Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20877

Loving Vincent: ’n filmresensie

$
0
0

Regie en draaiboek: Dorota Kobiela en Hugh Welchman

Spelers: Douglas Booth, Chris O’Dowd, Saoïrse Ronan, Eleanor Tomlinson, Jerome Flynn  

As daar een kunstenaarslewe is wat swaar dra aan ironie, is dit dié van Vincent van Gogh. Hy het eers op 28 begin skilder, en is nege jaar later dood – met ’n lys van meer as 800 werke agter sy naam waarvan slegs één verkoop is. Uiteindelik word hy geëer as die vader van die moderne skilderkuns, en die blote feit dat hierdie besonderse projek feitlik 130 jaar later aan hom gewy is, getuig van sy reputasie en invloed. 

Loving Vincent, ’n Pools-Britse koproduksie wat vyf jaar geneem het, verdien werklik die beskrywing “a labour of love” (waarop die titel oor sinspeel). Dis eers met werklike akteurs verfilm, en daarna deur ’n span van meer as honderd kunstenaars omskep in 853 skilderye wat in animasie verwerk is. Elkeen van dié olieverwe is met die hand gedoen, dis nie sommer met ’n rekenaarprogram aangepas tot die tipiese Van Gogh-styl soos wat met vandag se tegnologie moontlik sou wees nie. Die resultaat is iets unieks, en dit sal interessant wees om te sien of dit beloon word met die Oscar vir beste animasiefilm (dit kry beslis my stem).

Die verhaal lyk aanvanklik soos ’n blote kapstok om ’n uitsonderlike animasieprojek aan te haak, en dit neem ’n tydjie om aan die rukkerige animasiestyl gewoond te raak. Maar kort voor lank word die kyker totaal ingetrek by hierdie besinning oor die geniale maar gekwelde kunstenaar. Dit begin in Arles in 1891, ’n jaar ná Van Gogh se dood. Terwyl hy daar gewoon het, het hy bevriend geraak met die posmeester (Chris O’Dowd), aangesien hy daagliks ’n brief aan sy broer Theo geskryf het. Vincent se laaste brief het onafgelewer teruggekom, en nou stuur die posmeester sy seun Armand (Douglas Booth) om die brief persoonlik by Theo te besorg. Armand se reis neem hom na Avers, die dorp waar Vincent gesterf het, en word mettertyd ’n speurtog soos hy die feite van die kunstenaar se sogenaamde selfdood begin bevraagteken.

Kunsliefhebbers moet hierdie roerende film beslis nie misloop nie.

Sterre: 4

The post <i>Loving Vincent</i>: ’n filmresensie appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20877

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>