Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

US Woordfees 2016: Boeke op die feesprogram

$
0
0

Wonder jy watter boekpraatjies om by die US Woordfees by te woon? LitNet het 'n keuse van boekartikels uit ons argief saamgestel sodat jy meer te wete kan kom oor die boeke wat bespreek word.


Alexander Strachan: Brandwaterkom

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers

Brandwaterkom, wenner van die derde prys in NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd, is die onderwerp van Elmari Rautenbach se gesprek met woordkuns-veteraan Alexander Strachan. Hulle praat oa oor die skrywer as historiograaf, en hoe om oorlogsgeweld en liefdesintrige geloofwaardig uit te beeld.

12 Maart 10:30 | ATKV-Boektent | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Boekresensie: Brandwaterkom deur Alexander Strachan

Willie Burger
Resensies
"Saam met al hierdie ander tekste dra Strachan se roman beslis by tot nadenke oor geskiedenis en oor verraad."


Carel van der Merwe: Donker stroom

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers

Was Eugène Marais 'n onkreukbare patriot en joernalis, soos wat sy biograwe aangevoer het, of is dié Afrikaner-ikoon ook deur die donker stroom van die tydsgees meegesleur? Kerneels Breytenbach gesels met Carel van der Merwe oor sy aangrypende verhaal, Donker stroom.

5 Maart 14:00 | ATKV-Boektent | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Donker stroom: Eugène Marais veelsydig, dubbelsinnig

Frederik de Jager
Resensies
'n LitNet Akademies-resensie-essay oor Carel van der Merwe se Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog


Chris Schoeman: Die onbekende Van Gogh

Aangebied deur Penguin Random House

Chris Schoeman gesels met Albert Grundling oor die derde Van Gogh-broer, Cornelis, wat in Nederland grootgeword het, maar in Suid-Afrika gewerk, getrou en gesterf het. Sy boek steun op briewe en argiefstukke wat lig werp op Cornelis se verhouding met sy beroemde broer Vincent.

10 Maart 15:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Boekresensie: Die onbekende Van Gogh deur Chris Schoeman

Naòmi Morgan
Resensies
"Hy skryf nie juis interessante briewe nie, het nie ‘n goeie verhouding met Vincent (in wie die leser éintlik belangstel) nie ..." Waarom 'n biografie oor Cornelis van Gogh skryf?


Dana Snyman: In die blou kamp

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers

In sy nuutste boek, In die blou kamp, boekstaaf Dana Snyman 100 van sy ware ontmoetings: ontmoetings met mense, maar soms ook met dinge soos die vleispastei of tuisgemaakte braai-apparate. Die stories is aanvanklik op Facebook gepos, en dié wat die grootste reaksie gekry het, is nou hierin verwerk.

12 Maart 12:00 | ATKV-Boektent | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Boekresensie: In die blou kamp deur Dana Snyman

Riette Rust
Resensies
"In die blou kamp sou ’n tydsdokument genoem kon word, want ’n deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat reeds aan die uitsterf is, word opgeteken – met empatie, verwondering en humor."


Die disfunksionele en ongewone huisgesin as wegspringplek vir jou debuut

Aangebied deur Penguin Random House en Queillerie, ’n druknaam van NB-Uitgewers

Dalena Theron (Huisies van papier) en Debbie Loots (Split) gesels met Madri Victor oor hulle debuutromans. Split handel oor 'n gebroke huisgesin en die nuwe lewens wat hulle probeer bou met die stukke wat oorgebly het, en Huisies van papier vier die liefde en gesin in al sy kleurryke gedaantes.

12 Maart 09:00 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Boekresensie: Huisies van papier deur Dalena Theron

Izak de Vries
Resensies
"Huisies van papier vertel die verhaal van 'n jong vrou wat haarself moet los maak van haar pa se rokspante."

Boekresensie: Split deur Debbie Loots

Elsibe Loubser
Resensies
"... dit is ’n boek vir belese mense, mense wat hou van intellektuele prikkels, wat oor die samelewing nadink, wat oor verhoudings en kwessies van seksualiteit nadink, wat hoop om intelligente afleidings te maak."


Die speling tussen spanning- en ontspanningsfiksie

Aangebied deur Lapa

Gaan die spanningsverhaal nog oor die herstel van orde? Madri Victor hoor by Wilna Adriaanse (Eindspel), Chanette Paul (Labirint, Offerlam) en Madelein Rust (Monstersaad) of spanningsfiksie ’n "feel good" einde moet hê. En wat dink hulle van die nuwe "noir"-neiging by vroueskrywers?

