.

—. s.j. Forensic linguistics. Proefhoofstuk. www.eolss.net/Sample-Chapters/CO4/E6-91-13.pdf (17 Januarie 2013 geraadpleeg).

PewInternet. 2012. Cell phone activity 2012. http://www.pewinternet.org/Reports/ 2012/Cell-Activities/Additional-Demographic-Analysis/Demographics.aspx (15 Maart 2013 geraadpleeg).

Schulstad, I., M. Boga., C. Jordan en K. Pally. 2012. Evaluation of a stylometry system on various length portions of books. http://www.csis.pace.edu/~ctappert/srd2012/d5.pdf (23 Mei 2014 geraadpleeg).

Somers, H. s.j. Stylometry and authorship. [Powerpoint]. Universiteit van Manchester: Skool van Rekenaarwetenskap. http://personalpages.manchester.ac.uk/staff/harold.somers/LELA30922/Authorship.ppt (17 April 2013 geraadpleeg).

Stamatatos, E., N. Fakotakis en G. Kokkinakis. 2001. Computer-based authorship attribution without lexical measures. Computers and the Humanities, 35:193-214.

Statistics How To. 2015. Yates correction: What is it used for in statistics. http://www.statisticshowto.com/what-is-the-yates-correction (13 Februarie 2015 geraadpleeg).

Svartvik, J. 1968a. The Evans statements: A case for forensic linguistics. Deel 1 van 2. http://www.thetext.co.uk/Evans%20Statements%20Part%201.pdf (13 Junie 2014 geraadpleeg).

—. 1968b. The Evans statements: A case for forensic linguistics. Deel 2 van 2. http://www.thetext.co.uk/Evans%20Statements%20Part%202.pdf (13 Junie 2014 geraadpleeg).

Thiart, L. 2014. Outeuridentifikasie: ’n Forensies-taalkundige ondersoek na Afrikaanse SMS-taal. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van Pretoria.

Thompson, B. 1988. Misuse of chi-square contingency-table test statistics. Educational and Psychological Research, 8(1): 39-49.

Wolff, F. 2014. Persoonlike kommunikasie, 18 September.

 

Eindnotas

1 Waargenome frekwensies (observed frequencies – O) verwys na die data wat die navorser ingesamel of waargeneem het.

2 Verwagte frekwensies (expected frequencies – E) verwys na die frekwensies wat die navorser sal voorspel in elke sel van die tabel (Easton en McColl s.j.).

 

The post Outeuridentifikasie: ’n Forensies-taalkundige ondersoek na Afrikaanse SMS-taal appeared first on LitNet.

Author identification: A forensic-linguistic research study in Afrikaans SMS language

$
0
0

Abstract

Forensic linguistics is a field of study that has gained popularity in many countries around the world (Blackwell 2012). In South Africa forensic linguistics is not a well-known field of study, but academics and postgraduate students are beginning to explore research and study opportunities within this field. Author identification, which is the focus of this article, is only one of the subcategories within forensic linguistics. A very basic definition of forensic linguistics is that it is a section of applied linguistics where a variety of both written and spoken texts is analysed for judicial purposes. The field is roughly divided into two main categories: language use and its judicial implications and the analysis of forensic texts (written or spoken). In the first category forensic linguists consider translating and interpreting in a courtroom setting, the language use and discourse of a trial and the language rights of individuals in the courtroom or during the course of the trial, among others. The second category includes author identification, speaker identification, profiling and identification of plagiarism (Olsson n.d.:4–5).

Author identification is the analysis of a text with the goal of determining the possible author because there is some uncertainty or dispute about the author of that specific text (or group of texts). Texts that are usually analysed in author identification include ransom notes, e-mail messages, threat letters and blackmail messages. Although author identification analysis has been done on shorter texts such as SMS messages, ransom notes and Facebook messages in the past (Ishihara 2011; McLeod and Grant 2012; Michell 2013) there is still, to some extent, insufficient research in the area of author identification of short (and extremely short) texts. Author identification in Afrikaans SMS messages has never been attempted. It is mainly for this reason that the current article, and the dissertation it is based on, is considered of value to the field of author identification (Thiart 2014).

For the purposes of this study the researcher aimed to answer three questions. First it had to be determined if a generic SMS language exists that could complicate author identification. The presence of a generic SMS language would mean that there are very few individual characteristics present when SMS messages in the corpus are compared. Secondly, it had to be determined whether individual idiolects could be identified within the supposed generic SMS language, and thirdly, to what extent it is possible to identify the author of an SMS text with the limited data available to the forensic linguist.

