Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Ons is op ‘n werkstrippie in ‘n klein dorpie in die Limpopo. Ingeboek in die klein hotelletjie vir die aand, elk in sy eie kamer.
Ons gaan drink ‘n drankie onderin die sitkamer en vra die dame by ontvangs of daar enige lekker kuierplekkie is wat sy aanbeveel. Sy verduidelik ons toe hoe om daar te kom en nie lank nie, toe vertrek ons soontoe.
Op ‘n stadium is ons op ‘n stukkie grondpad en ek begin wonder of ons dalk verdwaal het. Skielik kom ons af op ‘n groot sinkskuur en die baie karre voor die plek laat my besef ons is op die regte plek.
Met ons instap besef ek dat hier lekker gekuier word. Die meerderheid mense is ouerig en die boeremusiek bulder lekker. Dit was natuurlik nie lank nie en ons skoffel en kuier dat stof staan. Heerlik!
Later die aand begin ek agterkom elke keer as ons dans hou ek jou al hoe stywer vas en gereeld druk ek my gesig hier in jou nek in en ruik hoe lekker jy ruik. Jy reageer ook baie romanties en hou my vas met jou kop hier styf teen my bors.
Op ‘n stadium terwyl ons by die tafel sit en weer ‘n drinkie drink, sit jy weer jou hand hier op my been. Ek voel hoe jou hand stadig maar seker al hoe hoër op beweeg tot jou pinkie my penis net-net raak. Jy gesels land en sand asof niks gebeur nie terwyl jou vinger sulke ligte bewegings maak teen my punt. Dit maak my natuurlik opgewonde raak en ek kan voel hoe ek styf begin raak.
Jy hou aan met die ligte aanrakings net so nou en dan en toe ek voel hoe ‘n klopping deur hom gaan, kry jy so ‘n skelm glimlaggie op jou mond. Met al die mense en musiek om ons en wat besig is om te gebeur is ek ergelik opgewonde. Ek moet my uiterste gee om nie beheer te verloor nie.
Die volgende oomblik verskuif jou hand en vat my ferm om my stokstywe skag en ek besef nou moet iets drasties gebeur. “Of jy hou nou op of ons moet NOU hier uit,” sê ek baie benoud vir jou. “Ek dink ons moet ry, dit raak al laat,” sê jy toe.
Ons loop toe daar uit, ek natuurlik baie ongemaklik met die stywe spul wat ek nie lekker kan wegsteek nie. By die deur kom ‘n ander dame van vooraf gestap en ek kan sien hoe sy my hier onderlangs beloer en so ‘n stout glimlag op haar mond kry. Met ‘n “Geniet” groet sy ons in die verbystap en ek kry lekker skaam. Jy begin erg te giggel en vra my asof jy nie weet nie: “Wat is fout?”
Ons klim in die bakkie en begin ry. “Donner, vroumens, wat doen jy aan my?” vra ek en probeer konsentreer op die pad. In die ligte sien jy ‘n afdraaipaadjie en jy sê toe draai links hier. Ek nog nie lekker by nie draai toe ook net sommer en dit was nie twee minute later nie toe ek besef ons is nou op die verkeerde pad. Ek stop en kyk waar daar plek is om om te draai. Jy skater van die lag en sê toe: “Voor jy weer in ‘n sloot in neuk, skakel die bakkie eerder af”, en met dié gryp jy my weer aan my nog steeds harde meneer.
Ek skakel die ligte en bakkie af terwyl jy oor leun en my hartstogtelik soen. Terwyl jy my hier om die nek beet het met jou een hand kan ek voel hoe jy my broek begin losmaak met die ander. Toe my voël uit is, vat jy hom baie liggies tussen jou vingers en stadig begin jy hom op en af te werk. Die tintels woer deur my en ek wil dadelik ook saamspeel en begin om jou borste te vryf. “Los,” kom die opdrag en ek forseer myself om nie aan te raak nie.
So speel jy en soen jy my. Ek vra toe hoekom mag ek nie saamspeel nie en jy sê toe: “Jy het ‘n probleempie wat ek gou wil regstel.” Met dit buig jy af en raak my punt aan met jou tong. Nou raak ek van vooraf erg spuls en ek hoor een moerse diep asemteug van myself. Stadig rol jy jou tong om my koppie en ek voel hoe my tone krul. Skielik kry ek so ‘n warm gevoel om my meneer en besef jy is besig om hom diep in jou mond te druk. Dan trek jy hom weer uit. Dit hou jy aan doen baie stadig en die heel tyd voel dit of jou tong klop teen my skag.
Nog steeds mag ek nêrens voel of vat nie en dit dryf my van my verstand af. Ek weet nie hoe lank dit gevat het nie, ek glo nie lank nie, maar die volgende oomblik begin ek stuiptrekkings kry en voel hoe begin die kom uit my uit te pomp. Met dié druk jy jou lippe styf teen myne en werk my meneer op en af met jou hand. Dit voel nie of ek wil of kan ophou kom nie.
Stadig begin ek weer terugkom aarde toe terwyl jy my net lekker styf vas hou om my skag. Sjoe!
Die volgende oomblik is daar ligte op die bakkie en iemand kom aan gestap. “Is julle ok?” hoor ek ‘n mansstem vra. “Jip, als reg,” antwoord ek terwyl ek spartel om my broek op te kry. Die man loer so half in en met ‘n “Ooo ... ek sien als reg hier ...” en met een moerse groot glimlag draai hy om en loop weg.
Ons loer so onderlangs vir mekaar en toe ons die een komstrepie op die stuurwiel sien hang, bars ons twee kliphard uit van die lag!
The post Jy en ek op reis appeared first on LitNet.