Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Wanindruk

$
0
0

Ek sien ’n onderhoud op jehoetsjehoeb met ’n Tukkiestudent wat op een of ander manier by die kommunistiese party betrokke is – hy’s een of ander verteenwoordiger of voorsitter van die varsitytak of iets. Dit het gehandel oor hulle struggle (‘stryd’ is ’n te edele woord om hier te gebruik) om van Afrikaans ontslae te raak as onderrigtaal.
Hy praat heel beskaafd en beredeneerd; hy sê byvoorbeeld dit sal goed wees as onderrig in al elf amptelike tale plaasvind maar dit is onprakties. Nou is hy (en wie hy verteenwoordig) ontevrede oor Afrikaans uitgesonder word bo die ander amptelike tale om naas Engels as onderrigtaal te dien.

Wys mens hoe verkeerd kan gevolgtrekkings wees as mens se vertrekpunt verkeerd is. In die eerste plek is Tukkies ’n Afrikaanse universiteit en dus word Afrikaans nie naas Engels aangebied om Afrikaanssprekendes te bevoordeel nie; Engels word naas Afrikaans aangebied juis om hulle, die swart studente, te bevoordeel. In hierdie sin is hy dus eintlik ’n gas en gaste stel nie eise nie. Hy het ook nie nodig om enige eise te stel nie, want daar is baie Engelse universiteite in die land.

Hy kla dat daar beurse soos ’n Malanbeurs byvoorbeeld is want dit bevoordeel net Malans. Benewens dat alle Malans nie noodwendig wit is nie (so swart of bruin Malans is nie uitgesluit nie) rig hy sy klagte aan die verkeerde instansie – hy moenie by die universiteit kla nie, hy moet swartes soos Sexwale en Ramaphosa vra om soortgelyke beurse beskikbaar te stel.

Hy kla ook oor daar so ’n groot persentasie wit studente in koshuise bly. Party van sy medestudente, beweer hy, slaap onder brûe en moet van taxivervoer gebruik maak. Hy reken dit is nie regverdig nie. Niemand sê vir hom hy moet betaal om in die koshuis te bly nie; losies is nêrens verniet nie.

Hy is nie die enigste wat onder hierdie wanindrukke verkeer nie. Dink maar aan daardie Nigeriese meisie se skewe indruk van die geskiedenis. Die hartseer ding is hulle en die wat soos hulle dink (die oorgrote meerderheid swart studente) gaan nou vanaand slaap heilig oortuig daarvan dat teen hulle gediskrimineer word. Nog hartseerder, hierdie oortuiging van hulle word die rubberstempel gegee deur die slapgat universiteitsadministrasie wat elke keer toegee aan watter eise hierdie soort student ook al stel.

Wat ’n gemors.

Jan Rap

The post Wanindruk appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>