Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Brandewynkroegpraatjies: My skoonma, die olifant ...

$
0
0

"Hulle sê ’n mens moet nooit ’n goeie storie opfoeter met te veel feite nie, nè Oom?"

Ek gooi opsetlik op díe manier ’n klip in die bos om hom uit te lok, want ek weet hy kan lekker stories vertel, veral as hy al ’n paar doppe in het.

Oom Gert se ogies blink as hy sy leë glas op die toonbank neersit en vra vir nog ’n dubbel Klippies en Coke.

"Ja man, dit geld vir julle koerante en TV, maar jy weet mos ek is ’n man wat hou by die waarheid. Help nie ’n man lieg nie, jy word gou uitgevang. Maar party stories wíl mense mos maar net nie glo nie, omdat hulle maar eintlik niks van die lewe weet nie."

Hy neem ’n klein slukkie van die kosbare drankie wat voor hom neergesit is.

"Vat nou die keer toe ek daar in Noord-Rhodesië gaan jag het saam met my swaer wat daar boer."

"Oom bedoel Zambië?"

"Nee man, dit was voor Independence. Ons het die heeldag geloop daar tussen die bosse en gesoek vir olifante, later is hulle af rivier toe om seekoeie te skiet, want olifante kry ons nie. Ek het nog ’n bietjie rondgehang en gehoop ek kry iets en begin ook maar later aanstap rivier toe, toe skielik sien ek hom! Man, skaars dertig treë voor my staan ’n lieflike bul met sulke groot tande wat opkrul, seker ses voet lank!"

Dit lyk of hy nou begin opgewonde raak, want hy vat gou ’n paar slukke, vee sy mond met die agterkant van sy hand af en beduie woes met sy hande.

"Man, dit is nou my kans om so ’n lieflike bul te skiet meen ek, en ek lê aan. Maar wragtig, ek voel skielik ’n wind hier agter my en my hoed spat van my kop af. Toe ek omkyk, staan hier ’n helse olifantkoei agter my, sy het my hoed met haar slurp afgewaai en vat-vat nou so na my met haar slurp!

Sy is so groot, ek moet my kop agteroorgooi om op te kyk na haar."

Hy sluk nou weer vinnig ’n paar keer aan die brandewyn voor hy voortgaan.

"Jirre man, ek skrik my amper vrek! Gelukkig staan daar ’n groot boom net ’n paar treë van my af, sy stam loop skuins op vir ’n ent, amper gelyk met die grond, dan skiet hy geleidelik boontoe. Ek gooi my geweer net daar neer en hardloop teen die stam op, so hoog as ek kan."

Hy wys nou met sy vinger na my, wat hy driftig swaai: "Nou weet ek julle jong manne wat nou nog nie alles gesien het soos ek nie, sal dit nie eintlik wil glo nie, want ek was self geskok en verstom – die blêddie olifant begin met die boom opklim! Wragtig, sy het haar twee voorpote op die stam, een voor die ander, en voel-voel met haar agterpoot om díe ook op te kry. Sy kry dit amper reg, maar dit gly weer af."

Ek luister aandagtig en probeer om ernstig te lyk, dat ek darem nou nie uitbars van die lag nie.

Hy haal sy sakdoek uit en vee sy voorkop af. Dit is warm en die brandewyn laat mens natuurlik ook sweet. Vir ’n rukkie is hy stil.

"En toe, Oom?" vra ek.

"Man, toe kyk ek daardie olifant reg in die oë terwyl ek om lewe en dood vasklou en sien ek iets wat mens nie daar in die bosse, ver van die huis af, verwag nie: my skoonma se oë! Sy lyk kompleet soos my skoonma, dieselfde oë en ore en iets soos ’n grynslag om haar mond. Toe vind daar iets tussen my en die olifant plaas – hoe noem julle dit? Higher awareness. En herkenning. Ek herken my skoonma in die olifant en sy sien dat ek haar herken."

Nou sukkel ek om nie uit te bars van die lag nie: "Hoe het Oom toe daar weggekom?" vra ek.

"Wel, jy sien, toe sy nou tevrede is dat ek genoeg geskrik het, draai sy doodluiters om en stap weg asof niks gebeur het nie. Ek het nog ’n paar minute vasgehou, maar my arms was later so lam dat ek gelos het, toe val ek sommer op die grond. Gelukkig het ek my geweer gou gekry en die ander mans opgespoor langs die rivier. Daardie nag was dit ’n groot fees soos almal gesmul het aan die wild wat hulle geskiet het. Maar ek het eenkant gesit en diep gedink."

Hy klou met albei sy hande vas aan die kroegstoeltjie hier by sy boude en ek kan sien dat hy dalk netnou weer sal los en op die vloer val.

Varkspek

The post Brandewynkroegpraatjies: My skoonma, die olifant ... appeared first on LitNet.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles

Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)

Weer 'n kans op geluk (Deel II)

Maak jul eie reënmeter

Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak

8 Wenke om water te bespaar

Die beste tyd van my lewe

Koshuiskaskenades

’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...

Welkom in die wêreld, Baba Strauss!

Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug

Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...

Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)

Mikrogolf-vrugtekoek

18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken

Gedig: Populiere

Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk

Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda

Wonder ek oor die volgende ….

Die oplossing vir yl hare is hier

Kyk watter glanspaartjie is verloof!

<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>