Ek het verlede week die laaste van die troetel/huisdiere wat ek gehad het, finaal van afskeid geneem. Ek het na die groot dierebeskermingsorganisasie toe gery met die ontslape kat om haar te laat veras (of is dit verras).
Die vorige geleentheid het ek my geliefde Spanjoel by wie ons 13 jaar lank gebly het ook laat veras. Ek het die Spanjoel die 19e Desember 2003 van die sypaadjie af opgetel en haar saam gevat huistoe. Sy het in Oktober 2015 stil heengegaan.
Verlede week staan en wag ek by die DBV my beurt af om geholpe te raak. Op 'n stadium kom daar 'n familie met 'n hond in wat ek nie kan raai wat se hond dit is nie. Dis 'n kruis tussen "a jackal and fokall". Die hond lyk asof sy 'n groot sokkerbal ingesluk het. Ek vra myself toe af, myself, kan die mense/eienaar nie sien die dier is nie lekker nie. Hoe lank sien hy nou al die dier wat se pens net groter en ronder raak.
Wat besiel mense om diere aan te hou en nie kan versorg nie. Dit is dieselfde met kinders. Hoekom het julle kinders en diere wat julle nie kan versorg of na kyk nie. Jy kan nog 'n kind verwaarloos maar 'n dier nie. 'n Dier kan nie praat of vra nie, mens kind kan.
Eish. Dit slaan my dronk. Ek dink die mens is die enigste skepsel wat sy nasate verwaarloos en verniel.
Reusedwerg
The post Respek vir diere appeared first on LitNet.