Henry Cloete - skrywer, joernalis en sanger - kies musiekonderhoude wat hom van 2015 sal bybly. Hier is sy lys.
Spoegwolf: "Ons koppe is meestal in een mus"
Henry Cloete "Ons móés die album anders benader, aangesien ons almal nou baie nader aan mekaar is." |
Steyn de Wet: "Dié album is ’n afskeidspartytjie"
Henry Cloete "Ek is obsessief oor liedjies skryf. Ek stoei dag en nag daarmee. Dit hou my wakker, dit hou my uit die werk uit, soms hou dit my uit geselskap uit." |
Laurinda Hofmeyr: "Ek weet nie presies wat my aantrek na sekere gedigte nie"
Henry Cloete "Ek probeer doelbewus meer intuïtief werk en vir myself sê die idees wat in my kop kom, het waarde, ek kan dit maar vertrou, al is dit so eenvoudig of arbitrêr." |
Cortina Whiplash: "Jy moet die bokse oopskop en omgooi"
Henry Cloete "Daar is so baie stories wat jy nooit sal glo nie, maar een oggend op pad terug van ’n verskriklike mal vertoning in Clarens het Tessa ’n SMS gekry van ’n boer in die area wat vir haar ’n springboklammertjie en Angolese apie aangebied het as troeteldier." |
Jannie du Toit: "Dit sal nie my swanesang wees nie"
Henry Cloete "Ek skryf beslis minder liedjies as 20 en 30 jaar gelede, maar dit is grootliks omdat ek al hoe meer besef dat dit my voorkeur is om vir mense musiek te maak op die verhoog, en nie noodwendig my eie liedjies nie." |
Anton Goosen: "Ek wil nooit halt roep nie"
Henry Cloete "Solank geld as die wêreld se ruilhandelmiddel gebruik word, sal daar altyd mense in die musiektempel wees wat daar is vir die verkeerde redes en om Mammon in daardie tempel te dien." |
Marcia Moon: "Ek is op soek na my klank"
Henry Cloete "En dis die ongelooflike teenstrydigheid in Afrikaans – aan die een kant kry jy hierdie diep musiek, van baie diep Afrikaanse geeste, en dan, wel, dan is daar ons ander vriende wat so soetsappig en vlak as moontlik is dat mens wonder wie die melkman se kind is." |
Churchill Naudé: "Hoe skei mens jou vel van jou gesig?"
Henry Cloete "Ek dink die album het so lank gevat omdat daar min mense was wat in my glo, wat grootliks my fout is, want ek kan nie vir mense sê hoe en wat ek wil doen nie ..." |
Majozi: "I don't want to be the same as everyone else"
Henry Cloete "I want to be different, and that's always in the back of my mind, and I think a big part of being different or standing out from everyone else is just being yourself. I'm not sure if I get it right all the time, but I try." |
TWEE: "Ons gaan nou gooi – dis tyd"
Henry Cloete "Op die ou end wil ’n mens eerlikheid behou, maar jy wil ook geen mense vervreem nie. So om hardegat te wees en mense te vervreem om ’n kleiner nismark gelukkig te hou, is beslis nie die beste besigheidsbesluit nie. So ons moet nog daaroor dink en kyk hoe ons dit gaan benader." |
Koos Kombuis: "Dit is inderdaad deesdae lekkerder as ooit"
Henry Cloete "Die ding wat ek eers na die tyd agtergekom het, is as ’n ou ’n sogenaamde geestelike album uitbring, moet jy bereid wees om al die pad gaan. Jy moet die regte soort gel in jou hare smeer en jy moet optree by gospelfeeste en jy moet in elke onderhoud sê jy werk aan jou huweliksprobleme. Ek was eenvoudig nie dedicated genoeg om al daai effort in te sit nie." |
Volkspeler is terug, met Die Boksburg Bebop
Henry Cloete |
BEAST: "Ons doen wat ons wil"
Henry Cloete "Ons omarm die vryheid. BEAST het begin as ’n eksperiment, en ek dink na drie jaar volg ons nog steeds daardie etos. Niks is ooit vir ons te vreemd om te probeer nie." |
Francois van Coke oor sy solo-album: "Ek het opsetlik minder geskree ..."
Henry Cloete, Francois van Coke |
The post Lekker musiekonderhoude van 2015 appeared first on LitNet.