Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20678

US Woordfees 2016: Kook saam Kaaps deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker

$
0
0

kooksaamkaaps_650

Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker het op RSG bekend geword as die twee anties wat wéét hoe om lekker kos te maak. Hulle kook Kaaps: gesinskos, huiskos. Deur gereeld in te bel na Amore Bekker se program op RSG, het dié twee dames oral in Suid-Afrikaners se harte ingekruip.

Japie Gouws, die hoofbestuurder van die ATKV, het toe opdrag gegee dat hulle kookkuns in boekvorm vasgevat moet word, en LAPA het Kook saam Kaaps uitgegee.

Op 8 Maart om 14:00 het hulle by die US Woordfees ’n demonstrasie in Die Khaya gedoen.

Martelize Brink, van RSG, het die gesprek gelei.

Flori Schrikker

Daar is baie gesels oor die feit dat Flori Schrikker as Christen en Koelsoem Kamalie as Moslem so nou met mekaar saamwerk.

Koelsoem Kamalie

Verskeie resepte is gedeel, staaltjies oor die kinders en kleinkinders is vertel en die lekkerste maniere van kook is bespreek.

Tania de Kock

Flori en Kamalie het ook vertel hoe Tania de Kock, hulle uitgewer, in hulle koskaste ingeklim en gesnuffel het om seker te maak die resepte word verstaanbaar oorgedra. “Sy het soos ’n dogter in ons huise geword.”

kookkaaps8

Ná die tyd was daar natuurlik barakat, want hierdie dames kom van die Bonteheuwel af en daar laat jy nie gaste met leë hande loop nie.

’n Gepakte saal het gelag en later saamgeëet. Soos Flori en Kamalie sê: “Om ’n tafel vol kos kan ’n mens die politiek vergeet en saam bou aan ’n toekoms.”

 

The post US Woordfees 2016: Kook saam Kaaps deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20678

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>