Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21396

Weer 'n kans op geluk

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ons sien mekaar gereeld by skoolfunksies en waneer ons die kinders aflaai en kom haal by die skool. Ons groet altyd beleefd maar tog is daar iets in die blik wat ons mekaar gee. Dit gaan nou al vir sowat drie jaar so aan en knoop so af en toe geselsies aan.

Tot vandag, toe ek jou uit die motor sien klim merk ek op dat jy nie vandag jou sprankelende self is nie. Ons loop alby na die ingangshek soos ons soveel male al van tevore gedoen het. Ek is by die hek voor jou en met die gewone beleefdheid wag ek dat jy eerste instap met die kenmerkende “"Dames eerste"-opmerking van my kant af met my hand wat jou volg in die holte van jou rug sonder om aan jou te raak. Tog voel ek die hitte wat jy uitstraal. Jy antwoord met 'n "dankie". Soos wat ek agter jou stap, kyk ek soos al vele male na jou mooi ferm boude en dink by myself hoe perfek hulle vorm in die rok wat jy aanhet. 'n Sagte fyn materiaalrok wat deur ‘n suidooster liggies vasdruk teen jou lyf.

Ek vra beleefd hoe dit gaan en kan op jou gesig sien dat nie alles pluis is nie. Jy kyk na my en sug en sê: "Het 'n dol dag sover gehad en sukkel met 'n voorlegging wat ek nie regkry nie. En met jou?"

Ek antwoord terug dat my dag heel aangenaam was en dat dit sommer nou beter gaan. Jy kyk my vraend aan asof sy nie heel besef wat ek sê nie maar tog weet wat ek bedoel. Ek vra uit oor die voorlegging en jy verduidelik hoe jy met die program sukkel. Ek gee raad en jy luister aandagtig, maar ek kan sien dat my raad nie die volle begrip geniet nie. Dis net voor middagete en ek bied aan om na middagete jou te help, dit is wel my af dag maar het laatmiddag 'n afspraak, dit sal die kinders ook sommer speeltyd gee. Ek sê wel dat ek ‘n voorwaarde het. Jy kyk vraend na my en skerts speels dat jy nie een van daai meisies is nie. Ek maak of ek verbaas lyk en speels antwoord ek dat ons sommer net eers iets moet kry om te eet.

Jy vra wat ek voorstel, en kort voor lank ry ons met die kinders en stop by die kitskoswinkel. Ons almal is binne-in die winkel en nadat ons albei ons bestellings geplaas het,  sit ons by 'n tafel terwyl die kinders in die speelkamer baljaar. So gesels ons sommer oor die warm weer en wat die kinders alles aanjaag en hoe ‘n gejaag dit is om enkelouers te wees. Gou kan ek sien dat jou bui gelig het en dat jou blou oë waarlik vonkel. Nadat ek ons bestelings opgeraap het en jy die kinders nadergeroep het, vertrek ons. Ek volg jou in die verkeer omdat ek nie regtig weet presies waar jy woon nie. So trek ons in by groot hekke met wat lyk na 'n baie moderne dubbelverdieping huis. Ons albei stop by die voordeur en die kinders is met eens uit en jaag en speel met mekaar op die groot grasperk.

Weer eens beklemtoon die wind jou rok teen jou figuur. Wat 'n pragtige gesig, jy is vir iemand in jou laat-twintigs n tydskrifmodelvoorbeeld van stralende glans en gesondheid. Nie die gewone ma wat mens orals in die malls sien nie. My hand is vol met die papiersakke wat ons middagete in het en jy vat die een sak by my met huissleutel in die ander hand. Soos jy dit by my vat vryf jou hand teen myne, ek en jy weet dat dit nie net per ongeluk is nie. Soos ek opkyk kyk jy vir my en knipoog speels vir my. Ek glimlag en kyk weer jou skoonheid aan soos jy voor my die huis instap.

Die huis is koel en ek volg jou tot in die kombuis waar ons die kos neersit en jy begin dadelik die kos uitpak en dit oorsit in borde. Jy roep die kinders en nadat hulle hande gewas het sit en smul hulle aan die tafel. Ons albei neem ook ons plekke in en eet ons hamburgers. Met elke hap kan ek voel hoe my hongerte besig is om te verdwyn. Daar heers 'n stilte aan die tafel, maar tog nie 'n ongemaklike stilte nie. Ons kyk so af en toe vir mekaar en ons alby weet dat daar tog ‘n aangetrokkenheid tussen ons is. Noem dit nou net flirt of wat ook al. Chemie is hier aan die werk. Sodra die kinders klaar geëet het word hulle van die tafel verskoon en is hulle soos 'n oogknip weg die huis in. Ons gesprek is gou weer terug by die aanbieding en sodra ons klaar is aan die tafel ruim ons gou op en is dan die gang af na jou studeerkamer toe. Met die deur wat oopgaan kan mens duidelik sien dat jy net soos ek van die huis af besigheid doen. Hoe sê hulle: "'n Jakkals ken ‘n jakkals."

Jy skakel die rekenaar aan en verduidelik weer hoe jy sukkel met die program, en ek staan voor die lessenaar en kyk na jou met bewonderende oë en wonder hoe skoonheid so perfek kan bymekaar kom in een wese. Ek word gou tot die werklikheid terug geruk toe jy aankondig dat ek nou my "mojo" moet kom bewys. Ek lag verleë en sê dat ek nie 'n boffin is op die gebied nie maar dat ek myself kan help. Baie beskeie net vir ingeval ek ook gaan sukkel. Ek noem niks oor my meestersgraad in grafiese ontwerp en graad in bemarking nie.

