Die ontwikkeling van nagraadse studente as navorsers is wêreldwyd ’n belangrike doelwit in die hoëronderwyskonteks. Die vraag ontstaan wie ontwikkel moet word as navorsers: diegene wat reeds kundig is, of diegene wat juis die opleiding en finansiële steun nodig het?
Estelle Kruger gesels met Ewelina Niemczyk en JP Rossouw oor hulle artikel:
Toegang tot navorsingsassistentskappe aan universiteite in die globale noorde en globale suide
Access to research assistantship opportunities in global north and global south
Ewelina Niemczyk (EN) antwoord in Engels en JP Rossouw (JPR) in Afrikaans.
Wat is die agtergrond van die studie – maw watter omstandighede het hierdie navorsing van julle geïnspireer? Hoe het julle bewus geword van die noodsaaklikheid om bekwame navorsers te ontwikkel?
EN: My interest in the development of the next generation of researchers goes back to my master’s studies, which I completed in Canada. During that time (around 2006) I started working as a research assistant for different scholars within my faculty and I quickly noticed the benefits of hands-on involvement in a research process. At the beginning, tasks I was asked to complete were basic (eg literature review, data entry); however, with time I was asked to engage in more advanced research activities such as data collection and data analysis. For instance, I remember one professor allowing me to shadow one or two interviews she was doing and then she asked if I could conduct the next one. This gradual, yet active exposure really worked for me. I was not intimidated by research because I was introduced to it step by step with practical guidance. Recognising the value of my research assistantships and their contribution to my growth as a researcher made me wonder if my experiences were representative of other students’. At that point I decided to explore research assistantship experiences of other students in my own thesis.
Through my research thesis I learned that the majority of the existing literature concentrates on research coursework and thesis supervision as the places where research is taught and learned. Much less is understood about research assistantships and their potential for educating future researchers. In fact, there is a limited number of scholars investigating experiences of research assistants and the ways these experiences are influenced by institutional practices and regulations. Overall, the findings of my thesis validated for me that research assistantships have the potential to equip students with research knowledge and skills through active engagement. Many of my participants reported positive experiences as research assistants. Students especially valued experiences where they were able to become part of a research community (e.g. co-presenting at conferences, co-authoring a paper with their supervisor). These research activities are essential for the development of skilled researchers, and although reading or talking about these activities has its merit, it will never be the same as learning by doing. Through the findings of my thesis I also learned that not every research assistantship is a positive experience and that often assistantships are not equally accessible to all students. Relationships are always complex, but especially when power dynamics come into play. Consequently, I began to question many aspects of research assistantships and looked for opportunities to explore them within different contexts. This paper is a result of that.
Hoe sou julle die konsep navorsingsassistentskap in 25 woorde verduidelik aan belangstellende (maar oningeligte) universiteitsfakulteite om hulle meer betrokke te kry by die probleem?
EN: In this paper research assistantships refer to positions postgraduate students undertake to expand their research knowledge and skills while assisting research supervisors with their projects. It is really difficult to explain the concept in 25 words but that’s the gist of it.
Hoe het jy betrokke geraak by die Edu-HRight (Onderwys en Menseregte in Diversiteit) Navorsingseenheid van Noordwes-Universiteit op die Potchefstroomkampus?
EN: It is actually an interesting story, which showcases the power of networking and passion for sharing knowledge. In 2011 I met South African scholars who were visiting my university, Brock University in Canada. At that time I was in the second year of my doctoral program. Our original conversations about research and development of researchers at our respective institutions led to collaboration with one of the scholars. We exchanged views, talked about research practices at our faculties, and eventually decided to publish an article about our own experiences with research assistantships. In our work we described a dual perspective, from a research assistant’s and a research supervisor’s viewpoint. The process of writing the article was an educational experience on its own. It was professional development of researchers in action. We collaborated for over a year over a distance and the dynamics of keeping in touch and meeting our established deadlines really required commitment on both sides. Coming from two different fields (education law and comparative education) also called for a conscious effort to understand our positioning as researchers. During the four-year collaboration we published two articles and presented at four conferences. In 2015 my collaborator invited me to apply for a post-doctoral position within the Education and Human Rights in Diversity Research Unit and I decided to apply. The application was successful.
