Wilde Sonneblom
O wilde Sonneblom
So tussen al die Boesmansgras
ek soek en ek wonner
oor ons liefhe wat was
By Karabee, Naroep
En Nagoeras
Waar skuil jy solank, my klein Kandas?
Loop jy die duin
of sny jy die spoor
van ons Sampie Majoor
By Rooilyf en Klipkolk
laat ek jou vry
sodat my hart
alweer sy ry kan kry
Ek kyk na die sterre
En kyk na die nag
Ek stuur ‘n gebed
Vir ‘n trouvrou
wat dalk iewers wag
Gegroet klein Kandas
Op ons liefde wat was!
↧
Afskeid
↧