Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20923

UJ-pryse 2018: kortlyste

$
0
0

UJ Aucklandpark-kampus (Foto: Aurobindo Ogra - Own work, CC BY-SA 3.0)

Oor die UJ-pryse

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë toegeken vir uitsonderlike Afrikaanse boeke wat in die voorafgaande kalenderjaar gepubliseer is. Beide die pryse word sonder inagneming van genre toegeken en die prysgeld vir die UJ-debuutprys beloop R30 000 terwyl die UJ-prys se prysgeld R75 000 is.

Vir die 2018 UJ-pryse is altesaam 63 titels ingeskryf – 11 daarvan debute.

Kortlyste – 2018 UJ-pryse

Die titels wat die kortlys gehaal het vir die 2018 UJ-debuutprys, is (alfabeties volgens outeur):

Nou, hier – Corné Coetzee
Radbraak – Jolyn Phillips
Die dag is bros/Sandton City grootdoop – Wessel Pretorius

Die titels op die kortlys vir die 2018 UJ-prys, is (alfabeties volgens outeur):

Spertyd – Elsa Joubert
Die derde spoel – SJ Naude
As in die mond – Nicole Jaekel Strauss
Die wêreld van Charlie Oeng – Etienne van Heerden
In die stille agterkamer en Gesant van die mispels – Marlene van Niekerk

Die volgende resensies, onderhoude en gesprekke oor die werke op die kortlys het op LitNet verskyn:

Nou, hier deur Corné Coetzee: ’n resensie

Dewald Koen
Resensies

"Onopgesmukte eerlikheid, die eenvoud en prag van die lewe, verganklikheid en humor maak van hierdie bundel ’n leeservaring soos min."


Nou, hier deur Corné Coetzee: ’n resensie deur Heilna du Plooy

Heilna du Plooy
Resensies

"Vir my ontwikkel hierdie eenvoudige vloeiende verse met goeie ritmiese gang, ’n merkwaardige diepgang op verskillende maniere."


Radbraak deur Jolyn Phillips: ’n resensie

Nini Bennett
Resensies

Radbraak is ’n uitstaande debuut, ’n bundel waarin suiwer poëtiese segginge onverpoos uit die afbraak van taal gemyn word.”


Spertyd deur Elsa Joubert: ’n resensie

Chris van der Merwe
Resensies

"Dit gaan hier om ’n uitgestrekte hand wat ’n stut soek sowel as ’n uitgestrekte hand wat die nodige ondersteuning verleen. Die mens mag ’n nietige stofdeeltjie wees, maar deur so ’n liefde en empatie word ’n goddelike heerlikheid verkry."


Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Jaco Barnard-Naudé
Resensies

"Die derde spoel sal nie by almal byval vind nie. Dit is egter ongetwyfeld ’n boek wat lesers gaan laat regop sit, wat selfs slapelose nagte gaan veroorsaak."


Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n resensie

Helize van Vuuren
Resensies

"Selde is ek so beetgepak deur ’n Afrikaanse roman, so gefassineer en beïndruk, so besig gehou, selfs na ’n tweede lees. Met SJ Naudé se Die derde spoel is daar ’n formidabele nuwe stem in Afrikaans stewig gevestig."


As in die mond deur Nicole Jaekel Strauss: ’n onderhoud 

Nicole Jaekel Strauss, Naomi Meyer
Skrywersonderhoude

"Inspirasie kom soms uit sake, soms uit mense, soms uit plekke. Maar sit en wag doen ek nooit nie. Vermoed ek sal nooit aan die skryf kom nie."


Die wêreld van Charlie Oeng: ’n resensie

Hennie van Coller
Resensies

"Van Heerden bereik met hierdie roman weer die peil van sy beste werk."


Kunstenaar van die lem: Etienne van Heerden se Die wêreld van Charlie Oeng

Marietjie Lambrechts
Boeke en skrywers

"Al die versigtig gekose woorde, frases en sinne pas in mekaar soos in ’n legkaart wat onvoltooid sou wees as daar maar net een stukkie ontbreek, miskien onbenullig op sigself, maar onlosmaaklik deel van ’n groter, voltooide geheel."


Die wêreld van Charlie Oeng: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Louise Viljoen
Resensies

"Van Heerden bou in hierdie roman met ’n uitnemende verbeeldingskrag, kennis en vernuf ’n wêreld wat vir jou nuwe perspektiewe op ou vraagstukke open. Die wêreld van Charlie Oeng is ’n waardige toevoeging tot ’n gedugte oeuvre."


Video: Bekendstelling van Marlene van Niekerk se beeldgedigte

Naomi Bruwer
NB-Uitgewersportaal

Gesant van die mispels en In die stille agterkamer deur Marlene van Niekerk is Maandag 26 Februarie by die Lemoenkloof Gastehuis in die Paarl bekendgestel. Gerrit Olivier het met Marlene gesels.


 

Die paneel beoordelaars vir 2018 was:

Frederick Botha
Bibi Burger (UP)
Marius Crous (NMMU)
Karen de Wet (UJ)
Sonja Loots (UK)
Marné Pienaar (UJ)

The post UJ-pryse 2018: kortlyste appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20923

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>