Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

De Wallen: "Ons is maar van nature bietjie links van die regering"

$
0
0

Die Stellenbosse rockgroep De Wallen het pas ’n nuwe EP, 2.0, uitgereik. Jeandré Swanepoel, voorman van die groep, beantwoord ’n paar vrae oor die EP en die uitdagings wat ’n jong band soos De Wallen moet oorwin.

Goeiedag, Jeandré. Hoe's dinge deesdae?

Hi Henry! Dinge gaan goed! Dis great om weer te kan gesels met jou! Ons het laas jou vrae vreeslik baie geniet! Jong, dinge gaan bedrywig. Die 2.0-EP se launch was ’n sukses en ons bou nou aan ons brand. Wanneer mens besef jou band raak ’n brand, raak mens eers bedrywig. Ek geniet dit. Ons het toerplanne en ’n nuwe musiekvideo lined up vir die nuwe jaar!

dewallen1grootweb
Foto: Casper De Lange Photography

Geluk met die uitreiking van 2.0. Dis, soos verwag, kliphard en moerse lekker – hoe het my oorfone so vol whisky en sweet geword?! Anyway, dis interessant dat 2.0 afskop met ’n herverwerkte weergawe van "Heart Rate Rocker", wat reeds in 2013 ’n treffer van julle was. Waarom die besluit om ’n nuwe weergawe van hom te gooi, en om vir heer Basson Laubscher te betrek by die opname?

“Heart Rate Rocker” se 2013-sukses was great en dit het omtrent gewild geraak in ons live set. Ons het baie constructive criticism oor die jare ontvang, one being: “Julle set lack dynamics.” Dit was vreeslik “ballas uit”. Ons het ’n recording gekry by Justin Versveld van ’n 2014-Aandklas-gig en toe sink dit in. We need to learn and master the art of dynamics within a set. Ek en Basson is pelle al vir ’n paar jaar en het geweet dit sal ’n great mash-up wees. Basson se three-piece skop gat en ek sal ook wil help om sy band groter te kry. Hulle kry nie die exposure wat hulle verdien nie.

2.0 is jul tweede vrystelling (na die Dirty Deals-debuut). Hulle sê mos die toets lê in die sophomore vrystelling – het De Wallen druk ervaar in hierdie opsig, of wat wou julle spesifiek bereik met die EP? Enige spesifieke rede waarom julle gegaan het vir ’n EP en nie ’n nuwe vollengte-album nie?

Geld. Hahaha. Ons het geweet dit sou onmoontlik wees om op die huidige oomblik ’n full-length uit te bring. Veral omdat ons wou gaan vir die beste studio en beste result. Ons het besluit op Coffee Stained Vinyl na Filth se 2014 Dirty Laundry release. Ook gedoen deur hulle.

2014 was ’n kak jaar vir ons band. Ons het membership instability gehad en ’n paar terrible performances. Dit het ons amper ons reputasie heeltemal gekos en ons kon voel hoe irrelevant ons band raak. So ja. Die pressure was definitief daar. Dit het tot ’n mate gehelp met die 2.0-produk.

De Wallen het al stewig naam gemaak as een van die lekkerste live bands op die Kaapse toneel (soos bewys deur die feit dat julle al ’n Battle of the Bands of twee gewen het). Vir ’n band wie se musiek so gedy op energie en loskopgeid is dit seker ’n uitdaging om daardie selfde energie oor te dra na die studio en ook na die uiteindelike klank op die disc. Het julle spesifieke aanpassings gemaak op die songs en hoe dit oorgedra word vir die opname-weergawes daarvan, of hoe dink jy werk daardie "vertaling" van ’n live show na ’n recording? Hoe sal julle nog wil eksperimenteer met hierdie dilemma in die toekoms?

Dit was ’n moerse struikelblok gewees. Ek reken ons het nou eers die surface begin scratch om dit reg te kry. Teejay en Ryan het baie gehelp, maar ek dink die ouens in die band, dié wat instrumente speel, was die MVP’s gewees daar. Die band het rêrig opgestep en solid en sincere performances deliver in studio. Ons gaan aanhou om te werk aan dit en hopelik in die toekoms selfs beter lewer!

Die titel 2.0 dui – neem ek aan – op ’n soort evolusie, groei en opskerping vir De Wallen. Hoe het die band gegroei sedert julle in 2011 die sade gesaai en later gedebuteer het? Op watter maniere probeer julle mekaar uitdaag om beter te word, en hoe gaan jy spesifiek te werk om jou eie evolusie voort te sit, veral wat daai rou vocals van jou betref? Hoe sien jy hierdie evolusie voortbeweeg in die volgende hoofstukke vir De Wallen?

Jy slaan die spyker op die kop. Ek en Pieter het die band al vyf jaar. Ons is 21 en 22. Ons het al baie verandering ervaar. Persoonlike verandering ook. Die rede vir 2.0 was om vir die bedryf en onsself te bewys dat ons tot ’n mate almal “grootword”. Dit beteken nie noodwendig ons is minder mal in ons koppe nie. Net dat ons beter verstaan wat ons rol is in die wêreld en dan natuurlik ook in die musiekbedryf. My vocals verander natuurlik (ek wil net dankie sê aan Stuyvesant Blou en cheap whisky). Ek dink daar sal ook altyd sekergemaak word De Wallen klink fantastic. Op disc en live. Hahaha. Ons daag heeltyd mekaar uit om die beste te lewer wat ons kan. Dink dit is ook hoekom ons band nog aan die gang is. Ons het drif om te leer.