7 Maart 14:00 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Boekresensie: Offerlam deur Chanette Paul

Riette Rust
Resensies
"Offerlam word geslaagd uit vier perspektiewe vertel. Paul se taalgebruik skitter en sy geur die teks gepas met Nederlandse en Vlaamse woorde. Die roman bied ’n verfrissende blik op die Belgiese kultuur. Die skrywer lewer gebalanseerd kommentaar op die misdaadsituasie in Suid-Afrika."

Onderhoud: Madeleine Rust oor Die 13de Kaart en Monstersaad

Madeleine Rust, Org Potgieter
Skrywersonderhoude
"Sy staan soggens vieruur op en kom saans eers ná sewe tuis. Skryftyd is net Saterdag- en Sondagoggende van vieruur totdat sy minstens een hoofstuk voltooi het."


Ena Jansen: Soos familie

Aangebied deur Protea

Ena Jansen het jare lank ondersoek ingestel na die uitbeelding van huiswerkers in Suid-Afrikaanse boeke en hoe die huiswerker en werkgewer mekaar ervaar en teenoor mekaar optree. Sy tree in gesprek met Ingrid Winterbach oor haar aangrypende boek, Soos familie, wat uit dié studie voortgespruit het.

10 Maart 17:00 | ATKV-Boektent | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Onderhoud:
Ena Jansen gesels oor Soos familie: Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste

Ena Jansen, Naomi Meyer

"Soos familie ... Dit veronderstel ’n intieme verbintenis, maar dit kan ook ’n slagveld van emosies wees, van afstandelikheid en wantroue. Wat huiswerkers betref: die angel lê in die woordjie soos. Uiteindelik kan hulle uit jou lewe verdwyn op ’n manier wat regte familie nie maklik sou nie."

 

Frans Rautenbach – Verkyker, grondpad en kaart: Jou Krugerwildtuin gids

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers

Frans Rautenbach vertel aan Toast Coetzer presies hoe lekker die Krugerwildtuin kan wees: Wat om te doen, wat om te verwag, waar om te bly en wat om te eet. Verkyker, grondpad en kaart is deurspek met persoonlike ervarings en praktiese raad oor hoe om die beste uit die Wildtuin-ervaring te haal.

5 Maart 10:30 | ATKV-Boektent | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Boekresensie: Jou Krugerwildtuin-gids met stories: verkyker, grondpad en kaart deur Frans Rautenbach

Dawid de Wet
Resensies
"Frans Rautenbach het hier, ná sy vyftigtal in besoekjare aan die wildtuin, ’n baie volledige gids vir die groentjiebesoeker saamgestel. Soseer dat jy sommer onmiddellik in jou kar wil spring en een van sy aanbevole roetes na die wildtuin toe wil vat."


Huldigingsgesprek: T.T. Cloete

Heilna du Plooy, Joan Hambidge en Bernard Odendaal gesels oor die werk en lewe van die geliefde digter T.T. Cloete. Hulle deel staaltjies oor hulle vriendskap met hom, sy lewe en die groot skat wat hy met sy digkuns vir ons agterlaat.

11 Maart 17:00 | ATKV-Boektent | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

TT Cloete – 'n Memoir

Rensia Robinson
In memoriam
Rensia Robinson skryf oor "die vormende digterlike intellek van TT Cloete".


Ingrid Jonker-prysuitdelingsfunksie

Die Ingrid Jonker-prys is ’n gesogte poësieprys wat jaarliks beurtelings aan die beste debuutwerk in Afrikaans en Engels toegeken word. Vanjaar word die toekenning vir Afrikaanse werk en vir die eerste keer tydens die Woordfees oorhandig. ’n Kuiergeleentheid waar finaliste uit hul werk voorlees.

6 Maart 12:30 | Plataankafee | 60min | R100 | R60 by die deur | Bespreek hier

"Is swaa vi my om veby die microcosm te kyk. Perhaps omdat os vi ’n lang tyd in soe ’n confined space gebly et wod dai plek vi jou die code waamee jy die res vannie wereld decipher; dai is hoekom ek nooit oo die wye wêreld skryf ie, hoekom alles gefilter wod dee ’n paradigm van sand-sypaadjies en anorexic honne. Bishop Lavis is vi my die hele wêreld."
– Nathan Trantraal gesels met sy vrou Ronelda.

