Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Koop US Woordfeeskaartjies teen afslag

$
0
0

 

Vrydag 12 Februarie is die kans van ’n leeftyd wanneer die Woordfees meer as 1 000 kaartjies vir verskillende vertonings by vanjaar se fees teen afslag van 20-80% aanbied. ALLE kaartjies wat op die Bly Vrydag-verkoping beskikbaar is, kos slegs R30!

“Dit is ons manier om aan die mense van Stellenbosch dankie te sê vir al die jare se lojale ondersteuning. Ons glo dat hierdie inisiatief nuwe feesgangers na die fees sal lok omdat die pryse uiters bekostigbaar is. Kaartjieverkope is beter as dieselfde tyd verlede jaar, en Stellenbossers verdien só ’n bederf – hopelik maak dit hulle bly!” sê Saartjie Botha, US Woordfeesdirekteur. Kaartjieverkope is in dié stadium 7.51% hoër as die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Ses-en-twingtig van die vertonings wat by die Woordfees te sien gaan wees, word by hierdie aanbod ingesluit. Sien uit na spesiale aanbiedings op onder meer Johnny Clegg, die Karnaval en Liewe Heksie: Flower Power.

Die volgende bepalings en voorwaardes geld:

*Slegs kontant. Dit is die laaste keer wat jy kontant by die Woordfees kan gebruik. Voortaan word net kontantkaarte of krediet- of debietkaarte aanvaar.

*Hierdie kaartjies is slegs te koop by die drie punte hieronder genoem en slegs tydens die genoemde tye.

*Die aanbod is net geldig op vooraf-uitgesoekte vertonings.

*Die aantal kaartjies per vertoning is beperk.

*’n Vaste aantal kaartjies word per verkoopspunt beskikbaar gestel.

*Slegs ses (6) kaartjies per persoon.

*Die spesiale aanbod is by drie plekke:

7:00-9:00 – Hoërskool Luckhoff, Bloekomlaan, Idasvallei

10:00-12:00 – Woordfeeskantoor, Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch midde-dorp

13:00-14:00 – Loopvlak van die Neelsie-studentesentrum, Rooiplein, Universiteit Stellenbosch

Die volledige program is hier beskikbaar.

The post Koop US Woordfeeskaartjies teen afslag appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>