Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

LAPA se nuwe boeke vir Februarie 2016

$
0
0

LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende Februarie 2016!


stemindiewind

Stem in die wind

Dina Botha

ISBN: 9780799378450

 

LAPA was nog altyd lief vir ’n lekker liefdesverhaal en ons gaan groot in Februarie!

Alexandra Bonheur se kommervrye lewe aan die Kaap word bedreig deur die koms van die markies Edouard de Villebois en sy pleegkind, Antonio. Sy vind dadelik aanklank by die sewentienjarige Antonio. Hulle raak goed bevriend maar dit dra nie die goedkeuring van die markies weg nie. Die markies se houding staan haar nie aan nie en keer op keer verontagsaam sy die waarskuwing om van Antonio af weg te bly. Dit skep heelwat konflik tussen haar en die markies.

Om sake te vererger sien ’n ou Maleier-blommeverkoper en waarsêer ’n visioen in Alexandra se hand: ’n Vrou met lang swart hare sê Alexandra moet haar ander helfte soek en dat sy die stem in die wind moet toelaat om haar te lei …

Intussen dui die aantreklike markies aan dat hy self in Alexandra belangstel, maar dit sluit nie ’n huwelik in nie. Hy maak haar ’n aanbod om sy minnares te word, wat sy summier verwerp. Dan herken hy die borsspeld wat sy op haar agtiende verjaarsdag dra ...

Dina Botha is die koningin van die moderne romanse. Op skool het sy Ena Murray, Elmar Steyn en ander bekende skrywers se boeke verslind en gehoop om eendag self ’n skrywer te word. Ná skool het sy egter haar droom om joernalis te word, gebêre en ’n IT-kwalifikasie behaal. Twintig jaar later het haar passie vir skryf weer opgevlam en sy het dié keer die moed gehad om haar droom doelgerig na te jaag. Sy het in 2014 haar werk bedank en skryf nou voltyds.

Dina het al 48 romanses en drie Kaapse romanses sedert 2006 geskryf. In 2013 is haar Romanza, Boks vol soentjies, met ’n ATKV-Woordveertjie vir romanses bekroon. Sy is feitlike elke week op Nielsen se Top100-lyste.



liefdelangsdierivier

Liefde langs die Eersterivier

Elsa Winckler

ISBN: 9780799378467

 

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas, Tussen jazz en rock, Anderkant liefhê en Sonder bagasie.

Tussen jazz en rock

Sanet se hart klop vinniger as sy naby Jak kom, maar ná ’n vorige verhouding waartydens sy baie van haarself moes prysgee, is sy baie versigtig. Jak se belangstellings en hare is so uiteenlopend dat sy nie kan sien hoe ’n verhouding tussen hulle kan werk nie.

Anderkant liefhê

Martha en Hans ken mekaar al lankal, maar die laaste paar maande is hulle gereeld in mekaar se geselskap gegooi, meestal in ’n poging om hulle vriende bymekaar te kry. Hans is nie heeltemal seker wat om met Martha te doen nie: sy is heeltemal te loud vir hom, het vreemde skilderye teen haar mure en het sowaar ’n rooi bank. Die enigste manier om haar stil te kry, is om haar te soen. Die enigste probleem is nou dat hy aan niks anders kan dink nie. Martha het al seergekry en wil hierdie keer die sprokie met die prins hê, beslis nie ’n man wat nie kan besluit of hy haar wil soen of nie.

Sonder bagasie

Lisa het haar lewe baie netjies uitgewerk. Sy hou van lysies maak, van dinge op hulle plek hê; al probeer haar drie susters gereeld om haar lewe deurmekaar te krap. Sy is ’n ouditeur en sy verstaan syfers in netjiese rye. Die nuwe besturende direkteur by die firma het ’n hond, sy huis is deurmekaar en hy maak haar deurmekaar. Hy het nou wel ’n BMW-motorfiets wat haar hart vinniger laat klop, maar sy het haar eie Harley Davidson. Sy kom dus heeltemal goed oor die weg so op haar eie, maar Peet keer haar wêreld om.

 


meisieopdiedag_weer

 

Die meisie op die dak

Cecilia Steyn

 

ISBN: 9780799377248

Hier is ’n heerlike debuutwerk. Natuurlik is dit ’n lekker liefdesverhaal vir tieners in die maande van liefde!