Soos wat ek die instellings op die program doen verduidelik ek jou wat ek doen en jy loer aandagtig oor my skouer met jou een hand op my skouer. Dit voel lekker, dink ek by myself. Dis lanklaas wat ek so naby aan so n mooi vrou was, vier jaar en drie maande om presies te wees nadat my lewe onherroeplik verander het. "Donnerse dronk bestuurder," prewel ek hardop onwetend dat ek dit so pas hardop gesê het. Jy kyk my vraend aan en vra: "Hoe nou?"

Ek kyk na jou, baie selfbewus, en vra om verskoning en maak dit af as net hardop gedink. Jy kyk weer na die skerm en my oog dwaal vining na jou borste toe. Jou rok se hals het effens vorentoe gesak en ek kan duidelik jou ligte pienk kantbra aan die kante van die klofie sien tussen jou borste. Ek kyk vining weg en terug na die skerm. Die program begin reageer soos wat dit moet en gou begin jy jou blydskap uitdruk, borrelend met jou hand wat harder aan my skouer druk. Jy komplimenteer my op my insig in die blikbrein en ek wat dit af maak as harde ondervinding. Terwyl ek aan die voorlegging werk draai jy om en gaan sit op die lessenaar en kyk wat ek doen. Jy gee ook insae op presies hoe jy dit wil hê en watter animasies jy soek.Ek kyk gereeld op na jou en verbeel my dat jy nou en dan kyk na my onderlyf. Ja 'n man se broek span mos maar om mens se lieste as mens gaan sit. Dalk nie so styf soos wat dit nou is nie, want die geur van jou parfuum en jou so naby aan my maak iets wakker in my.

Wanneer ek klaar is met die animasies vra ek vir jou om daarna te kyk en sit dit aan. Jy kom staan agter my en met altwee hande op my skouers. Jou hande wat my skouers liggies masjeer. Ek dink by myself dat dit so lekker voel. Ek kan nog die laaste keer onthou hoe Sonette my so masjeer het. Ek laat ‘n sug uit. “Jammer, maak ek jou seer?” vra jy. Ek antwoord gou: “Nee man, onthou net waneer laas my skouers so bederf is. Jy komplimenteer weereens die eind produk van my werk en ek begin opstaan. Jou hande verlaat my skouers en ek  besef met eens dat ek met 'n half stywe voël regop staan. Die tent in my broek is prominent. Ek probeer met my hand dit ongemerk toe hou maar ek weet ek lyk nou soos 'n stout skoolseun voor die hoof se kantoor.

Jy merk dit op maar sê niks. Jy gee ‘n tree nader en gee my ‘n drukkie om dankie te sê vir die hulp. Jou liggaam styf teen my en ek kan voel hoe my manlikheid teen jou vasdruk. Jou borste styf teen my. Dit voel of die drukkie meer as 'n "dankie-sê vir jou hulp" is maar meer van "ek is ook aangetrokke tot jou drukkie". Na die omhelsing sê ek vir jou dat jy ruik lekker en dat ek nie meer gewoond is om 'n vrou se reuk so te ruik nie, in ons huis is ons mos net 'n klomp ramme. Ek kan sien hoe jy bloos en sê dan skamerig dankie vir die kompliment. "Net my plesier," antwoord ek vinnig en opreg terug. Dis nie aldag wat ek in 'n dame se geselskap is en dan boonop nog so ‘n mooi een ook nie. Ons altwee glimlag sonder ophou en met die storm die twee kinders deur die deur en vra of hulle kan swem. Ek sê kortdaat nee want ek het later vanmiddag 'n afspraak. Die kinders sug en soos die gewoone "Aai Pa!" wat ek aanhoor en begin ons uit stap. Jy stap weer voor my en ek en bewonder of eerder begeer jou. In die motor sê ons weer tot siens en jy haal die pen uit my sak, vat my hand en skryf jou nommer op my hand. Jy knipoog vir my en sê "ek moet jou nog ordentelik bedank". Ek glimlag van oor tot oor soos ons by die groot hekke uit ry. Staar na my hand en weet dat ek jou vanaand 'n boodskap gaan stuur, wie weet, dalk ‘n luitjie gaan gee.

By die huis gekom, sekergemaak dat my seun met sy huiswerk begin, terwyl ek begin regmaak vir my afspraak. Soos ek kyk na my hand sien ek jou nommer en dadelik kom daar 'n glimlag op my gesig. Ek pons vinning die nommer in op my foon en stoor dit. Gou is my afspraak oor en begin die roetine van kosmaak en om huiswerk na te gaan. Waneer Pieter in die bed is maak ek gou huis aan die kant en kry alles reg vir die volgende dag.

Rustig in die bed vat ek my foon en tik ek vir jou n boodskap om dankie te sê vir vandag en dat ek hoop my hulp gehelp het. Binne 'n paar sekondes kry ek 'n boodskap terug waar jy sê dit word opreg waardeur en dat jy die een is wat moet dankie sê. Ek tik vinnig terug en sê dat dit altyd 'n plesier is om so 'n mooi dame te hulp te snel.

Jy: "So jy dink ek is mooi?"

Ek: "Jy is beeldskoon, dan nog n borrelende persoonlikheid aan jou ook."

Jy: "Ek bloos nou, maar dankie."

Ek: "En dan het jy vandag nog so lekker geruik ook."

Jy: "Jy het self lekker geruik."

Ek: "Dankie … so jy het vanmiddag gesê jy wil vir my ordentlik dankie sê. Wat het jy in gedagte?"

Jy: "Jy sal moet wag en sien."

Jy: "Is Pieter ook genooi vir Riaan se partytjie die naweek wat kom?"

Ek: "Ja, hoekom vra jy?"

Jy: "Dan kan ek vir jou dankie sê."

Word vervolg ...

The post Weer 'n kans op geluk appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21396

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>