Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

In memoriam: Brixton Barnard

$
0
0

brixton600

Bron: http://rekordcenturion.co.za/53318/rocker-verloor-stryd-teen-kanker/


Lees ook:
Drikus "Brixton" Barnard: Toe klim ek ook op die bandwagon
Twee jaar ná die afsterwe van Nelson Mandela
Ricardo: die sanger, en die tyd waarin hy geleef het

Nee man, Brixton Barnard, nee! Jy weet, en ek dink jy sou dit waardeer, Bill Hicks het in een of ander ou skit gesê: "We live in a world where John Lennon was murdered, yet Barry Manilow continues to put out fucking albums. God-dammit! If you're gonna kill somebody, have some fucking taste. I'll drive you to Kenny Rogers's house."

Ek stem nou nie saam met Bill oor Kenny Rogers nie – ek meen "I just dropped in to see what condition my condition was in" en "You've gotta know when to hold 'em, know when to fold 'em" en so aan – maar jy's een van die sangers wat ons nodig gehad het. Hoekom moes jy nou al 'n ninja-bom trek om by die agterdeur uit te glip? In watter soort virtuele wêreld vol global village idiots is "Ford Granada" of "Paul van der Zandt" of Trike se "Simone jy wil swaai" nie op YouTube of Vevo te vinde nie?

Ons het net een keer 'n ernstige klagte by die Unhappy Hour gekry en dit was toe ons laasgenoemde gespeel het en die stasiebestuurder se swanger vrou so ontsteld was oor die lirieke dat sy haar man aangesê het om my en Clive E Smith te bel en te sê dat ons van die lug af gehaal sal word as ons weer so iets spin. Miskien was daar iewers 'n belaglike klagte van onder of van bo wat jou nou van die lug af laat haal het. 

Ek's net bly ek kon jou nog 'n laaste keer in gelate aksie sien by verlede jaar se Slaaptyd in die Suburbs album launch op Wellington – die foto wat ek geneem het was geblur, nes ek, maar dit voel nou reg so.

Sterkte aan Gerhard Barnard, Andries Bezuidenhout, Pippie Miemie Langkousen almal wat na aan jou was. Jy laat 'n broeiende Brixton-vormige leemte.

 

The post In memoriam: Brixton Barnard appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>