I have to add that my doctoral program focused on socio-cultural and political contexts of education. Therefore, I was always interested in the interplay between culture-education-research. Until 2015 I had experienced first-hand dynamics of culture and education in my native Poland (under a communistic system) and later on in Canada where I completed all my higher education degrees. When the opportunity presented itself to learn about the South African educational system and associated complexities, I could not pass it over. It was once in a lifetime opportunity.
Julle studie maak dit duidelik dat julle verbind is tot morele en wetlike beginsels rakende billikheid en insluiting in navorsingsgemeenskappe. Dink julle dat universiteite toegerus is om hierdie uitdaging die hoof te bied? Motiveer asseblief.
JPR: Universiteite is oor die algemeen gebonde aan regs- en morele beginsels, maar hulle is nie noodwendig gefokus op die regverdige insluiting van navorsingsassistente nie. Ek dink ’n bewusmakingsveldtog of ’n ander vorm van aanmoediging onder universiteitsfakulteite oor die potensiële voordele kan ’n groot verskil maak om navorsingsassistentskappe te verbeter. Assistentskappe, indien benader as ’n opvoedkundige geleentheid, en op voorwaarde dat projekleiers en ander senior personeellede hierdie assistente in werklike navorsingsaktiwiteite betrek, kan verskeie langtermynvoordele hê. Sommige van hierdie assistente is bestem om leiers in navorsing te word soos hulle met hul loopbane in dieselfde of ander fakulteite vorder. Hierdie assistentskappe word dan ’n belangrike faktor in die ontwikkeling van navorsing in die fakulteit en in die land. Een foutiewe aanname wat ’n projekbestuurder of ’n navorsingsdirekteur kan maak, is dat die mentorskap van hierdie assistente nie die tyd regverdig om aan hul ontwikkeling te spandeer nie. Dit is my oortuiging dat ons nie net moet konsentreer op die mentorskap van permanent aangestelde jong personeel nie, maar ook moet belê in toekomstige navorsers deur die potensiaal van navorsingsassistente te ontgin.
Julle navorsing behels ’n literatuurstudie wat die praktyke en regulasies by ’n universiteit in Kanada en een in Suid-Afrika ondersoek. Dink julle dit is beduidend vir die diversiteit van universiteite in Suid-Afrika? Verduidelik asseblief.
JPR: Soos in die artikel genoem, is baie van die literatuur aangaande praktyke en regulasies op die noordelike halfrond gefokus. Tydens die navorsing wat die basis vorm van hierdie artikel, was ons verras om te vind dat baie elemente binne die hele idee van navorsingsassistentskappe soortgelyk is wanneer die noordelike en suidelike halfrond vergelyk word. Hierdie ooreenkomste, soos die feit dat regulering sowel as advertensies aandag benodig, kom uit beide die literatuur en die empiriese komponent van ons navorsing. Daarom is dit regverdig om te sê dat die literatuuroorsig ons aanwysers en riglyne gee, byvoorbeeld wat betref billike bekendmaking van vakatures en billike werwingspraktyke, kwessies wat ook van toepassing is op en potensieel waardevol is vir ’n verskeidenheid Suid-Afrikaanse universiteite. Die benadering tot navorsing verskil van universiteit tot universiteit, daarom sal sommige Suid-Afrikaanse universiteite ons aanbevelings meer toepaslik vind in hul spesifieke konteks, ander minder. Sommige kan die aanbevelings met groter gemak as ander implementeer, soos billikheid in die formele regulering van assistente, en hoe om jong navorsers met gevestigde vaardighede op te weeg teen diegene wat nog die vaardighede moet opdoen.
