Clik here to view.

Hemelbesem
Die ATKV soek jou lied, jou song, jou eie werk.
Oudisies word gehou. Kom stal jou talent uit! ATKV Crescendo het reeds talle bekende Suid-Afrikaanse sangers se loopbaan ’n hupstoot gegee. Jy kan volgende wees.
Luister wat sê Hemelbesem: "Dié week is dit weer #ATKV #Crescendo-tyd ... ons is heelweek in Mitchell's Plain ... as jy dink jy het 'n kwaai, duidelike, gevaaaaalike, sopnat ... AFRIKAANSE song daar ... maak nie saak of dit gospel, rap, reggae, kwaito, house, R&B of wat ook al is nie ... kom Vrydag tot by Cedar High ... en doenit voor myself, @Yoma #MynieGrove en Herman Kleinhans en wie weet ... miskien is jy waarna ons soek ..."
Clik here to view.

Yoma
Hemelbesem en Yoma was op 2 en 3 Maart 2016 besig met bewusmaking in Mitchellsplein.
Hier is Morné van Staden, projekorganiseerder, se uitnodiging: "Enige aspirant liedjieskrywer-sanger kan inskryf vir een van die twee afdelings, skryf en sang, of slegs skryf, en ons verwelkom groepe en enige genre."
Hier is Gerrie Lemmer, hoofbestuurder: ATKV-projekte, aan die woord: "Ons wil liedjies hoor van verskillende Afrikaanse dialekte en in soveel genres moontlik."
Clik here to view.

Hemelbesem
So, gooi! Gospel, country, kabaret, bring wat jy het!
Hier is ’n lys met waar die oudisies plaasvind. Kom loer in, dis gratis.
@Mitchellsplein: 4 Maart
Waar? Cedar Sekondêr, hoek van Weltevreden- en Spineweg, Rocklands, Mitchellsplein. Registrasie vanaf 08:30. Oudisies vind plaas vanaf 09:00 tot 16:00. Die beoordelaars is Hemelbesem, Danie du Toit (Spoegwolf) en Mynie Grove. Finaliste sal genooi word na ’n werkswinkel op Saterdag 5 Maart.
Oudisies & Open Mic @Plataan Kafee, US Woordfees: 10 Maart
Registrasie begin om 20:00, oudisies begin in 20:30. Die beoordelaars is Hemelbesem, Danie du Toit (Spoegwolf) en Mynie Grove. Hierdie finaliste sal genooi word na die werkswinkel op 12 Maart.
@Idasvallei: 11 Maart
Waar? St Idas Primêr, Lückhoffstraat 5, Idasvallei van 09:00 tot 16:00. Die beoordelaars is Hemelbesem, Herman Kleinhans (TWEE) en Olga Leonard. Finaliste sal genooi na ’n werkswinkel wat op Saterdag 12 Maart aangebied sal word.
@Atlantis: 8 April
Waar? Atlantis Sekondêr, Palmer weg, Avondale, Atlantis. Registrasie begin 08:30. Oudisies vind plaas vanaf 09:00 tot 16:00. Die beoordelaars is Pedro Kruger, Anna Davel en Katalis. Finaliste sal genooi sal word na die werkswinkel van Saterdag 9 April.
Kaapstad @Suidoosterfees: 29 April
Waar? Lokaal 551 in Artscape. Registraseie 08:30, oudisies van 09:00 tot 16:00. Die beoordelaars is Hemelbesem, Pedro Kruger en Melissa van der Spuy. Finaliste sal genooi sal word na die werkswinkel van Saterdag 30 April.
Hier is Yoma se video:
Hier is Hemelbesem se video:
The post ATKV-Crescendo 2016 wil jou hoor appeared first on LitNet.