Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21146

Regsalmanak: Diefstal van eie goed

$
0
0

 

jutalaw600

Vir sy navorsing vir die weeklikse Regsalmanak-rubrieke maak Gustaf Pienaar grotendeels van Juta Law se aanlyn biblioteek gebruik. Hierdie regsbiblioteek is ‘n omvangryke naslaanbron van hofsake, wetgewing en ons land se dinamiese grondwetlike ontwikkeling. Juta Law stel hierdie bronne goedgunstiglik tot Gustaf se beskking vir die skryf van hierdie rubrieke. Vir nadere besonderhede besoek www.jutalaw.co.za.

skelm250Die appèlhof het in 1959 by monde van hoofregter Steyn 'n uitspraak gelewer wat 'n vreemde resultaat het, maar wat tog nie onbekend in ons reg is nie.[1] Die hof het naamlik bevestig dat 'n persoon onder sekere omstandighede skuldig kan wees aan diefstal van jou eie eiendom. Nou moet ek darem bysê dat die man wat die "hoofrol" in die betrokke saak gespeel het, en wat skuldig bevind is aan diefstal van sy eie goed, glad nie 'n engeltjie was nie.

Die feite was die volgende: 'n Karton sagteware met die destydse reusewaarde van 94 pond, is vry op spoor aan die beskuldigde, ene Janoo, gestuur. Dit beteken dat die ontvanger die spoorgeld moes betaal alvorens die goedere aan hom gelewer kon word.

Ingevolge 'n reëling met die stasiemeester het Janoo 'n bedrag geld by hom gedeponeer ter betaling van die vraggeld van goedere wat van tyd tot tyd per spoor aan hom gestuur sou word. Toe die karton sagteware op die stasie aankom het, was daar nog voldoende geld tot Janoo se krediet by die stasiemeester om vir die spoorgeld te betaal.

Die karton het te laat die betrokke dag op die stasie aangekom om nog by Janoo afgelewer te word, en dit is oornag onder 'n bokseil op die perron gelaat.

Omtrent elfuur daardie aand het Janoo op die stasie aangekom en die voorman se toestemming gevra om sy karton sagteware te verwyder. Hy het 'n skelmstreek in die mou gevoer en aangebied om die helfte van die waarde van die goed aan die voorman te betaal as hy sou saamspeel. Janoo was naamlik van plan om die goedere stilletjies te verwyder en dan 'n eis teen die spoorweë in te stel vir die verlies daarvan.

Die voorman het geweier om saam te werk en het die polisie van Janoo se duistere voorneme in kennis gestel. Toe Janoo tog wel later die nag by die stasie opgedaag het om sy goed te verwyder, is hy betrap en in hegtenis geneem.

Hy is van diefstal van die karton "uit die regmatige besit en bewaring" van die spoorweë aangekla. Daar is aangevoer dat die spoorweë 'n geldige retensiereg oor die goed gehou het - nie omdat Janoo nog die spoorvraggeld geskuld het nie, maar omdat die spoorweë die reg gehad het om die goed te hou totdat Janoo 'n kwitansie onderteken het dat hy die goed "in goeie uiterlike toestand" ontvang het.

Janoo is skuldig bevind en tot vier maande gevangenisstraf – nogal met dwangarbeid – gevonnis. Hierteen het hy geappelleer. In die appèlhof se uitspraak wys hoofregter Steyn daarop dat dit nie vreemd aan ons reg is dat iemand onder bepaalde omstandighede skuldig kan wees aan diefstal van sy eie eiendom nie. 'n Goeie voorbeeld is waar iemand sy horlosie by 'n pandjieswinkel verpand en dit dan later verwyder sonder om sy skuld te betaal. 'n Ander voorbeeld is waar iemand sy motor na 'n garage neem om herstel te word. Totdat hy die garage se rekening betaal, het die garage-eienaar 'n retensiereg oor sy motor. Verwyder hy die motor sonder om te betaal, maak hy hom skuldig aan besitsaanmatiging, wat in ons reg as 'n verskyningsvorm van die misdryf diefstal beskou word.

Omdat Janoo die kartondoos met goedere verwyder het sonder om aan die spoorweë 'n kwitansie daarvoor te gee, het hy inbreuk gemaak op die spoorweë se retensiereg op die goedere om dit te hou totdat die vereiste kwitansie gegee is. Die appèlhof was dus tevrede dat Janoo skuldig was aan diefstal en sy appèl is van die hand gewys.

 

[1] R v Janoo 1959(3) SA 107(A)

The post Regsalmanak: Diefstal van eie goed appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21146

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>