Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Flieks 2015: Suzette Kotzé-Myburgh se toptienlys

$
0
0

Ná ’n paar ligpunte vroeg in die jaar was hierdie fliekjaar so droog soos ons wye en droewe land in die greep van El Nino. Tog is dit nooit net slegte nuus nie: vanjaar was daar twee Afrikaanse films (uit 51 flieks gesien) wat ek met ’n lied in my hart vyf sterre gegee het.

  1. Birdman
  2. Whiplash
  3. Abraham
  4. Dis ek, Anna
  5. The Imitation Game
  6. St Vincent
  7. Wolf Totem
  8. Spy
  9. Kingsmen: The Secret Service
  10. Dear White People

1. Birdman

Van regisseur Alejandro Iñárritu verwag ’n mens altyd iets besonders, en Birdman voldoen moeiteloos aan enige hoë verwagtings. Hierdie fliek oor ’n afgeleefde akteur wat probeer vergoed vir verlore kanse is soos ’n soektog in ’n doolhof wat al die pad afdraand loop. Dis filmkuns wat groter as lewensgroot is, en tot my intense verbasing het dit vanjaar se Oscar vir beste film gewen.

2. Whiplash

Menseverhoudings kan kompleks, verwikkeld en veral pynlik wees – dít bevestig hierdie film oor ’n talentvolle jong tromspeler in die greep van ’n sadistiese leermeester opnuut. JK Simmons gee die vertolking van ’n leeftyd; Miles Teller is die nuweling met ’n blink toekoms voor hom.

3. Abraham

Ná ’n stilte van dertig jaar is die gevierde Jans Rautenbach terug met ’n (ware) storie wat jou winduit slaan. Abraham bied ’n indringende blik op die ellende en onreg van apartheid soos wat ons nog nie voorheen in ons filmteaters gesien het nie. As kunsfliek kan dit saampraat met van die bestes in die wêreld. 

4. Dis ek, Anna

Hierdie is ’n nodige fliek, ’n belangrike fliek en ’n dapper fliek. Anchien Troskie se skrynende verhaal oor die molestering van die twaalfjarige Anna deur haar stiefpa is ook talle ander vroue se verhaal. Troskie se twee romans is meesterlik omskep in ’n onvergeetlike film deur regisseur Sara Blecher en haar span.

5. The Imitation Game

’n Boeiende stuk geskiedenis en ’n verwoeste lewe, is wat jou bybly van hierdie uitstaande film. Dit handel oor die Britse wiskundige Alan Turing wat met sy werk aan die vroegste rekenaars ’n deurslaggewende rol in die Tweede Wêreldoorlog gespeel het, maar wat genadeloos deur die owerhede vervolg is weens sy gay identiteit.

6. St Vincent

Kom ons sê Bill Murray se verskyning in Rock the Kasbah, loshande die prul van die jaar, was ’n ongelukkige glips. In hierdie misogenistiese goedvoel-fliek is hy vintage Murray met sy melancholiese beagle-gesig en growwe uiterlike waaronder ’n hart van goud lê. Hy word puik ondersteun deur Melissa McCarthy en Jaeden Lieberher.

7. Wolf Totem

Om ’n fliek oor en met wolwe te maak, moet jy sekerlik self ’n bietjie pels op die tande hê. Veteraanregisseur Jean-Jacques Annaud neem jou met hierdie film na ’n asemrowende wêreld – die Mongoolse steppe van die 1960’s – en wys hoe dit stelselmatig deur menslike ontwikkeling vernietig is.

8. Spy

Hoe sal ’n mens tog ’n veeleisende jaar oorleef sonder ’n goeie komedie? Melissa McCarthy as agent Susan Cooper is die antwoord (saam met Jason Statham, bygesê). Viva vir ’n nuwe soort spioenfliek waar die vroue nie net daar is vir versiering nie.

9. Kingsmen: The Secret Service

James Bond en MI6 kan gaan slaap – ontmoet The Kingsmen en Galahad (Colin Firth as die perfekte heer in ’n strepiespak). Daar is min dinge beter as eg Britse humor, en hierdie fliek is ’n heerlike spottery met die (tanende) Bond-franchise en alles en nog wat.

10. Dear White People

Een van die min flieks vanjaar wat jou uitgedaag het om te dink, en amper profeties met die studenteopstande wat toe nog voorgelê het. Dis nie asof Dear White People soveel antwoorde gee nie, maar dit laat jou ten minste nuut kyk na die vrae.

The post Flieks 2015: Suzette Kotzé-Myburgh se toptienlys appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>