Ek hoor hoe vier viole
in tale met my praat
Klanke van ʼn simfonie
wat deur die snare
van ’n stringkwartet
my hárt se taal ook praat.
Soos dansense strykstokke
haastig oor die snare
van vier viole gly,
druis vier seisoene se vibrasies
vuurwarm deur my!
Stringkwartet van vier seisoene
herfs en lente vars –
somerdonderstorms
wat klinkend deur die are
van ʼn houthart bars
Wyl winterkoue hale
my hart deurboor met smart
vertel Le quattro stagioni die storie
van vier seisoene in my hart.
Ook deur Loretta Szikra:
Is daar whisky in die hemel? Loretta Szikra skryf twee nuwe gedigte
The post Le quattro stagioni appeared first on LitNet.