Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Te fiets van die Vaaldriehoek tot in Kaapstad om armes te help

$
0
0

drie fietsers
drie Transvalers
van Vaaldriehoek na Kaapstad
                                   Vaalplakkers
die geritsel van fietswiele
en die stralende son van armmoedeverligting op hul bors

Goed, dit is nie presies hoe Antjie Krog se pragtige gedig "Lied van die fietsers" klink nie, maar dit is ’n gepaste manier om te begin vertel van "die dromende een" en sy vriende wat ander se lot wil verlig.

Braam Smit en twee ander is besig om ʼn fietstog van 1 895 kilometer - van die Vaaldriehoek na Kaapstad - af te lê om die lot van 70 arm gesinne in die Leeuhofnedersetting naby Vereeniging te verander.

Braam Smith is nie net ’n dromer nie, hy is ’n doener ook. Hy is die organiseerder en ook voorsitter van die ATKV-tak Vaalplakkers in Vanderbijlpark. Hulle hoop om R1,2 miljoen aan borgskappe en donasies in te samel om ’n ouetehuis te begin bou in die gemeenskap.

Die idee vir die fietstoer het verlede jaar ontstaan toe Braam alleen per fiets Kaapstad toe gery het. Toe het hy fondse ingesamel sodat Leeuhofinwoners wat nog nooit die see gesien het nie, die kans kan kry.

Dit was ’n bitter eensame tog. Braam het die 1 656 km binne 21 dae alleen afgelê. "Bennie van der Merwe het agter my aangery met ’n bakkie, en ek het darem drie rusdae tussenin gehad, maar dit was net ek in die saal. Toevallig was ek in die Swellendamdistrik toe die dorp die warmste dag in 100 jaar beleef het. Dit het my eers die volgende dag gevang, en toe kon ek nie ophou dink aan die vreeslike ongerief en swaarkry wat die mense van Leeuhof elke dag moet trotseer nie. Net daar het ek besluit hierdie jaar gaan ek dit weer doen, maar ek gaan ander fietsryers saamnooi."

Daar is nog ’n rede om Antjie Krog se mooi gedig so effens te verdraai. Krog se Bolanders was sorgvrye jongmense, die ATKV-ryers het al ’n paar mylpale op hulle kerfstok.

Braam Smith, Gerhard de Jager en Henk Watermeyer.

Gerhard de Jager is reeds 72 jaar oud en as Henk Watermeyer se naam bekend klink, wel, hy het op sy dag groen en goud gedra in die tweekamp.

Hulle het op 14 Februarie in Vereeniging weggespring en gaan – nes Braam verlede jaar – die Argusfietswedren op 6 Maart in Kaapstad te ry.

Inwoners van sommige dorpe langs die roete ry ’n entjie saam met die ryers om hulle te ondersteun, en ATKV-takke langs die pad is ook gevra om betrokke te raak. Die roete strek vanaf Vereeniging via die Vrystaat, Karoo, Tuinroete en Wes-Kaap tot in Kaapstad.

Paar ontwikkelingsryers van Sedibeng Fietsry het ook al ’n entjie saamgery, sowel as lede van die NWU Vaal MTB-klub.

Braam is reeds vier jaar betrokke by die Leeuhof-gemeenskap. "Ek is deel van ʼn groep wat hulself Manne en vroue van die Woord noem. Dis vier jaar gelede gestig, en ongeveer sewentig Leeuhofinwoners is betrokke by die groep. Daarna het ons ATKV-tak Vaalplakkers, wat ook ’n ATKV-tak vir woonwaliefhebbers is, ook daar betrokke geraak."

Die nood in Leeuhof is volgens Braam baie groot. "Ná die Tweede Wêreldoorlog is oorlogsveterane sonder heenkome daar gevestig in beskikbare asbeshuise. Mettertyd het die munisipaliteit klein munisipale huisies daar gebou. Baie bejaardes daar is afhanklik van ’n staatspensioen van omtrent R1 300, waaruit hulle ook nog huur moet betaal. Dan bly daar amper niks oor om van te leef nie."

 

atkvfiets4

Die drie fietsers saam met Shaka Radebe van Emfuleni Munisipaliteit.

Die publiek kan help deur Braam en sy mederyers te borg. "Mense kan ons per kilometer borg, maar enige ander donasie is ook baie welkom."

Die fietsryers sal langs die pad oornag in die volgende dorpe en stede: Viljoenskroon, Hennenman, Theunissen, Bloemfontein, Jagersfontein, Orania, Strydenburg, Britstown, Victoria-Wes, Beaufort-Wes,Oudtshoorn, Hartenbos, Stilbaai, Swellendam, Worcester, Rawsonville en Kaapstad.

Die bankbesonderhede vir donasies is as volg: ATKV Vaalplakkers, ABSA, tjekrekeningnommer 4080990182.

Braam kan gekontak word by 083 997 7330, Henk by 083 784 1520 en Gerhard 083 375 0875. Of stuur ʼn e-pos na absmith@telkomsa.net.

  • Alle foto’s is verskaf deur die ryers en hulle ondersteunende span.

The post Te fiets van die Vaaldriehoek tot in Kaapstad om armes te help appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!