Poetry in McGregor
25 tot 27 Augustus 2017
Vir liefhebbers van die woordkuns lei alle paaie binnekort weer na die mooi plattelandse dorpie McGregor. Die vyfde jaarlikse Poetry in McGregor vind vanjaar van 25 tot 27 Augustus plaas. Vanjaar is daar meer as 90 aanbiedinge en die program sorg vir ’n heerlike mengelmoes van bekende, asook nuwe, vars jong stemme.
Gedigtekompetisie vir ongepubliseerde digters
Gedigtekompetisie: Ons het verlede jaar inskrywings van regoor die land ontvang en ons nooi jul weer uit om vir vanjaar se gedigtekompetisie in te skryf. Hierdie jaar se tema is “Poësie as hartskos.” Alle inskrywings moet hierdie tema reflekteer. Die kompetisie is oop vir ongepubliseerde digters en daar is twee kategorieë:
- Oop kategorie vir volwassenes: Die prysgeld vir die wenner is R5 000.
- Skolekategorie (oop vir leerders van graad 7 tot 12): Die wenner kry ’n splinternuwe iPad.
Nota: Engelse gedigte kan ook ingeskryf word. Die tema is “Poetry against poverty.”
Inskrywings moet voor 30 Julie 2017 per e-pos na: mcgpoets@gmail.com gestuur word.
Besoek www.poetryinmcgregor.co.za vir meer inligting en reëls.
Billy Kennedy, eienaar van Temenos en stigter van Poetry in McGregor, sê dat gedigte ’n belangrike rol in ons lewens speel: “Ek glo dit is so noodsaaklik soos vars lug. Iemand het eens geskryf dat baie van die geweld en sielkundige probleme in ons samelewing waarskynlik te danke is aan die gebrek aan poësie. Bevooroordeling is altyd eensydig. Poësie maak gedagtes oop. Poësie is uitdagend; dit kan ons hervorm en herskep. Dit gee ons dieper insig en bewustheid van mekaar en hoe ons almal in gees verbind is. Dit doen vir die gees wat joga vir die liggaam doen.”
Digters wat van hul werke gaan deel sluit Koos Kombuis, Ashley Dowds, Pieter Fourie, Johan Myburg, Nic de Jager, Kobus Moolman, Lungiswa Nyatyowa, Lerato Sibanda, Philip de Vos, Diana Ferrus, Daniel Hugo, Lara Kirsten, Fanie Olivier, Koos van der Merwe, Mavis Vermaak, Wendy Woodward, Hermien de Vos en vele meer in. Vir ’n volledige lys van al die betrokke digters, gaan na http://mcgregorpoetryfestival.co.za/2017-poets/.
As deel van Poetry in McGregor gaan die Mac-projek ook ’n spesiale skoledagprogram op Vrydag 25 Augustus aanbied. Meer as 800 leerlinge van verskeie skole in die omgewing sal die geleentheid bywoon. Die Kaapse kunstenaar Ha Man! sal saam met Joke Debaere ’n konsert van musiek, drama en gedigte aanbied. Die Afrikaanse groep Ruk! gaan ook deur die loop van die oggend optree.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket: http://online.computicket.com/web//festival/poetry_in_mcgregor_2017/31432066.
Web en sosiale media:
- www.poetryinmcgregor.co.za
- https://www.facebook.com/McGregorPoetry/
- https://twitter.com/mcgpoetry
- https://za.pinterest.com/mcgregorpoetry/
- https://www.youtube.com/channel/UCI-ksT9BcSe34670JlWXPKw/feed
- http://goto.capetown/event?EventID=bJ_GsiIQGZ
The post Poetry in McGregor: gedigtekompetisie vir ongepubliseerde digters appeared first on LitNet.