Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar: kortlyste nou bekend

$
0
0

Die kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-wedstryd is pas bekend gemaak.

Die Afrikaanse resensiebedryf kan homself op die skouer klop te oordeel na die gehalte van inskrywings wat vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-wedstryd ontvang is.

Die kortlyste is pas bekend gemaak vir dié pryse, wat ingestel is om die belange van boeke en die leesgenot van boekliefhebbers te bevorder deur die wêreld van Afrikaanse boeke vir die breë Suid-Afrikaanse publiek toeganklik te maak. Dit dien ook as aanmoediging om hoë standaarde in die Afrikaanse boekjoernalistiek te handhaaf.

Altesaam 33 van die voorste resensente in Afrikaans het vanjaar ingeskryf, tien meer as verlede jaar. Twee pryse van R25 000 elk word toegeken vir die beste Afrikaanse resensie wat in 2016 oor Afrikaansie fiksie en niefiksie onderskeidelik verskyn het. Die kortlyste, wat uit 90 inskrywings saamgestel is, is soos volg:

Fiksie

  • Danie Marais: “Die ‘Kook en Geniet’ van oneerbiedigheid” (oor Anton Kannemeyer en Conrad Botes se Bitterkomix 17, Media24-dagblaaie, 4 Julie 2016)
  • Charl-Pierre Naudé: “Digterlike afdruk van ʼn lewe verbeeld” (oor Bibi Slippers se Fotostaatmasjien, Media 24-dagblaaie, 5 Desember 2016)
  • Elmari Rautenbach: “Debuut se stiltes ’n elegie aan verlore liefde” (oor Valda Jansen se Hy kom met die skoenlappers, Media 24-dagblaaie, 18 Julie 2016)

Niefiksie

  • Reinhardt Fourie: Vlam in die sneeu: Die liefdesbriewe van André P. Brink en Ingrid Jonker (geredigeer deur Francis Galloway, Tydskrif vir letterkunde, September/Oktober 2016)
  • Daniel Hugo: “Een van die heel grotes” (oor Om Hennie Aucamp te onthou, saamgestel deur Danie Botha, Rapport, 14 Februarie 2016)
  • Emile Joubert: “Die afkook van ’n vol lewe vind hier beslag” (oor Wat die hart van vol is deur Peter Veldsman met Elmari Rautenbach, Media24-dagblaaie, 31 Oktober 2016)

Die keurders was boekjoernalis en digter Bibi Slippers (sameroeper), senior joernalis en skrywer Jomarié Botha en digter en dosent Alfred Schaffer. Aangesien ’n werk van Slippers geresenseer is, is sy vir die finale keuring deur die redakteur van Huisgenoot, Yvonne Beyers, vervang.

Die keurders was dit eens dat die inskrywings deur die bank van ’n baie hoë gehalte was en werklik leeslus aanwakker. “Daar was heelparty gevalle waar ek nie noodwendig onder normale omstandighede in ’n sekere boek sou belangstel nie, maar die resensent se entoesiasme en insigte het my genoeg geprikkel om dit ’n kans te wil gee,” sê Slippers. 

“Dit was ook veral heerlik om verskillende resensies van belangrike boeke soos Die na-dood, Vlakwater en Koors te lees, en uiteenlopende interpretasies en leesbenaderings te kan ervaar via die resensente.” 

Daar was vanjaar heelwat nuwe name onder die resensente wat ingeskryf het. “Ek hoop dat ons deur inisiatiewe soos dié die poel selfs verder kan vergroot. Hoe meer ingeligte, intelligente menings uit verskillende perspektiewe verteenwoordig is, hoe beter vir alle rolspelers in die boekbedryf,” sê Slippers.

Die wenners word op 30 September 2017 saam met die wenners van die kykNET-Rapport-boekpryse in Kaapstad aangekondig.

The post kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar: kortlyste nou bekend appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>