Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

LAPA se Romanza Ridder: ’n Nuwe era van ridderlikheid

$
0
0

Daar was ’n tyd toe mens ’n ridder so te sê agter elke bos kon uitskop. ’n Dame het skaars voor ’n plas water in die pad te staan gekom of ’n galante heer het reeds sy baadjie oor die poeletjie neergelê. Maar die tye het verander. Moderne dames het waterdigte skoene en ridders op wit perde is bloot net onprakties. Dit beteken egter nie dat die skoner geslag nie steeds na só ’n man hunker nie.

Dís waarom LAPA Uitgewers ’n soektog van stapel stuur om ’n ridder te vind. ’n Moderne ridder, bygesê. Hierdie Ridder het ’n hart van goud, ’n six-pack van staal, en kan enige vrou laat swymel met beide sy looks en sy persoonlikheid.

Die publiek word uitgenooi om mans wat aan hierdie beskrywing voldoen, as die Romanza Ridder te nomineer. (Mans kan hulself ook nomineer, natuurlik!) Daar is groot pryse op die spel, insluitend R15 000 vir die galante heer wat met die titel wegstap. Nomineer jou ridder by www.romanzaridder.co.za.

The post LAPA se Romanza Ridder: ’n Nuwe era van ridderlikheid appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>