As jy die dekaan van ’n fakulteit was ... hoe sou jy die ontwikkeling van talentvolle en vernuwende akademiese leiers ontwikkel wat nasionaal en wêreldwyd beduidende navorsingsbydraes kan lewer?
JPR: Ek vind die vraag interessant en ek kan ten volle assosieer met dit wat jy vra, want ek het die navorsingsproses vir hierdie artikel benader vanuit beide ’n bestuurs- en ’n navorsingsperspektief. Wat die bestuurselement betref, is ek as direkteur van die Edu-HRight Navorsingseenheid in ’n posisie waar die ontwikkeling van talentvolle en vernuwende navorsers een van ons prioriteite is. As direkteur dink ek daarom gereeld aan hierdie vraag oor my leiding van ons eenheid en die bestuur van ons strategiese plan. Dit gebeur ook wanneer ek onervare kollegas moet ondersteun in hul studieleiding en projekbeplanning, veral ten opsigte van die toekenning van fondse en om seker te maak die navorsingdoelwitte is goed gefokus en haalbaar. Om terug te keer tot die vraag, ja, ’n bestuurder soos ’n dekaan of ’n direkteur speel ’n belangrike rol in hierdie ontwikkelingsproses. Ek implementeer ’n verskeidenheid strategieë om minder ervare navorsers te ontwikkel om leiers te word. As ’n eenheid reël ons gereeld akademiese gesprekke, gefokuste werkswinkels en artikelskryfgeleenthede, waarby internasionale vakkundiges en plaaslike kundiges betrek word, gevolg deur individuele mentorskap.
Daarbenewens poog die bestuur van die fakulteit, insluitende ek self, om ’n positiewe klimaat vir navorsing te skep deur aktiewe navorsers te ondersteun om lewensvatbare projekte te ontwikkel. In die proses van individuele taaktoewysing (die plig van skooldirekteure) streef ons na ’n goeie balans tussen ’n individu se onderrig en navorsing, aangesien ons ondervinding is dat navorsingsuitsette benadeel word as gevolg van ’n swaar onderriglading.
Eenheids- en fakulteitsfondse word beskikbaar gestel vir verdienstelike projekte van ervare sowel as minder ervare navorsers. Hierdie befondsing stel hulle in staat te stel om data in te samel en in die buiteland te reis om van die bestes te leer en ook hul navorsingsbevindings op internasionale verhoë bekend te stel. Dit is ’n paar van die maniere waarop ons bydra tot die ontwikkeling van jonger sowel as meer gevestigde navorsers.
Te midde van al hierdie ontwikkelingsgeleenthede moet ons in ons verwagtinge realisties bly. Sommige jong navorsers neem meer tyd om te ontwikkel en word nie noodwendig van die begin af gesien as potensiële topnavorsers nie. Hulle moet egter nie verwaarloos word ten gunste van ander wat reeds vroeg uitstaan weens hul persoonlikheid, skryfvaardighede of vroeë suksesse nie. Die meeste, indien nie alle navorsing nie, behoort gedoen word binne goedgestruktureerde navorsingsentiteite wat behoorlik ondersteun word, byvoorbeeld deur befondsing, ondersteuningspersoneel en leierskap wat verseker dat jonger akademici hul volle potensiaal bereik.
Hoe kan opvoedkundige geleenthede vir navorsingsassistentskappe geskep word? Wie is die betrokke partye wat wedersyds voordeel kan trek uit die opleiding van navorsers? Motiveer asseblief.
EN: First of all, research assistantships should be beneficial for the two main members: a research assistant and a research supervisor. Postgraduate students engaging in research assistantships may have opportunities to gain valuable experience while (ideally) accumulating research presentations and publications; in exchange, research supervisors may benefit from the contributions of dedicated students who enhance their research outputs. In order for research assistantships to be considered educational, they should provide space for students to increase their research knowledge and allow them to discover responsibilities associated with being researchers. I strongly believe that students need to be encouraged to engage in research practice and to gradually become part of a research community; therefore, to have opportunities to progress from being novices to becoming competent researchers.
