Landskapvers
Jdl
Landskap, so weet jy te vertel,
verraai immer iets van die binne-
landskap, die innerlike stoornisse.
Dan is ek die kameeldoring,
wat wag op die lente en jy,
die mopanie wat steeds oranje blom.
Die winters hier is ysig en sonder genade.
In elke vinknes hou daar ’n weerlose skuil.
Die wewers bou ’n vyfster-hotel in die natuur.
In elke droom hoor ek die wind fluister:
"skaars-beblaard, skaars beblaard ...",
vergeefs soekend na al die vertrekkendes.
Landskap, só sal ek uiteindelik leer,
vergestalt, nee verbeeld ’n oordeel.
The post Landskapvers appeared first on LitNet.