Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Regsalmanak: Die "kousale ketting" in strafsake

$
0
0

jutalaw600

Vir sy navorsing vir die weeklikse Regsalmanak-rubrieke maak Gustaf Pienaar grotendeels van Juta Law se aanlyn biblioteek gebruik.  Hierdie regsbiblioteek is ‘n omvangryke naslaanbron van hofsake, wetgewing en ons land se dinamiese grondwetlike ontwikkeling. Juta Law stel hierdie bronne goedgunstiglik tot Gustaf se beskking vir die skryf van hierdie rubrieke. Vir nadere besonderhede besoek www.jutalaw.co.za                                                         

Vandeesweek se verhaal begin in Maart 1960, toe ene Motomane vir Agnes Nketsi met 'n mes bygedam het terwyl sy buite haar huis in Kliptown besig was om kos te maak. Die hofverslag sê nie wat die rede vir die aanval was nie.

Lees ook vorige Regsalmanak-rubrieke
Diefstal van eie goed
Bram Fischer

Agnes het twee steekwonde gehad. Die een was in haar rug, maar die mes het ook 'n long binnegedring en geringe skade veroorsaak. Die ander steekwond was in haar nek digby die sleutelbeen, waar die mes 'n slagaar beskadig het.

Teen die tyd dat Agnes in die hospitaal opgeneem is, het die bloeding uit die wond in haar nek reeds vanself gestol. Die dokter wat haar ondersoek het, het gemerk dat haar bloeddruk laag en haar pols vinnig was – twee duidelike tekens dat sy taamlik bloed verloor het. Hy het die wond aan haar nek met steke geheg. Haar toestand was bestendig en het nie versleg nie.

'n Paar uur later het 'n dokter wat tóé aan diens was, besluit om op die wond in haar nek te opereer om die beskadigde slagaar te herstel. Op daardie stadium was dit nie noodsaaklik nie, maar hy was bang dat komplikasies later kon intree as hy dit nie sou doen nie.

Agnes is op die operasietafel geplaas, sy het narkose ontvang en die dokter het 'n insnyding deur die vel by die nekwond gedoen. Die klont gestolde bloed het byna onmiddellik losgekom, en die wond het weer hewig begin bloei. Agnes se hart het gaan staan, en ten spyte van verskillende noodmaatreëls kon die dokters haar nie bybring nie, en het sy gesterf.

Motomane, die man wat haar in die eerste plek aangerand het, is daarna van moord aangekla.

Vroeg in 1961 het regter Joe Ludorf van Johannesburg sy uitspraak gelewer.[i] Die kernvraag was wie Agnes se dood veroorsaak het – was dit Motomane wat haar aanvanklik met 'n mes gesteek het, of die dokter met sy operasiemes?

Die regter sê dat waar die staat in 'n moordsaak bewys het dat die beskuldigde iemand opsetlik met 'n mes gesteek het, dat die slagoffer gebloei het en as gevolg van oormatige bloeding dood is, daar 'n voltooide “ketting van gebeurtenisse” bewys is. Dus: meswond – bloeding – dood as gevolg van bloedverlies = moord (mits die dader natuurlik nie byvoorbeeld uit noodweer opgetree het nie).

Regsgeleerdes praat van 'n "kousale ketting". As die staat so 'n ketting in 'n moordsaak bewys het, sal die beskuldigde kan loskom net as hy op sy beurt kan bewys dat daar 'n onderbreking in hierdie kousale ketting was.

In regsterme word so 'n onderbreking 'n novus actus interveniens genoem – dit wil sê 'n tussenkomende gebeurtenis wat heeltemal onafhanklik van die beskuldigde se optrede die toestand (in dié geval Agnes se dood) veroorsaak het.

Op die getuienis voor die hof beslis regter Ludorf dat Agnes waarskynlik ten volle sou genees het van haar besering nadat die bloeding op 'n natuurlike wyse gestol het. Hierdie proses van natuurlike genesing is egter onderbreek deur die besluit van die dokter om te opereer. Dus: meswond – bloeding – stolling – operasie – wéér bloeding, en toe die dood. Die operasie was dus, volgens die regter, daardie gebeurtenis onafhanklik van Motomane se optrede wat direk tot Agnes se dood gelei het.

Onder die omstandighede word Motomane dus onskuldig bevind aan moord. Die hof vind hom egter skuldig aan aanranding met die opset om ernstig te beseer – die misdryf waaraan hy buitendien skuldig sou gewees het as Agnes sou herstel het.

Dit sal my nie verbaas as hierdie uitkoms nie jou “regsgevoel” bevredig nie. Die hoogste hof van appèl het in S v Tembani[ii] ook so ietwat gefrons oor die Motomane-uitspraak. Tembani is aan moord skuldig bevind en tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy in Desember 1996 sy vriendin, Thandi Lamani, minstens twee keer met ‘n vuurwapen geskiet het. Sy het ernstige wonde opgedoen en is in die hospitaal opgeneem. Ongeveer twee weke later het sy gesterf nadat haar wonde septies geraak het – ongetwyfeld weens die nalatigheid van die hospitaalpersoneel. Die beskuldigde het in sy appèl aangevoer dat Thandi se dood nie deur hóm nie, maar deur die nalatige personeel van die betrokke hospitaal veroorsaak is. Die kousale ketting, het hy aangevoer, is sodoende verbreek.

In ‘n belangwekkende uitspraak deur appèlregter Cameron (deesdae ‘n regter van die konstitusionele hof), waarmee die ander vier appèlregters saamgestem het, het die hof beslis dat as dit nie was vir die beskuldigde se moorddadige aanval op Lamani nie, sy nie sou gesterf het nie. Terselfdertyd, het die hof beslis, sou Thandi ook gesterf het as sy nie onmiddellik hospitaalbehandeling ontvang het nie.

Die kern van die hof se beslissing is só deur regter Cameron verwoord: “The deliberate infliction of an intrinsically dangerous wound, from which the victim is likely to die without medical intervention, must in my view generally lead to liability for an ensuing death, whether or not the wound is readily treatable, and even if the medical treatment later given is substandard or negligent, unless the victim so recovers that at the time of the negligent treatment the original injury no longer poses a danger to life.”

En verder: “[A]n assailant who deliberately inflicts an intrinsically fatal wound embraces, through his conscious conduct, the risk that death may ensue. The fact that others may fail to intervene to save the injured person does not, while the wound remains mortal, diminish the moral culpability of the perpetrator, and should not in my view diminish his legal culpability. That is so even where those others fail culpably in breach of a duty they independently owe to the victim. It would offend justice to allow such an assailant to escape the consequences of his conduct because of the subsequent failings of others, who owe no duty to him, whose interventions he has no right to demand, and on whose proficiency he has no entitlement to rely. Their failings in relation to the victim cannot diminish the burden of moral and legal guilt he must bear.”

[i] R v Motomane 1961(4) SA 569 (WPA)

[ii] 2007(2)SA 291 (SCA)

The post Regsalmanak: Die "kousale ketting" in strafsake appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>