Research assistantship should represent reciprocal benefits. While it is not wrong to consider postgraduate students as resources to help research supervisors with their research projects, there should be recognition that research training is a responsibility for professors. However, responsibility in the relationship between a research supervisor and a research assistant should not be one-sided. Research supervisors should educate students, while students have responsibilities toward research supervisors and a duty to adhere to the ethical dimensions of research.
There are also benefits beyond the actual engagement in research assistantships. Developing the research skills of the next generation of researchers is fundamental to an innovative, successful, and well-educated society. Researchers are leaders who are competent and capable of thinking critically, communicating effectively, and implementing ideas productively. Competent researchers are needed to transfer university research to society and thus face the social changes and challenges of today and tomorrow.
Dit blyk uit julle literatuurstudie en informele gesprekke met akademici dat dit problematies is om navorsingsposte by universiteite te kry – is julle navorsing toepaslik vir meerdere navorsingsinstansies in Suid-Afrika? Motiveer asseblief.
JPR: Ek meen nogal dat die resultate op ʼn wyer veld van toepassing is. Uit ons navorsing, veral die literatuuroorsig, blyk dit dat toegang tot navorsingsassistentskappe ’n algemene probleem by universiteite wêreldwyd is. Alhoewel slegs een Suid-Afrikaanse universiteit direk by die empiriese navorsing ingesluit is, is dit nie onvanpas om van die aanbevelings ook in ander kontekste te kan toepas nie, aangesien die deelnemers aan die navorsing nie net vanuit hul eie direkte en noue konteks gepraat het nie. Hulle kontak met navorsers en akademiese leiers by ander universiteite het ook deel gevorm van die totale prentjie wat hulle geskets het.
In ’n ideale wêreld – hoe sou julle sien dat die kwaliteit van institusionele praktyke en regulasies ’n beduidende invloed kan hê op die praktiese implementering van nagraadse studente se toegang tot navorsingsassistentskappe? Wie kan iets daaraan doen om by hierdie ideaal uit te kom?
JPR: Ons glo dat praktyke en regulasies by hoëronderwysinrigtings doeltreffend en inklusief van alle nagraadse studente moet wees. Dit is beslis makliker gesê as gedaan. Instellings moet egter probeer om hul bestaande regulasies en praktyke (of gebrek daaraan) rakende navorsingsassistente te herevalueer. In ons werk, gebaseer op die bestudeerde kontekste, bied ons verskeie aanbevelings aan. Ons moedig byvoorbeeld die ontwikkeling aan van ’n webwerf waar sulke assistentskappe aangekondig word wanneer ’n vakature ontstaan. Die blote bestaan van so ’n webwerf sal egter nie die verwagte resultate waarborg nie. Navorsingsbestuurders en projekleiers moet bewus gemaak word van die belangrikheid van die ontwikkeling van jonger navorsers deur middel van assistentskappe, nie net tot voordeel van die projek en navorsing in die algemeen nie, maar ook tot voordeel van die individuele assistent. Sodanige ontwikkeling behoort deel te wees van ’n fakulteitwye strategie wat gerig is op die optimale ontwikkeling van jong akademici tot onafhanklike navorsers, om sodoende langtermynsuksesse en uitnemendheid te verseker.
In enige professionele beroep is daar die uitdaging om aan werkers geleenthede te bied om te groei op die gebied van lewenslange leer. Hoekom is navorsingsassistentskappe so ’n verreikende probleem?
