’n Onbewaakte oomblik en ’n mening waarskynlik in goedertrou uitgespreek besorg Gareth Cliff ’n Idols-trekpas op Saterdag 9 Januarie.
Die volgende is ’n verkorte weergawe van ’n berig soos dit op Netwerk 24 verskyn het:
“M-Net het vroeg Saterdagoggend bevestig Gareth Cliff sal nie langer deel wees van die Idols SA-beoordelaarspaneel nie.”
Die stap volg na die omstredenheid van die rassedebat wat die afgelope week oor die eiendomsagent Penny Sparrow gewoed het.
Cliff het gereageer op ’n vraag of rassistiese opmerkings op sosiale media gekriminaliseer moet word. Hy het gesê: “Mense verstaan werklik nie vryheid van spraak nie.”
Twitter-gebruikers het heftig gereageer met oproepe om Idols te boikot. Cliff het later om verskoning gevra en ’n blog geskryf waarin hy konstruktiewe debat bepleit.
M-Net gaan nou Cliff se toekoms by reeks hersien en moontlik met ’n heuningkwas sy dienste beëindig.
Sou graag LitNet-lesers se menings wil hoor oor die saak en hoe ver hul dink die grense van vryheid van spraak strek?
The post Vryheid van spraak ... Wees versigtig wat jy sê. appeared first on LitNet.