Die EP is vol heerlike verrassings – soos byvoorbeeld die female vocals op "Eyes of April's End". Hoe het julle te werk gegaan om die songs op hierdie maniere te arrange en watter onverwagse elemente sal julle nog wil inbring by shows en opnames? Hoe werk die skryfproses in De Wallen wat betref die liriekskepping, die saamsmeding van die musiek en ook wanneer julle weet dit of dat ontbreek nog?

In all honesty, we make it up as we go along. Helfte van die tyd is dit maar blind luck en gut feeling. Ek skryf die volledige song soos ek dit hoor. Guitar, bass en drums, en bring dit dan na die band. Ons workshop dan die track om elke member se flavour in te werk. Dit is die De Wallen sound. Ek skryf die lirieke met Pieter se hulp. Hy gee vir my idees. Live dink ek kan ons bietjie keys inbring, maar in studio? Dan moet die manne net keer! In studio gaan my kop mal! Ek sal graag wil track vir drie maande sodat ek al die sax, strings en koorgedeeltes kan inkry. Die band kry altyd die horries as hulle my idees aanvanklik hoor, maar hulle begin my meer vertrou en ek geniet dit vreeslik, die “artistic freedom”.

De Wallen het relatief onlangs ’n nuwe tromspeler bygekry – Victor Green. Hoe verander dit die dinamiek van ’n band as daar ’n plaasvervanger moet kom, of watter soort invloed het die nuwe tromspeler op De Wallen gehad? Julle manne is nog jonk – dink jy daar's ’n punt waarop nuwe bands bloot gestig moet word as lede in- en uitgaan soos die lewe dit vereis, of dink jy De Wallen sal voortgaan ondanks die moontlikheid van wisselende lede?

Vicky Boerewors! Hahaha, ons is vreeslik lief vir Victor en dink hy het homself klaar sement as een van die fundamentals in ons band. Hy is jonk en ek love sy dryfkrag en spel. Ons almal het vreeslik baie respek vir hom en ek kan nie wag om saam met hom te begin skryf aan die nuwe materiaal nie. Hy bliksem die tromme behoorlik! Genuine oke en ek hoop hy stap saam met my die De Wallen-pad tot die dag wat ek inevitably doodgaan van een of ander stupid rede.

Ek het die band ge-“hand-pick”. Almal van ons is replaceable, ek is bevrees. Dit is net omdat die drif van die members so cool is. Ek gaan vir ewig dié doen en ek is seker ek sal members kry. MAAR! Die line-up soos dit nou is, is by ver die sterkste wat dit ooit was en ek sal vreeslik emosioneel wees as iemand nou moet loop. Ek verstaan life happens, maar ek kies om dit te ignoreer. Dalk omdat ek bang is om groot te word, haha. Maar ja. As Pieter moet loop, sal dit my breek. Ek sal die horries hê vir weke!

Ons het vlugtig gepraat oor die EP-versus-album-besluit ... baie bands verkies deesdae om amper uitsluitlik digitaal te gaan en sien nie noodwendig die nut van harde kopieë wat uitreikings betref nie. Hoe voel jy daaroor? Wat kry ’n mens nog met ’n harde kopie wat ’n mens nie digitaal kan kry nie? Wat is die waarde daarin vir jou om ’n EP of album vry te stel en nie bloot ’n rits sporadiese digitale snitte nie?

Ons is maar van nature bietjie links van die regering, so slegs net digitaal is nie ’n opsie vir my nie. Ek wil aan die einde van my loopbaan kan gaan en ’n kas oopslaan en dit vashou. Vir my is dit sentimenteel. Dit is die physical embodiment van al my bloed, sweet en trane. Dit is op die ou end van die dag wat my laat opstaan in die oggend. Ek kan op enige given dag die twee albums in my hande vashou en net dankbaar wees vir die beste vyf jaar van my lewe. Dit is magical. Why take away that experience? Ek hoop ons fans kry dieselfde kick uit dit uit en dat ons vir hulle at least nog 20 kan lewer!

De Wallen is nou al ’n rukkie in die ronde ... enige spesifieke hoogtepunte of vreemde gebeure wat nou al vir ewig in jou geheue sal wees? Enige ervarings wat jy eerder uit die geheue sal kry wat betref toere en gigs?

Wow! Daar is soveel! Ons eerste toer-ervaring! Om amper toegesluit te word twee keer in een dag is die beste gevoel wat enige twintigjarige kan hê! Glo my! GAMECHANGER! Hahaha! Al die shows wat ons speel saam met ons rolmodelle ook. Ek sal graag hierdie stories met enigiemand deel. As mense wil gesels, kan hulle my en die res van die band gereeld vang by Aandklas, Stellenbosch.

Wat hou die nabye en verre toekoms in vir De Wallen, in so verre jy ’n sê daarin het?

dewallen2grootweb

Mense kan verwag om De Wallen in die rock scene te sien solank soos wat daar asem uit my longe kom. Toere en album DEFINITIEF vir 2016. Ek sal ook graag in 2017 ons eerste internasionale toer wil doen. Dalk Europa.

Wat is die sin van die dood?

Die sin van die dood? Dit is iets wat ons almal deel. We are always afraid of that which makes us equal. Niemand van ons sterf tog rêrig nie. Ons vorm maar net deel van die kosmos se kakofonie. Ware “magic”.  Dit is hoe ek laaik om daaraan te dink.

The post De Wallen: "Ons is maar van nature bietjie links van die regering" appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>