Thirteen participants between the ages of 18 and 23 were used in the research. The only selection criterion was that the participants had to be mother-tongue speakers of Afrikaans. Each participant was asked to send 5 to 10 SMS messages of between 30 and 50 words each to the researcher. The participants were asked to select messages on their phones that they had already sent, i.e. messages that they had already typed in the past. This was done to ensure that the participants would not type in a different manner when creating new messages that they knew would be used in the analysis. Each participant was given a number in order for the researcher to identify participants and to ensure that they remained anonymous. One participant, Deelnemer 2 (Participant 2), was asked to send a second set of messages to the researcher. This set was labelled Teks X (Text X) and was the “suspect text”. All the other texts in the corpus were compared with Text X in order to determine if it was possible to match the first set of texts from Deelnemer 2 with the “suspect” texts. Based on the statistical analyses and comparisons the researcher would then be able either to identify Deelnemer 2 as the author of Text X with a high percentage of certainty or conclude that it was not possible to match Deelnemer 2 to Text X successfully.

The corpus for the study is small, consisting of only 2 434 words in total. The small corpus is due to the system used to receive the SMS messages from the participants, namely SMSPortal, which places a limit on the number of characters it can read per SMS. This meant that it cut some of the SMS messages and decreased the amount of data available to the researcher.

Both stylometric and stylistic methods were used to analyse the data. WordSmith Tools and Antconc were used to perform statistical analyses on the data and a very basic n-gram analysis was also used to strengthen the results. Both the Pearson’s chi-square test and the Yates correction were used in determining the results of the statistical analyses. The limited amount of data that the researcher obtained through the participants is a realistic amount of data that can be expected in a real-life forensic linguistic situation. Even though no actual crime was being investigated, the research gives an accurate indication of what is possible when a forensic linguist has only limited data to analyse and a number of possible authors.

The results of both the stylistic and stylometric analyses answer all three of the research questions mentioned above. Firstly, it was found that no generic SMS language existed among the participants in this study. This indicated that idiolects were present. However, due to the limited data used in the study it was not possible to determine the author of the suspect text with any certainty. Although these results were negative they were still useful in terms of narrowing down the number of suspects from 13 to 11. 11 is still a large number of suspects, but in that group the actual author (Deelnemer 2) was identified as the possible author in most of the analysis results.

The results showed that even though identification of the actual author of the suspect text was not possible in the situation created in the study, the methods used do show potential. As mentioned above, many researchers have proven that, to some extent, successful author identification is possible when a forensic linguist has limited data to analyse. It has to be taken into account, however, that these studies made use of a much larger corpus than was the case in the current study. Other methods should also be tested in a similar small corpus to see if better results can be achieved. It is also important to note that “successful author identification” does not mean that a suspect has been identified with 100% certainty; it simply indicates that the statistical possibility of a suspect’s being the author of a specific text is high enough for him or her to be considered as the possible author.

Keywords: author identification, forensic linguistics, idiolect, SMS, stylometry

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Outeuridentifikasie: ’n Forensies-taalkundige ondersoek na Afrikaanse SMS-taal.

The post Author identification: A forensic-linguistic research study in Afrikaans SMS language appeared first on LitNet.

Skrywer van die week: Ingrid Jonker

$
0
0

facebook_abrahamphillips


Vandeesweek onthou LitNet die Afrikaanse ikoon Ingrid Jonker met 'n keur van tekste oor en deur hierdie onvergeetlike digter:
 

Flame in the Snow – the love letters of André Brink and Ingrid Jonker

Karin Schimke, Naomi Meyer
Interview 

Gewildste Afrikaanse gedigte

Ingrid Jonker
Poësie 

Ingrid Jonker Aand

Riana Wiechers
Fotoblad 

Skielik – “Die Kind”

Yuri
SêNet 

by die ontvangs van die ingrid jonker – Melt Myburgh se dankwoord en gedig

Melt Myburgh
Nuwe skryfwerk 

Lesersnavraag aan mede-onderwysers: Hulp versoek met die interpretasie van "Ontvlugting" deur Ingrid Jonker

Karin Mitcham
Skole 

Ingrid Jonker – Her lives and Time

Suzette Kotzé-Myburgh
Filmresensie 

Ons is nie diep genoeg nie, Ingrid

Deborah Steinmair
Rubriek: Fratsgolf 


 

The post Skrywer van die week: Ingrid Jonker appeared first on LitNet.

Skerpskryf in Afrikaans

$
0
0

Meer as 100 leerders het vanjaar deelgeneem aan die vyfde Skerpskryf in Afrikaans-kompetisie vir graad 10-, 11- en 12-leerders van Drakenstein in die Boland.