Estelle is skaam vir hulle nuwe huis met die giggelgeel kombuis en vuil matte. Sy wens dit was nie nodig om na hierdie goor buurt te trek nie. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens dit was nie nodig om terug te gaan skool toe waar almal haar vreemd aanstaar en agter bakhande fluister nie.

Maar wense is nie veel werd nie – tensy jy in sprokies, gelukkige eindes en die towerkrag van verskietende sterre glo.

Dan ontmoet Estelle egter die buurseun. Aiden met sy grys oë, kuiltjieglimlag en melkverslaafde kat. Aiden wat graag tatoeëermerke teken en saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.

’n Lekkerlees-jeugroman vol humor en patos, oor die seerkry van tienerwees, maar ook die betowering van ’n eerste liefde wat begin blom.


lemoenseisoen2

 

Lemoenseisoen

Kristel Loots

ISBN: 9780799377590

 

Suzy het op die harde manier geleer: Die lewe is soos ’n lemoen. Jy moet die lastige pitte tussen jou tande uitspoeg voordat jy jou versadig kan drink aan die stroopsoet sappigheid van die vrug.

Kristel Loots se vrouekarakters is ménse is, hulle het dikwels moeite met hulle lewens, maar daar is altyd ’n sprankie hoop tussen die bladsye.

Dit is hoekom Lemoenseisoen nou weer kan spog met ’n blinknuwe omslag, net soos Sjokoladesoene, wat ook vroeër weer heruitgegee is. Kristel se gewildheid neem eenvoudig net toe en die aanvraag vir haar ouer boeke neem nie af nie. Vroeër vanjaar is Aspoesterskoene ook nuut uitgegee en dit het baie goed gedoen.


dierooikopselot

Die rooikop se lot

Dina Botha

ISBN: 9780799377859

 

Karlien trek die kortste lootjie van die verpleegsters by die kliniek. Nou moet sý die befoeterde man met die gebreekte been in kamer sestien versorg. En hy is moeilik! Maar ook so aantreklik ...



teenhaarbeterwete

Teen haar beterwete

Marilé Cloete

ISBN: 9780799377866

 

Jossie Tredoux is ’n dominee wat haar nie deur konvensies aan bande laat lê nie. Die streng nuwe skoolhoof se manier van doen bots met haar spontane benadering; maar hy het 'n swakplek: sy seuntjie Denzil, die appel van sy oog.

vanaltydaf

Van altyd af

Karen de Villiers

ISBN: 9780799377873

 

Lindie en Adam het langs mekaar grootgeword. Nou is hulle volwasse en woon in dieselfde huis. Hulle is soos broer en suster, maar ’n vakansie in Marokko verander alles. Sal Adam Lindie se hart kan verower?


testamentvanliefde

Testament van liefde

Corné van Rooyen

ISBN: 9780799377880

 

Xandri en Anton trou om hul peetkinders standvastigheid te gee nadat die kinders se ouers vermis word tydens ’n tsoenami. Xandri is al jare verlief op Anton en dit word steeds moeiliker om haar gevoelens vir hom weg te steek.


cassabrahamslewemetkos

 

’n Lewe met kos

Cass Abrahams

ISBN: 9780799374674

Cass Abrahams: ’n Lewe met kos, is nie bloot ’n kookboek nie, dit is veel meer.

Cass is nie verniet bekend as die Koningin van Speserye nie; sy is ’n spesialis op die kos en kultuur van die Kaaps-Maleise mense. Laat sy jou vertel hoe om geurige kos te maak wat nie brand nie, of vra haar uit oor die herkoms van bekende gebruike uit die Maleier-tradisie; daar is soveel in hierdie boek om te geniet.

As leser sien ons haar as kind, hoor ons meer oor die skrop van afval op die Hofmeyr-plein agter die Grootte Kerk, ons leer haar man, Jowa, ken wat op sy dag nie-amptelike Springbokkleure in rugby verwerf het en natuurlik hoor ons baie oor sý ma wat so ’n belangrike rol in Cass se lewe gespeel het.

So gesels-gesels word elke stadium van haar vol lewe kleurvol verweef in die geure, kleure en teksture van die kos wat sy maak.

My Lewe met Kos is ’n versameling fassinerende stories oor Cass Abrahams se, soms ongewone, kinderdae en grootwordjare, deurvleg met ’n versameling van haar beste resepte.


cassabrahamslifewithfood

 

A life with food

Cass Abrahams

ISBN: 9780799374940

Cass Abrahams: A Life with food is not merely a cookbook, it is so much more.