EN: Great question. I believe that regardless of our roles, work positions within a society, we need opportunities to grow and become, on a personal and professional level. This is really a simplified recipe for citizens who are critical readers of their surroundings and the world. Citizens who actively participate in a given society as opposed to being passive observers. Now for various reasons this can be a challenge. Considering the focus of the question, I will limit myself to comment on research assistantships and their role in lifelong learning or professional development of researchers. To do so I will connect to the theoretical framework employed in the study that resulted in this article.
We relied in our work on the notion of learning as an aspect of social practice. We were interested in understanding what kinds of social engagements allow learners to acquire knowledge and skills through hands-on activities. In short, it is about a more interactive process where a person does not acquire an abstract knowledge but rather learns by engaging in the process under specific conditions. Lave and Wenger refer to this type of learning as a legitimate peripheral participation, a particular way of engagement where a learner participates in the actual practice of an expert, although only to a limited degree initially and with limited responsibility for the final result. Legitimate peripheral participation in this study considers research assistantships as potential educational positions for developing future researchers. Research assistants working alongside experienced research supervisors may have opportunities to become part of a research community. Through collaborative engagement in research and the shared construction of knowledge, students can engage in learning research skills and generating intellectual capital, but most importantly, they can begin the transformation toward becoming independent researchers. I would say that research assistantships have the potential to serve as a valuable stepping stone in the professional development of researchers.
Waarmee het julle gesukkel in hierdie navorsingsproses? Het julle enige kritiek van departementshoofde, dekane of ander bestuurshoofde by navorsingsinstellings gekry hieroor?
JPR: Die tweetalige skryfproses, met ʼn Afrikaanse eindproduk, het sy eie uitdagings ingehou. As internasionale medewerkers het ons van meet af aan besef dat die artikel eers in Engels geskryf sal word en dan in Afrikaans vir die publikasie in LitNet vertaal sou word. Ons benadering was nie een van "jy skryf jou deel en ek skryf myne en ons voeg dit sommer net saam" nie. Ons het ons mede-outeurskap geïntegreer, ’n benadering waarvolgens albei skrywers volle toegang tot en inspraak gehad het in wat die ander een geskryf het. Ten spyte van die feit dat ek ’n Afrikaansmoedertaalspreker is, het hierdie proses weens tydsbeperkings die betrokkenheid van ’n vertaler ingesluit. Later in die proses was die keurdersverslae uiteraard in Afrikaans, wat ek deur middel van vertalings en besprekings toeganklik moes maak vir my kollega uit Kanada. Dit alles het tydrowende prosesse behels, veral om te verseker dat my medeskrywer se Engelse teks so vertaal word dat die betekenis uiteindelik behoorlik in Afrikaans vasgevang word.
Wat aanvanklik as ’n uitdaging beskou is, blyk toe later ’n geleentheid te wees om inklusiwiteit op ʼn praktiese wyse te demonstreer. Die tweetalige navorsings-en-skryfproses kan gesien word as ’n voorbeeld van suksesvolle samewerking tussen sprekers van die twee tale. Ons ondersteun beide die gebruik en handhawing van Afrikaans as akademiese taal, maar wil nie hê dat die taal as eksklusief beskou moet word nie, maar eerder as inklusief. Vir ons was dit belangrik om, saam met die internasionale komponent, die navorsingsbevindings in Afrikaans te deel. Dit was ’n interessante proses, wat verskeie aangename verrassings ingesluit het, soos later bespreek sal word.
Nog ’n uitdaging vir hierdie navorsing was om ’n betreklik informele proses van data-insameling te versoen met die vereistes van ’n wetenskaplik-gefundeerde proses, wat normaalweg gekenmerk word deur ’n formeel-gestruktureerde navorsingsontwerp. Ons het uiteindelik daarin geslaag om te toon dat ’n minder rigiede proses ook tot wetenskaplik aanvaarbare resultate kan lei.
