Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Nuwe AWS gee Afrikaans woema: 'n lesersindruk

$
0
0

Afrikaanse Woordelys en Spelreëls 2017
Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
Pharos
ISBN: 9781868902071

  • Louise Viljoen het uit eie beweging haar indrukke van die AWS gestuur.

 

Die 11de uitgawe van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) verskyn ’n eeu nadat die eerste uitgawe gepubliseer is. As gesaghebbende normeringsbron vir Standaardafrikaans wat riglyne oor spelling en skryfwyses bied, is die AWS (2017) ’n onontbeerlike hulpbron vir oud en jonk wat Afrikaans praat en/of skryf. Hierdie gebruiksvriendelike naslaanwerk kan met gemak deur taalkundiges sowel as skoolkinders ingespan word.

Die AWS is omvattend herbewerk en sluit nuwe reëls oor trappe van vergelyking en leestekens in. Ekstra lyste bied leiding oor elemente in die periodieke tabel, landname met geldeenhede en ISO-kodes, asook plekname in die Ooste in. Nie net is daar ’n nuwe toevoeging oor die SI-stelsel ingesluit nie, maar skryfhulp oor Omgangsafrikaans en transliterasie is ook bygewerk. Bykomende hoofstukke bereël kwessies wat vantevore grys areas was en duidelike, vereenvoudigde reëls word voorgehou.

Die AWS beskik oor ’n woordelys wat meer as 34 000 woorde met meervoude en verledetydsvorme bevat. Nog bylaes sluit afkortings en simbole, buitelandse geografiese name en taalkundeterme in. Die taalreëls leer verder ook oor die los en vas skryf van woorde, die afbreek van woorde, afkortings, wisselvorme en skryftekens. Daar is ook afdelings wat handel oor vokale, konsonante en diftonge, meervoude, verkleinwoorde en verledetydsvorme. Die reëls rondom hoof- en kleinletters sowel as getalle, syfers en simbole word ook belig.

Die Taalkommissie het beslis daarin geslaag om reg te laat geskied aan die aanhaling uit die AWS (1917) wat op die nuwe AWS se agterblad gedruk is, naamlik: “Vanself dus wil ons sôre dat ons taal in ieder opsig tot sij reg kom.” Hierdie amptelike liggaam vir die standaardisering van Afrikaans wat verantwoordelik was vir die saamstel van die hulpbron, dra daartoe by dat die taal oorleef én voortleef met ’n parmantige huppel in haar stap en ’n uitdagende kyk in haar oë. Afrikaans is mooi en val lekker op die tong. Praat dit. Skryf dit.

  • Louise Viljoen is ’n vryskutresensent en -taalversorger van Jeffreysbaai.

The post Nuwe AWS gee Afrikaans woema: 'n lesersindruk appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>