Irma Joubert: Immer wes

Aangebied deur LAPA

Irma Joubert gesels met Helene de Kock (Debora en seuns) oor haar nuutste roman, Immer wes, en hoe die skrywer van historiese romans as brugbouer tussen generasies en kultuurgroepe optree. Twee formidabele skrywers aan die woord!

9 Maart 15:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Boekresensie: Immer wes deur Irma Joubert

Elbie Adendorff
Resensies
"Immer wes verwoord nie net die verhaal van ’n vrou in oorloggeteisterde omstandighede nie, maar verwoord veral die verhaal van hoop en ’n toekoms uit oorlog uit."


Jack Parow: Die ou met die snor by die bar

Aangebied deur Penguin Random House

Jack Parow het meer as 7 miljoen aanhangers op YouTube, cd-verkope van oor die 100 000, en sy lirieke word as van die bestes in Afrikaans beskou. Skrywer en joernalis Herman Lategan kuier saam met Parow en die skrywer van sy biografie, Theunis Engelbrecht. Kom ervaar Parow soos jy hom nog nooit gesien het nie.

8 Maart 17:00 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Jack Parow: "Ek is maar eintlik bietjie van ’n introvert, of ’n observer"

Henry Cloete
Musiek
"Theunis Engelbrecht is so ’n cool bra, en dit was net ’n immense eer en plesier om saam met hom te werk. Ek beveel aan dat hy alle boeke wat gepubliseer word van nou af skryf, maak nie saak oor wie of wat dit is nie."


Jacqui L’Ange: The Seed Thief

Presented by Penguin Random House

The Seed Thief is a modern love story with an ancient history, a tale that moves from flora of Table Mountain to the heart of Afro-Brazilian spiritualism. Author and editor Helen Moffett talks to Jacqui L'Ange, former editor of The Oprah Magazine, about this entrancing and richly imagined novel.

10 March 09:00 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 at the door | Book here

Book review: The seed thief by Jacqui L'Ange

Karina Magdalena Szczurek
Books and writers
"The Seed Thief is one of those rare books which deliver on all fronts and leave you completely satisfied."


Koos Kombuis: Ver in die wêreld, sushi!

Aangebied deur Penguin Random House

Stommiteite van politici, irrasionele vrese van Afrikaners wat nog in die laer skuil, die sensitiewe ego's van plaaslike musikante – Kombuis Kombuis se humorsin, eerlikheid en meevoerende styl maak Ver in die wêreld, sushi! ’n móét-lees vir elkeen van sy bewonderaars. Hy praat oor sy jongste rubriekebundel met Dana Snyman.

12 Maart 14:00 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Boekresensie: Ver in die wêreld, sushi deur Koos Kombuis

Piet Croucamp
Resensies
"Ek lees Koos Kombuis, want dit laat my dink."


Lien Botha: Wonderboom

Aangebied deur Queillerie, ’n druknaam van NB-Uitgewers

Lien Botha is 'n kunstenaar-fotograaf wat bekend is om haar talle nasionale en internasionale tentoonstellings. Haar debuutroman, Wonderboom, speel af in 'n postapokaliptiese Suid-Afrika en is deur resensente beskryf as een van die belowendste en opwindendste debute in 'n lang tyd. Saartjie Botha gesels met die skrywer.

10 Maart 14:00 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

LitNet Akademies-resensie-essay: Wonderboom deur Lien Botha

Henning Snyman
Seminare en essays
"Die roman handel oor verval, oor die soeke na wortels, en oor ontnugtering."


Mandalas-werkswinkel met Lize Beekman

Kom geniet die legendariese high tea van Coopmanshuijs saam met sanger en kunstenaar Lize Beekman (Colouring for adults: Mandala Art). Lize gesels oor die terapeutiese waarde van haar mandalas en bied ’n kort werkswinkel aan oor dié kuns. Kaartjies sluit een mandala en jou stel kleurpotlode in.

8 Maart 10:30 | Batavia Boetiek Hotel | 120min | R250 | R270 by die deur | Bespreek hier

Onderhoud:
Lize Beekman se mandala-inkleurboek

Lize Beekman, Naomi Meyer

"Dit het my geleer om een gedagte op ’n slag 'in die oë te kyk'."

 

My kind, my memoire

Aangebied deur Lapa, Jonathan Ball en Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers

Hoe skryf ’n ma oor die trauma wat haar kind beleef? Is dit ’n manier om sin te gee aan jou kind se lewe en jou struweling? Taalpraktisyn en oud-redakteur Mandi Botha stel dié vrae, en meer, aan Marga van Rooy (My kind is ’n skisofreen), Juliana Coetzer (Bloedvreemd) en Douwleen Bredenhann (’n Hemelhoë hekkie).