Ek kan onthou dat ons tydens die data-insameling weer bewus geword het van die eise wat aan akademici gestel word: die bekende oormatige werkslading en die universele tydsbeperkings. Ons het gevind dat projekleiers nie genoegsaam bewus is van die potensiaal van navorsingsassistentskappe nie, en ’n beperkte siening het rakende die opleiding van die volgende generasie navorsers. Ons moet wegbeweeg van ’n uitsluitlik plaaslike perspektief, waarvolgens ʼn gebrek aan tyd dikwels verhoed dat navorsingsdirekteure en projekleiers meer tyd aan hierdie groep jong, ontwikkelende navorsers spandeer, wel wetende dat hulle nie baie lank in ons eie fakulteit mag wees nie. ’n Belangrike aspek wat ons in gedagte moet hou, is dat enige ontwikkeling van navorsingskapasiteit uiteindelik tot nasionale welvaart sal lei.
Watter verrassings het julle in hierdie navorsingsprojek gekry?
JPR: By die aanvang van hierdie navorsing het die wêreld van navorsingsassistentskappe as opvoedkundige geleenthede my verras. Voorheen het ek hierdie assistentskappe gesien as geleenthede vir jong studente om ’n honorarium te verdien, en om betrokke te wees by interessante administratiewe take en baie basiese navorsingsaktiwiteite, terwyl hulle my as projekleier bystaan om my doelwitte te bereik. Ek het toe geleer dat hierdie onervare studente eintlik navorsers in wording is wat doelgerig ingesluit moet word en by veel meer as blote administratiewe take betrokke moet wees. Dit behoort ’n verrykende ervaring vir hulle te word terwyl hulle hul projekleier ondersteun, sodat beide partye akademiese voordele uit die betrokkenheid kry.
Die volgende verrassing vir beide van ons as outeurs kom uit die erkenning dat hoewel ons van totaal verskillende kontekste afkomstig is, die behoefte aan verbetering ten opsigte van toegang tot navorsingsassistentskappe soortgelyk is. Albei ons instellings is navorsingsintensief, maar die praktyke en regulasies wat verband hou met navorsingsassistentskappe word dikwels verwaarloos. Dus: ten spyte van die feit dat ons die probleem van onderskeidelik ’n noordelike- en suidelike-halfrond-perspektief bekyk het, was die kontekste nie werklik so verskillend nie.
Wat het jy as persoon geleer in die proses van navorsing en die publikasie van jou bevindinge?
JPR: Die interessante les vir my was dat ondanks voor-die-hand-liggende uitdagings en hindernisse, internasionale en interdissiplinêre samewerking ’n verrykende proses kan wees. Die meeste van ons is gefokus op ’n betreklik eng navorsingsveld, wat algemeen beskou word as die gepaste manier om die akademie te benader. Sommige van ons is dus geneig om gemaklik te raak in ons spesialiseringsrigting, en dit is vir sulkes onder ons nie natuurlik om ons vlerke te sprei en verder te beweeg as ons spesifieke nou fokusse nie. Om interdissiplinêr en buite die grense waaraan ons gewoond is te werk, vereis ’n ruim mate van buigsaamheid, die bereidwilligheid om te leer van en aan te pas by ander dissiplines en benaderings, en ekstra tyd te bestee om die basiese beginsels van ’n ander dissipline te bestudeer. In hierdie geval was die voordele en beloning vir my groter as die ekstra inspanning, en dit was uiteindelik ’n verrykende ervaring.
Jy is ’n navorser wat besonder baie publikasie-uitsette gelewer het. Is daar enige nuwe navorsingsprojekte op jou horison?
EN: I am very passionate about the topic of researcher development in the contemporary research landscape because it is closely connected to research capacity building, a knowledge-based economy and thus the national prosperity of every country. My current project is about the development of researchers able to conduct quality, ethical research projects in intercultural and interdisciplinary contexts. Consequently, about researchers able to contribute to the production of knowledge and innovation. I plan on sharing the preliminary results of this study with the readers of your journal very soon.
The post Navorsingsassistentskappe: wie behoort aangestel te word? appeared first on LitNet.