“Molo, bhuti.” [“Môre, seuna.”]
“Molo, mfundini.” [“Môre, tjom.”]
“Kunjani?” [“Hoe gaan dit?”]
“Akukho nto imbi.” [“Niks sleg nie.”]
Oral soek ek swart mense se geselskap. As ek in ʼn skool, tuisnywerheid, kafee of – soos vandag – by ʼn motorhandelaar instap, dan pyl ek op hulle af as ek hulle sien: skoonmakers, winkelassistente, bibliotekaresse en treinkaartjieverkopers. Almal word my slagoffers.
Toemaar, geen lewensverlies sal gely word nie. Net genot as dit opgelet word dat ek Xhosa praat. Monde hang wawyd oop. Pupille vergroot, tonge klap “Yho!-Yho!” soos in talle advertensies.
Tog verwar iets my.
Hoekom doen hulle dit? Dis nie asof ek nie in staat is om die taal aan te leer nie. By nadere ondersoek se hulle ek is omtrent al wit man wat dit kan praat? Kan ek al een in die hele Wes-Kaap wees! Nee, sekerlik nie.
Met my onlangse besoek aan die Vrystaat aan die begin van die jaar was ek baie teleurgestel. Rassisme is daar wat Vodka hier is: dit skop jou, dis sterk en, wel, genadeloos.
Die wit mens word egter die meeste blootgestel aan rassisme. Daar, om die kampvure en die samehorigheid, floreer dit eerder as om te praat van die dinge wat regtig oor gepraat móét word.
Daar is die droogte “die regering se skuld” wat nie wil “regmaak” wat hulle verbrou het nie. Wat nie wil regmaak vir dit waaroor nie eens die duiwel mag het nie.
Nou wat moet ek sê? Hier staan ek en word hard blootgestel aan die feite dat harde, koue rassisme leef. Ek wil huil. Nee, ek wil weg hardloop. My siel voel aangerand. Bedroef. Moet ek aan hangend maak dat dit nie so is nie? Of net weghol, my kussing op my bed gryp en skreeu?
Vele aande gebeur dit. My lyding hou net nooit op nie. Dit word al hoe slegter en slegter. Dis 'n ontsteking wat my laat voel ek kan dood gaan. In Bellville is ons beskaaf – rassisme vry. Dis met groot plesier dat almal met jou praat. Almal wil met jóú praat. Hulle wil jou opvreet! En tog is dit nie die bruinman wat jy moet jammer kry nie, maar dit witman, want dis hy wat al hierdie rassisme moet aanhoor, bar in sy rouheid.
Ek glo dat die afwesigheid van ʼn bruingroep juis rassisme bevorder. Twee groepe, elk met hul eie wanopvattings, bring mee dat die verskille te groot word, pole veroorsaak en naderhand groei en groei, misverstande wat gesetel raak en versteen sonder om uitgedaag te word, permanente gedagtepatrone skep en gevolg word deur mense.
Sonder ʼn bruingroep kan die wit groep as gevolg van hul affiniteit van mense wat soos, of amper soos, hulle is nie die oorbrugging alleen gedoen kry nie. Dieselfde kan ons van die Sotho-groep sê.
Verklap dit iets rondom die taal?
Praat die Afrikaners en die Basotho’s dieselfde taal? Nee.
Het hulle, het ons dalk gesien dat hierdie twee groepe meer ooreenstem ten opsigte van besluite rondom velkleur soos die koppeling van velkleur aan die regering se dienslewering, of swart ekonomiese bemagtiging nodig is en boere se pleidooie aangaande plaassekuriteit?
As jy iemand se taal aanleer, dan word daardie iemand deel van jou.
Met dié dat ek baie Xhosa praat, sien ek twee mense voor my staan: die nors, neerhalende Xhosaman wat, wie weet, my vervloek in die onpeilbaarheid van sy gedagtes óf ek sien die vriendelike, gretige, hulpaanbiedende man wat bly is dat ek wou gesels.
As ek in Engels afskop, dan ontmoet ek die eerste man. Indien nie, die tweede. Al verskil was die taal wat ek gepraat het.
“And that ... made all the difference.”(Robert Frost) ~
The post Rassisme se grootste vyand - die taal appeared first on LitNet.