Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Wen saam met kykNET se Die Boekklub

$
0
0

Behoort jy aan 'n boekklub? Dan sal 'n nuwe reeks op kykNET jou interesseer. 

Of is jy sommer net 'n mens met jou eie storie? Dan sal hierdie selfde reeks op kykNET jou ook interesseer.

Lees 'n onderhoud rondom Die Boekklub op kykNET.

In Die Boekklub, 'n nuwe dramareeks op kykNET, erf 'n hipster uit Kaapstad sy ouma se gastehuis – en haar leeskring. Tydens elke program word 'n boek gekies wat bespreek word en die episode se verhaallyn beïnvloed. Die eerste episode, waarin die besonderse ouma van die hoofkarakter en haar boekklubsusters en -broeders ontmoet word, se titel was Susters van Eva (deur Dalene Matthee). Amanda Botha het van dié boek gesê (http://www.oulitnet.co.za/inmemoriam/dalene_matthee.asp): "'n Boek soos Susters van Eva bied byvoorbeeld 'n besondere beskouing van die feminisme en is beslis die moeite werd om weer te besoek."

As jy self 'n reeks moes maak wat handel oor boeke en mense wat lees, watter boek sou jy kies en hoe sou dit jou fantasie-episode beïnvloed? Die boek kan in enige taal wees. Vertel in een sin waaroor die boek handel en in die volgende sin wat in jou verbeelde televisiereeks sou gebeur. (Ter voorbeeld: Die tweede episode het gehandel oor Die swye van Mario Salviatti. Daar was elemente van magiese realisme; kuns was ter sprake omdat twee karakters geskilder het, en ook spookagtigheid toe 'n spook verskyn het.)

As LitNet hou van die kombinasie van jou boekvoorstel en jou voorgestelde episode opwindend vind, kan jy die volgende boekpakkie wen:

  • Carmen se beste resepte deur Carmen Niehaus (Human & Rousseau)
  • Kreatiewe kinderkamers deur Sam Scarborough (Human & Rousseau)
  • Koekedoor-bakboek deur Errieda du Toit (Human & Rousseau).

Stuur asseblief jou inskrywings na wen@litnet.co.za.

LitNet kan, weens tydsbeperkinge, nie onderneem om alle inskrywings te plaas nie. Die sluitingsdatum is 4 Februarie 2016. Kyk Dinsdae-aande na Die Boekklub op kanaal 144 vir inspirasie.

 

The post Wen saam met kykNET se Die Boekklub appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>