Dis nou twee dae voor Kersfees, al wat kan is op pad huis toe of vakansie toe, hier neffens die N1 werk so 270 mense hulle gaaie af om die reisendes se honger en dors te stil. Van 6 tot 6 elke dag sewe dae ’n week.
Van die laags besoldigde skoonmaker tot die algemene bestuurder spring rond om na hul behoeftes om te sien. Die manne wat buite in die huidige 31°C moet skoonmaak agter die wat sommer so hul gemors uit die motor uitkrap en dit net daar in die parkeerterrein los tot die man of dame wat die toilette skoonmaak wat die kougom uit die krippe en die weggooibare doeke en ander doekies uit moet haal om te keer dat die septiese tenkstelsel nie blokkeer nie, staan verwonderd en kyk toe die dame hier aankom; goed geklee, lang blonde hare ingevleg by haar eie en ’n lyf wat die motor wat sy ry na ’n skedonk laat lyk, hoëhakskoene wat sy eers ’n leer voor moet bestyg voor sy daar in kan klim en almal wonder hoe kry sy dit reg om so ’n kar te kan bekostig. Toe een die moed bymekaarskraap en vra is die antwoord: “Oh it was my 23rd birthday present from my Nigerian boyfriend.”
Almal van ons staan en wag om te hoor hoe klink die motor toe sy wegry want jy sien nie sommer hier in die bosveld so ’n Ferrari nie. Bloedrooi soos net so ’n Italiaanse droommotor moet wees. Hel en laat sy nie daai perd spring nie. Wonder ek nou wat doen die boyfriend vir ’n lewe en wat sy moes doen vir die kar.
Snaaks toe die kar brullend om die draai vlieg merk een van die manne op: “Hel het oom daai lyf gecheck?” en antwoord die ander in ’n koor: “Ja maar hel die kar is mooier!”
The post Die lewe langs die grootpad appeared first on LitNet.