Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Afriforum se blabs

$
0
0

Ek sit Maandagaand en kyk na die heer Valdimar Pelser se program na 10 uur. Op 'n stadium is daar 'n debat oor 'n film wat Afriforum gemaak en vrygestel het. Volgens my het Afriforum hulself weereens met die poging in die voet geskiet met die maak en vrystelling van Fallen Heroes. Hoekom hulle dit onder hul eie naam gedoen het, sal net hulle weet.

Afriforum behoort te weet die manne van die media is daarop uit om hulle te kritiseer en diskrediteer.
Dan kry jy nog persone wat in die mediawêreld werk wat duidelik nie 'n benul het van en wat die huidige regering is nie. Ek kan dit nie kleinkry hoe die bevryders geromantiseer en heldeverering kry tot op die vlak waar mens verbaas is dat hulle nie op water kan loop nie. Die ergste vir my is dat dit blankes/wittes is. Ek glo aan verandering en vooruitgang maar nie ten koste van iemand of iets nie.

Wat my ook dwars in die krop steek is die totale verwaandheisdwaansin en arrogansie waaraan die sg nuwe generasie ly. Ek het dit al in verskeie briewe genoem. Indien jy sou waag om die huidige klomp narre en hul meelopers in beheer sou durf kritiseer word jy uitgekryt as 'n rassis. Dit slaan my dronk dat die ontgogeldes en sg denkers 'n moerse arrogansie/meerwaardige houdingtjie openbaar.

Die tyd sal leer. Ek hoop net ek is nog hier, en ek glo nie meer baie lank nie, wanneer die harde werklikheid die knape eendag gaan piets.

The post Afriforum se blabs appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!