Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika is volledig en gratis op LitNet beskikbaar. Knap jou geskiedenis op saam met blokman Gerrit Rautenbach, en wen lekker boeke op die koop toe.
Die eerste blokraai se vrae kom slegs uit Hoofstuk 1, en die bladsynommers word verskaf om seker te maak dat jy nie te gou moed opgee nie.
Lys jou antwoorde en stuur dit aan wen@litnet.co.za. Sluit 'n kontaknommer en jou posadres in.
|
Dwars
|
Af
|
Hierdie boeke, geskenk deur Human & Rousseau, is op die spel:
Stoffel: die beste stories deur Christiaan Bakkes
Met Stoffel: die beste stories, bring Human & Rousseau Christiaan Bakkesse mees geliefde Afrikaanse verhale byeen in 'n splinternuwe versamelbundel. Hier val die klem op Bakkes se “Stoffel”-stories: verhale waarin Bakkes as Stoffel Mathysen figureer, maar wat deurgaans op ware gebeure gebaseer is.
In sy kenmerkend ongekunstelde styl verken Bakkes – gesogte wildbewaarder en gerekende safarigids – wildernisse en vlaktes met eerlikheid en 'n fyn sin vir humor.Die verhale in hierdie bundel word byeengebring deur Suzette Kotzé-Myburgh, en word saamgestel uit Bakkes se Stoffel in die wildernis (2000), Stoffel by die afdraaipad (2004), Stoffel se veldnotas (2007), Stoffel in Afrika (2010), Stoffel op safari (2012) en Krokodil aan my skouer (2014).
'n Keur uit die skrywer se oeuvre, geskik vir gesoute sowel as nuwe Bakkes-lesers.
Kreatiewe inkleurboek vir grootmense 5
Vind rus in die natuur. In Kreatiewe inkleurboek vir grootmense 5 is die natuur aan die woord met pragtige blom-, voël- en insekpatrone, wat wissel van fyn en gedetailleerd tot groot en reëlmatig. ’n Wonderlike geskenk vir natuur- en kunsliefhebbers!
Marianas se vier seisoene deur Mariana Esterhuizen
Marianas is een van ons toprestaurante en is maande vooruit volbespreek. Op die agterstoep eet ’n mens happie vir happie met ’n uitsig op die plek waar jou maaltyd gebore is – nou is dié lekkerte in ’n boek omskep. ’n Pragstuk van ’n boek, ingedeel volgens die seisoene van die jaar.
The post Nuwe Geskiedenis-blokraai: Hoofstuk 1 appeared first on LitNet.