LitNet vra: Wat is die Afrikaanse woord van 2018?
Wat is 2018 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat?
Hier onder is nog van ons lesers se inskrywings.
- Indien die woord van die jaar deur meer as een persoon ingeskryf is, sal die wenner deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word.
- Slegs een inskrywing per persoon.
- Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom.
- Inskrywings in kommentare op die sosiale media en LitNet sal nie oorweeg word nie.
Koos Holtzhausen ‒ grondbesetting
Maryke Ciorovich ‒ listeriose
Suna Ester Snyman ‒ steelseks (Die woord – en daad – “stealthing” word nou onder almal se aandag gebring deur die media en die volk word ook bereik deur die steelseks wat in 7de Laan ter sprake is.)
Susanne Pike ‒ petrolpryspenarie
Martie Muntingh ‒ kuratele
Pieter Bosman ‒ seksvideo
Gustaf Pienaar ‒ Ramaphorie
Dalene van den Berg ‒ aardverwarming
Maggie Archer ‒ skommelinge
Marinda van der Merwe ‒ annus horribilis
Tessa Kruger ‒ korrupsie
Annabe Tredoux ‒ grondgryp
Anda Etsebeth – moord (Dit behoort om die volgende redes die woord van die jaar te wees:
- Suid-Afrikaners se vervalle morele gewete is in 2018 aktueel weens die weerloosheidsuitbuiting van byvoorbeeld ons boere, vroue en kinders – verskeie gevalle van geweld is vanjaar aangeteken.
- “Dood” is ook van toepassing op ons ekonomie en die stand van ons staatsinstansies wat “vermoor” word (bankrot gelaat word) weens korrupsie, wanbestuur en/of die selfverryking van individue in magsposisies.
- Soortgelyk word die diere in ons wildtuine en die visse in ons oseane weens die mens se hebsug “uitgemoor” (uitgevang / van kant gemaak / gestroop; hulle sterf uit).
- Volksmoordaanslagte.
Erica le Roux ‒ verarming
Henning van Aswegen ‒ Frengels (‘n Mengelmoes van Afrikaans en Engels. Motivering: Ek het ‘n kleintjie dood aan die verskynsel van ‘n mengelmoes Afrikaans en Engels, dikwels in een sin of een begripsomskrywing. Frengels dui regtig vir my op kultuurluiheid, ‘n ongeërgde omgang met ons kosbare taal. Die gevolg of uitwerking van Frengels is ‘n geradbraakte Afrikaans – maak my warm onder die kraag as ek mense só hoor praat, ook op radio of televisie.)
Elsa van Rooyen ‒ dagga
Sonette le Roux ‒ grondonteiening
Janine Davis ‒ onteiening
Alyssa Eksteen ‒ grondonteiening
Herman Botha ‒ gryswater
Johan Botha ‒ korrupsie
Caro van Aardt ‒ witmonopoliekapitaal
Philip Zietsman ‒ klimaatsverandering
Monica Trickett ‒ enkelgebruik
Simon Hill ‒ Dag Zero
Janet Pillay ‒ edelagbare
The post Nog inskrywings: LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2018 (II) appeared first on LitNet.