Cass is not called the Queen of Spices for no reason, she is a specialist in the food and culture of Cape Malay origin. Let her tell you how to make spicy food that does not burn, or ask her about the origins well-known Cape Malay traditions; there is much in this book to enjoy.

As readers we experience her childhood, we hear more about off-fall being cleaned on the Hofmeyr Square behind the Grootte Kerk, we get know her husband, Jowa, who obtained his unofficial Springbok colours in rugby, and, of course, we hear a lot about his mother's influence on Cass's life.

Every stage of her full and colourful life is woven into the flavours, colours and textures of the food she prepares.

My Life with Food is a collection of fascinating stories about Cass Abrahams’ somewhat unusual childhood, interwoven with a collection of her best recipes.


annabelenbeer

 

Annabel en Beer

Lisa Stubbs

ISBN: 9780799377170

 

Annabel is versot daarop om haar verbeelding vrye teuels te gee en dinge te teken waarvan sy hou. Sy teken katte en voëls en bote en huise. Op ’n dag maak sy ’n baie spesiale tekening van ’n beer – en dit word lewendig! Annabel wys vir Beer al haar gunstelingdinge, en Beer wys vir Annabel al syne – want almal weet dat maats mekaar help om die wêreld op nuwe maniere te sien. Dit is waarom Annabel en Beer beste vriende is!


groeimetspel

 

1-2-3 Groei met spel

Nadia Viljoen

ISBN: 9780799374711

Speel is die beste vorm van opvoeding: Op 4 Maart 2015 het Suzette Cronjé van die Sol Plaatjie Universiteit tydens ’n ATKV-geleentheid gesê die enigste manier om Suid-Afrika se onderswysstel te red, is om by voorskoolse kinders te begin en hulle te leer speel. Ons móét ons kinders laat speel. Ons móét leerders se perseptuele vaardighede verbeter. (Meer inligting is hier te kry.)

LAPA is baie trots om te help. Hierdie boek sal jou help om jou kind te laat speel.

Elke ouer wil slegs die beste vir sy ons kinders bied, daarom spandeer ons duisende rande aan ekstra klasse en die beste skole. Ongelukkig is daar steeds kinders met tekortkominge wat hulle emosionele ontwikkeling en sosiale vaardighede beïnvloed.

Kinders se algemene kennis is dikwels uitstekend, maar hulle fyn en groot motoriese ontwikkeling is nie op standaard nie. Hulle spierontwikkeling is ook baie swak. Kinders sukkel met normale aktiwiteite soos bv. inkleur, knip, bal vang en eenbeentjie spring. As gevolg van hulle swak spierontwikkeling het hulle dan ook probleme met konsentrasie.

Daar is verskeie faktore wat kinders se motoriese ontwikkeling beïnvloed. Die algemeenste is seker die feit dat moderne vermaak passief en kreatiwiteitloos geraak het. Alledaagse voorbeelde is selfone, televisie, rekenaar- en televisiespeletjies. Kinders weet nie meer hoe om te speel nie.

Wees dus baie versigtig vir nóg duur elektroniese apparaat.

Gewone speletjies kan baie meer doen om kinders skoolgereed te kry en die probleme wat in hulle ontwikkelingspad staan, te oorbrug.


playtogrow

 

1-2-3 Play To Grow

Nadia Viljoen

ISBN: 9780799375015

To play is the best education: In a moving speech, made on March 4, 2015, Suzette Cronjé from the Sol Plaatjie University said the only way to save the South African Education system, is to develop kids at a pre-school level. We have to allow kids to play. We have to improve their perceptual skills.

LAPA is very proud to step up to this challenge. This book will help you to help children to play.

Parents want to offer the best for their children and consequently spend thousands on extra lessons and the best schools. Unfortunately there are still kids whose physical shortcomings influence their emotional development and social skills. Today’s kids often have an excellent general knowledge, but the development of their fine and gross motor skills is not up to standard. Their muscle development is also poor. Kids struggle with normal activities such as colouring in, cutting, catching a ball and jumping on one leg. A consequence of their poor muscle development will be that they struggle with poor concentration.

There are various factors influencing the development of motor skills. The most frequent cause is probably the modern entertainment that has become passive and lacks creativity, examples are cellphones, television, computer and tv games. Children no longer know how to play. Be careful of yet another expensive gadget. Ordinary games can help with school-readiness and overcoming the obstacles related to development.

Besoek LAPA se webtuiste hier.

The post LAPA se nuwe boeke vir Februarie 2016 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>