ATKV-Muziq is die ATKV se jaarlikse bydrae tot instrumentale klassieke musiek in Suid-Afrika. Dit vind plaas in die vorm van ’n klassiekemusiekkompetisie vir jong volwasse musici en het ’n totale prysgeld van R180 000.
Vanjaar vind hierdie kompetisie vir die eerste keer in die ouditorium van die Hugo Lambrechts Musieksentrum in Parow plaas. Die kompetisie skop af met die tweede ronde wat om 11:00 op Vrydag, 28 Julie sal begin. Die finale ronde vind plaas op Saterdagaad, 29 Julie om 19:00.
Instrumentaliste tussen 15 en 27 jaar oud kon vir Muziq inskryf. Die eerste ronde het in Mei vanjaar plaasgevind, waartydens slegs 10 musici vir die tweede ronde gekies is. Hulle is vanjaar:
Naam |
Instrument |
Leermeester |
Sulayman Human |
Klavier |
– |
Cameron Williams |
Saksofoon |
A Voges |
Jonathan Mayer |
Viool |
I Tsoniff |
Jeffrey Armstrong |
Viool |
P Schoeman |
Paul Loeb van Zuilenburg |
Viool |
F Bacharova |
Thapelo Masita |
Tjello |
S Doane |
Bianca Wesley-Smith |
Viool |
D Sutton |
Tim ter Huurne |
Klassieke Kitaar |
N Fourie-Gouws |
Neil Robertson |
Fluit |
B Rennie-Salonen |
Brian Bae |
Klavier |
J Stanford |
Die beoordelaarspaneel staan onder leiding van die ervare violis Denise Sutton (nie-stemmende voorsitter). Die bekende pianis, John Theodore, Heinrich Armer (voormalige klarinetdosent aan die Universiteit van die Vrystaat), en Patrick Goodwin (die huidige orkesmeester van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes) is die ander lede van die paneel.
Om sitplekke vir die finale (derde) ronde, wat op Saterdag, 29 Julie om 19:00 plaasvind te bespreek, skakel asb die projekorganiseerder, Ilse Schürmann by 082 851 7157 na-ure of vir Louisa van Rensburg by 011 919 9009 tydens kantoorure. Toegang is gratis, maar vooraf bespreking vir spesifiek die finale ronde is noodsaaklik.
Tydens die finale ronde sal die algehele wenner dan ook prysgeld ter waarde van R65 000 ontvang. Verder word daar ’n tweede prys ter waarde van R32 000 en ’n derde prys ter waarde van R16 000 ook toegeken. Die 5 finaliste sal ook elkeen R10 000 ontvang.
’n Addisionele prys van R8 500 vir die beste vertolking van ’n Suid-Afrikaanse werk tydens die tweede ronde, asook ’n R8 500-prys vir die beste vertolking van ’n barok of klassieke werk tydens die derde ronde is beskikbaar.
Tydens die derde en dus finale ronde tree die sopraan Palesa Malieloa as gaskunstenaar op. Palesa is aangewys as die algehele wenner van ATKV-Muziqanto 2016, die ATKV se volwaardige nasionale klassiekesangkompetisie.
Die nasionale Afrikaanse radiostasie RSG is weer eens vanjaar die mediavennoot van beide ATKV-Muziq en -Muziqanto.
The post ATKV se nasionale instrumentale klassiekemusiekkompetisie vir die eerste keer in Kaapstad appeared first on LitNet.