Skerpskryf is ’n jaarlikse Afrikaanse skeppendeskryfwerk-kompetisie vir Afrikaanse leerders in Drakenstein en word aangebied deur die raad van trustees van die Hugenote Gedenkskool in Dal Josafat in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl.

skerpskryf9

Piekniek op die gras na die werkwinkel oor skerpskryf

Die Hugenote Gedenkskool was in 1883 die eerste skool in Suid-Afrika waar kinders amptelik onderrig in Afrikaans ontvang het.

Volgens Janine Brown, opvoedkundige beampte van die ATM, is die doel van die kompetisie om leerders se kreatiwiteit te stimuleer deur storielyne rondom sekere temas te ontwikkel en te skryf.

“Die kompetisie is tot voordeel van elke leerder wat in Afrikaans skryf en help om belowende jong skrywers in Afrikaans te identifiseer.”

En aan kreatiwiteit was daar vanjaar geen gebrek nie.

Jerome Dumas en sy vrou Sabina wat albei Afrikaans gee by die New Orleans Sekondêre skool saam met twee van hulle leerders.

Leerders moes ’n gedig van tussen 10 en 30 reëls skryf oor hoe hulle Afrikaans praat of liefhet, of hoe hulle vriende of ouers dit praat, of net oor hoekom hulle van Afrikaans hou en wat hulle van Afrikaans dink. Oor die vorige vier jaar moes hulle onderskeidelik ’n nuusartikel, ’n rubriek, ’n nuusberig en ’n resensie skryf.

Die 30 finaliste en hulle onderwysers is genooi om by die prysoorhandiging by die Hugenote Gedenkskool deel te neem aan ’n gespreksessie, waarna daar lekker piekniek gehou is op die gras.

Dit was die tweede keer dat ek as beoordelaar en spreker by Skerpskryf in Afrikaans betrokke was. Die opgewondenheid wat daar jaarliks tydens die geleentheid oor Afrikaans is, beïndruk my elke keer opnuut.

Dantè Naude en Charl Eksteen

Nie net onder moedertaalsprekers van Afrikaans nie, maar ook by diegene wie se tweede taal Afrikaans is, heers daar ’n aansteeklike opgewondenheid oor die taal wat kleur en kultuurgrense oorskry. As dit is hoe die jongmense van vandag Afrikaans ervaar, hoef daar geen vrees te bestaan vir die toekoms van Afrikaans nie. Vanjaar se inskrywings het weer eens bewys daar is hope talent onder jongmense om die taal lewend te hou!

Die digter Gaireyah Fredericks het vanjaar as een van die beoordelaars en sprekers opgetree. As enkelouer van drie kinders moes sy harde bene kou voordat sy haar talent as digter kon uitleef. “Ek dig en skryf in drie tale,” sê sy: “Kaaps, Afrikaans en Engels.”

As iemand wat in Kaaps grootgeword het, het sy Standaardafrikaans, wat vir haar ’n vreemde en nuwe taal was, eers op ’n later stadium van haar lewe ontdek en onmiddellik ook dáárop verlief geraak, sê sy.

Jean Oosthuizen (joernalis), Francois Lötter (joernalis), Gireyah Fredricks (digter) en Janine Brown van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument

Vanjaar se algehele wenner was Ayden Kruger (graad 11, Hoër Meisieskool Paarl). Railene Nel (graad 11, Hoër Meisieskool La Rochelle) het die prys vir taalgebruik gewen en Charl Eksteen (graad 10, Hoërskool Gimnasium) die prys vir kreatiwiteit. Danté Naude (graad 11, New Orleans Sekondêr) het eervolle vermelding ontvang.

Wenners sowel as hulle skole het lekker pryse gewen. Die algehele wenner het R1 000 kontant ontvang plus ’n koopbewys vir R1 000 vir ’n Afrikaanse boek. Die twee wenners in die kreatiewe en taalkunde-afdelings het elkeen R500 kontant plus ’n koopbewys vir R500 vir ’n Afrikaanse boek ontvang. Elkeen van die drie skole van die drie wenners ontvang ook ’n koopbewys van R1 000 vir Afrikaanse boeke. Die opvoeder of persoon wat die weninskrywing aangemoedig het, sowel as die onderwyser wat die meeste inskrywings instuur, het ook elkeen R500 gekry.

Die finaliste

Hugenote Gedenkskool

New Orleans Sekondêr se deelnemers aan die vyfde Skerpskryf in Afrikaans saam met twee van hulle Afrikaanse onderwysers, Jerome en Sabina Dumas

Klastyd

Van die wenners, beoordelaars en onderwysers

Van die finaliste tydens vanjaar se Skerpskrif in Afrikaans

Foto’s: Isabeau Botha en Francois Lötter

The post Skerpskryf in Afrikaans appeared first on LitNet.

Viewing all 21565 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>