7 Maart 15:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Boekresensie: Bloedvreemd deur Juliana Coetzer

Douwleen Bredenhann
Resensies
"Soms kom ’n mens ’n boek teë wat jou feitlik onmiddellik laat vermoed dat dit een van die uitstaan-leeservarings gaan wees tussen die versameling van alles wat jy al in jou lewe onder oë gehad het. Bloedvreemdis só ’n boek."


Nicol Stassen: Die Dorslandtrek

Aangebied deur Protea

Van Nicol Stassen se boek sê André Wessels dit is "so omvattend en ensiklopedies van aard, dat die legkaart van die Dorslandtrek van 1874 tot 1881 vir alle praktiese doeleindes nou voltooi is". Stassen tree in gesprek met Fransjohan Pretorius en Andries Bezuidenhout oor hierdie kragtoer.

11 Maart 17:00 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Boekresensie: Die Dorslandtrek deur Nicol Stassen

Christo van Rensburg
Resensies
"Beslis ’n bydrae tot die geskiedenis van die Afrikaanse mense in Suid-Afrika."


Nicola Hanekom: Land van skedels

Aangebied deur Protea

Land van skedels fokus op die ervaring van vroue in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog en het verskeie toekennings ontvang, onder andere die Fiësta vir teaterontwerp en beste nuwe Afrikaanse produksie. Wim Vorster gesels met die dramaturg, vervaardiger en aktrise Nicola Hanekom.

5 Maart 15:30 | ATKV-Boektent | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Resensie van Land van skedels deur Nicola Hanekom

Nico Luwes
Resensies
"Land van skedels is uiteindelik ’n ritueel oor die gruwelikheid en verskrikking wat oorlog aan die mens, wat nie meer mens geag word nie, doen. Hierdie drama behoort deur alle nasies in hierdie land gelees te word – hierin kry almal stem."


Sugar Man: The Birth, Death and Resurrection of Sixto Rodriguez

​​Presented by Penguin Random House

Craig Bartholomew Strydom and Stephen Segerman's book explores the life and career of an iconic but elusive musician, as well as the odyssey of two Rodriguez fans to find out what had happened to their hero. They also reflect on the pursuit of die-hard filmmaker Malik Bendjelloul to bring the story to Oscar-winning celluloid. The authors talk to Danie Marais.

7 March 10:30 | ATKV Book Tent | 60min | R50 | R60 at the door | Book here

Boekresensie: Sugar Man – The Life, Death and Resurrection of Sixto Rodriguez

Koos Kombuis
Resensies
"Hierdie nuwe Sugar Man-verhaal is goed geskryf, by tye stilisties briljant, en Robert Plummer se redigering is, soos altyd, byna onverbeterlik."


Tinus Horn: Boas Mei is verward

Aangebied deur Penguin Random House

Wat is normaal? Joan Hambidge gesels met Tinus Horn oor die unieke en bisarre uitkyk wat sy hoofkarakter, Boas Mei, op die lewe het, asook die spel wat die skrywer met sy leser speel. Dié boek is volgens Hambidge "vaartbelyn geskryf met duiwels wat ondergronds dans".

7 Maart 10:30 | HB Thom Foyer | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Boekresensie: Boas Mei is verward deur Tinus Horn

Koos Kombuis
Resensies
"Ek hoop regtig nie dat ons nog twee dekades moet wag voordat Tinus Horn weer ‘n roman publiseer nie."


Vlam in die sneeu: Die briewe van André P. Brink en Ingrid Jonker

Aangebied deur Penguin Random House

André P. Brink en Ingrid Jonker se liefdesverhouding het die verbeelding van bewonderaars aangegryp. Hul korrespondensie het van April 1963 tot April 1965 geduur. Vlam in die sneeu is ’n roerende boekstawing van hulle liefde. Francis Galloway, Kerneels Breytenbach en Karin Schimke gesels oor dié belangrike boek.

8 Maart 12:00 | ATKV-Boektent | 60min | R50 | R60 by die deur | Bespreek hier

Flame in the Snow – the love letters of André Brink and Ingrid Jonker

Karin Schimke, Naomi Meyer
Books and writers
"She still scratches at me. I wish I could interview her." – Karin Schimke, journalist and poet, on her translation of some remarkable love letters.

 

The post US Woordfees 2016: Boeke op die feesprogram appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>