Voorleggings word ingewag vir die 2016 Jan Rabie-Rapport Boekprys. Die prys, wat deur Rapport en Media24 Boeke geborg word, word jaarliks toegeken vir ’n Afrikaanse debuutroman wat in die voorafgaande kalenderjaar uitgegee is. Die doel is om nuwe skrywers aan te spoor om Afrikaanse prosa van gehalte te lewer, nuwe stemme met belofte te ondersteun, en vernuwing te erken. Die prys is oop vir alle uitgewers van Afrikaanse fiksie. Die prysgeld beloop R35 000.
The post Voorleggings ingewag vir die 2016 Jan Rabie-Rapportprys vir debuutromans appeared first on LitNet.